Page 1

16 MAART 2014

NUUSFLITSE

LEEF DIE KOMPASLEWE!

Kruisdraers op die Kruisweg By die eerste hoor van ons tema vir Lydenstyd kan dit so effens dubbelsinnig klink. Kom ek pak dit so bietjie uit. Die “kruisdraers” is ons, ek en jy. Jesus het by geleentheid gesê: “Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.” Die “kruis” beteken dat, alhoewel HY die lyding en dood verduur het vir ons verlossing, ons in hierdie wêreld ook iets van Sy lyding deel. “Kruisweg” wys na twee dinge. Die eerste is Jesus op die “via dolorasa”, Sy lydingspad voor die kruisiging. Tweedens verwys dit ook na ons as volgelinge van Jesus wat daagliks kies om Sy pad te loop. Die uitnodiging? Ontdek opnuut hierdie jaar tydens Lydenstyd, Paasfees en Pinkster wat dit in my en jou lewe beteken!

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens en Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Stephan Joubert) 08:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Stephan Joubert) 09:00 Graad 4 - 6 Ouergesprek 10:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

“Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek.” (Matt 11:28 DB) Deur God se genade, skenk Jesus aan ons heling, sodat ons weer uit heelheid kan leef. Ons eie genesing en heling, as volgelinge van Jesus, is deel van God se vernuwing van alles en almal wat Hy gemaak het. Goeie vrae om jouself te vra: Voel jy tans heel en tevrede met waar en wie jy is? Watter gevoelens ervaar jy as jy stilword en bietjie dink? Praktiese oefening vir die week: Voltooi die volgende sin elke oggend voor jou dag begin: Ek gaan vandag vir God vra vir heling/heelheid vir…

WAT GLO ONS?

LEESROOSTER

VRAAG 3 Uit hoeveel persone bestaan God? Daar is drie persone in die een ware en lewende God: die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Hulle is een in wese, krag en heerlikheid.

Eksodus 17:1-7 Psalm 95 Romeine 5:1-11 Johannes 4:5-42


Fokus op die Vervolgde Kerk Pakistan Leier: President Mamnoon Hussain Bevolking: 186,4 miljoen (5,3 miljoen Christene) Meerderheidsgeloof: Islam Regering: Republiek Bronne van Vervolging: Islamitiese Ekstremisme/Georganiseerde Korrupsie Pakistan se Christene word vasgevang in die kruisvuur tussen Islamitiese militante organisasies wat Christene gereeld teiken, en ʼn Islamiserende kultuur wat Christene geïsoleerd laat van die res van die populasie. Die berugte godslasteringswette hou steeds verwoestende gevolge in vir minderheidsgroepe, insluitend Christene. Vroue en jong meisies vanuit minderheidsgroepe is veral baie kwesbaar, en gevalle van seksuele aanranding teen minderjarige meisies deur Moslem-mans word voortdurend aangemeld. In September 2013, het ʼn dubbele bomontploffing by die ‘All Saints’ Anglikaanse Kerk in Pesjawar, die lewens van 89 mense geëis. Bid vir: • Talle Christene, wat dit kan bekostig, verlaat die land. Vra dat God Sy mense die nodige moed sal gee om as getuie vir hul nasie aan te bly. • Bid vir die nuutverkose Eerste Minister. Vra dat God hom sal lei om in te tree om die regte van Christene en minderheidsgroepe te verdedig. • Bid vir die beskerming van jong Christenmeisies wat veral die risiko loop van ontvoering of aanranding.


Familietrots is deel van ons Suid Afrikaanse gesinslewe.

FAITHBOOK (JEUGDIENS) 17:00— 17:00—18:30 DEURNAG - LAN @ PVR GEMEENSKAPSKERK

VRYDAG, 11-12 APRIL TYD - 17H00 – 07H00

Nogtans moet ons altyd onthou dat alle families nie noodwendig dieselfde dink en doen nie. Dat families se waardes verskil en dat dit in orde is so. Dus kan ons opreg trots wees op ons eie unieke soort familie. Om in ‘n geskeide gesin te leef het sy uitdagings, maar tog kan ons leer om in 2 huise of gesinne te funksioneer en dat ons heelwat het om in albei te ontdek aangaande waardes en familietrots. Leer jou kinders die nuwe woorde en betekenisse wat gepaardgaan met skeiding. Hof, toesig, gedeelde ouerskap, maatskaplike werker, sielkundige, prokureur, kuierouer en hul regte as kinders. Ingeligte kinders voel veilig en in beheer. Laat hulle saam beplan en dink hoe die nuwe gesin gaan werk. Nuwe roetine en dissipline gaan hier ‘n baie belangrike rol speel. Ouers wat steeds dieselfde dissipline handhaaf, in albei gesinne, se lewe gaan soveel rustiger wees. Verwarde onseker kinders, maak goeie huishouding feitlik onmoontlik. Jou kinders gaan dit oorleef…jy ook. Sterkte! Lees gerus Romeine 8:39

KOSTES – R40 SLUIT IN: BOEREWORSROL EN KOELDRANK LEKKER PRYSE OM TE WEN KONTAK JEUGKANTOOR VIR MEER INLIGTING VROUEKAMP 17–19 Oktober by Pure Joy Spreker: Annalise Wiid

Senior Aksie byeenkoms. Ons nooi al ons Seniors uit na ons volgende Senior Aksie byeenkoms op Donderdag 27 Maart om 10:00 in die Kerksaal. Ons spreker is Stephan Joubert.

Tema: Die geur van Christus Kostes: R800 vir die naweek, sluit akkommodasie en etes in. Bespreek vroegtydig jou plek by die Kerkkantoor. Jy het ook geleentheid om nou al daaraan af te betaal.

Vir verdere navrae, skakel Amanda by die kerkkantoor 012 662-1708


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • • • • • • • • • • • • • • •

Sandra Scholtz wat groot rugoperasie ondergaan het. Stephné Arendt en familie met die afsterwe van haar ma. Ina Pretorius wat ‘n operasie ondergaan het. Tracy Muller wat aansterk na ‘n beroerte. Marius Botha wat 'n ernstige breinoperasie ondergaan het. Sindey Coetzer wat sukkel met gesondheid. Cornel Uys wat aansterk na 'n veldfietsongeluk. Riaan Heyneke wat aansterk na ‘n motorfietsongeluk. Susan Ferreira wat operasie moet ondergaan. Hettie Henrico wat 'n knievervanging moet ondergaan. Adele Forman wat tuis aansterk na skouer operasie. Anna Enslin wat aansterk na ‘n operasie. Lourens Geldenhuys wat tuis aansterk. Cobus Willers wat aansterk na 'n operasie. Ruan Wolhuter (2 jaar) wat chemo ontvang vir rare bloedsiekte. Jan-Hendrik de Beer (7jaar) en mamma Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid. Pieter Steyn wat baie siek is met kanker. Vernon Venter (14 jaar) wat baie ernstig siek is. Monica Castelyn en familie met die afsterwe van Francois.

OLYFPLAASUITSTAPPIE

Ds. Jan Viljoen kom gesels met ons oor hospitaalbediening met praktiese riglyne.

Aksie SS (Solo Sonder afhanklikes)

Die Senior Aksie beplan ‘n 5 ½ uur uitstappie na ‘n Olyfplaas by Krugersdorp op 24 April 2014. ‘n Bus (gratis) om 60 passasiers te vervoer word gereël. Kom saam en leer alles oor olywe, proe, en maak julle houer vol uit die pars. Nêrens gaan jy dit varser kry nie. Slegs R30pp. (Middagete, addisioneel @ R50 - Tee/koffie/vrugtesap ingesluit). Jy kan jou eie kospakkie saam neem – Tee/koffie/ vrugtesap is R10.

Versorgingspan Byeenkoms 17 Maart 2014 Om 19:00 by die kerk.

Maart program 18de Gebedsversoeke/geestelike kuier 25ste Fliekaand 28ste Braai – Tema = Hoed-en-Voet

Bespreek by Jan Celliers 012 662 0360 of Amanda (Kerkkantoor)

Kontak: Marinda Engelbrecht marindaeng@gmail.com

PvR Mannekamp : 23-25 Mei 2014 Leeuwspoor Reservaat (130km van PvR) R500 per persoon (etes ingesluit) Kontak Lourens by 082 907 7731 NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 Takkode: 630 445

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 of finansies@pvr.co.za

Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie

Sondag 23 Maart Onthou asseblief dat daar twee oggenddienste op Sondag 23 Maart is en dat die Kinder– en Jeugprogram soos gewoonlik aangaan.

www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Nuusflitse 16 Maart  

Afkondigings vir die week