Page 1

NUUSFLITSE Masterchef—Al die elemente? WAT GEBEUR VANDAG 0900 : Erediens (Stephan Joubert) 13:00 : Afrikatale Erediens 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

VOLGENDE SONDAG 08:00 - Erediens (Ouditorium) 08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3) 09:00 - Groepe (Gr.4 – Gr.7) 10:00 - Erediens (Ouditorium) 10:00 - Kinderdiens (3j – Gr.3) 13:00 - Erediens (Afrikatale) 17:00 - Groepe (Gr.8 – Gr.11) 18:30 - Aanddiens

CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00 Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za www.facebook.com/ pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/ PvRGeloofsfam

Ek weet nie van jou nie, maar ek is nogal lief om Masterchef te kyk. Die program nader sy einde en elke episode raak meer intens. Hierdie week was daar ‘n uitdunrondte tussen Sarel en Sue-Ann. Hulle moes ‘n baie moeilike dis met ’n resep namaak. Dit was spannend, want net voor die tyd op was het Sarel besef dat hy een van die belangrikste elemente van die gereg nie gemaak het nie. Daar was nie tyd om dit reg te stel nie. Sue-Ann se gereg het al die elemente gehad, alhoewel alles nie perfek was nie. Toe die beoordelaars moes kies tussen die twee disse het Sarel se dis verloor omdat dit wat hy vergeet het, so ‘n belangrike rol gespeel het om die hele dis te laat werk. Dit het my laat dink aan my lewe. Baie keer is ek so besig dat ek die belangrikste mis: Jesus. Ek is so gefokus om dinge gedoen te kry dat ek Jesus mis in dit waarmee ek besig is. Jesus het ook nie verniet vir die Fariseërs (en vir my) gesê: “Julle is pynlik presies oor hoe julle kerk hou en julle werk julle tiendes tot op die laaste sent uit. Maar as dinge gedoen moet word wat regtig vir God saak maak, skitter julle in julle afwesigheid. Ek praat van dinge soos om vir almal ‘n regverdige kans te gee; of dat julle so vir mense omgee dat julle hulle graag wil help; of dat mense weet dat hulle julle kan vertrou. Ek sê nou nie die ander dinge wat julle doen, is noodwendig verkeerd nie, maar dit is niks werd as julle nie ook die dinge doen wat regtig vir God saak maak nie” (Mat 23:23). Jesus roep ons om in verhouding met Hom te leef, want Hy is die belangrikste wat alles in ons lewe sin gee. Dit help nie ek is besig met die dinge van die Here, maar nie die Here self nie. Ons primêre doel is tog om Christus in alles te ontdek en te leef. As ons verder oor kos dink, wonder ek wat se speserye proe die mense om ons? Maak ons “sout” ‘n verskil in hulle lewe wat heling bring of het ons sout laf geword. Markus 9:50 sê juis: “Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal ’n mens dit weer sout maak? Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.” Mag jy hierdie week Jesus ontdek wat sin gee in al die ander dimensies van jou lewe.


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Die familie van Hendrik Cloete na sy afsterwe. • Alwyn Kruger wie se ma oorlede is. • Wilma Hechter wie se pa oorlede is. • Ian Truter wat herstel na brandwonde. • Tannie Anna Schoeman wat tuis aansterk na skoueroperasie. • Ina Rautenbach wat tuis aansterk. • Amelia Visagie wat tuis aansterk na ‘n nekoperasie.

• • • • • • •

Pieter Scheepers wat herstel na rugoperasie. Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is. Danie McLachlan se kanker is in remissie. Ronnie v Deventer wat met kanker worstel. Jannie Botha wat met kanker worstel. Hannie Ferreira wat behandeling ontvang. Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgingseenheid is. Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Psalm 34:19

HUWELIKSNAWEEK : 27-29 JULIE 2012 Wil jy en jou man/vrou julle huwelik versterk, laat groei of dalk herstel? Die naweek van 27 - 29 Julie bied die Sentrum vir Lewenskuns ‘n huwelikswerkswinkel aan om jou presies hierin te begelei. Vrydagaand 18:00-21:00: “oop vir almal” @ R120 p.paar.: Inset oor die Bybelse perspektief van die huwelik ; ‘n kort oorsig oor die inhoud van die huwelikswerkswinkel wat op Sa.en So. volg en ‘n demonstrasie van ‘n Imago frustrasie dialoog. (dit is vir die van julle wat nog nie seker is of julle die werkswinkel as geheel wil meemaak nie en dit by ‘n vlg. geleentheid sou wou doen)

BYBELSTUDIE Ons begin weer komende Dinsdag. Tema vir die kwartaal is Psalms Kom ontdek die Woord saam met vriende in ‘n ontspanne atmosfeer. Elke Dinsdag om 09:00

Vrouekamp 19 – 21 Oktober

Saterdag en Sondag (8:00–18:00) die volledige Huwelikswerkswinkel @ R1 300 per paar (insluitend Vrydagaand, twee ligte maaltye, koffie,tee en versnapperinge asook lesingmateriaal. Die eerste 8 pare wat ‘n 50% deposito betaal het, sal die spesifieke werkswinkel bywoon. Volgende werkswinkels sal, afhangend van die behoefte, kwartaalliks aangebied word. Besprekings en betalings geskied by Amanda by die kerkkantoor.

VROUEBEDIENING BYEENKOMS: 20 Augustus om 19h00 in Ouditorium Spreker: Madelein Greyling Voorkomskonsultant en stillis Onderwerp: Klere, kleure, hare en grimering Kaartjies: R30 per persoon, te koop by Kerkkantoor.

By Meulstroom Lodge (anderkant Bronkhorstspruit) www.meulstroomlodge.co.za Spreker: Thea Coetzer Onderwerp: “Wie is ek in God se hart?” Kostes: R600 per persoon, sluit alle etes en akkommodasie in Bespreek asb vroegtydig jou plek by Amanda. Net 70 plekke beskikbaar


4 AUGUSTUS 2012 14:00 Fondsinsamelinsprojek ten bate van: Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Lyttelton en Rusoord Centurion (agter Doringkloof) Hoe jy kan deelneem op die dag: Jy kan 'n gasheer/gasvrou wees van 'n lapa van 40 mense. 'n Lapa kos R4000 en kan 40 mense vat. Dus is kaartjies R100 per persoon, plus 'n bottel wyn as skenking vir die wynveiling wat by die fees gaan plaasvind. Jy kan die lapa koop en mense ontvang, of 40 kaartjies per lapa verkoop en mense ontvang. Van die gasheer/gasvrou word verwag om potjie te maak op die dag en die lapa te versier. Die feeskommitee voorsien elke gasheer/vrou met 'n starter pack/handleiding wat al die detail van die fees bevat en duidelike riglyne vir elke persoon gee. Die kommitee voorsien alle bestandele van alles wat gemaak moet word. Dit is om die werk van gasheer/vrou makliker en meer vervullend te maak. Jy kan 'n eksotiese dis gaar maak vir mense om aan te proe. "The sky is the limit"! Jy kan 'n kaartjie koop en gaan bywoon en die vermaak geniet. Hoe jy vooraf kan deelneem, en nie op die dag nie: Jy kan bak vir Tant Kitty se kombuis. Enigiets wat mens sal vind by 'n plek met 'n naam soos "Tant Kitty se kombuis", wees kreatief en droom groot. Lapas verkoop aan enigeen wat sal baat vind by die ervaring van die wildsfees. Kaartjies verkoop en adverteer. Weereens, kreatiewe maniere is altyd welkom. Wat jy kan skenk as jy wil: Wildsvleis, Droë wors, Groente, Margarien, Suiker, Melk, Kruie en speserye, Charcoal en brik-

kette, vuuraanstekers, broodrolle vir ‘Hot dogs’, Brood-buns vir Hamburgers, Hamburger Patties, Viennas vir ‘Hot dogs’ Vir besprekings van ‘n Lapa of kaartjies kontak: DANIE STEYN: 083 271 6378 / GAWIE MARAIS: 082 376 2098

Byeenkoms: Versorgingsbediening Ons wil graag ons Versorgingsbediening in ons geloofsfamilie uitbrei, want dit is belangrik dat ons mekaar in die gemeente versorg en dien. Ons wil graag op Woensdag 25 Julie om 19:00 saam nadink oor hierdie bediening. Daarom nooi ons jou om deel hiervan te wees. Wat behels hierdie bediening: • Om mense te besoek in die hospitaal • Om tuisbesoeke te doen by mense wat tuis aansterk • Om kontak te maak met mense in die gemeenskap • Om te help waar hulp nodig is Hierdie bediening wil poog om ‘n verskil in die gemeenskap te maak saam met die bedieningspan. Kom wees deel van die begin van ‘n bediening wat versorging aan ons geloofsfamilie en gemeenskap bied. Begeleiding en opleiding sal voorsien word. Vir verdere navrae, kontak asseblief Amanda by 012 662 1708 of Henk by 012 662 5619 / 082 336 7555.


Is jou kind depressie-fiks? Deel 5 Wat doen ek dan nou, as depressie sy voet in die deur het. Jy sal beslis nie vir ‘n diabeet of kankerleier se: Ag weet jy, ruk jouself net reg. Of kom net oor dit, nie. Depressie is ‘n siekte wat volgens die WGO, die nommer 1 siekte gaan wees teen 2015. Nie te ver weg nie…

Die rede hoekom ek, en elke jeugwerker, in die JEUGBEDIENING is , is om te sien dat elke jongmense en kind die vreugde beleef om in ‘n egte lewende verhouding met God te wees, daardie tipe verhouding wat as jy dit eers het jy GLAD nie sonder kan leef nie. My droom is dat die 3V’s so deel word van ons jongmense en kinders se daaglikse lewens dat vrees, minderwaardigheid, hartseer en pyn nie meer die hoofrol in hulle lewens speel nie, maar dat hulle verhouding met God en God se liefde op die voorgrond is. Die bevestiging dat jeugbediening, sonder die vennootskap van die ouers en huisgesin, vrugteloos is, word keer op keer bevestig in gesprekke, kursusse wat ek bywoon en boeke wat ek lees. Ja, jeugbediening is groot pret. Kinders neem aan baie aktiwiteite deel, hulle gaan op kampe, hulle geniet die sang en musiek. Selfs die peuters en kleuters word op wonderlike maniere bedien, maar daar is meer. Ek begin nou met ‘n 18 maande kursus by die Emmaus Sentrum vir Geloofsvorming en Familie- en Gemeentelike bediening. Die kursus is; “’n Nuwe Vennootskap tussen die Gemeente en Huisgesin/Familie en Gesinsvriendelike kinder-en jeugbediening.”

Met verloop van tyd het ek agtergekom dat daar 3 belangrike elemente is wat beslis waardevol is in die versorging van Depressie. Medikasie (mediese dr.), Terapie (sielkundige of terapeut) en ‘n Ondersteuningsgroep (gesin en gemeenskap). Dit werk soos ‘n driehoek: MEDIKASIE TERAPIE ONDERSTEUNINGSGROEP Indien daar net medikasie is, “val” die driehoek om en balanseer dan op ‘n gevaarlik dun puntjie. So ook met die ander 2. Daar moet ‘n goeie balans wees tussen die 3 punte. Soms is dit ‘n lewenslange siektetoestand, wat voordurend deur professionele persone en ander kundiges behandel moet word. Gun jouself, jou kind en gemeenskap hierdie Versorging.

Elmarie van Wyk het ‘n Ouerleiding groep op die website begin. Daar is ongelooflike artikels geplaas oor verhoudings en kommunikasie met ons kinders. Ons gaan sommer vroeg in die kwartaal afskop met ‘n paar ouerleiding gesprekke, Sondae tussen 9 en 10. Gaan sluit aan by die groep, lees die artikels en kom gesels lekker saam. – Hanlie Boshoff

Solo Vetkoekverkope Sondag 22 Julie 2012 tussen die twee dienste R10.00 met maalvleis R5.00 plain Kan voor die tyd bestel word Kontak Lizette – 078 077 9394

Rolstoel beskikbaar Een van ons geloofsfamilielede het 'n rolstoel geskenk. As jy belangstel, is jy welkom om hom te kom haal vir welke rede ookal. Kontak asb die kerkkantoor.

Nuusflitse 15 Julie 2012  

Nuusflitse van 15 Julie 2012

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you