Issuu on Google+

13 APRIL 2014

NUUSFLITSE

LEEF DIE KOMPASLEWE!

KRUISDRAERS OP DIE KRUISWEG

Ons wil jou uitnooi om ook hierdie week as medekruisdraer Jesus op hierdie kruisweg te volg.

Verder bid ek ook dat julle sal agterkom dat die krag van God wat in ons werk sterker as enigiets anders is. Ons het gesien hoe geweldig daardie krag regtig is toe God Jesus uit die dood laat opstaan het. Daardie selfde krag werk ook in ons as Christene. (Efesiërs 1:19-21 DB) Deur God se genade, ontvang ons krag om te leef, en vind ons maniere om gereeld by God in te prop en te ervaar hoe ons hierdie krag ontvang. Die wonder hiervan is, dat ons dit op 'n verskeidenheid van kreatiewe maniere kan ervaar.

Ons het ’n blaadjie saamgestel wat jy op jou eie of saam met jou gesin kan doen. Dit sal jou help om bewustelik na te dink oor die impak van wat Jesus se kruisweg vir ons beteken.

Goeie vrae om jouself te vra: Wat doen jy om bewustelik God se krag te ontvang, wat Hy aan ons skenk?

Mag jy ’n besondere ervaring van ons Here Jesus, as gekruisigde, maar ook opgestane Here, hê.

Praktiese oefening vir die week: Sit regop en bid, met jou handpalms oop na bo, en sê vir God dat jy graag Sy krag wil ontvang.

Ons is vier hierdie week “Heilige Week.” Dit is die belangrikste week in ons Christene se kalender, want ons dink na oor die pad wat Jesus na die kruis toe gevolg het. Ons staan o.a. stil by die intog in Jerusalem (Palmsondag), die maaltyd saam met Sy dissipels (Nagmaal), kruisiging (Goeie Vrydag) en opstanding (Paassondag).

WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens en Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Ryno Meyer) 08:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens Kinderkerk (Gr1- Gr3) (Ryno Meyer) 10:00 : Mosterdsaadjies(3jr–Gr 0) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Faithbook (Gr 8–11) Senior Geselsgroepe 18:30 : Aanddiens (Ryno Meyer)

WAT GLO ONS?

LEESROOSTER

VRAAG 5 Wat het God nog geskep? God het alle dinge geskep deur sy kragtige Woord, en Sy hele skepping was baie goed; alles het floreer onder sy liefdevolle versorging.

Eksodus 12:1-4 [5-10] 11-14 Psalm 116:1-2, 12-19 1 Korintiërs 11:23-26 Johannes 13:1-17, 31b-35


Fokus op die Vervolgde Kerk Soedan Leier: President Omar al-Bashir Bevolking: 45,7 million (aantal Christene onbekend) Meerderheidsgeloof: Islam Regering: Republiek Bronne van Vervolging: Islamitiese Ekstremisme/Diktatoriale Paranoia Soedan is ʼn armoedige Moslemland wat baie van sy Christene afgestaan het aan Suid-Soedan toe dit in 2011 onafhanklik verklaar is. Die regime se leiers is hoofsaaklik radikale Moslems en die regerende Nasionale Kongres Party ʼn middel tot die doel om ʼn Islamitiese agenda verder te bevorder. Voorvalle teen Christene sluit geloofsverwante moorde, beskadiging van Christelike eiendom, aanhouding en gedwonge huwelike, asook arrestasies, deportasies, en klopjagte op kerkkantore. Soedanese Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond ly veral: een gelowige se familie het sy huis afgebrand toe hulle ontdek het dat hy ʼn Christen geword het. Gebedspunte: 1. Bid dat God die Christene sal versterk en verenig namate hulle toenemende druk van die staat in die gesig staar. 2. Prys die Here vir sterk burgerregte groepe wat vir die verdruktes, insluitend Christene veg. Bid dat die regering ag sal slaan op hul versoeke. 3. Hou asseblief aan om te bid vir vrede en stabiliteit in hierdie onbestendige streek, asook tussen Soedan en Suid-Soedan.


Ons beleef gereeld woestyn momente in ons daaglikse lewe. Daardie gevoel wanneer jy verskriklik alleen voel, asof jy iewers in ‘n woestyn sit met niks om jou nie. Ek hoor dikwels kinders sê dat hulle bitter alleen voel ten spyte van die feit dat hulle tussen ander mense is.

FAITHBOOK (JEUGDIENS) 17:00— 17:00—18:30 SOLO Bediening Die Solo Bediening se Jaarprogram is verkrygbaar in die voorportaal en ook op ons webtuiste Vir meer inligting oor die Solo Bediening Kontak vir: Charlotte de Lange – 082 566 5324 Henk Jv Rensburg – 082 336 7555 solo@pvr.co.za

OLYFPLAASUITSTAPPIE Die Senior Aksie beplan ‘n uitstappie na ‘n Olyfplaas by Krugersdorp op 24 April 2014. Ons vertrek 8:30 vanaf die kerk en sal teen 14:30 terug wees. ‘n Bus vir 60 passasiers is gereël. Kom saam en leer alles oor olywe, en maak julle houer vol uit die pars. Slegs R30pp. (Middagete is addisioneel @ R50pp - Tee/koffie/sap ingesluit). Jy kan jou eie kospakkie saam neem – Tee/koffie/sap is R10.

Finale betaling vir toegang en ete is 22 April Bespreek by Jan Cilliers 012 662- 0360 of Amanda (Kerkkantoor)

Verliese kom highlight hierdie alleen gevoel. Gesinne wat skei is een van hierdie highlighters. Dit is dan wanneer dit belangrik is om te verstaan dat alle mense probleme het. Dat alle mense soms baie alleen voel. Leer jou kind nuwe maniere en vaardighede aan om beter te voel en alleenheid vas te vat. Soms voel dit asof jy net nie uit die woestyn kan kom nie, dan is dit dalk ‘n goeie tyd om hulp te gaan vra. Daar is baie mense wat vir jou lief is en vir jou omgee, leer om hierdie mense te vertrou en aanvaar hulp. Jy is die enigste persoon wat presies weet wat jou veilig of onveilig laat voel. Lees gerus Psalm 139:14

PvR Mannekamp 23-25 Mei 2014 Leeuwspoor Reservaat (130km van PvR)

R500 per persoon (etes ingesluit)

Baie pret en lekker saam kuier

Kontak Lourens by 082 907 7731

Paasfees 2014 Liewe vriend, ons nooi jou hartlik om hierdie jaar voluit deel te wees van ons Paasfees in Pierre van Ryneveld! Dit beloof om ‘n uitsonderlike tyd van verdieping en Godsbelewenis te wees. Ons gaan ook vir jou ’n joernaal beskikbaar stel waarmee jy veral deur die “Groot Lydensweek” kan reis. Hier is die belangrike inligting. Donderdag 17 April (Wit Donderdag) 19:00 Getsémane Nagmaal Leraar: Ds. Ryno Meyer Spreker: Nico Strydom (Geopende Deure) Vrydag 18 April (Goeie Vrydag) 09:00 Goeie Vrydag Oggenddiens Ds. Ryno Meyer Sondag 20 April (Paasfees) 08:00 1e Oggenddiens — Leraar: Prof. Kobus Kok 10:00 2de Oggenddiens — Leraar: Prof. Kobus Kok 17:00 Faithbook — Ryno Meyer 18:30 Aanddiens — Leraar: Ds. Ryno Meyer


Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • • • • • • • • • • • • • •

Fiona du Toit wat ‘n operasie ondergaan het. Sandra Scholtz wat groot rugoperasie ondergaan het. Versorgingspan Tracy Muller wat aansterk na ‘n beroerte. Byeenkoms Sindey Coetzer wat sukkel met gesondheid. 14 April 2014 Riaan Heyneke wat aansterk na ‘n motorfietsongeluk. Hettie Henrico wat 'n knievervanging moet ondergaan. Om 19:00 by die Anna Enslin wat aansterk na ‘n operasie. kerk. Lourens Geldenhuys wat tuis aansterk. Cobus Willers wat tuis aansterk. Ruan Wolhuter (2 jaar) wat chemo ontvang vir rare bloedsiekte. Jan-Hendrik de Beer (7jaar) en mamma Karin de Beer wat sukkel met hul gesondheid. Pieter Steyn wat baie siek is met kanker. Dirk van den Berg wat aansterk na Angiogram. Pietra du Toit wat baie ernstig siek is met kanker.

Vrouebediening

ONS TROU

Aksie SS

“Van Treurkoeklikheid tot

April program 15 Paas-Praise and Worship 22 Geestelike gesprek: “Wat het pase vir my beteken?” 25 Social – Tema: Teddy bear’s piekniek 29 Fliek Kontak: Marinda Engelbrecht marindaeng@gmail.com

Die volgende Ons Trou kursus skop af op Dinsdag 6 Mei om 19:00 by die kerk. (6, 13, 20 & 27 Mei) As jy beplan om binne die volgende paar maande te trou bespreek jou plek by die kerkkantoor 012 662-1708 (Riana)

Bobby van Jaarsveld Om kaartjies te koop gaan na www.pvr.co.za/ kaartjies

NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no.: 600 591 355 Takkode: 630 445

Kerkkantoor: Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 of finansies@pvr.co.za

Tel: 012 662-1708 admin@pvr.co.za www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie

Triomfantelikheid”” High Tea saam met Elsabe Aldrich

Saterdag 31 Mei 2014 Plek: Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk Tyd: 09h00 vir 09h30 Kostes: R120 - verversings ingesluit Kaartjies te koop by Kerkkantoor, of skakel Amanda by 012 662 1708

UIT DIE KERKKANTOOR DAAR SAL OP SONDAG 20 APRIL NIE KANTOORDIENS WEES TUSSEN DIE 2 OGGENDDIENSTE NIE. DAAR SAL OOK NIE TEE BEDIEN WORD NIE.

www.twitter.com/PvRGeloofsfam


Nuusflitse 13 april