Page 1

N U U S F LI T S E 11 SEPTEMBER 2011 WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens & Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens & Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 19:00 : Vars

BID SAAM •

• • • •

Vir Tienie van Niekerk, Joey Kotzé en Ronnie v Deventer wat kankerbehandeling ontvang. Vir diegene wat in die hospitaal is/was en/of tuis aansterk: Danie McLachlan, Elsie Fischer Vir Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is. Henk van Rensburg en familie met sy pa wat in die hospitaal is. Fanie Cronje (Jnr) wat weer in die hospitaal is.

Neem asseblief vrymoedigheid om ons te skakel vir voorbidding en siekebesoek.

WEEK VAN BEPLANNING Die kantoor funksioneer slegs met “Skeleton staff” en sluit om 13:00 elke dag. Ds Eric Immelman van Halfweghuis sal vanaf Woensdag beskikbaar wees vir enige noodgevalle en u kan hom skakel 011 022-9949/0833248400.

Beplanningsnaweek – Genadetyd op Shayamanzi Ons geloofsfamilie is bevoorreg om jaarliks met ons bedieningspan en Gemeenteraad bymekaar te wees op Shayamanzi (www.shayamanzi.com/www.leopard.tv). Jannie en Issie Parsons se stukkie bosveld hemel het al ineengevleg in ons geloofsfamilie se verhaal. Dis ‘n tyd van stilword, reflekteer, evalueer, vars dink, dieper delf en veral saamwees. Saamwees met Christus en as leiersgroep.

Beplanningsnaweek – Genadetyd op Shayamanzi Bid asseblief vir ons spesifiek vir die Here se duidelike leiding, inspirasie en heling. Ons is op verskillende maniere deur/in ‘n tyd vol uitdagings en opdraendes in ons bedieningspan, maar ook in ons geloofsfamilie. Baie van ons geloofsfamilie se mense worstel om finansieel, geestelik en persoonlik, kop bo water te hou in die tye waarin ons leef. Ons vertrou die Here Jesus vir baie duidelike leiding oor hoe Hy ons as geloofsfamilie en as leiers wil stuur in Sy wêreld in. Eerskomende Woensdag om 18:30 is daar gebedstyd in die Kapel, spesifiek vir die beplanningsweek. Gaan maak ‘n draai en wees deel van die reis.

Ds. Sampie se volgende stuk lewensreis Ds Sampie is reeds al meer as 10 jaar (na sy eie “aftrede”!) by ons geloofsfamilie betrokke in verskillende hoedanighede. Eers as gemeentebestuurder, later ook as deeltydse pastorale hulp. Die afgelope twee jaar het ons met hom ‘n ooreenkoms gehad om waar te neem in een van ons leraarsposte. Hierdie ooreenkoms loop op 30 September ten einde, en so ook dan die era van sy voltydse betrokkenheid in ons bediening. Gelukkig bly hy steeds lid van ons gemeente en gaan hy op ‘n deeltydse basis betrokke bly, veral by ons Seniors en die mentorskap van ons leiers. Dis vir ons ‘n voorreg en ‘n vreugde om op 2 Oktober 2011 vir Sampie ‘n “Feesdiens” te hou waartydens ons sy bediening en sy bydrae tot die Koninkryk wil vier. Dit is min wat ‘n mens die geleentheid kry om waardering te betoon aan iemand wat werklik groot impak in die Koninkryk gemaak het, en steeds maak. Ons gaan die geleentheid aangryp! Ons wil nou reeds vra dat jy daardie oggend se diens sal moeite doen om hier te wees om saam met ons te kuier. Ons gaan ook probeer om ‘n “Feesdiens” boekie saam te stel vol stories, staaltjies en herinneringe. Ons vra dat jy ‘n storie, staaltjie of belewenis van Sampie se bediening sal deel, sodat ons dit daarin kan insluit. Stuur dit aan jan@pvr.co.za, of gee in by die kerkkantoor.


MANNEBEDIENING HALFTYD: Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, goeie kameraadskap en diep gesels saam met ons by ons weeklikse byeenkoms “Halftyd”. Dit is elke Woensdag om 05:30 by die Afdak. Ons is teen 06:15 klaar. Skakel Deon Fourie (083 645 9326).

KOSKAS: Baie dankie aan almal wat so gereeld tot die “koskas” bydra. Ons benodig tans dringend waspoeier, tandepasta, toiletpaper, skottelgoedseep, groen sunlight koekie seep, lang lewe melk en enige blikkies kos. Navrae : Frieda by 0832760353 of Amanda (0829757465) by die kerkkantoor.

VROUEBEDIENING : VROUEKAMP: 21—23 OKT. Ons vroue gaan weer heerlik kamp! Kom saam! Daar is nog plek beskikbaar. Bespreek jou plek met ‘n R100 deposito by Amanda by die kerkkantoor. Skakel Heléne Richter by 0823779385 vir navrae.

POSITIEWE OUERSKAP: Ons beplan weer ‘n positiewe ouerskap kursus afhangende van die belangstelling. Ons praat saam oor: Ouerskap, Gedrag van Kinders, Om my kind te verstaan, Kommunikasietegnieke, Dissipline, Probleemoplossing ens. Kom reis saam ons en kry antwoorde op ‘n praktiese manier. Enige een welkom! Datum: 30 Sep – 2 Okt 2011 (Dis ‘n naweek kursus). Vir meer inligting, kontak: Paul van Rensburg 082 782 5442 / Kerk kantoor 012 662 1708

ALPHAKURSUS: Wil jy in jou geloof groei? Het jy vrae oor jou geloof? Kom doen saam met ons Sondagmiddae 17:00 die Alpha kursus. Koste gratis. (As jy volwasse belydenis wil doen, kom doen die Alpha kursus as deel daarvan). Vir navrae kontak Henk by 082 336 7555

DORPSFEES HOUT: Ons is opsoek na hout vir Saterdagaand 29 Oktober se fees. As jy bome afsaag skenk ons die stompe. Skakel Nelius 0824640744 of bring sommer ‘n sakkie hout kerk toe HULP : Ek benodig mense wat op aflosbasis by speletjies en valskermbaan kan help asook die omgeegroepe moet hulle name vir die boeresportkompetisie en spinningkompetisie kom opgee. Dankie baie Estelle KUNSUITSTALLING: AANDAG alle kunstenaars - ons beplan ‘n kunsuitstalling tydens die dorpsfees. As jy belangstel skakel Riana by die Kerkkantoor 012 662-1708.

SOLO KAMP Dit is vir al die enkel mammas, pappas en hul kinders : Waar: Datum: Kostes:

Nylstroom lodge 21-23 Oktober 2011 R350 per volwassene R200 per kind onder 12

Dit sluit alle etes en aktiwiteite in. Kontak vir Lizette vir meer inligting 078 077 9394

BELANGRIKE DATUMS 13 Sept 20 Sept 26 Sept 30 Sept 11 Okt 18 Okt 19 Okt 21-23 Okt 25 Okt 26 Okt

Bybelstudie Doopkursus 1 Doopkursus 2 Polisieforum Inwonersvergadering SKOLE SLUIT Bybelstudie Ons trou 1 Bybelreis VROUEKAMP SOLOKAMP Ons trou 2 Bybelreis

14—18 Sept Gemeentebeplanning

GEBEDSGELEENTHEID Met die oog op die jaarlikse beplanning wat die komende week gaan plaasvind, nooi ek jou uit om eerskomende Woensdagaand, 14 Sept om 19:00, in die kapel voorbidding te kom doen hiervoor. Sampie sal dit lei. Kom bid saam met ons elke Saterdagoggend om 07:00 in die Kapel

Nuusflitse 11 September  

Nuusflitse 11 September

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you