Issuu on Google+

N U U S F LI T S E 16 JANUARIE 2011 WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens & Kinderkerk (3j – Gr3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4-7) 10:00 : Erediens & Kinderkerk (3j – Gr3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8-11) 18:30 : Vars (Aanddiens)

NUWE LIDMATE: As jy vandag vir die eerste keer by ons aansluit (of lankal hier is maar nog nooit aangemeld het nie) maak tussen die eredienste ‘n draai by die inligtingstoonbank. Ons sal jou graag wil ontmoet, welkom heet en seker maak dat ons met jou kan kontak maak

NAVRAE EN INLIGTING KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104 info@pvr.co.za of admin@pvr.co.za Webblad :www.pvr.co.za Kantoorure: Maandae: Di – Do : Vrydae: Skoolvakansies:

11:00 – 16:00 08:00 – 16:00 08:00 – 13:00 08:00 - 13:00

Nuwe jaar, Nuwe lewe? Soos altyd aan die begin van ‘n nuwe kalenderjaar is ons omring met so bietjie van ‘n varsheid, verwagtings, voornemens en dalk ook opgewondenheid. Dis amper asof die werêld diep asemgehaal het. Vir baie vervaag die gevoel egter baie vinnig. ‘n Nuwe kalender verander nie outomaties ons diep gewortelde probleme, seer en uitdagings nie. Ons ontdek baie vinnig (en was dalk die hele tyd bewus daarvan) dat ons steeds gaan worstel met die “ou jaar” se dinge. Jesus Christus wil jou in hierdie jaar nooi om te ontdek dat Hy werklik die bringer van “Nuwe Lewe” is. Dat die woorde van die profeet Jesaja, “die uitkoms is hier!” (Jes 40:1) wil deurbreek in jou en my lewe. Sy uitnodiging is: “Ek sal julle rus gee”(Matt 11:28). Sy teenwoordigheid in ons lewe maak dit moontlik om “ die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan” (Fil 4:7) te beleef as ‘n praktiese daaglikse realiteit. Ons wil jou graag saamnooi om die volheid en die diepte van die Here Jesus Christus te beleef, en die oorvloed van die nuwe Lewe in Christus uit te leef. Die nuwe lewe is hier, en Hy nooi jou!

BELANGRIKE DATUMS KOM BID SAAM 17 Jan : 18 & 25 Jan : 24 Jan : 27 Jan : 28 – 30 Jan : 31 Jan : 1 Feb : 4 Feb : 8 Feb :

Gemeenteraad Vergadering Doopkursus Finansiële kommisie Vergadering PvR Senioraksie Graad 7 Kamp Polisieforum Inwonersvergadering Ons Trou 1 Kidz Kamp (Gr 4—6) Ons Trou 2

• • • •

Alida Kotze wie ‘n rugoperasie ondergaan het . Christene Malherbe wie in die hospitaal is. Danie McLachlan wie chemoterapie ontvang. Hennie Kaltwasser wie baie ernstig siek is.


SELGROEPE : As jy en jou gesin graag wil deel wees van ‘n selgroep, kontak vir Louise Jackson (083 3488 304). Sy sal seker maak dat jy die nodige inligting het en julle help om gemaklik ‘n geestelike “tuiste” te vind. KOSKAS : Baie dankie vir almal wat so gereeld tot die “Koskas” bydra. Ons benodig asb dringend die volgende voorraad : toiletpapier, sjampoe, blikkies spaghetti, -tamatie & uie, -mielies, - vis, -beef, soppoeier, olie, pasta, suiker, koffie, melk, waspoeier, sunlightseep, Handy Andy. Navrae : Frieda by 0832760353 of Amanda (0829757465) by die kerkkantoor SENIORSOEFENGROEP : Ons begin weer oefen op Woensdag 19 Januarie om 09H00 in die Kerksaal. Kostes R40 per maand. Skakel Louise Jackson 083 348 8304 VROUEBEDIENING : Ons vrouebediening se eerste groot bederf hierdie jaar is ‘n wonderlike vroue-aand saam met Lindie Strydom (“Karin” in Egoli). Dit beloof om ‘n uitsonderlike geleentheid te wees. Vir al die nuus en inligting oor ons vrouebediening kontak vir Heléne Richter (082 377 9385) CD BESTELLINGS : Daar is baie bestelde CD’s wat nie afgehaal is nie. Preke kan bestel word @ R10 per CD by die Kerkkantoor. Kantoor ure is Dinsdae tot Donderdae vanaf 08:00 tot 16:00 en Vrydae vanaf 08:00 tot 13:00. Skakel die kerkkantoor Riana 012 662-1708

• GEMEENTERAAD: Sybrand van den Berg, die

voorsitter van ons gemeenteraad nooi jou uit Kom Kuier Saam! Ons wil jou graag nooi om saam met die Gemeenteraad en Bedieningspan te kom kuier. Kom ontmoet die mense wat dien as voorlopers in die gemeente. Kom deel jou hart en idees oor werklik missionêre gemeentewees met ons en met mekaar. Ons wil in besonder nuwe lidmate ontmoet. So, bring jou braaivleis (ons sal vure voorsien) of piekniekmandjie en kom kuier saam in die tuine by die kerk van 11:30 vandag, Sondag 16 Januarie. • YA’s : Afskop Dinsdag 18 Januarie, 19h00 onder

die afdak. Kontak 0823752033.

Lizelle

en

Henk

Faber

• “DIE ARK” : Die nuwe pragtige saamkom plekkie

vir die Mosterdsaadjies se opening is Sondag 23 Januarie 8h00. Kom maak ‘n draai. Dit is pragtig! • GRAAD 7 KAMP : “Think BIG” 28 – 30 Januarie.

Inskrywingsvorms by jeugkantoor. Kontak Izette 0828237524. • JEUG EN SOLO FONDSINSAMELING.: Romanz

tree op by ons op 26 Februarie. Ondersteun ons asb. Navrae en kaartjies by jeugkantoor. Kontak Hanlie 082 331 2408. • KIDZKAMP : (Gr 4 – 6) : 4 – 6 Februarie.

Inskrywingsvorms by die jeugkantoor. Kontak Izette 0828237524.

MANNEBEDIENING: Ons manne sien uit na ‘n jaar waarin ons nog nader gaan beweeg daaraan om “manne na God se hart” te wees. Woensdag om 05:30 is ons eerste “Halftyd” samekoms by die afdak hier by die kerk. Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, goeie kameraadskap en diep gesels saam met ons. Kontak vir Dewald Swart (083 325 9307) vir meer inligting.

• GRAAD 8 : Ouers saamkom 6 Februarie. Kontak

BYBELREIS: Saam met Stephan Joubert begin Woensdag 2 Februarie 19:00.

• WEBWERF: Jy sal sien dat ons webwerf hierdie

BEVESTIGING: Freddy Klinkhamer is verkies tot ons gemeenteraad en sal op Sondag 30 Januarie 2011 tydens die 10:00 diens bevestig word.

Lizette 078 077 9394. • GRAAD 1 : Nagmaal bediening saam met ouers

op 13 Februarie. Kontak Izette 0828237524. 11 : Ouers saamkom 11 Februarie. Kontak Lizette 078 077 9394.

• GRAAD

jaar baie meer “lewendig” sal wees. Kom kuier gerus daar, loer in by al die oulike mense en neem deel aan die saamgesels. Alle inligting, gebeure en kontakte is daarop beskikbaar. www.pvr.co.za • SOPKOMBUIS: Ons soek dringend hulp Vrydae

EK SAL NET EENKEER DEUR HIERDIE WêRELD VERBYGAAN. ENIGE GOED WAT EK KAN DOEN, OF ENIGE WELWILLENDHEID WAT EK AAN ENIGE MENS KAN BEWYS LAAT EK DIT NOU DOEN EN NIE UITSTEL NIE. WANT EK SAL NIE WEER HIER VERBYGAAN NIE.

by die sop kombuis. As jy belangstel skakel Rina Niemand 082 858 3409.


PvR Nuusflits