Page 1

1

Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk

FAMILIENUUS Oktober 2010

Christus alleen ….. IN HIERDIE UITGAWE • Shayamanzi

2

• Phil Underwood

3

• Margaret Feinberg 3 • Uniek gevorm

4

• Oefenprogram

6

• Bedel op straat

7

• Bana Ba Kgosi

8

• Vrouedag

9

REDAKSIE redaksie@pvr.co.za Gesels met ons oor wat jy in ons blad wil sien!

In hierdie uitgawe Algemeen

1

Familiewees

2

Nuwe Generasie

9

Maandprogram

10

Geloofsgroei

13

Menswees en Kuns

15

Inligting

19

Glimlag

20

Kontak

21

Jan Venter

Wat gebeur wanneer ‘n Gemeenteraad op Shayamanzi aankom en net een doel voor oë het, naamlik om die Here Jesus Christus te beleef en Sy wil te soek?

gelei het. Deur dit alles loop die goue draad van ‘n Verlosser wat mense nooit los nie en altyd weer nuwe insigte en koersaanpassings bied.

Wel, soos Jesus belowe in die Woord, breek Hy toe deur ons omhulsels en raak ons lewens baie diep aan.

Maar, ons het geleer dat ons Hom volledig moet vertrou met ALLES in ons lewe. Hy is besig om Sy koninkryk te laat kom, en ons moet Hom met oorgawe soek en bereid wees om, wanneer Hy ons lei, volledig toegewy agter Hom aan te beweeg.

Dis wonderlik om terug te kyk op die naweek se gebeure en te besef dat die Here Jesus steeds met ons as Sy kinders (en Sy Geloofsfamilie) oppad is, selfs al is ons glad nie daarvan bewus nie. In hierdie Familienuus sal daar terugvoer wees oor die wedervaringe en belewenisse tydens die beplanningsweek. Jy sal ook lees op watter wyse die Here Jesus ons gerig en

Ons sien met verwagting daarna uit om saam met ons Geloofsfamilie te hoor wat Sy wil is vir ons en ons bediening in die tyd wat kom. Wat ons wel weet, is dat wanneer ons Christus dieper ontdek en Hom meer uitleef, die lewe ‘n vreugde word en ons lewens ‘n verskil maak.


2 F AM ILIE N U U S

FAMILIEWEES

Shayamanzi 2010 ... Shaya Manzi is woorde in Zoeloe wat beteken “slaan die water”. Jannie en Issie Parsons het oor die laaste 15 jaar die voorreg gehad om ‘n lushof te ontwikkel hier in die hartjie van die Bosveld. Ons geloofsfamilie se leiers kuier al vir 14 jaar op die plaas in die tyd waarin ons besin oor ons volgende tree op die spoor van ons Here Jesus. Hierdie jaar het die naam van die plaas nuwe betekenis gekry toe ons ontdek dat Moses destyds in opdrag van die Here, by die Rooi See, moes “Shaya Manzi” toe sy volk groot uitdagings die hoof moes bied. Hierdie plek het vir ons simbolies geword van ‘n plek (en tyd) waar ons opnuut die Here se stem wil hoor en wil uitvoering gee aan Sy wil sodat Hy ons kan deel maak van die koms van Sy koninkryk. Die bedieningspan het die Woensdag voor die naweek arriveer en tyd spandeer om ‘n dieper verstaan van mekaar, maar veral van Jesus te beleef. Deur die loop van ons geestelike retreat het ons Christus op nuwe en verbysterende maniere beleef. Ons het ontdek dat Christus alleen die Leier is van Sy kerk en dat ons in Sy voetspore moet beweeg om enigsins ‘n verskil te maak. Die Gemeenteraad het Vrydag by ons aangesluit en ons het saam diep, vernuwende ervaringe gehad in die teenwoordigheid van Sy Gees. Ons het beleef dat Hy ons rig op ‘n dieper en meer intieme “volgelingskap” van Jesus en dat ons geloofsfamilie geroep word om Jesus te ontdek en Hom uit te leef. Ons besef dat alleen wanneer die Here Jesus Christus die “middelpunt van ons verlange” is, Hy ons kan gebruik tot Sy eer. Ontdek saam met ons hierdie dieper ervaring, en LEEF Christus!


3 F AM ILIE N U U S

FAMILIEWEES

Phil Underwood Phil is van Atlanta (Fl) in die VSA en is een van die goeie vriende wat ons leer ken het die afgelope jaar. Hy werk in die VSA, SuidAmerika en ook ander lande. Sy passie is om ander te help om Jesus Christus met oorgawe uit te leef . Phil gaan by ons bedien op 24 Oktober as deel van die oploop na ons Dankfees en hy

gaan ook op 22 Oktober die spreker wees by ons “Familielof” geleentheid. Dit is ‘n Vrydagaand waar ons lekker gaan saam piekniek hou en onsself verlustig in die liefde van ons Here Jesus Christus. Phil is ‘n inspirerende, dinamiese spreker en leier wat baie opgewonde is oor sy verbintenis aan PvR se geloofsfamilie.

FEESGEBEURE

DANKFEES - 31 OKTOBER 2010

22 Oktober 2010

Oggenddienste

Familielof met Phil Underwood

Kom beleef ‘n FEES van lofprysing en danksegging. Kom luister na die getuienisse van God se goedheid en liefde. Kom wy jouself opnuut aan die Here en dien Hom met jou Tiendemaand Dankoffer

Gesinspiekniek Vanaf 18:00

22 –25 Oktober 2010

Aanddiens:

Lewenskuns Wegbreek

Bring die hele gesin saam en kuier met Margeret Feinberg. Inspirasie!

Margaret Feinberg Op Sondag 31 Oktober is dit ons jaarlikse Dankfees en ons is bevoorreg om daardie aand vir Margeret te ontvang as gasspreker. Sy is een van die mees gesogte sprekers in die VSA en besoek Suid-Afrika saam met haar man Leif as afgevaardiges na die internasionale Lausanne Kongres. Dit vind plaas in Kaapstad. Hulle kuier die week vooraf

hier by ons en gaan so ‘n draai maak in die Kruger wildtuin en Soweto, onder andere. Ons sien werklik met groot verwagting uit na haar besoek en weet dit gaan ‘n besondere belewenis wees om haar te beleef. Gaan loer gerus in by ….

margaretfeinberg.com


4 F AM ILIE N U U S

FAMILIEWEES

Uniek gevorm vir aanbidding en belewenis! Voel dit ook soms vir jou asof jy God op ‘n heel ander manier beleef as die res van die mensdom? Hier is die goeie nuus: God het jou uniek geskep met jou eie persoonlike “vorm” waarmee jy Hom beleef en ervaar. Elkeen van ons ervaar God op ‘n ander manier. Die geheim van geloofsgemeenskap is om dit te verstaan en te geniet, sodat jy ander se “andersheid” kan geniet en ontspan binne jou eie manier van beleef. Die diagram hierbo kom uit die werk van Urban T Holmes en later Corinne Ware. Hulle konsepte help ons om ons eie spirtualiteit te verstaan en Christus uit te leef met volle oorgawe. Hiernaas is ‘n kort beskrywing van die basiese “spiritualiteitstipes”. Onthou dat ons elkeen ‘n

mengsel is van al vier tipes, met ‘n meer dominante tipe of twee. Dink bietjie na oor die dinge in jou geestelike lewe en die kerk wat jou frustreer en energeer, en jy sal dalk iets raaksien van jouself. So ‘n ontdekkingsreis help ons om nie minderwaardig te voel (en dan meerderwaardig op te tree) nie, maar om onsself en ons unieke christenwees te vier en God onbevange te beleef. Kyk gerus op my “blog” op ons webwerf vir ‘n meer deeglike uiteensetting en gesels lekker saam!

www.pvr.co.za


5 F AM ILIE N U U S

FAMILIEWEES

Basiese “vorms” in die belewenis van God Tipe 1: Die teoloog/Kop-spiritualiteit

Tipe 3: Die Mistiek/Stil-Spiritualiteit

Wil graag oor dinge nadink

Fokus meer op WEES as op DOEN/ERVAAR

Soek veral na orde

Soek veral na innerlike stilte

KENNIS van God is belangrik

EENHEID met God is belangrik

Gefokus op die innerlike-denkewêreld

Uitdaging: Ortodoksisme – Vormgodsdiens

Gefokus op die Innerlike – karakter en “being”

Studie van die Skrif staan sentraal as die manier om God te leer ken

Uitdaging: Afsondering en onttrekking word oorbeklemtoon

Verstaan kerkwees as aanbidding en lering

Gefokus op die Misterie van God

• •

Geloof is meer rasioneel, kognitief of Intellektueel

Gebed en nadenke staan sentraal

Retraite/vernuwing is belangrik

God word geken deur LUISTER

Persoonlike geestelike groei is besonder belangrik

Tipe 2: Die Charismaat/Hart-spiritualiteit •

Wil graag dinge voel

Soek veral na interpersoonlike warmte

LIEFDE vir God is belangrik Gefokus op die uiterlike-geloofsfamilie

Wil graag dinge doen

Uitdaging: Gevoel en emosie word oorbeklemtoon.

Soek veral na deelname/aktiwiteit

GEHOORSAAMHEID aan God is belangrik

Verhouding met Jesus staan sentraal

Fokus op die uiterlike – Geloof is aksie

Deel van jou eie geloofservaring met ander staan sentraal

Sterk toegewy aan roeping

Sterk verbintenis aan gebed vir ander.

Tyd, energie en bronne word geoffer om God te dien

Verkies persoonlike ervaring eerder as studie om God te leer ken

Geestelike dissiplines help jou om te fokus en stil te word.

Sterk aanvoeling vir Lofprysing en Aanbidding (Sang)

Vind geloofsgemeenskap by ander aksiegelowiges (Doen dinge saam.)

Tipe 4: Die Kruisvaarder/Aksie-spiritualiteit

Die Woord oor ons saamwees en ons verskille ... “God het julle gekies. Julle is sy spesiale mense in die wêreld. Hy is baie lief vir julle. Daarom moet julle die “klere” aantrek wat by julle pas. Jy moet baie vir ander mense omgee en gaaf met hulle wees. Wees op jou plek en moenie te veel van jouself dink nie. Moet ook nie ongeskik met mense wees nie, maar hanteer hulle mooi.

Gee mekaar ‘n kans sonder om mekaar met kritiek uitmekaar te skeur. Kyk ook by mekaar se foute verby. Die Here het immers by al julle foute verbygekyk. Daarom word niks minder van julle verwag nie. Kolossense 3:12-13 Die Boodskap


6 F AM ILIE N U U S

FAMILIEWEES

Oefengroep : Woensdae Stap jy op ‘n Woensdag by die kerksaal verby, dan hoor jy ‘n gekreun en gesteun van ‘n ander wêreld. Nie as gevolg van seerkry nie, nee, lekkerkry! Dis dan wanneer instruktrise Louise Jackson en haar troepe gereed maak vir die veldslag van die lewe – wees sterk, oefen daardie spiere, strek die bene, kry die kop skoon, en oefen sommer net vir die plesier (alhoewel die meeste dit baie ernstig opneem!). Elke Woensdag gee Louise haarself vir hierdie groep seniors en ons kan maar net sê: baie dankie Louise! Ja, en dit bly nie net by oefeninge in die kerksaal nie. Soms gryp die “wanderlust” hulle en dan ontgeld die pad en natuur dit soos hulle stap. Die bygaande foto’s spreek vir hulself.

En ons doen die haka….!


7 F AM ILIE N U U S

BEDEL OP STRAAT

FAMILIEWEES

Sampie Niemand

Kinders word die lokaas …… Net die afgelope week sien ek haar op die straathoek met ‘n kleuter op haar skoot – besig om te bedel. En toe onthou ek dat hierdie manier van bedel onlangs wyd in die pers gerapporteer is. Nou is dit so, die weerloosheid van ‘n baba ruk maklik ‘n mens se hart en beursie. Dis egter die grondslag van ‘n bedel-strategie wat ons gereeld sien. Welsynsorganisasies ontvang gereeld briewe van ontstoke inwoners oor die toestand waarin suigelinge aan die harde wêreld blootgestel word. Hierdie manier van bedel raak ‘n modegier wat ‘n ongesonde kultuur kan skep. Die bedelaar ontvang sowat R50 – R150 per dag. Die meeste van die vroue kom van ons buurlande. Ongelukkig is daar talle grys gebiede in die Kinderwet wat dit moeilik maak om hierdie vorm van bedel hok te slaan. Hoewel die kinders heeldag in die son is, is die Welsyn nie gemagtig om hulle van hul ouers weg te neem nie. Die feit dat ‘n ma met haar kind by haar bedel, kan ook deel van die individu se kultuur wees. In sommige kulture word ‘n kind op sy ma se rug vasgebind terwyl sy haar dagtaak verrig. Volgens die bywette, mag niemand op straathoeke bedel of handel dryf nie. Die Tshwane Metropolisie is verantwoordelik vir die toepassing hiervan. ‘n Ma kan aangekla word van dwarsboming van die gereg en die gevaar wat sy vir haarself, die kind en die verkeer inhou. Vandaar die versoek om hierdie vorm van bedelary, trouens, alle vorme van bedelary op straathoeke, nie finansieel te ondersteun nie. Anders hou ons die probleem net so in stand terwyl ons eerder na beter oplossings moet soek. Daar is gemeentes wat suksesvolle projekte in bedryf het waar vrouens, kinders en ander bedelaars op ‘n vaste tyd byeen kom. Die vrouens ontvang dan ‘n Bybel, ‘n ete, doeke en ander bababenodigdhede. Deur gesprekvoering word gepoog om die behoeftes van hierdie mense aan te spreek. Ek wil jou uitnooi om saam te begin gesels oor hoe ons hierdie en ander soortgelyke probleme kan aanspreek. Stuur jou insette asb aan sampie@pvr.co.za. Dankie dat jy omgee!


8 F AM ILIE N U U S

Bana ba Kgosi

FAMILIEWEES

Sampie Niemand

Hierdie sorgsentrum is in Winterveld geleê en staan onder die beheer van Doris en haar span. Hier word daagliks tussen 160 en 180 kleuters versorg asook ongeveer 500 kinders na skool. ‘n Totaal dus van ongeveer 660 tot 680 kinders! Hoe groot is die nood nie!! En watter wonderlike werk word nie hier gedoen nie! Doris het haar eie gemeente by die sentrum en word onder andere ook bygestaan deur 8 veldwerkers, almal jong mans met die aangrypendste getuienisse van hoe hulle die Here Jesus gevind het. Hierdie veldwerkers bedien elk 40 gesinne in die omgewing waar kinders geplaas is en besoek hierdie gesinne gereeld, doen die evaluering en indien nodig, skakel hulle met maatskaplike werkers. Besoek jy die sentrum, word jy oorweldig deur die liefde en welwillendheid van hierdie mense. Bygaande is ‘n collage van foto’s wat geneem is toe ons klere en ander artikels na hulle geneem het. Op een van die foto’s sal julle tannie Rosli Strydom saam met Doris sien. Sy is die voorsitter van die komitee wat na die sentrum omsien, en op 81 jaar is sy ‘n inspirasie vir ons almal en ‘n merkwaardige vrou om te ontmoet. Danksy bydraes van ons geloofsfamilie, was dit vir ons moontlik om twee keer reeds klere en ander middele na hulle te neem. Die plek is netjies, onder goeie beheer en so afhanklik van hulp en ondersteuning. Hulle is baie dringend op soek na 2 yskaste en 2 vrieskaste. Kan jy dalk help? Skakel vir Sampie.


9 F AM ILIE N U U S

NUWE GENERAIE

Vrouedag Die YA’s manne het groot gegaan op vrouedag en die “girls” toonkrul lekker bederf. Daar was ‘n “stunning” parkie, “beautiful” gedekte tafels, deftig geklede manne, heerlike kos en natuurlik “amazing” kuier en geselskap. Manne, julle is ongelooflik. Verseker ‘n voorbeeld vir elke man in PvR!!!!!

Baie dankie….. Werner en Ronel du Toit was die afgelope paar maande die bedieningsleier vir die YA’s gewees. Met die koms van klein Ian, soos ons almal weet wat “kiddies” het, het dinge egter bietjie verander. Werner en Ronel, baie dankie vir al julle liefde, tyd en omgee vir ons jongmense. Julle is baie kosbaar en klein Ian kan baie dankbaar wees vir sulke “awesome” ouers soos julle. Baie geluk met die pragtige nuwe seun. Geniet elke oomblik!!!!!!!


10

Sondag

Maandag

Dinsdag

3

4 Skole Open 19:00 DVK

09:00 Diens—DOOP 18:30 Vars

10

11

08:00 Diens & Kinderkerk 09:00 Groepe (Gr4-7) 10:00 Diens & Kinderkerk 13:00 Afrikatalediens 17:00 Groepe (Gr8-11) 18:30 Vars

12 09:00 Bybelstudie 19:00 YA’s 19:00 Doopgesprek 2 19;00 Ons Trou 1

17 08:00 Diens & Kinderkerk 09:00 Groepe (Gr4-7) 10:00 Diens—BELYDENIS 13:00 Afrikatalediens 17:00 Groepe (Gr8-11) 18:30 Vars

18 19:00 FK

19 09:00 Bybelstudie 19:00 YA’s 19:00 Ons Trou 2

24 Solo uitstappie 08:00 Diens—Nagmaal 10:00 Diens—Nagmaal 13:00 Afrikatalediens 17:00 Groepe (Gr8-11) 18:30 Vars—Nagmaal

5 09:00 Bybelstudie 19:00 YA’s 19:00 Doopgesprek 1

25 19:00 Gemeenteraad

DANKFEES Vrouekamp 08:00 Feesdiens 09:00 Groepe (Gr4-7) 10:00 Feesdiens 13:00 Afrikatalediens 17:00 Groepe (Gr8-11) 18:30 Gesinsdiens met Margaret Feinberg

26 09:00 Bybelstudie 19:00 Ons Trou 3 19:00 YA’s

31


11

Woensdag

Donderdag

Vrydag

Saterdag 1

Skoolvakansie 6

7

05:30 Halftyd 19:00 Bybelreis

Skoolvakansie 8

9

Solo Koffiedrink

13 05:30 Halftyd 19:00 Bybelreis

14 19:00 Trauma-E

20

15 YA’s Naweek

21

05:30 Halftyd 19:00 Infertiliteitsbediening

16 YA’s Naweek

23

22 Lewenskunskamp

Lewenskunskamp Phil Underwood— Familielof en gesinspiekniek

27 05:30 Halftyd

2

28

29 Vrouekamp Gr 7 Kamp

30 Vrouekamp Gr 7 Kamp


12 F AM ILIE N U U S

NUWE GENERAIE

Graad 7 kamp Oktober is die maand wat vaarwel roep tot die winter, daar’s nuwe kleure in ons tuine, die groene van die bome & struike lyk helderder & ons wag op die reën. Oktober is nie net die inleiding tot die heerlike somer nie, ons maak reg vir die opwindende Graad 7 kamp. Graad sewe’s is julle reg om te volg? Is julle reg om in “Groot Spore” te stap? Is julle reg om die Lewe aan te gryp? Is julle reg om julle sintuie te gebruik? Is julle reg om die volgende dag met min slaap aan te pak? Is julle reg vir volgende jaar? Is julle reg vir die hoërskool? Dan is hierdie kamp vir jou! Kom kry jou inskrywingsvorm.

Believe, Behave, Belong ….. Iewers het ek gelees van die drie momente van geloofsontwikkeling – believe, behave, belong. In die verlede is daar altyd chronologies aan hierdie drie momente gedink (jy moet eers weet wat jy glo, reg optree en dan “aanvaar” die kerk jou). Maar ek wonder of die drie momente in enige volgorde op jou geloofsreis kan gebeur? In die afgelope paar weke het ons met belydenisgesprekke begin met ons jongmense op die vraag van hoekom wil jy belydenis aflê. Die menings verskil soos die tieners wat voor ons sit. • Ek wil deel wees van die kerk (“belong”) • Ek wil getuig dat ek glo in Jesus Christus as my Verlosser(“believe”) • Ek wil die volgende stap neem in my geloofslewe (“behave”) Maak nie saak wat die antwoord op die vraag is nie, belydenisaflegging is ‘n mylpaalmoment op ‘n jongmens se geloofspad. ‘n Moment van getuienis en “commitment” en “belonging”!!!!

Jeug se fokus …. ‘n Aanhaling uit Leonard Sweet se boek Jesus Manifesto- : ”Christians have made the gospel about so many things - things other than Christ. But Jesus Christ is the gravitational pull that brings everything together and gives it meaning. Without Him, all things lose their value. They are but detached pieces floating around in space. That includes your life! ............ Seek Christ, embrace Christ, know Christ, and you will have touched Him who is life”. Dit is die jeugbediening se fokus vir 2010. Ons grootste droom vir ons jongmense, kinders en jong volwassenes is om ‘n lewende verhouding met Jesus Christus te hê. Om met ons ongelooflike God te “connect” en Hom toe te laat om ons van onsself los te maak, om te besef dat ons en ons eie lewentjies nie die middelpunt van die wêreld is nie. Jy is nie die hoofkarakter in jou storie nie. Jesus Christus is. As dit die storie in ons lewens word, sal ons die krag kry om onsself te verloën, buite onsself te leef en te kyk na dit wat rondom ons aangaan. Aan al ons jongmense: ”Pull in……die 4de kwartaal gaan great wees!!!!”


13 F AM ILIE N U U S

Jesus Manifesto

GELOOFSGROEI

Henk Janse van Rensburg And conversion? It's more than a change in direction; it's a change in connection.” Dit klink so voor die handliggend. Christenskap gaan mos oor Christus, maar tog kry ons dit reg om iets by te voeg by Christus en dit eerder makliker te maak en te verdun, sodat ons nie die volle implikasies verstaan wat dit beteken om Christus te volg nie. Baie gelowiges voel die behoefte aan om Christus te volg vir Wie Hy is en nie net wat Hy vir ons kan doen nie. Christus het gekom om met ons in ’n verhouding te wees, sodat ons daaruit kan leef. Hierdie boek vra van my om diep na te dink oor wie Christus in my lewe is. Daarom is dit ook gepas dat hulle stilstaan by die vraag wat Jesus vir sy dissipels gevra het: “Wie sê julle is Ek?” Die boek daag my uit om deur my lewe te wys dat Christus die sentrale punt is. Dat my lewe ’n Jesus manifes is wat deur ander mense gelees kan word om so Christus in my raak te sien (2 Korintiërs 3).

Jesus Manifesto resensie Hierdie is een van die belangrikste boeke wat ek in ‘n lang tyd gelees het. Nie alleen oor die inhoud daarvan nie, maar ook omdat ons die skrywers van hierdie boek vroeër ontmoet het tydens ons Amerikaanse toer. Leonard Sweet en Frank Viola bring in hierdie boek mens weer by die fundamentele vrae van ons geloof uit. Hulle sê tereg dat Christene die evangelie al soveel ander dinge gemaak het, baie keer iets anders as Christus. In een van die treffende aanhalings, stel hulle dit as volg: “What is Christianity? "It is Christ." Nothing more, nothing less. Christianity is not an ideology and not a philosophy. Christianity is the Good News that beauty, truth, and goodness are found in a Person...

Ek kan met vrymoedigheid hierdie boek aanbeveel. Indien jy ’n kopie daarvan wil hê, bestel dit by www.loot.co.za of kontak my dan bestel ek ’n kopie.


14 F AM ILIE N U U S

GELOOFSGROEI

Doop

Bybelreis. Die laaste kwartaal van die Bybelreis het aangebreek en ons hanteer die boek van Jeremia. Ons gaan hierdie kwartaal vier sessies aanbied waarvan die eerste Woensdagaand 6 Oktober gaan plaasvind. Stephan Joubert is weer die aanbieder en ons sien daarna uit om na hom te kan luister.

Doopgesprekke word met die doopouers gehou voordat ’n kind gedoop word. Indien jy graag in November of Desember wil doop, kan julle die volgende doopgesprekke wat op Dinsdag 5 en 12 Oktober plaasvind, bywoon. Registreer asseblief by die kerkkantoor vir meer inligting.

Ons beplan om volgende jaar ’n paar opwindende temas aan te bied by ons Bybelreis. Hou gerus die Familienuus dop vir meer inligting. As jy die Bybelreis wil bywoon, kontak gerus vir Amanda. Jy is welkom al het jy dit nog nie vantevore bygewoon nie.

Webblad Hulp Is jy lief vir rekenaars? Gebruik jy Facebook? Spandeer jy baie tyd op die internet? Dan het ons het die plek vir jou. Ons wil graag ons webblad bediening uitbrei en is op soek na vrywilligers om ons te help met ons webblad.

“Geseënd is die wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.”

Indien jy belangstel, stuur asseblief vir my ’n epos na henk@pvr.co.za, sodat ons kan gesels om deel te word van hierdie opwindende bediening. Die Ons Trou-kursus begin Dinsdagaand 12 Oktober om 19:00. Dit strek oor vier Dinsdagaande en sal jou verryk vir wonderlike huweliksreis wat voorlê. Registeer by die kerkkantoor teen R100 per egpaar. Vir navrae kontak Henk by 082 336 7555 of henk@pvr.co.za

Matteus 5:6


15 F AM ILIE N U U S

MENSWEES EN KUNS

Trauma in Kinders – Tessa de Wet (Traumaberader) Trauma het blywende effekte op kinders. As kindertyd-trauma nie opgelos word nie, dan dra hierdie basiese gevoel van vrees en hulpeloosheid oor na volwassenheid, wat ‘n basis lê vir verdere trauma. Die kwaliteit van die hegtingsband tussen die primêre figure en die kind, affekteer die kind se vermoë – selfs as ‘n volwassene – om veilig te voel in die wêreld, ander te vertrou, stres te hanteer en te herstel na teleurstellings. Trauma in vroeë lewe versteur hierdie belangrike hegtingsband, wat verhoudinge in ‘n volwasse hoedanigheid negatief beïnvloed. Ouers en ander belangrike volwassenes in die kind se lewe (soos onderwysers en ander primêre figure) kan help om die potensieel-ernstige sielkundige effekte van ‘n traumatiese gebeurtenis te verminder deur oplettend te wees in terme van kinders en hul gedrag, en onmiddellik vir hulle hulp te kry. Kennis oor die faktore wat kan bydra tot ernstige sielkundige reaksies sal help om te kan onderskei tussen kinders wat geneig sal wees om hulle ontsteltenis min of meer onafhanklik te hanteer en kinders wat sal sukkel om dit te hanteer en moontlik sielkundige hulp sal benodig. Kindertyd-trauma is gewoonlik die resultaat van enige iets wat ‘n kind se sin vir veiligheid en sekuriteit omvergooi. Dit sluit onder andere in om in ‘n onstabiele of onveilige omgewing te bly, van ‘n ouer geskei te word, ernstige siekte te ontwikkel, ontstellende mediese prosedures te ondergaan, seksueel, fisies of verbaal mishandel te word, huishoudelike geweld te beleef, verwaarloos te word, of geboelie te word. As ‘n traumatiese gebeurtenis plaasvind, is dit normaal dat meeste kinders ‘n paar simptome van akute ontsteltenis sal beleef – skok, huil, aggressie, deurmekaarheid, vrees, hartseer, rou en pessimisme, onder andere. Afhangende van omstandighede, veral die addisionele verlies van familielede, sal meeste kinders ‘n geleidelike vermindering

van simptome ervaar tydens die dae en weke na die gebeurtenis en behoort in staat te wees om voort te gaan met normale roetines en aktiwiteite, met min verandering in hulle kwaliteit en standaard van optrede. Daar mag wel kinders wees wat mag neig tot erge stresreaksies, veral in die geval van aanhoudende trauma. Dit is belangrik om te besef dat ernstige sielkundige ontsteltenis nie slegs ‘n gevolg van die ervaring van ‘n bedreigende of gevreesde gebeurtenis is nie; dit is ook die gevolg van die kind se belewenis van die gebeurtenis, tesame met die kind se eie unieke punte van weerloosheid. Alle getraumatiseerde kinders vertoon ‘n kombinasie van simptome in die posttrauma periode. Baie vertoon simptome vir jare na die traumatiese gebeurtenis. As die simptome waargeneem word, is dit gewoonlik omdat die kind aan die gebeurtenis herinner word - of deur gedagtes of deur ‘n ervaring. Hierdie simptome kom en gaan – soms vir geen verstaanbare rede nie. Die belangrikste aanduiding van trauma is ‘n verandering in gedrag. Indien jy begin agterkom dat jou kind anders reageer, vra jouself die volgende vrae: Is die kind se gedrag toepaslik vir sy/haar ontwikkelingsvlak?

Hoe gereeld gedrag?

gebeur

die

spesifieke

Was daar ‘n skielike of ‘n geleidelike verandering in gedrag?

Versteur die kind se gedrag sy/haar ontwikkeling en funksionaliteit?

Kinders kan gehelp word om langtermyneffekte van trauma te verminder. In ‘n volgende artikel sal ons meer inligting gee oor hoe om getraumatiseerde kinders die beste te hanteer.


16 F AM ILIE N U U S

MENSWEES EN KUNS

Solo … enkelouer, maar nie alleen! Alleen, enkelouer. Dit mag dalk woorde wees wat SOLO beskryf, maar nie ons groep nie. Ons “Solo” bediening skep ‘n geleentheid vir enkel ma’s en pa’s om ‘n plek te hê waar hulle kan deel en tyd spandeer met ander wat hulle behoeftes ken en verstaan.

As ‘n groep het ons geleer om mekaar geestelik te help, ‘n skouer te leen om op te huil en om kinders op te pas indien nodig. Ons het ook baie beslis pret en plesier by ons maandelikse informele koffiedrink geleenthede asook ons meer formele funksies. Dit is ook lekker om te sien hoe die “kids” saam speel, mekaar help en leer. Dan is daar natuurlik “die naweek” met nog meer pret en plesier, waarna almal baie uitsien. Ons kamp by Kwaggasrus, 12 tot 14 November.

Kontak Karel, Freddy of Lizette gerus en word deel van ons “Solo” familie.

Ds Karel Verhoef – 083 297 1242 Freddy Klinkhamer – 083 631 0085 Lizette Klinkhamer – 078 077 9394

Fotografie bediening Al ooit gewonder wat jou huismense sien as hulle by die venster uitkyk? Elkeen van die gesin ervaar dit met ‘n ander gesindheid...Die kinders sien die honde en dink aan speel, die fotograaf in die huis sien God se Fluweel van Liefde op die blomme en probeer dit vasvang in ‘n foto. ‘n Onderwyser het eenmaal sy studende opdrag gegee om ‘n opstel te skryf met die tema – ‘Hoe lyk die lewe vanuit ons agterplaas?’ Twee studente vanuit dieselfde buurt het twee teenoorgestelde standpunte gehad: die een het geskryf van hoe vuil dit is, die mense is ongelukkig en geweld seëvier op die sypaadjies; die ander het geskryf van kleurvolle malvas in konfytblikke op vensterbanke en het vertel van mense wat, ten spyte van hulle eie nood, ander help met opregte vriendskap, liefde en hoop. Dit maak nie saak waar ons vandaan kom nie, maar dit maak wel saak waarheen ons oppad is. ‘n Mens se bestemming in die lewe word bepaal deur die gesindheid wat jy openbaar teenoor die lewe rondom jou. Foto’s neem is soos gesindheid, elkeen van ons se oog is anders ingestel. ‘n Dorre stuk grond kan ‘n baie mooi foto maak wanneer jy met kleur- en skaduwee gesindhede speel. ‘n Voël op ‘n takkie kan ‘n uitdagende gesindheid benodig om af te neem. Met kinders se lag en speel wil jy die lewenlustige gesindheid vaslê. ‘n Sonsopkoms kan ‘n afwagtende gesindheid uitbeeld. As jy ‘n “viewfinder” gesindheid het, of nog meer: “folders” vol “gesindhede” dan is die fotografie bediening vir jou! Kom deel jou unieke “gesindhede” met ons.


17 F AM ILIE N U U S

MENSWEES EN KUNS

Dekor

Aardklop 2010

Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!....

Oktober is Aardklop-tyd! Wanneer alle kunsliefhebbbers bymekaar kom in die mooiste Potchefstroom en ‘n tipiese Afrikaanse kunstefees kom geniet. Een met afval, lewerkoekies, aarbeie-en-roomys en koop, koop, koop…

Hierdie gedig van C. Louis Leipoldt het ek op skool reeds geleer, maar die woorde is baie jare later steeds van toepassing. Wat sal ons as mens tog wees sonder God se natuurskoon en seisoene, ons omgewing wat verander en betekenis aan elke dag gee, om nie eens te praat van die wonder van die lewe nie.

Vir maande word uitgesien na die lewendige musiek, die “uit- die -boonste rakke” dramastukke, die baie stalletjies. Jy skuur skouers met ons bekende musikante en akteurs en as jy gelukkig is, kan jy ‘n foto of twee huistoe vat van jou en hierdie bekende mense.

Kinderhandjies met pof vingertjies en die dimpels om die beentjies, warm drukkies en papnat soentjies...die glimlag soggens wanneer daardie lewetjie wakker word, selfs die oggende wanneer daar 'n frons is... hierdie mooi gesig is vir ewig in elke ouer se geheue vasgevang.

Gelukkig is Potchefstroom ook maar net klipgooi ver. Baie mense gaan die besige pad aandurf om dalk net vir ‘n dag in die jolyt te kom deel. Om vir een dag net hulle hare los te maak, hulle maskers af te haal en net weer mens te word.

Hoe ongelooflik die mens se brein, om te kan onthou, om te kan visualiseer, om dankbaar te kan wees...

Hou die November uitgawe dop waarin ek ‘n resensie sal doen oor die stuk “Oupa en Ouma sit op die stoep”. Ek sal ook ‘n terugblik gee oor Aardklop en sy mense.

Ons hoef nie altyd geskenke te ontvang om gelukkig te voel nie, 'n bonus by die werk kan help met 'n tydelike gevoel van geluk en ook waardering, maar soos mens dankbaarheid beleef en raaksien, word die besef van liefde meer sigbaar. Sonder om ongeërg te wees oor die feit dat liefde belangrik is, kan ons eerder kleiner dingetjies vir mekaar gee - 'n glimlag wat die hart van 'n ander persoon kan aanraak, die stilstaan by 'n kollega of vreemde persoon en net te luister, deur hulp aan te bied sonder om te voel "ek wil nie betrokke raak nie", om stil te sit by jou kind, ongeag sy of haar ouderdom en net te absorbeer en regtig te luister. In elke wolk en blom, graspol en blaar, is God se liefde, kom ons ervaar die natuurskoon en laat dit ons kalm maak om te deel, ons liefde te deel op watter opregte manier ookal!

Sien julle by Aardklop! Estelle Dramabediening-Koördineerder


18 F AM ILIE N U U S

DIEPER DINK

God se genade is genoeg In Indië was daar `n waterdraer wat elke dag twee groot potte met water moes gaan volmaak. Elke pot het gehang aan `n punt van `n paal gehang wat hy oor sy nek gedra het. Een van hierdie potte het `n kraak in gehad. Die ander pot was perfek. Wanneer die waterdraer van die stroom af by sy werkgewer se huis gekom het, was die gekraakte pot net halfvol water, maar die perfekte pot heeltemal vol. Natuurlik was die kraaklose pot baie trots op sy prestasie. Hy was perfek vir die doel waarvoor hy gemaak is. Die gekraakte pot was skaam oor sy tekortkomings. Hy het misrabel gevoel omdat hy net die helfte van die taak kon doen waarvoor hy geskep is. Ná twee jaar, wat hy homself as `n bitter mislukking beskou het, het die gekraakte pot eendag met die waterdraer begin praat. “Ek is so skaam vir myself, en ek wil vir u sê ek is jammer.” “Hoekom?” het die waterdraer gevra.”Waaroor is jy skaam?” “Die afgelope twee jaar kon ek net die helfte van my watervrag lewer omdat hierdie kraak in my die water laat uitlek. Weens my swakheid moet jy al hierdie werk doen, maar jy kry nie die volle waarde vir jou moeite nie het die pot gesê. Die waterdraer het die pot met deernis geantwoord: “Wanneer ons nou terugloop huis toe, wil ek hê jy moet langs die pad kyk en al die blomme daar raaksien.” Terwyl hulle teen die bult uit stap, het die gekraakte pot sowaar al die pragtige veldblomme langs die pad raakgesien. Dit het hom ietwat beter laat voel, maar toe hulle by die huis kom, het hy weer sleg gevoel omdat die helfte van die water uitgelek het. Toe sê die waterdraer vir die pot: “Het jy opgelet dat daar net aan jóú kant van die pad blomme groei? Dit is omdat ek nog altyd geweet het van jou swak plek en dit benut het. Ek het blomsaad aan jou kant van die pad geplant. Elke dag wanneer ons terugloop van die stroom af, gee jy die saad en die blomme water. Twee jaar lank al kan ek die blomme geniet en pluk om my werkgewer se tafel mee te verfraai. Sonder jou, net soos jy is, sou ons nie hierdie blomme gehad het nie.” -Outeur onbekend

Ons elkeen het ons swakhede , ja, maar Christus gebruik ons swakhede om sy Vader mee te vereer. In God se groot ekonomie gaan niks verlore nie. Moenie bang wees vir jou swakhede nie. Erken dit. Dan sal jy skoonheid aan ander kan bring. God se genade is bereid om af te buk en almal op te tel wat nie self kan opklim nie. En hierdie almal is… ons almal. -John RW Stott “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” -2 Korintiërs 12:9


19 F AM ILIE N U U S

Manne Pierre van Ryneveld se vasvat mannebediening bied aan elke man geleenthede om te groei om die manne te word wat God bedoel het ons moet wees. Elke Woensdag, so 05:30 is daar ‘n inspirerende byeenkoms onder die dak. Ons noem dit “Halftyd”. Dis daardie plek in die middel van die week wat ons manne die geleentheid bied om asem te skep en die fokus weer in te stel op Jesus vir die week wat volg. Ons kuier saam oor ‘n koppie koffie, dink, bid, gesels en lag saam en beleef in die proses die lekker van “man van God” wees. So, skop jouself so bietjie vroeër op ‘n Woensdag uit die bed. Dit mag dalk net jou lewe verander! Kom kuier saam!

INLIGTING

Vroue

Ons help mekaar

Ons “dinamiese dames” het ‘n heerlike kuieraand gehou in Augustus en propvol pret huiwaarts gekeer.

Ons wil steeds‘n geleentheid bied vir ons gemeenskap om dienste, produkte, geleenthede en behoeftes bekend te maak.

Sowat van lag, gesels, kuier en “crafts” is lanklaas gesien. Die volgende groot gebeurtenis is ons vrouekamp in Oktober. Die kamp, o.l.v. Elmarie van Heerden en Adri Vermeulen, vind plaas vanaf 29-31 Oktober by Pure Joy op die Moloto pad. Dit beloof om weer eens ‘n ongelooflike naweek te wees. Bederf jouself, leer nuwe vriendinne ken en kom geestelik verryk terug. Bespreek nou al jou plek. Jy kan ook reeds begin afbetaal aan die kamp. Kontak Amanda vir reëlings (012-6621708)

Daar is tans verskillende maniere tot ons beskikking. Gemeenskapsbord: Maandelikse advertensies: Familienuus: Ons doen ook navraag of daar belangstelling is om teen ’n vaste koste in die maandblad te adverteer, Hierdie advertensies sal op ‘n prima plekkie in die blad wees, sodat daar waarde is vir die adverteerder. Skakel gerus met: Riana: 012 6621708 admin@pvr.co.za

Ons vroue beweeg! Kom beweeg saam!

Bankbesonderhede

Tye

NGK Pierre van Ryneveld

Sondae: Skoolkwartale

Sondae: Skoolvakansies

ABSA Lyttelton

08:00 - Erediens (Ouditorium)

09:00 - Erediens

Rek no.: 600 591 355

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

18:30 - Vars!

10:00 - Erediens (Ouditorium) 10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)

Kerkkantoor:

13:00 - Erediens (Afrikatale)

Ma:

11:00—16:00

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

Di - Do:

08:00—16:00

Vr:

08:00 - 13:00

18:30 - Vars!

Takkode: 335 045 Stuur betalingsbewys na: (012) 662 0104 finansies@pvr.co.za


20 F AM ILIE N U U S

GLIMLAG

OM OOR TE LAG Nou die dag staan ek in die park en ek wonder so by myself: hoe dit kom dat ‘n Frisbee al groter en groter word hoe nader hy kom….. en toe tref hy my.

Koos gaan na die hardewarewinkel en sê hy wil 3 400 000 stene bestel. “Sjoe,” sê die man agter die toonbank, “dis ‘n lot stene! Wat wil jy bou?” “’n Braai,” sê Koos. “Aarde, soveel stene vir ‘n braai?”, kom die vraag.

“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie”

“Ja,” antwoord Koos, “maar jy moet onthou my woonstel is op die veertiende vloer!”.

Hoe om positief te bly 1. Behou jou grappige vrinne, suur mense trek jou onder, sorg dat JY nie daai suur mens is nie 2. Lag dikwels, lank en lekker, lag tot jou blaas lek! 3. Trane kom, tjank en beweeg dan aan. Die enigste mens wat ALTYD reg deur jou lewe by jou is, is jyself. LEWE terwyl jy nog lewe het 4. Moenie op loop gaan met skuldgevolens..as daar te loop is, gaan doen dit in die winkel, in jou tuin of in die bosveld..

Nou hoekom kry die kelnerin 15% maar God kry slegs 10%!!

5. Sê vir jou mense dat jy vir hulle lief is, more is dalk te laat….


21 F AM ILIE N U U S

KONTAKBESONDERHEDE

Kontak

Gedagte van die maand Ja, God is aan die werk in die lewens

Bedieningspan:

van Sy kinders tot hulle eie beswil Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > jan@pvr.co.za Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > henk@pvr.co.za Elmo Pienaar - 082 410 7645 > elmo@pvr.co.za Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > sampie@pvr.co.za Karel Verhoef - 083 297 1242 > karel@pvr.co.za Stephan Joubert - stephan@pvr.co.za Buti Mahlangu - 082 624 2689 > buti@pvr.co.za

sodat hulle in heiligheid sal groei. Hy is die hemelse Landman wat die wilde lote van ydele pronksug en geestelike hoogmoed wegsny met die snoeimes van lyding waardeur ‘n plant gekweek word wat vrugte dra. Hy is die groot kunstenaar deurdat Hy

Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > hanlie@pvr.co.za)

ons lewens afteken, nie alleen met

Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > z@pvr.co.za

ligte maar ook met donker kleure,

Ryno Meyer (Jeugwerker) - 082 460 2103 > ryno@pvr.co.za

en die eindproduk: ‘n wondermooi skildery goed afgerond onverbeterlik.

Ondersteuningsdienste:

Daarom mag ons, nee, moet ons die vensters van ons lewenskamertjie wyd

Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > info@pvr.co.za

oopmaak in gebed, op ons knieë val

Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > admin@pvr.co.za

in dankbaarheid, verwondering en

Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > bediening@pvr.co.za

ekstase. Dat ons Paulus se woorde

Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > finansies@pvr.co.za Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > quest@pvr.co.za Alta Potgieter (Koster): 0828181622 Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923

baie duidelik sal hoor “wees altyd bly in die Here! Ek herhaal wees bly” Verwerk uit: As die wolke terugkom na die reën…………

Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901 Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns) Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658 SAP Forum (noodnommer): 079 528 1630

NAVRAE EN INLIGTING 012-6621708 — 012-6620104 (faks) — info@pvr.co.za

www.pvr.co.za

Dr J A Schutte


Familienuus Oktober 2010  

Familienuus vir Oktober 2010

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you