Issuu on Google+

Familienuus 29 November 2009 Wat gebeur vandag? 08:00 Erediens : 09:00 Voorbidding in die Kapel 10:00 Erediens : 13:00 Erediens (Afrikatale) 19:00 Kersliedere by Kerslig – Sparsentrum Pierre van Ryneveld Geen VARS! vanaand

Program vir die week.. Maandag 30 Nov 19:00 Polisieforuminwonersvergadering

Dinsdag 01 Des 09:00 B ybelstudie 19:00 Biduur (Afrikatale) 19:00 Leraarsafsluiting

Woensdag 02 Des Geen aktiwiteit

Donderdag 03 Des 19:00 B ybelstudie (Afrika tale)

Vrydag 04 Des Geen aktiwiteit

Saterdag 05 Des Geen aktiwiteit

Program vir volgende Sondag..... 08:00 10:00 13:00 18:30

Erediens en Geen Kinderkerk - Doop Erediens en Geen Kinderkerk Erediens – Afrikatalig Vars ervaring

LERAARS AAN DIENS OP DIE ONDERSTAANDE DATUMS Indien jy dalk gedurende die komende vakansie ’n leraar nodig het, gee ons hiermee graag vir jou die tydperk wanneer elke leraar aan diens sal wees. Dr Elmo Pienaar Ds Henk van Rensburg Ds Karel Verhoef Dr Sampie Niemand Ds Jan Venter

5 Des tot 31 Des 1 Des tot 17 Des 28 Des tot 10 Jan ‘10 1 Des tot 15 Des 1 Des tot 13 Des 28 Des to 10 Jan ‘10 12 Des tot 31 Des

Die Kerkkantoor is gesluit vanaf 15 Desember tot 4 Januarie 2010

KERSBOOM 2009  


2 Soos dit jaarliks ons gebruik is, wil ons hierdie jaar weer 'n klomp minderbevoorregte kinders se harte bly maak. Daar is in elke portaal ‘n Kersboom waar jy jou geskenk/e kan plaas. Net tot volgende Sondag. Draai dit asb mooi toe en heg 'n kaartjie daaraan met 'n aanduiding of dit vir 'n seun/dogter is en vir watter ouderdom.

F amilienuus Redaksie Een van die verwikkelinge waaroor ons as bedieningspan baie opgewonde is, is die gedaanteverwisseling wat ons familienuus gaan ondergaan in 2010. Veel meer as net ‘n “afkondigingsblaadjie”, word dit nou ‘n MAANDELIKSE tydskrif waarin die wedervaringe, gebeurtenisse, getuienisse en geleenthede van ons Geloofsfamilie weerkaats gaan word. Ons het opgemerk dat soveel van ons afkondigings weekliks herhaal word en buiten dit, ons het steeds ‘n behoefte aan ‘n manier waarop ons lekker deeglik kan terugvoering gee oor (en reklame maak vir) die wye verskeidenheid geleenthede in ons bediening en familielewe. Daarom die droom om die familienuus maandeliks saam te stel, goeie bladuitleg te laat doen en dit te laat druk in kompakte tydskrif formaat wat ons dan vir die maand in ons Bybels hou, en lekker aan kan lees. En nou die belangrike inligting … Ons het jou nodig om deel te wees van die span. Ons soek “joernaliste” wat die stories sal uitsnuffel en saamstel. Bladuitleg en drukwerk word gedoen deur ‘n kontrakteur, maar ons het mense nodig om die stories uit te snuffel en die behoeftes van ons Geloofsfamilie aan te spreek met goeie leesstof. Die span se rol gaan wees om te bepaal wat die inhoud moet wees en die vind/skryf van daardie inhoud. So, word deel van hierdie opwindende nuwe “baba”! Kontak: Jan Venter (0823336552/jan@pvr.co.za)

KOM BI D SAAM As jy van iemand weet met ernstige siekte of operasie, of ander beproewing, skakel dan asseblief die kerkkantoor by 662 1708 of 662 0209. Ds Henk doen hospitaalbesoek en jy kan hom skakel vir hospitaalgevalle. Met die oog op gebedsversoeke kan jy die volgende ook doen: stuur jou versoeke per e-pos aan gebed@pvr.co.za om jou versoek per e-pos aan ander deur te gee, of skakel Rina by 082 858 3409 om jou versoek aan die telefoniese gebedsketting deur te gee. Ons vra asseblief voorbidding vir die volgende mense: • • • • • • • •

Ronel Heyman wie aansterk na ’n operasie (083 414 3825) Elwee Henderson wie ’n operasie ondergaan het (0845680224) Connie Goosen wie se pa oorlede is (0733187955) Johan Vos wie ’n rugoperasie ondergaan het (082 495 5454) Rassie Victor wie met klierkanker gediagnoseer is (0722715299) Hennie Beetge wie met kanker gediagnoseer is (0826859116) Heydelie van der Merwe wat steeds chemoterapie ontvang (082 468 3132) Linda Otto wat in die hospitaal aansterk na ’n motorongeluk (082 755 7133)

Om 06:15 Sondagoggende word daar vir die eredienste en die mense wat dit gaan bywoon gebid. Dit vind plaas binne die ouditorium. Enige iemand wat belangstel is welkom om saam te kom bid. Tussen die twee oggenddienste is daar 'n biduur in die Kapel. Almal is welkom om deel te neem.


3 Kom ons bid vir:

Danie Krynauw en sy gesin. Bid vir Danie en Marina Krynauw saam met hulle seun Daniel in Pataya, Thailand. Bid dat deur die Engelse klasse wat deur Danie en Marina aangebied word ook die harte van die Thai mense sal verander. Bid vir die groei van die SiChaang eiland gemeente. Bid vir die uitreike op die eiland. Bid vir die uitreike in samewerking met die Presbiteriaanse gemeente.

Kosie de Bruin. Bid vir Kosie op die Doulos skip. Bid vir hulle uitreike in Maleisië. Bid vir Kosie wat diens doen op die skip terwyl dit in die droogdok lê. Bid dat God sal voorsien in sy behoeftes. Bid vir Kosie se toekomsplanne. Bid dat die Kersfees in Engeland by sy familie geseënd mag wees.

Ons gemeente. Bid dat ons as gemeente werklik kerk sal wees waar ons werk en in ons omgewing. Bid dat ons met liefde sal uitreik na hulle in nood rondom ons. Bid vir ons leraars en ons gemeenteraad. Bid vir die kleingroepe.

REGSHULPKL I N I E K 'n Regshulpkliniek lewer op Maandae van 18:00 tot 19:00 vir die gemeentelede ’n regshulp en adviesdiens. Skakel asb vir Amanda by die kerkkantoor (012 662-1708) vir 'n afspraak of stap gerus net in by “Die Huis” hier by ons Kerk. Ons vra asb dat julle die ingang na die Huis via die Kerkterrein gebruik. Ons sê baie dankie aan Marius, Latel en Christine vir hierdie GRATIS konsultasie diens.

ONS KOSKAS   Baie dankie vir jou omgee! Ons koskas lyk drasties beter. Alle nie bederfbare produkte is nog steeds welkom. Hiermee net ‘n groot dankie vir julle oop harte. Jy kan jou bydrae deur die week by die kerkkantoor afgee, of Sondae in die portaal in die trollie plaas. Vir enige navrae, skakel Elna by 084 442 8816 of Amanda (kerkkantoor) by 012 - 662 1708.

SENIOR BURGER BEDIEN I NG Hartlik geluk aan die volgende seniors wat die komende week verjaar.


4 •01 •03 •03 •05 •05 •05 •05

Des Des Des Des Des Des Des

Jan Korf Marita Koen Lourens Swart Wimpie Francis Freda Korf Corrie McCarthy Elize Meyer

012 662-0732 012 662-2044 012 662-2920 012 662-4206 0827773901 012 662-0769

ONS HELP MEKAAR Dringend op soek na werk – 26 jaar oud. Rekenaar geletterd. Vorige ondervinding in Debiteure en algemene kantoor werk. Skakel Shani 0790198822 Baie dringend opsoek na werk. Philip John Els 0790887768 - handyman, tuinwerk. Is ook inbesit van ’n Kode 10 lisensie met publieke bestuurspermit. 47jarige Blanke man. Dringend opsoek na werk. Skoonmaak van vensters, motor opritte en plaveisel. "handyman" werk - teels lê, verf, elektries en loodgieter werk, herstel en installeer van elektriese heinings en hekke, ens. Skakel Andre en Elsa by 0746438314. Soek iemand om ons huis op te pas vir die vakansie. Skakel Diana Petterson 012 347-7923 of 0824730767 n Werkskeppingsprojek in Daspoort/Claremont in die Weste van Pretoria, se yskas/vrieskas het gebreek. ‘n Handjievol vroutjies bak vanuit hulle gemeenskapsentrum koekies en koek vir ‘n inkomste. As enige iemand dalk kan help met ‘n yskas/vrieskas in werkende toestand, skakel asb. vir Ida Nel by 082 808 3668. Student wat huise besoek waar eienaars op vakansie is. Sal troeteldiere versorg, tuine nat maak ens. R40 per besoek. Skakel Jason 0731940112 of epos jason@key2.co.za Halfdagpos, Makelaarsekretaresse in Cornwall Hill. R4000 per maand. Diensaanvaarding 4 Januarie 2010. E-pos CV na biggee@mweb.co.za Die Direksie van Centurion Reformia Onafhanklike Laerskool (Clubview) wag aansoeke in vir 'n voltydse Skoolsekretaresse : Sekretaresse vir skoolhoof, Algemene tikwerk, Algemene administratiewe pligte, Rekenaarvaardigheid (spesifiek “ MS Excel” en “MS Word”), Internet (epos, sms’e en publikasie van omsendbriewe op webtuiste), Behartiging van skoolklereverkope en ander skoolprojekte, Noodhulpkennis kan ‘n aanwins wees, Goeie menseverhoudings. Vir verdere navrae kan u die skoolkantoor tydens skoolure kontak by (012) 654 7577. CV kan gestuur word aan skool@reformia.org.za of faks dit na 086 667 5665 Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Desember 2009 Gaan jy met vakansie? Ek sal jou diere oppas teen R45 per dag. Ek stuur ook daagliks vir jou n sms om te laat weet hoe dit met jou diere gaan. Skakel vir Schalk by 0827661800. Kortermynversekerings praktyk in Erasmusrand op soek na 'n admin / PA met nodige ondervinding en FSB krediete. Email CV na tmloubser@mweb.co.za of kontak Theo by 082 311 8686. Speelgroep benodig dienste van ‘n Juffrou vir Jan 2010. Aansoekers moet aan die volgende vereistes voldoen: Vriendelik, spontaan, toegewyd, lojaal, lief wees vir kinders. Baie geduld, goeie menseverhoudings en tweetalig. Toepaslike kwalifikasies of nodige ondervinding is noodsaaklik! Stuur CV aan 27795260333@vodamail.co.za “Bachelors” woonstel te huur in Waterkloof Ridge @ R2 100 per maand. Die woonstel is deel van ‘n huis, met eie ingang. elektrisiteit addisioneel (bydrae is ± R200 p.m)


5 Meenthuis in Pierre van Ryneveld beskikbaar om te deel met man/dame. 25j +. R2 100.00pm. Elektrisiteit Uitgesluit. Skakel Lizelle 072 664 7878 Soek huis te huur in PvR vir sendelinge vanaf 1 Januarie 2010. Soek 3 slaapkamer huis met tuin teen ongeveer R5 000 p.m.onderhandelbaar. Skakel Marie Dell 083 235 0092 Te huur – 1 Slaapkamer tuinwoonstel. Eetkamer, sitkamer, kombuis, badkamer met stort, wasbak en toilet. Veilige onderdak parkering agter veiligheidshek. Onmiddelik beskikbaar. R3 300 per maand (water en krag ingesluit). Deposito vereiste, geen rokers, drinkers of troeteldiere asseblief. Skakel Laetitia Zeeman 0823390911 Ballito vakansie akkommodasie – luukse 3 slaapkamer woonstel beskikbaar dwarsdeur die jaar. In sekuriteitsblok met toesluitmotorhuis. Pragtige see-uitsig. Volledig toegerus met linne ook. Skakel eienaar Dina 0832854738 Te huur – 2 Slaapkamer woonstel in Mooikloof Ridge. Badkamer en toesluitmotorhuis. Dubbele sekuriteitkompeks. Muurbal en tennisbane beskikbaar. Onmiddellik beskikbaar. Skakel eienaar Dina 0832854738 Huishulp gesoek - voltyds/inslaap. Ons sal graag 'n bekwame en betroubare huishulp se dienste wil bekom vanaf Jan/Feb 2010 wat verkieslik sal inslaap. Goeie verwysings is noodsaaklik. Kontak Magriet by 082 967 4264. Het jy dalk ’n Bernina naaimasjien wat ek kan ruil vir kontant. Skakel Dawn 012 662-2864/0826800131

GASVRYHEIDSBEDIENING Ons ondervind tans regtig ’n groot probleem met hulp : stel jy belang om ons te help met teeskink op 'n Sondag? Dalk met Nagmaalbediening op 'n Sondag (so 5 geleenthede per jaar). Gee asb jou naam op by Amanda of Riana by die kerkkantoor, 012 6621708 of Sondag by die Inligtingstoonbank. Dankie : Gasvryheidsbediening

Kerfeeskonsert by die Voortrekkermonument Die 2009 Kerfeeskonsert by die Voortrekkermonument, Saterdag 5 Des, 19:00 met koperblaasensemble, GZN-Sangers en Eon Malan (orrel). Kaartjies - R50 pp en R30 vir kinders en pensionarisse. Kontak Annatjie by 012 326 6770. Beperkte sitplekke.


6


7

Seni or s 2010

Belydenis 2010 Belydenis aflegging is ‘n baie persoonlike en spesiale geleentheid vir elke jongmens. Om dit so spesiaal as moontlik te maak, gaan die belydenis proses in 2010 bietjie anders lyk. Die belydenis voorbereiding loop reeds vanaf graad 10 af, deur na graad 11 waar die jongmense dan tydens graad 11 besluit of hulle gereed is vir belydenisaflegging of nie. Ons nooi alle ouers van graad 10 & 11 jongmense om die 31 ste Januarie 17h00 saam met ons te kom kuier en ’n inligting sessie by te woon waar die proses bespreek gaan word. Ons sien uit daarna om volgende jaar met u hande te vat en saam te reis.

Belydenis Aqua X K amp

Wie: 2010 Graad 10’s & 11’s Wanneer: 15 – 17 Januarie Waar: Vaalrivier Verdere inligting en vorms op 

MENTORS 2010 Ons jeugbediening het jou as mentor nodig. Indien jy belang stel, vul jou besonderhede in en gooi in die JOEFF boks. Naam:                 ______________________________ Tel no:                ______________________________

“Come share your knowledge”


8

YOUNG ADULTS 2010 Die YA’s het ‘n ongelooflike 2009 gehad, en beplan niks minder vir 2010 nie. Daasr word GROOT dinge beplan vir die matrieks sowel as vir die oueres. Die matrieks skop af met ‘n heerlike “MATRIEKS POEDING” op die 24ste Januarie om 17h00, en daarna kom hulle weekliks 17h00 bymekaar. Marne van Niekerk, en Lourens Steyn neem verantwoordelikheid vir die matriek bediening volgende jaar. Dan, die YA’s se saamkom begin Dinsdag 19 Januarie om 19h00, maar hulle groot afskop is Dinsdag, 2 Februarie. Almal, matriek tot twenty something is welkom om by hierdie “amazing” groep in te skakel.

Mandjiedans - 13 Februarie Die YA’s bied weereens ‘n ongelooflike Valentynsgeleentheid aan vir die HELE GEMEENTE. Kom hou ‘n heerlike romantiese piekniek en dans en kuier lekker. Verdere inligting volg.

KONTAKBESONDERHEDE Ds Jan Venter Ds Henk van Rensburg

662 3700 / 082 333 6552

jan@pvr.co.za

662 5619 / 082 336 7555

henk@pvr.co.za Dr Elmo Pienaar

662 0870 / 082 410 7645

Dr Sampie Niemand

662 2888 / 082 698 1995

elmo@pvr.co.za

sampie@pvr.co.za Ds Karel Verhoef

662 2908 / 083 297 1242

Dr Stephan Joubert

083 488 2822

stephan@pvr.co.za

Buti Mahlangu

082 624 2689

buti@pvr.co.za

Peet Kilian (Bedryfshoof) info@pvr.co.za

082 469 4708

karel@pvr.co.za


BYBELREIS

 

SAAM MET STEPHAN JOUBERT

Kom ontdek die Woord en reis saam deur die Bybel Word verryk deur saam te dink oor temas uit verskillende Bybelboeke

Program vir 2010 Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4

: : : :

Handelinge: Die verhaal van die kerk Genesis–Deuteronomium: Die begin van die Ou Testament Hebreërs en Jakobus: Praktiese Christenskap Jesaja en Jeremia: Leer by die profete

Bybelsreis: Aandprogram vanaf 27 Januarie Woensdagaande om 19:00

Bybelreis: Oggendprogram vanaf 24 Februarie (10:00-12:30) Twee Woensdagoggende per kwartaal word dieselfde inhoud as die Aand-Bybelreis herhaal Kostes: R100 per persoon vir die jaar Registrasie vind tydens eerste sessie plaas Navrae: Henk (082 336 7555 / henk@pvr.co.za) Amanda (012 662 1708 / bediening@pvr.co.za)

9


10

K ERSLIEDERE BY K ERSLIG P V R S PAR S ENTRUM

S ONDAG

29 N OV 19:00


11

B RING

EIE STOEL

EN KERS


familienuus