Page 1

WERK DEUR DIE JAAR 2014

Groet die grotman: Prof. Gerber Jimmy Pressly en Gwen J.v. Vuuren Hoe goed ken jy jou dosente? Infokom begin vandeesweek met ’n reeks profiele oor die dosente in die Skool vir Kommunikasiestudies. Die nimlike prof. Attie Gerber is eerste in ons visier. Met vele prestasies op sy kerfstok het hy nog ‘n mylpaal behaal toe hy onlangs sy sestigste verjaarsdag gevier het. Attie is al 35 jaar gelukkig getroud met Anria en hulle is die trotse ouers van Stefan (31) en Gina (29). Min studente weet waarskynlik dat dié imposante man die vader is van die bekroonde aktualiteitsprogram 50/50. “Ons het gesukkel met ’n naam vir die program,” onthou Attie. “Maar eendag toe ons in Melville-kroeg kuier tydens Happy Hour, sê ek vir my kollega: ‘Dis vyftig-vyftig mens en natuur’.” Só ontstaan dié program wat al omtrent dertig jaar op die kassie is. Attie is al meer as twee dekades ’n videografie-dosent op die PUK. Voor dit het hy lank as hoofregisseur by die SAUK gewerk. Jy sal nooit vir Attie sonder sy Leatherman-knipmes en kamera aantref nie. Maar hoe dan anders vir ’n man wat gereeld in die Vredefort-koepel ronddwaal óf vriende maak met bobbejane tydens sy talle video-projekte? Sy oë skiet so bietjie vol trane wanneer hy praat van sy hond, Shiraz,

Prof. Attie Gerber maak een van sy beste studente touwys van hoe ’n kamera werkbtydens een van sy video-projekte. wat verlede jaar dood is. Dié hond is ‘n geskenk van sy seun Stefan, ’n wynmaker van Stellenbosch. As hy sou kon terugkom as ’n dier in ‘n tweede lewe, sou dit as dié hond wees, bely hy. Studente en kollegas ken Attie as ‘n rustige, saggeaarde man, maar die een ding wat hom teen die mure uitdryf is hoe knaend studente op hul

Blackberries vroetel tydens ‘n lesing. “Soms probeer ek hulle met my fiets raakry,” spot hy. Tog het hy besluit om hom vanjaar nie te veel aan sulke klein jakkalsies te steur nie. “Ek probeer ’n hartaanval of beroerte vermy,” verduidelik hy tong in die kies. Ironies genoeg is dié kamera-kenner nie ’n groot fliekganger nie, maar hy praat met lof van die bloeitydperk

van nuwe Afrikaanse flieks. Sy raad aan aspirant-regisseurs is dat hulle stories moet hê, “goeie stories” beklemtoon hy. Hy glo in goeie skrywers. “As jy ’n goeie storie het om te vertel deur ‘n goeie skrywer, gaan dit êrens vassteek,” sê hy met sy kenmerkende grinnik en knip-oog vriendelik vir ons.

Dit reën hond by Kommunikasie In die afgelope maand het twee van die kommunikasiedosente se huise ’n troeteldier ryker geword. In ’n vorige Infokom-storie het ons berig oor Hannelie Otto se woef Hari. Nou het Hari ’n sussie gekry met die naam Miko . Dié naam is afgelei van die naam Kumiko. “Sy is ’n feisty klein bliksem,” vertel Hannelie trots oor die nuwe familie lid.

Miko is lewendig en energiek en gee soms vir Hari opdraande. “Sy laat Hari lyk soos ‘n bejaarde man, hoewel hy net agt maande oud is,” grap Hannelie. Tog kom sy en Hari goed oor die weg, hoewel dit ’n aanpassing vir Hari was met die vreemde kreatuur wat sy bed met hom moet deel en hom soms ook uitskop. Dr. Marlene Wiggill se “pavement special”, Scooby, het ook aanpassings­ probleme met Fifi, die klein Peking-

ese wat ook onlangs deel geword het van die gesin. Fifi steel al die aandag by almal in die gesin en kom goed oor die weg met Molly die kat. “Ek het besluit om die hondjie te kry want ek is broeis,” lag Marlene terwyl sy skaam bloos. Fifi speel graag in Marlene se kantoor terwyl sy nog so klein is. “Die studente oe en aa eers voordat ons kan begin gesels,” vertel Marlene. Intussen het Infokom verneem

Hannelie het Marlene se hond uitgedaag vir ’n hondegeveg. Sy sê alle weddenskappe op haar hond kan by haar geplaas word. Marlene se kommentaar? Sy weet Fifi sal wen sonder om ’n pootjie te lig! “Wie sal nou met ’n hondjie wil baklei wat jou met daai oogies aankyk?” vra Marlene. Infokom sal vir ’n feit daar wees om verslag te lewer oor die gebeurtenis.


2

Koel nuwe kompers Jimmy Pressly Onlangs het ’n paar lokale in die Skool vir Kommunikasiestudies nuwe baadjies gekry weens ’n paar tegnologiese veranderings. Die rekenaarlokale is óf opgegradeer met nuwe rekenaars óf het beter rekenaars ontvang. Die besluit is gemaak omdat die rekenaars se lewensiklus so te sê verby is, verduidelik Steven Bosch, dosent in kommunikasie.

Juan Steyn, Inligtingstegnoloog van die fakulteit Lettere en Wysbegeerte sê die proses het glad verloop. Die kunste-gebou kry splinternuwe iMac-rekenaars. Die kunste gebou (F2) se rekenaars skuif oor na die Perskorsentrum (F20) na lokaal 118 toe. Die personeel en Prof. Attie Gerber se video rekenaars skuif na die nuwe Illustrasielokaal in F2 toe en die Mac-minis wat in die Perskorsentrum was skuif na die Taal-departement toe. Die rekenaars wat in die Perskorsentrum gestaan het, is al vyf jaar daar en het glo vir talle studente al moeilikheid gegee. “Die keuse wat destyds gemaak is vir Mac-minis was dalk nie die beste nie,” verduidelik Juan.

“Dié rekenaars is nie so sterk om al die nuwe programmatuur te hanteer nie.” Die vernuwing sal die fakulteit om en by R1.4 miljoen kos, skat Juan. “Met die ‘nuwe’ rekenaars wat na bewering nog ‘n leeftyd van ongeveer twee jaar het, is ek versigtig verlig dat ons uiteindelik kan begin werk op Adobe CS6 in terme van InDesign, Dreamweaver en Photoshop,” sê Elrie Visser, kommunikasiedosent. Daar was probleme met rekenaars wat nie data suksesvol kon stoor nie en ook omdat sagteware te oud was en nie versoenbaar is nie. Elrie hoop dat dié probleme uitgeskakel sal word met die rekenaars wat oorskuif na die Perskorgebou.

“Ek hoop egter dat Kommunikasie in die toekoms nie weer tweede in die ry gaan staan met die uitdeel van die nuwe rekenaars nie,” sê Elrie. Juan verduidelik ook dat die proses teen 2014 afgehandel sal wees en dat al die lokale sal spog met splinternuwe iMacs, maar vir nou sal al die skuiwe teen middel April afgehandel wees. Daar is ook sprake dat ’n lokaal ingerig sal wprd waar daar nooit klas sal wees nie en studente die lokaal permanent kan gebruik om te werk. “Dit sal wonderlik wees as mens weet dat jy in ’n klas in kan stap waar jy rustig kan werk sonder dat enige iemand jou steur ,” sê Elsabé Oosthuizen, honneurstudent.

Derdejaars ontmoet Mama Afrika Jimmy Pressly Die kommunikasie derdejaars het onlangs saam met Louise Bezuidenhout, kommunikasiedosent, op ʼn uitstappie gegaan na Clover se Mama Afrika projek in Ikageng. Mama Dorah Tshabalala, ʼn vrou uit die Ikageng gemeenskap, neem ongeveer dertig kinders in waar sy nie net vir hulle op ʼn daaglikse basis kos gee nie, maar ook hulle die basiese vaardighede van skryf en lees leer. Voorts gebruik sy haar talente soos haar kookvernuf en naaldwerkvaardighede om vir ander in die gemeenskap dit aan te leer en op so wyse vir haarself ʼn inkomste te genereer. “Ons het gaan kyk wat die verband is tussen wat in die media oor Mama Afrika gekommunikeer word en ook wat prakties by Mama Dorah in Ika-

geng gebeur,” vertel Louise. Volgens Ilza van Zyl, ’n derdejaarstudent in kommunikasie, hou die uitstappie is ook verband met van ʼn semesteropdrag wat vir die module KCOM322- meer bekend as Ontwikkelingskommunikasie. “Die teorie sê een ding, maar dit was lekker om te sien wat in praktyk gebeur,” vertel Ilza. “Dit is ʼn wonderlike ervaring om studente prakties te wys wat binne die ontwikkelingsveld gebeur,” sê Louise. Volgens Ilza is dié projek besig om goed te ontwikkel, maar tog nog baie is nodig. Maar, tog voel sy die uitstappie was sinvol. “Enige iemand kan ʼn verskil maak en ek het dit weer besef op dié uitstappie,” sê Louise.

’n Nuwe styl vir Cornia

Shuan Frazao, ‘n derdejaarstudent in kommunikasie, saam met Mama Dorah Tshabalala. infokom word uitgegee deu die Korporatiewe Media Honneursklas. Die redaksie vir hierdie uitgawe is:

Cornia Pretorius, kommunikasiedosent het ‘n nuwe haarstyl! Sy sê sy dat sy was lus vir iets nuuts omdat mens met kort hare net soveel kan doen. “Ek het nou al rooi hare gehad, dit was nou al kort en ek het 10 jaar terug braids gehad,” lag Cornia. Daarom het sy besluit dit is iets weer tyd vir verandering. Die haasrstyl sal haar ook herinner aan haar Afrika- wortels terwyl sy tans in Londen is vir ‘n konferensie.

Redakteur: Jimmy Pressly Skryf: Jimmy Pressly Uitleg: Jimmy Pressly

Subs: Jimmy Pressly


Infokom  

A company journal that we did in our honors year. This is a two page collection of my work.

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you