Potchefstroom Herald 7 November 2013

Page 14

14

Potchefstroom Herald

Potch se slimkoppe Baie geluk aan Mona de Beer en Babs Kirby wat ons Oktober-blokraaiselkompetisiewenners is. Babs Kirby ontvang ‘n R100-eetbewys van Steak House en Mona de Beer is ons groot wenner van die R500 kontant. Ons het dié week ‘n nuwe blok-

raaisel vir die maand van November, so kry jou pen of potlood reg en skryf in. Ons het weer twee pryse op die spel. Weer ‘n R100-eetbewys en weer R500 kontant reg vir ‘n blokraaiselliefhebber. Dien jou voltooide blokraaisel in by

die Herald-kantore by Wilgeparksentrum op die hoek van Piet Uysstraat en Govan Mbekirylaan. Die wenners sal gekontak word. Die kompetisie sluit 29 November. Kopieë sal ongelukkig nie aanvaar word nie – slegs die oorspronklike blokraaisel wat op koerantpapier ingevul is.

8 November 2013 Koop dus ‘n paar ekstra Heralds van hierdie uitgawe en vul sommer almal in om jou wenkans te verbeter – dink net aan daai lekker biefstuk wat jy aan kan smul. Of dalk ‘n paar geskenkies vir jou geliefdes koop vir Kerstyd. Baie dankie aan die span van The Steak House en Ocean Basket vir hul vrygewige borgskap.

Blokraaisel vir November

Potch Herald Nov-blokraaisel Handig u blokraaisel saam met hierdie inskrywingsvorm in by die Potch Heraldkantore by Wilgeparksentrum op die hoek van Piet Uysstraat en Govan Mbekirylaan voor of op 29 November 09:00. Naam en van:…………………………………….. Epos: ……………………………………………… Kontaknommer:……………………………………

Oktober-bruidspare kan nou inskryf! Bruidspare wat in Oktober getrou het, kan nou inskryf vir die Herald se Bruidspaar-kompetisie 2013. Stuur vir ons ‘n mooi foto van julself na maryke.vanheerden@media24.com Die sluitingsdatum is Vrydag 22 November 10:00. Dan doen die Herald ook ‘n beroep op alle finaliste van 2013, m.a.w as jy die wenner in Januarie tot September hierdie jaar was, om so gou moontlik ‘n kontaknommer van jul elk te stuur na maryke.vanheerden@media24.com. As jy versuim om so te doen sal ons jul nie kan kontak vir die asemrowende bruidsfunksie wat vroeg in volgende jaar plaasvind nie.

Hendrik en Yolandé van Eck is ons eerste inskrywing vir Oktober. Hulle is op 19 Oktober getroud.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.