Page 8

8

Potchefstroom Herald

Lets talk

Praat saam

27 Julie 2012

45518

SMS’e kos R1,50

Die Herald behou die reg om sekere SMS’e nie te plaas nie

Help asb indien jy ’n yskas of ’n kroegyskas het wat jy aan ’n behoeftige gesin kan afstaan. Skakel ons asb. Duisend dankies. Thea 0826832858 of Willie 0848496700.

SAVF Ons Hulde Huis vir Bejaardes, Mariaan, Hendriena en personeel, baie dankie vir jul liefdevolle en mooi versorging van oom Kosie. Ons waardeer dit. Julle is tops en ons is lief vir julle. Aan die Van Stadens en Rotariërs, dankie vir oom Kosie se rolstoel! Hy ry lekker. Dis mense soos julle wat ons swaarkry soveel ligter maak! Tannie Bets.

Zella Nel, jy is ’n fantastiese musiekonderwyseres! Ons waardeer wat jy vir ons kind doen! Jy berei nie net ons kind uitstekend voor vir eksamens nie, maar hanteer haar met soveel geduld en liefde. Jy het by haar ’n liefde vir musiek gekweek wat haar inspireer sodat oefening nooit iets is om na op te sien nie! Ook het jy die afgelope 8 jaar so ’n positiewe rol in die vorming van haar karakter gespeel. Vir alles wat jy vir C doen kan ons net sê baie baie dankie!

Potch het lankal ’n La Dolce Vita nodig gehad. Stap in en word verwelkom met ’n cuppachino, vriendelike personeel wat hul beste gee, ’n headmassage. As jy net sê die pienk en swart salon dan weet almal. Welldone. Natz en Anzel! Lovies Liz Xx

Pieter my man, ek wil graag sê hoe opreg ek en die kinders jou waardeer en lief het. Mag Liewe Jesus al jou hartsbe-geertes vervul. Dankie dat jy vir ons ook omgee en lief is. Mwha xx Yvonne

Jy wat tik ‘jul SMS mense het nie ’n lewe nie’.....Jy moes seker van die SMSe gelees het voordat jy kommentaar kon lewer - lekker tyd gemors nê??

Dankie aan Herald vir ’n opwindende koerant, die mense wat nie ook ‘praat saam’ smaak nie, moet nie saam praat nie. Kry ander leesstof asb.

Aan die jonges wat so kla oor die ou mense op die paaie, onthou julle gaan ook oud word en julle gaan ook wil rondry. Jong man 26.

Ek wil ook groot asseblief vra vir spoedhobels in Rivierstraat. Tussen Chris Hani (Botha)- en Jeugdstraat.

Wat het geword van die buurtwag wat in Ou Bailliepark gestig sou word? Ek sien niks. Van Inwoner

Irene, gaan na Ventersdorp vir jou lisensie. Daar staan die amptenare tou om jou te help.

Sello by Game, baie dankie vir jou hulp en vriendelikheid. Items wat ek nie kon kry nie het hy vir my gewys op watter rak dit is. Baie dankie

Dis nie net SAPS nie, probeer ambulans bel om na jou huis toe te kom, 3 uur in die oggend as geliefde familielid op die grond bewusteloos lê. Dis ’n ander storie. Dis al ’n week later en ons wag nog steeds. Groete Me. Wag

Ek sluit aan by geheime wat geopenbaar sal word, (vra my man) danksy eerlike vriende, selnommers, kollegas en bure, net jammer party skuldiges wat so in die donker en binnekamer sondig ontken hul dade en hou daarmee aan!

Instansies wat jou nooi vir ’n onderhoud, dis so vêr van jou tuiste - dit kos jou R200 vir reiskoste terwyl jy werkloos is en moet geld leen vir die petrol. Daarna hoor jy nooit weer van hulle, skaam julle man.

Is daar enige winkel wat my wil aanteken as ’n leerling? Ek is ’n vrou met 2 kinders en geen kwalifikasie nie, behalwe tikwerk. Ek is ’n harde werker en leer baie vinnig, maar sal nooit ’n behoorlike inkomste kan verdien nie. Kontak my by 0733364927. U sal nie spyt wees nie.

Ons as Potch inwoners is tog so dankbaar as daar mense is wat ons dorp skoonmaak, maar as ons net buite om ons eie erwe wil loop en die gemors wil optel sal dit baie help. In Greylingstraat word die honde se gemors op die sypaadjie gegooi. Ag nee, kan ons nie maar help dat ons voor ons

eie plekke, asook besighede skoon maak? Glo dit sal baie help, dit is mos ons trots. Potchefsroom Ek kan ’n sober blanke pensioenaris man (60-65) help met blyplek in ruil vir hulp in en om die huis. Hy moet ’n bydrae maak met kos, krag, wasgoed vir hulp in en om die huis. Eie vervoer en gereedskap hê. Augusta le Roux, jy is so ’n uiters bekwame musiekonderwyseres. Ek het nog nooit iemand ontmoet wat bereid is om so hard te werk en so baie ekstra moeite te doen met my kind nie! Om my kind se woorde te gebruik: “Juf. Augusta verduidelik die moeilikste stuff dat ek dadelik verstaan en sy weet alles van musiek”. Ons waardeer jou bonatuurlike geduld en ekstra hulp naby die eksamens. Aggressiewe bestuur is net ’n ander woord vir onervare bestuurders, ek verwys hier ook na Ore se verhaal. Sou dit moontlik wees om veilig agteruit te ry of met ’n selfoon te kommunikeer sou daar nie wêreldwyd ’n verbod daarteen gewees het nie? Wanneer die manne en vroue so verbyjaag troos ek my daaraan dat dit vir hulle ’n leerskool is en dat eendag, sou hulle gelukkig wees, hulle ook met meer as 46 jaar se ervaring kan spog en hopelik iets daaruit sal leer. Hennie Dankie aan Dr. Joel Naude en almal by Potch Mediclinic wat ons spesiale dogtertjie so mooi hanteer en versorg! Die persoon wat babaklere soek kan my skakel by 0182947834. Baie geluk aan Potch DBV! Vrydagmiddag 20 Julie 2012. Inenting van honde teen hondsdolheid. Organisasie was uitstekend. Vat ons net 15 minute. Marlise Stoop. (DBV se telno: 018 294 3856, noodnommer: 084 501 8668) Dit is betreurenswaardig dat studente en sommige ander mense wat in Potch so roekeloos/nalatig bestuur, geen respek het vir hul eie lewens nie en wetsgehoorsame burgers se lewens erg in gevaar stel deur oor stoptekens en rooi verkeersligte te ry/ jaag. Ek vrees daagliks vir my lewe in Potch. Wetsgehoorsame padgebruiker. Sopas by Stadsraad uitgevind van “pre paid” krag. Hoe meer eenhede per transaksie jy koop, hoe duurder kos dit per eenheid. Voorbeeld: R0 - R 350 = R1.04 per eenheid. R350 - R600 = R1.09 per eenheid. R 600 en bo = R1.29. Hoe meer eenhede jy koop hoe duurder kos dit! Die persoon wat my hond doodgery het verlede Sondag in Gobeylaan, ek het gehoop jy het die decency gehad om jammer te kom sê. As jy nie so gejaag het om die draai nie sou dit nie gebeur het nie, jy het baie pyn en hartseer oor ons gesin gebring. Die Here is naby. Fil 4:5. Hy is nie vêr van enigeen van ons af nie. Hand 17:27. En hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken God by ons. Mat 1:23. Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ps 73:28. Groete B. Jammer Ore, die Spietkops sal nie aan jou versoeke kan voldoen nie, want hul is te besig om spoedkaartjies uit te skryf! Makliker as om taxis en selfoongebruikers te konfronteer! Sit almal agter kameras in 60 zones! Die SMSe oor die sogenaamde oom met die groen of blou Volksie by die Puk: Hy pas dalk net sy spoed aan by omstandighede, iets wat julle nog moet leer om te doen, dit is as julle ooit weet wat dit beteken. Verwaande snuiters wat so kla oor ou ooms in Volksies, daar is baie voetgangers op kampus en hulle is goed opgevoede, intelligente en bedagsame, nederige jongmense. Seuntjie van sewentig. Ek wil net vir Francois van Grassnyer Dokter sê: Hou so aan julle is tops. Julle het my vinnig gehelp met my kettingsaag en herstelwerk was baie bekostigbaar. Julle sal my weer sien. Malherbestraat na Puk het resiesbaan geword. Asseblief stadsraad/verkeersdepartement/iemand kan julle iets doen - spoedwalle? Ons is nie meer ons lewens seker nie.

Hallo, ek is in Ventersdorp. Wil net hoor of daar nie dalk mense is wat seeskulpe het wat hul nie meer wil hê nie, ek sal u vergoed daarvoor. Dankie 0737347066 Vat die karwagte weg dan sal julle sien hoe word die karre gesteel. Wil net vir die karwagte sê, julle doen goeie werk, hou so aan. Wat is dit om net R2 te gee? Heidie, soms maak mens groot foute wat lei tot verlies van kosbare vriende. Ek het. Dankie vir vergifnis en nog ’n kans. Ek waardeer jou. Blessings, Pieter. Baie dankie aan Francois Orton en die sakekamer vir jul inisiatief met skoonhou en skoonmaak van Potch. Kom ons help saam en hou op kla en vinger wys! ‘ Engellief, dankie vir ’n wonderlike naweek. Ek’s baie lief vir jou......sterretjies baie, mwa.....jys die beste wat ooit met my gebeur het....wink JW, hoop jy het jou geskenk vir jou verjaarsdag soveel geniet soos ek dit geniet het om dit vir jou te gee! Ek soek dringend ‘n huurhuis in PotchSuid. Kan iemand my help? Skakel Gerrit 071 289 8197 Ou Steve maat, “about Ria the car watch girl, “if you snooze you loose”, start singing “Oh LONESOME ME” Ek het ‘n beursie in Chief Albert Luthuli opgetel. Bel my by 072 7864999 as dit joune is. Ore, kom nou oor die pepersproei, dit raak nou afgesaag. Kan JM Hoffeldt my asb. bel by 072 786 4999? Daddy Morake, you are a star and an example to others! Well done to you and Gorden Modisane for being so creative and going the extra mile turning a problem into a money making opportunity! We wish you great success and may your business grow from strength to strength! Potch well-wishers. Ulrich- as ek aan jou dink, dink ek aan die woord liefde, jou stywe drukkies en daai lag! Jyt ’n hart van goud gehad! Ek sê net dankie Here vir die 16 jaar wat jy deel was van my lewe! Ek’t so baie van jou geleer en saam jou geleer... Jy gaan gemis word!! Rus in vrede!! Liefde Nicola Die 16-jarige seun wat die hele wêreld met sy motor vol ry (sonder lisensie of leerlinglisensie), wat gaan jy doen as jy of iemand ‘n ongeluk maak, of gaan jy agter mammie se geld wegkruip? Of wag jy ook om jou lisensie te koop? Die kind in Johannesburg, jy kan ’n plan maak om jou ouers in Potch te sien. Jy kom nie meer kuier nie. Ondanks omstandighede bly jy nog hulle kind. Nee man, moenie hulle afskeep nie! - Neef Aan die dametjie wat by die Potch Mediclinic die kraamsaal skoonmaak, ek onthou net nie die naam mooi nie, ‘Pulani of Polina’. Wil net sê jy is spesiaal, want jy maak a verskil!! Help asb. Ek’t op 23 Julie ‘n bossie sleutels in Potch verloor. Daar is 4 sleutels

aan die bossie. As u dit gesien of opgetel het, bel my asb. by 0766335657. Dankie. I am a disable person and went to Potch SAPS to make an aviddavit. I met someone by the name of constable Dhlamini who was not wearing a uniform, he came to me and I got help without prejudice. Keep up the good work. Hoekom sien ek nie Potchefstroom Munisipaliteit onder dié wat ’n skoon audit gekry het nie (Sake Beeld 24 Julie), of is daar iets wat ek nie verstaan nie? Oppies Baie dankie Hardy Visagie van Venelouvre Blinds vir jou goeie en flinke diens! Jaco Brits Elsie jy is ook ‘n ster by Medicross, dankie. CS du Toit Ek weet almal sukkel en alles word duurder. Ek vra weer asb as iemand of ‘n besigheid kan help met petrolgeld, ons ry Donderdag 2uur Bloemfontein hospitaal toe sodat die dokters toetse kan doen en die nier verwyder. Ek het al die doktersbriewe om te bewys ek moet vrydag 7 uur daar wees asb. Moeder 0723897585 Could certain estate agents PLEASE remove their boards - I wasted time and money trying to follow their boards, only to find that the house was sold a month ago. It’s not all the agencies- just the lazy ones who are wasting people’s time! Dr Omar, you are the best! Thank you for amazing and caring service! Ek skryf vandag, want my hart is baie seer. Op 26 Julie 2001 is ons seun Johan Viviers (Bulletjie) weggeneem deur ‘n motorfietsongeluk. Dit is vandag 26 Julie, 11 jaar. Ek stuur ‘n briefie op hemel toe om vir hom en Anna te sê hoe lief ons hulle het en mis hulle elke dag en ons liefde is nog altyd daar. Dankie aan almal wat ons nog altyd bystaan. Ons ander seun Pierre het in 2008 ook ‘n motorfietsongeluk gehad, maar ons dank Die Here hy lewe. Mabel, Peet en Pierre. Mense wat loop en steel by die begraafplaas... 15 Julie toe ek daar kom, is my kind se engel op die graf gesteel. Sondag toe ek daar kom is die blompot gesteel. Vir 11 jaar was die pot daar, maar een skelm moes kom en dit steel. Asseblief, bly weg van ander mense se goed. Gaan jy lekker voel as iemand jou goed steel? Na my SMS aan die Herald het ek ’n email aan Pat gestuur en ek wil net baie dankie sê oor hoe sy my probleem hanteer het. Pat, jy is regtig ’n groot aanwins vir die Herald. Die Ongelukkige Mamma oor die baba-kompetisie. Dankie aan my man dat hy so wonderlik is, ons pienk voetjies is amper hier en ek weet jy gaan ‘n wonderlike pa wees. Te amor. Ek stem saam met Jaco van Barry van Bar-Lo’s Konstruksie met sy puik dienste. Wens die ander besighede kan by jou leer. Dankie, SJ. As iemand miskien ‘n bril opgetel het by Riverwalk skakel my asb. by 0739198634 SMSe wat ’n ander persoon belaster word nie geplaas nie. Lesers wat ‘n besigheid van swak diens beskuldig moet eers die klagte met die eienaar/bestuurder van die besigheid opneem. Indien u steeds nie tevrede is nie kan u ‘n formele brief aan die Herald rig wat per epos of per hand/pos aan ons gelewer word. Ons kontakbesonderhede is op bladsy 2. Die brief moet u volle naam en adres en telefoonnommer bevat. Die brief sal dan sover moontlik voor publikasie aan die betrokke besigheid voorgelê word waarop hulle dan kan reageer.

Links: ‘n Inwoner van Potchefstroom, mnr. Rob Nicholas, het hierdie foto geneem. “Dit gebeur dikwels dat die polisie reg voor die hof op die gestremde parkering stilhou en sommer heel oggend daar parkeer,” sê hy.

Potch Herald 27 Julie 2012  

Potch Herald 27 Julie 2012

Potch Herald 27 Julie 2012  

Potch Herald 27 Julie 2012

Advertisement