Page 13

27 Julie 2012

13

Potchefstroom Herald

De Magnete – kunswerke vars en uitdagend Xander du Plooy As daar een ding is wat lekkerder is as gratis wyn, is dit goeie kuns! Jacki McInnes se solo-uitstalling, de Magnete, het Donderdagaand by die NWU Pukgalery geopen en talle kunsliefhebbers diep laat dink terwyl hul ’n glasie wyn en mekaar se geselskap geniet het. McInnes is ’n gesogte kunstenaar vanaf Johannesburg wat reeds ’n indrukwekkende oeuvre het en menigte toekennings ontvang het. Sy beperk haarself nie tot slegs een medium nie en ook nie tot wat as medium gebruik kan word nie. Die resultaat hiervan is kunswerke wat vars en uitdagend voel asook ’n volledige tentoonstelling waar elke werk sy eie unieke hipnotiese aantrekking het. Gordon Froud, ’n kunstenaar en kunsdosent aan die Universiteit van Johannesburg, het die aand geopen. Froud het in sy

toespraak gesê hy was baie ingenome met die NWU-galery en dat McInnes se uitstalling tuis lyk in so intieme, maar steeds kontemporêre galery. De Magnete bestaan uit ’n reeks werke van verskeie mediums met lood, yster en die magnetiese aard van metale as ’n gemeenskaplike element in byna al die werke. Sy poog in haar uitstalling om kommentaar te lewer op die mens se impak op die aarde en die spoed waarteen ons die aarde vernietig. Die gebruik van lood in McInnes se werke dui op haar ongelooflike toewyding tot haar kuns, omdat dit ’n giftige en uiters gevaarlike medium is. Sy gebruik moontlik die medium omdat die giftige aard van die lood as simbool vir die mens se besoedeling van die aarde gesien kan word. Bo en behalwe die belangrike boodskap en die interessante wyse waarop sy dit lewer, getuig die werke van ’n vakmanskap en talent wat mens nie dikwels teëkom nie. McInnes se innoverende aanslag op ’n onderwerp waarvan mense gedesensiteerd is en haar vermoë om lood te hamer tot ’n uiters realistiese en subtiele beeldhouwerk alleen maak die uitstalling een wat nie misgeloop mag word nie. Jacki McInnes se De Magnete sal by die NWU-Galery ten toongestel word tot en met 10 Augustus.

Schola cantorum Potchefstroom Jaco van der Merwe Die Koorakademie van Suid-Afrika aan die Noordwes-Universiteit bied die tweede Schola Cantorum Potchefstroom op 17 en 18 Augustus by die Konservatorium aan met prof. Kåre Hanken van Noorweë as gasaanbieder en dirigent. Schola Cantorum (“sangerskool” in Latyn) word internasionaal verbind met koorleidingwerkswinkels, stemontwikkeling en meestersklasse. Schola Cantorum Potchefstroom fokus op ervare sowel as beginner koorleiers en kore. Verskeie kore wat laerskole, hoërskole, gemeenskappe en universiteite verteenwoordig, sal aan die geleentheid deelneem. ‘n Soortgelyke Schola Cantorum sal ook op 24 en 25 Augustus in Bloemfontein aangebied word. Die kursusfooi is slegs R300 en inskrywings sluit op Maandag 13 Augustus 2012. ‘n Inligtingspamflet met ‘n registrasievorm kan by die Skool vir Musiek se webblad by www.nwu.ac.za/music afgelaai word. Vir verdere inligting en navrae, skakel me. Hannelie Viviers by (018) 299 4457/faks 086 759-3559/choir@nwuac.za.

! y z z i L s s i m o l l Ha

Die kunstenaar, Jacki McInnes, was die aand daar en het met besoekers gesels.

Kuns

&

Vermaak

Die NWU-Galery verwelkom altyd kunsliefhebbers van jonk en oud.

Gordon Froud lewer sy openingstoespraak.

Met die klassieke fliek ‘Goodbye Mr Chips!” as vertrekpunt, is “Hallo miss Lizzy!” die verhaal van die lewenslustige Elizabeth Johnson, nuwe onderwyseres by die baie bekende Bentwoodseunskool. Sy is jonk, voortvarend en opgewonde om die skool se tradisie van verhoogproduksies voort te sit. Sy ontmoet die skoolhoof, Dawid du Toit, ’n persoon vir wie sy skool eerste prioriteit en tradisie belangrik is. Sku vir die vroulike geslag oortuig Elizabeth vir Dawid om die meisies van die buurskool te nooi vir oudisies! Boonop word verwag dat Dawid ’n metgesel na die jaarlikse skooldans bring. Hy is egter oortuig dat: “I shall never let a woman in my life!” Renate, Dawid se persoonlike assistent, hou nie van Elizabeth nie en nog minder van die idee dat hy later tog sy hart op haar verloor! Hierdie musiekproduksie van Gimmies vind op 16, 17 en 18 Augustus in die Sanlam-ouditorium van die NWU (Pukkampus) plaas. Kaartjies is verkrygbaar by die skool, Protea-Boekwinkel, Print Café, Heimat-gebou of by www.artema.co.za

Potch Herald 27 Julie 2012  

Potch Herald 27 Julie 2012

Potch Herald 27 Julie 2012  

Potch Herald 27 Julie 2012

Advertisement