Issuu on Google+


16

42

Inhoud

12

Plus 50 is an independent 2-monthly publication promoting the interest of senior citizens in the RSA. Although Plus 50 is available as a mouthpiece for recognized seniors organisations, it is editorially and financially independent. Plus 50 is endorsed by GreyPower. All copyright of the contents is held by the publisher. No part of the publication may be reproduced in any way without the written permission of the publisher. Text extracts of not more than 60 words may be used without prior permission, provided that the author, the magazine name and date of publication are acknowledge. The editor reserves the right to change and/or shorten articles. The publisher accepts no responsibility for the content of advertisements. The opinions of contributors are not neccessarily those of the magazine.

4 | Plus 50 • Februarie / Maart 2013

Contents

Februarie Maart 2013 | February March 2013

UP FOR GRABS! PRYSE TE WEN! Plus 50 is ‘n onafhanklike 2-maandelikse publikasie wat die belange van senior burgers in die RSA bevorder. Hoewel Plus 50 beskikbaar is as mondstuk van erkende seniorsorganisasies is dit redaksioneel en finansieel onafhanklik. Plus 50 word onderskryf deur GrysKrag. Alle kopiereg van die inhoud word voorbehou. Geen deel mag op enige wyse gereproduseer word sonder skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Kort uittreksels (maksimum 60 woorde) mag sonder toestemming gebruik word, mits volledige erkenning aan die skrywer en die publikasienaam en -datum gegee word. Die redakteur behou die reg voor om artikels te verander en/of te verkort. Die uitgewer aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud van advertensies nie. Die mening van medewerkers is nie noodwendig die van die blad nie.

48

• •

Reise / Trips: 19, 57 Health & Beauty Gesond & Mooi: 28, 46, 47, 50 Crossword / Blokraai: 52 REIS . TRAVEL

5 Europa 8 Israel 19 Oos-Vrystaat en Lesotho

VALENTINE . VALENTYN

16 The second time around – Ina du Toit 18 Ou liefde roes nie – Ina du Toit

GELDSAKE . FINANCE

20 Job Portal – Martie Squier and Chris Holt 26 Die lewende annuïteit – Elsabé Smith

VERBRUIKERSAKE

22 Slim spandeerwenke – Ina Wilken

IN THE NEWS

37 Water crisis – Diek van der Zel 6 BRIEWE . LETTERS 7 REDAKSIONEEL . EDITORIAL Liefde en Lyding / Love and Suffering - Karel Prinsloo

OORDENKING

10 Paasboodskap – Johnny Kleynhans

MENSE . PEOPLE 12 Beyers Truter: Koning van Pinotage – Marlene Malan

HEALTH & BEAUTY GESOND & MOOI

42 43 46 47 48 50

Exercise for urinary incontinence – Kathleen Summers Incontinence: When laughing isn’t funny – Burgie Ireland Prostate: Questions and Answers – Paul Bosman Skin therapy Your spa experience – Mimmie Lancaster Anti-ageing: Turning back time

SENIORS

15 Durban Expo: Lifestyle and Retirement 27 Retirement: A life less ordinary –

52 BLOKRAAI . CROSSWORD

Lana Martens

29 32 35 39

Organisations Happy Valley – Ora Larkin Retraites / Retreats – Piet Muller Welwees: Aktiewe veroudering –

53 Die wonders van Google(8) – Dieter Bruijns

Percy van Staden en Lynne Lourens

54 Quick and tasty

REKENAARLES

RECIPES


Plus 50 • February / March 2013 | 5


BRIEWE | LETTERS

“Verpligte” etes by ’n aftreeoord Ek is ‘n pensioenaris woonagtig in ‘n bekende aftreeoord wat ‘n deeltitelontwikkeling is. Ons as inwoners het ‘n probleem met verpligte etes, wat volgens ons Trustees en ons Bestuursagent op ons afgedwing word in terme van ons koopbriewe, destyds aangegaan met die ontwikkelaar toe ons eenhede van die bouplanne af gekoop het. Ek is nie seker dat enige bepalings in die koopbriewe oordraagbaar was van die ontwikkelaar na die later gevormde Beheerliggaam nie. Verder word die voorwaardes van die verpligte etes gereeld aangepas wat betref prys, aantal per maand en die dae waarop dit geneem mag word. Ons dink dat dit onregverdig is dat een van die partye die voorwaardes van die kontrak eensydig kan wysig sonder wilsooreenstemming van die ander party. Ons bepleit nie afskaffing van die etes nie, maar versoek elke keer dat die neem daarvan opsioneel gemaak moet word. Wat staan ons te doen? Vra maar net (Skuilnaam, brief per e-pos ontvang) Plus 50 sal hierdie navraag, wat kort voor druktyd ontvang is, in die volgende uitgawe laat bespreek. Is daar by ander oorde soortgelyke ervarings? Ons lesers kan ons gerus daaroor inlig, en ook oor die beste voorbeelde/ advies wat gevolg kan word. Redakteur

Sewe

klippies vir jou En dit wat in die sak oorbly: Te min om als gedoen te kry. Dan kom jy by halwe honderd, Nou galop die tyd bedonnerd En na die bult-op lewenspad, Beginne jy die afdraand vat.

Daar’s sewe klippies in jou sak Deur die Here vir jou ingepak Sodat jy ene weg kan gooi Vir elke tiende jaar voltooi. Eerste klippie, geen probleem Die spel sal donkiejare neem, Dink ons in ydel kinderwaan Die lewe gaan vir ewig aan.

Daar is natuurlik taai kalante, Op twintig waai die tweede klip, Jy sien hul soms in die koerante, Yl van moestas en rooi van lip, Wat net nie gou die emmer skop Windmakerder kan jy nie kry, En eers na honderd om sal dop. Wat ek wil, skuld die wêreld my. Klippie drie die laat jou dink, Vir dertig jaar het jy rinkink, Vier sewendes is daar nou oor, Om op te maak vir tyd verloor. As uit jou hand die vierde val, Dan vlek die grys jou slape al

Rig u bydraes en briewe aan: Die Redakteur, Suite 145, P/S X19, Menlopark 0102. E-pos: plus50@telkomsa.net Send your contributions and letters to: The Editor, Suite 145, P/B X19, Menlo Park 0102. E-mail: plus50@telkomsa.net 6 | Plus 50 • Februarie / Maart 2013

Voorlaaste klippie nommer ses Glip uit die sak voor jy sê mes Die wat gewerk het vir ‘n baas Kry sy persent en groet vir laas. O wee, o wee, nou klippie sewe, Skriftuurlik het jy klaar gelewe, Daar kom nou veel genade kort Vir die wat dalk wil tagtig word.

Of jy nou tot vervelens lewe, Of tata sê hier rondom sewe, By watter klip jy ookal stop, Gaan sal ons, die tyd raak op. Ons wens jou dus ‘n sakvol klip, Genoeg vir daardie honderd trip En vreugde in jou kook en bak, Tot jou knieë daar op oudag knak. Nouja, ou maat, daar het jy dit, Al wat ons nou kan doen is bid Vir gesondheid, liefde en geluk, Met voorspoed vir die oorblystuk! – Anoniem (per e-pos)


WELKOM | WELCOME

Redaksioneel • Editorial

Direkteure • Directors Dr Karel Prinsloo Prof Oppel BW Greeff Gillian Corken Hoofkantoor • Head Office Tel: 012 348 8706/7819 Faks/Fax: 012 348 5644 Suite 145, Privaatsak/Private Bag X19, Menlo Park 0102 4de Vloer/4th Floor, The Hillside 318, Lynnwood, Pretoria. Web: www.plus50.co.za Voorblad • Cover Beyers Truter Foto • Photo Die Burger/Media 24

“Liefde” en “lyding” Twee temas wat meer as eenkeer in dié uitgawe van Plus 50 aandag kry, is “liefde” (in Valentynstyd) en “lyding” (op die vooraand van Paastyd). By eerste gedagte staan liefde en lyding reg teenoor mekaar. As jy liefhet, is jy in vervoering, miskien vol van romantiese gloed en hunkering. Lyding daarenteen het met pyn te doen. Tog is daar ook iets soos toegewyde dienende liefde, die opofferende gee van die self. Dit kan in medelye oorgaan: om die lyding of leed van ‘n ander mens te deel. Jy sien byvoorbeeld hoe ‘n sterk man van tagtig liefdevol en sorgsaam sy brose vroutjie, kromgetrek van pyn en skete, stadig met die gang af begelei. Is hy nie in sekere sin ook ‘n ware Valentyn nie? Ons almal ken seker die twee klassieke maskers wat met die dramawêreld geassosieer word, die een van lag en die ander van huil. Saam verteenwoordig hulle die geheel van teater. In ‘n bepaalde opsig is dit ook so met liefde en lyding. Dit verteenwoordig twee uiterstes van die mens se belewenismoontlikhede. En tog kry jy dit dat hierdie twee naby mekaar kan uitkom, soos in hierdie tydskrif-uitgawe, of dat diepe lyding opgevolg kan word deur ‘n gloednuwe liefde. Geniet die tydskrif!

“Love” and “suffering” Two themes to which attention is paid more than once in this issue of Plus 50 are love (Valentine’s Day) and suffering (on the eve of Easter). On first thoughts, love and suffering are opposed to one another. If you are in love, you are transported, perhaps full of a romantic glow and yearning. Suffering on the other hand has to do with pain. Yet there is also something such as dedicated serving love, the sacrificial giving of the self. It can transmute into compassion: sharing the suffering or sorrow of another person. For example, you watch how a strong man of eighty lovingly and tenderly escorts his fragile wife, who is bent over with aches and pains, slowly down the hall. Is this not in some sense a true Valentine? We all recognise the two masks that are associated with the world of drama: the comic face and the tragic one. Together they represent the whole of theatre. In a certain sense, this is also true of love and suffering. These represent the two extremes of human experience. But these two may draw close together, as in this issue, and deep suffering may be followed by a fervent new love. Enjoy this issue!

Foto: Japie Claassen

Hoofredakteur • Editor-in-Chief Dr Karel Prinsloo Mederedakteur • Co-Editor Ina du Toit Mediese Redakteur • Medical Editor Prof Oppel Greeff Medewerkers • Contributors Dieter Bruijns Dr Paul Bosman Chris Holt Burgie Ireland Dr Johnny Kleynhans Mimmie Lancaster Ora Larkin Lynne Lourens Marlene Malan Lana Martens Dr Piet Muller Dr Diek van der Zel Percy van Staden Martie Squier Dr Kathleen Summers Juanita van Wyk Ina Wilken-Jonker Redaksiesekretaresse • Editorial secretary Lenie Reinstorf Tel: 012 348 8706 Faks/Fax: 012 348 5644 plus50@telkomsa.net Bladontwerp HJ Design Language Editing Liz Stewart Proefleser • Proofreader Chrisna Nel Drukker • Printer Seriti Printing Webwerf • Website Manta SEO Solutions www.mantawebsolutions.com Advertensies & Bemarking Advertising & Marketing Iza Fourie: Tel: 012 348 8706/7819 Sel: 082 406 6047 marketingplus50@telkomsa.net Projects-Co-ordinator • Projekte-Koördineerder Ina Snyman Tel 012 348 8706/7819 projectplus50@telkomsa.net Intekenare • Subscribers Lenie Reinstorf Tel: 012 348 8706 Faks/Fax: 012 348 5644 plus50@telkomsa.net Verspreiding • Distribution Willem Bruwer Republikeinse Nuusagentskap Republican News Agency Posbus/PO Box 101, Maraisburg 1700 Tel: 011 248 3500 Faks/Fax: 011 474 3583 Uitgewer • Publisher Plus 50 Media Bk/Cc (2005/035592/23)

Hoofredakteur / Editor-in-Chief Plus 50 • February / March 2013 | 7


MENSE

Op ‘n eens verwaarloosde stuk grond w

“Die cowboy-filosoof Louis L’Amour het gesê: Traildust is thicker than blood. Net so is Beyerskloof nie ‘n eenmanvertoning nie. Ons is ‘n span. Die stof van die paaie wat ek met almal gestap het, lê nog dik aangepak op my.” Deur Marlene Malan

In die wingerd gebore

Anri Truter (31), Diner’s Club se Jong Wynmaker van die Jaar 2012, vertel hy is so te sê “in die wingerd gebore”. Wyn, sy mense, die chemie agter geur en kleur, was iets wat altyd deel was van sy lewe. Pa Beyers het hom in die wynbedryf ingelei, en die liefde vir die kuns van wynmaak by hom ingeskerp, “totdat ek besef het ek het potensiaal toe die wyne wat ek op my eie gemaak het, begin presteer het. My pa bly my beste mentor, al doen ek dinge soms anders as hy,” lag hy. Nog ‘n les wat hy by Beyers se manier van doen geleer het, is dat die grootste sukses in die wynbedryf nie jou wen-oomblik is nie. Die truuk is om gehalte vol te hou, jaar na jaar. “Wat lekker is aan die wêreld van wyn, is die aura rondom die gebruik daarvan – om lekker kos te eet saam met goeie wyn. Wyn maak kos geselliger, maak lekker kos nog lekkerder. Daar is ‘n wyn vir almal: Jy drink waarvan jy hou, wanneer jy wil. Sorg net dat die temperatuur perfek is – dis eintlik al voorwaarde. As wyn reg gebruik word, is dit iets wat mense saamsnoer.” 12 | Plus 50 • Februarie / Maart 2013

N

Koning v

et buite Stellenbosch, in die hartjie van uitgestrekte lappe wingerde, lê 7 ha “genade” – dié van Beyers Truter (58), een van die kleurrykste persoonlikhede in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Die groen van sy landgoed, Beyerskloof, is geëts teen die diepblou van die Simonsberg, komplementeer die dieprooi van die Pinotage in die glas voor my. “Suid-Afrika se Pinotage-koning”, verwys wynliefhebbers na dié gemoedelike man, die landgoedeienaar wat nooit te besig is om tyd te maak vir navrae nie, om ‘n hand uit te steek na ander, sy plek in die gemeenskap vol staan, ander wil bemagtig, euwels in die gemeenskap wil hokslaan. Maar veral is hy die wynman wat nooit te besig is vir ‘n goeie stukkie kuier nie: “Deesdae nogal veral oor ‘n rosé’tjie, ‘n lekker middagetewyntjie op ons dek,” wy hy uit oor dié nuwe liefde in sy wynreeks. Die hout-“dek” van die landgoed se restaurant, Red Leaf, is waar die meeste kuier gebeur, weet Kapenaars al. Weekdae, sommige Sondae. As jy ‘n vriendskap wil blinkpoets, gaan jy “dek” toe, kyk uit oor die Simonsberg, sit byna binne-in die wingerde; jy kan amper net jou hand uitsteek en ‘n trossie pluk. Beyers loop saam met Milo, sy “liefdevolle” Jack Russel, en Chester, sy “slim” bulterriër, van gas tot gas om sélf oor die jongste te verneem, gaste tuis te laat voel. “ ‘n Mens moet maar nederig wees voor Goedheid; dis allesbehalwe vanselfsprekend,” verklap hy sy lewensbenadering. Van kindsdag af was daar ‘n dryfkrag in hom. Om vorentoe te gaan, nog ‘n mylpaal te bereik. Iets nuuts aan te pak. Kennis in te win en kundigheid uit te deel. En om wyn te maak. Die wynkultuur was egter nie deel van sy grootwordjare nie. “Ek was nie ‘n plaaskind nie. Van ‘n ware wynkultuur was daar nie sprake in my ouerhuis nie.

Later, toe ek ernstig begin wyn maak het, moes ek mooi aan my ma verduidelik…” Dis op skool, by Jan van Riebeeck in Kaapstad, dat “ek my mond die eerste keer aan rooiwyn gesit en dit toe begin versamel het, doer in die jare sestig, sewentig. My pelle sou bier drink, en daar staan ek dan met ‘n glasie rooi in die hand. Om Tassenberg te drink, was g’n straf nie. Maar Ma het gedink ek moes eerder leer as wyn versamel.” Sy pa was ‘n hospitaalbestuurder en Beyers was van plan om medies te studeer, maar hy het uiteindelik by Maties met ‘n B.Sc-landbougraad klaargemaak. Rugby en ‘n sosiale lewe was in dié tyd ewe belangrike inskrywings op die “leer”-agenda. Na sy studie het hy eers by die Sagtevrugteraad gewerk, “maar wynmaak was maar altyd in my agterkop”. Dit was uiteindelik oom Jannie Krige wat hom ‘n kans op Kanonkop, nog ‘n ikoniese Stellenbosse wynplaas, gegee het. Uiteindelik kon Beyers die teorie van sy universiteitstudie prakties begin uitleef, “my vrees vir sélf wynmaak oorwin”. So goed het hy dit gedoen, dat hy kort daarna Kanonkop na ‘n wenplek op die SuidAfrikaanse Jongwynskou gelei het. In die laat-jare tagtig het Beyers se hunkering na ‘n eie plaas die oorhand gekry, en het hy ‘n verwaarloosde stukkie grond “met ‘n uitsig op die Simonsberg” gekoop. Hy het gretig geleer by ikone in die wynbedryf, soos Frans Malan van Simonsig, en Beyerskloof tot stand gebring. Van die grootste hoogtepunte was toe hy in 1987 as Suid-Afrika se Wynmaker van die Jaar aangewys is, en in 1991 as Internasionale Wynmaker van die Jaar. Tog: “Ek het nog nie my beste wyn gemaak nie. ‘n Mens kan altyd verbeter. Ek bly maar eksperimenteer.” Hy wil byvoorbeeld ‘n Pinotage met ‘n lae alkoholinhoud maak: “’n Pinotage met so 9% alkohol, teenoor rosé


word Beyers Truter

van Pinotage wat 11% alkohol bevat, witwyn met 12%, en rooiwyn 13,5%.” Oor die afgelope sowat vyf jaar het sy seun, Anri (31), sy pa se passie vir wynmaak begin oorneem, wat einde verlede jaar aan hom die kroon van Suid-Afrikaanse Jong Wynmaker van die Jaar besorg het. “Ek is trots, bly dat my seun in my voetspore volg,” sê Beyers. Sy dogter en skoonseun, Corné en Buddy Hendriks, is ook deel van Beyerskloof, as restaurantbestuurder en assistent-wynmaker; sy skoondogter, Nadia, ‘n geoktrooieerde rekenmeester wat Red Leaf se geldsake dophou; en sy vrou, Esmé “wat in die agtergrond alles raakvat en weet van elke aspek van ons maatskappy”. Hy wil ‘n verskil maak in ander se lewens Beyers se ander passies is sy fokus op fetale alkoholsindroom, wat gelei het tot die stigting van die organisasie Beyers Truter FAITH (Fetal Alcohol Syndrome and Interrelated Treatment Help Fund), om mense in landelike gebiede in te lig oor die gevare van alkoholgebruik tydens swangerskap. Die geld word gebruik by skole met FAS-projekte en -bewusmakingsveldtogte. Beyers vertel: “Ek het op my vyftigste verjaardag besef hoe ‘n negatiewe uitwerking wyn het as dit oormatig en verkeerd gebruik word. Ek het toe geweet ek wil ‘n verskil in ander se lewens maak. En ja, dalk het my

plaaswerkers plaas. Die een kan nie sonder die ander nie. Hulle weet ek skroom nie om saam met hulle gate te grawe nie.”

oorlede ma se houding teenoor drank iets hiermee te doen… Dalk stel ek haar, met dié projek, gerus. Dis jammer sy is dood voor sy van hierdie stigting geweet het.” Hy is ook besig met ‘n projek om al sy werkers te bemagtig. “Almal wat op Beyerskloof werk, ken my hart, en hulle weet dat ek die hoogste premie op verhoudings tussen plaaseienaar en

Beyers bieg dat hy nou in die denkfase van sy lewe is. “Ek wil nog baie dinge op dié lap grond vermag. Anri is op dreef, en dis lekker om te sien hy het ‘n rooiwynmaker se rustigheid. Ek is die ou wat aanhoudend wil praat en doen. “En ek besef al hoe meer dat niks nié van die Here kom nie. Soos goeie wyn, wat net gemaak kan word as die stokke in goeie grond staan. So is ek ryk aan Sy genade.” P Plus 50 • February / March 2013 | 13


60 | Plus 50 • Februarie / Maart 2013


Feb 2013