Page 7

10 DESEMBER 2010

NUUS

7

Nuwe baadjie Steelpoort Akademie is beskik om ‘n nuwe baadjie te kry. Die skool bied volgende jaar die Interlaer aan en is tans besig om daarvoor voor te berei. Hierdie week is die gras op die rugbyveld uitgehaal en die grond bewerk sodat nuwe sooie geplant kan word. Die swembad is ook uitgetap en skoongemaak sodat hy

Kerssang by kerslig Op 4 Desember het soete stemme oor die grasperke van Tubatse Chroom Klub weerklink. Die Drie Valleie koor, onder leiding van Elsa de Jager en die Bel Canto koor van Ria Olivier, (laasgenoemde het al die pad van Kemptonpark gekom om saam te kom sing) het by die geleentheid opgetree. Desmond MacManus Algemene bestuurder van Tubatse Ferrochroom het die vertoning amptelik geopen en beloof dat dit nie die laaste van die prag geleenthede sal wees nie. Hy het ook sy dank betuig aan al sy werkers wat die aand help reël en spesiaal gemaak het. Die meester brein agter die hele aand, Ds Riaan Botha het die geleentheid met gebed geopen en die gaste genooi om saam te sing en deel te wees van die program. Die begeleiding is deur Leeza

Foto’s: Willem Montgomery.

Ballack behartig. Dan is die hulp van baie spesiale vriende van die kore ingeroep om dit nog meer spesiaal te maak, Walter Fourie ‘n Tenoor van Nelspruit en Diane Wolhuter die Sopraan van Witrivier, het pragtige solo’s en duete gesing en ook saam met die kore gesing. Theresa Prinsloo het met pragtige harpspel en ‘n klavier solo die skare betower. Haar dogter Nicolé Prinsloo het met haar sang die harte gewen. Die kore wil graag vir Ds Riaan en De Wet Conradie en sy span by Tubatse klub bedank vir al hulle hulp met die reel van die geleentheid en ook almal wat die prag aand by gewoon het. Die kore het ook op 5 Desember op Ohrigstad by die NG Kers se kerssangdiens opgetree. (Geskryf deur Willem Montgomery).

glinterend reg vir ‘n gala kan wees. Mnr. Anton Alberts het Tubatse Chroom bedank vir hul borgskap van die gras. “Daar was soveel verskillende soorte gras en dit kon net nie mooi onderhou word nie,” sê hy. Nou sal hulle hopelik teen Januarie kan spog met ‘n welige nuwe veld, reg vir ‘n atletiek skouspel.

Platinum Gazette 10 December 2010  

Local newspaper for Burgersfort, Steelpoort, Ohrigstad, Jane Furse and surrounding villages in Limpopo Province South Africa.

Advertisement