Page 1

1

Jaargang 19 Nr. 10 www.piketberg.com

November 2012

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com GEDRUK DEUR PIKETBERG DRUKKERS BK (022) 9131679 / 9131890

Ané Eerste in SA Ané Nelson het deelgeneem aan die 2012 SA Ritmiese Gimnastiek Kampioenskap in Johannesburg. Sy behaal die pragtige prestasie om die eerste plek te behaal in level 5 O/15 in SA. Volledige uitslae en foto op p23. Foto: Marcel Habets

PHS 2013 Hoofleiers

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Blokfluit Ensemble...p8 Blomontwerp...p10 Steynville se Debutantes...p13 Boomplantdag...p14 PHS Prysuitdeling...pp18 en 20 2013 Leerderraad...p21 Goud vir Arno...p22 Gimnastiek ...p23 Wes-Boland Tennis...p24 Sportprysuitdeling...p26 P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

Duan Mostert, onderhoofseun, JJ Stander, hoofseun, Ané Venter, hoofdogter en Janeske Rademan, onderhoofdogter.

 022 913 1939  022 913 2404

Groepfoto op p21. Foto: Sanet Ackerman

Introducing An exciting NEW addition to our product range...

Chicka Burgers and Wraps!


2

Redaksioneel "Who will cry when you die" 'n Vriendin vertel my van die boek met die titel "Who will cry when you die", en belowe my dat ek dit eersdaags sal kan leen om te lees. Ek vra of dit is soos ek dink dit is. Ja, sê sy, plain en simple soos die titel sê. Wel, ek kan nie wag nie. Intussen dink ek my eie inhoud van die boek uit. Leef ek so dat ander my sal mis as ek weg is? Maak ek 'n verskil aan die mense rondom my en die omgewing waarin ek is? Is ek op ander ingestel eerder as op my eie behoeftes? Het ek iemand se selfbeeld help bou, vir iemand laat glo in homself, vir iemand betrek by 'n interessante projek? Het ek aan EEN kind gewys dat hy of sy belangrik genoeg is dat ek my tyd aan hom wou afstaan? Gebruik ek my gawes op so 'n manier dat ander kan put uit die voordeel daarvan? Kyk ek met sagte oë, luister ek met sagte ore, raak ek aan met sagte hande, praat ek met 'n sagte stem en ontferm ek my oor ander met 'n sagte hart? En nes jy nou dink jyt nie geleenthede vir so iets nie - begin net daar waar jy is: die manier hoe jy na jouself kyk as kind van God, hoe jy oor jou bure dink en met hulle praat, hoe jy na jou huis en tuin omsien, hoe jy oor jou kinders dink, oor hulle skool, hulle maats, hulle toekoms, hoe jy maak met mense wat anders is as jy ouer, armer, sieker, jonger, ryker, voorspoediger........, hoe jy oor die telefoon praat, wat jy op facebook sê, wat jou bb status is - daar is te veel geleenthede om op te noem. In my lewe het ek al dikwels gehuil oor geliefdes wat ―weg‖ is, juis omdat die persoon 'n leemte laat. En dan gaan die wêreld weer onverstoord aan, soms te vinnig na my sin, sonder dat ek kon klaar treur. Gelukkig gaan die treur oor in 'n dankbaarheid oor wie en wat die

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie (diepiketberger@gmail.com)

Kenneth Smit

Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Margaret Smit 022-913 1777 Uitleg: Barbie Breunissen en Marietha Goosen Kenneth Smit

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Barbie Breunissen

Margaret Smit

Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

een was, want aan die ―weg‖ van die iemand kan ek en jy niks verander nie. Dit was in my laaste jaar op Universiteit dat ek in 'n intieme Sielkunde klas tot die besef gekom het - die wêreld en God het my nie nodig om aan te gaan nie - alles sal sonder my kan aangaan, maar terwyl ek hier is, kan ek 'n verskil maak. Gaan ek weet "Who will cry when I die"? Nee, beslis nie, maar wat ek wel weet is oor wie ek sal "cry when they die".

Marietha

Briewe van ons lesers...

Michiel en Renay Hanekom skryf uit Kanada... Dit gaan goed met ons, al verlang ek my dood na julle. Ons is taamlik ingeburger en skakel sover moontlik in by die gemeenskap. Ons gemeente is maar bitter klein, as daar 40 lidmate is, is dit baie. Dit raak nou winter by ons, dit het onlangs begin sneeu. Die mense hier rond sê die winter is vroeg die jaar. Verder maak almal hul nou reg vir 31 Oktober wanneer dit Halloween is. Ek sê maar niks, het net gesê ek is nie deel daarvan nie. As jy in ‗n winkel instap is dit net pampoenspoke en ―costumes‖ vir die kinders. Hier kan kinders nog rondloop in die aand, jy kan jou motor oop los met items daarin, dit word nie gesteel nie. As jy by ‗n winkel instep, staan jy nie in rye nie, want die winkels is nie so besig nie en boonop is daar genoeg winkels. Hier word ‗n Apteek ‗n ―Drugstore‖ genoem en hulle het van alles en nog wat. Kan julle glo - tot bottels Nescafé koffie, eienaardig né. Vriendinne, julle kan gerus julle koffie shops waardeer, veral Tillies, hier is net een om uit te kies. Hoop dit gaan goed met almal daai kant van die wêreld. Dit was baie lekker toe ek Die Piketberger kon lees op die web, dit maak die verlange bietjie minder.

Vrouediens Afsluiting Donderdag 8 November in Kerksaal Kom luister na Ds Stefaans Burden se musiek. Maak seker jou wyk het ‗n tafel.

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698

Prestasies van Môrester werkers Vanjaar se Plaaswerker van die Jaar kompetisie, wat die afgelope 8 jaar reeds plaasvind, het weer nuwe wenners van verskillende kategorieë opgelewer. Môrester was een van verskeie plase wat deelgeneem het en weereens groot sukses behaal het. Die kategoriewenners en pryswenners is soos volg: * Junior Bestuur: Eerste Plek—Shona Dietrich * Middel Bestuur: Tweede Plek - Redjenald Jantjies * Algemene Werker: Tweede Plek—Kennedy Mupfumisi * Algemene Werker: Derde Plek—Jacob Faro. Hierdie erkenning wat aan ons werkers gegee word dra by tot volhoubare groei en vooruitgang in ons mooi land!


3

Vriendelike diens gewaarborg

Sweets Mania Mariebeskuitjies

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

Zoom koeldrankies x12

R16.80

R2.99

Cresta Rys 500g

R4.27 (min 20)

Mighty Naks x50

R21.60 (min 20)

Rice Crackers

R5.00

Lighthouse kerse x6

R9.85

Fruity Pop Roomys x25

Smoothies

R21.20

R8.98

Kookolie 750ml

R11.24 (min 12)


4

deur Jannie Lategan

Piketberg verloor nog 'n "inwoner" Nou kan die tuinhekkie na die agtertuin maar oopgelaat word, daar hoef nie meer spesiale kos vir haar gekoop te word nie, haar mooi hondehok is nou oorbodig, haar komberse word nie meer gewas nie en haar splinternuwe hondekussing kan aan 'n volgende hondeliefhebber geskenk word. Strepies, ons lieflingshond van 15 jaar, is skielik oorlede! Nou is dit nog net die foto's van haar waar sy by talle geleenthede opgetree het ...ja, selfs by die destydse modeparade van Strepies tuisgemaakte klere en ook by "The day at the races" wat deur die NG Kerk gereël is vir 'n fondsinsameling. 'n Mens kan byna na hierdie dier verwys as 'n "Styl- en Karaktervolle" dier. Haar foto teen 'n uithangbord is nog 'n stille getuienis van 'n "trotse" dier. Strepies se naam het nie reg laat geskied aan die feit dat sy 'n Dalmation was nie! Hierdie besondere dier het sòveel liefde, nie net aan haar eienaars gegee nie, maar aan alle mense. Mense wat 'n liefde vir diere het. Sy sal waarskynlik onthou word as sy en haar baas laatmiddag op 'n straatwandeling gegaan het en sy aan alles probeer ruik het en vrylik en hoflik toegelaat het dat talle maar aan haar kon raak. Ofskoon daar baie hartseer is oor hierdie "kind", is daar dankbaarheid dat sy vir 15 jaar getroetel kon word en daar aan haar baie liefde gegee kon word. Wanneer 'n gas kom inloer het vir tee, het sy altyd met 'n "glimlag" gesig kom wys, maar haar plek en afstand konsidererend geken. Mag elke diereliefhebber sy dier waardeer, terwyl daardie voorreg nog beskore is. Daar is 'n filosofie wat reken dat as jy 'n dier liefhet, word dit net soveel makliker om liefde aan jou medemens te gee.

Benodig Vrywilligers! asook Skenkings van hondekos, katkos, speelgoed of ...borg ‘n sterilisasie! Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535 Beryl-Ann: 071 828 7952 animalwelfarepiketberg@gmail.com

Standard Bank Piketberg Rek: 08 333 458 0

Kekkel & Kraai Vinnige Hoenderlewers 15ml olie 10ml margarien 2 uie gekerf 500g lewers (in blokkies gesny) Sout en peper ½ml tiemie 3ml pietersielie 175ml water gemeng met 10ml souspoeier Braai uie in die olie en margarien. Voeg lewer by en braai gaar met sout, peper en speserye. Bind met sousmengsel, kook deur en bedien met aartappelblokkies of aartappel in skille gekook.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Nuwe somersvoorraad Froggie, Tsonga en Green Cross skoene beskikbaar! Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5


6

Aurora lidmaat haal 103

Ewige Trou op die Berg

Jacobus Petrus Bosman (Bossie), oudste lidmaat van Aurora is op 1 Februarie 1909 te Barkatsfontein, Aurora gebore. In April 2006, met die NG Kerk se eeufeesviering het hy „n steen onthul met die woorde uit 1 Sam 7:12 “Tot hiertoe het die Here ons gehelp”. Oom Bossie is op 16 September vanjaar oorlede.

Cedric Page en Ayla-Joy Visser is op 6 Oktober 2012 te Piket-Bo-Berg in die huwelik bevestig. Foto verskaf

Lentetroue dankbare genade Japie en Johanna Olivier en kinders skryf… Net ‗n dag voor ons kind se troue is Japie ontslaan uit Panorama en met hierdie foto (regs) wil die Oliviers baie dankie sê aan veral die Piketberg gemeenskap, familie en vriende vir al jul gebede, liefde, besoeke, telefoonoproepe, kaartjies, blomme, eetgoed en ondersteuning tydens Augustusmaand wat Japie drie keer in die hospitaal was. Die uiteinde was dat Japie se linkerlong verwyder is en dit was voorwaar vir ons as familie nie ‗n maklike tyd nie. Die vraag op almal se lippe was sal Erik Burger en Mariana Japie sy dogter die Kerk Olivier is op 1 September kan inbring. Met God se 2012 getroud in die NG genade en liefde en baie Kerk Piketberg gebede het Japie dit regFoto verskaf gekry en was hy regop die aand tot half elf. Op 27 September is my ma oorlede en ek wil ook net baie dankie sê vir die ondersteuning en gebede tydens hierdie moeilike en hartseer tyd. Met groot waardering en baie liefde sê ons dankie.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

 022-913 2646


7


8

Bemark ons omgewing by Piket-Bo-Berg Plaasmark Aangesien besoekers van oral oor die Piket-Bo-Berg plaasmark besoek, beplan ons om 'n uitstallingsbord by die mark aan te bring waarop alle toeriste attraksies in die omgewing aangebring kan word. Indien u belangstel om u inligting hier aan te bring, kan u dit aan Riëtte besorg by Kruistementvlei, Langebergpad, Piket-Bo-Berg, of by die toerismekantoor in die ou Sinagoge, Kerkstraat, Piketberg. U inligting moet nie meer as 'n A4 blad beslaan nie en klaar uitgelê en gelamineer wees. Ons hoop om hierdeur ons mooi omgewing met sy wye verskeidenheid van moontlikhede aan die besoekers bekend te stel. Moet nie die laaste twee plaasmarkte van die jaar op Piket-Bo-Berg misloop omdat die laaste naweek van die maand te vinnig op jou afgekom het nie. Daar is nog net twee markte oor vir 2012: Saterdag, 27 Oktober en Saterdag, 24 November. Die laaste mark van die jaar beloof egter om 'n uithaler Kersmark te wees waar ieder en elk hul laaste inkopies kan kom doen. Vars brood, olyfolie, bokkaas, gemmerbier en ingemaakte gemmerstukke is maar 'n paar van die items wat by die Piket-Bo-Berg mark te koop sal wees. Verder is vleis, biltong, vrugte, groente, wyn en handwerk van die ander items. Daar sal ook vir die musiekliefhebber 'n verrassing wees. Dagboek nou die datums en kom geniet 'n rustige oggend saam met vriende. Die mark is op Kruistementvlei, sowat 4.5km op die Langebergpad, Piket-Bo-Berg. Vir meer inligting skakel Riëtte Bryant by 022 914 5652.

Blokfluit Ensemble Die Blokfluit Ensemble o.l.v. Komien van der Westhuizen, gaan DV in Julie 2013 by die ―World Youth Musical Festival‖ in Beijing, China, optree. Die afgelope jaar was vol hoogtepunte vir dié ag Hoërskoolleerders. Hulle neem deel aan die Wes-Boland Eisteddfod en behaal Goud en Goud+ vir hulle twee items en ontvang ook die trofee vir Beste Blokfluit Ensemble in die Wes-Boland. Hulle word ook genooi om by die Wes-Boland Eisteddfod se Pryswennerskonsert op te tree. Die Blokfluit Ensemble het ook deelgeneem aan die Tygerberg Eisteddfod en behaal Goud en Cum Laude. Die beoordelaar het ook aanbeveel dat hulle by die Tygerberg Pryswennerskonsert moet optree. Hulle het op 26 September vir oudisies vir die Pryswennerskonsert gegaan. Die Ensemble het ook weer aan die Skolekunstefees in die Kunstekaap deelgeneem. 114 Skole het oor twee weke deelgeneem en die beste 14 skole is genooi na hulle Gala-aand en die Ensemble was weer daar! Hulle het 'n trofee ontvang van die Minister van Sport en Kultuur en dit was 'n wonderlike ondervinding. Dit is ook die eerste jaar sedert die Blokfluit Ensemble in 2008 ontstaan het, dat hulle in een jaar die Wes-Boland Eisteddfod, die Tygerberg Eisteddfod en die Kunstekaap se Pryswennerskonsert (Gala-aand) haal! Intussen is die Ensemble hard besig om geld in te samel vir hierdie ervaring van 'n leeftyd om by die ―World Youth Musical Festival‖ in Beijing op te tree.

Trippe Trappe Konsert 21 November in Kerksaal Noag se Ark R30/volwassene R10/skolier

Ons doen ook valet’s, kussings en matte skoonmaak. Kontak Sarina Tel: 022 913 1130 Sel: 082 566 1179 Buchu, Litchi, Passion, Peach, Pineapple, Naartjie, Lemon en Strawberry 500ml / 1l / 5l Still 500ml / 1l Sparkling 500ml / 1l Gegeur

vir die warm somermaande

Agter is Alan Willemse, Stephan Louw, Letjé Burger, Timothée Luyt en Andreas van der Merwe. Voor is Maria Visser, Andrea Visser, Komien van der Westhuizen en Magdaleen Grundlingh. Foto: Marietha Goosen

Rus ‘n Bietjieklub Ledegeld Hiermee word alle bestaande lede van die ACVV Rus ‗n Bietjieklub daaraan herinner dat die R50,00 ledegeld vir 2013 by die ACVVkantoor betaalbaar is voor die einde van November. Enige persoon bo die ouderdom van 60 jaar is welkom om aan te sluit. Huidige lede is dit eens dat die aktiwiteite waaraan hul deelneem werklik lekker ontspanne en partymale ook leersaam is.


9

Wat Sê Die Reg?

Salomie

Deur Christelle de Villiers

Klereontwerp en maak, Dekor, Materiaal

Jy Koop/Verkoop jou Huis Wie betaal wat? Kopers en Verkopers is meestal onder die indruk dat ―jy koop ‗n huis, betaal die agent en alle ander kostes is ingesluit by die prys‖. Dis verkeerd. Daar is baie ander kostes, en dit kan nogals ‗n groot hap uit jou begroting neem indien jy dit nie beplan het nie. Hier is ‗n basiese riglyn van kostes, en wie wat betaal. Die Koper betaal die volgende: Koopkontrak: Die agent stel gewoonlik die kontrak op en hierdie kostes vorm deel van die kommissie wat aan hom/ haar betaal word. Indien die oordragsprokureur die kontrak opstel kan dit ‗n ekstra koste meebring. Hereregte (dit is die belasting wat aan die Ontvanger van Inkomste betaal word op die eiendom – nie onderhandelbaar nie). Die eerste R600 000.00 is vrygestel van hereregte en indien die koopprys meer is word die bedrag bepaal op ‗n glyskaal. Daar word ook nie meer (soos in die verlede) ‗n onderskeid getref tussen ‗n regspersoon en ‗n individu nie. Oordragskostes: Dit is die kostes aan die prokureur wat die eiendom oordra op jou naam, en die bedrag is vasgestel deur wetgewing. Die prokureur kan vir jou afslag gee, maar mag onder geen omstandighede meer verhaal as die toelaatbare bedrag nie. Hierdie kostes behels prokureursfooi, FICA, Akteskantoor kostes, uitklaringsfooi, elektroniese nasoeke en nog ‗n paar ander administrasie kostes. Verbandregistrasie: Dit is die kostes van die prokureur wat die verband oor die eiendom registreer en die bedrag is vasgestel deur wetgewing. Die prokureur kan vir jou afslag gee, maar mag onder geen omstandighede meer verhaal as die toelaatbare bedrag nie. Hierdie kostes behels ook (soos hierbo) prokureursfooi, FICA, Akteskantoor kostes, uitklaringsfooi, elektroniese nasoeke en nog ‗n paar ander administrasie kostes. Wat word verlang deur die oordragsprokureurs? FICA dokumente (bewys van adres, identiteitsdokument, huweliksertifikaat, inkomstebelasting nommer). Die Verkoper betaal die volgende: Verbandkansellasie: Indien daar ‗n verband oor die eiendom is, moet dit afgelos word. Verband kansellasie prokureurs: Net soos wat ‗n verband geregistreer word oor die eiendom, moet dit weer ―gederegistreer‖ word, en die bank wys ‗n prokureur aan vir hierdie doel. Die prokureurskostes moet dus betaal word en sluit in ‗n prokureursfooi, FICA en paar ander administrasie kostes (soos hierbo). Munisipale Uitklaring: Eiendomsbelasting moet volop betaal word, en vooruit tot datum van registrasie. Die munisipaliteit verskaf na betaling ‗n uitklaringsertifikaat teen ‗n koste. Agent kommissie: Waar ‗n agent betrokke is moet die kommissie betaal word ingevolge die koopkontrak. Elektrisiteit-, Loodgieter-, en Kewersertifikaat: Elektrisiteitsertifikaat is volgens wet, die res is slegs in sekere gevalle en areas van toepassing.

Kerkstraat 33, Piketberg (oorkant museum) Kontak Salomie 082 967 0768

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Henk Pieters

071 583 6164

E.mail hszzbb@hotmail.com

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za


10

Blomontwerp Werkswinkels

Musiek met Arno Olesen

Zabetha Albertyn by haar blomontwerp wat sy tydens 'n werkswinkel geskep het. In die werkswinkel, wat Katinka Morrison gedurende die tuinbouvergadering in Augustus aangebied het, het sy vir die lede gewys wat sy by die Franse blomkunstenaar Marie Francois Deprez geleer het. Foto‘s verskaf

Die ses dames op die foto, Susan Brand, Jackie Ferguson, Katinka Morrison, Micky Visser, Marinda Mostert en Frannie Botha het in Oktober 'n leersame werkswinkel van Locia Hartzer, een van Gauteng se top blomontwerpers in Gordonsbaai bygewoon. Op die foto is ook twee van die blomontwerpe deur hulle geskep.

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

AndrĂŠ Yardley 079 994 5435


11

3de Plek in Nasionale Rondte

Trippe Trappe Opwinding

Marike Koch, ‗n graad 9 leerder te PHS het aan SATCH (South African Talent Championship) se nasionale rondte deelgeneem in die Modelwerk afdeling. Sy behaal een Goud en een Silwer medalje. Sy eindig in die Top 10 met ‗n derde plek by die Satch funksie! Addisioneel tot Satch word sy ook as Maroela Media wenner vir die modelwerk Marike Koch afdeling gekies. Sy Foto verskaf word gekies om in Amerika aan die AMTC (Actors, Models & Talent for Christ) funksie volgende jaar te gaan deelneem. Baie wysheid en insig is nodig om nou verdere besluite te neem.

Hierdie is ‗n paar van die vrolike kleutergesiggies by Trippe Trappe wat baie opgewonde is oor hul konsert wat voorlê aan die einde van die kwartaal! Ja, ‗n hele klompie van die gesiggies moet ook volgende jaar die Graad R klas aandurf en hul liewe Tannie Esther groet. Hulle is baie trots op hul Trippe Trappe gradeplegtigheid wat ook deel van die konsertaand is. Vanjaar gaan hulle ons bederf met Noag se ark. U kan sommer raai dat dit ‗n konsert vol lag en dans van allerlei diertjies sal wees. Kom deel gerus saam in die vreugde van die aand. Die konsert is op 21 November 2012 om 7nm in die NG Kerksaal, Piketberg. Die kaartjies sal vanjaar by die deure te koop wees teen R30 per volwassenne en R10 per skolier. Daar sal ook heerlike eetgoed by die snoepie te koop wees! Kom eet sommer uit en kom prikkel u lagspiere!

Alison se Swemskool R260 vir 8 lesse 1ste kursus 10 - 21 Desember 2012 2de kursus 4 - 15 Januarie 2013 Kontak Alison Muller by 073 229 2855


12

MIV/VIGS op Plase Projek Die plaaswerkersorganisasie, Plaaswerkers SA, het onlangs ‗n MIV/VIGS op Plase projek aan plaaswerkers bekend gestel. Nagenoeg 60 gaste het die bekendstelling op Erfdeel Piketberg bygewoon. Pieter Engelbrecht, president van die organisasie, het in sy toespraak ‗n sterk boodskap uitgestuur dat die werkers eienaarskap van die projek moet neem. Die projek behels dat 20 werkers opgelei gaan word as opvoeders en op hul beurt weer ‗n 1 000 werkers opvoed. Die projek sal fokus op bewusmaking, voorkoming, VBT, TB toetsing, S0S, alkohol en dwelmmisbruik, gesinsgeweld en tienerswangerskappe.

Te huur Kothuisie te huur op Hooggeleë, Koringberg @ R2 000 pm + water en krag. 022 423 8153

Gesoek Iemand in Piketberg wat planne teken. Skakel 083 652 3391

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. „n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276 Opgelei te Worcester.

Salon Belinda Beauty Treatments Stockist of Environ B Pretti – Clothing and Accessories CaRRol BoYes: Home & Kitchen ware Lisa King Collection: Shoes & Bags Arts & Crafts Gift Vouchers Langstraat 101, Piketberg T: 022 913 2333 C: 083 412 3070 E: denel@wcaccess.co.za

Te koop Dennehout te koop. Lekker kaggel- en braaihout te koop R0.60 / stukkie Kontak: 071 247 4024


13

Steynville se Debutantes Steynville Primêr het op Vrydag 21 September 2012 ‗n Debutantebal gehou. Die tema was Lente en die leerders was pragtig getooi vir die spesiale geleentheid. Die skool wil graag van die geleentheid gebruik maak om die volgende borge te bedank vir hulle bydrae tot die sukses van die aand: Liebco Vleishandelaars, Boland Superspar, Bustas, Kaap Agri en Megasave. Die wenners wat die meeste geld ingesamel het is in die tweede plek Shanice van Rooy (gr 3D) met 'n bedrag van R3 000,00, eerste plek Silique Klaase (gr 7B) met 'n yslike bedrag van R10 000,00 en derde plek Meagan Somers (gr 4A) met die bedrag van R2 157,00.

Berig en foto verskaf

Isabel Gedoop Ds. Martin doop Isabel (Elizabeth Johanna, gebore 4 Julie 2012) op 23 September 2012. Hy het ook haar ouers, Lehan en Madri, in die huwelik bevestig op 15 Desember 2007. Isabel se dooprokkie is dieselfde dooprokkie waarin Madri gedoop is op 4 Oktober 1986, by Bellville U i t s i g g e - Madri (Hanekom) Haasbroek en Lehan Haasbroek met meente deur ds. HJ Lambrechts. Ds Lam- hulle seuntjie, Lohan (2 jaar brechts het ook vir Abri en 3 maande) en baba Isabel. en Ilse in die huwelik bevestig op 2 Maart 1985. Die dooprokkie is gebrei deur Madri se ouma, Rina Hanekom. Die pienk lintjies is ook nog dieselfde wat destyds in die rokkie was. Isabel saam met haar enigste oumagrootjie, Griet van Wyk en haar enigste oupagrootjie, Klaas Hanekom.

Berig en foto‘s verskaf


14

Boomplant by Riemvasmaak Badisa het 'n Boomplantdag gehou by Riemvasmaak, die nuutste uitbreiding in Piketberg. Baie dankie aan al die skenkers van bome by name Piket-Bo-Berg Kwekery, Zebrafees, Praktika, Tuinbouklub, Le Roux en Sandra van Wyk, Sam en Berenice Scheepers, Poen en Hannie Visser, Pharin Carolus, Miekie Visser, Johan Carstens, Roline Kotze, Helma Kotze, Teresa van Niekerk, Marleen Erasmus, Elsabe Louw, Elna Strauss, Paul Burger en aan Joop Visser, eienaar van Little Village Kwekery op Piketberg wat die bome beskikbaar gestel het en ook inligting en raad verskaf het. 'n Paar kinders onder leiding van Driaan Pretorius, die Jeugwerker, was baie fluks met die pik en graaf.

FULL-TIME PRIMARY SCHOOL TEACHER Citrusdal Education Centre, is a newly-formed Christian-based, dual-medium private school, committed to supplying a top-class education with smaller classes and individual attention. The vacancy for a Primary School Teacher is available with effect from January 2013. The Gr 1-7 post is to be taught in English & Afrikaans. Applicant must be fully bilingual. The town of Citrusdal is situated 2 hours north of Cape Town at the ‗Gateway to the Cederberg‘. Please submit CV, two recent testimonials and two references before 9 November 2012 to: Citrusdal Education Centre PO Box 54 Citrusdal, 7340 Email: admin@hebron.co.za For further information, contact Caro on 072 593 5858

Uitnodiging van

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS (3e Versie)

Foto’s: Marietha Goosen

Soos u nou reeds weet, vorder ons goed met die advertensie verkope vir die nuwe uitgawe van die Lions Telefoongids, en ons sê dankie vir u ondersteuning sovêr. As u ‗n advertensie in die 2008 gids gehad het, sal ons u binnekort kontak i.v.m. ‘n advertensie in die nuwe gids, as ons dit nie reeds gedoen het nie. Indien u ‘n nuwe advertensie wil plaas kontak ons asseblief, verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon. Neem asseblief kennis dat die afsnydatum vir advertensies teen middel November sal wees, aangesien ons glad nie kan begin met die samestelling van die gids totdat ons nie alle advertensies reg het nie. Soos voorheen genoem, werk ons van die 2011/2012 Telkom gids as ‘n basis. Indien u besonderhede daarin foutief is (en daar is baie foute), of as u net ‗n selfoon het en die nommer in ons gids wil hê, kontak ons asb. Dankie aan almal wat al laat weet het van veranderinge of nuwe inskrywings wat gedoen moet word. Kontakbesonderhede: E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan 083 236 7556 Joan 084 466 4269


15

Zebrafees Jolyt

15a% g op

Afsl ande ta bes bels e m u

Ek wil eerstens baie dankie sê aan my komitee: Berenice Scheepers, Susanne Potgieter, Hanli Richter, Gerda Basson, Marianna Kirsten, Riaan Carstens en Dina Venter vir al die harde werk en kosbare tyd wat hul spandeer het om die Zebrafees so ‗n reuse sukses te maak. Die wonderlike ondersteuning en begrip van hulle mans/vrou, word opreg waardeer. Soreen Gouws, Terence Brown baie dankie vir al jul moeite met die Pretdraf. 'n Baie groot dankie aan die volgende mense, wat regtig uit hul pad gegaan het en ook baie tyd spandeer het om dit vir ons as komitee so gerieflik as moontlik te maak: Michael Smuts, André Potgieter, Sous en Dewet Rossouw, Tiaan Vermeulen, Eddie Mostert en Abri Richter. Graag wil ek die borge bedank, sonder borge sou die fees nie moontlik gewees het nie. Nedbank, ons sê ook baie dankie dat jul bereid was om ‗n OTM vir ons beskikbaar te stel – dankie Mienie. Boland Superspar, Absa, Ackermans, Barloworld Logistics, BP Atlantic, Capitec Bank, Ciba Packaging, Dup Meubels, Herold Truter, Highland Trust, Kaap Agri – Cyril du Toit, Liebco Vleishandelaars, Loxton Motors, Major Scrap, Merweda Boerdery, Petrie Smith, Piketberg Bande, Piketberg Cash and Carry, Piketberg Drukkers, Piketberg Visserye – Alana en Frikkie, Potgieter Transport, PPC De Hoek, Praktika, Reinhardt Beck, Riaan Koch – Distell, Sam Scheepers, Shoprite, Somergroen Boerdery, Mountain Creek Spur, Stephan & Seun en Willem Rossouw. Lynne Liebenberg Foto‘s : Berenice Scheepers


16

Om te Date

UNISA Klavier Uitslae

-magdaleen van zyl(uittreksel uit LEWE NA DIE DOOD: magdaleen van zyl) So sit ek en Anita toe ‗n week later op ‗n Dinsdagaand elkeen met ‗n glas wyn en bespiegel oor die lewe en die liefde, toe Marinda, ‗n gemeenskaplike vriendin daar aankom. ―Ek is in groot nood ouens. Een van julle twee moet my asseblief help‖. Mens sou nou dink dat ek, wat dramaklasse aanbied, meer dramaties en minder van ‗n muis sal wees, maar ons Marinda-vriendin is gebore vir die verhoog. ―Dit klink ernstig, wat is fout?‖, vra Anita dadelik hulpvaardig. ―My neef trou mos, die een wat ons gedink het nooit sal trou nie en ek het vir my boesemvriend van skooltyd, ‗n date belowe‖ ―Nou wat het dit met ons te doen‖, vra ek ewe toe. ―Ek dog dis iets ernstig, iets soos ‗n rêrige probleem.‖ ―Dit is lewensbelangrik. En een van julle twee moet sy date wees.‖ ―Nie ek nie,‖ sê ek vinnig. ―Wanneer is dit?‖, vra praktiese Anita. ―Die 29ste November, die Saterdagaand, maar ons moet al die Vrydag gaan, want daar is ‗n spesiale ete, so vir oulaas saam, en so aan‖ Marinda klink vir my half vaag. ―Anita kan gaan, ek dink ek sal besig wees‖, keer ek ewe vinnig. ―Jammer vir julle altwee, maar ek het reeds ‗n date vir daai naweek en dis al twee weke terug gemaak met daai skatryk ou van Colesberg, die boer. Sy suster trou en dis in die Mount Nelson so ek gaan dit wraggies vir geen geld ter wêreld mis nie.‖ Met ‗n stralende glimlag draai Marinda na my toe: ―Ek het gehoop jy sal ja sê, dankie vriendin. Jy‘s altyd so lojaal.‖ En sy gaan daar aan oor my sogenaamde wonderlike eienskappe dat voor ek my kom kry, ek skoon ingepraat word in hierdie blind date. Sy en Anita bespreek later al my uitrusting en skoene en ek luister asof gehipnotiseerd en wonder hoe de dinges het dit gebeur dat ek, wat so selfversekerd is en my in niks laat inpraat nie, so vinnig oorrompel is. Ek vergeet amper later van die storie so deur my daaglikse selfgesentreerde klein gebeurtenisse, dat ek my amper doodskrik toe Marinda my sms en sê ek moet onthou haar boesem-skoolpel is mal oor dans en ek moet my nie ingat en soos ‗n muurblom hou nie en sy sien my Vrydag. Die tyd het so gevlieg, en miskien het ek in my diepste wese gehoop ek het die hele besigheid gedroom en dat as ek niks daaraan dink nie dit sommer net sal verdwyn. Maar helaas. Vrydag breek aan, en met die kinders georganiseerd vir die naweek, staan ek met my tassie en wag vir Marinda om my te kom oplaai. Die pad gaan net te gou verby en voor ek my kom kry staan ek voor boesem-skoolpel, ‗n Tom Cruise look-alike wat nou dalk vir die meeste vrouens dadelik sal omboul, maar die hele ding, ek was nog nooit ‗n Tom Cruise fan nie. Al verskil tussen hom en Tom Cruise, behalwe nou dat die een engels en die een afrikaans praat, is dat boesem-skoolpel (sy naam is Danie) die hele tyd sy hare so terug-skud. Ek praat nie van jou kuif uit jou oë probeer kry nie, nee, ‗n irriterende heeltyd terugvee en weereens terug-vee van die kuif. En dan het hy nog ‗n manier wat my ook dadelik afsit: hy bring sy oë redelik naby aan myne as hy met my praat. Elke liewe keer as hy iets sê. Soos ‗n verliefde hoender. Behalwe dat ek hom so pas ontmoet het, en dat hy al tydens die aangename kennis ook sy gesig amper tot teen myne gebring het. Hoe gaan ek ooit hierdie aand maak. Dit wys jou net weer: wat vir een mens wonderlik is, is vir die ander een net glad nie. ...word vervolg in volgende uitgawe.

Musiekleerders van Komien van der Westhuizen wat Eervolle Vermelding behaal het in hulle UNISA klavier eksamen is agter Harry Roux Gr 2, Andreas van der Merwe Gr 3 en voor Jo-Rika van der Westhuizen Gr 2 en Jaun-Mari Rautenbach Gr 2.

Dié groepie Musiekleerders van Alison Müller het pas hulle UNISA Klavier eksamen uitslae ontvang. Voor langs Alison is Tauriq Swarts Gr 1, Maria Visser Gr 6 en Adriana Visser Gr 3 wat Lof behaal het. Die drie leerders agter in die middel het Eervolle Vermelding behaal, Carike Wiggins Gr 6, Timothee Luyt Gr 2 en Diané Ungerer Gr 5. Links agter is Lize-Mari Carstens Gr 2 (Lof vir Vlakassessering) en regs agter is Johmine Croeser Gr 6 (Eervolle Vermelding vir Vlakassessering). Foto‘s: Marietha Goosen

Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30


17

Olywe 220g en 3kg klaar ingelĂŞ Olyfolie 500ml, 750ml en 5 liter Ekstra suiwer gemaak van die beste gehalte olywe Ons is elke laaste Saterdag by die Piket-bo-Berg Plaasmark. Kontak Hannalie Bosman Sel 072 263 1290


18

PHS Akademiese Prysuitdeling—Hoërskool

John Eksteen, Dux Leerder 2012

Maria Visser met haar Musiek trofee.

Andrea Kotze ontvang die trofee vir Tweetaligheid.

Anina Bester ontvang die Musiek trofee.

Careli Smit ontvang die Hannelize Coetzee trofee vir RTT, gr 12.

Wynand Smit is aangewys as 2012 se Entrepreneur.

Pat en Gerry Kuhn by Lezaan van Niekerk wat die Gerry Kuhn Wiskunde en Weten-

Juné van der Westhuizen ontvang die Praktika Ambassadeursprys.

Laerskool VRL 2013

Beuton Nero ontvang die Skoolhooftrofee van Marius Scholtz. Junior en Senior Redenaars is Stephan Louw en Tinus Bronkhorst.

Foto’s : Sanet Ackerman

Gr 4—11 Eksamen vanaf mid November

Die nuwe leerderraad vir die Laerskool afdeling van PHS vir 2013 is agter Aimee Philander, Marelize Myburgh, Louis Bester en Willem Wiggins. Voor is Handri van Zyl, onderhoofdogter, Anke Schreuder, hoofdogter, Dewald van Deventer, hoofseun en Freddie Visser, onderhoofseun. Foto: Marietha Goosen

Sterkte aan alle Matrieks met hul finale eksamen


19


20

PHS Akademiese Prysuitdeling-Laerskool

Tauriq Swartz ontvang die Hugo Halloway trofee vir uitstaande Musiekprestasie. By hom is Alison MĂźller.

Harry Roux Dux leerder 2012

Glenda Dietrich is Lize Brand ontvang die beste die prys vir die presteerder in gr 7 meeste vordering in en ontvang die gr 7 in Wetenskap. By Akademiese haar is Talitha Trofee. Schreuder.

Hagan Ludick is die Anke Schreuder is die beste presteerder beste presteerder in gr 4. in gr 6.

Die gr 7's wat beste presteerders in onderskeie vakke is, ontvang elkeen medaljes daarvoor. Agter is Hanneke Pieters, LainMari van den Heever, Jac Goosen, Harry Roux en Bendert Smit. Voor is Glenda Dietrich en Anicia van Rooyen.

Carina Smit en Heino Coetzee ontvang die Kuns toekennings van Karin Coetzee van Die Coetzee Ateljee.

Wilmare Kok en Angelique de Villiers ontvang die prys vir meeste vordering in gr 7 vir wiskunde. By hulle is Margaret Weideman. Angelique de Villiers ontvang wisseltrofee vir gr 7-9 vir gevorderde kuns.

Janke van Schalkwyk is die beste presteerder in gr 5.

Christelle Laubscher ontvang die Skoolhooftrofee van Marius Scholtz.

Pieter Geustyn ontvang die Piketberg Leeskring toekenning vir die Laerskoolleerder wat 'n liefde vir boeke en lees het. Foto‘s: Marietha Goosen


21

Hoërskool VRL vir 2013

Die nuwe leerderraad vir Hoërskool Piketberg vir 2013 is agter Ricardo de Villiers, JJ Stander, hoofseun, Stephan Breunissen, Herbst van der Merwe, Michael-Hugo Schreiber, Duan Mostert, onderhoofseun, Stephan Louw en Wynand Smit. Middel is Suzanne van der Merwe, Hanneke Augustyn, Madré van Zyl, Karli Truter, Jac Goosen en Herschelle Benjamin. Voor is Celeste du Toit, Glenda Dietrich, Landi Brink, Yvona Louw, Lourens Laing, Janeske Rademan, onderhoofdogter, Mariaan Smit en Ané Venter, hoofdogter.

Kasteel se prefekte vir 2013 is Michael-Hugo Schreiber, Tinus Bronkhorst, Wege Olivier, JJ Stander, hoofseun, Barno van der Westhuizen en Jan van Zyl.

Regs is Leliehof se prefekte vir 2013. Andrea Smit, onderhoofdogter, Janeske Rademan, hoofdogter, Retha Eksteen, Mariaan Smit, Lezaan van Niekerk en Carla Smit. Foto‘s: Sanet Ackerman

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


22

Goud vir Arno Arno van Deventer, 14 jaar oud, het die afgelope jaar aan vele stoeitoernooie deelgeneem en elke keer die goue medalje verower. Die belangrikste van hierdie toernooie was SA Streek 1 waar OP, Boland, WP en NamibiĂŤ teen mekaar gekompeteer het en waar die Bolandspan gekies is wat die SA Jeug Kampioenskap sou bywoon. Arno het in die massa 76-85kg, onder 15 jaar, deelgeneem en ook by hierdie belangrike toernooi goud verower wat sy plek in die toerspan verseker het. Op 6 Oktober 2012 neem Arno deel aan die SA Jeug Arno van Deventer Kampioenskap te PoloFoto en berig verskaf kwane en wen sy semifinale wedstryd in 16 sekondes. Hy stoei in die finale vol rondtes teen die huidige SA Kampioen en verloor met punte en verdien sodoende 'n silwer medalje in sy ouderdom en gewigsgroep. Die SA Jeug Kampioenskap is deur 14 provinsies bygewoon en het op 6 stoeimatte plaasgevind. Bo en behalwe die uitmuntende prestasie was dit ook 'n uitsonderlike ondervinding. Arno bedank graag sy afrigter, Gerdus Botha en Boland Stoei asook Dougie Anthonissen, Dr Sam Scheepers en Boland Superspar vir hulle borgskappe.

Jaar-Afskop Kuier Dans 2013 met ...

Tyd: Stoor open 18:00 – Dans begin 19:30 Koste: R100/volw. en H/skool leerders, R60/ L/skool leerders (N7 Piketberg na Citrusdal 24km regs op Porterville pad, 5km links by bord Klipfontein Boerdery/ Koelkamer 3km tot by stoor) KONTANTKROEG, HOTDOGS & HAMBURGERS BESKIKBAAR Eie glase, Piekniekmandjies en eie verversings ook welkom!! (Koelhouer fooi: R30) Verdere inligting en kaartjies: Anene Jacobs 083 306 8578 Riaan Carstens 083 447 8870 Monique Potgieter 084 479 7110 GEEN VIDEO KAMERAS EN/OF VIDEO-OPNAMES WORD TOEGELAAT NIE


23

PHS Gholfdag

Ritmiese Gimnastiek

Marius Scholtz, skoolhoof van PHS en Toni Smuts van Boland Superspar saam met die wenners van PHS se baie geslaagde gholfdag gehou op Saterdag 13 Oktober, Ettienne Swarts en Diaan Nigrini. Ané Nelson het die volgende uitslae vir Level 5 O/15 behaal: 1ste plek (goud) vir haar tou-roetine; 1ste plek (goud) vir haar lint-roetine; 2de plek (silwer) vir haar knuppel-roetine; 3de plek (brons) vir haar vrydans-roetine. Nicole Steyn ook ‘n PHS-er, het ‘n 9de plek uit 28 deelnemers behaal vir Level 4 O/9. Foto : Marcel Habets Op die foto links is Marius Scholtz, skoolhoof, Charlie Mouton, onderhoof, Dean Jankielsohn en John Bos wat die dag op die gholfbaan baie geniet het.

So moét ons herwin Alle droë goed bv. glasbottels, enige papier, tydskrifte, boeke, koerante, kantoor papier, karton, skoolboeke, blikke, shampoo bottels, spray bottels, plastiek, enige stukkende tuinstoele, wasgoedmandjies, speelgoed, binnekante van yskaste, wasmasjiene, winkelsakke en hope meer. Gooi net skille, afvalkos, melk BOKSIES en sanitêre toiletgoed in die swart sakke. Spoel alle blikkies uit, nie nodig vir afdroog. Ons vra groot asseblief alle mense se samewerking, asook besighede. Skakel ons indien u nie sakke ontvang nie. Daar word nog te veel herwinnings items in swartsakke gegooi. Indien u twyfel, gooi in deurskynende sak. e NB nend ir ky s v urs sleg gs e D ke nin k sa erwin s h item

Skakel ons asseblief indien enige navrae Michael Smuts Sel: 083 603 0007 Vir sakke kontak Michael of Heléne by 083 652 3391

Hou ons dorp skoon ! !


24

Leerders se eerste fliek

O/14 Tennis Wes-Boland, Noord-Wes en Witzenberg Saterdag 13 Oktober se O/14 tennis was 'n stryd tussen Wes-Boland, Noord-Wes en Witzenberg. Wes-Boland was die wenners van die dag.

Tien leerdes van Steynville Primêr was uit hul nate toe hulle die voorreg gehad het om vir eerste keer na 'n regte fliek in die Kaap te gaan. Hulle het vir STEP UP 4 gaan kyk en het doodstil gesit en met verwondering die ervaring geniet! Baie dankie aan al die weldoeners wat gehelp het om geld in te samel. PHS'ers wat deel was van die Wes-Boland Tennisspan wat afgereken het met Noord-Wes en Witzenberg is die nr 1's Bendert Smit en Thana Stephan en die nr 3's Harry Roux en Jo-Rika van der Westhuizen. Foto: Marietha Goosen

Wes-Boland Tennisspelers

Elrine Burden, voor regs, is vanaf die 4de kwartaal 2012 die Eenheidsklas by Steynville Primêr se nuwe Juffrou. Die Leerders is reeds lief vir haar. Die Eenheidsklas is ook gelukkig om vanaf 3 September 2012 'n bekwame assistant, Serelda Brink, links voor, te hê. Hulle twee word alle voorspoed toegewens vir die opvoedingstaak in die 4de kwartaal. Baie dankie aan Lappies en J.P. Nel vir die twee snoeke wat hulle geskenk het. Dit was 'n onvergeetlike ete vir die kinders. Foto‘s verskaf

VGK Piketberg bied aan

Bradley in Worship Gospel Concert Datum: 20 Oktober 2012 Tyd: 18:00 Plek: VGK Piketberg Prys: R20.00 Bradley in Worship & Your Love Never Fails cd‘s sal beskikbaar wees @ R80 & R50.

Hierdie PHS'ers is verkies tot die Laerskool WesBoland Tennisspan. Agter is Thana Stephan, nr 1 dogters O/14, Jo-Rika van der Westhuizen, nr 5 dogters O/14, Bendert Smit, nr 1 seuns O/14, Anke Schreuder, nr 6 dogters O/12 en Marelize Myburgh nr 8 dogters O/12. In die middel is Ané Rheeder, nr 1 dogters O/11, Harry Roux, nr 3 seuns O/14, Suzaan Bassett, nr 3 dogters O/12, Stass Nel, nr 8 seuns O/12 en Henry van der Westhuizen, nr 1 seuns O/11. Voor is Albert Grobler, nr 6 seuns O/12, Anelma Grobler, nr 3 dogters O/10 , Lomé Lambrechts, nr 6 dogters O/10, Carli Bassett, nr 2 dogters O/10 en Freddie Visser, nr 2 seuns O/12. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Bendert Smit nr 1 is. Foto: Sanet Ackerman

Onthou om te herwin. Gebruik die deurskynende plastieksakke.


25

Boland vir Dewald Dewald Greeff word gedurende 2012 opgeneem in die Boland Elite oefengroep, word gekies vir Wes-Boland O/19, word gekies vir die Standard Bank uitnodigingspan wat aan die St Stithiansrugbytoernooi saam met Schoonspruit Dewald Greeff in aksie. Berig en foto verskaf deelgeneem het in Johannesburg. Hy word ook gekies vir die Boland O/19 span en tydens PHS se sportprysuitdeling word hy benoem as beste senior rugbyspeler vir 2012.

Weskusklonge maak weer so In 2007 was Labozet Tredoux en Stephan Breunissen leerders by Hoërskool Velddrif, onderskeidelik in gr 7 en gr 6. By die jaarlikse prysuitdeling daardie jaar wen Labozet die beker vir die belowendste O/13 rugbyspeler en Stephan wen die bekers vir die belowendste O/13 krieketspeler asook veelsydigste sportman van die jaar. Vanjaar was dié twee jongmanne weer saam op die verhoog by PHS se sportprysuitdeling, nou onderskeidelik in gr 12 en gr 11. Albei ontvang medaljes vir rugby, Labozet vir beste voorspeler en Stephan vir beste vordering.

Erich in SARU Elite Groep Erich Kankowski is gedurende die afgelope skoolvakansie opgeneem in die SARU o.16 ―High Performance Squad‖oefenkamp wat plaasgevind het te Hoërskool Gimnasium in die Paarl. Die seuns het van die hoogste gehalte afrigting Erich Kankowski ontvang van ervare afrigBerig en foto verskaf ters soos Dawie Theron, SA Junior bokke en Rassie Erasmus, Louis Koen en vele meer. Behalwe die daaglikse vier ure se harde oefensessies is daar lesings aangebied en gekonsentreer op aspekte soos oefentegnieke en programme, korrekte gebruik van aanvullings en eetgewoontes. Volgens Jurie Roux, SARU se CEO, is hierdie die allerbelangrikste eerste stap om jong spelers te wys wat dit vat om ‗n professionele rugbyspeler te wees. Al die spelers is geregistreer op die ―SARU-Elite‖ databasis en word gemonitor tot volgende jaar se 0.17 oefenkamp.

Die volgende Piketberger verskyn op 22 November 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 15 November 2012 om 17:00

Wat is ouliker as ‗n BABA, meer minlik en dierbaar as elke handjie, elke voet?

Stephan Breunissen en Labozet Tredoux in Hoërskool Velddrif in 2007, foto links en regs in 2012, leerders van PHS. Foto regs: Sanet Ackerman

Zebra Fees Kindervermaak sê dankie Kindervermaak wil graag elke ouer, oud-skolier en vriend van Hoërskool Piketberg bedank vir hul hulp en entoesiasme gedurende die dag. Die volgende instansies en persone wil ons net in die besonder bedank: Danie en Leandra Loubser, Martin van Niekerk, Rossouw van Niekerk, Absa Piketberg, Ackermans, Foschini, Kaap Agri, Mountain Creek Spur, Piketberg Cash and Carry, Piketberg Druk-

kers, Shoprite en Loxton Motors.

 Geskenke vir ooievaarspartytjies  Veiligheidsbenodigdhede  Snookums gesondheidsorgprodukte, speelgoed en versorgingstoebehore Kerkstraat 45, Piketberg (langs Sweets Mania)

022 913 3212 Annelize Myburgh


26

PHS vereer sy sportsterre Die Protea Netbalspeler, Erin Burger was die spreker by PHS se Sportprysuitdeling. Op die foto's verskyn dié briljante senter saam met die trofeewenners.

Die rugbypryse is gewen deur Dewald Greeff, beste senior speler in die Hoërskool, Piet Liebenberg, beste senior speler in die Laerskool, Stass Nel, beste junior speler in die Laerskool en Benna van der Westhuizen, beste junior speler in die Hoërskool. Die Sportvrou en Sportman van die Hoërskool is Hanneke Augustyn en Tinus Bronkhorst.

Die Laerskool se Sportvroue is Janét Stander en Anke Schreuder. Die Sportman is Nicol van Schalkwyk.

Die beste senior netbalspeler in die Laerskool is Janét Stander en die beste junior speler is Lauren Philander. Shermoné Dyers is die beste senior netbalspeler en Karli Truter die beste junior netbalspeler in die Hoërskool.

Die Hoërskool se nr 1 tennissplers is Juné van der Westhuizen en Robert Edmonds.

Beste senior krieketspeler Robert Edmonds, beste Laerskool krieketspeler, Stass Nel en Dewald Kirsten, beste junior krieketspeler. PHS se beste Skaakspeler is Johan du Toit.

Die Laerskool se nr 1 tennisspelers is Bendert Smit en Thana Stephan.

Foto's: Sanet Ackermann


27

POTJIEKOS KOMPETISIE 2012

Die "Plaas Japies" was die wenner van die Beste Pot: Kobus Rossouw en Suzette Rossouw. Saam met die wenners staan ons beoordelaars Judith (Crown Spice), Vaatjie en sy Maatjie asook Steve Oldroyd, eienaar van Hebron. 2de Beste Pot was die wenner Dik dogs: AndrĂŠ van Onselen, Liesie Rossouw en Victor Hunt. Onder: Wenner van Beste Gees asook wenner Beste Stalletjie.

EN SO POT ALMAL SAAM!


28

Die Boland Superspar Koekversier kompetisie was voorwaar ‘n reuse sukses!! Dankie aan al die maatjies wat deelgeneem het en vir die ouers wat vir ons kom ondersteun het.

Toni Smuts van Boland Superspar besoek PHS om sterkte toe te wens met die eksamen wat voorle!

PHS GHOLFDAG 2012 DE HOEK

"Only as high as I reach can I grow,

Only as far as I seek can I go, Only as deep as I look can I see, Only as much as I dream can I be"

BOLAND SUPERSPAR NATGAT!

WENNERS PHS GHOLFDAG 2012

November 2012  

Die Piketberger - November 2012 Issue

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you