__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 21 Nr. 8

www.piketberg.com

September 2014

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Saffron en Roulade Dramapret

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Munisipaliteit vier Vrouedag...p8 Toerisme Wenfoto’s...p10 Piketberg gaan Pienk...p11 Tuinbou kompetisie...p14 Grondslagfase besoek Huis AJL...p20 Wiskunde Bonanza...p23 Burger Strandhuis besoek...pp24 en 26 Willem na SA’s...p27 Reach Gimnastiek...p28 Gr R Beroepedag...p30 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

PHS se Laerskool Dramagroep het pas die prettige Saffron en Roulade produksie op die planke gebring. Daar wag nog drie optredes, die De Kuilen Toneelfees op 30 Augustus, Wes-Boland Eisteddfod op 2 September en die Akkedissiefees op 12 September in Villiersdorp. Die karakters is agter Anika Jordaan (P.A.), Mivuyo Xakeka (Lola Buckle), Lea de Vries (Kok), Ilanri van Rossum (Mev Pretorius), Pieter Bruwer (Mnr Ferguson) en Anika Smit (Tennisspeler). In die middel is Vernelle van Zyl (Pienk Feetjie), Ciara Lintnaar (Woordeboek), Sharné Rossouw (Diensmeisie), Rénay Esau (Groen Feetjie), Nicole Steyn (Hofnar) en voor Werner van Rossum, Aldo Olivier (Koning), Anné Rheeder (Koningin) en Con-Li Halvorsen (Skildery). Foto: Ilse Bruwer

 022 913 1939  022 913 2404

Join our Loyalty Club TODAY! Buy 9 Cups of your favourite coffee and get the 10th one FREE!

the green tree café


2

Redaksioneel Almal is op reis By Kix is ons hierdie kwartaal saam op reis met Paulus op sy sendingreise. Te voet, per boot, reis hierdie eens vervolger van Christene, as 'n uitgesproke, getroue volgeling van Jesus. Sy missie: Om die genade en liefde van Jesus met ander te deel. Hy kon nie dit wat met hom gebeur het, vir homself hou nie. As kind het ons dan en wan in die Kaap gekom en dan my oom Dirk op die hoogste verdieping van die EVKOMgebou gaan groet. Ek onthou hoe ek na die gedruis van die stad se verkeer gestaar het en gewonder het of dit ooit ophou. Hierdie geheen en weer van motors. Sou hulle weet waarheen hulle oppad is? Ek hang aan mense se lippe wat terugkeer na 'n reis - dis 'n voorreg om saam met hulle (vertellings) deur Zimbabwe te reis, die diere se vertoon in die Kgalagadi te sien, my vriendin se miljoen treë saam op haar wêreldreis te gee, 'n glinstering in die oog oor Mauritius, sorgvrye dae in die Tankwa uit te rek, Duin 7 saam te klim, saam op die balkon in Kanada te sit, Sofia se hele Italiaanse familie te ontmoet, die sussies se lang verwagte ontmoeting in Londen gade te slaan, ondergrondse tonnels in Rusland, Taiwan se markte besoek, saam skoolhou in Koeweit... Party dae is my lewensreis taamlik eenvoudig en ken ek die meeste stilhouplekke oppad na my bestemming. Ander dae is dit vol ontberings en totaal en al onbekend. Solank jy jou Reisgenoot reg kies, sal jou Lewensreis sin en betekenis hê.

Liefde Marietha Die volgende Piketberger verskyn op 18 September Berigte en advertensies moet ons bereik teen 9 September Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Briewe van ons lesers... Marianne Kitshoff skryf… Ek wil net vir die Piketbergers sê, voor julle petrol uitry Kaap toe, ondersteun ons plaaslike winkels. Ek wou kussings laat oortrek en het eers kwotasies by verskeie plekke gevra. Ek het dit plaaslik vir die billikste prys gedoen gekry. Ook het ek onlangs 'n nuwe mikrogolf gekoop. Dieselfde een was geadverteer teen 'n spesiale prys by 'n bekende winkel in die Kaap, vir R18 meer as wat ek plaaslik betaal het. Dan moet ek ook noem dat die na verkoop diens van artikels onder waarborg, uitstekend is. Baie dankie aan ons plaaslike sakesektor. Jacques, Esmé en Charl Hanekom skryf... Graag wil ons net ons dankbaarheid betoon aan die Piketbergers en familie en ook dié van buite ons dorp vir die wonderlike ondersteuning tydens Marno se afsterwe. Dankie aan ieder en elk (en ek wil nie name noem nie) vir die etes wat voorsien is, blomme, boodskappe, kaartjies en telefoonoproepe asook besoeke en drukkies van bemoediging. Julle het ons gedra deur hierdie baie moeilike tyd. Ons waardeer dit opreg. Ook aan ons Hemelse Vader vir die krag elke dag om te kan aangaan. Marno, jy sal vir ewig in ons harte voortleef!! Liefdegroete Annette van Tonder skryf… Ons familie wil graag aan almal ons opregte dank en waardering uitspreek vir al die baie telefoonoproepe, ‘n handdruk, elke besoek, soveel bemoedigende woorde en ook ruikers tydens die heengaan van ons lieflingseun en kleinseun, Marno Hanekom. Hy is skielik en wreed uit ons harte weggeruk agv ‘n motorongeluk op Saterdag 26 Julie. Sterkte aan Esmé, Jacques, Charl en familie. Marno, ons gaan jou baie mis. Dankie vir die mooi voorbeeldige lewe. Mooi herinneringe van ouma Annette van Tonder.

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u Barbie Breunissen

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

foto’s,


3

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!) en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!


4

Marno Hanekom 12 Desember 1992—26 Julie 2014 Marno Hanekom, Piketbergkind gebore en getoë, het op 26 Julie teen laatmiddag gesterf in ‘n motorongeluk net buite Moorreesburg. Marno was oppad na sy ouers op Piketberg. Hy word deur baie onthou vir sy vriendelikheid, kalm geaardheid en sagte hart. In sy matriekjaar, 2010 was hy op die voorblad van Die Piketberger toe hy aangewys is as VLV se Tienerkok van die Jaar. Foto: Facebook

Baie dankie vir jul voortdurende ondersteuning en baie welkom aan alle nuwe kliënte R70 Special 7 ou dvd’s vir 7 dae lank

 022-913 2646

Somersvoorraad Beskikbaar Wild Rots skoene uitverkoping

Lay buys Welkom

Lezaan van Niekerk 16 Desember 1995—2 Augustus 2014 Lezaan van Niekerk was sedert graad 7 in PHS en het haar matriek verlede jaar voltooi. Hierdie belowende gebalanseerde meisie was vanjaar eerstejaarstudent aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy was op 2 Augustus saam met Christiaan Schultz van SomersetWes in ‘n botsing met ‘n trein betrokke oppad na Christiaan se huisdans. Die ongeluk het buite Stellenbosch gebeur. Christiaan en Lezaan was op ‘n eerste afspraak en het mekaar nie voorheen geken nie. Foto: Sanet Ackermann

Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276


5


6

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Die afgelope tyd is daar baie publisiteit gemaak in die media oor ‘n sogenaamde “skoon oudit” vir Munisipaliteite. Soos ek hier sit en tik is ek in die PCF (Premier’s Coordinating Forum) en het ons juis die voorreg om Hanlie Linde na die Nasionale Minister, Pravin Gordon, te luister. Vanoggend het hy dit juis oor die sogenaamde “skoon oudits”. Die feit is dat daar nie so iets bestaan nie, maar dit is ‘n term wat uitgedink is deur die media in SuidAfrika. Die probleem met die term is dat alles wat by implikasie nie “skoon” is nie, is “vuil” in die volksmond en dit klink soos bedrog, diefstal en finansiële wangedrag. In werklikheid kan niks verder van die waarheid af wees nie. Nou vra ons gemeenskap: Hoekom het Bergrivier Munisipaliteit nog nie ‘n skoon oudit gekry nie? Een persoon was selfs eerlik genoeg om my te bel en te sê dit word rondom braaivleisvure bespreek op ons dorp en sal ek asseblief verduidelik. Baie dankie daarvoor. Ek verduidelik graag: Die Ouditeur Generaal se kantoor oudit elke jaar tussen Julie en November elkeen van die 278 Munisipaliteite in ons land. Einde November 2013 is die resultate reeds bekendgemaak vir die 2012/13 finansiële jaar. Bergrivier Munisipaliteit het ‘n finansiële ongekwalifiseerde oudit verwerf. Ons het ook die gesogte toekenning gekry vir die Munisipaliteit wat die beste vordering getoon het tydens die oudit. Dit beteken dat alles met ons finansies in plek is en goed bestuur word. Die OG het wel ‘n paar “compliance” (nakomings) kwessies uitgelig wat nog aandag moet geniet. As Munisipaliteit moet ons daagliks aan meer as 120 stukke wetgewing en nog meer regulasies voldoen. Ek verduidelik laer af presies wat die uitstaande kwessies is en hoe ons besig is om dit reg te stel. Laat ek net eers verduidelik wat ‘n ongekwalifiseerde oudit beteken: Die OG gee aan elke Munisipaliteit ‘n spesifieke opinie. ‘n Finansieël ongekwalifiseerde oudit is die beste wat ‘n Munisipaliteit kan doen. Binne ‘n “Ongekwalifiseerde oudit opinie” is twee kategorieë Oudit opinie

naamlik 1) sonder kwessies en 2) met kwessies. Bergrivier Munisipaliteit het hierdie top opinie behaal deur ongekwalifiseerd te wees, maar ons het nog ‘n paar kwessies waar ons nog nie voldoen het “compliance” volgens oudit-reëls nie. Wanneer ‘n Munisipaliteit nie ‘n ongekwalifiseerde oudit kan kry nie, is die opinie ‘n gekwalifiseerde oudit. In die vorige finansiële jaar (1 Julie 2011 tot 30 Junie 2012) het Bergrivier wel ‘n gekwalifiseerde oudit opinie gehad. Hier het dit gegaan oor die waarde van stooritems wat die Munisipaliteit gedra het in hul noodstore. Hieronder dui ek aan hoeveel Munisipaliteite elkeen van die klassifikasies behaal het sedert 2010 tot nou. Die Weskaap het 30 Munisipaliteite. Dit sluit die Metro (Kaapstad) en vyf Distriksmunisipaliteite in. Die pyltjies in die tabel wys hoe Bergrivier Munisipa-liteit gevaar het die afgelope vier jaar. Ons is hard aan die werk om hierdie jaar ‘n skoon oudit te behaal. Die kwessies wat by die laaste oudit geopper is, was wesenlike regstellings in ons jaarlikse finansiële state en ‘n 3% verhoging in elektrisiteitsverliese. Laasgenoemde was ‘n blote fout met die rekening van een van ons grootste driefase gebruikers en is intussen reggestel. Om seker te maak dat ons jaarlikse finansiële state reg is hierdie jaar, het ons dwarsdeur die finansiële jaar daaraan gewerk en ook spesialis hulp gekry. ‘n Ander kwessie is dat ons voorsiening vir slegte skulde 17% van uitstaande debiteure beloop. U kan rustig slaap dat daar geen korrupsie of finansiële wanbestuur by Bergrivier Munisipaliteit is nie. Indien u nog vrae het hieroor, nooi my gerus na die braaivleisvuur, dan gesels ons lekker. Terwyl ons nog nie ‘n “skoon oudit” het nie, kan ek u verseker ons het reeds ‘n skoon gewete en goeie finansiële bestuur.

U word uitgenooi na

Aurora se jaarlikse Skou en Gymkhana 13 September 2014 Kom kuier gerus en geniet die dag saam met ons!

2009/2010

2010/2011

2011/2012

2012/2013

Ongekwalifiseerde oudit sonder kwessies (sogenaamde skoon oudit)

1

2

5

11

Ongekwalifiseerde oudit met kwessies

21

23

21

17

Gekwalifiseerde oudit

4

3

1

0

Adverse Opinion

2

0

1

1

Disclaimer

2

2

2

0

Audit Reports not issued

0

0

0

1

2013/2014 In proses Resultate sal teen November 2014 bekend wees.


7

Tulbagh hou fees! Kom kuier saam met ons by die 4de Tulbagh Kunstefees, van 12 – 14 September, en geniet allerhande kulturele aktiwiteite wat die lewe in Tulbagh weerspieël. 

Verskeie kunsuitstallings, met o.a. werke van Christo Coetzee, Tina Nel, Vasek Moutasek, Jan Barend Wolmarans, Lize Beekman, Jan Visser, Derric van Rensburg en ander;

Musiekkonserte met Albert Frost en Minette du Toit-Pearce in “Every day I have the Blues”, ‘n uitvoering van Mozart se Requiem soos uitgevoer deur die Stellenbosse Canticum Novum-koor en Simfonie-orkes, “Two Piano’s, Eight Hands”, met pianiste Francois du Toit, Albie van Schalkwyk, Franklin Learie en Tertie Visser-Downie, Rika Vermeulen in “B-flat in my Bonnet” en ander;

Verhoogproduksies soos “From the Heart of Oom Schalk”, stories van Herman Charles Bosman soos vertel deur akteur David Muller, en “Voorskoot en Lipstiek” met Marinda Engelbrecht en Herman Lensing;

Boekbesprekings van erfeniskos-boeke deur skrywers Riana Scheepers (“Land van Melk en Heuning”), Niel Stemmet (“Sout + Peper”) en prof Tim Noakes (“The Real Meal Revolution”);

Lesings oor Tulbagh se argitektuur deur o.a. prof Hans Fransen, lid van die Tulbagh Restourasie-komitee na die aardbewing van 1969;

Veiling van antieke ware deur afslaer Carl Stassen sowel as Kos en handvlyt-stalletjies

Vir meer inligting besoek www.tulbaghartsfestival.co.za Kaartjies vir konserte beskikbaar by Computicket


8

VLV Vrouedag Stap

Munisipaliteit vier Vrouedag Bergrivier Munisipaliteit het hierdie jaar Vrouedag gevier op Donderdag 7 Augustus 2014 toe 140 vroulike werknemers en drie vroulike raadslede ‘n middag se pret gehad het by Org de Rac in Piketberg. Die tema vanjaar was vrolik vrouwees en elke vrou het vooraf die geleentheid gehad om vir haarself ‘n tuisgemaakte masker te maak. Pryse is gegee vir die drie beste maskers. Carmen van Wyk het die prys gekry vir die beste masker. Die gasspreker tydens die geleentheid was die bekende pretprater Elsabé Aldrich. Sy was uitstekend en elke vrou het die middag baie geniet en gemotiveerd en verkwik huis toe gegaan. Ons het onder andere geleer dat ware vreugde van binne kom en nie soos ‘n masker opgeplak kan word nie.

VLV lede en vriendinne het gestap vir Vrouedag op 7 Augustus. Astrid Russouw, Erin Nel, Helena Kotze, Nicoline Brown, Dinette Lochner en Christa Myburgh. Foto verskaf

Volgende VLV vergadering saam met Piketberg Boerevereniging is op 18 September 2014 om 19h00 by De Berge Gastehuis. Vir meer inligting kontak Nicoline Brown 022 913 1263 / 082 477 0665

Die organiseringskomitee is voor Carmen van Wyk wat die prys gekry van links Terry-Ann Wessels, het vir die beste Margaretha van der Westhuizen, masker. Gerna Croeser en agter is Elisma Casper en Jackie van Huyssteen. Foto’s: Hanlie Linde

AANDAG ALLE DAMES: Agent vir Watkinsvaleur skoonheids produkte in Piketberg. Agent for Watkinsvaleur beauty products in Piketberg. HEALTH, BEAUTY, FRAGRANCE, COLOUR AND SKINCARE FOR EVERY SKIN TYPE. WE ALSO HAVE GENTS TOILETRIES. WIDE VARIETY OF HOMECARE (FRESH AND CLEAN) PRODUCTS.

RONEL 083 301 7236 / 022 913 1232 A/H

Tracy Stone, Hanlie Linde en Helena Priem wys hul maskers.

Cresentia Strauss en Trudie Le Fleur geniet die middag by Org de Rac om Vrouedag te vier.


9


10

Toerisme Foto Wenners

Die twee wenners van die Piketberg Toerisme Kano Marathon Foto Kompetisie is Nadine de Waal (ou N7 brug) en Rudolph Grobler (Morawia brug). Hulle het elk ‘n R500 kontantprys gewen. Foto verskaf

Nadine de Waal se wenfoto - ou N7 brug.

Rudolph Grobler se wenfoto - Morawia brug.

Die tweede Algemene Jaarvergadering vind plaas op Woensdag 3 September 2014 om 18:15 by Laffies Grill, Hoofstraat, Piketberg. Navrae Beryl-Ann 071 828 7952 Almal Welkom

Potpourri van Info op Vrouedag

Michael Smith (MC), Brenda Lindt (Hoofspreker), Me. Fihla (Waarnemende Hoof - Vredenberg Verkeer), Me. Elizabeth van Rooy (deelnemer), Me. L Nongane (OVK-Spreker), Suster Brits (Departement Gesondheid), Me. F Ficks (Departement Maatskaplike Ontwikkeling) en agter staan Landdros Grundlingh (Spreker) en Ray van Rooy (Raadslid - Piketberg). Foto verskaf Raadslid Ray van Rooy in samewerking met Departement Gesondheid, Maatskaplike Ontwikkeling en die OVK het op Vrouedag kragte saamgesnoer om die vroue te trakteer. Vroue van Piketberg, Goedverwacht, Wittewater en Piket-Bo-Berg het op Vrouedag in die gemeenskapsaal in Piketberg byeengekom. Die plaaslike landdros het hulle meer oor die wetlike aspekte ingelig en Suster Brits het oor gevare van siektes gepraat. Danton van Department Maatskaplike Ontwikkeling het 'n videoclip vertoon om vroue te bemagtig en me Longane van OVK het vroue aangemoedig om op te staan vir hul regte. Me Brenda Lindt het 'n kragtige boodskap gebring om vroue te motiveer en aangemoedig om betrokke te raak in die gemeenskap. Die Pickard broers met Solly Kayster, Ruzaan Smit, Sharlton Swarts, Landie (Maatskaplike Ontwikkeling) en Boys in Demension het die vroue vermaak met sang, dans en 'n gedig. Tien vroue was die wenners van pryse wat geskenk is deur borge en kon huis toe gaan met ‘n glimlag op die gesig. Elke vrou het 'n geskenkie ontvang om dankie te sê vir hul bydrae in die gemeenskap. Die naweek is afgesluit met 'n sangmiddag op Sondag 10 Augustus met Voorberg Band en Masekane mannekoor. Alle borge word hartlik bedank vir hul bydrae tot die sukses van die dag. Berig: Ray van Rooy


11

Piketberg gaan pienk vir Kansa Maak jou pienk merk deur die bome in en om jou erf met spesiale pienk lap toe te draai. Bestellings en betalings sluit 31 Augustus 2014. R20 per meter. Bestel by een van die volgende VLVbestuurslede: Nicoline Brown 082 477 0665 of browns@pcnetmail.co.za Dinette Lochner 083 5645643 of ppcmakelaars@telkomsa.net Sanet Ackermann 082 557 6239 of ackermann137@gmail.com Direkte inbetalings kan in die volgende Hoërskool Piketberg (Plofstof) rekening gedoen word: Rekeningnaam: Hoërskool Piketberg Bank: Absa Piketberg Takkode 334 –211 Tjekrekening nr. 1180620024 Verwysing: Naam/Maatskappynaam + lap Pink Trees for Pauline beywer hul om fondse in te samel vir lewe na en gedurende kanker. 80% van die fondse sal in Piketberg gemeenskap aangewend word. Alle versierings moet tussen 15 en 18 September 2014 opgesit word. Kom stap saam vanaf PHS op Vrydag 19 September 2014 om 13:00 en beleef ‘n pienk Piketberg.


12

Komberse vir Badisa 20 Jaar Gelede — September 1994 VOORBLAD: Skoutyd op Piketberg. Adri Conradie en Lynne Vercuiel is as skoukoningin en tweede prinses verkies. Beide is leerlinge aan Hoërskool Piketberg. Simone Jansen, ‘n leerling aan Steynville Sekondêr, is as eerste prinses verkies. Simone is ook vroeër met die 10de verjaardagviering van Steynville Sekondêr as mej Steynville aangewys. Arrestasie van die maand: Hierdie prestigetoekenning is hierdie maand deur L/S/O/Sers. Basie Swart van die plaaslike speurtak verwerf. Op Vrydag 2 September het Die Piketberger sy eerste verjaarsdag in die skoolsaal gevier. Steynville Sekondêr het hul 10de bestaansjaar gedenk. Die hoogtepunte was die oorhandiging van die skoollied aan die prinsipaal, mnr Kamfer, die mej Steynville-aand en die sportdag. Die skoollied is geskryf deur mnr L Dietrich en gekomponeer deur mnr Frolicks van Wellington. Verfraaiing van Kindersaal - As ‘n gemeenskapprojek het die Jong Dames Dinamiek-lede die kindersaal by die hospital op eie onkoste en inisiatief geverf en verfraai. Mnr JC Langeveldt het namens die Hospitaalkomitee van die Radie Kotzé Hospitaal sy dank teenoor JDD vir hul onbaatsugtige diens uitgespreek. ADVERTENSIE: Twee fietse te koop. Mansfiets en damesfiets R200.00 stuk. Daiwa 350 viskatrol. 12 voet Blue Marlin glasveselstok. 25 dosyn sinkers. Vorms vir sin-kers. Visvanggordel. Varswatervisstok. Alle visgereedskap saam R500.00.

Badisa het twee groot skenkings van komberse ontvang van PPC De Hoek en AVBOB Piketberg. Die mense wat elkeen ‘n kombers ontvang het, was opreg dankbaar daarvoor en ons sê ‘n BAIE GROOT DANKIE. Bo verskyn Lorraine Lourens (PPC), Irene Pickard en Anescke Vraagom (Badisa) en Jan Vorster (PPC).

Anescke Vraagom en Irene Pickard van Badisa saam met Ronel van Zyl (AVBOB Piketberg) en Maria Blaauw wat ‘n kombers ontvang het. Berig en foto’s: Hannie Visser

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164

‘n Geestelike Ervaring Lente-aand

Donderdag 4 September NG Kerksaal Kaartjies R100 per persoon te koop by Kerkkantoor Sjerrie, sop en brood

Was ook by die Kunstefees op Oudtshoorn. Oor-en-oor die moeite werd!


13


14

Tuinbou Kompetisie

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164

Kekkel & Kraai Gebakte Hoenderborsies Neem vier ontbeende hoenderborsies en geur met hoenderspeserye en sout. Meng een koppie karringmelk en een geklitste eier in ‘n bak. Meng een koppie meel, een teelepel paprika en 1/4 teeleepel rooipeper in ‘n ander bak. Doop hoender in karringmelk mengsel, dan in meel mengsel. Bak in pan met medium hitte olie tot alkant bruin. Sit hoender in oondbak en bak verder in oond vir 5 - 10 minute @ 190°C.

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Die Blom- en Tuinbouklub van Piketberg hou weer in Oktober maand tuin kompetisie. Om dit die jaar bietjie anders te maak, en om almal gelyke kans te gee om te wen, en ook so almal betrokke te kry, gaan ons dit as volg benader : 1. Ons vra nou reeds inskrywings en die inskrywing sluit einde Augustus. 2. Ons gaan die volgende onder afdelings hê. 2.1 Gevestigde tuin, groot 2.2 Gevestigde tuin, klein. 2.3 Nuwe Tuine, groot 2.4 Nuwe tuine, klein 2.5 Groente- en of vrugtetuine. 2.6 Kruie tuine 2.7 Hoe lyk jou tuin van die straat af. 2.8 Munisipale tuine. 2.9 Tuine in industriële gebied. 2.10 Ander inskrywings 2.10.1 Hoe lyk die straat waarin jy woon. 2.10.2 Hoe lyk die blok waarin jy woon. 2.10.3 Hoe lyk jou buurt 2.11 Besigheids Tuine. 3. Om almal ‘n gelyke kans te gee, gaan ons elke tuin wat ingeskryf is teen vroeg September beoordeel en ‘n punt gee en dan weer einde Oktober oordeel, en sal die tuin wat die beste gevorder het natuurlik as wenner gewys word. 4. Die munisipale bestuurder en haar Munisipaliteit streef na ’n droom dorp beginsel en kan ons as publiek, die inwoners van Piketberg, help om die droom so te verwesenlik. 5. Ook gaan ons lede uit die publiek vra om insette te lewer aangaande punte toekenning. 6. Ook gaan ons tuine self benoem sonder dat die eienaar dit weet, wie weet, dit is dalk jou tuin. Wat ‘n verrassing sou dit wees as jou tuin die spogtuin word. 7. In die toekoms wil ons deur die jaar kyk na tuine, en benoemings maak om so, almal in die dorp aanmoedig om tuin te maak. Skakel of epos Cobis by 0832844684 of sircobis@mweb.co.za, of dien jou inskrywing, met net ‘n naam, adres en telefoonnommer in by die volgende besighede: Koeltuin, Die Trek 35, en die volgende besighede in Langstraat: Kaap Agri, Fox Build it, 2 Acre Hardware, Boland Superspar.

Biblioteek Kennisgewing Aan alle lede en voornemende lede. Bergrivier Munisipaliteit se biblioteke is in die proses om te rekenariseer. As u nog nie 'n nuwe aansluitingsvorm voltooi het nie, maak asseblief so, so gou moontlik. Almal gaan nou 'n nuwe strepiekode biblioteekkaart ontvang.


15

SKAKEL ELNA CALITZ VIR ENIGE VERDERE NAVRAE BY 022 913 1228

VERSKEIE POTJIEKOSSE EN HEERLIKE BRAAIVLEIS!


16 CAMPAIGN -


17


18

deur Jannie Lategan

Kleredrag, Eetgewoontes en Etiek Daar, vanuit die stilhoekie van 'n restaurant, word 'n mens maklik toeskouer van hoe mense se tafelmaniere en eetgewoontes eintlik is. Dit laat jouself onmiddellik skuldig voel, want is jou eie tafelmaniere na wense en aanvaarbaar vir dié een wat jou straks ongesiens dophou. Slurp jy straks aan jou glas koeldrank of wyn en eet oorgretig asof jy “bang” is die kos raak op en jou honger is dan nie gestil nie. Gebruik jy die mes en vurk of eet jy sommer met die hand om die skyfies gulsig oopmond te verorber. Praat ons dalk met 'n mond vol kos dat die spuug eintlik spat. Gaan ons selfs verder en haal sommer kos met die hand uit jou tafelmaat se bord. Prop ons nie soms 'n oormaat kos in ons mond wat die ruimte van die mond oorskry en ons dit vinnig met iets moet probeer afsluk en daar sodoende 'n gehoes en geproes ontstaan nie? Is dit vir ons belangrik om te weet dat my tafelmaats regoor my, my lelike gewoontes so moet gadeslaan, terwyl ek oopmond kou. Tree ek respekvol teenoor my gesin en tafelmaats op; dra ek nie op hierdie wyse 'n boodskap van swak eet- en tafelgewoontes aan my kinders oor nie. 'n Vakman, verwer en werktuigkundige, dra die toepaslike oorpak na sy werk. Die goeie vakman sien toe dat sy oorpak gereeld gewas word en hy gaan elke dag werk toe met 'n skoon oorpak, want hy is trots op sy werk en het respek vir die publiek, sy kollegas en werkgewer. Hy moet hom ook onderwerp aan die berisping van sy werkgewer as hy nie skoon aangetrek opdaag nie. Die kantoorwerker gaan ook uit respek vir die publiek waarmee hy werk, netjies gekleed en hy voel trots op die betrekking wat hy beklee. Ewe-eens gaan die predikant of pastoor netjies geklee na sy kerk. Sonder om dit onomwonde uit te spel, word dit eintlik stilswyend deur sy gemeente verwag dat hy so op die preekstoel sal verskyn. Hy betoon langs hierdie weg, respek vir sy amp en hy wys ook sy respek wat hy vir sy lidmate het. Dit gee aan hom bepaalde ligitimiteit en dit laat hom goed voel in sy amp. So, trek die regters en juriste ook hulle togas aan om in die howe te verskyn en ons is meer as oortuig daarvan dat 'n regter oor die vingers getik sal word deur die Regsgewende gesag as hulle sommer in blote siviele drag sonder 'n das of baadjie op die Bank verskyn. Die onderwyser verskyn in betaamlike en netjies geklede drag voor sy klas, want dit dwing respek en agting af by die leerders. Dit dra beslis 'n boodskap uit na die leerder om netjies in 'n goedversorgde uniform op te daag by die skool met sy of haar hare netjies en stylvol gesny. Die sportman daag met sy toepaslike sportklere op die rugbyveld, swembad of resiesbaan op. Hy dra met trots sy land se wapen en is trots op die skool of instelling wat hy verteenwoordig. Bladsye kan geskryf word oor hierdie onderwerp dat eetgewoontes en kleredrag maklik 'n weerspieëling van ons karakter kan wees. Iets kan weggee, wie ek eintlik is. Dit kan straks iets sê van my huis en my omstandighede. So word 'n mens onbewustelik blootgestel aan 'n veroordeling wat miskien ongevraag of onwaar kan wees. Etiek...'n onderwerp waaroor boekdele geskryf kan word waarvan elkeen sy eie outeur kan wees. Elkeen weet wat reg en verkeerd is en daarom is daar werksetiek, sosiale etiek en noem maar op, maar dit is helaas die norm waaraan ons onsself meet of aan blootstel. Dit gaan helaas

oor 'n standaard van lewe en die karakteristieke optrede binne ons omgewingsfeer. Kortom...hoe tree ek teenoor mense op en hoe dwing ek respek af. Die spreekwoord wat sê: “Die vere maak nie die voël nie”, is 'n strooihalm waarna almal gryp wat nie in homself wil verander nie en weerbarstig veg om te maak soos hy wil ten spyte van die korrekte openbare etiek. Hierdie spreekwoord, is van alle waarheid ontbloot. Dalk tyd om na ons voorkoms en eetgewoontes te kyk.

Vrouevereniging gee sop

Steenebrug Vrouevereniging het op 2 Augustus vir behoeftige bejaardes en kinders sop uitgedeel. Hulle kon vir ongeveer 200 mense ‘n bekertjie warm sop en ‘n broodjie gee. Foto: Thorina Steenkamp

Sakevrou studeer Landbou

Tabita Makiwa is 'n Zimbabwiese vrou wat haar eie tuis besigheid bedryf van koop en verkoop van goedere. Intussen ruim sy tyd in om haar verder te bekwaam op tersiêre vlak. Sy het kom inloer en kom dankie sê aan die Toesig-houers van UNISA en terselfdertyd met blydskap aange-kondig dat sy suksesvol was met haar eerste semester en selfs 'n onderskeiding behaal het. Sy studeer in die vakrigting Landbou. Haar man het 'n BSc graad in Landbou. Hy werk as Kontrakteur en Toesighouer op 'n plaas. Die Piketberger deel haar trots en wens haar net die mooiste en suksesvolste uitslae toe met haar verdere studies. Haar kind, sê sy, praat vlot Afrikaans. Berig en foto: Jannie Lategan

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 9 September vir ons Oktober-uitgawe. Stuur foto’s en berigte na diepiketberger@gmail.com


19


20

67 minute vir Mandela

Grondslagfase besoek Huis AJL

Inwoners van Huis AJ Liebenberg het warm klere en skoene uitgedeel aan kliënte by die Kliniek. Persone wat agter staan is Cliffy Jagers, Gert Afrikaner, Mirrie Mouton en Anna Lambrechts. PHS se Grondslagfase het toiletware bymekaar gemaak en die Graad 3’s het dit aan die inwoners van Huis AJ Liebenberg oorhandig. Pieter Rossouw sit hier saam met Smit Jacobs, Jehan Brink, Henco Kruger, Daniel Jordaan en Gerhardt Muller.

Elna Calitz, Huishoudelike Bestuurder van Huis AJ Liebenberg, het eetgoed uitgedeel aan die personeel van die kliniek.

Hennie Lochner saam met Jehan Brink en Smit Jacobs en voor Annette Bruwer.

Henry Rossouw en Carli Rossouw besoek Karin Greeff. Van die skoolkinders het in hul vakansietyd 67 minute afgestaan aan ons inwoners. Sertifikate is aan hulle oorhandig. Baie dankie ook aan Piketberg Hoërskool se Grondslagfase wat ons inwoners bederf het met toiletware en die personeel met verrassingspakkies vol eetgoed. Dit word opreg waardeer! Foto’s: Marie de Villiers

Henco Kruger, Jana Bruwer en Elsje Basson kuier by Albertina Groenewald. Foto’s: Sanet Ackermann


21

Wat sê die reg? Moet ek ‘n Testament opstel of nie? Dit is die vraag Ek is seker daar is oor die jare heen baie in hierdie kolom geskryf oor testamente, maar die belangrikheid van die verlyding van ‘n testament kan nie oorbeklemtoon word nie. Die Jacques Ehlers een toekomstige gebeurtenis waarvan ons almal seker is met ons gaan gebeur, is die dood. Daarom is dit belangrik dat ons vroegtydig daaroor praat en ‘n testament nalaat wat die lewe vir ons geliefdes wat agterbly soveel makliker sal maak met ons heengaan. Die belangrikheid daarvan om ‘n testament te verly blyk duidelik uit die ondergenoemde voorbeeld. Op 18 Augustus 2012 trou ‘n familielid van my met haar groot liefde, net om hom (toe 38 jaar oud) ‘n jaar later, op 31 Augustus 2013, op die kombuisvloer aan te tref waar hy weens ‘n “massiewe” hartaanval gesterf het. En toe nog ‘n groter skok... hy het nooit sy testament verander nadat hulle getroud is nie, en vererf sy algehele boedel, wat hulle gemeenskaplike woning met meubels en al insluit, op sy moeder wat die begunstigde is kragtens sy bestaande testament. Die uiteinde? Sy is op die ouderdom van 30 jaar terug by haar ouers in die huis! Uit die bogenoemde voorbeeld is dit duidelik dat ‘n mens tyd moet maak om ‘n testament op te stel ten einde seker te maak dat daar, na jou dood, met jou bates gehandel word volgens jou wil. Daar is egter sekere wetlike vereistes waaraan ‘n testament moet voldoen ten einde ‘n geldige testament te wees, en om hierdie rede is dit belangrik om ‘n professionele persoon te nader ten einde jou by te staan met die opstel van ‘n geldige testament. Vir diegene van u wat alreeds ‘n testament opgestel het, is dit egter belangrik om u testament gereeld te laat hersien, aangesien mense se omstandighede aanhoudend verander. Vir ‘n jong paartjie wat nou in die huwelik tree, sal dit dus noodsaaklik wees dat hulle hulle testamente hersien ten einde voorsiening te maak vir die langslewende gade, sou een van hulle tot sterwe kom. Net so sal dit ook belangrik wees vir dieselfde paartjie om hulle testament te hersien indien daar ‘n kind of kinders uit die huwelik gebore word ten einde voorsiening te maak vir die kinders sou een of albei ouers tot sterwe kom. Dit is egter nie net jong getroudes wie se omstandighede kan verander nie. Ongelukkig (of gelukkig vir sekere mense) gebeur dit ook telkens dat huwelike beëindig word deur egskeiding en is dit ook belangrik vir beide partye om hulle testament te wysig indien hulle wil hê dat die voormalige gade nie voordeel moet trek uit sy/haar boedel na sy/haar afsterwe nie. Sou die man byvoorbeeld binne drie maande na afhandeling van die egskeiding sterf, sal sy voormalige vrou niks erf nie, maar indien sy testament na drie maande na die egskeiding nie verander word nie, en hy sterf dan, sal sy voormalige vrou wel erf volgens sy testament. Van 15 tot 19 September 2014 is dit weer die Nasionale Testamente Week wat deur die Wetsgenootskap van Suid-Afrika aangebied word. Tydens hierdie periode kan lede van die publiek deelnemende prokureursfirmas nader om ‘n basiese testament gratis vir lede van die publiek op te stel. Maak dus gebruik van hierdie geleentheid om ‘n testament op te stel indien u nog nie een het nie, en indien u wel ‘n testament het, gebruik hierdie geleentheid om u testament te laat hersien.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00 PIKETBERG

Verskaffer van nuwe fietse, bv. Avalanche, Raleigh, Diamondback, GT. Mongoose en Schwinn. Ons hou ook fietsonderdele en bybehore aan bv. Ryder, Holdfast, Birzman, Parktool, Camelbak, WTB, Maxxis, Kenda, Fox, American Classic, Hope, Rock Shox, Michelin Go pro en vele meer! Ons herstel en diens fietse en maak gebuigde rims weer reg. Bring jou fiets in vir ‘n standaard was van R35 of ‘n volle ‘valet’ van R55 met smering op ketting ingesluit en kry ‘n gratis inspeksie van fiets. Kom loer gerus in regoor Kaap Agri Drankwinkel in die Carel van Niekerk Besigheidspark.

Besigheidsure: Maandae - Vrydae Saterdae 08h00 tot 17h00 09h00 tot 12h00 Vir enige navrae kontak Gustav Bonthuys by 0844874840 / 0229131101 of bonthuysbicycles@gmail.com


22 Proefstudente by Steynville Primêr

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur dr. Margaret Mollett

“Liewe Leser, laat ek my voorstel:

Hierdie jong dames is proefstudente wat tans hul praktiese onderwys by Steynville Primêr op Piketberg doen. Almal is van CPUT Wellington-kampus, met die uitsondering van een student wat by Boland Kollege is. Hulle is Millicent Faro, McKyllin Donkerman, Hanli Fransman en Aila Le Fleur. Berig en foto: Elzanne Boshoff

Interskole Saterdag 23 Augustus

Hoërskool Piketberg vs Hoërskool Porterville te Hoërskool Piketberg se sportgronde

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Eintlik is daar verskeie maniere om dit te doen. As ek ’n illusie van romantiek wil skep, kan ek sê ek is ’n Afrikaanse skrywer wat op ’n middeleeuse dorpie in die suide van Frankryk woon. As ek ’n stylvolle indruk wil wek, kan ek sê ek woon in ’n Provençaalse kliphuis met persblou hortjies, pienk rose en laventel voor die kombuis venster, ’n enorme ou plataanboom langs die hek. Maar as ek eerlik wil wees, moet ek sê ek is ‘n moeë vrou met ’n te groot gesin wat in Kerkstraat woon”, en verder aan, “Dit klink meer eksoties in Frans – Rue de l’ Eglise, maar dit bly ’n straat met ’n kerk op ‘n plattelandse dorpie.” Só skryf die alombekende Marita van der Vyver aan die begin van Die hart van ons huis – ’n skrywer in Provence (Tafelberg, 2004). Sy vertel van ’n besonder gelukkige huisgesin: “Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man Alain, en vier kinders tussen die ouder -domme van drie en sewentien, syne, myne, ons s’n. Dis ons.” Met haar skerp waarneming, humoristiese beskrywings en in-die-kol Afrikaanse woordeskat skep Marita ‘n kleurvolle tapisserie van alles wat dag-vir-dag in die dorpie en die streek aangaan – as eeue-oue tradisie of moderne tendens. Een tradisie is om lekker kos voor te berei, en geen beslommernis of inspanning is ooit te veel nie. Watse gereg sou Marita en Alain vir hul gaste voorsit? Daar is aïolie bestaande uit knoffel-mayonnaise en morue, ’n gesoute Europese kabeljou, “aartappeltjies in hul kamerjassies”, “effens krakerige worteltjies en boontjies”, artisjokkies en murgpampoentjies, beet en rou broccoli. “’n Hele reënboog op die tafel – met die liggeel knoffelsous soos die legendariese pot goud aan die boog se punt.” Daar is geen voor- of nagereg nie, net drie of vier kase en genoeg vars brood. In 2008 volg Franse Briewe – Pos uit Provence (Tafelberg). “Liewe Leser, Welkom terug! Dis nou vyf jaar sedert jy met die Die hart van ons huis kennis gemaak het met my onidilliese lewe in ’n idilliese landskap – my lewe in Provence. En ons woon steeds in Kerkstraat,” waar, volgens haar, die kombuis “steeds in alle opsigte die hart van die huis bly.” “Ek sluit af soos laas – en dalk tot ’n volgende keer – met die lekkerste van alle Franse frases: Bon appetite!”

Het GEMS kontrak gekry vir chroniese medisyne met lae of geen bybetaling!

Leeskring 17 September “Die Blou van Onthou” deur Marita van der Vyver

Bespreking: Erin Nel Biblioteeksaal 09:30. Almal welkom.


23

Wiskunde Bonanza Finaal

Nic Visagie, gr 4 by Steynville Primêr het aan die finale rondte van die Wiskunde Bonanza te Piketberg Hoërskool deelgeneem. Foto: Elzanne Boshoff

Die Wiskunde Bonanza is gehou vir die beste twee kandidate van elke skool in al vyf Kringe in die Weskusstreek, wat in twee verskillende kategorieë, nl monograad en multigraad, deelgeneem het.

-7 8 =1 Reach - Ready or Not? PHS het goed gevaar in die Wiskunde Bonanza. Gabri Loubser, gr 2 het ‘n tweede plek behaal. Bosman Rossouw en Albert Grobler behaal die eerste en tweede plek vir gr 7. Foto’s: Marietha Goosen

Wes-Boland o/12 Rugby

Lyle Booys en Matthew Somers is opgeneem in die Wes-Boland o/12 rugbyspan. Lyle as reserwe en Matthew as haker. Foto: Marietha Goosen

REACH Ritmiese Gimnastiek klub het weer deelgeneem aan die Ready or Not kompetisie op 1 Augustus en het soos volg presteer. 1ste ry level 4: Pamela Booys 1ste, Elné Burger 3de en Marilize Crous 13de. 2de ry Nicole Steyn 4de (level 6), Mia Oberholzer 3de (level 5), Milah Baard 1ste (level 5). 3de ry Christine van der Merwe 2de (level 6), Ané Nelson 1ste (level 8) en Shanda Whitfield 3de (level 6). Afwesig: Level 4: Renate Coetzee 7de, Level 5: Jade Wilson 2de (level 5). Berig en foto: Chrisna Baard Op 23 Augustus vind die distrikskompetisie plaas by die Swartklip Sportsentrum in Mitchell’s Plain en die Gimnastiek SA's vind plaas in Oktober gedurende die skoolvakansie.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


24

Badisa na Burgerstrandhuis

Katinka Blommekuns Demonstrateur Katinka Morrison het gedurende die Junievakansie haar praktiese eksamen afgelê vir die Nasionale Demonstrateurs Diploma (NDD). Die teorie eksamen het sy in Maart afgelê. Vir die praktiese eksamen moes sy vier blomontwerpe maak wat deur drie beoordelaars beoor-deel is. Die kandidaat wat die eksamen doen, moet bo 75% behaal om te slaag, dieselfde slaagvereistes geld vir die teorie-eksamen. Sy het altwee deurgekom en is nou 'n demonstrateur in die blommekuns. Dit beteken dat sy nou die nodige kwalifikasie het om blomdemonstrasies by klubs te hou.

Badisa het in die Junie vakansie ‘n groep kinders Burgerstrandhuis toe geneem. Badisa wil hiermee ook baie dankie sê vir Piketberg Lions, Boland Superspar en die Burgemeesterskomitee vir skenkings. Die kinders het dit baie geniet en baie geleer. Berig en foto verskaf deur Hannie Visser

Links is een van die ontwerpe vir die Nasionale Demonstrateurs Diploma. ‘n Tradisionele ontwerp met die tema “Spirit of Winter”. Foto’s Verskaf

ADMINISTRATIEWE POS

By die vorige Blom– en Tuinbouvergadering op 6 Augustus is blomontwerpe gedemonstreer deur Cobis Wilson, Micky Visser, Elbeth Liebenberg en Katinka Morrison. Saam het die vier 12 ontwerpe gewys. Elbeth het die enigste tradisionele ontwerp gedemonstreer. Die ander ontwerpe is gebaseer op nuwe moderne neigings in die blommekuns. Die plak en sny van verskillende plantmateriaal, soos sade, bas, loof en selfs die gebruik van groente in die ontwerpe, is gewys.

Volgende Vergadering

Die volgende Blom- en Tuinbouvergadering is op Woensdag 3 September in die biblioteeksaal. Tee en verversings word bedien vanaf 9:00 vergadering begin 9:30. 'n Houer met plantmateriaal gaan aan elkeen teenwoordig voorsien word, daaruit gaan die lede en besoekers ‘n unieke ontwerp (rangskikking) skep. Besoekers welkom. R20 besoekersfooi betaalbaar.


25


26

Leerders besoek Kaapstad 'n Groep leerders van Steynville Primêr het vanaf 20 tot 25 Julie 2014 by die Burgerstrandhuis te Muizenberg tuisgegaan. Hulle het die voorreg gehad om besienswaardighede soos die Akwarium, Die Kasteel, Grootte Schuur Hospitaal, Tafelberg, Die Planetarium en vele meer te besoek. Dit was 'n onvergeetlike ervaring vir ieder en elk. Berig en foto’s: Elzanne Boshoff

Bootrit in die Waterfront

Die Akwarium

Die Planetarium

Die Kabelkar

Grootte Schuur Hospitaal

Die Kasteel


27 PHS Kultuuraand Saffron en Roulade

Willem Koch het Saterdag deelgeneem aan die International Federation of Bodybuilding and Fitness kompetisie en die WP span gehaal wat aan die SA’s gaan deelneem vanaf 10 - 13 September. Sy afdeling is “men’s physique”. Dit is ‘n afdeling waar goeie spierdefiniesie en liggaamsbalans beoordeel word by mans langer as 1,78m. Foto: Edó Photography

Foto’s: Ilse Bruwer

Little Shepherds After School

Our Mission: To provide a safe, positive, and fun place for students to do homework, build relationships and values and to experience the love of Christ. Little Shepherds After School is an after school program operating 5 days a week Monday through to Friday afternoons, from 12hoo to 17h15. All students grades R to 7 (English & Afrikaans), are invited to the Little Shepherds fun and safe environment to eat a proper lunch, do homework and play games. Little Shepherds After School meets in The Little Shepherds Pre School Building, at the back of Piketberg Christian School. For further information please contact Thea Cooper (084 247 1920) or Lizel Rossouw (084 438 1852) or visit our Little Shepherds After School facebook page.


28

Reach Ritmiese Gimnastiek vier Vrouedag in styl

Vir ‘n week lank, elke dag, kwetter die mammas van die gimnaste met mekaar op ‘n whatsapp-groep soos versamelvoëls wat nes bou…”onthou van….het jy...wie gaan....waar kry ons….wat nou weer, ek het vergeet...” Dit klink eerder na ‘n deurmekaarspul as ‘n beplanning, maar glo vir my, elkeen weet presies wat gaan vir wat. Uiteindelik breek Vrydagmiddag 8 Augustus aan en almal laai hul hekellappies, fyn porselein koppies, vintage dekor, mooi servette en baie gees af. Elkeen dek en versier haar tafel op haar eie, maar baie bewus van die ander om jou, word daar nog geselsies ook aangeknoop. Saterdagoggend vroeg word die laaste tafeldoekies reggetrek en die heerlike eetgoed uitgepak. Dit voel asof jy deel is van die Kyknet Kokkedoor-program as jy die saal instap. Die gaste arriveer – getof en getooi in hoede en hakke – tog te mooi. Tina laat nie op haar wag nie en heet almal welkom. Daarna trek Jaco Losgelaat weg met sy lewendige liedjies. En kan so ‘n jongman sing! Daar word hande geklap en saam gedans. Tog te lekker! Hy gee rose en geskenke weg en laat almal spesiaal voel. Tussendeur word daar tee gedrink, gekuier en heerlik gesmul aan die eetgoed. Daarna lewer Zandré de Villiers haar getuienis met soveel vreugde van die hartseer in haar lewe. Met haar inspirasie en motivering het ‘n mens sommer weer lus vir die lewe en sy uitdagings. Jaco het ook sy getuienis gelewer saam met ‘n paar laaste liedjies. En met die wegsterf van die musiek het die dames begin opruim…. Dit was ‘n ongelooflike lekker manier om Vrouedag te vier en so ‘n bydrae te lewer vir die gimnaste se fondsinsameling. Baie dankie vir elkeen wat iets gemaak, geskenk, geleen, geborg of gereël het om hierdie funksie moontlik te maak. Baie dankie ook vir elkeen wat ‘n kaartjie gekoop en dit bygewoon het. Vir die wat dit nie kon bywoon nie, ons maak volgende jaar weer so. Die borge wat die geleentheid ondersteun het is: Boland Superspar, Winkelshoek, SARIE (Media 24), The Rooibos Tea Company, Hoërskool Piketberg en Zandré de Villiers. Die klank is gedoen deur Voyager Sound Inc (eienaar Marcél Fourie) en die gaskunstenaar JaCo Losgelaat. Berig: Alta Nelson Foto’s: Chrisna Baard

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink. Kontak asb. 082 780 8698.

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326 or heikeoelbuttel@gmail.com

Die Gimnastiek Ma’s saam met JaCo Losgelaat.

JaCo Losgelaat en sy ondersteuners.

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!” “’n Bybeltjie vir ‘n Zoeloe-kindjie” - dis die waarde wat R60 in ‘n koevertjie kan toevoeg tot iemand se lewe in Msinga en Makathini. Kix het reeds 153 Bybels ‘n Dierbare dame het drie Bybels geskenk


29 Leliehof hou Hennedinee met Musicals

Die matrieks se tema was “Barbie en Ken” met Wilmarene Okkerstein, Bianca Jordaan, Dorinda Smit, Adriaan Lubbe (Barbie en eregas), Whelan Julius en Nicole Dietrich.

Gr R’e besoek die Oogarts

Die Gr R’e sê dankie aan Dr Neels Hattingh vir sy rol in die gemeenskap vir die gratis oogtoets wat PHS se Gr R-klas gekry het vir vroeë identifisering van probleme en die spoedige herstel of intervensie daarvan. Elke kind se oë is gratis getoets en ‘n verslag is na die tyd gekry. Vir ‘n week na die oogtoetse wou die meeste kinders oogartse word! Foto: Marili de Klerk

Die Juffrouens se tema was “Hairspray” met Bianca van Blerk, Jackie Thirion en Sanri Joubert. Foto’s: Jackie Thirion

Auxillary Makaza, proefstudent en Bianca van Blerk.

Matriekafskeid Hoërskool Piketberg Vrydag 29 Augustus ************* Steynville Sekondêr Vrydag 26 September Die Piketberger wil graag u foto’s plaas. Stuur asseblief foto’s na diepiketberger@gmail.com

Dup Meubels

wil vir Johannes N. Engelbrecht geluk wens as die wenner van die Kenwood Grill gelukkige trekking. Dankie aan ons kliënte vir hul volgehoue ondersteuning.

Dup Meubels Bestuur

JAPIE DU PLESSIS JACQUES DU PLESSIS Owners/Eienaars

Choose DUP MEUBELS for good prices & better service Kies DUP MEUBELS vir goeie pryse & beter diens T +27 229131251 / +27 229131307 | F +27 229132443 | Email dupmeubels@telkomsa.net


30

Beroepedag PHS se Gr R-klas het onlangs Beroepedag gehou. Die kinders moes aantrek soos wat hul graag eendag wil word. Daar was ballerinas, ‘n chirurg, ‘n paar dokters, boere, padwerkers, modelle, ‘n sangeres, ‘n skoonheidsdeskundige, ‘n haarkapster, brandweermanne, polisiemanne en ‘n prinses. Lise Bruwer, as chirurg het die “fancydress” gewen, foto links onder.

Foto’s: Marili de Klerk


31 Bierman Grobbelaar Oogkundiges borg sonbril vir die Piket-Bo-Berg Cycle Challenge

Dit is die tweede jaar dat Bierman & Grobbelaar sonbrille borg vir die Piket-Bo-Berg Cycle Challenge. Dit is fantasties om te sien hoe nuwe besighede terugploeg in ons gemeenskap. Hier ontvang Toni Smuts, Skakelbeampte van Boland Superspar die Oakley bril van Annalise Erasmus. Toni is die bemarker van die Piket-Bo-Berg Cycle Challenge.

Reach Gimnastiek hou Vroueoggend

Veronica Brits (Spanleier) oorhandig 200 Bottels water aan Yolanda Crous. Reach Gimnastiek het 9 Augustus ’n damesoggend gehou om fondse in te samel vir die gimnaste wat in die toernooi in Oktober 2014 gaan deelneem. Yolanda is een van die gimnastiek ma’s.

Boland Superspar Wes-Kaap Superspar


32

Olive Brook Wyn reeks slegs by TOPS Have you seen the new wines displayed in SPAR and TOPS at SPAR stores? Spar has finally done it, they have launched their own wine brand, Olive Brook wines, selling exclusively in their stores. I recently attended the media launch where we were lucky enough to taste all the wines and all I can say is you are in for a spectacular sur- Tinus van Niekerk prise. The man behind the magic in the bottles is Tinus van Niekerk, who was tasked with the sourcing, crafting and blending of wines in the Olive Brook range. He’s a wine lover with a palate to match and his quest for quality wines is all about “balance, finesse and elegance”. The Olive Brook range includes names of some of SA’s top producers: De Wetshof, Kleine Zalze, Spier and Graham Beck. The objective = real quality wines at a great price, which is exactly what they achieved.

Four Cousins kompetisie

Die gelukkige wenner van ‘n gasverwarmer nadat sy ingeskryf het vir die Four Cousins kompetisie, is Diandria Adams. Hier oorhandig Sirene Williams (Tops spanleier) die prys aan haar.

Profile for Piketberg Tourism

Sept 2014 piketberger  

Sept 2014 piketberger  

Advertisement