Issuu on Google+

1

Jaargang 20 Nr. 8

www.piketberg.com

September 2013

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS wen Interskole Hoërskool Piketberg het op 17 Augustus die interskole kragmeting teen Hoërskool Porterville gewen. Dít na ‘n week van opwinding ter voorbereiding vir interskole tesame met erge weersomstandighede. Op rugbyvelde wat gelyk het soos modderbaddens, het PHS as oorwinnaars van die dag geseëvier. Die son het geskyn tydens die eerste netbalspan se wedstryd, maar van die ander netbal is gespeel in gietende reën. PHS het die rugbytrofee gewen asook die algehele Interskole puntetrofee, wat kultuur insluit, met 58 punte teenoor 44.

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Ons besighede...p4 SA Jongwynskou...p5 Suiderland gee donasies...p8 Toerisme se wenfoto...p9 VLV– en Tuinbou Nuus...p10 Wat sê die reg...p14 PCS-nuus...p22 Vrouedag Vierings...p24 Badisa vier 10jaar...p26 PHS Kultuuraand...p27 Interskole...pp 28 & 29 Wiskunde Wenners...p30 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

‘n Modderbesmeerde seëvierende PHS se 1ste rugbyspan. Die telling was 19-5. Foto’s: Marietha Goosen

JJ Stander, hoofseun en Ané Venter, hoofdogter saam met Marius Scholtz, skoolhoof.

 022 913 1939  022 913 2404

the green tree café


2

Redaksioneel

Briewe van ons lesers...

In my Lewe Net soos gister net soos nou Is daar dinge en baie mense waarvan ek hou Maar ek sukkel nog met my hart Ja hy wissel nog gedurig van warm na koud In my lewe....... Dit is die koorgedeelte van Mathys Roets se liedjie, In my lewe, terwyl hy sing van verskeie ervarings in sy lewe - skoolgaan, Afrikaans, hartseer, foute, die dood, Parys, als probeer en 'n mens verloor..... By Die Piketberger het ek die afgelope 16 jaar gesien hoe diere versorg word, bome geplant word, blommekuns beoefen word, prestasies gesien wat wissel van skaak, voordrag, drama en perdry, swierige geleenthede bygewoon van Matriekafskeid tot troues en skoonheidskompetisies, die slimstes en die mooi-stes ontmoet, saam gejuig oor donasies aan instansies, klere aan armes, borgskappe vir feeste en mildelike skenkings, my vergaap aan versamelings van speelgoedkarretjies, teepotte, teelepels, pette en koerante, oorsese lande gesien, saam geëet en getoer en geloop, reunies, skoolkonserte en prysuitdelings bygewoon, hande geklap vir akademiese- en sporttrofees, ingesit by toesprake deur motiveringsprekers, verteenwoordigers en konsultante, met oorgawe saamgevier aan Basaars, Vrouedae, Valentynsdae, Mandeladae, Wêreldbekertoernooie, Lentedae, Interskoles en Oupa- en Oumadae, 'n kykie gekry in families se verjaarsdagvieringe, doopgeleenthede, troues, feeste en reunies, mense se lag en huil gesien, die binnekant van kerke, skole, ouetehuise, besighede, kantore, banke en koffieshops gevoel, nostalgie beleef rondom ou enjins, dagboeke en foto's, mense sien intrek en vertrek, sake-ondernemings sien open en sluit........ en jy vra my waarmee is ek besig? Dis hoekom ek partykeer antwoord: "Ek's hier en daar en oral", want ek weet regtig nie waar om te begin nie. Ek wens ek kon jou vandag vertel van my baksel beskuit, die kombers wat ek klaar gehekel het, die boek wat ek pas gelees het.......dan sou jy verstaan. Dis hoekom ek my kombuiskaste self skuur en self die onderlaag aanwend sodat ek iets kan wys! En as 'n 'back-up' versamel ek maar al die vorige Piketbergers - dalk gaan dit ook deur as gebak, gehekel of gelees!

Marietha Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796

Sonja Wend skryf… Jou redaksionele kolom het my laat glimlag! Veral met al die ronde jaartalle en ouderdomme. Ek word hierdie jaar in Desember 50 en besluit toe reeds in Januarie 2013 om dit sommer 'n anderste jaar te maak. Ek reken toe dis 'n blink idee om gedurende die jaar 50 dinge te doen wat ek nog nooit tevore in my lewe gedoen het nie. Jy weet mos darem nou ook dat ek 'n redelike avonturier is en dit beteken noodwendig dat ek al deur die loop van die jare reeds baie dinge aangepak het. Om dus 50 dinge te kry wat ek nog nooit gedoen het nie, is toe ook nie so maklik nie. Kort voor lank besef ek toe ook dat dit beteken dat ek gemiddeld een ding per week moet doen om teen Desember by 50 te wees! My familie, vriende, facebookvriende en kollegas help dus deurlopend om 'n potensiële lys van doendinge aan te vul. Sonder dat ek dit besef, het dit al heelwat mense geïnspireer om ook weer die lewe met oorgawe aan te gryp en dis so lekker om baie van die dinge saam met vriende te doen. Sonja het ook die lys by haar brief aangeheg —Red. Marilyn Rivida skryf… Baie dankie aan Dr van Niekerk, Suster Whitles en Verpleegpersoneel by Radie Kotze Hospitaal vir jul puik diens gelewer. Hou so aan met julle goeie diens. Dit gaan nie ongesiens verby nie. Radie Kotze, dié hospitaal in die Swartland. Tops!!! Mnr en Mev Booys skryf… Hiermee kan ek vandag met lof praat van die nuwe oogkundiges (Bierman en Grobbelaar) in Spar sentrum. Ek en my man het die beste diens nog ooit ontvang, die vriendelikheid en diens is die beste. As jy net ‘n bietjie lank wag word daar sommer vir jou die beste koppie koffie gemaak, die kinders stap daar uit sonder ‘n gehuil, kry sommer ‘n stokkielekker om aan te kou. Ons wil ook aan die een ontvangsdame sê, “Annalise, jou vriendelikheid gaan jou bitter ver bring, jou omgee waar ookal jy ons kry, praat van die liefde wat jy vir jou medemens het. Neem asseblief kennis dat Die Piketberger in die vervolg slegs briewe wat besighede/instansies prys, plaas as hul volle naam en kontaknommers op hul briewe verskyn. – Red.

Advertensies:

Benodig Vrywilligers!

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719 Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Asook Skenkings van tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en hondehokke of … Hierdie advertensie borg ‘n sterilisasie! word geborg deur Kontakbesonderhede: Sam en Berenice Scheepers

Minette: 079 249 1535 Beryl-Ann: 071 828 7952 animalwelfarepiketberg@gmail.com

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374


3


4

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

- Ons Besighede Anderson, Nel & Kie Prokureurs Anderson, Nel & Kie Prokureurs het as firma sy ontstaan in 1925 in Hofstraat, Piketberg bekend as Fritz Lambrechts Prokureurs. In 1957 sluit Sal Anderson by die firma aan en in 1973 word Jan Nel, Anderson se vennoot. Sedert 1982 praktiseer die firma in Hoofstraat 38, Piketberg. Anderson, Nel & Kie is prokureurs, boedelberedderaars, taksateurs en eiendomsagente.

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Prokureurs Estie Windell, Jan Nel en Gerhard Kruger saam met Barbie Breunissen, sekretaresse. Foto: Marietha Goosen

Leon Wiese Uitrusters

Nuwe Oorsese Somer voorraad beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

Die Wiese familie besigheid waarby Leon Wiese in 1964 aangesluit het, bestaan reeds sedert 1925. Sy pa, Pollie Wiese het 'n mans snyers besigheid begin op die perseel waar ABSA vandag is. Hulle het later geskuif na 'n gebou net langs die Bio, waar Nulandis tans is. Die huidige winkel op die hoek van Voortrekker- en Hoofstraat is sedert 1948 in die Wieses se besit. Foto: Marietha Goosen

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir advertensies en berigte 10 September 15 Oktober 12 November

Die Piketberger verskyn 19 September 24 Oktober 21 November


5

SA Nasionale Jongwynskou 2013

Nelda van Zyl, bestuurder, Alda Burger, funksie-koordineerder en Eliz-Mari Liebenberg, skakelbeampte van Org de Rac.

Alesandro Nel en Tamarin Turk van Cederberg Winery, saam met Gilmar en Tamara Boshoff. Gilmar is die wynmaker op Org Armand Lacomme, enigste wenner de Rac. by die SA Jongwynskou uit die Foto’s: Marietha Goosen

Borge

Mnr Nico Bacon, eienaar van Org de Rac en sy seuns Grant en Craig.

Swartland. Hy het die SA Kampioen Muskadel trofee gewen.

Die hoofborge: SA Nasionale Jongwynskou en Agri Expo. Streekborge: Santam Landbou en Viking Fishing Company. Plaaslike borge: Liebco Vleishandelaars, Boland Superspar, AVBOB Piketberg, Kaap Agri Liquormark, Univeg/Piketco, Piketberg Cash and Carry, Kaap Agri Piketberg en Tweefontein Boerdery. Al die trofee wenners.


6

TRE Tension and Trauma Releasing Exercises TRE is ‘n tegniek wat bestaan uit ses eenvoudige strekoefeninge wat deur mense van alle ouderdomsgroepe bemeester kan word. Dit is ‘n liggaamsgebaseerde terapie, en dis nie nodig om private inligting te deel en weer getraumatiseer te raak nie. Die terapie bestaan uit ses sessies waarna jy ‘n lewenslange tegniek besit om self toe te pas. Die strekoefeninge aktiveer ‘n generiese vibrasie van binne die liggaam, wat van oortolllige spanning en traumatise ervaringe uit die liggaam ontslae raak. Die meganisme wat die generiese vibrasies aktiveer is afkomstig van die breinstam en is iets waarmee alle soogdiere geskape is. Die vibrasie is ‘n absolute natuurlike proses waarvan alle diere gebruik maak, maar die volwasse mens het as gevolg van ons egosentreerde samelewing dit reggekry om die natuurlike proses te onderdruk. Te danke aan Dr David Berceli kan ons weer eienaarskap neem oor die merkwaardige self-herstelling van ons liggame, asook ons ps i gi ese to est a nd. Sa nma ri Vosloo bied die sessies aan op afspraak by Dr Morrison en Smit se spreekkamers. Sy het onderneem om alle kliënte wat Septembermaand met die sessies begin, teen halfprys te sien. Kontak Sanmari gerus vir meer inligting by 082 535 0698. Sanmari Vosloo

Kekkel & Kraai Hoender Kerrie 500g gaar, opgesnyde hoender 180g gestoomde broccoli 440g geroomde hoendersop 1/2 koppie melk 2 piesangs, opgesny 2t kerriepoeier 2e suurlemoensap 1/2 koppie mayonnaise 3/4 koppie gerasperde Cheddar kaas 1/2 koppie fyn droë broodkrummels

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Ek het die afgelope nege maande met baie organisasies en individue in ons munisipale gebied vergader en almal het dieselfde behoefte: hulle wil betrokke wees! Ek glo dit is ‘n wenresep en een van die Hanlie Linde groot redes hoekom ons dorpe in Bergrivier op so ‘n goeie standaard is. Ja, natuurlik is alles nog nie perfek nie en kan ons saam nog baie meer doen, maar wanneer ek deur die land toer en terugkom huis toe, is ek baie bly dat ek bly en werk suid van die Oranjerivier en spesifiek in Piketberg. ‘n Groot belangegroep is juis besig om te werk aan die netheid en veiligheid by die Shoprite-sentrum in die middedorp. Die Munisipaliteit het die leiding geneem en saam met die SAPD, winkel-eienaars en die publiek met die eienaar van die kompleks vergader om oplossings te soek vir die probleem oor naweke van drink in die openbaar, leeglêery en onnetheid. Ons glo dat ons ‘n groot verskil kan maak en oplossings kan vind. Daar sal binnekort groot verbeterings sigbaar wees. U kan nog meer betrokke raak by u dorp! Vanaf 10 – 18 September 2013 hou Bergrivier Munisipaliteit ‘n reeks openbare vergaderings waartydens gesamentlike beplanning tussen die publiek en die Munisipaliteit sal geskied. Soortgelyke vergaderings is in die verlede in Piketberg baie swak bygewoon en ek wil regtig die publiek uitnooi en vra: Raak betrokke! Kom neem deel en help ons om vir die dorp te beplan. Piketberg behoort aan almal van ons wat hier bly. En u het ‘n sê oor hoe Piketberg oor 10 en 20 jaar kan lyk. Gebruik die kans! Daag op! Neem deel! Bring goeie insette. Ons verwelkom dit. Daar is meer inligting hieroor op ons webtuiste by www.bergmun.org.za en sal ook geadverteer word in die media.

10—18 September Woon die Munisipaliteit se vergaderings by. www.puresmile.co.za

Smeer oondbak liggies en sit al die hoenderstukkies daarin. Versprei gestoomde broccoli en piesang bo-oor die hoender. Meng sop, melk, kerrie, suurlemoensap en mayonnaise en giet bo-oor. Meng liggies. Meng gerasperde kaas en broodkrummels en versprei booor. Bak by 180°C vir + 15-20 minute of tot kaas gesmelt is. Bedien met rys, blatjang en groenslaai.

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

@ Sharon Vlok Hair Design 082 4910 434

/ / Normal Price R790 Now R750!! by appointment only


7

uit te vind hoe


8

Fritz verjaar

Fritz Lambrechts het onlangs sy 45ste verjaarsdag gevier. Fritz bedryf steeds sy prokureurspraktyk en speel trom in sy vrye tyd. Foto: Marietha Goosen

Suiderland Groep gee donasies vir ontwikkeling Die Suiderland Groep is produsent en uitvoerder wat spesialiseer in tafeldruiwe en sagte sitrus. Die Groep, waarvan Steenebrug deel is, het ‘n geselligheid gereël waartydens donasies aan vier plaaslike instansies oorhandig is. Hulle beleid is om saam met plaaslike instansies hande te vat en betrokke te wees by projekte tot voordeel van plaaslike gemeenskappe. Hulle glo aan goeie onderrig en daarom is opvoeding een van hulle prioriteite. Van hulle ander prioriteite is bejaarde sorg en die jeug en kinders in die gemeenskappe. By die geleentheid op Steenebrug naby Piketberg is tjeks oorhandig aan Huis AJ Liebenberg, Groenvlei Primêr, Steynville Sekondêr en Hoërskool Piketberg.

Riana Wium 084 2453 922 immergroenraamwinkel@gmail.com Kerkstraat 33 Piketberg

HOMEWORLD PROPERTIES / EIENDOMME TEL/FAKS: 022 931 2681 SEL NO: 083 564 3018 EMAIL: suemou@xsinet.co.za WEBSITE: www.athomeworld.co.za

TE KOOP Porterville R350 000,00 OHB

Porterville R995 000,00 OHB vir huis Huis plus erwe R1 200 000,00 OHB

2 Slaapkamers met elkeen potensieel badkamers 1 Badkamer Kombuis, Waskamer, Sitkamer Toegeboude agterstoep Garage Buitekamer wat omgesit kan word na woonstel Verw: POR144

3 Slaapkamers 2 Badkamers Kombuis + Waskamer, Sitkamer, TV Kamer Dubbel Garage PLUS WOONSTEL EKSTRA: 3 ERWE Verw: POR 137

HUISE EN WOONSTEL TE HUUR

Agter is Henry Burrows, skoolhoof Steynville Primêr, Neville van Rooy, adjunk-hoof Steynville Primêr, Jacques Wium van Steenebrug, Elsabé Liebenberg en Elna Calitz van Huis AJ Liebenberg, Hanri Venter van Steenebrug en voor Gert de Vries van Steenebrug, Joey Faro, skoolhoof Groenvlei Primêr en Marius Scholtz, skoolhoof Hoërskool Piketberg. Foto: Marietha Goosen

Hoogtepunte in September 5 September om 19:00 in NG Kerksaal Riekert Botha 17 September om 09:00 in NG Kerk Koringberg Adri-Louise van Lig Tydskrif


Piketberger sept 2013 1