17
Malcolm Booys van Winkelshoek Wynkelder het Bemarkings Bestuur gestudeer. Sy Energieke en innoverende persoonlikheid dra hy alles oor in die Bemarking en Verkope van ons nuwe sap reeks Frutmore. Vir enige navrae of inligting kontak hom gerus by: Selfoon – 083 736 7363 of Epos: mg2@winkelshoek.co.za
18
34 Voortrekker Street. Piketberg Tel. 022 913 2819
Gebruikte Voertuie by GWM Piketberg JAAR
VOERTUIE
EKSTRA’S
KM
KLEUR
VERKOOPPRYS
2011
FORD BANTAM 1.4 TDCi A/C P/U S/C
AC
45000
WHITE
R 119 995.00
2011
FORD EVEREST 3.0 TDCi XLT
FULLHOUSE
45000
WHITE
R 260 000.00
2010
FORD EVEREST 3.0 TDCi XLT
AC; PS
72000
BLUE
R 230 000.00
2011
FORD FIESTA 1.4i TREND 5Dr
AC; PS
29000
ORANGE
R 130 000.00
2008
FORD FIESTA 1.4i TREND 5Dr
FULLHOUSE
119500
SPA
R 110 000.00
2011
FORD FIGO 1.4 TCDi AMBIENTE
FULLHOUSE
116700
WHITE
R 100 000.00
2011
FORD FIGO 1.4 AMBIENTE
AC; PS; CD
38000
SILVER
R 105 000.00
2009
FORD FOCUS 1.8 Si 5Dr
FULLHOUSE
91700
COLORAD
R 158 000.00
2010
FORD IKON 1.6 AMBIENTE
AC;PS
111000
SILVER
R 109 000.00
2009
FORD IKON 1.4 AMBIENTE
AC; PS; CD
100000
BLACK
R 78 995.00
2011
FORD KUGA 2.5t WD TITANIUM A/T
FULLHOUSE
86000
SEA GREY
R 295 000.00
2009
FORD RANGER 3.0TDCi Hi-Trail XLE P/UD/C AC; PS
186000
WHITE
R 217 000.00
2009
FORD RANGER 3.0TDCi XLE 4x4 A/T
AC;PS
50000
BLUE
R 285 000.00
2009
FORD RANGER 2.2i LWB P/U S/C
PS
189500
WHITE
R 99 995.00
X
FORKLIFT HYSTER 3 TON
X
9000ure
GEEL
R 49 999.00
2009
GWM 2.8 TDi LUX P/U D/C
AC;PS
125000
SILVER
R 105 000.00
2012
HONDA CBF 150 UNICORN
2000
BLACK
R 19 500.00
2011
HONDA CIVIC 1.8 Lxi
FULLHOUSE
55900
PEARL
R 150 000.00
2009
HYUNDAI TUCSON 2.0 GLS
FULLHOUSE
95548
OYSTER
R 155 000.00
2010
JEEP CHEROKEE 3.7 LIMITED A/T
FULLHOUSE
49800
SILVER
R 255 000.00
2006
LEXUS GS 300 A/T
FULLHOUSE
95000
GREY
R 165 000.00
2009
MAZDA 3 1.6 ORIGINAL
FULLHOUSE
78000
SILVER
R 145 000.00
2009
MAZDA 5 2.0L ORIGINAL 6SP
FULLHOUSE
57400
GROEN
R 165 000.00
2008
MAZDA 6 2.3 DYNAMIC A/T
FULLHOUSE
110146
BLACK
R 118 000.00
2005
MAZDA DRIFTER 2500TD SLE P/U D/C FULLHOUSE
244300
BLUE
R 115 000.00
2010
MITSUBISHI LANCER 2.0 GLS
FULLHOUSE
69000
SILVER
R 130 000.00
2007
NISSAN NAVARA 4.0 V6 P/U D/C
FULLHOUSE
127000
SILVER
R 165 000.00
2007
RENAULT MEGANE II 1.6 AUTHENTIQUE
FULLHOUSE
62500
SILVER
R 75 000.00
2004
RENAULT MEGANE II 1.6 DYNAMIQUE FULLHOUSE
98500
SILVER
R 68 995.00
2011
TOYOTA YARIS ZEN3 ACS
AC;CD;MAGS
53000
RED
R 115 000.00
2011
TOYOTA YARIS ZEN3 ACS 5Dr
AC; PS
64000
CHARCOAL
R 115 000.00
2003
VOLKSWAGEN CITI.COM 1.4i
180480
WHITE
R 45 000.00
19
20
Tuinbou Nuus
Tydens die Septembervergadering het Micky Visser, Marinda Mostert en Katinka Morrison aan die lede gewys wat hulle by die Helderberg werkswinkels, tydens die Helderbergskou, geleer het. Hier staan hulle by van die ontwerpe wat gedemonstreer is. Foto verskaf Tuinbou se volgende vergadering is op 9 Oktober en gaan 'n uitstappie wees.
Huis AJ Liebenberg hou Lentetee
By die Lentetee by Huis AJ Liebenberg was agter van links Annatjie Smit (lid van Redelinghuys VD), Winnie Grobbelaar (inwoner en VLV erelid), Betta van Niekerk (inwoner) en voor, Dollie du Plessis (inwoner) en Christine Langeveldt (inwoner en VLV erelid).
Piketberg Museum het nou sy eie webtuiste! www.piketbergmuseum.co.za gaan kyk gerus.
MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison
In die kombuis by Nicoline Brown, VLV voorsitter, voor in die middel, verskyn van links Doreen du Plessis, Nanette Bothma, Frannie Botha, Alida Walters, Alta Vos en Corne Brynard.
Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320
022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00
Van die lede van Redelinghuys VD by Huis AJ Liebenberg agter van links Christelle Smit, Sienie Coetzee en Nanette Bothma. Middel, Adele Coetzee, Annatjie Smit en Gerda van Schoor, voorsitter. Voor is Jacqui van der Merwe en Corne Brynard. Foto’s: Riana Richter
21
Larissa PAW Vrywillige Werker Larissa Beukman, Graad 7le e rli ng by Ho ërs koo l Piketberg, versorg vyf katte op ‘n oop besigheidsperseel in Piketberg. Piketberg Animal Welfare voorsien die kos met die doel om die katte weg te hou van besighede en huise waar hulle ‘n oorlas kan word deur sakke oop te skeur op soek na kos. Sodra Larissa hulle vertroue wen, wil ons die katte een vir een laat steriliseer en terugplaas of laat aanneem. Katte soos hierdie is gewoonlik deur hulle eienaars agtergelaat of weggegooi. PAW sal skenkings van katkos en bydrae vir sterilisasiekoste waardeer. Kontak gerus vir Beryl-Ann by 071 828 7952 .
PAW kies nuwe bestuur Piketberg Aniwal Welfare het onlangs hulle nuwe bestuur gekies. Minette Cronje, voorsitter; Helena Priem, ondervoorsitter; Beryl-Ann du Plessis, Sekretaresse/Tesourier; Nicola Kellerman, fotograaf/jeuguitreik; Angelique Nel, jeuguitreik en opvoeding; Alta Vos, gemeenskapsuitreik en opvoeding.
PAW Geskenkpak Wenners
Dirk du Toit was die gelukkige wenner van ‘n geskenkpak wat geborg is deur Boland Superspar. By Dirk is sy vrou, Marie en hul Yorkie, Miah. Nog ‘n gelukkige wenner was Madelie Burger. Foto en berig: Beryl-Ann du Plessis
Hulp vir Sussietjie Sussietjie was as babakatjie verlam gelaat nadat sy met 'n stok geslaan is. Sy word sedertdien deur Minette Cronje versorg, maar is te afhanklik om ooit aangeneem te word. Bydraes vir haar mediese sorg is altyd welkom. Belangstellendes kan Minette kontak by 079 249 1535.
PAW AMBASSADOR PIEKEL: “BLANKETS, FOOD, KENNELS, LEADS, COLLARS, TOYS ALWAYS WELCOME” CONTACT 071 828 7952 HELP US MAKE A DIFFERENCE!!
22
23
24
Kom vier Kersfees met die Bergrivierkoor Kersfees is sinoniem met oorvloedige genade, besinlike musiek, uitbundinge familiebyeenkomste, lewenslustige kinderogies wat ongeduldig op die koms van Sinterklaas wag, asook ‘n tydperk wanneer elkeen hom- of haarself ‘n tikkie weelderigheid gun en hul huise met betowerende kersversierings verfraai. Net soos menige huisvrou al sedert die vorige Kersfees die volgende Kersmaal beplan en die tafels behoorlik laat kreun onder die welbekende en sentimentele kulninariese spyse, so het die Bergrivierkoor die vergange maande met onskatbare oorgawe vir November se konserte geoefen om ons dorp en streek met ‘n keurspel van wonderlike Kersmusiek te trakteer. Kersmusiek geniet enorme populariteit; nie net is die musiek sielverkwikkend en alombekend nie, maar dit plaas ons ook in die stemming vir dìt waaroor die Kersboodskap eintlik gaan, naamlik die koms van Jesus Christus in die vlees en dat ons as mens met deemoed moet kyk na die dure prys wat die Vader betaal het vir ons as sterflinge. Deel van die Bergrivierkoor se missie is die opvoedkundige aspek van musiek en om ons gehore aan so veel as moontlik komponiste en musiekstyle blootstelling te gee. Musiek is die taal van die siel en wanneer ons dit nie blootstel aan musiek nie, bly ons siele sprakeloos en behoeftig. Een van die onoorsienbare tydperke in die musiekgeskiedenis is die Barok era. Jou Barokmusiek omvat hoofsaaklik drie tydgleuwe naamlik; die vroegbarok (ca. 1590-1625), middel-barok (ca. 1625- 1660) en jou laat-barok (ca. 1660-1725). Die Barokstyl se hoofeienskap is die ontstaan van tonaliteit of klanknuansering, en diè musiek word veral gekenmerk deur die koloristiese en “skilderkunstige” effekte. Tekenend aan die tydperk is dat komponiste en musikante al hoe meer gebruik gemaak het van meer ingewikkelde musikale versiering. Verder het veranderinge in musieknotasie en die ontwikkeling van nuwe instrumentele speel-tegnieke tot gevolg gehad dat die Barokstyl die grootte, omvang en kompleksiteit van instrumentele uitvoerings drasties verander het. Die mees belangrikste nalatenskap van hierdie era is dat dit dit wat ons vandag ken as ‘opera’, ‘kantate’, ‘oratorium’, ‘concerto’ en ‘sonate’ as volwaardige musikale genres gevestig het. Ekserpe uit ons repertoire is toegespits op vier Barokkomponiste te wete; Jeremiah Clarke (1670-1707), Antonio Vivaldi (1678-1731), Georg Friedrich Händel (1685-1759), en Johann Sebastian Bach (1685-1750). Van bogenoemde komponiste is Johann Sebastian Bach se musikale erfenis van onskatbare waarde tot die reformisme en geniet hy naas die ander drie vandag nog wêreldwye faam. Bach is in Eisenach, Duitsland gebore tot ‘n welbekende musikale familie. Terloops, Eisenach is dieselfde stad waar die vader van die reformasie, Martin Luther, die Bybel in Duits vertaal het om dit meer toeganklik vir almal te maak. Nie net was Bach se pa, broers en ooms bekende komponiste of instrumentaliste nie, maar Bach se kinders (hy het 20 kinders gehad) en breër familie was meerendeels befaamde en deurwinterde musici. Dank sy pa se apodiktiese rigsnoer, het Bach onder sy leiding die viool en klavesimbel leer speel. Later het sy broer hom klavichord lesse gegee en as toonaangewende invloed gedien tot Bach se kennis van eertydse kontemporêre musiek. Benewens sy sangtalent as koorknaap is Bach vroeg blootgestel aan die orrel wat hy later meesterlik sou bespeel. Hy was ‘n uitstekende orrelis wie gedurende sy leeftyd
uitstekende orrelis wat gedurende sy leeftyd deur die ganse Europa hooggeag was. Bach het in verskeie stede as orrelis en musikant gedien, maar sy grootste bydraes tot die musiek het ontstaan in Weimar waar hy Vivaldi leer ken het, en uit dié vriendskap het Bach begin om die Italiaanse en Duitse musiekstyle saam te smelt. Dit was egter in Leipzig waar Bach as kantoraat aan die Thomasskool (die wêreldbekende Thomaner seunskoor) verbonde was, waar hy sy grootste nalatenskap van kerkmusiek aan ons gelaat het. Bach het ook hier sy laaste rusplek gevind. Die Bergrivierkoor sing onder andere 7 uittreksels uit Bach se Weihnachtsoratorium (Kersfeesoratorium) wat hy in 1734 vir dié Kersseisoen gekomponeer het. Hierdie musiek verteenwoordig 'n uiters gesofistikeerde uitdrukking van die parodie tegniek, met ander woorde die gebruik van bestaande musiek wat na 'n nuwe doel aangepas is. So byvoorbeeld neem Bach die meerderheid van die koor gedeeltes en arias uit werke wat hy 'n geruime tyd vroeër gekomponeer het, harmoniseer dit, en kompliseer so die welbekende en eenvoudige toonsettings. Hierdie tegniek waar dikwels net die soprane die leitmotiv in hul stempartituur het vereis dus absolute matematiese konsentrasie van die sangers. Terselfdertyd plaas Bach ook die stemme in harmoniese konkurrensie met mekaar. Om hierdie tegniek te begryp, kom luister gerus na die Bergrivierkoor se vertolking van die bekende kerskoraal O Jesulein süβ (Afrikaanse teks ‘O Jesuskind rein’ deur wyle Prof Gawie Cillièrs) wat Bach in 1736 in Leipzig gekomponeer het. Indien U as lesers van Die Piketberger vroegtydig die Kersfeestemming wil ervaar, kom ondersteun gerus die Bergrivierkoor se konserte op Sondag 17 November om 16h00 in die VG Kerk te Porterville en op Sondag 24 November om 19h00 tydens die Kerssangdiens in die NG Kerk Piketberg. As gassangeres is die Bergrivierkoor bevoorreg om op Sondag 24 November die verhoog met Charlene Truter-Lackay (voormalige Pasella feuilletonis) te deel. In volgende maand se uitgawe verraai ons nog musikale geheime uit ons Kersfees-repertoire.
Bach se standbeeld voor die Thomaskerk in Leipzig. Berig en foto: Sherlock Fortuin