__MAIN_TEXT__

Page 1

9

uit te vind hoe


10

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur dr. Margaret Mollett Danie Schreuder se debuut is kontreikuns op sy beste; vertellings, sketse en verhale wat spreek van ’n wysheid gevoed deur ’n baie intieme kennis van en liefde vir ’n spesifieke stuk aarde. Die mond wat hier vertel, is een wat oorloop omdat die hart vol is, en die hart is vol van die Swartlandse dorp, Koringberg, en sy omtes,” aldus die uitgewers van ’n Beter Hemel (Tafelberg). Só skryf Danie: “Hoewel ek op Koringberg gekerk en geskool is, was ek altyd skaam om te sê waar ek vandaan kom. Koringbergers bry en wanneer ’n mens die naam sê dan moet jy twee keer bry – mense het my altyd gespot daaroor.” “Baie jare lank was mense verbaas om te hoor ek het matriek op Koringberg gemaak. ‘Is daar dan ’n skool?’ wou hulle altyd weet. Ek was dus eintlik nooit trots op my wortels op dié ou agter-af plekkie nie.” Een van sy vele herinneringe: “Kerkbasaars was feestelike geleenthede op ons dorpie en veral geleenthede waar stories kon ontkiem. En waar mense hulle ware kleure gewys het.” Onskuldig was hy ook nie. Een jaar toe hy agt was, het hy ’n halfkroon by sy pa gekry om op dié dag te spandeer. Na hy ’n klein blommeruikertjie, twee koeksisters en twee kolwyntjies gekoop het, het hy na Ant Babie se kafee gesluip met die sikspens wat oor was en ses kougomme gekoop ― “sulke groot, vierkantige pienkes.” “By die huis aangekom neuk my ma my omdat ek die Here se geld in the kafee loop uitgee het. Ek het bitter verontreg gevoel en ek voel nou dat my ma op ’n tegniese punt verkeerd was.” So gaan die vertellings, liries, sinies, bepeinsend, skreeusnaaks, selfs platvoers oor sy kinder- en jeugjare op die plaas Middeldrift voort. Op twee waterskilderye wat van foto’s gemaak is nadat die plaas verkoop is, lê Wittewater ver op die agtergrond. “Net so is my onthou van Wittewater en sy mense ook maar altyd daar ver op die agtergrond, witvlekkies op ‘n skildery. Maar wanneer my gedagtes dwaal na die mense wat my storie help weef het, dan is Wittewater se mense ook altyd daar. Elke keer wanneer ek na die skilderye kyk, is dit asof iets my fokus na die agtergrond, na die berg van Wittewater trek. Op ’n dag, baie jare daarna, besoek hy dié plek en kyk af op Middeldrift, na oorkant die rivier...”

VLV Vergadering — 17 Oktober 2013 Demonstrasie deur “Fish 4 Africa” (Boland Superspar) Navrae Nicoline Brown 082 477 0665

Zipline op 79

Die 79-jarige Marietjie Gagiano saam met Tina en Anton Wolvaardt. Tina Wolvaardt, Marietjie se dogter, skryf... Marietjie Gagiano, ‘n woonstelbewoner van Huis AJ Liebenberg, is op 79-jarige ouderdom steeds baie avontuurlustig, ons sukkel erg om haar uit die berge en van die klippe en die damwalle af te hou! Sy het op ‘n plaas groot geword. So, ek en my man, Anton, het besluit om vir haar ‘n baie spesiale Moedersdag geskenk te gee. Ons het gaan Zipslide by Ceres. ‘n Mens bespreek en betaal by die stasie net waar jy Ceres inkom en dan trek hulle vir jou jou harnas aan, laai jou in die bussie saam met twee toergidse, vat jou dwarsdeur Ceres tot naby die eerste stasie. Van daar af is daar ‘n effense klim en ja, dan begin die pret! Jy kan alleen Zip of jy kan saam met een van die toergidse gaan. Ma het verkies om saam met die gids te zip, en hoewel sy aan die gids vasgegespe was, was sy steeds in beheer van die kontrole. Daar is agt slides en die uitsig is asemrowend, panoramies! Jy slide, maar basies van een stasie na die ander totdat jy weer terug is by die bussie, dan neem hulle jou weer terug na die onderste stasie. Die tydsduur van die avontuur hang maar af van hoeveel mense op een een slag gaan. Na die tyd het ons by Die Tolhuis gaan eet. Ma het ‘n baie wye kennis van die natuur en is juis nou weer op ‘n Namakwa toer.

Salon Stella Naels Bio Sculpture Gel Naels asook Bio Sculpture produkte. Skakel 073 867 5556

Sonbed Spesiale Aanbod tot 30 September 2013 R150 vir 10 sessies of R20 per sessie. Skakel 022 913 1638 vir afspraak

Marietjie Gagiano saam met ‘n gids op die Zipline in Ceres. Foto verskaf


11

Voëlvlei hys weer na 20 jaar 'n Hystoestel oftewel "hoist", wat in 1993 deur Voëlvlei wyk geskenk is aan Thinus Duvenhage, is pas opgeknap en vir 'n tweede keer geskenk - dié keer aan Huis AJ Liebenberg. Vir tien jaar het Thinus baie goeie diens uit die toestel gekry en het dit die lewe vir hom, sy vrou Kowie en dogter, Marnell, makliker gemaak. Sedert die Duvenhages se verhuising na Riversdal, is die "hoist" slegs gebruik tydens besoeke aan Piketberg. Die Duven-hages het besef dit kan nog van waarde wees vir iemand anders, en het daarom dit aan Voëlvlei wyk teruggegee. Die wyk het die toestel laat opknap by Van Niekerk Ingenieurswese en 'n "blink-nuwe" hystoestel is pas in gebruik geneem by Huis AJ Liebenberg. Die gewillige pasiënt wat vir die demonstrasie ingespan is, is Lena Nelson en Verpleegster Emily Adams sit handjie by.

Van die personeellede van Huis AJ Liebenberg by die pasiënt in die hystoestel, is Suster Anna Marie van Wyk, Verpl Leonora Swarts, Verpl Emily Adams, Verpl Sarina Baadjies, Stafverpl Rachel Adams en Verpl Rachel Philander. Foto: Marietha Goosen Thinus Duvenhage skryf…

Foto: Marietha Goosen

Week van Bejaardes 1 tot 4 Oktober Huis AJ Liebenberg

Graag wil ek net namens myself Thinus, Kowie en Marnell baie dankie sê vir die Voëlvlei wyk dat hulle die ‘hoist’ aan my beskikbaar gestel het. Dit was oor tyd ‘n handige apparaat om te gebruik, want daarmee kon ek maklik oorskuif vanaf my rolstoel tot op my bed en weer terug of vanaf my stoel tot in die motor. Ek hoop dat Huis AJ Liebenberg ook soveel voordeel sal trek met die gebruik hiervan. Ek bedank ook graag die persone wat moeite gedoen het om die ‘hoist’ weer reg te maak.


12

deur Jannie Lategan

Uitmergelende en moordende perde uithourit te Walvisbaai Ek stel Dirk self aan die woord, wat nou reeds vir die tweede keer hierdie rit meegemaak het en reeds sy Springbokkleure verwerf het. 180 ruiters het die 120km uitmergelende rit deur die Woestyn begin. Die rit het bestaan uit vier dele (bene soos dit maar in die uithourit kringe bekend staan).  1ste Been – 40km  2de Been – 30km – oor duin 7  3de Been – 30km – langs die see  4de Been – 20km – deur die duine in die woestyn My perd, Tribes, was sterk deur die hele rit. Hy is 12 jaar oud en is ‘n Arabier/Saalperd kruising. Hy het al 2 000km in kompetisies voltooi. Ek hoop om weer in die Springbokspan met Tribes te ry in 2014. Hy was baie goed voorbereid vir die rit. Ons het geweldig baie probleme ervaar hierdie jaar om by die rit uit te kom en dis hoekom ek regtig trots voel op die prestasie. Soms werk dinge uit soos dit moet. Kom ek deel sommer ‘n paar intriges hierdie jaar met Tribes. 1. Met die Drie Nasie kompetisie was ek en Tribes in die WP-span om daar te gaan deelneem. Op pad na Fauresmith het hy in die “horsebox” geval en ek moes omdraai met hom. Ek kon dus nie gaan deelneem aan die kompetisie nie. 2. Op pad na Walvisbaai het ons op die grenspos probleme met dokumentasie gehad, maar na baie telefoon oproepe kon ons dit uitsorteer. 3. Ons het by Mariental oorgeslaap en die nag daar het Tribes in sy perde kombers verstrengel geraak en was so mank op sy agterbene dat ek nie gedink het ons sal kan wegspring in die kompetisie nie. 4. Aangekom by Walvisbaai, was sy hematokrit lesing 44 wat ‘n teken was van erge dehidrasie. Almal se raad was dat ek hom moet “drip”, maar ek het daarteen besluit. In drie dae het hy 100% herstel en sy hematokrit lesing was terug na normaal (33). 5. In Walvisbaai het hulle ingebreek in ons voertuig en alle perdepaspoorte is gesteel. Dit kon weereens beteken dat Tribes nie kon wegspring nie, want jy moet ten alle tye bewys kan lewer van al hulle entings en dat die perd waarmee jy ry wel die perd in die paspoort is. Uiteindelik kon ek egter wegspring. Bostaande is maar net ‘n paar van die probleme wat ons ervaar het. Ek wil werklik almal bedank wat die rit vir my moontlik gemaak het. 1. Ons Hemelse Vader vir die krag en talent wat hy aan my gegee het om die sport te beoefen asook ‘n onbaatsugte liefde vir perde. 2. My vrou – om my die Vryheid te gee om die sport te beoefen en die kostes aan te gaan. (Glo my dis nie ‘n goedkoop sport nie en borgskappe is bykans onmoontlik). 3. My ouers wat my liefde vir perde van kleins af gekoester het. 4. Victor Kroon en Candice de Villiers vir al die ondersteuning en hulp.

Dirk Lategan en Tribes waar hulle die Walvisbaai uithourit voltooi in die 6de plek in die swaargewig afdeling. Foto: verskaf 5. Basjan Bruwer vir die gebruik van sy dubbel kajuit bakkie. Op die foto maak ek klaar op die 120km rit. Soos julle kan sien, is Tribes nog op en wakker. Ek sou beslis die volgende dag nog ‘n rit met hom kon ry. Dis die geheim van die sport……jou perd kom altyd eerste. Die “motto” is: “To finish is to win”… dus om 6de te kon kom was vir my net so goed soos ‘n wen. Waarop ek net so trots is, is dat ek Tribes self beslaan (hoefysters aansit), voer met ‘n rantsoen wat ons self meng en oefen op ‘n program wat ons self uitwerk. Die Engelse het ‘n mooi woord daarvoor en dit vat dit vir my saam, “complete horsemenship”, dis waaroor die sport vir my gaan en dis wat my weer en weer terug vat om die tipe uitmergelende kompetisies te doen. Dit is die “ultimate challenge” vir perd en mens!

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. ‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276 Opgelei te Worcester.


13

Die Piketberger 20 jaar gelede Nuusbrokkies uit Oktober 1993 se uitgawe van Die Piketberger

GLOBALG.A.P

Raadslid AA (Wolf) Liebenberg is vir die vierde termyn verkies as Onder-Burgemeester van Piketberg Munisipaliteit.

BENODIG U HULP MET GLOBALG.A.P

Jan Links, leerling by Steynville Sekondêr, is as Bolandskrumskakel gekies en het deelgeneem aan die SASSAtoernooi in Durban.

(Opstel van lêers met nuutste regulasies)

Carel van Niekerk (jnr) van PHS is opgeneem in die WP Platteland Skaakspan.

KONTAK MARIZCA SWART

Briewe van ons lesers - slegs uittreksels: Johan en Marlien Smit skryf... Baie geluk met die eerste uitgawe van Die Piketberger. Ons glo dat die gemeenskap nog baie voordeel daaruit sal trek. Lank lewe Die Piketberger.

BY 082 928 2462

Luit MH le Roux skryf… 'n Dorp met sy eie koerant het rede om spoggerig te wees.

OF

André Kennedy skryf… Hiermee wil ons die Hoërskool gelukwens met Die Piketberger. Dit is 'n goeie idee en dit kan net van krag tot krag gaan.

marizcaswart@gmail.com

Sweets Mania Funny Faces x72

R20-25

Yo-Yo bubblegum x 144

R10-80

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

Toffies x 50

R6-50Yogueta stokkielekkers x 48

R42-80

Volroom Melk 1 liter Terwyl voorraad hou

R9-20 Krag en selfoon lugtyd ook beskikbaar

Bar-One Mini x24

R37-90

Party Packs

Fruit Plus 100’s

R6-50

R16-00


14

Betrekking Gesoek

Wat sê die reg?

HUISHULP BESKIKBAAR 1 dag p/w (onderhandelbaar), koskook ingesluit. Goeie verwysings. Skakel 082 950 9093

Waar kry ek ‘n prokureur wat volgens sekere geloofsbeginsels praktiseer?

Betroubare blanke man beskikbaar. Kode 14, goeie ondervinding van wye verskeidenheid boerdery praktyke en besigheid. Benodig u dalk oeshulp met die komende seisoen? Ek kan ook help. Woonagtig in Piketberg. CV beskikbaar op aanvraag. Kontak 076 903 0300 / 082 266 0978

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asseblief 082 780 8698

Huis te huur Netjiese 4-slaapkamer plaashuis te huur te Eendekuil. Skakel 072 347 2069.

Verblyf Beskikbaar Naby CTI, bokant Tygervallei. Kontak 083 234 9598

Te Koop Motorfiets te koop. Piketberg omgewing. R5 000,00 Kontak 082 921 1977 Geelhout en Embuia eetkamertafel met 8 riempiestoele en kas. Akkerhout slaapkamerstel wat bestaan uit dubbelbed, spieëltafel en hangkas. 3 x TV-stelle. Kontak 083 407 0854

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for House-sitting / Pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326 or heikeoelbuttel@gmail.com

Die volgende Piketberger verskyn op 24 Oktober Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 15 Oktober

Daar is kliënte wat vra, “ek soek asseblief ‘n Christen prokureur, of ‘n Moslem prokureur…” Prokureurs Christelle de Villiers behoort nie in hul professionele hoedanigheid hul uit te spreek oor geloofsoortuigings of waardes en beginsels nie. Maar, dit staan natuurlik elke prokureur vry om ‘n instruksie te aanvaar en indien dit indruis teen sy eie geloofsoortuigings, kan hy dit weier sonder om redes te verskaf. Die goeie nuus is dat daar vele prokureursorganisasies is wat sekere gelowe onderskryf en hul praktyke daarop baseer. Daar is byvoorbeeld die “Christain Lawyers Association”, die “Muslim Lawyers Association”, die “Black Lawyers Association”, ensovoorts. Prokureurs wat aan so ’n organisasie behoort beoefen dan hulle praktyke volgens daardie geloofsoortuigings wat onderskryf word. Dit alles word natuurlik ook gebalanseer teenoor die Grondwet. Hoe kan ‘n prokureur ‘n verkragter verteenwoordig...het julle dan nie ‘n gewete nie? Hierdie vraag kom so algemeen voor, en prokureurs word baie maklik geoordeel aan die instruksies wat hulle aanvaar (spesifiek in die strafreg). Die kort en die lank daarvan is dat ‘n prokureur nie in ‘n posisie is om die oordeel te maak nie (tensy hy self op die misdaad toneel betrokke was, wat uiteraard nie die geval is nie). Wie is jy om te sê of die kliënt wel die misdaad gepleeg het? Prokureurs moet gaan op hul kliënt se weergawe, en vir alle doeleindes bestaan daar ‘n vertrouensverhouding tussen die prokureur en sy kliënt. Prokureur moet sy kliënt se weergawe kan glo, hoe anders gaan hy met oortuiging sy kliënt verteenwoordig? Wat as al die “odds” teen jou kliënt se weergawe wys? Wel, dan sal die prokureur gewoonlik sy kliënt adviseer om ooreenkomstig te pleit. Dit bly die kliënt se keuse, en as die kliënt stry teen die “odds” is dit niks makliker nie, en laat dit die prokureur maar weer net met die kliënt se weergawe. Indien die kliënt erken dat hy die misdaad gepleeg het verander die situasie heeltemal. Die prokureur, as amptenaar van die Hof, behoort dan sy kliënt te adviseer om skuldig te pleit, of andersins eerder van die saak te onttrek. Dit is en bly maar ‘n baie moeilike, en soms onmoontlike situasie in die beroep.

Gesoek OU KLERE GESOEK Ons soek asseblief OU KLERE of KLERE wat u NIE meer DRA nie. Dit word uitgegee aan behoeftige persone. Kom laai asseblief af by Shofar Kerk, Kerkstraat, Piketberg (skuins oorkant die Polisiestasie). "O God, I have tasted thy goodness" AW Tozer.

Stuur u advertensies na diepiketberger@gmail.com

Navrae Christa Liebenberg by 084 629 3330.


15

Jacques Ehlers Prokureurs Jacques en Marié Ehlers het in Desember 2011 na Piketberg verhuis nadat hy ‘n betrekking as Prokureur by Brits en Pretorius Prokureurs aanvaar het. Jacques het na ‘n loopbaan van 11 jaar in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag met sy studies in die regte begin en in 2004 sy LLB-graad aan die Noord-Wes Universiteit (Potchefstroom Kampus) verwerf. Sedertdien het hy ook gekwalifiseer as ‘n Aktebesorger (oordrag van Jacques Ehlers eiendom) en Notaris (opstel Foto verskaf van kontrakte). Jacques het as Algemene Praktisyn by Brits en Pretorius gepraktiseer tot en met die hartseer afsterwe van wyle Piet Pretorius, wat die alleen-eienaar van Brits en Pretorius was. Die ongelukkige oorlye van wyle Piet Pretorius het genoodsaak dat Jacques ‘n nuwe firma moes stig en gevolglik is Jacques Ehlers Prokureurs op 1 Augustus 2013 by die Kaapse Wetsgenootskap geregistreer waarna die firma op 5 Augustus 2013 geopen het. Die kantoor is geleë te Langstraat 50B, Piketberg, op die boonste verdieping tussen Standard Bank en Check In. Enige kliënte en voornemende kliënte wat probleme ondervind met die klim van trappe word vriendelik versoek om vir Irene Kitshoff, wat vir Jacques in die oggende bystaan, by hulle kantore te skakel ten einde ‘n afspraak te maak vir ‘n konsultasie in die gemak van u eie woning, alternatiewelik enige ander geleë plek van u eie keuse. Die dienste wat gelewer word sluit onder andere die volgende in, naamlik: Siviele Reg (Hooggeregshof litigasie en Landdroshof litigasie); Strafreg; Kommersiële Reg; Notariële Praktyk; Oordragte van Residensiële en Kommersiële eiendom; Boedels; Familiereg; Invorderings; Egskeidings; Huweliksvoorwaardekontrakte; Huurkontrakte en Testamente. Wyle Piet Pretorius sal altyd bly voortleef in die nuwe firma en sal hulle voortdurend daarna streef om voort te bou op die uitstekende diens wat deur Brits en Pretorius aan Piketberg se gemeenskap gelewer is. Hulle streef nie net daarna om ‘n uitstekende diens aan hulle kliënte te lewer nie, maar is ook trots in die nakoming van die streng etiese kodes van hulle beroep.

Jacques Ehlers Prokureurs  Aktebesorging  Notariële Praktyk  Kommersiële Reg  Familiereg  Siviele Reg  Strafreg

Langstraat 50 Piketberg 7320 t. 022 913 1144 f. 022 913 1145 s. 083 548 1731

E-pos: prokureurs@gmail.com

Bied ‘n los goedere en motor veiling aan Plek:

Datum: Tyd:

Voortrekker Garage Voortrekkerstraat 7 Piketberg 28 September 2013 11h00 vm

Almal het iets wat in ‘n boks staan waarvan hul ontslae wil raak. Geen beter plek as ‘n veiling nie. Enige items is welkom. Van ornamente tot motors. Niks is te groot of te klein om opgeveil te word nie. Items kan ingedien word vanaf 16 September 2013 tot op die dag van die veiling. Laat inskrywings welkom.

Vir meer inligting skakel - Gerhardt - Anandi

078 850 4961 072 730 2931

Aan die verkoper: Verkopers moet by inhandiging van goedere hul ID dokument en bewys van verblyf hê. Uitbetalings sal teen Maandag 30 September 2013 afgehandel wees. Aan die koper: Alle belangstellende kopers word versoek om die oggend voor die veiling te registreer. ‘n Terugbetaalbare deposito van R100 sal by registrasie gevra word. Kopers moet by registrasie hul ID dokument en bewys van verblyf hê. Geen items sal perseel verlaat tot dit ten volle betaal is nie.


16

Duitse Familie kuier by Coetzees

HUIS AJ LIEBENBERG (50 JAAR LATER …)

WAAR: TILLALAAN WANNEER: 26 OKTOBER 2013 TYD: 9:00vm tot laat Bring u familie en kom geniet die dag saam met ons! Behalwe verskeie vleisprodukte sal daar ook die volgende wees: pannekoeke, poedings, roosterkoeke, tuisgebakte brood, kleinkoekies en beskuit, afvalpotjie, vars vrugte, groente, blomme …. en nog vele meer!! KOM KRY WAARDE VIR JOU GELD EN ONDERSTEUN TERSELFDERTYD ‘N GOEIE SAAK!!

Charlotte Persitzkie was 'n Duitse uitruilstudent wat by Venelee Coetzee aan huis was 'n paar jaar gelede. Na 'n paar keer wat die Duitse familie vir Venelee by hulle in Duitsland laat kom kuier het, het hulle as gesin besluit om Suid-Afrika te kom besoek. Hulle was vir 'n week by die Coetzees en het die voorreg gehad om Piketberg se Matriekafskeid eerstehands te beleef, waarna hulle na die res van Suid-Afrika gaan toer het. Foto: Chantel Clarys

Pizza World

René op RSG Luister op 20 November op RSG na ‘n onderhoud met René Rust van Piketberg.

Profile for Piketberg Tourism

Piketberger Okt 2013 (2)  

Local Newspaper

Piketberger Okt 2013 (2)  

Local Newspaper

Advertisement