Page 1

1

Jaargang 20 Nr. 10 www.piketberg.com

November 2013

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Goud vir Gimnaste by SA’s

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lente Bruide...p4 Piket Veteraantrekkerklub Nuus...p10 Bergrivierkoor...p18 Die Piketberger verjaar... pp20 en 21 PHS Prysuitdelings... pp24 en 26 PHS VRL 2014...p27 Unisa klavier uitslae...p28 Eisteddfod wenners...p29 ATKV Plofstof...p30 Die Piketberger 20 jaar gelede...p30 ACVV Nuus...p35 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

Tydens die SA Kampioenskappe vir Ritmiese Gimnastiek in Durban het hierdie groep as algehele wenners weggestap. Hierdie vier, wat elkeen ‘n goue medalje ontvang het, is Pamela Booys, Jade Wilson, Mia Oberholzer en Elné Burger. Die inlasfoto is geneem na die ontvangs van hulle goue medaljes. Hierdie gimnaste behoort aan die Reach Ritmiese Gimnastiekklub. Foto’s verskaf

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

℡ 022 913 1939 022 913 2404

Handelsure tydens die Kersseisoen: Maandag 16 Desember: 07:30 - 20:00 Vrydag 20 Desember: 07:30 - 22:00 Saterdag 21 Desember: 07:30 - 19:00 Sondag 22 Desember: 07:30 - 17:00 Dinsdag 24 Desember: 07:30 - 21:00 Woensdag 25 Desember: Toe/Closed Woensdag 01 Januarie: 07:30 - 14:00 Hou die winkel dop vir inligting oor die opwindende laat aand kersinkopie program van 20 Desember! Kom loer gerus in en bring die jongspan!


2

Redaksioneel

Briewe van ons lesers...

Die Afrikaner, Die Barrydaler en Die Piketberger Wat het Die Afrikaner, Die Barrydaler en Die Piketberger in gemeen? Al drie was en/of is dorpskoerante met 'n positiewe strekking. Natuurlik is daar waarskynlik meer voorbeelde, maar hierdie drie se bestaan hou direk verband met mekaar. Aan die meeste van ons lesers is dit nou reeds bekend dat Pierre Steenkamp, wat in 1993 skoolhoof geword het, 'n dorpskoerant op Barrydale, sy vorige dorp begin het. Hy het met dieselfde konsep hier gewerk en die personeel van PHS, half teen hulle sin, opdrag gegee om adverteerders te werf vir 'n soortgelyke koerant op Piketberg. My waardering en respek vir dié span neem steeds toe, aangesien hulle vasgebyt het en ten spyte van 'n vol program, buitemuurs, voorbereiding en nasienwerk, knap werk gedoen het. En natuurlik die eerste adverteerders, wat sonder enige waarborg, 'n geloofstree gegee het en hand in die sak gesteek het om as adverteerder of borg op te tree - sonder julle ondersteuning sou dit nie kon gebeur nie. Op die 20ste verjaarsdagfunksie het ons op 'n beskeie manier erkenning gegee aan vyf persone wat sedert die eerste uitgawe ononderbroke, tot en met die nuutste uitgawe, borg of adverteer: Drs Smit en Morrison, Dr Scheepers, Wolf Liebenberg van Liebco Vleishandelaars en André Kennedy van Midas. (Ek kon nie help om te wonder waar was Spar dan? Tot ek teruglees en agterkom dit was net mooi die tyd toe hulle getrek het van die perseel op die hoek van Voortrekker- en Hoofstraat, waar Piketberg Cash and Carry nou is, tot op die huidige perseel.) Sedertdien is Spar, wat nou Boland Superspar is, ook 'n gereelde en lojale adverteerder. Waar pas Die Afrikaner dan in? Dr Morrison vertel my dat hy op die skoolkomitee was tydens Pierre se aanstelling, en in die lig van Die Barrydaler, vir Pierre gevra het om 'n dorpskoerant te begin. Hy vertel dat hy op Cradock grootgeword het en daar Die Afrikaner geken het en eerstehands beleef het hoe baie dit vir 'n gemeenskap beteken. En net daar raak ek opgewonde oor die baie dorpskoerante wat nog kan ontstaan danksy mense se positiewe belewing van Die Piketberger. Na wat verneem word, het Die Barrydaler nog bestaan vir drie maande na Pierre se vertrek...... met Die Piketberger se verjaarsdag was dit net mooi drie maande nadat Pierre finaal verhuis het.....maar ag wat, ons gaan maar eers aan! November 1993 se uitgawe was 20 bladsye waarvan 8 bladsye advertensies was. In die 12 nuusbladsye was daar slegs 5 foto's. Die uitgawe waarmee jy nou in jou hand sit, is 'n lywige 44 bladsye - die dikste een ooit. Ons bedank elkeen wat nuus maak, nuus stuur, foto's neem en adverteer. En o ja, dis 'n goeie tyd om die groot nuus bekend te maak - vanaf Februarie 2014 sal Die Piketberger verkoop word @ R5. Mag die Here se genade en seën altyd op die koerant en sy Redaksie wees, want daarsonder stel ek nie belang om aan te gaan nie. Marietha

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796 Advertensies: diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Alida (Liebenberg) Meyer van Jeffreysbaai skryf... Wat 'n heerlike voorreg om 'n paar ou uitgawes van Die Piketberger onder oë te kon kry. Dit doen 'n boorling van die Rooi Karoo so goed om te lees wat alles by die "huis" gebeur. Dit laat my trots en dankbaar my wortels onthou. Wat my altyd opval wanneer ek op Piketberg kom, is dat dit 'n skoon dorp is, dit sê so baie. Doen so voort. Al die arbeid is nie verniet nie. Baie geluk met 20 jaar se goeie nuusgewing. Ek wens julle koerant nog baie jare van goeie diens aan die gemeenskap toe.

Swartkat skryf… Ek is nie 'n gebore Piketberger nie, maar kom ook van 'n dorpie van min of meer dieselfde grootte. Maar hier op Piketberg werk dinge bietjie anders. Soggens as ek werk toe ry, is daar byna nie 'n mens wat kop knik, of arm lig, om "Môre!" te sê nie, ten spyte van die feit dat ek jou nie ken nie, en jy ook heel waarskynlik my nie ken nie. Jy wat groet, ek weet nie wat jou huislike omstandighede is nie. Ek weet nie of jy vanoggend 'n geldjie in jou beursie het om iets te koop om te eet vanaand nie. Maar wat ek wel weet, jy het "Môre!" gesê, en met ietsie so klein, het jy erkening gegee aan my bestaan. Mense verwys so mildelik na 'klein dorpie sindroom'... en ek hoor jou as jy dit sê, en ek verstaan waar jy vandaan kom, maar kom ek sê jou... ons is SO bevoorreg op die platteland, dat ek dit nie genoeg kan beklemtoon nie. Dinge is net soveel anders in die stede! Die feit dat ek nie juis by my bure kuier nie, beteken nie dat ek nie van hul hou, of enige tyd welkom is in hul huise is nie (en ek weet dit vir 'n feit). Ek weet van soveel mense wat in die groot stede bly wat my stelling sal teenstaan en sê: "Dit waarvan jy praat, kry jy in die stad ook. Ek ken ook my bure 'goed', en ek is ook altyd welkom in hul huise..." Maar wat hierdie span gewoonlik versuim om te noem, is dat hul in hul eie "glorified" tronke bly. In my geestesoog sien ek saans daardie einste span se "lock-up" ritueel, en hoe die "lazers" wat as alarm om hul huise dien, sigbaar word in die donkerte van die nag. Ek sê jou, ons erwe is oop op Piketberg, en vir my is dit 'n teken dat ons huise (of te wel dan ook ons harte) oop is vir ons medemens. Hierdie "oop vir my medemens", is oral sigbaar in Piketberg. Elke ou/vrou op straat het daardie onmisbaar menslikheidsfaktor om erkening te gee aan sy medemens se bestaan. My bure weet, ek speel "big brother" op hul huisie - en dis nie omdat ek spioeneer nie. Hulle is deel van my lewe, selfs al lewe ons in verskillende wêrelde. Dis maar my vreemde manier van omgee. So hierdie is my eerste brief aan julle Piketberg. Dankie! Dankie! Dankie! Dankie vir elke Piketberger! Dankie vir die onvervangbare rol wat jy in die bestaan van hierdie plattelandse dorpie speel. Swartkat het nie gereageer op die Redaksie se versoek om hom- of haarself (konfidensieel) te identifiseer nie daarom sal ons dit heroorweeg om verdere briewe te plaas. —Red.


3


4

Lente bruide

Johanet de Villiers en Willem Smit is op 5 Oktober in NG Kerk Eendekuil in die huwelik bevestig deur Ds Frik Louw. Die onthaal is gehou by Piekenierskloof Lodge. Vir die bruidegom se ma, Petro Smit, was dit baie spesiaal, want sy het ook die 5de verjaar, dus het sy 'n nuwe dogter gekry vir haar verjaardag! Iemand het daar gesê: as Willem ooit hierdie datum vergeet, sal hy dubbeld in die moeilikheid wees! Hilde en Hein, Tertius en Petro se dogter en skoonseun was op 3 Oktober 4 jaar getroud. Oktober is ‘n maand om te vier vir die Smitte van Kruisrivier, Eendekuil. Foto: Charlene Hall Fotografie

Pieter en Carli Broodryk is op 1 September getroud te Kakamas. Pieter is werksaam te Goede Hoop Sitrus in Citrusdal en het dié twee ook nesgeskop op Citrusdal. Carli is sedert September 2010 as prokureur in diens by Jan Ellis Ingelyf. Tans beman sy ook ‘n kantoor vir Jan Ellis Ingelyf op Citrusdal. Carli is tans in die proses om geakrediteer te word as Mediator by FAMAC. Foto: Visual Candy Photography (Michelle Hendriks)

Stuur u troufoto’s na diepiketberger@gmail.com

Nuwe Somervoorraad beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel

022-913 2418

022-942 1787 Riana Smit

022-942 1787

082 921 1977

Stiaan Liebenberg en Adel Bakker is op 14 September te Lambertsbaai getroud. Foto: Elmarie Louw Fotografie


5


6

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Baie dankie vir almal se positiewe reaksie op verlede maand se inligting oor die vaste afval en herwinning in Piketberg. Dit is lekker om te sien dat Die Piketberger van hoek tot kant so wyd gelees word. Hierdie maand praat Hanlie Linde ons oor Piketberg se water. Verlede Saterdag staan ek in die ry in SPAR en wag om te betaal. (Ja, ek het nog nie geleer om die winkels te vermy op ‘n Saterdagoggend nie!) Voor my staan twee Duitsers wat in Aurora woon. Hulle hele winkeltrollie is vol gelaai met 2 liter bottels drinkwater. Seker maklik 10 pakke van 12 bottels elk. Die kassier lyk minder geskok as ek en ek besef dit is ‘n gereelde verskynsel. Ek vergaap my egter en knoop ‘n geselsie aan met die man. Na die tyd wonder ek of daar ander inwoners van ons area is wat ook drinkwater koop omdat hulle nie die feite oor ons water ken nie. Die kort en die lank is: ons water is skoon, gesond en heerlik en niemand hoef gebottelde water te drink nie. Die drinkwater in Piketberg is afkomstig van twee bronne, naamlik die Bergrivier (90%) en die Voëlvlei spruit (10%). Piketberg het ‘n groot watersuiweringswerke op die Bergrivier onder Org de Rac Wynlandgoed. Hier gaan die rouwater deur verskillende prosesse om te verseker dat die water geskik is vir menslike gebruik. Flokulante word bygevoeg om die klein partikels wat in oplossing is bymekaar te bring, sodat dit verwyder kan word. Geaktiveerde koolstof word bygevoeg om die smaak en reuk aanvaarbaar te maak. Die water word besink en partikels word in sandfilters verwyder. Kalk word bygevoeg om die ph te stabiliseer. Laastens word chloorgas toegevoeg om die water te ontsmet van enige bakterieë. En jy het gedink jy drink net water! Vanaf die suiweringswerke word die water deur twee pompstasies tot in die opgaardamme gepomp vanwaar dit graviteer na die eindverbruikers. Hierdie hoëdrukpompe se lewering vind plaas teen 25 Bar (dit beteken die pomp kan die water 250 meter in die lug in op pomp). Die stoorkapasiteit van die twee opgaardamme is voldoende om die dorp van water te voorsien vir twee dae indien probleme by die suiweringswerke of pompstasie ondervind word. (Wie van ons onthou nie nog einde Januarie 2013 se water-krisis nie!) Die bergagtigheid van ons dorp veroorsaak baie fyn berekenings en planne om die regte druk in die water te kry op al die verskillende vlakke van Piketberg. Die watergehalte van ons drinkwater word deur wetgewing gereguleer en alle drinkwater word maandeliks deur ‘n onafhanklike laboratorium getoets om te verseker dat die water op standaard is. Die Weskus Distriksmunisipaliteit doen ook gereelde toetse wat verseker dat bakterieë in ons drinkwater nie die aanvaarbare norms oorskry nie. Watervoorsiening in alle munisipaliteite word jaarliks geëvalueer deur die Departement van Waterwese. Owerhede wat aan die hoë standaarde voldoen (95%), word met bloudruppelstatus beloon. Indien die netwerk nie ‘n bloudruppel ontvang het nie, beteken dit nie dat die water onveilig is nie. Die fisiese gehalte van die water is slegs 30% van die kriteria. Piketberg se watergehalte slaag

maandeliks alle chemiese- en mikrobiologiese toetse (behaal bo 95%). Die res van die kriteria is administratiewe funksies, aantal operateurs per werke beskikbaar en die implementering van meester- en veiligheidsplanne. Piketberg is eers sedert 2010 geëvalueer vir bloudruppelstatus en het 68,8% behaal. In 2011 is verbeter na 87,5%. In 2012 het geen evaluasies plaasgevind vir bloudruppelstatus nie, en ons word gedurende November 2013 geëvalueer vir die 2013 toekenning. Bergrivier Munisipaliteit het wel bloudruppelstatus vir Porterville en Velddrif. Water is ‘n skaars en beperkte lewensbron. In ons area is waterskaarstes veral ‘n realiteit. Suid-Afrika kan in die nabye toekoms reeds nie genoegsame water hê om aan die menslike- en landboubehoeftes te voorsien nie. Kom ons doen ons deel en bespaar. Bergrivier Munisipaliteit doen baie goed om waterverliese te beperk. Ons staan op 10%. Dit is ver beter as die norm wat gestel word en ‘n groot prestasie. Ons waterverspreidingsnetwerk word bestuur deur toegewyde en kundige personeel in ons Tegniese Departement. Ons wens Jaco Breunissen en sy span alles van die beste toe vir die evaluering wat voorlê en die warm somer wat vinnig aan die kom is! Mag daar elke dag skoon, drinkbare water in ons almal se krane wees.

Die volgende Piketberger verskyn op 21 November. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 November. Stuur na diepiketberger@gmail.com

Kekkel & Kraai Soetrissie Hoenderkebabs 4 — 6 hoenderfilette, in blokke gesny 2 soetrissies, in blokke gesny Marinade: 125ml (1/2k) soetbrandrissiesous 15ml (1e) sojasous 2 knoffelhuisies, gekap 5ml (1t) gerasperde gemmer Voorverhit die oond tot 200°C. Ryg die hoender en soetrissies om die beurt op sosatiestokkies. Marinade: Meng alles en giet oor die kebabs. Marineer 30 minute. Pak op ‘n bakplaat en oondbraai vir 30 minute tot gaar. Sit voor saam met broodrolletjies.

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297


7 Rory sing op Aurora 1 November Kom geniet ‘n aand van samesyn en sang met Aurora se mense op 1 November. Rory Rootenberg vier sy tiende jaar as een van Aurora se bevoorregte inwoners, met ‘n aand van pragtige musiek en humoristiese vermaak. Hy is mees bekend vir sy rol as die “Phantom” in die Suid Afrikaanse opvoering van Andrew Lloyd Webber se treffer musiekblyspel “Phantom of the Opera”. Die aand sal ‘n paar musikale juwele oplewer, van ABBA tot Andrew Lloyd Webber, van Boerneef tot Brel, ‘n potpourri van verrassing en genot! Alle fondse ten bate van die Aurora NG Gemeente. Rory word op die klavier begelei deur die befaamde Kaapse pianis Frieda van den Heever. Datum: Vrydagaand 1 November 2013 Plek: Aurora skousaal Tyd: 19h00 vir 19h30 Prys: R100.00 per persoon (kinders halfprys) Sluit in: Aandete en vertoning Kontak: Belia 022 952 1608 of Elmien 022 952 1773

René op RSG Luister op 20 November op RSG na ‘n onderhoud met René Rust van Piketberg.

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

022-913 2646


8

Erkenning vir VLV-lede

Vyftien lede van VLV Piketberg het by die onlangse takvergadering erkenning ontvang vir getroue lidmaatskap en kentekens is as volg aan hulle oorhandig: Agter Sandra Smit (10 jr), Ferina Visser (10 jr), Magda le Roux (25 jr) en Susan Brand (5 jr). Middel, Angeline Engelbrecht (15 jr), Sonia Richter (15 jr), Dinette Lochner (15 jr), Martha Coetzee (50 jr), Elne Eksteen (30 jr). Voor, Stella van Niekerk (5 jr), Hepsibah Richter (50 jr), Nicoline Brown (15 jr), Winnie Grobbelaar (30 jr), Marlize Rossouw (5 jr) en Ezette Mouton (30 jr). Foto: Riana Richter

VLV Kers-afsluitingvergadering 14 November om 14h30 in die Biblioteeksaal Sommer net ‘n lekker potpourri-vergadering om lekker te ontspan die middag! Nuwe vriendinne baie welkom. Skakel Nicoline Brown 082 4770 665

Badisa se Jaarvergadering

By Badisa se jaarvergadering was Hanlie Linde die hoofspreker en het oor hoop gepraat. Sy het Lee-Ann Jaars gebruik om haar verhaal van hoop te deel. Saam met Hanlie is Lee-Ann Jaars, Irene Pickard en Hannie Visser. Foto verskaf

ACVV sê baie dankie Die ACVV bestuur wens die volgende borge te bedank vir hul bydrae om van Sekretaressedag 'n reuse sukses te maak: Praktika — Hoofborg; Boland Superspar; Busta's; Cafe Latino's; Cederberg Aqua; Dup Meubels; Eskom; Gee-C-eS; Liebco Vleishandelaars; Mountain Creek Spur; Oregon and More; Perskepot; RNA; SAD - Albert Basson; Salon Cut Above; Salon Sanet en Winkelshoek.

Riana Wium 084 2453 922 immergroenraamwinkel@gmail.com Kerkstraat 33 Piketberg

Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en hondehokke of … Hierdie advertensie borg ‘n sterilisasie! word geborg deur Kontakbesonderhede: Sam en Berenice Scheepers

Minette: 079 249 1535 BerylBeryl-Ann: 071 828 7952 animalwelfarepiketberg@gmail.com

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374


9


10

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur dr. Margaret Mollett Oskar en die Pienk Tannie: ’n Storie van vriendskap en aanvaarding deur Eric-Emmanuel Schmitt, en uit Frans na Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan. Die boek is kort genoeg om sonder onderbreking deur te lees en so diep dat dit nie in ’n paar paragrawe beskryf kan word nie. Oskar is tien jaar oud, maar hy lyk soos sewe. Hy het nie meer lank om te lewe nie. Hy verloor sy stryd teen leukemie. Hoe gaan hy deur hierdie laaste dae kom en vrede maak met die dood? Hy is baie kwaad vir sy ouers en die dokters wat nooit met hom oor die waarheid van sy toestand praat nie. Maar die een persoon met wie hy openhartig kan praat is Ouma Rosa, een van die tannies in pienk oorjasse wat bedags inkom om tyd saam met die siek kinders deur te bring. Oskar is heel verbaas om te hoor dat sy op haar dag ’n rofstoeier was − die ene Wurger van Welkom. Wanneer hy ’n bietjie mismoedig voel het sy altyd van haar groot gevegte vertel. “Ek begin droom van haar gevegte; ek sien in my verbeelding hoe my vriendin in die kryt klim . . . Dit voel of dit ek self is. Ek word die sterkste van almal. Ek neem wraak.” Ouma Rosa moedig hom aan om elke dag van die twaalf dae wat hy nog gaan lewe briewe aan God te skryf. Sy stel voor dat hy maak asof elke dag gelyk is aan tien jaar, sodat hy aan die einde 130 jaar oud sal wees. So beleef die leser van Oskar se briewe die afspeel van ‘n hele leeftyd: “Vandag het ek deur my adolessensie gegaan en dit was ’n opdraande stryd”; “Wel, ek en Bettie is toe getroud. Dis die 21ste Desember, ek staan dertig se kant toe. . .”; “Dertig is nie vir sissies nie, dis net bekommernisse en verantwoordelikhede”; “Vandag was ek tussen veertig en vyftig en ek het rêrig net aangejaag…”; “Ek is oor die sestig en ek betaal ’n duur prys vir alles wat ek aangevang het …”; “Vandag is ek tussen sewentig en tagtig en ek het baie nagedink”; “Vandag is ek honderd, nes Ouma Rosa. Ek slaap baie, maar ek voel goed”; “Honderd-en-tien. Dis nogal baie. Ek dink ek begin doodgaan.” Op Oskar se bedkassie was ’n kennisgewing : “Net God mag my wakker maak.”

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Piket Veteraantrekkerklub Nuus

Twee van Piket Veteraantrekkerklublede, Izak en Schalk Smit van Citrusdal saam met Johan van Zyl, spreker, seun van een van die Van Zyl broers, en die plaaslike klubvoorsitter, Gerick Vercuiel tydens die jaarlikse Wes-Kaap en Nasionale Veteraantrekkerskou wat beide op Villiersdorp gehou is. Foto: Apie Richter

Met ‘n Trekker na Walvisbaai

Die Farmall trekker oppad na Walvisbaai. Foto en berig verskaf deur Apie Richter Met ‘n trekker van Moorreesburg na Walvisbaai en terug? Dit was die verhaal waarna die lede van die Piket Veteraantrekkerklub by hul onlangse maandvergadering geluister het. Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog het ‘n paar ondernemende Moorreesburgers onder leiding van twee Van Zyl broers wat ‘n staalonderneming op hul dorp bedryf het, dié tog aangepak en suksesvol afgehandel. Die rede hiervoor was om die wrak van ‘n gestrande vlootskip, die Outeniqua, af te takel, die staal te herwin en dit per trein na SA te stuur. Die materiaal sou hulle aanwend in hul onderneming. Die plan was om ‘n kragparaffien trekker vir die doel te gebruik aangesien paraffien nie net baie goedkoper as petrol was nie, maar destyds ook nie gerantsoeneer is nie. Trekkers was in daardie jare uiters skaars in SWA en ‘n trekker was nodig vir die uitvoer van hul taak. Vir die tog is daar ‘n seilkap op die sleepwa gebou en die trekker is van ‘n vragmotorkap voorsien. Daar aangekom, is van die slaapkajuite van die skip gebruik om twee gerieflike wooneenhede met slaapbanke, patryspoorte en al op die sleepwa te monteer vir die span se gerief, asook vir die terugtog. Die rit tot in Walvisbaai het 9 dae geduur en die hele onderneming byna 9 maande. ‘n Mens moet in gedagte hou dat die pad destyds net tot by die plaas Smitsvlei, anderkant Piketberg geteer was. As troos was daar darem ook ‘n stukkie teerpad binne-in Windhoek. Terug in Moorreesburg, is die trekker aan ‘n meulenaar op die dorp verkoop. Somertyd is dit in Yzerfontein gebruik om dryfhout te vergaar om onder meer kreef te gaan vang. Eers na ‘n paar jaar is die trekker, ‘n Farmall M - aan ‘n plaaslike boer verkoop en gebruik vir die doel waarvoor dit oorspronklik gemaak is.


11

More Watts to the Power

Chris, Fei en Carlisle Watson. Foto’s: Marietha Goosen

Nadat Power Tools ongeveer sewe jaar gelede begin is deur Marius Smit, het die besigheid gegroei tot 'n volwaardige verskaffer van veral Stihl gereedskap, maar ook Makita, Maruyama, Tandem en Honda produkte. Piketberg Power Tools het 'n diens begin lewer waarsonder Piketbergers nie meer kan klaarkom nie. Die besigheid is pas oorgeneem deur Chris Watson, reeds vir die afgelope 12 jaar 'n inwoner op Piket-Bo-Berg, wat hom nou daarop toespits om in al die behoeftes rondom tuin-, ingenieursen boerderygereedskap te voorsien. Chris is al baie jare in besigheid veral in Kaapstad. Hy sien Power Tools as 'n nuwe uitdaging en 'n nuwe familie-besigheid vir hom en sy vrou, Fei en hulle vier maande oue babaseun, Carlisle. Power Tools doen verkope van gras-snyers, “weed eaters”, kettingsae, bore, “angle grinders” en draaisae, met al die nodige toebehore soos olie, lemme, nylon, vonkproppe, ens. Power Tools is trots op hulle naverkoop diens, wat veral die diens van gereedskap en die herstel daarvan insluit. Wally Dirks is die man wat na die diens en herstel omsien. Winskope, waarborge en flinke diens is ook altyd deel van 'n voortreflike besigheid. Chris kan gekry word by die Kloofstraat ingang van Van Niekerk Ingenieurswerke, reg oorkant Kaap Agri se Kloofstraat ingang. Wanneer u by Van Niekerk se terrein indraai, is Wally Dirks Power Tools die eerste gebou links.

P IKETBERG POWERTTOOLS 36 Kloof Street Piketberg Tel: 022 913 395 Cell: 083 381 8822 E Mail: PiketPowerTools@afrihost.co.za


12

deur Jannie Lategan Piketberg met sy ryke verskeidenheid Snaaks, maar dit is juis èèrs wanneer die toeris of besoeker van ver, die vraag vra of ons bewus is van die ongelooflike omgewing en natuurskoon waarin ons woon dat daar 'n bewuswording kom en daar begin word om dit te beaam en bestekopname te doen van wat ons dorp en omgewing inderdaad bied. Daar is 'n ryke verskeidenheid van alles en nog wat in ons omgewing. Skielik kyk mens opnuut na die wuiwende koring en kanola lande wat veral na milde reëns vanjaar baie groot belofte inhou. 'n Mens voel verleë dat jy eintlik eers daarop gewys moet word voordat jy opnuut na die ongelooflike idilliese omgewing kyk. Nou sien jy die dorp Piketberg genestel aan die voetheuwels van Piketberg, die uitsig oor die vlaktes heen na Porterville is betower-end en jou oog val vas op die sneeubedekte bergpieke. Die kronkelende Versveld-pas, neem jou na die bo-berg wat 'n verruklike en panoramiese uitsig bied en aan die slim fotograaf al die opsies gee om die mooiste, maar mooiste natuurfoto’s te neem. Die netjies versorgde vrugteplase met sy verskeidenheid van kernvrugte dra 'n besondere bekoring. Rig jou visier na die weste, en die see wuif aan die weskus op die gesigseinder. Met die ondergaande son, verkleur die sneeubedekte berge by Porterville in pienk-pers. Die son wat die aarde aan die Weskus verlaat, laat 'n reënboog spel van kleur. Op die horison is daar 'n wolkekolom wat nog reën voorspel, groet vir oulaas die dag. Piketberg beleef ‘n ongelooflike goeie winter seisoen en die natuur weerkaats dit in die dartelende groen en geel op die wuiwende lande en die mens staan net stil en adem dankbaar hierdie wonder van God se genade. Sprakeloos, maar ongelooflik bly sien die mens die natuur LEWE. Daar waar eers niks gegroei het nie, daar staan nou graan in blom. Ryke verskeidenheid, daar is eenvoudig té veel om aan die toeris te vertel, maar oral word die ontwaking van nuutheid beleef. Inwoners maak hulle tuine en huise netjies. Kunstenaars kry nuwe materiaal en kan daarvan op doek vertel. Talle kunstenaars van wêreldklas vestig hulle in Piketberg en omgewing en ons kan deur hulle oë die mooi in alles sien. Piketberg se mense leef liefde uit en mens kan die gulheid waarmee mense groet en terug groet in almal sien. Daar is verdraagsaamheid en mededeelsaamheid. Daar is geduld en daar is vrede. Straks het die natuur en die kom en gaan van seisoene daarmee te make, maar daar is 'n aansteeklike hartlikheid. Van seisoene gepraat, Piketberg beleef soms vier seisoene in een dag. 'n Goue môrestond, gevolg deur saampakkende onweerswolke, die uitstort van reën waarvan die wolke oorloop en dan net daarna, die heerlikste sonskyn. Die goeie oesvooruitsigte laat die besighede bloei. Die kerkkore sing vreugdevol en geesvervullend en elke denominasie vind sy nis. In die ryke verskeidenheid van kultuur en verskille, is daar uiteindelik die gevoel van samehorigheid en “behoort tot”. Mense span saam om 'n doel te bereik en die betrokkenheid is wyd sigbaar. Daar is 'n jaloerse onbeholpenheid by die toeris te bespeur, toe daar eers goed nagedink is oor wat hierdie plek bied, dat dit nie moeilik is om hom te oortuig om die museum te besoek wat die geskiedenis van Piketberg in perspektief uitbeeld en om óm die berg en voorlangs te loer na die netjies versorgde tafeldruif blokke nie. Talle daar buite, het juis hier aan die voet van die berg hulle skool grondslagfase beleef en hier geleer om lief te hê! Die besoeker word verseker, dat dit nie spogwoorde is nie, maar woorde van trots is, as ons oor Piketberg en sy hartlikheid praat! 'n Tarentaalpaartjie, wat hier en daar in die dorp waargeneem word, gaan ongestoort hulle gang en gee 'n snaakse krasgeluid as hulle betrap word dat dit al slapenstyd is en hulle nog nie by hulle boom is nie.Die suksesvolle mense in

uitsoekposte in die breër wêreld daar buite, het juis hier aan die voet van die berg hulle skool grondslagfase beleef en hier geleer om lief te hê. Die besoeker word verseker, dat dit nie spogwoorde is nie, maar woorde van trots is, as ons oor Piketberg en sy hartlikheid praat. 'n Tarentaalpaartjie, wat hier en daar in die dorp waargeneem word, gaan onverstoord hulle gang en gee 'n snaakse krasgeluid as hulle betrap word dat dit al slapenstyd is en hulle nog nie by hulle boom is nie. Die Hadida groet vriendelik in sy verbyvlug met sy gebreekte stem op pad huis toe die nag in. Môre groet die goue môrestond weer sodat elkeen sy lewe kan leef...en 'n nuwe toeris en intrekker kan verwelkom!

Klub kuier by Babylonstoren

Vier van die groep van 16 tuinboulede wat Babylonstoren, naby Franschhoek, besoek het. Van links is Rita Esau, Elmien Uys, Biddy Langenhoven en Carina Kennedy. Foto: Katinka Morrison Die afsluiting van die Blom- en Tuinbouklub op Woensdag, 6 November, is ‘n geleentheid wat nie gemis moet word nie. David Davidson, een van die ontwerpers van die jaarlikse uitstalling van Suid-Afrika by die Chelseablommeskou in Londen, die uitstalling het hierdie jaar sy 33ste goue medalje gewen, kom praat oor sy ervarings by die skou. Hy gaan 'n skyfievertoning hou van die praguitstallings daar asook interessante staaltjies vertel van al sy ondervindings tydens die skou. Die afsluiting word gehou op Hebron Landgoed, Piket-boberg. Tyd 09:00 vir 09:30. Koste R80 per persoon, sluit verversings in. Kaartjies beskikbaar by die biblioteek en komiteelede van die Blom- en Tuinbouklub. Kom geniet ‘n heerlike bederfoggend in die natuur.

Gewaardeerde Diens Sonia Lambrechts skryf… Toe ek nog nie so lekker "mobiel" was nie, het ek 'n nuwe bankkaart nodig gekry. Groot was my verbasing (en waardering) toe een van die bankklerke met al die vorms wat ekself moes teken tot by die motor kom. Binne 'n paar minute was die nuwe kaart in my hande. Dankie Absa. Verlede week was ek op soek na 'n spesifieke boek by die biblioteek. Gou het die dames daar uitgevind wie die boek uitgeneem het en of dit klaar gelees is. Daardie middag net na twee staan Gerna met die boek in haar hand by my voordeur! Sulke diens kry mens maar net op die platteland!


13

Ontmoet mekaar by

Mrs Bean Coffee Shop vir ‘n potjie SKAAK, RUMMICUB OF KAARTSPELETJIES TARIEF: Bestel enigiets vanaf die Spyskaart 08:30—17:00 Kerkstraat 45, Landbouhuis, Piketberg Tel. 022 913 3212 (Speletjies word verskaf)

Sweets Mania Funny Faces x72

R20-25

Yo-Yo bubblegum x 144

R10-80

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

Toffies x 50

R6-50Yogueta stokkielekkers x 48

R42R42-80

Volroom Melk 1 liter Terwyl voorraad hou

R9-20 Krag en selfoon lugtyd ook beskikbaar

Bar-One Mini x24

R37-90

Party Packs

Fruit Plus 100’s

R6-50

R16-00


14

Seun verjaar

Wat sê die reg?

Seun Kitshoff het op 6 September sy 45ste verjaarsdag gevier. Seun het verskeie take wat hy elke dag met ywer aanpak. Foto: Marinde Saayman

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asseblief 082 780 8698

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for House-sitting / Pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326 or heikeoelbuttel@gmail.com

Gesoek OU KLERE GESOEK Ons soek asseblief OU KLERE of KLERE wat u NIE meer DRA nie. Dit word uitgegee aan behoeftige persone. Kom laai asseblief af by Shofar Kerk, Kerkstraat, Piketberg (skuins oorkant die Polisiestasie). "O God, I have tasted thy goodness" AW Tozer. Navrae Christa Liebenberg by 084 629 3330.

Die volgende Piketberger verskyn op 21 November Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 November

Skenkingsbelasting Die Inkomstebelastingwet (58 van 1962) definieer ‘n skenking as “’n gratis oormaking van eiendom, en ook ‘n gratis afstanddoening van ‘n reg…”. Die skenker mag dus geen teenprestasis (bv geld) ontvang wanneer hy iets skenk nie. Christelle de Villiers Daar word onderskei tussen ‘n skenking tussen le-wende persone (donation inter vivos), en ‘n skenking van ‘n oorledene aan ‘n lewende persone (donation mortis causa). Daar is sekere vereistes waaraan voldoen moet word wanneer partye onderling iets skenk, naamlik: Die skenker moet ‘n aanbod om te skenk maak wat deur die begifte aanvaar moet word; albei partye moet oor die nodige handelingsbevoegdheid beskik om te kan skenk en te aanvaar; die skenking moet ‘n verhandelbare item wees; die skenking moet identifiseerbaar of uitkenbaar wees; en die skenking moet wettig sowel as uitvoerbaar wees. Sodra die skenker iets skenk, en die begifte dit aanvaar, het daar ‘n geldige kontrak tot stand gekom. Die skenker kan slegs sy skenking terugtrek voor aanvaarding daarvan. Indien ‘n skenker iets in sy testament skenk, kan dit natuurlik enige tyd voor sy dood teruggetrek word aangesien dit eers tot stand kom by die dood van die skenker. Algemene vraag is of daar belasting betaalbaar is op skenkings? En, wanneer iemand ‘n eiendom verkoop onder markwaarde, word dit as ‘n skenking beskou? Die antwoord op albei vrae is “ja”. Skenkingsbelasting word bereken op 20% van die billike markwaarde van ‘n eiendom wat geskenk word, waarop die eerste R100 000.00 per jaar vrygestel is. Hierdie bedrag is betaalbaar aan die Ontvanger van Inkomste binne 3 maande nadat die skenking gemaak is. Indien ‘n verkoper dus sy huis verkoop aan iemand vir bv R250 000.00 onder Munisipale waarde, kan die verskil beskou word as dit wat aan die koper “geskenk” is, en sal daar dus op R150 000.00 skenkingsbelasting betaalbaar wees teen 20%. Daar is natuurlik paar vrystellings ingevolge die wet, naamlik: Skenking tussen gades; skenking ingevolge ‘n voorhuwelikse kontrak; skenking uit hoofde van ‘n testament; en skenking aan sekere weldaadorgani-sasies. Daar is wel beperkings op die bogenoemde vrystellings. Daar is dus verskeie faktore wat in ge-dagte gehou moet word by skenkings, en daarom is dit raadsaam om met ‘n kenner te gesels voor jy net skenk.

We currently have a vacancy for:

PRE-SCHOOL Teacher (ages 3-5) Please send your CV to Gary Bowers: piketbergcs@gmail.com or call on 022 913 1886 between 08h00 and 13h30 Applicable qualifications required


15

MEDIESE PRAKTISYNS

Jacques Ehlers Prokureurs • Aktebesorging • Notariële Praktyk • Kommersiële Reg

t. 022 913 1144 f. 022 913 1145 s. 083 548 1731

• Familiereg

Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

HUIS A.J. LIEBENBERG PIKETBERG INGESKREWE VERPLEEGASSISTENT Aansoeke word ingewag vir bogenoemde betrekking. Vereistes: • Bewys van registrasie by die SA Raad op Verpleging • Bereidwilligheid om skofte en op bystand te werk • Liefde vir ouer en gestremde persone AANSOEKVORMS IS VERKRYGBAAR BY Die Hoof Huis A.J. Liebenberg Kloofstraat PIKETBERG ,7320 Tel.nr. 022 9131228 Faks nr. 022 9131687 SLUITINGSDATUM : 31/10/2013 OM 08:00

Langstraat 50 Piketberg 7320

• Siviele Reg • Strafreg

E-pos: prokureurs@gmail.com

ACVV PIKETBERG Hiermee word aansoeke ingewag vir die volgende betrekkings:

MAATSKAPLIKE WERKER (8/8 pos) Vereistes: Registrasie by die Raad vir Maatskaplike Diensberoepe Kennis van ontwikkelingsgerigte maatskaplike dienste Geldige rybewys Rekenaarvaardig

HOOF -TRIPPE TRAPPE Vroeë Kind Ontwikkeling Fasiliteit Funksie van pos - Bestuur van die Vroeë Kind Ontwikkeling Fasiliteit Vereistes: NQF Vlak 5 of 6 of gelykstaande Onderwyskwalifikasie Vermoë om 'n VKO program te ontwikkel en te implementeer Kennis van Vroeë Kind Ontwikkeling Rekenaarvaardig SAPD Klaring Geldige rybewys Goeie kommunikasievaardighede Kennis van personeelbestuur Moet Afrikaans en Engels magtig wees Aanbeveling: Kennis van NELDS sal voordelig wees Ervaring as Hoof van 'n VKO fasiliteit sal in u guns tel Naam en kontaknommers van twee referente. Rig aansoek en ‘n volledige CV aan: Die Voorsitter Faksnommer 022 913 1525 Selnommer 084 581 8560 E-pos acvvpiketberg@telkomsa.net Sluitingsdatum: 28 Oktober 2013 Salarisse volgens ACVV vergoedingspakket Datum van diensaanvaarding: Januarie 2014 As geen terugvoer teen 15 November 2013 ontvang is nie, ag u aansoek as onsuksesvol te wees.


16

VLV hou Leefstyl Vergadering

VLV lede Frannie Botha (sameroeper van die Leefstyl vergadering), Rosa Lategan en Nicoline Brown, saam met Jaco Harmse van Snappy Chef se Wes-Kaap tak, wat aan lede gedemonstreer het waarom die Snappy Chef voedselbereider goedkoper, vinniger en veiliger is om te gebruik. Foto’s: Riana Richter Amalia en Toni van Boland Superspar het VLV tydens hul Leefstyl vergadering besoek. Amalia het demonstreer hoe om ‘n stokvis te ontgraat en Toni, skakelbeampte, het produkte van Spar wat o.a. in bereiding van vis gebruik word, bekend gestel.

Piketberg se eie sjef Quentin Somers is ‘n boorling van Piketberg en het gematrikuleer in 2006 by Steynville Sekondêre Skool Piketberg. Hy was altyd gefassineer van jongs af oor kosmaak en het altyd sy ouma en ma gehelp in die kombuis kook. Na skool het hy Quentin Somers op sy gestudeer by Capsi- gelukkigste agter die kospotte. cum Culinary Studio Pinelands, die Foto verskaf grootse private sjef kollege in Suid-Afrika. Kosmaak is sy passie, sy lewe en sy muse. Hy sien homself nêrens anders as in ‘n kombuis nie, dit is waar hy op sy gelukkigste is. Hy het in 2008 begin werk by Town House Hotel en konferensie sentrum as ‘n commi sjef en homself als geleer in die kombuis wat hy behoort te weet. Uitvoerende Sjef Stefan Schmidt was sy leermeester en hy is die meeste van sy kennis aan hom te danke. Tans is Quentin die sous sjef by die 5-ster Romney Park All Suite Hotel and Spa. Hy is ook verbonde aan die Royal Thai Embassy en Spekko rys kook demonstrasies. Hy het al kos gekook vir bekendes soos voormalige Idols wenner Karin Kortje, Salome, wêreld bekende sangeres Yvonne Chaka Chaka en die Indiese konsulaat.

* SLEGS 15 VAN ELK BESKIKBAAR


17

Leone Coetzee is een van ons sprankelende bemarkers hier by Winkelshoek Wynkelders. Leone is die Bemarking en Verkoops Verteenwoordiger van ons Premuim Produkte Pippa, Royal Vodka, Winkelshoek Private Cellar en Weskus Reeks Handelsmerke. Vir enige navrae of inligting kontak haar gerus by: Selfoon – 076 544 3055 of Epos: leone@winkelshoek.co.za


18

Kom vier Kersfees met die Bergrivierkoor (Deel 2) deur Sherlock Fortuin Soos almal teen nou al weet is die Bergrivierkoor intens besig om voor te berei vir ons Kerskonserte in November. In verlede maand se uitgawe het ons gefokus op dié ekserpte uit ons repertoire deur die Barokkomponiste asook hul musikale erfenis van onskatbare waarde aan ons. In vandeesmaand se artikel beweeg ons nader aan die moderne era en verklap ek ‘n paar verdere musikalegeheime waarmee dié koor die lesers van Die Piketberger mee gaan verras. Die keuse van die Kersliedere vir ons konserte is hoofsaaklik bepaal deur enersyds die gewildheid daarvan by die publiek, maar ook om die gehoor en die koor blootstelling te gee aan nuwe en onbekende komposisies in die hoop dat hierdie vertolkings nuwe gunstelinge vir ons toehoorders sal word. Kersmusiek is inderdaad ‘n uitdaging vir enige koor. Dikwels is ‘n eenvoudige gesang soos die alombekende “O die vrolike, o die salige” deur die jare heen verkeerdelik vasgelê met die beklemtoning van byvoorbeeld die “li-” in ‘vrolike’ op die kwartnoot pleks van op die voorafgaande agstenoot. Dit verg dus ekstra konsentrasie en geduld om die korrekte plasing van ‘vrolike’ en ‘salige’ opnuut aan te leer. Kersmusiek is eie aan vele kulture, en is waarskynlik een van die mees gewilde musiekbeoefening of vorme onder kore wêreldwyd. Kerssang vorm deel van religieuse rituele rondom die Advents- en Kerstema en dien as kollektiewe herinnering aan die historiese gebeurtenisse rondom Jesus se geboorte. Kersliedere gee uitdrukking aan geestelike vreugde en maak gewoonlik gebruik van die vers en refrein metode. In Engels staan hierdie liedere bekend as ‘carols’. ‘Carol’ of ‘carole’ is ‘n Middeleeuse woord vanaf Franse en Angel-Normandiese oorsprong en volgens navorsing word daar geglo dat hierdie woord na ‘n danslied, of na ‘n sirkeldans wat deur sang begelei word, verwys. Daar is onenigheid oor wanneer presies die eerste Ke rsliedere geko mponeer is, maar musiekwetenskaplikes glo dat die eerste ‘carol’ tussen 1350 en 1550, dié tydperk waarna ook dikwels as jou goue era van Engelse Kersliedere verwys word, gekomponeer is. Heel dikwels het komponiste gebruik gemaak van ‘n taalvermenging tussen Engels en Latyn. Die bekendste voorbeeld uit ons Kersbundel is sekerlik Adeste Fideles/O come all ye faithful (Afrikaanse vertaling: ‘Kom alle getroues’). Die Bergrivierkoor neem hierdie taalvermenging nog ‘n tree verder en voeg Afrikaans by die Latyns en Engels. In Engelse Kersliedere word daar dikwels na ‘burden’ vir die refrein verwys en vervul dit almaardeur ‘n plaasvervanging vir die melodie wat in die vers gebruik word. Interessantheidshalwe lê die oorsprong van Kersmelodieë dikwels in volksmusiek, daarom was die meeste Kersliedere tot en met die 18de eeu as te sekulêr vir gebruik in die Anglikaanse kerk gesien en het hierdie kerk naarstigtelik versoek om dit as onbetaamlik te verklaar. As gevolg van die Kerk van Engeland se harde standpunt teenoor die sing van Kersliedere en die totale verbanning van die sing van dit in kerke het ontevrede inwoners eenvoudig besluit om die Kersliedere na die publieke kroeë te neem en dit daar te sing. Na meer as tweehonderd jaar is hierdie tradisie nog steeds wyd verspreid in Brittanje en lok hierdie geleentheid jaarliks oud en jonk vir wie die voortsetting van hierdie tradisie en die genot van samesang belangrik is. Veral in die noorde

van Sheffield, Noord-Derbyshire en in Bradford on Avon is hierdie ongewone tradisie van kerssang alombekend in kroeë. Dit is dus nie vreemd dat die rol van Kersmusiek dikwels ook as kunsuiting gesien word en deesdae veral geassosieer word met die onwegdenkbare verwerkings van die vermaarde Engelse dirigent en komponis, Sir David Willcocks. Gebore in 1919, en nog steeds aktief in musikale kringe op die rype ouderdom van 94 jaar, is Sir David Willcocks nouliks verbonde met die ontginning en die herlewing van Kersliedere, en kan ‘n mens met reg noem dat hy die wieg gelê het vir ‘n moderne toonsetting van geskiedkundige kersliedere sonder om die literêre waarde van die liedere verlore te laat gaan. Opvallende eienskappe in baie van sy verwerkings is lewendige ritmes, ‘n kombinasie van diatoniese, pentatoniese en Engelse liturgiese modi, en veral die dikwels jolige deskante wat plotseling ‘n opgewekte klimaks verleen aan die slotvers van ‘n Kerslied. Bowendien is sy verwerkings ook dikwels pompeus en dwing hy die sangstem, veral die soprane, telkemale tot die uiterste grense van hul stemomvang. Gegewe sy toeganklike styl en welsprekende fyn-beplande balkskrif kan ‘n mens jou hedendaagse Kerskonserte kwalik meer voorstel sonder sy wonderlike musikale nalatenskap. Die Bergrivierkoor vertolk daarom ses van sy verwerkings op bekende Kersliedere waaronder die enigste Kerslied wat destyds toegelaat is om gesing te word in die Anglikaanse kerk naamlik While shepherds watched their flocks by night. Naas die Psalms van David wat soortgelyk aan jou Geneefse psalters is, was hierdie lied as bevoeglik genoeg verklaar vir kerklike gebruik in die 1700’s. Die koor sing ‘n pragtige verwerking van Sir David Willcocks se verwerking van While shepherds watched their flocks by night en is geseënd met wonderlike solosangtalent wat vir heelwat verrassings gaan sorg. Natuurlik kry ons gehore ook kans om jubelend sekere verse van verskeie Kersliedere saam met die koor te sing!!! Benewens die welbekende Engelse Kersliedere, sluit ons program ook die pragtige Oostenrykse Kerslied Still, Still, Still in. Hierdie Kerslied, gesing in Duits, kom uit die omgewing van Salzburg en Philip Ledger se pragtige verwerking vermeng herhalende melodieuse eenvoud met jou tipiese wiegelied-ritme. Eweseer het die Franse Kersliedere dikwels ook groot aanklank gevind by Engelse komponiste. Die 17de eeuse Franse Kerslied Quelle est cette odeur agréable? (Whence is that goodly fragrance flowing?) is ook ‘n waardevolle tradisionele Kerslied en die verwerking van Sir David Willcocks eksperimenteer met struktuur en pragtige melodiese lyne met ‘n wonderlike dialoog tussen stem en begeleiding wat ‘n soeterige sentimentaliteit by enige toehoorder gaan laat. As gaskunstenaar op Sondag 24 November tree Charlene Truter-Lackay saam met die Bergrivierkoor op. Kom luister gerus na haar vertolking van onder andere Dirkie en Doll de Villiers (ouers van Johan de Villiers, dirigent van die befaamde Stellenbosch Libertaskoor) se vertolking van Waar die nag in ademlose stilte tydens ons konsert.

Kerssangdiens saam met Bergrivierkoor 17 November VG Kerk Porterville 24 November NG Kerk Piketberg


19

Bladsy geborg deur Sherlock Fortuin


20

Die Piketberger vier 20ste verjaarsdag by Org de Rac Die Piketberger se 20ste verjaarsdag funksie was ‘n groot sukses. Baie dankie aan Org de Rac vir die lokaal, die ACVV vir die spyseniering en die VLV en Tuinbouklub vir die tafelversierings. Pierre en Hannatjie Steenkamp skryf… Ons wil net dankie sê vir die wonderlike geleentheid wat ons saam met Die Piketberger tydens die twintigste verjaardag kon vier. Dankie dat ek ook saam met Die Piketberger kon verjaar. Dit was baie lekker om weer saam met die Piketbergers te kon kuier. By ons tafel, met van die “stigterslede”, het ons lekker gesels en herinneringe van 20 jaar gelede se “saam begin” gedeel. Ek is summier deur die teenwoordige PHS personeellede vergewe vir wat ek 20 jaar gelede aan hulle gedoen het. Baie dankie vir die geskenke wat ek en Hannatjie ontvang het. Soos die stereotipe Afrikaner sê as iemand hom vra hoe ‘n funksie was, sê ons ook: “Die kos was baie lekker ”. Sterkte aan Marietha, Barbie en al die medewerkers vir die volgende x jaar. Viva Die Piketberger. Apie en Riana Richter skryf... Marietha, baie dankie vir die groot eer en voorreg om die besondere verjaardagfunksie Donderdagaand by Org de Rac te kon bywoon. Vir ons wat oor die jare, maar altyd gemeenskapsbetrokke was, het Die Piketberger so deel van ons lewe geword dat ons ons huis nie daarsonder kan voorstel nie. Baie geluk met hierdie groot mylpaal waaraan jy werklik besonder groot aandeel het. Baie dankie vir wat jy vrywilliglik vir die gemeenskap doen – daar is soveel waarvan ons nie eens bewus is nie! Dra asseblief ook ons waardering oor aan Barbie en die ander betrokkenes. Mag jul entoesiasme, tesame met die ondersteuning uit die gemeenskap, steeds toeneem en Die Piketberger vir altyd met ons wees!

Die stigters van Die Piketberger, Spyker Chambers, André van Ellewee, Pierre Steenkamp, Deon van Dyk, Hannes Lambrechts en Le Roux van Wyk.

Martin en Marietha Goosen en Barbie en Jaco Breunissen.

Sanmari Vosloo skryf… Ek wou ook al lankal dankie gesê het vir die uitnodiging na Die Piketberger se ete, ek en Chris het dit baie geniet en dit was baie lekker om deel te wees daarvan. Baie dankie. Ansa en Spyker Chambers skryf… Baie geluk aan Marietha en Barbie vir ‘n baie mooi aand. Dit was smaakvol en glo almal het dit, soos ons, geniet! Doen so voort! Hanlie Linde skryf… Julle kan so trots wees op gisteraand se Piketberger funksie. Dit was PUIK. Ek het soveel geleer en ervaar.

Gerna Croeser skryf… Baie dankie dat ek en Phillip gisteraand deel kon wees van julle verjaarsdagviering. Pragtige plek, tafels mooi gedek en versier, pragtige blomme, heerlike kos en aangename geselskap, oulike kelnerinne en mooi toesprake. Julle het aan alles gedink. Hoop julle kry die naweek tyd om uit te rus. Dit was 'n wonderlike geleent-heid. Hannes en Sonia Lambrechts skryf… Baie geluk en baie dankie vir ’n puik aand! Dit was HEERLIK.

Marietha en Barbie by Arno Olesen en Ora en Vivian Turner van Piketberg Drukkers wat vereer is vir hul samewerking oor die laaste 20 jaar. Sherlock Fortuin skryf... Nogmaals BAIE DUISEND DANKIES vir 'n wonderlike feesmaal en gesellige bymekaarkoms gisteraand. Ek is bly en dankbaar dat ek daarvan deel kon wees. Dankie ook vir die druk van artikel. Ek het Die Piketberger nou in alle rustigheid lê en deurlees. Foto’s: Kenneth Smit


21 Andrè en Christa van Ellewee skryf... Die wind waai storm sterkte en dit reën asof dit met emmers gegooi word. Toe ons Darling uit ry, wonder Andrè, wat ons besiel om in hierdie weer Piketberg toe te ry, vir Die Piketberger se 20ste verjaarsdag. Dit was al die moeite, nat en koud, 1000 keer werd. Wat ‘n wonderlike geleentheid en voorreg om hierdie aand, saam met Marietha Goosen, haar redaksie en al die ou vriende, te vier. Pierre Steenkamp se “brainwave”, stuur nog steeds Piketberg nuus die wêreld in. O, en het ons nie lekker gesels, gelag en geëet nie. Geluk aan Die Piketberger en almal wat deur die jare daarby betrokke was. Dit was goed gedoen, word goed gedoen en sal ook in die toekoms goed gedoen word. Gaan voort met die wonderlike werk, ons sal lees solank as wat die oë dit kan behartig. Sit solank ons name op vir die 80ste verjaardagfunksie, as dit van ons afhang, is ons daar. Baie, baie dankie. Groete uit Yzerfontein.

Koffiebekers, spesiaal gemaak deur Yola Design, vir Pierre en Hannatjie Steenkamp.

Elzanne Richter skryf… Graag wil ek hiermee net om verskoning vra dat ons nie Donderdagaand se funksie kon maak nie. Ons planne het op die laaste oomblik verander en moes ons vining aan ’n plan dink en het ons vir Phlippie en Ansel van Schalkwyk in ons plek gestuur. Ansel praat met groot lof van die aand, en sê dit was ‘n reuse sukses. Nogmaals jammer ons kon nie kom nie! Pieter en Ilse Bruwer skryf… Baie dankie vir die heerlike bederf aandjie gisteraand. Ben en Sandra Smit skryf… Baie dankie vir ‘n ongelooflike lekker aand! Als was pragtig en die kos heerlik! Jy het jouself oortref met al die reëlings en gasvrou vir die aand! Dankie dat ons ook spesiaal deel daarvan kon wees!

Getroue adverteerders vir 20 jaar Wolf Liebenberg, Liebco Vleishandelaars en André Kennedy, Midas.

Gert en Elizabeth Coetzee skryf… Baie dankie vir 'n heerlike aand, ons het dit baie geniet. Ek wou nog vir jou sê, sy is nou 20 en volgende jaar bereik sy volwassenheid. Jy moet net onthou 'n vrou is in haar 20's op haar mooiste en begin om haar 'fler' te ontdek. So Die Piketberger kan net mooier en 'n voller vrou word.

Roline Kotze skryf…. Net ‘n paar woordjies van dank en waardering vir ‘n baie genoeglike aand ter viering van die 20ste bestaansjaar van Die Piketberger. Dit was regtig lekker om al die ou bekendes te sien, te lag en gesels oor die beginjare van ons koerant. Die aand was baie interessant en die kos heerlik. Doen so voort. Marlien Smit skryf... BAIE dankie vir n heerlike aand saam met Die Piketberger! Dit was ‘n mooi aand met elke dingetjie keurig beplan, gesê en gedoen! Die kos was heerlik! Jy het uit jou hart gepraat! Die geselskap en stories opwindend en opbouend! Ons is voorwaar BAIE bevoorreg om ‘n dorpskoerant soos Die Piketberger te hê wat ons elkeen laat fokus op die mooi en die positiewe dinge in ons gemeenskap! Julle lewer ‘n ongelooflike bydrae om Piketberg ‘n plek te maak waar ons almal tuis is en gelukkig is!

Sandra en Dr Ben Smit en Dr Sam en Berenice Scheepers asook Dr De Villiers Morrison, regs, is vereer vir hul getroue ondersteuning van Die Piketberger vir die afgelope 20 jaar.

Die Piketberger 20 jaar gelede Lees voortaan elke maand ‘n brokkie nuus uit Die Piketberger van 20 jaar gelede. Sien p30

Die ACVV-dames wat die heerlike kos voorberei het.


22

INTRODUCING: OUR GWM FAMILY

www.gwm.co.za

Alle modelle Ford & Mazda beskikbaar. GWM Piketberg

022 913 2819

34 Voortrekker Street Piketberg *Prices include VAT & Environmental Levy. Prices & specifications subject to change without prior notification. E & OE.


23

Jaco Rossouw 082 469 0229

FORD ECOSPORT BESKIKBAAR VANAF R199 000.00

FORD KUGA BESKIKBAAR VANAF R298 900.00

FORD FIESTA BESKIKBAAR VANAF R183 930.00

GWM Piketberg

022 913 2819

34 Voortrekker Street Piketberg *Prices include VAT & Environmental Levy. Prices & specifications subject to change without prior notification. E & OE.


24

PHS Akademiese Prysuitdeling - Laerskool

Anke Schreuder Dux Leerder 2013 asook Beste Presteerder in Gr 7 en wen die Berenice Scheepers toekenning vir kreatiewe skryfwerk.

Willem Wiggins wen die Org de Rac prys vir vordering in Wiskunde.

Mari Visser ontvang die Hugo Holloway Trofee vir musiek.

Mishaad Strauss ontvang die Skoolhoofprys.

Pieter Bruwer is die beste presteerder in Graad 4.

Hagan Ludick is die beste presteerder in Graad 5 en ontvang ook die Piketberg Leeskringprys.

Elize Visser ontvang die Org de Rac prys vir vordering in Natuurwetenskap.

Janke van Schalkwyk is die beste presteerder in Graad 6.

Louis Bester is een van die 200 wenners wat uit 4770 gekies is in die Santam Kinderkuns kompetisie.

Prysuitdelingfoto’s: Alecia Hanekom

Die leerderraad vir die Laerskool afdeling van PHS vir 2014 is, voor, Stass Nel, onderhoofseun, Albert Grobler, hoofseun, Janke van Schalkwyk, hoofdogter en AnnĂŠ Rheeder, onderhoofdogter. Agter is Henry Rossouw, Bosmann Rossouw, Petro Grundlingh en Carli Rossouw.


25

voorskrifbril*


26

PHS Akademiese Prysuitdeling - Hoërskool

Janeske Rademan, Dux Leerder 2013.

Wynand Smit is aangewys as 2013 se Entrepreneur.

Herschelle Benjamin ontvang die Skoolhoofprys van Marius Scholtz.

Vennelee Coetzee, beste presteerder in Verbruikerstudie Prakties, Gr 12.

Karli Truter ontvang die Gerry Kuhn Wetenskap Aansporingsbeurs vir beste prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskap, Gr 11.

Juné van der Westhuizen ontvang die Hannelize Coetzee trofee vir RTT, Gr 12.

Anina Bester ontvang die Lezaan van Niekerk ontAlison Müller Trofee vir uitvang die PriceWaterhouseCoopers-prys vir staande prestasie in Musiek. beste prestasie in Rekeningkunde en Wiskunde, Gr 12.

Maria Visser ontvang die trofee vir Tweetaligheid. Foto’s: Sanet Ackermann

Tinus Bronkhorst ontvang die Praktika Ambassadeursprys en Akademiese Trofee, Gr 12.


27

Hoërskool VRL vir 2014

Die nuwe leerderraad vir Hoërskool Piketberg vir 2014 is agter Kobus Brand, Hugh Benson, Duan Janse van Rensburg, Glenda Dietrich, Harry Roux en Anina Bester. Tweede ry van agter, Gysbert Dippenaar, Nina Cillié, Lenelle Mostert, Delaine Wright, Izandro Claasen en Ricardo de Villiers. Tweede ry van voor Karli Truter, Dorinda Smit, onderhoofdogter, Madré van Zyl, hoofdogter, Herbst van der Merwe, hoofseun, Timotheé Luyt, onderhoofseun en Karla Conradie. Voorste ry Stephan Louw, Charl Hanekom, Anke Schreuder, Letjé Burger en Nicola Coetzee.

Bring jou planne en gedagtes vir kombuis- en slaapkamerkaste vir volgende jaar.

Altyd nuwe voorraad danksy julle vriendelike ondersteuning. Ons verwag nog voorraad voor die Kersgety. Kom kyk!

Leliehof se prefekte vir 2014 is Maria Visser, onderhoofdogter, Dorinda Smit, hoofdogter, Bianca Jordaan, Salomie Hamman, Landi Brink en Erina van der Merwe.

Kasteel se prefekte vir 2014 is Adam January, Christie van der Merwe, Gysbert Dippenaar, hoofseun, Johannes Mostert en Derek van der Merwe.

Om jou kampvakansie suksesvol af te skop, sal dit noodsaaklik wees om VROEGTYDIG al jou stukkende tente en seile te bring vir herstel. Ons ontvang graag jou karavaan tente en seile tot en met 15 November 2013. Christo en Linda van Schalkwyk 083 399 7988 / 022 913 3326 Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark)


28

UNISA Klavier Uitslae

Wes-Boland Eisteddfod

Agter Christine van der Merwe (gr 3, 80%), Andrea Visser (gr 3, 72%) en Johan du Toit (gr 1, 86%). Voor is Mari Visser (voorgraad 1, 87%), Komien van der Westhuizen en Lize Visser (gr 1, 86%).

Die uitslae van die Wes-Boland Klavier Eisteddfod is agter Levona Roberts, goud, Diané Ungerer, drie goud en cum laude en Harry Roux, cum laude. Voor is Adriana Visser, cum laude, Alison Müller en Shanda Whitfield, drie goud.

Wes-Boland Eisteddfod Blokfluit

Agter is Adriana Visser, Alan Willemse, Timotheé Luyt, Stephan Louw en Letje Burger. Voor is Yvona Louw (beste solospeler Hoërskool), Magdaleen Grundlingh, Hugo de Waal (beste solo speler Grondslagfase), Komien van der Westhuizen, Maria Visser en Willem Wiggins (beste solospeler Laerskool). Die Hoërskool Ensemble wen die trofee vir beste Ensemble Hoërskole.

Alison Müller en haar Wes-Boland Eisteddfod sangers Adriana Visser, goud, Alan Willemse, goud en Anina Bester, cum laude en goud. Anina deel ook die Duet Trofee.

UNISA Klavier uitslae

Cum Laude vir Blokfluit : Agter Adriana Visser, Alan Willemse, Timotheé Luyt, Stephan Louw en Letjé Burger. Middel, Albert Grobler, Yvona Louw, Magdaleen Grundlingh, Komien van der Westhuizen, Maria Visser, Willem Wiggins en Hughen Esau. Voor is Hugo de Waal, Rénay Esau, Anelma Grobler, Kaydee Claasen en Nikétha Booys. Foto’s: Sanet Ackermann

Agter is Yvona Louw, gr I lof, Levona Roberts, gr IV, eervolle vermelding, Diané Ungerer, gr VI lof, Anina Bester, Trinity, Sang, gr V 81% eervolle vermelding en Nicola Coetzee, gr II, eervolle vermelding. Voor is Harry Roux, gr III lof, Alison Müller en Shand Whitfield, gr III eervolle vermelding. Afwesig Johmine Croeser, gr IV eervolle vermelding.


29

Goud by Wes-Boland Eisteddfod Grondslagfase

Voor is Lené Kruger, gr 1, Dwight Esau, gr 1 en GP Rossouw, gr 1. Tweede ry Morné Mitchell, gr 3, Dayle Julius, gr 1, Hanret Swanepoel, gr 1, Gerhard Brandt, gr 2 en Jaco Crous, gr 1. Derde ry Zunaid Hendriks, gr 2, Annette Bruwer, gr 2, Mervihon Witbooi, gr 2, Elsje Basson, gr 2 en Gabrie Laubscher, gr 1. Agter is Mari Gerber, gr 3, Jana Truter, gr 3, JC van der Westhuizen, gr 3, Juane Fourie, gr 2 en Craig Duncan, gr 2. Foto’s: Sanet Ackermann

Cum Laude Wenners Grondslagfase

Hierdie Grondslagfase leerders het Cum Laude toekennings ontvang by Wes-Boland Eisteddfod. Voor is Annette Bruwer, gr 2, Smit Jacobs, gr2, Eldeano Smith, gr 3, Lehandri Kotze, gr 2 en Isabella Olsen, gr 1. Agter is Aiden Vries, gr 3, Kassler Zinzombe, gr 3, Landi Swanepoel, gr 3, Mika van der Merwe, gr 2 en Henco Kruger, gr 2.

Alison se Swemskool 8 lesse @ R280 1e kursus 9—20 Desember 2e kursus 6—16 Januarie

Kontak A. Müller 073 229 2855


30 20 Jaar Gelede - November 1993

Plofstof plant bome

VOORBLADARTIKEL: Professor Bun Booyens spreek Rapportryers toe. ANDER BROKKIES: Kallie May van Sanlam ontvang vir die 18de agtereenvolgende jaar ‘n Internasionale toekenning (IQA). Francois (Frans) Smit word verwelkom as die nuwe skoolhoof op Eendekuil. Geskiedenis word gemaak in Radie Kotze Hospitaal toe die eerste keisersnit uitgevoer is op mev N Z Mtintsilana van PPC De Hoek. Boland Spar trek na Langstraat. Volkskas Bank kry outomatiese tellermasjien waar daar binne 30 sekondes bedrae tot soveel as R200,00 op ‘n slag onttrek kan word.

Hoërskool Piketberg se ATKV Plofstof organisasie het op 19 September ‘n boom geplant vir Nasionale Boomplantdag. Hier is Marius Scholtz, skoolhoof saam met Nina Cillie, Delaine Wright, Elzaan Lambrechts en Salome Hamman. Foto: Sanet Ackermann

Plofstof Bestuur vir 2014

VLV hou modevertoning van tuisgemaakte klere en is bygewoon deur meer as 200 gaste. Mev Tienie Vorster spreek die VLV toe oor die rol van die vrou in die samelewing.

Die Plofstof Bestuur vir 2014 het groot planne vir die nuwe jaar. Van links is Maria Visser - Tesourier; Madré van Zyl - Addisionele lid, Dorinda Smit - Voorsitter, Stephan Louw en Tiaan van Rooyen Addisionele lede. Voor is Nina Cillié - Sekretaris. Foto: Sanet Ackermann

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164 E.mail hszzbb@hotmail.com


31

Terapeutise Fascia Terapeetiese Fascia MASSERING MASSERING

•Sport beserings * Sportbeserings * Spanning •Spanning * Seer spiere •Seerspuure * Herposisionering van die liggaam •Herposisioneering van die liggaam As ook;

T.R.E T.R.E

Asook:

HUIS AJ LIEBENBERG (50 JAAR LATER …) WAAR: TILLALAAN WANNEER: 26 OKTOBER 2013 TYD: 9:00vm tot laat Bring u familie en kom geniet die dag saam met ons! Behalwe verskeie vleisprodukte sal daar ook pannekoeke, poedings, roosterkoeke, tuisgebakte brood, kleinkoekies en beskuit, afvalpotjie, vars vrugte, groente, blomme …. en nog vele meer wees! KOM KRY WAARDE VIR JOU GELD EN ONDERSTEUN TERSELFDERTYD ‘N GOEIE SAAK!!

Spanning, Vrystellings Oefeninge Tension Releasing Exercises TRE is ‘n Revolusionêre tegniek, ontwikkel om van TRE is ‘n Revolusionêre tegniek, ontwikkel om van daaglikse daaglikse en spanning, chronieseseer spanning, seer en stywe en chroniese en stywe spiere en die gevolge spiere en die gevolge van traumatiese gebeurtenisse van traumatiese gebeurtenisse op die liggaam vry te stel. op die liggaam vry te stel.

Individuele Klasse

Dit bestaan uit ses eenvoudige strek-

• Dit bestaan uit ses eenvoudige strek oefeninge wat ‘n natuurlike spieroefeninge vibrasie aktiveer natuurlike spier vibrasie aktiveer. • wat ‘n Hierdie natuurlike vibrasie veroorsaak • Hierdiedat natuurlike vibrasie veroorsaak dat die die sentrale senuweestelsel al die sentrale senuweespanning stelsel al die oortollige in oortollige die liggaam spanning in die liggaam, vrystel. vrystel •• Die liggaam keer keer dan weer terug na ‘n Die liggaam staat van homeostasie dan weer terug na n staat van homeostase

Bespreek nou SLEGS OP AFSPRAAK Sanmari Vosloo Tel: 082 535 0698 E-pos: sanmari.vosloo@gmail.com


32

Nuwe begin vir Voortrekker Garage Sover terug soos 1954 - so lank reeds behoort die Voortrekker Garage en die huis langsaan aan die "Hollander". Alicia (Gerritsen) Bryant vertel trots dat sy die derde geslag Gerritsens is wat in die huis woon. Haar oupa en ouma Gerritsen en hulle vyf kinders het vanaf Nederland verhuis na Piketberg en in die einste huis is haar pa, Ido, in 1955 gebore as die vyfde kind, een van vier seuns. Vir baie lank het die Gerritsens en die Feyts in onderskeidelik die twee kante van die huis gewoon en in die garage gedeelte gewerk. Die Feyts het die boonste deel van die garage ingerig as 'n werkswinkel en verder op in Voortrekkerstraat, waar Nulandis nou is, motors op die vloer gehad om te verkoop. Haar oupa, Piet Gerritsen, 'n boorman van beroep, het die onderste gedeelte van die garage ingerig vir die diens van motors en boormasjiene. Al vier sy seuns het die aanleg vir meganika geërf. Die oudste was ook 'n boorman en het steeds sy besigheid, 'Gerritsen Drilling' in die Kaap en verskaf ook die 'Double Grow' kunsmis wat in Kaap Agri te kry is. Vir baie jare na Oupa Piet Suid-Afrika verlaat het, is 'n deel van die garage as stoorruimte gebruik vir ou motors, waarvoor hy 'n besondere voorliefde gehad het. In die tagtiger- en negentigerjare is die huis uitverhuur aan verskeie mense en het die gebou later van tyd taamlik aandag nodig gehad. In Augustus 2010 het Alicia, oupa Piet se kleindogter, saam met haar man, Tommy, in die huis ingetrek en vir 'n volle jaar het Alicia die houtvloere behandel, sement aangemaak, krake oopgekap en geverf. Helma, Oupa Piet se oudste kind het Alicia baie gehelp en ondersteun vanaf die begin van die huis se restourasie en selfs

4U VERVOER • •

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse 082 660 2470 022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

nou met die werkswinkel. Alicia het groot waardering vir haar Tannie Helma, en dink dat Voortrekker Garage ‘n toekoms sou gehad het sonder haar nie. Intussen het die familie se liefde en talent vir meganika ook in Alicia ontwikkel en het sy ingeskryf vir 'n korrespondensie kursus in dieselwerktuigkunde. In die tyd wat sy vir Tommy leer ken het en in die daaropvolgende nege jaar wat sy met sy pa, Harry, gereeld gesels het en blootstelling gehad het aan sy werk as Alicia Bryant duikklopper oor 52 jaar, het sy Foto: Marietha Goosen ontdek dat dit eintlik haar passie is. Elke bietjie raad, tegniek en fyn kunsies wat sy kon leer by hom het sy "opgegaar" tot nou dat sy haar droom verwesenlik om self duikklopwerk/spuitverfwerk te doen - op geen ander plek as die ruimte waarin haar oupa sy werk gedoen het nie. Alicia blom oor haar werk en sien kans vir enige ding, van motors, bakkies, sleepwaens tot meubels. Verskoon die Engels, maar manne (of vroue) wat weet wat 'stone chipping', 'plastic welding', 'rubberizing' en 'air brushing' is, is die nuwe Voortrekker Garage net die plek om te gaan besoek van Maandag tot Vrydag van 8vm tot 4nm. Let net daarop dat die geskiedenis van die gebou en die storie informele beriggewing is, en hoewel die feite waar is, dit nie getoets is aan dit wat moontlik opgeteken is nie. -Red.

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam

078 148 1771 of

Fourie Lötz 082 660 2470 022-913 3984


33

Nuut By GWM

Ronel Rossouw het onlangs aangesluit by GWM Motors as sekretaresse. Foto: Marietha Goosen

Kontak Margaret 022 913 1777

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator te huur

Piketberg Christian School bied volgende jaar ‘n nasorg fasiliteit vir skoolkinders tussen die ouderdomme van 5-16 jaar. Veilige, omheinde area met fasiliteite vir huiswerk asook ‘n groot speelarea. Tye: 12h00 - 17h30, Maandae - Vrydae Koste: R30 per kind, per dag of R500 per maand. Vir meer inligting of om te bespreek, kontak asb vir Gary Bowers by 022 913 1886 (8vm-1nm) of piketbergcs@gmail.com Beperkte spasie Ouers verantwoordelik vir etes.

Ringskoorsangfees vier 25 jaar

Die Ring van Piketberg hou jaarliks ‘n koorsangfees vir al die gemeentes in die Ring: Piketberg, Porterville, Moorreesburg, Koringberg, Hopefield, Aurora, Redelinghuys en Eendekuil. Vanjaar was die 25ste geleentheid. Komien vd Westhuizen en Alison Müller (Piketberg), Carina Zollner, beoordelaar, Helene O'Kennedy en Braam Theron (Porterville), Mare van der Merwe en Annalene Burger (Moorreesburg). Foto: Jannie Fouche

PIKETBERG LONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS Ons was vol vertoue dat ons op dié stadium die nuus sou kon deurgee dat die Telefoongids reg is om te versprei, maar helaas is dit nie so nie. Ons het onlangs die proewe van die KAAPSE DRUKKERS ontvang, en het gedink dat ons dit binne ‘n dag of twee sou kon deurgaan en goedkeur vir die drukwerk, maar dit was toe nie so eenvoudig nie. Die gehalte van die samestelling van die Gids is glad nie na wense nie, bv. te klein skrif vir die name en telefoonnommers, slordige uitleg, advertensies wat verkeerd ingesit is of glad nie verskyn nie, Eendekuil afdeling wat nie ingesit is nie, ens. Ons is nog in die proses om die proewe deur te werk en u sal verstaan dat dit reël vir reël gedoen moet word en behoort dit binnekort te kan terugstuur na die Kaapse Drukkers vir die korreksies, of liewer vir die her-uitleg van die Gids. Daar is nog steeds adverteerders wat nog nie hulle advertensies goedgekeur het en betaal het nie, ten spyte van ons herhaalde e-posse en telefoonoproepe. Indien u een van hulle is vra ons dat u dit so gou moontlik sal doen. Hiermee vra ons groot om verskoning aan al ons adverteerders en aan die gemeenskappe wat al so lank daarna uitsien om die Gids in die hande te kry. Ons sal alles in ons vermoë doen om die probleem so gou as moontlik opgelos te kry. Kontakbesonderhede: E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269


34

Mud Buddies get dirty

Hierdie groep het deelgeneem aan die Impi Challenge onder die naam “Mud Buddies”. Die jaarlikse byeenkoms was hierdie jaar 12km met 21 hindernisse en het plaasgevind op Lievland Wine Estate tussen Stellenbosch en Paarl. Agter is Karla Conradie, Ricardo de Villiers, Marais Gouws, Herbst van der Merwe, Suzanne van der Merwe, Elmarie Coetzee en Martin Gouws. Voor is Rae-Dawn Sandilands, Soreen Gouws en Hanneke Augustyn. Foto: Edó Photography

Week van Bejaardes

1 - 4 Oktober was week van bejaardes en almal was welkom om Huis AJ Liebenberg te besoek. Inligtingsessies is daagliks gehou om almal op hoogte te bring van die dienste wat die ACVV Piketberg bied. Foto verskaf

Kix besoek Huis AJL

Wie het al daai bome geplant

Die Kix-kinders het weereens die inwoners en personeel van Huis AJ Liebenberg en Bergtuin Aftreeoord verras met ‘n besoek en ‘n geskenkie vir elkeen. Foto verskaf

Foto: Marietha Goosen


35

ACVV Rus ‘n Bietjieklub Die ACVV Rus ‘n Bietjieklub is ‘n groep seniors wat gereeld bymekaar kom en saam kuier, gesels en soms ook rondry en kort toere onderneem. In die afgelope jare is ‘n tradisie gevestig om die begin van die jaar met ‘n vrugtefees af te skop. Dit kon net gedoen word omdat die klub wonderlike donateurs en medewerkers het. In die afgelope jaar het hulle ‘n daguitstappie onderneem na die Paarl-omgewing en verskeie interessante plekke besoek soos Butterfly World en Fairview waar hulle verskillende demonstrasies kon bywoon. Die klub het ook vanjaar deelgeneem aan ‘n Koorfees wat te Langebaan gehou is en hoop om vroeg in 2014 weer daaraan deel te neem, die keer te Lambertsbaai. Enige 60-plusser is baie welkom om aan te sluit. Die ledegeld is R60 per jaar en is betaalbaar by Elmarie van Rooyen by die ACVV-kantoor. Huidige lede moet asb voor 12 Desember hul ledegeld betaal.

ACVV Algemene Vergadering

ACVV-lede geniet 'n kultuurmiddag met geestelike danse, voordrag en rieldans. Die Rieldansers tree onder leiding van Nettie Owies op. Die groep ontvang ook tydens die geleentheid sweetpakke geskenk deur Voorberg Gevangenis. Foto verskaf

Mrs Bean Coffee Shop Skakel Annelize Myburgh by 022 913 3212

vir AANDFUNKSIES soos verjaarsdae en jaareindfunksies Hilda Minnie en Noline Visser geniet die vrugtefees.

Salon Stella Naels Bio Sculpture Gel Naels asook Bio Sculpture produkte. Skakel 073 867 5556

Sonbed Flip van Niekerk e: finefeathers@telkomsa.net * m: 082 615 6747 t: 022 913 1539 * Kellermanstraat 4 * Piketberg * 7320

Spesiale Aanbod verleng tot 31Oktober 2013 R150 vir 10 sessies of R20 per sessie. Skakel 022 913 1638 vir afspraak


36 HoĂŤrskool Piketberg hou Gholfdag

Saam met skoolhoof Marius Scholtz is die wenners van die junior afdeling van die Gholfdag wat op Vrydag 4 Oktober gehou is, Leon Coetzee en Maryke Visser. Foto: Sanet Ackermann

Wenners van die Gholfdag saam met Toni Smuts van Boland Superspar en Marius Scholtz, skoolhoof PHS.

Kissie Bindeman en Erik Engelbrecht was die wenners van die Nie-Gholfers Afdeling. Foto: Toni Smuts

Attie Brand, Charlie Mouton, Calla Ligthart en Marius Scholtz reg om die gholfbaan aan te durf. Foto: Sanet Ackermann

Wenners van die Dames Afdeling.

Die Nexus-span is Abrie Richter, EswĂŠ Visagie van Nexus, Kobus Eigelaar en Johan van der Merwe saam met Toni Smuts van Boland Superspar.


37

HOËRSKOOL PIKETBERG GHOLFDAG DANKIE AAN AL ONS BORGE!!!

MET TROTS GEBORG DEUR:


38

PHS se O/8's leer by die Beste PHS se O/8-Netbalspan is vanjaar afgerig deur Wilmien Treurnicht, self 'n kranige aktiewe Netbalkampioen wat reeds 17 keer deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe. Sy is tans deel van die Weskusspan, vroeër Swartland genoem. 'n Juffrou vir wie "wen" en "verloor" dieper lê as bloot die telbord. Haar motto is dan ook: "Ek verloor nooit. Partykeer wen iemand anders, maar ek verloor nooit". Wilmien is, ondanks haar uitsonderlike prestasies, 'n nederige en dankbare mens. Sy oefen steeds drie Wilmien Treurnicht aande per week Netbal by CitrusFoto: Marietha Goosen dal en Moorreesburg en tussendeur doen sy saam met haar kinders, AJ 6jaar en Annelie 3jaar, fiksheid terwyl hulle op hulle fietsies saamry. Sy speel sedert haar st. 5-jaar by FD Conradie op Prins Alfred Hamlet en later in Hoërskool Charlie Hofmeyer, vir haar skool se eerste span en vir die provinsiale span - tot en met dié jaar, elke keer as Verdediger of Hulp verdediger. Tydens haar studiejare aan OKB op Wellington, was sy deel van die O/19-Elite Squad. PHS is dankbaar vir ouers soos Wilmien, wat hulle tyd en kundigheid deel tot voordeel van die skool.

Fox Build it Sokkertoernooi Fox Build it het hulle jaarlikse 0/13 sokkertoernooi gehou op Saterdag 28 September te Piketberg se Watsonia sportgronde. Tien spanne het meegeding. Die spanne van Velddrif, Ashton Villa en Steynville het tot die finale deurgedring. Velddrif het egter met die louere weggestap. Moutons Valley word bedank vir hul bydrae asook almal wat die toernooi ondersteun het.

Die wenspan—Ashton Villa. Berig en foto verskaf

Ritmiese Gimnaste blink uit

PCS Leerders presteer

Nicholas Swart van Piketberg Christen Skool is opgeneem in die o/10 Wes-Boland Tennisspan. Foto’s: Deidre Swart

Andrea Visser van Piketberg Christen Skool het deelgeneem aan die Onafhanklike Christen Skole se Nasionale Atletiekkampioenskappe gehou in Pretoria vanaf 13 tot 15 September. Andrea het deelgeneem as deel van die Bolandspan en uitstekend gevaar en ‘n Silwer medalje behaal in Gewigstoot.

Die Piketberger wens alle Matrieks sterkte toe met hul eindeksamen

Ané Nelson wys ‘n paar van haar roetines by die onlangse SA Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in Durban waar sy 7de geëindig het in haar ouderdomsgroep, o/15. Foto: Alta Nelson Milah Baard wys al haar medaljes wat sy gewen het by die SA Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in Durban. Milah is aangewys as die algehele wenner in haar ouderdomsgroep, o/13. het ‘n eerste plek behaal. Foto: Chrisna Baard Baie geluk aan Tina Piek van Lill, afrigter van Reach Ritmiese Gimnastieklub.


39

Net ’n paar van ons watertand geregte teen bekostigbare pryse ONTBYT - R19.95 DAGWOOD - R 34 CHICKEN STRIPS - R20.95 RIBS EN CHIPS - R34 UP & GO BURGER - R14 BUFFALO WINGS - R28

BUSTA BURGER SPECIAL - KOOP EEN KRY EEN GRATIS – R24 ELKE MAANDAGAAND GROOT VERSKEIDENHEID HEERLIKE BURGERS

GEHALTE KOS TEEN BEKOSTIGBARE PRYSE Tel. 022 913 8006


40

Skoolverwisselingskampe op Bridgetown vir 25 jaar deur Gerda van Schoor Dis weer Graad 7-Skoolverwisselingskamp, dis begin van die September-vakansie en ons sit by die huis, ek en my man (oom Jan soos almal hom by die kamp op Bridgetown geken het). So sit ons en gesels, “Ek wonder wat hulle nou doen”, of “die kringleiers is seker nou besig om die watergat voor te berei vir die modderbad” en wat van die heerlike “praise and worship”. Wat ons egter besef het, is dat die Here ons elke keer bewus gemaak het van die kamp (of kort-kort deur die naweek) en dat ons dan moet voorbidding doen. Ons was so deur ouers en onderwysers se gebede gedra en daardie gebede kan nie ophou nie. Solank daar gekamp word, elke oomblik van die dag, is almal en alles afhanklik van die Here. Ons eie paadjie met die kamp het gekom van 1987 af dat Jan gevra is of hy nie betrokke wil raak by die VCSV se Skoolverwisselingskampe nie. Sy eerste kamp was in Bainskloof, naby Wellington. Al die voorbereidings en reëlings is hier van Redelinghuys af gedoen, en wanneer die September-vakansie aanbreek, gaan hy vir die volgende vier of vyf dae kamp. Sy ervarings was vir hom elke jaar kosbaar en hy het nooit moeg geraak om sy alles te gee vir hierdie kampe, die kinders en kringleiers, nie. Die behoefte het by die VCSV ontstaan dat daar ’n kamp vir die Weskus-gebied ook gehou moet word. Hy het daartoe ingestem en so het die kampe op Bridgetown begin. Die kampe was soos ’n baba wat elke jaar soveel tandpyne en winde meegebring het. Hierdie tandpyne en krampe, in die vorm van administrasie, al die briewe wat aan die skole gestuur moet word met die uitnodigings na en inskrywingsvorms vir die kamp, die uitwerk van die program, die aanpassing van die spyskaart en aankope, ens., was elke jaar die moeite werd. Ons was elke keer so verras-geseën deur die Here, dat ons maar net weer en weer gesê het, ‘sien julle weer volgende jaar, as dit Sy wil is’. Aan die beginjare was daar nie elke jaar genoeg kringleiers nie en was die kringetjies maar groot. Maar, so met die tyd het die kamp ingeburger geraak. Vir talle Gr 7kinders was dit hulle eerste ondervinding van ’n totale oorgawe aan die Here en het dit vir hulle later noodsaaklik geword om terug te kom as kringleier en in te ploeg wat hulle self by die kamp ontvang het. My man se droom het bewaarheid geword – dat die kringetjies gemiddeld vyf moet wees, sodat daar goeie dinamika binne die kring en heerlike interaksie tussen die kringleier en kinders kon wees. Sodoende kon die kringetjie ’n onderlinge sterk band vorm en was die kringleier se verantwoordelikheid teenoor hierdie klein groepie makliker. Dit het ook gebeur dat daar ’n jaar of twee was wat daar twee kringleiers per kring was, maar sover moontlik het ons probeer om almal te akkommodeer, want wie sê, dalk het die Here juis ’n afspraak met daardie kind of kringleier gemaak om te kom. Ons uitgangspunt was, laat die wil van die Here geskied, Hy sal sorg vir die regte hoeveelheid kringleiers vir die kinders wat na die kamp toe wil kom. So deur die jare het ons wonderlike karakters op die kamp gehad. Een jaar was daar ’n seun wat met “crackers” daar aangekom het en wat dit met alle mag wou skiet, ander het met verskillende messe opgedaag. Dan was daar ’n kringleier wat nie ’n oggend-mens was nie. Wanneer hulle hulle eerste kringetjie in die oggende moet hou kon hy nie sy oë oophou nie, maar hy het geweet hulle moet aangaan

(ag tannie, kan ek nie maar nog bietjie gaan slaap nie?) Dan was daar, wat so heerlik kitaar kon speel en sommer net kon begelei. Die lofprysings het ook oor die jare verander van kitaar- en klawerbord begeleiding na CDbegeleiding, maar dit het nie afbreuk gemaak aan die oorgawe van heerlike samesang nie. Verder kan ek nie eers begin met name noem van uitstaande persone oor die aflope jare nie, hulle was te veel. Elkeen het op ons ook ’n blywende indruk gemaak. Daar is nou nog van die kringleiers en kinders aan wie ons dink en hulle aan die Here opdra – waar hulle ook al is. Ma-Baker (Lezaan Visser), die kos-ma, was ook ons steunpilaar die afgelope 12 jaar. Gewoonlik so teen Augustus laat sy net weet ‘ek kom weer kamp’. Ek en Jan het die voorrade elke jaar voor die tyd gaan aankoop, dit in die kaste gaan uitpak, en Lezaan het ingestap en kos gemaak – lekker kos. Waar’s die jaar toe sy en Juan (Pa-Baker) frikkadelle wou maak, maar toe met iets wat soos ’n berg vleis lyk, geëindig het. Saam met die aankope het ons natuurlik ook vir etlike jare ons huweliksherdenking sommer langs die lang tafel in die kombuis op Bridgetown gevier met ’n worsbroodjie en koeldrank. Een jaar het dit ook gebeur dat ons tydens die kamp ons 25ste herdenking gevier het. Jan was vroegoggend (vir die oggendopening saam met die kringleiers) op pad kom-buis toe. Hy word voorgekeer, sy hare pienk gespuit en hy kry ’n strikdas om aan te sit. Onbewus van alles kom ek ’n tydjie daarna daar aan en kry ook pienk hare en ’n kroontjie om op te sit. Wat ’n heerlike verrassing. Vir die afgelope agt jaar het Driaan Pretorius ook by ons aangesluit by die kamp. Sy en Jan se verantwoordelikhede het mekaar aangevul en so kon ons elke jaar net al die eer aan die Here gee vir ’n kamp van soveel seëninge. Dat niemand ooit erg beseer was nie, was genade. Daar was maar hier en daar skete en pyne – ’n val, skrape, naarheid en seker die grootste verpesting – die muggies en blindevlieë. Maar die afgelope twee jaar het ’n bakkie met Aqueous cream en Citronella permanent op die tafel gestaan en elkeen wat verbykom, kon maar net aansmeer. Die Here het oor al die jare vir ons net meer en meer bewus gemaak van hoe belangrik dit is dat die Evangelie aan die jongmense uitgedra moet word. Hierdie geleent-hede was vir ons kosbaar en dit het ons self ook versterk. Die entoesiasme van die kringleiers en die kinders, die tye wanneer hulle stil geword het voor die Here in hulle persoonlike stiltetyd of in die kringetjies was iets besonders. Dit het elke keer gevoel soos ’n heilige tydjie, met ‘n sterk bewustheid van die Here se teenwoordig-heid, net daar, by elkeen individueel. Nou, wat nou vorentoe? Miskien sal ons weer aan so iets dink, maar mag die Here ons daarin lei en duidelikheid gee. Vir al die jare wil ons aan die Here al die eer kom gee. Ons wil aan elkeen, elke ouer, onderwyser, vriend/ vriendin of gemeentelede, baie dankie sê vir die voorbidding wat ons ontvang het. Ook vir almal wat bygedra het tot die groter prentjie, naamlik dat daar kampe aangebied kon word waar jongmense kon speel en lag, sing en jubel, stil kon raak voor die Here, Hom in hulle lewens kon inlaat en huis toe kon gaan met ’n hartsgesindheid wat verander het. Graad 7-kampe op Bridgetown sal altyd ’n groot herinnering in ons lewens wees. Elke jaar met die aanbreek van die September-vakansie, sal die heimweë na die kamp gekoester word, maar sal ons gebede ook steeds daarvoor wees. Waar Driaan vanjaar die kamp vir die eerste maal alleen moes hanteer, is ons met dankbaarheid saam met hom bly oor die verloop van die kamp. Mag dit vir hom ook nie net nóg ‘n werk wees nie, maar ‘n heerlike en kosbare vreugde.


41

Bridgetown Manewales

Staaltjies uit die verlede Deur Ds Breytenbach

Kosspan 2011 Ma-Baker (Lizaan Visser), Pa-Baker Paintball

Waterspeletjies

Hulp in die Kombuis

Etenstyd

'n Paar boere in die Sandveld het elke jaar in die winter so 'n bietjie gaan jag en hulle nooi toe die predikant saam. Hy was baie sterk gekant teen die gebruik van alkohol. Na die jag kom almal saam by een van hulle se huise om die bokke so gelykop moontlik onder mekaar te verdeel, weer oor die jag te gesels en hulle koue, honger lywe aan te klam met 'n drankie van sy keuse. Elkeen kry toe kans om te sê wat hy verkies en die predikant sê toe hy sal 'n glas melk verkies. Die skinkery vind in die kombuis plaas en die bediening in die eetkamer - maar die skinker was 'n platjie en hy hooi die predikant se glas eers half met brandewyn en toe verder vol met melk. Die manne raak aan die gesels en hulle praat so hard en elkeen reken hy was die beste jagter van die dag. Die predikant was ook heel spraaksaam met 'n ongewonde harde stem. Toe daar so 'n effense stilte kom, sit hy sy leë glas so hard op die tafel neer en sê: "Broer, wat wil jy hê vir hierdei mofkoei van jou?" Ek het ook 'n predikant geken wat niks met alkohol te doen wou hê nie. Maar my vrou het altyd vrugtekoek in die huis gehad om voor te sit vir gaste en ons het altyd brandewyn gehad - meer as moontlik medisyne - en omdat vrugtekoek maar geneig was om droog te wees, het sy dit ruimskoots klam gehou met die brandewyn. As die ou broer by ons aan huis kom, word die vrugtekoek aangebied en hy eet sommer twee stukkies en geniet dit baie sonder om navraag te doen hoekom dit dan so lekker is. Die predikant het pas in die gemeente gekom en wou graag die lidmate by hulle huise besoek om kennis te maak. 'n Lidmaat en ook ouderling wat die gemeente goed geken het, gaan toe saam en hulle begin in Kromrivier wyk. Hulle het die voormiddag 'n paar huise besoek en toe middagete gekry by 'n sekere huis, waar hulle ook 'n bietjie sou gaan rus na ete. Die stoepkamer het 'n outydse dubbel koperkatel gehad waarop saamgeslaap moes word. Die mat van die bed het al sy dae gehad en 'n los mat is bo-oor neergesit. Dit word toe 'n hoë affêre, want die matras en bulsak kom ook nog bo-op, sodat 'n mens eintlik moet gaan aanhaal om op die bed te kom. Die ouderling het sommer gou van die nodigste klere ontslae geraak en na sy plek teen die muur aangeskuif. Die predikant was baie presies en het langer geneem en het eintlik effens gesukkel om langs die ouderling sy lê te kry. Intussen het die los mat uit posisie geskuif en toe die predikant se gewig bykom, kantel die hele spul skuins, sodat die predikant eerste afskuif en toe die ouderling agterna, sodat altwee op die vloer beland en onder die bed moes uitkruip na groter veiligheid. Van rus het daar nie veel gekom nie en hulle het maar gou weer aangetrek en voortgegaan met hulle besoeke. Dit het in die begin maar swaar gegaan om op die Berg te boer. Tabak van 'n goeie gehalte kon darem gekweek word. Die predikant gaan besoek toe die lidmate daar en kom by 'n sekere huis. Die vrou sê toe haar man is besig om twak te spin in die twakhuis. Die predikant sê toe die vrou moet haar man laat roep, hy moet alles los en huis toe kom. Die man laat toe weet dat as die predikant hom wil sien, moet hy na die twakhuis kom. Daar gekom, sê die predikant hy sal 'n stukkie uit die Bybel lees en dan moet die man die gebed doen. Die man sê toe, nee dominee, kom spin jy eers 'n lengte tabak - doen jy eers my werk, dan sal ek jou werk doen! Die predikant het nie kans gesien vir die spinnery nie en het toe maar die gebed ook gedoen.


42

Hope vermaak vir oud en jonk by Zebrafees Foto’s: Kenneth Smit en Ilse Bruwer


43

POTJIEKOS KOMPETISIE 2013 ALGEHELE WENNERS - DIK DOGS

WENNERS BESTE GEES!

2DE PLEK - PLAASJAPIES

LUCKY DRAW!

3DE PLEK - MARIO BROS

BOLAND SUPERSPAR PERSONEEL

WENNERS - BESTE STALLETJIE

Ons het vanjaar weer pot gemaak met ‘n rekord aantal stalletjies wat deelgeneem het. Die windjie was wel koel, maar die atmosfeer was vuurwarm! Links bo: Dik Dogs was die wenner van die Beste Pot. Bo - middel : 2de Beste Pot was die wenners: Die Plaasjapies, Kobus Rossouw en Suzette Rossouw. Saam met die wenners staan Delanie Jooste (Departementebestuurder), Marietjie Pedro (Winkelbestuurder) en Toni Smuts (Skakelbeampte). Beoordeelaars was Judith (Crown National), Jan Braai, Antonio Redelinghuys en Hermann Hellemann. Ook aangewys was die wenners van die Beste Gees en Beste Stalletjie.

Die Boland Superspar Koekversier kompetisie was ‘n reuse sukses!! Dankie aan al die maatjies wat deelgeneem het en vir die ouers wat vir ons kom ondersteun het.

Vir meer fotos van die koekversier - en Potjiekos kompetisie besoek Boland Superspar se Facebook blad.


44

VOTE FOR US AND WIN!

Sally Dietrich IM YOUR BUTCHER!

Hansa Pilsner yskas wenner by Tops!

Baie geluk aan Johannes Lewies wat die Hansa Pilsner yskas gewen het. Ashwille Fredericks oorhandig hier die yskas aan hom. Daar is elke maand iets wat weggegee word. Besoek Tops vir meer inligting! Boland Superspar borg PHS Golfdag 2013 DE HOEK

Piketberger november 2013 (final)  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you