Page 1

1

Jaargang 20 Nr. 4

www.piketberg.com

Mei 2013

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Rugby sonder grense vir Jacques

Jacques Rossouw, PHS-hoofseun van 2011, afgeneem oppad Argentinië toe as deel van Suid-Afrika se Jong Bokkie oefengroep. Foto verskaf

Piketberg is baie trots op Jacques Rossouw, wat ten tyde van die skryf van die berig, in Argentinië rugby speel as deel van SuidAfrika se Jong Bokkie Oefengroep. Tot dusver het Jacques ‘n kleurryke rugbyloopbaan gehad wat hom oor die lengte en breedte van die landsgrense neem. Tydens sy graad 11– en 12-jaar in 2010 en 2011 is hy gekies vir die Boland Cravenweekspan. Na skool het hy ‘n O/19-Bloubul geword en hoewel hulle in die eindstryd teen WP verloor het, was Jacques die derde beste puntemaker (119 punte) in die kompetisie. In dieselfde jaar speel hy vir Tukkies se Young Guns en hy teken 25 van die 35 punte teen Maties aan, oa twee drieë. Hy het onlangs weer vir Tukkies se Young Guns uitgedraf waar hy 20 van die 52 punte teen Maties aangeteken het, oa een drie. Tuks het in beide 2012 en 2013 as wenners uit die stryd getree. Jacques het gemaak dat trotse Maties plek-plek vir Tuks geskree het. Piketberg is met reg trots hom –Red.

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Droom Dorp Projek...p6 PHS Revue ...p10 Bruidspare...p12 Enjindag...p18 Tuinbounuus...p18 Huis AJL se Lang tafel...p20 Proefstudente...p24 Franse Toer...pp26,27 Platteland Netbal...pp28,29 PHS Sport Erekleure..p30 Caron kry graad...p30 Boland Elite...p30 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

℡ 022 913 1939 022 913 2404


2

Redaksioneel

Briewe van ons lesers...

Die hart van die koerant Ek kry ‘n oproep van Media 24 wat hulle data oor plaaslike publikasies op datum kry. Ek herinner my vaagweg aan sulke oproepe in die verlede, maar heel waarskynlik is dit elke keer ‘n nuwe persoon in die pos wat die belwerk doen. Vrae soos die koerant se adres, formaat en wie die eienaar van die koerant is. Ek kan die ongeloof en verbasing in haar stem hoor dat daar geen eienaar is nie. “Die koerant word gedoen deur mense wat ‘n hart vir hom het”, probeer ek verduidelik “en die strekking daarvan is slegs goeie opbouende nuus”, gaan ek voort “en in September vier ons 20 jaar van goeie nuus” borduur ek…. Ek glo daar’s meer sulke publikasies in kleiner dorpe, maar ek brand om te weet hoeveel bestaan al vir 20 jaar. Ek vra haar om ons te laat weet, maar helaas “iemand anders verwerk die inligting en sal dit weet”, sê sy. Net om die gesprek toe af te sluit sê ek: “En voor die mense wat die hart het, die koerant los, sal hulle eers sorg dat dié wat oorneem, wel die hart het. Dankie aan almal voor my wat die hart (gehad) het. Marietha

TO LET Grootkraal smallholding @ HET KRUIS, PIKETBERG

R 5,000.00 pm – long lease Property size – 2 hectares. Suitable for tunnel vegetable/seed farming/artist’s studio/ semi retirement: 1 x very spacious 3/4 bedrd farmhouse, indoor braai room, 2 bathrms, XL kitchen-built in cupboards,1 x large barn, big open field, soil & water analysis reports. Borehole water, fenced & very secure/safe. 3 phase Eskom power can be activated. Contact the owner for info or to view: Mr Michael Roberts 0724550350, 021 7615264, mrprojects@mweb.co.za

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie

Nico en Mieta Basson en gesin skryf…. Ons as ‘n Basson familie wil graag vir die Piketberg gemeenskap ‘n groot dankie se vir al jul liefde, gebede, boodskappe, drukkies en ondersteuning sedert 12 April. Magdel en Luke se seuntjie, Benjamin Michael Hounsom, se kort lewe het diep spore in ons harte kom trap. Jul gebede het ons werklik kom dra in ‘n baie hartseer tyd en daarvoor is ons baie dankbaar.

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698

Masel– en Polioveldtog Die Nasionale Departement van Gesondheid beplan ‘n landwye veldtog vir alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar. Hierdie veldtog se inentings is ekstra, dus beteken dit dat indien die kind alreeds alle inentings by die kliniek ontvang het, is dit belangrik dat die kind hierdie ekstra inenting kry om te verseker dat Polio en Masels heeltemal uitgeroei word. Hierdie ekstra inenting sal die kind beskerm teen hierdie siektes in geval van uitbrake. Die kinders wat binne hierdie groep val is as volg: Kinders 0 - 4 jaar en 9 maande kry polio druppels. Kinders 9 maande — 4 jaar en 11 maande kry polio en masel inspuiting. Die datums van hierdie veldtog is as volg: 29 April – 17 Mei: Eerste rondte: Kinders ontvang polio druppels en masel inspuiting. Polio gaan weer gegee word aan alle kinders 0 — 5 jaar in Junie 2013. U sal later die datums hiervoor kry. Die Gesondheidspanne gaan eers die kleuterskole besoek en daarna sal die spanne in die strate beweeg. Wees op die uitkyk vir die spanne, en maak seker u kind word ingeënt. Indien enige onduidelikhede, besoek u naaste kliniek, of kontak Sr Elzet Dietrich. PGS: Assistent Bestuurder, Bergrivier Subdistrik.

(diepiketberger@gmail.com)

Huis te huur Woonhuis te huur met vier slaapkamers op kleinhoewe naby Redelinghuys. Krag is betaalbaar. Kontak 084 247 2307

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796;

Benodig Vrywilligers!

Advertensies: diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Asook Skenkings van tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en hondehokke of … Hierdie advertensie borg ‘n sterilisasie! word geborg deur Kontakbesonderhede: Sam en Berenice Scheepers

Minette: 079 249 1535 Beryl--Ann: 071 828 7952 Beryl animalwelfarepiketberg@gmail.com

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374


3

uit te vind hoe u


4

Kekkel & Kraai deur Jannie Lategan

Roosmaryn Hoender

Blouberg...Paasnaweek 2013

350ml melk 15ml mosterdpoeier 1 pakkie “Chicken a’la King” droë sous-mengsel 6 Hoenderborsies, vel verwyder 2,5ml roosmaryn Broodkrummels

Op Blouberg is dit vandag ‘n grou dag. Die see is onrustig en die Suidoostewind (die Kaapse Dokter) woed met onreëlmatige en stormagtige sterkte oor die see. Daar is ‘n gevoel van troostelose ontredderdheid hier tussen Leeukop en Robbeneiland. Die skuim en sandgevulde branders, slaan hulle woedend te pletter tussen die rotse op die kus en spoel oor die blou mossels op die voorgrond. Groot vragskepe beweeg waggelend deur die groot seepoort om dan anker te gooi terwyl hulle willoos in die rondte draai. Die gesondheidsbewuste drawwer veg vooroorgebuig teen die wind op om sy daaglikse ritueel te doen. ‘n Erg verwaarloosde boemelaar met sy “geroeste” baard, se ou verflenterde baadjie word deur die wind van voor opgeblaas en ‘n reuse haakspeld klou hardnekkig om die baadjie toe te hou...daar waar lank terug ‘n knoop was. Daar is iets in die weer wat vertel van die naderende Winter. In kontras met die weer daar buite, is daar tog iets binne jou wat jou laat afskakel van die elke dag se lewe van kom en gaan. Die wispelturigheid van die landskap, alhoewel ‘n teenpool, bring sinvolle herinneringe na vore na sò baie wat hier teen die see met familie en vriende saamgedoen was. Heimweë is so ‘n realiteit van die lewe wat, soos die eb en vloedgety, kom en gaan. Die “Kite Surfers” buit die buitengewone stormagtige see uit om hulle sport met oorgawe uit te lewe. Hulle tart en dartel met ongelooflike vaardigheid oor die kruine van die verswelgende branders. Voordat die watermassa hulle straks kan insluk, word daar flink aan ‘n tou gepluk en vlieg hulle dan soos akrobate die lug in. Vir die depressiewe en mistroostige, is dit nie ‘n dag wat kan inspireer en moed gee nie, maar wat veel eerder die swaar belaste gees wil saamsleep in die donkerte van die robuuste waters. Die wit seemeeu staan hinkend op sy een been en sukkel om sy balans in die woedende weerbarstige wind te behou. Hy hou egter toesig oor sy maats wat meeding om ‘n verdwaalde onverhoedse vis uit die see op te raap. Rustig of onrustig, daar bly ‘n voortdurende hunkering van die mens om telkens weer en weer die see te besoek en die moeë siel in die water te baai. Die klanke en onreëlmatige ritmes van die see, is beslis salwend vir die tam gees. Wat ‘n voorreg om van agter die beskutte glaspanele, na die weerbarstige toneel hier reg voor jou voete te kyk. Te wonder, te droom, te verlang en selfs ‘n troupaartjie te sien wat op die seesand trou aan mekaar kom belowe.

Ondersteun ons adverteerders

Voorverhit oond tot 180°C. Meng pakkie sous met melk en giet in ‘n kastrol en bring sous tot kookpunt, roer tot dik, roer mosterdpoeier by. Plaas hoenderborsies in oondbak en giet sous bo-oor. Strooi broodkrummels en roosmaryn bo-oor. Bak @180°C vir 35—40 minute tot goudbruin en gaar. Bedien met rys en gestoomde groente.

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Nuwe Wintersvoorraad beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir advertensies en berigte 14 Mei 11 Junie 16 Julie 13 Augustus 10 September 15 Oktober 12 November

Die Piketberger verskyn 23 Mei 21 Junie 25 Julie 22 Augustus 19 September 24 Oktober 21 November

Winkel

022-913 2418

022-942 1787 Riana Smit

022-942 1787

082 921 1977


5


6

Droom Dorp Projek

Theuns Coetzee, regs agter, van Bonnievale het op Piketberg kom gesels oor die (skoon) Droom Dorp Projek. By hom agter staan Dave Ferguson van Praktika, Georgia Esau, Toerisme beampte, Jaendri Smith, ACVV Maatskaplike werker, Alida Lintnaar van Alida’s Naaldwerksentrum en Rhema en Eliz-Mari Liebenberg van Org de Rac. Voor is Jackie Ferguson, Piketberg Tuinbouklub en Elsabé Liebenberg, Voorsitter ACVV Piketberg. (Lees die Munisipale Bestuurder se kolom hiernaas.) Foto: Marietha Goosen

Zebrafees 12 Oktober Inskrywings nou oop vir Potjiekoskompetisie Kontak Toni Smuts 022 913 1163

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS Hiermee net ‘n kort opdatering oor die vordering met die Lions Telefoongids. Die tenders vir die voorblad advertensies het teen einde Maart uitgegaan, en ons is nou besig om die toegekende tenders (in volkleur) op die voorblaaie van die Gids uit te lê. Sodra dit klaar is en ons alles vir die soveelste keer nagegaan het, is ons min of meer gereed om dit na die drukkers in Wellington (Paarl Litho) te stuur. Dankie aan almal vir u advertensies, en vir diegene wat laat weet het van veranderinge of nuwe inskrywings wat gedoen moes word. Die kwaliteit van die Telefoongids hang grotendeels af van die inligting wat ons van u, die gebruiker daarvan, ontvang. Kontakbesonderhede: E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Ek het ‘n passie vir ‘n skoon en netjiese dorp. Dit kom eintlik van my ma af. Sy kan nooit verby rommel loop sonder om dit op te tel nie. Maak nie saak waar ons is nie. Ek onthou hoe ons as kinders eers die strand in Stilbaai moes skoonmaak voordat ons kon swem en baljaar. As kind (en veral tiener) het ek erg gerebelleer, maar vandag doen ek dit self! Maar hoe kry mens ‘n dorp skoon en netjies? Die Munisipaliteit spandeer baie geld, tyd en hulpbronne hieraan. Ek kom van Stellenbosch af waar ek 17 jaar vir die Munisipaliteit daar gewerk het. In 2005 is ek die uitdaging gegee om te sorg dat hulle die kompetisie wen vir die skoonste dorp in die land. Op daardie stadium was Stellenbosch en omringende dorpe besonder vuil en het hulle 24ste gekom uit 30 Munisipaliteite. Toe spring ons aan die werk! Die eerste jaar daarna het ons die toekenning gekry vir die beste vordering en die volgende jaar was ons tweede. In 2011 wen ons toe die verfraaiings-afdeling van die kompetisie en word aangewys as die skoonste dorp! Die enkele mees suksesvolle faktor was nie die hoeveelheid geld of hulpbronne wat bewillig is nie (daar was nie baie fondse nie), maar die inkoop van elke inwoner om te help om die dorp skoon te maak. Skole, kerke, banke, sportspanne, besighede, nie-regeringsorganisasies en vele ander het ingespring en gehelp deur elkeen ‘n deel van die dorp “aan te neem” en skoon te hou! En daar was genoeg individue wat saam besluit het “genoeg is genoeg” en begin het om die morsjorse aan te spreek. Ek wil elke Piketberger vra om asseblief saam met ons te werk! Ons wil Piketberg een van die skoonste dorpe in ons land maak. Op die oomblik is Piketberg die onnetste dorp in Bergrivier. Kom ons verander dit! Ons kan. Ek het in Maart 2013 saam met al ons skoonmaakspanne deur die dorp gestap en gewys wat die standaard behoort te wees. Daar is plekke in ons dorp wat ek verslae staan en wonder of hier ‘n Munisipaliteit is. Daar is reeds groot vordering gemaak. Ons het ook ‘n hele span tydelike wer-kers aangestel wat help. Maar daar is ook ruimte vir verdere verbetering. Indien u as gesin, organisasie, skool, besigheid of enige ander entiteit hierby betrokke wil raak, kontak my asb by 022 913 6011. Ons sal baie graag saam met u werk. Ek gee ook terugvoer soos belowe in Die Piketberger van Maart 2013. Die Munisipaliteit het ‘n onafhanklike ondersoek deur Provinsie laat doen oor die oorsake van die waterkrisis in Januarie 2013. Die finale verslag is ontvang gedurende April 2013 en die ondersoek het bewys dat geen werknemer van Bergrivier Munisipaliteit nalatig was nie. Die volledige verslag is beskikbaar op www.bergmun.org.za

Die volgende Piketberger verskyn op 23 Mei. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 14 Mei om 17:00


7

BUSTA BURGER BUY ONE GET ONE FREE TOTAL WINKELSHOEK

Tel.022 913 8006


8

Belydenis Groep

God ken jou drome

Op Sondag 14 April het hierdie groep matrieks Belydenis van Geloof afgele in die NG Kerk Piketberg. Saam met Ds Martin Goosen is agter van links Michelle Langenhoven, Johmine Croeser, Retha Eksteen, Ané Venter, Marian Stone, Manté Louw, Juné van der Westhuizen, Claudia Burger, Duan Mostert en Wynand Smit. Voor is JJ Stander, Lylani van Lill, Stephan Breunissen en Wege Olivier. Foto: Marietha Goosen

PHS Revue — Vrydag 10 Mei Kaartjies te koop by Lindie Jordaan @ PHS

R40 volwassenes R20 kinders

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK

Die rangskikking by die NG Kerk se Belydenisaflegging is gedoen deur twee van die ouers, Gerna Croeser en Biddy Langenhoven. Die sirkels simboliseer God se oneindige en volmaakte liefde. Die verskillende kleure rose, voorsien deur nog 'n ouer, Ester Olivier, verteenwoordig die verskeidenheid van God se kinders. Die droomvangers herinner ons aan God wat van al jou drome weet, die goeies en die slegtes. Die kruisies in die middel van die sirkels simboliseer die hoop dat die middelpunt van die kinders se drome die Here sal wees. Die kruisies is gemaak deur Louis van Sittert van Louisco Ingenieurswerke. Die spieëltjies laat ons daaraan dink dat ons na die beeld van God geskape is. Foto: Marietha Goosen

Klavierstemmer MAANDELIKS ETE BY SPUR

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere.

DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

‘n Klavier moet minstens een keer per jaar gestem word.

022-913 2646

Kontak Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276 Opgelei te Worcester.


9

produkte is die volgende:

pasiĂŤnte

tel. 022 913 1747


10

Live While We’re Young Revue

VLV Nuus

Tydens die afgelope konferensie van die Vroue Landbouvereniging van Sirkel Weskus wat te Moorreesburg gehou is, het Piketberg-tak vir die tweede agtereenvolgende jaar die meeste punte in die Huisvlyt Kompetisie-afdeling behaal. Van links verskyn Nicoline Brown, Frannie Botha en Alta Vos wat artikels in hierdie afdeling ingeskryf het. Frannie het 'n eerste prys in preservering en Alta 'n tweede prys in Mikrogolf Gebak behaal. Alta se lekkers en Nicoline se gebak het verder bygedra tot die verowering van die trofee. Foto: Riana Richter Die hoofkarakters in die Revue “Live While We’re Young” is agter Timotheé Luyt, Johmine Croeser, die skrywer van die Revue, Alison Müller, musiekonderwyseres, en Malcolm van der Merwe. Voor is Ané Venter, Alan Willemse en Annina Bester. Die Revue beloof baie sang, musiek en dans—dit is ‘n kombinasie van Romeo en Juliet en Grease. Twee PHS oud-leerders, die broers Christo en Morné Smit, gaan as gaskunstenaars optree. Die Revue vind plaas in Hoërskool Piketberg se skoolsaal op Vrydag 10 Mei om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by Lindie Jordaan by PHS @ R40 per volwassene en R20 per kind. Onder is die revue groep. Nicoline Brown en haar huishulp, Jacqueline Marcus, links, het deelgeneem aan die "Kombuisgodinne" kompetisie wat deur die VLV van Kaapland geloods is en derde in Sirkel Weskus geëindig. Met die hulp van Nicoline moes Jacqueline 'n teetafel met verversings vir ses persone voorberei en voorsit. Foto: Soreen Gouws

Zebrafees 12 Oktober Het jy iets om te verkoop by die Zebrafees? Aansoekvorms vir stalletjies beskikbaar by Elizna Visser 072 874 5221


11


12

Die liefde seëvier

Stefan le Roux van Worcester en Danelle van Rooyen is op 5 Januarie by Breede Escape, Bonnievale getroud. Foto: Esmarie van Zyl Henno Langeveldt, seun van Hennie en Johanna Langeveldt en Anushka Mantri is op 22 Maart by Kolping Gastehuis in Durbanville getroud. Foto: Vanessa de Villiers Stuur jou troufoto’s na diepiketberger@gmail.com

Finaliste in Trou Skou

André Vos, oud-PHS leerder en sy verloofde, Leoumé Diedericks, het onder die eerste 25 finaliste gekom uit 2500 inskrywings in Die Burger se “The South African Wedding Show”. Hulle bly tans op Hermanus. Foto verskaf


13

Tender vir Koffiewinkel by Krismiskous (3-7 Desember 2013) Graag wil ons julle nooi om ‘n tender in te sit vir die Koffiewinkel by Krismis-kous. Die aansoeke moet vergesel word van ‘n volledige spyskaart, pryslys, en ook ‘n plan van hoe die koffiewinkel se dekor gaan lyk. Ons wil ook graag weet hoeveel kelners u gaan gebruik en die drag van die kelners moet beskryf word. Aansoeke kan per e-pos gestuur word na krismiskous@mweb.co.za. Aansoeke sluit op 31 Mei 2013. Moenie hierdie geleentheid misloop om deel te wees van ‘n ongelooflike gebeurtenis op die kalender nie!


14

Wat sê die reg? Kan jou prokureur jou verteenwoordig by die KVBA (CCMA)? Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) se reëls laat in die algemeen regsverteenwoordiging toe tydens arbiChristelle de Villiers trasies, met een belangrike uitsondering. Wanneer die dispuut handel oor die billikheid van ‘n ontslag as gevolg van óf wangedrag óf onbevoegdheid van die werknemer, bepaal die reëls dat jy nie op regsverteenwoordiging geregtig is nie. Die voorsittende kommissaris beskik wel oor ‘n diskresie om regsverteenwoordiging toe te laat indien – Die kommissaris en al die partye daartoe toestem, of die kommissaris bevind dat dit onredelik sou wees indien jy verplig sou word om die dispuut op jou eie en sonder regsverteenwoordiging te hanteer. In ‘n onlangse beslissing van die Hoë Hof, is hierdie verbod op regsverteenwoordiging as ongrondwetlik en arbitrêr bevind. Die Hof skort hierdie bevel van ongrondwetlikheid vir ‘n periode van drie jaar op, sodat die relevante reël vervang kan word. Let wel dat die nuwe reëls nie voorsiening hoef te maak vir onbeperkte regsverteenwoordiging nie – die nuwe reël sal daarom waarskynlik steeds beperkings op regsverteenwoordiging daarstel, maar wel ‘n wyer diskresie aan die kommissarisse verleen. Die geldende posisie. Beteken dit dat jy nou outomaties geregtig is op regsverteenwoordiging tydens hierdie tipe arbitrasie? Die antwoord is steeds nee. Die Hof het die verklaring van ongeldigheid vir eers opgeskort. Die kommissarisse kan gevolglik voortgaan om die bestaande wetgewing en inperking op regsverteenwoordiging toe te pas. In die lig van hierdie uitspraak sal kommissarisse waarskynlik meer geneë wees om regsverteenwoordiging by die arbitrasie van arbeidsaangeleenthede toe te laat. Jy beskik egter oor geen waarborg dat regsverteenwoordiging toegelaat sal word nie.

Pinkster 12 - 19 Mei 19:00 NG Kerk Piketberg Kinderpinkster van Maandag tot Donderdag in kerksaal

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Henk Pieters

071 583 6164

E.mail hszzbb@hotmail.com

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur dr Margaret Mollett Hierdie keer is die leserskeuse Fanus onthou en Sebastian lieg in die mou, geskryf in medewerking met Piet Coetzer. “Fanus Rautenbach is ’n ikoon van die Afrikaanse kultuur en net so deel van daardie landskap soos boerewors en rugby. Hy is ’n bekende grapjas, skrywer en barometer van alles wat snaaks en eg in Afrikaans is,” aldus die flapteks. Maar wie is Sebastian wat in die mou lieg? Hy is Sebastian Kloon die “ander ek” of “amptelike dubbelganger en voorliegter.” In sy eie woorde, vertel Fanus – met Sebastian wat tussendeur sy weergawe gee – van sy kinderdae in Lichtenburg en later Westdene, dan student aan die Pretoriase Normaalkollege, waar hy die oulike Strepie by ’n tiekieaand ontmoet. Daarna geskakeerde jare as onderwyser, omroeper, skrywer en gesinsman – hy, Vroutjie -Douwtjie en seuns Frans en Gerrit was ’n gedugte spannetjie. Fanus se pad het met tientalle bekendes gekruis: uit die vermaaklikheidswêreld en kommunikasiemedia, onder andere Esmé Euvrard, Dana Niehaus, Koos Meyer, Leon Schuster; uit politieke kringe, John Vorster, Piet Koornhof, Hendrik Verwoerd en Nelson Mandela. Staaltjies is volop, en so ook onvergeetlike oomblikke. Met Dr Verwoerd se sestigste verjaarsdag is Fanus en Vroutjie-Douwtjie deur Dr Piet Koornhof na ’n “reuseverjaarsdagpartytjie” in die Johannesburgse stadsaal genooi. “Ons het by Dr Koornhof aan tafel gesit en toe ons huis toe wil gaan, wys hy na die sjampanje wat agtergebly het. ‘En jy mag nie voor Doktor (Verwoerd) loop nie!’” Helaas, toe hulle by die trap afkom, was Dr Verwoerd se groot swart ampsmotor aan die wegtrek. Ná die motor tot halt geroep is, het Dr Koornhof uitasem gevra of hy al vir Fanus Rautenbach ontmoet het. “Die vriendelike Grootman steek sy hand uit en sê: ‘Nee, u staan te vroeg vir my op, mnr Rautenbach, maar u doen goeie werk.’” Fanus lees vir Madiba ’n gedig: ‘Ridder van die reënboog’ voor: Hy het dit spesiaal vir hom geskryf, en toe hy klaar was, het Madiba opgestaan, en hy wat Fanus was, spring toe op. Sy brildoos het op die vloer geval. “Nelson Mandela buk en tel my bril op, oorhandig dit aan my en fluister op Afrikaans: ‘Jammer.’” So het Fanus, wat in 2011 oorlede is, sy merk as grapjas en woordkunstenaar gelaat. Dít en sy diepe geloof en geestelikheid het die leser sy besondere waardering vir Fanus met Gerna Croeser, die bibliotekaresse, laat deel.


15

Sesde Generasie eerste vir Groep

Salon Belinda Langstraat 101, Piketberg T: 022 913 2333 C: 083 412 3070 E: denel@wcaccess.co.za •

Beauty Treatments

B Pretti – Clothing and Accessories Cloths for young and old – All sizes

Die sesde generasie ISUZU bakkie is Maart 2013 amptelik aan die publiek bekendgestel en handelaars is baie opgewonde oor hierdie nuutste toevoeging tot die GM produkreeks. Dit wil voorkom asof die media eweneens beindruk is met hierdie nuwe ryding. Piketberg Motors, deel van die Perdeberg Motor Groep het vinnig van hierdie nuwe verkoopsgeleentheid gebruik gemaak deur die groep se heel eerste sesde generasie ISUZU aan Frikkie Rossouw te verkoop. Piketberg Motors is baie trots op hul verkoopskonsultant, Kalla Ligthart, en wil ook sommer van die geleentheid gebruik maak om vir Frikkie Rossouw en sy vrou, Cathy baie geluk te wens met die aankoop van hulle nuwe Isuzu. Foto verskaf

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

CaRRol BoYes: Home & Kitchenware

Lisa King Collection: Shoes & Bags

Arts & Crafts – Homemade: Paintings, Sandstone art, Birthday cards, frames

Stockist of Environ

Gift Vouchers


16

GWM-Agentskap tot u diens

Jaco Rossouw, verkoopsbestuurder by GWM in Voortrekkerstraat, Piketberg en sy assistent, Jonathen van Wyk.

4U VERVOER • •

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse 082 660 2470 022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Reiner Becker, eienaar van Becker Auto en GWM op Malmesbury, het op 1 Maart 'n GMWagentskap oopgemaak in Voortrekkerstraat 34, Piketberg. Tot u diens is 'n ervare welbekende verkoopsbestuurder in die motorbedryf, Jaco Rossouw, en sy ewe bekwame assistent, Jonathen van Wyk. GWM voorsien nuwe voertuie en 'n groot vloot tweedehandse voertuie. (GWM staan vir Great Wall Motors en het sy naam gekry vanweë die Chinese fabrikaat.)

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam

078 148 1771 of

Fourie Lötz 082 660 2470 022-913 3984


17

GWM PIKETBERG COME TEST-DRIVE A GWM VEHICLE BY GWM PIKETBERG TODAY 34 Voortrekker Street , Piketberg

Tel. 022 913 2819 or 082 469 0229 Jaco Rossouw

GWM PIKETBERG


18

Piket Veteraan Trekker- en Implemente Klub hou Enjindag

Tuinbouklub Nuus

Die veldkombuis wat beide wêreldoorloë oorleef het. Marinda Mostert oorhandig 'n geskenk aan Joop Visser, die eienaar van Little Village Kwekery op Piketberg. Joop het nuttige tuinbouwenke met die blom- en tuinbouklublede gedeel. Hy moes ook baie antwoorde op baie vrae verskaf. Hulle het met baie meer kennis die vergadering verlaat as waarmee hulle daar ingestap het en sommige ook met baie plantjies. Baie dankie Joop. Foto verskaf

Demonstrasie van Tafelontwerpe Hugo Ehlers en Frikkie Carstens by van hulle enjins wat uitgestal is. Foto’s: Apie Richter

Nedbank open op 2 Mei 2013 in Piquetberg Mall

Almal wat al moes blomme doen vir 'n funksie, sal die volgende vergadering baie leersaam vind. Pam Harris, Wes-Kaapse demonstrateur, onderwyser en beoordelaar gaan 'n demonstrasie lewer van tafelontwerpe. Van die tuinboulede gaan ook voorbeelde bring wat bespreek gaan word. Die doel van die vergadering is om soveel as moontlik te leer. Besoekers is welkom, 'n donasie van R20 word gevra vir tee en verversings. Die vergadering is op Woensdag 8 Mei. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00. Die vergadering begin om 09:30.


19

Salon De Bron @ Malmesbury—Tel. 022 4873009 Oop Maandae tot Vrydae 08:00 tot 17:00 en Saterdae 08:00 tot 13:00

Ons bied pakkette aan vir Matriekafskeid en Troues Vir meer inligting volg ons op

@ Moorreesburg - Tel. 022 433 1680


20

Huis AJL sê Dankie Hoe kan ons dankie sê vir al ons borge wat dit vir ons moontlik gemaak het vir so ‘n wonderlike aand, die 20ste Maart, ons eie straat-ete met 200 gaste en ‘n kunstenaar. As dit nie vir die borge was nie sou dit nie ‘n sukses ge-

wees het nie. Dankie is so ‘n klein woordjie—net ‘n paar woorde met ‘n vol hart sê ons baie dankie aan die volgende borge. Olaf Hennig; Eswé Visagie; Potgieter Transport; Katinka Morrison en haar span; James de Villiers, Piketko; Andries Liebenberg; Daniël Rossouw; Pierre Joubert; Org de Rac; Johan Mostert; Danie Fox en Avbob.


21

ACVV op reis deur die lewe

Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder van die Bergrivierstreek, het die ACVV op Piketberg "Op ('n) reis deur die lewe" geneem. Agter is Ilse Bruwer, Elsabé Liebenberg, ACVV Voorsitter, Hanlie Linde en Annake Bester, Streekkonsultant. Voor is Aletta Visagie, Hoofbestuurslid en Ina Kotzé, bestuurslid wat die oggend gereël het. Enigeen wat belangstel in die werksaamhede van die ACVV, kan die sekretaresse, Elmarie van Rooyen kontak by 022 913 1525. Foto: Marietha Goosen

Kontakpersoon: Nico Basson 022 912 4969 of 078 311 6034 of nico@patat.za.net

Sweets Mania

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

Koffiehuis Pronto Bags x 48

R25-90

Mini Bar-One/Smarties/Tex

R33R33-99 Illovo Suiker 500g

R9-90

Top One Corned Meat 300g

R5-95

R13-65

2 liter Coke

R13-50

Simba Chips 125g

Smoothies 72’s

R9-45 Krag en selfoon lugtyd ook beskikbaar.

Terwyl voorraad hou

Love Me Toiletpapier 10’s

R14-50


22

PAW besoek Trajektekamp As deel van Menseregtedag op 21 Maart het Piketberg Animal Welfare (PAW) ‘n welwillendheidsbesoek gebring aan die Trajektekamp te Piketberg. Plantjies is onder die kinders uitgedeel asook pakkies honde – en katkos met inligtingstukke oor die versorging van troeteldiere. Inwoners het verskeie siek diere onder ons aandag gebring, maar nie almal kan die mediese behandeling bekostig nie. Enigeen wat ‘n bydrae wil maak, kan vir Beryl-Ann kontak by 071 828 7952.

Neem asseblief kennis PAW Trolley Dash Piketberg Animal Welfare meld dat die “Trolley Dash” afgestel is weens te min belangstelling. Persone wat reeds kaartjies gekoop het en hulle geld terug wil hê, is welkom om vir Beryl-Ann te kontak by 071 828 7952. Ons vra om verskoning vir enige ongerief.

World Veterinary Day Saturday 27 April Vaccination saves lives

Riana Wium 084 2453 922 immergroenraamwinkel@gmail.com Kerkstraat 33 Piketberg

332 913 3 022 -


23

Skoonheidsalon Sanet vier 25 jaar op Piketberg Annika Bothma, regs, is vanaf Mei aangestel as terapeut by Skoonheidsalon Sanet. Sy het gematriku -leer by Hoërskool Charlie Hofmeyr op Ceres en het daarna aan die Iza Carstens Academy studeer. Annika het ‘n diploma in Somatologie, ‘n SAASHP Nasionale Diploma, ‘n CIDESCO Internasionale Diploma en ’n CIDESCO Internasionale Spa Diploma. Sy hou daarvan om op hoogte te bly met die nuwe giere en tendense.

Sanet van Schalkwyk is ‘n boorling van Piketberg en sedert 1988 skoonheidsterapeut op die dorp onder die naam Skoonheidsalon Sanet. Vir die afgelope 25 jaar reeds versorg Sanet haar kliënte op ‘n baie spesiale manier sodat hulle van binne en buite beter voel en lyk. Sanet is ook baie betrokke by die gemeenskap en bied haar emosionele en finansiële ondersteuning waar sy kan. Die Salon se dienste het met die jare so uitgebrei dat sy na 20 jaar, sedert 2008, ‘n terapeut as hulp het. Lees gerus die advertensie hiernaas en raak deel van die fantastiese nuwe Nimue kompetisie wat loop tot einde Januarie 2014.

Chanelle Kankowski, links, oudhoofmeisie van PHS, is vir 'n onbepaalde tydperk aangestel as terapeut by Skoonheidsalon Sanet. Chanelle het aan die Iza Carstens Health and Skin Care Academy studeer en het 'n Diploma verwerf in Gesondheid en Velsorg, asook verdere opleiding in "Hot Stone Massaging". Sy is gekwalifiseer om dag-, aand-, bruids- en fotografiese grimering te doen en het 'n ekstra kursus gevolg in wimper verlenging (eye lash extentions). Haar passie is voorkoms konsultasie. Foto: Marietha Goosen

Ansie se kitaarkêrels en -nooiens tokkel die snare

Op die foto verskyn Ansie Eksteen, agter tweede van regs, met haar musiekleerlinge wat kitaarlesse neem. By hierdie kitaarkerêls en –nooiens skort daar geen entoesiasme nie en hulle doen hulle ding met oorgawe. Foto: Marietha Goosen

Baie dankie aan Piketberg Drukkers vir ‘n amper 20-jaar vennootskap met Die Piketberger.

Nimue kliënte kompetisie van nou tot 31 Januarie 2014. Wen Nimue produkte ter waarde van R5 000 deur ‘n


24

Kaskarpret vir Kultuur

CPUT’ers proef by PHS

Op 26 Maart het Hoërskool Piketberg se kultuurafdeling weer eens ‘n genotvolle kaskar pretdag aangebied. Spanne vol gees het deelgeneem. Baie geluk aan die volgende wenners. KATEGORIE MEESTE RONDTES BESTE GEES Grondslagfase Gr 3’s Hot Wheels Gr 2’s Dots & Blocks Intermediêrefase Gr 7B Smarties Gr 6B Neon Monsters Hoërskool Gr 11 Jumping Amazing Super Optimistic Nerd Squad Volwassenes Kwaggas

Die middag was ‘n reuse sukses en die fondse word aangewend vir die blokfluit ensemble se toer na Beijing en vir die Laerskool toneel. Sonder wonderlike borge sou niks moontlik gewees het nie. Baie baie dankie aan elkeen van julle: NQF Vervoer; Koeltuindienste; Org de Rac; Winkelshoek Wynkelder; Kaap Agri; Dup Meubels; Sweets Mania; Liebco Vleishandelaars; Sakkie Burger; Kochelmanders; WG Treurnicht; Die Huisvriend; Dr Sam Scheepers; Klipfontein Boerdery; Piketberg Dierehospitaal en Goedehoop Sitrus. Kry jou span bymekaar, want volgende jaar doen ons dit weer. Kom deel in die pret!

Toxic Socks

By die Senior Fase proef Sylrine Matthyse, Deidré Willemse, Johanel Hugo en Lize de Villiers. Foto: Marietha Goosen

By die Grondslagfase en Intermediêre Fase proef Mariska Wolfaardt, Elize-Maré van Niekerk, Timothy Lilly, Lerine Fourie en Surita Venter. Foto: Marietha Goosen

Steynville Primêr se proefstudente

Kwaggas

Moedersdag Sondag 12 Mei Bederf daardie spesiale moeder in jou lewe

Hierdie proefstudente doen hul prakties by Steynville Primêr, Wilretha Grobbelaar, Drikus Kirsten, Laurene Burger en Carla Kellerman. Al vier is oud-PHS’ers. Foto: Elzanne Boshoff


25

Toiletreuke vinnig uitgesuig ‘n Toilet sonder ‘n reukie is nou binne bereik van alle huisbewoners en is ook uitstekend geskik vir kantore. Dit staan bekend as TOILET FRIEND en word reeds deur duisende dwarsoor die land gebruik. Die uitvinder van die reuklose toilet het jare daaraan gewerk voordat hy tevrede was met die resultaat. Die stelsel is gepatenteer, ook in verskeie oorsese lande. Die stelsel het ‘n verwagte leeftyd van twintig jaar. Dit word vir twee jaar gewaarborg. Die apparaat wat slegte reuke uitsuig is ‘n verseëlde eenheid wat binne in die waterbak van die toilet geplaas word. Dit suig die reuke uit wat dan deur die rioolpyp weggevoer word. Daar is niks onoogliks van buite sigbaar nie. Wanneer die vertrek binnegestap word, reageer ‘n ogie op jou beweging en skakel die waaier aan. Dit het ‘n siklus van vyf minute. Nog voordat hierdie tyd verstreke is, is onaangename reuke uitgesuig. Die reukvrye toilet het geen instandhouding nodig nie. Die uitvinder van hierdie stelsel is ook die eienaar van die onderneming. Alle installerings word deur hom of onder sy toesig gedoen. Hy woon en werk in ons streek. ‘n Egpaar wat hierdie stelsel vir byna agt jaar gebruik is Neels en Erina Bezuidenhout van Kerkstraat 50, Citrusdal. Hulle het dit in 1995 in die toilet in hul badkamer laat installer. Dit het sewe jaar sonder

enige instandhouding gewerk. Daarna het hulle dit laat opgradeer met die nuwe weergawe wat nou beskikbaar is. Dit het sterker suigkrag as die vorige een en hulle is baie tevrede daarmee. Belangstellendes wat met hulle wil gesels oor hulle ervaring kan hulle by 022 621 2141 skakel of ‘n e-pos stuur na erinabez@telkomsa.net.

R500,00 AF Reuklose Toilet * Suig alle slegte reuke uit * 2 jaar gewaarborg * Geen onderhoud of chemikalië nie * Gewone prys R2 250 Afslagprys R1 750 (BTW en installering ingesluit) * Laat installeer jou TOILET VRIEND Skakel 022 921 2141 Manne en Vroue Naweek by NG Kerk Piketberg Vrydag 31 Mei en Saterdag 1 Junie Sprekers: Pieter Badenhorst en Braam Grobbelaar van Moreletapark. Temas: “Hoe hanteer ek situasies as die mat onder my voete uitgeruk word?” “Hantering van Vergifnis” “Beleef God se Liefde” “Verskillende denkwyses van Manne en Vrouens”.


26

Onvergeetlike herinneringe aan PHS se Rugbytoer na Frankryk


27

O/19 Rugbytoer na Frankryk

VRL hou Netbal Pretdag

Opwindend, ongelooflik, wonderlik...net ‘n paar woorde om die toer na Frankryk te beskryf. Dit voel nog onwerklik dat ons daar was en dat, na al die maande se beplanning en fondsinsamelings, die toer ‘n realiteit geword het. Namens die ouers en die seuns wil ons ons waardering teenoor Chris van der Merwe en Hoërskool Piketberg uitspreek dat ons die geleentheid gebied is om die toer mee te maak. In Frankryk het ons gasvryheid ervaar vanwee Chris se Franse bande. Ons gashere het ons so welkom laat voel, dit het gevoel asof ons hulle al jare ken. Ons sal nooit vir Bubu vergeet wat vir ons tydens die busritte lang stories vertel het, als in Frans, asof ons almal presies geweet het waarvan hy gepraat het! Gelukkig kon Chris als vir ons vertaal. Die besienswaardighede was asemrowend. Om op die Eiffel Toring te wees was ’n belewenis en wat ’n uitsig. Die ouers kon gelukkig die hysbak neem tot bo, maar die seuns moes trappe klim tot by die tweede vlak — goeie oefening. Die moltreine was ‘n uitputtende ondervinding. Die Franse kos was interessant asook ‘n nuwe smaak ervaring. Een van die hoogtepunte was die dag van ski by die Bareges Ski-Oord. Die seuns het gelyk soos ski-pro’s en die pa’s het gedink hulle is ski-pro’s alhoewel dit nie altyd so gelyk het nie! Die o/19’s het puik spel gelewer. Hulle het twee van hul drie wedstryde gewen en dit was goeie oorwinnings. Die seuns was goeie ambassadeurs vir PHS - iets waarop PHS kan trots wees. Dankie aan elke spanlid en toerlid vir lekker saamkuier en almal se positiewe gesindheid. Merci Chris en Juanita vir al die Franse reëlings.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

(soek die seuns en wen…) Foto’s: Sanet Ackermann


28

Laerskool Sport Rugby– en Netbaldag Op Saterdag 13 April 2013 word 'n rugby- en netbaltoernooi gehou, by Laerskool Courtrai, Paarl waar verskeie Bolandse Laerskole deelneem. In die eerste wedstryd van die dag, speel PHS se O/11-rugbyspan teen Laerskool Courtrai. Alhoewel Laerskool Courtrai die wedstryd wen, het die jonge Piketbergers pragtig gespeel. Direk na hierdie wedstryd, kom die O/11-netbalspannetjie te staan teen Paarl Gimnasium. Dis 'n taai stryd vir die spannetjie van Piketberg en al werk hulle hard, kon hulle die wedstryd nie wen nie. Dis nie bekend wat die meisies in die kleedkamer bespreek het nie, maar toe hulle 'n uur later die O/11-span van Laerskool Courtrai aandurf is dit van die begin af duidelik dat hulle hul nie gaan laat onderkry nie. Die span van PHS oorheers die wedstryd en wen met 'n telling van 11-0. Hul oorwinning is natuurlik deels te danke aan die O/11-rugby ouens wat hul luidkeels van die kant van die baan af aangemoedig het. Foto en berig: Petrusa de Koker

Netbal Proewe Platteland O/16 en O/18

Agter is Karli Truter en Madré van Zyl (O/16), Janeske Rademan, Juné van der Westhuizen, Carla Smit, Angelique Booys en Kaylen de Klerk (O/18) en voor Linelle Mostert, Marike Koch en Cara-Lee Jantjies. Foto’s: Marietha Goosen

Platteland O/14

Die O/14's agter is Hanri van Zyl, Nicola van Staden, Elske Pieters, Thana Stephan, Janét Stander en Hanneke Pieters. Voor is O/15's Lize-Mari Engelbrecht, Melissa Beck en Vivian Human.

Platteland O/13

Juan-Mari Rautenbach, Suzaan Bassett, Marelise Myburgh, Anke Schreuder en Ané Theron is opgeneem in die O/13-Platteland Netbalspan.


29

Platteland O/12 Netbal

O/13 Platteland Rugby

Janke van Schalkwyk, Larissa Brandt en Aimee Philander is opgeneem in die O/12-Platteland Netbalspan.

Die volgende O/13’s van PHS is opgeneem in die Platteland Rugbyspan: Herold Truter, Louis Bester, Dewald van Deventer, Duan Janse van Rensburg, Koos Bothma en Martin-Louis Saayman. Dewald is intussen gekies vir Wes-Boland.

Steynville Sekondêr se Izelle Swarts is gekies vir die O/14-Platteland Netbalspan. Foto’s: Marietha Goosen

Baie dankie aan die Noodhulp werkers wat Saterdae lang ure langs die sportveld deurbring

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator te huur Kontak Margaret 022 913 1777

6 Ton vragmotor met dubbele tralies vir vervoer van diere na en van veilings. Ook beskikbaar vir enige ander doeleindes in dorp en verder. Om u trek aan te ry, stene te vervoer of sand aan te ry.

Kontak Michael Smuts 083 603 0007


30

PHS Sport Erekleure

Boland Elite Oefengroep

Erekleure Janke van Schalkwyk (Atletiek), Freddie Visser (Atletiek en Tennis) en Anke Schreuder (Atletiek en Tennis).

Duan Mostert, Stephan Breunissen, Christie van der Merwe en Erich Kankowski is gekies vir die Boland Elite Rugby-Oefengroep O/18. Al vier is pas terug uit Frankryk. Benna van der Westhuizen, links, leerder van PHS, is gekies vir die Boland Elite Oefengroep O/16. Benna speel tans vir die O/19’s en was ook in die Franse Toergroep.

Anné Rheeder, Karli Bassett, Anelma Grobler, Albert Grobler en Suzanne Bassett het erekleure vir tennis ontvang.

Chanelle Mouton en Leaney Barnard, oud PHS’ers het WP O/21 Netbal gekry. Chanelle studeer by Northlink Kollege en Leaney by CPUT, Kaapstad. Foto verskaf

Gavin Wiggill, inwoner van Piketberg en deel van Swartland Atletiekklub, het vanjaar die Two Oceans Marathon voltooi in 5h7min. Sportfoto’s op hierdie bladsy deur Marietha Goosen

O/16 Rugby Klasmaats

Carron kry B-Ed Graad Carron Shirner Booyse, oudste dogter van Stewart en Maggie Booyse ontvang op 16 April die Graad B-Ed in Onderwys by CPUT, Bellville kampus. Sy het haar skoolopleiding by Steynville Primêr en Hoërskool Piketberg voltooi. Carron sê harde werk en haar uithouvermoë asook ondersteuning deur haar familie het haar gedra. Alle eer ook aan God. Foto en berig verskaf

Vir die 15/16-jarige gr 10’s van PHS was dit ‘n groot lekkerte om vir die eerste keer na hulle O/9-jaar weer as klasmaats saam te speel toe hulle aan Hoërskool Swartland se sportdag deelgeneem het. Hulle speel van vanjaar af O/19.


31

BOLAND SUPERSPAR GEE VIR TWEE GELUKKIGE WENNERS ELK DIE HELFTE VAN HUL AANKOOP BEDRAG WEER TERUG! KOMPETISIE GELDIG VANAF 01 APRIL TOT 20 MEI 2013 KOOP EEN VAN DIE GEMERKTE PRODUKTE IN DIE BOLAND SUPERSPAR WINSKOPIE BLAD. SKRYF U NAAM EN TELEFOONNOMMER AGTEROP STROKIE. GOOI IN DIE BOKS EN STAAN ‘N KANS OM TE WEN! TWEE WENNERS WORD DAAGLIKS GETREK!

Wenners: M. September, Karriena Klaasen, Katriena (Heldervue), Jason Rosenberg, Mev M. Hendricks, Alida Lintnaar, Jacobus Boois, H. Visser, B.J. Lambrecht, Danelle Fortuin, A.J. Erasmus, G.C. van Niekerk, Behan Croeser, Christine Nyssen, Christina Wasmuth, Ria van Niekerk, Jo-Anne Boys, Alta Vos, J van der Merwe, Eva Nyl, Martie Conradie, G. Essau, J.F. Somers, Theresa Joseph, Sanet Ackerman, A. Viola, Hartman, E.P. Joubert.

Baie geluk aan Annette Bruwer, regs van Piketberg wat ‘n Beacon Mega Chocolate Paaseier gewen het. Elmarie Taylor (Spanleier van Green Tree Café en Deli) oorhandig die groot paaseier aan Annette. Die top tien wenners het elkeen ‘n geskenkbewys en paaseier gekry.


32

Ray van Rooy het vir Piketberg en Steynville Primêr ‘n Paasfees program aangebied en vir die 100 kinders ‘n bord kerrievis en Hot Cross buns bedien. Boland Superspar het die Hot Cross buns en paaseiers vir die geleentheid geborg.

Dié maand se gelukkige wenner van die R1200 Koopbewys Kompetisie is Mev S. Fredericks. Hier oorhandig Toni Smuts (Skakelbeampte) die koopbewys aan haar.

Koop ‘n 6 Pack of ‘n ‘Tray’. Skryf naam en telefoonnommer agterop strokie. Kompetisie sluit 30 April 2013 Baie Geluk aan Mnr C. Nimb van Porterville wat die Redd’s yskas gewen het. Shirene Williams (Tops Spanleier) oorhandig die prys aan hom.

Baie geluk aan Apie Scholtz wat die gelukkige wenner is van die Olof Bergh Pot. Hier oorhandig Shirene Williams (Tops Spanleier) die prys aan hom.

Baie geluk aan Josephine Lennert wat die gelukkige wenner is van die Windhoek Weber. Hier oorhandig Toni Smuts (Skakelbeampte) die prys aan haar.

Piketberger mei 2013  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you