Page 1

1

Jaargang 20 Nr. 2

www.piketberg.com

Maart 2013

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Rekord spat na 33 jaar Bendert Smit het geskiedenis gemaak toe hy ‘n nuwe rekord in die 400m S15 opgestel het. Vir die afgelope 33 jaar staan die naam van Archie Steyn in die rekordboeke. Archie, voormalige hoofseun van PHS en tans sakeman in die Kaap, was aangenaam verras toe Die Piketberger hom inlig oor sy jarelange rekord wat pas verbeter is. Hy het nie besef dit het so lank gestaan nie. Die 400m is nie eintlik Bendert se item nie, hy het dit “sommer vir die lekker” gedoen.

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Boodskap van Munisipale Bestuurder...p6 Piketberg Museum Beste in Wes-Kaap...p9 UNISA mobiele biblioteek...p11 Bo 90’s in Huis AJL...p14 David skenk 152ste pint...p15 Steynville se Gr R’s...p22 PHS Atletiek Trofeewenners...pp24, 25, 26 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

Archie Steyn, sedert 1980 die 400m S15 rekordhouer. Foto verskaf

Bendert Smit met die trofees wat hy gewen het by PHS se kleure atletiek. Hy is ook die Hoërskool Victor Ludorum vir 2013. Hy is die nuwe rekordhouer in die 400m S15 en het by die Hoërskool Platteland byeenkoms die 100m hekkies S15 rekord verbeter. Foto: Marietha Goosen

 022 913 1939  022 913 2404


2

Redaksioneel

Viool en Fluit by Plaasmark

Slaap en Opstaan ‘n Kleurryke karakter in Piketberg, met wie ek graag gesels as ons mekaar raakloop, het so ‘n lekker sê. Hy sê: “Ek is nie ‘particular’ oor waar ek aan die slaap raak nie, maar ek’s ‘particular’ oor waar ek wakker word!” Daarop wil ek nou sê: “Vatso, want dit sê so baie”. Mense sê graag, ag slaap sommer oor. My pragmatiese brein wonder dadelik hoe privaat ek gaan wees, hoe hewig sal die badkamer verkeer wees, het ek ‘n haardroeër tot my beskikking en hoe werk die oggend ritueel? Dis nou in die geval van onbeplande oorslape. Met verloop van tyd het ek so lief geraak vir my eie bed dat onbeplande oorslape nie juis gebeur nie. Ons is ook, vanweë ons werksprogram, geprogrammeer om huis toe te kom, of dit nou is ná ‘n troue, ná ‘n vertoning, ná ‘n kuier of wat ook al — huis het “hawe” geword en eie bed ‘n ‘veilige vesting’. Hierdie praktiese tema van ‘gaan slaap’ en ‘opstaan’ word gebruik in Deut 6 waar Moses die volk leer oor hulle gehoorsaamheid aan God se gebooie — in vers 7…”jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Altyd wanneer ek dit lees of daaroor nadink sien ek die prentjie van ‘huis’ en ‘veilig wees’. Met my hele hart wens ek vir elkeen ‘n ‘veilige vesting’ waar dit ‘n goeie plek raak om oor God se gebooie te praat (leef, wys, demonstreer) as jy gaan slaap en as jy opstaan. En die Woord belowe dat dit by die kinders sal bly...selfs in die tye tot en met hulle “uitfigure” waaroor hulle ‘particular’ is.

Marietha

Baroque, klassiek en jazz sal die lug vul by die volgende plaasmark op Kruistementvlei, Piket-Bo-Berg wanneer twee musikante van die orkes Keys & Strings hul talente op die verhoog langs die hoenderhok kom vertoon. Die mark is Saterdag 23 Februarie van 09:00 tot 12:00. Benewens goeie musiek is daar ook die belofte van goeie geselskap en interessante verkope om in elkeen se smaak en sak te pas. Kom geniet ‘n oggend onder die akkerbome en verfris jou sintuie. Toegang is gratis. Vir meer inligting kontak Riëtte Bryant by 022-914 5652.

Te Koop Water koeler te koop Convair (vervaardig in Australië) Prys R800,00 (nuut R3 500,00) Skakel 072 9546 564 Bank wat oopvou tot dubbelbed te koop R2 500,00 onderhandelbaar Elsabe Louw 022 913 1629 of 084 205 7171

Betrekkings Aangebied Huishulp soek werk vir een dag in die week. Baie goeie verwysings. Skakel 072 9546 564

Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Betrekking Aangebied Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensies: diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719 Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Iemand gesoek om na twee bejaarde persone op Piketberg om te sien sowel as om ligte huistakies te verrig, gedurende die dag en nag. Meer volledige omskrywing van pligte asook salaris sal tydens ‘n onderhoud bespreek word. Ondervinding nie ‘n vereiste nie. Verblyf en alle etes ingesluit. Persone wat belangstel kan hul CV of kontakbesonderhede faks na 086 619 7287.

BETREKKING: ONDERWYSER/ES Piketberg Christian School beskik oor ‘n betrekking vir ‘n Gr 4-9 gekwalifiseerde onderwyser/es. Stuur asb CV na piketbergcs@gmail.com of kontak Deidre Swart (8vm—1nm) by 022 913 1886.


3

Vriendelike diens gewaarborg

Sweets Mania

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

Strawberry Koekies 150g

R3-60

Lux 100g

R4-99 Smoothies 72’s

R9-45 Zoom koeldrank 200ml x 12 Sunlight liquid 400ml

R9-99

R16-80

Ilovo Suiker 1kg

R9-49

Fyn sout 500g

R1-20 Terwyl voorraad hou

Cresta Rys 500g

R7-99


4

VLIEG! Met 'n baie swaar hart, klomp trane en twee seuntjies het ek en my bagasie Julie 2004 in die huis-aan-die-berg-sevoet ingetrek. Ontredderd tussen al die bokse en geelen-groen mure, het die huis gou-gou 'n blou huis geword waar net liefde en vrede, en baie musiek tussen die mure rond dartel, en Piketberg het sy hart en arms vir ons oopgemaak, ons styf vasgedruk om ons nooit te laat los nie. Deur kanker en egskeiding, trane, kinders grootmaak, konserte hou en musiek/drama/ sang/kitaar klasse gee, het Piketberg se mense lojaal en liefdevol gebly en hul huise en harte altyd oop vir ons drietjies. Maar daar kom mos 'n tyd wat die klein voëltjies die nes begin verlaat, en vlieg na ander plekke, en dis mos ook soos dit hoort. So het eers die een, en toe die ander een deur PHS gegaan en die wêreld in. En nou is dit die ma se beurt om te vlieg. Ek moet eers vir BLOU-HUIS groet, en ek weet BLOUHUIS gaan baie trane hê, so fluister maar 'n trooswoordjie as jy verby ry, maar ek weet ook hier kom weer mense bly met baie liefde in hul harte, so BLOU-HUIS sal weer gelukkig raak. Vriendskappe verloor mens mos nooit - dit bly, al woon jy ook waar. En die omgee en liefde wat ek, Jacques en Juan hier in Piketberg gekry het, en met elke kuier hier weer sal kry, sal ons altyd in ons harte saamdra. Ons spore gaan hier bly lê, so gaan ook al die kinders wat ek bevoorreg was om te onderrig, se liefde en vriendelikheid in my gedagtes bly lê. Dankie , Piketbergers, vir so baie - my woorde is te min. God se genade is groot.

Kekkel & Kraai Hoender met noedels en spinasie 1 heel hoender 500ml rou noedels 300g-pak spinasie 15ml kookolie 125g swoerdlose streepspekvleis, gekap 250ml gerasperde cheddarkaas 250ml vars room Voorverhit die oond tot 180°C. Kook die hoender tot gaar, ontbeen en sny in kleiner stukkies. Kook die noedels tot sag en dreineer goed. Sny die spinasie in kleiner stukkies en kook tot sag. Dreineer en hou eenkant. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die spekvleis liggies. Meng die hoender, noedels, spinasie en spekvleis in ‘n groot, oondvaste bak en sprinkel die kaas en room bo-oor. Bak 30-40 minute lank. Sit voor met vars slaai. Lewer 4 — 6 porsies.

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Uitverkoping op somersklere en skoene. Nuwe voorraad handsakke en juwele beskikbaar! Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Magdaleen en haar seuns, Jacques en Juan. Liewe Magdaleen, in die nege jaar op Piketberg het jy talle mense se lewens aangeraak, verander, verryk en verruim met jou gawes en talente wat jy so mildelik gedeel het. Jy het gesing, gespeel en geskryf en ons elke keer verwonderd gelaat! Jou jarelange rubriek in Die Piketberger het die lesers die geleentheid gegee om deur jou positiewe bril na die lewe te kyk. “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” - Red.

Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5


6

Tuinbouklub Nuus Die Tuinbouklub het die organiese tuin van Garry Frasca tussen Piketberg en Koringberg besoek. Hulle het geproe aan die heerlike produkte wat hy en sy vennoot, Nicky, van chillies maak, asook die verskillende Khoisan handgeoeste seesout en ander speserymengsels. Hulle het ook geruik aan aromatiese olies, en elke lid het ‘n geskenkpakkie van Vichy skoonheidsprodukte ontvang. Hulle kon ook die teddiebere en laslappiedekens besigtig wat Nicky Robberts maak.

Garry Frasca, Jackie Ferguson, wat verantwoordelik was vir die reël van die uitstappie en Nicky Robberts. Onder is die Tuinboulede wat Garry en Nicky besoek het. Foto’s verskaf

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Die Munisipaliteit wil graag meer effektief kommunikeer met die gemeenskap in Bergrivier en bedank Die Piketberger vir hierdie geleentheid om dit maandeliks in hierdie kolom te kan doen. Maar ons wil nie net praat nie, maar ook luister en saam dink en beplan. Ons is tans hard besig om die begroting vir 2013/2014 voor te berei en die Raad sal ‘n konsep begroting goedkeur aan die einde van Maart 2013 wat oop is vir publieke deelname tydens April. Die publiek word aangemoedig en uitgenooi om van hulle te laat hoor. Kry ‘n afskrif van die begroting in jou naaste biblioteek of op ons webtuiste (www.bergmun.org.za) en laat ons hoor wat jy voorstel. Dit raak ons almal immers direk. ‘n Munisipaliteit bestaan uit drie gelyke vennote naamlik die Raad, die Administrasie en die Publiek. Vir Bergrivier Munisipaliteit om 100% te funksioneer moet al drie hierdie vennote hul rol ten volle vervul. My waarneming is dat die publiek in Bergrivier nog ‘n bietjie stil is en nie ten volle deelneem aan Munisipale aangeleenthede nie. Daarom bedank ons graag die 138 organisasies en individue wat reeds geregistreer het vir ons sektorale gesprekke. Dit is hier waar ons netwerke gaan bou, gesamentlike beplanning gaan doen en saam ons toekoms bepaal. As jy nog nie geregistreer het nie, doen dit so gou as moontlik. Kry ‘n registrasievorm op ons webtuiste, of stuur ‘n e-pos aan mm@bergmun.org.za of kontak ons by 022-913 6011. Tydens die waterkrisis in Piketberg van 21 – 25 Januarie 2013 het ons besef hoe belangrik dit is dat ons met die hele dorp effektief moet kan kommunikeer. Indien jy nie sms’e van die Munisipaliteit ontvang het nie, is jy nie geregistreer op ons sms databasis nie. Stuur asb jou selfoonnommer per e-pos aan ons na bergmun@telkomsa.net of kom loer in by my kantoor in Kerkstraat. Soek ons ook op Facebook as “Bergrivier Municipality” en ons blad om meer inligting te kan kry oor alles wat in die Munisipale area aangaan. Laastens bedank ek graag weer elke inwoner vir hul geduld en positiewe hantering van die waterkrisis in Piketberg. Dit is nou ten volle opgelos en ek het ‘n onafhanklike ondersoek laat doen deur Provinsiale Regering oor die oorsake. ‘n Senior Ingenieur het op 4 Februarie 2013 begin met die ondersoek. Sodra die verslag beskikbaar is, sal dit gepubliseer word.

Die volgende Tuinbouklub vergadering is op Woensdag 6 Maart in die biblioteeksaal. Tee word bedien vanaf 09:00 en die vergadering begin om 09:30. Gaste welkom, hulle moet egter voor die tyd met Katinka Morrison, 082 829 6918 reël aangesien die vergadering die vorm van ‘n werkswinkel aanneem en daar sekere artikels benodig word. Die Tuinbouklub sal dit voorsien, daarom is getalle belangrik. Lede wat in Oktober 2012 die SAFU kongres bygewoon het, demonstreer aan die vergadering wat hulle by die werkswinkels geleer het. Die lede gaan ook die geleentheid kry om ‘n ontwerp te maak wat hulle kan saamneem huis toe.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. ‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276 Opgelei te Worcester.


7


8

Somer Troues

50ste Huweliksherdenking

Nadine Kankowski van Piketberg en Kobus Jacobs van Mariental is op 15 Desember te Org de Rac getroud. Die paartjie het hulle gevestig op Windhoek, waar Kobus ‘n ingenieur by Burmeister is en Nadine ‘n grondslagfase onderwyseres by Pionier Park. Foto: Vanessa de Villiers Jaco Louw van Piketberg en Elvira McDonald het ewige trou aan mekaar beloof op 19 Januarie te Laatson, Porterville. Foto: Phillip Crous Photography

Stuur jou troufoto’s na diepiketberger@gmail. com

David en Myrtle Steenkamp het op 2 Februarie 1963 getrou en vier vanjaar hul 50ste huweliksherdenking. “50 jaar gelede beloof om saam opdraend te trek en gelykpad saam te draf—nou rem ons afdraend saam.” Alle eer aan ons Hemelse Vader en die liefde en bystand van ons kinders. Foto verskaf

Nuwe Sekretaresse by Huis AJL Esmé Steenkamp is pas aangestel as sekretaresse by Huis AJ Liebenberg. Sy is oorspronklik van die Kaap, maar woon tans op Porterville. Esmé geniet haar werk terdeë, aangesien sy ‘n liefde vir die ouer persone het en met haar goed ontwikkelde humorsin kan sy die wysheid en kwinkslae van die grysheid waardeer

Esmé Steenkamp Foto: Marietha Goosen

Huis AJ Liebenberg Beheerraad

Ons plaas dit graag!

Stap vir KANSA Walk of Life — 23 Maart — Scheppie Saus Inskrywings vanaf 07:00. R60,00 per persoon - potjiekos ete, tuisgebakte brood en konfyt, koffie, tee en sap ingesluit. Trekker en wa rit beskikbaar vir die wat nie kans sien vir die stap nie. Spreker: Jessica Vermaak Kontak: Danie Smit 083 233 7772 Annatje Smit 083 460 4051 of 022-942 1848, Ina Janse van Rensburg 082 823 0393 of 022-962 1781

Voor is Ezette Mouton, Elsabé Liebenberg (voorsitter) en Ina Kotzé. Agter is Japie le Roux, Angeline Engelbrecht, Alida Lintnaar en Hannes Lambrechts. Afwesig Attie van Breda. Foto: Marietha Goosen


9

Piketberg Museum Wes-Kaap se Beste Piketberg Museum is op 11 Februarie in Kaapstad aangewys as Wes-Kaap se Beste Museum 2012/13. Dié gesogte toekenning is deur Andrew Hall : Direkteur Erfenis Wes-Kaap aan Elizabeth Coetzee oorhandig. Die toekenning is uitgereik deur die Wes-Kaapse Departement van Sport en Kultuur. Met dié spogtoekenning het hulle die ander twee genomineerdes uitgestof. Dit kon nie maklik gewees het nie, aangesien Piketberg Museum te staan gekom het teen die Drostdy Museum op Swellendam en die Togryers Museum op Ceres. Presies hoe en deur wie die evaluering plaasgevind het, is nie bekend nie, want sê Elizabeth Coetzee, kuratrise: “Dit kon enigeen van die baie daaglikse besoekers aan die Museum wees wat ‘n ogie kom gooi het en wat soos elke ander besoeker ontvang is…” Wat veral in die Museum se guns tel, is die interessante permanente uitstalling in die Sinagoge met die verduidelikende boekie daarmee saam wat in 2012 bekendgestel is. Dit is die produk van uiters harde werk deur Pieter Schonees, die teksskrywer en Linda Bester, die grafiese ontwerper. Hierdie kleurvolle, maklik-lees-boekie is in 2012 vereer met ‘n SAMA-toekenning en is by die Museum te besigtig en te koop. ‘n Verdere aspek om op trots te wees is dat beide die uitstalling en die Museumkomitee verteenwoordigend is van die hele Piketberg gemeenskap. Roché du Toit, Sannie Klaase en Elizabeth Coetzee bedank almal wat oor baie jare die Museum sigbaar, tasbaar, interessant en relevant gemaak het by wyse van

Elizabeth Coetzee, museumbestuurder, Sannie Klaase, voorsitter Piketberg Museumkomitee en Roché du Toit, voormalige kuratrise en tans ondervoorsitter Piketberg Museumkomitee, by die gesogte trofee. Foto: Elsabé Kankowski stories, artikels, foto’s, items en skenkings (materieel en finansieel). Die gemeenskap van Piketberg en omgewing is onoortreflik. Ook ‘n spesiale dankie aan elkeen wat ‘n termyn of meer op die komitee gedien het—julle tyd, liefde en insette word opreg waardeer en werp vrugte af. ‘n Opregte dank aan Bergrivier Munisipaliteit vir die emosionele en finansiële ondersteuning. Roché en Elizabeth dink ook steeds in liefde en met deernis en waardering aan diegene wat nie meer met ons is nie, maar wat ‘n verskil gemaak het.

Minimax Vervoer WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

 022-913 2646

Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


10

PHS se VRL Huishulp Tee

Mnr en Mej Valentyn Op Valentynsdag by PHS is Chris Smith en Macey Naidoo gekroon as Mnr en Mej Senior Valentyn (foto links) en PJ Rautenbach en Pamela Booys as Mnr en Mej Junior Valentyn. Foto’s: Marietha Goosen

Leah Pedro, Anna Mentoor, Martha Dirks en ‘n vriendin by PHS se VRL Huishulp Tee. Links: Vir so ‘n bietjie meer as ‘n uur kon huishulpe, uitgevat en opgedollie, terugsit vir ‘n heerlike tee by PHS en ‘n interessante en vermaaklike program. Foto’s: Sanet Ackermann

FJS Finansiële Dienste se kantoor het aan die begin van Januarie verskuif van Langstraat 101 na Voortrekkerstraat 97, Piketberg. Benewens gewone rekenmeestersdienste en die voltooiing en indiening van BTW– en belastingopgawes lewer FJS Finansiële Dienste ‘n wye reeks dienste op die gebied van korporatiewe en persoonlike finansiële beplanning. Dit sluit in: Belasting– en beleggingsbeplan– ning, boedelbeplanning en boedelbereddering. FJS Finansiële Dienste lewer ook ‘n professionele eiendomsbeplanningsdiens wat die waardasie van vaste eiendomme insluit. Vir enige navrae kan Frikkie Strauss gekontak word by: Tel. 022-913 2391 of Sel 082 493 3785 of ge-epos word na strausse@xsinet.co.za Volledige besonderhede van FJS Finansiële Dienste se dienste verskyn by WWW.WAARDESKEPPER.CO.ZA


11

Unisa Mobiele Biblioteek

UITNODIGING VAN

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS [6e (en laaste) Versie]

UNISA het ‘n pragtige UNISA biblioteek bus wat elke maand ‘n hele roete ry om ‘n diens aan sy studente te verskaf. Een keer ‘n maand stop die bus hier in Piketberg, op die parkeerterrein van L.B. Wernich biblioteek (langs die kliniek). Alle UNISA studente kan boeke kom uitneem en dit dan weer die volgende maand teruggee. Boeke kan ook voor die tyd aangevra word by die UNISA biblioteek en ook bespreek word vir jou. Daar is baie gawe bibliotekarisse op die bus om jou te help. Hierdie is ‘n wonderlike diens tot by jou voordeur, maak gebruik van hierdie geleenthede en dit sal verseker jou studies help. Die bus sal Piketberg besoek op die volgende dae hierdie jaar: 19 Maart, 16 April, 21 Mei, 18 Junie, 16 Julie, 20 Augustus, 17 September, 22 Oktober en 19 November. Op daardie dag moet alle boeke ingegee word. Vir enige navrae kontak UNISA by 021-936 4179.

Die afsny-datum vir advertensies, sowel as nuwe / veranderde inskrywings, is 28 Februarie 2013, aangesien ons glad nie kan begin met die samestelling van die Gids totdat ons nie alle advertensies en ander inligting reg het nie. Indien u nog ‘n advertensie wil plaas, kontak ons asseblief, verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon, voor bogenoemde datum. Soos voorheen genoem, werk ons van die 2011/2012 Telkom Gids as ‘n basis. Indien u besonderhede daarin foutief is (en daar is baie foute), of as u net ‘n selfoon het en die nommer in ons Gids wil hê, kontak ons asb., verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon. Dankie aan almal wat al laat weet het van veranderinge of nuwe inskrywings wat gedoen moet word. Kontakbesonderhede: E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269


12

Toe het Piketberg geen water... Adene Koch skryf… Wat nou gemaak? Stelselmatig soos die toedrag van sonder-water-wees in jou kop ontvou raak die uitdaging al groter rondom: hoe nou met die wasgoed, skottelgoed, stort, tuine, maar veral die toilet? Dit was vir my ‘n besondere belewenis om te sien hoe ‘n gemeenskap (en veral my eie) se ingesteldheid en keuses begin verander het. Elke bietjie water waarmee jy gewas het, word gehou om later in die toiletbak te gooi. Elke aand het ons op ‘n meer kreatiewe manier planne beraam oor hoe daar vanaand “gestort” gaan word wat die minste water gaan neem en het dan binne ‘n kommetjie gestaan wat weer daardie geliefde plantjie kon lawe. Selfs wanneer ons geposjeerde eiers gemaak het is die water onder in die pannetjie weer in die kommetjie gegooi vir latere gebruik. Almal het elke kan of hol ding gaan uitgrawe en gaan toustaan by die vragmotor. Daar het mense met mekaar geselsies aangeknoop wat nog nooit voorheen eers ‘n woord vir mekaar te sê gehad het nie. Mans het vir die dames hulle swaar kanne aangedra na hul voertuie, die man wat die waterkraan beheer het is vriendelik en met groot waardering hanteer, daar is besef dat ‘n groot populasie in ons land ook elke dag hul water moet gaan haal iewers op ‘n plek...! Elkeen was so beleefd en vriendelik terwyl ons saamdrom om daardie vragmotor en elkeen het met ‘n glimlag op die gesig daar weggegaan – een van dankbaarheid. Glo dit of nie…dit was ‘n wonderlike drie dae vir my. Wonderlik ja, maar beslis nie sonder uitdagings nie. My man het betrokke geraak by die huishouding en het die spreekwoordelike “water gaan haal uit die put” sodat dinge by die huis kan vlot, ek het weer kans gehad om my 16-jarige te help om haar hare te was, ‘n besef gekry met hoe min water ons eintlik oor die weg kan kom in ons huishoudings en hoe ons eintlik daagliks kan bespaar soos wat ons omgaan met hierdie lewegewende kommoditeit wat ons as vanselfsprekend aanvaar. In hierdie tyd het ek ‘n baie duur bondel wasgoed in Porterville gaan was by familie en dit was heerlik om weer uit iemand se mond te hoor: “dit is mos waarvoor ons vir mekaar daar is...in tye van nood ook...dit is mos hoe Koninkryk werk”. Dus geen skuldgevoel dat ek inbreuk maak op ander se privaattyd of toerusting nie – bloot net ‘n dankbaarheid dat daar met blymoedigheid vir my hulp beskikbaar was. Alles het my aan die dink gesit. Ek nooi elkeen om saam met my in ‘n groter bewustheid te begin leef sodat ons elke keer as ons daardie krane so lekker groot oopdraai en vir ‘n halfuur onder die stort staan en die tuinsproeiers aan vergeet of wanneer ons die kraan laat loop terwyl ons tande borsel, sal terugdink aan ons drie-dae-beproewing toe water spaarsamig gebruik is. Dit sal ons almal laat deel voel van die groter oplossing waarna ons planeet smag.

Baie, baie dankie ook aan elke munisipale werker of helper wat ons met soveel vriendelikheid gehelp het in hierdie tyd – julle was wonderlik! Dankie aan ons Munisipaliteit wat hierdie kwessie moes hanteer en sterkte vir die bestuur daarvan. Dankie ook aan elke persoon op ons dorp wat dalk vir ‘n ouer of siek persoon water geneem het of vir iemand ‘n kan gedra het of iemand ‘n plekkie voor jou in die tou gegee het omdat sy haastig was...dit is die dinamika wat elke dorp nodig het...dit het ewigheidswaarde…geluk Piketberg! Ek hoop hierdie storie bly lank op almal se lippe. Foto’s : Marietha Goosen en Beryl-Ann du Plessis

Annette van Tonder skryf… Baie dankie aan die munisipaliteit en hulle taakspan wat onverpoos gewerk het om die dorp se waterpompe weer inwerking te kry, asook die werkers wat elke oggend emmers water tot by ons voordeur gebring het. Wees verseker dat dit opreg waardeer word, want elke druppel het getel. Ook by die strategiese watertap plekke waarvoor die munisipaliteit gesorg het, het ek weereens my uiterste respek vir ‘n waterkraan met lopende water gekry. Nogmaals baie dankie aan almal!


13


14

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur Margaret Mollett “Party dae as ek opstaan, het ek die behoefte om te onthou wat was, waar ek vandaan kom, hoe dinge gelyk en gewerk het. Hier is drie boeke wat my so ’n bietjie met heimwee laat terugdink het.” Die drie boeke wat hierdie leser op die rakke van die plaaslike biblioteek gevind het, behoort alle lesers wat dieselfde behoefte het, te bevredig. In Uit die waaisand in die kalkklippe verbeeld Betsie Rood, befaamde kosen wynkenner van weleer, haar grootwordjare in die Vredenburg-Saldanha-streek aan die Weskus. Sy dra haar boek op aan “tydgenote wat deel in my herinneringe aan ’n era toe die worsstopper en die karring van die wonderwêreld van die tegnologie verteenwoordig het – én vir die nageslag wat nie eens weet dat daar ’n tyd was toe kitskos, die internet en selfone nie ’n vanselfsprekende alledaagsheid was nie”. Met Stella Branca se Die Leeu van die Noordweste: Lewensverhaal van ‘Ou Dokter’ W.P. Steenkamp betree ons onstuimige jare in die Suid-Afrikaanse politiek – van die Kaap tot in Transvaal. Te midde van intense intrige en verraad, het dr. Willem Steenkamp (1879-1956), Namakwalandse NG predikant en later medikus, skreiende ontberinge ondergaan in sy stryd vir die opheffing en bevryding van gebroke en verarmde Afrikaners ná die Boereoorlog. Stella Branca se vertelling slaag uitmuntend daarin om harde politieke geskiedenis by die wel en weë van die Namakwalanders, veral dié van die Steenkamp-gesin, in te weef. Lammie: Moeder van Laurens van der Post deur Hélène de Kok is ’n moet-lees vir die liefhebbers van memoirs – en wie sal een versmaai as dit gaan oor “’n fyn dame” wat op 79 ’n plaas ontwikkel, in ’n tent woon, voor sonop in ’n dam bad en by kerslig lees en skryf, en boonop “’n Klein Napoleon” genoem word? Lammie van der Post (1867-1954) se herinneringe, verwerk deur haar kleindogter en aangevul met oorvloedige geskiedkundige agtergrond, word in haar eie woorde opgesom: “Ek hoop dit sal verskoon word as ek myself af en toe op die toneel moet laat verskyn. Ek maak ’n stukkie uit van dié geskiedenis. Ek kan myself daarvan nie onttrek nie.”

Bo 90’s in Huis AJ Liebenberg

Sannie Huysamen, Natie Rossouw, Lettie le Roux, Ria Burger, Carel Liebenberg en Enna Bester.

Huis AJ Liebenberg spog tans met twaalf inwoners bo die ouderdom van 90 jaar. Oor die algemeen geniet dié geseëndes goeie gesondheid en skort daar niks met hulle sin vir humor nie! Foto’s : Marietha Goosen Winnie Grobbelaar

ACVV “Survivor Kamp” te Bridgetown Jaendri Smith, maatskaplike werker van die ACVV, het 8 — 10 Februarie ‘n suksesvolle kamp te Bridgetown aangebied vir kinders tussen die ouderdom van 9—12 jaar. Buiten die opvoedkundige programme, kon hul ook heerlik in die water baljaar en ‘n nagstap meemaak. Dit was vir hulle ‘n belewenis en die ACVV wens die volgende borge hartlik te bedank vir hul bydraes om die kamp moontlik te maak: Annake Bester, Boland Superspar, Cliffie Julius, Fluffy Toiletpapier, Hanique Handelaars, Huis AJ Liebenberg, Ina Kotze, Jackie Ferguson, Liebco Vleishandelaars, Piketberg Cash en Carry, SAPD en Sweets Mania. ‘n Spesiale dank aan die SAPD vir die vervoer van die kinders en bagasie asook Konst. Gershwin Muller, Elgar Julius, Jana Booysen en Elzane Baadjies wat as leiers opgetree het. Die volgende Piketberger verskyn 22 Maart—berigte en advertensies moet in wees voor 17:00 op 12 Maart

Johannes Paulse, Lena de Witt en Mina Hagen.

Sarah Pietersen

Maria Wiese


15

David skenk 152ste pint Sedert David Steenkamp sy intrek op Piketberg gemaak het in 1977, het hy reeds 152 pinte bloed geskenk. Maak jou sommetjies — dit beteken hy moes 152 keer skenk in die 35 jaar, wat jou bring by vier keer per jaar. Dis ‘n prestasie en boonop ‘n navolgenswaardige voorbeeld wat hy stel om op 72-jarige ouderdom op dié manier sy medemens te dien. In die jare 1959 — 1977, toe David op Nababeep gewoon het, het hy gereeld by die hospitaal geskenk waar hulle dit nie aangeteken het nie

David Steenkamp toe hy op 25 Januarie bloed geskenk het saam met Wilna Niemand, Skenker Assistent en Suster Geraldine Williams. Foto: Marietha Goosen

Deurlopend in 2013 sal geleenthede aangebied word om die 50-jarige bestaan van Huis AJ Liebenberg te vier. Ons beplan ‘n GROOT funksie vir 20 Maart 2013 – iets wat Piketberg nog nooit beleef het nie...HOU DIE SPASIE DOP !!!


16

Fietse benodig vir Fietsprojek Enige fietse, in watter toestand ookal, en fietsparte, word dringend benodig vir die fietsprojek op Piket-Bo-Berg. Die projek wat reeds meer as vyf jaar aan die gang is, het beslis daarin geslaag om die gemeenskap op die berg weer met nuwe ywer te laat fietsry. Jeremy Bryant het die meeste van die voorraad voorsien uit sy versameling van ou fietse en fietsparte wat hy deur die jare bymekaar gemaak het. Hierdie voorraad is egter nou uitgeput en fietse moet nou aangekoop word. Ongelukkig is daar ‘n groot behoefte aan bekostigbare fietse en is dit onmoontlik om voor te bly om in die aanvraag te voorsien. ‘n Onlangse aankoop is gedeeltelik gefinansier deur die Lionsklub van Piketberg toe ses fietse kort voor Kersfees aan kinders geskenk is. Een van die deelnemers aan die Piket-Bo-Berg fietstoer het ‘n skenkiing van 20 klein fietsies deur die Bicycle Empowerment Network (BEN) gereël. Die fietse het reeds hul plek in die gemeenskap gevind. ‘n Skenking van die Trapkragvereniging van Suid-Afrika het die aankoop van ‘n vraghouer, wat as werkswinkel kan dien, en verskeie gereedskap, moontlik gemaak. Tot dusver is die projek uit ‘n werkswinkel op Kruistementvlei bedryf, maar ‘n meer toegewyde spasie was nodig toe die aanloop en aanvraag toeneem. James Mtshengu, ‘n werker op Kruistementvlei, hanteer nou die onderhoud en toewysing van die fietse vanuit die houer-werkswinkel. Fietse is op meriete aan kinders voorsien wat deel was van die fietsryprojek op voorwaarde dat hulle op ‘n gereelde basis hul fietse moes bring vir onderhoud. Danksy ‘n skenking van Viking Plastics vir binnebandbeskerming, word elke wiel voorsien van ‘n binnelaag wat dit beskerm teen duwweltjies.

Indien u enige fietse het wat nie in gebruik is nie, kan u ons skakel sodat ons u ‘n aanbod kan maak om moontlik die fietse aan te koop vir die projek. Skakel 022-914 5652 indien u enige fietse beskikbaar het of vir meer inligting.


17

Plofstof bied aan Mnr en Mej PHS Plofstof hou ‘n fondsinsameling op 26 Februarie in PHS se skoolsaal om ‘n Mnr en Mej PHS te kies. Twintig finaliste is gekies en hulle tree op in verskillende “scenes”. Vier buite beoordelaars gaan die wenners kies en daar is baie pryse op die spel. Die finaliste is hard aan die oefen en dit beloof om ‘n “awesome show” te wees met baie pret. Kaartjies @ R40,00 is beskikbaar by Sanet Ackermann by PHS 022913 1134.

ACVV uitreik na Goedverwacht Dienssentrum Die ACVV-tak Piketberg het met hul kwartaallikse Algemene Vergadering uitgereik na Goedverwacht Dienssentrum. Tee en verversings is by die plaaslike “Coffee Shop” geniet waar hulle deur die Toerismebeampte ingelig is oor Goedverwacht se geskiedenis. ACVV lede het aan elkeen ‘n pakkie vars vrugte oorhandig en hulle het teruggekeer met heerlike vars groente en warm tuisgebakte soetsuurdeegbrood wat te koop aangebied is.

Herwin Herwin Herwin Onthou om herwinbare artikels in die deurskynende plastieksakke te plaas.

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


18 Wat sê die reg?

Christelle de Villiers

ARBEIDSKWESSIES Na vele versoeke, het ons ingestem om ‘n stukkie te skryf oor die Arbeidsreg. Ons kan egter net raak-raak aan ‘n paar onderwerpe omdat dit so ‘n wye veld is, en sal probeer om in die toekoms weer iets in hierdie veld te plaas. Die volgende onderwerpe is algemeen van aard, maar wel op versoek.

JAARLIKSE VERLOF Elke permanente werknemer is geregtig op 21 agtereenvolgende dae verlof in ‘n 12 maande siklus (let wel, nie werksdae nie). Kraamverlof word nie hierdeur geaffekteer nie, en andersom. Die vraag ontstaan nou – wat gebeur indien die werkgewer besluit die kantoor moet sluit oor kerstyd, maar jy as werknemer is nog nie geregtig op verlof nie omdat jy nuut aangestel is (en dus nog nie ‘n 12 maande siklus voltooi het nie)? In so ‘n geval sal die verlof slegs van jou jaarlikse verlof afgetrek word by voltooiing van die 12 maande siklus in diens van die werkgewer. Met ander woorde, indien jy bedank voor die 12 maande verby is, het die werkgewer geen absolute reg om hierdie verlof as onbetaald van jou uitbetaling af te trek nie. Daar is egter ‘n uitsondering, naamlik waar die werkgewer en werknemer ‘n aparte ooreenkoms vooraf gesluit het wat bepaal dat die verlof as onbetaald beskou sal word indien die werknemer sy dienskontrak beëindig voor die 12 maande verby is. Hierdie siening is in 2012 deur die Arbeidshof bevestig. Werkgewers wees maar versigtig! SIEKVERLOF ‘n Werknemer ontvang 21 werksdae siekverlof oor ‘n 36 maande siklus. Dit word gewoonlik deur die werkgewer pro rata aangewend op ‘n jaarlikse basis. Wanneer is ‘n siektesertifikaat van toepassing? ‘n Werknemer moet ‘n siektesertifikaat voorsien indien hy die 3de dag in ‘n ry van die werk af siek is. Die reël is egter nie van toepassing waar die siekdag voor of na vakansie dae, en/of ‘n naweek val nie. In so ‘n geval sal die werknemer vir daardie enkele dag ‘n siektesertifikaat moet inhandig. Dis natuurlik om te verhoed dat werknemers siekverlof uitbuit om langnaweke te vat. Daar is gevalle waar ‘n werknemer byvoorbeeld die Maandag en Dinsdag siek is, en die Woensdag die dokter besoek en hom versoek om ‘n siektesertifikaat uit te reik, omdat hy byvoorbeeld die afgelope paar dae griep het. In so ‘n geval, kan die dokter nie altyd verifieer dat die werknemer wel inderdaad siek was nie, en kan net weergee wat die pasiënt hom meegedeel het. Werkgewers kan in sulke gevalle die siektesertifikaat verwerp en dit beskou as onbetaalde verlof. ‘n Briefie van die kliniek (of ‘n gekwalifiseerde suster) is nie ‘n siekte-sertifikaat nie en die werkgewer kan in sulke gevalle ook dit beskou as onbetaalde verlof. Werknemers maak maar seker dat jou siekbriefie reg is anders kan jy geld verloor! UITBETALING VAN BONUSSE ‘n Bonus is gewoonlik binne die uitsluitlike diskresie van die werkgewer, tensy die dienskontrak uitdruklik anders bepaal. Werkgewers kan self besluit of sy bedryf ‘n bonus kan bekostig of nie, en daar is geen verpligting op werkgewers om bonusse uit te betaal nie. Werkgewers moet egter versigtig wees om nie ‘n verwagting te skep nie, en indien dit blyk dat ‘n bonus onbekostigbaar is vir die eerste keer in jare, behoort werknemers vroegtydig ingelig te word.

VLV Eendekuil begin romanties Die Vro ue Landbo uvereniging van Eendekuil het 2013 begin met ‘n romantiese vergadering op Saterdag 9 Februarie te Perdesportsaal, Eendekuil. Terwyl die vroue vergader, het hul wederhelftes om die braaivleisvure gesellig verkeer. Rooi materiaalhartjies en draadharte het bygedra om die maand van liefde duidelik uit te beeld. Die tak nooi alle nie VLV-lede uit na hul vergaderings wat elke tweede Woensdag van ‘n maand in die NG Kerksaal gehou word. VLV tema vir die jaar: My Droom My Inspirasie. Die Bestuur en lede bedank LIEBCO vir die borg van hul programboekie vir 2013. “Elke groot DROOM begin met ‘n DROMER”

2013 Bestuur — VLV Eendekuil

Die Bestuur vir 2013 is voor Sandra van Zyl (sekretaresse/sameroeper Kunste & Handvlyt), Elmarie Cumpsty (voorsitter) en Ilse Hanekom (visevoorsitter/sameroeper Leefstyl). Agter is Mariechen Oppel (tesourier) en Nellie Mouton (Sameroeper Landbou & Tuinbou). Foto’s verskaf BETALING OP VAKANSIEDAE Die vraag na dubbele betaling op vakansiedae het nie ‘n direkte antwoord nie aangesien dit afhang van die spesifieke bedryf. Daar word onder andere gekyk na die tipe bedryf, of dit byvoorbeeld oop is 7 dae ‘n week (soos ‘n vulstasie) ensovoorts. Maar, as algemene riglyn kan aanvaar word dat daar wel ekstra betaling ter sprake is vir werknemers wat op vakansiedae werk en moontlik hul basiese ure oorskry. Elke werknemer kan hierdie inligting by sy vakbond uitvind. Vir enige Arbeidsnavrae, kontak Dave Ferguson by PRAKTIKA, Tel 022-913 2933. Tot volgende keer.


19

Dis Immergroen Immergroen Raamwinkel het in Januarie haar koel, groen voordeur met vreugde oopgegooi vir Piketberg en sy omgewing. Riana Wium nooi almal om haar kreatiewe spasie met haar te deel — of jy nou iets wil raam, ‘n klaargemaakte raam of kunswerk wil koop of sommer net wil inloer vir ‘n koffie of ‘n vinnige uitruik van die lekkerste groen seëninge. “Ek wil my liefde vir kuns, mooi dinge en die wonderwerke van die lewe met almal deel wat by Immergroen instap. Ek is opgewonde oor hierdie nuwe fase in my lewe, en sien uit na elke stukkie werk wat ek hier gaan doen en elke raam wat ek hier gaan maak,” sê sy. Waar die liefde groot is, is daar niks wat klein is nie en waar liefde en talent saamwerk, so het John Ruskin gesê, kan jy ‘n meesterstuk verwag. Immergroen Raamwinkel het alreeds begin sny aan die raam hiervoor.

Vanessa de Villiers, links, het haar raamwerk winkel verkoop aan Riana Wium. Foto verskaf

Go Green-projek PAW en Badisa het saam die Go Green-projek begin. Hannie Visser van Badisa gaan ‘n vetplantjie in elke gebruikte kollekte bussie met PAW-etikette op plant en onder kinders uitdeel waar daar min groenigheid is, soos by die Trajektekamp. Saam met elke blikkie sal ’n suigstokkie en ’n pamflet uitgedeel word oor hoe om na jou troeteldier om te sien.

Benodig Vrywilligers!

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers

asook Skenkings van hondekos, katkos, speelgoed of ...borg ‘n sterilisasie! Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535 Beryl-Ann: 071 828 7952 animalwelfarepiketberg@gmail.com

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Henk Pieters 071 583 6164 E.mail hszzbb@hotmail.com

Riana Wium 084 2453 922 immergroenraamwinkel@gmail.com Kerkstraat 33 Piketberg


20

Piket Glas en Kaste nou ook Hoenderman Met Gideon van de Vyver van Piket Glas en Kaste se weeklikse Kaap toe ganery het hy op “die lekkerste hoender” denkbaar afgekom en met die eienaar gaan praat...Hierdie hoender moes Piketberg toe kom! Hy het die eienaar sover gekry om met hom ‘n vennootskap aan te gaan en so het Piket Express Chicken begin. Gideon van de Vyver Gaan kyk gerus hoe lyk hierdie Foto’s: Marietha Goosen splinternuwe wegneem ete plek langs Knight’s Supermark. Gebruik die deur aan die noordekant (parkeerterrein). Express beteken vinnig — bel en bestel en gaan haal. Sien volledige spyskaart in kleur op die strooibiljet in Die Piketberger en in die posbusse. Sien die elke-dag-spyskaart op p21.Gideon het steeds sy Glas & Kaste besigheid.

Biddag vir Vroue

PHS toer na Frankryk ‘n Vol en opwindende opvoedkundige toer na Frankryk wag op PHS wanneer ‘n droom bewaarheid word vir die 22 spelers en die groep van ondersteuners en bestuurslede. Wat ‘n wonderlike voorreg! Hulle vertrek Dinsdag 26 Maart om 18:10 vanaf Kaapstad via Dubai en kry hulle eerste sien van Parys Woensdagmiddag om 12:25 (SA tyd). Van daardie oomblik af wag daar ‘n vol en opwindende program op die groep wat ook rugbyoefeninge en drie wedstryde insluit. Dag 1: 27 Maart Besoek besienswaardighede in Parys, die Notre Dame Katedraal, L’arc de Triomphe, Sacre Couer, Louvre Art Museum, Champs Eylesses. Geniet ‘n bustoer: “Paris by Night”-bustoer. Dag 2: 28 Maart Besoek Eiffeltoring – tot boonste verdieping en kyk oor die hele Parys. Reis met TGV (spoedtrein – teen 340km per uur) tot in die Suide – na Lourdes. Dag 3: 29 Maart Dag en oornag van ski-plesier by Bareges ski-oord. Dag 4: 30 Maart Besoek die stad Lourdes. Aand: Eerste wedstryd teen Tarbes o/19-span. Dag 5: 31 Maart Dagbesoek aan Spanje en daarna vertrek na Marmande (Suid van Bordeaux). Dag 6: 1 April Dagbesoek aan die Dune du Pillay (hoogste natuurlike sandduin in Europa). Dag 7: 2 April Dagbesoek aan St Emillion en die omgewing. Aand: Tweede wedstryd teen St Foy le Grande o/19-span. Dag 8: 3 April Dagbesoek aan Bordeaux. Egte Franse aandete – paddaboudjies en al! Dag 9: 4 April Dagbesoek deur Marmande.Aand: Derde wedstryd teen Marmande o/19-span. Dag 10: 5 April Oggend besoek aan Toulouse. Besoek Airbus-fabriek om te sien hoe word die “reuse van die lug” aanmekaar gesit. Aand: Vertrek na Suid-Afrika. Dag 11: 6 April 16:25 Arriveer in Kaapstad (met hope herinneringe).

Franse Rugbytoer 2013

Vrydag 1 Maart om 07:00 in die NG Kerk Piketberg

Wynbottel etikette is ontwerp deur Wian Koch. Beperkte aantal hiervan is te koop by PHS.


21

Monday Madness

Groovy Tuesday

Bonanza Wednesday

(from 6pm to 10pm)

(from 6pm to 10pm)

(from 6pm to 10pm)

Chicken Burger Meal

Chip Roll Meal

Strips + Chips Meal

(2 burgers, 1 regular chips and sauce) OR

(1 x chip roll, 1 x piece of chicken and can of coke) OR

R39,90

R39,90

(3 strips and chips, 1 piece of chicken and can of coke) OR

Fish Parcel Meal

Chicken Gatsby Meal

Strips + Chips Meal

(2 pieces of fish, 1 regular chips and can of coke)

(1 chicken gatsby, 1,5 litre coke and sauce)

(3 strips and chips, 1 piece of chicken, can of coke and sauce)

Fabulous Thursday

Monday—Thursday

Sunday all day

(from 6pm to 10pm)

(until 6pm)

Family Meal

Poorman’s friend

(6 pieces of chicken, 1,5 litre coke and coleslaw) OR

R69,90

R15,00 1 breast of chicken, tiny chips and 2 slices of bread

Family Meal (6 pieces of chicken, 1,5 litre coke and extra piece of chicken)

OR 1 piece of snoek, tiny chips and 2 slices of bread

R39,90

Family Sunday Meal

R69,90 Same as Thursday All Day


22

Steynville Primêr se Graad R’s Steynville Primêr spog vanjaar met 175 Graad Rleerders. Daar is 35 leerders per klas.

Eloise Julius by die Graad R(d)-klas

Gerty Esau by Graad R(a)

Lynette Williams by Graad R(e) Foto’s: Elzanne Boshoff

Biblioteekweek 16 tot 23 Maart Marianne Fortuin by Graad R(b)

Kom besoek ons biblioteke in hierdie week en dalk wag daar ‘n verrassing. Bring al daardie baie laat boeke terug in hierdie BOETEVRYE WEEK.

Nuwe opvoeders by Steynville

Elmarie Abrahams by Graad R(c)

Die volgende Piketberger verskyn op 22 Maart. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 Maart om 17:00

Venrico Booys, Graad 6, Carron Booyse, Graad 2 en Cisco Strauss Graad 5. Foto: Elzanne Boshoff


23

Swem Jannie Swem Vanaf vanjaar het PHS weer ‘n voltydse swemafrigter, Alta Nieuwoudt, en kan die ou tradisie van skoolswem weer voortgesit word. Hier verskyn Alta saam met twee van die swemgroepe. Foto’s: Marietha Goosen

Piketberg Christian School bied hierdie jaar ‘n nasorg fasiliteit vir skoolkinders tussen die ouderdomme van 5-16 jaar. Veilige, omheinde area met fasiliteite vir huiswerk asook ‘n groot speelarea. Tye: 12h00 - 17h30, Maandag - Vrydag Koste: R30 per kind, per dag of R500 per maand. Vir meer inligting of om te bespreek, kontak asb vir Deidre Swart by 022-913 1886 (8vm-1nm) of piketbergcs@gmail.com Beperkte spasie

Ouers verantwoordelik vir etes.

MEDIESE PRAKTISYNS The Living Ball

Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907

Manie van The Living Ball besoek PHS. Hier is hy by Adriaan Lubbe en Rob Whitfield. Foto: Martin Goosen

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


24

Die trofeewenners by PHS se kleuresport

Janét Stander is die Hoërskool Victrix Ludorum vir 2013.

Stass Nel, Laerskool Victor Ludorum vir 2013.

Anke Schreuder, Laerskool Victrix Ludorum vir 2013.

Landrick Hendricks, Spronge Senior seun.

Benna van der Westhuizen, Worpe Senior seun.

Adrian Marcus, Naellope Beste Senior Seun.

Rekords verbeter by Platteland byeenkomste Nicol van Schalkwyk het die spiesgooi S14 rekord verbeter by die Platteland Hoërskool byeenkoms en Anke Schreuder verbeter die skyfwerp en gewigstoot M13 rekord by die Platteland Laerskool byeenkoms.

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator te huur Kontak Margaret 022 913 1777


25

Marike Koch, Spronge Senior meisie.

Suzaan Visser ontvang die trofee vir Beste Junior in die 1200m.

Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30

Freddie Visser, Veld Junior seun. Freddie het die rekord vir spiesgooi S13 verbeter by die Platteland Laerskool byeenkoms.

Janke van Schalkwyk, Hekkies Junior Meisie. By die Platteland Laerskool byeenkoms was Janke 1ste in al vyf haar items. Sy het rekords verbeter in die 75m hekkies, 150m hekkies en 150m. Sy het eerste geëindig in die 100m en verspring M12.

Stap vir KANSA

JJ Stander, Langafstand Senior Seun. JJ het die verspring rekord S19 verbeter by die Platteland Hoërskool byeenkoms.

2 Maart Relay for Life Malmesbury 9 Maart Relay for Life Moorreesburg 23 Maart Kankerstap Scheppie Saus

Geskenke - Cd’s - Speelgoed

Mrs Bean Coffee Shop OPEN BINNEKORT Hou die advertensiebord dop Kerkstraat 45, Piketberg (Bokant Sweets Mania)

022 913 3212 Annelize Myburgh


26

PHS hou Kleuresport in Bloedige Hitte

Louis Bester en Suzanne Basset ontvang die Laerskool afdeling se Die Blou Span se leiers Janeske Wentrofee vir die Rooispan. Rademan en JJ Stander ontvang die Geelspan se leiers, Adam January en trofees vir die Hoërskool afdeling en Atletiekfoto’s: Kaylen de Klerk ontvang die Sangook die algehele Wentrofee. Marietha Goosen beker.

Kriekettoer na Graaff-Reinet

Bernard Pieters en Jacques Schreuder, afrigter saam met PHS se o/19 Krieketspan. Foto: Riana Smit Die o/19-Krieketspan van Hoërskool Piketberg het na Graaff-Reinet getoer van 8 — 10 Februarie. Hul eerste wedstryd onder spreiligte, ‘n eerste vir PHS, ‘n Pro 25wedstryd teen Hoër Volkskool het hulle verloor met 23 lopies. Die Saterdag het hulle teen Union High 2 gespeel en met 8 paaltjies gewen. Wat dit besonders gemaak het, was dat hulle op ‘n krieketveld in die Asanta Sanawildreservaat gespeel het, ‘n veld wat deur provinsiale en internasionale spanne gebruik word vir opwarming. Die span wil baie dankie sê aan hulle borge wat die toer vir hulle moontlik gemaak het, naamlik Winkelshoek Wynkelder, CP Smit, Gerrit van der Merwe, Frikkie en Renielda Engelbrecht en Anita Viola. Dankie ook aan Jacques Schreuder en Bernard Pieters vir hulle bereidwilligheid om die toer te reël.

Twee broers, PieterHugo en Jacques Wium was deel van die Rooispan se leiers. PieterHugo is vanjaar in Graad 12 en Jacques het pas sy skoolloopbaan by Graad R begin.

Broers JJ en Aleit Stander en sussies Janeske Rademan en Behane Spreeth, was almal deel van die Blouspan se leiers by PHS se Kleuresport. Aletiekfoto’s beskikbaar by Foto First

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir advertensies en berigte 12 Maart 16 April 14 Mei 11 Junie 16 Julie 14 Augustus 11 September 15 Oktober 12 November

Die Piketberger verskyn 22 Maart 25 April 23 Mei 21 Junie 25 Julie 22 Augustus 19 September 24 Oktober 21 November


27

the green tree cafĂŠ Die nuwe reeks produkte is beskikbaar by Boland Superspar. Zandam Bocconcini Kaas

Beer bread Mix Cretamel Soft Nougat

De Ruiter reuse Speculaas Haselinos koekies

Modderdam Frieskruidrepenkoek


28

PAW het Saterdag 9 Februarie ‘n “road trip” gedoen in Piketberg as deel van ons bewusmakingsveldtog. Hier is ‘n paar foto’s waar ons die honde- en katpille wat in Boland Superspar se “Food drive” trollie geplaas is, uitgedeel het. Die groot pakke honde- en katpille is in kleiner sakkies opgemaak met ‘n inligtingspamflet oor die versorging van jou troeteldier. Ons is oral verwelkom en ons bedank graag die gemeenskap vir hulle skenkings. Die veldtog gaan nog voort en ons sal alle donasies waardeer. (Beryl- Ann du Plessis)

KLEURESPORT EN PLATTELAND ATLETIEK.. Ek het Hoendervleis gekry van al die gees! Dit was ‘n eer vir Boland Superspar om betrokke te wees by PHS se sportdae. Baie geluk aan elke atleet wat deelgeneem het.

ROLBALKLUB & VRUGTEFEES Boland Superspar het as Hoofborg by Piketberg Rolbalklub opgetree en dit was ‘n reuse sukses. Daar was baie spanne van Aurora, Clanwilliam asook Ceres. Die weer was maar nat, maar dit was ‘n eer om die Spar Hampers te oorhandig aan die wenspan van Ceres.

Die Piketberger  

Community Newspaper

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you