Page 1

13

♥BLOMME ♥ BLOMME ♥ BLOMME ♥ BLOMME ♥ BLOMME ♥

BLOMME IS ALTYD DIE REGTE BESLUIT !!!! Die universele taal van: “Ek gee om” Bestel gerus nou u blomme by: Kochelmanders / TerraNova Hoofstraat 50, Piketberg 022 913 3761 OF 082 685 1557 Ons koop op bestelling groothandel blomme in en maak dan fantastiese bosse op volgens u begroting!! Onthou…….U bepaal die bedrag.

Bestellings noodsaaklik!! Bestel reeds nou en vergeet daarvan………! Ons sal jou ‘n paar dae voor die tyd herinner dat jou blomme geskeduleer is – nou hoef jy nooit weer daardie spesiale datum te onthou / vergeet nie!!

♥TERRANOVA TUISNYWERHEID

♥ KOCHELMANDERS KOFFIEWINKEL♥ 022 913 3761 Hoofstraat 50, Piketberg – die groot geel huis met die akkedis teen die muur!!

♥koeke ♥ terte ♥ beskuit ♥ pasteie ♥ geleentheidskoeke ♥alle fyngebak ♥ ingelegde slaaie vir u gerief ♥gourmet klein koekies ♥ goeie koffie ♥ pannekoeke ♥ ligte etes Hierdie instansie het 20 plaaslike verskaffers wat almal ‘n lewe maak uit u ondersteuning……dankie dat ons op u volgehoue ondersteuning kan staatmaak om die besigheid lewensvatbaar te hou.

DANKIE DAT U PLAASLIKE BESIGHEDE ONDERSTEUN


14

Wat sê die reg? SARS magte om te ondersoek Die magte...Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is met nuwe magte beklee. Die Wet op Belastingadministrasie het onlangs in werking getree. Dit verleen aan SARS die bevoegdheid om ondersoek te Christelle de Villiers doen en beslag te lê, sonder dat hulle eers ‘n hofbevel hoef te verkry. Dit beteken ook dat SARS onmiddellik teen belastingontduikers kan optree en op dokumente, rekords en ander bewysmateriaal kan beslag lê. Hierdeur kan SARS verhoed dat bewysmateriaal vernietig of verwyder word as gevolg van die noodwendige vertraging wat meegebring word wanneer SARS eers formeel vir ‘n ondersoeklasbrief moet aansoek doen. …en die beperkinge: Dit gee aan SARS wye magte in hul stryd teen belastingontduikers. Ons grondwetlike bedeling plaas natuurlik ‘n hoë premie op privaatheid en op regverdige administratiewe optrede vanaf owerheidsweë. Gevolglik word daar streng vereistes gestel. ‘n Ondersoek sonder ‘n lasbrief sal slegs toelaatbaar wees indien een van die volgende van toepassing is: 1) Die eienaar of die persoon in beheer van die perseel verleen skriftelike toestemming tot sodanige ondersoek; of, 2) Indien SARS nie skriftelike toestemming verkry het nie, maar ‘n senior beampte van SARS is van mening dat daar “redelike gronde bestaan” dat:  Die bewysmateriaal op die punt is om verwyder of vernietig te word indien SARS nie optree nie, en  ‘n Lasbrief in elk geval aan SARS verleen sou word indien daar tyd was om vir een aansoek te doen, en  Die vertraging met die verkryging van ‘n lasbrief, sou meebring dat die lasbrief nutteloos sal wees vir ondersoekwerk teen die tyd dat dit uitgereik word. As jy aan die ontvangkant staan: Selfs al is jou belastingsake geheel in orde, gaan ‘n besoek van ‘n span SARS amptenare waarskynlik ‘n traumatiese ondervinding wees. Dit gaan ook jou normale sakebedrywighede tydelik ontwrig. Wat moet jy doen as hulle by jou opdaag? * Begin by die SARS amptenare se amptelike identifiseringskaarte. Die wet vereis dat elke amptenaar sodanige kaart by hom moet hê. Indien jy twyfel oor die geldigheid van die kaarte kan jy vir SARS skakel om dit na te gaan en skakel 012 422 7435. * Verkry dan regshulp. Jy sal steeds moet voldoen aan enige regmatige versoeke wat SARS aan jou rig. Die wet verleen egter ook sekere riglyne en beskerming. Van jou kant is jy geregtig op hierdie beskerming en sal jy selfs die hof op ‘n dringende basis kan nader om hierdie regte af te dwing.

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur Dr. Margaret Mollett In die leserskeuse Beste mnr. Mandela – ’n fees van woorde en prente, bring die outeur Jómare Dick hulde aan Nelson Mandela, in vyf dele: sy kinderjare in die OosKaap 1918-1941, sy politieke ontwaking in Johannesburg (1941-1963), sy gevangeskap op Robbeneiland (19641990), sy jare as President (1990-2004) en tot hede as geëerde ikoon. Die boek is nie ’n bibliografie in die gewone sin van die woord nie. So tussen die wittes deur wissel die bladsye tussen turkoois, pers, oranje en groen; die teks is onderbreek deur blokkies inligting, vasvrae, aanhalings, foto’s en allerlei illustrasies. Daar is altyd iets interressant wat die oog vang. ’n Eerste skooldag word altyd onthou. Toe hy sewe jaar oud was, het Rolihlahla Mandela skool toe gegaan. Hy kry toe ook sy eerste broek– sy pa s’n wat onder die knieë afgesny is. Hy gebruik ’n stuk tou as belt. Op dié dag gee juffrou Mdingane vir hom die naam Nelson. Hy is waarskynlik na die Britse admiraal Lord Nelson vernoem. Jare later het ene Jongintaba en sy vrou, No-England, vir Mandela die bynaam Tatamkulu (‘Oupa’) gegee omdat hy altyd so ernstig en soos ’n ou man gelyk het. Ná sy inisiasie op sestien kry Mandela die naam Dalibhunga. Dit beteken ‘skepper of stigter van raad’ of ‘sameroeper van gesprekvoering’. Die korrekte gebruik van sy naam wanneer hy gegroet word, is ‘Aah! Dalihunga’. As een van ’n aantal gevangenes wat hoërskool-opleiding en universeitskursusse op Robbeneiland voltooi, hervat Mandela sy LL.B. studies en skryf ook in vir ’n kursus om sy Afrikaans te verbeter. In 1975 ontvang Danie van Niekerk, destydse hoof van Tafelberg Uitgewers ’n brief van Mandela waarin hy ’n eksemplaar van D.J Opperman se Groot Verseboek bestel, met ’n poswissel ingesluit. Hy ontvang toe met Tafelberg se komplimente die Groot Verseboek en bykomende senior en junior weergawes. Mandela spreek sy waardering vir hierdie gebaar uit in ’n handgeskrewe brief waarvan ’n afskrif in Jómare Dick se boek gelees kan word. “Geagte Heer, Graag wil ek u bedank vir die pragtige boekgeskenk wat ek vandag van u ontvang het. D.J. Opperman se bloemlesings is van besonder waarde en ek waardeer hulle meer as wat ek in woorde kan stel …” Die agterblad som Beste mnr. Mandela, mooi op: “Dit is ’n blaaiboek, ’n leesboek, ’n leerboek, maar bowenal ’n pretboek.”

“My Home is My Castle” – Kan SARS dan tot jou woning toegang verkry? As algemene reël mag SARS nie sonder jou toestemming jou huis betree nie (“dwelling-house or domestic premises”), maar hulle mag wel toegang verkry tot enige gedeelte van jou woning wat vir sake doeleindes gebruik word.

Riana Wium 084 2453 922 immergroenraamwinkel@gmail.com Kerkstraat 33 Piketberg


15

Women Walk the World

PIKETBERG CHRISTIAN SCHOOL bied met trots aan:

Sandra Prinsloo in

OSKAR EN DIE PIENK TANNIE

'n Groep vroue van Aurora se VLV het op 27 April "Women Walk the World" gestap. Hierdie stap is deur die Wêreldbond van Plattelandse Vroue geïnisieer. Vroue vanoor die wêreld word aangemoedig om elke jaar voor of op 29 April te stap om hulle bewus te maak van die gesondheidswaarde van stap. Die VLV is by die WBPV geafillieer. Berig: Bessie Brand. Foto: Althea Adey

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator Kontak Margaret 022 913 1777

Sandra skitter in haar nuwe eenvrouvertoning: Die tragikomiese `Oscar et la dame`. ‘n Roerende verhaal van die kankerlyertjie Oskar, en ouma Rosa, wat hom op verbeeldingryke en soms bitter snaakse wyse begelei in sy laaste dae.

SATERDAG 20 JULIE, Piketberg. R100 pp. Inligting/kaartjies kontak:

Elzanne 072 1302 936 /Deidre 073 507 7100

PIKETBERG

OWER TOOLS cc

BK 2005/11933/23

VAT NO: 4860222886

Na ons nuwe perseel !! Besoek ons vanaf

01 Junie 2013 by Carel van Niekerk Ingenieurswerke Ingang: Langstraat, (oorkant Kaap Agri Liquor) Dienste, onderdele en herstelwerk van grassnyers, bossieslaners, kettingsae en kragprodukte Tel: 022 913 3957 Cell: 072 478 1176 Marius


16

Emenick word 6 Emenick Truter het haar 6de verjaardag gevier op Mont Piquet. Dertien van haar klasmaatjies het dit saam met haar gevier. Hulle het l e k ke r s pr i n g ka s t e e l gespring, Boy die ponie gery en koek geëet. ‘n Groot dank aan Niel en Doretha Visser wat die prettige dag moontlik gemaak het. Foto’s: Nadia en Doretha Visser


17

By Sinkdakkie, bokant Piketberg Cash & Carry (Megasave) Tel. 022 913 3686 / 082 891 8425

Beste pryse vir: Matriekafskeidrokke Huur/maak verskeidenheid pakke e Nu w

Oop Maandae tot Vrydae 9 — 4 en Saterdae 8 — 1

aad r r o vo

Groot verskeidenheid beskikbaar

Verhuring van: * Breekware en eetgerei * Tafeldoeke en oordoeke * Trourokke en Strooimeisierokke * Mans- en seunspakke * Bykomstighede

iale Spes

Proef + konsultasie “Frontpage look” Upstyle Treatments: 4 stap Brazillian

erpe Ontw

Hare R R R R R

Esther Samuels, Patricia Dicksen en Geronique Marthinus is die vriendelike dames wat regstaan om u behulpsaam te wees.

150 300 450 200 600

PAKKET 1: TREATMENT(4 STAP) PROEF+UPSTYLE Make-up: Proef Make-up vir aand Naels: (akriel, bio sculpture, gel) Tone PAKKET 2: NAELS + MAKE-UP PAKKET 1+2

R 600 R 60 R 150 R180 R 150 R 400 R 800

Salon De Bron Moorreesburg Tel. 022 433 1680

Malmesbury Tel. 022 4873009


18

GEBRUIKTE VOERTUIE JAAR VOERTUIG

EKSTRA'S

KM

KLEUR

CHEVROLET SPARK LITE LS 5Dr CHEVROLET AVEO 1.6 LS CITROEN XSARA PICASSO 1.6 DAIHATSU TERIOS FORD BANTAM 1.6i XLE A/C A/B P/U S/C FORD EVEREST 3.0 TDCi XLT FORD FIESTA 1.6 TREND FORD FIGO 1.4 TDCi AMBIENTE FORD FOCUS 1.8 Si 5Dr FORD IKON 1.6 AMBIENTE FORD RANGER 2.2TDCi XL P/U SUP/ CAB FORD RANGER 2.5TD Hi -TRAIL XL P/ U S/C FORD RANGER 3.0TDCi Hi -TRAIL XLE P/U D/C FORD RANGER 3.0TDCi XLE 4X4 A/T P/ U D/C

CD AC;PS PS;AC PS;CD

38000 75300 187900 190000

VERKOOPPRYS R 68 000.00 METALLIC WHITE R 99 995.00 GREEN R 49 995.00 BLOU R 49 900.00

AC;CD AC;PS FULLHOUSE FULLHOUSE FULLHOUSE AC;PS

114200 72000 14369 62000 91700 111000

WHITE BLUE LILAC WHITE COLORAD SILVER

R R R R R R

85 000.00 235 000.00 170 000.00 110 000.00 165 000.00 109 000.00

AC;PS;CD

25000

WHITE

R

245 000.00

AC;PS

113000

WHITE

R

152 000.00

AC;PS

186000

WHITE

R

220 000.00

AC;PS

50000

BLUE

R

295 000.00

X AC;PS;CD AC;CD FULLHOUSE FULLHOUSE FULLHOUSE FULLHOUSE AC;PS AC;PS CD;AC AC;PS;CD FULLHOUSE FULLHOUSE FULLHOUSE FULLHOUSE FULLHOUSE

9000URE 10500 56000 55900 90000 95548 49800 38215 56436 62000 69000 78000 57400 53000 110146 198000

GEEL ORANGE WHITE PEARL GOLD OYSTER SILVER AURORA BLUE ICY BLUE SILVER SILVER GROEN WHITE BLACK WHITE

R R R R R R R R R R R R R R R R

49 999.99 115 000.00 95 000.00 150 000.00 235 000.00 155 000.00 279 000.00 119 000.00 119 000.00 119 000.00 148 000.00 148 000.00 168 000.00 140 000.00 125 000.00 85 000.00

2004 2002 2010 2007

FORKLIFT HYSTER 3 TON GWM FLORID 1.5 SUPER LUX GWM FLORID 1.5 SUPER LUX HONDA CIVIC 1.8 Lxi HUMMER H3 LUXURY A/T HYUNDAI TUCSON 2.0 GLS JEEP CHEROKEE 3.7 LIMITED A/T MAZDA 2 1.3 ACTIVE MAZDA 2 1.3 ACTIVE MAZDA 2 1.3 ACTIVE 5Dr MAZDA 3 1.6 ORIGINAL MAZDA 3 1.6 ORIGINAL MAZDA 5 2.0L ORIGINAL 6SP MAZDA 5 2.0L ORIGINAL 6SP MAZDA 6 2.3 DYNAMIC A/T MAZDA 6 2.0 ACTIVE MAZDA DRIFTER 2600 SLX LWB 4X4 P/ U S/C MERCEDES-BENZ ML 270 CDi F/L MITSUBISHI LANCER 2.0 GLS NISSAN NAVARA 4.0 V6 P/U D/C

AC;PS FULLHOUSE FULLHOUSE FULLHOUSE

212000 217000 69000 127000

WHITE WHITE SILVER SILVER

R R R R

85 000.00 119 995.00 145 000.00 175 000.00

2004 2010

RENAULT MEGANE II 1.6 DYNAMIQUE FULLHOUSE TATA INDICA 1.4 LX AC;PS

98500 66000

SILVER BLACK

R R

68 995.00 68 995.00

2011

TOYOTA YARIS ZEN3 ACS VOLKSWAGEN POLO 1.4 COMFORTLINE VOLKSWAGEN JETTA 2.0 TRENDLINE VOLKSWAGEN GOLF GTI 2.0T FSI DSG VOLKSWAGEN CITI.COM 1.4i

AC;CD; MAGS

53000

RED

R

125 000.00

FULLHOUSE AC;PS;CD FULLHOUSE

86413 151000 156199 180480

BLACK GREY SILVER WHITE

R R R R

109 000.00 89 995.00 139 990.00 45 000.00

2010 2009 2002 1997 2008 2010 2012 2011 2009 2010 2012 2011 2009 2009 X 2012 2010 2011 2008 2009 2010 2010 2010 2010 2010 2009 2009 2008 2008 2006

2009 2007 2006 2003


19

34 Voortrekker Street Piketberg

Tel. 022 913 2819

GWM PIKETBERG COME TEST-DRIVE A GWM VEHICLE AT GWM PIKETBERG TODAY

««««

GWM voorsien nuwe voertuie en ‘n groot vloot tweedehandse voertuie. Bestudeer gerus die volledige lys.

Jaco Rossouw Verkoopsbestuurder

Jonathen van Wyk Assistent

Edwina Theys Verkoopsverteenwoordiger

Kobus Lochner Verkoopsverteenwoordiger


20

Tuinbouklub Nuus

Huis AJ Liebenberg ontvang groot 50ste verjaardaggeskenk Huis AJ Liebenberg is met ʼn groot verjaardaggeskenk verras deur geld wat van die LOTTO ontvang is vir instandhouding van toerusting. Dit het hulle in staat gestel om ʼn nuwe industriële tuimeldroër aan te koop asook twee industriële wasmasjiene. Indien u belangstel om die ou industriële wasmasjien te koop, kontak asseblief die hoof by die tehuis.

Die Piketberg blom- en tuinbouklub was gelukkig om vir Pam Harris, ‘n baie bekwame demonstratrise te hê om ‘n demonstrasie van tafelontwerpe te kom doen. Sy het ook twee talentvolle helpers saamgebring. Op die foto is Dauglas Bam, Pam Harris en Billy Thompson. Sy demonstreer ontwerpe vir silwer bruilofherdenkings, die mondigwording van 'n jong dame, ‘n funksie vir mans en 'n troue. Die volgende klubvergadering is Woensdag 5 Junie in die Biblioteeksaal. Elbeth Liebenberg demonstreer ontwerpe met loof. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00. Die vergadering begin om 09:30. Besoekers welkom. 'n Donasie van R20 vir tee en verversings word gevra.

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Sera Mouton, Cliffy Jagers en Linda Strauss by die nuwe wasmasjiene en tuimeldroër wat Huis AJ Liebenberg ontvang het. Foto verskaf

Onthou om te herwin

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


21


22

René word 21 René Rust van Piketberg het op 29 April mondig geword. René is 'n geliefde en bekende gesig in Piketberg. Binne die eerste uur na haar geboorte het sy 'n beroerte gehad en is sy gevolglik grootliks in haar beweging gestrem. Haar skoolopleiding het begin by Trippe Trappe Kleuterskool, is in graad R voortgesit by Piketberg Hoërskool tot begin van graad 4. Daarna het sy tuisonderrig ontvang tot die einde van graad 9, waarna hulle as gesin besluit het om verdere formele onderrig te staak. Intussen het sy vir terapeutiese en sosiale redes begin kuns neem by die Coetzee Ateljee en getuig haar Kunsonderwyseres, Karin Coetzee, van haar uitsonderlike talent. Die balletskoene op die verjaarsdagkoek is een van René se vele sketse met "skoene" as tema. Haar verjaarsdagtee by Mrs Bean is gevier saam met vrouens wat 'n spesiale pad gestap het met die Rust familie oor die jare.

Elna Strauss, Estelle Burger, Teresa van Niekerk en voor, Marie van Niekerk.

By René voor is Suzette Cillié en agter Karin Coetzee van Die Coetzee (Kuns) Ateljee, Winnie Grobbelaar en Lindie Jordaan.

René en Ma Alettha maak geskenke oop.

René glimlag breed met haar verjaarsdaghoed op en die koek met haar eie skets daarop in eetbare versiersuiker.

René sê dankie Aan die tannies van Piketberg, baie dankie vir die verrassing wat julle vir my gereël het. Ek was baie verras om almal te sien. Baie dankie vir die bederf en die geskenkies. Groete René

Marietha Goosen, René en Nikki Brink. Foto’s: Marietha Goosen


23

Bergrivierkoor na VSA Met groot opgewondenheid en entoesiasme het die kore van die NG, AME en VG Kerke Piketberg; Morawiese Kerk Goedverwacht en VG Kerk Porterville op 5 en 12 Mei byeengekom vir oefeninge ter voorbereiding vir gesamentlike Kerskonserte in die Bergrivier Munisipale streek wat oor die volgende twee jaar sal plaasvind. ‘n Eerste vir ons streek! Onder die vaandel as Bergrivierkoor beplan hierdie groep sangers ook ‘n gesamentlike konsert toer en uitreikingsprojek na Boston (VSA) en Europa in Desember 2014. Die doel van hierdie koorprojek en beoogde toer het nie net die fokus om sang, musiek en kultuur in ons streek te bevorder nie, maar plaas ook ‘n gewisse bewuswordering op kulturele opheffing en musikale interaksie in ons streeks-gemeenskappe en daardeur hoop ons om buitelandse kundiges hierheen te lok wat ons vakkundig kan ondersteun met ons toekomstige doelwitte. Ons almal is bewus dat kulturele ontwikkeling broodnodig en onontbeerlik is in ons dorpe en daarom is dit van kardinale belang dat al die inwoners hierdie projek ondersteun, want musiek voed nie net die siel nie, dit kweek ook ‘n gesonde gees en kan ‘n positiewe bydrae lewer tot die oplossing van ‘n veelvoud van probleme in ons dorpe. Alreeds tydens die afgelope gesamentlike oefeninge kon ‘n mens die wonderlike gees bespeur hoe musiek grense afbreek, nuwe vriendskaplike brûe bou en noue bande oor die geloofs- en kultuurgrense vorm. Die Kerskonserte vind plaas op Sondag 17 November 2013 in die VG Kerk Porterville en Sondag 24 November 2013 in die NG Kerk Piketberg.

Die Bergrivierkoor. Foto verskaf

Sweets Mania

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

Kookolie 750ml Mariebeskuitjies 150g

R12-95

R2-99 Illovo Suiker 1kg

R9-49 Heartbeat 166’s Yo-Yo Bubblegum 144’s

R40-50

R10-80 Smoothies 72’s

R9-45

Krag en selfoon lugtyd ook beskikbaar

2 liter Coke All Seasons Langlewe Melk 6 x 1 liter

R45-00

R13-50 Terwyl voorraad hou


24

Oud-PHS’ers vang graad

René Engelbrecht het haar diploma in Public Relations met Cum Laude verwerf. Sy werk tans by Epic Communications in Kaapstad en doen haar graad kursus deeltyds by CPUT.

Coenie Kotzé het ‘n Hoër Karlita Morrison het die JC Hanekom het die graad sertifikaat in Militêre Stud- graad BSc by die Uni- BComm Landbou Ekonomie ies verwerf. versiteit van Stellenverwerf en is tans besig met bosch verwerf. sy honneurs. JC is ook op die HK van Pieke Privaatwyk. Leon van der Westhuizen, 3de jaar Argitektuur student by Nelson Mandela Metropool Universiteit in Port Elizabeth het onlangs by die NMMU se gradeplegtigheid drie prestige toekennings ontvang, naamlik: ‘Best Student Second Year Design’, ‘Best Architectural Design for his Community Centre in Portfolio’ en ‘Best Overall Performer in BAS Degree’.

Christel Smit, foto regs, het haar B.Comm graad in Desember ontvang en studeer tans onderwys (NOS). Alle foto’s verskaf

Die drie onderwyseresse het onlangs hul B.Ed graad ontvang by CPUT, Wellington. Nadeen Olivier, B.EdGrondslagfase, links doen tans haar honneurs. Marilee Kriel, middel en Roché Tredoux het hul B.Ed-intermediêre– en seniorfase grade ontvang.

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir advertensies en berigte 11 Junie 16 Julie 13 Augustus 10 September 15 Oktober 12 November

Die Piketberger verskyn 21 Junie 25 Julie 22 Augustus 19 September 24 Oktober 21 November

Francél du Preez, Gr R-juffrou wat onlangs by PHS aangesluit het, het haar Honneursgraad in Inklusiewe Onderwys verwerf aan CPUT op Wellington. Sy is in die plek van Amandie Ungerer wat nou vir die Gr 2’s skoolgee. Foto: Marietha Goosen

Manne en Vroue Naweek by NG Kerk Piketberg Vrydag 31 Mei en Saterdag 1 Junie Temas soos: “Hoe hanteer ek situasies as die mat onder my voete uitgeruk word?” en “Hantering van Vergifnis” Navrae: Nico Basson 022 912 4969 of 076 4725 641 of nico@patat.za.net

Pikeberger Jun Part 2  

Local Newspaper

Pikeberger Jun Part 2  

Local Newspaper

Advertisement