Issuu on Google+

26

Die Dinamika van ‘n Besigheid op die Platteland Deur Adene Koch Soos ons almal weet is elke besigheid afhanklik van sy plaaslike gemeenskap se lojale ondersteuning. Soms maak ons as besighede ook foute en verloor klandisie of ons lees ons mark verkeerd of hanteer dalk nie ‘n kliënt met die nodige entoesiasme of vriendelikheid wat hulle verdien nie, stel mense teleur, ens. Sommige van ons kom gereeld in die Kaapse omgewing en geniet die voorreg van lekker groot winkelsentrums met groot verskeidenheid van “trendy” produkte – dit bly maar lekker. Aan diesulkes doen ons ook ‘n beroep om vir ons plaaslike besighede te help om “with it” te raak (of te bly) deur vir ons te kom sien met jul spesifieke behoeftes en ons ‘n kans te gee om ons staal te wys. Ek is seker dat so ‘n manier van besigheid doen ons dorp se ekonomie sal stimuleer asook die wat wonder of hul die hand aan ‘n eie besigheid moet slaan, sal aanmoedig om die berekende kans te waag. Dit gebeur ook soms dat ons vir sekere kommoditeite en dienste ietwat meer hier in die platteland betaal as in die stad, maar hou tog voor oë dat daardie ekstra paar rande help met die aflewering van produkte wat van ver kom, die oorhoofse kostes soos die perseel se huur (wat heel waarskynlik aan iemand plaaslik behoort) te dek. In sekere van ons bedrywe kan ons nie altyd die groot hoeveelhede bestel en laat aflewer sodat die eenheidspryse laer kan wees nie. Inherent is dit belangrik en noodsaaklik vir elke besigheidseienaar op Piketberg om voorspoedig te wees en sake te bedryf wat lewensvatbaar bly en sy kliënte te behaag, al glip ons voete ook gereeld. Besigheidseienaars voorsien werk aan plaaslike mense wat weer hul verdienste spandeer in ander plaaslike besighede – dit is die siklus van plaaslik ondersteun...dit is die voortbestaan van elke entrepreneur wat so ‘n bietjie sy ondernemingsgees wil beproef. Kom ons stimuleer mekaar se besighede, vergewe mekaar se tekortkominge en glipse, moedig mekaar aan om te waag en wees die vangnet vir mekaar wanneer dit swaar gaan. Ek salueer elke besigheid (groot en klein) vir hul braafheid en vernuf om hul nekke uit te steek, die plaaslike gemeenskap van werk te voorsien, die knellende ekonomie te trotseer en weer sy verdiende geldjies terug te ploeg in ander besighede in Piketberg wat ook deel is van dieselfde siklus van VOORTBESTAAN en VOORSPOED in die platteland. Ek moedig ook elkeen aan om saam te werk wanneer daar projekte opdaag sodat elkeen die spreekwoordelike “stukkie van die koek” kan kry. Kom ons ontwikkel ‘n help-mekaar-mentaliteit. Indien enige persoon in die gemeenskap ‘n “skaarskundigheid” het wat iemand in sy bedryf kan help, neem die vrymoedigheid om jou kennis te deel, dit maak jou ‘n “aandeelhouer” in die voorspoed van ons dorp! Jy is besig om te help bou aan ‘n gemeenskap wat vir die jonger geslag weer werksgeleenthede binne in sy geboortedorp/tuisdorp sal verseker wat ‘n trots sal skep wat dupliseerbaar is. ‘n Kind wat grootword in Piketberg en die mense ken, hul behoeftes verstaan en beleef, het so ‘n groot voorsprong wanneer hy besluit om sy kundigheid in sy tuisdorp aan te wend. Wees positief oor die platteland, laat elke voet wat hier aan wal kom voel dat dit ‘n kwaliteit lewe is waar mense vir mekaar omgee en waar ons kinders grootmaak wat sê “local is lekker”! Dankie dat jy plaaslike besighede ondersteun.

Die Piketberger se Vouspan

Die Vouspan is agter Huipie Lucas, Marie Goosen, Nella Steenkamp, Roline Kotzé, Mara Burger en Marietjie Gagiano. Voor is Suzette Fouché, sameroeper, Christina Smit, Christine Langeveldt en Ria van der Westhuizen. Baie dankie aan Huis AJ Liebenberg vir die eetsaal se gebruik en ook in sommige gevalle, die Munisipaliteit, vir die gebruik van die Biblioteeksaal. Foto’s: Marietha Goosen


27

Hart vir die Oesland Naweek

Pragtige getuienisse en geestelike voedsel dvd’s van die “Hart vir die Oesland”-naweek beskikbaar by die Kerkkantoor 022 913 1750


28

Kinderbeskermingsweek 2013 Op Vrydag, 31 Mei het die Piketberg takke van BADISA en die ACVV in samewerking met die Departemente van Maatskaplike Dienste en Weskaap Onderwys ‘n bewusmakings geleentheid vir die publiek aangebied. Meer as 300 mense het die stalletjie besoek en groen strikkies gekry om te dra as teken dat hulle ons kinders se regte erken en saamstem dat kinders die beskerming kry waarop hulle geregtig is. Die kinders se gesiggies is geverf en ballonne is uitgedeel. Badisa en ACVV Boland bedank Boland Superspar en hul personeel vir hulle area wat hulle beskikbaar gestel het en vir hulle gasvryheid. Die maatskaplike werkers kan by die volgende nommers gekontak word: ACVV 022 913 1525, Badisa 022 913 2545, Maatskaplike Dienste 022 913 1156 en die Onderwysdepartement se maatskaplike dienste 022 913 2158.

Andolene Somers, Maatskaplike werker van Weskaap Onderwys, Ronel Grundlingh van Departement Maatskaplike Ontwikkeling, Irene Pickard van Badisa en Annake Bester van ACVV. Foto verskaf

Daar is drie Maatskaplike Dienste kantore op die dorp naamlik Badisa, ACVV en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en elke kantoor bedien ‘n spesifieke gebied. Dis rofweg as volg ingedeel: Badisa – Die strate aan die onderkant van Voortrekkerstraat in die rigting van die N7, ‘n gedeelte van Steynville, Goedverwacht en Wittewater en die plase aan die regterkant van die pad na Velddrif tot sover as Rietkloofplaas. ACVV – Die strate aan die bokant van Voortrekkerstraat, ‘n gedeelte van Steynville en die plase aan die linkerkant van die pad na Velddrif tot sover as Zuurfontein. Die Departement - Piket-bo-berg, Eendekuil, Redelinghuys en alle plase in daardie area.


29

Winkelshoek en Piketberg Bandediens borg o/15’s PHS se o/15 rugbyspan wil vir Leon Visser en Herman van Zyl van Piketberg Bandediens (Dunlop) en vir Piet Jordaan van Winkelshoek bedank vir hulle borgskappe en bydraes. Hulle bydraes beteken baie en maak ‘n reuse verskil. Piketberg Bandediens is die afgelope twee jaar betrokke by die o/15’s en Winkelshoek al vir meer as sewe jaar betrokke. Hulle wil ook graag vir Van Zyl van der Merwe van Merwede Boerdery bedank vir hulle bydrae tot vanjaar se toer.

Leon Visser van Piketberg Bandediens oorhandig die rugbybroekies aan Corné Wium, kaptein van die o/15 rugbyspan. Foto’s: Adriaan Lubbe

R500,00 AF Reuklose Toilet * Suig alle slegte reuke uit

Piet Jordaan van Winkelshoek oorhandig die rugbytruie aan Corné Wium, kaptein.

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

* 2 jaar gewaarborg * Geen onderhoud of chemikalië nie * Gewone prys R2 250 Afslagprys R1 750 (BTW en installering ingesluit) * Laat installeer jou TOILET VRIEND Skakel 022 921 2141 om te installeer of vir meer inligting

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


30

PAW ontvang groot skenking

PAW hou Sterilisasiedag PAW het onlangs ‘n baie geslaagde sterilisasiedag gehou. PAW moedig die gemeenskap aan om hul honde en katte te steriliseer om sodoende die rondloper honde en katte te beperk. PAW benodig skenkings om hulle te help met hulle onbaatsugtige werk wat hulle in die gemeenskap doen. Sien PAW se advertensie op p2 vir hul bankbesonderhede en kontaknommers.

As deel van hulle gemeenskapsbetrokkenheid, het Kaap Agri Pakmark (Piketberg) vir Piketberg Animal Welfare genomineer as gemeenskapsprojek. Hier neem twee PAW-verteenwoordigers die honde- en katpille in ontvangs. PAW is dankbaar vir hierdie skenking en sal dit verder versprei onder minderbevoorregte honde en katte. Op die foto is agter Gert Joubert, Hermy van Rooy, Beryl-Ann du Plessis (PAW) en Kobie Visser (Takbestuurder). Voor is Gert Thys, Nicola Kellerman (PAW), Helena Kotze en Christine Coetzee.

BREAK THE CHAINS OF ANIMAL ABUSE 24 HOUR EMERGENCY NUMBER/ NOODNOMMER 079 249 1535


Piketberger Jul 2013 (3)