Page 1

1

Jaargang 20 Nr. 11 www.piketberg.com

Desember 2013

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS het Beste in Wes-Kaap

Marius Scholtz, skoolhoof van PHS wat pas aangewys is as die beste skoolhoof in die Wes-Kaap Foto: Sanet Ackermann

Marius Scholtz is pas aangewys as die wenner in die Wes-Kaap in die kategorie: Uitnemendheid in Hoërskoolleierskap. Dit beteken dat Piketberg Hoërskool spog met die Beste Skoolhoof in die Wes-Kaap. Hierdie prestasie is voorwaar iets waarop elke beheerliggaamlid, personeellid, PHS-ouer, -leerder en oud-leerder werklik trots is. Dis met groot dankbaarheid dat PHS, wat reeds 'n Dinaledi Fokusskool vir uitsonderlike onderrig in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe is, steeds strewe na voortreflikheid op alle gebiede. Wat Marius so besonders maak, is die balans wat hy handhaaf op alle terreine, sy intense belangstelling in die doen en late van PHS'ers, sy sin vir humor, sy agting van sy kollegas en sy erkentlikheid teenoor die Here. Hy gee die eer vir sy toekenning aan ons Hemelse Vader vir Sy bystand en genade en aan die span by PHS (kollegas, ouers en leerders) vir hulle samewerking en ondersteuning. Die Piketberger het in die Oktober uitgawe berig dat hy die Weskusstreekwenner is en hierdie was die volgende rondte. Die laaste beoordeling vind plaas vroeg volgende jaar wanneer die Nasionale wenner aangewys word.

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Liedboek Marathon...p4 Vier geslagte saam...p4 VLV-Nuus...p8 Huis AJL Vleismark...p10 Die Piketberger 20 jaar gelede...p11 Trippe Trappe hou konsert...p14 Nasionale Week van Gebed...p24 Staaltjies uit die verlede...p26 Steynville se Toppresteerders...p28 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

℡ 022 913 1939 022 913 2404

Handelsure tydens die Kersseisoen: Maandag 16 Desember: 07:30 - 20:00 Vrydag 20 Desember: 07:30 - 22:00 Saterdag 21 Desember: 07:30 - 19:00 Sondag 22 Desember: 07:30 - 17:00 Dinsdag 24 Desember: 07:30 - 21:00 Woensdag 25 Desember: Toe/Closed Woensdag 01 Januarie: 07:30 - 14:00 Hou die winkel dop vir inligting oor die opwindende laat aand kersinkopie program van 20 Desember! Kom loer gerus in en bring die jongspan!


2

Redaksioneel

Briewe van ons lesers...

My marathon amper 35jaar later Van Sub A af is ek maats met Elana (van Zyl) Meyer, die later bekende langafstand atleet. Dié tenger en fyn dogtertjie se talent is ontdek in die stofstrate van Albertinia waar sy haar eerste "padwedloop"/pretdraf as 11jarige gehardloop en ver gewen het. Haar maatjie, ekke, het ook probeer en ek herinner my vaagweg dat ek half flou geword het van uitputting en daar en dan besluit het dat miltsteek, sweet en asemnood nie vir my is nie. Maar my ondersteuning en onderskraging vir haar het geen einde geken nie - ek het steeds naweke vir haar gaan kuier, al moes sy oefen, het saam na party wedlope toe gegaan, haar luidkeels aangemoedig, al die geborgde Themde bewonder en haar vergesel na haar eerste groot marathon, die "Voet van Afrika" in 1979. Haar pa, oom Daan, het met 'n glimlag gesê die vriendskap is iets besonders, Marietha hardloop nie en Elana neem nie musiek nie, maar tog vlot dit. Wat Elanatjie nog nie weet nie, is dat haar vriendin op Saterdag 9 November haar eerste marathon voltooi het in 7 ure, van 07:00 tot 14:00..... en toe 'n verdere 6 uur 30 minute van 17:00 tot 23:30. Dis nie enige atleet wat dit kan sê nie.......maar ek het nie gehardloop nie, nie eers gestap nie........ek het gesing! Sondag kon ek steeds nie glo dat ek so 'n unieke dag kon beleef nie. Waar in jou lewe het jy dit al gehoor?! Om die Liedboek te neem en saam met CD begeleiding die boek van voor af te sing, hard, sag, hoog, laag, bekende wysies, moeilike wysies, worstelstryde en jubelsange, oor die skepping, oor die huwelik, oor geloof, dankbaarheid, vertroue en liefde, van die geboorte van Jesus, tot by Sy lyding, sterwe en opstanding - wat 'n voorreg! En die twee ure van 05:00 tot 07:00 en die drie ure van 14:00 tot 17:00 toe ek nie daar was nie? Toe het ander stemme gesing en saam met my het die hele tyd stemme weerklink - vir 18 uur en 30 minute lank deur 512 liedjies. Voorwaar 'n rekord! Ek is niks meer bang of vreemd vir marathons nie, want vir my het 'n marathon nuwe betekenis gekry.

Liefde Marietha Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796 Advertensies: diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Gawie, Hepsibah, Chris, Jeanette, Joseph, Karen en kinders skryf... Graag wil ons dankie sê aan almal wat ons in hierdie hartseertyd so wonderlik ondersteun het. Dankie vir al die gebede, besoeke, telefoonoproepe, sms’e, verversings, blomme en al die kaartjies met pragtige boodskappe op. Dankie Piketberg, ons waardeer die liefde en omgee. Julle het ons gehelp om ons hartseer ligter te maak.

Ronél McKnight skryf... Danksy Marietha, wat na vyf jaar nog met elke verjaardag vir my inteken op Die Piketberger, ontvang ons McKnights dit nog elke maand. Elke keer as ek die koerantjie uit die posbus kry, kan ek nie wag om te begin lees nie! Ons kinders se skoolmaats herken ons nog net aan die name onderaan die foto's, terwyl die ouer mense glad nie ouer word nie! Een van die redes hoekom ons so uitsien na Die Piketberger is juis omdat ons weet dit is propvol lekker, positiewe berigte. Ons is bly dat julle steeds by daardie besluit bly om net positiewe berigte te plaas. Dankie aan die Redaksie vir julle harde werk om dit elke maand op die rakke te kry. Die Swartkat skryf…. Hierdie is my tweede brief aan julle, en ook die laaste brief vir 2013. Die laaste paar weke het soveel opwinding gehad, dat ek skaars weet waar om te begin. Iets wat wel my aandag menige kere getrek het in die laaste tyd, was familie! Ek het nagedink oor hoe baie dinge verander tussen ons as familie soos die jare aanstap. As kind het ek altyd na my ouers met "beskuldigende" oë gekyk, as dit gekom het by hul broers en susters. Dan het ek altyd gedink, "...as ek eendag groot is, wil ek nie so uitmekaar groei dat ek heeltemal vervreemd is van my eie bloed familie nie". Nou ja, nou is ek ook groot - en raai wat - "LIFE HAPPENED!" - en staan ek nou skaam voor my eie kinder gedagtes. Nou verstaan ek ook hoe elkeeen se lewe verskillende paadjies verteenwoordig - as kind loop jy op die gelykte en namate jy ouer word, begin jou paadjie hoogte kry en verander later in 'n bergpas. Die lewe se paaie is soms opdraand, maar dan weet ons tog dat hoogte verseker van die mooiste uitsigte. As ek maar net die paadjies beter saam met my eie broers en suster geloop het, sou ek soveel meer "mooi" gesien het in die lewe. Ek is nie te oud om 'n verskil te maak met my familie verhoudings nie - maak nie saak hoe oud ek is nie! Ek wil deel in die roetes van my familie - hetsy dit opdraand of 'n "mooi" uitsig is. Ons betree nou ‘n baie spesiale tyd van die jaar – met die vooruitsig van die viering van ons Verlosser se geboortedag, en dan die skenking van ‘n nuwe jaar. En so graag gebruik ons die einste geleenthede om te reflekteer op ons families. Vir dié wat geseënd is, spandeer die spesiale tyd saam met familie en vriende. Mag elkeen met hierdie Kersseisoen weer die vreugde van familie ontdek, en mag dit ‘n nuwejaarsvoorneme raak dat ons elkeen moeite doen met familie in 2014 en in die toekoms.


3


4

Liedboek Marathon

Vier geslagte bymekaar

Verskeie mense het deelgeneem aan die Liedboek Marathon op Saterdag 9 November in die NG Kerkgebou. Daar is 512 liedjies gesing met CD-begeleiding van 5:00 tot 23:30. Die groep op die foto is die stemme wat die laaste 2 ure saam gesing het tot die laaste noot! Die dag was 'n bewusmakingsgeleentheid van die Bergrivier Gemeenskapstoer wat DV einde 2014 na Boston Amerika gaan. Die Bergrivierkoor is ‘n inisiatief van Sherlock Fortuin. Foto: Marietha Goosen

Kerssangdiens Sondag 24 November om 19:00

NG Kerk Piketberg

Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar Dankie vir u ondersteuning

Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel

022-913 2418

022-942 1787 Riana Smit

022-942 1787

082 921 1977

Klein Isobel Batehup (20 maande) het al die pad saam met ma Alisia uit Liphook, Hampshire gekom om weer vir ouma Hermien Bradshaw te sien en dié keer ook vir oumagrootjie Elsie Kitshoff te ontmoet. Die kuiertjie vir dié vier vroulike geslagte saam was maar kort, aangesien die Batehups slegs op 'n week lange besoek aan Suid-Afrika was en boonop vir skoonpa Batehup ook moes rondwys. Die Piketberger was bevoorreg om van die kuier te hore te kom en die blye bymekaarwees op film vas te lê.

Kers-Plaasmark ontvang bekende musikante Mike Laatz, bekende saksofoonspeler en radioomroeper, en Graham Burton, bekende Kaapse sanger, sal besoekers op 30 November 2013 by die laaste Plaasmark van die jaar op Piket-Bo-Berg vermaak met hul vernuftige kombinasie van musiek. Behalwe opregte plattelandse gasvryheid en onoortreflike natuurskoon beloof die mark ook waarde vir geld aan besoekers. Pottebakkery, gerookte hamme, biltong, vars vrugte en groente en opregte plattelandse gebak en tuisskeppings, is maar 'n paar van die verskeidenheid items wat op die dag beskikbaar sal wees. Die mark is van 9 tot 12 vm en word op die plaas Kruistementvlei op Piket-Bo-Berg gehou. Besoekers word genooi om die dag met familie en vriende te kom uitspan. Vir meer besonderhede skakel 022 914 5652 / 083 3387 684.


5


6

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Flip van Niekerk e: finefeathers@telkomsa.net * m: 082 615 6747 t: 022 913 1539 * Kellermanstraat 4 * Piketberg * 7320

Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en hondehokke of … Hierdie advertensie borg ‘n sterilisasie! word geborg deur Kontakbesonderhede: Sam en Berenice Scheepers

Minette: 079 249 1535 BerylBeryl-Ann: 071 828 7952 animalwelfarepiketberg@gmail.com

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

Kekkel & Kraai Korslose Hoenderquiche 1 uie, gekap 15ml olie 4-6 hoender filette, in blokkies gesny 250ml ertjies 500ml Griekse jogurt 4 eiers, geklits Skil van 1 suurlemoen Sout en peper

Braai die ui in olie. Voeg die hoender by en roerbraai tot gaar. Voeg die ertjies by, braai ‘n paar minute en versprei in quichebakkies. Klits die jogurt, eiers en suurlemoenskil saam, geur met sout en peper en giet oor die hoendermengsel. Bak vir 40-45 minute tot gestol. Besprinkel met die pietersielie. Bedien met ‘n groenslaai.

Die afgelope twee maande het ek inligting gegee oor vaste afval, herwinning en water in Piketberg. Dit was so lekker dat soveel van ons lesers my gestop het in SPAR, by Winkelshoek en selfs in die SPUR en Hanlie Linde sê hoe lekker dit vir hulle was om die feite oor Piketberg eerstehands te ontvang. So op spesiale versoek van mense in die gemeenskap gaan ek hierdie maand voort met nog feite en geite oor Piketberg. Al die syfers wat ek hier gee, kom direk vanaf Statistiek SA se webwerf (www.statssa.gov.za) en kan deur enige persoon besoek word. Die syfers is getrek op 8 November 2013. Ons is bevoorreg om ‘n distrikskantoor van Statistiek SA op Piketberg te hê. Hul kantoor-bestuurder is ‘n nuwe gesig op ons dorp. Sy is Sonja Wend en hier sedert Julie 2013. Besoek hulle gerus by hul kantoor langs ons rooi vis-winkel. Tans bly daar nagenoeg 12 810 mense in ons mooi dorp. Dit verteenwoordig 20% van die mense binne Bergrivier Munisipale Area. Piketberg is steeds die grootste dorp in ons area met Velddrif kort op ons hakke. Uit ons mense is die grootste bevolkingsgroep by verre ons 9 781 bruin mense, gevolg deur 1 839 blanke mense, 1 034 swart mense en 67 asiatiese mense. 89 mense het hulself aangedui as “ander”. Daar is 2 920 huishoudings op Piketberg. Daarvan het 248 huishoudings aangedui dat hul geen inkomste het nie (sensus opgeneem binne seisoentyd). Ons area groei teen ongeveer 3% per jaar. 52% van ons bevolking is vrouens en 48% mans. Net 367 mense in ons dorp het tersiêre opleiding en 828 mense het aangedui dat hulle geen skolastiese opleiding het nie, met 4 674 mense met opleiding tot graad 8. Die res (4 632) het opleiding van tussen graad 9 en 12. Wat ons taalgebruik betref, praat 11 173 mense afrikaans (87,2%), 220 engels, 229 isixhosa, 140 sesotho. Die interessantste vir my is dat 32 mense aangedui het dat handgebare hul hooftaal is. Nou weet u so ‘n bietjie meer van wie ons op papier is. Ons weet mos in elkgeval wie ons in ons harte is. Mag elkeen van u ‘n baie goeie Kerstyd hê en verfris en verkwik terugkom na ‘n welverdiende vakansie. Ons sien uit om in 2014 weer vir die hele dorp en al ons mense van goeie, effektiewe diens te wees.

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Kontak Henk Pieters 071 583 6164


7

Blom– en Tuinblouklub Afsluiting Die blom- en tuinbouklub van Piketberg het op 6 November ‘n baie suksesvolle afsluitingsfunksie op Hebron Landgoed, die eiendom van Piet en Elmien Uys gehou. David Davidson, mede-ontwerper van Suid-Afrika se uitstalling by die die Chelsea-blommeskou, het die 75 tuinbou lede en besoekers teenwoordig, op ‘n reis na die skou geneem. Deur middel van ‘n skyfievertoning en sy vertellings, het ons deeglik kennis gemaak met die Koningin van Engeland en selfs Prins Harry se tuin besoek. Ander lande se tuine is ook deeglik bespreek. Baie interessant was sy beskrywing van al die probleme waarmee die Suid-Afrikaanse groep te doen gekry het met die oprigting van die uitstalling.

Lede wat die vergadering bygewoon het is agter, Vanessa Beautement en Jackie Ferguson. Voor is Rita Esau, Elmien Uys, Katinka Morrison, David Davidson, Mickey Visser en Marinda Mostert. Foto: Moira van der Westhuizen

Happy Hearts! Kinders én ‘n voltydse werk kan ‘n kopseer wees!! MOENIE meer bekommerd wees nie. Vanaf 15 Januarie 2014, open ek ‘n nasorg om u en u kinders se lewens te vergemaklik. Ek is ‘n gekwalifiseerde onderwyseres met ‘n besonderse liefde vir kinders. Ek voorsien ‘n middagete en maak seker dat die huiswerk afgehandel is. Plek: In Hoofstraat (oorkant die poskantoor) Ek sien uit om van julle te hoor! Kontak Marilee Kriel by: 071 485 4533/ marileekriel@gmail.com


8

VLV Nuus deur Jannie Lategan

Verlustig jou in die eenvoud van die natuur “Dié Kwikstertjie het dan net een pootjie!” is daar opgemerk toe ons hierdie besondere diertjie van naderby kon beskou. Hierdie voëltjie met haar wyfie, het diep in 'n mens se hart gekruip. Hy is altyd vrolik ten spyte van sy gebrek en twee maal per jaar maak hy en sy wyfie minstens twee kleintjies groot. Daar is 'n goeie verstand-houding tussen ons en hierdie voëltjies, maar die een met die gebrek geniet beslis meer aandag. Hy vreet gerasperde kaas uit die hand en dra dan vir sy gesin ook aan. Sy gebrek het hy te bowe gekom. Straks was dit ‘n straatkat wat hom vermink het en hy gelukkig genoeg was om weg te kom. Daar kan nie genoeg klem gelê word op die sorgsaamheid van hierdie diertjie nie en sy gebrek het geensins sy lewe beïnvloed om normaal te leef nie. Die karakter van hierdie voëltjie dra sterk elemente van oorlewing en hy verklaar sy geluk en vreugde luidkeels, veral as dit tyd vir die volgende hopie gerasperde kaas is. Uit hierdie besondere fenomeen, is daar nogal twee gedagtes waarop 'n mens hink, wat feitelik net so van toepassing kan wees op die mens. Benewens die wil om te oorleef, is daar soveel vreugdes waarin die mens hom kan verlustig as hy net in sy eie klein wêreldjie om hom kyk. Daar word ook soms gehunker na lang en uitgebreide reise om wildparke en soveel mooi natuurtonele te besoek en dit is sekerlik reg om so te droom, maar hier aan jou voete, is ‘n natuur wat jou wil innooi en verwelkom. Jy kan ‘n studie maak van die kleinste diertjie of ontluikende blom. Elke dag ontvou daar ‘n nuwe tafereel. ‘n Bolplant pronk mooi as hy sy bloedrooi blom stukkie vir stukkie ontbloot. ‘n Hadida land vlugtig in die oggend en kondig luidkeels net hulle aanwesigheid aan. Hulle vroetel rustig in die gras om padkos in te pak voordat hulle die dag se roete voortsit. In die laatmiddag as hulle met krasgeluid huiswaarts verbyvlieg, voel dit of hulle groet en jou ‘n goeie nagrus toewens. Die uurglas van die tyd is onafwendbaar besig om die laaste stukkie van 2013 gulsig op te raap en onwillekeurig word daar bestekopname van die jaar wat verby is, gemaak. Het ons mank gegaan aan baie genot omdat ‘n gesondheidstoestand ons gekortwiek het, of was daar nog 'n bietjie energie om as “poot-af voëltjie” vrolik te sing, of het die hunkering na beter dae en meer geluk, die lense van ons lewensuitkyk verdonker? Straks moet ons versigtig wees om nie verstrengel te raak in die laagtepunte en teleurstellings van die afgelope jaar nie, maar juis met positiewe visie en vol weerbarstige vertroue en totale oorgawe, die splinternuwe 2014 aandurf. Mag goeie of beter gesondheid vir elkeen ryklik uitgemeet wees en mag elke landbouer, sakeman, leerder, student en werker die vrug van sy oes met groot dankbaarheid geniet. Mag die heel, heel eenvoudige mens wat straks in armoed en leiding sukkel om te oorleef, tog lig en nuwe Hoop ervaar. Mag die blinde ook helder lig in sy donker lewe ervaar. Mag Kersfeestyd tog vreugde bring en mag almal jubel soos die metafoor van die “afpoot” kwikstertjie! Nota: Kwikstertjie (Cape Wagtail) Motacilla Capensis

Die VLV Bestuur vir 2014 is van links, Frannie Botha, Dinette Lochner, Alta Vos, Nicoline Brown (voorsitter), Ferina Visser, Marlize Rossouw en Christa Myburgh. Foto: Riana Richter

Nuwe VLV-Nuus vir 2014 Laai die kinders by die skool af, gee vir Woefie en Kietsie kos, pak pappa se kosblik en woon die OGGEND VLVVERGADERING van Februarie 2014 by. Wanneer die speelskool se klokkie lui is jy weer betyds om vir boeta en sussie by die hek op te laai! Ons beplan om vanaf 9:00 uur tee te drink en 09:30 met die program te begin. Daar is verskillende portefeuljes wat verskeie onderwerpe dek om die volwasse vrou op te voed. Ons gee ook aan gemeenskapsbehoeftes aandag, soos die VLVK projektema lees : VLV raak hart en hande. Met ‘n onlangse vergadering het die lede bygedra om BADISA & ACVV se “skoenboks-projek” te ondersteun. Die projek is daarop gemik om behoeftige kinders en diere in ons gemeenskap te help. Vir enige verdere bydraes kan u vir Elzanne by 072 130 2936 skakel. Ons nooi graag nuwe lede uit om deel te word van VLV-

VLV – DATUMS – 2014 : (09h00 vir 09h30) Februarie, 13 : Gesondheid Maart, 13 : Openbare Gesondheid Mei, 15 : Kuns (middag-verg 14:30) Junie, 19 : Opvoeding Augustus : Kongres in Upington September, 18 : Landbou Oktober, 16 : Leefstyl November, 13 : Afsluiting Piketberg. Ons leer altyd iets nuuts en inspireer mekaar om “jou grense te verskuif”. Vir enige navrae kontak Nicoline Brown 022 913 1263.

Kontak Margaret 022 913 1777

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator te huur


9


10

HUIS AJ LIEBENBERG : VLEISMARK 2013 Genade, goedheid en guns – as ons terugkyk die afgelope 50 jaar, dan sien ons die Vader se hand in die bestaan van Huis AJ Liebenberg. As ons na die toekoms kyk, dan bid ons in diepe afhanklikheid van die Vader vir die behoud van hierdie fasiliteit en sy werksaamhede. Die mooi bedrag van R120 000.00 is ingesamel met ons Vleismark op 26 Oktober 2013 (saam met kollektelyste). Baie, baie dankie sonder die gemeenskap se betrokkenheid op soveel maniere, sou dit nie moontlik gewees het nie !!! Mag ons almal vennote bly in hierdie groot taak, om uit te reik na ons geliefdes wat oud geword het en finansieel nie hierdie huisvesting en versorging kan bekostig sonder hierdie befondsing nie. Met groot dankbaarheid van die Beheerraad, Personeel en die Inwoners. Marie de Villiers Hoof

Foto’s: Esmé Steenkamp

Roline Kotze, Jacoba Basson, Alda en Tanja Olesen vorm ‘n Impromptu quartet. Foto: Suzette Fouche


11

20 Jaar Gelede — Desember 1993 VOORBLADFOTO: By Boland Spar se opening is sportlui Tinus Linee, Nico Wegner, Christiaan Scholtz, Chester Williams en Elana Meyer. ANDER BROKKIES: Babbel en Krabbel is 5 jaar oud. Piketberg se Dames Skietspan het in die NoordBolandse eindstryd vir die vierde agtereenvolgende jaar met die louere weggestap. Tulbagh was tweede en Porterville derde. Lede oefen onder die bekwame leiding van adj Knapie Coetzer. Piketberg Blom- en Tuinbouklub het olv Elbeth Liebenberg die NG Kerk se tuin uitgelê wat aanpas by die kerkgebou se argitektuur. PHS se Dux leerder is Marietjie Coetzee. Steynville Sekondêr se Dux leerder is André Smit, die derde seun uit die Redelinghuys gemeenskap. Steynville Primêr se Dux leerder is Ilana van Schalkwyk.

by te woon.

ADVERTENSIE: Nederberg Hotel bied 'n Kersdagete aan met 'n perlemoenvoorgereg, drie vleissoorte en 'n verskeidenheid slaaie @ R27,00 en halfprys vir kinders onder 12.

P IKETBERG POWERTTOOLS 36 Kloof Street Piketberg Tel: 022 913 3957 Cell: 083 381 8822 E Mail: PiketPowerTools@afrihost.co.za


12

Gert de Beer vier 90 jaar

Vrouediens Afsluiting

Marietha Goosen, die spreker Gielie Loubser, Marlien Smit, voorsitter, en Sandra van Wyk.

Gert de Beer saam met sy enigste oorlewende suster, Gerrie Geldenhuys van Kuilsrivier en sy kleinneef, Gert de Beer van die plaas Kromland in die Graafwater distrik.

Sandra de Villiers, Yolanda Crous, Teresa Smit, Magdalena Mostert en Christa Myburgh.

Agter (vlnr): Raymond Clarke (susterskind, Karen se seun), Helene de Beer (broer Kosie se oorlede seun, Gert de Beer se weduwee), Slabber Teubes susterskind, Karen se skoonseun), Janneman de Beer (broer Kosie se seun), Nigel Clarke (susterskind, Karen se man) en Gert de Beer (kleinneef). Middel (vlnr): Jeanine Venter (Raymond Clarke se aanstaande), Desiré Teubes (susterskind, Karen se dogter), Cindy de Beer (Janneman de Beer se vrou), Louis Burger (susterkind, Johline se man), Johline Burger (suster Hilda se dogter), Karen Clarke (suster Hilda se dogter) en Zinet de Beer (kleinneef Gert se vrou). Voor (vlnr): Leandré de Waal (susterskind Johline se kleindogter), Tannie Gerrie Geldenhuys (suster), Oom Gert de Beer (oud-Horlosiemaker van Piketberg) en Gerda Marais (suster Gerrie se dogter). Foto’s: Laggies Geldenhuys

Marisa Krynauw, Erin Nel en Monica Fivaz.

Mieta Basson, Erica Kretschmer en Jackie van Eeden. Foto’s: Marietha Goosen


13

Salon De Bron Malmesbury Tel. 022 487 3009

Moorreesburg Tel. 022 433 1680

Stel bekend

Redken se nuutste produk op die mark e Nuw k u prod

Diamond Oil

Be sk i ein kbaa No r ve de mb er

3 x stronger hair* 2 x more shine** 3 x less hair breakage+ Silicone-Free++ *Diamond Oil Shatterproof Shine/Shatterproof Intense vs non-conditioning shampoo **Diamond Oil Shatterproof Shine/Shatterproof Intense vs unwashed hair +Diamond Oil Shampoo, Conditioner and Shatterproof Shine Intense vs a non-conditioning shampoo ++Diamond Oil Shatterproof Shine/Shatterproof Shine Intense


14

Trippe Trappe hou konsert

Foto’s: Marietha Goosen


15

Juffrou Esther groet Juffrou Esther is sinoniem met Trippe Trappe. Dis onvermydelik om die twee los van mekaar te sien. Oor 17 jaar lank het Juffrou Esther 3-5jariges se lewe help vorm en 'n onvergeetlike indruk op hulle gemaak en 'n onuitwisbare invloed op hulle lewens en diĂŠ van hulle ouers gehad. Met dieselfde onblusbare energie en entoesiasme het sy Esther Anthonissen elke n u we s k o o lj aa r Foto: Marietha Goosen aangepak, uitstappies gehou, liedjies aangeleer en konserte gehou. Nooit word 'n ouer net weggestuur sonder dat sy 'n staaltjie oor die kleuter vertel het nie. Selfs oud-ouers en -kinders het bly welkom voel by Trippe Trappe. Juffrou Esther, jy sal beslis gemis word vir nog baie jare danksy jou diep en duidelike spore wat jy by Trippe Trappe gelaat het. Piketberg is trots op so 'n opvoeder wie se leerders regdeur hulle skoolloopbaan uitstaan as leiers en presteerders. Wat Juffrou Esther so geliefd maak, is die passie waarmee sy elke mens en situasie benader - terwyl sy haar verkneukel aan die nuutste leeu, hasie of doudruppel in die konsert, vergeet sy nie dat jou 16-jarige kind ook eens op 'n tyd die oulikste leeu in die Trippe Trappe konsert was nie! Vir Juffrou Esther se opvolger, Laurette Burger, het sy 'n lieflike tafel gedek waarop Laurette net kan voortbou. Dis altyd 'n voorreg om iemand besonders te volg.....

Trippe Trappe hou Gradeplegtigheid

Trippe Trappe se 2013 Graduandi. Foto: Marietha Goosen

Riana Wium 084 2453 922 immergroenraamwinkel@gmail.com Kerkstraat 33 Piketberg


16

Te Koop

Independant Distributor

Volledige swembadpomp te koop, het net vir opblaasswembad gewerk. Om te besigtig skakel Jannie Lategan 082 453 8305. Vir verdere navrae skakel Babie Theron 021 557 9241 of 082 365 5509

Stressed / Experiencing headaches? Fatigue / Feel tired? Getting out of shape / Joint pains? Forgetful / Lacking concentration? Digestive problems? Bloated / Constipation? Challenged by skin problems? Looking for General GOOD Health and Vitality? Visit our Nutrition and Wellness Centre for a FREE consultation. Your solution is a visit away.

Betrekkings Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asseblief 082 780 8698

Halfdag pos: Boekhou/ ADMIN Maandag tot Vrydag 08h00—13h00 Kennis van MS Office asook boekhouding en Pastel ondervinding ‘n vereiste. Stuur asb CV na: info@allabouttravel.co.za

Contact: Lize Miernes@mdwireless.co.za or sms to 076 703 5155

Huis Te Huur Netjiese 4-slaapkamer plaashuis te huur te Eendekuil. Skakel 072 347 2069.

Dienste Aangebied Vir Was- en Strykwerk Skakel 073 9457 190

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER

FSB nr 5687

I am available for House-sitting / Pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326 or heikeoelbuttel@gmail.com

PIKETBERG

For Sale

PPC Makelaars (Edms) Bpk Finansiële Dienste Verskaffer

Bied die volgende pos aan vanaf 1 Februarie 2014.

PERSOONLIKE ASSISTENT As jy tweetalig is, goeie menseverhoudinge het, goed georganiseerd is, onder druk noukeurig kan werk, en ‘n goeie kommunikeerder is, is jy moontlik ‘n kandidaat vir die pos. Rekenaarvaardigheid is ‘n vereiste en kandidate wat oor S.Net/Spotlight kennis het, en ook met ‘n finansiële agtergrond, sal voorkeur geniet. Pligte behels kantoorbestuur, skakeling met kliënte en diensverskaffers. Rig u CV en dekbrief per e-pos na ppcmakelaars@telkomsa.net voor 30 November 2013. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

OWN NEW CARS from R699/month -Aimed at people who drive 1500-2000km+ a month -Earn R5500 a month -Are not blacklisted Visit: www.ownnewcars.co.za Or SMS A6435 to 35393 R3/SMS. T & C apply

Gesoek OU KLERE GESOEK Ons soek asseblief OU KLERE of KLERE wat u NIE meer DRA nie. Dit word uitgegee aan behoeftige persone. Kom laai asseblief af by Shofar Kerk, Kerkstraat, Piketberg (skuins oorkant die Polisiestasie). "O God, I have tasted thy goodness" AW Tozer.

Navrae Christa Liebenberg by 084 629 3330.


17

Resepteboek vir Huis AJL

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS

Marie de Villiers, hoof Huis AJ Liebenberg, ontvang ‘n eksemplaar van die resepteboek van Jerome Zoutman van PPC De Hoek. Ter viering van Huis AJ Liebenberg se 50ste bestaansjaar, het hulle ʼn resepteboek saamgestel van die inwoners se gunstelinge. Die drukwerk en bindwerk is gedoen deur Jerome Zoutman van PPC De Hoek. Hulle het nie net die hande verskaf nie, maar ook die materiaal – baie, baie dankie PPC dat ons gereeld aan jul deur kan klop vir befondsing. Hulle borg ook ons jaarlikse gholfdag en gee gereeld ruim donasies. BAIE DANKIE PPC DE HOEK! (Die resepteboeke is te koop by die Tehuis @R50 per boek). Foto verskaf

Piketberg Lionsklub vra omverskoning aan Piketberg Drukkers Bk, vir die verwarring veroorsaak in die vorige uitgawe, dit is tans Kaapse Drukkers waarmee ons probleme ondervind om die gids gefinaliseer te kry en nie Piketberg Drukkers Bk. Ons het reeds weer die hersiene Piketberg gedeelte van die Gids ontvang, maar daar is nog steeds foute wat reggestel moet word, en dus is dit weer in hulle hande. Ons wag steeds vir die hersiene Porterville/Eendekuil gedeelte. Ons probeer om elke keer so gou as moontlik die nagaan werk klaar te kry en die korreksies terug te stuur, maar ons het natuurlik geen beheer oor hoe lank hulle neem om die korreksies te doen en weer aan ons terug te stuur nie. Daar is steeds adverteerders wat nog nie hulle advertensies goedgekeur het en betaal het nie, ten spyte van ons herhaalde e -posse en telefoonoproepe. Indien u een van hulle is, vra ons dat u dit so gou moontlik sal doen. Hiermee vra ons weereens groot om verskoning aan al ons adverteerders en aan die gemeenskappe wat al so lank daarna uitsien om die Gids in die hande te kry. Ons doen alles in ons vermoë om die probleme so gou as moontlik opgelos te kry. Kontakbesonderhede: E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

Sweets Mania

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

Spe cial

Koffiehuis Pronto Bags 250g

R25-90 Smoothies x 72

R12-80

KOO Beetslaai 405g

R10-20 Fruit Plus

Surf 2kg (2 gratis Sunlight Seep)

R44R44-60

x 100 (Nuwe Geur)

R9-45 Chews 50’s

Krag en selfoon lugtyd ook beskikbaar

Ricoffy 100g

R16-00

R6-90

Fruity Pops roomys x 25 Terwyl voorraad hou

R21-95


18

Kix hou Uitslaap vir Nigerië Foto’s: Marietha Goosen


19


20


21


22

Plofstof ondersteun Smile

Ons wil vir elkeen baie dankie sê wat 'n bydrae gemaak het tot Plofstof se Fun Run en dit soveel pret gemaak het, borge, donasies en deelnemers. Dankie ook vir die maatskappye wat spanne ingeskryf het en vol gees kom deelneem het. Ons het ons doel van R5 500 bereik en kon dus vir die tweede jaar in 'n ry vir een volle operasie betaal wat deur Operation Smile gedoen word. (Gaan loer gerus op hulle webtuiste vir meer inligting: http://southafrica.operationsmile.org/ ) Foto: Sanet Ackermann

Alison se Swemskool 8 lesse @ R280 1e kursus 9—20 Desember 2e kursus 6—16 Januarie

Kontak A. Müller 073 229 2855

Nuwe ‘Brand’ vir Loxton Motors Piketbergers behoort teen die tyd te weet dat Loxton Motors nuwe eienaars het en dat Jaco en Belinda afskeid geneem het van die brandstofbedryf. Soos wat almal kan onthou was Loxton Motors vir baie jare ‘n BP-vulstasie, maar nou lyk dinge anders om die perseel, daar is hope sand wat in die grond hoort en ‘n heining gespan wat leeus binne kan hou en die boewe buite. Saam met die nuwe eienaars gaan die vulstasie ook nou ‘n nuwe baadjie aantrek en soos wat so baie jong mense in glo: “om ‘brand’ klere te dra is mos ‘n moet!” Die restourasie van die vulstasie het op 2 September begin en hulle is tans nog besig om aan die eindproduk te werk. Wanneer hulle klaar is gaan ons trots wees om ons ‘brand’ bekend te stel as CALTEX.

Gesoek : Meer Basse en Tenore vir Bergrivierkoor Sherlock Fortuin wens almal wat die Bergrivierkoor gedurende hierdie jaar heelhartig ondersteun het, 'n vreugdevolle Kersfees en 'n geseënde 2014. Ons nooi die lesers van hierdie koerant uit om ons as koor te help om meer tenore en basse te vind.


23


24

Piketberg Leeskring sluit af

Nasionale Week van Gebed

Hermione Suttner, skrywer van "Bitter Heuning" besoek Piketberg Leeskring

Tieners maak van die geleentheid gebruik om te bid vir Egipte, Eritrea, Irak, Mianmar, Nigerië, Noord-Korea, Sirië en Soedan tydens die Internasionale Dae van Gebed. Hierdie geleentheid is deur die Jeugwerker, Driaan Pretorius gereël op 8 November. Foto’s: Marietha Goosen

Hermione Suttner, skrywer van Bitter Heuning, by Gerna Croeser, bibliotekaresse, en Anneli Venter, lid van Piketberg Leeskring.

Frannie Botha, Elne Eksteen en Moira van der Westhuizen van Piketberg Leeskring by die skrywer van Bitter Heuning, Hermione Suttner. Foto’s: Marietha Goosen


25

Belangrike Datums Die Piketberger 2014 datums Sperdatum vir Berigte/Advertensies

Die Piketberger Verskyn

14 Januarie 11 Februarie 11 Maart 8 April 13 Mei 17 Junie 22 Julie 12 Augustus 9 September 14 Oktober 11 November

23 Januarie 20 Februarie 20 Maart 17 April 22 Mei 26 Junie 30 Julie 21 Augustus 18 September 23 Oktober 20 November

Stuur u advertensies, foto’s en berigte na diepiketberger@gmail.com

VIGS Dag Vrydag 29 November Watsonia Park Sportgronde Markdag / Pretstap / Potjiekoskompetisie Vir navrae skakel 022 913 3373

Kom bederf jouself om jou hande en toonnaels te laat gel om dit langer mooi te hou as net gewone naellak! Dit beskadig geensins jou naels nie. French en baie kleure beskikbaar sowel as nail art wat met gel geverf word of diamantés met goue of silwer strepies, blommetjies, ens.

Vir November en Desember is daar 15% afslag op Toonnaels. Kontak my gerus Esna Brand, Advance Nail Technician by Salon Belinda, Langstraat 101, Piketberg 022 912 4874 of 082 830 6110

B’Pretti (Salon Belinda) GROOT Kersfees Uitverkoping vanaf 25 November – 20 Desember

De Kock & Nel Besproeiing Wens u ‘n Geseënde Kersseisoen, en ‘n voorspoedige nuwe jaar. Dankie vir u lojale ondersteuning. Ons kantore sal gesluit wees vanaf 13 Desember 2013 en heropen weer op 6 Januarie 2014. Vir enige noodgeval kontak gerus: Belinda: 083 412 3070 Pierre: 083 284 0041

Ons wens u ‘n Geseënde Kersseisoen, en ‘n voorspoedige nuwe jaar. Baie dankie vir u lojale ondersteuning. Salon Belinda sal gesluit wees vanaf 20 Desember 2013 en heropen weer op 6 Januarie 2014.

Vir enige navrae kontak gerus Belinda 083 412 3070


26

Jean-Pierre en Samantha Trou

8

8

Ons bedank al ons kliënte vir hulle getroue ondersteuning deur die jaar, dit word opreg waardeer. Onthou ons Kersbuffet. Spyskaart en verdere besonderhede sal later bekendgemaak word. Les en Anina Les 083 448 1718 of Anina 083 556 1628

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

022-913 2646

Jean-Pierre Meyer en Samantha Littlefield is getroud op 5 Oktober te Edgemead. Jean-Pierre is die seun van Jacques en Lorraine Meyer van Piketberg en Samantha is die dogter van Allan en Pam Littlefield van Edgemead. Foto: Eben Jacobs

Staaltjies uit die verlede Deur Ds Breytenbach Ds AF Louw van Stellenbosch kom eendag die Nagmaaldiens waarneem om ook die saak van die Sending te stel. Dis Januariemaand en dis baie warm. Die Dankseggingsdiens is 2nm, want die susters vergader om 3nm en die boere moet nog gaan melk. In die konsistorie, voor ons ingaan, sê ds Louw: "Broers, ek het nog nooit gehoor van iemand wat op hierdie uur tot bekering gekom het nie". Aan die bokant van Simon van der Stelstraat was daar net kweeklande wat soms gesaai is vir die beeste as weiding. Op 'n warm dag het 'n man daar met twee perde, wat nie baie lus was om te trek nie, geploeg. Hy moet die ploegstert vashou, so hy het nie 'n hand om hulle met die karwats by te kom nie. Nou praat hy maar hard en ook lelik met hulle. Die predikant hoor die rumoer en gaan kyk wat daar aangaan. Hy sê vir die man ek hoor jy praat met die perde, maar ek kan nie hoor wat hulle name is nie. Waarop die man antwoord: "Dominee, as jy een omgang met hulle gemaak het, sal jy weet wat hulle name is!" Sommige mense is bang vir 'n doodskis, ander nie. By die begraafplaas het so 'n klein lykshuisie gestaan en 'n sekere man, wat gekla het hy kan nie meer so lekker loop nie, jaag een oggend sy melkkoei af na die pagland, oorkant die teerpad. Dié oggend staan die lykbesorger by die lykshuis waarvan die deur op 'n skrefie oop is. Die twee raak toe aan die gesels en die man loer toe by die deur in en sien die kis, met 'n lyk daarin. Die lykbesorger was nog besig om te praat, maar daar was niemand wat luister nie. Die man hardloop toe sy koei verby, oor die teerpad tot in die pagland, sonder dat sy bene hom gepla het. 'n Segswyse wat dalk eie aan Piketberg is, is 'rolvat trek'. As iemand verbrou word hy gedreig, jy sal rolvat trek. Dit was 'n vat wat aan 'n disselboom getrek kon word - amper soos 'n roller wat met die hand getrek is. Die fonteine was altyd laer as die grond rondom en dit was baie swaar om die vat teen die steilte op te trek vir water in die huis, voor ander voorsiening gemaak kon word.


27

Ons is terug!!!

HANIQUE HANDELAARS (agter Rooiwinkel) Tel. 022 913 3047 Oop Maandae tot Vrydae 08:00 - 17:30 Saterdae 08:00 - 14:00

Groothandel

• • • • •

Sigarette en tabak JC Bompies Koeldrank Sakke chips (Snacks) Aartappels en Uie

• • •

Lekkers Verpakking Peanuts

OPEN 22 NOVEMBER 2013

CAFÉ LATINO’S

PIKETBERG FISHERIES

Oop Maandae tot Saterdae 08:00 - 17:00

(Rooiwinkel)

Ontbyt Special R19,99

Tel. 022 913 3047 of 071 108 6061 Oop Maandae tot Saterdae 08:00 - 20:00

Specials * Maandag - 2 x Hake & Chips R37,00 * Woensdag - 2 x Burgers & Chips R25,00

* Funksies * Maak van kos en slaaie

Nuut * Snoekkuite * R20,00 Snoek Parcel

Slaai Kontak Alana 022 913 3047

* Hoender * Groenslaai * Calamari (Agv ‘n groot skaarste aan stokvis, mag ons pryse moontlik styg)

Dankie vir u ondersteuning, dit word opreg waardeer.


28

Steynville Sekondêr

Spar Musiek Beurswenners 2013

Toni Smuts van Boland Superspar verskyn hier saam met Alison Müller, haar wenner, Levona Roberts, en Niketha Booys, wenner van Komien van der Westhuizen. Foto: Sanet Ackermann Silique Klaase, Jurgen Willemse, Bjoghan Witbooi, Keanu Brink en Marshe Bougaardt is die toppresteerders van gr 8 tot 12. Marshe is aangewys as die Dux-leerder vir 2013.

Thomas Struiss is aangewys as die sportman van die jaar met onderwysers Richard Erasmus en Christian Booys saam op die foto.

Johmine haar Juffrou se trots

Johmine Croeser (tans gr 12) en haar musiekjuffrou, Alison Müller. Johmine het haar musiekloopbaan by PHS op 'n hoë noot geëindig. Sy het haar gr VI UNISA Praktiese-eksamen met eervolle vermelding geslaag. Sy was die skepper van vanjaar se baie suksesvolle musiekrevue 'Live While We're Young' . Sy en 'n paar maats het die storielyn geskryf, die liedjies gekies en die dialoog geskryf. Sy het haar insette deurgaans gegee hoe sy die revue wou laat verloop. Dit was toe 'n reuse sukses! 'n A vir musiek sal die "cherry” op die koek wees! Baie sterkte vorentoe! Foto: Sanet Ackermann

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276 Die sportvrou van die jaar is Genevieve Links en saam met haar is Nella Booys, onderwyseres by Steynville Sekondêr. Foto's: Shawné Esau


29


30

Goedverwacht seniors besoek Huis AJ Liebenberg

Huis AJ Liebenberg is verras met ʼn besoek van senior burgers van Goedverwacht. Inwoners is besoek en bedien met Die Woord en ʼn kollekte is gehou ten bate van die tehuis. Baie hartlik dankie, ons is diep dankbaar, want ons weet dit kom uit jul harte. Foto verskaf

NG Kerk Piketberg Kerssangdiens In konsert met die Bergrivierkoor olv Sherlock Fortuin en Alison Müller en gassangeres Charlene Truter-Lackay

Sondag 24 November 2013 om 19:00

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

FireWise Day at Goedverwacht On Saturday, 2 November the Goedverwacht community hosted their official FireWise Day to showcase their commitment as a FireWise Community, raise awareness around pro-active fire management and to prepare for the fire season that is upon us. The day started with a march through town with the local Brigade leading the procession, the Eco-club with FireWise T-Shirts, The Porterville Working on Fire Team and the FireWise Committee patrolling the procession. Marx Nagan from Cape Nature who played a pivotal role in supporting and guiding the community was the MC for the day and gave an overview of the work Cape Nature does. Jurie from the Greater Cederberg Fire Protection Association gave a talk on the work that they do and how they contribute to pro-active fire management working with partners and stakeholders. The WoF team gave a demonstration and showed off their marching skills. The FireWise Committee emphasized how important it is for the community to participate in their own protection from fires. They spoke about the importance of preparing by clearing around their homesteads, ensuring fire hydrants are accessible, picking up rubbish etc. They explained the fire danger index and how important it is to note the dangers around the red, orange day etc. They then explained how they will go into the fire season with awareness raising programmes, setting up a lookout point, clearing areas to create defensible spaces and creating partnerships in the community for further support, amongst other things. The day ended with a formal handover of certificates to people who participated in the two day FireWise Training and the formal handover of the FireWise Plaque to the community, recognizing them as a FireWise Community.


31


32

Ma Karin verlaat haar gespeende Kunskind

Coetzee Ateljee Presteerders 2013

Karin het Die Coetzee Ateljee in 1998 begin met 8 leerders. Vyftien jaar later staan die leerdertal op 95. Hierdie 95 leerders is almal in en om Piketberg. Die Coetzee Ateljee was en is nogsteeds vir vele kinders ‘n “safe haven”. Hier kan hulle vreesloos die sorge van die lewe, op welke manier van kunsuitdrukking, laat uitbars. Hier is al baie gelag, baie gehuil, bietjie baklei, maar hier leef jy rêrig. Die Coetzee Ateljee se geheim vir sukses is ‘n passie vir kinders en kuns is die ideale platvorm om die kind se karakter te bou, hom met selfvertroue die lewe in te stuur. Hier word kuns gebruik om die kind se individualiteit te laat ontwikkel, want as jy nie weet wie jy is nie, hoe weet jy waarnatoe jy gaan. Die Coetzee Ateljee self het van baba tot volwassene gegroei en is dit nou tyd vir ‘n volgende fase vir Karin sowel as die kunssentrum. Die Coetzee Ateljee kry nou jong, vars nuwe bloed in sy are deur Chantel Clarys wat in 2014 die sentrum sal bestuur en ‘n suksesvolle oorname vir die voornemende koper sal verseker. Die Coetzee Ateljee kunssentrum sal heel moontlik nooit sterf nie, maar daar kom ‘n stadium dat ‘n Ma haar dogter moet afgee aan ‘n nuwe versorger met heel moontlik ‘n nuwe naam. Die Coetzee Ateljee het vir 15 jaar honderde leerders se are vol kuns gepomp. Hierdie are vol kuns het stelselmatig die dorp begin vul en vloei nou al vrylik en sonder keer deur die dorp se are. Met nou, nuwe verligte oё van hul verstand(siel), verfraai hierdie honderde leerders, ons dorpie Piketberg, met die belofte dat kuns nie boos is nie, maar helend en bevrydend.

Alhoewel daar 95 ongelooflike presteerders in die Coetzee Ateljee was, het hierdie klomp uitgeblink hierdie jaar.

Agter is Zohné Turner (Gr.9 Cum Laude by WesBoland Eisteddfod), Josh Wilson (Gr.12 Cum Laude by Wes-Boland Eisteddfod, Louis Bester (Gr.7 Gekeur by Nasionale Santam Kinderkuns kompetisie) en Van Zyl Engelbrecht (Gr.5 Cum Laude by WesBoland Eisteddfod). Voor is Renate Coetzee (Gr.3 Gekeur by Nasionale Santam Kinderkuns kompetisie), Jordan Pederson (Gr. 3 Cum Laude by WesBoland Eisteddfod), Annika Steyn (Gr.1 Gekeur by Nasionale Santam Kinderkuns kompetisie ) en Petra Dippenaar (Gr.5 Gekeur by Nasionale Santam Kinderkuns kompetisie). Op die foto onder links is Danie Visser (Gr.11 Cum Laude by Wes-Boland Eisteddfod) en regs, Andriana Visser (Gr.11 Top 12 finaliste by Shoprite Strokes of Genius Kompetisie).

Fantastiese afskeidsgeskenk van die Gr.12’s 2013

Agt van hierdie twaalf Gr.12 leerders van Die Coetzee Ateljee, het 100% vir hul nasionale praktiese eksamen en jaarwerk. Die laagste punt was 96%. Hul Juffrou, Karin Coetzee, kon nie vir ‘n beter afskeidsgeskenk vra nie. Die leerders agter is Pieter-Hugo Wium, Sakkie Coetzee, Lylani van Lill, Tinus Bronkhorst en Danelle Lochner. Voor is Anri van Niekerk, Claudia Burger, Venelee Coetzee, Josh Wilson, Janeske Rademan, Mariaan Smit en Annika Vlok.

Die Piketberger se redaksie wens u en u gesin ‘n Geseënde Kersfees toe en dank u vir u ondersteuning gedurende 2013.

Danie Visser en Andriana Visser Foto’s en berigte op hierdie bladsy verskaf deur Die Coetzee Ateljee

Erekleure vir Milah Mílah Baard het erekleure ontvang vir haar prestasie gedurende die September vakansie by die Ritmiese Gimnastiek Kampioenskappe waar sy goud ontvang het en as SA Kampioen in die graad 4, o/13 afdeling aangewys is. Foto: Chrisna Baard


33

Vooraansig van Agrico Soos baie klante en nuuskieriges al by my verneem het tov die bou bedrywighede by Agrico se perseel in Langstraat wil ons darem u as klante en lesers net op hoogte bring tov verwikkelinge. Eerstens vra ons om verskoning vir enige ongerief veroorsaak tydens die veranderings proses, alle dienste gaan soos normaal voort en ons vertrou dat die eindresultaat van ‘n wêreldklas gehalte sal wees.

onderdele kan verkry. Die verkoopspersoneel se kantore word na die boonste vlak verskuif en die onderdele afdeling word meer oop en bedieningsvriendelik gemaak. Ons uitstal ruimte gaan dan wesenlik nie meer ‘n groot John Deere 8R reeks trekker kan akkommodeer nie maar onderdele voorsiening lê ons nader aan die hart as ‘n mooi vertoonstuk in die vertoonkamer wat eintlik op die klant se plaas moet wees en die geld in die bank.

Agrico Piketberg het op ons bestaande perseel, ‘n 33 jaar geskiedenis van dienslewering in die Piketberg distrik. Ons bestaande perseel se transportakte is op 3 Oktober 1980 onderteken toe ons die erf by die Munisipaliteit gekoop het wat dit weer by die NG Kerk op 28 Desember 1905 verkry het en die NG Kerk dit op Grondbrief gedateer 31 Desember 1835 verkry het.

Die ou kantore en kombuis in die werkswinkel word uitgebreek om twee addisionele werksareas te verkry om trekkers te akkommodeer. Die werkswinkel gaan ook van ‘n oorhoofse kraan voorsien word om met die skuif van swaar onderdele en trekker/besproeiings komponente te help. Die perseel gaan buite om ook aandag kry met die toevoeging van ‘n 2,5m afdak aan die voorkant en afdakke aan die westekant. Die terrasse gaan verwyder word en geplavei Oor die jare het ons personeel tot 21 lede gegroei met vyf word. trekker werktuigkundiges en een besproeiings oprigtings span. Deur voortgesette en getroue ondersteuning van Met die groot uitdaging wat voor ons lê beoog ons om voorons klante het ons verkope stelselmatig oor die jare ge- lopig teen einde Februarie 2014 klaar met veranderinge te groei. Die groei, tesame met die toevoeging van die Euro- wees. In die lig van dienslewering is ons besigheidsure spand, Goldoni, Grimme en JCB agentskappe was ons aangepas om sedert verlede jaar ook op Saterdae oop te tak se uitleg verouderd en spasie vir onderdele nie ge- wees vanaf 8vm tot 12nm. Kontak ons gerus vir enige onnoegsaam nie. Die Agrico bestuur het besluit om ons tak derdele of besproeiings behoeftes, ons sien uit daarna om u uitleg op te gradeer om in die toenemende groei van on- tot diens te wees. derdele verkope en besproeiingstelsels tred te hou. Landbougroete Om by die groen aspek van verandering te bly is besluit om die gebou van meer natuurlike lig te voorsien asook Gilbert Theron om hitte straling van die son te beperk om ‘n koeler werks Takbestuurder Agrico Piketberg omgewing vir ons personeel en klante te skep, sonder om in duur en kragvretende lugversorgers te belê. Ons brei die onderdele afdeling binne uit met dubbellaag rakke asook die toevoeging van ‘n selfdienswinkel waar klante

Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige nuwe jaar


34

Kix hou Minute-To-Win-It Speletjiesaand

Foto’s: Marietha Goosen

Die volwassenes wat die aand behulpsaam was. Foto: Daniel Goosen


35

VLV ondersteun Skoenboksprojek

Piketberg Animal Welfare soek ‘n huis vir Liefiekat! Sy is ±6 weke oud en eet en drink selfstandig. Skakel 071 828 7952 of 079 249 5131 as jy vir haar ‘n huis kan gee.

Elzanne Richter en Ansel van Schalkwyk het VLV-lede ingelig oor die skoenboksprojek wat hulle in samewerking met BADISA en ACVV loods om behoeftige kinders met geskenke te bederf. Hier verskyn Dinette Lochner (VLV-sekretaris) en Nicoline Brown (VLVvoorsitter) by Ansel en Elzanne met bydraes van VLV-lede. Foto: Riana Richter

Vanaf Moutain Creek Spur wil ons net baie dankie sê vir die ondersteuning en waardevolle insette van ons plaaslike gemeenskap vir die jaar. Mag almal ‘n Geseënde Kersfeesseisoen ervaar!

Skoenbokse nog welkom tot en met 30 November. Gee skoenbokse af by All About Travel Vir navrae skakel 076 045 3357

4U VERVOER • •

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse 082 660 2470 022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam

078 148 1771 of

Fourie Lötz 082 660 2470 022-913 3984


36

Akademiese Presteerders Vereer Op Sondag 10 November het wbC (we be Christians), 'n plaaslike liefdadigheidsorganisasie 'n diploma plegtigheid gehou vir alle leerders van Goedverwacht, wat akademies goed presteer het in 2013. Hierdie is 'n unieke geleentheid aangesien dit nie gekoppel is aan 'n opvoedkundige inrigting nie maar aan 'n gemeenskap. Alle leerders van Goedverwacht wat 'n diploma, graad, sertifikaat of trofee ontvang het kon deelneem ongeag hulle onderrig instansie. 'n Totaal van 71 leerders het deelgeneem teenoor verlede jaar se 53. Die onderrigsentrums van deelnemers sluit in Goedverwacht Primêr, Wittewater, Hoërskool Piketberg, Steynville Sekondêr, Schoonspruit Sekondêr en Laerskool Saldanha, UWK, Northlink College en UNISA. Elke deelnemer het 'n geskenkpak ontvang en nog 22 spesiale pryse is ook vir besonderse prestasies uitgeloof. Pieter De Villiers, bekroonde voormalige afrigter van die Springbokke was die gasspreker vir die dag. Sy motiveringstoespraak het die leerders aangegryp en oud en jonk was geïnspireer deur sy boodskap.

Stuart Daries, Pieter de Villiers en Corné Rossouw, beide leerders is van Hoërskool Piketberg.

Chester van der Heever, Pieter de Villiers en Bernelee Cornelius.

Shannon-Lee Dietrich, 'n Gr 12-leerder aan Steynville Sekondêr het 'n roerende, emosie-belaaide toespraak gelewer. Sy het op haar besonderse manier medestudente, opvoeders en almal wat tot haar opvoeding bygedra het bedank. Tino Januarie van Goedverwacht Primêr is aangewys as die top presteerder in die Laerskool-kategorie, want hy het nege diplomas ontvang en is ook aangewys as die PPC Dux-student 2013. Shannon Rosant, Gr.9-leerder van Steynville Sekondêr is aangewys as top Hoërskoolleerder met ses diplomas. Op tersiêre-vlak het Anneen Esau 'n BCom-student aan UWK geskitter met 'n internasionale Golden Keytoekenning omdat sy onder die top 15% was aan die Universiteit. Na afloop van die diploma plegtigheid is alle leerders en eregaste by die plaalike toerismesentrum onthaal. Dit was voorwaar goed om as 'n gemeenskap saam uitnemende prestasies te kon vier.

Van die presteerders is agter Chester van der Heever, Stuart Daries, Shannon Rosant, Pieter de Villiers, Meagan Dietrich, Rowan Meyer en Corné Rossouw. Voor is Jone Cornelius, Liam Samuels, Tino Januarie, Hughen Esau, Keegan Boys en Glenda Dietrich. Berig en foto’s: Shawné Esau


37

ALGEMEEN: Petrie Smith 083 303 5114 en Hendrien van Sittert 072 676 8803 BEMARKING: Kenneth Smit 071 897 1314 POTJIEKOS- en KINDERKOMPETISIES: Tony Smuts 072 554 5926 BORGSKAPPE & DONASIES: Riaan Carstens 083 447 8870 Beste Zebrafeesondersteuners 2013 Namens die Feeskomitee van 2013 wil ons ieder en elk bedank vir die deelname aan die Zebrafees 2013. Dankie aan al die potjiekos en koekversiering inskrywings, elke stalletjiehouer, elke kunstenaar en dan natuurlik elke feesganger wat dit ‘n sukses gemaak het. Vrydagaand het op ‘n hoë noot afgeskop met die Praktika Zebrafees Steakaand met kunstenaar Pietman wat opgetree het. ‘n Baie lekker aand met heerlike kos. Saterdagoggend was die eerste pot manne skuins na 7 op die veld. Die fees het baie vinnig begin om vorm aan te neem soos stalletjiehouers en potjiekosdeelnemers arriveer. So het daar ook ‘n paar reën druppels geval en ‘n windjie het sy kop uitgesteek, maar was die son die oorwinnaar van die wolke!! ‘n Heerlike dag wat voorlê en toe, die onvergeetlike oomblik… ‘n frats warrelwind het vir 30 sekondes pandemonium gesaai onder feesgangers, stalletjiehouers en potjiekosdeelnemers. Sambrele, gazebos, stoele en papiere is meters hoog die lug ingewaai en etlike meters verder weer neergesit. In sy pad van verwoesting was die “teetuin” tent en die springkasteel. Die teetuin tent is opgelig en omgedop en omtrent 30 meter verder op sy dak neergesit na etlike tolslae. Geskokte feesgangers het dadelik hul gehaas na beseerdes en begin om kinders te identifiseer wat alleen rondloop. Die noodhulp verteenwoordigers was soos blits op die toneel saam met Drs Bruwer en Scheepers. Kalmte het sowat na 30 minute ingetree waarna die dag soos normaal verder verloop het. Daar is twee voertuie en vier mense beseer wat op die toneel behandeling gekry het en wat verwys is na die hospitaal. Daar was ‘n handvol kinders en volwassenes wat ook stampe en stote gekry het deur die wind. Graag wil ons as Feeskomitee diegene wat ingespring het en gehelp het met opruiming en kalmering en hulp aan beseerdes bedank vir hulle optrede. Dankie aan die twee dokters wat dadelik te hulp gesnel het. Buiten die fratsongeluk het die dag voortgegaan en is die BESTE POT VAN DIE DAG aangewys. Baie Geluk! Ons dank almal vir hulle deelname. Met nederigheid kan ons die Hemelse Vader dank dat hy ons Fees geseën het en die tent weggehou het van al die kinders. Ons vra almal om die beseerdes in hulle gebede te hou. Met almal gaan dit goed en vorder die herstel proses. Met groot verwagtinge sien ons uit na ZEBRAFEES 2014. Dankie aan ons hoofborge wat die dag moontlik gemaak het: Boland Superspar, Praktika, PPC Sement, Liebco en Stephan & Seun. ‘n Groot dankie aan ons ander borge: Bergrivier Munisipaliteit (Sous en De Wet), NEDBANK, Dr Herold Truter, Fick Sementwerke, Univeg, CPM Landboudienste, Pat Carter, Klem Coetzee, Rossouw Van Niekerk, Martin van Niekerk, Piketberg Auto Enginering, Dup Meubels, NQF Vervoer, N7 Tyres, Highlands Estate en MTN


38

Besighede Rolbaldag Piketberg Rolbalklub het 'n baie geslaagde rolbaldag aangebied vir besighede. Die dag is geborg deur Winkelshoek Wynkelder Piketberg.

RSA Agri Makelaars se span is Jaco Breunissen, Albé Schreuder, Jaco Barnard en Jan Fouché.

Die Wenspan van die dag is Deon van Dyk, David Landon, William Kitshoff en Kobus Lochner.

Susan Brand, Mari Wiese, Sonia Richter en Katinka Morrison.

Schalk Coetzee, Le Roux Joubert, Pierre Joubert en voor, Suzette Fouché.

Die span van Total is Niek van Niekerk, Marianna Kirsten, Jeremy Williams en Randall Janse, hulle het tweede geëindig.

Die span van Winkelshoek Wynkelder is Paulina Dockendorff, Jurgens Brand, Jackie Somers en Piet Jordaan.

Die span van Bergrivier Die Laslappiespan is Stella van Niekerk, Koos van Munisipaliteit is Albie Basson, Stanton Boois, Coller, Marietjie Visser en voor, Phillip Hanekom. Helena Priem en voor, Rozanne Pietersen.

Jurgens Brand, Piet Jordaan en Jaco Breunissen kyk aandagtig waar die bal gaan lê.

Foto’s:


39

BOLAND SUPERSPAR KERSSEISOEN PROGRAM 20 DESEMBER 2013 Alle Piketbergers word vriendelik uitgenooi om saam met die Boland Superspar personeel ons KERSINKOPIE KARNAVAL te kom geniet. Kom proe gerus aan heerlike feestyd produkte en geniet die Kerstyd atmosfeer saam met u gesin. Kersvader gaan ook kom inloer om die kinders te vermaak, kom neem gerus ‘n foto saam met hom. Die karnaval skop af teen 16:00 en hou aan tot 22:00 op Vrydag 20 Desember.

PHS TROLLEY DASH WENNER

Die wenner van PHS se “ Trolley Dash ” kompetisie in samewerking met Boland Superspar, is

Lenore Nel. By haar is Marius Scholtz,

Skoolhoof, Delanie Jooste, Marietjie Pedro en Toni Smuts van Boland Superspar.


40

Glacéau Vitamin Water Wenner!

Kaapse radiostasie kom kuier!

Baie dankie aan die personeel van Heart FM wat vir ons personeel en kliënte kolwyntjies uitgedeel het. Dit was groot pret. Ons wens Heart 104.9FM alle sterkte en voorspoed toe!

Baie Geluk aan Milah Baard, sy het die Glacéau Vitamin Water geskenkpak gewen. Delano en Carlene, twee verkoopsverteenwoordigers, oorhandig die geskenkpak aan haar.

Kersboom met wense Ray van Rooy is besig met beplanning vir sy jaarlikse Kersete vir minderbevoorregte kinders in ons gemeenskap. Die kersboom is in samewerking met Boland Superspar opgesit. Hierdie boom het die name van behoeftige kinders se kerswense. Neem gerus ’n papiertjie, koop die geskenk en draai dit toe en plaas dit in die trollie.

Fre e Sa mpl e give aw ays !

a b a r G ! n o o ball

Piketberger December 2013  

Local Newspaper

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you