Page 1

1

Jaargang 20 Nr. 3

www.piketberg.com

April 2013

(

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

0/12’s en 0/13’s na SA’s

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Frikkie Truter 90...p6 Fonteinfees...p8 Ashley Booyse kry graad...p9 Baba wenners...p10 VLV-Nuus...p12 Museum Nuus...p14 Mnr en Mej PHS...p18 Troufoto’s...p19 Eksteen sussies presteer...p20 PHS Pette Aand...p24 Krieket Interskole...p29 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

Janke van Schalkwyk (75mH, 150mH en verspring M12), Anke Schreuder (diskus en gewigstoot M13) en Freddie Visser (spiesgooi S13) van PHS asook Juan-Lee Adams (hoogspring S12), (regs), van Steynville Primêr op Piketberg, het op 15 en 16 Maart die WesKaap verteenwoordig by die SAatletiekbyeenkoms op Sasolburg. Dit was Janke se 3de SA’s, Anke se 2de SA’s en Freddie en Juan-Lee se 1ste SA’s. Uitslae verskyn op p2. Foto’s: Marietha Goosen

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

℡ 022 913 1939 7 022 913 2404

9U\GDJ0DDUW*HVOXLW&ORVHG 6DWHUGDJ0DDUW 6RQGDJ0DDUW 0DDQGDJ$SU LO


2 Redaksioneel

Die Piketberger 20 jaar gelede In die Lente van 1993 het die eerste Piketberger verskyn. In September vanjaar sal dit 20 jaar wees sedert die eerste goeie-nuus-koerantjie op Piketberg verskyn het. Ek wil dit waag om te sê sekerlik die langste bestaan van 'n dorpskoerant met 'n opbouende, positiewe inslag soos Die Piketberger. Ek stel my voor dat Pierre Steenkamp, wat toe die nuwe skoolhoof by PHS was en wie se breinkind. Die Piketberger is, gedurende hierdie tyd al begin aanvoorwerk doen het onder sy personeel. Ja, Die Piketberger is van 1993—1996 vanuit die skool gedryf en die onderwysers was "vrywillig verplig" om adverteerders te werf om die drukkoste te dek. Uitstekende werk... en na 20 jaar die groot toets - volhoubaarheid! Danksy lojale adverteerders was daar vir die afgelope byna 20 jaar elke jaar 11 uitgawes propvol inligting, nuus en foto's. Die Here het ook vanaf die eerste uitgawe die koerant geseën, want ons sien hoe dit verhoudinge versterk en bande smee - ook maak dit die wêreld klein - daar's gedurig ‘n vriend of 'n vreemdeling wat 'n konneksie het met iemand in die koerant. Dis met groot waardering teenoor al die redaksielede, medewerkers en adverteerders, en onblusbare opgewondenheid dat ek en Barbie begin dink aan Die Piketberger se 20ste verjaarsdagpartytjie in September. Ons uitgesoekte gaste sal al die gereelde adverteerders, huidige- en oudmedewerkers en oud-redaksielede wees. Sonder ons lesers is die koerant van geen waarde. Dankie aan elkeen wat elke maand lees en saampraat oor die mooi dinge! Mag Die Piketberger vir ewig bestaan en aanhou om 'n posit iewe b ee ld uit te st r a a l . Ek salueer almal voor my. Liefde Marietha

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen ( 022-913 1796; Advertensies:

Briewe van ons lesers... Charlene Swart van Sanlam, Bellville, skryf… Baie dankie vir die pragtige briefie wat ek vandag saam met Die Piketberger ontvang het. Jou brief het my sommer lekker laat lag so op die blou Maandag! Wees verseker, ons waardeer al julle harde werk en insette daar op die platteland wat uitloop op so ‘n oulike produk! Groete uit ‘n bitter warm Kaap. Jackie Roodt se familie skryf… Baie dankie aan elkeen wat op een of ander wyse ons bygestaan het tydens Jackie se siekte en ook met haar heengaan. Alle oproepe, boodskappe, besoeke en hulp word waardeer. Liefde, Ma Huipie Lucas, Chris en Hendry Roodt, Lorraine Meyer, Christine Delport en gesinne. Carina Maré skryf... Verlede jaar in Desember hoor ek dat ek die werk waarvoor ek in Piketberg aansoek gedoen het, gekry het. Nadat die nuus ingesink het, het ek skielik hierdie groot behoefte gehad om meer te weet van my nuwe dorp. Ek Google ‘Piketberg’, maar het nie regtig groot verwagtinge om baie inligting te kry nie. En daar ontdek ek toe Die Piketberger se webtuiste waarop al die vorige maande se uitgawes verskyn. Vir die res van die aand lees ek die een uitgawe na die ander en kry 'n wonderlike beeld van wat alles in Piketberg gebeur. Presies die alledaagse dinge wat ek van Piketberg wou weet. Ek kon ook vir my seuntjie vertel van alles wat by sy nuwe skool gebeur. Julle koerantjie is regtig ‘n wonderlike bron van informasie oor al die goeie dinge wat mens kan verwag van Piketberg. Na die aand wat ek met Die Piketberger spandeer het, was ek gerusgestel dat ek die regte besluit gemaak het om die werk in Piketberg te aanvaar. Ek het geweet ek kom na ’n wonderlike dorp. SA Atletiek uitslae vervolg van p1… Janke van Schalkwyk was 2de in die aflos, sy is die 4de beste in haar ouderdomsgroep in verspring, die 5de beste in 150mH en 7de in die 75mH in Suid-Afrika. Anke Schreuder is die 6de beste in skyfwerp in Suid-Afrika M13. Juan-Lee is 4de in SA en Freddie 10de.

Tired of ironing? Contact the Iron Lady at 072 7500 720 (Piketberg)

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719 Uitleg: Barbie Breunissen (022-913 3873 n/u Marietha Goosen

Moeg van stryk? Kontak die Ystervrou by 072 7500 720 (Piketberg) Barbie Breunissen

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Natie Rossouw 14 Mei 1913 — 9 Maart 2013 Die Piketberger betreur die heengaan van Tannie Natie. Dit was ‘n voorreg om elke jaar oor haar verjaarsdag te berig. Ons het ook uitgesien na die 100ste in Mei. Haar liefde vir die natuur en humorsin asook die manier waarop sy haar familie saamgesnoer het, was vir almal ‘n inspirasie.


3

Vriendelike diens gewaarborg

Sweets Mania Magnum Roomys

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

R18-00 Gobble Eggs 50’s

R27-90

Smoothies 72’s

R9-45

Redo’s Chips 50’s

R21-50

Ilovo Suiker 1kg x 10

Simba Chips 125g

R9-90

R92-00

Krag en selfoon lugtyd ook beskikbaar.

Cadbury Slab

R8-95

Sugar Loops

Terwyl voorraad hou

R25-30


4

Kekkel & Kraai deur Jannie Lategan

Podium Hoe dikwels word mense nie op 'n podium geplaas nie...sommige welverdiend en ander twyfelagtig. Wanneer die verrassende teleurstelling dan gebeur dat die kandidaat nie die bestyging van die podium waardig was nie, dan is die ongelooflike onmiskenbaar waarneembaar hoe in die verlede van daardie individu gedelf word in 'n soeke na die negatiewe. 'n Internasionale sportster bestyg die podium en sy aanhang is só groot en daar word met waardering na hierdie ikoon gekyk, maar wanneer die spreekwoordelike voete van klei meegee, word daar sommer vinnig op die sosiale media getwiet oor so iemand se verlede wat voorheen nie relevant was nie. In haas elke gemeenskap word daar soms hoop opgegee oor 'n bepaalde persoon en word so iemand se status verhoog tot byna die bomenslike. Sy aanhang eskaleer in die gemeenskap en daar word net goed van so iemand gepraat tot selfs in die oortreffende trap. In hierdie proses van mensverheerliking, word die “doodgewone werkersby” misken en sy onbaatsugtige dade nie na waarde geag nie. Hy bly gewoon, maar net iemand van die massa. Die maatskappy ontken nie noodwendig nie, maar verklaar ook nie blatant sy kwaliteite nie. In hierdie proses van miskenning wat sodanige vir die gemeenskap beteken, “sterf” hierdie persoon aan sy insette, onttrek en word gemarginaliseer. Daar sou gereken kan word dat die voorvereiste vir iemand wat die leierskaps-omgewing betree, eintlik onder moes begin, om die proses van leierskap met gesag te beklee met die nodige respek en verdienste en ook die begrip sal hê vir mense waaruit hy stam. Wanneer die podium ineen tuimel met die trotse leier, dan is die seerkry en teleurstelling vir hom en die totale gemeenskap onbeskryflik. Straks moet daar nie 'n staanplek wees vir die sportster, die eersoeker of begaafde politikus nie. Iemand kan aan sy goeie dade maklik raakgesien word en die resultate van sy sukses is van onmeetbare belang as sy visie kreukloos was in aantog na sukses. Dit is waarskynlik 'n uitsonderlike strewe om daardie podium te bestyg, maar daar moet helaas besef word dat dit eintlik net vir die “Einsteins” bedoel is. Om daarna te strewe, is gewoon sekerlik niks mee verkeerd nie, maar die wagwoord sal altyd “volhoubaarheid” wees...wat met goue karaktertrekke deurdrenk sal wees. ...gedagtes gestimuleer rondom die tragiese insident in ons sportarena!

Hoender en Kaas Broodjie 8 snye witbrood 30ml olyfolie 2 groot uie, gekap 2 knoffelhuisies, gekap 30g (30ml) botter 30ml koekmeel 250ml melk Sout en varsgemaalde peper 2ml neutmuskaat 1 heel gaar hoender, vel en been verwyder, vleis in repe geskeur 100g gruyére-kaas of ander wit kaas Dijon-mosterd Rooster brood liggies. Maak ‘n witsous: Verhit olyfolie in pan en braai uie en knoffel tot deurskynend. Voeg botter by en laat smelt. Voeg meel by en braai, verlaag hitte en voeg melk by. Roer tot dik en gaar. Geur met sout en peper en neutmuskaat. Smeer 2/3 van witsous op elke sny brood. Verdeel hoender tussen 4 snye. Rasper helfte van kaas oor hoender en maak broodjies toe. Smeer res van witsous bo-op broodjies en rasper res van kaas oor. Plaas op bakplaat en rooster in oond tot kaas gesmelt is en bruin van kleur. Sit voor met mosterd.

Langstraat 79, Piketberg (022 913 2297

Kom kyk nuwe wintersvoorraad Uitverkoping op somersklere en skoene Handsakke en juwele beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. ‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word. Kontak Wessel de Beer ( 023 232 0422 of È 082 704 3276 Opgelei te Worcester.

Winkel ( 022-913 2418

7 022-942 1787 Riana Smit ( 022-942 1787

È 082 921 1977


5


6

Oupa Frikkie word 90 Oupa Frikkie Truter van Piketberg het pas sy 90ste verjaarsdag gevier. Hy was by sy dogter, Jolene, wat in Wellington woon en wat op dieselfde dag as haar pa verjaar. Hulle het ‘n heerlike spitbraai geniet saam met oupa se enigste oorlewende broer, Bertie, wat onlangs 77 jaar oud geword het. Hulle twee is die enigste twee oorlewende broers van ses kinders. Dit was ‘n onvergeetlike dag saam met sy vriende en familie. Behalwe die feit dat oupa Frikkie nie meer kan sien nie, geniet hy tans nog baie goeie gesondheid. Oupa Frikkie het twee kinders, sy dogter Jolene en sy seun Christo. Jolene is getroud met Sakkie en hulle het twee seuns, Altus en Rikus. Christo is getroud met Elize en hulle het drie dogters, Emerett, Anicka en Eminique. Gods rykste seën word op sy lewenspad toegewens. Mag God hom seën met nog jare van gesondheid.

Gestrand by Gemeentebraai

Dié groep Hollanders wie se bus op Piketberg gebreek het, het die laaste kaartjies tydens die NG Kerk se gemeentebraai opgeraap om eg Suid-Afrikaans te eet. Hulle het heerlik gekuier en gelukkig was die laaste van 500 kaartjies wel nog beskikbaar. Foto: Johan Smit

Te Huur Koringberg— Twee slaapkamer woonstel, volledig gemeubileerd met besigheidsregte. R3 500,00 per maand vir kort– of langtermyn. Tel. 022 423 8015 of 076 740 6395.

KAMERS TE HUUR: Ou Nederberg Hotel • • • • • •

R1500/maand (W&E ingesluit) Enkelpersoon of paartjie (geen kinders) En-suite badkamer Gemeenskaplike kombuis (geen ketels, mikrogolwe, ens. in kamers) Geen troeteldiere Onmiddelik beskikbaar Slegs stil persone

Kontak Deidre Swart (8vm-1nm) op 022 913 1886.

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Hierdie maand deel ek graag iets van ons visie oor plaaslike toerisme. Op 26 en 27 Februarie 2013 het die Munisipaliteit vir my en Rdl Riaan de Vries gestuur om saam met die Weskus Distriksmunisipaliteit en die Bergrivier Toerisme Organisasie (BTO) die Nasionale Toerisme Konferensie in Sandton by te woon. Dit was die eerste nasionale konferensie waarheen alle munisipaliteite genooi is om die nasionale strategie vir toerisme te bespreek. Die toerisme sektor het die potensiaal om ekonomiese groei en werkskepping te stimuleer. Die toerisme sektor in SA poog om 225 000 addisionele werksgeleenthede te skep teen 2020. Die visie is om SA een van die top 20 toeriste bestemmings te maak teen 2020. Ons is tans 37ste in die wêreld! Hierdie visie word ondersteun deur drie temas naamlik om die toerisme ekonomie te vergroot, om die ervarings van besoekers te verbeter en om volhoubare en goeie bestuur aan te leer. Om hierdie nasionale doel moontlik te maak, moet elke dorp in SA hul rol speel om toerisme op plaaslike vlak so goed as moontlik te bestuur, te stimuleer en ‘n omgewing te skep waarheen plaaslike en internasionale toeriste graag sal wil kom. Op plaaslike vlak was Hillary Morris, as voorsitter van BTO, saam met ons by die konferensie en het sy hierdie insetsel saam met my voorberei. Ons stem volkome saam dat die sukses van ons toerisme nie net afhanklik kan wees van een entiteit soos BTO nie. Hulle doen fantastiese werk, maar hulle het volhoubare effektiewe vennootskappe nodig wat nie net bestaan uit akkommodasie instellings nie. Toerisme is ‘n saak wat alle besighede bevoordeel en alle inwoners van ons area moet weet wat ons deur toerisme kan bereik as ons saamwerk. Binne die Munisipaliteit poog ons om alle raadslede en amptenare te sensitiseer oor die waarde van toerisme en hoe dit plaaslike ekonomiese groei en werkskepping kan bevorder. BTO het op 19 Februarie 2013 ‘n aanbieding gemaak vir die hele Uitvoerende Komitee oor ons bemarkingstrategie vir die volgende vyf jaar. My ervaring is dat ons area ideaal is vir toerisme omdat dit veilig is, ons landelike gasvryheid uitstaan en ons ervarings vir mense kan bied gekoppel aan ons landbou wat uniek en ongekend is. As die potensiaal van plaaslike toerisme naby jou hart is, en jy die sektorale gesprek oor toerisme wat geskeduleer was vir 14 Maart misgeloop het, registreer asseblief by my kantoor by 022-9136011/2. Jy kan dan by verdere gesprekke betrokke raak en help om plaaslike toerisme tot sy volle potensiaal te laat groei.

Stap vir KANSA Walk of Life — 23 Maart — Scheppie Saus Inskrywings vanaf 07:00. R60,00 per persoon - potjiekos ete, tuisgebakte brood en konfyt, koffie, tee en sap ingesluit. Trekker en wa rit beskikbaar vir die wat nie kans sien vir die stap nie. Spreker: Jessica Vermaak Kontak: Danie Smit 083 233 7772 Annatje Smit 083 460 4051 of 022-942 1848, Ina Janse van Rensburg 082 823 0393 of 022-962 1781


7

BUSTA BURGER BUY ONE GET ONE FREE TOTAL WINKELSHOEK

Tel.022 913 8006


8


9

Ashley word Geoktrooieerde Rekenmeester Ashley Clint Booyse kan sedert Februarie 2013 die t ite l ge okt ro o i ee rd e rekenmeester agter sy naam skryf. Dit is ‘n groot eer vir hom en in die proses maak hy sy ouers, A donis en E lsabi e Booyse, sy familie en die gemeenskap van Piketberg baie trots. Hierdie pastoriekind het Ashley Booyse homself bewys dat harde werk en deursettingsvermoë ideale kan bereik en horisonne kan verbreed. Sy eerste aanslag om hierdie sukses te bekom was toe hy ‘n drie-jarige diploma in finansiële rekeningkunde aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie voltooi het. Hierna het hy ingeskryf in Finansiële Rekeningkunde aan die Universiteit van Kaapstad om sy eerste graadkursus

te voltooi. Omdat hy deur die leergogga gebyt is, het hy voortgegaan met sy studies en sy Honneursgraad aan dieselfde universiteit verwerf. Hy word aangestel as werknemer by Price Waterhouse Coopers (PWC) in die Paarl waar hy ook deeltyds gewerk het aan sy artikels om uiteindelik ‘n geregistreerde geoktrooieerde rekenmeester te word. Werk en studies is dikwels ‘n baie moeilike kombinasie en by tye het Ashley geglo dat hy dit nie sal maak nie. Sy toewyding egter, het hom laat glo dat niks onmoontlik is nie. Vandag pluk hy die vrugte van sy harde werk. Mag dit ‘n inspirasie vir baie jong mense wees. Ashley het sy Primêre skoolopleiding by “Rhenish Primary School” in Stellenbosch voltooi en daarna by Eben Donges in Kraaifontein gematrikuleer. Berig en foto verskaf

Piketberg Lions Telefoongids Is jou telefoonnommer in die nuwe Lions Telefoongids? Kontak Johan 083 236 7556 of Joan 084 466 4269

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Henk Pieters 071 583 6164 E.mail hszzbb@hotmail.com

Ons bied die volgende: * Herstoffering van banke en stoele * Herstelwerk aan tente en seile * Maak van seil “canopies” vir bakkies en trokke * Motorsitplekke en motorplafonne * Trekkersitplekke * Spesiale versoeke Kontak ons gerus. Ons is dieselfde perseel as

Oregon & More Christo 083 399 7988 Linda 083 501 3637 Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30

Telefoon: 022-9133326 Langstraat 59, Piketberg Reg oorkant Agrimark


10

FotoFirst Baba Kompetisie Wenners

Faith Faro 0—5 maande

Lenay Booys 6—12 maande

Isabelle Nel 13—24 maande

Baie dankie aan Kinna van FotoFirst wat oor die jare ‘n skitterende diens gelewer het sodat ons ons memoirs kon vasvang...


11

Tuinbouklub Nuus

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS

Lede van die Piketberg Blom– en Tuinbouklub het deelgeneem aan ‘n werkswinkel waar Per Benjamin, ‘n Sweedse blomkunstenaar sy ontwerpe gewys het. Lede het ‘n basiese ontwerp gemaak. Op die foto is Katinka Morrison, Carina Kennedy, Jaco Koeglenberg en Susan Brand met hul skeppings. Die ontwerp op die tafel is gemaak deur Jackie Ferguson. By die volgende vergadering wat op 10 April gehou word gaan tafelontwerpe gedemonstreer word. Die vergadering word in die biblioteeksaal gehou. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00 en vergadering begin om 09:30. Kontak Katinka, 082 829 6918 vir meer besonderhede.

Paas Nagmaal Donderdag 28 Maart 7nm

FJS Finansiële Dienste se kantoor het aan die begin van Januarie verskuif van Langstraat 101 na Voortrekkerstraat 97, Piketberg. Benewens gewone rekenmeestersdienste en die voltooiing en indiening van BTW– en belastingopgawes lewer FJS Finansiële Dienste ‘n wye reeks dienste op die gebied van korporatiewe en persoonlike finansiële beplanning. Dit sluit in: Belasting– en beleggingsbeplan– ning, boedelbeplanning en boedelbereddering. FJS Finansiële Dienste lewer ook ‘n professionele eiendomsbeplanningsdiens wat die waardasie van vaste eiendomme insluit. Vir enige navrae kan Frikkie Strauss gekontak word by: Tel. 022-913 2391 of Sel 082 493 3785 of ge-epos word na strausse@xsinet.co.za Volledige besonderhede van FJS Finansiële Dienste se dienste verskyn by WWW.WAARDESKEPPER.CO.ZA

Die afsny-datum vir advertensies, sowel as nuwe / veranderde inskrywings, het gekom en gegaan, en daar was ‘n hele paar besighede wat ongelukkig die boot gemis het, ten spyte van heelwat pogings om hulle aan boord te kry. Dankie aan almal vir u advertensies, en vir diegene wat laat weet het van veranderinge of nuwe inskrywings wat gedoen moes word. Die kwaliteit van die Telefoongids hang grotendeels af van die inligting wat ons van u, die gebruiker daarvan, ontvang. Ons is op die oomblik besig om aan die voorblaaie te werk, wat hierdie keer in volkleur gaan wees, so u kan uitsien na ‘n heelwat meer kleurvolle Gids. Ons sal ‘n nuwe naam moet kry vir die ‘’Pienk Boekie’’!

Kontakbesonderhede: E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


12

Down Sindroom besoek VLV

VLV hou Kunste middag Janeske Rademan, Gr 12-leerder van PHS, lewer haar eenvrou vertoning, Hester se Bifokels by die VLV vergdering op 7 Maart. Die stuk is geskryf deur Magdaleen van Zyl.

VLV-lid Ezette Mouton, links by Beulah Matthee, vrywillige werker, Tineke Boshoff, skakelbeampte en Esther Adams, uitreikkoördineerder by die Down Sindroom Vereniging van die Wes-Kaap.

Op die foto onder is VLV lid, Erica Kretschmer, by die gehekelde kombers wat sy voltooi het en wat by die vergadering uitgestal is. Erica het elke blok volgens aanwysings wat in opeenvolgende weeklikse uitgawes van “The Art of Crochet” (op winkelrakke beskikbaar) verskyn het, gehekel. Nie net die patroon van elke blok, maar ook die wol is in die uitgawes verskaf.

VLV-lid Alta Vos, sameroeper van die geleentheid by lede van die Down Sindroom Vereniging. Agter by Alta is Jody en Nathan en voor is Angela en Lelani.

VLV-lid Christa Burger het Valentynsdag behoorlik rooi ingekleur en daarmee ‘n prys losgeslaan. (Dis regtig Christa Burger van Piketberg—Red). Foto’s: Riana Richter

Piketberg Hoërskool se Blokfluit Ensemble, wat gedurende Julie na Beijing, China vertrek, lewer 'n Ouverture uit "Die Barbier van Seville" van Rossini, aan die VLV. Die groep gaan deel wees van 'n wêreld musiekfees (World Music Festival), waar kinders oor die wêreld gaan wees om saam musiek te maak. Hulle gaan ook deel wees van 'n koor wat op die Great Wall of China gaan optree. Die groep is olv Komien van der Westhuizen. Foto: Marietha Goosen


13

Nedbank verskuif na Piquet Mall Die personeel van Nedbank Piketberg is baie opgewonde oor die skuif na die nuwe perseel in die Piquet Mall. Nedbank nooi al hulle kliënte en nuwe kliënte om vanaf 2 Mei hulle te kom besoek by hulle nuwe kantoor te Winkel nr 7, Piquet Mall, Langstraat 54, Piketberg. Kom loer sommer net in en kyk hoe dit lyk.

Winkel nr 7, Piquet Mall Langstraat 54, Piketberg

PIKET VETERAAN TREKKER– EN IMPLEMENTE KLUB Uitnodiging Piket Enjindag WANNEER:

Saterdag 23 Maart 2013

WAAR:

Hoërskool Piketberg Sportgronde

TYD:

10H00

AKTIWITEITE:

Veteraan en antieke enjin skou Antieke meule maal koring Trekkerritte vir kinders

KOS:

Veldkombuis uit Eerste Wêreldoorlog verskaf middagete Kosstalletjies, koeldrank en nagereg

TOEGANG:

Volwassenes Kinders

NAVRAE:

Jan Ellis

R20 R5

Tel. 022 913 2231 / 083 225 6186 e-pos:ellislaw@lantic.net


14 Wat sê die reg? Informele Geldleningstransaksies en die Kredietwet Be careful about lending a friend money. It may damage his memory” (Anoniem)… Daar is baie potensiële slaggate wanneer jy ‘n Christelle de Villiers lening aan ‘n vriend maak. ‘n Minder bekende slaggat word deur die Nasionale Kredietwet ge-skep. Indien daar nie aan die vereistes van die Nasionale Kredietwet voldoen word nie, loop jy die risiko van aansienlike verliese. Dit sluit eerstens in dat jou lenings-ooreenkoms ongeldig verklaar kan word en tweedens hou dit die gevaar in dat jy al jou regte om uitstaande gelde in te vorder, kan verloor. Hierdie risiko’s word duidelik uitgewys in ‘n onlangse beslissing van die Grondwetlike Hof. Die regsposisie as volg: Die Nasionale Kredietwet maak voorsiening vir die volgende: ‘n Verskeidenheid van situasies word in die Nasionale Kredietwet gelys wat jou sal verplig om as kredietverskaffer te registreer indien jy daaraan voldoen. In die onlangse hofsaak moes die boer as kredietverskaffer registreer, omdat die leningsbedrag die vasgestelde drempel van R500,000 oorskry het. Die feit dat die lener ‘n vriend was, speel hier geen rol nie. Dit is van belang dat die lening binne die definisie van “kredietooreenkoms” val en dat die partye ‘n oënskynlike armlengte leningsooreenkoms aangegaan het. As jy versuim om as kredietverskaffer te registreer, verplig die Nasionale Kredietwet die hof om die ooreenkoms nietig te verklaar, onder andere. Die praktiese gevolge van hierdie uitspraak: Tot tyd en wyl hierdie ongeldige kansellasieklousule gewysig word, sal die gemenereg van toepassing wees. Die hof bevestig dat die ongeldige ooreenkomste ongetwyfeld nietig is, maar bevind dan dat die kredietverskaffer wel in kwalifiserende gevalle die leningsbedrag op grond van ongeregverdigde verryking van die verbruiker sal kan terug eis. Indien die wet vereis dat jy as kredietverskaffer moet registreer, is jy verplig om dit te doen. Versuim jy om dit te doen, sal al jou kredietooreenkomste nietig wees. Jy sal dan individueel by die hof moet aansoek doen om jou toe te laat om jou lenings te verhaal, maar dit bly binne die diskresie van die hof. Indien die hof jou nie te hulp gaan kom nie, sal jy geen verdere verhaalsreg hê nie. Daarom is dit belangrik dat jy eerder vanuit die staanspoor behoorlike advies verkry en jou handelinge dienooreenkomstig rig. Wees maar versigtig.

Hou die datum oop

Zebrafees 10—12 Oktober

Museum Kindervriendelik Die Gr 4-klasse van Hoërskool Piketberg het die museum onderskeidelik op 5 en 7 Maart besoek as deel van die nuwe CAPS geskiedenis kurrikulum. Die groepe is deur hulle geskiedenis onderwyseres, Melanie Groenewald vergesel. In April beplan die museum om die Herinneringe aan Steynville Primêr-projek te loods. Met die huidige skoolgebou wat in Julie gesloop gaan word vir die bou van ‘n nuwe skool, het die museum gereken dit is net die tyd om almal se herinneringe aan die skool te begin versamel. So as jy enige stories, inligting of foto’s het wat jy moontlik met ons wil deel bring dit na die museum. Foto’s hoef nie permanent geskenk te word nie, ons kan dit skandeer en weer aan u terugbesorg. Kom besoek gerus die museum, veral die week van 22 tot 25 April wanneer ons museum week vier. Berig en foto’s: Elizabeth Coetzee

Die BiO café Voortrekkerstraat 47,Piketberg Bied aan

Suegnet Du Toit en “THINGS” 26 Maart 2013, vanaf 9h00 tot 17h00 lekker mode en dra klere met allerlei bykomstighede soos, ‘cami’s’, skoene, serpe, juweliersware en ditjies en datjies. Dit wat elke ma en dogter se modebegeertes sal betower Navrae 022 913 1368


15

Marita ontmoet Piketbergers Marita van der Vyver, wat vir etlike jare in Frankryk gevestig is, was op besoek aan Suid-Afrika om by haar familie op Aurora te kuier en om by die Woordfees op Stellenbosch op te tree. Piketbergers het die gaping gesien en in plaas van plan A te volg om Woordfees toe te gaan, sommer 'n plan B by Plan B gereël om haar te sien.

Plan B dalk die ideale Plan Almal moet 'n Plan B hê. Elke funksie koördineerder weet hoe noodsaaklik dit is om die weerstoestande in ag te neem en altyd met 'n Plan B reg te staan. Op Piketberg is 'n wye verskeidenheid van restaurante en wegneem eetplekke en kan besoekers en inwoners nou kies en keur na gelang van elkeen se behoefte. As jy in die bui is vir 'n ontspanne stoepkuier in die hartjie van die dorp en tog voel jy's ver weg, is Plan B net die plek vir jou. Sjef Wiaan en sy assistent Surita Dietrich sal van Dinsdag tot Saterdag (8vm-6nm) jou vriendelik ontvang en sorg dat jy tuis voel. Terwyl jy die spyskaart met sy billike pryse bestudeer, sal Marcos van Le Vaillant’s Cocktail Lounge seker maak jy kry die regte oplossing vir jou dors. In die paar minute wat jy wag vir jou bestelling, staan dit jou vry om 'n kunsroete te doen deur die vertrekke van Die Art Business. Jy sal gou agterkom dat Plan B te veel het om te bied, dus sal jy jou oorspronklike plan opsy moet skuif en volgende keer weer Plan B verder ontdek. Plan B sal ook op afspraak gedurende die aande op Woensdae, Vrydae en Saterdae oop wees.

Voor is Sandra van Wyk, Marie van Niekerk, Eléne Mostert, Gerna Croeser en Marita van der Vyver. Agter is Lilla Treurnicht, Teresa van Niekerk, Jackie Ferguson, Marcos Andrade van Le Vaillant’s Art & Cocktail Lounge, Wiaan van der Vyver van Plan B, die nuwe restaurant by The Art Business en assistent, Surita Dietrich. Foto: Marietha Goosen

Wiaan van der Vyver, eienaar/sjef/kelner by Plan B.

Marcos Andrade van Le Vaillant's Art & Cocktail Lounge.

Foto’s: Marietha Goosen

Maak Plan B jou Plan A...


16

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur Margaret Mollett Dit blyk dat kontreiboeke onder besoekers aan die biblioteek uiters gewild is. ’n Boek wat een leser sterk aanbeveel is Outeniqualand - plek van melk en heuning deur Sue van Waart, ook bekend vir haar Klein-Karoo, Swartberg en sy mense, Paleise van die pluime, Kannalandse kameë en Briewe uit die tuin van Eden. Só lei Van Waart haar jongste treffer in: “Begin jy met die verhaal van George, loop jy jou onmiddellik vas in die eerste struikelblok; die dorp se naam. Daar is ’n beduidende aantal ou garde wat volstrek weier om die ‘e’ aan die einde van die dorpsnaam te skryf of te sê. Vir hulle is dit Ge-org. Hulle sweer net duskant die Bybel dat George III na wie die dorp vernoem is, Duits van oorsprong was. Hy was ’n Hanoveriaan en sy naam was glo sonder ’n ‘e’ geskryf.” Daar word vertel dat daar nie een “Ingelsman” op Georg in die 1800s was nie en “waarvoor sou die Afrikaners/Hollanders/Bataviërs dan ‘n Engelse naam aan hul dorp gee?” Ongeag dié redenasie hou Van Wart by die vandag aanvaarde George met ’n “e”. “Hierdie boek probeer nie om enigsins ’n geskiedenis van George te wees nie. Dis die verhale van ’n klompie van die mense van Outeniqualand wat hulle lewens daar geslyt het en wat hul voormense se belewenisse oorvertel. Elk van die sewe en twintig hoofstukke is propvol interessanthede en insigte. Enkele grepe: “Die moeder [in die Khoistam] was ’n belangrike vrou. Sy was onderwyseres en opvoeder van haar kinders. Sy was hoof en eienaar van haar huis en die inhoud daarvan. As haar man melk wou drink, moes hy haar vra. Sy had die reg om te weier dat hy haar hut betree. Maar in die Khoisamelewing was die vrou onderdanig aan haar man en daar was wedersydse respek” en uit ’n ander oord en ’n latere tyd: “Ons manier van lewe het van ons gesonde mense gemaak. Die boswerker was so taai omdat hy so swaar gekry het”. Die vyf hoofstukke oor die leefwyse van die houtkappers en boswerkers in die Outeniquastreek, d.w.s. George, Knysna en Mosselbaai, het veral byval by die leser gevind. Het jy ook so pas ’n boek wat vir jou besonders was by die biblioteek uitgeneem? Deel jou leesgenot met ander deur Gerna Croeser by die biblioteek daarvan te vertel!

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir advertensies en berigte 16 April 14 Mei 11 Junie 16 Julie 14 Augustus 11 September 15 Oktober 12 November

Die Piketberger verskyn 25 April 23 Mei 21 Junie 25 Julie 22 Augustus 19 September 24 Oktober 21 November

Ek onthou Doc se stories Deur Berenice Scheepers Toe ek vanoggend koffie in die hand die radio in die kombuis aanskakel, hoor ek hulle sê Doc Immelman is op 84 in Windhoek oorlede. My hart trek ‘n punt. Sommer net na Windhoek se strate en die sonsak van lank gelede. My oë soek voor die boekrak na Verhale uit Suidwes. Voos gelees. Tweede Druk 1967. Vir Mammie. Iewers pyn dit, soos met Jan Spies en FA Venter se dood en die tyd toe Die middag na warm as (gevoel) het en my onthoue ‘n Poort deur die koue getrap het. Toe ek ‘n kind was, in ons Windhoekdae, het Doc Immelman doer naby ons in Suiderhof gewoon. Dit het my nogal vernaam laat voel dat dié skrywer van verhale wat my verbeelding so aangegryp het, ‘n paar strate van Hendrik Hopstraat af gewoon het. Babiestraat. Skrywer van meer as 40 boeke, honderde kortverhale en rubrieke, gedigte, sketse en geskiedkundige vertellings daar tussen ons. Is it true you’re just an ordinary chap? Of hoe het hulle gesing oor Sir Lowry, die skilder? Op sy webwerf skryf sy dogters oor hom: “Ons pa is aanmekaargeweef van kameeldoringhout en rooi duinesand, van salpeter op ‘n perd se nek, van die vaal Suidwes winterveld, die blou-blou lug, van koedoebiltong en potgebraaide springbokboud, van kampvuur onder die suidersterrehemel en van duisende woorde en sinne en stories.” O die duisende woorde en sinne en stories. Neem my saam, neem my gedagtes vandag nog saam oor die grens sodat die stof en die duine en die sterre-hemel wat alle sintuie te bowe gaan my kan red van vergeet. Waar, waar gaan die kennis van ‘n lang leeftyd heen? Moet dit dan sommer net so verdwyn?, het hy op 81 in ‘n onderhoud met Leon Rousseau gevra. Ek gaan vanaand vir die seuns Die Tyd van die Eland en Twee skote teen Dagbreek lees.


17

Webblad vir die Bergrivier (Piketberginfo.co.za) Sweets Mania, Gee-C-eS en Mrs Bean (die borge) het die inisiatief geneem om ‘n webblad te skep wat spesifiek ontwerp is vir die Bergrivierstreek en sy mense. Die webblad is reeds drie jaar gelede geregistreer, maar weens onvoorsiene omstandighede kon dit nog nie ontwikkel word nie. Die webblad is nou reeds in werking. Daar sal egter nog vir die afsienbare toekoms baie veranderinge en verbeterings aangebring word om dit meer toepaslik en bruikbaar te maak. Die webblad sal, wanneer dit volledig ontwikkel is drie uitstaande kenmerke hê. 1. ‘n Almanak waarop elke besigheid en instansie wat ‘n projek ten bate van die gemeenskap loods die projek mag adverteer. Die projek kan enigiets vanaf ‘n dans ten bate van ‘n fondsinsameling vir ‘n skool, iets soos die Zebrafees wat ten bate van die dorp en sy mense geloods word, die jaarlikse fees by Goedverwacht, of die musiekaand wat kwartaalliks deur die kerk gehou word as fondsinsameling en ter bevordering van kultuur. Dit sal ook merkwaardige projekte kan insluit soos ‘n kunsuitstalling wat groter blootstelling aan die Bergrivier en sy besighede verleen. So sal almal kan sien watter gebeurtenisse reeds in beplanning is in die Bergrivier. 2. Dit sal dan verhoed dat daar oorvleuling plaasvind tussen geleenthede en dus aan elkeen wat iets reel die maksimum blootstelling bied. Elkeen sal op die webblad kan sien wat reeds beplan is en dan sy

geleentheid se datum so posisioneer dat dit nie met ander geleenthede bots nie. Dit sal ‘n gemeenskapsforum word wat kommunikasie in die Bergrivier streek bevorder. Dit mag dalk ‘n kleinadvertensie kolom insluit waar elkeen iets wat hy wil verkoop kan adverteer. Daar sal ook ‘n skakel wees na die Piketberger koerant, asook ander noemenswaardige webadresse. 3. Die webblad bied natuurlik ook geleentheid aan besighede om te adverteer. Eerstens is daar ‘n “business directory” waar alle besighede gelys sal word met slegs ‘n telefoonnommer. Indien die besigheid enigsins groter blootstelling wil hê sal hy die geleentheid hê om self sy advertensie te ontwerp of gebruik te maak van die webblad se grafiese ontwerpers. Die volgende drie groot gebeurtenisse in die Bergrivier verskyn op die hoofblad. Sodra die hoofgeleentheid afgehandel is word dit afgehaal en skuif die 2de geleentheid op in die eerste plek op die webblad. Volledige inligting sal mettertyd op die webblad beskikbaar wees om almal in detail in te lig oor die presiese werkswyse en hoe die webblad gebruik kan word. Die voertaal van gebruik sal Engels en Afrikaans wees. Engels sal nodig wees om fondse van buite die Bergrivier streek te lok, en hierdie fondse se taal is dikwels engels. Ons sal dit werklik waardeer indien die Bergrivier en al sy mense kan inskakel by hierdie poging om kommunikasie in die streek te bevorder. Ek hoop dat elkeen so opgewonde is oor hierdie webbladsy soos ek en dat die hele Bergrivier streek hierdie poging sal ondersteun.


18

ATKV-Plofstof Mnr en Mej PHS se Afro Circus

Le-More Muller, Mej PHS met Karli Truter (regs), tweede en Juné van der Westhuizen (links), derde. Timothée Luyt, Mnr PHS met Erich Kankowski (links), tweede en Roman Zaal (regs), derde. Juné is ook aangewys as Mej Bene.

Mnr en Mej Fotogenies, Madré van Zyl en Stephan Breunissen. Op die foto regs is Annette Sanet van Schalkwyk van Skoon- Haughton en Deon Fourie wat ook heidsalon Sanet op Piketberg en die beoordelaars was. die verteenwoordiger van RVB skoonheidsprodukte, René van der Merwe. RVB was ‘n groot borg van Foto’s: Marietha Goosen die Mnr en Mej PHS kompetisie van wie Salon Sanet ‘n groot kliënt is. RVB staan vir Research, Value, Baie geluk aan Beauty. René was ook een van die al die wenners. Dankie beoordelaars.

vir ‘n besonderse aand, Juffrou.

Sanet Ackermann, organiseerder van die geleentheid.

Mnr en Mej Persoonlikheid, Janeske Rademan en Herbst van der Merwe.


19

Vir nou, vir ewig, vir altyd

Ruan en Mareli Theron. Foto: Herman Agenbag Ruan Theron, seun van Julian en Amanda Theron van Piketberg en Mareli van Eeden, dogter van Stieler en Carol van Eeden van Pietersburg, is getroud op 23 Januarie op Paternoster. Hier is Mareli se storie: “I’m in love with the queen of the retail market as the evening sky turns blue, dream my dear for one day they’ll come true…” was ‘n deel van die liedjie wat my ‘rockstar’ liefde vir my geskryf en gesing het op ons troudag, 23 Januarie 2013. Na net so oor die twee jaar by my 30ste verjaarsdagpartytjie, flicker die projektor met die volgende woorde: “Mareli, sal jy met my trou?” Dadelik is hy op sy knieë en ‘n ‘ja’ weergalm in die saal. My droom het waar geword. Ek gaan trou met my beste pel. My partytjie het natuurlik verander in ‘n verlowingspartytjie. Twee jaar en nege maande later was dit ‘n perfekte dag vir ‘n sprokiestrandtroue. Paternoster, waar 15 gaste vrolik glimlag uit die gekleurde vissersbootjies, die blou oseaan met golwe wat breek in die agtergrond en ‘n ligte weskus briesie wat oor ons waai. Omring deur ‘n skulpie hart, beloof ons trou aan mekaar. Ringe aangesteek en een vet soen later, is ons ‘man’ en ‘vrou’ genoem. Geseëndes van God. Vir nou, vir ewig, vir altyd. “Therefore what God has joined together, let no one separate.” Mark 10:9 Amen.

Lize-Anne Mouton en Izak Spreeth is op 12 Januarie te Kleinevallei, Wellington getroud. Foto: Adele Joubert Photography

Angelique Roux en Hendri van Niekerk is op 23 Februarie te NG Kerk Porterville getroud. Die onthaal was by Laatson. Hendri is ‘n motorwerktuigkundige by Piketberg Motors en Angelique is ‘n onderwyseres by Groenvlei Primêr. Foto: Adele Joubert Photography


20

Hippie Dans ‘n heerlike sukses ‘n Duisend dankies aan elke ouer, helper, saamdanser en weldoener wat betrokke was by die afgelope Gr RValentynsdans. Die dans, met ‘n hippie-tema, was ‘n reuse sukses met kleurvolle uitrustings, heerlike musiek en saamkuier in ‘n saal wat so reg uit die 70’s gedateer het. Die fondse wat ingesamel is, gaan tot voordeel van die Gr R-leerders van PHS aangewend word. ‘n Spesiale dankie aan ons borge, sonder julle sou die aand beslis nie moontlik gewees het nie. Basie Turner, Boland Superspar, Carstens Begrafnisdienste, Dollie’s Verhuring, Dr Sam Scheepers, Dup Meubels, Eendekuil Drankwinkel, Fox Build It, Gee-C-eS, Hanlie Roderiques, HCT Consult, Home Express, Jan Ellis Prokureurs, JMR Vervoer, Juno Café, Kardoesie Padstal, Keyah, Koeltuin, Le Roux van Wyk Makelaars, Liebco Vleishandelaars, Marcu Traders, N7 Glas, Namaqua Wines, NQF Vervoer, Org de Rac, Piketberg Apteek, Piketberg Cash & Carry, Piketberg Drukkers, Piketberg Engineering, Piketberg Fisheries, Piketberg Skou, Potgieter Transport, Praktika, Riaan en Carike Carstens, Salon Sanet, Shoprite, Stoumanns Wynkelders, Tokkie se Winkel, Weskus Meganisasie en Winkelshoek Wynkelders.

Oud PHS-hoofdogter sussies presteer

Melanie Eksteen nadat sy die Half Ystervrou kompetisie voltooi het.

Sybil Eksteen by haar onlangse gradeplegtigheid. Foto’s verskaf

Die sussies, Melanie en Sybil Eksteen, wat onderskeidelik in 1996 en 1998 hoofdogters van PHS was, het pas verdere prestasies behaal. Melanie het op 20 Januarie vanjaar die Half Ystervrou kompetisie in OosLonden suksesvol voltooi. Dit het gepaard gegaan met baie deursettingsvermoë, opoffering en harde oefening, maar was alles die moeite werd, aangesien sy dit reeds sedert skooldae op haar doen-lysie (bucket list) gehad het. Sy het die 1,91km swem, die 90km fietsry en die 21km draf in 6uur 40min voltooi. Sybil het in 2004 haar MBChB voltooi en het pas gespesialiseer in Onkologie. Sy het die grade MMed (Radioterapie) en FC RAD Onc behaal. Vanaf 1 April word sy deel van Dr George Loots se praktyk by Louis Leipoldt hospitaal. Melanie en Sybil is die dogters van André en Marina Eksteen. Piketberg is trots op sulke produkte uit die platteland. Red.

WOW Event vir Tieners op 19 April in Stellenbosch

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator te huur Kontak Margaret 022 913 1777


21

Spur Wenners

Spur het onlangs ‘n kompetisie geloods en die wenners is as volg: 1ste Aneske Coetzee wat ‘n Spurmotortjie gewen het, 2de Sergio Zimiri wat ‘n R250,00 Spur eetbewys gewen het en 3de Stacy Lee het ‘n R150 Spur eetbewys gewen. Foto en inligting verskaf

Kinders in Xtus samel geld in vir die kinders in Nigerië Neon Veters @ R20

4U VERVOER • •

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse È 082 660 2470 ( 022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam È 078 148 1771 of

Fourie Lötz È 082 660 2470 ( 022-913 3984


22

Plofstof kleur hare vir KANSA Shave-A-Thon

Marion Stone en Lylani van Lill besig met Helene Cloete se hare. Foto’s: Marietha Goosen

Plofstof lede Marion Stone, Ané Venter, Tiaan Smit, Madré van Zyl en voor Lylani van Lill besig om Christelle de Villiers se hare te verfraai.

Sussies Mari en Emma Gerber nadat Plofstof-lede, Marion Stone, Ané Venter en Lylani van Lill hulle hare versier het.

Die Piketberger wens hul lesers ‘n Geseënde Paasfees toe.

022 -

32 913 3 3


23

Mienie sweef soos ‘n arend Mienie Scholtz skryf... Ek het Saterdag 23 Februarie net na 13h00 ‘n oproep gekry van Natalie van die Toerisme kantoor op Porterville. Groot was my verbasing toe sy my meedeel dat ek ‘n gelukkige trekking gewen het. Die prys was om te gaan “paragliding” doen by Dasklippas, Porterville. My hart het omtrent geklop en ek was baie, baie opgewonde, maar ek het aan haar gesê dat dit ‘n fout moet wees aangesien ek nie ingeskryf het nie. Natalie het my meegedeel dat een van my personeellede, Gaynor du Toit my ingeskryf het. Ek was die Sondagoggend al 9uur op die berg, gereed vir die groot “spring” of “vlieg”. Dit was ook die begin van die “International Paragliding 2013 Championships”. Wat ‘n belewenis om te staan en kyk hoe 130 wêreldkampioene gereed maak om weg te spring. Die gebied was ‘n miernes van bedrywigheid soos die helpers en kampioene toue nagegaan het en hul paragliders gereed gekry het. Die deelnemers het hulself ingeweeg en op navraag is ek meegedeel dat daar verskillende gewigte is vir die verskillende katogorieë. Dit was interessant om te sien hoe die kos en drinkgoed verpak word vir die eerste skof na Clanwilliam. So teen 11uur was dit my beurt om te “vlieg”. Tom van Engeland was my tandemmaat. Hy het my meegedeel dat hy dit al vier jaar professioneel doen. Ek moes ‘n harnas aantrek, vashaak en alles is vier keer nagegaan. Daarna moes ons staan en wag vir ‘n briesie en toe “hardloop” berg af tot daar niks meer onder jou voete is nie. Tom het baie behendig die paraglider in ‘n lugstroom gekry en toe sweef ons soos ‘n arend. Dit was ‘n fantastiese dag en die natuur was ‘n ongelooflike gesig. Al die ander paragliders in die lug om ons het die ervaring net nog groter gemaak. Ek weet nie hoe lank ons gesweef het nie, maar was baie in my skik met die kompliment wat ek van Tom gekry het oor my samewerking tydens die vlug en ook met die landing. Ek bedank graag vir Tom, Porterville Toerisme en hul personeel asook vir Gaynor – dit was ‘n ongelooflike ervaring.

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

( 022-913 2646

mediese praktisyns Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

( 022-913 1172 alle ure / all hours Ê 022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


24

Oud Eerstespan manne ondersteun van oor die waters Daar word gesê dat rugby bande bou tussen manne en hier is net nog ‘n bewys daarvan. Groot was ons verbasing toe Etienne en Anton Roux, albei oud PHS’ers en oud Eerstespan rugbymanne van ver oor die waters vir ons kontak i.v.m. die huidige 0/19-Rugbyspan wat eersdaags Frankryk toe toer. Etienne het in 1993 en 1994 Eerstespan en Anton in 1997 en 1998 – albei o.l.v. Chris van der Merwe as afrigter. (Chris is nog steeds die eerstespan se afrigter). Hulle het te hore gekom van die 0/19-Rugbytoer na Frankryk en het ‘n ongelooflike trotse gevoel ervaar – “daai wit trui oor die kop trek”, sê hulle. Hulle was so trots om te kan sê hulle was ook op ‘n dag deel van daardie span. So het hulle besluit om ‘n waardevolle bydrae te maak in die vorm van klerasie en fondse om hierdie droom vir die 2013 span ‘n waarheid te laat wees. Ons is baie dankbaar vir hulle bydrae en sal met trots die “hoodies” dra in die koue Frankryk. Etienne is intussen getroud met Ainhoa Blanco en het twee kinders, Kristina amper 4 en Sebastian amper 2. Hulle huistaal is Spaans! Piketbergers weet hy is as ingenieur bekwaam, maar hy is die besturende direkteur van ‘n olie maatskappy in Houston, Texas. Anton is werksaam in London al vir ‘n geruime tyd en beplan om self langs die veld te staan as ons span in Frankryk speel. Ai, ‘n mens kry darem ‘n warm gevoel om die hart as daar gelees en vertel word hoe oud-Piketbergers se bande met mekaar net nooit verbreek word nie. Dankie, Etienne en Anton vir julle belangstelling en betrokkenheid. Viva Crescat Floreat!

Toerspan hou Pette Aand

Die PHS manne is gereed vir die grootste droom ooit—hulle rugbytoer na Frankryk o.l.v. Chris van der Merwe, afrigter en Jaco Barnard, hulp-afrigter. Die spelers bedank elke ouer, borg en persoon wat op een of ander wyse bygedra het om hierdie droom te verwesenlik.

PHS bedank elke borg wat deel was van die totale uitrusting van elke speler. Jaco Barnard (Agri SA), CP Smit, Van Zyl van der Merwe (Merwede Boerdery), Herman van Zyl (Piketberg Bandediens), dr Herold Truter, Johan Mostert (Nieuwedrift Kelders), Wardi Trautmann en Eddie Mostert (Piektberg Cash and Carry). Voor staan Elzaan Richter (All About Travel) en Marius Scholtz, skoolhoof. Afwesig: Fine Brothers, Etienne en Anton Roux, BP Atlantic, Boland Superspar, Oloff Hennig en Santam. Etienne en Anton Roux.

Barno van der Westhuizen, kaptein en JJ Stander, onder-kaptein saam met Chris van der Merwe en Marius Scholtz. Foto’s: Juanita van der Merwe


25

MARC POGGENPOEL Gee om vir Diere

EN JY?

ONDERSTEUN PIKETBERG ANIMAL WELFARE (PAW) 079 249 1535 / 071 828 7952 Bladsy geborg deur All About Travel reisagentskap 022 9131465


26

0/15 Rugbyspelers hardloop vir toergeld

Boland Hoërskool Platteland Tennnis

Hulp-afrigter, Rob Whitfield saam met ‘n groep van die hardlopers van die 0/15 Rugbyspan. Foto: Berenice Scheepers Ons het gehardloop vir elke sent...PHS se 0/15rugbyspan het onlangs gesamentlik 100km afgelê as fondsinsameling vir hul rugbytoer na George. Twee spelers per span het mekaar in reënweer afgelos om ‘n triomfantelike klein Comrades op PHS se sportgronde te voltooi. Adriaan Lubbe, afrigter van die fikse spannetjie, bedank graag elke ouer wat hierby betrokke was en met die organisering gehelp het. Aan die wonderlike borge wat per kilometer geborg het, ‘n reuse dankie uit die hart. Dankie aan ons hoofborg, Duo Edu Skool (Pretoria), ons waardeer die ondersteuning uit die noorde ongelooflik baie. Duisend dankies ook aan Sam Scheepers en Pieter Bruwer, Potgieter Transport, Riehan Roux, Piketberg Apteek, Winkelshoek Wynkelders, Christa Neethling, Liesl Koegelenberg, Riana Wium, John Hitchcock, Berenice Pienaar, Alet Scheepers, Hennie de Kock, Ria de Villiers, Johann de Kock, Pieter Wium, George McGregor en Sanet van Schalkwyk.

ten bate van Huis A.J. Liebenberg, Piketberg Waar: De Hoek Gholfbaan

Louwrens Laing, Gr 9 en Bendert Smit, Gr 8 by PHS is opgeneem in die Boland Platteland Tennisspan. Foto: Marietha Goosen

Wes-Kaap Atletiek vir JJ JJ Stander verteenwoordig Boland by Wes-Kaap byeenkoms. Hy behaal ‘n 2de plek. JJ is ‘n veelsydige leerder, hy is vanjaar hoofseun van PHS en het in die onlangse Mnr en Mej PHS kompetisie die Mnr Bolyf-titel losgeslaan. Foto: Marietha Goosen

Wanneer: Saterdag 20 April 2013 Koste: Beginners R70 (9 putjies) Gholfers R150 (18 putjies)Afslaantyd: 08h00 Beginners 11h00 Gholfers (Die spel is ‘n 4BBB, dus 2 persone speel saam) Inskrywings: Inus de Villiers 082 776 3551 Die sluitingsdatum vir inskrywings is 17 April 2013

Riana Wium 084 2453 922 immergroenraamwinkel@gmail.com Kerkstraat 33 Piketberg


27

Skole Nuus

Hoërskool Revue Op Vrydag 10 Mei gaan 30 Hoërskoolleerlinge 'n Revue in die skoolsaal aanbied. 'n Paar gr 12-leerlinge olv Johmine Croeser het hulle juffrou, Alison Müller, oortuig om nog 'n skoolkonsert aan te pak. Die storie is 'n kombinasie van Romeo and Juliet en Grease - dit beloof om baie interessant te wees. Die leerlinge het self die liedjies gekies en die storie en dialoog uitgewerk. Die hoofrolle word deur Alan Willemse en Annina Bester vertolk. Katinka Morrison, Piketberg se dienende Martha, gaan help met die afrig van die danse. Kaartjies teen R40/volwassene en R20/kind sal by Alta Nelson by PHS beskikbaar wees. Plekbesprekings, ook by Alta Nelson, kan vanaf 8 April gedoen word.

Benodig Vrywilligers!

PHS se Biblioteekprefekte vir vanjaar is Johannet Janse van Rensburg, Yvona Louw, Magdaleen Grundlingh, Lize Visser, Landi Brink en agter Lizaan Smit, Glenda Dietrich en Carina Smit.

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

asook Skenkings van hondekos, katkos, speelgoed of ...borg ‘n sterilisasie!

Kontakbesonderhede:

Minette: 079 249 1535 Beryl-Ann: 071 828 7952 animalwelfarepiketberg@gmail.com NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

In PHS se Graad 8-groep is vanjaar vier tweelinge: Voor is Christof en Micaela Smith en Barend en Bendert Smit. Agter is Elske en Hanneke Pieters en Pierre en Jacques Mouton. Foto’s: Marietha Goosen

Janeske na Baxter Janeske Rademan, gr 12leerder van PHS, het verlede jaar verskeie toekennings ontvang. By die Namakwaland Toneelfees het sy twee goue medaljes verower. By die Weskus Dramafees was sy die wenner in die Wes-Kaap en het deurgedring na die volgende rondte by die Suidoosterfees in die Kunstekaap, wat in Januarie vanjaar gehou is. Daar het sy tweede gekom en die toneel is as Beste Toneel aangewys. Sy het op 9 Maart op uitnodiging in die Baxter teater opgetree. Die geleentheid was nie ‘n kompetisie nie. Magdaleen van Zyl het sedert Januarie tot nou tydens optredes steeds ‘n ondersteunende rol gespeel.

Die volgende Piketberger verskyn op 25 April. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 16 April om 17:00

Ons het voorraad van: • Skryftafeltjies • Boekrakke • “Butcher’s Blocks” • “Lapa” kaste • Ontbythoek– en kroegstoeltjies • Nuwe geraamde Maria afdrukke Nog baie ander—jy moet kom kyk. Christo en Linda van Schalkwyk Langstraat 59, Piketberg (Oorkant Agrimark)


28

Weskus Sport Erkennings

PHS se Laerskool Eerste Seuns Tennisspan, Barend Smit, Harry Roux, Bendert Smit en Freddie Visser asook Ané Nelson het aan die einde van verlede jaar medaljes ontvang by die Weskus Sport Erkenningsaand vir hul besondere sportprestasies in 2012. Die tennisspan was onoorwonne, het drie Wes-Bolandspelers opgelewer en Harry Roux en Bendert Smit is ook opgeneem in die Bolandspan. Ané Nelson het ook besonder presteer deurdat sy by die SuidAfrikaanse Kampioenskappe as 0/15 Ritmiese Gimnastiekkampioen gekroon is. Beide die tennisspan en Ané was een uit drie finaliste in hul onderskeie kategorieë. Op die foto is die tennisspan saam met hul afrigter, Marianne Grobler. Foto’s: Berenice Scheepers

Kaskar Pretdag Wanneer: Dinsdag 26 Maart 2013 Waar: Op PHS se atletiekbaan Tyd: Die skoolkinders begin met spanbekendstelling (optogte) om 14:15 Die ope afdeling vir volwassenes begin om 16:30. Ingangsfooi R5 vir nie-deelnemers. Snoepie beskikbaar. Kaskarre word voorsien en bane word vooraf opgestel. Inskrywings of navrae kan voor die tyd by Marina Smith 082 309 2331 of Vanessa Luyt 082 946 2355 gedoen word

Ouers, Oupas en Oumas… kom deel in die pret en plesier… agter ‘n kaskar se stuur!

Mrs Bean ons eie volwaardige koffiehuis

Die vriendelike personeel by Mrs Bean is Margie Benjamin, Anita Janse van Rensburg, Melanie van Wyk, Hanelie Joubert en Madeleine Bendini. Voor sit die eienaars Johan en Annelize Myburgh. Wonderlike nuus vir Piketberg. Ons het nou ‘n heerlike ontspanne ruimte waar ons gedurende die dag kan gaan koffie drink, melkskommels uittoets en ligte etes geniet net om jou te help om te kan deurdruk aandete toe. Annelize Myburgh het al lankal daarvan gedroom om ‘n “coffee shop” te bedryf. Vier jaar gelede was die saadjie geplant om die boonste ruimte van die Landbouhuis in Kerkstraat te ontwikkel. Eers met die derde stel planne wat Johan geteken het is daar besluit om die hele boonste ruimte te benut en dit dan te verdeel tussen Gee-C-eS en die koffiehuis, wat na vele debattering “Mrs Bean” gedoop is. Die eienaar van die gebou, Wolf Liebenberg, het toe ‘n diep asemteug geneem en aan hierdie droom begin werk. Moet hom nie vra hoeveel dit gekos het nie, ons volstaan maar met “baie geld”. Daar het soveel mense gehelp met idees, raad, tegniese kennis en hul eie talente dat hierdie projek nou waarlik ‘n groot spanpoging genoem kan word. Die massiewe balkon verleen ‘n ongelooflike uitsig oor die rûens tot teen Porterville se berge, en dan kan jy ons eie berg ook op ‘n koel oggend grou teen die hemelruim afgeëts sien. Ai, sjoe, dan smaak ‘n boeretroos mos eers lekker. Mrs Bean poog om ‘n rustige atmosfeer te kombineer met goeie smaak en vriendelike diens. Die geregte is netjies voorberei, skoon en van hoogstaande gehalte. Daar word steeds gestoei met idees om die spyskaart nog uit te brei en ‘n vollediger diens te lewer. Piketberg se mense sal uiteindelik self besluit watter geregte hulle verkies. Nouja, dit klink na ‘n mondvol. Daar is regtig baie hard gewerk om hierdie koffiehuis werklikheid te maak en ons hoop dat u ons sal ondersteun om hierdie kuierplek ‘n blywende toevoeging tot Piketberg se besighede te maak, en dat dit nog baie genot aan Piketberg en sy mense sal verskaf. Ons adverteer ook op die webwerf www.Piketberginfo.com. U kan daar na ons logo gaan kyk. Kom loer gerus in. Laat die kinders ‘n melkskommel by Mrs Bean geniet terwyl jy jou geskenkies by Gee-C-eS uitsoek. Sien jou vroeg Maandagoggend by Mrs Bean...


29

PHS wen Interskole

Nature Runners

PHS se Laerskool dogter– en seuns tennisspanne het Porterville gewen in die Interskole stryd op 19 Februarie. PHS spog met vyf uit die agt spelers wat pas Boland verwerf het vir tennis. Die spanne se hempies is geborg deur Eswé Visagie van Nexus.

Die meisies is Anné Rheeder (Boland), Handri van Zyl, Anke Schreuder (Boland) en Suzaan Basset (Boland).

Die “Nature Runners” groep van 45 met Terence Brown in die middel voor. Foto: Marietha Goosen Nature Runners is die naam van 'n hardloop oefengroep op Piketberg onder die bekwame leiding van 'n veteraan Suid-Afrikaanse atleet, Terence Brown. Die groep wat uit 45 drawwers en stappers bestaan, oefen elke dag, winter en somer, op plaaspaaie en deur modder, op bane en deur veld - nie net om fiks te word nie, maar ook om God se skepping te geniet en soms stil te sit en verwonderd te luister na die natuurgeluide. Die ouderderdomme wissel van 7 jaar tot 58 jaar en die afstande van 100m op die baan tot 10km in die veld en verder. Deur saam swaar te kry, leer die groep mekaar ken en gebeur dit dat hulle mekaar se laste dra en mekaar aanmoedig en ook ondersteun op vele ander terreine. Die groep groei steeds en enigeen word uitgenooi om deel te word. Al wil jy net stap, daar sal 'n maat vir jou wees!

Geskenke - Cd’s - Speelgoed Die seuns is Herold Truter, Freddie Visser (Boland), Stass Nel en Albert Grobler (Boland). Foto’s: Marietha Goosen

Mrs Bean

PHS Krieket seëvier oor HSP

Ons is Oop Ontbyt Ligte Etes Geroosterde Broodjies Soete Versoekings Melkskommels en ander koue drankies Warm drankies

PHS het al die Interskole krieket wedstryde teen HSP gewen. Op die foto is die kapteins van die onderskeie spanne, Juan Nelson 0/9, Hagan Ludick 0/11, Louis Bester 0/13, Jamile Sait 0/15 en Wynand Smit 0/19. Foto: Marietha Goosen

Kerkstraat 45, Landbouhuis, Piketberg 022 913 3212 Annelize Myburgh


30

Boland en Wes-Boland

Betrekkings Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698

BETREKKING: Persoon vir Rekenaar Opleiding

Hayden Fredericks van PHS is 'n 0/8-Bolandkampioen nadat hy eerste gekom het by die Boland Atletiekbyeenkoms in die 60m en 80m naellope. Daar is geen verdere byeenkomste vir sy ouderdomsgroep nie. Dit is die tweede jaar dat Hayden hierdie pragprestasie behaal.

Hagan Ludick van PHS het die Boland Skaakspan gehaal.

Foto regs is PHS se Wynand Smit 0/19 en El'marco Visagie 0/17 wat opgeneem is in WesBoland Krieketspanne. Foto’s: Marietha Goosen

PHS spog met vyf Laerskoolleerders wat opgeneem is in Wes-Boland krieketspanne. Hulle is Albert Grobler en Stass Nel 0/12, en Freddie Visser en Louis Bester 0/13. Matthew Somers was afwesig tydens die fotosessie.

Frankryk-toer lootjie wenners 1ste prys: 2de prys: 3de prys: 4de prys:

G Burger (vakansie) Gert de Vries (TV) CP van der Merwe (roker en wyn) Jacques du Preez (roker)

Piketberg Christian School beskik oor ‘n betrekking vir ‘n persoon met Rekenaar geletterdheid in MS Office, vir ons rekenaarsentrum. Kennis van ander Rekenaar programme (Pastel/VB/Webontwerp) sal in jou guns tel. Klasse 2x per week. Opleiding by SkillsPro word verskaf. Stuur asb CV na piketbergcs@gmail.com of kontak Deidre Swart (8vm-1nm) op 022 913 1886.

PHS Revue Vrydag 10 Mei MUSEUMHOOF PIKETBERG MUSEUM


31

Wen ‘n Corsa 1.4 Base bakkie kompetisie!

Na die lang wag het die Corsa 1.4 Base ‘n eienaar gekry. Na groot afwagting het Tanya Jankielsohn (Eienaar) en Kalla Ligthart (Verteenwoordiger van Piketberg Motors) om 13:00 die top 10 finaliste se name getrek. Al die finaliste het 5nm voor die Green Tree Café bymekaar gekom waar hul geskenkpakke ontvang het. Dean Jankielsohn (Eienaar) en Kalla het die top 5 gekies en die finaliste se senuwees was gedaan. Elkeen van die top 5 het ’n Corsa bakkie sleutel ontvang en ‘n kans gekry om te toets om te kyk of hulle die sleutel gekies het wat pas. Wilna Burger van Môreson, Eendekuil was die laaste kanidaat en sy het die gelukkige sleutel gehad. Sy was die gelukkige wenner van die Corsa 1.4 Base! Daar was baie trane en blydskap. Regtig baie opwindend. Ons wil net dankie sê vir al die ondersteuning met die kompetisie. Baie dankie aan Kalla van Piketberg Motors wat altyd ‘n helpende hand was. Top 10 Finaliste: P. van Wyk, Elize Odendaal, Gloria Swarts, Wilna Burger, Elisna Andrews, E. Cumpsty, I Louw, E Kretschmer, Ansoline Saunders en J.C De Waal.


32

the green tree café

2S9U\GDJ0DDUWKHWOHHUGHUVYDQ$7.9 3ORIVWRI   +RͧUVNRRO3LNHWEHUJGLHLQLVLDWLHIJHQHHPRPGLHMDDUOLNVH 6KDYDWKRQZHHUQDGHUWHEULQJDDQGLHJHPHHQVNDS ,QVDPHZHUNLQJPHW%RODQG6XSHUVSDUZDVGLHNRSSHNOHXUYROJHNOHXU

 

Chan van Porterville was die gelukkige wenner van die Play energy kompetisie. Hier oorhandig Marietjie Pedro (Bestuurder) die fiets aan hom.

Die gelukkige wenner van die R1200 Koopbewys kompetisie was Berdeen Olivier. Toni Smuts (Skakelbeampte) oorhandig die koopbewys.

Piketberger April 2013  

Community Newspaper

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you