Page 1

1

Jaargang 19 Nr. 4

www.piketberg.com

Mei 2012

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Juanita Beweeg in Kringe Juanita van der Merwe, geliefde Graad Ronderwyseres van PHS, is pas aangestel as Senior Kurrikulum Adviseur Vroeë Kind Ontwikkeling in die Weskusstreek. Die Weskusstreek bestaan uit vyf kringe, waarvan Piketberg en omgewing binne Kring 2 val. Juanita sal vanaf begin Mei haar kennis en ervaring met die fasiliteerders van 161 Graad R-bedieningspunte deel in 'n groot Weskusstreek. Sy sê sy gaan links en regs van die N7 werk tot 70km suid van die Namibiese grens! Juanita was nagenoeg 20 jaar aan PHS verbonde en het gedurende dié tydperk verskeie toekennings ontvang. Hierdie aanstelling is ‗n groot eer wat haar te beurt geval het. Piketberg is trots op so ‗n uitvoerproduk. Foto verskaf

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Randall Wicomb na Piketberg vir ACVV...p7 Johan Joubert sê dankie en groet...p14 Drie pare trou...p14 PHS Grondslagfase bring Dierejolyt in Mei...p16 Wes-Boland netbal...p20 Drama Queens...p21 PHS 0/19A’s blink uit in Toernooie...p22 Ricus Coetzee Skitter met drie silwer...p22 P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

 022 913 1939  022 913 2404


2

Redaksioneel Is dit nou ver of is dit nou naby? Jy het die volgende vraag al gevra of al gehoor: ―Hoekom is die Kerk so besig met Sendingwerk daar ver, wat van die mense hier plaaslik?‖ Dis nie vir vinnig antwoord nie. Dit hang af waarvan jy weet en wat jou raak op ‗n spesifieke tyd of by ‗n bepaalde geleentheid. Woon jy ‗n erediens by waar die Instituut vir Blindes optree of jy lees in die ―Lig‖ Elize Bosch se MES aksie in die hartjie van Hilbrow, of jy stap sommer in Piketberg se strate waar werkloses vergader, is jy oortuig dis ‗n ―naby‖ saak. Lees jy weer Geopende Deure se nuusblad of kyk ‗n dvd oor Noord-Korea, die heel gevaarlikste land in die wêreld vir ‗n Christen, weet jy onomwonde dis ‗n ―ver‖ saak. Punt is, dis ‗n ―naby‖ en ―ver‖ saak. Dit het die Kerk reeds jare gelede gesnap. ‗n Sekere groot kerk in Suid-Afrika is vanjaar reeds vir 131 jaar betrokke by die Instituut vir Blindes en Dowes en vir 101 jaar betrokke by Nigerië, om twee voorbeelde te noem. Op p5 word daar lekker gebid vir ―naby‖ en ―ver‖ sake, en die aand is onvergeetlik. Nog ‗n verrassing: Of jy dit wil weet of nie, jy is ‗n getuie waar jy gaan - nie net Behan in Amerika (p2) of Elmirique in Holland (p20) nie, ook Juanita in die Weskusstreek (p1), die helpers by Piket-Bo-Berg jeugprogram (p10), die skool se rugby en netbalspelers! Ook ek en jy, elke dag. Is jy God se Getuie? Jy hoef nie te antwoord nie, almal kan dit sien.

Marietha (Oja, wees betyds net berigte en wees volledig met byskrifte asseblief).

Die volgende Piketberger verskyn op 24 Mei 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 15 Mei 2012 om 17:00 Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Margaret Smit 022-913 1777 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R90 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland.

Briewe van ons lesers... Behan (Boewe) Croeser skryf... Liewe Piketbergers en vriende. Dit is nou net meer as ‗n maand dat ek weg is by die huis om my Amerikaanse ondervinding te begin. Ek het aangesluit by die rondreisende pretparke wat die hele Amerika vol reis en dit sal tot ongeveer middel November duur. Ons het van Johannesburg af gevlieg na Atlanta en toe Indianapolis. Van daar het ons gereis tot by die dorpie Farmland waar die ―rides‖ gestoor word vir die winter. Ons is ‗n hele klompie Suid-Afrikaners bymekaar en gelukkig het ek ‗n vriend, Driaan Jonck van Porterville, by my en kan ons saam die ervaring aanpak. Ons eerste groot ―show‖ is pas afgehandel. Ons was in Cleveland Ohio by die IX-Centre wat ‗n binnenshuise vertoon kompleks is. ‗n Paar persone word toegedeel aan ‗n ―ride‖ en is dan verantwoordelik vir die oprigting (ook die afbreek aan die einde) en die hantering van die ―ride‖ self. Kaartjies moet nagegaan word en veiligheid is van die grootste belang. Ons was nou drie weke hier in Cleveland en gaan dan terug na Farmland om alles weer reg te kry vir die volgende show. Ons sal by tussen 40 en 50 dorpe aandoen in die tyd wat ons hier is. Ons gaan nou volgende na Vermontville in Michigan en sal dan suidwaarts by al die dorpies aandoen totdat ons aan die einde terugkeer na Farmland. Die fliek Nightmare on Elm St is in Farmland geskiet en die huis waarin Freddy Krueger gebly het, is nog steeds hier, met die gat onder die huis waar hy die kindertjies begrawe het, creepy!!! Groetnis, sal weer volgende maand laat weet waar ons is en hoe dit gaan. Mis en verlang julle almal. Nog briewe van lesers op p20

Deirdré Julius (Esau) R.I.P. 13.10.78 28.02.2012 Daar is geen maklike antwoorde vir wat ons nou deurmaak nie. Geen maklike maniere om ons hartseer gesond te maak nie. Ons het iemand so bemind en waardevol verloor en dit het so baie pyn meegebring, maar God belowe: ―Eendag sal ons weer ontmoet.‖ ‘n Hartlike Dankie vir almal wat ons in hierdie tyd bygestaan het op welke manier ookal - dit was ‗n soet druppel in ons bitter beker. Liefde : Dei se familie


3

Bekendes deel hul ervarings Die Piket Veteraan Trekker- en Implementeklub het twee veterane met besondere ervarings as gaste genooi. Vir meer as 40 jaar het hulle dit goedgevind om hulle ervarings nie aan die groot klok te hang nie totdat dit onlangs rugbaar geraak het en mense se verbeelding aangegryp het. Traudel Kretschmer, links op die foto en Hennie Coetzee, regs, albei Piketbergers, was in die sestigerjare betrokke by hoofnuusgebeure. Hennie was as konstabel

Traudel Kretschmer, Pieter Smit (sekretaris), Paul Vercuiel (bestuurslid van die klub) en Hennie Coetzee. Foto verskaf in die Polisie aan diens by die parlement tydens die sluipmoord aanval op Dr HF Verwoerd op 6 September 1966. Traudel was vanaf 1966 tot 1990 'n hartmasjien operateur by Groote Schuur Hospitaal en was tydens Chris Barnard se tweede ope-hart operasie in Januarie 1968, in beheer van die hart-long masjien wat die pasiĂŤnt se funksies oorgeneem het. Albei is beskeie oor hierdie nuuswaardighede en het in groot nederigheid hulle ervaring met die groep gedeel.

Bergrivier Toerisme Die Bergrivier Toerisme Organisasie (BTO) hou 'n belangrike opname in die Bergrivier Munisipale gebied tot en met 10 Junie. Dorpe by name Piketberg, Porterville, Redelinghuys, Eendekuil, Wittewater, Goedverwacht, Aurora en Velddrif word besoek en alle toerismelede, produkeienaars en handelaars word versoek om positief op hierdie besoeke en opnames te reageer. Dit is in belang van jou dorp en omgewing. Die doel van die opname is om soveel as moontlik inligting rakende toerisme bymekaar te maak. Dit sluit in: gegewens oor die besoekers aan die Bergrivier streek, die produkte en dienste wat aan besoekers gebied word, die kwaliteit en standaard van die produkte en dienste en die infrastruktuur wat toerisme ondersteun. Die BTO wil bepaal in hoe 'n mate hulle almal in die streek kan help met die ontwikkeling van plaaslike ekonomiese geleenthede. Die deelname aan die onderhoud vereis van 'n besigheid slegs 30 minute, waartydens die BTO se strategiese koĂśrdineerder, Yvette Odendaal, die opnamevorm in die teenwoordigheid van die deelnemer voltooi. Alle inligting word konfidensieĂŤl hanteer en 'n verslag word opgestel en met die deelnemer bespreek. Indien u besigheid nog nie gekontak is nie, skakel gerus u plaaslike Toerisme kantoor.

Vadersdag 17 Junie


4

deur Jannie Lategan

Kekkel & Kraai Hoendersop

Besoek aan die Wimpy Met die sitslag kon mens deur die venster sien, hoe twee baie ou mense, die een so swak soos die ander uit hul motortjie klim. Die tannie is baie afhanklik van die oom en hy moet haar stewig vashou sodat sy voetjie vir voetjie beweeg tot hulle uiteindelik by hulle tafeltjie kon sit. Hulle bestel ―Cream Soda & Ice Cream float‖. Rustig teug hulle daaraan sonder dat iemand ‗n woord sê. Die oom lyk half ongeërg en lyk nie of hy veel deernis vir die tannie het nie. Haar voetjies dik geswel met sagte pantoffels aan. Die ―Hamburger & Chips‖ wat hulle bestel het, daag op. Die oom is oënskynlik baie honger en val onmiddellik weg om te eet…maar meteens speel daar ‗n tafel reël af wat uit die sydelingse visie van die oog gevolg kon word. Sy ryk bewend en verwagtend haar regterhand uit na die oom. Hy neem dit nie, maar desnieteenstaande prewel sy ‗n lang gebed. Eers toe begin sy te eet en skuif mededeelsaam haar orige ―Cream Soda Float‖ oor na hom. Hy drink dit gulsig uit! Daar kan twyfel wees of hierdie lang gebed net ‗n tafelgebed was. Straks het sy vir haar familie, haar kinders en uiteraard haar man gebid. ‗n Skielike deernis oorval mens omdat jy meer lees as dit wat jy met die oog kan waarneem. Waarskynlik stry sy ‗n opdraende stryd en is oorlaai met talle probleme, maar dit kan ook positief wees dat sy net dankie sê. Die toneel vertel egter ‗n ander storie. Snaaks dat daar toe onwillekeurig na ander Wimpy besoekers gekyk word...helaas so min wat ‗n tafelgebed prewel. Die tweetjies vind al skuifend hulle weg uit die gebou na die motor. Hy help haar tog in die motor op sy manier, maar iets bly haper. Hy slaan die deur toe. Hoe sal ‗n mens ooit weet. ‗n Tafelgebed is nie net vir die etes by die huis nodig nie, maar juis daar waar jy ‗n voorbeeld kan stel.

Koringberg: 2 slaapkamer akkommodasie vir kort of langtermyn. Tel: 022 423 8015 Sel: 076 740 6395

1kg hoenderstukke 2 uie 6 wortels gerasper 4 aartappels gerasper 2 pakkies hoenderroom sop 1 pakkie wit uiesop 1 pakkie beesstertsop 1 pakkie sampioenrrom sop 1 koppie pasta 1 koppie room Kook hoender en gesnyde uie in +3 liter water tot hoender sag is. Skep hoender uit en sny fyn, gooi terug in pot. Gooi gerasperde wortels en aartappels by en kook tot sag. Meng soppoeiers met 2,5 liter water en voeg by. Kook vir + 2 ure op baie lae hitte, roer gereeld. Gooi 1 koppie pasta van jou keuse by en kook totdat pasta sag is. Voor opdiening kan 1 koppie room bygegooi en deurgeroer word.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Nuwe Wintervoorraad beskikbaar

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276 DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTER SCHEEPERS.

Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

Mighty Kids Arise Foto’s: Ilse Bruwer

Hierdie bladsy word geborg deur Winkelshoek


6

Tuinbou Nuus 'n Demonstrasie is aangebied deur die paneel van blomdemonstrateurs van die Wes-Kaap. Elbeth Liebenberg het ook deelgeneem. Die demonstrateurs het hulle spesifieke liefde in die natuur uitgebeeld en Elbeth se keuse het op die see geval. Ses lede van die tuinbouklub van Piketberg het die asemrowende demonstrasie bygewoon.

Elbeth Liebenberg se skepping wat die see uitbeeld.

Lede van Piketberg Tuinbouklub wat die demonstrasie bygewoon het is vlnr Johannie van As, Elbeth se dogter, Elbeth Liebenberg, Katinka Morrison, Susan Brand, Jackie Ferguson, Esther Samuels, Marinda Mostert, Rita Esau.

Volgende Tuinbou Vergadering Moenie die Blom- en Tuinbouklub se volgende vergadering op Woensdag 9 Mei om 9:30 in die biblioteeksaal misloop nie. Alida du Preez, demonstrateur, beoordelaar en onderwyseres in die blommekuns lewer 'n demonstrasie met die doel om beginners te inspireer. Sy gaan met min blomme en verskillende soorte draad moderne ontwerpe skep. Almal welkom, 'n donasie van R20 betaalbaar by die vergadering vir nie-lede.

Hou ons dorp skoon. HERWIN Gebruik die deurskynende plastieksakke.

Elbeth Liebenberg, voorsitter van Wes-Kaap Vereniging van blommerangskikkers, HenriĂŤtte Louw demonstrateur by vergadering en Katinka Morrison, voorsitter van Piketberg Blom- en Tuinbouklub. Berig en foto‘s verskaf


7

Randall Tree op vir ACVV Piketberg Inter nas ionaal- bek ende blomkunstenaars, Elbeth Liebenberg en Marjolijn Malan, gaan Randall Wicomb se gewildste lirieke uitbeeld in blommekuns, terwyl hy optree. Elbeth en Marjolijn se blommekuns het hul alreeds geneem na Uruquay,Kanada, Engeland, Italië, Japan en Boston in Amerika. Beide het al aan vier WAFA Elbeth en Marjolijn by hul W ê r e l d b l o m m e s k o u e ontwerp - Dreamtime by deelgeneem. Op meeste Chelsea Skou van die toere was hul kamermaats. Elbeth het Beste op Skou verwerf by die Wêreldblommeskou in Boston 2011. Die grootste avontuur was toe hul in 2006 dwarsdeur die nag gewerk het en ‗n Silver Gilt verwerf het by die Chelsea Blommeskou in London. Randall Wicomb is Suid-Afrika se nommer 1 sanger van volksmusiek en tree gereeld op uitnodiging internasionaal op. Hy gaan van sy nuutste liefdesliedjies bekendstel. Die ACVV bied ‗n noenontbyt aan op Vrydag 27 Julie om 09:30 in die NG Kerk-saal, Piketberg. Vir verdere navrae kontak Elsabé Liebenberg 0845818560 of ACVV kantoor 022-9131525.

4U VERVOER

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646 PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

6 ton en 8 ton platbak vragmotors

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) Tuisgebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

Stapdag by Scheppie Saus

Rus ‘n Bietjieklub jolyt

Hiermee bedank Scheppie Saus graag die volgende persone en instansies vir hul bydrae met die Stap vir CANSA soos gehou op 24 Maart 2012 te Moutonshoek. Julle bydrae word opreg waardeer en is noodsaaklik vir die groei van die CANSA organisasie: Mega Save, Boland Superspar, VLV Redelinghuys, Piketberg Apteek, Piketberg Drukkery, Liebco, Kaap Agri, Laffie‘s Grill, Pierie Smit, Smit Janse van Rensburg, Herman Coetzee, Johannes Coetzee, Fourie Lötz, Hougaards van Eendekuil en Dup Meubels. ‘n Groot dankie aan almal wat deelgeneem het aan die stap. Hoop om julle almal volgende jaar weer daar te sien.

Lede van die Rus „n Bietjieklub wat op Swartriet uitgespan het is van voor na agter Christine Langeveldt, Marieta Nel, Lenie Olivier, Hilda Minnie, Elsabe Smith, Marie Nienaber, Dina Paxton en Noline Visser. Foto: Suzette Fouché

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Foto’s: Kenneth Smit

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours


9

Mariske se wenners

Tuesday

Mariske Visser, oud-PHS'er en regs op die foto, het verlede jaar begin met 'n kursus in Natuurbewaring deur UNISA. Haar kursus vereis dat sy een week intensiewe prakties doen by Magaliesburg. In 'n poging om fondse bymekaar te maak vir die prakties het Mariske en haar ouers, Joop en Glynis, drie artikels uitgeloot. Die wenners is vandeesweek getrek. Links staan Carol Beech met die Bonsai boompie geskenk deur Joop Visser se Little Village Kwekery. In die middel is Mary Watson met die tafeldoek, gemaak deur Ernest Ratcliff en regs is Mariske met die skilderye gemaak deur Hindy Belstead. Die wenner van die skilderye, Freda Hanauer, kon die die fotosessie bywoon nie. Mariske bedank elkeen wat haar finansieël ondersteun het en 'n positiewe gesindheid geopenbaar het. Die kursus was elke sent werd.

Foto: Marietha Goosen

Salon Belinda * * * * *

Permanent Make-up & Eye lash extensions and touch-up Beauty treatments Stockist of Environ B Pretti clothing range 3 (young and old & big and small) A range of accessories ! ! Langstraat 101, Piketberg Belinda: 083 412 3070 022 913 2333 E-mail: denel@wcaccess.co.za

U eiendomsagentskap vir toegewyde persoonlike diens

As u, u huis, woonstel, dorpshuis of besigheid wil verkoop, skakel ons asseblief vir deskundige diens. Ons is een van die leidende rolspelers in die landbou eiendomsmark in die Boland en as u, u plaas wil verkoop of ʼn plaas wil koop, sal ons u graag behulpsaam wees. As u enige eiendom wil koop, ons het ʼn groot hoeveelheid eiendomme van alle tipes op ons boeke. Besoek asseblief ons kantoor in Hoofstraat 62, (Net langs Drs. Smit & Morrison) of Skakel Thys Basson by: 022 913 3231 opsie 2 of Sel: 083 448 1802 E-pos: thys@proterra.co.za Besoek ons webblad: www.proterra.co.za


10

Jeugprogram op Piket-Bo-Berg Inwoners en veral die jeug van verskeie plase op PiketBo-Berg is baie opgewonde oor die suksesvolle jeugprogram wat die afgelope skoolvakansie op die berg geloods is. Daar word reeds volstoom beplan aan 'n program vir die Junie/Julie skoolvakansie. Die hoofdoel met die loodsprogram wat deur die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging aangebied is, was om jong groepleiers te identifiseer en hulle te bemagtig met kennis en ondersteuning om sodoende dit met die gemeenskap te kan deel. Die plase Achtervlei en Heldervue het lokale beskikbaar gestel waar die lesings aangebied is. Aktiwiteite wat veral die brein en liggaam ontwikkel is aangebied en mense uit die omgewing het vrywillig hulp verleen met die ondersteuning en aanbieding van die programme. Uit die terugvoer het van die kursusgangers genoem dat hulle veral meer geleer het oor die belangrikheid van voorbereiding, stiptelikheid, kommunikasie en verantwoordelikheid. Opvoedkundige aktiwiteite is deurentyd aangebied en 'n skyfievertoning oor die voëllewe op die berg het groot opwinding by die jeug veroorsaak. Die Voorberg Gevangenisdiens se orkes tree Sondag 13 Mei 2012 om 14:30 by Heldervue se gemeenskapsaal op in 'n poging om fondse in te samel vir die volgende program wat in die skoolvakansie aangebied sal word. Mense wat belangstel om kaartjies vir hierdie uitvoering te koop, kan Magrieta skakel by 071 545 7348 of Ant Let Schaffers 022 914 5852. Vir meer inligting oor hierdie program skakel Nomsa Rall by 022 914 5822 of 083 285 7295 of epos: piketboberg@gmail.com.

Nutsman  Enige herstelwerk in en om die huis  Hang van deure  Inbou van vensters en deure  Sweiswerk  Installering van kragproppe, ligte en geysers  Verfwerk  Loodgieterwerk Sakkie Koegelenberg 078 276 2065


11


12

Moedersdag

Fokus op…

Wat is ‘n Ma? (Deur die oë van ‗n kind) Maas is baja mooi. Hille kleer hille gesigte in. Maas lees vir mens stories. Maas kan goet sien, as jy klaar gebat het sien hille dis nog vyl agter jou ore. As jy stout is sien hulle deer ‗n mier en vra wat jy alweer doen. Hill maak groente vir kos en ons kry lekker poeding as ons allis opeet. Maas moet baje slim wees, want ons jivrouens gee vir ons hyswerk dan doen ons maas dit. Maas vat kinners skool toe en soen hille voor anner kinners en tannies. Maas is altyd laat en se kinners moet gou maak. As jy siek is, pas Maas jou op. Maas het baje gelt vir tamatiesous, pienatbater, seep en tannepasta, koffie en pap, maar net biekie gelt vir swiets. Maas se altyt hille is vet as hille ou klere aantrek, niewe klere pas net reg en dan is hile maar. Maas is baja virsigtig. Hille se altyt pasop vir karre en slyt al die dere. Hille is bang vir krieke en jaag die honde van die bet af. Maas is baje vliks. Hille praat lank op die foon, lees boek en kyk Dys of de Laaivs op tiewie en dan maak hille vinnig kos voorlat Paas kom. Maas gaan eendag hemil toe want hille bit baje en ken alis van Liewe Hiesis. Ek is baje lief vir Maas.

Jana verras Ma Jansie Toe die 8-jarige Jana besef haar ma se verjaarsdag kom nader, het sy in die geheim planne beraam om hierdie dag vir haar ma baie spesiaal te maak. Sy het met 'n maatjie 'n afspraak gemaak na ballet oefening, eintlik om by dié se mamma uit te kom om koppe bymekaar te sit. Jana se plan was eintlik in plek - sy het net iemand gesoek om 'n paar oproepe te maak en vir haar by Salamanders (Kochelmanders) te besorg sodat sy die nodige reëlings met Adene Koch kon bespreek. Jana se plan het 'n geheim gebly totdat sy en haar ma vir die tee afspraak gegaan het en die vriendinne hulle daar ingewag het. Terwyl die mammas heerlik gekuier het, het Jana en haar maatjies vrolik baljaar.

Onthou Moedersdag—Sondag 13 Mei

WATKINS

&

Agente benodig. Verdien ekstra inkomste & baie goeie Kommissie!! Bespreek ook NOU jou Tupperware party en ontvang ‗n fantastiese GRATIS geskenkpak. Watkins Moedersdag Bekendstelling op 2 Mei 2012 te De Berge Gastehuis om 19h30 vir 20h00. Bespreek jou plek nou – heeltemal gratis & heerlike GRATIS geskenke & eetgoed!! Skakel Yolanda – 081 4626 199 E-mail yolanda_strumpher@yahoo.com

Jansie met Jana en Jandré verskyn voor in die middel met Ilse Bruwer en haar twee, Lize en Annette en „n maatjie, Leandri Kotze links en regs op die foto Belinda Dippenaar met Petra en Alna. Agter is Susan Potgieter met Michelle, Rita Bruwer met Jana en Adene Koch van "Salamanders".

Moedersdag 13 Mei Piket-Bo-Berg Teetuin Kom geniet 'n verskeidenheid van skons, koeke en terte. Ook Kroketten, skyfies en slaai. 022-914 5626 071 875 2532 Elke dag 10vm-5nm (Dinsdae gesluit)

Fokusblad Volgende maand fokus ons op “Vadersdag”. Indien u ietsie spesiaals vir vaders aanbied, adverteer dit in die volgende Piketberger. Skakel gerus vir Margaret Smit 022-913 1777 om jou advertensie te plaas.


13

Piketberg Apteek Tel: 022 913 1600

Koop R300 se produkte en kom kry jou gratis geskenk

Moedersdag

Mooi geskenk pakke Vanaf R99

Neem asb kennis dat ons verskuif het na ‘n ander perseel. Langstraat Piketberg, oorkant Kaap Agri, langs Piketberg Motors 

Motor & Canopy glas

Alle bou glas Spieëls Verhuring van Matwassers

Alle tipe Blindings


14

Drie pare beloof ewige trou

Drico Grebe en Charvé Hatting het Alicia de Kock en Hendrik Hanekom is Ben Swart en Christa Mouton is op op 6 April 2012 ewige trou beloof te op 31 Maart getroud te Napier en die 31 Maart op Eendekuil getroud. Die Utopia Heroldsbaai. (Drico is „n onthaal was by Black Oystercatcher. onthaal was op die Mouton familievoormalige Piketberger). plaas. Foto: Maré Rootman Foto: PC Benade Foto: Fonaby Elim

Johan Joubert sê dankie Om meer as 16 jaar deel van Piketberg-gemeenskap te wees, was „n lewenservaring wat ons as gesin gevorm het. Noudat ek verhuis na Hartenbos besef ek eers watter groot rol ons gemeenskap in my lewe gespeel het. My kinders het almal hul skoolloopbaan te Piketberg Hoërskool voltooi; Suzette het hier skoolgehou en ons was deel van Johan Joubert op sy 60ste die dogterskoshuis sedert Verjaardagviering. 2005. Die NG Kerk was vir ons „n plek waar ons weekFoto: Rudolf Joubert liks Jesus beleef het. Maandagaande se Bybelstudie saam met die manne aan huis van ds Johan Smit het my elke week laat besef hoe lief God my het. Dankie aan almal wat ons as gesin bygestaan het tydens Suzette se siekte. Dis onmoontlik om met woorde hiervoor dankie te sê. Tydens hierdie tyd het ek agtergekom wat naasteliefde werklik beteken. Die sê-ding “swak Piketberg” is beslis nie waar nie.My betrokkenheid by al die skole in die omgewing het daartoe bygedra dat ek die totale gemeenskap kon beleef. En was dit nie „n wonderlike belewing nie. Dankie dat ek by almal kon leer. Dankie dat daar te alle tye we-dersydse respek was. Abraham Lincoln het gesê: “ Ek sien graag dat „n man

trots is op die plek waar hy woon. Ek sien graag dat „n man so lewe dat die plek waar hy woon, trots op hom sal wees.” Ek is trots op ons omgewing en sy mense. Ek gaan die Berg en die mense van die Bergrivier en omgewing mis. Piketberg sê tot siens, maar nie vaarwel –Red.

Die bekende blou Datsun bakkie met sy nommerplaat wat Laerskool Dirkie Uys geskenk het. Foto: Pierre Steenkamp

Dankie aan Paul Truter Hiermee bedank die Redaksie vir Paul Truter vir al die jare wat hy behulpsaam was met die verspreiding van Die Piketberger.


15

Major Scrap So moét ons herwin Alle droë goed bv. glasbottels enige papier, tydskrifte, boeke, koerante, kantoor papier, karton, skoolboeke, blikke, shampoo bottels, spray bottels, plastiek, enige stukkende tuinstoele, wasgoedmandjies, speelgoed, binnekante van yskaste, wasmasjiene, winkelsakke en hope meer. Gooi net skille, afvalkos, melk BOKSIES en sanitêre toiletgoed in die swart sakke. Skakel ons asseblief indien enige navrae Michael Smuts Tel: 022 913 1538 Sel: 083 603 0007

Hou ons dorp skoon ! ! Paul Terblanche 073 611 2345

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE

Persoonlike afrigter (ETA-Diploma) MMA-fighter (EFC Africa) Voormalige Liggaamsbouer (Cape Classic Champion & Bronsmedalje op All African Games)

WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za

Thai Boxing-Fiksheidsklasse Vir mans en vrouens Persoonlike afrigting R150 per uur (max 2 mense per sessie) Klasse in Gymtech, Piketberg (Ek werk ook Programme & Diëte uit)


16

Die lewende lyk -magdaleen van zyl(‘n fiktiewe storie) Dit gebeur maar weinig dat ‗n lyk die hoofkarakter in ‗n storie is, maar dit is nou so. Die storie het regtig gebeur, maar feite is mos vreemder as fiksie. Louis Fourie het die storie oorleef om dit self aan my te vertel: ‗n Hele paar jaar gelede, was ek aan die speurtak by Gobabis verbonde. Die van julle wat die platteland ken, weet dat jy mos maar soms ‗n jack-of-all-trades moet wees, want als lê mos ‗n dagreis ver. Ek was sersant by die speurtak en gemoeid met distriksake. Dit was maar ‗n alleen-werk, want my kollega was gewoonlik aan die anderkant van die uitgestrekte wêreld en ek aan die duskant, omdat die werk baie en die mannekrag min en die stuk aarde groot was. So is ek alleen in die distrik uit om ‗n moord te ondersoek. Die plaas lê ver en daar aangekom probeer ek maar die dinge so vinnig moontlik afhandel, want die huis lê weer ver terug en dis dan al amper aand. Dis nou te ver en ook heeltemal onnodig, om ‗n lykswa of iets te laat kom - ek is dan nou hier. So word die lyk - ek het hom self deeglik ondersoek en hy was wel dood—in ‗n kombers toegedraai en agterop my bakkie gelaai. Ek sal weer moet kom om die saak te ondersoek, want die moordenaar het net verdwyn in die uitgestrektheid van Namibië, maar gedagte aan my kollega wat alleen die fort hou, besluit ek om die gasvryheid van die boer te bedank en maar met my vrag die lang pad te vat. Soos ek gesê het, Jack-of-all-trades. So om as speurder ook die ‗lykswa‘ te ry was maar algemeen. So groet ek hulle en vat die pad. Dit was nou al heeltemal donker en ek was sommer vies vir mense wat so ontydig dood. Die pad was besaai met hekke en ek kon hulle mos nie laat ooplê het nie, so die hele ritueel van stop-uitklimhek oopmaak-inklim-ry-stop-uitklim-hek toemaak-inklim-ry begin nou weer van vooraf. Ek was nog nooit bang nie en is ook nou nie bang nie. ‗n Lyk is ‗n lyk en ons moet mos maar almal die pad loop. Ek stop by die eerste hek en wil net uitklim toe IEMAND verby my draf na die hek toe! Ek weet dis net ek en die lyk en daai lyk is al yskoud. Ek gooi ‗n u-draai in daai verlate Namib-pad dat die stof seker ‗n week gevat het om te gaan lê en maak vir die plaashuis. Halfpad deur die boervrou se fyntuin ruk ek sommer die bakkie dood en hol vir die deur. Na my derde skoon brandewyn en nadat die boer by die deur met iemand gepraat het, het ek die feite deur ‗n skoknewel aangehoor: Toe ek wegtrek, het een van die boer se werkers agterop gespring, maar in die donker het ek hom nie gesien nie en hy‘t niks gesê nie, maar gedink dis ‗n gratis rit dorp se kant toe. By die hek was dit natuurlik toe hy wat omgedraf het om die hek oop te maak. Ek moes die nag oorbly om van die skok te herstel!

Moedersdag 13 Mei

Planke toe tyd met Dierejolyt PHS se grondslagfase skop die tweede kwartaal af met hard oefen aan hul produksie, Dierejolyt. Elke leerder deel in die vreugde van konsert hou en gee net hul beste onder leiding van hul bekwame leerkragte. Dis woorde memoriseer en danspassies aanleer. Daar is ook „n span ouers wat al hard aan die werk is aan unieke kostuums en dekor wat beloof om ons te ontvoer na die wêreld van Dr. Slurp en sy span. Hierdie produksie is „n ware spanpoging waarin die skool se “saam maak ons „n verskil” uitgeleef word. Ja, dis amper planke toe tyd vir Dr. Slurp en sy span. U moet beslis nie hierdie produksie misloop nie, want u sal definitief spyt wees. Kaartjies sal beskikbaar wees vanaf 2 Mei 2012 by Piketberg Apteek teen R50 vir volwassenes en R20 vir kinders. Bespreek vroegtydig u sitplek om teleurstelling te voorkom.

Middeljarige blanke egpaar op soek na bekostigbare 1 of 2 slpkamer woonstel of huis te huur in Piketberg Skakel 073 230 1293 / 073 989 8381

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1 x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


17

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop): Daar is altyd maande wat stiller is. Dit is die geval in enige besigheid. Dis tog net regverdig dat jy stiller maande sal beleef nadat jy met bedrywige maande geseën was. Februarie en Maart het minder voete na Cornberg Cottages & Café gelok en daar was hopeloos te veel geleentheid om die sakrekenaar nader te trek en onophoudelik sommetjies uit bekommernis te maak. April het die viering van ons Here ingelei en die seën het nie ons restaurant verbygeloop nie. Hoe nederig van ons God om in die maand waarin Hy vereer word, ook ons restaurant en ons bekommernisse op te hef. Cornberg Café het in April sy vere reggeskud om Moorreesburg se Wine Sippers Club vir ‗n wynproe en aandete te ontvang. Dit was ook ons heel eerste geleentheid om die publiek se palet vir die Faraway Fields wyne te toets. Minder as ‗n week na die wynproe het die Cape Jaguar Club hul pad na ons restaurant in Koringberg gevind en sommer met hul vertrek ‗n datum vasgemaak vir ‗n volgende besoek aan Cornberg Cottages & Café. Dit was ‗n maand van baie beplanning, harde werk, nuwe kliënte en ‗n bankrekening wat wil-wil klop. So far, so good!

Maandae & Dinsdae: Gesluit (Ons kan wel groepbesprekings aanvaar indien vooraf met ons gereël is) Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00 Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00 Sondae: 08:00 – 14:00 Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 info@cornberg.co.za


18

Huis AJ Liebenberg Gholfdag Huis AJ Liebenberg het Saterdag 17 Maart 'n baie suksesvolle gholfdag gehou op De Hoek se gholfbaan. 'n Baie spesiale woord van dank aan ons Beheerraad wat borge gekry en pryse gevra het en wat ook die dag deelgeneem het. Dit lyk my daar het "nuwe gholflede" ontstaan want almal het dit terdeë geniet. Aan PPC en al die ander borge wat bygedra het, hetsy in kontant of by wyse van pryse, 'n hartlike dank en groot waardering vir julle bydrae. Die geld wat ge-in is, gaan aangewend word aan ons geboue, veral by die siekeboeg.

Hierdie vierbal het besluit om „n karretjie te gebruik.

Matrone Treurnicht Groet

Ezette Mouton, Heinrich Grundlingh en Attie van Breda neem „n ruskansie.

Gholfdag Borge word bedank Die volgende borge word bedank vir die sukses van Huis AJ Liebenberg se gholfdag: PPC De Hoek, NQF Vervoer, Eswé Visagie, Dave Ferguson, Oloff Hennig, Freddy Oosthuizen, Fine Brothers, Fox Bouers, Org de Rac, Winkelshoek, Shoprite, Liebco, E Liebenberg, E Mouton, A van Breda, L van Wyk, J Lategan, D Rossouw, Build It, R Abbott, C Edmonds, H Pistorius, H Schreiber, K Eigelaar, Langstraat Kafee, WG Treurnicht, Koeltuin Dienste, Loxton Garage, Jacques van Schalkwyk, A Engelbrecht, H Grundlingh, B de Kock, Midas, Piketberg Drukkers, Spur, Dup Meubels en P Joubert.

Die Beheerraad, inwoners en personeel neem afskeid van "Matrone" Treurnicht. Baie dankie Lilla vir 14 jaar wat ons kon saamwerk. Ons gaan jou baie mis. Lilla Treurnicht, heel voor met beheerraad.

Soek!!!!! Strooi om te baal! Skakel Michael Smuts 083 603 0007

Lilla Treurnicht, tweede van links, saam met van die senior personeel van Huis AJ Liebenberg.


19

Leefstyl Vergadering Die Weskus Sirkel het ‗n leefstyl vergadering gehou op 14 Maart. Belinda de Kock, skoonheidsdeskundige van Piketberg en Ena Beukes, skoonheidsdeskundige van Salon Elkana, Vredendal het hul passie met die lede gedeel. Vir hul is vrou wees en skoonheid sinoniem. Vrou wees vir Ena Beukes beteken die volgende: V – veelsydigheid R – reg om te doen, te dien, te gee vir ander en ook te ontvang! O – onmisbaar U – uithouvermoë

Ena het verduidelik hoe werk permanente grimering, soos bv lipomlyner en wimpers wat bietjie langer gemaak word. Die prosedure is nie pynlik nie, maar die kliënt moet in gedagte hou dat die area waar die permanente grimering aangebring word, wel teer en rou sal wees. Belinda de Kock help die lede met die keuse van ‗n uitrusting vir verskillende geleenthede. Sy wys dat ‗n vrou met ‗n basiese stel en paar bykomstighede, elke keer anders vertoon, van informeel tot deftig. Dus is klerekasbeplanning baie belangrik. Die senior lede in die tak word bederf met ‗n heerlike pedikuur. Hul voete word gewas en masseer. Die wat nie kans gesien het vir skoene uittrek nie, se hande is bederf.

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Ilse Hanekom, vise voorsitter/leefstyl sameroeper, spreker Belinda de Kock, skoonheidsdeskundige en Elmarie Cumpsty, voorsitter.

Henk Pieters

071 583 6164 E.mail hszzbb@hotmail.com

Goedverwacht Blommemark Die kompetisie is deur die ATKV jeugtak, ATKV-Klowers gereël op Saterdag 7 April 2012, tydens die jaarlikse Paasfees blommemark te Goedverwacht.

Bo: Christian Tobias, wen die senior afdeling. Saam met hulle op die foto's is die beoordeelaar, Naomi Julius.

Keuring van produkte/items is 25-28 Mei te Tuinstraat 8, Piketberg

Links: Rhoda Davids wen junior afdeling vir beste oorspronklike rangskikking.

Kontak Jo-Anne Lubbe 082 8522 924 Iza Schreuder 084 709 0783 jo-annev@mweb.co.za

Word deel van Piketberg se gewilde Kersmark 4-8 Desember 2012


20

Court action against Tungsten Mining The Moutonshoek valley welcomes court action against Tungsten prospecting. The Verlorenvlei Coalition has welcomed the granting of an interim interdict against Bongani Minerals (Pty) Ltd and another property owner to cease prospecting activities for tungsten in the Moutonshoek Valley. The interdict, lodged by the Bergriver Local Municipality and granted in the Cape High Court on Thursday 22 March 2012, has brought welcome reprieve for concerned residents who believe that prospecting and mining activity will be to the detriment of agriculture, tourism and the environment in the region, specifically the RAMSAR protected Verlorenvlei near Elands Bay. ―There is no doubt that this prospecting right is subject to other laws, in this case the Land Use Planning Ordinance (LUPO). The Ordinance is there to ensure that no single entity can arbitrarily change the purpose for which land is used, especially if there are justified concerns about the viability of a project such as the proposed mine,‖ says Malie Grütter, spokesperson for the Verlorenvlei Coalition. Grütter concludes: ―What is at stake here is the job security of an entire community, a healthy agricultural economy and water resources, to name a few things. None of these factors can be overlooked in favour of a venture that might profit only a handful of individuals. We are grateful that the Bergriver local authority has not wavered in their adherence to the province‘s laws.‖ The respondents, Bongani Minerals and the owners of Kromvlei farm, have until 13 April 2012 to file answering papers and the matter is expected to be heard on May 23rd.

Wes-Boland Netbal Hierdie Netbalspelers is gekies om vir Wes-Boland Netbal deel te neem aan die Boland proewe.

Anke Schreuder, Janét Stander, Thana Stephan, Elske Pieters en Hanneke Pieters. Foto: Marietha Goosen

Moedersdag 13 Mei

Briewe van ons lesers...vervolg van p2 Elmirique Smit skryf . . . Hallo almal. Ek kan nie glo dis al weer tyd vir die nuwe Piketberger artikel nie. Ek het nou 'n heerlike paasnaweek van rondrits meegemaak. Ek en 'n vriendin het elkeen 'n treinkaartabonnement wat jy €40 per maand betaal, dan kan jy elke naweek gratis reis in Holland en onbeperk. Hierdie paasnaweek het ons baie gebruik gemaak daarvan. Saterdag was ons Deventer toe, dis 'n klein, maar mooi dorpie. Ons was Elmirique en haar gelukkig om die Saterdagvriendin, ook „n Suidmark te kon ervaar en al die Afrikaner, in Steenwijk. Hollandse produkte te bekyk. Ons het ook die Speelgoedmuseum besoek en dit was nogals inderdaad iets uit 'n ander wêreld. Dit het sommer al die memories van kindwees teruggebring. Sondag het ons die trein gevat na Giethoorn oftewel Hollandse Venetie. Dit was 'n 2 en ‘n half uur se reis met die trein, maar ook die moeite werd. Ek is seker min van julle het al gehoor van die dorpie. Die dorpie is alleen bereikbaar met 'n bus vanaf Steenwijk, dis die naaste dorp met 'n treinstasie. Giethoorn het net 'n hoofweg waardeur karre kan ry en waar die bushalte is om in Giethoord af te klim. Van daar af moet jy die hele dorpie per boot, fiets of voet beleef. Ons het so al langs die een kanaal geloop waar mens 'n bootjie kan huur of 'n boottoer kan onderneem en het 'n bekostigbare ene gevind. Ons het sommer heel voor gesit sodat ons die beste foto's kon neem. Ons het 'n hele toer deur die kanale van Giethoorn geneem en baie foto's geneem (gaan loer op my facebook). Die dorpie is die Hollandse weergawe van Venesië. So pragtig en so rustig, maar om 'n huis te koop kos 'n plaas se prys daar. Ons het baie laat die aand eers teruggekeer huis toe, want dit was 'n lang treinrit en moes op verskeie ander treinstasies oorklim op 'n ander trein wat na die volgende bestemming nader aan joune gaan. Dit was inderdaad die beste paasnaweek ooit. Ons het Maandag weer bietjie reën gekry en die blommetjies is steeds aan die blom hier in Holland. Ons gaan eers einde April Keukenhof besoek wanneer die Bloemen Corso ook begin. Dit is blykbaar 'n moet sien belewenis. Ongelukkig was die weer nie te goed die afgelope naweek om 'n pragtige besoek aan Keukenhof te bring nie. So ja, ons is amper in die middel van April en my tyd hier in Holland raak ongelukkig minder en nie meer (soos ek nog hoop dit sou gebeur nie). Tot die volgende uitgawe en sien uit om van julle te hoor! Groete uit Holland.

Note vir Nigerië Kix oor die hele Wes-Kaap het 'n projek met die naam Note vir Nigerië. Op Dinsdag 17 April 2012 was dit presies 101 jaar sedert Sendingwerk in Nigerië begin is.


21

Young Communicators

Drama Queens Vyf Hoërskool drama leerlinge van Hoërskool Piketberg het 21 Maart aan Stad Kaapstad Toneelkompetisie vir hoërskoolleerlinge, deelgeneem. Salomi Hamman, Janeske Rademan, Juné van der Westhuizen, Anri van Niekerk en Lezaan van Niekerk het hul baie goed van hul taak gekwyt en goeie kommentaar by die beoordelaars gekry. Uit skole sover as Pretoria en Port Elisabeth, is slegs 60 leerlinge gekies om aan die volgende rondte by die Kunstekaap deel te neem. Juné van der Westhuizen is as een van die 60 leerlinge aangewys. Sy sal vanaf 17 Mei aan die volgende rondtes deelneem. Die finaal word gehou op 19 Mei in die Kunstekaap.

Sumarie Matthews, links, en Beuton Nero, regs, het deurgedring na die Kringuitdunne vir die Young Communicators Awards op 18 April. Hulle het op 16 April deelgeneem teen Dirkie Uys op Moorreesburg, Porterville en Steynville Sekondêr. In die middel is hulle afrigter, Hilda Millard. Foto: Marietha Goosen

VLV word 80! Alle dames welkom Datum: 23 Mei 2012 Plek: De Berge Gastehuis Tyd: 10:00 Spreker: Marlene le Roux R80 per persoon (sluit ligte ete in) Beperkte aantal kaartjies beskikbaar

Kontak Marthie du Toit 082 257 9176

Die Drama Queens is Salomi Hamman, Lezaan van Niekerk, Juné van der Westhuizen, Anri van Niekerk en Janeske Rademan. Foto: Marietha Goosen


22

PHS se 0/19A’s blink uit Remax-Renault Rugbydag Saterdag 14 April 2012 het PHS se o.19A-rugbyspan deelgeneem aan die Remax-Renault rugbydag gehou te Hoërskool Jan van Riebeeck. In hierdie toernooi wen die span wat uiteindelik die meeste drieë aanteken. Hulle speel gelykop 5 elk teen Hottentots Holland; teen Jan van Riebeeck is geen punte aangeteken deur beide spanne nie en in die laaste wedstryd teen Somerset College wen PHS 40-5. PHS se 0/19's stap met die louere weg as wenners van die toernooi. Roman Zaal verower twee medaljes as beste agRoman Zaal terspeler en vir meeste Foto: Elsabé Kankowski drieë gedruk. Hy wen ook die trofee vir speler van die toernooi. DJ Koelenberg ontvang die medalje vir die mooiste drie tydens die toernooi.

Tony Stoops Toernooi Gedurende die pas afgelope skoolvakansie het PHS se 0/19A-rugbyspan deelgeneem aan die Copytype Tony Stoops Toernooi gehou te Hoërskool President in die Kaap. In hul eerste wedstryd wen hulle vir Hoërskool Westering van Port Elisabeth 58-15. Dag twee van die toernooi wen hulle vir Hoërskool Despatch 28-26 en hul speel gelykop 19-19 elk in hulle laaste wedstryd teen Hoërskool Oudtshoorn. Pragspel is gelewer in al drie wedstryde. Tydens die toernooi het Werner Lourens en Beuton Nero elkeen in verskillende wedstryde die titel "Man of the Match" verower.

„n Trotse span na afloop van die Tony Stoopstoernooi saam met Chris van der Merwe, Jaco Barnard en Marius Scholtz. Foto: Elna Schreiber

Ricus spog met drie silwers

Wenners van die Toernooi—die 0/19A-rugbyspan met hul afrigter, Chris van der Merwe. Foto: Helene Edmonds

Hendrik en Merina vier 55ste Hendrik en Merina Brand van Voortrekkerstraat, Piketberg was op 23 Maart 2012 55 jaar getroud. Hendrik was die gesondheids-inspekteur by die plaaslike munisipaliteit en Merina het eers by Anderson, Nel & Kie Prokureurs gewerk en later ook vir die plaaslike munisipaliteit in die tesourie afdeling. Hulle kinders, Diedericht en sy vrou, Christelle, Erasmus en sy vrou Melaine en die kleinkinders wil vir hul pa en ma (oupa en ouma) geluk sê met hul 55-jarige huweliksherdenking. Hulle glo en vertrou daar sal nog baie huweliksherdenkings wees om saam te vier. Hulle was en is ‗n voorbeeld vir hul kinders en kleinkinders en sal altyd ‗n voorbeeld wees. Baie geluk—Red.

Ricus Coetzee het einde Maart in Durban aan die Nedbank Nasionale Kampioenskappe vir Fisies Gestremdes deelgeneem. Ricus het uitstekend presteer en 3 silwer medaljes verower vir die 100m, 200, en 400m. Die atlete het tuisgegaan in die Docklands Ricus Coetzee Hotel en ook 'n Foto: Adrie Pretorius besoek gebring aan Ushak a World. Dit was Ricus se tweede agtereenvolgende jaar dat hy deelneem. Verdere wonderlike nuus is dat Ricus reeds 'n borg gekry het vir volgende jaar van Johan Venter, eienaar van Bulberg Boerdery by Reddersburg in die Vrystaat.

Moenie vergeet om te herwin Gebruik die deurskynende plastieksakke.


23

Staan ‘n kans om een van 50 VW POLO VIVOS te

wen! Koop enige van die volgende verskaffers se produkte om te kwalifiseer: Nestlè, Tiger Brands, Bokomo Foods, Unilever, Coco-Cola, Entyce, Snackworks, Proctor & Gamble, Colgate en Cadbury. Jy kan soveel maal inskryf as wat jy wil. Skryf jou naam, van, adres, telefoonnommer en selfoonnommer agter op jou inkopie-strokie en gooi in die inskrywingsbus voor in die winkel. Kompetisie strek vanaf 24 April 2012 tot en met 12:00 op 3 Junie

NG Kerk Koringberg reik uit.

Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) die trollie propvol troeteldier-kos wat deur die gemeenskap geskenk is aan Beryl-Ann du Plessis (Sekretaresse van PAW) en Nicola Kellerman (Veldwerker van PAW). PAW is onlangs gestig en probeer in samewerking met Darling DBV en Bergrivier Munisipaliteit Piketberg se dieremishandeling beveg.

Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) „n koopbewys van R500 aan Johan Mostert vir die NG Kerk se jaarlikse fondsinsameling om verskeie liefdadigheids-projekte wat deur hul kerk geloods is, te befonds.

Santie van der Berg oorhandig Boland Superspar se bydrae tot die pryse van hul Gholfdag.


24

Op Woensdag, 11 April by De Berge Gastehuis het Boland Superspar opleiding aangebied aan hul personeel sodat hul as winkel hul kliënte beter diens kan verseker! Spanbou speletjies is gespeel en die personeel is weer opnuut gemotiveer om hul beste te gee vir Boland Superspar-kliënte.

Hou hul net dop! Patricia Engelbrecht is vereer vir haar uitstekende kliëntediens uitgewys deur „n Boland Superspar kliënt.

Skryf asseblief vir ons indien u enige voorstelle, klagtes, komplimente, ens. op u hart het. Kontak: Tertia Roux E-pos: pro@bolandsuperspar.co.za Tel: 022 913 1163

Sallly Otto het onlangs haar sertifikaat ontvang in Slaghuis Bestuur. Hier ontvang sy en Dean Jankielsohn (Eienaar) dit met trots by Aubrey Martin (Slaghuis Spesialis).

Die Nestlè Spar Sunday League, is „n westelike-provinsiale kompetisie. Boland Superspar het ook deelgeneem en die volgende 5 spanne het hul verteenwoordig: Dup Meubels, Liebco, Palletjies, Teekays en die Goedverwacht Warriors. Teekays was die algehele wenners uit die 5 Spanne en het deurgedring na die algehele provinsiale semi-finaal. Boland Superspar en Dup Meubels het ook deelgeneem aan die Nestlè Spar Potjiekoskompetisie as die “1787 Cricket Kitchen”. Tertia Roux (Boland Superspar) en Jacques du Plessis (Dup Meubels) het met hul uitstekende spanwerk en potjiekos “skills” gesorg vir „n welverdiende derde plek. Hulle het nie geweet wat hulle gaan voorberei nie en kon geen voorbereidings doen. Op die dag is „n lot getrek en hul bestanddele en die naam van die pot is op die plek vir hul gegee. Opwindend!

Tussen berge, bome en waterstrome op die plaas, Scheppie Sous het die gemeenskap gestap ten bate van Kansa. Na die stap is die stappers en kie ontvang met „n warm en ontspanne atmosfeer wat insluit, spitbraai en slaaie, brood, vet en kaiings… Plaaslike kunstenaars wat sing en die jongklomp het later ook baljaar in die bergpoele. Boland Superspar het die bestanddele vir die slaai geskenk en Tertia Roux het namens die winkel ook saamgestap.

MEI PIKETBERGER WEB .pub.b  

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com Randall Wicomb na Piketberg vir ACVV...p7 Johan Joubert sê dankie en groet...p14 Drie pare...

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you