Issuu on Google+

1

Jaargang 19 Nr. 5

www.piketberg.com

Junie 2012

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Eerstes leer by Protea

Die eerste Netbalspan, saam met al PHS se Netbalspanne, het in Mei maand intensiewe afrigting ontvang van Elize Kotzé, middel agter op foto. Elize is die afrigter van die Protea Netbalspan. Vir die wat nie besef hoe fantasties dit is nie - dis Suid-Afrika se "Springbok" Netbalspan. Foto: Marietha Goosen

Die eerste Netbalspan, saam met al PHS se Netbalspanne, het in Meimaand intensiewe afrigting ontvang van Elize Kotzé, middel agter op foto. Elize is die afrigter van die Protea Netbalspan. Vir dié wat nie besef hoe fantasties dit is nie - dis SuidAfrika se "Springbok" Netbalspan. Die eerste span, saam met Elize Kotzé op die foto, is kloksgewys van agter Carike Wiggins, Jani Truter, Madelé Coetzee, Carla Smit, Janeske Rademan, Shermone Dwyers en Angelique Booys. Die span is vanjaar goed op dreef onder afrigterskap van Iza Schreuder. Daar wag ‟n interessante Interskole stryd tussen die Zebras en die Bulle op 18 Augustus op Piketberg se Baan 1. Foto: Marietha Goosen

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Natie 99 jaar oud...p3 Drie troupare...p6 PHS Juffrouens vang graad...p7 Krisante Koning...p8 Frikkie 1 van top 10...p10 Roodepoort na Kaapstad in 10 dae...p17 Zebras vs Charlies...p18 Talitha in Weskus A...p18 Eisteddfod uitslae...p19 Classic Clashes...p21 P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

 022 913 1939  022 913 2404


2

Redaksioneel Wat kom op die Voorblad? (Elke publikasie se uitdaging) So halfpad deur die maand, oppad na die volgende uitgawe van Die Piketberger, begin daar ‗n stemmetjie vra: Het jy al ‗n voorblad? Party maande is dit maklik, ander maande meer van ‗n uitdaging. Op ‗n kursus ‗n paar jaar gelede, aangebied deur Media 24, is dit op ons harte gedruk om die oog te vang met jou voorblad. Ons is daarop gewys dat dié deel van Die Burger wat sigbaar is, as dit gevou in die rak lê, bepaal of dit gekoop word. Daaraan het ek weer gedink toe 7deLaan se koffiedrinkers nou die aand die “Oggendblad” lees en die hele voorblad is ‗n geskrewe stuk, heeltemal te onaptytlik vir my! My mentor, Pierre Steenkamp, glo nog deur al die jare, ‗n mooi meisie of vrou op die voorblad is die wenresep! (Ek dink die manne maak ook mooi prentjies.) Soms maak jy planne vir ‘n foto, dan lyk die foto net nie reg nie of die rekenaar se verkleining of vergroting speel nie saam nie, dan moet jy nuwe planne maak. Vandeesmaand se voorblad het net gebeur… geensins beplan, binne 3 sekondes, toevallig op die toneel, het hierdie meisies hulle kunstig gedrapeer, sonder dat een van ons besef - dis ‗n goed genoeg storie en ‗n mooi genoeg foto. Tydens Kinderpinkster die week gaan ons op ‗n Skattejag deur ons Bybels, om al die juweeltjies daarin te ontdek. Elkeen kry ‗n voorblad, versier met edelstene, vir sy/haar Bybel se voorblad: My Bybel is „n Skatkis. Mag jy, liewe leser, dieselfde ontdekking maak oor jou Bybel!

Marietha Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie

(diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Margaret Smit 022-913 1777 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Briewe van ons lesers... Elmerique Smit skryf… Hallo aan die Piketbergers. Alweer tyd vir 'n nuwe artikel propvol nuus uit Holland. Ek het 'n wonderlike paar naweke agter die rug met nuwe hoogtepunte. Ek en twee vriendinne het die laaste Sondag van April Keukenhof besoek en dit was asemrowend mooi verby. Mens kan jou net verkyk aan al die blomme, so mooi dat mens bang is jy mis 'n blom. Dit was so rustig en die weer was pragtig. Ons het ook op die terasse lekker piekniek gehou en Keukenhof van hoek tot kant geloop. Julle kan die foto's op Facebook gaan kyk. 30 April was Koninginnedag, die verjaarsdagviering van die Koningin van Nederland. Ek en 'n vriendin was in Amsterdam vir die dag, die grootste feesviering vind in Amsterdam plaas. Net op hierdie dag mag jy items vanuit jou huis verkoop (alle onbruikbare items) en daar was baie stalletjies en orals was mense in 'n feestelike bui, in die kanale het bote rondgevaar met klomp mense wat dans en musiek maak. Ons het die hele Amsterdam platgeloopen die middag by Vondelpark middagete geniet. Op Facebook is ook foto's van die feestelike dag. My tyd word ook al minder hier in Nederland, iets waaraan ek baie min dink en so ook my gas-familie. Ek het ook 'n hele paar rondreisplanne vir die volgende paar naweke, sal weer met julle die stories deel. Groete uit Holland. Die Redaksie skryf… Baie geluk aan een van ons lesers, Natie Rossouw, met haar 99ste verjaarsdag. (Verjaarsdagvieringe op p3). Wens ons kon ninety nine red balloons opblaas… Die Piketberger is bevoorreg om die gesoute skrywer, Willem Theron, se Blou WilleMaandag op ‘n Dinsdag rubriek in Die Burger van 15 Mei te leen vir hierdie uitgawe. Kyk op p5. Dit was nie die eerste keer dat hy oor sy tante Natie skryf nie. Baie dankie daarvoor, Willem.

Die volgende Piketberger verskyn op 21 Junie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 Junie 2012 om 17:00 DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTER SCHEEPERS.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276


3

Natie Rossouw 99 jaar oud

.

Op Moedersdag vanjaar het Natie Rossouw haar 99ste verjaarsdag gevier saam met haar seuns, haar skoondogters, haar kleinkinders en agterkleinkinders. Sy het op 14 Mei verjaar. Met Ouma Natie aan die koppenent van die lang tafel, is daar baie gelag, geskerts en ou stories oor en oor vertel. Volgens Natie is die geheim vir haar hoë en gesonde ouderdom, naas genade, harde werk en gesonde eetgewoontes.

Natie Rossouw met haar seuns. Van links is Nappie Stoman, die man wat instaan vir haar seun, Deon, wat jare gelede oorlede is, Erick Rossouw, Pierre Rossouw, Johan Rossouw, Herman Rossouw en Willem Theron, haar oorlede suster se seun. (Willem skryf as Blouwillem die rubriek Blou WilleMaandag op „n Dinsdag in Die Burger.) Foto‘s: Anna-Marié Rossouw


4

deur Jannie Lategan

The Silence of Music Toe ek die naam hoor van hierdie wêreldberoemde Musiekblyspel van Jon Kaplan en I. Kaplan, was dit nie soseer die resensie wat trefkrag het nie, maar die naam self. Hoe kontrasterend…musiek en stilte. Twee ongelooflike teenpole. Musiek kan in sy ekstreme vorm, onrustigheid skep of hartseer en verlange meebring, maar tog het bepaalde musiek genres die vermoë om stlite te skep. Dis juis die stilte binne die musiek wat ‗n salwende toon na die hart uitstuur…‘n reis na die hart en siel meebring wat kalmte en rus kan bring. Die vloei van water kan soos musiek vir die siel wees en ontsluit jou gedagtewêreld na weleer en bring nuwe hoop wat met die vloei jou bekommernisse, pyn en hartseer saam laat wegswerf. ―Die hart wat die onuitgesproke woorde hoor, is begerig om die stilte aan te gryp‖,… word in die resensie van dié Musiekblyspel gesê. Hoe kan musiek stilte bring...dit is moontlik vir die diepdenker en iemand wat rus vir sy siel soek. Dit is die kunstenaar wat met geoefende fyn kuns en talent die strykstok oor die perdestert haar van die viool met die regte aanvoeling kan laat gly en bomenslike klanke kan uitbring wat in die dorre gees opgevang kan word. ‗n Gees wat dan sy eie woorde aan hierdie simfoniese klanke kan heg. Die musiek van stilte bring genesing vir ‗n vermoeide gees…dit temper die hartvogtige persoon en buig die denke van die haatdraende. Dit is sielsvervullend. Elkeen kan heilsaamheid vind in ―The Silence of Music‖. Luister maar net na die klank van die see uit die skulp teen die oor.

Te Koop Baie mooi rekenaartrollie 022 913 1512 Looptraat 102 H

Naaldwerk Insit van ―zips‖, korter maak van broeke, knope vervang en enige ander herstelwerk wat u verlang

Kontak M. Nel by 073 166 8065 of 022 913 3438 BESOEK GERUS JANNIE LATEGAN SE WEB Gaan na www.piketberg.com Klik dan op “Businesses” Beweeg dan af na “Real Estate” Klik en JANNIE LATEGAN EMBLEEM VERSKYN Klik op Embleem en besigtig die pragtige Eiendomme wat beskikbaar is. U KAN MY SKAKEL BY 082 4538 305 (24/7)

Kekkel & Kraai Sjerriehoender 4-6 porsies hoender Sout en varsgemaalde swartpeper 10ml sojasous 100ml sjerrie of soet wyn 25ml heuning Geur hoender en pak in plat bak. Meng sojasous, sjerrie of soet wyn en heuning en skep oor hoender. Bak 40-50 minute by 180°C tot gaar, baie sag en mooi blinkbruin. Verdik pansappe met koekmeelblom en skep oor hoender. Sit voor met groente.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Nuwe Wintervoorraad en Juwele SOMERSKOENE: KOOP EEN PAAR VOLPRYS EN KRY JOU 2DE PAAR 50% af, KOOP 2 PAAR VOLPRYS EN KRY JOU 3DE PAAR GRATIS Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

Randall Wicomb, Elbeth Liebenberg en Marjolijn Malan tree op vir ACVV Piketberg Inter nas ionaal- bek ende blomkunstenaars, Elbeth Liebenberg en Marjolijn Malan, gaan Randall Wicomb se gewildste lirieke uitbeeld in blommekuns, terwyl hy optree. Elbeth en Marjolijn se blommekuns het hul alreeds geneem na Uruquay, Kanada, Engeland, Italië, Japan en Boston in Amerika. Beide het al aan vier WAFA Wêreldblommeskoue deelgeneem. Op meeste Elbeth en Marjolijn by hul van die toere was hul ontwerp - Dreamtime by kamermaats. Elbeth het Chelsea Skou Beste op Skou verwerf by die Wêreldblommeskou in Boston 2011. Die grootste avontuur was toe hul in 2006 dwarsdeur die nag gewerk het en ‗n SILVER GILT verwerf het by die Chelsea Blommeskou in London. Randall Wicomb is RSA se nommer 1 sanger van volksmusiek en tree gereeld op uitnodiging internasionaal op. Hy gaan van sy nuutste liefdesliedjies bekendstel. Die ACVV bied ‗n noenontbyt aan op Donderdag 2 Augustus om 09:30 in die De Hoek Ontspanningsaal teen R100.00 per persoon. Vir verdere navrae: Elsabé Liebenberg 084 58185 60 of ACVV kantoor 022-913 1525.

Skool vakansie 22 Junie - 16 Julie Die blad is geborg deur Winkelshoek Nuus van Piketberg Lionsklub: Ons nuwe projek in 2012: Peninsula School F eeding Scheme: in 4 skole in Piketberg en omgewing verskaf ons ontbyt vir kinders (minderbevoorreg) voordat die skoolklok lui. Die ‗motto‘ van hierdie skema is ―You cannot teach a hungry child‖. Piketberg Lionsklub betaal die koste vir die hele skooljaar. Ons dien met plesier veral as daar kinders betrokke is. Die Lionsklub kan nie hierdie koste dek sonder om geld te maak. Ons nuwe fondsinsameling projek is ons Boot sale. Die volgende Boot sale is voor die Piketberg Apteek op Saterdag 2 Junie. Ons wil nuwe Lions inhuldig – so as iemand voel hulle wil die gemeenskap help kontak asseblief vir Gerry Kuhn by 022 913 1726. Dis lekker om te dien en ons is trots om Lions te wees.

Blouwillem vier eerste keer saam aan ‟n 99ste Was dit nou vir jou ‘n naweek van soet en suur! Of liewers suur en soet. Daar is min dinge wat so sleg is as om soos ek Saterdag met jou eie lyf op Nuweland te wees en dan naelskraap dáár te verloor. Ja-nee, dit het maar weer gevoel soos daai dag in 1997 toe Helgard die Curriebeker vorentoe aangegee het. Maar ten minste kon ek toe gister daar op Piketberg saam met gawe mense gaan paartie hou. Op my ouderdom woon ek nogal baie verjaardae by waar daar so baie kerse op die koek is dat die brandweer moet kom help kerse doodspuit, maar dit was die eerste keer wat ek by ‘n 99ste was. En ek sit daar en ek kyk so op Moedersdag na daai liewe mooi lang, rustige tannie van my en ek wonder hoe kry sy dit reg om nog als te weet wat in die wêreld daar buite die Swartland aangaan, hoe kry sy uit ‘n stoel opgestaan sonder om soos ek te kreun of op die armleunings te druk en hoe het sy twee wêreldoorloë en e-tol oorleef en vyf seuns grootgemaak? Maar nou ja, ten minste het sy geleef toe ons nog gedink het ‘n twiet is die geluid wat ‘n voëltjie maak en twiete die geluid wat meer as een voëltjie maak (en twiet-twiste as voëltjies baklei). Vertel my neef, wat ook al ‘n mooi groot man is, in sy spiets so op Moedersdag wat hy alles by sy ma geleer het en ek haal hom aan, want dis maar ons almal se storie. My ma het my geleer van afwagting: ―Wag net tot jou pa by die huis kom.‖ My ma het my geleer om te ontvang: ―Jou pak slae wag vir jou as ons by die huis kom!‖ My ma het my geleer van logika: ―Omdat ek so sê, dis hoekom.‖ My ma het my geleer van buitesintuiglike waarneming: ―Gaan trek jou trui aan, jy kry koud!‖ My ma het my geleer van volwassenheid: ―Eet jou groente, anders sal jy nie grootword nie.‖ My ma het my geleer van voortplanting: ―Waar dink jy kom jy miskien vandaan mannetjie om so met my te praat?‖ My ma het my geleer van afkoms: ―Is jy miskien in ‘n stal gebore?‖ My ma het my geleer van genetika: ―Jy‘s nes jou pa.‖ My ma het my geleer van geloof: ―Jy beter begin bid dat daardie kol uit die mat uitkom!‖ My ma het my geleer van padveiligheid: ―Trek skoon onderklere aan ingeval jy in ‘n ongeluk beland.‖ My ma het my geleer van osmose: ―Hou jou mond en eet jou kos.‖ My ma het my geleer van die weer: ―Dit lyk of jou kamer deur ‘n orkaan getref is.‖ En ja, Ma het my geleer van dubbele standaarde: ―As ek dit een keer gesê het, het ek dit al miljoene kere gesê: Moen i e o o r d r y f n i e ! ‖ Nou ja, my liewe tannie: dis vandag die groot dag, so baie geluk namens al die piepols wat jou ken! (en ‘n paar anner) Sien volgende jaar selfde tyd as ons hopelik die spul op Nuweland kom stilmaak!


6

Graad R kompetisie wenners

Beloof ewige trou

Die Graad R-klas het lootjies verkoop om fondse in te samel om hulle nuwe aangeboude vertrek se vloer te teël. Hier staan Stephan Oldroyd van Hebron saam met klein Keisha Vilander wat die eerste prys gewen het - een nag se verblyf en ete vir twee persone by Hebron. Keisha sal hierdie heerlike geskenk aan haar pa en ma gee.

Buret Olivier en Eliz-Mari Myburgh is op 21 April getroud te Laatson, Porterville. Foto: Francolene Myburgh

Foto‘s: Hanlie Richter

Johan Kriel en Maresa Carstens is op 5 Mei getroud by “Die Ark”, Koringberg. Foto: Minette Cronje

Hardus Minnaar van Shoprite Piketberg oorhandig 'n sjokolade hamper aan Mirina Liebenberg, wat die tweede prys namens haar pa, Wolfie Liebenberg, ontvang het.

Gavin Olsen, links, is die gelukkige wenner van die DVD-speler wat deur Japie du Plessis van Dup Meubels geskenk is.

Die ACVV bedank die Lions Klub wat voedselpakkies aan die ACVV se verbruikers voorsien het.

Christelle Kitshoff en Francois Groenewald is op 12 Mei te Bon Cap, Robertson getroud. Christelle is die dogter van oud-Piketbergers Michealene en Herman Kitshoff en Francois is die seun van Barend en Cecilia Groenewald van Robertson. Foto: Linda Vos


7

Juffrouens vang graad Jani Hougaard, gr 3 juffrou by PHS het haar B.Ed Graad in Grondslagfase ontvang te CPUT Wellington. Op die foto regs is Jani saam met haar trotse pa. Foto: Carla Hougaard

Dierejolyt… Dis nou planke toe tyd vir Dierejolyt wat aangebied word deur PHS se grondslagfase. Hierdie vermomde gesiggies wat vir u loer op die foto is slegs ‗n voorsmakie van die ongelooflike kostuums en dekor wat u kan verwag. Nie eers gepraat van die uitstekende toneelspel wat al die leerders van deel is nie. Almal leef en beef vir hierdie konsert. Ons glo ons sal u daar sien op 30 of 31 Mei 2012 om 7nm in PHS se skoolsaal. Kaartjies is te koop by Piketberg Apteek. Dit is bespreekte sitplekke. Volwassenes R50 en kinders R20. U sal dadelik u kaartjie moet gaan koop.

Hierdie diertjies is reg vir die Dierejolyt op 30 en 31 Mei in PHS se skoolsaal. Hulle is Annette Bruwer, die Hasie, Marsha Otto, die Hennesuster en Craig Duncan, die Skilpad. Foto: Marietha Goosen

Sanet Ackermann, wiskunde juffrou by PHS het haar B.Ed (VOO) ontvang te CPUT Wellington. By haar is haar ma, Hannelie Ackermann. Foto: Yolande Fourie

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Moenie vergeet om te herwin Gebruik die deurskynende plastieksakke.

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) Tuisgebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by „n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

Wat Sê Die Reg? -In „n neutedop-

Wat word van my kinders as ek sterf… deur Christelle de Villiers Dis ‗n baie algemene vraag in die konsultasiekamer… ek gaan dood en wat word van my kinders? Moet ek ‗n voog in my testament aanwys? Wat as die persoon nie kans sien nie? Ensovoorts… Kan ouers dit beheer? 1. Wel, daar is ‗n mate van beheer wat uitgeoefen kan word SLEGS as die ouers ‗n TESTAMENT het. 2. Ouers kan iemand in hul testament aanwys, MAAR dit dien slegs as ‗n riglyn by die Meester van die Hof, en so ‗n aanwysing word eers behoorlik ondersoek deur die Familie Advokaat. 3. Indien die persoon wat aangewys is die aanstelling aanvaar en die Familie Advokaat is tevrede dan het jy suksesvol iemand aangewys. Indien nie, sal die Familie Advokaat ander geskikte kanidate oorweeg. 4. Waarna kyk die Familie Advokaat? Ouderdom van persoon aangewys; Of die kind(ers) gaan moet verwissel van skool; Of die kind(ers) so min as moontlik ontwrig word of nie in hul alledaagse roetine (sport, akademie, kontak met neefs en niggies, ensovoorts); Of daar eerder iemand anders geskik is vir die voogdyskap (bv, ouma is te oud, dalk kan tannie die kinders neem). Kort antwoord: Sorg dat jy ‘n testament het en wys iemand, wie jy dink geskik is, aan in jou testament. Bespreek dit met daardie persoon in fyn besonderhede – finansies, skoolbywoning, buitemuurse aktiwiteite ens. Deel hierdie inligting met die res van die familie sodat almal bewus is van jou wens rondom jou enigste ware skatte, JOU KINDERS!

Die personeel by ADV Prokureurs in Hoofstraat is Christelle de Villiers, prokureur, Yolanda Crous, sekretaresse (Litigasie), Sulene Coetzee, sekretaresse (Aktes) en Mariëtte Wiggel, Liasseringsklerk. Die praktyk het begin Mei verskuif van Stasieweg na die karaktervolle historiese Katzeff Huis in Hoofstraat. Foto‘s: Marietha Goosen

Onthou Vadersdag op 17 Junie

Die Katzeff Huis wat nou ingerig is vir ADV Prokureurs.

Krisante Koning Wat as 'n stokperdjie begin het, is deesdae 'n toerisme attraksie in Goedverwacht. Besoekers aan dié Morawiese Sendingdorpie, 25km Sampie Booys buite Piketberg op die Velddrifpad, is welkom om Sampie Booys se trots te gaan besigtig. Meer as 50 verskillende soorte krisante in 'n wye verskeidenheid van kleure, met stele van tot 1,8m en 2m lank, is dit waarmee Sampie vir hom sedert 2010 besig hou. Twaalf lede met dieselfde belangstelling vorm die Rietrivier Krisante vereniging op Goedverwacht wat geaffilieer is by die Suid-Afrikaanse Krisante vereniging wat dorpe soos Mamre, Paarl, Ceres, Worcester, Wolseley en Stellenbosch insluit. Dae soos Moedersdag wat pas verby is, is vir Sampie 'n gulde geleentheid om mense om hom bly te maak met 'n bos blomme. Hoewel dit 'n taamlike arbeidsintensiewe bedryf is, is hy glad nie daarop ingestel om wins na te jaag nie, aangesien hy soveel baat by die terapeutiese waarde van sy stokperdjie. Foto‟s: Soretha Burger

Dorp van die Jaar Piketberg is ‗n Wes-Kaap-finalis in Kwela se Dorp van die jaar. Die Wendorp van die Wes-Kaap word op 15 Julie in Rapport aangekondig. Op 8 Augustus word die Algehele Wendorp uit die nege provinsies aangekondig op Kwela en op 12 Augustus verskyn die wendorp in Rapport.


9

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop):

Ons is geleë in Koringberg. Daardie bordjie wat jou oog vang wanneer jy vanaf Moorreesbrug na Piketberg ry. Koringberg is klein. Sy poskantoor is klein. Sy algemene winkeltjies is klein. Sy hoofstraat is kort. Sy vulstasie is… niebestaande. Daar is egter een gebou in Koringberg wat nie klein is nie. Sy parkeerterrein is groot, want die motors wat daar stop is nie min nie. Motors van Moorreesburg, Piketberg, Aurora, Velddrif, selfs verder as dit. Koringberg het ‗n spesiale kerk met ‗n spesiale dominee, sy spesiale vroutjie en nou ook ‗n spesiale babatjie. Ek en Wesley was bevoorreg om bevriend met hulle te raak, geheg aan hulle oop harte te raak. Die Here het egter ‗n nuwe plekkie gevind waar hulle benodig word, waar hulle Sy werk moet gaan voortsit. Koringberg is klein, maar die vriendskappe wat hier gevorm word hoef nie klein te wees nie. Die dankbaarheid hoef nie klein te wees nie. Die naasteliefde hoef nie klein te wees nie. Hoe ongelooflik dat daar geen beperkings, grense of bande aan hierdie dinge gelê kan word nie.Die liefde wat die Here tussen sy kinders bring. Ons gaan julle mis; Dewald, Elanza, kleine Sebastiaan en ook die stertswaaiende Lyla. Net ons mooiste mooiste wense vergesel julle op julle pad vorentoe!

Maandae & Dinsdae: Gesluit (Ons kan wel groepbesprekings aanvaar indien vooraf met ons gereël is) Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00 Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00 Sondae: 08:00 – 14:00 Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 info@cornberg.co.za

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646


10

Zebrafees vol skop Piketbergers en die omgewing kan hul feesvere regskud vir ‗n bielie van ‗n Zebrafees op Saterdag 29 September by Piketberg Hoërskool se Sportgronde. Met kunstenaars soos Maroelaboom, Nadia Louw, Hugo Nieuwoudt, Andries Hendrik en sy FAK Treffers, Annique, Rooies en Burger kan dit nie anders as om ‗n gesellige samekoms in die kuiertent te wees nie. Vanjaar se fees sluit weer die gewilde Boland Superspar Potjiekoskompetisie, die Zebra Pretdraf en hope vermaak soos ‗n koekversierkompetisie vir die kinders in. Hoe klink ‗n 20 meter lange Extreme Waterglybaan vir pret? Of ‗n Fufi Slide en ‗n Bundgie Trampoline? Wat van lekker outydse skyfskiet? As jy deel wil wees van al hierdie lekker dinge, sal jy moet sorg dat jy op 29 September daar is! Vir die kleintjies 6 jaar en jonger is daar vanjaar ook ‗n Kiddies‟ Corner met die lekkerste aktiwiteite. Natuurlik kan feesgangers ook uitkyk vir die verskeidenheid kuns- en vermaakstalletjies met snuffelgoed vir oud en jonk. En wat is ‗n fees nou sonder lekker eetgoed? Die heerlikste verskeidenheid kosstalletjies sal sorg vir iets te ete vir elke smaak. Besoek gerus ons webblad by www.zebrafeespiketberg.com of kontak vir Lynne by 073 265 3396 vir meer inligting. ‗n Volledige feesprogram sal in die volgende uitgawe van Die Piketberger geplaas word, asook ‗n lys met die borge se name. Die Zebrafeeskomitee bedank intussen almal wat betrokke is by die fees – hetsy deur finansiële bydraes of ander hulp. Onthou, die fees is nie slegs ‗n fondsinsamelingsprojek nie, dis ‗n bemarkingsaksie vir ons dorp ook.

Welkom aan Dr Conradie

Marius Conradie Foto: Marietha Goosen

Marius Conradie het middel Mei as Veearts by Piketberg Dierehospitaal begin. Hy het aan Onderstepoort in Pretoria studeer en sien uit daarna om al die diere op Piketberg te ontmoet. Met sy eerste dag agter die rug het hy reeds ontdek dat Piketberg werklik gawe mense het. Liewe Piketbergers, moet asseblief nie die jongman oral voorkeer en oor jou hondjie en katjie praat nie, maak 'n afspraak by Piketberg Dierehospitaal daarvoor. -Red.

Frikkie 1 van Top 10 Frikkie Engelbrecht is deur die SuidAfrikaanse Moerkwekersvereniging genomineer as een van die top 10 moerkwekers in die land. Die Beste Moerkweker in die land word later vanjaar aangewys. Foto: verskaf

Verkope Dirk 083 646 8718 Gilbert 083 603 3446 Onderdele 022 913 1142 Flippie & Kenneth

Besproeiing 022 913 1142 Arno & George Muller 083 284 2654 Pierre 083 461 8221 Rouan 082 522 2555


11

So moét ons herwin Alle droë goed bv. glasbottels, enige papier, tydskrifte, boeke, koerante, kantoor papier, karton, skoolboeke, blikke, shampoo bottels, spray bottels, plastiek, enige stukkende tuinstoele, wasgoedmandjies, speelgoed, binnekante van yskaste, wasmasjiene, winkelsakke en hope meer. Gooi net skille, afvalkos, melk BOKSIES en sanitêre toiletgoed in die swart sakke. e ak

Skakel ons asseblief indien enige navrae

NB d e s en yn s vir ems k urs sleg gs it De in inn w r he

Michael Smuts Sel: 083 603 0007 Vir sakke kontak Micheal of Heléne by 083 652 3391

Hou ons dorp skoon ! !


12

Fokus op… Vadersdag Die Wiums Vir ons spesiale Vadersdag Fokusblad, wys ons ‗n gesin vol manne… “brothers from the same mother...” Pa Jacques Wium met van oud tot jonk Pieter-Hugo, Corné, Jean en Jacques. Almal is kranige rugbymanne, maar vir die balans, bruis daar ‗n kunssinnigheid ook in die are. Gelukkige Vadersdag!

Spesiale Vadersdagete Onfeilbare resep—hoe om ‗n man te bekook. Baie goeie mans word verkeerd voorberei. Party kry die wind so van voor dat hulle soos ballonne opblaas, ander is voortdurend in die warm water. Sommige mans is altyd in die pekel, terwyl ander verkil word. Die heel ongelukkiges word met tongsous bedek. Alhoewel nie alle mans sag en smaaklik is nie, behoort die meeste verteerbaar te wees wanneer hulle só behandel word. Plaas die man in ‗n bottel vol besorgdheid naby die vuur van liefde. Bedek hom met goedhartigheid, gehoorsaamheid en liefdevolle optrede. Geur hom met ne-derigheid. As jy soentjies en drukkies byvoeg, moet ‗n goeie skootjie geheimsinnigheid en gesonde verstand ook bykom. Skrywer onbekend.

Positiewe Ouerskap Kursus 19, 20 en 21 Junie 2012 Die doel van die kursus is om ouers te begelei in deelnemende positiewe ouerskap. Ouers word toegerus met gereedskap om hulle te help om ‗n veilige ruimte te skep waar elkeen in die gesin die geleentheid kry om sy/haar volle potensiaal te ontwikkel. Kinders word ook geleer om self verantwoordelikheid vir hulle gedrag te neem. In die proses waar kinders geleer word om keuses te maak, leer hulle selfstandigheid. Die einddoel is ‗n plek waar almal in die gesin gelukkig en tevrede is. Hierdie kursus word spesifiek so ingerig dat deelnemers toegerus word om die kursus self te gaan aanbied nadat hulle die inhoud met hulle eie gesin en drie ander gesinne oor ‗n tydperk van ‗n kwartaal gaan inoefen het. In ‗n opvolgkursus in die vierde kwartaal gaan verdere vaardighede geleer word spesifiek gemik op die aanbieding van die kursus. Die inhoud van die kursus behels die vaardighede en gereedskap waarmee deelnemers toegerus word: om die belangrikheid van kwaliteit tyd te besef; hoe om empaties te wees – hier word verskeie kommunikasie vaardighede aangeleer soos om te eggo, hoe om kinders se emosies te erken, refleksiewe luister; positiewe geloofwaardige terugvoer; ek-boodskappe; dissipline; hoe om ‗n huisvergadering in te rig; die bou van verhoudings speel ‗n belangrike rol, asook die vestiging van waardes en die leef daarvan. Die Padlangs-boekie is nou beskikbaar @ R50 per eksemplaar. Daar het ook ‗n baie oulike boekie uit die pen van Ewald & Beatrix van Rensburg verskyn – ―Dis oukei – sagte oë ouerskap‖ @ R100 by Carpe Diem. Die boekie het twee baie goeie hoofstukke in oor Myers & Briggs, ander persoonlikheidstipes en temperamenttipes. Vir persone wat nie MBTI opgelei is nie, is dit regtig ‗n antwoord op vrae en kan dit die probleem wat ons met Module 3 in die boekie het, aanspreek. Daar is met Carpe Diem onderhandel om dit vir ons slegs vir die kursusgangers @ afslag beskikbaar te maak. Die boekie kos in die winkel R100 en ons kan dit vir R60 beskikbaar maak. Die pakket van die twee boekies saam, posgeld uitgesluit, sal dus R110 wees. Beide boekies is beskikbaar by Communitas se boekwinkel. Bestel by Zilla Botha 021–808 3381 of e-pos projek@sun.ac.za. Diegene wat reeds vir die kursus ingeskryf het en vir die materiaal betaal het, sal dit by die kursus ontvang. Daar het ook ‗n ander boekie verskyn nl Ouerskap - 5 saampraatsessies oor familiewees + DVD met 5 videosnitte ingesluit @ R85. Die Positiewe Ouerskapkursus word aangebied in Piketberg deur Gielie Loubser en Jan van Zyl Koste: R130 + R110 kursusmateriaal = R240 Sluitingsdatum vir inskrywings is 8 Junie 2012, kontak vir Chrisna by 021-808 3624 of per e-pos: cmer@sun.ac.za

Fokusblad Volgende maand fokus ons op “Mediese Sorg”. Indien u „n artikel of advertensie wil plaas skakel gerus vir Margaret Smit

022-913 1777


13

Pa se reëls vir die ou wat sy dogter uitneem As jy voor my hek toeter blaas, beter jy iets kom aflewer, jy kom seker niemand oplaai nie; Kyk my dogter in die oë as jy met haar praat. Moet nooit êrens anders kyk nie; As jou broek te eniger tyd lyk of hy los is, sal ek met ‗n paar spykers sorg dat hy bly waar hy moet wees; Ek lyk nie gemeen nie. Ek is gemeen; Moenie met my oor politiek of sport of die weer praat nie. Al wat ek wil hoor is hoe laat jy my dogter terugbring. Al woord wat ek verstaan is ―vroeg‖; Moenie rondtrippel as jy vir my dogter wag nie. Sy vat lank. Maak jouself handig en was die kar; As jy my dogter laat huil, laat ek jou huil; Flieks met ouderdomsbeperkings is uit. Walt Disney is aanvaarbaar. ‗n Besoek aan haar ouma is beter; Moenie vir my lieg nie, ek gaan jou uitvang; Moenie gerus wees omdat ek ‗n ouderling is nie, ek doen dit net om my vrou gelukkig te hou!

Nuwe Produkte Volledige Aloe Ferox reeks Wol 4-draad ―Double knit‖ ―Chunky‖ Wol vir serpe

Die doel van die Fokusblad Die doel van die Fokusblad is om te fokus op ‗n spesifieke tema met n bietjie inligting oor die tema. Dis ook ‗n geleentheid vir ons lojale adverteerders en nuwe adverteerders om spesifieke produkte of dienste te adverteer rondom die tema. Die Piketberger doen ‗n beroep op sy lesers om asseblief ons adverteerders te ondersteun. Baie dankie aan almal wat adverteer sodat ons koerant kan verskyn.

Kom gesels met my vir spesifieke behoeftes.

Kerkstraat 45, Piketberg (langs Sweets Mania) 022 913 3212 Annelize Myburgh

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za


14

Die Rhema Community Church op Piketberg hou Passiespele

Fotoâ€&#x;s deur Jennifer Stuurman en Alida Lintnaar


15

SAPD konsert

Die mooie meisies is Jomé Lambrechts, JoeMarie Greyling, Simoné van Deventer en Jomé Schreuder. Foto‘s: Marietha Goosen

Padvark Die groep kunstenaars wat ten bate van die SAPD se opvoedingsfonds op Piketberg opgetree het, is agter Hugo Nieuwoudt, Rooies, die sangpaar Wynand en Cheree en voor Joe-Marie Greyling en Boesman (Van Zyl) die Namakwalandse Boerseun. Christie van Zyl het met sy danspassies 'n selfoon met die komplimente van Cell C gewen. Hier staan hy by Cheree, Joe-Marie Greyling en Hugo Nieuwoudt.

Mnr. Jackie Havenga van Porterville het onlangs op die pad na Piketberg 'n ystervark raak gery. Met die slag is een van sy bande deur drie penne deurboor. Ingestuur deur: Pierre Steenkamp


16

MOEDERSDAG -magdaleen van zylJulle weet mos nou al hoe voel ek oor hierdie dae: moedersdag, vadersdag, valentynsdag - wat se dag ook al. Die winkels maak lekker geld en die restaurante is oorvol bespreek en die budgets klop nie, MAAR ek weet ook hoe wonderlik is dit om, nie net op daardie dae soos in die media uitgebasuin word nie, nee sommer op enige ander dag, iemand spesiaal te laat voel en ook te wys dat jy die persoon waardeer en dit wat die een doen waardeer en koester. Om aan jou ouers eer te betoon, is nooit te veel of ongevraagd nie. Jy kan nooit genoeg waardering uitspreek nie. Hierdie moedersdag het ek so gewonder wat ek kan doen vir my wonderlike ma en toe skryf ek vir haar hierdie woorde: Mamma ek wil nou „n gedig skryf, Maar my woorde voel te min, want ma is dan soveel meer as woorde en soveel meer as wat ek ooit seker kan besef want reeds soos God beplan het, dekades gelede dat juis daardie spesifieke selletjies bymekaar „n blonde, rooiwang kind sou wees en elke lag en seer reeds bepaal was, net so het God die liefde van Mamma ingeweef in hierdie kind se menswees en elke tree wat God saam met hierdie kind sou loop lê in die woorde van Mamma se bid en die wonder-voorbeeld en die voetspore waarin die kind graag sou wou trap, maar tog tekort skiet, want Mamma is uniek en kosbaar en ek raam die foto van ons liefde vir altyd in my hart.

Tuinbou Nuus Die volgende tuinbouvergadering is op Woensdag 6 Junie. Die klub besoek die vetplanttuin van James Steyn op Koringberg. Hulle vertrek om 08:45 vanaf die biblioteeksaal, geniet tee by Desert Rose en dan volg die Alida du Preez demonstra- bes oek . Bes oek ers teur, regs, en Rita Esau, welkom. Kontak Katinka komiteelid van Piketberg se Morrison 082 829 6918 tuinbouvereniging, by een of enige tuinboulid indien van die ses ontwerpe wat u wil saamgaan. Alida gedemonstreer het.

Daniël Hugo besoek Leeskring Die radio persoonlikheid, Daniël Hugo, besoek Piketberg Leeskring om die boek “Die Vierkant van die Wraak” te bespreek.

Woensdag 13 Junie om 09:30 Kaartjies is by biblioteek te koop @R10,00.

Persoonlike Beskermende Toerusting Die onus rus op elke werkgewer om te verseker dat alle personeel die nodige Persoonlike Beskermende Toerusting (PBT) dra in die werksplek. Gesondheids- en veiligheidin- Anel Wiehman speksies word gedoen, die nodige PBT word geïdentifiseer en die personeel word opgelei, maar hulle dra nie altyd die PBT nie. Ongelukkig kan die weiering om PBT te dra lei tot die besering van personeel. Dit is onmoontlik om alle gesondheidsgevare in die werksplek te elimineer, maar jy kan hulle verminder. Die Department van Arbeid kan jou besigheid toemaak indien hul ondersoek instel en identifiseer dat jy nie die korrekte PBT en procedures in plek het nie. As werkgewer het jy ‘n wetlike plig om PBT aan die werknemers te verskaf en te reguleer dat dit korrek gebruik word. Werkgewers redeneer soms dat as hulle die PBT verskaf is hulle deel gedoen. Dit is egter nie die geval nie. Die werkgewer moet kan bewys dat hy alles moontlik van sy kant in plek gestel het om te verseker dat die werknemer die PBT korrek gebruik. Werknemers moet opgelei word in die volgende: -Korrekte gebruik van PBT -Waar en wanneer PBT gedra moet word -Wat se tipe PBT nodig is -Verstaan die beperkinge van PBT -Nodige instandhouding van PBT Die nodige beleide en prosedures moet in plek wees. Om te verseker dat alle personeel die beleide en prosedures verstaan en hulself met dit vereenselwig, sal ek aanbeveel dat hul induksie opleiding bywoon waartydens dit aan hul verduidelik word en hul die dokumente teken. Die werknemer moet bewus wees dat as hy/sy nie die PBT gebruik soos voorgeskryf nie, sal daar dissiplinêre aksie volg. Die tipe oortreding word in ‘n baie ernstige lig aanskou, aangesien dit gaan oor die veiligheid van elke werknemer. Die volgende kan ook help om die belangrikheid van PBT uit te lig: Alle bestuurders dra ten alle tye hul PBT en stel ‘n voorbeeld. Die PBT is die regte groote en tipe om die persoon te beskerm teen gevaar waaraan hul blootgestel mag word. Bestuurders en toesighouers reguleer die dra van PBT en dring daarop aan dat PBT ten alle tye gedra word. Werknemers word gekonsulteer oor die risiko watdit inhou om nie die PBT te dra nie. Verder is dit ook baie belangrik dat elke werknemer die belangrikheid verstaan om PBT te dra en te besef die beheer wat hulle oor hul eie veiligheid het. Vir enige verdere vrae kontak ons gerus.


17 Roodepoort na Kaapstad in 10 dae Piketberg was op 2 Mei om 1uur die middag vereer deur 'n kort besoek van die bromponie-groep ―Chicken Runners‖, waartydens hul ‗n ―rus-eet-en-herstel‖ stop gemaak het by Carel van Niekerk Ingenieurswerke. Die span is op toer, maar dit is nie enige soort toer nie. Om Kaap toe te ry vanaf Roodepoort in 'n voertuig is een ding, maar om met 'n bromponie daarheen te ry is beslis 'n ander. Aan die einde van April het 20 lede van die bromponiegroep, die ―Chicken Runners‖, 'n hengse taak aangepak wat half onmoontlik klink, maar wat hul 'n werklikheid gemaak het. Hierdie dapper bromponieliefhebbers het op 26 April begin en gemik om op 6 Mei die uitdaging klaar te maak om vanaf Roodepoort na Kaapstad met hul bromponies te ry, om fondse vir Kansa in te samel. Volgens die groep sal dit hul 10 dae neem om die afstand te voltooi, maar wat vir hulle regtig saak maak, is die rede hoekom hulle dit doen. Die eerste is vir Jannie Alberts: Hy is 81 jaar oud, het 'n huppel in sy stap en bou Vespa-bromponies vir die afgelope 20 jaar op. Jannie sal juis vir sy harde werk en groot bydrae tot die bromponie-wêreld vereer word. Jannie of Oupa Jan, soos almal hom ken, omskep gedane Vespa-bromponies in meesterstukke. Jannie het reeds 37 bromponies self opgebou en hy is tans besig met nommer 38. 'n Paar van sy meesterstukke is ook te sien saam met die manne wat op toer is. Die opbou van Vespabromponies is sy passie, 'n geliefde stokperdjie en sy lewe. Behalwe hierdie rede, is die gróót rede vir "Oupa Jan's Vespa Run" om 'n fondsinsameling vir "Educate our Men" vir Kansa te hou en bewusmaking van prostaat en testikulêre kanker by mans te skep en hul in te lig oor hierdie kroniese siekte. Besoek hul groep (Oupa Jan's Vespa Run) op Facebook vir meer inligting omtrent hul projek en hul toer se vordering of gaan na hul webtuiste: www.jannievespa.co.za as jy belangstel om 'n donasie te maak. The story of Oupa Jan‘s Scooter run—After Oupa Jan retired he sat at the kitchen table like all retired people do. He was listening to ―Radio Sonder Grense‖ and this was the day it all began. Oupa Jan got the telephone number and he phoned in and asked the listeners for old Vespa Scooter parts. Soon he received some parts and started to rebuild Vespa Scooters. This was the beginning of a dream came true. Oupa Jan has been practicing this hobby now for more than 20 years and is currently busy with his 38th scooter. Oupa Jan is 81 years old. Oupa Jan‘s two sons, Jannie and Gerrie, soon after their dad started to build these Vespa scooters, developed an interest in their dad‘s hobby and got themselves a Vespa from him and they saw the fun in the handwork and craftsmanship of their dad. Jannie and Gerrie‘s friends started to gain an interest in these Vespa Scooters and they also bought themselves Vespa Scooters… and then the fun began. A Vespa Scooter Club was formed amongst them and they call themselves ―The Chicken Runners‖. As a tribute to Oupa and to create an awareness of prostrate and testicular cancer the Roodepoort ―Chicken Runners‖ decided to do a Road-trip from Roodepoort to Cape Town with the Vespas. Inligting saamgestel deur Leana van Niekerk.

Carel van Niekerk en Oupa Jannie Alberts. Foto‘s: Leana van Niekerk

Nutsman Enige herstelwerk in en om die huis  Hang van deure  Inbou van vensters en deure  Sweiswerk  Installering van kragproppe, ligte en geysers  Verfwerk  Loodgieterwerk Sakkie Koegelenberg 078 276 2065


18

• V er sk af fe rs va n al le bo u m at er ia al bv . sa nd , kl ip , se m en t, st en e en s • G ro ot ve rs ke id en he id el ek tr ie se w ar e ,p lu m bi ng en an de r ha rd ew ar e

Op soek na elektrisiën min kode 8 bestuurders lisensie Nuwe lyn:

Kar spuit verf en meer

Special 5 Liter PVA Home Pride + tinter (Plascon ) R 120.00 5 Liter PVA Crown +tinter ( Plascon )

R 155.00

5 Liter Gloss Paramount ( Plascon)

R 186.00

Strassberger skoene op uit verkooping - 10%

COALITION TRADING 646 CC T/A

&

53 Lang Street  PO Box 551 PIKETBERG 7320 Tel: 022 – 913 3940 Fax: 022 – 913 3840 email: foxbouers@telkomsa.net


19 Talitha speel vir Weskus A

Zebras vs Charlies

Talitha Schreuder Foto: verskaf Die foto is onlangs geneem toe PHS teen Charlie Hofmeyer op Ceres te staan gekom het. Wat die mense op die foto se storie interessant maak, is die manier waarop hulle lewens sedert die begin van die jaar ineengevleg is. Van links is Nina en Leani Cillié van Piketberg en regs is Dalene en Neil Conradie van Ceres. Leani en Dalene is albei die oudstes in hulle gesinne en Nina en Neil die jongstes. Beide Leani en Dalene het in die begin van die jaar onderwysposte aanvaar. Leani, 'n oud Zebra, hou skool by Charlie Hofmeyer op Ceres. Dalene, 'n oud Charlie, hou skool vir die Zebras op Piketberg. Die uiteinde is dat Leani vir Neil skoolhou en Dalene vir Nina. In die proses moet Leani deesdae vir Charlies skree en Dalene vir Zebras. Foto: Marietha Goosen

Pa se twee Slotte

Daniel, Martin en Jac Goosen Foto: Marietha Goosen

Die aand voor Martin Goosen se 4x4 verjaarsdag op 2 Mei, is hy aangenaam verras met 'n andersoortige "verjaarsdagkaartjie". Teen die gordynkap van sy slaapkamer het twee nr 4 rugbytruie gehang - een van Daniel en een van Jac, sy twee seuns. Dit was Jac se oulike idee wat hy "al twee jaar voor wag om te doen". Ma het die volgende dag gedink dis 'n foto werd. Die manne teësinnig, maar wanneer sal so-iets nou weer kan gebeur!

Die volgende Piketberger verskyn op 21 Junie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 Junie 2012 om 17:00

Talitha Schreuder, onderwyseres by PHS en afrigter van die O/13's, is opgeneem in die Weskus ANetbalspan. Sy het verlede jaar vir die B-span gespeel. Hulle neem op 1 en 2 Junie deel aan die Suidelike Toernooi op Stellenbosch en 6-12 Augustus aan die SuidAfrikaanse Toernooi in Johannesburg.

Graad R Aflos Amandi Ungerer, regs, is tot die einde van die jaar aangestel by Graad R in die plek van Juanita van der Merwe wat onlangs aangestel is as Senior Kurrikulum Adviseur Vroeë Kind Ontwikkeling in die Weskusstreek. Foto: Marietha Goosen Amandi Ungerer

Krieket Wynand Smit is opgeneem in die 0/17 Bolandoefengroep wat „n winterprogram gaan volg. Foto: Verskaf

Dup Meubels kompetisiewenner Die wenner van die Mei 2012 gelukkige trekking kompetisie is Izak Basson Hy is die wenner van n stewige kampstoel en ‗n praktiese strandbraai. Dankie aan al die deelnemers, ons hoop u geluk is beter met ons volgende gelukkige trekking einde Julie 2012. Daar sal dan n 'slowcooker' op die spel wees. U inskrywing is Izak Basson word gelukoutomaties met enige gewens deur Jacques du aankope van R500 en meer Plessis. vanaf 1 Mei. Foto: verskaf


20

Citrusdal Eisteddfod

Saam met Hanli Kleynhans is Annette Bruwer en Leandri Kotzé wat Goud vir Voordrag behaal het by die Citrusdal Eisteddfod. Die volgende leerders het Goud en Cum Laude ontvang vir Afrikaans en Engels Voordrag. Agter is Salomé Hamman, Juné van der Westhuizen, John Eksteen, Hershelle Benjamin, Lizaan van Niekerk en Hanje Mostert. Voor is Bianca Jordaan, Maria Visser, Anina Bester en Janeske Rademan.

Saam met Iza Schreuder is Nicole Steyn, Niketha Booys, Jandré de Jager en Pieter Bruwer wat Goud vir Voordrag behaal het by die Citrusdal Eisteddfod. Anelma Grobler en Carma Rossouw het Cum Laude behaal.

By Alison Müller verskyn haar sangleerlinge wat aan die Citrusdal Eisteddfod deelgeneem het, kloksgewys van agter, John Eksteen (Goud), Michelle Langenhoven (Goud), Lilani Dippenaar (Cum Laude), Johmine Croeser (Goud), Ané Venter (Cum Laude), Charnill Kok (Cum Laude) en Le'More Müller (Goud).

Saam met Hester Stapelberg is Jana Truter en Juan Nelson wat albei Goud vir Voordrag behaal het by die Citrusdal Eisteddfod. Leoni Coetzee het Cum Laude behaal.

Saam met Suné Rheeder is Henco Kruger wat Goud vir Voordrag behaal het by die Citrusdal Eisteddfod.

Saam met Jani Hougaard is Ilse-Mari Coetzee wat Cum Laude vir Voordrag behaal het by die Citrusdal Eisteddfod.

Foto‘s: Marietha Goosen

Komien van der Westhuizen en haar sangleerlinge, Matthew Somers en Lyn-Mari Skog wat Goud behaal het en Carli Basset en Ruby Oldroyd wat Cum Laude behaal het by die Citrusdal Eisteddfod.


21

Wes-Boland Skaak

Alicia Hanekom saam met die leerders wat Goud en Cum Laude vir Voordrag behaal het by die Citrusdal Eisteddfod. Agter is Anicia van Rooyen, Janke van Schalkwyk en Ané Rheeder. Voor is Ilse-Mari Coetzee, Anelma Grobler, Matthew Somers en Hagan Ludick. Foto‘s op hierdie bladsy: Marietha Goosen

Marlien Smit verskyn hier saam met haar skaak spelers wat die Wes-Boland Skaakspan gehaal het. Agter is Hughen Esau en voor is Albert Grobler, Anelma Grobler, Hagan Ludick en Johan du Toit.

Top skeidsregters by PHS

Alicia Hanekom en Vanessa Luyt is hier saam met die leerders wat Goud en Cum Laude vir Afrikaans en Engelse Voordrag behaal het by die Citrusdal Eisteddfod. Agter is Chris Lausberg en Anke Schreuder. Voor is Shanda Whitfield, Ruby Oldroyd, Hanri van Zyl, Elishia Engelbrecht en Henco Kruger.

Hoërskool leerders wat Goud en Cum Laude vir Afrikaans en Engelse Voordrag behaal het by die Citrusdal Eisteddfod, is Naomi van den Heever, Ané Nelson, Amber Tobias, Stephan Louw en Shandré Naidoo.

Tydens die FNB Classic Clashes teen Schoonspruit Sekondêr is geskiedenis gemaak toe twee skeidsregters met hoë graderings saam die eerstespan se netbalwedstryd geblaas het. Dit was vir almal om die baan 'n belewenis om dié Jongi Macutwana en Marleze twee in aksie te sien. Jooste Links op die foto is Jongi Macutwana, wat sy SA A-gradering as skeidsregter verwerf het by die vyfde Cosana Afrika Spele in 2011. Regs is Marleze Jooste, SA B+ skeidsregter, wat onlangs die Finaal by die O/19- en O/21 Nasionale Kampioenskappe in Oos-Londen geblaas het.

Die volgende Piketberger verskyn op 21 Junie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 Junie 2012 om 17:00

ADV PROKUREURS ATTORNEYS ABDURAHMAN  DE VILLIERS

Christelle de Villiers

Hierdie vier sangleerlinge van Alison Müller het Goud behaal by die Citrusdal Eisteddfod, Adriana Visser, Maria Visser, Elzaan Lambrechts en Anina Bester.

T

022 913 3352

F

086 564 4747

E

christelle@advlaw.co.za

Hoofstraat 16, Piketberg, 7320


22

FNB Classic Clashes

PHS en FNB vorm 'n gedugte span in die FNB Classic Clashes teen Schoonspruit Sekondêr.

Harry Roux, Chris Rheeder, Nicol van Schalkwyk, Jac Goosen, Cappie Rossouw en voor, Nicki van der Westhuizen was die ball boys by die O/19-wedstryde tydens die FNB Classic Clashes teen Schoonspruit Sekondêr.

Die O/19B-rugbyspan se oefenhemde is vanjaar geborg deur Knights Supermark. Op die foto is afrigter Bernard Pieters, Sarel de Villiers, eienaar van Knights Supermark, die kaptein DJ Koelenberg en onderkaptein, Divan Ungerer.

Die O/13A-rugbyspan se klere word weer vanjaar geborg deur Eswé Visagie van Nexus. Afrigter Kissie Bindeman, links, die borg, Eswé Visagie, middel, en regs afrigter Jacques Schreuder by die waarnemende onder-kaptein en kaptein van die dag, Chris Lausberg en Nicol Visser. Foto‘s: Marietha Goosen Foto‟s: Elna Schreiber

Snoek– en Patatfees 22-23 Junie 2012


23

Speel vir Platteland

Wes-Boland Netbal

Wilhelm van der Merwe, Nicol van Schalkwyk, Dylan Everett, Piet Liebenberg, Chris Lausberg en Kyle Hendricks is opgeneem in die O/13-Platteland rugbyspan wat aan die Wes-Boland proewe deelgeneem het.

Hoërskool netbalspelers Marike Koch, Hanneke Augustyn, Carla Smit en Shermoné Dwyers (inlas) is opgeneem in Wes-Boland Netbalspanne.

Piet in WesBolandspan Piet Liebenberg is opgeneem in die O/13Wes-Bolandrugbyspan. Foto‘s: Marietha Goosen

Boland-stoeikleure vir Ruan Ruan Schreiber het op 26 April 2012 deelgeneem aan die SA Jeug Grieks Romeins Stoei-kampioenskappe en 'n derde plek, brons medalje ,losgestoei. Jeug omdat hy onder 15 is en Grieks Romeins omdat dit 'n stoeistyl is wat behels dat slegs grepe op die bolyf toegepas word. Die toernooi het plaasgevind in die Bellville Velodrome en die WP was die gasheer. Al die Provinsies sowel as Namibië het deelgeneem. Die President van SA Stoei, Willem Putter was ook teenwoordig en het self die volRuan Schreiber gende dag deelgeneem aan Foto en berig: die SA Meesters-toernooi Miranda Botha waar die oudste stoeier, 'n Bolander, 76 jaar jonk was. Op 2 Junie stoei ons in die Sarel Smit-toernooi op Worcester, die toernooi dien ook as proewe om gekies te word vir die Boland Streekspan. Sterkte Ruan! - Red.

Interskole 18 Augustus 2012

Laerskool netbalspelers Anke Schreuder, Janét Stander, Thana Stephan, Elske Pieters en Hanneke Pieters is opgeneem in Wes-Boland Netbalspanne.

Rugbymanne deur na finale

Erich Kankowski, Danie Visser en Dewald Greeff is in die finale oefengroep opgeneem vir die kies van Boland-spanne. Christie van der Merwe was afwesig met die neem van foto. Foto‘s: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 21 Junie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 Junie 2012 om 17:00.


24 Sooooo amper ry hul weg met ‘n Vivo! Twee gelukkige Boland Superspar kliënte was beide die gelukkige wenners in ons weeklikse trekking vir ‘n geskenk ter waarde van R200 en het outomaties gekwalifiseer vir die landswye trekking vir die Volkwagen Vivo. Spar gee weekliks tien VW Vivos weg en indien Boland Superspar se naam getrek sou word, sou die betrokke wenner van daardie week die motor gewen het. Daar is nog 4 weke oor vir die kompetisie en ons hou styf duim vas dat een van Boland Superspar se kliënte ‘n VW Vivo kan wen!

Staan ‘n kans om een van 50 VW POLO VIVOS te

wen! Koop enige van die volgende verskaffers se produkte om te kwalifiseer: Nestlè, Tiger Brands, Bokomo Foods, Unilever, Coco-Cola, Entyce, Snackworks, Proctor & Gamble, Golgate and Cadbury. Jy kan soveel maal inskryf as wat jy wil. Skryf jou naam, van, adres, telefoonnommer en selfoonnommer agter op jou inkopie-strokie en gooi in die inskrywingsbus voor in die winkel. Kompetisie strek vanaf 24 April 2012 tot en met 12:00 op 3 Junie


25

Skryf asseblief vir ons indien u enige voorstelle, klagtes, komplimente, ens. op u hart het. Kontak: Tertia Roux Tel: 022 913 1163 E-pos: pro@bolandsuperspar.co.za

Elda Burger ontvang ‘n Koopbewys by Delanie Jooste ter waarde van R200 as bydrae vir hul fondsinsamelings projek. Die kunstenaar Andries Vermeulen het opgetree by hul skool.

Charnill Kock (Voorsitter) van die CYM (Christian Youth Movement) ontvang hier geskenkpakkies vir al die deelnemers. Santie van den Berg oorhandig dit.

Kaartjies beskikbaar by Piketberg Apteek of kontak: Elzanne Richter (072 130 2936) Deidrè Swart (073 507 7100)

Esmien Oberholtzer ontvang ‘n Ini-winter-vori-kaggel-geskenkpak ter waarde van R200 by Santie van den Berg, om hul geleentheid op te kikker. Die skool het pas verhuis na die ou Nederberg Hotel en die fondse wat met die geleentheid ingesamel word, sal dien as restourasiefonds. Sien bo vir inligting.

Marietjie Pedro oorhandig ‘n koopbewys ter waarde van R200 aan Konstabel GR Muller as bydrae tot die fondsinsameling van die bogenoemde geleentheid. Verskeie kunstenaars het in die kerksaal opgetree om geld in te vorder vir hierdie fonds.

Boland Superspar Bakkery se bak-span staan trots by van die nuwe brode wat hul nou op die rak het. Hul het professionele opleiding ontvang om hierdie spesiale brode te bak. Kom loer gerus in om jou spesiale broodjie vir jou etens-tafel in die trollie te laai! ELKE Vrydag is Markdag in die winkel, dan kry kliënte die geleentheid om by elke department vars produkte te toets! Moenie vergeet om hierdie Vrydag sommer al te kom inloer! (Gluten-vrye brood beskikbaar op bestelling)


Die Piketberger Junie 2012