Page 1

1

Jaargang 19 Nr. 1

www.piketberg.com

Februarie 2012

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS Dinaledi Fokusskool

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Onderwysers tree uit...p6 Kinderweek op Eendekuil...p7 Trippe Trappe se Super Cool bootrit...p12 Fokus op...p13 Nobody’s Perfect Balletkonsert...p15 PHA se graad 1’s...p16 Steynville se nuwe leerders...p17 PHS Kleure Atletiek...p18 P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

PHS se 2011-matrieks het weereens puik prestasies behaal met ‘n 100% slaagsyfer, ses gemiddelde A-kandidate en 58 vak A’s. As gevolg van vorige prestasies in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe is PHS aangewys as ‘n Dinaledi fokusskool vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Die ses

A-kandidate is agter Celia Brink, Anja Venter, Charné Augustyn, Maritza Conradie en Estelle van der Merwe. Voor sit Jacques Rossouw met mnre Charlie Mouton, onderhoof en Marius Scholtz, skoolhoof. Foto: Lindie Jordaan

500g Cheese Chicken Viennas R13.95 Pork Texan R45.95/kg Diced Bacon R49.95/kg

altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg 022-913 1505

022-913 2410

 022 913 1939  022 913 2404

Bederf you geliefde met sjokolade, biltong/ droëwors of wyn hierdie VALENTYNSDAG en staan ‘n kans om ‘n

Romantiese Ete vir 2 by Laffie’s Grill te WEN! Skryf jou kontakbesonderhede op jou inkopiestrokie indien jy enige van die bogenoemde produkte gekoop het en gooi dit in die inskrywingsbus voor in die winkel! Sluitingsdatum: 14-2-2012


2

Redaksioneel Koester jou mense “Loop dikwels na jou vriend se huis; „n ongebruikte voetpad groei gou toe...” Heeltemal waar. Ek leen die aanhaling by die VLV se berig op p8. Op Loslip word daar verlede week gesels oor hoogtepunte van die afgelope vakansie. Ek kon nie ―saam gesels‖ oor interessante avonture, veraf paaie of eksotiese toeriste bestemmings nie...my vakansie het heel gewoon geklink, en tog was dit vir my interessant, kosbaar en ek beskou myself as ‗n begenadigde. Wat jaar na jaar oenskynlik dieselfde is, soos kuier by die familie, om elke dag ‗n lekker ma-gekookte bord kos te eet, te swem in die see, ver ente te stap, ‘n boek te lees en ‗n jaar se stories met die niggies in te haal, word ‗n onverdiende guns alleen, ‗n onuitspreeklike voorreg en voel ek gekoester deur my ouers se gasvryheid, familie se liefde en aanvaarding en die rustigheid van die bekende dinge. En heimlik was my vakansiebestemming eksoties! Ek voel of ek weer op die voetpaadjie geloop het en sover ek sien, loop daar nog voetpaadjies om oop te trap... Marietha

Mighty Kids Arise 14 April 2012 Die volgende Piketberger verskyn op 23 Februarie 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 14 Februarie 2012 om 17:00.

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie

(diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Margaret Smit 022-913 1777 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Briewe van ons lesers... Elmirique Smit skryf… Eerstens wil ek almal 'n voorspoedige nuwe jaar toewens en glo almal het goed uitgerus die Kersvakansie. Vir my was dit een heerlike Kersvakansie asook 'n nuwe jaar. Ek was die Kersfees saam met my gasgesin na Hamburg, Duitsland, na die broer van die pa. Dit was 'n onvergeetlike Kersfees en met die beste kersgeskenk van my gasgesin af, 'n splinternuwe Nikon Coolpix kamera om onvergeetlike herinneringe te kan vaslê. Ons het Kersfees gevier net soos die Duitsers kan, heelnaweek Monopoly gespeel, gaan stap in Hamburg se park, heerlike ete op Kersdag en 'n Kersdiens in Duits by 'n kerk. Vanaf Duitsland is ek direk na Parys, Frankryk via Amsterdam met die bus. Wat 'n lang rit was dit nie. Dit was so 14 ure met die bus. Ek het Parys aangedurf saam met 'n au pair wat vanuit Amerika kom. Sy is nogals goeie reisgeselskap. Ons het vir drie dae in Parys rondgeloop, die Eifeltoring per hysbak opgegaan, die Louvre besoek waar die bekende Mona Lisa skildery hang, die Arc de Triomphe wat net so ‗n belangrike toeriste-aantreklikheid is naas die Eifeltoring, die kersmarkte besoek en geskaats met die Eifeltoring digby jou. Ons het ook besoek afgelê by die Notre Dame kerk, sjoe pragtig. Ons het ook die Moulin Rouge besoek en 'n bootrit op die Seine Rivier geneem. Parys is AMAZING, meer as wat mens sien in die films. Dis 'n moet besoek plek vir almal wat graag oorsee wil gaan. My 21ste was net so lekker, my gasgesin het vir my 'n lekker koek met 21 kerse gekry en die oulikste geskenkies ook. Ons het die hele middag gaan skaats. Dankie vir elkeen se mooi wense en boodskappe. Ek waardeer dit so baie. Volgende bestemming is België of Italië, moet nog kies. Geniet als wat mooi is in die nuwe jaar en gryp elke geleentheid aan wat na jul kant kom! Au Pair is iets wat ek vir enige meisie sal aanbeveel wat 'n brugjaar wil neem! NS. Ek sal 'n blog begin, dan kan julle meer van my reisverhale lees Groete uit ‗n koue Holland

DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTER SCHEEPERS.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276


Oudste katte

Nicoline Mostert, vroeër van Mossienes Piketberg, skryf… ―Ek dink Kietie Kat en Patat was seker van die oudste wat katte al geword het. Altwee katte het op Piketberg grootgeword en altwee is 2011 (April en Julie 2011 onderskeidelik) dood sonder dat hulle ooit siek was of enige ongelukke hulle getref het. Kietie Kat was Patat se ma, sy het 19 jaar en 9 maande oud geword en Patat was 18 jaar oud. Ek het Kietie Kat in Oktober 1991 gekry terwyl ons op Piketberg gebly het en Patat is in 1992 gebore. Altwee katte het saam met ons van die dorp af plaas (Sauer Estate) toe getrek in Mei 2005, waar hulle verlede jaar saggies heengegaan het.‖

3

Perskepot Wenner

Mien Lambrechts ontvang 'n paar sandale van Hannatjie Steenkamp van Perskepot wat sy in 'n Green Cross kompetisie gewen het. Foto: Pierre Steenkamp

Onthou Tillies begin weer op 27 Januarie 2012 by die ACVV Kantoor. Koffie, tee, eetgoed en marktafel teen billike pryse.

Te Huur Koringberg—Klein gemeubileerde huisie, water en elektrisiteit ingesluit. R2000,00 pm. 022 423 8015 Sel: 0767406395


4

deur Jannie Lategan Feestafels versus diefstal: Vir weke voor die tyd is dit daardie "beplanning" wat in menige huishouding plaasvind om die Kers- en Nuwejaarsmaaltye te laat kreun onder die oorlopende, stylvolle en ongelooflike braaigeregte en fyngebak waarmee die tafels letterlik mee opgestapel word. Is dit straks vir honger mense, sou 'n mens kon vra......helaas is dit juis vir diè feesganger wat by die noenmaal aansit, nodig om van slegte cholestrol stadig oor die klippe te gaan wat drank en kos betref. Tog, ten spyte van dit alles, word daar tydens die feesseisoen in oormaat gesmul aan ryk en ongesonde disse. Een feesmaal na die ander gaan verby en die oorskiet vind helaas sy weg na die asblik. Watter verskriklike onreg word gepleeg terwyl die honger hand na binne ryk om, maar net tevrede te wees met 'n ietsie van die oorskot. Hoe word armoede en rykdom vriende in versoening? Hoe diep is die kloof tussen die wat werklik het en die wat werklik nie het nie? Hoe word hierdie diep kloof oorbrug? 'n Tafereël wat hom daagliks afspeel, nie net ter plaatse nie, maar selfs in die rykste lande ter wêreld. Paleis en plakkerskamp staan sy aan sy in Istandbul, Turkye. Oral is daardie groter wordende kloof tussen die wat het en die wat nie het nie. Reisigers bly in luukse oorde op eilandgroepe en word soos konings met koningskos getrakteer, maar onmiddellik buite die perseel, staan die honger en armlastige. Teenoor dit alles staan die euwel diefstal. Die vraag bly: Hoekom daardie naarstigtelike ontembare drang en begeerte wat dit ten doel het om ander se goed te steel en vir homself toe te eien. Ander se besittings dikwels sonder toestemming te neem ....in die meeste van gevalle wat die inbreker nie eens self kan gebruik nie. Is dit straks om dit, maar net te gaan verkwansel vir enkele rande? .....is dit vir brood, vir dwelms of drank? .......of sou dit tog vir brood aangewend word? Die ware verhaal ken niemand nie en ons kan die skuld op werkloosheid plaas .......of dit kan verreken word deur 'n eenvoudige ingesteldheid om net te neem wat nie aan jou behoort nie........waarskynlik of moontlik 'n modus operandi net om te steel sonder om die waarde van daardie artikels wat geneem word, se waarde te besef. 'n Tragedie is egter besig om hom af te speel terwyl daar aangesit en gesmul word aan die feestafels. Raar maar waar, is dit meestal die werksku mens wat hom daarin verlustig om te neem wat nie aan hom behoort nie. Wie is die argitek en boumeester wat aangestel moet word vir die bou van hierdie byna onoorbrugbare kloof? Feestafels en Diefstal word vriende van mekaar en veral in die Feesgetye. ...eintlik twee ongelooflike teenpole. Die wens van hierdie rubriek is dat die feesmaaltye in 2012, spreekwoordelik sal kreun onder die kos en dat daar ook aan die wat nie het nie gedink sal word in uitvoerende terme. "Seën ons by die gebruik van hierdie liefdegawe en dink aan hulle wat minderbevoorreg is".

Anthea se toerisme Anthea Delmotte, bekende en hoogaangeskrewe kunstenaar en eienaar van AntheA Delmotte Galery op Piketberg is onlangs aangewys as naaswenner in die Weskus Toerisme-toekenningsgeleentheid se Toerismepersoonlikheid van die jaar. Lees ons volledige onderhoud met haar in ons volgende uitgawe.

Kekkel & Kraai Hoenderslaai met pynappel 1 blik pynappelstukke 2 koppies gerookte hoender, opgesny 1/2 koppie seldery, in dun skywe gesny 1/2 koppie rosyntjies 2 sprietuie, opgekap 1/3 koppie mayonnaise 1/3 koppie suurroom 1/4 teelepel mosterdpoeier Gemengde slaaiblare Meng hoender, pynappel, seldery, rosyntjies en uie in ‗n bak. Meng mayonnaise, suurroom en mosterdpoeier. Voeg slaaisous by hoendermengsel en bedien bo-op slaaiblare of op ‗n toebroodjie.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Groot Someruitverkoping Froggie, Green Cross en Tsonga skoene beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

Aroma het in Desember verskeie kompetisies geloods en die wenners word hieronder bekend gestel. Baie geluk aan almal! Links oorhandig Hestrolene van Aroma die Namaqua geskenkpak aan Me.Anna Julies. Regs is ‘n trotse Mnr. Lionel Newman wat die Heineken kompetisie gewen het.

Winkelshoek

Elroy Small oorhandig links die Strongbow aan Me.Dorothy Masiza, bo die Black Label pak aan Edo Mostert en links die Wellington pak aan Mnr. Tommie Calldo. Baie geluk ook aan Mnr. Wayne Salie wat die Amstel iPOD docking station gewen het en aan Me. Jeannie Broad wat die Savannah geskenkpak gewen het. Die wenners was ongelukkig nie teen druktyd beskikbaar vir ‘n foto nie. Baie geluk Bo oorhandig Cathleen Ockhuis die Castle pak aan Mnr.Lionel Rosenberg.

aan al die wenners!

Bo oorhandig Cathleen Ockhuis die Johnnie Walker geskenk aan Me. Sophia Dietrich.


6

Sout van die aarde tree uit by PHS

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Madelie Burger, Pierre Steenkamp en Nolie Eksteen het einde 2011 as onderwysers by PHS uitgetree. Madelie het na ‗n paar aflosjare amptelik in 1997 weer begin skool hou en Aardrykskunde en Rekenaarstudie (later RTT) onderrig tot einde 2011. Dit was vir haar heerlik en ‗n voorreg om by PHS skool te hou. Sy sal al haar wonderlike vriende en die pragtige, vriendelike, omgeekinders mis. Pierre was vir 14 jaar aan PHS verbonde. Hy het in die tydperk die volgende vakke onderrig. Natuur -en Skeikunde, Wiskunde, Lewensoriëntering, RTT, Rekenaar Geletterdheid en Wiskundige Geletterdheid. Nolie het sedert 2002 verskeie vakke aangebied, waaronder Afrikaans, Geskiedenis, Geografie, Kuns en Kultuur en Lewensoriëntering. As oudleerling van PHS was dit vir haar besonders om in dieselfde klaskamer te werk waar sy by oom Fanie le Roux Duits gehad het. Nolie se amptelike verbintenis met PHS verstryk einde vanjaar wanneer haar jongste, John, die skool verlaat. Dit sal dan van 1969, haar Sub A-jaar by juffrou Bester, wees tot einde 2012. Foto: Marietha Goosen

PHS kry nuwe onderwysers

Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Nuwe onderwysers by PHS is agter Christelle Spangenberg (gr 4 en 5 Afrikaans en Engels), Dalene Conradie (gr 8-10 Afrikaans), Vasti Grobbelaar (Lewenswetenskap) en Sanri Joubert (gr 10-12 Geografie). Voor is Jani Hougaard (gr 3), Wian Koch (gr 10-12 RTT) en Sanet Ackermann (gr 8-10 Wiskunde). Foto: Marietha Goosen

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

Kinderweek op Eendekuil Beatrix Mouton, Getuieniskommissie Eendekuil, skryf... Graag deel ons met elkeen wat saam gebid en gewerk het, ons ervarings van ons Kinderweek 2011. Vir die afgelope 17 jaar is ons elke Dinsdagmiddag saam met van die kinders van die Gemeenskap van Eendekuil om God en Sy Woord beter te leer ken. Die behoefte om saam met die kinders Bybel te lees raak al groter, maar ons besef die meeste kinders het nie hulle eie Bybels nie. ‗n Droom word gebore!! Helderberg-gemeente in SomersetWes se KIX begin deur ‗n wakkerbly-aand te hou om Bybels te borg, maar ons het R15 000+ nodig vir die 300 Bybels. Leë pillehouertjies word by ons gemeente uitgedeel, mense gooi hul kleingeld (en dikwels note ook) daarin, bring dit terug en neem ‗n volgende leë een. Daar kom ‗n stewige bydrae uit die Sinodale Kantoor se Reserwefonds en 15 Bybels gratis van die Bybelgenootskap en teen 1 November 2011 koop ons 310 Bybels en 100 Kinderbybels (vir die voorskoolse kinders). Daar kom selfs bydraes van buite Eendekuil. Dankie Vader God, U is groot. Tannies van Eendekuil, mammas uit die gemeenskap en tieners kom help ons om die Bybels oor te trek en elke kind se naam in te skryf. Ons gebed is – Here net soos wat ons hierdie name voor in die Bybel skryf, skryf U asseblief hul name in U handpalm. 6 Desember 2011 breek aan en ons ontvang 400 kinders van Eendekuil Primêr en Laerskool Eendekuil. Wonderlik om Kinderbond en KIX kinders saam te bedien. Vir die volgende drie dae ervaar ons groot genade deur koeler weer en baie van God se guns op ons. Een van ons hoogtepunte elke jaar is die tieners, studente en tannies wat opdaag

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

om elke dag vir elke kind ‗n onvergeetlike ervaring te maak. Tieners en studente wie se lewens getuig dat God se Woord die lamp en lig vir hul pad is. Hierdie jaar het ons Bybel gelees. Elke kind het Joh 3 vers 16 self onderstreep. Ons bid ook elke dag vir een van Geopende Deure se vervolgde kinders. Ons het ook heerlik gesing en gespeel en koeldrank en lekkers geniet. Baie baie dankie aan Eendekuil se Gemeenskap – dit is ‗n voorreg om lid van so ‗n liggaam te wees. Dankie vir elkeen se gebede en bydrae. Foto‘s: Beatrix Mouton

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) Tuisgebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

Vroue Landbouvereniging Die Vroue Landbouvereniging van Piketberg herdenk op 23 Mei vanjaar haar 80ste bestaansjaar. Alle dank aan ons Hemelse Vader vir vroue, uniek geskape met gawes en vermoëns, wat hierdie tak help bou het. Alle eer aan Hom vir elke voorreg, geleentheid en uitdaging aan elkeen wat ‗n pad met VLV gestap het. “Ek gaan op my pad deur die lewe net een keer. Laat my daarom elke opregte daad van liefde wat ek kan, nou doen; Laat my dit nie uitstel of nalaat nie, want ek sal langs dié weg nooit weer gaan nie” Etienne de Grellet VLV lede nooi dames om hul maandelikse byeenkomste by te woon of by hulle aan te sluit en lid te word van ‗n vereniging met volwasse opvoeding en gemeenskapsbetrokkenheid ten doel. Hou die datums van byeenkomste op die NG Kerk se almanak en kennisgewings by die munisipale biblioteek dop of kontak Dinette Lochner (sekretaris) by 083 564 5643 of Riana Richter (voorsitter) by 083 455 1022. Die eerste byeenkoms vanjaar word beplan vir Donderdag 16 Februarie om 14:30 in die Piketberg Museum. Adelé Cruywagen, betrokke by die Eenheidsklas by Steynville Primêr, sal gesels n.a.v. haar ervaringe in haar buitengewone beroep as onderwyseres vir kinders met gestremdhede. Alle dames welkom! VLV van Kaapland se jaartema vir 2012 is ―Bou ‗n Brug‖ en die projektema, ―VLV raak harte en hande”. Die 2012 bestuur en lede van VLV Piketberg wens die gemeenskap ‗n seënryke en voorspoedige jaar toe en bedank die volgende persone en instansies hartlik vir hul ondersteuning, vriendskap en omgee vir die vereniging: Avroy Shlain

Joan van Kraayenburg, Boland SuperSpar, De Berge Gastehuis, Dup Meubels, Foto First, Gee-C-Es, Keyah Skin & Body, Kochelmanders, La Petite, Liebco, Mountain Creek Spur Piketberg, Oregon & More, Perskepot Boutique, Piketberg Drukkers, Praktika, Pulpetaan Gastehuis, Dr Sam Scheepers, Skoonheidsalon Sanet, Stella van Niekerk Nail & Suncare, Sweets Mania, Tandartse Piketberg en Total Winkelshoek. Iemand het gesê: ―Loop dikwels na jou vriend se huis; ‗n ongebruikte voetpad groei gou toe‖. Mag die gemeenskap van Piketberg voetpaaie ooptrap in 2012!!

Die Bestuur van VLV Piketberg vir 2012 is agter v.l.n.r.: Marlize Rossouw (Landbou en Tuinbou), Frannie Botha (Leefstyl en vise-voorsitter), Antoinette Smit (Opvoeding en Kultuur), Stella van Niekerk (Gesondheid), Marthie du Toit (Openbare Sake en sameroeper van VLV projek Vroue van Môre), Dinette Lochner (sekretaris), Doreen du Plessis (Kunste en Handvlyt) en voor: Nicoline Brown (tesourier) en Riana Richter (voorsitter) Afwesig: Dete Hanekom (addisioneel). Foto: Berenice Scheepers

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


9

REG. NO. 2006/152059/23

Professionele Installeerders van Warm Water Verhitting

Swembad Verhitting

Die Tyd is Nou:

Die toestel wat help om jou swembad langer

Om die grootste krag gebruiker in u Huishouding

te gebruik deur die jaar.

met tussen 60 – 80% te sny.

Die son word gebruik as gratis verhitter.

Ons natuurlike hulpbron, die son, is ± 89% van

Die swembad is ‗n plesier, maar kan ‗n

die jaar beskikbaar en gratis tot u diens.

groter plesier wees.

Sit daardie ekstra paar rand terug in u begroting en laat die son die werk doen.

*Geen Middelman, *Personlike Diens, *Bekostigbare Installasies, *15 Jaar Paneel Waarborg

Die Maatskappy doen die werk omdat dit ‘n passie is, nie net nog ‘n werk nie. Ons dien die gemeenskap met die beste. Areas: Piketberg, Citrusdal, Porterville, Moorreesburg, Velddrift, Hopefield, Langebaan, Darling, Malmesbury, Saldanha, Vredenburg, Laaiplek, St. Helenabaai en omliggende dorpe en plase. Vir Enige Navrae Kontak Shane Capes

Cell:

079 475 6016

Faks: 021 945 1529 Epos: srecapesplumbing@yahoo.com


10

Nag Ou Grote Einde 2011 is Piketberg Hoërskool se ou bekende bus vir die laaste keer in sy garage getrek. Wanneer dit weer uitgetrek word, sal hy in 'n volgende leeftyd ingaan. Die Piketberger plaas spesiaal hierdie foto vir alle oudleerders wat moontlik heimweë het en kan terugdink aan m enige voorval en staaltjie. Die bus is destyds tweedehands op huurkoop aangeskaf teen R28 000 en deur Thys Basson, wat steeds op Piketberg is, in Johannesburg gaan haal. Persone wat gereeld die bus oor die jare bestuur het en leerlinge veilig van Punt A na Punt B gebring het, is André van Ellewee, Cecil van Wyk, Deon van Dyk, Hannes Lambrechts, Jacques Schreuder, James Roelofse, Laggies Geldenhuys, Le Roux van Wyk, Neil Viljoen, Thomas de Koning, Pierre Steenlamp, Peertjies Liebenberg, Anton van Rooyen en Rossouw van Niekerk. Cecil van Wyk (foto regs), het alleen ongeveer 200 000km afgelê. Foto‘s: Marietha Goosen

Nutsman  Enige herstel werk in en om die huis  Hang van deure  Inbou van vensters en deure  Sweiswerk  Installering van kragproppe, ligte en geysers  Verfwerk  Loodgieterwerk  Dakke wat lek Sakkie Koegelenberg 078 276 2065


11

Piketberg Museum Nuus

Onder die leiding van Sannie Klaase het 14 van Steynville Primêr se opvoeders die Piketberg Museum op 9 Desember 2011 besoek. Dit was 'n baie leersame en lekker besoek waartydens Elizabeth Coetzee hulle meer oor Piketberg se geskiedenis en hoe die museum tot hul kurrikulum van 2012 kon bydra vertel het. Van die oud Piketbergers in die groep kon op hulle beurt weer brokkies inligting uit hulle verlede met Elizabeth deel.

Foto‘s: Elizabeth Coetzee

As deel van die Piketberg Olimpiese Spele 2011 het 63 kinders en vier spanleiers die Piketberg Museum op 15 Desember 2011 besoek. Die besoek is deur Jerome Smit, die organiseerder van die Spele, gereël.

VLV Jaarafsluiting Die bekende kliniese sielkundige, skrywer en motiveerder, dr ST Potgieter, was die gasspreker by die onlangse afsluitingsvergadering van die Piketberg VLVtak. Dr Potgieter het die groot gehoor geboei met sy raad oor die hantering van krisisse en die wyse waarop jy die lewe en sy uitdagings aanpak.

Saam met Dr S T Potgieter op die foto is Riana Richter (voorsitter) en Dinette Lochner (sekretaresse). Foto: Berenice Scheepers

Woman Alone Foundation sê dankie

Die Woman Alone Foundation het 'n dankie-sê geleentheid gereël waar van die produkte wat deur die jaar gemaak is, uitgestal is. Om aan dié organisasie te behoort, beteken dat jy in jou vryetyd baie leer en jou gees verryk. Op die foto is die lede van die Woman Alone Foundation Trust. Agter Joyce van Rooy, Annabelle Lawrence, Dannelene Noach en Joan Booys. Voor is Joan Links, Lena Sofat, Jenny Klaasen en Eileen Johnathan. Foto: Marietha Goosen

Onthou om te herwin

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Henk Pieters

071 583 6164


12

Trippe Trappe se Super Cool bootrit

Foto‘s: Kinna Rossouw


13

Fokus Op... Die Liefde

André van Zyl en Annalize Fox is op 5 November 2011 in die NG Kerk Piketberg getroud. Die onthaal was by De Berge Gastehuis Foto: Giliam Olwage

Johan van Lill en Hendrien Joubert is op 17 Desember 2011 in die NG Kerk op Montagu getroud. Foto: Germinate

Februarie is die maand van liefde Bederf jou geliefdes op Valentynsdag—Dinsdag 14 Februarie

Nuwe uitdaging vir Jaendri

Jaendri Smith Foto: Marietha Goosen

Splinternuut uit die Hugenote Kollege op Wellington, splinternuut in Piketberg by 'n splinternuwe werk, is Jaendri Smith van Middelburg in die OosKaap. Jaendri is as Maatskaplike Werker gekwalifiseer en het die pos as Maatskaplike Werker by die ACVV aanvaar. Jaendri is reeds tuis en vind almal in haar omgewing aangenaam. Baie welkom—Red.

Wolwekuil en CANSA bied aan 'n aand saam met Andries Vermeulen Datum: 25 Februarie 2012 Tyd: 19:00 vir 20:00 Plek: Wolwekuil Piketberg Koste: R100 p/p sluit 'n ete in Kontakpersone vir kaartjies: Mirina 072 399 5447, Tertia 083 229 7433, Corene 022 913 2007, Piketberg Apteek: 022 913 1600. Kontantkroeg (geen eie drank) Wynveiling ten bate van CANSA. Ook rugby memoribilia, geskenkbewyse en gelukkige trekkings.

Nuwe Maandelikse Fokusblad ‗n Nuwe jaar bring nuwe planne en geleenthede. Hierdie maand begin ons met ‗n splinternuwe blad wat fokus op ‗n spesiale geleentheid. Hierdie maand fokus ons op die liefde aangesien Februarie die maand van liefde is. Ons versoek ons adverteerders/ voornemende adverteerders om ‗n spesiale advertensie op hierdie blad te plaas. Moontlike ―Fokus op…‖ blaaie vir die res van die jaar is MaartDieresorg; April-Jou Kind; MeiMoedersdag; Junie-Vadersdag; Julie-Mediese sorg/liggaam/ fiksheid; Augustus-Die vrou; September-Huis en Tuin; Oktoberomliggende dorpe/coffee shops/ oornagplekke; November-Jou motor e n D e s e m b e r - Va k a n s i e p r e t / Kersfees. Indien u ‗n spesiale diens of produk in een van hierdie uitgawes wil adverteer of natuurlik ook enige ander uitgawe kan u gerus vir Margaret Smit kontak by 022-913 1777 of u kan ‗n e-pos stuur na diepiketberger@gmail.com


14

Al weer sulke tyd - magdaleen van zyl As ek by my ma kuier, dan kla sy altyd so ‗n rukkie lank omdat ek te min met haar praat en my neus alweer in tydskrifte begrawe is. Ek koop nie eintlik tydskrifte nie, so as ek by hulle kuier, lees, of altans blaai ek al die stapels deur wat opgehoop het vandat ek laas daar was en dis nogal lywige hopies van al wat ‗n bekende en onbekende tydskrif. Die goed oor naaldwerk en handwerk ignoreer ek natuurlik summier, want almal weet tog ek kan nie eens ‗n knoop aanwerk nie, maar dan is daar nog steeds ‗n hoërige hoop. My pa raak gou kriewelrig vir enige iets wat net lyk na ophoop en bied dadelik aan dat ek sommer als kan huis toe neem, tot my ma se misnoë wat nog die helfte van die tydskrifte wil deurblaai en die ander helfte se resepte en wenke moet sy nog uitskeur. Ek dink laasgenoemde gebeur net nooit, maar dit is in haar gedagtes. So blaai ek nou vanaf die afgelope maand weer ekstra getrou in al wat ‗n tydskrif is, want dit is alweer daardie tyd van die jaar: swembroek-soek-tyd! Mmmmm……… dis nogal nie vir sissies nie. ‗n Bladsy vol swembroeke vir mense met ‗n appel-figuur. Dan ‗n bladsy vol swembroeke vir mense met ‗n peer-figuur. Ek voel of ek sommer ‗n hele vrugteslaai verteenwoordig, en kan my lyf nie in enige van die voorgestelde swembroeke sien nie. Als lyk vir my so mikroskopies en die modelle se babapiesang-figuurtjies help ook nie eintlik nie. Nee-wat, my ou swembroek moet maar doen. Een van my oues, ek het ‗n paar. Ek is eintlik geholpe, dink ek! Ag, ek voel net te dankbaar dat ek nie deur die winkels hoef te dwaal vir ‗n swembroek nie. Ek hou mos hoeka niks van shopping nie. Terug by die huis, kos dit omtrent grawe in my kas om die ou swembroeke op te spoor. As jy die een sien, sal jy verstaan hoekom ek gesukkel het om dit op te spoor: die bostuk(KIE) lyk soos twee posseëls met ‗n verbindingskoord en die onderstuk lyk soos ‗n klein koevertjie. Wanneer het ek dit gedra? In standerd twee of wat???? Dis nogal so ‗n swart ―leatherlook‖ besigheid. Dan is daar ‗n rooi nommertjie wat ek nie lekker onthou nie en ook nie verstaan wat van my daarin gegaan het nie. Ek laat myself nou bietjie ‗gewaagd‘ klink en moet myself nou eers daaraan herinner dat ek op ‗n stadium wel 50kg geweeg het. Lank gelede. Dis lank terug, so konsentreer op die hede: dan is daar ‗n ander, skaflike swembroek wat nogal pas ook, maar so deurgeskif is van die chloor dat ek dit summier moet weggooi, ai, net toe ek dink ek het nou die swembroek-krisis opgelos. Ek lê later op my maag om doer in die agterste hoek van die onderste kasrak te grawe en kom sowaar op nog twee swembroeke af. Een is bietjie uitgerek, maar kan darem seker doen hier in my eie swembad (gelukkig duik ek nooit woes nie!) en die ander een is sowaar nommer pas. Kan een enkele vrugteslaai-figuur dan nou so gelukkig wees. Maar verstaan my mooi: net soos baie van julle se swembroeke is dit wel nommerpas, ek sê nou net nie hoe ek daarin lyk nie!!

Soek!!!!! Strooi om te baal! Skakel Michael Smuts 083 603 0007

Piet Bruwer se stories vervolg…. deur Pierre Steenkamp Die grootste rotskuns tekening in die wêreld. Ek en Piet het een aand Kaapstad toe gery om na ‗n bespreking oor rotskuns vanoor die hele wêreld te luister. Gedurende die aand is ‗n dokumentêre film gewys wat handel oor die ooreenkomste en verskille tussen die rotskuns in Suid-Afrika en die in Australië en Frankryk. Daar is ook parallelle getrek tussen die manier hoe die sjamane mense geteken het wat in vervoering was en hoe die renaissance skilders heiliges met ‗n stralekrans bo hulle kop geteken het. Piet vertel my toe dat daar in een van die koppe wat uitkyk oor Verlorenvlei, ‗n oorhang is met ‗n skildery van drie buffels. Een van die buffels is van sy kop tot sy stert ongeveer twee meter lank. Hierdie twee meter lange buffel is blykbaar die grootste rotstekening in die wêreld. Die meeste rotstekeninge bevat slegs klein figuurtjies en daarom is hierdie tekening uitsonderlik. Piet vertel dat die tekening deur ‗n man wat op soek was na een van sy skape, ontdek is. Die man was blykbaar baie moeg nadat hy die kop uitgeklim het en het op ‗n klip gaan sit met sy rug na die Verlorenvlei en sy gesig na die rotswand. Voor hom het hy behalwe die kleiner figure van mense en elande ‗n interessante okerkleurige ronde kol gesien. Hierdie kol was vreemd omdat hy nog nie iets soortgelyk onder rotstekeninge gesien het nie. Hy het effens agteruit beweeg en skielik besef dat die kol saam met ander lyne op die rots ‗n groot skets van ‗n buffel is. Nadat hy die eerste buffel kon uitmaak het hy nog twee verdere buffels kon herken. As ‗n mens voor hierdie tekening sit dan kry jy amper dieselfde gewaarwording as wat jy kry wanneer jy na een van die 3-D tekeninge kyk wat soms in Die Huisgenoot verskyn. Die een oomblik sien jy nog niks en ewe skielik sien jy die prent duidelik. Met die buffel se skets is dit ook so. Die een oomblik sukkel jy om die buffel raak te sien en die volgende oomblik staan hy glashelder voor jou.

DUP MEUBELS Mnr D van Wyk en Mnr C Adams het elk ‗n Pioneer DVD-speler gewen in Dup Meubels se gelukkige trekking kompetisie. Dup bedank elke pesoon vir hul volgehoue ondersteuning en in besonder aan die onderskeie pryswenners. Jacques Du Plessis oorhandig die pryse aan die wenners. Dup Meubels se personeel wens almal n voorspoedige 2012 toe. Foto‘s: Doreen Du Plessis


15

Nobody’s Perfect Balletkonsert Die leerlinge van Biddy Langenhoven Balletskool het die geleentheid gekry om self die choreografie vir hulle konsert te doen. Hul oorsrponklike en oulike choreografie het gesorg vir ‗n baie vermaaklike program.

Man met ‘n stem Johan Myburgh het onlangs deelgeneem aan ‗n nasionale sangkompetisie in die Vodadome in Johannesburg. Tydens die SATCH (South Africa Talent Search) kompetisie het hy weggestap met Goud vir Country, Silwer vir Gospel en Silwer in die Ope Afdeling. Baie geluk, Johan—Red. Foto: Verskaf

Jomari Rossouw

Marianne van der Merwe

Die Bolandsuperspar Musiekbeurs vir ‘n belowende student is vanjaar toegeken aan Izandro Claasen. By hom is Marius Scholtz, Tertia van Dyk en Alison Muller, musiekonderwyseres.

Erekleure vir twee sportsterre Jané Eksteen

Andrea Visser

Christine van der Merwe

Suzaan Bassett en Nicol van Schalkwyk het erekleure ontvang vir onderskeidelik tennis en atletiek. Foto‘s: Karien Bassett en Marietha Goosen Petro Grundlingh, Janke van Schalkwyk, Ané Rheeder en Carli Rossouw Foto’s: Kinna Rossouw

Carina Smit en Yvona Louw

KLEREHANGERS Die ACVV benodig klerehangers. Indien u beskikbaar het, kan dit tussen 08:00 en 13:00 by die ACVV kantoor afgelewer word.

Meer as 100-tal vir Dewald Dewald Kirsten, 0/15 krieketspeler van PHS, het die nuwe jaar op ‗n hoogtepunt afgeskop deur 153 lopies aan te teken in ‗n wedstryd teen Parel Vallei op Saterdag 14 Januarie te Piketberg. In die proses het sy span hulle seisoen afgeskop met ‗n wen! Sover bekend is dit die eerste 150 lopies op PHS se veld. Hy het onder andere veertien sesse geslaan. Foto: Jaco Joubert


16

PHS se Graad 1’s begin hul skoolloopbaan

Carika Carstens met De Wet Juffrou Hanlie Kleynhans verwelkom Juné Osborne

Sydney en Elise Pietersen met Jeeno

Annetjie van Zyl met Manus in gr 1 en kleinsus Wilmari

Maritza van der Merwe met Mika

Jacques en Carmen Lambrechts met klein Jacques

Mamma Lizl Rossouw praat 'n laaste woordjie met Jomari

Klein Alna Dippenaar Mamma Lizl Kotzé met met ma Belinda Leandri

Jorina Brand met Gerhard

Ilse Bruwer en kleinsus Lize sê tatta vir Anette Juffrou Hanlie Kleynhans met haar Gr 1-klas

Foto’s: Marietha Goosen Ma Annie met Leanne Diederick Links Ma Alicia Niang met klein Abdoulaye

Roland Jelliman en Elsje Basson


17

Steynville se nuwe leerders

Die Gr R(4)-klas met Elouise Julius Die Gr R(1)-klas met Juffrou Gerty Esau

Die Gr R(2)-klas met Juffrou Mariaan Fortuin

Juffrou Lynette Williams met haar Gr R(5)-klas

Juffrou Elmarie Abrahams met haar Gr R(3)-klas Foto‘s: Marietha Goosen


18

B

Blou Span wen PHS se Kleure Atletiekbyeenkoms

Foto‘s: Kenneth Smit

Robert Edmonds en Junanri Richter, blou span se leiers

JJ Stander senior Victor Ludorum

Die rooi span wen die groep aflos, hul leiers Labozet Tredoux en Carike Wiggins

Roman Zaal, snr seun, verspring

Reinhardt Smith, snr seun hekkies

AJ de Wilzin, snr seun worpe

Karli Truter, snr meise, naellope

Karli Truter en Vivian Human, deel die snr spronge beker

Suzaan van der Merwe, snr meisie, langafstand

Anke Schreuder, jnr meisie, velditems

Bendert Smit, Blou span jnr kaptein, Laerskool puntebeker

Duan Janse van Rensburg, jnr seun langafstand

Harry Roux, jnr seun, hekkies

JanĂŠt Stander, jnr meisie, naellope

Lize-Mari Engelbrecht, snr meisie, hekkies

Elske Pieters, jnr meisie, langafstand

Marijke Visser senior Nicol van Schalkwyk Victrix Ludorum Junior Victor Ludorum

Janke van Schalkwyk Junior Victrix Ludorum

Herbst van der Merwe, snr seun, langafstand


19 BOLAND SUPERSPAR LAAT-AAND KERSINKOPIE KARNAVAL Kersvader en sy elfies het hierdie jaar gesorg vir groot opwinding tydens die Boland Superspar Laataand Kersinkopie Karnaval. Die wenners van die Boland Superspar Inkleurkompetisie het elkeen ‘n geskenkpak van Kersvader ontvang. Daar was elke 15 minute ’n gelukkige trekking waar 13 kliënte ietsie ekstra hierdie jaar in hul kerskous ontvang het. Kersvader en sy elfies het die jongspan vermaak deur gesigverf en ietsie vir die soettand.

PENSIOENARIS KLUB WENNER VIR FEBRUARIE

Baie geluk aan die Boland Superspar-span! Boland Superspar is aangewys as een van die wenners in die ‘SPAR

EERSTE PLEK

LADDER OF SUCCESS’

kompetisie. Sien die volgende uitgawe vir meer inligting.

BOLAND SUPERSPAR DESEMBER R1000 KOOPBEWYS WENNER

Baie geluk aan Mev Elizabeth Esau wat hierdie maand ’n koopbewys ter waarde van R441 gewen het. Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) die koopbewys aan haar. Baie Geluk!

Boland Superspar het vanjaar dit moontlik gemaak dat een kliënt die nuwe jaar afskop op ‘n hoë noot! Die gelukkige wenner van verlede maand se R 1000 Koopbewys kompetisie is Leandra Loubser. Hier oorhandig Delanie Jooste die bewys aan haar.

Onthou elke Vrydag is Markdag by Boland Superspar!


20 Hou die kassie dop vir die opwindende NUWE TOPS

BEMARKINGSVELDTOG wat beloof om enige partytjie op te kikker met ‘n unieke woordeskat, alles saam gevat in die

‘TOPS DRINKTIONARY’! Baie geluk aan Katinka Morrison wat die gelukkige wenner was van ‘n Fondue Stel in Desember, oorhandig deur Shireen Okkerstein.

Besoek gerus die TOPS blad op Facebook vir meer inligting! www.facbook.com/topsatspar

BOLAND SUPERSPAR TOEKENNINGS-AAND IN ‘LAS VEGAS’! Op 6 Desember het Boland Superspar hul Toekennings-aand en Jaareind-viering gehad “’Las Vegas Style”. Die volgende spog toekennings is uitgedeel: 5-Jaar Langdiens toekennings; Cecelia Benjamin, Liezel Benjamin, Nadia Klaase, Patricia Bowers, Elizma Claasen, Mervin Dietrich, Nadia Dirks, Charleen Fortuin, Genevieve Javan, Carmon Miggel, Shireen Okkerstein, Jenecke Owies, Margie van Wyk, Leze Marie Vaughan, Delanie Jooste, Jeremy Cleophas. 20-Jaar Langdiens Toekenning; Marlene Visagie. ‘n Handjie vol individue is ook uitgesonder vir onder andere Beste Vordering (Deonett Adams), Beste Kliëntediens (Flip Markus), Staatmaker van die jaar (Cicero Pedro) en Spanlid van die jaar (Pieter Moore). Die personeel het omtrent opgetof vir hierdie glansgeleentheid, en ons het tot ‘n bruidspaar met hul gevolg gehad om dit ‘n eg ‘Las Vegas’ ervaring te maak.

Baie Geluk aan al die personeel wat ‘n 5 Jaar Langdienstoekenning ontvang het

Baie Geluk Deonett Adams Beste Vordering!

Baie Geluk Pieter Moore. Spanlid van die Jaar!

Baie Geluk Marlene Visagie. 20 Jaar Langdienstoekenning!

Baie Geluk Cicero Perdo. Staatmaker van die Jaar!

Piketberger Februarie Nuusbrief  

nuus, piketberger

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you