Page 1

1

Jaargang 21 Nr. 1

www.piketberg.com

Februarie 2014

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Robyn in Top 20 Robyn Paterson van PiketBo-Berg het die onlangse matriekeksamen met sewe onderskeidings geslaag en met 99% vir Engels het sy die hoogste punte in die Wes–Kaap behaal. Robyn is ook op Wes-Kaap se Top 20ranglys. Robyn attended PHS from Grade R to Grade 7 and was deputy headgirl in that year. Robyn then attended Rustenburg Girls High in Rondebosch, Cape Town as a weekly border. She had a very busy matric year with a lead role in a drama production, drama being her huge passion. Robyn was head girl of the school hostel, Erinville and took part in the swimming and running club. Robyn plans to study BA Law at the University of Cape Town. Piketberg is werklik trots om so ‘n kandidaat op te lewer. Robyn Paterson

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... PHS 100% slaagsyfer...p4 Top Student...p4 50 Goue Jare...p4 A-kandidate 2010...p6 Die Piketberger 20 jaar gelede...p10 VLV Datums vir 2014...p12 Tuinbouklub Nuus...p12 Nuwe opvoeders...p16 Skolenuus...pp18,19 Leeskringnuus...p20 Wat sê die reg?...p22 Biblioteek Nuus...p24 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

℡ 022 913 1939 022 913 2404

Green Tree Café Join our Loyalty club today! Piquetberg Mall open 7 Days a week!


2

Redaksioneel

Briewe van ons lesers...

Highway na Heavan in die Hubmobile In ‘Die Burger 50 jaar gelede’ word vertel van die nuwe voertuig wat een of ander minister aangeskaf het @ R10 000.00. Die voertuig het kragstuur en veiligheidsgordels. Dit vertel ek sommer by die see aan die etenstafel. My 85jarige pa onthou dadelik hoe hy en sy ouers in 1937 Kaap toe moes gaan om hulle Hub-mobile te gaan verkoop waarvoor hulle £100 sou kry. Die plan is om dan in die Kaap 'n 1937-Standard @ £325 aan te skaf. Nadat hulle drie, my oupa Jaap en ouma Peggy en hulle 8jarige seun en ook oom Eppie Uys vanaf Albertinia vertrek het, het hulle in die nag oom Eppie se broer, Doris, op Riversdal opgelaai - die drie groot manne voor en Ouma en Pa agter. By die handelaar aangekom, was die verbasing groot toe hulle slegs £50 kry en nie die beloofde £100 nie. Iewers moes die geld vandaan kom. Oupa het 'n polis by Ou Mutual en besluit om met mnr Parker te gaan onderhandel. "Nie voor oor twee dae nie", was die sekretaresse se opmerking, "mnr Parker is baie besig". 'n Minuut of twee se verslaenheid het gevolg voor Oupa die volgende moedige woorde spreek: "Juffrou, sê asseblief vir mnr Parker dis Jaap Cronje van Albertinia". So gesê so gemaak. Die volgende oomblik verskyn 'n verrasde mnr Parker en groet gulhartig: "Ou Japie, maar ek is bly om julle te sien! Kom b i n n e ! " Daar in die grote Kaap, in die Ou Mutual kantoor van mnr Parker, word die lening goedgekeur oor 'n koppie tee... Aan my eie lyf voel ek die koestering van erkenning. Mnr Parker se optrede het die hele uitstappie verander in 'n aangename 'onthou-storie'. En ek onthou deel van die storie is 'n ouma wat oppad Kaap toe met sonsopkoms op die agtersitplek van die Hubmobile vir haar seuntjie sê: "Die son kom op - ons moet godsdiens hou"...en sy prewel saggies haar gebed vir die dag...

Liefde Marietha

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796 Advertensies: diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Christo en Linda van Schalkwyk skryf... Sjoe, maar ek was baie bly oor die nuwe Lions telefoongids wat in ons posbus vir ons gewag het – sommer ‘n baie welkome verwelkomingsgeskenk na die vakansie. Dit is al sommer dadelik in gebruik, alhoewel ‘n mens ookal so “spesiale verbintenis” met die pienk boekie het – Christo sê self die blaaie voel al so dun van al die geblaai. Baie dankie – ons advertensie vir Oregon & More en Stik en Stoffeer is daar en soos ons dit alles bespreek het en belowe is. Ons besef dat dit baie beplanning en harde werk gevra het. So, uit ons harte – BAIE, BAIE DANKIE DAT JULLE AL DIE MOEITE EN TYD DAARIN GESIT HET EN OOK AAN MERCIA EN MARIETHA. HULLE EN JULLE BLY STAATMAKERS. Well done! Dankie vir die groot dankie - hulle is maar skaars! Ons is besig om die besighede se Gidse uit te deel, so julle sal dit seker binnekort kry. Johan en Joan Lees gerus die Lions se kennisgewing op p13 in dié verband –Red WAF Burger skryf… Piketberg mense is prestasie mense, innoverend, sterk van karakter, eerlik en trots. Ons het ook die voorreg om uit te kyk oor 'n pragtig uitgestrekte denkbeeldige lappieskombers landskap na die Ooste, ook so agter ons berg na die Weste, maar in ons dorp bly ons tuistes vir ons die beste.

Piketberg se Swartkat skryf... In my derde brief aan julle, vertel ek julle graag van iets wat vir my sinoniem is aan vakansie. Ek sit een aand gedurende die afgelope vakansie, gefassineerd deur die braaivleis vuurtjie voor my en besef ek net weereens… braai en vuur is so eg Suid-Afrikaans. Dit is in ons bloed en tot ‘n mate definieer dit ons as Suid-Afrikaners. Gedurende vakansies ruik jy braaivleis vuur, baie meer pertinent as enige ander tyd van die jaar. Kamp koffie word soggens vroeg gestook en saans laat sien jy nog die laaste rook êrens trek vir ‘n klein stukkie wors se braai. Die reuk van vuur is orals, hetsy jy nou kamp, of ‘n huisie êrens te besit, of sommer net hier in Piketberg. Musiek speel uit alle uithoeke, mense lag en maak grappies, en daar is ‘n aansteeklike ‘goedvoel gemoed’ in die lug wat almal raak. Terwyl my oë bevrediging kry deur die verskillende kleure van die vuur se vlamme vertoning, en die sagte knetterende sang daarby… is my gedagtes leeg, en my hart vol gemoedsrus. Alles raak stil rondom my en vir ‘n oomblik maak niks in die wêreld daar buite saak nie – ek dink nie aan wat die nuwe jaar vir my inhou, of wat hierdie jaar moet en moontlik kan gebeur nie. Vir dié oomblik is dit net ek en die koor van vlamme voor my. Maar êrens op ‘n kol “zone” ek terug na die werklikheid, en wonder ek of al hierdie brandende stompies hier voor my, nie ons as mense simboliseer nie? Ons is almal individue, elkeen met sy eie unieke storie en letterlik en fi-guurlik uit verskillende ‘familie bome’, maar as ons ‘n gemeenskaplike punt van belang kry wat ons aan die ‘brand steek’, het ons saam die potensiaal om iets voortreflik te bereik. Saam kan ons ‘n brandende vuur wees! Saam het ons die potensiaal om donkerte met lig te vul, en die koue met hitte te oorwin. Wat ‘n voorreg is dit nie, om soveel gemoedsrus en tevredenheid te kry uit iets so eenvoudig soos ‘n vuur!?


3


4

100% Slaagsyfer vir PHS

Hoërskool Piketberg spog weereens met ‘n 100% slaagsyfer. Hierdie klas van 2013 het ook die ongelooflike prestasie behaal waar 81,7% van die kandidate toegang tot ‘n graadkursus behaal het. Hierdie groep van 60 het 4 A-kandidate, 20 B-kandidate en 13 Ckandidate opgelewer. Saam met Marius Scholtz, skoolhoof is Juné van der Westhuizen, 3de met 3 A’s (81,1%), Tinus Bronkhorst, 2de met 6 A’s (82,7%) en Ané Venter 1ste met 7 A’s (83,3%). Op die inlasfoto is Marian Stone, 4de met 5 A’s en ‘n gemiddeld van 80,3%.

Top Student Liebre Eigelaar het die Gap Year Programmme in Entrepreneurship and Management gedoen in Stellenbosch by die Universiteit van Stellenbosch se Besigheidskool. Sy was een van die drie top studente van die program in 2013. Hulle was in totaal 60 studente wat die kursus gedoen het en het `n diploma ontvang aan die einde van die kursus. Liebre het die kursus gedoen om meer te leer oor besigheid, sodat sy haar eie suksesvolle besigheid kan begin.

50 Goue Jare

Foto: Edó Photography

Somer Uitverkoping Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel

022-942 1787 Riana Smit

Hennie en Johanna Langeveldt wat op 28 Desember 1963 te Barberton, Mpumalanga getroud is (foto regs), het hul 50ste huweliksherdenking op 28 Desember 2013 saam met hul kinders en kleinkinders op Langebaan gevier. Foto verskaf

022-913 2418

022-942 1787

082 921 1977

Liebre Eigelaar Foto verskaf


5


6

PHS se A-kandidate van 2010

Die matriekklas van 2010 se A-kandidate was agter CP van der Merwe, Edo Mostert en Leon van der Westhuizen. Voor is Kristen Coetzee, Martin Gouws en Nadia Visser (inlasfoto). Ons het gaan uitvind wat hul tans doen… CP van der Merwe is tans besig om BSc Agric te studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. “Dit gaan goed met my studies en ek geniet dit baie. Ek is nie seker wat die toekoms inhou nie, maar ek gaan die geleenthede wat oor my pad kom met beide hande vasvat.”

Leon van der Westhuizen het sopas sy eerste BAS graad in Argitektuur voltooi en keer hierdie jaar terug om sy meesters te doen tot 2015. “Ek is die afgelope 3 jaar aangewys as top student in die Argitektuur departement asook top student van die universiteit van Port Elizabeth (NMMU) waar ek 'n ‘Golden Key International Membership’ ontvang het. Verlede jaar het ek ook aan kompetisies deelgeneem waar ek as Top Student Designer in 2013 aangewys is vir Ceasarstone. Ek gaan in April 2014 tyd saam met die Ceasarstone maatskappy deurbring in Italië waar ek Rome en Milan gaan verken en die Eurica World Kitchen Expo gaan bywoon.” Martin Gouws het aan die einde van 2013 klaargemaak met sy studies by CityVarsity in Kaapstad, met 'n Gevorderde Diploma in Film en Televisie produksie. “Ek is aangewys as "Best Producer" in my klas in my 2de en 3de jaar. Op die oomblik werk ek by Lucky Rabbit Films, 'n film produksie maatskappy wat mees-tal advertensies doen vir internasionale kliënte en ek geniet elke oomblik!”

Edó Mostert is tans besig om aansoek te doen om op die bote te gaan werk vir die jaar 2014. “Intussen werk ek aan my gunste-ling stokperdjie, fotografie, om my portfolio op te knap, asook 'n grafiese ontwerp werkie hier en daar. Ek het by Inscape Education Group (Woodstock, Kaapstad) geswot en my graad as 'n "Bachelor of Design, specializing in Interior Design" ontvang aan die begin van Desember 2013. Na 3 jaar van harde werk het ek as top student in my klas gegradueer met onder-skeidings vir my finale taak, tesis (wat gebaseer is op negatiewe tendense in Piketberg se voorheen benadeelde gebied) asook my derde jaar visuele portfolio. Wat die toekoms na 2014 inhou is op hierdie stadium nog vaag, ek sal graag wil fotografie doen oor naweke en 'n vaste werk hê gedurende die week. Ek is wel betrokke by kleiner inisiatiewe soos "Ex_sample" wat 'n goedgekeurde projek is wat deel vorm van Kaapstad se "World Capital of Design 2014" en ek skryf ook vir die nuwe blog "I am Capetonian" wat sowel Kapenaars as mense buite Kaapstad 'n kykie gee in die lewe van iemand wat in die stad bly. My interior design werk kan gesien word by die volgende link: www.behance.net/edo_mostert en my fotografie werk onder Edó Photography op Facebook.

Kristen Coetzee is tans klaar met haar derde jaar van onderwys op Wellington. “Einde Januarie registreer ek vir my vierde en finale jaar van my B.Ed VOOgraad met my hoof-vakke as Wiskunde en Rekeningkunde. Tot op hede het ek elke jaar nog met 'n onder-skeiding geslaag en het alreeds twee ‘Academic Giant Awards’ agter my naam. In my finale jaar wag daar 'n internskap van ses maande by Hoërskool Labori in die Paarl. Die groter plan is om in die volgende 10 jaar ook my honneurs-, meesters- en doktorsgraad te voltooi. In my vrye tyd het ek onlangs begin rugby speel. Ek het verlede seisoen vir Pniel Villagers Vroue gespeel waar ons 3de in die WP Vroueliga geëindig het. Ek het ook die 2de rondte van WP 7's proewe gehaal. Dit is net ‘n lekker tydverdryf. Verder pak ek nogsteeds elke dag met 'n glimlag aan en is baie positief oor die toekoms.”

Nadia Visser het na skool twee ‘gap years’ gevat. “Die eerste jaar het ek Stable Management geswot en die jaar daarna kunsklasse gegee by die Coetzee Ateljee. Ek het einde verlede jaar klaargemaak met my eerste jaar van Event Management by Prestige Academy. Ek was eerste in my jaargroep met ‘n gemiddeld van 86%. Ek studeer en woon in Belville, waar ek ook deeltyds ‘waiter’ en ‘au pair’. Event Management is net my ‘stepping stone’ tot my groot droom, om eendag my eie perdeplaas te besit. Die plan is om dit te doen totdat ek genoeg geld het om my plaas te koop en dan my droom na te jaag!”


7


8

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Flip van Niekerk e: finefeathers@telkomsa.net * m: 082 615 6747 t: 022 913 1539 * Kellermanstraat 4 * Piketberg * 7320

Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en hondehokke of … Hierdie advertensie borg ‘n sterilisasie! word geborg deur Kontakbesonderhede: Sam en Berenice Scheepers

Minette: 079 249 1535 BerylBeryl-Ann: 071 828 7952 animalwelfarepiketberg@gmail.com

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

Kekkel & Kraai Hoender-en-MielieTortillas 4 Hoenderborsies, gaar en gepluis 250ml pitmielies 250ml gerasperde mozzarellakaas 60ml mayonnaise Sout en vars gemaalde peper 100g spinasie, gesnipper 4 tortillas . Voorverhit die roosterelement van die oond.

‘n Nuwe jaar met nuwe geleenthede! Dit was regtig lekker om na ‘n vakansie ons mooi dorp binne te ry en te besef… hieraan sal ek gewoond kan raak. Ek hoop elkeen van u het ook ‘n heerlike kans gehad om uit te Hanlie Linde rus, saam met familie en geliefdes onvergeetlike herinneringe en foto’s bymekaar te maak en is reg vir 2014! Ek is. Ons is. Iewers in Mei 2014 (die presiese datum moet nog aangekondig word) gaan ons stembusse toe om ons Nasionale- en Provinsiale Regerings te kies. U het nog geleentheid om te re-gistreer om te kan stem. Gebruik dit! Jy kan deurlopend registreer by die OVK se kantoor op die h/v Langstraat en Die Trek (of kontak Ellsforth Booys by 022 913 1847). Of u kan registreer op die laaste registrasie-naweek tydens 8 - 9 Februarie 2014. Ek sê altyd… As jy nie stem nie, gee jy jou reg op om te kla as daar iets is waarvan jy nie hou nie. Die Munisipaliteit het 2013 afgesluit op ‘n hoë noot deur ‘n baie positiewe oudit uitkoms te kry na die Ouditeur Generaal se jaarlikse oudit. Ons uitslag is ‘n baie groot verbetering op die vorige jaar en ‘n pluimpie vir elkeen wat by die Munisipaliteit werk. Baie geluk aan al die Raadslede en alle amptenare. Nou kan ons net verder voortbou hierop en steeds verbeter. Ons is reeds hard aan die werk met die 2014 - 2017 begrotings en ek wil nou reeds ons publiek uitnooi om deel te word hiervan. Die publieke vergaderings sal plaasvind van 7 – 15 April 2014. Teken solank die datums aan. Ek is lus vir 2014! Wat ek die week besef toe ek terug is van vakansie af, is hoe lekker dit is om elkeen wat by jou verbyry of –stap te groet. Dit is ‘n kenmerk van Piketberg wat ander dorpe nie het nie. Dit maak ons uniek en laat my hart warm klop. Wees gegroet vir 2014! Geniet hom.

Gelukkige Braaiwenner

Meng al die bestanddele behalwe die tortillas. Geur met sout en peper. Verdeel die vulsel tussen die tortillas, smeer op en vou in die helfte. Rooster tot goudbruin, halveer en sit voor

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Thea van Niekerk is die gelukkige wenner van die ‘Black Label’ Braai wat deur die SA Brouerye geborg is en by die Swartland Blue Bottle Bottelstoor op Piketberg te wen was. Veels geluk! Saam met Thea op die foto is Hestrolene Abrahams van Swartland Blue Bottle Bottelstoor op Piketberg. Foto verskaf


9

-


10

deur Jannie Lategan

20 Jaar Gelede — Februarie 1994 VOORBLAD: Brand rondom Piketberg besorg bewoners benoude oomblikke. ANDER BROKKIES: Bata Rabe, in beheer van die koelkamers van Piketko, ontvang die trofee vir die beste prestasie behaal in die Appelbedryf se jaarlikse kompetisie. Frank Somers, een van Piketko se vragmotorbestuurders, het ‘n spesiale toekenning ontvang van Sentraboer nadat hy 500 000km ongelukvry afgelê het. Dertig jaar diens erkenning : Deon van Dyk, adjunk-hoof van PHS het op 25 Februarie 1994 ‘n goue horlosie van mnr J C Beukes SO ontvang. Na ‘n lang wag van ongeveer ‘n jaar en ‘n half was daar groot opgewondenheid toe die deur van die nuwe Biblioteek geopen is. By PHS se Kleurebyeenkoms is altesaam 15 rekords gebreek. Die Goudspan het geseëvier. By die Koringstreekbyeenkoms vir laerskole het Piketberg uitstekend presteer en 28 Piketbergers is opgeneem in die Koringstreekspan. Laerskool Eendekuil se nuwe swembad word ingewy. Die leerlingtal van Steynville Sekondêr is tans 1 116 en daar is 54 leerkragte.

Redaksie ontmoet Intekenaar

“Atletiek, metafoor van die lewe!” Ons staan reeds enkeldiep in 2014! Vir talle, is dit hipoteties gesproke “opstaan en weer probeer!” Vir vele ander, is dit die ry op die kruin van die golf. In die seisoen van atletiek, is daar skaars mooier woorde as die van die sangeres Janita Claassen as sy nostalgies sing: ”Hartloop my kind. Die lewe is ‘'n afloswedren my kind...hardloop, hardloop soos die wind om sange na jou vreugdedeel te bring. Die lewensspel het mos sy reëls en hiermee sal jy inspirasie vind. Hardloop, hardloop my kind...die lewenspad lê voor jou oop – dis 'n opdrag en 'n lewenstaak waar ons sal kyk wat jy met jou lewe wil maak. Hou vas – hou die pas. Hardloop my kind. Jy is deel van hierdie span en in die wedren. Pas net al die reëls toe wat jy kan. Maak nie saak wie is voor nie, dit gaan nie oor wen of wie verloor nie. Om jou kant te bring, my kind, is om te wen! Hardloop, hardloop my kind – die lewenspad lê voor jou oop...dis 'n opdrag en ‘'n lewenstaak en ons sal kyk wat jy met jou lewe maak! Hou vol, hou die pas en hardloop en almal op die lewens-pawiljoen kyk wat jy met jou wedloop doen. Die lewe is ‘'n afloswedren my kind, hardloop my kind, soos die wind! Almal op die lewenspawiljoen kyk wat jy met jou lewe doen. ‘'n Blye lag, gee die aflosstok aan die toekoms-geslag wat wag! 'n Mens raak soms moeg, maar 'n blye dag vervul die droomwens wat in die toekoms wag!” Kersvreugde- en Nuwejaarswense vervaag in die roesmoes van elkeen se voortstuwende lewe. Die tyd wat geliefdes met mekaar kon deel, het aanvanklik sò oneindig lank gevoel en krampagtig is daar aan tyd vasgehou en helaas tog maar die greep verloor. Afskeid en totsiens, is die onafwendbare. Die spierwit soom van die bruisende branders, groet helaas hartseer, as die tog huiswaarts aangepak moes word. Die blanko dagboek van 2014, wag om bladsy vir bladsy geskryf te word. Elke dag is volgepak met uitdagings wat haas uur vir uur ontvou. Soms is talle slegs willose toeskouers...ander weer meedingers op die renbaan van tyd. Balans in alles, is waarskynlik oral nodig, nie té min, maar ook nie té veel nie! Hierdie rubriek dra sy hartlike gelukwensinge oor aan elke student, wat die “eerste rondte” van die renbaan voltooi het!

Die Piketberger se datums vir 2014

By die laaste Bergmark van 2013 het die Redaksie van Die Piketberger kennis gemaak met besoekers uit die Kaap. Was dit toe nie ‘n verrassing om uit te vind dat dit al die tyd jarelange intekenaars op Die Piketberger is. Barbie Breunissen en Marietha Goosen het vir Johan Smith, vroeër van Piketberg en sy vrou, Joy ontmoet. Foto: Hanlie Linde

Sperdatum vir Berigte/Advertensies 11 Februarie 11 Maart 8 April 13 Mei 17 Junie 22 Julie 12 Augustus 9 September 14 Oktober 11 November

Die Piketberger Verskyn 20 Februarie 20 Maart 17 April 22 Mei 26 Junie 30 Julie 21 Augustus 18 September 23 Oktober 20 November

Stuur asseblief u advertensies/berigte/artikels/foto’s na diepiketberger@gmail.com


11


12

Verskuif jou Grense VLV-Piketberg – 2014 Graag wil ons alle dames uitnooi wat in die oggende ‘n uur beskikbaar het, om saam met die VLV te kom kuier. Ons begin op 13 Februarie (DV) met ons eerste VLV – OGGENDBYEENKOMS! Dit gaan ‘n interessante leersame Gesondheidspraatjie wees. Geraldine Nicoll, ‘n baie dinamiese spreker, kom vertel vir ons als van ‘n “Hospice”. Sy is baie betrokke by ‘n Hospice in die Paarl en gee vir ons waardevolle raad hieroor. Ons eie munisipale bestuurder, Hanlie Linde, kom doen ook ‘n gepaste opening vir 2014. Tee is van 09h00 beskikbaar en die verrrigtinge begin om 09h30 in die Biblioteeksaal. Hou die pers dop, ons beplan om Piketberg ook ‘n “PIENK-BOOM-PROJEK” te maak. Indien daar enige persone of instansies is wat ons wil ondersteun en help om dit uit te voer, kontak asseblief vir Nicoline. Hieronder is weer die datums vir 2014: 13 Februarie – Gesondheid 4 – 5 Maart – VLV Weskus Sirkelkonferensie, Velddrif 13 Maart – Openbare Sake 15 Mei – Kunste en Handvlyt 19 Junie – Opvoeding en Kultuur 19-21 Augustus – VLVK Kongres te Upington 18 Sept – Landbou enTuinbou 16 Okt – Leefstyl 13 Nov – Afsluiting Op 8 en 9 Maart hou CANSA Relay for Life in Moorreesburg. Hierdie aflos vind plaas by die Gene Louw-sportgronde. Wie stel belang om spanne in te skryf, of deel te neem? Kontak asseblief vir Nicoline of Dinette by onderstaande nommers. Laastens wil ons graag vir die volgende borge bedank, wat dit vir ons moontlik maak om ons Jaarprogram te kon druk en versprei: Dup Meubels; De Berge Gastehuis; LIEBCO Vleishandelaars; t’mooi Skoonheidsalon; Tandartse; Dr Sam Scheepers; Praktika; B’Pretti; Perskepot Boutique; Keyah Skin and Body; Sandra van Wyk Eiendomme; Skoonheidsalon Sanet; Avroy Shlain (J van Kraayenburg); Mrs Bean Coffee Shop; Gee-C-eS; Sweets Mania; Piketberg Drukkers; Winkelshoek; Piketberg Apteek; Org de Rac (organiese wyn); Drs Smit en Morrison; Boland Superspar; Oregon and More; Stik en Stoffeer; All About Travel en PC Tech. Nuwe intrekkers en enige ander belangstellendes is baie welkom. Navrae: Nicoline Brown 022 913 1263 of 082 4770 665 Dinette Lochner 083 5645 643

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Alison se swemmers

Sunette Liebenberg met Chrismari (15m), Ouma Johanna Langeveldt met Hennie (2jr), Carla Visser met Michiel (2jr), Charné Augustyn (hulp-afrigter) met Lomay Langeveldt (2jr) en Alison Müller.

Sunette Liebenberg met Chrismari (15m), Alison Müller, Christi Burger met Christiaan (2jr), Louise Visser met Johannes (15m) en Charné Augustyn (hulpafrigter). Foto’s: Marietha Goosen

Tafelontwerpe Demo Die Blom- en Tuinbouklub van Piketberg skop 2014 af op 4 Februarie met ‘n baie leersame vergadering. ‘n Moet vir elke vrou en ook man wat van die mooi dinge in die lewe hou. Met die talle Valentynsfunksies en -danse waar tafels versier moet word gaan die demonstrasie, aangebied deur Lorraine Rose, voorsitter van die Wes-Kaap Vereniging van Blommerangskikkers, asook voorsitter van die Stellenbosch Blommeklub, van groot waarde wees. Die tema van die demonstrasie is Tafelontwerpe vir spesiale geleenthede. Lorraine is bekend daarvoor dat sy met min plantmateriaal ‘n ontwerp skep. Sy is ‘n ware blomkunstenaar en dit sal die moeite werd wees om hierdie demonstrasie by te woon, selfs vir diegene wat nog nooit met plantmateriaal gewerk het nie. Die vergadering word gehou in die biblioteeksaal, tee word bedien vanaf 09:00, vergadering begin om 09:30 Nie-lede betaal R20 vir tee en verversings. Vir verdere inligting skakel Katinka Morrison 082 829 6918


13

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur dr. Margaret Mollett In die Desember 2013-uitgawe van Die Piketberger is die skrywer Hermione Suttner bekendgestel. Haar roman Bitter Heuning – Die Verhaal van ’n Sandveldvrou (Kwela Boeke) is vertaal uit die ongepubliseerde Engelse manuskrip in Afrikaans deur Linda Rode. In die Voorwoord vertel Hermione Suttner hoe “Bitter Heuning – deels waarheid, deels fiksie – ontstaan het.” Nou oor na die hoofkarakter. “Ek, Mara Brandt, word gebore toe Hugo vyf is en die Tweede Wêreld-oorlog in Europa al begin het. Ek was byna ’n Nuwejaarsbaba, want ek is gebore op die tweede dag van Januarie 1940.” Die roerende saga van drie vroue, Ouma Sannie, haar dogter, Bavaria Mara, gebore ter see, en dié se dogter, Mara, speel af in die Sandveld en sy uithoeke, maar hoofsaaklik in Velddrif. Mara se vader, Jakob Brandt, ’n boer van die plaas De Heuwel, teen die oewer van die Bergrivier, was ’n dominerende, ongevoelige en wrede man, ’n swaar drinker wat hom daarin verlustig het om sy karwats te swaai. Soos Mara dit stel: “Ek weet nou dit was een van Vader se groot foute: hy was altyd aan die planne maak om ander te regeer. Hy het planne gehad toe hy met my Moeder getrou het. Hy het planne gehad vir my broers. Met my het dit nog slegter gegaan. Hy sou my hele lewe regeer.” Sy moes daagliks die balie voor hom neersit en sy voete was en daarna sorgvuldig afdroog. Mara se Vader se ongesonde besitlikheid het ’n hoogtepunt bereik toe hy in sy dronkenskap haar gebied het om haar verlowing aan Theunis, erfgenaam van die buurplaas Misverstand, te verbreek, “Gee terug die ring!” Dít nadat hy kort tevore sy toestemming aan hulle gegee het. Van hierdie punt af neem die verhaal verrassende en onverwagte wendings, veral vir Mara. Uiteindelik word Jakob Brandt se donker geheim, wat so tussen die lyne van die verhaal deurskemer, ontbloot. Enkele lesers, ook in Piketberg, is gaande oor dié roman, maar sommige vind dit swaarmoedig – soveel sterfgevalle, soveel rou emosies. Tereg skryf die resensent Herman Lategan: “Soms lees jy ’n boek wat jou so ontsettend hard slaan dat jy steier. Maar jy staan op en lees verder, want jy weet die leeservaring gaan jou lewe oneindig verdiep. “Dis is ’n aangrypende ware verhaal dié, vol eina en verborge hunkering, maar met arms vol liefde en deernis bygelieg.” http://bookslive.co.za/blog/2012/02/03/hermanlategan-resenseer-bitter-heuning-deur-hermione-suttner/

Valentynsdag 14 Februarie

Ons bied die volgende: • Stoffering van banke en stoele • Herstelwerk aan tente en seile • Maak van seil “canopies” vir bakkies • Motorsitplekke en motorplafonne • Trekkersitplekke • Spesiale versoeke Christo 083 399 7988 / 022 913 3326

Langstraat 59, Piketberg. KONTAK ONS GERUS. ONS IS REG OORKANT AGRIMARK.

PIKETBERG LIONSKLUB

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS Soos die meeste van u seker al weet, het ons die Telefoongids van die drukkers, Paarl Litho, ontvang en teen die tyd dat u hierdie berig lees sal die Gidse seker reeds by al die besighede wat advertensies geplaas het afgelewer wees. Ten spyte van die probleme wat ons vroeër ondervind het, wat ons toeskryf aan ‘n gebrek aan ondervinding aan die kant van die persone wat die uitleg gedoen het, is ons baie tevrede met die eindproduk, en te oordeel aan al die komplimente en dankies wat ons ontvang, dink baie van julle ook so. Die grootste “dankie’’ moet egter aan die besighede gaan wat ons so goed ondersteun het, want sonder daardie ondersteuning sou die Gids natuurlik nie moontlik gewees het nie. Piketberg Lionsklub se wins is in die omgewing van R33 000, wat alles teruggeploeg gaan word in die plaaslike gemeenskappe. Indien u nie ‘n Gids ontvang het nie, vra asb. by een van die besighede wat ‘n advertensie geplaas het – hulle kry kopieë om uit te deel. (Hoe groter die advertensie hoe meer kopieë). Daar sal later ook Gidse te koop aangebied word. Daar is steeds adverteerders wat nog nie hulle advertensies goedgekeur het en betaal het nie, ten spyte van ons herhaalde e-posse en telefoonoproepe. Indien u een van hulle is vra ons dat u dit so gou moontlik sal doen. Kontakbesonderhede: E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269


14


15


16

Nuwe Opvoeders

PHS se nuwe opvoeders vir 2014 is Johanelle Hugo, NW Graad 4 - 7, Bianca van Blerk, Afrikaans Graad 8 - 12, Dollie Pienaar, Sportorganiseerder en Marli Hanekom, Graad R. Foto: Sanet Ackermann

Steynville PrimĂŞr se nuwe opvoeders vir 2014 is Dee-Acte Williams, Graad 3, Bonita Roman, Graad 5, Chanite Appollis, Graad 3 en Nicoline Geswindt, Graad 1. Foto: Elzanne Boshoff


17

Trou beloof langs die see

Carlo en Tertia Visser is op 7 Desember by die Seekombuis op Paternoster getroud. Foto: Vanessa de Villiers

Skool toe vir die De Waals

Die De Waals van Piketberg se jongste, Juriann, is ook vanjaar skool toe. Op die foto is Juriann gr 1, Jana gr 4, Stiaan gr 5, Hanli gr 7 en Egbert gr 8. Al vyf is leerders by die privaatskool, PCS. Foto: Marietha Goosen


18

Hulle skoolloopbane begin by Steynville Primêr

Gerty Esau by Graad R(1).

Lynette Williams by Graad R(5). Foto’s: Elzaan Boshoff

PHS se Gr 1’s van 2014

Marianna Fortuin by Graad R(2).

Hanlie Oleson saam met haar graad 1-klas.

Elmarie Abrahams by Graad R(3).

Suné Rheeder, middel, en proefstudent Nadia Lourens met hul grad 1-klas. Foto’s: Marietha Goosen

Kix 2014-Projek

Elouise Julius by Graad R(4).

12 R5’e maak R60 en is nodig vir ‘n Kinderbybel in Zoeloe vir Msinga Makhatini


19

Klas van 2025

Foto’s: Marietha Goosen


20

Vier slagte by doop

Leeskringdatums vir 2014

Oupagrootjie Hannes Teessen van Pretoria, Ouma Susan Rossouw van Stellenberg en ma Gertina Scholtz van Tamboerskloof met klein Wihan Scholtz. Wihan is gedoop op 15 Desember in Tamboerskloof. Die Rossouws het voorheen op Piketberg gewoon en Gertina was ‘n PHS’er. Susan is ‘n suster van Alettha Rust. Foto: Margaret Rossouw

Stuur asseblief foto’s, berigte en advertensies per e-pos aan

diepiketberger@gmail.com

Die Leeskring begin soggens om 09:30 tot ±11:30 in die Piketberg Biblioteeksaal. Almal is welkom. 29 Januarie 2014 Lanternswaaier – S.D. Fourie Bespreking: Sandra van Wyk 19 Februarie 2014 Ek was hier - Nanette van Rooyen Bespreking: Annelie Venter 19 Maart 2014 Klara - Mariel le Roux Bespreking: Marié Grobbelaar 16 April 2014 Kan ek aan jou Selluliet vat - André le Roux Bespreking: Erin Nel 14 Mei 2014 Die Pes / The Plague - Albert Camus Bespreking: Deidré Eigelaar 18 Junie 2014 Onse Vader - Karin Brynard Bespreking: Sandra van Wyk 23 Julie 2014 My hel in Dubai - Selma Visser Bespreking: Cecileen Olsen 20 Augustus 2014 Swart op wit - Annelie Botes Bespreking: Hanlie Richter 17 September 2014 Die blou van onthou – Marita van der Vyver Bespreking: Erin Nel 15 Oktober 2014 Tolbos – Irma Joubert Bespreking: Sandra van Wyk 19 November 2014 - Afsluiting

IS NOU OOK

MET LANGER URE Maandag - Saterdag: 07H00 tot 21H00 Sondag: 08H00 tot 19H00


21

Katjies soek huis Die feesseisoen het soos verwag sy kwota dieremishandeling en –verwaarlosing opgelewer en Piketberg Animal Welfare (PAW) vrywilligers het met beperkte hulpbronne hulle hande vol gehad. ‘n Hartseer verhaal met ‘n positiewe verloop sover is egter Snowy. Die wyfiekat is net voor Kersfees in haglike omstandighede en op die punt van verhongering en ontwatering by die Piketberg oorlaaistasie gered na ‘n wenk van die publiek. Haar ore is chirurgies gedeeltelik verwyder weens kanker. Die pad na herstel is stadig, maar Snowy sterk goed aan by PAW voorsitter, Minette Cronje. Weldoeners van heinde en ver, tot sover as Gauteng, het bygedra tot Snowy se mediese onkoste en word almal bedank vir hulle bydrae en belangstelling. In dieselfde week het ‘n oplettende verbyganger op ‘n kartondoos met drie pasgebore katjies afgekom op die De Hoekpad en vir PAW daarvan verwittig. Die drietal vorder fluks by PAW verteenwoordiger Laetitia Smith op Eendekuil en enigeen wat belangstel in hulle welstand of wat hulle wil aanneem, kan Laetitia skakel by 0718717903.

WOULD YOU

DUMP YOUR KIDS?

THEN DON’T DUMP YOUR KITS! Report Animal Abuse PIKETBERG ANIMAL WELFARE 079 249 1535


22 Oud PHS’er nuwe onnie by Goedverwacht Primêr Nadeen Olivier, oudPHS-er, is aangestel as die Gr 1-opvoeder by Goedverwacht Primêr. Foto verskaf

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164 E.mail hszzbb@hotmail.com

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

022-913 2646

Wat sê die reg? Indringer boom op buurman se eiendom ‘n Kliënt nader my om advies rakende probleme wat hy het met 'n indringer boom wat op sy buurman se eiendom staan. Hy het die grensmuur (vibracrete) tussen die eiendomme opgerig en op daardie tydstip was die boom reeds daar, maar nog redelik klein. Die buurman verwyder van tyd tot tyd sommige Jacques Ehlers van die oorhangende takke. Die boom het egter aansienlik gegroei sedert die kliënt die grensmuur opgerig het en die stam van die boom veroorsaak nou probleme deurdat dit teen die grensmuur druk en een van die sement panele (vibracrete slab) het gebreek en is besig om te verkrummel wat daartoe sal lei dat die kliënt se pragtige spanjoele uit die erf kan ontsnap. Hy wil dus weet of hy die boom kan vergiftig en sodoende kan veroorsaak dat die boom uiteindelik sterf. Hy wil ook weet of hy die skade wat aan die grensmuur veroorsaak is van sy buurman kan eis. Rakende oorhangende takke, is die kliënt binne sy regte om sy buurman te vra om dit af te saag en van sy eiendom te verwyder. Indien die buurman weier om dit te doen kan die kliënt dit self afsaag, maar hy moet dit aan die eienaar van die boom, met ander woorde sy buurman, lewer tensy die buurman hom toestemming gee om dit self weg te gooi. In die onderhawige geval veroorsaak die stam van die boom egter meer probleme as die oorhangende takke. Waar die stam reeds skade veroorsaak het aan die grensmuur, kan hy daarop aandring dat die stam verwyder word en kan hy ook vergoeding eis vir die skade wat veroorsaak is. Aangesien ‘n gedeelte van die stam verwyder sal moet word is die moontlikheid daar dat die hele boom verwyder sal moet word. ‘n Goed gevestigde beginsel in ons reg is dat ‘n mens redelike stappe moet neem om jou skade te verminder/ beperk. Dit mag waarskynlik beteken dat daar van die kliënt verwag kon word om stappe te neem om die skade te beperk op die vroegste tyd van bewuswording van die indringer stam en die impak daarvan op die grensmuur. Vergiftiging van die boom is 'n drastiese maatreël. Dit sal eerder raadsaam wees om 'n spesialis te raadpleeg oor alternatiewe metodes om die groei van stam teen die muur te beperk. As die verwydering van die boom die beste opsie is, kan die kliënt die spesialis se verslag aan sy buurman oorhandig met die versoek dat die boom op die buurman se koste verwyder word. Indien die kliënt die boom vergiftig, kan hy aanspreeklik gehou word vir kwaadwillige saakbeskadiging aan die buurman se eiendom. ‘n Beter opsie sou wees om die saak met die buurman op te neem en te bespreek in ‘n poging om dit op ‘n vriendskaplike wyse op te los. As dit nie help nie, sou 'n meer formele wyse/roete wees om die buurman te dwing deur middel van 'n interdik om die gewraakte boom te verwyder en om die kliënt te vergoed vir die skade aangerig aan die grensmuur.

Die volgende Piketberger verskyn 20 Februarie. Berigte en advertensies moet ons bereik teen 11 Februarie.


23


24

Biblioteek Nuus

Huis Te Huur Netjiese 4-slaapkamer plaashuis te huur te Eendekuil. Skakel 072 347 2069.

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for House-sitting / Pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or heikeoelbuttel@gmail.com

For Sale

Die personeel van Piketberg Biblioteek is Bettie Swartz, Crazentia Strauss, Carmen van Wyk, Viyouneffer Simpson en Gerna Croeser. Hulle nooi almal uit vir ‘n lekker lees 2014. Die personeel staan reg om jou te help met take en boeke soek. Al twee biblioteke beskik oor rekenaars vir die publiek se gebruik met internet toegang. R1,00 per drukstuk. Die biblioteek is in die proses om in 2014 te rekenariseer en daarom sal alle lede moet herregistreer. Gaan voltooi solank hul nuwe lidmaatskapvorm.

OWN NEW CARS from R699/month -Aimed at people who drive 1500-2000km+ a month -Earn R5500 a month -Are not blacklisted Visit: www.ownnewcars.co.za Or SMS A6435 to 35393 R3/SMS. T & C apply

Te Koop Volledige swembadpomp te koop, het net vir opblaasswembad gewerk. Om te besigtig skakel Jannie Lategan 082 453 8305. Vir verdere navrae skakel Babie Theron 021 557 9241 of 082 365 5509

PSP For Sale includes 11 games, PSP bag, USB cable, 2 memory cards, 4GB and 32MB R1 200,00 Contact 079 496 2719 Die personeel van L.B.Wernich Biblioteek is Suné Burrows, Elsie Basson en Judith Muna. Foto’s: Voné de Lange

Biblioteekure Piketberg: Maandag 9h30 tot 17h00 Dinsdag 9h30 tot 17h00 Woensdag 9h30 tot 14h00 Donderdag 9h30 tot 17h00 Vrydag 9h30 tot 16h30 Telefoonnommer 022 913 6093 L.B.Wernich (langs die kliniek): Maandag 9h30 tot 13h00 en 14h00 tot 17h00 Dinsdag 9h30 tot 12h00 en 13h00 tot 17h00 Woensdag 9h30 tot 13h00 en 14h00 tot 17h00 Donderdag 9h30 tot 13h00 en 14h00 tot 18h00 Vrydag 9h30 tot 13h00 en 14h00 tot 16h00 Telefoonnommer 022 913 6105

Betrekkings Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asseblief 082 780 8698

Gesoek OU KLERE GESOEK Ons soek asseblief OU KLERE of KLERE wat u NIE meer DRA nie. Dit word uitgegee aan behoeftige persone. Kom laai asseblief af by Shofar Kerk, Kerkstraat, Piketberg (skuins oorkant die Polisiestasie). "O God, I have tasted thy goodness" AW Tozer. Navrae Christa Liebenberg by 084 629 3330.


25


26

MEDIESE PRAKTISYNS

PHS hou Kleuresport

Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Die kapteine van die spanne vir PHS se kleuresportbyeenkoms wat Vrydag 24 Januarie plaasvind is Herbst van der Merwe en Dorinda Smit vir die Rooispan met die laerskool kapteine Henri Rossouw en Lize Visser voor hulle. Atél Truter en Adam January vir die Blouspan met die laerskool kapteine Stass Nel en Ané Rheeder voor hulle en Karli Truter en Roman Zaal vir die Geelspan met die laerskool kapteine Janke van Schalkwyk voor hulle. Albert Grobbelaar, die kaptein van die laerskool se geelspan, was by ‘n tennistoernooi . Foto: Sanet Ackermann

4U VERVOER • •

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse 082 660 2470 022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam

078 148 1771 of

Fourie Lötz 082 660 2470 022-913 3984


27

Kersete vir Bejaardes

SAPD Piketberg Victim Friendly Facility

‘n Nuwe, verbeterde traumakamer is 29 November by Piketberg Polisiekantoor geopen. Die doel van die traumakamer is om die beste diens moontlik aan die slagoffers van misdaad te gee. Dit is vir ons ‘n voorreg om so ‘n projek te kon aanpak saam met Spar Hoofkantoor en Business Against Crime. Ons hoop egter dat die kamer vir slagoffers warmte, begrip en die nodige hulp kan bied om behandel te word.

Boland Superspar is ‘ n trotse borg van Ray van Rooy se jaarlikse kersete vir bejaardes, asook die Kersdag vir die jeug. Die twee dae was werklik ’ n groot sukses. Ons waardeer die werk wat Ray en sy gesin vir die gemeenskap doen en dit is ‘ n voorreg om saam met Ray te werk.

Piketberg Skoenboks Projek

Boland Superspar se Kersinkopie karnaval en Bergrivier Munisipaliteit liggiefees

Piketberg Skoenboks projek het All About Travel, Badisa en ACVV onstaan om behoeftige kinders te help. Boland Superspar het besluit om deel te raak Dit was Boland Superspar se eerste jaar van hand vat saam met die bestuur van die van die projek. Charleen Fortuin oorliggiefees om ‘ n opwindende aand vir die plaaslike gemeenskap aan te bied. Dit handig 10 sakke 10kg Spar Mieliemeel was ‘ n groot sukses. Dankie aan Piketberg Polisie wat vir ons elke jaar help om die aan Ansel van Schalkwyk verteenwoordiger van die skoenboks projek. dag net ‘ n groter sukses te maak. Piquetberg Mall Birthday Bash with Lance Witten from Heart FM

Piketberg United Prysuitdeling

Piquetberg Mall het 29 November 2013 die 1ste bestaansjaar gevier. Lance Witten van HEART FM het die dag saam met ons kom geniet met baie pryse en danskompetisies. Die dag was ‘ n reuse sukses. Dankie aan die gemeenskap wat ons ondersteun, sonder julle was dit nie moontlik nie!

Boland Superspar is ‘n trotse ondersteuner van Piketberg United sokkerspan. Op die foto is die spelers met hulle Boland Superspar medaljes.


28

Boland Superspar Jaarafsluiting

5 Jaar Diens Sertifikaat

Beste vordering van die jaar

Wilmarie Frans Fruit en Veg van die jaar.

Uitnemende Diens en Samewerking

Maritza Pieterse, Paul Williams, Mary De Wee, Winifred Adams, Rivaldo van Rooyen, Charmaine Mouton, Desire Small, Elmarie Engelbrecht, Ashville Fredericks, Roshaan Dietrich.

Brighton Wandi, Desire Small, Hanno Miggels, Lauren Turner en Marko Smith.

Crizelda Petro, Patricia Engelbrecht, Andries Klaase, Janine Monk, Vanessa Smit en Charlene Sofat.

Beste Kliëntediens van die jaar. Nicholas Manevil

10 Jaar Diens Sertifikaat Kredoe Fortuin en Gert Coetzee

20 Jaar Diens Sertifikaat

Staatmaker van die jaar

Unilever Chef Toekenning

Magrieta Heyns

Crizelda Petro

Nicolene Adams en Wilma Mentoor

Spanlid van die jaar 2013 Elmarie Taylor - Deli Spanleier

Back to School Kompetisie

Ola Sambreel Wenner!

Baie geluk aan Leandra Loubser wat die wenner van die Ola sambreel. Hier oorhandig Charlene Fortuin (Spanleier) die sambreel aan haar.

Devy Wasmasjien wenner

Baie geluk aan mev C Moore wat die wenner is van die Devy Wasmasjien. Hier oorhandig Toni Smuts (Skakelbeampte) die wasmasjien aan haar.

QPRO Audit 92% Boland Superspar ondergaan kwartaalliks ‘n Higiene Oudit wat deur ‘n

Fill the Stationary Truck We’re Collecting stationery for schools in our community. Buy any stationery item and drop it into the SPAR Stationary bus, in-store. Let’s make a real difference to a child’s education.

onafhanklike maatskappy, “QPro International” gedoen word. Hierdie oudit word gebaseer op die relevante voedselveilligheidswetgewing. Dit stel SPAR winkels reg oor die land in staat om dieselfde standaarde te handhaaf. Dit gee ook ‘n wonderlike geleentheid om gereelde opleiding te doen om te verseker dat ons personeel ten volle beskik oor die riglyne wat gehandhaaf moet word om te alle tye aan die wetlike vereistes te voldoen van veillige voedsel voorbereiding. Ons het met ons laaste beoordeling ‘n uitstekende punt van 92% gekry wat vir al ons klante gerus kan laat voel oor ons voedselveiligheidstandaarde.

Piketberger Feb 2014  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you