Page 1

1

Jaargang 20 Nr. 1

www.piketberg.com

Februarie 2013

 022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Spar se Staatmaker Delanie Jooste, afdelingsbestuurder by Boland Superspar is onlangs aangewys as 2012 se wenner van die Spar Groep se Jong Presteerder Toekenning in die Wes-Kaap en Namibië. Sy is die eerste vrou wat hierdie toekenning ontvang. Om in aanmerking te kom

Delanie Jooste Foto verskaf

vir hierdie toekenning moet die persoon 35 jaar of jonger wees en die eienaar, vennoot of bestuurder van ‘n winkel wees. Die winkel moet winsgewend wees en ‘n groei toon met goeie winkelstandaarde. Delanie het in 2007 begin werk by Boland Superspar na voltooiing van haar studies aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het haar loopbaan by Boland Superspar begin as skakelbeampte en deur die jare meer betrokke geraak by ander fasette van die besigheid en is tans bestuurder van die bakkery, deli en vrugte en groente afdeling. In 2010 het Delanie ’n opleidingskursus in Durban bygewoon vir jong bestuurders in die Spar Groep. Daar is sy gekies om die Internasionale byeenkoms/ontwikkelingsprogram vir jong bestuurders in Switserland by te woon. Baie geluk—Red.

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Nuwe Munisipale Bestuurder...p6 Troufoto’s...p8 Piketberg Animal Welfare...p10 Leserskring Boek van die Maand...p13 Matriekuitslae...p15 Steynville Skolenuus...pp16 en 17 Eerste Skooldag...p18 Kleuresport...p22 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

℡ 022 913 1939  022 913 2404


2

Redaksioneel

Briewe van ons lesers...

Woon jy waar Ouma Son woon? Ek is terug van vakansie met nuwe moed, ywer en entoesiasme - vol verwagting dat dit 'n blink jaar gaan wees met ten minste een hoogtepunt elke dag. 'n Verdere voorneme is om van die klein dingetjies en roetines "gebeurtenisse" te maak, al is dit om 'n koppie tee saam met iemand te geniet. Nuwejaarswense en -voornemens kan so maklik afgesaag en afgewater klink en wees...totdat jy dit opreg bedoel! Oefen dit gerus - dit werk. Hier op die Oujaar begroet die dorp ons met 'n helder verligte kruis. "Whaauw" is al wat ek kon uitkry en 'n dankbaarheid vul my oor mense wat saam gewerk het en volhard het totdat die kruis weer van die stormskade herstel is en kon brand. Dit was so 'n groot gemis die afgelope paar maande. Met dié salige gemoedsrus iewers in my wese gebêre, vertel Sonia my oor 'n koppie tee dat haar kleinkind uit Botswana die vakansie kom kuier het. Dié klein Merwe, amper vyf jaar oud, sê toe vir sy ma: “Ek weet waar Ouma Son woon - sy woon daar waar Jesus (in Engels uitgespreek) op die mountain woon.” Nog 'n "Whaauw"! Van nou af wil ek nooit ooit vergeet dat ek woon waar Jesus op die mountain woon. En van die mountain af strek Sy blyery tot in die dorp, oor die vlaktes, tot in ons strate, tot binne-in ons huise en heerlik knus tot in ons harte. Weet jy waar Ouma Son woon? Ouma Son woon waar Jesus op die mountain woon! Woon jy ook waar Ouma Son woon? Mag dit vir elkeen van julle 'n baie mooi jaar wees!

Marietha Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensies:

Jannie en Alida Walters en kinders skryf3. Ons wil graag elkeen bedank vir jul liefde en ondersteuning deur middel van gebede, besoeke, oproepe en sms'e wat ons ontvang het met die heengaan van Janko. Wees verseker dat ons dit opreg waardeer. Dit dra ons deur hierdie hartseertyd. Janko Stander 31.08.2009 01.11.2012 Foto verskaf

Kenneth en Margaret groet

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719 Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u Barbie Breunissen

Spyker en Ansa Chambers skryf. . . Na 3¼jaar kyk ons terug met dankbaarheid en wil hiermee aan almal wat ons so getrou ondersteun het, net erkenning gee. Ons is vanaf 7 Desember weer in ons huis in Loopstraat en ons kan nie genoeg beklemtoon hoe bevoorreg ons is om dit te kan doen nie. Dankie aan ons Hemelse Vader wat ons behoed en bewaar het. Glo ons, julle is bevoorreg om in hierdie deel van die land te woon. Wanneer ons moed laag was, het iemand gebel, gesms, ge-e-pos of selfs kom kuier. Die persone wat ons meubels gestoor en vervoer het, was vir ons van groot hulp. Baie, baie dankie. Ons sal dit nooit vergeet nie. Die hitte het ons aanvanklik onkant gevang, want daar waar ons gewoon het, was dit net die teenoorgestelde. Wat dit is om koud te kry, het ons nou ook ondervind nadat ons gedurende erge sneeu `n week sonder krag was. Water was ook baie keer vuil en skaars, maar dit het ons net laat besef dat `n mens soveel dinge as vanselfsprekend aanvaar. Nogmaals dankie vir al die hulp en ondersteuning!

Marietha Goosen

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Kenneth was die afgelope vier jaar verbonde aan Die Piketberger, waarvan die laaste twee jaar as Redakteur, en het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Met sy gematigde temperament het hy almal kalm gehou. Nooit was daar Margaret Smit iets wat te veel moeite was nie. Ons wens hom ‘n blink toekoms toe. Margaret het na een jaar van koerante versprei en versend en adverteerders opvolg, ook besluit om nuwe dinge aan te pak. Baie baie dankie.Baie dankie vir die waardevolle insette wat julle by Die Kenneth Smit Piketberger gelewer het.


3

Vriendelike diens gewaarborg

Sweets Mania

Kerkstraat 45 Piketberg 022 913 3903

Chappies 125’s

R19R19-80 Sunlight liquid refill 350ml

R8.95

Smoothies 72’s

R9-45 Handy Andy 500ml (gratis spons)

R9-99

Dawn Handeroom 200ml

R7-80

Coke 1.5liter (min 12) Beperk tot Sunlight Waspoeier 1kg 5 kratte (gratis pennetjies) per kliënt

R23R23-75

R6.99 +deposit

Stewige plastiek beker

R4R4-00


4

Kekkel & Kraai deur Jannie Lategan

“Bodyworlds” Die mensdom staan telkens verstom wat wetenskaplikes, navorsers en ingenieurs bereik. So vind suksesvolle togte na hemelliggame plaas, maar helaas het die mens nog nie daarin geslaag om 'n menslike wese te “skep” nie. Wanneer daar na die uitstalling van Bodyworlds gekyk word en sien hoe werklike kadawers gedissekteer en getransformeer is tot 'n plastiese voorkoms, kan daar nou met die blote oog ‘n holistiese kyk, die hele liggaam sien en beter verstaan hoe dit saamgestel is. Die besoeker gaan deur 'n staptog van die mensdom se ontstaan. Vanaf konsepsie, van adolessensie tot die volledige mens. Die kadawer word in sy fynste besonderhede aangebied met onder andere van senuwee- tot die spierstelsel. Dit dui, sonder om terug te hou, die hele ingewande met elke orgaan wat individueel in detail ontleed word. Die besoeker beleef die mens van sy ontstaan tot by sy afsterwe...en aftakeling weens ouderdom word besonder goed uitgebeeld. “We stay young as long as we keep learning, acquire new habits and tolerate disagreement!”...Marie van EbnerEschenbach 1830-1916 (Austrian Writer). Dr. Gunther von Hagens, die uitvinder van die proses van “plastination” en 'n internis, Dr. Angela Whalley, het hierdie wêreldwye uitstalling uiters goed beplan en alles van die liggaam en sy werking tot in die fynste besonderhede blatant blootgelê. Hierdie uitstalling word reeds vir 15 jaar vertoon en 15 miljoen mense in 70 stede, het dit reeds gesien. By die aanskoue van hierdie fenominale wetenskaplike uitstalling, staan ‘n mens eenvoudig verstom. Dit is net ‘n God wat die mens kan skep. As die ouderdom kom: “And in the end, it’s not the years in your life that count, it’s the life in your years!...Abraham Lincoln 1809-1865 16th President of the United States. “Am ende zählen nicht die jahre im leben, sondern das leben in den jahren!” ...16. Präsident der Vereinigten Staaten von Amerika. Mag ons in die jaar 2013 met groter respek na ons liggame kyk en God die erkenning gee vir Sy skeppingswerk. “Your body is the harp of your soul, and it’s yours to bring forth sweet music from it, or confused sounds!”...Khalil Gibran. “Eur körder ist die harfe eurer seele, und es ist an euch ihm zube music zu entlocken oder wirre töne!”..Khalil Gibran (1883-1931) Amerikanish – Libanesischer Dichter Philosoph und Maler.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. ‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276 Opgelei te Worcester.

Geurige Hoenderboudjies 6—8 hoenderboudjies 125ml blatjang 2,5ml gemaalde komynsaad 1 knoffelhuisie, gekneus 15ml olyfolie Voorverhit oond tot 200°C. Sit hoenderboudjies, blatjang, komyn, knoffel en olyfolie in bak en meng om te bedek. Marineer vir 15—20 minute. Sit hoender in oondbraaipan, bedek met foelie en bak vir 15 minute. Verwyder foelie en sit terug in oond vir nog 10—15 minute of tot blatjang gekarameliseer het en die hoender deurgaar is. Bedien met ‘n groenslaai.

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Somer Uitverkoping Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5


6

Bergrivier se nuwe Munisipale Bestuurder Advokaat Hanlie Linde is pas aangestel as die munisipale bestuurder van die Bergrivier Munisipaliteit, wat in Piketberg gesetel is. Hanlie is die vierde van vyf dogters uit ‘n baie gelukkige gesin. Haar pa is ‘n dominee en haar ma ‘n maatskaplike werker - ‘n gesin waar geloof, diens en goeie menseverhoudings oor alle grense as vanselfsprekend aanvaar word. Sy het in die Regte aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, was koshuis-primaria en op die Studenteraad. Ná Universiteit het sy drie jaar vir die Nasionale Weermag in die Kasteel, in Gugulethu en Ou Kruispad gewerk. Dáár het sy leer isiXhosa praat, en ‘n deernis ontwikkel vir mense wat in armoede leef en ‘n brandende begeerte om elke dag ‘n verskil te maak in mense wat swaarkry se lewens. Sy is al 16 jaar in plaaslike bestuur en sal dit vir niks verruil nie juis omdat dit ‘n geleentheid is om ‘n verskil te maak! Vir SA om ‘n sukses te kan wees, moet plaaslike bestuur suksesvol wees. Verdere studies in Politieke Wetenskap, Regte, Arbeidsreg en ‘n Meestersgraad in Bestuursleierskap het haar voorberei vir poste as Hoof: Regsdienste by Stellenbosch Munisipaliteit van 2001 — 2005; daarna as Direkteur: Gemeenskapsdienste by Stellenbosch Munisipaliteit en sedert 2011 Munisipale Bestuurder van Franschhoek. In 2012 het sy ‘n toekenning vir “Most influential women in business and government” in SA ontvang - voorwaar besonders. Hanlie glo in volhoubare vennootskappe en samewerking. ‘n Munisipaliteit bestaan uit drie gelyke vennote naamlik die Raad, die amptenare en die gemeenskap. Waar hierdie drie hul rolle voluit vertolk en saamwerk is waar die wonderwerke “magic” gebeur! Sy was nog nooit polities nie en wil graag alle mense oor alle grense gelyk en billik hanteer en saamvat op die pad van ontwikkeling. Om dit reg te kry, sal ons gemeenskappe ou strydbyle moet begrawe en leer dat ons van mekaar afhanklik is, dat samewerking die volhoubaarste oplossing is! Ek is lief vir uitdagings en sien die drie grootste uitdagings by Bergrivier Munisipaliteit as volhoubare finansiële voortbestaan van die gemeenskap, armoedeverligting deur plaaslike ekonomiese groei en om volhoubare vennootskappe te sluit met alle sektore in ons gemeenskappe. Haar indrukke van die Bergrivier-gemeenskap is een van plattelandse gulhartigheid! Sy glo ‘n munisipale bestuurder moet binne die grense van die munisipaliteit woon en elke dag ervaar wat die gemeenskap ervaar. Die mense is ruimhartig, oop, baie vriendelik en het haar sommer dadelik tuis laat voel. Sy is ‘n Christen en het baie lank gebid vir die pos. Sy glo sy is hier in opdrag en om ‘n blywende verskil te maak. Oor die omgewing sê sy: “Dis pragtig - ek verkyk my nog elke dag! Hier is genoeg bronne wat nog onbenut lê en wat ons saam behoort te ontgin. Goeie vennootskappe is een van die grootste bronne wat ek glo nog braak lê. As almal saamwerk in dieselfde rigting, kry ons ‘n ongekende gemeenskapsmomentum. ‘n Area hoef nie “ryk” te wees om goed bestuur te word en gelukkig te wees nie.” In haar vrye tyd is Hanlie ‘n avonturier wat lief is vir die buitelewe, stap en bergfietsry en was al op Kilimanjaro (2005) en by Everest Basecamp (2009). Haar gesin en vriendekring kamp graag en kyk graag voëls. Sy brei al tien jaar lank teddiebere vir ‘n projek wat teddiebere versprei in kinderhospitale. Verder spandeer sy graag tyd saam met lekker mense en is baie lief daarvoor om tennis en krieket te kyk. Sy is ‘n opgeleide masseuse wat spesialiseer in

Hanlie Linde

Foto: Marietha Goosen

Sweedse massering en sorg dat sy gereeld ook aan die ontvangkant is van ‘n lekker bederf. Tydens ‘n wêreldtoer in 2012 het sy ‘n kookkursus gedoen in elke land wat sy besoek het en het veral geleer om Oosterse kos te waardeer. Sy maak self sushi en sal ver ry vir ‘n goeie verskeidenheid daarvan. Haar vriende lag oor haar “drinkgewoontes”: Sy drink nie koffie nie, maar is versot op Earl Grey tee en verskillende geure en kleure van goeie tee. Maar niks kom by ‘n goeie stukkie vleis gebraai op ‘n vuurtjie saam met goeie vriende nie! Tydens 2012 moes sy groot veranderings in haar lewe trotseer en was haar motto: “Life starts at the end of your comfort zone!” Sy glo enigiets wat die moeite werd is om te doen, is die moeite werd om goed te doen. “Ek gebruik die woord “fantasties!” gereeld. Ek is ‘n inherente gelukkige mens en sien die fantastiese in die meeste dinge!” Haar boodskap vir die Bergrivier-gemeenskap is: “Baie dankie vir die wonderlike ontvangs wat ek gekry het in al die dorpe. Kom ons praat gereeld met mekaar en nie óór mekaar nie. Kom ons vat hande en werk volledig saam in alle sektore vir die groter sukses en volhoubare voortbestaan - Saam is ons altyd beter!” Die Piketberger het self vir Hanlie ontmoet en met haar gesels, maar grootliks gebruik gemaak van die uitstekende artikel soos in “die courant” van 16 Januarie, aangesien dit so volledig is.

Kyk uit vir nuwe stoptekens

Nuwe stoptekens by die vurk van Hoof– en Kloofstrate. Foto: Marietha Goosen


7


8

‘n Fees van Bruilofte Dewald van Zyl en Julie Vercuiel is op 8 Desember in die NG Kerk Piketberg getroud. Die onthaal was by Laatson, Porterville. Dewald en Julie woon in Pietermaritzburg, waar Julie skoolhou. Foto verskaf

Astrid Silves en Nicky Russouw is op 1 Desember getroud te Roodezand, Tulbagh. Nicky is by Weskus Meganisasie en Astrid by All About Travel. Foto: Wrench Lombard Stuur jou troufoto’s na diepiketberger @gmail.com

Petrie Myburgh en Delmari Snyders het op 12 Januarie by Laatson, Porterville getrou. Petrie en Delmari is onderwysers in die Kaap. Foto: Barry Lamprecht

Hannes Vermeulen en Stella Wessels is op 8 Desember te Citrusdal getroud. Albei is oud PHS’ers. Hannes is Stads– en Streeksbeplanner en Stella ’n Administratiewe Beampte by Loxton Motors. Foto: Vanessa de Villiers Mareze van Niekerk en Heinrich Roubaix is op 5 Januarie in die NG Kerk Porterville in die huwelik bevestig deur Ds Cobus van Schalkwyk. Die onthaal was by Laatson, Porterville. Mareze se rok is gemaak deur Elna Calitz. Foto: Adele Joubert Photography

Lambert van der Westhuizen en Tharine Louw is op 3 November op Calvinia getroud. Lambert is by CMW en Tharine by Zebra Fruit. Foto: Mare Rootman


9

VLV hou jou by in 2013 Die Bestuur van VLV Piketberg nooi dames – ongeag ouderdom – uit om by ‘n dinamiese groep vroue aan te sluit deur lid te word van die vereniging of hul byeenkomste by te woon. Die doel van die vereniging is om volwasse vroue op te voed in ses studierigtings wat bykans elke denkbare veld van belang vir die vrou dek en om die betrokkenheid van die vrou in die wyer gemeenskap aan te moedig. Die eerste byeenkoms vanjaar vind plaas op Donderdag 14 Februarie in die munisipale biblioteeksaal waartydens besoek ontvang word van Tineke Boshoff en Beulah Mathee, betrokkenes by die Down Sindroom Vereniging Wes-Kaap in Bellville, asook enkele lede (gestremdes) van die vereniging. Hierdie vereniging ondersteun intellektueel gestremdes en hulle familieliede. Behalwe uitreike oral in die Wes-Kaap, bied hulle o.a. handwerkklasse aan vir multi-gestremdes. Kunstige handgemaakte sakke @R35 sal uitgestal en te koop aangebied word. Reëlings word getref deur Alta Vos, sameroeper van die studierigting, Opvoeding en Kultuur. Nie-lede is baie welkom om die geleentheid by te woon. Vir enige navrae kontak die voorsitter, Nicoline Brown by 082 477 0665 of die sekretaris, Dinette Lochner by 083 564 5643. VLV Bestuur doen vanjaar beplanning rondom die tema, My droom, my inspirasie. Mag die volgende woorde van ‘n onbekende skrywer elkeen wat dit lees, inspireer: Life is a dream, realise it. Life is a challenge, meet it. Life is a duty, complete it. Life is a promise, fulfill it. Life is a sorrow, overcome it. Life is a song, sing it. Life is a struggle, accept it. Life is an adventure, dare it. Life is life, fight for it! Met opregte bede vir seën en vrede vir elkeen in die geVLV Piketberg sê ook hartlik dankie aan die volgende persone en instansies vir hul ondersteuning en omgee vir die vereniging en wens hul voorspoed toe vir 2013: Avroy Shlain, Joan van Kraayenburg, Boland Superspar, De Berge Gastehuis, Dr Sam Scheepers, Drs Smit & Morrison, Dup Meubels, Gee-C-eS, Keyah Skin & Body, Liebco Vleishandelaars, Oregon & More, Org-de-Rac, Perskepot Boutique, Piketberg Fisheries, Piketberg Apteek, Piketberg Drukkers, Praktika, Pulpetaan Gastehuis, Sandra van Wyk Eiendomme, Salon Sanet, Salon Belinda, Salon Cut Above, Stella van Niekerk Nail & Suncare, Sweets Mania, Tandartse Piketberg en Total Winkelshoek.

Te Koop Bank wat oopvou tot dubbelbed te koop R2 500,00 Elsabe Louw 022 913 1629 of 084 205 7171 Yamaha orrel te koop R800,00. Goeie toestand. Kontak 022 912 4983 of 082 456 3523

WEN ELKE DAG PRYSE 10 EENHEID KONTRAK 5 EENHEID KONTRAK MAANDELIKS ETE BY SPUR DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

 022-913 2646

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


10

Katjies in vullisdrom gevind

‘n Veearts met ‘n omgee hart

Soos gewoonlik oor die feesseisoen, is talle diere haweloos gelaat. Piketberg Animal Welfare (PAW) beskik nie oor skutfasiliteite nie en plaas dit druk op ‘n paar vrywilligers om na hierdie diere om te sien. Weereens, danksy die publiek, is ‘n plastieksak met klein katjies uit ‘n vullisdrom gered en vorder hulle fluks onder Minette Cronje se sorg. Persone wat wil help met hulle versorging of aanneming kan gerus vir Minette kontak by 079 249 1535. Honde- en katkos is altyd welkom asook finansiële bydraes en kan inbetaal word in die volgende rekening: Nedbank Piketberg, Takkode 156905, Spaarrekening, 2004892374. ‘n Spesiale woord van dank aan Dr van der Merwe en sy span by Piketberg Dierehospitaal vir hulle ondersteuning en advies. Berig en foto: Beryl-Ann du Plessis Sekretaresse: Piketberg Animal Welfare

Een Vrydagoggend, toe ek en my sussie ons oë uitvee, is ons op die stoep van vreemde mense. Hoe ons daar gekom het, is ‘n groot raaisel. Almal koer om ons en oe en aa vir ons, maar om die waarheid te sê, op daardie stadium het ek nie ‘n dêm omgegee nie, want ons was so moeg, honger en vol allerhande peste en goggas. Een tannie het ons sommer hier onder haar arm vasgedruk en begin krap aan ons en probeer om die goggas af te haal, die ander tannie het foto’s geneem en nog ‘n tannie het vir ons kos aangedra. My sussie was op daardie stadium die sterk een en as dit nie vir haar was nie, weet ek nie wat sou van ons geword het nie. Gou gou is ons magies vol geëet en gedrink, ‘n lekker sagte kombersie is vir ons daar neergesit en ons is weg in droomland. Die tuindienste mense het hulle ding kom doen, maar dit was nie op ons prioriteitslys om hulle te ‘target’ nie. Die volgende oomblik is daar ‘n klomp mense – ons het gevoel soos celebs. Die kameras flits en almal wil aan ons vat, maar al wat ek en my sussie wil doen, is om te slaap en te slaapZ Nodeloos om te sê die lekkerte het nie te lank geduur nie. Die volgende oomblik beland ons op Dr Marius se tafel. Wie en wat hy is, het ons gou uitgevind. Hy krap in ons ore, trek daar goed uit waarvoor almal gril, druk ons in ‘n bad water, druk pille in ons bekke, druk naalde in ons velle en kan julle glo, hy druk ‘n naald in ons ore en dan druk hy nog die bloed ook uit. Op daardie oomblik het ek en my sussie nie meer omgegee wat hy doen nie, want ons wou net slaap. Maar, terwyl Dr Marius al die snaakse goed met ons doen, is almal daar in die kamer. Kom kyk na ons asof ons Brad en Angelina is. Na al die seerkry en aandag, is ons daar weg met elkeen ‘n sak lekker “goodies”. Terug by die huis, wou ons net slaap. Van mense en kameras wou ons niks weet nie. Intussen is my sussie my inspirasie. Sy lê teenaan my, loop saam met my en moedig my aan om sterk te word. Twee dae later, kan ek blaf, speel en rond hardloop. Dit alles saam met my sussie en my “stiefma en -pa”. Ons voel ‘n ander “hond”. Dankie Dr Marius vir die seermaak, maar jy het ons weer krag gegee, skoongekry van allerhande peste en goggas van ons lyfies afgekry. Jy het weer ons lewe vir ons terug gegee. Hier by julle wil ek en my sussie graag bly. Liefde Boeta en Sussa, Pulpetaan Gastehuis NS: O ja, ons het al ‘n peetma ook!!!!

Minette Cronje met een van die katjies wat sy versorg totdat aanneemouers gekry word vir haar en haar sussies. Indien jy belangstel om aan te neem kontak gerus vir Minette by 079 249 1535.

Kontak Piketberg Animal Welfare Op Donderdag 10 Januarie 2013 om ongeveer 07:15 is ‘n bruin hondjie raakgery in Voortrekkerstraat, naby Noordstraat, Piketberg. Die bestuurder het nie gestop nie, maar sover vasgestel kon word, is die voertuig se verkoeler beskadig omdat daar ‘n stroom water langs die hondjie geloop het. ‘n Oplettende lid van die publiek wat die slag gehoor het, het Piketberg Animal Welfare in kennis gestel waarna Bergrivier Munisipaliteit se tegniese dienste departement gekontak is. Munisipale amptenare het die dooie hondjie verwyder en begrawe. ‘n Beroep word op inwoners gedoen dat wanneer so iets hulle oorkom, en hulle nie kans sien om te stop en te help nie, om ten minste net Piketberg Animal Welfare te kontak by 071 828 7952 of 079 249 1535 vir hulp of om die naaste munisipale kantoor te kontak.

Benodig Vrywilligers!

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice Scheepers

asook Skenkings van hondekos, katkos, speelgoed of ...borg ‘n sterilisasie! Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535 BerylBeryl-Ann: 071 828 7952 animalwelfarepiketberg@gmail.com

Standard Bank Piketberg Rek: 08 333 458 0


11


12

Eerste Skooldag - magdaleen van zylEk weet nie vir wie 'n eerste skooldag van 'n heel eerste skooljaar, die traumatieste is nie: vir die ma en die pa, vir die graad 1 juffrou of vir die een wat grootoog die eerste jaar van twaalf skooljare, gaan begin. Maar ek wil nou die storie vertel oor die juffrou wat haar eerste jaar skoolhou, en dit met 34 bloedjies wat hul heel eerste jaar in die skool by haar begin. Sy's pas uit die kollege en volleerd. Daar is niks wat haar aantekeninge en handboeke nie gedek het nie. Sy weet presies hoe om 'n kleuter wat miskien sy eie naam kan skryf, binne 'n kort rukkie te laat lees, sing, teken en verf soos Picasso en wiskunde doen soos klein Einstein. Maar helaas, die volleerde juffrou het mos nog nie rêrig geleef nie - sy dink net so. So heet sy elkeen welkom, is taktvol en positief teenoor tranerige ma's, baie oulik met tranerige gr 1's en flits haar wittand glimlag vir elkeen wat net in haar rigting kyk: totaal en al in beheer. Sy gee haar welkom-in-graad 1-toespraak en werk taktvol en met baie selfvertroue die pa's en ma's weg tot by hulle karre al wou hulle dalk nog by Jannie en Sannie agterbly. 'n Paar ma's staan nog in die gang met tissues, maar Juffrou-vars-uit-die-kollege-weet-als maak die klaskamer se deur ferm toe en spits haar toe op die groot oë wat haar sit en aankyk. 'n Uiters vrypostige dogtertjie waag dit: "Ek ken tog al klaar vir Boet en Saartjie my groot suster het dit vir my geleer", maar Juffrou knip haar draadjie sommer gou. Toe sien Juffrou hier is 'n probleem: daar staan nog 'n ma met 'n seuntjie wat soos 'n bobbejaantjie aan die ma se been klou. Die ma kan nie beweeg nie, want die kind het al-twee arms en altwee beentjies om haar been geslaan. En hy huil hygend. Juffrou hou haar pose: "ag toemaar wat - jy's darem so 'n oulike grootseun en gaan sommer baie lekker dinge hier in graad 1 leer en sommer gou maatjies maak en als - ek is seker mamma moet gaan kossies maak, so jy..." Sy is nog besig om te praat, maar uit daai klein lyfie kom nou 'n weeklaag wat 'n paar ander ook aan die snik het. Maar Juffrou laat haar glad nie onderkry nie - waarvoor het sy dan gaan leer. "Mevrou kan hom maar los - voor jy nog by jou kar is, het hy al opgehou huil - ek het dit al baie gesien." Juffrou sukkel, maar maak die skreeubalie se hande en bene ferm los en stoot die ma in die rigting van die deur. Maar raak daai klein stoutgat toe aan't gille dat die graad 2 juffrou van langsaan kom kyk of iemand seergekry het of wat gaan aan. Nodeloos om te sê dat daar nou meer as 'n paar aan't snikke is. Maar weereens bly Juffrou in volle beheer. Sy help ma en gillende kind by die deur uit en sê: "Ag, mevrou, julle is nou altwee ontsteld stap net af in die gang, en dan gaan kry mevrou vir die outjie 'n Valium by die sekretaresse!" (Juffrou—weet-als ken natuurlik glad nie medikasie nie en het die naam van hierdie sterk pil êrens gehoor, maar weet nie waarvoor dit is nie!) Nodeloos om te sê dat dit geruime tyd geduur het voor die ma (en haar bloedjie) vertroue in Juffrou gekry het wat so maklik vir 'n gr 1 kind 'n Valium gee!

Die volgende Piketberger verskyn op 21 Februarie. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 12 Februarie om 17:00

Huis AJ Liebenberg hou lekker Kersete danksy borge

Op 27 November 2012 is die inwoners van Huis AJ Liebenberg bederf met 'n Kersete wat deur verskillende instansies en persone geborg is. Hulle bedank graag Winkelshoek vir die sap en wyn, Boy en Trudie van Schalkwyk vir die tafelversierings en geskenkies en Annatjie Hougaard en Daniël Rossouw vir die vleis. Baie dankie aan al die vrywilligers wat behulpsaam was met die voorbereiding en die bediening die inwoners het dit baie geniet. Foto verskaf

Polisie leer selfverdediging aan AJ Liebenberg

Gedurende die bewusmakingsweek van mishandeling teen vroue en kinders het die plaaslike polisie die inwoners van Huis A J Liebenberg kom wys hoe om hulself te verdedig indien iemand hulle sou aanval. Foto verskaf

Piketberg Christian School bied hierdie jaar ‘n nasorg fasiliteit vir skoolkinders tussen die ouderdomme van 5-16 jaar. Veilige, omheinde area met fasiliteite vir huiswerk asook ‘n groot speelarea. Tye: 12h00 - 17h30, Maandag - Vrydag Koste: R30 per kind, per dag of R500 per maand. Vir meer inligting of om te bespreek, kontak asb vir Deidre Swart by 022-913 1886 (8vm-1nm) of piketbergcs@gmail.com Beperkte spasie

Ouers verantwoordelik vir etes.


13

Leserskring Boek van die Maand In Fado vir ‘n Vreemdeling, stel Margaret Bakkes die leser bekend aan Cornelis Homan, ‘n “enkeling, volledig ontoegerus...binne ‘n meedoënlose oorlogswêreld” oftewel “’n nietige stuk mens, reddeloos meegevoer...in ‘n onstuitbare geweldsituasie”. Die verhaal is ontroerend, tragies en ontstellend waar van elke geringe mens wat teen alle wil en beplanning in, uitgelewer is aan die onvermydelike. Hierdie historiese roman, met die Anglo-Boereoorlog as tema, is ‘n “móét-lees”, op die kruin van die lesersgolf. Kom gesels saam by die Leeskring op 13 Februarie om 09:30 in die biblioteeksaal. Bespreking: Sandra van Wyk

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir advertensies en berigte 15 Januarie 12 Februarie 12 Maart 16 April 14 Mei 11 Junie 16 Julie 14 Augustus 11 September 15 Oktober 12 November

Die Piketberger verskyn 24 Januarie 21 Februarie 22 Maart 25 April 23 Mei 21 Junie 25 Julie 22 Augustus 19 September 24 Oktober 21 November

Tuinbou-uitstappie na Koringberg Die Tuinbouklub gaan op Woensdag 6 Februarie na Koringberg om Gary Fracca se kleinhoewe te besoek waar hy verskillende produkte produseer: Khoisan-sout, aromatiese olies, velprodukte en kruie. Hulle vertrek om 08:30 vanaf die biblioteeksaal. Nie-lede is baie welkom om saam te gaan. Kontak Katinka Morrison by 082 829 6918 vir verdere inligting.

WELKOM ASTRID! ALL ABOUT TRAVEL verwelkom ‘n nuwe lid, Astrid Russouw (neé Silves) by ons span. Astrid is onlangs met Nicky Russouw van Weskus Meganisasie getroud. Sy kom oorspronklik van Johannesburg en het sewe jaar gelede na Stellenbosch verhuis, waar sy aan Bloemhof Hoërskool gematrikuleer het. Na matriek het sy studeer by Isa Carstens waarna sy haar beroepslyn gevolg het. Die afgelope twee jaar was sy bestuurderes van Bonne Esperance gastehuis op Stellenbosch. Sy is baie lief daarvoor om te toer en het al die Oos-Karibiese eilande, Jamaica, VSA, Engeland, Skotland, Sentraal Europa en Thailand besoek. Kom loer gerus by ons kantoor in Kerkstraat in om vir Astrid te ontmoet. ALL ABOUT TRAVEL 022 913 1465 astrid@allabout.travel


14

Kalla se besigheid (Piketberg Stoffeerders) is oorgeneem deur Christo en Linda van Schalkwyk van Oregon en More. Ons nuwe besigheid se naam is STIK EN STOFFEER. Kom sien ons gerus by Oregon en More vir al julle stik en stoffeer behoeftes. Christo 083 399 7988 Linda 083 501 3637 Telefoon: 022-9133326 Langstraat 59, Piketberg Reg oorkant Agrimark

Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30


15

PHS Matrieks kry hul uitslae

Marius Scholtz, trotse skoolhoof van PHS met die 3 A-kandidate, John Eksteen, 84,2% en 7 A’s, Sumaré Matthews, 82,9% en 6 A’s en Andrea Kotzé, 84,7% en 7 A’s. Foto’s: Marietha Goosen

N G Kerk Piketberg—Fonteinfees—Saterdag 9 Maart 2013

4U VERVOER • •

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel Z Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Swartland Honey Farm Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens. Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


16

Steynville Primêr Uitblinkers

Toppresteerders in grade 4, 5 en 6 is John-Elize Runba, Donita Britz en Shaun Willemse.

Hoofleiers vir 2013 is Zealke Kayster, hoofmeisie en Garwin de Wee, hoofseun. Dux-leerder in Graad 7 is Silique Klaase. Die trofee is oorhandig deur Sherwin Solomons van PPC Piketberg. Silique het ook die Wiskunde prys gewen. Foto’s: Elzanne Boshoff

Die Wetenskap prys word oorhandig deur Dr Sam Scheepers aan Thumarr van Wyk.

Algehele wenners in hul onderskeie grade is Nico Blankenberg (Gr. 3), Nic Visagie en Jadé Williams (Gr. 2) en Triston Scheepers (Gr. 1).

Die sportman en sportvrou vir 2012 is Gershwin September en Izelle Swarts. By hulle staan Margareth Goliath.


17

Steynville Primêr Eenheidsklas bly aktief

Die Eenheidsklasleerders van Steynville Primêr by die konsert waar hulle gedans het in hempies wat hulle self geverf het. Die aand was ‘n reuse sukses en die leerders het dit baie geniet om voor die skare mense hul talente ten toon te stel.

Die Eenheidsklas van Steynville Primêr neem afskeid van twee van hul leerders, Maderine Cloete en Ianette Wiese. Ons gaan julle baie mis en wens julle voorspoed toe in alles wat julle aanpak in die toekoms. Foto: Elzanne Boshoff

Foto: Eline Burden

Uitstappie na Giraffe House

Die Eenheidsklas van Steynville Primêr is op ‘n baie opvoedkundige uitstappie geneem na die Giraffe House net buite Stellenbosch. Dit was ‘n onvergeetlike dag en die leerders het dit terdeë geniet. Dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het om hierdie geleentheid vir die leerders moontlik te maak. Foto: Eline Burden

Valentynsdag 14 Februarie

Ianette Wiese en Maderine Cloete gaan moontlik vanjaar permanent werk by Piketberg se Spur. Ons is ongelooflik trots op hulle en is saam met hulle baie opgewonde oor die pad wat voorlê. Foto: Eline Burden

Springkastele, Ball Pond, Waterwurm en Gladiator te huur Kontak Margaret 022 913 1777


18

Die begin van hulle loopbane by PHS

Hanlie Kleynhans by die nuwe Graad 1’s.

Die Graad R-klas by juffrouens Maria Joubert, Amandi Ungerer en Eriscka Bredenkamp.

Suné Rheeder by haar nuwe Graad 1’s. Foto’s van leerders : Marietha Goosen

Anél de Vries, wat net vir die foto moes instaan vir Susan de Vries, is hier by die twee nuwe leerders in Graad 1E, Izabella Olsen en Chad Smith. ‘n Derde leerder, Precieuex Basseko het intussen bygekom. Nuwe persooneellede wat by PHS aangesluit het is Melanie Groenewald, Intermediêre Fase, Alta Nieuwoudt (sportbeampte/administratiewe beampte) en Lize van Graan, wat waarneem by Engels in Jo-Anne Lubbe se plek. Foto: Sanet Ackermann

Atletiek Kleure Byeenkoms

Vrydag 15 Februarie Braai by NG Kerk

Kom geniet die dag saam met PHS-leerders

Donderdag, 31 Januarie (middag) en Vrydag 1 Februarie


19

Mej Hartenbos 2012 Juné van der Westhuizen, Gr 12 leerder van PHS, is op 26 Desember tydens ‘n glansgeleentheid in die Amfiteater in Hartenbos, as Mej. Hart enbos gekroon. Uit talle inskrywings is 10 finaliste gekies wat voor ’n panel beoordelaars moes verskyn. Die punte behaal is oorgedra na die kroningsaand waar hulle weer punte vir elke afdeling gekry het. Juné, as wenner, het met baie lekker pryse weggestap. Dit was ‘n wonderlike geleentheid met baie prettige oomblikke. Foto verskaf

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Plek: N . G. K e r ks a a l Piketberg Datum: 22 Februarie 2013 Ty d : 1 9 : 0 0 Kontak: Piketberg Apteek 022 913 1600 To e g a n g : R140 / R120 / R100 Hoërskool Piketberg se Blokfluit Ensemble o.l.v. Komien van der Westhuizen gaan in Julie 2013 na ‘n “World Youth Music Festival” in Beijing (China) en probeer met hierdie Emo Adams optrede geld insamel vir hierdie ervaring van ‘n leeftyd! Ondersteun ons asseblief!


20


21

Univeg Operations Piketberg Sportdag

Bendert speel ‘n kishou Bendert Smit, Gr 8-leerder van PHS, het in die Desember vakansie deelgeneem aan die Ceres Fruit Juices toernooi op Ceres. Hy het die seuns o/14 gewen (enkels en dubbels). Hy het ook deelgeneem aan ‘n Opedag Toernooi vir Juniors op Lutzville en dit ook gewen. Foto verskaf

Gedurende 2012 is daar ʼn interne sportdag gehou tussen die drie Univeg eenhede, Piketko; Heldervue en Môrester. Die dag is gekenmerk deur goeie spangees en die opkoms was ʼn groot sukses. Ons wil net geluk sê aan Univeg Piketko wat die dag as wenners gekroon is. Die wisseltrofee wat geborg is deur Dave Ferguson van Praktika, word hier oorhandig aan die wenspan. Hierdie dag gaan voortaan ʼn jaarlikse instelling op die kalender word. Baie dankie aan Praktika vir die bereidwilligheid om altyd deel te hê aan die opheffing van ons werkers. Foto’s verskaf

Salomie Klereontwerp en maak, Dekor, Materiaal Kerkstraat 33, Piketberg (oorkant museum) Kontak Salomie 082 967 0768

Geskenke - Cd’s - Speelgoed

West Coast Fossil Park Evening Talk Tuesday 5 February 18:00 for 18:30 Speaker: Aurore Canoville Topic: Living Dinosaurs, The Deep Origin of Birds Fee: R20,00 Venue: West Coast Fossil Park, Langebaan

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Henk Pieters

071 583 6164

E.mail hszzbb@hotmail.com

Ons is oop! Nuwe Perseel Dieselfde adres Gebruik die oploop (heel links) of die trappe. Kerkstraat 45, Piketberg (Bokant Sweets Mania)

022 913 3212 Annelize Myburgh


22

Rooi, Geel of Blou?

Betrekkings Aangebied Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook. Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698

Rekenmeestersklerk Ons benodig die dienste van ‘n dame met toereikende ervaring in ‘n ouditeurs/rekenmeesterskantoor. Kan halfdag- of voldagpos wees. Stuur asb CV’s voor 15 Februarie 2013 na FJS FINANSIëLE DIENSTE strausse@xsinet.co.za Faks 022 913 1482 of Posbus 339, Piketberg, 7320

Vrydag 1 Februarie hou PHS hul kleuresport. Die kapteine van die spanne is Stephan Breunissen en Juné van der Westhuizen, rooi span, Kaylen de Klerk en Adam Januarie, geel span en Janeske Rademan en JJ Stander, blou span. Foto: Sanet Ackermann

Frankryk—hier kom PHS Vanaf 26 Maart tot 6 April gaan ‘n lewenslange droom vir 48 mense bewaarheid word. PHS se o/19A rugbyspan en 26 ondersteuners gaan ‘n opvoedkundige rugbytoer na Frankryk onderneem. Die program is propvol opwindende ervarings en drie wedstryde. In die volgende uitgawe van Die Piketberger vertel ons u meer van wat die program behels. Vir nou stel ons met trots die span aan u bekend.

BETREKKING: ONDERWYSER/ES Piketberg Christian School beskik oor ‘n betrekking vir ‘n Gr 4-9 gekwalifiseerde onderwyser/es. Stuur asb CV na piketbergcs@gmail.com of kontak Deidre Swart (8vm—1nm) by 022 913 1886.

Besigheid Te Koop Besigheid in Hoofstraat : Wegneem etes. Kontak Koos 076 922 6050

Agter is Divan Ungerer, Benna van der Westhuizen, Erich Kankowski, Christie van der Merwe, Barno van der Westhuizen, Johannes Mostert en Wilbre van Wyk. Middel is Jan van Zyl, Carel Kersop, Stephan Breunissen, Herbst van der Merwe, Gysbert Dippenaar, Wege Olivier, TC Bindeman, Danie Visser en Derick van der Merwe. Voor is Roman Zaal, Duan Mostert, Chris van der Merwe, afrigter, Pieter-Hugo Wium, Jaco Barnard, hulp-afrigter, JJ Stander en Adam January. Foto verskaf


23

LATE NIGHT XMAS SHOPPING 2012!

Baie geluk aan die volgende wenners van die Inkleurkompetisie. Mia Wiese en Ellaney van Neel.

Boland Superspar het by die jaareindfunksie vir die personeel ‘n paar toekennings uitgedeel na ‘n jaar van harde werk. Sally Dietrich: Beste vordering vir die jaar. Santie van der Berg: Spanlid van die jaar. Gert Coetzee: Staatmaker van die jaar Beste Kliëntediens: Kli ntediens: Sharena Baadjies

5 Jaar Langdienstoekenning: Lizelle Pedro,Maritza Pieterse, Pieter Moore, Wilma Mentoor en Yolandi Absolin. 15 Jaar Langdienstoekenning: Helen Carolus, Hester Hagen en Nicoleen Adams. 25 Jaar Langdienstoekennings: Henna Fredericks, Magda Swartz en Corrie Windell


24

Links ontvang Sethabela Johannes ‘ n Hansa Pilsener Koeler boks en regs ontvang Kelvin Julius ‘ n Castle Lite yskas. Baie geluk Tops Personeel en bestuur!

Bo is Dolla Lambrechts en Onder is Benville Rossouw wat weggestap het met ‘ n R500 koopbewys na hulle deelgeneem het aan die “ Win a bakkie ” kompetisie! Meer inligting oor die kompetisie op Die Piketberger se voorblad.

the green tree café

Piketberger Feb 2013  

Local Newspaper

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you