Page 1

1

Jaargang 21 Nr. 7

www.piketberg.com

Augustus 2014

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Superspar is Tops

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Bruid van die jaar...p4 Welkom in Piketberg...p6 Adam Marthiens...p8 VLV-Nuus...p9 Madibadag...p10 PHS se proefies...p12 Snoek- en Patatfees...p15 Goue Spele...p19 Ploegdag...p20 Uit Jannie se Pen...p24 Wat sê die reg...p26 Bergrivier Kano Marathon...p28 Winter Tenniskamp...p29 Gimnastiek...p30 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

Die beste in die Weste! Boland Superspar op Piketberg is op 23 Julie, tydens SPAR se Ledevergadering, aangewys as die Weskaap se TOP Superspar winkel vir 2014. Dié prestige toekenning volg op ‘n rits prestasies wat Boland Superspar die afgelope paar maande ingeryg het. Die kriteria wat gebruik word om die Superspar winkel van die Jaar aan te wys, is dié van besigheidsukses (oa groei en lojalitieit teenoor SPAR se Distribusiesentrum) gekombineer met kliëntediens. Dit is ook die derde keer wat hierdie toekenning deur ons ’eie’ Spar gewen word. Dankie aan al ons kliënte wat ons in staat stel om al vir 27 jaar handel te dryf in Piketberg, en dankie aan ons personeel wat so hard werk daaraan om elke dag net ‘n bietjie beter te doen as die vorige! Boland Superspar gaan met trots die Wes-Kaap verteenwoordig tydens die Nasionale SPAR konferensie te Sun City in September vir die titel van Nasionale Superspar van die jaar. Ons glo Piketberg sal styf duimvashou! Berig en foto verskaf deur Boland Superspar

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

℡ 022 913 1939 022 913 2404

Buy any two Natures Garden 1kg Products and you can WIN a Wirlpool Jet Chef! Competition closes 31st August 2014 Only at Boland Superspar Piketberg


2

Redaksioneel Ant Ems se Melkkos Ons hou bruilof op Albertinia en vier 60 genadejare sedert my ouers se belofte aan mekaar op 10 Julie 1954. En soos die bruilofgaste arriveer by die funksie, bou die kleintyd herinneringe, wat saam met elke gas inkom, so 'n gesellige warmte om my hart. Van oom, tannie, nig, neef tot kleinneef en -nig en vriende wat al 60 jaar met hulle saamkom. Van die snoesigste kindertydherinneringe is die Sondagmiddag kuiers op Karnemelksvlei. Ons dorpenaars het geweet om so 'n klein tydjie slaaptyd toe te gee aan die familie voor ons kon toeslaan. Op die werf aangekom, is dit die wye vlakte met kaskar, kruiwa en fiets........'n draai by die hoenderhok, die kraanvoël, die waenhuis, kleinhuisie en die windpomp. Teen laat middag word ons ingeroep vir koffie en gaan die spelery voort op die rooi bankie teen die muur. Dan is dit kalmer speletjies soos "telefoontjie" en "onder die perd se stert". 'n Onrustigheid begin in ons opwel, by die gedagte dat Pa aanstons gaan sê: "Kom, ons moet ry, môre is skool". Dis gewoonlik wanneer ons op ons lekkerste speel. My broer onthou verder beter as ek. Hy sê my die ander dag, dis juis dan, as ons sien ant Ems is besig met melkkos, dat ons geweet het hierdie kuier gaan langer wees..... Die oorgang van die middag na die aand het sy liefdevol met melkkos gevul. Dit het 'n onuitspreeklike, onvergeetlike vrede oor ons kindergemoedere laat daal. Nooi iemand vir melkkos en geniet die vrede.

Liefde Marietha Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796 Advertensies: diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Briewe van ons lesers... Rita Greeff, kinders en kleinkinders skryf… Hiermee wil ons ons opregte dank uitspreek teenoor die gemeenskap vir jul meelewing, besoeke en woorde van bemoediging tydens ons beproewing - die verswakking en afsterwe van my dierbare man, ons pa en oupa. Aan die NG Kerk predikante, Kerkraad en almal se ondersteuning, veral ook met die begrafnis. Ons dien ‘n wonderbare, liefdevolle God! Dankie ook aan Die Piketberger - draer van opbouende nuus. Groot waardering en baie liefde. Die Strauss-familie skryf... Ons wil net 'n boodskap van dankbaarheid aan Dokter Bruwer en personeel van Radie Kotze Hospitaal betoon. Baie dankie vir die vinnige optrede met Johan Strauss. Hy sterk goed aan by Groote Schuur Hospitaal. Ons het baie waardering vir dit. Groete en baie liefde. Marie de Villiers, hoof van Huis AJ Liebenberg skryf... Ek wil graag hierdie mooi storie met die lesers deel. Dit was vir my baie inspirerend om te sien met hoeveel liefde en deernis ʼn egpaar van Eendekuil vir hul huisbediende hier plek gesoek het in Huis AJ Liebenberg. Sy was in die plaaslike hospitaal opgeneem na ʼn beroerte en hulle het voorsien dat sy nie weer kan teruggaan huis toe nie. Hulle het gesorg dat die aansoekvorm sorgvuldig en volledig voltooi word, dat die losies vooruit betaal is en dat haar klere voldoende is vir haar opname hier by die Tehuis. Sy is ongelukkig oorlede voordat ons haar kon opneem, maar ek wil net sê – julle is ʼn voorbeeld van naasteliefde! Elzanne Richter skryf... Graag wil ek vir Japie du Plessis en Mari Ehlers by DUP MEUBELS sê “BAIE DANKIE”! Ek het lanklaas sulke uitstekende diens van ‘n besigheid ontvang, en dit boonop in ons eie dorp! Al was dit ‘n lang gesukkel met ‘n foutiewe stoof, het hulle my deurentyd op hoogte gehou van verwikkelinge en namens my met die verskaffer reëlings getref. Ondersteun gerus plaaslik, en wees aangenaam verras!

Die volgende Piketberger verskyn op 21 Augustus Berigte en advertensies moet ons bereik teen 12 Augustus Stuur na: diepiketberger@gmail.com


3

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!) en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!


4 Georgia Bruid van die Jaar Finalis

Baie dankie vir jul voortdurende ondersteuning en baie welkom aan alle nuwe kliënte R70 Special 7 ou dvd’s vir 7 dae lank

022-913 2646

GROOT WINTER UITVERKOPING Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel

022-913 2418

022-942 1787 Riana Smit

022-942 1787

082 921 1977

Georgia Abrahams van Piketberg Toerisme is as Die Weslander se Mei bruid gekies. In Oktober moet sy saam met die ander 11 bruide weer hul trou uitrustings aantrek by die algehele Bruid van die Jaar kompetisie. Ons hou duimvas, Georgia - Red. Foto: Edó Photography

Seun, die professionele bode Seuntjie Kitshoff is 'n bekende gesig in Piketberg. Hy is elke dag op sy pos om vir ieder en 'n elk van hulp te wees. Seun spog die afgelope tyd met 'n goue naamplaatjie waarop sy hoedanigheid as professionele bode uitgespel is. Benewens Seun se hardwerkendheid, sien jy hom meestal met 'n breë glimlag en wens hy almal 'n lekker dag toe met sy gemoedelike groet. Dis een van die mense op Piketberg wat jou laat voel dat jy geliefd en waardig is. Seun, Piketberg se mense het waardering vir jou. Foto: Marietha Goosen


5


6

Welkom in Piketberg

Alida Lintnaar, Evert Manuel (Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit), Dave Ferguson (Voorsitter van Piketberg Toerisme), Hanlie Linde (Munisipale Bestuurder van Bergrivier Munisipaliteit) en Jackie Ferguson. Die N7 verby Piketberg dra elke Junie-maand druk verkeer na-en-van Namibië. Piketberg Toerisme het vanjaar geskenkpakkies aan reisigers oorhandig om hulle te motiveer om Piketberg te besoek. Om ‘n suksesvolle verwelkomingsveldtog te kon aanbied, moes elke sakkie die uniekheid van Piketberg bevat. Die sakkie het onder andere bevat ‘n Winkelshoek sappie, potjie konfyt van Fruitlips (Piket-Bo-Berg), laventel olie van Org de Rac, Piketberg Museum boekmerk, akkommodasie afslag van gastehuise in ons omgewing, Piketberg Toerisme plakker, ‘n Piketberger koerant, Midas Piketberg notaboekie, Snoek & Patatfees plakker, ‘n kaart van Piketberg en nog meer. Die plaaslike verkeersafdeling het ons gehelp met die voorkeer van motors net voor die Total vulstasie se afdraai langs die N7. Reisigers was aangenaam verras toe ons in plaas van verkeersboetes vir elkeen ‘n geskenkpakkie oorhandig. Dit was ‘n goeie poging en ons sal definitief probeer om volgende jaar daarop te verbeter. Berig en foto: Piketberg Toerisme Wel gedaan! - Red.

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Hierdie maand se vraag is eenvoudig: Wat sal jy graag wil sien moet op die Skougronde in Piketberg gebeur? Ja, ek weet elkeen van ons het ‘n mening hieroor. Ek hoor dit by partytjies, by na-kerkdiensHanlie Linde teedrink-geleenthede, by vergaderings, by my stapgroep en in SPAR. Die skougronde kom ‘n lang pad saam met die meeste Piketbergers en daarom is dit reg dat ons genoeg tyd en aandag aan hierdie onderwerp skenk om soveel as moontlik mense se insette te kry. Kom ek gee ‘n bietjie agtergrond vir die van julle wat ook soos ek eers laat op die toneel verskyn het. Die skougronde is ongeveer vier hektaar groot en lê tussen Gousblomstraat en Cilliersstraat met die Rhino Sportgronde, die krieketveld, die begraafplaas en die Radie Kotze Hospitaal as naaste bure. Reeds op 18 Februarie 1968 is die grond deur die Munisipaliteit oorgedra aan die Landbou en Industriële Tentoonstellings Genootskap van Piquetberg (nee, dis nie ‘n spelfout nie – dit is die oorspronklike spelling van ons dorp). Hier het die landbougemeenskap jaarliks skou gehou. Omstandighede het egter verander en in 2012 is die laaste landbouskou hier gehou. Tydens 2013 het die Munisipaliteit met die Skoukomitee in gesprek getree oor die toekoms van die skougronde en oor agterstallige belasting- en diensgelde en het die Burgemeesterskomitee op 17 Maart 2014 besluit dat die grond terugval in die naam van die Munisipaliteit en dat die agterstallige skuld van ongeveer R70 000 afgeskryf word. Die Burgemeesterskomitee oorweeg tans wat met die bestaande geboue moet gebeur om in lyn te wees met die moontlike toekomstige gebruik op die grond. Die vraag is nou: Wat word van die skougronde? En die antwoord hierop is nie ‘n maklike een nie, want soveel mense soveel denkrigtings. Daarom het die Munisipaliteit onderneem om ‘n publieke deelname proses te laat fasiliteer deur onafhanklike konsultante wat spesialiseer in stedelike ontwerp. Die beplanning is om hierdie proses tydens Augustus en September 2014 te doen. Die Munisipaliteit sal aan belanghebbende groepe en individue die geleentheid bied om insette te lewer. As jy self belangstel of weet van iemand wat belangstel, nooi hulle asseblief om deel te wees van hierdie proses. Hou die advertensies dop en kom woon die vergaderings by. Ons het jou insette nodig. Dit gaan ‘n opwindende gesprek wees waardeur ons ons dorp se toekoms kan help bepaal. Lees meer oor die naam “Piquetberg” op p18

U word uitgenooi na

Aurora se jaarlikse Skou en Gymkhana 13 September 2014 Kom kuier gerus en geniet die dag saam met ons!


7


8

Adam Marthiens lê sy tools neer op die Berg Na byna 34 jaar se diens as plaasvoorman op verskeie plase te Piket-Bo-Berg, het Adam Marthiens of Oom Adam soos almal hom noem, nou afgetree. Altans so het hy gemeen, maar hy maak steeds die trip Berg (Piket-BoBerg) toe om daar te gaan werk. Voor my sit ‘n man met meer diensjare in landbou as wat ek oud is en wanneer ‘n mens na sy fisiese toestand kyk, sukkel jy om te glo dat Oom Adam alreeds 75 jaar oud is. Oom Adam vertel hoe hy eendag die trein na Koringberg gemis het en hy gereken het dat die stasiemeester nog iets kon doen om die trein te stop. Dit het egter nie gebeur nie en hy moes noodgedwonge terugdraai huis toe. Die een ding wat hy toe al besef het is dat tyd vir niemand wag nie en hy het toe al besef hoe belangrik dit is om betyds te wees. Sy grootword jare het in Moutonshoek begin en hy is toe later Kromvlei toe. Sy eerste ontmoeting met die Berg (Piket-Bo-Berg) was op 17-jarige ouderdom toe sy ouers op Tierkloof gaan bly het. Hier het hy leer trekker ry en ook beeste opgepas. Dit was die dae toe daar nog met hoenders geboer is op Tierkloof. Van Tierkloof af het hy by Witvlei beland, waar hy vir Frans Eksteen gewerk het. “Hier het ek baie lekker gewerk, maar die oubaas se boerdery metodes was baie primitief en oud modies. Dinge het te stadig en te lank gevat.” Die situasie laat hom toe besluit om pad te gee van Witvlei af en hy beland toe by Dezehoek en Koos Eksteen (toe die eienaar) se eerste woorde aan hom was, “Hotnot, waar kom jy vandaan? Kan jy trekker ry?” Laasgenoemde antwoord toe, “Ja, baas, so ‘n bietjie.” “Nee jong, hier mors ons nie met so ‘n bietjie nie”, kom dit toe van Koos Eksteen af. Op hierdie einste plaas gebeur dit toe ook dat Koos Eksteen die heel belangrikste take aan Adam oplê. So begin dit dat hy begin gewoond raak aan die idée van ‘n voorman wees. Na ‘n ruk op Dezehoek is Adam Marthiens toe Mooiplaas toe waar hy ook sy Kode 10-lisensie bekom het. Destyds het die leerlinglisensie R5.00 gekos en die lisensie het R15.00 gekos. Na Mooiplaas het hy by Visser Meubels in die dorp begin werk, maar moes iewers bly. Hy het toe ‘n huis op Witvlei gekry vanwaar hy daagliks met sy fiets dorp toe moes pendel. Ongelukkig het Visser Meubels bankrot gespeel en Adam kry toe ‘n werk by Spilhaus op die dorp. Hier het hy begin om die vloere te vee en net skoon gemaak. Later het hy, omdat hy ‘n bestuurderslisensie gehad het, al die aflewerings begin doen. Implemente en trekkers moes opgelaai word by Piketberg en Moorreesburg en nog later het Vredendal ook bygekom. Daar was nie selfone nie en wanneer die eienaar van Spilhaus hom gesoek het, was die heel beste om te doen, om maar die verskillende takke te bel om te hoor waar hy was. Sy verantwoordelikhede het meer geraak en die eienaar van Spilhaus het hom al meer vertrou. So het dit byvoorbeeld gebeur dat hy by Moorreesburg se tak moes stop en hier het hy ‘n brief aan die hek (vasgemaak) gekry. Binne-in die brief was daar geskrywe presies wat gedoen moes word. “Ek het gewerk om mense se vertroue te wen. Daar is tye dat jy as werker dood eenvoudig moet laag lê”, aldus Adam.

Na die werk by Spilhaus gaan werk Adam toe in 1980 by New Caledonia, plaas van Allistair Duncan. Hier het hy ook as plaasvoorman begin werk. Hy het toe ‘n voorman kursus by Kromme Rhee gaan doen wat hy suksesvol voltooi het. Op hierdie plaas moes hy toesien dat die boerdery take wat uitgesit was, afgehandel word. Hy was egter vir baie meer as net dit verantwoordelik. Hier moes hy ook toesien dat die werkers op die plaas Adam Marthiens by die winkel, die dokter en die hospitaal uitkom. Die verantwoordelikheid was dus baie groter as net die boerdery self. So vertel Oom Adam van ‘n dag toe hy die werkers moes vasvat oor ‘n opdrag wat hulle verkeerd uitgevoer het. Ten tyde van die voorval was die plaas eienaar toevallig saam met hom en dié sê toe niks en die manne wou toe weet: “Wat is dit met die hotnot? Master sê dan niks nie.” Adam kla toe by Master Duncan hieroor en laasgenoemde sê toe vir hom, “Ag nee Adam, hulle werk vir jou en jy werk vir my.” Op daai stadium was die huidige eienaar van Pomona nog ‘n klein seuntjie en Adam het hom sommer ook leer bakkie ry op die plaas. Van New Caledonia (of ook “onder Eagles” genoem) het Adam ‘n paar jaar by Eagles Pride gaan werk. Toe was Gerald Langton, pa van Peter Langton, die eienaar. Ou Meneer Langton het op ‘n stadium vir Adam gesê, “Adam, die plaas is net so groot en sal nie nog uitbrei nie. As jy soek na iets meer en groter, is jy welkom om elders ‘n werk te gaan soek.” So beland hy toe by Country Fair in die Agter-Paarl waar hy vir sowat ‘n jaar werk. Hierna bring die teerpad hom toe maar weer terug Berg (PiketBo-Berg) toe waar hy vir vier jaar lank op Eikevlei vir Corrie van Zyl werk. Sy langste diensjare was egter by Zwaanswyk. Volgens Oom Adam het hy toevallig op ‘n dag by Zwaanswyk se pakstoor beland, vir iets heeltemal anders, en die bestuurder toe, Christo Fourie, vra hom of hy dan nie werk soek nie. Natuurlik was die antwoord ‘n ja en die Maandagoggend was hy douvoordag al op die plaas. Die einste Christo Fourie sê toe vir hom (omdat hy so vroeg al daar was), “Ons val nie hier in die nag in nie.” Adam se antwoord aan hom was, “teen die tyd dat die werk hier aankom, moet ek hier wees.” Oom Adam vertel van sy eerste jare by Zwaansyk asof dit gister was en volgens hom was die eienaar, Neil Paterson, toe nie so rustig soos hy nou is nie. Dit het soms gevoel asof Neil op dieselfde tyd oral op die plaas was. Hier moes hy vir ‘n maand proef, maar na die tweede week het Neil Paterson na die werk gekyk wat hy voltooi het en vir hom gesê dat daar geen rede is waarom hy ‘n volle maand moet proef nie. Hier by Zwaanswyk het Adam vir 18 jaar gewerk. Volgens hom was die begin dae by Zwaanswyk soos om ‘n wilde perd mak te maak. Natuurlik het hy ook al ‘n keer bedank, maar Neil Paterson wou hiervan niks weet nie. Hy sou ‘n paar keer vir Neil Paterson, wanneer die op sy moeilikste was sê, “Gaan asseblief net huis toe en drink koffie.” Na Zwaanswyk het hy ook vir sowat 4 jaar Vervolg op p10


9

VLV hou konsert

Piketberg Blom– en Tuinbouklub Die volgende tuinbouvergadering is op 6 Augustus, dit neem die vorm aan van 'n blomdemonstrasie deur van die lede van die Tuinbouklub. Vergadering is 09:00 vir 09:30 by Piketberg se Biblioteeksaal. R20 besoekersfooi vir nie-lede. Gaste welkom. Vir verdere inligting, skakel Katinka Morrison by 082 829 6918

VLV-lede van Weskus-sirkel is hier afgeneem tydens ‘n konsert-oefening. Weskus-sirkel moet twee konsert items by die VLV-Kongres in Upington lewer. Met die liedjie “Skryf vir my ‘n briefie” deur die Grafsteensangers, beeld die lede die liriek uit. Die tweede item is ‘n humoristiese poppekas-item oor VLV-insidente. Die kongres in Upington is van 19 - 21 Augustus. Foto: Soreen Gouws NB datums vir jou VLV-dagboek 7 Augustus (17:00) – Die 2/3km stap vir Vrouedag begin by Voortrekkerstraat 76 18 September (09:30) – Landbou-uitstappie/vergadering 17 Oktober - D-Day vir “Pink Trees” draai bome toe!

MATRIX 2014


10 Vervolg van p8 by Dennegeur vir Gert Coetzee gewerk. Hier het die eindfluitjie geblaas, of so het hy gemeen. Oom Adam vertel ook van die wit, bruin en swart dae toe velkleur nog so ‘n groot rol gespeel het en hoe hy as gevolg hiervan ‘n klomp bitter pille moes sluk. Vandag sê hy is hy egter vir niemand daaroor kwaad nie en het dit hom eintlik ‘n baie sterker mens gemaak. Hy vertel dat hy self ‘n derduiwel was wat nie geskroom het om sy sê te sê nie. Vir die jong manne wat nou die leer in landbou wil klim het hy die volgende raad. “Vir ‘n voorman- of bestuurspos moet jy bereid wees om die laagtepunte saam met die hoogtepunte te vat.” Vir almal wat in landbou betrokke is, sê hy: “Sorg mooi vir die hen wat die goue eier lê, want hy moet môre en oormôre steeds eiers lê.” Op die ouderdom van 75 jaar het hy gedink dat hy nou afgetree het en dat hy net kan leeglê, maar die dag toe hy by Zwaanswyk groet, het Neil Paterson gesê, “Ek weet waar jy bly.” Ten laaste sê oom Adam Marthiens, “Ja, ek was gewoond daaraan om die witvoet genoem te word. Laat ek jou egter vertel, ek was g’n niks witvoet nie. Ek het net my werk gedoen en ek was nooit getroud met tyd nie. Ek sou meer doen as wat ek moes, selfs al moes ek dit ook in my eie tyd (middag ete uur) doen.” Die bestuur van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) en die gemeenskap van Piket-Bo-Berg sê baie dankie vir al die jare se diens hier op die Berg. Dankie vir die rol wat jy oor die jare in die landbou gemeenskap gespeel het. Jy het op die harde manier geleer en jou merk gemaak. Berig: Gus Pickard, Koördineerder, Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) Foto: Marietha Goosen

Calendulastraat vier Madibadag Inwoners van Calendulastraat in Piketberg, het Madibadag gevier deur hulle straat te verfraai met plante. Twintig planthouers is gebou op die sypaadjie van Calendulastraat wat gevul is met inheemse en droogte bestande plante. Die blombakke sal voortaan deur die inwoners versorg word. Die projek is ’n inisiatief van die Piketberg Krieketklub wat aansoek gedoen het vir “Table Mountain Fund” befondsing vir omgewingsprojekte wat deur die Weskus Biosfeer geadministreer is. Die Munisipaliteit het ook bygedra tot die projek en gehelp met die bou van die blombakke, tegniese advies en ondersteuning. Shoprite het ’n groot pot sop geskenk vir die dag. Die plaaslike wykskomittee was ook behulpsaam. Die dag is gelei deur Ray Van Rooy, Raadslid van die wyk en lid van die Piketberg Krieketklub. Kort praatjies is deur Tracey Stone van die Munisipaliteit en Morgan Sambaba van die Weskus biosfeer oor omgewings bewustheid gelewer. Daarna is die blombakke geplant en die dag is afgesluit met ’n heerlike bord kos vir al die deelnemers.

Inwoners van Calendulastraat wat hul straat verfraai het op Madibadag. Berig en foto: Ray van Rooy

Madibadag Wit Olifant verkope

? .

Vrywilligers van die NG Kerk op Piketberg het, ter viering van Madibadag, 'n Wit Olifant verkoping gehou tbv die gemeente se Koskas. Verskeie goeie dade is in die proses gedoen - die mense wat hulle kaste uitgesorteer en so mildelik geskenk het en die vrywilligers wat verkoop het. Na dese het verskeie huishoudings die gebruik van 'n nuttige artikel teen 'n baie bekostigbare prys bekom. Toe die span opgepak is en weer gereed is om te ry, het presies 67 minute verloop. Dit was nie menslik beplan nie. Die inwoners van oorwegend die ASLA-huise kyk reeds uit vir die volgende verkoping. Wit Olifante kan regdeur die jaar gebring word na die kerkkantoor. Soos reeds genoem, word die fondse aangewend om kos aan te koop vir behoeftige gesinne wat twee keer per maand 'n kospakkie ontvang. Foto: Carlo Visser


11


12

PHS se Proefies

Hierdie groep studente, met die uitsondering van een, is almal studente aan CPUT. Agter is Tanya Steyn, Auxilarry Mataza, William Hayward, Christie van Tiddens (Noordwes Universiteit, Potchefstroom), Henco Bindeman en voor is Hannemie de Jongh, Stephanie du Plessis, Lize Taljaard, Kylie Valentyn en Helena le Roux. Foto: Marietha Goosen

Navarre se Manne

Kekkel & Kraai Bacon Kip Hoendergereg 1 gaar hoender, ontbeen 2 koppies gaar noedels (meet rou af) 1 pakkie sampioensop 2 koppies water 2 koppies melk 1 koppie mayonnaise 1/2 pakkie Bacon Kips, fyngedruk 1 koppie Cheddarkaas, gerasper Kook sop in water en melk. Meng gaar hoender, Bacon Kips en noedels. Meng mayonnaise met sopmengsel. Meng alles saam. Rasper kaas bo-oor en bak teen 180°C.

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Twee studente wat tans by PHS proef, is inwoners van die manskoshuis, Navarre by CPUT op Wellington. Twee onderwysers by PHS is oud-inwoners van Navarre. Op die foto is Bernard Pieters, Henco Bindeman, huidige HK-lid van Navarre en oud-leerder by PHS, William Hayward, huidige onder-primarius van Navarre en Jacques Schreuder, oud-primarius van Navarre. En na dese staan Navarre steeds. -Red. Foto: Marietha Goosen

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieĂŤl) Herstel, Installasie en Hergas

Kontak Henk Pieters 071 583 6164 E.mail hszzbb@hotmail.com


13

‘n Tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan! Soos tye verander, so beweeg mense aan in die lewe. Na ses jaar by Praktika het Thea Cooper besluit om Praktika te verlaat en om haar toekoms in ‘n ander rigting te gaan vestig. Baie dankie Thea vir jou bydrae en insette om te help dat Praktika kon groei tot waar dit vandag staan. Ons weet dat jy ook ‘n sukses sal maak daar waar jy ‘n nuwe hoofstuk in jou lewe sal begin. Ek wil dan terselfdertyd vir Elvira Louw in Thea se plek by Praktika verwelkom. Sy kom oorspronklik van Gauteng waar sy baie ondervinding opgedoen het in die opleidings wêreld en vir ‘n geruime tyd ook ‘n persoonlike assistent was. Op 19 Januarie 2013 is sy met Jaco Louw getroud. Sy neem dus die leisels by Thea oor as Kantoorbestuurder.

Saam met Elvira se aanstelling wil ek van die geleentheid gebruik maak om die ander lede van die span wat op ‘n ad hoc basis ook vir Praktika werk, bekend te stel.

ni t a J ua

Elvi ra

Juanita Joubert kom van Pretoria en was vir 10 jaar ‘n Menslike Hulpbronne Bestuurder by ‘n Ingenieurs Maatskappy. Haar man, Jaco, wat by PPC werksaam is word gedurende 2008 na Piketberg oorgeplaas. Gedurende 2010 begin sy die plasing en vul van vakante poste funksie by Praktika behartig. Kort daarna begin sy ook opleidings kursusse aanbied asook dissiplinêre verhore hanteer. Juanita is ook ‘n geakkrediteerde assessor.

David Swarts is ‘n boorling van die Kaap waar hy nie net ook ‘n Pastoor is nie, maar ook opleiding vir verskeie toonaangewende opleidings maatskappye fasiliteer. Hy is ‘n geakkrediteerde assessor en sy spesialiteit is leierskap en lewensvaardigheidsprogramme. Davi d

Johan Marais was 32 jaar ‘n langafstand drywer van swaar voertuie en die tydperk voor sy aftrede instrukteur en keurder van brandstof vragmotorbestuurders. By Praktika is hy verantwoordelik vir die assessering van die kode 10 en 14 drywers tydens die K53 / Defensiewe bestuurders kursus. Hy deel ook graag sy tegniese kennis wat hy oor die jare opgebou het met die leerders wat van onskatbare waarde is vir drywers wat produktief en ekonomies vragmotors moet bestuur. an Joh

Intussen het Praktika ook ingehaak by Butler Vorster van T.B. Vorster en Genote wat alle dispute by die KVNB (CCMA) hanteer. Butler spesialiseer in dispute en arbeidsverhoudinge en hy is gekwalifiseer en geregistreer om dispute namens werkgewers te hanteer. B ut l er

ve Da

Ek wil afsluit en graag al die Praktika kliënte bedank vir hul volgehoue ondersteuning sedert ek die leisels op 1 April 2008 van Praktika oorgeneem het. Sonder jul ondersteuning sou hierdie besigheid nie kon groei nie en dit nie moontlik gewees het om al hierdie gesigte aan julle te kon voorstel nie. - Dave Ferguson


14

Opkomende fotograwe 20 Jaar Gelede — Augustus 1994

Edo Mostert van Edó Photography, links agter en Karlien Visser van Karlien V Photography, regs agter was die aanbieders van ‘n agt-weke fotografiekursus. Hier spog hulle met die eerste groep suksesvolle studente, agter Jan Fouché, Johan Smit, Susan Brand, Soreen Gouws, Moira van der Westhuizen en voor is Ansel van Schalkwyk, Nadine de Waal, Lizelle Rademan, Reginald Smith en Adri Pretorius. Foto: Edó Photography

VOORBLAD: Die VLV het onlangs nóg ‘n besondere hoogtepunt beleef met die optrede van Rina Hugo en Gé Korsten. Hulle het ‘n volsaal getrek en het ‘n pragtige bedrag van R6 000,00 wins gemaak. Die Piketberger is een jaar oud. Danksy die pragtige steun van ons adverteerders en borge asook die bydraes van ons gereelde korrespondente kon ons bly voortbestaan. Die Wes-Boland Redenaarskompetisie is op 12 Augustus deur Hoërskool Piketberg aangebied. Een-en-twintig leerlinge van omliggende skole het deelgeneem. Piketberg is verteenwoordig deur Johannie Liebenberg (senior) en Sybil Eksteen (junior). Melanie Eksteen is op ‘n onlangse netbaltoernooi op Clanwilliam as mej Rooibos aangewys. Eendekuil in die Nuus: Nella van der Merwe, oudleerling en hoofdogter van 1987 is opgeneem in die Springbok o.21 netbalspan. Sy is die dogter van Elbie en Erina van der Merwe van die plaas Agterland. PHS het onlangs ‘n groot kermis gehou en ‘n bedrag van R22 000,00 is ingesamel. Yolandé Vercuiel is aangewys as mej Kermis. Danro Odendaal is gekies vir die o.14 Boland Pluimbalspan en Louise Grobbelaar is reserwe vir die span. ADVERTENSIE: Te Koop: Sleepwaentjie 1,61m x 1,23; gebou deur Van Zyl’s Ingenieurswerke; Moorreesburg; ±12 jaar oud; Prys R1 200,00 kontant.

Alida se Naaldwerkklasse vir tienerdogters

Braai Wood For Sale Black Wattle Fire wood for sale. Amazing braai wood and for keeping toasty on those cold winter nights. R800 per 1 000pc; R80 per 100pc and delivered to your door for your convenience. Free delivery in the Piketberg area. Also available in bags for R15 per bag. Phone Daniël for your delivery on Fridays and Saturdays at 073 907 2787 or 074 614 3419

Alida Lintnaar het gedurende die vakansie naaldwerkklasse vir tienerdogters aangebied, as deel van die vakansieprogram van die Rhema Kerk. Die doel is om jong dogters die vaardigheid van naaldwerk aan te leer, maar ook dinge soos persoonlike higiëne en etiket. A’lida’s is geleë in Hoofstraat oorkant die polisiestasie. Die kinders is Nicole van Wyk, Roseline Ruiters, Mandy Mentoor, Cursley-Ann Baadjies, Joshline Lintnaar en agter staan Ciara Lintnaar en assistent, Martha Stuurman. Berig en foto verskaf


15

Goedverwacht hou Snoek- en Patatfees

Badisa Piketberg het gehelp met die hoofete van die dag en het 500 van die 1 500 stukke snoek gebraai. 7 500 mense het die jaarlikse Snoek– en Patatfees besoek. Foto’s: Daniel Goosen


16


17


18


19

Goue Spele Dienssentrums en Klubs vir Bejaardes van vyf Munisipaliteite te wete Matzikama, Cederberg, Bergrivier, Swartland en Saldanha het op 16 Julie 'n atletiekbyeenkoms gehad by Rhinopark op Piketberg vir bejaardes en ook bejaardes met fisiese gestremdhede. Dit staan bekend as die Goue Spele.

Die bekende Blake broers van Langebaan vorm elke jaar 'n aflosspan wat al vir die afgelope ses jaar as wenners bekroon word. Harry, Esau en Patrick Blake en hulle neef Johannes Miggels. Vanjaar het hulle in twee verskillende spanne deelgeneem, onder 70 en bo 70.

Lede van Silver Threads Klub vir Bejaarders op Piketberg is agter Helena Daniels, Marlene Erasmus, Katy Jagers, Janetta Swarts en voor Ellen Pillay en Elsa Taylor.

Die Jeugbrigade van die VG Kerk op Porterville olv Nigel Jagers, tweede van regs agter.

Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder Bergrivier Munisipaliteit, Henry Prins, Munisipale Bestuurder Weskus Distriksmunisipaliteit, Rdl Boeta Josephus, Onderburgemeester Weskus Distriksmunisipaliteit, Matlhodi Maseko, Lid van die Provinsiale Parlement vir Bergrivierstreek (in die plek van Alta Rossouw) en Rdl Harold Cleophas, Burgemeester Weskus Distriksmunisipaliteit.

Melanice Blanckenberg, Bestuurder Ontwikkeling Weskus Distriksmunisipaliteit, Lynette Rossouw, Streeksdirekteur Departement Maatskaplike Ontwikkeling en Tracy Stone, Bestuurder Strategiese Dienste Bergrivier Munisipaliteit.

Ambulans- en Reddingswerkers het reggestaan vir noodgevalle: Marinus Coetzee, Wendle Owies en Adam Janse.

Foto’s: Marietha Goosen


20

Ploegdag By die onlangse Piket Veteraantrekkerklub Ploegdag is daar, te midde van uiters moeilike omstandighede, meestal vasgesit en gesukkel eerder as geploeg. Diegene wat die bedryf ken, sal weet dat daar nie met ‘n eenblad-eg agter ‘n trekker gewerk word nie. Ook dat ‘n sesskottel-ploeg agter ‘n Farmall trekker vandag tot bankrotskap kan lei. Die unieke sesskaar “Stump jump” ploeg kon op die ou end, maar net na gekyk word. Die John Deere M het eers sy geluk met die sesskottelploeg probeer, maar dit het helaas nie gewerk nie, later sy spiere gebult met ‘n eenblad-eg, maar dit ook nie altyd gemaak nie. Die meer moderne veteraantrekkers met driepunt ploeë was meer suksesvol. Al die gesukkel het egter die besoekers groot plesier en heimwee verskaf.

Farmall met sesskottel-ploeg. “Stump Jump” ploeg.

John Deere M met sesskottel-ploeg. John Deere M met eenblad-eg.

Berig en foto’s: Apie Richter

Te Koop

Watchmen come and pray

Verstelbare Hospitaalbed (manual) + Free Air Matras R6 000 + R2 000 of naaste offer.

15-17 Augustus

Kontak Sarel de Villiers 082 8777 959

NG Kerk Die Strand Aangebied deur Dr Dick Eastman, Julie Meyer en Tanner Peake. (Dr Dick Eastman is die skrywer van "The hour that changes the world" en "Look what God is doing".)

R200 per persoon

Registrasie: 060 382 6620 Navrae: 081 271 2333


21

Die beste burger op die N7 Maandae: Koop een Busta Burger kry een vir net R30 Naweke: R100 Gesins aanbod (verander elke naweek)

Onthou van ons heerlike: Spareribs R42, Chicken strips R25, Hunga wings met chips R50, Ontbyt R25, Up en Go Burger R18, Groot verskeidenheid burgers vanaf R30

Bustas by Total Winkelshoek Tel. 022 913 8006


22

Satellite Solutions DSTV Herstelwerk en Installasies Skuif van Rekenaarkabels en Telefoonlyne

Skakel KOBUS 072 371 9139 (Advanced Satellite Training)

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075 Het GEMS kontrak gekry vir chroniese medisyne met lae of geen bybetaling!

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur dr. Margaret Mollett Die boek Duiwelsklip, Vrou alleen tussen delwers en diamante (Tafelberg) deur Mika le Killian (skuilnaam) vertel die ware verhaal van ’n geskeide vrou, Linda Louw, wat met haar twee seuntjies Eugene en Armand, dringend ’n heenkome moet vind. Haar tweelingbroers stel voor dat hulle op Klipheuwel in die Wes-Transvaal kom woon, waar hulle (die broers) ’n diamant-delwery op die plaas bedryf. Hier sal sy ’n leefbare inkomste kan maak uit die sortering van “bantoms”, dit wil sê die afvalgruis waarin kleiner en minder sigbare steentjies uitgekrap kan word. Die ou plaashuis waar hulle intrek is “muwwerig, en vervalle en donker”, maar aangesien sy nie huurgeld hoef te betaal nie, bly sy liewer stil. As oud-joernalis het sy min of geen kennis van diamante nie, maar sy leer vinnig, en weldra kan sy ook haar “pakkies” deur bemiddeling van haar broers verkoop. Tot haar ontsteltenis vind sy uit dat pryse deur diamantmaatskappye soos De Beers gemanipuleer word. Dan is daar natuurlik ook Jan Alleman wat as verkoper óf koper graag lieg en bedrieg. Die gebeure wat beskryf word vind plaas in 1993-1994 – jare wat onthou sal word vir onstuimige politiek, wat op geweld en plaasaanvalle op boere, veral in die WesTransvaal, uitgeloop het. Volgens Linda het diamantdelwers op die dorp onwrikbaar geglo “in hulle droom om vinnig ryk te kan word uit diamante.” Die groot oomblik vir die twee broers en Linda breek aan met die aangaan van ’n vyftig-vyftig kontrak met kennisse in die bedryf, waarby hulle konsessies verkry om in uitsoekgebiede van Angola te delf. Linda raak opgewonde by die gedagte dat hul duikers sommer hope pienk diamante uit die Chicaparivier kan skep. Maar dit gaan egter glad nie klopdisselboom nie – behalwe vir logistieke haakplekke, hoor sy die slegte nuus dat daar glad nie diamantgruis op “konsessie drie” is nie, en dat die rivier te diep is om te delf. Wanneer dit uiteindelik bekend word dat van die grootkoppe agter die Angolaprojek grootskaalse bedrog gepleeg het, sit Linda weer in die verknorsing. Daar is skeuring in haar familie en sy sal nie weer op haar broers kan staatmaak nie. Met die besef dat diamante in Afrika die glinsterende simbool van hebsug, magsug, verraad en ydelheid is, vra sy: “Wil ek steeds daarmee geassosieer word? Vir altyd ’n deel van my lewe maak?” Sy moet wegkom van die “duiwelsklippe”, en sy maak haar keuse.

Leeskring 20 Augustus “Swart op Wit” deur Annelie Botes Bespreking: Sandra van Wyk Biblioteeksaal 09:30. Almal welkom.


23

Onderwysgrade vir oud PHS’ers

Deidré Willemse het haar B.Ed graad ontvang. By haar is haar trotse ouers, Arthur en Julia en broer, Alan wat tans in gr 12 by PHS is. Foto verskaf

Nadia Burger verwerf haar B.Ed graad in Kleinkindontwikkeling en die Grondslagfase. Nadia is tans die Gr3-opvoeder by Noordhoek Primêr in Citrusdal. Foto verskaf

Vervaardigers van: • Soliedehout meubels • Kombuis– en slaapkamerkaste/ eenhede • Kantoormeubels • Restourasie • Spesiale versoeke Nog baie ander—jy moet kom kyk. Christo en Linda van Schalkwyk Langstraat 59, Piketberg (Oorkant Kaap Agri)


24

Skoolgereed op Madibadag deur Jannie Lategan

Kom ontmoet Marius Carstens ...’n Boekery eienaar te Piketberg Marius Carstens het in Piketberg grootgeword en sy skoolloopbaan by PHS voltooi. Hy sluit na matriek by die Staatsdiens aan en behaal later 'n Diploma in Aankope Bestuur by die Technikon RSA. Na sy aftrede (18 jaar gelede) woon hy saam met sy ma, Hettie in 'n woonstelkompleks te Piketberg. Sy pa was die legenda-riese en alombekende manshaarkapper, Cassie Carstens. Hy sluit intertyd by die plaaslike Rolbalklub aan, waar hy 'n kranige speler was. Marius bedryf tans 'n boekery in hoofsaaklik tweede-handse boeke en ou tydskrifte en vervul op hierdie manier 'n groot behoefte in die gemeenskap en het soms boeke op sy rak wat lank reeds uit druk is. Hy neem graag weer 'n boek terug as die persoon dit klaar gelees het en so kan daar 'n ruiltransaksie gedoen word vir 'n volgende boek aan die leser. Marius Carstens Boeke is vir hom kosbaar en vandaar die gedagte om sodanige kiosk tot stand te bring. Hy het selfs van tyd tot tyd ou Bybels op sy rakke. Hy lewer 'n diens aan die totale gemeenskap en elkeen is welkom om in te loer en deur die rakke te snuffel. Die geur van ou papier begroet jou wanneer jy hierdie kosbare winkeltjie betree. Dit is maklik bereikbaar en is geleë in die Informele Stalletjie Gebou te Langstraat B22 Piketberg. Hy doen sake op 'n Saterdag van 9vm tot 12 middag. Sy voorraad vul hy aan met boeke wat soms van mense kom wat wegtrek en dit dan aan hom skenk, of wat nie stoorplek het nie. Hy koop ook van tyd tot tyd ou boeke aan. Hy rig 'n uitnodiging aan almal om sy kiosk te besoek en mense wat tydskrifte of boeke aan hom wil skenk, is baie welkom. Hy is beskikbaar op sy sel 082 714 6190.

Die organisasie "We care for Piketberg" in samewerking met Piketberg Krieketklub, het Madibadag ingerig soos hulle elke voorafgaande kwartaal doen, en 'n groot poging aangewend om kinders van Piketberg skoolgereed te kry vir die derde kwartaal. Die diens is veral verleen aan kinders met ouers wat nie ekstra kostes kan aangaan en/ of ouers wat lang ure by hulle werk deurbring en nie baie tyd het nie. Wat die projek behels het, is dat seuns se hare gesny is en dogters se hare gewas, geblaas, gekam en gevleg is. Skoolskoene is blink gepoets en hulle naels is netjies versorg. Die diens is verleen aan 80 seuns en 70 dogters. Vrywilligers (drie mans vir die seuns en 12 vroue vir die dogters) het van vroeg oggend tot laat middag gewerk. Alle vrywilligers word hartlik bedank vir hulle gratis diens en ook vir die passie waarmee hulle gewerk het. 'n Groot dankie aan elke borg vir benodigdhede vir die projek asook verversings vir die kinders en die helpers. Die volgende gereedmaak sessie sal plaasvind net voor die skool begin op 13 Oktober.

Hierdie groepie kinders is gereed gemaak vir skool deur "We care for Piketberg" in samewerking met Piketberg Krieketklub.

Foto en berig: Ray van Rooy

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 12 Augustus vir ons September-uitgawe.

Jong dames reik uit na Huis AJL

Swartland Sangfees Maandag 11 Augustus om 19:30 NG Kerksaal, Piketberg Kaartjies R20 Vier skole se kore gaan deelneem: Hoërskole Piketberg, Swartland, Dirkie Uys en Porterville.

Ons lesers kan self die jong dames identifiseer wat vir elke inwoner van Huis AJ Liebenberg ‘n pakkie uitgedeel het. Foto verskaf


25


26

Services Offered HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for house-sitting / pet-sitting as well as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326 or heikeoelbuttel@gmail.com

Te Koop Boek te koop - “Suid-Afrika vir Suid-Afrikaners”. Prys nuut R270, my prys R150. Kontak 071 828 7952

Heerlike Beesbiltong R155,00 per kg Suiwer Beesmaalvleis R50,00 per kg Koedoebiltong R190,00 per kg Koedoe droëwors R180,00 per kg (Net hoeveelhede van een kilogram en meer)

Kontak N Louw 083 441 4032 BESTEL U PIENK MATERIAAL OM DIE BOME IN U STRAAT IN PIENK LAP TOE TE DRAAI!!! ONS DRAAI DIE BOME IN OKTOBER TOE - D-DAG : 17 OKTOBER

Wat sê die reg? Eiendomsbelasting Hoe kan ek betaal as ek nie ‘n rekening van die Munisipaliteit ontvang nie? Alle eienaars van onroerende eiendom het ‘n plig om eiendomsbelasting te betaal soos vereis deur toepaslike Wetgewing. Avanti Ludick Die Munisipaliteit word verplig om belasting te hef op alle belasbare eiendomme in die Munisipale gebied met ‘n paar uitsonderings wat nie in hierdie artikel bespreek word nie. Die Munisipale beleid en verordening (wat deur die Raad aangeneem is) moet in ag geneem word by bepaling van hoe tariewe vasgestel word. In die geval van meer as een eienaar word beide eienaars gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou. Belasting kan betaal word op ‘n maandelikse basis of eenmalig, soos ooreengekom deur die eienaar en die Munisipaliteit. Die probleem wat daar in die praktyk heers is eienaars wat aanvoer dat hulle nie ‘n rekening ontvang het nie en daarom nie betaal nie. Die Wet verplig egter ‘n Munisipaliteit om ‘n maandelikse rekening uit te stuur vir alle eienaars, maar, dit bly (ongelukkig) die plig van die eienaar om die rekening te betaal ongeag of hy wel ‘n rekening ontvang het of nie. Die eienaar het dus ‘n inherente plig om self by die Munisipaliteit uit te vind wat die stand van sake is indien hy nie ‘n rekening ontvang nie, seker te maak hulle het sy/haar adres en die balans te vereffen. ‘n Eienaar kan dus nie hierdie verskoning gebruik as verweer vir wanbetaling nie. Eiendomsbelasting verjaar ook nie na 3 jaar soos meeste ander skuld nie. Indien ‘n eienaar sy eiendom wil verkoop, maar die eiendomsbelasting is agterstallig, sal hy nie ‘n uitklaringsertifikaat kan bekom nie en die hele proses sal vertraag word. So eienaars – betaal maar, daar is geen ander uitkoms nie.

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink. Kontak asb. 082 780 8698.

R20 PER METER Direkte inbetaling kan by PHS (Plofstof)-rekening gedoen word, of skakel een van die volgende VLV-Bestuurslede. BESTEL BY: NICOLINE BROWN : browns@pcnetmail.co.za 082 477 0665 DINETTE LOCHNER : ppcmaklaars@telkomsa.net 083 564 5643 SANET ACKERMAN : ackermann137@gmail.com 082 557 6239

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!” “’n Bybeltjie vir ‘n Zoeloe-kindjie” - dis die waarde wat R60 in ‘n koevertjie kan toevoeg tot iemand se lewe in Msinga en Makathini. Kix mik vir 180 Bybels

“Pink Trees for Pauline” beywer hul om fondse in te samel vir lewe na en gedurende kanker. 80% van die fondse sal in Piketberg-gemeenskap aangewend word. Bankbesonderhede: Rekeningnaam : Hoërskool Piketberg Bank : ABSA : Piketberg Tjekrekeningnr : 1180620024 Takkode : 334-211 Verwysing : Naam/Mpy naam + lap

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276


27

Matrieks van Toeka tot Nou

Hierdie groepie matrieks en jarelange vriende op die foto links is kloksgewys van agter Alan Willemse, Brandon Bernado, Andrew Coetzee, Jared Whitfield en Timotheé Luyt. Vier van hierdie manne is reeds van kleins af vriende. Lesers kan die gesiggies soek op die foto regs wat geneem is toe hulle in Gr 4 op ‘n uitstappie was. Andrew Coetzee het later bygekom. Foto’s verskaf

PHS se Matriekafskeid

Loslitdag is op 5 September. Loslitdag vind in elke dorpie in elke hoek van die land plaas en meer as twee miljoen mense, 10 000 maatskappye en 500 skole neem deel. Plakkers is beskikbaar by Edgars, Jet, Absa en Shoprite

Vrydag 29 Augustus Die Piketberger wil graag u foto’s plaas.

Stuur asseblief u foto’s na diepiketberger@gmail.com

Salon Stella Naels Bio Sculpture Gel Naels asook Bio Sculpture produkte. Skakel 073 867 5556

Sonbed Spesiale Aanbod tot 30 September 2014 R150 vir 10 sessies of R20 per sessie. Skakel 022 913 1638 vir afspraak

Les 083 448 1718


28

PHS se Boland rugbymanne

Bergrivier Kano Marathon Op 16 Julie het die 53ste Bergrivier Kano Marathon afgeskop in die Paarl en roeiers het twee dae later by Piketberg verbygekom. Hierdie jaar het die Wes-Kaapse Kano Unie (soos verlede jaar) kinders uit die plaaslike gemeenskappe geborg om die roeiers te verwelkom by onderskeidelik die Ou N7-brug en Moravia brug.

PHS se vier Boland rugbyspelers by die Pette aand gehou te Wellington op 27 Junie, Gysbert Dippenaar, Christie van der Merwe, Benna van der Westhuizen en Corné Wium. Foto: Grace Dippenaar

Interskole Zebras vs Bulle

“Kinders wat roeiers oor die jare spontaan op die rivier aanmoedig en selfs in klein koortjies vir ons sing, is ‘n riem onder die hart vir enige moeë roeier. Dit het ons laat besef dat ons iets moet terugploeg in die gemeenskappe - deels om dankie te sê vir hul ondersteuning oor die afgelope 52 jaar, maar ook om die roeisport onder hulle te bevorder,” sê André Collins, ‘n voormalige Bergrivierkampioen en nou ook voorsitter van die marathon se reëlingskomitee. Kinders uit Piketberg, Wittewater en Goedverwacht is aangery deur bussies tot by die brûe waar hulle ook dan elk ‘n kospakkie ontvang het. Altwee brugsaamtrekke was goed ondersteun deur die plaaslike gemeenskappe.

Saterdag 23 Augustus te Hoërskool Piketberg

Wittewater se trompoppies het opgetree by die Moravia brug. Berig en foto’s: Piketberg Toerisme


29

Winter Tenniskamp ‘n Winter tenniskamp is aangebied deur Marissa Krynauw en Marianne Grobler asook student en hulp-afrigter, Jani Truter. Op 14 en 15 Julie was daar 18 spelers tussen die ouderdomme van 6-10 jaar met die PLAY and STAY program besig. Spelers het dit ongelooflik geniet en ‘n paar jong sterre is geïdentifiseer. Van 16 - 18 Julie het 30 spelers tussen die ouderdomme van 10 - 16 jaar hard gewerk. Spelers van Clanwilliam, Porterville, Moorreesburg, Riebeek Kasteel en Hopefield het aan hierdie kamp deelgeneem. Daar was selfs ‘n spesiale gas van California VSA wat lekker saamgespeel het. Albertus du Plessis, voormalige Wes-Boland speler en leerder van Citrusdal, het saam met sy ou tennis- en skoolmaats kom speel.

Die meer senior spelers wat die kamp bygewoon het.

Lehandri Kotze wag vir die afslaan.

Roux Basson slaan ‘n kishou. Lize Bruwer, links, reg om af te slaan.

Berig en foto’s: Marianne Grobler

Hoërskool Piketberg Kultuuraand 5 Augustus 2014 om 19:00 in die skoolsaal. Kaartjies R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. (Beskikbaar by die skool) Kom geniet hierdie heerlike aand saam met ons talentvolle kinders!


30

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Reach vir SA’s Die ritmiese gimnastiekklub, Reach, is tans besig met ‘n gimnastiekklub fondsinsamelingsveldtog vir die gimnaste wat hierdie jaar aan SA’s gaan deelneem. Indien een van hulle nog nie ‘n lootjie aan u verkoop het om ‘n kans te staan om ‘n heerlike sjokolade “hamper” te wen nie, sal een van hulle u binnekort nader. Of u moet sommer een van die gimnaste nader hark en vra om ‘n lootjie te koop.

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Ons bied die volgende: • Stoffering van banke en stoele • Herstelwerk aan tente en seile • Maak van seil “canopies” vir bakkies • Motorsitplekke en motorplafonne • Trekkersitplekke • Spesiale versoeke Christo 083 399 7988 / 022 913 3326

Langstraat 59, Piketberg. KONTAK ONS GERUS. ONS IS REG OORKANT KAAP AGRI.

Op 15 Julie, was ‘n paar van die gimnaste by die Mountain Creek Spur “shadow-waitresses” as deel van hul fondsinsameling. Hulle het apart van die Spur se eie kelners, fooitjies van die Spur se besoekers ontvang, sowel as 10% van die aand se opbrengs. Die inkomste aan fooitjies het R2 150 beloop en die kommissie vir die aand was R1 850. Daarna was daar nog bydraes van mense wat die aand nie die Spur kon besoek nie, maar graag ‘n bydrae wou maak. So was daar ook ‘n anonieme persoon wat ‘n R1 000 geskenk het omdat hy/sy ook nie die betrokke aand by die Spur kon uitkom nie. Wow! Wat kan ‘n mens sê? Duisend dankies Piketbergers vir julle bydraes! Dit word ongelooflik baie waardeer. Vir die skoolleerders gaan daar op Vrydag 15 Augustus ‘n fliekaand wees met iets lekker te eet daarby. Op Saterdag 9 Augustus, Vrouedag, bied die klub ‘n Vintage Tea Party in die kerksaal aan. Daar gaan ‘n vertoning deur ‘n opkomende kunstenaar wees en die gimnaste gaan ‘n vertoning hou. U gaan bederf word met lekker tee en iets te ete. Die kaartjies kos R80 per persoon en is te koop by die gimnaste. Indien u belangstel en nie die gimnaste ken nie, kan u Alta Nelson skakel by 082 874 5295 vir kaartjies. Dis nog nie al nie….hulle gaan ook ‘n resepteboek in kleur saamstel wat daardie oggend bekendgestel gaan word. U kan solank u bestellings plaas. Moenie vergeet om vir ouma en al die tannies in die familie ook een te bestel nie. Onthou, spyt kom altyd te laat. Berig: Alta Nelson Foto: Chrisna Baard


31

Boland Superspar bied ‘n kompetisie aan waar daar ‘n R20 000, R10 000 en een R5 000 koopbewys weggegee gaan word. Elke dag word daar ‘n strokie getrek. Die persoon wen die helfte van hul aankope terug in ‘n koopbewys. Kompetisie sluit 3 Augustus 2014. Skakel Toni Smuts (skakelbeampte) vir enige navrae. Baie geluk aan die volgende wenners:

Johan de Lange, J. Adams, Dafaline Mentoor, Elaine Jones, Elaine Vermeulen, F. Martin, Betsie Costers, J.L. Smit, Olive Arries, Caroline Claasen, Erika Fourie, Edgar Steenkamp, Karin Lausberg, T.B. Swart, Riaan Abrahams, E. du Toit, Annelize Myburgh, Rashel van Rooy, Winnie Otto, Hester Karolus, Nella de Klerk, Alta Marais, Sandra de Villiers, Elizabeth Coetzee, A Gerber. Nuwe intrekker van buurdorp skryf… Met my kennismaking met ‘n Piketberger, kort na my intrek op ‘n naburige dorp, word ek vertel van Piketberg se skitterende Spar. Met my eerste besoek aan dié Spar op 26 Julie, is my verwagtinge oortref. Baie geluk met julle toekenning.


32 Boland Superspar & Piquetberg Mall vier Madiba se verjaarsdag op 18 Julie 2014 saam met Badisa Piketberg

Andrew Danster het sy Madiba bordjie by Chelsea Vercuil gekoop. Hy het ook ‘n gratis pakkie “Just Popcorn” ontvang om Madiba se verjaarsdag te vier!

Badisa Piketberg het besluit om 67 kospakkies te versamel by Piquetberg Mall op 18 Julie 2014. Boland Superspar het 10 pakke ‘SPAR Soup Mix’ gegee om by te dra op die dag. Badisa besoek Burgerstrandhuis Badisa Piketberg het ‘n groep minderbevoorregte kinders gedurende die Junie vakansie na die Burgerstrandhuis geneem. Piketberg Badisa span het blou geborgde Boland Superspar keppies gedra vir die uitstappies.

‘We care for Piketberg” het hard gewerk om die kinders van Piketberg gereed te kry vir skool. Hier oorhandig Toni Smuts (Skakelbeampte) aan Marchelle Engelbrecht, Kevin Faro en Ashwin Tietimani, kospakkies om die honger kolle weg te hou op Madiba dag om dankie te sê vir al hulle harde werk en tyd wat hulle in die gemeenskap terugploeg.

Wenner

Baie geluk aan Marie Nelson. Sy het ‘n twee-plaat stoof gewen nadat sy Rama botter gekoop het. Cathlene Ockhuis oorhandig die stoof aan haar. CAB Piketberg Nicolaas Nyl van Christelike Afhanklike Bediening, ’n terapeutiese ondersteunings- en nasorggroep wat help met rehabilitasie binne die gemeenskap, gaan ‘n kongres in BarklyWes bywoon. Hier oorhandig T oni Sm uts (Skakel-beampte) ‘n koopbewys aan mnr Nyl as fonds-insameling vir die kongres.

Aug 2014 piketberger  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you