Page 1

1

Jaargang 19 Nr. 3

www.piketberg.com

April 2012

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Piketberg VLV Weskus Wenners

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Nog A‟s vir 2011-klas...p3 Fonteinfees...p5 Veertjie-in-die-hoed toekennngs...p6 Fokus op Jou Kind...p12 Laerskool Tennistoerspan...p19 Unisa se ererol...p19 Janke en Anke in aksie...p20 Steynville Primêr atlete p21 P IK E T B E R G

ONE STOP M OTOR PART SH OP

Chantelle Clarijs, tweede prys Fotografie, Marthie du Toit, eerste prys Woordkuns, Alta Vos, eerste prys Beeldhouwerk, tweede prys Mosaïek asook eerste prys

Preservering, Frannie Botha, eerste prys Lekkers en Nicoline Brown, Mikrogolf gebak. Foto: Marietha Goosen

In die kompetisie afdeling by die afgelope konferensie van VLV Sirkel Weskus op 29 Februarie vanjaar te Langebaan het Piketberg-tak behoorlik stof in die die oë van die 14 ander takke geskop. Alhoewel kompetisie straf was, het die tak die toekenning vir meeste punte in die afdeling Kunste en Hand-

vlyt asook Huisvlyt verower. Die tak het boonop die trofee vir die algehele wenner met die meeste punte in totaal huis toe gebring. By die konferensie is VLV Piketberg ook aangewys as ―Tien uit Tien‖-tak vir 2011. Lees berig op p.14

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

 022 913 1939  022 913 2404

ELKE VRYDAG IS

MARKDAG! Kom loer in vir ongelooflike besparings en PROE GERUS van ons produk-uitstallings!


2

Redaksioneel Die Lewe is deesdae „n Fees Kleintyd was ‘n Vrugtefees een maal per jaar by die Kinderkrans en ‘n Middernagfees op ‘n Voortrekker– of CSV-kamp omtrent die enigste feeste wat ek geken het. Seetyd was sinoniem met Kersfees, maar sonder die opbou en aanloop wat dit vandag het. Deesdae hou feiltlik elke dorp ‘n fees om uitbundig uiting te gee en te spog met produkte wat in hulle kontrei volop is. Vir elke letter van die alfabet is daar „n fees: Aartappelfees in Redelinghuys, Broodfees in Koringberg, Christusfees in Porterville, Diazfees in Mosselbaai, Elvisfees in Stormsrivier, Fonteinfees in Piketberg, Gariep Kunstefees in Kimberley, Hantam Vleisfees in Calvinia, Inniebosfees by Nelspruit, Jubelfees by Klawer, KKNK by Oudtshoorn, Logan Toneelfees op Fraserburg, Magaliesberg Sitrusfees in Buffelspoort, Namaquafees op Vredendal, Oesterfees in Knysna, Pienkvoetefees in Lime Acres, Quennafees by Gariepdam, Riemland Bundufees in Bultfontein, Snoek– en Patatfees by Goedverwacht, Tonteldoos Kontreifees in Dullstroom, US Woordfees in Stellenbosch, Varingfees in Brackenfell, Winterfees in Williston, Yzerfontein Snoekfees in Yzerfontein en die Zebrafees in Piketberg. Daar is vir baie van bogenoemde letters nog feeste om op te noem. (Het niemand nog aan ‗n Xilofoonfees gedink nie?) Feeste vra energie, tyd, geld en uitstekende beplanning. Die een fees wat egter vir almal van ons beskore is, sonder energie, tyd, geld of beplannig. Alles rondom daardie fees is klaar gedoen...vir jou en my! Mag elke leser opnuut die wonder van Paasfees besef! Marietha

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie

(diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Margaret Smit 022-913 1777 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R435 Halfblad: R295 Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Briewe van ons lesers... Sir Cobis Wilson skryf . . . Beide die burgemeester en predikant het my oorgeslaan, en is daar seer hier binne waar ek nooit lag nie, want sien, nie eens Uit Jannie se pen het my opgemerk nie en ek bly al vier maande op die dorp. Predikante reis ver in Afrika om siele te red, maar in hulle eie dorp loop daar vreemdes in hul kuddes rond, herderloos en het die verlore skaap nog nie ‗n heenkome nie. Ek betaal seker al te lank getrou my rates en taxes, nou kom die burgemeester ook nie welkom sê nie. Piketbergers, ek groet julle, na drie maande ken ek al omtrent almal, selfs die wat nie saakmaak nie en voel ek welkom genoeg om nie meer Kaapstad toe te verlang nie. Ek sê ook graag vir Oom Jannie welkom by my. Die BIO is nou my groot projek en bydrae tot die KUNS en KULTUUR in die dorp, en dalk nog die streek – ons gaan mos GROOT word. Hier moet ons weer jol en lag as ander ons kom vermaak met allerlei. Dit kan net groei as ons self ‗n bydrae maak en ondersteun. Ook besig ek myself met ARGITEKTUUR en INTERIEUR ontwerp en gee graag raad en hoop om insette te lewer om die dorp ‗n juweel in die WES-KAAPSE kroon te maak. Reeds is ek betrokke by toerisme, die Heritage komitee, en kunsprojekte. Try my, ek kan nie stil sit nie, ek help graag. Op uitnodiging van Sir Cobis, het Die Piketberger hom gaan besoek. Kyk gerus op p.13. Baie welkom, Cobis. – Red. Elmirique skryf uit Holland . . . Hallo Piketbergers, sjoe, ses maande is al verby en dit voel onwerklik dat ek oor ses maande terugkeer huis toe. Ek geniet my avontuur baie hier in Holland. Soos meeste van julle al gehoor of gesien het, het ons in Februarie sneeu gehad en was dit nie 'n belewenis nie! Die kanale het ook gevries en dit was blykbaar die eerste keer in jare wat die kanale hard genoeg gevries het sodat ons daarop kon skaats. Moet sê, daar is 'n verskil tussen kuns-ys en egte ys wat skaats aanbetref. Ek en my ―host dad‖ het eendag in Schipluiden op egte ys gaan skaats, ek deur die kanale en hy het aan 'n toertocht deelgeneem en 'n medalje gekry vir die roete voltooi. Skaats is voorwaar 'n sport waaraan alle Hollanders deelneem. Ek is bly dat ek kon deel wees van so 'n avontuur. Die winter is nou so te sê amper verby en die lente is in aantog. Ek is baie opgewonde om die Keukenhof volgende maand te beleef met al die tulpe en dan is daar ook 'n blomme parade wat ek graag wil bywoon. Ek sien ook uit om Maduradam te besoek einde van die maand, dis 'n museum, maar die hele Holland word in miniatuurweergawe uitgestal. Nogals 'n moet besoek. Dankie vir almal se belangstelling en wat so graag van my doen en late wil weet. Ek waardeer dit baie. Geniet die laaste fase van jul somer voor die herfs aanbreek. Groete uit Holland.


3

Nog A‟s vir klas van 2011

14 Stasies van die Kruis

‗n Verdere twee PHS leerders het na hernasien Agemiddeldes behaal. Mariska Wolfaardt en Carla Smit maak dat PHS se 2011 matrieks nou met 8 kandidate spog. Baie geluk!

Mariska Wolfaardt

Carla Smit

Foto‘s verskaf

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276

Alison Müller, Johann Enslin, Winand Grundling en Katinka Morrison na die roerende orrelspel van Winand om die kruisiging van Jesus uit te beeld. Piketberg was bevoorreg om hierdie begaafde meesters met hulle uitvoerproduk op eie bodem te hê. Die twee gaste was verras met Piketberg se opkoms en hartlikheid. Baie dankie ook aan persone van omliggende dorpe wat op die uitnodiging gereageer het. Die aand is gereël deur Alison Muller en die blommekuns is gedoen deur Katinka Morrison. Foto: Marietha Goosen

Onthou om te herwin


4

deur Jannie Lategan Ode aan „n haarstilis! Dit is weer tyd om drie hare in 10 rye te laat kam en knip. ―Hi, het jy dalk vir my ‗n tydjie vandag?‖ ―Ek is nogal baie besig, maar sal jou skakel sodra daar 'n plekkie is!‖ .....antwoord die vriendelike haarkappertjie. Die ritueel volg ‗n vaste patroon: ―As jy nou ‗n tydjie het, kan jy maar gou kom.‖ ―Goeie dag‖, word ‗n dame wat droomverlore in ‗n boek sit en blaai en wie se kop met 'n rooierige vloeistof geverf is, gegroet, maar soort van te skaam is om op te kyk, waarskynlik omdat geen vrou so in die mooimaak-wordingsproses gesien wil wees of erken wil word nie. ―Sit gerus,‖ sê die vriendelike haarkapper. Soos gewoonlik word die gange van doen versigtig en met presiesheid uitgevoer. Eers die handdoek om die nek en dan die swart lakenagtige kleed om die haarsnippers van die klere weg te hou en dan die plastiek met loodgevulde borslap agterstevoor om die nek geplaas. Alles word so presies en net reg gedoen. Hare word natgespuit en sy maak seker dat al die haartjies goed nat is. ‗n Ekstra druppeltjie té veel word rats met 'n ander handdoek weggevee. Met 'n fyn kammetjie word die hare flink en vinnig gekam. Sorgvuldig word die haartjies tussen die linker wys- en middelvinger vasgevat om dan behendig met 'n skêrtjie met flinke en kundige bewegings geknip. So al vervat-vervat duur die proses voort om rondom die kop te kom. Daar word nie veel gepraat nie, behalwe oor die weer, die brandstofprys wat al weer gaan styg en enkele nuusgebeure van die dag. Sy is professioneel en praat nie van ander nie en daar vanuit die stoel word sy ongemerk in die spieël gemonitor en dopgehou. Met die punt van die skêr beweeg sy kunstig rondom die ore en knip selfs ‗n uitsteekhaartjie wat by die oor uitloer, af. Hoe word die kuns van ‗n haarkapper beoordeel, hoeveel lof ontvang so ‗n dapper mens wat aan die voorkoms van ‗n ander peuter en met opregtheid probeer om weliswaar drie hare in dertien rye meesterlik te kam. Hoeveel selfvertroue moet so iemand hê..is daar nog vrees? ―Ek mag net nie ‗n fout maak nie.‖ Hoeveel dankbare erkenning ontvang so ‗n vakkundige persoon? .....is die kortaf dankie en haar fooitjie hoegenaamd genoeg om waardering uit te spreek? Hoe moeg en afgetakel voel sy na 'n dag se staan langs die stoel? Meet sy ‗n suksesvolle en gelukkige dag aan haar insameling vir die dag of bring die dank van mense uitgespreek vir haar vreugde? Mag ons almal meer vreugde en dankbare erkenning uitspreek as ons die salon verlaat. Vir wie skryf ons so ‗n ode? Nie vir ‗n gekommersialiseerde haarsnyer met ontwerperspryse nie, maar vir iemand wat teen 'n billike prys aan jou vir daardie paar oomblikke, haar beste gee. Moeite nie ontsien, om jou goed te laat voel nie. Die platteland en sy haarkappers is mense wat baie meer waardeer kan word. Hulle werk teen dieselfde prys vir ryk en arm.

DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTER SCHEEPERS.

Kekkel & Kraai Moderne Hoenderpastei 1 heel gaar hoender 1 eetlepel botter Skilferkorsdeeg (klaargekoop) 2 hande vol klein gaar aartappeltjies in helfte gesny 1 ui 6 preie, in ringetjies gesny 1 pakkie vars sampioene 250ml room Sout en peper na smaak 1 eier om deeg te verf Ontbeen hoender en sny in blokkies. Braai ui, preie en sampioene in ‗n bietjie botter. Voeg alles bymekaar en meng goed. Neem skilferkorsdeeg, sit in ‗n bakplaat, plaas hoendermengsel in die middel van die kors. Maak randjies van die deeg, die rante dien as ‗n bak, (dit is ‘n oop pastei). Verf die rou deeg met die geklitste eier. Bak by 200°C vir 40min. Bedien met slaai.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Nuwe Wintervoorraad en Juwele Somerskoene: Koop een paar volprys en kry jou 2de paar 50% af. Koop 2 paar volprys en kry jou 3de paar gratis Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

Winkelshoek was „n trotse borg en vennoot van die Fonteinfees Fotoâ€&#x;s: Marietha Goosen


6

Veertjie-in-die-hoed Toekennings Piketberg Toerisme Buro (PTB) het onlangs ‗n baie suksesvolle ledevergadering by Feathers Inn op Piketberg aangebied. Francois Viljoen van Open Africa was die gasspreker vir die aand, en het die teenwoordiges vergas met ‗n interessante kykie op hierdie nie-winsgewende organisasie se werksaamhede en strewe om veral landelike gemeenskappe in Afrika deur die skep van toerisme-roetes lewensonderhoudend te maak. PTB se Veertjie-in-die-Hoed-sertifikate vir bydraes tot toerisme op Piketberg en omgewing is welverdiend toegeken aan Kruistementvlei Plaasmark, Nosy Rosy, Cornberg Cottages and Restaurant, Zebrafees, Vroue van Môre, Alida‘s, Goudkop Bush Camp, Piketberg Museum, Piketberg Apteek, Boland Superspar, NG Kerk Koringberg en Bergrivier Munisipaliteit. Garry Frasca (PTB Bemarking) het ‗n kort oorsig oor PTB se bemarkingsprojekte en inisiatiewe gegee, terwyl Ansel van Schalkwyk (PTB Toerismebeampte) die afgelope paar maande se statistieke met die lede gedeel het. Die voorsitter van PTB, Jan du Toit, het sy dank uitgespreek teenoor alle lede vir hul ondersteuning en ‗n beroep gedoen op almal om nuwe lede te werf ter wille van die gesonde voortbestaan van die toerismekantoor wat die afgelope jaar ongelooflik gegroei het. Hy het ook sy komitee bedank vir hul passie, harde werk en insette ten spyte van elkeen se eie besige dagprogram. Johan Mostert van Nieuwedrift Wyne het ‗n heerlike, humoristiese wynproe aangebied, waarna die lede en gaste gesellig saamgekuier het. Vir meer inligting oor Open Africa, besoek gerus hul webblad by www.openafrica.org of skakel die toerismekantoor by 022 913 2063. Berig en foto‘s: Berenice Scheepers

Veertjie-in-die-Hoed wenners verskyn hier saam met Jan du Toit (PTB Voorsitter). Hulle is agter regs Johan Mostert (NG Kerk Koringberg) en voor vlnr Alida Lintnaar (Alida's), Anuscha Wiese (Goudkop Bush & Detox Camp), Santie van Niekerk (Boland Superspar) en Tertia van Dyk (Boland Superspar).

Walk for Life by Scheppie Saus Op Saterdag 24 Maart het jy die geleentheid om 'n bydrae ten opsigte van CANSA te maak terwyl jy jouself geniet in die natuur by Moutonshoek. Vir R50 kan jy 10km stap of met 'n trekker ry op die skilderagtige Scheppie Saus by Moutonshoek en boonop 'n smaaklike spitbraai- ete met bakbrood geniet. Jy kan sommer 7vm op die oggend van 24 Maart op Moutonshoek kom inskryf. 'n Kort program word ook aangebied. Vir enige navrae kontak Danie by 083 233 7772, Annatjie by 083 460 4051 of Ina by 082 823 0393 / 022 962 1781.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Veertjie-in-die-Hoed wenners saam met Jan du Toit (PTB Voorsitter) is Lynne Liebenberg (Zebrafees), Garry Frasca (Nosy Rosy), Wesley Du Plessis (Cornberg Cottages and Restaurant), Nico Swarts (Bergrivier Munisipaliteit) en Riëtte Bryant (Kruistementvlei Plaasmark).

Garry Frasca (PTB Bemarking), Jan du Toit (PTB Voorsitter) en Francois Viljoen (Open Africa).

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

Nuwe SAP-lede Ewald en Zelma Botha het onlangs vanaf Citrusdal na Piketberg verhuis. Ewald, Adjudant Offisier by die plaaslike SAP, beklee die pos as Skofbevelvoerder en Zelma is 'n administratiewe klerk by die SAP se Supply Chain Management afdeling. Hulle k inders, Natasha en Mariska is in gr 8 en 3 by PHS. Die Bothas is verras Ewald en Zelma Botha Foto: Marietha Goosen met die Piketbergers se warmte en hartlikheid wat hulle aankoms en verblyf sover baie aangenaam maak. Mag julle nog lang en gelukkige jare op Piketberg geniet. - Red

Mighty Kids Arise 14 April 2012 NG Kerksal 6nm-8nm vir alle 4-14 jariges wat saam die Here wil loof en aanbid

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646 PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) Tuisgebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by „n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8


9

Roché groet Piketberg Museum op hoogtepunt Op 21 Februarie is daar op gepaste wyse afskeid geneem van Roché du Toit. Haar laaste projek is ook bekendgestel.

Carlo Visser en Tertia Roux by Elizabeth Coetzee, nuwe kuratrise van Piketberg Museum, tweede van regs by die afskeid van Roché du Toit (regs), tot onlangs Piketberg Museum se kuratrise. Pieter Schoonees, skrywer van die boek, “Piketberg—die skuins dorp met die regop mense”, hier saam met sy vrou, Anne-Marié (links) en Marlene van Zyl, voormalige kuratrise van die Koringbedryf Museum op Moorreesburg. Hulle is afgeneem by die bekendstelling van die boek by Piketberg Museum.

Verdien tot R1 440 per dag met of sonder ‗n rekenaar. In u eie tyd. SMS naam en adres na 083 529 1608.

Regs is Arina Steyn, vriend van Malmesbury Museum en Lyn Marais, kuratrise Malmesbury Museum, bestudeer die boekie “Piketberg—die skuins dorp met die regop mense”, wat onlangs bekendgestel is op Piketberg.

REG. NO. 2006/152059/23

Professionele Installeerders van Warm Water Verhitting

Swembad Verhitting

Die Tyd is Nou: Om die grootste krag gebruiker in u Huishouding met tussen 60 – 80% te sny. Ons natuurlike hulpbron, die son, is ± 89% van die jaar beskikbaar en gratis tot u diens. Sit daardie ekstra paar rand terug in u begroting en laat die son die werk doen.

Die toestel wat help om jou swembad langer te gebruik deur die jaar. Die son word gebruik as gratis verhitter. Die swembad is ‗n plesier, maar kan ‗n groter plesier wees.

*Geen Middelman, *Personlike Diens, *Bekostigbare Installasies, *15 Jaar Paneel Waarborg Die Maatskappy doen die werk omdat dit „n passie is, nie net nog „n werk nie. Ons dien die gemeenskap met die beste. Areas: Piketberg, Citrusdal, Porterville, Moorreesburg, Velddrift, Hopefield, Langebaan, Darling, Malmesbury, Saldanha, Vredenburg, Laaiplek, St. Helenabaai en omliggende dorpe en plase. Vir Enige Navrae Kontak Shane Capes Cell: 079 475 6016 Faks: 021 945 1529 Epos: srecapesplumbing@yahoo.com


10

Liefde is...om te Trou

Op 25 Februarie is Ferdinand Bruwer en Sandra Hanekom in die huwelik bevestig. Die seremonie was in die NG Kerk Piketberg en die onthaal in hulle splinternuwe kunsgalery in Hoofstraat, The Art Business Gallery. Uit die aard van Sandra se beroep en betrokkenheid by die KKNK, was die geleentheid kleurryk aan kunstenaars, swier en grasie, wat pas by die smaakvol gerestoureerde gebou. Ferdinand het die restourasiewerk gedoen. Foto: Alwyn van Zyl

Gaan gerus na www.piketberg.com en besigtig Die Piketberger in kleur

Nutsman  Enige herstelwerk in en om die huis  Hang van deure  Inbou van vensters en deure  Sweiswerk  Installering van kragproppe, ligte en geysers  Verfwerk  Loodgieterwerk Sakkie Koegelenberg 078 276 2065

Charl van Niekerk van Piketberg en Anneke du Plessis van Somerset-Wes is op 11 Februarie 2012, op Charl se verjaarsdag, in die huwelik bevestig deur ds André Serfontein van Stellenbosch Gemeente. Anneke se rok is ontwerp en gemaak deur Elizabeth Stockenstrom. Fotograaf: Adél Ferreira

Te Koop 360 Degrees Instant Bed Queen Low Profile Anywhere Bed, compact lightweight steel frame expands to a queen bed with ease. Unique tubular frame. Durable heavy duty nylon air mattress. Air mattress fits inside the fixed taffeta mattress pocket. Convenient wheeled storage bag. Hierdie bed is baie min gebruik. Prys R1 100.00 Kontak mev Nellie Smith by 083 376 9087


11


12

Fokus op…

Jou Kind

“Hou jou kinders styf vas en hou hulle dan weer stywer vas. Wees lief vir hulle met alles wat jy het, elke minuut of elke sekonde van elke dag. Leer hulle die regte pad; leer hulle dat hulle nie onoorwinlik is nie.” - Wêreldkampioen-branderplankryer Shaun Tomson in Surfer‘s Code.

Waak teen vetsug Een uit elke drie kinders wêreldwyd tussen die ouderdom van twee en 19 is oorgewig of ly aan vetsug. 17% van die kinders in Suid-Afrika tussen die ouderdom van een en nege is oorgewig. Kitskos, verfynde koolhidrate en vet, koeldrank en sappies vol suiker tesame met te veel tyd voor die televisie en rekenaar en te min oefening is van die redes waarom ons kinders ál vetter word. Vetsugtige kinders is geneig om vetsugtige volwassenes te word. As probleme met oorgewig voor die ouderdom van agt jaar oud kop uitsteek, sal vetsug in volwassenheid heel waarskynlik ernstiger wees.

Word jou kind geboelie of is hy die boelie? Boelies is in die laer-, hoër– en selfs kleuterskole. Daar is ‗n verskil tussen speel en boelie. Boelie is gemik om ander seer te maak en te intimideer. ‗n Boelie se gedrag moet herhaal word, dit is nie iets wat net een keer gebeur nie, dit is doelbewus en het ‗n teiken. Boelies is dikwels groter, sterker of ouer. Nie net seuns is boelies nie, meisies is ook, maar die manier waarop hulle boelie kan verskil. Boeliegedrag kan enigeen van die drie vorms aanneem:  Verbale boelie, wanneer skeldname gebruik word of iemand gedreig word;  Sosiale boelie, waar sekere maatjies uitgesluit word;  Fisieke boelie, wanneer iemand geslaan, gestoot of sy besittings afgeneem word. Jou betrokkenheid as ouer is van kardinale belang. As jy seker is dat daar wel ‗n boelieprobleem is, moet die problem stelselmatig aangespreek word, ook met die boelie se ouers.

Kweek goeie eetgewoontes vir jou kind           

Borsvoed jou baba vir ten minste ses maande lank; Bied jou peuter ‗n verskeidenheid soorte kos aan en laat hom self bepaal hoeveel hy daarvan wil eet; Moenie jou kind omkoop of dreig sodat hy sy hele bord kos opeet nie; Moenie alternatiewe kos aanbied nie, ‗n kind sal eet wat vir hom voorgesit word as hy honger is; Vermy groot porsies en beperk kalorieryke soet en sout kos. Moenie kalorieryke soet en sout kos verbied nie; Moenie verwag dat jou kind elke dag sy bord kos gaan verorber nie, kinders se eetlus wissel van dag tot dag; Jou kind moet sien hoe ander mense gesonde kos eet en geniet; Eet so gereeld as moontlik saam as ‗n gesin; Onthou ‗n mollige kind is nie noodwendig lekker gesond of groot gebou nie; Moedig fisieke aktwiteite aan.

Jaun-Marie Engelbrecht het in opdrag van Piketberg Openbare Biblioteek hierdie pragtige kinderhoekie geverf. Ouers word aangemoedig om hulle kinders na hulle naaste biblioteek toe te neem. “Boeke is jou vriende.” Foto‘s: Marietha Goosen

Raak Aktief Kinders speel nie meer nie. Selfone, televisie en rekenaars is hul gunsteling-maniere van ontspan. Meer as 40% van ons jeug neem nie gereeld aan enige energieke fisieke aktwiteite deel nie. Die jeug spandeer 30% van hul tyd voor die televisie en rekenaar. Leer jou kind dat sportdeelname nie oor wen gaan nie, maar om jou liggaam sterk en gesond te hou. Speel saam met jou kind fisieke speletjies. Skop ‗n bal, gaan stap met die honde, werk in die tuin en laat hom boom klim. As oefening vir jou kind lekker is en deel is van sy leefstyl gaan hy die voordele aan sy eie lyf ervaar. Sport en oefening is goed vir goeie gesondheid, genot en sosiale interaksie.

Fokusblad Volgende maand fokus ons op “Moedersdag”. Indien u ietsie spesiaals vir moeders aanbied, adverteer dit in die volgende Piketberger. Skakel gerus vir Margaret Smit 022-913 1777 om jou advertensie te plaas.


13

Cobis die nuwe lewe agter Bio Sedert die ou Bio Kafee en Bioskoop 15 jaar gelede afgebrand het en finaal in onbruik geraak het, is dele daarvan opgeknap vir die hou van kunsuitstallings. Tans word die een gedeelte gebruik vir AntheA Delmotte se kunsgalery. 'n Paar jaar gelede het Die Piketberger berig dat Cobis Wilson die gebou gekoop het en groot planne daarvoor het. Wel, Cobis het vier maande gelede hom op Piketberg kom vestig en is beslis besig om sy merk te laat. In die vooruitsig is 'n kroeg en Coffee Cobis Wilson Shop en enigeen wat hulp soek rondom argitektuur en binnenshuise ontwerp en versiering kan by Cobis gaan aanklop. 'n Afrikaanse ―Toastmasters‖ lê Cobis na aan die hart en wil hy graag mense hiervoor bemagtig.

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1 x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

Bio Kafee en Bioskoop in Voortrekkerstraat. Foto‘s: Marietha Goosen

Tuinbouklub vier Paasfees ‗n Paasfees Blommekuns demonstrasie is onlangs deur Mariette Louw van die Wes-Kaap Blomvereniging aangebied. Piektberg Blom– en Tuinbouklub het in die sinagoge bymekaar gekom vir hierdie vars idees rondom Paasfees. Die klub gaan op 11 April op ‗n uitstappie na Porterville om tuine te besigtig. Kontak Katinka Morrison vir meer besonderhede 082 829 6918. Die volgende Piketberger verskyn op 26 April 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 17 April om 17:00.

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za


14

Arbeidskolom Anel Wiehman Jou houding bepaal jou sukses Jou houding is wat gaan bepaal of jy „n sukses van jou loopbaan gaan maak of nie. Kwailiteit van werk en vaardighede sal verseker ook „n rol speel, maar houding is waarvoor jy onthou sal word. Houding is die bepalende faktor van hoe ver jy die leer van jou loopbaan sal kan klim. Gelukkig kan jy vandag jou houding verander ten gunste van „n positiewe uitkoms. Alles begin by jou denke en daarom is dit baie belangrik om anderste te dink. In die werks-plek laat ons as werknemers baie keer toe dat probleme ons ondergang beteken en lei tot onnodige stres. Probleme is egter „n geleentheid om vir oplossings en moontlikhede te soek. In die proses bewys jy jouself as werknemer, want daar word raakgesien dat jy inisiatief neem en nie terug- staan vir „n uitdaging nie. Onsuksesvolle mense vra: “Wat is die probleem?” Suksesvolle mense vra: “Wat is moontlik?” Werkgewers kan baie vinnig „n werknemer identifiseer wat uitstaan bo die res. Wat onderskei so iemand van die norm? Die persoon is altyd bereidwillig om te leer en reageer positief op instruksies of werk wat aan hom/haar toeverdeel word. Die persoon is ook iemand wat voorstelle maak om die maatskappy se diens en produktiwiteit te verbeter. Baie werknemers kla daagliks oor hul werkslading, maar baie min beskou dit as „n geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer en hulself te bevorder in die maatskappy. Van die mees suksesvolste sakemanne het onder in „n maatskappy begin en hulself deur harde werk en deursettingsvermoë opgewerk tot „n bestuursposisie. Houding is aansteeklik en positiewe mense het soveel meer energie wat hul tot voordeel van die maatskappy en hulself kan aanwend. Vermy gesprekke met kollegas wat elke geleentheid gebruik om die werkgewer en maatskappy te kritiseer. Onthou mens word geas-sosieer met die kollegas en mense waarmee jy jouself bevriend. Beïnvloed die individue eerder in „n positiewe manier en leer hul om kreatief na „n probleem te kyk. Die lewe is te kort vir 'n onbevredigende werksituasie. Om van werkgewer te verander is egter nie altyd die antwoord nie en jy mag dalk net agterkom dat jy bloot een stel probleme vir 'n ander verruil het. Dus moet die verandering by jou denke en houding plaasvind. Jy bepaal jou uitkyk op die lewe. 'n Positiewe houding maak ons nie immuun teen swak ervarings of omstandighede nie, maar bepaal hoe ons daarop reageer. Vat Abraham Lincoln as „n voorbeeld, hy het verskeie mislukkings in sy lewe beleef voor hy verkies is tot president van Amerika in 1860. Hy het egter nooit bly lê nie. Elke mislukking het hy gesien as „n geleentheid om te leer uit foute begaan en as motivering om sukses te behaal. Skakel HR Dinamik gerus vir enige navrae of advies.

Jacques Ehlers sluit aan by Brits en Pretorius Jacques Ehlers het sy skoolloopbaan deurloop op sy geboortedorp, Bloemhof, in die destydse Wes-Transvaal. Na skool sluit hy aan by die Suid-Afrikaanse Weermag waar hy die Graad B.Mil aan die Militêre Akademie te Saldanhabaai verwerf en ook sy vrou, Marié, (wat self aldaar die Graad B.Mil verwerf), die dogter van die bekende Generaal Jock Harris, ontmoet. Die egpaar is, ten spyte van Jacques se formidabele skoonpa, Jacques en Marié Ehlers gedurende 1996 Foto: Verskaf getroud. Jacques en sy eggenote neem hul ontslag uit die Weermag gedurende 2001, waarna Jacques die Graad LL.B. (Cum Laude), aan die Noord-Wes Universiteit te Potchefstroom behaal. Na voltooiing van sy leerklerkskap word Jacques toegelaat, nie net as Prokureur van die Hoë Hof nie, maar ook as Notaris en Aktebesorger. Beide Jacques en Marié hunker egter terug na die Weskus, hul hartswêreld. Op 1 Januarie 2012 vervul hul hul droom om na die Weskus terug te keer toe Jacques in diens tree as Professionele Assistent by Brits en Pretorius Prokureurs. Jacques, as besonder goed ge-kwalifiseerde prokureur, se passie is die regte en sy werk as prokureur. Beide Jacques en Marié, wat ‗n betrekking by Dup Meubels aanvaar het, is baie gelukkig op Piketberg en reeds goed ingeburger. Kerkbesoek in ons mooi kerkgebou is vir hulle ‗n weeklikse hoogtepunt. Jacques is ‗n liefhebber van gholf en het reeds as lid aangesluit by De Hoek se Gholfklub. Jacques is daagliks beskikbaar by die kantore van Brits en Pretorius om u van hulp te wees met enige regsprobleem wat u mag hê, van oordragte van vaste eiendomme tot gewone invorderings, en nooi u uit om van sy dienste gebruik te maak.

Tien uit Tien vir Piketberg By die konferensie van VLV Sirkel Weskus te Langebaan op 29 Februarie vanjaar het ‗n besondere eer VLV Piketberg te beurt geval toe hulle as die ―Tien uit Tien‖ tak in die sirkel van 15 takke aangewys is. Die evaluering is gedoen deur die tak se werksaamhede in 2011 op ‗n punteskaal te bepunt volgens die volgende kriteria: Styging in ledetal; geldsakebestuur; vergaderingbywoning; rekenaargeletterdheid– en fasiliteite; bydraes tot plaaslike media, Huis en Haard en VLVK webwerf; verteenwoordiging, kompetisiedeelname en prestasie by VLV Weskus Sirkelkonferensie en VLVK (Kaapland) Kongres. Spesiale melding is gemaak van goeie vergaderings aangebied, die lojaliteit van lede en betrokkenheid in die gemeenskap. Boonop is die tak, in samewerking met VLVK (Kaapland) deur hul volgehoue projek van Vroue van Môre verantwoordelik vir die stigting van ‗n nuwe tak, VLV Vroue van Môre Piketberg, nou geaffilieer by VLVK. Kontakpersoon vir VLV is Riana Richter 083 455 1022


15

Kansa sê Dankie ‗n Baie groot dankie aan almal wat die CANSA-Andries Vermeulen-aand op Wolwekuil ondersteun het. Baie dankie aan Mirina Liebenberg en Tertia Roux vir julle harde werk. Dankie aan die volgende borge en persone, Eswé Visagie, Scheppie Saus, Two Acres Hardeware, Piketberg Mediese Sentrum, Pizza World, Mountain Creek Spur, De Berge Gastehuis, Salon Sanet, Piketberg Engineering, Laffies Grill, Dup Meubels, Boland Superspar, Kuldersrivier, Oranje Slaghuis, Liebco Vleishandelaars, Piketberg Drukkers, Winkelshoek Wynkelders, Japie en Johanna Olivier, Alwyn en Retha van der Merwe, Attie van Breda, KWV(De Witt La Grange), Leandra en Danie Loubser, Tertia van Dyk en Carlo Visser, Org De Rac, Pik-a-wyn, De Wet Liebenberg en Morawia Kelders.

Agter is Fraans en JJ, Andries se klankmanne, Andries Vermeulen en Carlo Visser. Voor is Mirina Liebenbenberg, bemarker Wolwekuil en Tertia Roux. Foto: verskaf

Salon Belinda *

Permanent Make-up & Eye lash extensions and touch-up

*

Beauty treatments

*

Stockist of Environ

*

B Pretti clothing range 3

*

(young and old & big and small) A range of accessories ! ! Langstraat 101, Piketberg Belinda: 083 412 3070 : 022 913 2333 E-mail: denel@wcaccess.co.za


16

Sandveld-begrafnis - magdaleen van zyl -

Vir wat is dit altyd op ‗n buite-begrafnis óf dood-sweet-warm, óf als word net bloot doodgereën. Maar g‘n buite-begrafnis is net gewoonweg rustig-kalm en gewydernstig soos dit nou vir dooie mense betaamlik is nie. En hoekom as iemand doodgaan, draai als so rondom dood: Daar heers ‗n doodse stilte in die kerk - almal is dood-ernstig—die afgestorwene was doodgelukkig dat die doods-engel hom/haar so doeksag kom aanraak het en sy/hy doodrustig heengegaan het. En die begrafnis-gangers: almal probeer mos nou hul beste begrafnis-look kry—dis nou as hulle nie rêrig hartseer is nie - maar hulle lyk vir my bloot hardlywig. Toe ek ‗n kind was, is ‗n tante van pa of ma dood. Kon nog verder familie as dit gewees het, want ek kan nie onthou dat pa of ma vreeslik hartseer was nie. Nietemin, vat ons toe die pad Sandveld toe, uit die Kaap uit, vir die begrafnis. Ons kinders het nie ‗n saak met die begrafnis nie, maar dat dit ‗n hele outing is, is waar. Ons het net oë vir die liggroen Tupperware-bak en kan nie wag dat pa duskant Moorreesburg se afdraai stop vir die oopmaak van die bak nie. Ma maak net altyd goed wat pa van hou, maar gelukkig is dit vir my ook lekker. Groot frikkadelle—nie daai ou koktyl -goedjies wat jy heel in jou mond druk nie - ook heel hoender wat sy opsny, want pa hou (gelukkig) van die wit -vleis en dan kan ons drie kinders, maar stry oor die boudjies en vlerkies. Pa sê altyd presies dieselfde: ―Hulle‘t nou al mense maan toe gestuur ook - wanneer vind hulle nou ‗n hoender uit wat drie boude en drie vlerke het‖. Dan dink ek ook altyd presies dieselfde: ―Sê nou ons was vyf kinders?‖ Ons stop by ‗n garage op Malmesbury vir piepie en ek weet net anderkant die dorp is ‗n tafelbankie-stopplek waar ons die bak kan oopmaak. Maar ek wil nie nou van eet sê nie - ek wil vertel van die begrafnis. Omdat die antie op ‗n plaas gebly het en dit ver in dorp toe is, hou hulle sommer als op die plaas - die kerk en die begrafnis en die koek-en-tee. ‗n Buite-begrafnis. Die karre ry in ‗n tou in die plaaspad af, en ma sê: ―Ry vinniger‖, en pa sê: ―My kar is skoon - as ek nader aan die Volksie ry, dan is ons hele bonnit vol stof en die karbirator vol sand. Almal parkeer onder bome wat pa die verdomde bloekoms noem. Ek weet nie hoekom nie - hulle lyk na redelike normale bome vir my. Dan praat iemand daar anderkant ‗n bos uit: ―Hierheen mense—volg net die tweespoor‖. En dis soos ‗n klomp skape daar in die pad, wat nie soos ‗n pad lyk nie, af. Ek is so kwaad, want al loop jy ook of jy op eiers loop, jy loop sulke diep spore, die sand peul oor jou skoene se rante. En dis my nuwe lakleer swart kerkskoene. Dis nie asof ‗n mens ‗n vreeslike keuse het nie - as grootmense praat dan maak jy mos maar so. Maar ek sou ook nou nie die kis-sak-besigheid wou mis nie, so ek ploeter maar voort deur die Kalahari-woestyn. My wit bobby-socks is al beige van die stupid sand, maar ek loop agter die stoet aan. ‗n Oom met ‗n baie groot maag, ry ‗n vaal-groen bakkie met die kis agter-op. Pa sê dis ‗n viertrek, en dat Avbob se eenvoudige wieletjies met ant Hannie se gewig dit nie tot by die gat sou maak nie. Die oom ry stadig en agter sy bakkie loop ‗n groepie snuiwendes met swart klere en wit sakdoeke. Dan, so ‗n hele entjie agter die snuiwendes loop die gewone mense. Ek strompel tussen hulle rond. Niemand worry oor ‗n kind nie. Dis grootmens-goed hierdie. Die begrafnisplek is ‗n baie diep gat in die sand, met groen gras in hierdie

vaalte, reg rondom die gat. Daar is blink pale met belde aan wat oor die gat gepak is. Ses mans begin die kis van die bakkie aftel. ―Hulle moes maar nog draers gekry het - ant Hannie was lywig‖, fluister ma vir pa. Wel, in my kinderkop dink ek, ek hoop hulle is sterk, anders foeter hulle almal in daai diep gat af. Die mans het almal hoede op en die sweet loop spoortjies onder hulle hoede uit - die antie moet swaar wees, en dan is dit nog so vreeslik warm ook. Hoekom sê hulle altyd so warm dat die kraaie gaap, want as hier nou ‗n kraai gaap, vrek hy op die kol, want mens kry omtrent nie lug in jou keel nie so warm is dit. Mens hoor net sonbesies skree en mense sug van die warmte. Ek dink die meeste mense is nie eens hartseer oor die dooie antie nie, want dis te warm vir hartseer. Die dominee sê ons sing Halleluja nommer twee nege nul en hoe harder die mense ―Nader my God by U‖ sing, hoe harder sing daai sonbesies, en hoe harder huil die twee anties met die nette oor hulle gesigte verby. Hulle moet dood van die hitte agter daai nette. Seker maar die dooie se susters, die dat hulle so huil. Dan vang ‗n nuwe iemand my oog: ‗n kleinerige seuntjie met ‗n ligblou safari-pakkie huil geluidlose trane verby ‗n rooi stokkielekker. Kan so ‗n klein seuntjie in die warmte so baie water in hom oor hê, want die oë loop strale tot op die ou blou borsie en dan loop daar nog water teen sy melk-wit binne-bene ook af en die droë sand slurp dit gulsig op voor mens nog amper kan dink die kind pie sy broek nat. Die stomme verbleikte dingetjie skree nou asof sy eie bloed-ma daar in die gat afsak. Is dit net ek wat die pie sien afloop? Almal los hom maar net laat hy water laat, bo en onder. Die dominee praat nog van die hiernamaals en stof tot stof, en ek dink, nou praat hy ‗n ware woord, want die plek is ‗n stof-gat, en hier moet ek nou weg dat ek kan asem kry. Ek koeskoes tussen die gekousde bene deur na die lang bome waaronder daar los houtblaaie op yster-pote staangemaak is. Bo-op staan goed onder nette toegemaak en die grootste tros vlieë wat ek al ooit bymekaar gesien het, loop so stadig en lui asof hul êrens vassit, oor die nette. Ook maar goed, want toe ek naderkom, sien ek daar‘s borde en skinkborde vol koeksisters, hertzogkoekies, polonie broodjies, gesnyde kouevleise en meer hoenderboudjies as wat ek al ooit saam gesien het op daai skinkborde. Ek laat my hande sommer albei onder die nette indwaal, terwyl lied drie drie twee se ‗die tydglas sak al laer, steeds wyk die bange nag, en daag die saal‘ge môre so lank deur my verwag…‘ oor die sand trek. Ek loop sit langbeen op ‗n klip onder die verdomde bloekoms en ryg die een hoenderboud na die ander in. Wonder hoeveel hoenders hulle geslag het. Dit was my eerste en lekkerste begrafnis ooit.

Bybel Gevind Valdemar Ackermann jou bybel is in Kerk agtergelaat. Skakel 022 913 1796

DUP MEUBELS KOMPETISIE Staan ‗n kans om ‗n draagbare braai en opvou kampeerstoel te wen met enige aankope ter waarde van R500 en meer. Kompetisie strek tot 31 Maart 2012


17

Ons begin Maandag met rugby ―Meneer sê ons begin Maandag met rugby.‖ ‘n Belangrike aankondiging aan die ontbyttafel. Meneer uitgespreek met ‘n hoofletter M, met die ontsag wat dit verdien, want hierdie aankondiging het eenvoudig nie sy gelyke nie. Dis die draai van die seisoen, die belofte van reën oor die droë Swartland. Die Hoofletter M het die saai somer met slegs vyf woorde uit sy mond lewe gegee: ons begin Maandag met rugby. ―Ek kan nie wag nie,‖ verklaar Harry met ‘n lepelvol pap in sy mond. Sam staan met sy een voet op ‘n kombuisstoel, koppie koffie in die hand. ―Sjoe, lekker‖ sê hy. So asof die aankondiging op hom ook van toepassing is. ―Sorg maar eers dat julle die eksamen agter die rug kry,‖ lê ek my ongevraagde, onwelkome eier. Ag Christina, Christina he thinks to himself. You never could understand, what it feels like to dummy and to side step with a leather ball in your hand. Hoe sal ek dan nou weet van die ware Jakob. ―South African boys are born to play rugby against New Zealand.‖ Sam se kommentaar hier uit die hoek van sy Douwe Egberts full roasted oggendtroos. ―Kan ek maar afvee?‖ vra hy met die witbord se uitveër in sy hand. Ek sien my vorige aanhaling van die week gaan moet plekmaak vir Jake White se gevleuelde woorde wat Sam flussies met ons gedeel het. Laat dié wat ore het asseblief luister. Koebaai ‗only history is going to show what really mattered here’. Nogals gedink Clint Eastwoord se wysheid kan vir nog ‘n rukkie hier op die witbord in die

Daar is 'n hele paar tradisies wat nie die toets van tyd oorleef het nie. Die een waaroor ek vandag my dank wil uitspreek is gelukkig nogsteeds in gebruik: Die “kitchen tea/ hen party” wat gereël word voor 'n troue. Myne was een vir die boeke! Die kuier is vir September 2011 gereël. Dit was minder as 'n maand voor ons troudag en op hierdie stadium was almal, ek inkluis, nog salig onbewus dat ek en Wesley binnekort 'n restaurant sou koop. Ons was nagenoeg 20 henne wat onder kondoomballonne gekekkel het. Ek het 'n lorrievrag skoonmaakmiddels geskenk gekry. Ek het daardie dag gewonder wat ek met die massa skoonmaakmiddels moes doen en het al in my geestesoog gesien hoe ek jare later nog van die einste geskenke sou gebruik om my kind se vetkrytmerke teen die huis se mure af te was. Maar toe koop ons 'n enorme baba met die naam van Cornberg en ek is só dankbaar dat ek vir die volgende 3 maande nie skoonmaakmiddels hoef te koop nie! Ek wonder of die henne dalk die massas skoonmaakmiddels gekoop het met my ―hen party‖ se vermaak in gedagte. Terwyl ek met stoflappe en skuursponsies op my kop sit,

kombuis rondhang. ―Ek gaan hierdie jaar vir dood tackle,‖ sê Harry. ―Meneer (weer die hoofletter M in sy stem) sê ’n ou wat kan tackle is al halfpad in die span.‖ ―Ek kan nie wag vir ons rugbytoer nie,‖ lewer Jeidie sy kommentaar. ―Flip, meneer sê ons gaan nog moet oefen dat ons lê voor ons reg is vir daai ander spanne.‖ ―Sjoe, lekker,‖ herhaal Sam met ‗n sug. Die SuidAfrikaanse seunsdroom van tackle en pass en skop en drieë druk agter die doellyn vir ‘n vlietende oomblik weer iewers agter in sy oë. ‘n Handvol kom by rugby teen die All Blacks uit. Vir die ander ewe gelukkige dromers is Porterville en Ceres en Citrusdal en Clanwilliam en Brackenfell hul Nieu-Seeland, hul oomblik en hul vonk. En Jake White is ‘n meneer, maar vir die twee aan die ontbyttafel is Lubbe en Schreuder ewe groot menere. So, cheers op die menere... for keeping the dream alive. Berenice Scheepers

Welkom in Piketberg Gracean Cloete Marlize en Cherman Cloete het ‗n baba ryker geword. Pa en ma sê net dankie vir ons Hemelse Vader vir ‗n gesonde baba. Foto: Verskaf my boesem in 'n klein korset ingeprop met 'n verestola om my middel, verskyn 'n vreemdeling vanuit die gang: 'n Blas donkerkop man in 'n vloot uniform... Die henne sou op hierdie oomblik die ammoniak kon gebruik om my uit my floute te laat opstaan. Dis nie elke dag dat 'n heerlik aantreklike jong man sy klere uittrek in die teenwoordigheid van my konserwatiewe familie nie! En ek alreeds bloedrooi gebloos toe ek met die instapslag die kondoomballonne gesien het! Wat het ek van die ervaring oorgehou? Elke keer wanneer dit by die nare takie van skoonmaak kom, dink ek aan die volgende: 'n Man wat, met 'n grinnik op sy aantreklike bakkies, sy klere uittrek, My familie wat skreeu soos hulle vir my reaksie lag, My eie benoude gekwaak! Skoonmaak was nog nooit so opwindend nie :-). Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop): Maandae & Dinsdae: Gesluit (Ons kan wel groepbesprekings aanvaar indien vooraf met ons gereël is) Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00 Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00 Sondae: 08:00 – 14:00 Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 info@cornberg.co.za


18

Ritmiese gimnastiek

Nails on Wheels Bio Sculpture Gel Nails @ your home @ your convenience For bookings contact/ Vir afsprake kontak Jou professionele naeltegnikus Bea Koch 022 913 3995 082 326 5871 TE KOOP Samsung kleur rekenaar monitor 16” R500

Skakel 079 496 2719

Foto‟s: Vanessa de Villiers

Goedverwacht blommemark Die Goedverwacht toerisme organisasie hou 'n groenteen blommemark op 7 en 8 April 2012 by die koffeshoppe. Proteakranse en snyblomme (Statice-, sonneblommesomer asters- en protea bossies) kan van nou af bestel en dan afgehaal word op 7 en 8 April vanaf 8:00 tot 14:00. Kontaknommer vir bestellings: 022 912 4410 e-mail- tourism @ goedverwacht.com

Pharin Carolus en Hannie Visser is onderskeidelik die nuwe Maatskaplike werker en Administratiewe beampte by BADISA Piketberg. Foto: Martin Goosen

GEBOU IN INDUSTRIËLE GEBIED (ou Piketberg Christian School)

Erf grootte: Totale Gebou oppervlakte:

3000m² 680m²

Kan as geheel gehuur word, of een van die volgende 3 dele:

1: 200m² / 2: 300m² / 3: 180m² Beskikbaar vanaf 1 Mei 2012

Kontak 072 2880 321 vir meer inligting / kostes


19

PHS Tennistoerspan verras SWD Uithalertennis, fantastiese spangees, energie en wonderlike sportmangees is sekerlik woorde wat die pasafgelope geskiedkundige eerste laerskool tennistoer van Hoërskool Piketberg sonder vrees vir teëspraak kan beskryf. Groot opgewondenheid was aan die orde van die dag toe die eerste en tweede seuns- en dogterstennisspanne op Donderdag 8 Maart uiteindelik, na maande se beplanning en voorbereiding, hul tasse en rakette op die bus kon laai om te gaan kragte meet teen ‗n afrigtingskool waarvan die spelers van Hartenbos, Mosselbaai, Oudtshoorn en George afkomstig was. Die groep van 16 spelers het hulself tydens die twee dae ongelooflik goed van hul taak gekwyt en fantastiese tennis teen goeie en ervare spelers, waarvan die meerderheid deel van die Suid-Westelike Distrikte (SWD) tennisspan is, gespeel. PHS het uiteindelik as algehele wenners van die baan gestap. Volgens hul afrigter, Marianne Grobler en die laerskool se tenniskoördineerder, Suné Rheeder, moes die spelers uithou- en deursettingsvermoë aan die dag lê aangesien hulle meer as twee wedstryde per dag moes speel. In ‗n gekombineerde seuns- en dogtersgroep moes elke speler ook gou leer om sy mede-spanmaat in ag te neem en mekaar te respekteer. Fantastiese spangees het geheers en die spelers het mekaar deurentyd positief aangemoedig en ondersteun. Die kinders het goeie vriendskappe gesmee en ons is ongelooflik trots op elke liewe speler. Nadat die tennis afgehandel is, het die spelers natuurlik ook die geleentheid gekry om te gaan fliek, te swem, ―supertube‖ te ry, mini-gholf te speel en net heerlik kind te wees. Soos dit alle ware skooltoere betaam, is daar die laaste aand min geslaap en baie gelag. Die moeë tennislywe wat Sondagmiddag op Piketberg traag uit die bus geklim het was dit almal eens dat dit ‗n ongelooflike toer was waarop hulle harde tennis gespeel en kosbare ondervinding opgedoen het.

PHS se laerskool tennistoerspan is agter vlnr Thana PHS se laerskool tennistoerspan is agter vlnr Thana Stephan, Lizelle Rademan, Bendert Smit, Stass Nel, Marelise Myburgh, Nicol Visser, Jorika van der Westhuizen, Nicki van der Westhuizen, Barend Smit, Anicia van Rooyen en Herold Truter. Voor is Suzanne Basset, Hanri van Zyl, Anné Rheeder, Albert Grobler en Harry Roux. Foto: Suné Rheeder Duisend dankies aan die borge: Fine Bros, John Bell, Sam Scheepers, Ben Smit en Stef Stephan, wat die spelers bederf het met pragtige toerklere, luukse verblyf en gemaklike, veilige vervoer. Baie dankie aan Marianne Grobler wat die spelers afgerig en deurentyd aangemoedig het, ook aan Suné Rheeder wat die toerreëlings getref het. Mariane en Suné het die spelers ook op die toer vergesel. Dankie aan die ouers wat saamgegaan het vir toesig en hulp met etenstye en natuurlik ook aan elke ouer van elke speler wat hul kind elke dag ondersteun en bystaan en aan hulle die geleentheid gegee het om op hierdie toer te

UNISA se ererol UNISA het pas die name bekend gemaak van die musiekleerlinge wat kwalifiseer om op 2011 se ererol te verskyn. Die lys van name sal ook verskyn in die Junie 2012 uitgawe van Musicus. Die leerlinge op die twee foto's het almal bo 90% behaal in hulle eksamen.

By Alison Müller is die leerlinge wat vir die 2011 UNISA ererol kwalifiseer agter Lize Mari Carstens, Ané Venter, Maria Visser en Carike Wiggens. Voor is Tauriq Swarts en Shanda Whitfield. Foto‘s: Marietha Goosen

By Komien van der Westhuizen is Christine en Marianne van der Merwe en Seth Luyt, wat vir die 2011 UNISA ererol kwalifiseer.

Baie geluk aan Alison Muller wat ‘n UNISA Toekennig ontvang het vir Uitnemende Musiek onderrig vir klavier, nadat haar tien beste leerlinge ‘n gemiddelde persentasie van 86 behaal het in die afgelope praktiese eksamen.


20

Fluit-fluit na Beijing Die Blokfluit Ensemble olv Komien van der Westhuizen is genooi om aan die "Tutti World Youth Music Festival' in Beijing te gaan deelneem. Dis 'n week met 'n vol program! Hulle gaan saam met ongeveer 300 leerlinge van dwarsoor die wêreld musiek maak, meesterklasse hê by wêreldberoemde musici, koor sing op die "Great Wall of China" asook 'n paar ander besienswaardighede besigtig. Dit alles gebeur vanaf 6 tot 13 Julie 2013. Die groep is hard aan die oefen en gaan probeer om fondse in te samel om die onkoste te verminder. Van die ouers gaan saam China toe en daar heers groot opgewondenheid onder die groep leerlinge.

Dierejolyt by PHS Grondslagfase Die skooldae is tans gevul met hard werk en lekkerte, want daar word voorberei vir hul groot produksie: Dierejolyt! Dr. Slurp en sy span van die Dierehospitaal moet bontstaan om al die ongevalle te hanteer, want die diere hou partytjie.... Ja, diep, diep in die bos is dit partytjietyd en elke leerder deel in die lekkerte. Kameelperd met sy lang nek wil ook leer dans, maar met gevolge.... Slakke sorg ook vir interessante verrassings en ai tog, wat het klein wolfie dan nou weer geëet...teatersake! Arme Koning Leeu word ook nie in vrede gelaat. Al gehoor van haarhappers? Drs. Slurp, Uil, Nossie en Mol het hul hande vol. Varkmedics en verpleeghasies kry ook skaars ‗n blaaskansie. Net so ‗n ietsie om u aptyt te prikkel vir ‗n wonderlike produksie in wording. Soos u kan aflei, sal die Grondslagfase ons beslis nie teleurstel nie! Dagboek sommer vandag al 30 en 31 Mei 2012 te PHS skoolsaal om 7nm. Ons sal u op hoogte hou waar en wanneer kaartjies beskikbaar is. Ons glo ons sal u almal daar sien en ons sal behoorlik na ons asems snak deur al die lag. Voorspoed aan al die leerkragte, leerders en ouers in jul voorbereiding.

Die groep leerlinge wat aan die "Tutti World Youth Music Festival' in Biejing gaan deelneem, is agter Alan Willemse, Timotheé Luyt, Magdaleen Grundlingh, Andreas van der Merwe en Letjé Burger. Voor is Stephan Louw, Andrea Visser, Komien van der Westhuizen, en Maria Visser. Foto: Marietha Goosen

Anke en Janke in Wes-Kaapspan oppad na SA‟s Links: Anke Schreuder wen goud (diskus) op die Wes-Kaapse Podium. Onder: Janke van Schalkwyk wen silwer (hekkies) op die Wes-Kaapse Podium. Foto‘s: Verskaf

Agter is John Jelliman (Dr. Mol), Leoni Coetzee ( Dr. Uil), Ayden Vries (Dr. Nossie) en Jandre de Jager (Wolf). Voor van links is Pamela Booys (Vlermuis), Anelma Grobler (Dr. Slurp), JC van der Westhuizen (Leeu) en Janco Joubert (Kameelperd). Foto en berig: Ilse Bruwer

Janke in Aksie

Baie geluk aan Anke en Janke wat PHS gaan verteenwoordig by SA‟s in Durban.

Anke in aksie Anke Schreuder afgeneem tydens „n oefensessie vir SA‟s Foto: Marietha Goosen

Janke van Schalkwyk in aksie oor die hekkies by die Boland byeenkoms. Foto: W. Sieberhagen


21

“Champ-of-Champs” Die Accelerated Christian Education se atletiekbyeenkoms is gehou op 3 Maart 2012 by die Tygerberg Atletiekklub in Parow.

Agter is Jacques Marais (0/11) Verspring (brons), Gewigstoot (goud), Turbo Javelin (silwer), 80m (brons), Hoogspring (brons), Andrea Visser (0/13) Gewigstoot (brons), Leonie Louw (0/14) Gewigstoot (goud), Spiesgooi (goud), Hoogspring (goud) en Daylon Stevens (0/15) Hoogspring (brons). Voor is JG Visser (0/9) 60m (silwer), Lara Visser (0/11) Hoogspring (goud), Nicholas Swart (0/9) Turbo Javelin (goud), Mia Oberholzer (0/8) Turbo Javelin (goud), 60m (brons), 80m (silwer).

Die Accelerated Christian Education Boland Streek atletiekbyeenkoms is gehou in Robertson op 11 Februarie 2012. Die leerders het uitstekend gevaar en van die 18 inskrywings het die volgende leerders gekwalifiseer vir die Accelerated Christian Education ―Champ-of-Champs‖ atletiekbyeenkoms.

Steynville Primêr atlete: Wes-Boland span 2012

Agter is Gershwin September (S/13) 800m, Keanu Klaase (S/11) 1200m, Izelle Swarts (M/12) 150m, Cameron Somers (S/11) 80m / 100m, Juan-Lee Adams (S/11) Hoogspring. Voor is Zane Sonneberg (S/10) Hoogspring, Leandra van der Westhuizen (M/10) 80m / 100m, Damion Markus (S/8) 80m en Keishan van Rooy (S/8) 60m / 80m.

Boland vir Steynville atleet Keishan van Rooy is 7 jaar oud en 'n leerder van Steynville Primêr. Hy is die 0/8 60m Boland Kampioen en verlede jaar was hy die 0/7, 2de plek in 60m, ook Boland Kampioenskappe. Weens sy ouderdom (te jonk) neem hulle nie verder deel aan die kampioenskappe nie, maar Piketberg moet die jong talent dophou. Foto‘s: Verskaf

Keishan van Rooy

PHS se krieketspanne seëvier Agter is Lanie Visser (Gewigstoot 4de, Spiesgooi 3de), Andrea Visser (Gewigstoot 1ste, 100m 1ste), Leonie Louw (Verspring 2de, Gewigstoot 2de, Spiesgooi 2de, Hoogspring 1ste), Henco Louw (Verspring 4de, 800m 2de, Hoogspring 1ste), Bjorn Swart (Hoogspring 1ste) en Daylon Stevens (800m 1ste, Hoogspring 1ste, 100m 3de, Spiesgooi 1ste, Verspring 1ste). Middelste ry is Dominita Somers (Gewigstoot 4de), Lara Visser (Turbo Javelin 1ste, Hoogspring 1ste), Jacques Marais (Verspring 1ste, Gewigstoot 1ste, Turbo Javelin 1ste, 80m 2de, Hoogspring 2de, 100m 2de), Johan-Scholtz Oberholzer (Gewigstoot 3de, Turbo Javelin 2de, Hoogspring 1ste), Juan van Zyl (Turbo Javelin 3de), JG Visser (60m 4de) en Nicholas Swart (Turbo Javelin 2de, 60m 3de). Voor is Mia Oberholzer (Turbo Javelin 2de, 60m 2de, 80m 3de) en Joshua Engelbrecht (60m 4de).

PHS se 0/19‟s wen Interskole krieket met 23 lopies teen Porterville. Foto: Elna Schreiber


22

PHS L/S Tennis wen Interskole

1ste span dogters is Tana Stephan, Suzaan Basset, Anke Schreuder en Jo-Rika van der Westhuizen.

PHS graad R kry fietsies Hierdie pragtige skopfietsies is 'n splinternuwe toevoeging tot die graad R-klas van Piketberg. Dit voldoen aan die standaard soos vasgestel deur die Onderwysdepartement: Vroeë Kind Ontwikkeling. Dit is ontwerp, beplan en gemaak deur Louis van Sittert van Louisco Ingenieurswerke op Piketberg. Op die foto verskyn Louis van Sittert, die ingenieur, en Juanita van der Merwe, onderwyseres, saam met die opgewonde kinders Jordan Vilander, Annika Steyn, De Waal Visagie en Dayle Julius. Die fietsies kan bestel word. Menige graad R klas in die omgewing spog reeds met 'n paar fietsies.

2de span dogters is Hanri van Zyl, Ané Rheeder, Marelize Myburgh en Lizelle Rademan.

Kalla Ligthart (regs) van Perdeberg Motors op Piketberg oorhandig 'n tjek aan Juanita van der Merwe, gr R onderwyseres van PHS. Saam met hulle is Marius Scholtz, skoolhoof van PHS. Foto's Marietha Goosen 1ste span seuns is Bendert Smit, Harry Roux, Afrigter Marianne Grobler, Barend Smit en Freddie Visser.

2de span seuns is Nicol Visser, Stass Nel, Afrigter Marianne Grobler, Albert Grobler en Herold Truter. Foto‘s: Marietha Goosen

Graad R sê dankie Juanita van der Merwe en die graad R-klas van 2012 wil graag almal bedank wat met soveel entoesiasme die Valentynsdans van 11 Februarie kom ondersteun het. Danksy ruimhartige bydraes kan daar met die verbouing aan die voorstoep begin word. 'n Spesiale dank aan Boland Superspar, Carel van Niekerk Ingenieurswerke, Check In, Klem Coetzee, Dup Meubels, Goedehoop Garage, Hebron, Jannie Lategan Eiendomme, Kaap Agri, Le Roux van Wyk Makelaars, Liebco Vleishandelaars, Mountain Creek Spur, Nexus (Eswé en Tanya Visagie), Perdeberg Motors, Perskepot Boutique, Piketberg Apteek, Piketberg Bandediens, Piketberg Cash & Carry, Piketberg Drukkers, Piket Glas en Kaste, Potgieter Vervoer, PPC Sement, Shoprite, Johan Steyn en Winkelshoek Wynkelders.


23

Piketberg Animal Welfare is onlangs gestig deur lede Beryl-Ann du Plessis en Minette Cronje. Hul is werksaam in die Piketberg area en is al ‘n taamlike tydjie besig met die sterilisering en kastrasie sowel as met die algemene versorging van ons dorp se (meestal) honde en katte. Befondsing is ‘n dringendheid vir hierdie instansie, daarom wil ons graag help. Boland Superspar het reeds ‘n paar moontlike opkomende projekte om geld in te samel vir hul, maar jy kan solank bydra met troeteldier-kos, versorgingsmiddels of speelgoed en dit in die trollie plaas voor in Boland Superspar. Kontakbesonderhede: animalwelfarepiketberg@gmail.com Beryl-Ann: 071 828 7952 Minette: 079 249 1535

Hier oorhandig Santie van den Berg 25kg Pannekoek mengsel aan Deidré Swart van Piketberg Christenskool. Hul het ‘n pannekoek stalletjie gehad by die Porterville Christusfees om geld in te samel vir hul skool.

Hier oorhandig Hester Hagen SPAR Kase aan Ina Kotzé vir hul Deli tafel tydens die NG Kerk Fonteinfees.


24

JY KAN NOU R 1 200.00 SE KOOPBEWYS MAANDELIKS WEN! KOOP VIR R 750.00 OF MEER EN GOOI JOU STROKIE IN DIE BOKS VOOR IN DIE WINKEL OM TE KWALIFISEER.

Adré Visser kon haar man Leon Visser lekker bederf met ‘n ete vir twee by LAFFIE’S GRILL!

Agter: Andries Vermeulen en sy klankspan saam met Carlo Visser (Piketberg Engineering) Voor: Merina Liebenberg (Wolwekuil) en Tertia Roux (Boland Superspar)

ANDRIES VERMEULEN het Piketberg besoek by die Kuierplekkie WOLWEKUIL, waar hy opgetree het en ook die wyn-veiling hanteer het wat ten bate van Kansa was. BOLAND SUPERSPAR was daar en het ook verskeie items geborg vir die veiling.

Ettienne Geldenhuys en Tertia Roux wys Boland Superspar neem ook deel aan die veldtog.

APRIL PIKETBERGER WEB.pub.b  

ELKE VRYDAG IS Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com Nog A‟s vir 2011-klas...p3 F...

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you