__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 26 Nr. 9

www.piketberg.com

Oktober 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Phallen SA Kampioen Phallen van Neel is pas aangewys as die O/11-Suid-Afrikaanse Kampioen in Level 4 Ritmiese Gimnastiek, asook die Algehele Kampioen met ‘n trofee vir die hoogste gemiddelde punt uit 150 gimnaste oor die hele Suid-Afrika (ouderdomme 9 - 15 jaar). Die kampioenskappe is einde September gehou in Durban. Phallen is ‘n gimnas by Reach Ritmiese Gimnastiekklub op Piketberg onder die afrigterskap van Tina Piek van Lill. Phallen is ‘n leerder by PCS. Foto’s verskaf

Phallen van Neel

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Nuwe Telefoongids...p6 Huldeblyk Sherlock Fortuin...p8 Voetspoortjies...p24 Blokfluit wen Trofee...p26 Gymkhana Kampioen...p28 Mnr Suid-Afrika…p30 Trippe Trappe Konsert...p36 Bokkoors loop hoog...p38


2

Redaksioneel Van Niks tot Projekbestuur "Watse werk doen Tannie?", vra 'n Gr 11-seun my tydens 'n ontmoeting waar ek saam met hom en sy gesin tyd deurbring. Dis my eerste sien van hom en sy eerste sien van my. Ek dink dis uitermate prysenswaardig van hom om só belang te stel. Gelukkig is my mond vol kos en kan ek hom nie antwoord nie. Iemand antwoord genadiglik namens my: "Dié tannie skryf die dorp se koerant". En soos dit met 'n gesprek gaan, is die onus vinnig op iets of iemand anders. Want o jinne, solank hy dink ek kompeteer daagliks met duisende ander in die media-wêreld, mag hy dalk dink ek rig iets uit. Hy gaan nie weet Die Piketberger is 'n sagte-nuuskoerant wat die vreugdes in mense se lewens vier en hom blind hou vir die kwaad en die onheil nie. Hy gaan nog minder uitvind die publikasie verskyn net een maal per maand - hoe ernstig kan dít nou wees? En wat gebeur met my? Netso! Daai nag lê ek en wonder wat het ek die afgelope nege maande gedoen, driekwart van die jaar.... ...maak ek doppies bymekaar… vir rolstoele ...maak ek blink papiertjies bymekaar…vir eco bricks ...maak ek beentjies bymekaar...vir iemand se hondjie ...maak ek skille bymekaar...vir die tuin ...maak ek skoenbokse bymekaar...vir bederfpakkies ...maak ek linte bymekaar...vir kardoespakkies ...maak ek herwinmateriaal bymekaar...vir die aarde ...maak ek plastiekbottels bymekaar...vir die skool se ys ...maak ek nommers bymekaar...vir die telefoonboekie ...maak ek stories bymekaar...vir die koerant Hy gaan my nie weer vra watse werk ek doen nie, definitief nie nou, terwyl ek weet ek is 'n Projekbestuurder nie! 'n Projekbestuurder van duisende klein projekte in my eie huis. En of daar iets van gaan kom? Ja, genoeg doppies maak 'n rolstoel. Ja, genoeg eco bricks bou 'n huis. Ja, genoeg herwinbare materiaal spaar die aarde. Ja, genoeg stories maak 'n koerant. Jy is uitgedaag om ook 'n Projekbestuurder te wees, net daar waar jy leef en beweeg. En volgende keer as iemand my vra watse werk ek doen, weet ek weer nie… want werk is nie veronderstel om só lekker te wees nie.

Don’t forget to be awesome. Marietha In Memoriam

Francois Erik van Niekerk Oorlede 18.10.2012 Reeds 7 jaar van ons weg Sag val die trane van verlange Nooit sterf die band van liefde wat ons bind Ons bly oneindig lief vir jou Pa, Ma & Pierre en seuns

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


3


4

Flossie trou met Jack

Die Lewe na 50

Anthea Delmotte, René Langeveldt, Mariëtte Wiggill en Rista Grobbelaar vier Mariëtte se 50ste verjaarsdag.

Jack Finestone en Sandra Kitshoff is op 25 April te Paternoster getroud. Sandra is 'n oud-Piketberger en Jack is van die Kaap. Foto: Silver Dune Photography

Ons is 20 jaar oud! Baie dankie vir almal se getroue ondersteuning!

Christelle De Villiers, Mariëtte en Gavin Wiggill.

Geluk Seun

Save the Dates Kix Speletjiesaand Vrydag 11 Oktober ACVV 100jr Dinee Vrydag 25 Oktober

Winkel  022-913 2418

Org de Rac R200 per persoon

 022-942 1787

Vrouediens afsluiting Donderdag 31 Oktober

Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

Die De Villiers Trio, Nina, Lisa en Emma maak musiek vir Tannie Raaitjie. Foto’s verskaf

Seun Kitshoff vier sy 51ste verjaarsdag.

Kerssangdiens Sondag 24 November


5


6

Atlete kwarteeu later Bykans 25 jaar nadat Johan Allers en Terence Brown saam in die SuidAfrikaanse Atletiekspan in New York deelgeneem het, het hulle mekaar by Piketberg NG Kerk herontmoet. Die blye weersiens het wonderlike herinneringe teruggebring, asof geen tyd verloop het sedert 1995 toe Johan as 'n Tienkampen Worpe-atleet uit die Kaap, en Terence, 'n Middelafstand atleet van Piketberg, vroeër Pretoria, SuidAfrika verteenwoordig het. Terence en Nicoline woon reeds sedert Maart 1995 op Piketberg en Johan en Jeanie het onlangs hulle hier kom vestig. Albei is dit eens dat die bande van respek en ondersteuning wat deur sport gesmee word, onuitwisbaar is. Johan en Terence ken mekaar nou 28 jaar. Foto: Marietha Goosen

“Lions” ontvang Telefoongids

Oud-Lions, Gerry en Pat Kuhn, regs op die foto, is die eerste ontvangers van Piketberg en Eendekuil se splinternuwe Telefoongids. Die gids, wat begin Oktober verskyn het, is 'n konsep wat in die laat negentigerjare deur Gerry en Pat geïnisieer is en sedertdien as 'n produk van die Lions herhaaldelik nuutgemaak en herdruk is. Vanjaar het Badisa die projek oorgeneem en danksy die ondersteuning van Piketberg se sakesektor, kan een en almal hierby baat. Dis 'n handige artikel in die huis of kantoor ten einde vinnige toegang te kry tot dienste en besighede in Piketberg. 'n Bladsy met noodnommers verskyn voorin die gids. Enigeen wat belang stel om 'n gids teen R15 aan te skaf, kan dit doen deur die kantoor van Badisa te skakel by 022 913 2545 of by Piketberg Apteek en Droomland navraag te doen. By die Kuhns op die foto is Madelie Burger, links, wat die uitleg behartig het, Nolene Gysenberg, Maatskaplike Hulpwerker en voor Hannie Visser, Admin beampte by Badisa, wat die dryfveer agter die projek was. Marietha Goosen, wat die foto geneem het, was deel van die projek. Foto: Marietha Goosen

Donation to Velddrif Youth Centre

“Thank you, thank you, thank you. This donation means a lot to us, as it strengthens our efforts in the community we serve. That’s our core function, ploughing back into the community.” These were the sincere words of appreciation from the Chairperson of FDSA Velddrif Youth Centre, Huibrecht van der Merwe-Bonnet or “Tannie Bettie”, as she is more affectionately known, after receiving a donation of more than Є1000 from Belgium. A Є1000 converted into South African Rands will amount to just under R17 000.00. The Youth Council in Heist-op-den-Berg (Belgium), of which Bergrivier Municipality has a twinning agreement with, decided to raise funds for the FDSA organisation after being exposed in 2017 to the incredible and selfless work being done to empower young children. A school in Heist-op-den-Berg, Atheneum High School, also donated a few hundred euros to the FDSA organisation. The Executive Mayor of Bergrivier Municipality, Alderman Ray van Rooy, mentioned that it was an honour for him to hand over the cheque to Tannie Bettie, as he is aware of the work that the FDSA puts in to ensure that children receive food, aftercare and have an opportunity to access educational toys and children’s books to stimulate their minds. “Do well where you are already doing well, even improve on that. We hope that this donation assists you in broadening your reach in the community, extending your projects and being able to assist more children that make use of your facility on a daily basis,” said Van Rooy. FDSA, which is situated in Noordhoek, opens its door to approximately 300 children on a daily basis. All the children receive food. The facility is equipped with a Toy Library and an after school Daycare Centre. These facilities are open for the children to complete their homework, read books, play with toys and to make friends. “There are many families in this area who are struggling. We try to alleviate the burden by creating a place for the children to learn and play, we give them a meal, and provide them with basic necessities such as toiletry items,” concluded Tannie Bettie. We wish the FDSA Velddrif Youth Centre all the best for the future.

Die Piketberger se Datums NOV: Berigte in 22 Okt : Verskyn 31 Oktober DES: Berigte in 19 Nov : Verskyn 28 November

EPOS: diepiketberger@gmail.com


7


8 Huldeblyk aan my seun, Sherlock Fortuin Toe ek genader is om die huldeblyk te skryf, wou ek aanvanklik iemand vra om dit te doen, want ek het daaraan geglo om nooit jou lof te besing. Dit is egter ‘n groot voorreg om met behulp van jou vriende se boodskappe aan my, hierdie huldeblyk te 11.11.1975 - 29.07.2019 skryf. As kind was jy van voor geboorte af aan klavier- en orrelmusiek blootgestel. Ek onthou hoe ek jou op 2/3-jarige ouderdom oor en oor ‘Eendjies eendjies staan in ‘n ry’ en ‘We wish you a merry Christmas’ laat sing het terwyl ek jou op klavier begelei het, totdat ek tevrede was, sodat ek dit op band kon opneem. Nooit kon droom dat jy eendag so opgang in die musiekwêreld sou maak nie. Op 6-jarige ouderdom het jy met klavierlesse begin en later orrellesse. Soveel so dat jy op 12-jarige ouderdom al ‘n BMus student in die Kaapse stadsaal tydens ‘n uitvoering kon begelei op die klavier. Op 15-jarige ouderdom het jy begin sing in die kerkkoor, asook orrel begeleiding doen, daarom kon jy met beide my ouers se begrafnisse die dodemars speel. Toe jy Strand toe trek om by my te kom bly om jou matriek daar te voltooi, moes ek jou op gereelde basis Stellenbosch Universiteit toe ry om musiek te gaan uitsoek vir die dameskoor wat jy by die AME Kerk gestig het. So was jy, voor jy ‘n student aan die Stellenbosch se Universiteit geword het, deel van hul konserwatorium se biblioteek. Dit was dus net logies dat jy as eerste jaar student aan US, lid van die Universiteitskoor sou word en soos jou stem meer volwasse geword het, het jy oorgegaan na die wêreld bekende Libertaskoor. Beide kore het bygedra tot jou vorming en veral dissipline as dit by musiek gekom het. Saterdae het jy vir die predikant Sondag se gesange gevra en dan die musiek in volgorde geplaas sodat jy nie hoef rond te blaai nie. Sondagoggende het jy ‘n uur voor die tyd kerk toe gestap om die orrel en alle musiek vir die diens gereed te kry. Ek dink baie koorlede het by jou geleer van stem opwarming en asemhalingstegnieke voor ‘n uitvoering. Menige kere het jy as jong kind Porterville VGK en Piketberg VGK Kerkkore vir kompetisies begelei. Dit het jou blootgestel aan koorleiers wat later intieme vriende van ons geword het. Deur jou deelname aan die Stellenbosch Universiteitskoor het jy een van jou ontelbare oorsese reise onderneem. Hierdeur het jy verdere kontakte opgebou wat gelei het tot ‘n beurs om in Switserland aan die Universiteit van Bern verder te gaan studeer, waar jy ook jou sangloopbaan privaat voortgesit het deur weekliks met die trein Frankryk toe te reis vir stemopleiding. Met hierdie musiek kennis kon jy deure oopmaak vir menige suksesvolle sangers, veral opera in die buite wêreld. Ek haal aan: “Ek moes oorsee my eerste orkes gig kry. Sherlock was so ondersteunend, dat hy spesiaal Hamburg toe gevlieg het om te sorg dat hy hoog op die galery kan sit vir dit. Ek het juis die oggend van die roudiens dit in herinnering geroep en my verbeel hy sit daar. Dit was al wat my gehelp het om nie te huil deur die aria nie. Met die uitspeel was ek en Zorada verby trane.” Jo-nette Lackay “Weet An Lucille, Sherlock het my binne drie dae reggekry vir al daai konserte in Berlyn, Den Haag en Italië wat ek gedoen het. Hy was ‘n begaafde leermeester. Baie

vir hom daarna gevra om die sanglesse op te neem.” Charlene Truter Lackay. “Lucille, ek het vir my dogter gesê, dat as sy in Duitsland kom vir haar debuut, dan moet sy vir die mense daar sê dat sy van Sherlock Fortuin se familie is.” Dis op faceboek verlede week geskryf deur ‘n gegradueerde operasangeres se ma. Sherlock, jy kon die onmoontlike moontlik maak. Wie sou kon dink dat ons dit sou regkry om 62 lede van die Bergrivierkoor in die VSA en België sou kon laat optree, asook Amsterdam en Parys vlugtig besoek. Dan het jy nog die Amerikaners leer Afrikaans praat sodat hulle saam met Bergrivierkoor sekere Afrikaanse liedere kon sing. Deur jou verbintenisse met die ambassades kon mense wat nooit in hul lewe vir ‘n visum sou kwalifiseer, almal visums vir Amerika kry, (sommige vir 10jr) en gratis Schengen visums vir Europa. Ek moes nou oor die R900 betaal vir my visum om Switserland toe te gaan vir jou verassing. Toe gaan jy verder en skryf ‘n toneelstuk en rig van die koorlede af om kits aktrises te word. Weereens kry jy dit reg om die dames op verskillende verhoë in Amerika te laat optree en ook ‘n show on Broadway te gaan kyk. Daar is nog soveel uitnodigings vir beide koor en toneelgroep wat in die pyplyn is. “Ek het nog nooit iemand met soveel verskillende talente ontmoet nie” Hanlie Linde se blog tydens die SuidAfrikaanse kultuurweek wat jy in Switserland gereël het en weereens vir Suid-Afrikaanse kunstenaars die geleentheid gebied het om hulself oorsee te gaan bemark. Tweede voorliefde van jou was fotografie. Van kleins af het jy alles wat voorkom op kamera vasgelê. Soms sommer deur die slaapkamervenster. Ek kry nou baie boodskappe van vriende wat jou whatsapps mis. Elke land wat jy moes gaan besoek, het jy ons almal saamgeneem dmv die foto’s wat jy geneem het asook die geskiedenis van die geboue, kulturele gewoontes en leefstyl van die verskillende volkere. Jyt ‘n magdom van albums en nog foto’s, behalwe dit wat nog nie van jou foon of kamera afgelaai is nie. Sherlock, jy het geglo aan kennis deel en mense ophef. Met al jou klompe kwalifikasies het jy nederig gebly en kom terugploeg in jou geboortedorp. Jou grade: BA en MPhil in Interkulturele Kommunikasie aan Universiteit Stellenbosch, asook BA en MA in Antropologie en kulturele studies aan die Universiteit van Bern asook buitemuurse sangopleiding het jy positief aangewend met almal wat jou pad gekruis het. Daarom kon jy meng met die adelstand asook die gewone huishulp en straatveër. Dis net jammer dat jou skielike sterfte jou ontneem het van jou doktorsgraad met tesis; apartheid, tale en nasies, wat jy nou aan die einde van die jaar sou ontvang het. Die dag toe jy gebore is, het daar regtig iemand hierdie wêreld ingekom wat net homself vir ander wou gee om ‘n positiewe verskil in hul lewens te maak. My lewe sal nooit weer dieselfde kan wees nie, want jyt geglo daaraan dat elke dag in my lewe Moedersdag moet wees. Dit gaan ek mis. Al die klein bederfies, bv. die CD’s, natuurlik klassieke musiek, met die boodskap daarby dat my en Mat se musieksmaak verbeter moet word, die boeke as geskenke, want ons algemene kennis moet verbreed word, die klomp troetelname vir my en Mat en hoe jy jou soms verbeel het, dat jy my moet leer hoe om aan te trek, kos te maak en tot my haarkleur wou kies. Wie gaan nou vir my parfuum gee en nog so baie ander geskenke? Ek het nie net my kind verloor nie, maar ook my beste vriend en sielsgenoot. Ek wil nou nog boodskappe en foto’s vir jou stuur uit gewoonte. Kyk kort-kort op my foon of jy dan nog nie ‘n boodskap gestuur het nie. Die bejaardes vra wie gaan nou vir hulle vir ete nooi en onthaal, want jy was Vervolg op p10


9


10

Honderde ACVV-omgeevroue byeen in George vir 115 jaar

Die ACVV, 'n toegewyde kinderbeskermingsorganisasie wat ook aan ouer persone dienste lewer, se 64ste nasio-nale kongres is van 1 - 4 September in George gehou. Sowat 300 ACVV-vrywilligers en maatskaplike werkers het die oudste welsynsorganisasie in die land se 115de verjaardag gevier. Die kongrestema "'n Robot het nie 'n hart nie" het die rol van die ACVV benadruk - 'n mense-mens vereniging met 'n besonderse groot en warm hart. Die bekende sanger, dr. Koos van der Merwe, het Sondagaand se erediens gelei. Die res van die week is ingekleur deur besigheidsvergaderings, insiggewende praatjies en vertonings deur swaargewigte soos dr. Theuns Eloff, Louis Awerbuck, Stephan Joubert, Gustav van Greunen, Sandra Prinsloo, Elsabé Aldrich, sanger Jannie du Toit en meesterstorieverteller Johnny Klein. Dié saamreis van vroue wat op 1 September 1904 begin het, het nooit gepaard gegaan met basuingeskal, swier en glans nie, maar is altyd gekenmerk deur onselfsugtige dienslewering. Die sewe kongresgangers vanaf Piketberg het teruggekom met nuwe geesdrif en die hoop dat hul ywer aansteeklik sal wees sodat meer vroue betrokke sal raak om die ACVV se leuse uit te leef, nl. "Saam in diens van die gemeenskap." Berig: Marina Grobbelaar

Vanaf p8 ‘n uithaler kok en het omgesien na die weduwees en die wese. Ek wil afsluit met die song van Donna Taggart, want dis presies hoe ons laaste aand van kommunikasie was: Jealous of the Angels: I did not know that today would be your last That I had to say goodbye to you so fast I’m so numb I can’t feel anymore Praying you just walk back through that door And tell me that I was only dreaming You’re not really gone as long as I believe There will be another angel around the throne tonight Love will live inside of me and I will hold on tight It’s not my place to question only God knows why I’m just jealous of the angels around the throne tonight. Ek weet jy sing saam met die engele, want ek het nou jou liefde vir engele ontdek toe ek op jou versameling porselein engele afgekom het in jou kamer en veral toe ek jou Bybelstudie notas en teksvers voor in jou Bybel lees. Die Here het jou kom haal omdat jy aan Hom behoort. Dis seer, maar dit was tyd om jou terug te gee aan ons Skepper. Jou werk hier op aarde was voltooi in jou kort leeftyd. Ons kan net voortbou daarop en jou liefde in ons harte bewaar. Jou nagedagtenis sal voortleef veral in die kinders vir wie jy ook van jongs af by koorsang betrek het, wanneer ons Amerikaanse kore ontvang het en hulle die blootstelling gegee het om saam op te tree. Tot Weersiens. Jou gebroke, maar supertrotse ma. Lucille Domburg

Knitted Knockers

ACVV Piketberg se kongresgangers is Rista Grobbelaar, Ina Kotze, Elsabé Liebenberg, Riesie Kotze, Angeline Engelbrecht, Elmarie van Rooyen en Marina Grobbelaar. Foto verskaf

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings

Skakel 022 913 1132 Hoofstraat 38, Piketberg Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S)

Estie Clarys

B.Comm (US) LLB (Unisa)

andersonnel@telkomsa.net

Knitted Knockers is gebreide prosteses vir borskanker pasiënte wat een mastektomie of 'n dubbele mastektomie ondergaan het. Dis veral vir kanker oorwinnaars wat nie rekonstruksie kan bekostig nie. Kontak Marina Grobbelaar 082 865 9783 indien jy wil deel wees van hierdie projek, wat 'n hoogtepunt bereik einde Oktober tydens borskanker beswustheidsmaand.

Piketberg Animal Outreach Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918 Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers


11

VLV : Leefstyl Vergadering VLV Leefstyl beplan ‘n heerlike interessante oggend met ‘n demonstrasie van ‘n gerolde, gevulde varknek en varktjops in krummels gebak. Bernice Troost, nee Van der Merwe, skrywer van vier resepteboeke, ‘n kosstilis en ‘n bloemiste, is die gasspreker vir die oggend. Kom gerus en bring vriendinne saam, dit gaan ‘n baie leersame en interessante oggend wees. Daar sal ook uitstallings van 100% natuurlike sepe, sjampoe en aloe washes wees asook items van OREGON & MORE. Onthou om jou beursie saam te bring vir Kersgeskenke! Die vergadering word gehou op Donderdag 10 Oktober om 09:30. Tee is vanaf 09:00 beskikbaar in die Biblioteeksaal. Op Saterdag 12 Oktober is die VLV behulpsaam by Huis AJ Liebenberg se basaar. Kom ondersteun gerus die Teetuin tbv HAJL. Sien julle daar by die teetafel! Die afsluitingsfunksie word weer saam met Piketberg Tuinbouklub beplan vir Woensdag 6 November om 09:30 in die Biblioteeksaal. By dié geleentheid sal interessante idees vir die Kerstafelversierings gedemonstreer word. Kom luister en kyk gerus! Nie-lede R30 : Teegeld Vir enige verdere navrae skakel

Huis AJ Liebenberg Kermis Saterdag 12 Oktober


12 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester...

HUISHULP BENODIG Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

20 Jaar Gelede OKTOBER 1999

Voorblad: Tronkvoëls onthaal PHS-matrieks. (Die twee paartjies op die voorblad wat mekaar vergesel na die matriekafskeid, is later getroud en is steeds getroud.) Piketberg Sakekamer borg 'n kamera vir SAPD se speurtak. Briewe van ons lesers verskyn vir die eerste keer. Skounuus: Carike Keuzenkamp is die gas by die Damesoggend. Van Rooyen Grondverskuiwingspan, Kobus van Rooyen, Chris Carstens en Christo Strydom, wen met hulle wilde makoupot die potjiekos kompetisie. Annemarie Visser wen Beste op Skou met haar Ontwerpersgenot blommekuns. Die veldblommeskou is georganiseer deur Marietjie Visser en Johan van den Worm. Vrouerubriek fokus op Pikkie Fox. Piketberg Toerisme begin vlam vat. Die Piketberger word ses jaar en word gevier met 'n Kaas en Wyn funksie in die Biblioteeksaal. Die spyseniering is gedoen deur Hepsibah Richter en Lena Sofat. Winkelshoek Wynkelder skenk die wyn en die sap. Vrouediens se Lenteaand is Kers Vers en Melodie. Riana Smit van Eendekuil is die nuwe Vars Perske in die Pot by Perskepot Boutique. Our Way Boutique, met eienaars Therina Swart en Marianne Venter, open sy deure. Twee nuwe aanstellings by SAPD Piketberg, is S/Insp Charmaine Mouton en Sers Whity Benjamin. Erica Kretschmer wen R10 000 in Shell Lotto Kompetisie. 'n Dans word gehou in die Wyntuin tbv Gerrit Steenkamp. Koste beloop R60 per paar en sluit 'n ete in.

Ons gemeenskap in Piketberg is besig om te bloei weens die geweld teen ons vroue en kinders en ons misdaadsyfer van inbrake en aanrandings weens drank of dwelms styg by die dag. Ons sit ook met ’n uitdaging in Piketberg waar mense grond soek wat gediens is. Die meeste van die mense is seisoenwerkers wat hul in ons dorp kom vestig en ook persone wat nie sal kwalifiseer vir staatsbehuising nie. InRaadsheer Ray van Rooy woners van Piketberg, kom ons staan saam teen die euwels in ons gemeenskap en roei dit uit. Ons is ook besig om alle kerkleiers uit te nooi na ’n gesprek met die munisipaliteit oor beter samewerking met die geestelike leiers. Ek, Ray van Rooy, vra namens ons mans verskoning aan alle vroue en kinders wat verkrag was of onder die vuiste en voete van mans deurloop. Ons hou u in ons gebede en vra dat God u seer sal heel en ons bid ook vir hulle wat die daad gepleeg het. Vandag wil ek erkenning kom gee aan elke vrou in Piketberg vir u bydrae tot die bou van ons gemeenskap. Vroue is die steunpilaar van ons gemeenskap, huishoudings en gesinne. In die afwesigheid van mans op baie gebiede is dit die vroue wat die voortou neem en die leisels vashou. Vroue, dankie vir jul onbaatsugtige diens in jul omgewing. Manne, wees lief vir jul vroue, kinders en meisies elke dag van jul lewe. Volgens onlangse grondwetlike hofuitspraak, mag u nie meer u hand teen u kind oplig nie. U kan aangekla word. Die vraag is hoe moet ons die kinders tug as hulle verkeerd handel, moet ek stilbly of my oë toeknyp. Ouers, my antwoord aan ons almal is om op die knieë te gaan en te bid vir ons kinders en ander se kinders. Ons grootste kopseer onder jongmense in Piketberg is die groot getal kinders wat nie daagliks in die skool is nie. Die gebruik van dwelms onder ons jeug is besig om hand uit te ruk en die dwelmhuise groei ook by die dag. Almal is seker bewus van die diefstal by Bergrivier Munisipaliteit se Piketberg kantore, waar ’n persoon R4,1 miljoen gesteel het. Die klag is aangemeld by die plaaslike polisiestasie, Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering, Anton Bredell, die Ouditeur Generaal van SuidAfrika (OG) en die Valke. Die wetlike proses olv die Valke is besig om sy loop te neem. My kantoor sal die volle inligting aan u deurgee wanneer die uitspraak gelewer word. Die Burgemeestersgholfdag vind plaas op Vrydag 1 November by die Velddrif Gholfbaan. Dit word voorafgegaan met ’n stap op Donderdag 31 Oktober vanaf Piketberg tot in Velddrif deur die Uitvoerende Burgemeester en sy raadslede. Die doel van die stap en die gholfdag is om fondse in te samel vir die Burgemeester se hulpfonds wat weer in die gemeenskap teruggeploeg word. Enige individu of besigheid wat die Uitvoerende Burgemeester of raadslede wil borg vir die stap van 65km kan met TerryAnne Wessels kontak maak by die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester (022 913 6050). Inwoners wat saam met die raadslede wil stap, is welkom om ons te vergesel, al is dit 10 of 40km. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons neem te lank om u te antwoord. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te geniet. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za / burgemeester @bergmun.org.za


13


14 Met die "Skoenboks" Terug Skool toe Wat ag jaar gelede as 'n Kersgeskenk-boksie begin is, het uitgebrei na noodsaaklike benodigdhede vir 'n nuwe skooljaar. Ongeveer 200 pleegsorgkinders word jaarliks deur die ACVV en Badisa geïdentifiseer en ontvang 'n sak skryfbehoeftes en boeke, soos deur die skool vereis. Hoewel die items nie in skoenbokse verpak word nie, bly die naam Skoenboksprojek staan, soos dit landswyd bekend is. Piketberg se ACVV en Badisa, in samewerking met All About Travel, het die projek vir Piketberg deur die jare verfyn. Die dankbaarheid op die pleegouers en -kinders se gesigte oor die skoolprojek, is die bewys dat die projek op die regte pad is. Daarmee saam word toiletware verpak sodat elkeen voorsien word van 'n waslap, seep, tandeborsel, tandepasta, deodorant en waar nodig, sanitêre ware. Bydraes in kontant is welkom teen Vrydag 22 November sodat daar genoeg tyd is om te beding vir groothandelpryse. Die pakkies word net voor die aanvang van die nuwe skooljaar uitgedeel. Daar is ook 'n groot behoefte aan gebruikte skryfbehoeftes, soos potlode, inkleurkryte, uitveërs, skerpmaakers en liniale. Dit word deur die jaar uitgedeel waar daar 'n behoefte is. Kontak ACVV by 022 913 1525, Badisa by 022 913 2545 of All About Travel by 022 913 1465 indien u wil help. "Boksies" kan geborg word @ R160 elk. Die biblioteke loods ook 'n boek-oortrek-projek waar vrywilligers help met die oortrek van boeke en ander weer kan help met die borg van bruin papier, plastiek en selotape. Bg nommers sal u in verbinding bring met die regte persone. Lees die advertensie hieronder, ook mbt behoeftige diere.

Hierdie foto’s is tydens Januarie 2019 se Skoenboksprojek geneem. Regs bo is die sakke met skryfbehoeftes, skoolbenodigdhede en toiletware. Foto’s: Elzanne Richter


15


16

Boererate en Verbruikerswenke

Ringskoorsangfees Massakoor

Soos versamel deur een van ons oudste en getrouste lesers, Willem Burger Stof op potplante, vee blare af met binnekant van ‘n piesangskil. Dit verwyder die stof en voed die blare. Plaas ‘n rou aartappel in jou sop/bredie indien jy te veel sout ingegooi het. Die aartappel absorbeer die ergste soutsmaak. Vir aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of drie eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel ketel uit. Spek sal nie omkrul as dit in kookwater gedoop word voordat dit gebraai word nie. As kerrie te sterk is, voeg bietjie suurlemoensap by. Laat lê heel suurlemoen in kookwater voor jy dit uitdruk, jy sal meer sap uitkry. Koffiemoer is goed vir plante. Om onkruid tussen plaveisel uit te hou gooi sterk gekookte soutwater oor die slootjies. Gebruik ou papier eierhouers om klein plantjies te maak. Saai saad afsonderlik in elkeen en met uitplanting kan plantjie met houer en al geplant word. Die houer sal stelselmatig disintegreer.

Kerkkore van Piketberg, Eendekuil, Porterville, Moorreesburg en Aurora tydens die Ringskoorsangfees in Aurora. Foto: Frederik Kotze

Hierdie rate en wenke is om self te probeer en nie noodwendig getoets of beproef nie.

Bloedskenk

8 November (Vrydag 10:00 - 14:00) by Piketberg Museum Die koor van NG Gemeente Eendekuil. Foto verskaf

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

Cornie Coetzee, orreliste by NG Kerk Aurora, voor die orrel wat reeds 95 jaar bespeel word. Foto: Frederik Kotze


17


18 Welkom aan Salmond van Huyssteen

Aurora-Om-Die-Berg-Fees

Theron Du Plessis Rekenmeesterskantoor het begin September in Kerkstraat Piketberg geopen. Salmond van Huyssteen is die rekenmeester tot u diens. Salmond, 'n boorling van Villiersdorp, het sy Hoërskool- en studieloopbaan op Stellenbosch voltooi en hom by die Theron Du Plessis groep aangesluit, waarvan sy pa, Monté, ook deel is met 'n kantoor op Stellenbosch. Monté het op Piketberg Salmond van Huyssteen gematrikuleer. Foto: Marietha Goosen Salmond geniet die vriendelikheid van die platteland, het sommer dadelik Piketberg se steiltes draf-draf verken en sien daarna uit om sy liefde vir muurbal, gholf en fietsry hier verder uit te leef. Intussen leer hy Piketberg se mense vinnig ken en nooi hulle uit om sy kantoor te besoek, al is dit net om familie uit te lê of te kom kennis maak. Sy vrou, Sujen, 'n Graad R-onderwyseres sal later by hom aansluit. Sy beklee 'n onderwyspos in die Paarl.

Op 24 Augustus, ’n sonnige Lentedag was Aurora 'n miernes van bedrywigheid soos almal gereed gemaak het vir die Om die Berg MTB Uitdaging. Vroegoggend al sien mens oral fietse en fietsryers wat wiele en kettings nagaan en helms gemakliker stel. Met die wegspring was daar omtrent 'n groot uittog uit die dorp met groot en klein fietse, drawwers, stappers en die verkeerspolisie wat in die pad val. Die roete vir die groot uitdaging gaan deur Kapteinskloof en agter om die berg tot by die Redelinghuyspad en weer terug tot in Aurora. Die meer sosiale fietsryers, drawwers en stappers volg 'n korter roete terug na die dorp. Die fikse fietsryers wat die pad Om die Berg aangepak het, moes egter hard werk. 'n Grondpad in die Sandveld op 'n sonnige dag is nie kinderspeletjies nie. Alhoewel die roete tegnies gemiddeld is, toets dit die ryers se stamina en fiksheid en daar was min tyd en energie oor om die mooi veldblomme en landerye te bewonder. Die eerste mans oor die wenstreep: 1ste Robert Jankielsohn (Piketberg); 2de Henko de Klerk; 3de Philip Jankielsohn (Piketberg); 4de Jaco Louw en 5de Fietie Rocher (Aurora). Die eerste vroue oor die wenstreep: 1ste Leorine de Wet (Brackenfell); 2de Monique Coetzee; 3de Desiree Naude (Somerset-Wes); 4de Jana Louw (Stellenbosch) en 5de Ronelle de Wet. Die jongste deelnemer wat Om die Berg aangedurf het, was Corné Eefting (16) van Brackenfell - hy het vir 'n silwer medalje gekwalifiseer (onder die eerste 10 deelnemers oor die wenstreep).

Leeskring 23 Oktober

Kainsmerk deur Annelie Botes Bespreking deur Sandra van Wyk

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1919 tot 2019

Die eerste drie mans oor die wenstreep, Henko de Klerk, 2de, Robert Jankielsohn, 1ste en Philip Jankielsohn, 3de. Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Leorine de Wet, eerste vrou oor die wenstreep.

Adam Kotzé en Riaan Koch word bedien by die waterpunt.


19

Theron du Plessis Swartland het op 2 September sy kantore op Piketberg geopen. Dié nuwe kantoor word deur Salmond van Huyssteen verteenwoordig. Salmond het in 2018 by die Theron du Plessis span aangesluit nadat hy sy klerkskap by Theron du Plessis Villiersdorp voltooi het en sy toelatingseksamen as ‘n lid van die Instituut van Professionele Rekenmeesters (SAIPA) geslaag het. Salmond het ook sy honneursgraad in Belasting voltooi en praktiseer as onafhanklike rekenmeester. Theron du Plessis is gestig in 1976 in Middelburg, Oos-Kaap, met reeds nege onafhanklike, geassosieerde kantore in die Wes- en Oos-Kaap. Dis vir ons ‘n voorreg om ons dienste bekend te stel in die Swartland omgewing. Theron Du Plessis Swartland sal direk affilieer met Theron du Plessis Stellenbosch en Theron du Plessis Villiersdorp, in die Overberg, wat tans as een funksioneer. Theron du Plessis Villiersdorp is in 1994 deur die huidige direkteur van Theron du Plessis, Stellenbosch, Monté van Huyssteen, begin. Nadat Dirkie Viviers as direkteur in 2008 by hom aangesluit het in Villiersdorp, is die kantoor in 2008 uitgebrei na ‘n kantoor op Stellenbosch.

Theron du Plessis Swartland kan aan u die volgende dienste lewer: - Rekeningkundige dienste; - Alle relevante belastingdienste soos BTW en inkomstebelasting; - Afhandeling van onafhanklike oorsigte; - Testamente en Boedels: Beplanning en bereddering; - Oprigting van maatskappye en trusts. Salmond van Huyssteen

Kom besoek ons kantoor by Kerkstraat 9 (langs Agrisell) om te ontmoet of te gesels.


20


21


22

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Op die rakke van die Biblioteek... Aankoms en Vertrek deur Pat Stamatélos

In Aankoms en vertrek, word ’n gewilde onderwerp ondersoek: ’n Suid-Afrikaner keer ná ’n paar jaar in die buiteland terug. Dié keer ná ’n plaaslike moord. Die roman kan egter nie as misdaad- of spanningsfiksie beskryf word nie. Die klem val eerder op die geheime wat mense met Bespreking deur hulle saamdra. Verskeie verMadelie Burger houdings kom onder die loep, wel teen die agtergrond van ’n soeke na antwoorde rakende die moord. Wanneer haar geliefde Adam nie tot trou kan kom nie, verlaat Bailey Kellerman die land. In Londen ontmoet sy ’n vuurwarm Fransman met Gucci-skoene. Maar ook Alphonse Chevalier laat haar in die steek. Wanneer Bailey se ouers vermoor word, plaas haar broer, Zak, druk op haar om terug te keer na Suid-Afrika. Maar sy kom eers maande later huis toe. Zak is briesend omdat sy hul ouers se begrafnis misgeloop het. Hy is egter onbewus van die gebeure wat in sy suster se lewe afspeel. In Bailey se ouerhuis wag die liewe Temperance, haar tweede ma, haar in. “Tempe” sien steeds na die huis om, maar ook sý dra ’n las. Bailey, onbewus van die huishoudster se probleem, peper haar met vrae. As dit nie die polisie was nie, wie het die een moordenaar in haar ouers se kombuis doodgeskiet? Bailey wonder ook waarom haar pa nie op daardie tragiese nag die kluis oopgesluit het nie. En waar is die sleutel? Zak deel uiteindelik sy geheim met sy suster. Tempe se wrokkigheid teenoor hom maak dan sin, maar Bailey besef dat sy haar broer nooit werklik geken het nie. Om haar lewe verder te kompliseer, daag Adam weer op én kom Bailey se persoonlike probleem onder die vergrootglas. In Aankoms en vertrek word ’n kraaines van geheime ontrafel. Bailey se lewe in Londen is ‘n groot geheim, die grootste geheim is egter die dubbele lewe wat Bailey se pa gelei het en wat in die kluis is. Hoewel Aankoms en vertrek nie dieselfde oemf as Stamatélos se vorige romans het nie, is dit wel die lees werd. Buiten die geloofwaardigheid van die karakters, verras die wendings en ontmoet die verskillende verhaalelemente mekaar op ’n besonderse wyse. Pat Stametélos se bekendste werk is Kroes wat in 2005 verskyn het. Ander boeke uit haar pen is: Val van die Dice, Die Portier, Vier begrafnisse en ‘n troue, Pastoor, My groot vet Griekse egskeiding en Madeliefies van Staal.

Leeskring 2019 23 OKTOBER: KAINSMERK – Annelie Botes Bespreek: Sandra van Wyk 20 NOVEMBER: AFSLUITING

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com


23

Tuinbouklub besoek Velddrif

Twaalf lede van die Piketberg Blom- en Tuinbouklub het op 4 September ‘n baie suksesvolle uitstappie na Velddrif onderneem. Hulle besoek die Bokmakierie Groothandel Kwekery en koop plante wat min water vereis. Die volgende vergadering is op Woensdag 2 Oktober in Piketberg se biblioteeksaal. Die tema is, maak ‘n hoed, skoen of handsak uit plantmateriaal, vars- of gedroogte materiaal. Elkeen bring hul eie materiaal en eie idee. Kom en deel in ‘n baie kreatiewe oggend. Nie-lede welkom, ‘n donasie van R40.00 betaalbaar vir verversings. Bring ook plante en steggies vir uitruil. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00, vergadering begin 09:30. Foto verskaf

Forbes vir “Fitness” en Wellness” Na 10 suksesvolle jaar in die “Fitness”en “Wellness”-bedryf op Porterville, het Reagan Forbes verlede jaar sy dienste uitgebrei na Piketberg. Piketberg verwelkom hiermee amptelik die Forbes gesin Reagan en Verushka met Reagan jnr (2), Josh (6) en Cleo (10). Die oudste twee is leerders by PHS. Of dit wel is met jou siel….of nie... Of dit wel is met jou liggaam...of nie... ‘n Besoek aan Forbes Fitness kan jou net goed doen. En vinniger as wat jy dink, sal jy terug wees by die werk of terug op die veld. Foto verskaf

Matriekgebed Kontak die Biblioteek indien u wil deel wees van hierdie projek.


24

WOW Spelfees

Laerskool Eendekuil Boomplantdag

Johnethe Muller Gr 3-leerder by Groenvlei Primêr het na die Sanlam Wow spelfees se Distrikfinaal deurgedring. Foto: Marilee van Zyl

WOW Alison se Swemskool Eerste kursus : 3 - 14 Desember 2019 R380 vir 8 lesse. (R47.50 per les) Tweede Kursus : 6 - 10 Januarie 2020 R190 vir 4 lesse

Laerskool Eendekuil plant ‘n wit ysterhoutboom vir die toekoms en leer van die belangrikheid van bome as verskaffers van suurstof. Foto: Antoinette Kok

Voetspoortjies gaan Kaap toe

Waterveiligheid en styl vanaf 1 jaar tot oud. Bespreek dadelik - beperkte plek. Kansellasies binne 3 dae van ‘n kursus, is volle fooi betaalbaar.

Kontak Alison Müller 073 229 2855 of saans 022 913 1746

Wat ‘n voorreg was dit nie vir ons toe Kyknet Nou! Kleuterzone ons vroëer die jaar kom besoek het vir hulle program nie. Groot opgewondenheid het onder die kinders en onderwysers geheers met die geleentheid om op televisie te verskyn. Daar is geoefen en mooi gemaak vir die groot geleentheid. Die dag het gekom en was ‘n groot sukses. Min het ons geweet dat ons harde werk sal help om deur te dring na die finaal. Op Saterdag 7 September is die Gr R- en pre-Gr Rklasse Kaap toe vir die groot finaal van die Oos- en WesKaap streek. Daar aangekom het ons die ander kleuterskole gesien teen wie ons sou deelneem. Daar was babas, peuters en kleuters in kostuums en grimering en juffrouens met baie geduld. Dit was ‘n besonderse warm dag en kinders het moeg geword vir wag. Al die kinders het hulle beste gedoen en uiteindelik het die beoordelaars ‘n besluit kon neem en kon ons die dag afsluit. Voetspoortjies het vier onderafdelings gewen, nl. beste ritme, beste gees, beste gebare groep en die beste verhoog persoonlikheid. Ons het die algehele 3de plek verower met die liedjie Nuwe Generasie. Wat ‘n groot gebeurtenis vir ons kleuterskool. Baie dankie vir elke ouer wat daardie dag moeite gedoen het om daar te kom en die dag saam met ons geniet het. Ons is trots op elke kind wat daardie dag net sy/haar beste gegee het. Berig en foto: Bianca Jordaan


25


26

Trofee by Skolekunstefees

Die Blokfluit Ensemble, wat bestaan uit PHS-leerders olv Komien van der Westhuizen, is na 'n Gala aand in die Kunstekaap genooi om een van hulle items te lewer. Kloksgewys van agter is Rénay Esau, Amber Cooper, Leigh Wall, Annyda Janse, Kaydee Claasen, Nikitha Booys en Suné Pickard. Uit meer as 100 ander skole, wat oor die bestek van twee weke, elke aand in Kunstekaap deelgeneem het, is hulle genooi om deel te wees van die Gala aand, waar slegs 14 skole elkeen 'n item gelewer het. Al 14 skole ontvang 'n trofee van Marlene le Roux, uitvoerende direkteur van Kunstekaap. Die Ensemble is ook met 'n trofee bekroon as Beste Blokfluit Ensemble by die WesBoland Eisteddfod. Foto: Marietha Goosen

Plofstof Braaibroodjies tbv Diere

Plofstof, PHS se ATKV Jeugtak, het broodjies gebraai om Erfenisdag te vier. Te danke aan ruim donasies van Total Winkelshoek, kon hulle 1000 broodjies braai en uitdeel aan mense van die gemeenskap wat die Piketberg Animal Outreach projek ondersteun het. Broodjies is ook uitgedeel aan kinders wat baie swaarkry. Die ervaring wat elke Plofstoflid opgedoen het, is iets wat hulle vir altyd sal bybly. Op die foto verskyn Plofstoflede saam met Katinka Morrison van Piketberg Animal Outreach. Dankie aan Jo-Anne Lubbe vir haar opoffering om hierdie geleentheid aan te gryp. Foto: Heleen Etsebeth

Donasies vir Kinders met Kanker

Blitsbrein Junior

Die Piketberger het verlede maand berig dat Henco Kruger, Gr 8-leerder by PHS, voor links, deelgeneem het aan Cum Laude Media se Blitsbrein Junior algemene kenniskompetisie. Hy het ‘n 5de plek behaal in die Wes-Kaap en daarmee deurgedring na die Nasionale afdeling. Hy het einde September by die Nasionale kompetisie 7de geëindig in die Gr 8- en 9afdeling. Hy was die beste Gr 8-leerder in die Top 10. Wel gedaan Henco! -Red.

Onderwysersdag 5 Oktober

Behan Croeser, regs voor, is as tromspeler verbonde aan die groep Jimm Harisson Project. Die hoofsanger van die groep het ‘n liedjie geskryf, ‘AMEN’ wat opgeneem is saam met ‘n paar bekende persoonlikhede soos Glaskas se Deon Meiring, Bok Radio se Amarie du Preez, Mark Haze en Fatman. Die liedjie is onlangs vrygestel saam met ‘n video, spesiaal vir kinders met kanker. Lees gerus die berig en kyk die video met die volgende link: https://www. jimmharissonproject.co.za/amen Die opbrengs van die aflaai van die liedjie op alle sosiale media platforms en die ‘views’ op You Tube van die video, aanlyn verkope en donasies word geskenk aan die ‘Children’s Hospital Trust’ in Rondebosch. Lesers wat graag ‘n bydrae wil maak kan die liedjie via iTunes, Spotify of Google Play koop. Donasies kan ook gemaak word op ’n ‘Give and Gain’ link, https://bit.ly/2GTbyRQ, deel op u Facebookblad, Twitter of Instagram. Daar is ook ‘n sms-lyn waar donasies gemaak kan word. SMS die word “Amen” na 40465 om R30 te skenk. Kom ons doen dit vir die kinders, Amen! Behan is die seun van Phillip en Gerna Croeser van Piketberg.


27


28

WEN BY DUP MEUBELS

Gymkhana Kampioen

Vanaf 1977

Wen ‘n Univa 20 liter metallic mikrogolfoond met aankope van R1 000 of meer. Kompetisie strek vanaf 1 Oktober tot 30 November 2019. Trekking: Begin Desember 2019 Baie dankie aan al ons kliënte vir jul volgehoue en lojale ondersteuning.

Japie du Plessis

Jakobus Burger

Tel: 022 913 1251 / 1307 Faks: 022 913 2443 dupmeubels@telkomsa.net Voortrekkerstraat 43, Posbus 112 Piketberg 7320

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Piketberg Christen Skool spog met Megan de Villiers, 'n 11-jarige, sprankelende jong Gr5-leerder, hul eie Gymkhana kampioen! Sy is gekies as Kaptein vir die O/14 Wes-Kaap se Tentpegging span. Megan neem in Desember by Beaufort-Wes deel aan die Interprovinsiale Kampioenskappe. Daar sal sy teen ander Provinsies deelneem asook later in Klubverband waaruit die nuwe, SA Proteaspan gekies gaan word. PCS is saam met haar opgewonde. Foto verskaf

Peet Top Fiks Peet Myburgh van Piketberg SAPD, wen SAPD se Nasionale Fiksheid kompetisie gehou te Sabie. Peet se span van die Wes-Kaap is ook die Provinsiale wenners. Foto verskaf


29

Akro en Ritmies Gimnastiek

Hierdie gimnaste het deelgeneem aan Akro en Ritmies - Distrik en Wes-Kaap. Al 24 gimnaste het hulle distrikkleure verower, 22 het Wes-Kaap kleure verower. Die SA Gym spele het plaasgevind vanaf 24 tot 29 September in die Kaap en Ritmies in Durban. Agter staan Minki Grobbelaar, Leigh Wall, Marelize Crous, Sumari Hanekom, Mizpah Potgieter, Cassidy Daniels en Lana Boys. Middel, Tihani van Lill, Lise Bruwer, Alex Ince, Matthys Grobbelaar, Jani van Niekerk, Hannah de Villiers en Kathy-Ann de Waal. Voor, Tammy Boys, Phallen van Neel, Sheree Gouws, Jeantelle van Zyl, Esmari Lambrechts, Li-Zay Puttick en Lauren Lee Henzen. Afwesig Jade Wilson, Alex du Toit, Leah du Toit. Berig en foto: Chrisna Baard


30

Mnr SA besoek PHS… Heinrich Gabler, huidige Mnr Suid-Afrika, bring hoop en inspirasie na PHS, toe hy met baie opwinding en afwagting op 11 September as gasspreker ontvang is. Heinrich het as 9-jarige in ‘n kinderhuis op Wellington beland ná sy ma in ‘n motorongeluk gesterf het en sy pa terug is na Duitsland, sy land van herkoms. Hy vertel dat hy totaal verlore was totdat sy Sondagskooltannie vir hom belowe het dat God hom gemaak het en hy Sy seun is, maak nie saak wat sy omstandighede is nie. Te danke aan sy sporttalent, kon hy homself op die sportveld uitleef en daar het hy gevoel hy behoort en dit was sy ontvlugting van sy wrede realiteit. Hy het gevolglik beplan om sy lewe rondom sport te bou, totdat hy besef het dat ‘n besering hom van die droom kan beroof. Hy het toe sy tweede groot liefde - om met kinders te werk - uitgeleef en onderwys gaan studeer. Hy haal Jer 29:11 aan: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teëspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” Die plan wat Hy vir ons het is ver bo ons verwagtinge. As laerskoolonderwyser was dit vir hom spesiaal om met kinders te werk omdat hy ‘n tipe Pa-figuur kon wees vir van die kinders en hulle inspireer, maar min het hy geweet dat God ‘n nóg groter plan met hom het. Min het hy geweet hy sou eendag as Mnr SA op ‘n verhoog staan en vir kinders een boodskap bring: Dis nie waarvandaan jy kom wat belangrik is nie, maar waarheen jy op pad is. Heinrich en sy “aanneemma”, Lizel Visser en ‘n vorige Mnr SA, Dieter Voigt, het ‘n organisasie begin – UpCycle SA, waarmee hulle sporttoerusting bymekaarmaak by skole waar hy as spreker optree en dit dan weer uitdeel by ander skole waar die kinders geen sporttoerusting het nie. PHS het ook ruimhartig bygedra tot hierdie wonderlike inisiatief – dankie aan elke leerder en ouer. Foto’s: Heleen Etsebeth

...en ook PCS Mnr SA, Heinrich Gabler by Christell Brand en Juan Brand. Christell se ma, Christa Britz, was Heinrich se kinderhuis Mamma. Foto’s verskaf

Mr South Africa, Heinrich Gabler paid Piketberg Christian School a visit. He shared his story, about how his past did not determine his future and how he wanted to help each and every child achieve their dreams. PCS also supported his campaign of supplying sport gear to schools in need. Thank you for your words of encouragement and the light of hope you have already ignited amongst our youth in South Africa. Hope to see you again soon!

Mnr SA, Heinrich Gabler ontvang die sporttoerusting van Skoolhoof Quinten Engelbrecht.

Mnr Suid-Afrika, Heinrich Gabler saam met personeel van PCS Cathy Brits en Lizmari Lambrechts langs hom en agter Elizabeth van Zyl, Stephanie Louw en Sulize Burger. Foto verskaf


31


32

Stawelklip Leerders Presteer

Angeline Karolus was die Landlope Weskus Kampioen O/10. Foto’s verskaf deur Genevieve Benjamin

Hierdie leerders van Stawelklip Morawiese Primêr het deelgeneem aan die Wes-Boland Eisteddfod vir blokfluit op Hopefield. Solo's: Lee-Ann Persent - Cum Laude; Benita Karolus - Goud; Ceniqueke Klaasen - Goud. Duete: Lee-Ann en Benita Goud; Sheldeane en Angeline Goud.

Goud vir Slagorkes

By die Wes-Boland Eisteddfod het die Graad 1 Slagorkes olv Komien van der Westhuizen, Goud behaal. Voor links en regs van Komien is Tyler Klaase, Stefanie Malan, Elsabé Fox, Chris-Mari Liebenberg, WJ du Toit en agter Elandi Visser, Lienka Brand, Beané Bouwer, dirigent, Coen Visser en Dirk Eigelaar. Foto: Marietha Goosen

Goud vir Blokfluit Duet Foto links: Chloe Apollis en Anandri Pretorius het vir hulle Blokfluit Duet Goud behaal by Wes-Boland Eisteddfod. Hulle is olv Komien van der Westhuizen.

Komien se Klavier

Foto regs: Dayle Julius behaal Goud en Cassidy Daniëls behaal Cum Laude vir Klavier by Wes-Boland Eisteddfod. Foto’s: Marietha Goosen

Klavier by WesBoland Alison Müller se klavierleerlinge het puik presteer by Wes-Boland Eisteddfod. Voor is Keagon Beukes (Cum Laude) en agter Henco Kruger, Elsje Basson en Van Zyl van der Merwe, almal Goud.


33

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


34


35

Rugby 7’s Toernooi

Sandveldfees Gymkhana

Op 31 Augustus, ‘n ysige Lentedag was Hoërskool Hugenote, Wellington se sportveld een groot bedrywigheid. Van oral uit die Boland het skole bymekaargekom vir die Boland O/17 Rugby 7's Toernooi. Wedstryde was kort, maar baie intens en vinnig. Hoërskool Piketberg se spelers het skaars kans gekry om hul voete te vind voor hul eerste wedstryd net na 09:00 begin het. Dit was 'n lang dag en hulle het altesaam vyf wedstryde gespeel waarvan hulle drie gewen het. PHS se span het tot reg aan die einde hard gewerk en goeie sportmangees aan die dag gelê. Die laaste wedstryd het lank na 17:00 begin en met uitsonderlike spanwerk en uithouvermoë het PHS die span van HS Wellington heeltemal oorheers en goed gewen.

Op 24 Augustus het Aurora oudergewoonte hul jaarlikse Sandveldfees gehou. By dié geleentheid is die Goudini Tentpegging of Gymkhana Kompetisie ook gehou. Al was dit warm het die ruiters entoesiasties deelgeneem. Formele ruitersport (Tentpegging) vereis dissipline en oefening. Die beoordelaar en beamptes het seker gemaak dat al die ruiters by die streng reëls en gedragskodes hou sodat voldoen kan word aan Internasionale standaarde vir Gymkhana. Die ruiters toon hul vaardighede met swaarde en lanse terwyl hulle so vinnig moontlik jaag en oor hindernisse spring. Dis nie elke dag dat 'n mens bevoorreg is om hierdie mooi sport te sien nie.

Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Albert de Villiers, foto onder en sy dogter Megan, foto regs, van Aurora het deelgeneem. Die ander deelnemers is van Rawsonville, Worcester en Paarl omgewing. Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Eco Bricks

Hou 'n ekstra sak byderhand en bêre alle lekkergoed papiertjies, chips pakkies, kleefplastiek, ballonne en polistereen. Al hierdie nie-herwinbare materiaal word in repies geknip en met 'n stok vasgestamp in 'n leë 2liter plastiekbottel totdat propvol is en 500g weeg. Kontak Marietha Goosen of Piketberg Christen Skool as u hierdie projek wil ondersteun.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


36

Trippe Trappe Kleuterskool hou konsert

Met groot opwinding het al die Trippe Trappe maatjies deelgeneem aan hul jaarlikse konsert en gradeplegtigheid. Almal het heerlik saam gedans en aan hul onderskeie items deelgeneem terwyl hulle belangrike datums van die jaar herdenk. Baie dankie aan al die ouers vir julle ondersteuning, hulp, skenkings en kontant donasies om van hierdie aand ‘n sukses te maak. Dankie ook aan borge Torque Projects en Piket Implimente. Video: Coenie Smit; Klank en beligting: Studio 69; Foto’s: Corné Visser Fotografie Trippe Trappe Kleuterskool hou Vrydag 18 Oktober ‘n Opedag vanaf 8 – 10 voormiddag. Belangstellende ouers kan gerus hul kleuters bring om die oggend saam met ons te kom geniet.

Huis AJ Liebenberg

maak weer WIT OLIFANTE bymekaar vir hul jaarlikse erfenisreis KERMIS op 12 Oktober.

Enige wit olifante word verwelkom en kan afgegee word by die kantoor of kontak gerus 022 913 1228


37


38

Bokkoors loop hoog

Hoërskool Piketberg se Personeel

Steynville Primêr se Gr 3 Springbok ondersteuners...

Iza Schreuder met PHS se Gr 3 Springbok ondersteuners ...en die All Black ondersteuners

Rozel Kotze en Elzanne Steynville Primêr se Gr 1B leerders, Grace-Lee FrederBoshoff vang gees. Foto’s: Marietha Goosen icks en Jailee-Ann Zoutman saam met Elzanne Boshoff.

Nog ‘n paar rugby liefhebbers by Steynville Primêr.

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R230 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Die volgende Piketberger verskyn op 31 Oktober 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 22 Oktober 2019 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


39

Piket-Bo-Berg Bergfiets-uitdaging en –hardlooproete Moutonsvallei vir die 10de agtereenvolgende jaar aangebied In die vroeë oggendure, op die dag wat SUPERSPAR Boland vir die 10de keer die hoofborg van die Piket-Bo-Berg Bergfiets-uitdaging en –hardlooproete was, het SUPERSPAR Boland se Chikka Chicken Stalletjie Span reggestaan om die deelnemers en toeskouers, wat met opwinding foto’s en selfies geneem het, te bedien. Die gees onder die deelnemers was tasbaar en te oordeel aan die terugvoer daarna, was dit nogal prettig en feestelik vir almal wat die Bergfiets-uitdaging

en -hardlooproete voltooi het. Sommiges het daarin geslaag om hul persoonlike doel te bereik en ander het die uitdaging vir die eerste keer voltooi. Dit was ‘n warm dag met meer-as-genoeg waterpunte. Die geleentheid was goed gelei deur die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging met baie ondersteuning langs die roete. Volgens die deelnemers beslis een van die liefdadigheids-gedrewe uitdagings met die mooiste natuurskoon in Suid-Afrika.

Die “N7 Track Challenge” ten bate van Die Suid-Afrikaanse Gidshond Vereniging vir Blindes

SUPERSPAR Boland was die hoofborg van die geleentheid wat op 14 September 2019 plaasgevind het. Die wins van die dag gaan aan Die Suid-Afrikaanse Gidshond Vereniging met die missie om die mobiliteit en onafhanklikheid van mense met visuele gestremdhede te verbeter deur by te dra vir opleiding van honde. Vir blinde mense is hul gidshonde onontbeerlike metgeselle.

A Baker and a Confectioner with experience who has the ability to wow customers with their exceptional skills. Must have contactable references. Only candidates with experience will be considered for these positions. Security Officers who are first class customer service experts. Must have contactable references. Only candidates with experience will be considered for this position. A Cashier to manage all transactions with customers accurately and efficiently. Training will be provided. Must have contactable references.


40

SUPERSPAR Boland het op Saterdag 7 September 2019, by die 10de Piket-Bo-Berg Bergfiets-uitdaging en -hardlooproete, 20 Qhubeka Buffalo fietse aan 20 leerlinge van Stawelklip Morawiese PrimĂŞre Skool oorhandig. Vir SUPERSPAR Boland is dit baie belangrik dat kinders skool moet bywoon. Die fietse maak dit makliker vir die leerlinge van verafgeleĂŤ plase om die skool by te woon en om aan buitemuurse aktiwiteite, wat by die skool aangebied word, deel te neem.

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Okt 2019  

Die Piketberger Okt 2019  

Advertisement