__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 9

www.piketberg.com

Oktober 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Versprei FruitLips Liefde

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Toekennings vir FruitLips...p4 Troufoto’s...p6 Piketberg Prinsesse...p8 ACVV Sekretaressedag...p10 Vrouediens Lente Aand...p12 Gesondheidstrein...p16 Anja Trooskombers...p18 Kerkkore...p23 PQ Agri X Uitdaag...p24 Oupa en Ouma Lente Tee...p38 Eldon in Ouboet en Wors...p29

Drie vennote van FruitLips, Piket-Bo-Berg, Elouise Josephs, Deidré Eigelaar en Liebre Jacobs. FruitLips het onlangs twee toekennings ontvang...lees hieroor op p4. Foto verskaf


2

Redaksioneel Begin net...

Hoe pak ek dié rubriek aan sonder om die woord "volharding" te gebruik.......dit klink darem so swaar, vol moeite, 'n alleen-stryd op 'n pad wat dikwels besaai is met probleme, uitdagings, noue ontkomings en beproewings. En eintlik behels "volharding" om te begin en aan te hou met die moeilike dinge en die maklike dinge. Onlangs by die 40dae met die tema "Wat is my roeping", moes ons oor volharding dink. Die bevinding? Terwyl ons besig is, soos Paulus ons aanmoedig, om te volhard om uiteindelik die wenstreep te behaal, het elke dag sy eie kwota klein volhardings. Wat mý help, is om vir myself te sê, "Begin net en druk deur!” Wat maak jý met die berg skottelgoed of wasgoed, stapels lêers of merkwerk, die onkruid in die tuin, die deurmekaar kaste en laaie, die uitgestelde oproep of besoek, die verwaarloosde verhoudings in jou lewe? "Begin net en druk deur".

Liefde Marietha

Briewe van ons lesers... Lorraine Meyer skryf…

Die inwoners en besighede wil net baie dankie sê vir die span munisipale werkers wat soggens vroeg opstaan en naweke ons dorp so skoon hou. Dit word opreg waardeer.

TE KOOP: KRALEKAS MET ALLES WAT NODIG IS OM ARMBANDE, OORBELLE, HALSNOERE ENS. TE MAAK. WONDERLIKE STOKPERDJIE. KONTAK SONIA OP 084 589 1332 VIR INLIGTING

Ou sweetpakbaadjies, warm baadjies en reënbaadjies kan steeds ingegee word by PHS vir Badisa se winterwarm projek. Op die foto wys Dawn Fredericks en Martha Stuurman van Alida's hoe lyk die "nuwe" baadjies, nadat hulle die stikwerk gedoen het. Kontak Marietha Goosen 083 654 3170. Foto: Hannie Visser

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com


3


4

Toekennings vir FruitLips Vanaf p1 Op 7 Augustus het Liebre Jacobs die ‘DAFF Female Entrepreneur Awards’ bygewoon waar FruitLips twee toekennings ontvang het. FruitLips het ‘n tweede behaal as Top Entrepreneur vir ‘Agri Processing’ in die Wes-Kaap, ’n eersteplek vir die ‘Special Ministerial Youth Award’. Hierdie toekenning is aan Liebre Jacobs as entrepreneur Liebre Jacobs met die toekenning toegeken, omdat sy vir FruitLips en haar eie onder die ouderentrepreneurs-toekenning. dom van 35 is en ‘n bestaande en suksesvolle besigheid, as vrou in die Agri sektor van die Wes-Kaap, bedryf. As wenner van die ‘Special Ministerial Youth Award’ het sy deurgedring na die nasionale kompetisie in OosLondon. Die funksie was op 23 Augustus. FruitLips het geen verdere toekennings ontvang nie.

Nuwe Somer Voorraad Beskikbaar

Liebre Jacobs saam met die Wes-Kaap wenners wat die funksie in Oos-London bygewoon het.

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

FruitLips se slagspreuk is “Spread the Love”. Produkte word gemaak spesifiek vir lekkerbekke en “foodies”. FruitLips maak lelike vrugte weer mooi in liplekker produkte soos konfyte, braaisouse, blatjang en ingelegde vrugte. Foto’s verskaf


5


6

Prag Bruide Beloof Ewige Trou

Philip Mostert en Mariné Conradie is op 21 April in die NG kerk op Koringberg getroud. Hulle onthaal was by Wilinda Hanekom se Die Stoor op Moorreesburg. Die bruidspaar se ouers is Teubes en Bregda Mostert van Koringberg en Bertus en Christelle Conradie van Moorreesburg. Foto: Debbie Lourens

Armand Fourie en Wilmarie de Jager is op 28 Julie getroud te Moholoholo Ya Mati naby Hoedspruit in Mpumalanga. Wilmarie is die dogter van Henk en Annemarie de Jager van Piketberg, foto regs. Armand en Wilmarie vestig hulle eersdaags in Vredenburg. Foto’s: Carme Combrinck van Potgietersrus

Hägar die Viking en die du Plessis familie

Nog voor 850 n.C. was daar ongeveer 30 afsonderlike koninkryke in Noorweë. Een van hierdie konings, Harald Fairhair, het die mag in die hande gekry en so het sommige van die ander Noormanne, wat Vikings genoem is, uitgewyk na Frankryk en ander gebiede. Die nuwe tuiste in Frankryk is na die Nore, Normandië genoem. Hierdie Nore is die voorvaders van die du Plessis gemeenskap wat ook in Suid-Afrika voorkom. Die familienaam het sy oorsprong daarin dat Plessis beteken - die plek van die omheining. Dit dui op die vroeë gewoonte om ‘n familie op ‘n plek te vestig en dit dan te omhein vir beskerming teen rowers en ongediertes. Die Heer van die Landgoed het dan ook mettertyd beskerming aan die landbouers van die omgewing verskaf en in ruil het die boere sekere dienste aan die Landheer verskaf, soos die betaling van ‘n deel van hulle opbrengs en hulp as soldate in oorlogstyd. Die Burg het dan as finale verdedigingsbolwerk gedien, waarheen ook die omgewing se boere hulle kon terugtrek. Dit was die begin van die Feodale Stelsel, wat uit die behoeftes van die tyd ontstaan het. M A.A.N. – S


7


8

Piketberg Prinsesse

Moorreesburg se Swartland Skoukoningin en prinsesse vir 2018 is Marli Coetzee, middel en IdaMarié Steenkamp, 1ste prinses, links en Lizanne Murphy, 2de prinses, regs. Ida-Marié en Lizanne is albei Piketbergers. Wel gedaan! Foto verskaf Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor.

50ste Huweliksherdenking

Sarel en Delia Pedro het 50 jaar gelede, op 14 September 1968, ewige trou aan mekaar belowe. Die egpaar van Piketberg en hul twee seuns, twee dogters, twee kleinkinders, familie en vriende het hul goue bruilof aan huis van hul dogter, Marietjie Pedro Jacobs gevier. Tydens die spesiale geleentheid is daar ook goue ringe in ‘n gees van dankbaarheid as tradisionele huweliksherdenking-geskenke aan mekaar oorhandig. Berig en foto verskaf


9


10

ACVV vier Sekretaressedag Die ACVV se jaarlikse viering van Sekretaressedag het op 12 September by Org de Rac plaasgevind. Coenie Smit se pragtige agtergrondmusiek het die 100 gaste in die regte stemming gebring vir 'n heerlike saamkuieroggend. Die driegang-ontbyt was, soos altyd, iets om oor huis toe te skryf. Baie dankie aan Dave Ferguson vir die ruim bydrae waarmee die kos aangekoop is. Gelukkige trekkings sorg altyd vir groot opwinding.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Die ACVV bedank graag die volgende persone vir skenkings van gelukspakkies om 28 persone se dag op te vrolik: Piketberg Apteek; A2 Interiors; Blokhuis Deli; Bravo; B’ Pretti; Dave Ferguson (Prak-tika); Dup Meubels; Gerber Showcase; Mengelmoeskardoes; Monrose Haarsalon; Oregon & More; Org de Rac; Salon Sanet; Elsabé Liebenberg; Ina Kotze en Marna Bredenkamp. Hartlike dank aan Org de Rac wat die lokaal gratis beskikbaar gestel het. Hierdie ruimhartige gebaar van welwillendheid word werklik opreg waardeer.

Marina Grobbelaar, Gasvrou. Foto’s verskaf


11

Mountain Creek Spur Tel. 022 913 1819


12

Lente Aand met Marion Holm

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Marion Holm, gasspeker en Marlien Smit, voorsitter Vrouediens.

022 913 1600 / 022 913 2075 Hierdie dames kuier gesellig saam.

Marion Holm, middel, saam met lidmate wat die gietende reën trotseer het om die Lente Aand by te woon.

Selfs die manne het die Vrouediens se Lente Aand geniet. Hier kuier Terence Brown, Villiers Morrison en André Eksteen gesellig saam. Foto’s: Johan Smit en Moira van der Westhuizen


13


14

Op Reis saam met Anne…

deur Annetia Calitz

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Augustus was my halfpad merk, maar ook nog die beste maand oorsee. Mamma het kom kuier! Geen woorde kan beskryf hoe ek gevoel het toe sy deur die lughawedeure gestap het nie, ewe skielik het ek weer tuis gevoel. ‘n Mamma se liefde is net onbeskryflik. Lesers, hierdie maand toer julle nie net saam met my, Anne, nie maar saam met my, Mamma Linda, Ouma en twee van my tannies. Die Hollanders vind dit baie spesiaal om met drie generasies vroue te kan saamtoer en glo my dit was een spesiale maand van reis. Ek het nie net die voorreg gehad om my familie ’n deel van my nuwe lewe te wys nie, maar kon hulle aan my ongelooflike gas ouers en twee seuntjies voorstel, aan my wonderlike groep vriendinne, aan my nuwe Nederlandse vriende en ek kon hulle my mooi dorp, Bussum, laat sien en ervaar. Ons het deur Nederland getoer en elke dag ±12km gestap. Die plekke wat ons besoek het was Zaandam (ZaanseSchans), Utrecht, Den Haag, Rotterdam, Giethoorn, Amsterdam, Giessendam, Delft, Biesbosch en natuurlik ook Naarden en Bussum. Buiten Nederland wat ons rooi, blou, groen, geel, swart en wit geverf het, het ek die voorreg gehad om negentien jaar oud te word in België met my familie om dit saam te vier. In België het ons oog gaan wys in Ghent en Brugge. Brugge was ‘n ervaring en ‘n half. Die stad is nog so mooi vol van die geboue van jare gelede en hier het ons ook weer baie van die geskiedenis van die stad geleer. *Fun fact: Brugge is die beskerm heer van die swaan.* Alle goeie dinge kom ook tot ‘n einde. So moet my familie na twee wonderlike weke van TE hard lag op die trein, voete wat pyn, verkeerde links afdraaie neem en mekaar se grootste vrese ontdek, terug na ons land, Suid-Afrika, vlieg. Weereens kan die gevoel nie beskryf word nie. So leeg en alleen het ek nog nooit gevoel nie, maar ons klou vas aan die mooi herinneringe saam. Sien julle amper weer. My rolkoffertje is al klaar gepak vir my volgende reis saam met my lesers. Dit gaan een ongelooflike stop wees. “De kunst van het leven is je roeping te ontdekken, er in te groeien en deze met passie uit te leven.”


15


16 Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Ek sien jaarliks uit na Septembermaand wat bekend is by ons as lente. ’n Maand met sy mooi blomme en waar die natuurskoon op sy mooiste is. ’n Maand bekend as erfenismaand waar ons die ryke erfenis van ons dorp en land oproep. Raadsheer Ons gaan Oktobermaand met meer Ray van Rooy vertroue in na ons verlede jaar dieselfde tyd nog gewonder het oor die droogte. Die Here sê in sy boek ‘Ons ken nie sy gedagtes nie’ en ‘Julle weë is nie my weë nie’. Ons Hemelse Vader het ons wonderbaarlik kom seën met reën en Hy het ons gemoedsrus kom gee vir die komende Somer. Bergrivier Munisipaliteit wil egter ‘n beroep op u as inwoner maak om nog steeds water as kosbaar te beskou en te hou by die waterbeperkings. Bergrivier Munisipaliteit wil alle inwoners bedank vir die bydrae tot die sukses van ons veldtog met die besparings wat u gemaak het. Ek wil ook die betrokke raadslede en amptenare bedank vir hul toewyding tot die sukses van ons veldtog. U het bewys dat die munisipaliteit en gemeenskap kan saamwerk. Die Transnet-Phelophepa gesondheidstrein het Saterdag 15 September, Piketberg-stasie binnegekom. Die gesondheidstrein is die enigste primêre gesondheidstrein in die wêreld met ‘n primêre gesondheidsorgkliniek. Die koms van die trein na Piketberg vir die inwoners van die Bergrivier omgewing is moontlik gemaak deur die toewyding en harde werk van Terry-Ann Wessels in die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester van u munisipaliteit. Die volgende dienste was op die trein beskikbaar naamlik gesondheidsorg, kanker en diabetes opvoeding, oogkliniek, berading/sielkunde en ‘n tandheelkunde-kliniek. Dit het aan ons inwoners die geleentheid gebied om die dienste gratis of teen ‘n minimale fooi te gebruik. Dit was ‘n riem onder die hart om die blydskap op die inwoners se gesigte te ervaar met hul nuwe brille wat hulle nooit sou kon bekostig nie. Die munisipaliteit wil ook die geleentheid gebruik om die trein weer volgende jaar na Piketberg te bring om dienste nader aan die minder gegoede gedeelte van ons dorp te verseker. Fase 1 van die RSEP program (Regional SocioEconomic Programme) wat die verlenging van Calendulastraat (ter waarde van ongeveer R1.5 miljoen) insluit, is reeds voltooi. Fase 2 is die oprigting van ‘n buitelug park/ gimnasium ter waarde van ongeveer R840 000 en die toerusting word geïnstalleer. Dit is ‘n wonderlike inisiatief om alle inwoners toegang te gee tot ‘n buitelug gimnasium en ‘n geleentheid te bied om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf. Die Sports Trust Community Cycle Race vind plaas op Sondag 7 Oktober 2018 en word aangebied deur Steynville Sekondêre Skool, Piketberg. Bergrivier Munisipaliteit wil weer ‘n beroep op inwoners doen om saam met die munisipaliteit te werk deur ons dorp skoon te hou en te verseker ons leef in ‘n veilige omgewing. Kontak my by 083 657 9615 of stuur e-pos na burgemeester@bergmun.org.za.

Herwinning van Vullis VERminder HERgebruik HERwin

Transnet-Phelophepa gesondheidstrein Foto’s: Terry-Ann Wessels en Marietha Goosen


17


18

Anja Trooskombersgroep by Bravo

Die Wes-Kaap se Anjatrooskombersgroep met dames van sover as Klawer, en uit Weskusdorpe Vredenburg, Piketberg, Eendekuil, Velddrif, die Bolandse dorp Paarl, tot die Kaapse voorstede, Bellville en Parow, het mekaar by Bravo op Piketberg ontmoet, waar daar heerlik gehaak en gekwaak is. Die Wes-Kaapgroep het in Julie 2016 ontstaan met stigterslede Surene Esterhuizen, Nelly van Teijlingen en Michelle Blignaut Fivaz. Gaan kyk gerus op www.anjatrooskomberse.wixsite.com om meer uit te vind oor die versoeke vir gehekelde komberse, die maak daarvan, die bymekaarbring van blokkies, die keuring en afronding en uiteindelik die oorhandiging van die trooskombers. Almal hoef nie hekelaars te wees nie, party hekel, ander skenk wol of kontant en ander verskaf self die wol wat hulleself verwerk. Hierdie pragtige beweging het ontstaan ná die kort lewe van Anja Steyn Janse van Vuuren (29 Augustus 1988 22 Januarie 2016) wat in haar man se arms gesterf het en hom en drie kinders agterlaat het.

Baie geluk aan Pierre Steenkamp met sy 75ste verjaarsdag op 24 September Op 14 September is 64 eenhede bloed geskenk teenoor Juliemaand se 49 eenhede.

Anja Blokkies Trooskombers

Op 22 Januarie 2014 kom Anja Steyn Jansen van Vuuren (29 Augustus 1988 – 22 Januarie 2014) se kort lewe skielik tot ‘n einde – sy sterf in haar man se arms in haar voorhuis. Sy laat haar man, Hercules, drie kinders, Shantuane - 10 maande, Hercules - 1 jaar en Adreana - 3 jaar oud, haar ouers, Tinus en Katinka en haar jonger boetie, Marnus en sussie, Marike agter. Op Facebook was Anja, Marike en Katinka lede van ‘n hekelgroep en op Donderdag 23 Januarie 2014 pos haar ma ‘n foto van ‘n pers ‘granny square’ met ‘n rooi hart daarop vasgewerk met groot wit rygsteke, op die blad, om almal mee te deel dat Anja heengegaan het. Die pers het Anja se gunsteling kleur voorgestel, die rooi hart was vir die operasie wat sy moes ondergaan, en die groot wit rygsteke het haar herstel voorgestel. ‘n Ander lid van die groep het toe voorgestel dat elke lid een blokkie hekel en aan Katinka stuur om aanmekaar te werk vir ‘n trooskombers. Van reg oor die wêreld het blokkies met briefies en kaartjies van bemoediging vir die familie aangekom. Honderde gehekelde blokke, elkeen met ‘n bietjie pers in, is aangestuur. Katinka se suster, Erica, het die blokkies ontvang en op die ou einde ‘n groot dubbelbed kombers en vier kleiner komberse (een vir elke kindjie en een vir Marike) uit die eerste oproep om blokkies gemaak. Erica het ‘n Facebook groep begin – Anja Blokkies trooskombers - waar almal wat blokkies gestuur het maklik met mekaar kon kommunikeer. Uit die groep kom toe ‘n voorstel om voort te gaan om trooskomberse te maak vir ander mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Elke trooskombers bevat die naam van die oorledene en word sover as moontlik in die oorledene se gunsteling kleure gemaak. Die dames wat blokkies hekel kies self die patrone wat hulle wil maak, asook die aantal blokkies. Almal is vrywilligers en doen hierdie werk met liefde en deernis. Hiermee saam dus jou trooskombers – mag dit vir jou dieselfde troos bring as vir ons.

Kerk kry Cape Rooibos Hemde

Welgedaan Piketbergers!

Bloedskenkers 9 November Piketberg Museum Sien jou daar!

Cape Rooibos (Pty) Ltd het onlangs hul bydrae tot die gemeenskap gemaak deur hemde aan die Miracle Church of God te skenk. Die Miracle Church of God is ‘n kerk, gevestig in Eendekuil, wat met die kerke in die omgewing inskakel en op verskeie vlakke uitreik na die gemeenskap. Wees op die uitkyk vir die span, geklee in hul nuwe hemde, en reg om ‘n verskil te gaan maak. Stian du Toit het die hemde namens Cape Rooibos (Pty) Ltd aan die lede van die Miracle Church of God oorhanding. Foto: Jandré van Tonder


19


20

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1918 tot 2018 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Op die rakke van die Biblioteek... Tussen Heinings deur Corlia Fourie

Uitgegee in 2015, is hierdie Corlia Fourie se vierde roman. Die verhaal is beslis aktueel en soms ontstellend. Behalwe misdaad word verskeie ander temas soos vereensaming, migrasie, vergifnis en liefde aangespreek. Die agtergrond is alledaags en die vier hoofkarakters, Elize, Tom, Sarita en Welcome se lewens is nou verBespreking deur weef. Elkeen probeer ‘n sinvolle Sarie du Toit lewe leef te midde van die immer toenemende misdaad in ons land. Elize Greeff is die artikelredakteur by ‘n nuwe vrouetydskrif. Sy het ‘n veertienjarige dogter, Michelle, is onlangs geskei en moes haar mooi huis in ‘n gegoede woonbuurt prysgee. Beide haar ouers is oorlede en haar broer, Eben, en sy gesin is haar enigste ander naby familie. Sy voel dus baie verlore as sy hoor van haar broer se planne om na Nieu-Seeland te trek. Tom Ehlers is ‘n wewenaar wat sy oorlede vrou, Cecile, vir twee jaar versorg het na sy met kanker gediagnoseer is. Hy is in sy sewentigs en ‘n afgetrede houtwerkonderwyser. Sy enigste kind, Thomas woon in Londen en wil niks met Suid-Afrika te doen hê nie. Hy rig herhaaldelike uitnodigings aan sy pa om by hom te kom bly, maar Tom sien nie kans vir die triestige weer nie. Elize is sy buurvrou en daar ontwikkel mettertyd ‘n liefdesverhouding tussen hom en sy veel jonger buurvrou. Sarita Wessels is die verhaalredakteur van dieselfde tydskrif, Uniek. Sy was jare lank die verhaalredakteur by Rooi Rose. Ten spyte van haar 100kg, is sy ‘n aantreklike, goedversorgde vrou. Sy soek na liefde op die internet, maar het na twintig afsprake, eers opgegee. Sy wil graag ‘n roman skryf, maar twyfel oor haar eie vermoëns as sy na skrywers soos Marlene van Niekerk en Ingrid Winterbach se werk kyk. Haar geliefde broer woon ook al jare in Australië. Welcome Nkosi is ‘n Zimbabwiese burger wat weens die swak ekonomiese toestande in sy eie land, in Johannesburg ‘n toevlug kom soek het. Hy bly in die oopte, in ‘n doodloopstraat agter ‘n koppie. Dit is gevaarlik. Hy wil daar wegkom, want dié plek loop reguit hel toe. Jy kan enigiets daar kry, van drank tot dagga en selfs vroumense. Maar daar is kort-kort klopjagte deur die polisie en sekuriteitsfirmas. Hy het eintlik sy oog op Tom se tuinhuisie. Hy het dit goed uitgekyk die paar keer wat hy daar gewerk het. Hy slaap egter sleg elke nag. Gaan daai ou boer se gesig altyd in sy kop wees? Hy weet nie eers of hy dood is nie, maar na daardie hou...en al die bloed… Die volgende sin, op die agterblad van die boek, som die verhaal goed op: “Toenemende geweld ontsien geen heining nie en word ‘n wurggreep wat dreig om alles en almal te vernietig.”

Huishulp Benodig Piketberg. 8h00 - 14h00 gedurende die week. Basiese kennis van kosmaak ‘n vereiste. Slegs nie-rokers kan aansoek doen. Skakel 082 780 8698 vir ‘n onderhoud.


21


22 NAVRAE EN KAARTJIES

NICOLINE BROWN

0 8 2 4 7 7 0 6 6 5

Seun word 50 Hanlie Linde skryf... Soos die meeste van julle weet het ons geliefde inwoner van Piketberg, Seun Kitshoff, op 6 September 2018 verjaar en 50 jaar oud geword. Voorwaar ‘n mylpaal. Baie geluk Seun! Ons is lief vir jou en baie trots op jou. Ek het die hele verjaarsdag beleef uit die oë en deur die ore van talle Piketbergers en ek het trane in my oë gekry. Na een so ‘n vertelling deur ‘n vriendin het ek besef: hierdie storie sê baie oor Seun, maar dit sê veral baie oor ons dorp. ‘n Dorp wat so kan omgee en sorg vir die kwesbaarstes in ons gemeenskap, is ‘n fantastiese plek. Ek is trots op julle almal wat uit julle pad gegaan het om die dag spesiaal te maak vir Seun. Hy sal dit nooit vergeet nie! Ek ook nie.

Te Koop

Huis AJL hou Kermis Koedoebiltong @R250/kg Beesbiltong @R240/kg Koedoedroëwors @R220/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Foto’s: Marietha Goosen


23

Kom Laat Ons Sing

Koorlede is Ds Gert Kok, William Kitshoff, Willem Tolken, Theo Tolken, Pierré Rossouw, Pieter Eksteen, Freddie de la Querra, Herman Rossouw en voor is Antoinette Kok, Koorleier, Lettie de Waal, Renielda Engelbrecht, Lydia le Roux, Carina Wiggins, Flaffie de la Querra, Annarine Rossouw, Suan Hanekom en Analize Rossouw. Foto verskaf Die NG Kerkkoor van Eendekuil is behoorlik aan die sing. Met amper 20 toegewyde mense kan dit ook nie anders nie. Hierdie koorlede WIL sing, en hulle doen dit met oorgawe! Ongelukkig kon drie van ons lede nie hierdie keer saamsing nie. Die afgelope tyd het ons getrou elke Sondag na kerk sowel as Woensdagaande geoefen om voor te berei vir ‘n massakoorfees wat op 8 September in die Kaastadse stadsaal plaasgevind het. Wat ‘n belewenis was dit nie om saam met 450 ander koorlede van oor die hele WesKaap saam te sing nie. Die begeleiding was gedoen deur ‘n lofprysing ”band” gekombineer met die Kaapstadse Filharmoniese orkes. Dit was vir al die koorlede ‘n hoogtepunt en ook ‘n geleentheid wat ons as koor aan mekaar gebind het. (Sien berig hiernaas) Op 16 September was dit die NG Kerk se jaarlikse Ringskoorsangfees in Moorreesburg. Dit was heerlik om saam met vyf ander kore op te tree. Eendekuil, julle het julle uitstekend van jul taak gekwyt en die wêreld aan die brand gesing. Dankie vir elke oefening, vir elke noot en vir al die gebede en opoffering wat daarmee gepaardgegaan het. Ons leuse is KOM LAAT ONS SING!! Laat ons ‘n lied sing tot eer van die Here en Sy lof besing!

Dis Tyd om te Sing

Saterdagaand 8 September het 430 koorlede en ongeveer 650 lede van die gehoor deelgeneem aan 'n saamsingbyeenkoms in die historiese Kaapstad stadsaal. Dié massakoor is onder leiding van die dirigent Chad Hendricks begelei deur die volle Kaapse Filharmoniese Orkes en 'n kontemporêre musiekgroep. Vir 90 minute het die gehoor, met die massakoor as voorsangers, die Here geloof vanuit die musiekskat van die NG Kerk. Die Liedboek-, VONKK- en Flam-liedere is spesiaal deur Riaan Steyn verwerk vir die orkes. Naas die orkes is die koor deur Riaan Steyn, Diederick Basson en Chester Meyer op die klavier en orrel begelei. Vir die massakoor, saamgestel uit meer as 25 gemeentekore, was die aand 'n uitsonderlike geleentheid. Hulle beskryf dit as: "'n wonderlike ervaring" en "'n mooi geleentheid." Almal wat daar was, stem saam dit was 'n voorreg en onvergeetlike ervaring. Bybel-Media het reeds begin praat oor die moontlikheid om dit 'n jaarlikse instelling te maak. 'n Video-opname van die aand sal binne die komende weke beskikbaar wees om te bestel. Indien jy herinner wil word wanneer dit beskikbaar raak, besoek distydomtesing.co.za. Geniet intussen gerus die foto's en video's op Facebook.

Die Ringskoorsangfees op Moorreesburg se massakoor met kore van Moorreesburg, Porterville, Piketberg, Aurora, Eendekuil en Redelinghuys. Foto: Marietha Goosen

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


24

PQ Agri X Familie Uitdaag PQ Agri X van Piketberg (ou Piketberg Landbou Skougenootskap) het Saterdag 25 Augustus hul vierde opeenvolgende Familie Uitdaag aangebied. Die dag het met groot sukses verloop en 24 spanne het ingeskryf. Daar was mans-, vroue-, kinder- en gemengde spanne. PQ Agri X samel geld in om die dorp se nuwe skougronde te herbou. Die Uitdaag is ‘n dag propvol pret vir die hele gesin. Deelnemers moet ‘n roete voltooi deur plaaspaaie in die omgewing waarop verskeie uitdagings geborg en aangebied word en ‘n vraestel ingevul moet word om punte te verwerf. Op die roete word verskeie versnaperings deur borge voorsien asook ‘n punt waar deelnemers kleiduif skiet. Die uitdagings het groot vermaak verskaf, ook aan toeskouers. Daar was selfs ‘n meganiese bul by die eindpunt. Hierdie jaar se eindpunt was by Nieuwedrift Wynlandgoed, wat ook die hoofborg was. Die koue dag het niemand afgeskrik nie. Al die deelnemers het geduldig gewag vir die ander spanne om die roete te voltooi en die uitslae en prysuitdeling terwyl hulle pizzas, burgers en wyn geniet het. Hanri Venter ry bul.

Vanjaar se wenspan was die span van William Kitshoff, Jaco Breunissen, Frikkie Engelbrecht en Johan van der Merwe. Saam met die wenspan is Marius Carstens, PQ Agri X bestuur, heel links en Hennie Visser, PQ Agri X Voorsitter, heelregs. In die tweede plek was die span van Coenraad Swart, Marizca Swart, Vihaan Jansen van Veuren en Minette Jansen van Veuren en derde was Jacques Bronkhorst, Freddie Coetzee en Liveke Bronkhorst. Al die ander spanne het ook pryse ontvang vir hul deelname.

Carla Eksteen kry ondersteuning van haar man Cobus.

PQ Agri X bedank graag al hul borge, sonder hulle sou die dag nie so ‘n groot sukses gewees het nie. Baie dankie aan: Nieuwedrift Wynlandgoed, Overberg Agrik Wesgraan, AFGRI, Kaap Agri, Nulandis, Nexus, Real IPM, CMW/OVK, A-Z Supplies, Piketberg Toerisme, Raimondis/Little Green Beverages, Jean-Pierre Strydom (KIeiduif), Serviteurskraal Boerdery, Weskus Meganisasie, Perdeberg Isuzu, Fick Sementwerke, Agrisell, Bierman Grobbelaar Oogkundiges, Bearings 2000, HG Molenaar, Elcarbo, Dup Meubels, Nitrophoska, Mountain Creek Spur, Winkelshoek, Salon Keyah, Viking (André Eksteen), Nieuwbrew, Boland Superspar, Agrico, Piket Implemente, NQF Vervoer, Piketberg Bande, Midas, Liebco, Build it, en Fox Bouers. Volgende jaar hou ons weer ‘n Familie Uitdaag op 24 Augustus 2019 en hoop die bestuur om meer borge en spanne te hê. Kry solank julle spanne reg! PQ Agri X se bestuur bestaan uit: Hennie Visser, voorsitter, Marius Carstens, Annelle Vercuiel en Marelise Vercuiel. Kontak hulle gerus by diepiketuitdaag@gmail.com of soek ons op Facebook onder PQ Agri X.

Marié Ehlers en Georgia Adele Liebenberg soek Esau van Piketberg Toerisme antwoorde vir punte. trotseer die koue. Foto’s verskaf


25

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


26

Produsente kry groot dank vir onbaatsugtige skenking Die bestuur van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) het dit goed gedink om Vrydagaand, 24 Augustus, ‘n braai te hou om die appel produsente te bedank vir hul sap skenking aan die PBBIV. Die inkomste uit die sap skenking, tesame met die fondse wat die jaarlikse PiketBo-Berg Cycle Challenge (PBBCC) genereer, maak dit vir die PBBIV moontlik om projekte vir werkers en inwoners van Piket-Bo-Berg aan te bied. Appel produsente skenk al sedert 2013 sap geld aan die PBBIV as ‘n manier om inkomste te genereer vir maatskaplike ontwikkelings projekte te Piket-Bo-Berg. Hierdie skenking is van onskatbare waarde vir die sukses van die PBBIV, veral om projekte vir die gemeenskap aan te bied soos die Buurtwag, Prestige Landbou Toekennings, Tuinbou kompetisie, “Health Wellness Day”, Jeug ontwikkeling, Vrouedag en Opvoedkundige ondersteuning aan Graad 1 - 9 leerders by Stawelklip Primêr. Die PBBIV word ook deurlopend deur ouers van skoliere genader om te help met fondse om kinders by sportgeleenthede te kry, hetsy dit binne of buite die WesKaap provinsie is. Tydens die braai het die voorsitter namens die bestuur van die PBBIV sy groot dank en waardering uitgespreek teenoor die volgende plase vir hul skenking: Bugler’s Post, Pomona Farm, Heldervue Estates, Dennegeur, Zwaanswyk Farm, Achtervlei Boerdery, Eagles Pride, Harmonie en Mouton’s Valley. Die groep produsente het hulle verbind om nog vir die volgende drie jaar sap geld te skenk om sodoende te help met volhoubare maatskaplike ontwikkeling te Piket-Bo-Berg. Die voorsitter het by die geleentheid ‘n uitdaging gerig aan produsente wat sitrus, perskes, nektariens en ander produkte produseer, om ook ‘n sap skenking of ander bydrae te maak. Hy het veral benadruk dat die omvang van die bydrae nie so belangrik is soos die feit dat produsente wel ‘n bydrae tot maatskaplike ontwikkeling te Piket-Bo-Berg maak nie. Produsente is gevra om te help verseker dat die PBBIV finansieël en andersyds onderhou word, sodat die bestuur voortgaan om ‘n diens te voorsien wat so broodnodig is in ‘n landelike area soos Piket-Bo-Berg. Die voorsitter het tydens die dankie sê geleentheid afgesluit met ‘n Winston Churchill aanhaling, “We make a living by what we get, we make a life by what we give”.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Eric Starke, voorsitter van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV), het appel produsente bedank vir die finansiele bydrae wat hulle maak om maatskaplike ontwikkelings projekte op die Berg vir werkers en hul kinders daar aan te bied. Hierbo is die bestuur van die PBBIV saam met die appel produsente. Agter, Gert en Hettie Greeff (Harmonie Boerdery), Pete en Angela Langton (Eagles Pride), PBBIV Bestuurslid Neil en Jean Paterson (Zwaanswyk Farm), PBBIV Voorsitter Eric en Michelle Starke (Mouton's Valley Farm) en Rob en Mary Duncan (Pomona Farm). Middel, Gus Pickard (PBBIV Koördineerder), Jan van Wyk (PBBIV Bestuur), Hendrik Koordom (PBBIV Bestuur). Voor, Gert en Elizabeth Coetzee (Dennegeur Boerdery), John en Marika Ince (Bugler's Post), PBBIV Bestuurslid Kobus Eigelaar en Deidré Eigelaar, PBBIV Onder-Voorsitter, (Achtervlei Boerdery). Berig en foto: Gus Pickard

Spreekkoor Cum Laude en Goud

Virnen Ludick en PHS se Hoërskool Spreekkoor het Cum Laude verwerf by die Wes-Boland Eisteddfod Toneel Afdeling by Curro Langebaan. Foto verskaf

Alison Müller se Swemskool Een kursus 4 - 14 Desember Koste R360 vir 8 lesse Kontak Alison 073 229 2855

By Wes-Boland Eisteddfod het PHS se gr 4 en 5 Spreekkoor, links, olv Marelize Nel, asook die Graad 6 en 7 Spreekkoor, foto bo, olv Vanessa Luyt , Goud behaal. Foto’s: Rina Engelbrecht


27

Uitmuntendheid in Fis Wet

Seane Kotze, Fisiese Wetenskappe onderwyser by Steynville Sekondêre Skool is onlangs aangewys as “Cluster” wenner in die afdeling: Uitmuntendheid in Onderrig in Fisiese Wetenskappe. Foto verskaf

I am Somerset Mall

Adriaan Diedericks, ex PHS learner is a successful sculptor with his own bronze foundry in Strand. He uses a process called the lost wax method to permanentise his sculptures into bronze and exhibit both locally and internationally. Somerset Mall recently acknowledged young successful individuals in the Somerset West/Strand area and Adriaan was chosen as one of the ‘Humans of Somerset Mall’. More information on the link: http://somersetmall.co.za/ blog/humans-of-somerset-mall-adriaan-diedericks/ Photo supplied NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126

Liebco het burgers en kouevleis geskenk vir Steynville Sekondêr se onlangse rugbytoer na Calvinia. Hier is Jan Schoeman van Liebco by Christiaan Booys en leerders van Steynville Sekondêr


28

PHS bederf Oupas en Oumas met Lentetee

Oupa en Ouma Lentetee by PHS. Foto’s: Rina Engelbrecht

BERGRIVIER OUTREACH

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

082 606 5364


29

#Schoolsleepout skenk aan HS Aurora

Vier PHS’ers het namens die #Schoolsleepout, Hoërskool Aurora besoek, om produkte te oorhandig. PHS het, met spesiale vergunning en die hulp van die Kringbestuurder, Sanet van Niekerk, Hoërskool Aurora geïdentifiseer. Vir beide skole was hierdie ‘n verrykende ervaring. Baie dankie aan almal wat meegewerk het om hierdie ‘n werklikheid te maak. Regs: Voor en regs is PHS’ers Hanmarie Marais, Janke van Schalkwyk, (#Schoolsleepout Ambassadeur), Jacquin Valentyn en Ciara Lintnaar. Foto’s verskaf

Wes-Boland Eisteddfod Klavier

Eldon in Ouboet en Wors

Eldon van der Merwe saam met Liz Meiring. Foto: Facebook Eersdaags is Eldon van der Merwe te sien in die tweede seisoen van die komediereeks Ouboet en Wors wat op 8 Oktober begin uitsaai. Eldon van der Merwe het sy eerste rol in 2007 losgeslaan in ‘n verhoogweergawe van Fiela se Kind. Nadat Eldon gematrikuleer het by PHS in 2012 het hy drama by Northlink Kollege te Bellville studeer. Willie Esterhuizen, akteur en regisseur, saam met wie Eldon voorheen gewerk het, het spesiaal vir Eldon ‘n karakter geskep in die nuwe seisoen van Ouboet en Wors. Esterhuizen was ook die regisseur van die sitkom Koelpixels waarin Eldon gespeel het. In die nuwe reeks van Ouboet en Wors werk Eldon, oftewel Elvis Prinsloo, saam met Ouboet (Frank Opperman) as die nuwe vakleerling by ‘Fix-it wiff Ouboet’. Volgens Eldon is die rol van Elvis ‘n ongelooflike geleentheid vir hom en is hy steeds oorweldig om weer saam met Esterhuizen te werk. Hierdie reeks is nie komedie wat poog om “relevant” te wees nie, dis gewone mense wat nét leef en dít beloof om kykers te laat skater. Kyk dus uit vir Ouboet en Wors op 8 Oktober om 20:00 op kykNET (kanaal 144).

WOW...Jasmin 1ste Jasmin Millar, gr 5-leerder by PHS het deelgeneem aan die WOW-Spelfees en 1ste plek behaal in die kring, 1ste plek in distrik en 4de in die provinsie. Jasmin gaan deur na die WOW-finaal. Jasmin was tot verlede jaar ‘n leerder aan Middeldeurvlei Primêr. Foto: Rina Engelbrecht By Alison Müller is Zana Vorster en Henco Kruger. By die Wes-Boland Eisteddfod vir Klavier het Zana twee Silwer en twee Goud behaal vir haar Konsertprogram en Henco Goud vir Solo A en Goud vir Solo B. Foto: Marietha Goosen


30


31

WP-Kleure vir REACH gimnaste Veertien gimnaste van REACH (Piketberg) het hul WP-kleure ontvang, onderskeidelik in Akrobaties en Ritmies, en verteenwoordig Wes-Kaap by die SA Gim Spele in Johannesburg gedurende die Oktober skoolvakansie. Akrobaties Wes-Kaap Kampioene 2018 (kombinasie): Tihani van Lill/Phallen van Neel, Tihani van Lill/Pamela Booys/Su-Marí Hanekom. Ritmies Wes-Kaap Kampioene 2018: Groep: Mílah Baard, Mizpah Potgieter, Su-Marí Hanekom, Pamela Booys, Christine van der Merwe en Jade Wilson Individueel: Pamela Booys en Mílah Baard.

Agter: Mílah Baard, Mizpah Potgieter, Su-Marí Hanekom, Marelize Crous, Pamela Booys en middel: Alex Ince, Lana Boys, Leigh Wall, Cassidy Daniels en Lise Bruwer. Voor: Phallen van Neel en Tihani van Lill. Afwesig: Christine van der Merwe en Jade Wilson. Ons wens al die gimnaste alle voorspoed vir die spele. Foto verskaf

Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

‘n besoek,


32

Om-die-Berg na Aurora

VLV besoek Cape Rooibos

Die Aurora Om-die-Berg Uitdaging op 25 Augustus is vanjaar vir die tweede keer suksesvol deur die NG Gemeente van Aurora aangebied. Al is hierdie Bergfiets Uitdaging nog in sy “kinderskoene”, is dit beslis vir gesoute bergfietsryers. Alhoewel dit ‘n triestige koue dag was, het die deelnemers vroegoggend entoesiasties by Aurora se Skougronde weggespring. Die pragtige natuur en mooi rustige landerye van die Langvlei, Fisantevlug en Kapteinskloof dele van die roete skep die indruk van ‘n maklike prettrap. Daarna egter, volg die Keurbos fase waar die roete nou voetpaadjies en steil op- en afdraendes volg. Buiten spoed, krag en stamina, vereis dit flinke reaksies en vinnige besluite van die deelnemers om te verseker dat hulle veilig aan die ander kant by Perdedam en Kleigat uitkom. Daarna volg die lang Agterdam en Rietvlei gedeeltes voordat die deelnemers versigtig by Klipperhoogte af weer by Aurora en die wenpaal uitkom. Die Om-die-Berg Uitdaging 2018 is deur JeanPierre Marais (Stellenbosch) gewen. Jean-Pierre het die uitdaging met warm klere en sandale aangepak en was reeds binne die eerste fase aan die voorpunt. Die Gemeente van Aurora maak ook voorsiening vir almal wat graag fietsry. Buiten die 55km Om-die-Berg Uitdaging is daar ook ‘n rustige 20km rit en ‘n 10km prettrap waaraan selfs jong kinders deelneem. Dit was beslis ‘n dag vir die hele gesin om die pragtige natuur in die omgewing van Aurora te geniet. Berig en foto’s: Petrusa de Koker

Op Donderdag 13 September het die VLV-Piketbergtak die nuwe teebaan by Cape Rooibos in Eendekuil besoek. Nieteenstaande die erge koue wintersoggend, het die klomp dames in die fabriek alles geleer van die verbouing en dergelike prosesse van Rooibos.

Herman Rossouw, Jandré van Tonder en Stiaan van den Berg het vertel dat die nuwe teebaan en fabriek nou ongeveer twee en ‘n half jaar aan die gang is in Eendekuil. Daar word nog ‘n nuwe teebaan gebou; hier word die tee in die son gegooi om te droog. Cape Rooibos is ‘n produsente-organisasie waar die produsente direk aan hulle lewer. Die toer deur die fabriek wys spesifieke masjiene wat die tee-bosse knip en verwerk tot dit uiteindelik gereed is om na die groot kopers te gaan. Alle afval word gebruik; die rooibosstof word ook in ‘n kapsule-vorm verwerk – dit word dan as ‘n rooibosekstrak verkoop. Dit kan byvoorbeeld vir rooibos cuppachino’s/latte’s of ystee gebruik word. Hierdie kopers, op hul beurt, geur dit of word andersins slegs die natuurlike weergawe verwerk en verpak. Op die winkelrak koop die verbruiker dan die verwerkte produk van verskillende soorte/geure van verskeie maatskappye. Na die uitstappie het almal by Pssst–Pot lekker tee en verversings geniet. Die dames kon toe na hartelus kuier en koop – ‘n heerlike ervaring in Eendekuil!

Elieda Matthee, eienaar Van Pssst- Jandré van Tonder, Cape Rooibos, Marlize Rossouw Pot modeleer van die items beskikbaar (Landbou-saamroeper - VLV), Stiaan van den Berg en uit die Polka DotHerman Rossouw, Cape Rooiklerereeks bos en voor Nicoline Brown beskikbaar by haar winkel in Eendekuil. (Voorsitter - VLV). Foto’s verskaf


33

Goud vir Piketberg Judo

Jayden Martins en Sensei Gerrit Gal, twee lede van Piketberg Judoklub het op 8 September aan die Cape Winelands Judo toernooi in Paarl deelgeneem en albei het Goud verower. Hierdie toernooi het gedien as Wes-Kaap proewe en albei het Wes-Kaap kleure gekry en is in die Wes-Kaap span opgeneem wat op 27 Oktober teen die Oos-Kaap in spangevegte by die Interprovinsiale toernooi in George meeding. Berig en foto verskaf

Eerste Mini Krieketfees

Op Saterdag 8 September is die eerste Platteland Mini Krieket Fees by Tollie Adams Oval op Piketberg aangebied. Ongeveer 60 kinders van omliggende dorpe en sover as Saldanha het deelgeneem aan die krieketfees. Foto bo en onder is Porterville se seuns– en dogtersspan. Foto regs: Fortuin Baron, Platteland Mini Krieket Koördineerder en Yolandi van der Westhuizen, Boland Mini Krieket Koördineerder. Berig en foto’s verskaf

Junior Fietsryers vaar goed

Schalk Visagie, regs, was die algehele wenner in die 45km mans kategorie by die ‘Tip Trans Cederberg Experience’ op Saterdag 1 September in Citrusdal. Sy wentyd was 1h51min, wat 17min vinniger as die naaswenner, Ryan Louw, links, was. Op Saterdag 8 September het Schalk aan die Piketbo-berg Mountain Bike Challenge deelgeneem en algeheel 3de uit 168 ryers geëindig in die 37km challenge met ‘n tyd van 2h2min. Op Saterdag 15 September het Schalk aan die N7 Track Challenge deelgeneem en in die 30 km wedren sy titel vir die tweede keer suksesvol verdedig. Foto verskaf

Jandries Potgieter, links, het Saterdag 8 September deelgeneem aan die Piket-bo-berg Mountain Bike Challenge en algeheel 2de geëindig in die 12km challenge met ‘n tyd van 35:10min. Saam met Jandries op die foto is die wenner, Gregory Bunn, middel en Marvin Kisi, derde, regs. By die N7 Track Challenge het Jandries die 12km wedren gewen. Jandries is net 12 jaar oud! Foto: PHS Communicator

Die volgende Piketberger verskyn op 1 November 2018 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 23 Oktober 2018 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


34

Piket-Bo-Berg op sy Beste Die Piket-Bo-Berg Inwonersvereniging het vanjaar die 9de Piket-Bo-Berg Cycle Challenge & Trail Run aangebied, geborg deur Boland Superspar. Deelname het vanjaar met 5.5% toegeneem ten spyte van vreeslike nat en koue weer wat gewoonlik meeste fietsryers en drawwers twee keer laat dink! Daar het ook vanjaar ‘n rekord aantal inskrywings vanuit die gemeenskap gekom. 121 Piket-Bo-Bergers het hoofsaaklik aan die 8km draf en 12km fietsry-uitdaag deelgeneem met ‘n paar uitblinkers wat al sover gevorder het dat hul kans gesien het vir die 18km draf en 27km en 37km fiets-roetes! Verskeie plase het die waterpunte beman met die uitdaging om moeë deelnemers te verwelkom en te motiveer op die roetes. Die Achtervlei Span het ‘n lekker kontantprys losgeslaan as wenner van die Beste Waterpunt Kompetisie. ‘n Verdere voordeel van hierdie suksesvolle dag is die ekonomiese impak wat oorspoel tot besighede en instansies in die gemeenskap. Gastehuise was vol bespreek en

Die Achtervlei Waterpunt Wenspan

643 Fietsryers het vanjaar deelgeneem

Dean Jankielsohn met die 63km Dames Wenners

Stawelklip Primêr het vanjaar veral betrokke geraak. Die skool het, as fondsinsamelingsprojek, die skoolgronde as kampterrein vir deelnemers ingerig en het kampeerders met lekker braaivleis en roosterkoek bederf. Hulle het ook vanjaar ‘n dans na afloop van die dag, aangebied om verdere fondse in te samel. Hierdie dag is voorwaar ‘n voorbeeld waar besighede en die inwoners van Piket-boberg saamwerk om fondse in te samel vir die plaaslike gemeenskap. Baie dankie aan al die besighede en instansies wat bygedra het tot die sukses van hierdie dag: Boland Superspar, Agrico, Agrisell, Bergrivier Munisipaliteit, Bergrivier Toerisme, Bierman Grobbelaar, Bike Addict, Bike Hub, Brunnox, Ceres Fruit Processors, Chep, Core, De Berge Water, DeJagers, Fox Build It, Fruit4U, Fruitlips, Fruitworks, Hanlie Linde, Jonssons Workwear, Kaap Agri, Life West Coast Private Hospital, Mpact, Nedbank, Nexus AG, Nieuwedrift Wine Estate, OZ Flora, Piquet Buchu, PPC Cement, Snyman Flora, Stephan & Seun Aartappels en Wesgro.

306 Drawwers het vanjaar deelgeneem

Dean Jankielsohn met die 63km Mans Wenners

Vriendelike vrywilligers wys die roetes aan


35

.. WEN ‘n fiets met die SUPERSPAR Boland Blue Ribon-kompetisie!

is.

Neem deel, koop enige 5 van die volgende Cadbury sjokolades - Lunch Bar, PS Bar, Crunchie of ‘n 5 Star - wie weet, dalk is jy die gelukkige wenner wat die Desember vakansie ‘n sleepwa gaan haak met genoeg pakplek vir al die koekies, vrugtekoek, visstokke, branderplanke en ander noodsaaklikhede.

Laat waai met die inskrywings! Hierdie Kersgeskenk kan nie misgeloop word nie! Koop enige Blue Ribbon brood en staan ‘n kans om die fiets te wen waarmee jy die avonture kan aanpak waarvan jy nog altyd gedroom het. Onthou om jou naam, van en telefoonnommer agterop die aankoopstrokie te skryf voordat dit in die inskrywingsboks geplaas word.


36

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Oktober 2018  

Die Piketberger Oktober 2018  

Advertisement