__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 9

www.piketberg.com

Oktober 2017

 022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Chris WeCan24 Wenner Chris Lausberg, gr 12leerder by PHS, is die Junie-wenner van die OnsKan24 (WeCan-24) foto-kompetisie saam met “Huisgenoot”, “You” en “Drum”. Sy foto’s verskyn in die uitgawe van 14 September. OnsKan24 is ‘n opvoedkundige digitale jeugnetwerk wat jongmense bemagtig om hulle stories deur middel van verskeie multimedia-metodes te deel. Chris het met sy aktuele beriggewing oor die storm wat die Kaap tref, die prys losgeskryf.

Chris Lausberg soos hy in Huisgenoot verskyn. Foto’s: Peet Mocke

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Meet Dr Gen...p5 Klas van 1967...p8 Bespaar Water Kompetisie...p15 Jasmin Wow se Nr 1...p26 Wes-Boland Eisteddfod...pp28,30,31,32,36 Trippe Trappe Sportdag...p38 Steynville Primêr Sportnuus...p40 Rolbalbaan ingewy...p42


2

Redaksioneel ‘n Koerant vol Voorblaaie Met die maak van ‘n koerant of tydskrif is die voorblad gewoonlik ‘n besprekingspunt. Wie se prestasie is die beste of wie lyk die mooiste? Piketberg en omgewing het soveel talent op alle terreine, dat ons soms wens almal kan op die voorblad wees. Blaai dus deur die koerant, geniet al die stories, wees bly oor almal se prestasies, en verbeel jou jy lees ‘n koerant met 44 voorblaaie. Ons wens dit ook vir elkeen van ons gewaardeerde adverteerders, dat elkeen op die voorblad kan wees. Vir ons is elkeen van julle voorbladmateriaal!

Liefde Marietha

Bloedskenkers Gee Lewe

Hierdie foto is geneem tydens die vorige bloedskenkgeleentheid in die Sinagoge in Kerkstraat. Die volgende geleentheid is op 3 November. Foto verskaf deur Marié Ehlers

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies: diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Skenk Bloed op

3 November In die Sinagoge

Francois Erik van Niekerk 5 Junie 1962 - 18 Oktober 2012 Ons dink elke dag aan jou...verlang…en bly lief vir jou. Jou verlangende Pa, Ma en familie.


3


4

Org de Rac Tops in Swartland

Org de Rac is trots op hul sukses by die Swartland Landbou Toekennings. Marius Kotze ontvang die toekenning vir die Beste Presterende Plaas; Thys September is as Beste Junior Bestuurder aangewys en Charné Young as Beste Administrateur in die Swartland. Foto verskaf

Schenkfontein ryg toekennings in

2017 was vir Schenkfonteinkelder ‘n besonderse jaar. Nie net is die eerste wyn vanuit die nuwe boetiekkelder gemaak nie, maar hulle het ook heelwat pryse ingepalm en die eerste wyn is na Duitsland uitgevoer. Die twee broers, Hendrik en Philip Hanekom werk sy aan sy om te verseker dat net die beste wyne vanuit die Eendekuilomgewing op die rakke verskyn. Hendrik is die wynmaker en Philip die bemarker en saam het hulle ‘n wenresep beet. Miskien is dit omdat Oupa Hennie se soetwynresep nog steeds ‘n kosbare kleinood is wat van geslag tot geslag oorgedra word. Die pryse vir die jaar is as volg: Klaswenner by Swartland Jongwynskou 2017 vir Hanepoot; Gold Wine Awards Competition goud vir die volgende wyne: Schenkfontein Chenin Blanc 2017, Schenkfontein Merlot 2016, Schenkfontein Rosé 2016, Schenkfontein Shiraz 2017, Winkelshoek Rooi Muskadel 2015, Winkelshoek Cape Vintage 2015, Weskus Sweet Rosé 2016, Weskus Natural Sweet 2016. Vitis Vinifera Awards goud vir die volgende wyne: Winkelshoek Wit Jerepigo 2017, Winkelshoek Cape Vintage 2015, Winkelshoek Wit Muskadel 2016, Winkelshoek Rooi Jerepigo 2017, Weskus Chenin Blanc 2017, Schenkfontein Chenin Blanc 2017, Schenkfontein Merlot 2016 en Schenkfontein Shiraz 2017. Vir verdere inligting besoek gerus ons webwerf www.winkelshoek.co.za. Daar is ‘n pragtige gedeelte oor die geskiedenis van Schenkfontein Kelder of kontak hulle by 022 942 1803.

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276


5

Meet Dr Gen Genevieve Diedericks, daughter of Riaan and Beverley Diedericks, was raised in Piketberg and went to Piketberg High School from Gr 1 – Gr12. She matriculated in 2006 with distinction and enrolled for a BSc degree in Biodiversity and Ecology in 2007 at Stellenbosch University. After she completed her undergraduate degree in 2009, she decided to continue her studies, pursuing a BSc honours degree in Zoology in 2010 and a MSc (Master’s degree) in zoology and genetics in 2011. As a MSc is a ‘standard degree’ overseas (i.e. everybody has one!), she enrolled for a PhD (doctorate in Zoology and genetics) in 2013. She has just completed her doctorate and officially receives her degree at the December graduation ceremony. Throughout both MSc and PhD degrees she was fortunate enough to get to travel throughout South Africa for fieldwork to collect the lizards (Cape girdled lizard - MSc) and fish (Smallmouth bass - PhD) she worked on. Moreover, she was privileged enough to receive funding to present her research at international conferences held in Morocco, Hungary, United Kingdom and China. Next year she will be a research associate with Stellenbosch University, collaborating with her PhD supervisor (Prof. Cang Hui) to write a text book for undergraduate BSc students who wish to bridge the gap between mathematical modelling, ecology and genetics. Furthermore, she and her fiancé, Dr Chris Broeckhoven have also started a company [BIORTEC (Pty) Ltd], with the mission to provide private biological research training and education to students wanting to further their academic careers. The business is, however, ‘on hold’ until they return to South Africa, as her fiancé has received a prestigious fellowship to continue his research at Antwerp University, Belgium, and so they will be moving to Belgium for three years.

Nuwe Somersklere Beskikbaar Winkel  022-913 2418  022-942 1787

Dr Genevieve Diedericks and fiancé Dr Chris Broeckhoven on one of their travels. Photos provided

Saturday 21 October - Reptile Awareness Day

Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6 Huis AJL se Markdag ‘n Familiefees Foto’s: Marietha Goosen

D A N K I E !!! HUIS AJ LIEBENBERG – MARKDAG 2017 Marie de Villiers (Hoof) skryf... Ons sê baie-baie dankie! Danksy u Liefde, betrokkenheid en harde werk het ons die bedrag van R116 000 gemaak met ons jaarlikse Markdag!!! Daar word gesê dat dit lekkerder is om te gee as om te ontvang. Wel ons hoop dat dit julle harte warm maak om te weet dat jul bydrae 'n reuse verskil maak in die lewens van ons inwoners wat julle ewig dankbaar sal wees. Dis ongelooflik! Jul harte, om ten spyte van moeilike en uitdagende ekonomiese tye, steeds betrokke te wees – siel, gees en liggaam by ons is nie ‘n algemene verskynsel nie en word des te meer waardeer. Met die ondersteuning van ons gemeenskap weet ons dat daar 'n besondere plan is vir Huis AJ Liebenberg. Dankie dat julle julle harte oopgemaak het vir ons Senior Burgers. Hulle weet dit en waardeer dit opreg.

ACVV se Tillies Teewinkel is elke Vrydag oop gedurende skoolkwartale 8:00-12:00 by die ACVV-kantoor in Tillalaan

Die Piketberger 2017 Datums NOVEMBER se koerant verskyn op 26 Okt Stuur berigte voor 17 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 30 Nov Stuur berigte voor 21 November

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com


7


8

Klas van 1967

Riana (van der Westhuizen) Viljoen skryf... Aan die einde van 1967 het 32 seuns en dogters voor die gebou van die Piketbergse Hoërskool gestaan om te groet. Ons was jonk, vrolik, uitbundig, en hoekom nie? Twaalf lange jare van skoolgaan is ten einde laaste verby, die toekoms lê voor, die lewe is 'n lied, "the sky's the limit" en wat nog.... Op Saterdag 19 Augustus 2017, terwyl die huidige PHS'ers vir Porterville by Interskole aangedurf het, het 'n klompie van ons weer daar voor die skool gestaan. Party van ons weliswaar bietjie (let wel, net bietjie) meer gehawend as die ander en ons persepsie van jonk-wees ietwat anders as 50 jaar gelede, maar ons was steeds vrolik en uitbundig en hoekom nie? Die lewe is steeds 'n lied, soms wel ietwat van 'n treurmare, maar darem. Ja, reg gehoor, ná 50 jaar het ons vir die eerste keer reunie gehou. Van Vrydagaand af tot Sondag ná die erediens in die NG Kerk is daar gekuier en BAIE gepraat. Ons metgeselle se ore het omtrent getuit van al die geonthou jy nogs, jinne ek sou jou op straat herken en jy't dan nog niks ouer geword nie! Met 'n glimlag en 'n traan in die oog het ons onthou van Neels wat teen die vlagpaal opgehys is, Leona se besonderse musiektalent, ons hoofseun, Ewald, en die vyf ander wat té jonk, té gou van ons weggeneem is. En ons het gewens dat Niel en Kittie en Susan en die ses ander tog ook maar kon kom. Té gou was die naweek verby en is die versugting daar dat ons nie weer 50 jaar moet laat verbygaan voor ons weer so maak nie! (Net Hugo Coetzee en Boy van Schalkwyk is steeds Piketbergers - Red.)

Audi en Mercedes-Benz In 1904 het ’n Duitser August Horch ’n motormaatskappy August Horch en Cie Motorwagenwerke AG gestig. Die Horch motor het in Duitsland bekend geword en in 1909 het Horch die maatskappy verlaat en ’n nuwe maatskappy August Horch Automobilwerke gestig. Sy voormalige vennote het hom egter gedagvaar vir handelsmerk skending en moes hy ’n nuwe naam vir sy motors kry. Toe hy en sy nuwe vennote ’n nuwe naam bespreek het, het sy seun wat besig was om Latyn in die kamer te leer voorgestel dat die naam Audi gebruik word want Horch beteken om te luister in Duits en Audi het dieselfde betekenis in Latyn. In 1886 het Karl Benz die eerste petrolaangedrewe motor gebou. Gottlieb Daimler en Wilhelm Maybach het ’n poskoets van ’n petrol enjin voorsien en die die Daimler Motoren-Gesellsscahft (DMG) gestig. Emil Jellinek, ’n Oostenryker, wat vir DMG gewerk het, het ‘n motor wat deur DMG vervaardig is na sy dogter Mercedes Jellinek vernoem. In 1926 het die maatskappye van Daimler en Benz saamgesmelt en is die voertuie toe Mercedes Benz genoem. Die driepunt ster simboliseer Daimler se visie om voertuie te produseer wat op land, see en in die lug kan beweeg. M.A.A.N – S

Sekretaressedag by Org de Rac Die ACVV se Sekretaressedag is by Org de Rac Landgoed gehou. Groot dank aan die volgende borge: Org de Rac Landgoed vir die venue en die breekgoed, asook die hande wat help regmaak het: Jan, Carlo en Reg in die tuin en Marie en Sanna in die kombuis. Dank aan Praktika vir die welkome kontantborg en die volgende besighede vir gelukkige trekking geskenke: Droomland kompleks (Bravo Coffee Shop en B Pretti skoonheidsalon), Skoonheidsalon Sanet, Piketberg Apteek, Liebco Foods, Monroe's Haarsalon, Fruitlips, Elsabé Liebenberg en Ina Kotze. In die geskenkpak wat elkeen ontvang het, was geskenke verskaf deur Media 24, Piet Uys - Hebron, Albert Basson - SAD, Belinda de Kock - B Pretti, Riesie Kotze, Momentum en ABSA Bank. Foto's: Hanlie Linde


9

Oupa en Ouma Lente Tee by PHS

Foto’s: Alta Nelson


10


11


12

Doon se Naweekbeen deur Carel van Niekerk Snr Hier in die sandveld, as ‘n man ‘n plaas gekoop het, dan het jy die plaaswerkers saam met die plaas gekry. Om en by die jaar 1977 het ek ‘n plaas met die naam Burgersvlei gekoop. Daar erf ek toe vir Doon, ‘n oujongkêrel, met ‘n staalbeen. Hy het jare tevore sy been in ‘n ongeluk verloor. Hy het van ‘n wa afgeval en ‘n drom vol petrol het agterna geval, op hom te lande gekom en sy been sleg gebreek. Die been was onder sy knie gebreek en daar was soveel skade aan die spiere en senuwees dat die dokters besluit het om die been te amputeer. Doon was ‘n vreeslike harde werker en hy vertel toe hoe Oom Jan Visser van Meintjieskraal, ‘n ywerige vakman, vir hom ‘n staalbeen met ‘n skarniervoet gemaak het. Teen die tyd wat ek vir Doon leer ken het, het hy al sowat 20 jaar met die staalbeen geloop. Die been het so ’n ‘kliks-klaks’ geluid gemaak as hy loop en jy kon hom van ver af hoor aankom. My vrou, Christa, was ‘n verpleegster en het as matrone by Porterville kliniek gewerk. Doon het eendag siek geraak en sy het hom na Dr. Beneke op Porterville geneem. Die dokter het die man ondersoek en kom toe op sy been af. “Nee Doon!” het hy verbaas gesê. “Jy kan nie met so ‘n selfgemaakte been loop nie, die staat moet vir jou ‘n been gee.” Die dokter het ‘n afspraak vir Doon by die Rooikruis Hospitaal in Mowbray gemaak en so vat ek en Doon die langpad na die stad. Geleenthede stad toe was vir Doon skaars en ver uit mekaar. Toe ek hom aflaai moes ek eers vir Doon verseker dat ek hom weer sal kom oplaai en tog nie sal vergeet nie. “Oubaas, ek sal tog nooit weer by die huis uitkom nie, hier is te vreeslik baie mense hier.” Alles het goed afgeloop en ou Doon het sy eerste aanpas van die nuwe been na so ‘n maand gaan doen. Toe was dit die groot wag dat die laaste goed op die been gedoen word en met die trein gestuur word. Die verwagting en uitsien na die nuwe been het hoog geloop en daar is gereeld uitgevra of ons dan al iets gehoor het en of die been dan al oppad is. Na die aanpas was dit nog so twee weke, toe daag die nuwe been in ‘n mooi boks by die stasie op. Die aanpas het ongekende nuuskierigheid ontlok en almal wou sien hoe die nuwe been lyk en loop. Die nuwe been was pienkerig en het leer “straps” gehad wat om sy stompie-been vasgegespe kon word. Al wat ons toe kon hoor as Doon geloop het was die sagte kraak van nuwe

leer soos in ‘n nuwe kar. Doon was so trots op die nuwe been, hy het op en af geparadeer ten aanskoue van die ander werkers, kinders en vrouens. Hy het van oor tot oor geglimlag en was baie ingenome met sy nuwe been. Nou kon hy ewe groot skoene dra en die been was presies gebou volgens Doon se lengte en bou. Doon het die heel dag daar tussen die huise op die plaas rondgeloop en vir almal wat wou sien hoe die been werk presies verduidelik en gewys. In daardie jare het die manne wyn op die plase gekry. Omdat dit soms kon inmeng met die werk en ek ook in die dorp moes wees deur die dag, het ek nie deur die dag gegee nie, maar teen uitval tyd in die laatmiddag. Die eerste Maandag, nadat Doon sy nuwe been gekry het, staan die manne nader vir hul wyn en ek sien vir Doon ook aangestap kom. Die skarnier wat ‘kliks-klaks’ op mekaar geskuur het was duidelik hoorbaar en ek was verbaas dat hy toe weer sy ou selfgemaakte staalbeen gedra het. Ek vra toe: “Doon, waar is jou nuwe been dan nou?” Met skarnier voet voor my in die stof sê Doon: “Hierdie been hiér is my ou been, hy ken van werk en die been is gewoond aan werk. Dis my werkbeen.” “En jou nuwe been dan Doon?” “Nee daardie been bly in die boks in die kamer Oubaas. Dis my nuwe been vir as ek klaar gewerk het, daai een is my naweekbeen.”

Katinka doen Nasionale Eksamen

Te Koop

Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R230/kg Koedoedroëwors @ R210/kg Koedoebiltong @ R250/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Katinka Morrison, Moira van der Westhuizen, Lenie Otto, Micky Visser en Elbeth Liebenberg tydens Katinka se prakties in die nasionale demonstrateurs eksamen op 14 September in Durbanville. Die tuinboulede het haar gaan ondersteun en Elbeth het haar tydens die demonstrasie op die verhoog bygestaan. Daar was vier kandidate wat die eksamen in die WesKaap afgelê het. Al vier se harde werk is beloon en hulle het geslaag waarvan onse Katinka een is. Foto verskaf Die volgende tuinbouvergadering is op 11 Oktober in die biblioteeksaal. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00. Die vergadering begin 09:30. Elke lid word versoek om 'n tuintjie in 'n houer van sy keuse te maak en dit saam te bring. Dit gaan dan bespreek word volgens die elemente en beginsels van ontwerp.


13

WOONSTEL TE HUUR

20 Jaar Gelede - Oktober 1997 Esmurie Smit is die Skoukoningin. Eerste prinses is Almarie Valentyn en tweede prinses is Simoné Janson. Damesskietklub hou opedag. Beste Manskut is Carel van Niekerk, Beste Damesskut is Babsie Hugo. Beste seunskut is Jacques Louw en beste meisieskut is Monika Laas. Kollig op Marc Julius, die kunstenaar. Ds Francois Swart besoek die Vrouediens. Kinderkrans bring Lente besoek aan Huis AJ Liebenberg. Driena Windell is bevorder van Sersant na Inspekteur. Amoré Bekker is die gas by die skou se damesoggend. Môrester vier fees met die inwyding van 'n nuwe pakstoor. Vyf kore neem deel aan die Ringskoorsangfees. Die geleentheid word opgedra aan prof Gawie Cillié en Pieter van der Westhuizen. Kaapse Strykkwartet tree op 5 Oktober in die NG Kerk op. Piketberg Tuinbouklub het die buitelanders, wat betrokke was by die seminaar, FLORAL SAFARI, ter voorbereiding van die Wêreldblommeskou, onthaal. Die spyseniering is gedoen deur Marleen Bruwer. Boland Superspar is uit 80 winkels, as die beste klantesorgwinkel in die Wes-Kaap aangewys. Steynville Sekondêre Skool hou karnaval. Mej Steynville is Janece van Neel, die eerste prinses is Agnesion Brink en die tweede prinses is Elizabeth Verhoog.

Stap-afstand vanaf Hoërskool Piketberg (oorkant N G Kerk).

1 slaapkamer, 1 volle badkamer, aparte kombuis, sitkamer, diefwering deurgaans, karaktervolle atmosfeer (houtvloere), private agterstoep met pragtige uitsig.

Ideaal vir enkelpersoon of egpaar.

Ongemeubileerd of semi-gemeubileerd (onderhandelbaar).

Beskikbaar vanaf 1 Januarie 2018.

R3 800 per maand (water en dienste ingesluit).

Kontak Clare 083 225 0059

HUUR of BESIGHEIDSGELEENTHEID! Gevestigde en suksesvolle KOFFIEWINKEL / perseel te huur of te koop. Die perseel kan ook bedryf word as ‘n BED & ONTBYT, met 5 kamers beskikbaar vir verhuring. Die perseel leen hom toe tot funksies en partytjies met baie moontlikhede vir uitbreiding. Die perseel kan ook gebruik word as kantoorspasie, met 5 aparte kamers, elk met sy eie badkamer. Vir verdere inligting, kontak Stephanus op 072 288 0321


14 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Wie van die ou Piketbergers onthou nog vir oom Tollie Adams? Onlangs het die Munisipaliteit die krieketveld en klubhuis in Piketberg opgradeer (dit is op 2 September 2017 amptelik geopen waarna die eerste wedstryde op die veld op 9 September 2017 gespeel is), Hanlie Linde en het die Tollie Adams Oval weer ‘n splinternuwe baadjie gekry. Toe wonder ek wie is die oom Tollie Adams na wie die gronde vernoem is. Ek het ‘n draaitjie gemaak by Ray van Rooy wat voorsitter is van die Piketberg Krieketklub en hy onthou oom Tollie baie goed en soos Ray vertel kan ek die respek, liefde en bewondering vir die Oom se sterk dissipline en liefde vir die sport in sy stem hoor. “Tollie Adams is gedoop Peter Adams en is gebore te Wittewater waar hy groot geword het. Hy tree in die huwelik met Marie waaruit vier dogters en twee seuns gebore is. Hulle het in Elsiesrivier hul jong lewe geniet en verhuis in die 1970’s na Piketberg. Oom Tollie was ‘n bouer van beroep en kon enigiets met sy hande doen en het baie werkies verniet in Piketberg verrig. Hy was ‘n groot liefhebber van rugby en krieket en het baie jare op die bestuur van Rangers RVK gedien en vir 9 jaar op Piketberg Krieketklub se bestuur. Om hierdie rede het Piketberg Krieketklub destyds besluit om die eer aan oom Tollie te gee en die gronde na hom te vernoem. Hy was die oudste lid van die klub en al die ander lede was “laaities” teenoor hom. Oom Tollie was ‘n geliefde by elke lid en ondersteuner van die klub. Hy sou sy hand diep in sy sak steek om spelers te help met vervoergeld of ‘n kosgeldjie. Hý was die persoon wat na besighede gegaan het om donasies te vra. Hy was nie tevrede met min nie. Daarvan getuig die volgende voorval: Een van die besighede het hom ‘n R5 gegee en sy woorde was: ”Ek is nie jul “laaitie” nie. Koop vir jou kinders lekkers van daardie geld”. Oom Tollie sou Vrydagaande rondbeweeg om seker te maak elke speler is by sy huis. Hy het spelers gaan soek wat nog nie tuis was nie en jy is huis toe gejaag as hy vir jou teen die pad kry. Spelers wat hy nie kon kry nie, is die Saterdag voor die wedstryd uit die span gehaal. Die jong manne op die bestuur het baie by hom geleer en van hulle is nog steeds by die klub betrokke. Oom Tollie se betrokkenheid by die klub leef vandag nog voort op en van die veld. Piketberg Krieketklub het sedertdien gegroei na twee senior spanne en ‘n vrouespan. Die klub word hoog aangeslaan in krieketkringe en die klub gaan vooruit, anders as ander plattelandse klubs. Dit is te danke

Tollie Adams Oval Foto: Hanlie Linde aan bydraes van oom Tollie en persone soos Johan Engelbrecht, Peres Klaase, JB Adams, Vaatjie Fortuin en LB Gordon.” Ons eer sy nagedagtenis. Mag elke wedstryd wat op die nuwe veld gespeel word, oom Tollie se dissipline en gesindheid dra.

Nuwe Direkteur Gemeenskapsdienste Bergrivier Munisipaliteit spog met ‘n nuwe Direkteur Gemeenskapsdienste vanaf 1 September 2017, Dean Josephus. Dean is al sedert 2002 verbonde aan Bergrivier Munisipaliteit en was voorheen die Area Bestuurder van Porterville en Eendekuil en ook Bestuurder Gemeenskapsdienste sedert Januarie 2015. Hy is ‘n boorling van Porterville en het ‘n B.Comm graad (1992) en ‘n Honneursgraad in Publieke Administrasie (2002). Dean is ‘n goeie sportman en leier op vele terreine. Ons wens hom alle voorspoed toe met hierdie nuwe uitdaging. Foto verskaf

40 Dae Snoek en Patat

Die NG Kerk se 40 Dae van "Betrek deur Jesus Liefde" is gevier met 'n Snoek en Patat ete in die vierkant. Foto: Marietha Goosen


15

Bespaar Water en Wen Deel jou Wenk In samewerking met Bergrivier Munisipaliteit en Die Piketberger loods ‘n gevestigde besigheid in Piketberg ‘n opwindende waterbesparingsprojek.

Hoe kan jy deelneem? Neem 'n foto van die planne wat jy maak om water by jou huis of besigheid te spaar of te herwin. Stuur dit in en jy staan 'n kans om 'n wenner te wees. (Sien Yolandi se kontakbesonderhede hieronder)

Jy kan kwalifiseer vir die volgende drie kategorieë: •

Prakties en maklik implimenteerbaar •

Mees oorspronklike idee

Grootste waterbespaarder, gemeet aan syfers soos deur Bergrivier Munisipaliteit verskaf

Kontak Yolandi van der Merwe by: Sel 078 916 5141 Epos: yolandi@piket.co.za Facebook: https://www.facebook.com/Piketberg-Spaar-Water-118206698878954/

Spesiaal vir leerders van alle skole in Bergrivierstreek: Skryf 'n opstel oor een van die volgende temas: • Elke druppel tel • Water is Lewe Vra jou onderwyser of skoolhoof, hulle het die inligting.


16

Op die rakke van die Biblioteek Vlakwater deur Ingrid Winterbach Is dit ‘n speurverhaal, of ‘n liefdesverhaal of dalk ‘n misdaadroman? Ingrid Winterbach speel deurgaans met haar lesers en laat mens wonder. Soms voel dit of jy ‘n tragiese komedie lees want haar humor is vlymskerp, maar Bespreking deur daar is ook deurgaans die gevoel dat Annelie Venter die hoofkarakters met swaar innerlike bagasie worstel. Haar beskrywings is so beeldend dat mens droefenis kan aanvoel met ‘n enkele woord. Daar is nooit te veel woorde nie. Haar stories is soos skilderye waaraan sy oor die hele doek werk en algaande die beelde duideliker inkleur, sodat mens later presies weet hoe ‘n karakter soos Menasse met sy ‘adamante’ voorkop moet lyk en wees. Ingrid self is ‘n beeldende kunstenaar van formaat en was ook ‘n kunsgeskiedenis dosent. Daarby het sy as eggenoot die befaamde Andries Gouws, skilder en filosoof, vir wie mens soms in ‘n karakter kan herken. As Skrywer het sy al wat ‘n literêre prys is al meer as een keer verwerf. Daar is twee storielyne in VLAKWATER wat parallel loop met sekere karakters as raakpunte, maar die twee hoofkarakters ontmoet mekaar nooit. Die een hoofkarakter is Nick Steyn, ‘n beeldhouer wat tydelik waarneem by ‘n kunsskool in Stellenbosch. Na die verbreking van ‘n lang verhouding met Isabel, ‘n depressielyer, koop hy ‘n groot huis in Tamboerskloof. Sy buurman, Marthinus,

boer met varke en naby hulle is die stadsplaas wat nou onder nuwe bestuur is. (Die plaas bestaan werklik soos beskryf in DIE AANSPRAAK VAN LEWENDE WESENS.) Nick ontvang ‘n poskaart met die portret van Vincenzo Anastagi (El Greco) waarin sy eertydse vriend, die skrywer Victor Schoeman, hom vra of hy nog kopieë van VLAKWATER het, sy roman wat Nick help finansier het. Toevallig(?) ken Marthinus ook vir Victor en sy ander gemeenskaplike vriende soos Marlena Mendelsohn en Blinky Booysen. ‘n Reeks voorvalle soos die verdwyning van sielsiekes, aanranding op Charelle Koopman wat by Nick loseer en die moord op ‘n bekende kunstenaar Buks Verhoef, laat Marthinus die ooreenkomste met die roman VLAKWATER sien en vermoed hy dat Victor agter al die gebeure sit. Dan is daar die naamlose karakter. Die roman begin waar sy en Willem na die lyk van hulle vriend gaan kyk by Avbob. Sy is die verteller in hierdie storielyn en praat deurgaans óf met haar vriendin, óf met Willem, óf in haar gedagtes. Sy is gebore met ‘n haaslip en beide geslagte word óf deur haar aangetrek óf afgestoot juis weens die letsel op haar lip. Sy doen navorsing oor die Olivier tweeling wat internasionaal bekend is vir hulle video kuns en daarvoor ondervra sy hulle ou vader, met wie sy in haar jeug ‘n slegte ervaring gehad het. Terwyl sy koffie drink by ‘n koffiewinkel word Buks Verhoef geskiet en sterf hy in haar arms. Later, om weg te kom, vlug sy na die Weskus waar ‘n vreemdeling ‘n boks sywurms by haar los en ‘n skurk hom aan haar voorstel as Vincenzo Anastagie. Soos in haar vorige romans, word temas soos verlies, dood, die werklikhede in SA, die kunswêreld en geweld, om maar ‘n paar te noem, aangeraak. VLAKWATER is ‘n roman wat mens laat nadink nog lank nadat jy die laaste woorde gelees het.

Boeke wat by die Leeskring bespreek word:

Markdag elke Donderdag Vanaf 10:00 – 17:30 Voortrekkerstraat 38 oorkant die Bio Kafee

18 Oktober: Elsabé Brits: “Geliefde verraaier” Kontak Marietha Goosen by 083 654 3170. Die plek en tyd is in die biblioteeksaal om 09:30.

Sandveld Elektries CC Heerlike vars vrugte en groente

Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 info@dellavita.net

Piketberg Omgewing


17

Cape Natural Tea Products besoek VLV Piketberg

Christell Brand (VLV-lid en Rooibos-produsent), René Wolfaardt (SA Natural Tea Products), Marlize Rossouw (VLV-lid en Landbou-sameroeper) en Adel Brand (SA Natural Tea Products). Adel Brand en René Wolfaardt van Cape Natural Tea Products was die gassprekers by die VLV-geleentheid rakende Landbousake. Hulle het ‘n uitstalling van al die verskillende soorte Rooibostee en produkte met rooibostees gedoen. Dames is ingelig oor die streek waar dit verbou word, asook hoe die oesskattings per helikopter in November gedoen word. Hulle maatskappy koop hoofsaaklik die tee van die produsent aan en word dan by hul verwerkingsaanleg in Blackheath, Kaapstad, gesif, gesteriliseer en vir die mark verpak. Die produkte word tans ook wêreldwyd uitgevoer. Besoek gerus hul webwerf www.rooibostea.co.za vir meer inligting. Mareza Smit, regs, het as VLV-lid gekwalifiseer vir die studentebeurs trekking. Haar dogter, Ester, is besig met tersiêre studies. Nicoline Brown, VLVvoorsitter oorhandig die beurs aan Mareza. Foto’s: Dinette Lochner

Volgende VLV Leefstyl-vergadering 12 Oktober om 09h00 vir 09h30 in die Biblioteeksaal. Onderwerp: Fondant-koekversiering en Laslapwerk, info en kursusse aangebied. Almal welkom. Navrae : Nicoline Brown 082 477 0665

Glasbottels gesoek Badisa soek kleinerige glasbottels, soos grondboontjiebotter bottels, vir konfyt vir volgende jaar se Snoek– en Patatfees. Kontak Hannie 022 913 2545 of 083 7544 760


18

Vrouediens Ringsvroue Oggend deur Jannie Lategan

Die Lewe is Pantarei

Piketberg se vroue was goed verteenwoordig by die Vrouediens se Ringsvroueoggend op Eendekuil. Die spreker, Karin van Wyk, 2016 se Mrs Africa Globe Classic, verskyn agter op die foto vierde van regs. Met die tema: Vroulief, sweef jy of sink jy? is almal geïnspireerd huis toe......om te sweef! Foto: Jennie Theunissen

Die volgende Piketberger verskyn op 26 Oktober 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 17 Oktober 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Ten spyte van wat in die natuur gebeur, beweeg mense elke dag teen hulle eie tempo, elkeen op sy eie pad die toekoms in. Daar is diegene wat net van dag tot dag lewe en hulle dink nie aan môre nie, ander is ongeërg oor wat voorlê en hulle visie is: “Leef elke dag voluit en vat die lewe dag vir dag”. Soms word daar gewonder oor hoe verantwoordelik mense is met die oopdraai van die waterkraan en hoe gaan hulle op daardie oggend voel as die kraan nie meer water wil gee nie. Ander het weer ‘n holistiese siening en sal elke druppel bespaar en die gebruikte water in die tuin uitgiet. Hulle kan in alle waarskynlikheid die besorgde en inherente denker wees wat so sal aanhou totdat daar weer uitkoms sal wees. Mense wat nog nie hoop verloor het nie, is nogal volop en hulle onderwerp hulle aan die beperkings. Elkeen het sy nis gevind wat hy wil en sal en kan doen. Intussen is die lewe net eenvoudig pantarei (“altyd in beweging”). Die verhoging in brandstofprys pla hulle nie en is hulle in menige opsig net ‘n fatalis. Lewens van mense is gekompliseerd en vryheid van spraak, het teweeg gebring dat elkeen sê wat hy wil en tog ook soms tè veel sê. Sommige is bang om standpunt in te neem, want dit mag hulle betrokke by iets maak. Mag elkeen vorentoe beweeg met baie sprankel en energie en in die proses, tyd vrylik uitdeel.

Ringskoorfees

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Uit die Ring van Piketberg was ses kerkkore deel van die Feeskoor by die Ringskoorsangfees: Piketberg, Porterville, Moorreesburg, Eendekuil, Aurora en Redelinghuys. Hierdie pragtige geleentheid is gehou in die NG Kerk Eendekuil. Dit was die 30ste een van sy soort. Foto: Marietha Goosen

Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en stryk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.


19

JMR tot u Diens

J M R SERVICES Vervoersingel, Industriële Gebied, Piketberg

Grondverskuiwings masjinerie Trokke - Trekkers Enjin en Transmissie Herbouing

• Jan en Liza Raath en hulle seun, Arrie, van JMR Services het pas hulle besigheid geskuif na die Industriële gebied, langs Piket Tool Hire en naby Floors Visser, oorkant NQF. Hulle bedryf dit sedert 2013 in Piketberg en voor dit in Johannesburg. Met hulle verhuising 'n paar jaar gelede na Piketberg, het Jan eers by Potgieter Transport gewerk. Soos die advertensie hiernaas sê, het die besigheid twee afdelings, die Meganiese gedeelte en die Kabelbedryf, waar hulle enige soort kabel maak. Jan en Liza is baie dankbaar teenoor Klem Coetzee, wat hulle eerste kliënt was en steeds is. Vanwaar die naam JMR? Dit staan vir Jan en Meisiekind (Liza) Raath. Foto: Marietha Goosen

• • • •

Maak van Meganiese Kabels Handrem Kabels Speedo Kabels Versneller Kabels Koppelaar Kabels KONTAK J ANNIE 076 311 6159 ARRIE 078 161 6406 LIZA 071 544 2718


20

Neefs Onthou in Museum

Lentetee-Piekniek by Huis AJL Op Vrydag 1 September 2017 het lede van Piketberg VLV die inwoners bederf met heerlike verversings en ‘n gesellige Lentetee-piekniek op die grasperk. Almal het die sonskyndag en die kuier en gesels baie geniet. Op die foto’s is van die lede wat gehelp het – groot dankie aan almal vir die bydraes. Verder het die inwoners gewys hoe hulle saambou aan twee groot legkaarte, asook Danie Visser wat sy hande besig hou met pragtige prentjies wat hy baie akkuraat inkleur. Marie de Villiers bedank almal en vra dat vrywilligers enige tyd ‘n draai kom maak om te help met inkopies in die dorp asook ander takies waarvoor hulle hulp benodig.

Marié Ehlers, links, Museumbestuurder, ontvang oudPiketberger neefs by die Museum. By haar staan Brix en Setiaan Visser van Porterville en Hélène en Thys du Preez van Pretoria. Van Thys se jeugherinneringe was in die September-uitgawe op die Museum se blad. Foto: Marietha Goosen

Amerika, hier kom ons!

Elizna Dippenaar en haar dogter, Theresa, wat binnekort na Amerika vertrek, geniet ‘n heerlike kuier saam met vriende by Corner Stone Café. Foto verskaf

Winnie ‘n Ware Rolmodel Winnie Grobbelaar is ‘n inspirasie vir ieder en elk. Op 94, amper 95 hekel sy steeds en gesels belangstellend saam. Foto: Teresa van Niekerk

Foto’s: Christell Brand

SPAAR WATER

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


21

& Ys


22


23


24

VLV Redelinghuys Vier 20 Jaar

Die Redelinghuys VLV-tak met Rosa Lategan, Riana Richter en Henriëtte Smit, voor langs Elsa Mostert, wat die 20 jaar geleentheid saam gevier het. Foto verskaf

VOERTUIE GESOEK! Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1917 tot 2017 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

Redelinghuys VLV Tak het op 19 September 2017 hul 20 jaar bestaan gevier met ’n heerlike saamkuier by Affi Plaas. By hierdie feestelike geleentheid is ’n gedig saamgestel verteenwoordigend van elke lid soos gesien op die groepfoto. Elsa Mostert, Susan Visser, Ina Janse van Rensburg en Elsabé van Zyl word hartlik geluk gewens met die ontvangs van hulle 20 jaar kentekens. Ander lede wat ook kentekens ontvang het, was Gerda van Schoor – 15 jaar, Trudie van der Merwe en Therena Janse van Rensburg – 5 jaar. Die tak het ook die voorreg gehad dat Rosa Lategan, Riana Richter en Henriëtte Smit die geleentheid saam met hulle kon vier. Hierdie drie dames was teenwoordig met die tak se stigting op 23 Julie 1997 onderskeidelik as Sirkel Weskus se president, Sirkel Weskus se tesouriere en Voorsitter van Aurora-tak. Die geleentheid is ook gevier in dieselfde huis as waar dit gestig is, toe Karen Wiese die eienaar van die Restaurant was. Onder leiding van Retha van Deventer van Piketberg, is ons eie gedig geskryf. 20 Jaar se pot-vol-samesyn VLV Redelinghuystak-gedig word gebaar na 20 jaar se verga(d)er. Met dank aan ons Hemelse Vader Vir Naald en vir Gare Decoupage en Collage… VLV Heerlik Verwelkomend Saam; eet; gesellig. VLV Leerskool, uitdagend, Teleurstelling… Ondersteuning Aanhou en Uithou Gedeelde Vreugde, Wonderlik! VROU… DANKBAAR V - Vreugde L - Liefde V - Vriendinne Onder leiding en met redigering van: Retha van Deventer op 19 September 2017


25


26

Jasmin Wow se Nr 1 in Wes-Kaap

Gerrit Dirks, Wrenuscha Pedro (2e plek), Jasmin Millar (1e plek) en Granville Koordom van Middeldeurvlei Primêr.

Jasmin Millar, leerder by Middeldeurvlei Primêr, wys haar goue medalje wat sy ontvang het met haar eersteplek uit al die Gr 4’s in die Wes-Kaap in die WOW spelkompetisie. Die plaasskool Middeldeurvlei is geleë op die Porterville pad, ongeveer 5 km van die N7 af. By hierdie skool is daar in die verlede gewoel en hard gewerk om kinders af te rig vir die WOW Spelfees wat deur Sanlam aangebied word, in samewerking met die Woordfees. Vir 2017 was daar ses leerders ingeskryf vir WOW en die groot inspirasie in hulle lewens was juffrou Berdine Bester, wat tragies gesterf het in ‘n motorongeluk op Sondag 30 Julie. Op Maandag, 31 Julie het die kinders van Middeldeurvlei hierdie skokkende nuus gehoor, net voordat hulle daardie middag aan die eerste uitdunrondte van WOW in Porterville moes gaan deelneem het. Al ses leerders het besluit om wel te gaan deelneem, want hulle het geweet dat juf Bester dit graag so sou wou gehad het en baie trots op hulle sou gewees het. Van hierdie ses leerders het vier deurgedring na die Streeksuitdunrondte wat op Vrydag 1 September in Citrusdal plaasgevind het. Sien foto in kolom langsaan.

Plaas oppas gedurende vakansietyd Kontak Willie Human 076 634 9925 (verwysings beskikbaar)

Alhoewel hulle almal baie goed gevaar het, het net Jasmin Millar deurgedring na die Wes-Kaapse kompetisie nadat sy eerste in die Streek gekom het. Op Saterdag 9 September het Jasmin in Stellenbosch gaan deelneem aan die Streeksuitdun waar skole van regoor die Wes-Kaap deelgeneem het. Jasmin het eerste van al die Graad 4’s in die Wes-Kaap gekom. Wat ‘n ongelooflike prestasie. Berdine Bester het baie van haar tyd spandeer om hierdie kinders af te rig vir WOW, wat beteken WOORDE OPEN WêRELDE. Sy het haar beywer om hierdeur vir die leerders wêrelde oop te maak. Ons eer haar nagedagtenis. Baie dankie aan Esther Rossouw en Marianne Kitshoff vir hulle hulp met die afrigting van die kinders. Sonder hulle hulp sou ons nie in hierdie krisis-situasie die spreekwoordelike wa deur die drif kon trek nie. Baie dankie vir tyd en liefde waarmee die kinders gehelp is. Jasmin met haar pragtige glimlag en toegewydheid is vasbeslote om eendag ‘n dokter te word. Ons glo dat sy die deursettingsvermoë het om dit te kan doen. Middeldeurvlei is baie trots op haar en hierdie puik prestasie is ook ‘n bewys dat leerders by klein plaasskooltjies nie hoef terug te staan vir groter skole in die stede nie. Dis ‘n wonderlike voorreg om hierdie prestasie saam met haar te kan beleef en ons sien met verwagting uit na 21 Oktober wanneer Jasmin aan die Nasionale WOW Spelfees in Stellenbosch gaan deelneem. Berig en foto’s verskaf deur Antoinette Kok, opvoeder Middeldeurvlei Primêr.

N7 Track Challenge Op Saterdag, 16 September is die eerste N7 Track Challenge aangebied by Kardoesie, Citrusdal en dit was ‘n reuse sukses. Byna 200 deelnemers het kom hardloop en fietsry by dié geleentheid. Deelnemers het die roetes en natuurskoon baie geniet en die kommentaar was "ek sal elke jaar terug-kom hiervoor." ‘n Goed beplande dag het gehelp dat elke fasset ordelik verloop en heerlike pryse en gelukkige trekkings is uitgedeel. Ons is baie dankbaar aan elke borgskap wat ons ontvang het om die dag moontlik te maak. Die bestuur voel dat hierdie geleentheid potensiaal het om baie in die toekoms te groei. Volgende event wat N7 Track Challenge aanbied is op 4 November met volmaan - 'n "night-ride" en "night-run". Besoek gerus ons facebook-bladsy. Vir navrae kontak gerus Lerine Botes 072 357 8537.


27


28

Prag uitslae behaal by Wes-Boland Eisteddfod

Hierdie leerders van Groenvlei Primêr het aan die Wes-Boland Eisteddfod deelgeneem te Vredenburg, Hopefield en Jurie Hayes Primêr. Altesaam het hulle drie brons, 14 silwer, ses goud en een Cum laude verwerf. Groenvlei Primêr se Graad R-klas het uitgeblink. Beryl Booyse spog hier met haar drie leerlinge waarvan een silwer, een goud en een cum Laude verwerf het.

Marili Hanekom met Gr R’s, agter Hennie Pretorius, Griffin Swart, Hennie Langeveldt en voor Sonia-Mari Krynauw, Kristen Gerber, Caleigh van Rooy, TatumnSkye Delport, Anri Lambrechts en Jani van Niekerk. PHS foto’s: Marietha Goosen

Foto’s: Marilee Kriel Van Zyl

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 Moenie dat die lente bloeisels jou onderkry nie. Kom kry verligting vir jou allergie by ons.

022 913 1600 022 913 2075

PHS Laerskoolleerders olv Vanessa Luyt en Danika du Plessis, het mooi presteer by die Wes-Boland Eisteddfod vir Afrikaans en Engels Voordrag, Prosa en Lees. Hierdie leerders het Goud en Cum Laude behaal. Agter is Elsje Basson, Elné Burger, Mika van der Merwe, Ruan Stassen en Helouise van Sittert. In die middel is Henro Brand, Janke Conradie, Annette Bruwer, Nina Ellis, Ulrich Brits en voor Anriëtte Louw, De Waal Visagie, Cassidy Daniels, Dayle Julius, Hanlie Lambrechts en Miscah Don. Lehandri Kotzé was afwesig.


29


30 Gr R-klas leer oor Waterbesparing

PHS Wes-Boland Eisteddfod Afrikaans en Engels Voordrag en Lees

CITRUSDAL PHS se Graad R-klas wend doelbewus 'n poging aan om water te bespaar. Wanneer dit kom by hande was voor ete, was hulle buite in 'n kom water, waarna die water weer in die tuin gebruik word. Hier is Marili Hanekom met Jaco Hanekom en Maria Joubert met Priya Booys. Voor die leerders die toilet gebruik, moet hulle die toilet gebruik wat pas by hulle behoefte. Die skets op die foto onder dui die keuse aan. Die toilet wat vir die basiese alledaagse behoefte gebruik word, word slegs deur die personeel gespoel. Onder die toiletrol is 'n merk teen die muur wat aandui hoeveel toilet-papier gebruik behoort te word.

Die matrieks is agter Chris Lausberg, Carla O’Connell, Lain-Mari van den Heever, Harry Roux en voor Annetia Calitz, Nicola Coetzee en Anicia van Rooyen.

Agter is Hanli de Waal, Janke van Schalkwyk, Hanri van Zyl, Zana Vorster, Kristin Lochner, Elize Visser, Lea de Vries, Ciara Lintnaar en voor Anné Rheeder, Carina Brandt, Aldo Olivier, Reteché Julies, ShonneLee Klein en Henriëtta Cloete.

Foto’s: Marietha Goosen (Met hierdie inisiatief neem Gr R deel aan die kompetisie op p15.)

Saam met Karla Taljaard en Virnen Ludick is Nicole Steyn, Ilanri van Rossum, Hagan Ludick, Mivuyo Xakeka, Mishaan Pieterse, Engela van der Westhuizen en voor Rénay Esau, Aleighné Rivida, Elishia Engelbrecht, Joshline Lintnaar, Anika Smit en Niketha Booys. Foto’s: Marietha Goosen

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

Ander groottes op aanvraag.


31

PHS Grondslagfase presteer by Wes-Boland Eisteddfod vir Voordrag

Hanlie Olesen met Gr 1 O Lorenzia Ockhuis, Suretha Visser, Keagan Bond en Gerrit Kotzé.

Suné Rheeder met Gr 1 R Adi Liebenberg, Tammy Boys, Chris-Mari Theron, Kyle Ockhuis en Christiaan de Waal. Tammy het 'n tweede plek verower in die WOW: Weskus Distriks spelkompetisie waarna sy aan die Wes-Kaap Provinsiale Spelfees te Stellenbosch gaan deelneem het waar 270 skole verteenwoordig was. (Sien berig op p26 oor Jasmin Millar.)

Amandi Ungerer met Gr 2 U Canton Julius, Louisa Fivaz, Carin Brand en Francois Rossouw.

Iza Schreuder met Gr 3 S. Agter is Luscké Maree, GP Calitz, Marlene Nelson, Alex Ince en voor Keagan Puttick, Gerhard Pretorius, Lise Bruwer en Anandri Pretorius.

Pauline van der Nest met Gr 3 V is Tian Stassen en Lea Lausberg.

Hester Stapelberg met Gr 2 S. Agter is Johan Schreuder, Lené Loubser, Mia van Wyk, Jana Lubbe, Lereé Rossouw, Jessica Butler en voor Jaimé Smith, Lisa Fourie, Esmari Lambrechts, Hannah de Villiers en JT Mdabuli. Foto’s: Marietha Goosen

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com


32

Cum Laude vir Corr

PHS Laerskool Drama

Corr Rossouw, leerder by Piketberg Christian School het Cum Laude vir sy kuns behaal by die afgelope Wes-Boland Eisteddfod. Die tema was beweging en sy kunswerk se titel is “Finding Nemo”. Foto verskaf

PCS hou Kultuuraand Piketberg Christian School het hul eerste kultuuraand gehou en dit was ‘n reuse sukses. Baie dankie vir elkeen...ouer, leerder, opvoeder en almal wat daar was. Te danke aan elkeen se bydrae het almal dit baie geniet. Ons maak weer so.

Dis Lente en tyd vir vrugteslaai Kom koop gerus vrugte by PCS. Nuwe voorraad. Perskes, Pere, Sweetcorn, Baked Beans en Braai Relish @ R7/blikkie asook Fruit Cocktail @ R8/ blikkie

Kontak 022 913 1886 om vir jou uit te hou.

Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices)

Seuns en dogters van die toneelstuk, Peron 51, agter is Rina Stassen, Jay-Will Swart, Lehandri Kotze, Annette Bruwer en voor Annyda Janse, Elné Burger, Elsje Basson, Marelize Crous en Helouise van Sittert. By die De Kuilen Toneelfees is die groep genomineer vir die beste nuwe teks, geskryf deur Alicia Hanekom en Vanessa Luyt. Foto verskaf

Zoë se Wêreld in Kuns In die Septemberuitgawe van Die Piketberger is berig oor Zoë McDonald se kunswerk waarmee sy ‘n goue medalje behaal het. Gedurende September is dit by Iziko National Gallery Annexe uitgestal, as deel van die Erfenis Fees. Wat dit so merkwaardig maak is die manier hoe Zoë die opdrag geïnterpreteer het. Sy moes haar wêreld skilder en het daarom Jesus, die Heilige Gees, Nagmaal, die kruis op Piketberg se berg en haar verfgereedskap uitgebeeld. Met hierdie eerlike uitbeelding van Zoë se wêreld, het sy ‘n trofee ontvang. Foto verskaf

Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Contact for free quote.

Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Vir die Oktober-uitgawe moet berigte/artikels/foto’s ons bereik voor of op 17 Oktober. Die koerant verskyn op 26 Oktober. Epos: diepiketberger@gmail.com


33

PHS Gr R-klas ondersteun Badisa

MC HANEKOM

PHS se Gr R-klas het met 'n muntlegging kopermunte vir Badisa ingesamel. Die leerders het ywerig saamgewerk en die geld en ander benodigdhede oorhandig aan Irene Pickard-Baron, maatskaplike werker by Badisa. Die leerder wat die oorhandiging doen, is Milienke de Vries. Foto’s: Marili Hanekom

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

Tops en Tags • • • • •

• • • • PHS se Gr E-klas van Susan de Vries het fluks saamgewerk aan die tops en tags projek. Hulle het 'n sak vol oorhandig aan Coenie Smit. Foto: Marietha Goosen

Coenie Smit het reeds 312kg doppies en 15kg tags. Vir die volgende rolstoel mik hy vir 450kg doppies en 50kg tags.

• • •

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


34

DCA-leerders Presteer

Agter, Joanie Du Toit, Caren Mbendeni, Sumari Hanekom, Janke Conradie, voor is Tammy Boys en Jaen-Julia (alias Pikkewyn) Coetzee. Foto verskaf Die Coetzee Ateljee (DCA) het aan die Cape Leopard Trust kunskompetisie deelgeneem. Hierdie kompetisie strek oor die hele Weskus- en Wynland streek. Joanie du Toit het 'n derde plek in haar kategorie behaal. Baie geluk Joanie. DCA het weer aan die jaarlikse landswye SANTAM kinderkuns kompetisie deelgeneem. Uit die 4500 inskrywings is 319 kunswerke gekies om deel te maak van die jaarlikse SANTAM kinderkuns uitstalling. Al 319 gekeurde werke is dus wenners. Hierdie jaar het DCA vyf gekeurde werke gelewer. Hulle is Sumari Hanekom, Janke Conradie, Caren Mbendeni, Tammy Boys en Jaen-Julia Coetzee.

Hoërskool Drama

Hoërskool Drama het “Die Proponentjie” opgevoer. Saam met Chris Lausberg, die proponentjie, verskyn die vroue in sy lewe Deborah-Keir Paulsen, Ciara Lintnaar, Sulize van Zyl, Anine de Jager, Annetia Calitz, Minette van den Berg, Anné Rheeder en Hanli de Waal. Foto verskaf

Geniet die skoolvakansie saam met jou kinders.

In Ma se Onderwysspore

Clireze Julius, oud PHS’er, het 2015 by Eden Primêr in Vredenburg begin werk as Gr 2 onderwyseres. Presies 40 jr gelede het haar ma, Ruth, in Vredenburg by Panorama Primêr haar loopbaan begin. Clireze is van voornemens om volgende jaar ‘n nuwe begin te maak iewers in ‘n ander omgewing net soos Ruth wat na 3jr Vredenburg verlaat het. Ruth se hoof destyds by Panorama was Louis Dirks. Op 94-jarige ouderdom is hy steeds vol kwinkslae, wat sy gaste telkemale laat skaterlag. Tot ‘n paar jaar gelede het hy gholf gespeel en in ‘n hardeware winkel uitgehelp. Tot twee maande gelede het hy nog sy motor bestuur voordat hy ‘n beroerte gekry het. Die meeste van sy oud-kollegas besoek hom gereeld. Sy familie in Piketberg is Cekkie Dirks en Lucille Domburgh. Foto verskaf

Hide a Book Day

Piketberg Openbare Biblioteek het op ‘Hide a Book Day’ 10 boeke op 10 plekke versteek wat as geskenke gedien het vir dié wat dit gevind het. Foto’s: Gerna Croeser


35

Hoekom Piketberg Christen Skool? Christelike Waardes en standaarde CAPS Kurrikulum In Afrikaans & Engels Gegradueerde onderwysers, SACE geregistreer Sport bedrywighede & weeklikse “LO” Blootstelling aan Kultuuraktiwiteite Kleiner klasse met individuele aandag Skoolfooie: Gr 1 R1200pm en Gr 2-9 R1650pm

Wat maak ons anders? KOM KYK! Ons adverteer hiermee graag ‘n pos wat beskikbaar is as volg: Onderwyser vir Grade 4-6 / Teacher for Grades 4-6 Vereistes / Requirements: Christen geloof en waardes; SACE geregistreer; Goeie spanspeler; Toepaslike kwalifikasie; Ten volle tweetalig (vlot); Ondervinding met verwysings; Moet inisiatief kan neem. Vir aansoeke, stuur asb jou volle CV en verwysings na: piketbergcs@gmail.com Afsnydatum: 27 Oktober 2017. Slegs suksesvolle kandidate sal gekontak word.

Vir skoolnavrae kontak Sulize by 022 913 1886 tussen 07h30 - 12h00


36

PHS Klavier- en Blokfluit Maestro’s

Skolekunstefees is by die Kunstekaap gehou. Dit strek oor twee weke waar 12 skole elke aand optree. Die Blokfluit Ensemble was een van die 12 beste items wat genooi is na 'n gala aand waar hulle opgetree en 'n trofee ontvang het. Hulle het die Minister van Onderwys ontmoet en foto's is vir Die Burger geneem. Dit was 'n groot eer en 'n fantastiese voorreg om hiervan deel te wees. Agter is Christine van der Merwe, Willem Wiggins, Daniël Brand, Hughen Esau en voor Rénay Esau, Komien van der Westhuizen, Suné Pickard en Nikitha Booys. Afwesig: Andrea Visser

By Komien van der Westhuizen is die klavierleeders wat puik prestasies behaal het by Wes-Boland Eisteddfod: Dayle Julius, Goud, Cassidy Daniëls, Goud, Annette Bruwer, Cum Laude, Elsje Basson en Timothy Daniëls, ook albei Goud.

Foto’s: Marietha Goosen

Vir Blokfluit het die volgende leerders van Komien van der Westhuizen uitstekend gevaar: Leigh Wall en Farren Booys, Cum Laude vir Duet, Annyda Janse, Goud, Gerhardt Müller en Morné Mitchell, Cum Laude vir Duet en dieselfde vir Marsha Otto en Kaydee Claasen.

Alison Müller by musiekleerders met uitstekende prestasies: Harry Roux (Konsertprogram 4xGoud), Madalynn Paulsen (Konsertprogram 4xCum Laude), Shanda Whitfield (Konsertprogram 2Silwer 2Goud) en Henco Kruger (Konsertprogram 2Silwer 2Goud). Madalynn behaal Cum Laude vir Bladlees en saam met Shanda behaal hulle Cum Laude vir Duet.


37


38

Lenteaand met Hannes

Die NG Kerk se Vrouediens was die gasvrouens by ‘n gesellige sop-en-brood Lente-aand, met die gewilde Kwêla aanbieder, Hannes van Wyk. Op die foto is Doretha Visser, Lynette de Witt, Soreen Gouws, Elmarie Coetzee en Magdalena Mostert.

Moira van der Westhuizen, Sandra van Wyk en Marlien Smit, Voorsitter, saam met Hannes van Wyk. Foto’s verskaf

Diereliefhebbers ons soek u hulp Dit is weer vlooie en bosluistyd, die minderbevoorregte diere is oortrek van bosluise en vlooie, baie kry brandsiek agv die miete wat op hulle teer. ‘Advocate’ bekamp vlooie, miete, bosluise en die vlieë wat hul ore stukkend byt. Dit kos R140 per buisie. Dierelief-hebbers word versoek om asseblief ‘n klein boksie te pak met een buisie Advocate en een wurmpil en by die Veearts se spreekkamers te los. Indien u by Superspar Boland vlooipoeier en wurmpille wil koop kan u dit by Dr Morrison se spreekkamers afgee.

Navrae Katinka Morrison 082 829 6918

Trippe Trappe Kleuterskool Sportdag Saterdag 2 September was ‘n perfekte dag vir die jaarlikse sportdag byeenkoms van Trippe Trappe Kleuterskool se maatjies en ouers. Mammas en Pappas het gewillig meegedoen aan al die aktiwiteite en daar is voorwaar baie talent en toekomstige sportmanne en -vroue. Dankie aan Hoërskool Piketberg vir die gebruik van die sportgrond en fasiliteite. Ons kleuters sien baie daarna uit om deel te word van die “groot” skool. Dankie aan al die ouers vir u skenkings, donasies en borgeskappe. Ook dankie aan die ouers wat hard gewerk het in die snoepie en pappas wat gebraai het. Trippe Trappe se ouers is werklik ‘n wenspan. Dankie ook aan borge Weskus Meganisasie en Winkelshoek Wynkelder vir u bydraes. Trippe Trappe Kleuterskool akkommodeer kleuters van 3 jaar (van die doeke af) tot 5 jaar. Aansoekvorms vir 2018 is by die kleuterskool beskikbaar. Foto’s verskaf


39

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


40

Steynville Primêr Sportnuus

Steynville Primêr se O/13A rugbyspan het vanjaar aan die Sitrus 7's rugby toernooi deelgeneem op 2 September te Citrusdal. Hulle het al ses hul wedstryde gewen en het as algehele kampioene weggestap met die trofee en medaljes.

Sashin Dirks, Ernwill Afrika en Reaquen Lesch speel vanjaar vir die O/12 Wes-Boland Krieketspan. Ernwill is ook deel van die Western Warriors Cricket Academy. By hulle staan hul Wes-Boland afrigter, Cisco Strauss.

Demorgan Somers en Damion Stevens speel vanjaar vir die O/11 Wes-Boland Krieketspan. Hulle is ook deel van die Western Warriors Cricket Academy wat in Oktober aan die FEEDEM Toernooi op Worcester gaan deelneem. By hulle staan hul Wes-Boland afrigter, Drikus Kirsten.

Hierdie drie atlete van Steynvile Primêr het deelgeneem aan die Wes-Kaap Landloop Kampioenskappe te George. Hulle is Brendon Afrika, Stephan Alexander en Gerswin Soutman.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

BERGRIVIER OUTREACH

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

Nolan Adams is opgeneem in die O/13 Boland rugbyspan. Hy is ook deel van die Wes-Boland se Sewes-groep wat 27-30 September aan die 0/13 Sewes Provinsiale Toernooi te Bloemfontein gaan deelneem.

Reaquen Lesch is opgeneem in die O/12 Boland Krieketspan vir 2017.

Foto’s: Elzanne Boshoff


41

Eendekuil se Handwerkgroep Die Eendekuil Handwerkgroep bestaan reeds sedert Oktober/November 2011 nadat twee vriendinne besef het dat hulle nie meer tyd maak om te kuier nie. Die moet-doen-dinge kry altyd voorkeur. Elke maand op die eerste Woensdag kuier die groep saam en doen handwerk. Elkeen daag op wanneer dit haar pas en vertrek wanneer dit haar pas. Elkeen maak vir haarself tee/ koffie wanneer sy dors is. Hulle kuier, gesels en lag saam. Hulle brei en hekel saam. Somtyds kom wys iemand iets anders wat sy aangepak het: naaldwerk, borduurwerk. . . Somtyds is hulle vier of vyf; op ‘n ander dag is hulle 15. Een van hul maters ry selfs af en toe uit Durbanville vir ‘n kuier. ‘n Ander een woon in Bettiesbaai, maar reël haar besoeke aan die kinders om saam te val met die groep se kuiers. Hulle leer mekaar en leer van mekaar. Hulle vra raad en gee raad. Hulle wys hul handewerk en bewonder hul vriendinne se handewerk. Hulle inspireer mekaar, maar die beste van als hulle gaan huis toe met ‘n glimlag oor die lekker van saamkuier.

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Agter is Marianna Boonzaier, Jolene Mouton, Petro Smit, Johanna Rossouw, Letitia Grundlingh, Wilma Burger en voor, Lydia le Roux, Nellie Mouton, Herma Rossouw en Hilde Visagie.

Foto verskaf


42

Piketberg Rolbalklub en De Hoek Ontspanningsklub vat hande

Deelnemers by die opening van Piketberg Rolbalklub se nuwe baan. Sedert die oorspronklike Piketberg Gholfklub ophou voortbestaan het, het die kleedkamers en sitkamer van die bestaande klubhuis al meer in swakker toestand geraak en kon Piketberg Rolbalklub dit nie meer gebruik wanneer toernooie aangebied word nie. Voorts het die klub gebuk gegaan onder ‘n vlaag van ongekende vandalisme wat hom genoodsaak het om alternatiewe moontlikhede te ondersoek. Die maklikste sou wees om by of Moorreesburg of Porterville aan te sluit, maar die bestuur was van oordeel dat dit nie goed sou wees vir Piketberg nie. Die bestuur het met die bestuur van PPC in gesprek getree om te verneem of daar ‘n moontlikheid bestaan om fasiliteite op hul perseel op te rig. Die koste hiervan vir die hoeveelheid lede (tans 10) kon dit egter nie regverdig nie. Leon Meyer, president van die Weskusstreek van Boland Rolbal, was van die begin van gesprekke op hoogte gehou. Hy het toe genoem dat daar by sekere klubs binnenshuise matte in onbruik is en stel toe voor dat indien PPC bereid sou wees om ‘n sementblad beskikbaar te stel, hierdie matte daarvoor aangewend kan word. Die nadeel was egter dat dit met skadunette bedek sou moes word. Die bestuur van PPC was egter opgewonde oor hierdie moontlikheid en het ‘n ongebruikte saal met kleedkamers en ‘n kombuis tot beskikking van die klub gestel. Mnr Meyer het dadelik die goedkeuring by Boland Rolbal gekry en is twee matte elk van Swellendam, Hermanus en Saldanha verkry. Dit het die klub in staat gestel om twee speeloppervlaktes in te rig wat 16 spelers gelyk sou kon hanteer. De Hoek het goedkeuring verleen dat lede van die Piketberg Rolbalklub individueel aansluit as sosiale lede van De Hoek Ontspanningsklub, maar ‘n ooreenkoms is aangegaan dat Piketberg Rolbalklub met sy bestaande struktuur en affiliasies eers so sal voortbestaan. Uiteindelik het die dag aangebreek en is die baan amptelik op Vrydag, 15 September 2017, in gebruik geneem. Spanne van Piketberg, PPC, Weskusstreek, Moorreesburg en Porterville het kom deelneem. Stoffel Lambrechts, President van Boland Rolbal, en sy gade het ook kom saam speel. ‘n Heerlike dag se rolbal is afgesluit met ‘n ete in die klubhuis van De Hoek. Almal was dit eens dat Piketberg bevoorreg is om so ‘n fasiliteit te kan benut. Die klub speel Dinsdae- en Donderdae-middae vanaf 14:00, maar wil ook poog om dit meer toeganklik te maak vir werkende persone op, miskien, Woensdagaande. Belangstellendes kan vir Jannie Fouché (tel. 022 913 1575) of Deon van Dyk (tel. 022 913 1529) skakel.

Johan Vorster (Hoofbestuurder PPC De Hoek, Anette van der Sandt (Vise-president Weskusstreek), Leon Meyer (President Weskusstreek), Stoffel Lambrechts (President Boland Rolbal) en Jannie Fouché (President Piketberg Rolbalklub).

Die nuwe binnenshuise rolbalbaan by De Hoek. Berig en foto’s verskaf deur Jannie Fouché

Ondersteun ons adverteerders. Hulle maak die druk van die koerant moontlik. Baie dankie aan elkeen wat goeie nuus meedeel en bydraes stuur.

Gimnaste na SA Gym Games

REACH gimnaste verteenwoordig Wes-Kaap in Ritmiese en Acro by die SA Gym Games 2017 gedurende die Oktober skole vakansie te Pretoria. Ritmies: Su-Mari Hanekom, Pamela Booys, Jade Wilson, Mílah Baard, Lana Boys, Lise Bruwer en Tihani van Lill. Acro: Su-Mari Hanekom en Tihani van Lill. Foto: Chrisna Baard


43


44

Al die leerlinge van Steynville PrimĂŞr wat sertifikate van die College of Magic ontvang het, julle het ‘n prag vertoning gelewer. Ons is so trots op julle!

By

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Okt 2017  

Die Piketberger Okt 2017  

Advertisement