__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 26 Nr. 8

www.piketberg.com

September 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

PHS Wen Interskole

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Juan en Lindi Trou...p4 VLV...pp6, 11 Waghuis Wyn Wen...p14 Steynville Primêr Presteer...p24 PHS se Slimkoppe...p26 Matriekafskeidfoto’s...pp31, 33 - 35,37 Familie Uitdaag…p38

PHS wen Interskole met 50 punte teenoor 44 vir Porterville. Nicol van den Heever, kaptein van die Eerste Rugbyspan hou trots die Rugbyskild ná hul oorwinning van 36 - 21. Janke van Schalkwyk, hoofdogter, het namens PHS die Interskole trofee ontvang. Foto verskaf Sien fotoblad op p29


2

Redaksioneel Volg die Leeu se Loop Badisa is besig met die nuwe Telefoongids vir Piketberg en Eendekuil. Die kleurvoorblad sal van duursame glanspapier wees en die datum sal lees 2019. Die vorige boekie wat in baie mense se huise met groot tevredenheid gebruik word, sê 2014. Ja, dis vyf jaar later en iemand soos Hannie Visser skep moed bymekaar vir die groot projek. Een van Hannie se vriende, Cobis Wilson, noem eendag dat Badisa gerus die boekie kan nuut skep vir fondsinsameling. Geen geringe taak nie. Maar Hannie aanvaar die uitdaging en kry bekwame mense aan boord wat die uitleg doen, die nommers bel, oor en oor proeflees en oor en oor die rekenaar aanskakel. En self werk Hannie ewe hard. Sy skakel veral met die besighede, stuur eposse uit en vra vir borgskappe, bel om te bevestig en volg op, weer en weer. In Die Piketberger van 20 jaar gelede vra Piketberg Lions, Gerry en Pat Kuhn, dat mense hulle nommers nagaan vir die tweede druk van die Telefoongids. Gerry en Pat het die konsep Piketberg toe gebring en in 1997, met hulle intrek, dadelik aan die werk gespring. Staatmaker Lions Riëtte Bryant, Berenice Scheepers en Johan en Joan van Kraayenburg het om die beurt vir sewentien jaar aan die uitleg gewerk en dit verfyn tot 'n prag produk. Ander lede van die Lions klub het die strate deurkruis om adverteerders te werf. Dit bring my by die adverteerders. Dis hulle wat spasies bespreek, koop en betaal, name met blokkies om kry, in ruil vir kontant. Sonder hulle is die telefoongids net nie moontlik nie. So het die blou boekie, die geel boekie, die pienke en in 2014 die eerste kleur glansblad verskyn, elke keer mooier, opgedateer en gebruiksvriendeliker. Dankie aan al die Lions vir reuse treë en onuitwisbare spore wat julle nagelaat het. Die afgelope paar maande het Badisa hard gewerk aan dié Leeuloop, wat binne twee maande sal verskyn. Die boekie wemel van nommers en baie prentjies. Lees die prentjies, ondersteun hulle, koop daar, gaan eet daar, maak gebruik van hulle diens - want met volgehoue ondersteuning kan Piketberg se besighede strewe na voortreflikheid. Lank lewe die "Lions" boekie.

Don’t forget to be awesome. Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen


3


4

Juan en Lindi trou

Mountain Creek Spur het nuwe bestuur

SPUR Personeel en Bestuur Agter is Onke Mbiza, Rueben Stevens, Marco Smit, Constance Maschilla en Marius van der Merwe. Voor is Kuylie Thys, Amber-Rose Gertse, Patricia Erasmus en Caroline van Rooi. Foto en berig verskaf

Juan en Lindi van Zyl is op 13 Julie te Ashanti Paarl getroud. Juan is ‘n oud-Piketberger en Lindi is van Durbanville. Foto: Celesté Prince van Aglow Photography

Huis AJ Liebenberg

maak weer WIT OLIFANTE bymekaar vir hul jaarlikse erfenis-reis KERMIS op 12 Oktober. Enige wit olifante word verwelkom en kan afgegee word by die kantoor of kontak gerus 022 913 1228

Mountain Creek Spur Piketberg wil graag elke getroue kliënt bedank vir hul jarelange ondersteuning en bystand. Met veranderinge is daar altyd onsekerhede en vrae. Daarom wil ons u gerusstel dat enige verandering by Mountain Creek Spur, gemaak word om u as kliënt se tevredenheid te verseker. Een van die veranderinge was die aanstelling van ons nuwe bestuurders, Marco en Marius, wat ons in Julie 2019 verwelkom het. Marco Smit, derde persoon agter, het meer as 15 jaar ondervinding in die restaurantbedryf waar hy sy spesialiteit in die fynere kuns van kosmaak verwerf het. Marius van der Merwe, regs agter, boorling van Clanwilliam, het ook 15 jaar ondervinding in die gasvryheidsbedryf, waarvan die laaste paar jaar meer spesifiek 6-Ster Ultru luxury cruise bote was. Hierdie twee manne se unieke persoonlikhede en bestuurstyle vul mekaar aan en saam vorm hulle ‘n dinamiese span, wat ons trots maak. Baie dankie weereens vir alle ondersteuning. Ons nooi u uit om ons gasvryheid by Mountain Creek Spur te kom ervaar. Ons nuwe bestuur en personeel sien uit na u volgende besoek.

By Marco Smit, bestuurder, is agter Christolene Mentoor, Michelle Pieterse, Ester Bokweni en voor Gillian Links, Zandile Nomzaza en Paulette Otto. Foto: Paul Burger


5

Tel: 022 913 1819


6

Rus-’n-Bietjie hou Snoekbraai

VLV Kyk na die Gebit

Nasionale Vrouedag op 9 Augustus was 'n lieflike wintersdag in Piketberg. Lede van die ACVV se Rus-'n-Bietjieklub het die sonskyn saam met heerlike gebraaide snoek, patats en brood-kaas-en-konfyt geniet. Die gesellige saamkuier is afgesluit met outydse broodpoeding!

VLV-gasvrouens en saamroeper van Gesondheid: Myrtle Steenkamp, Joan van Kraayenburg, Angeline Engelbrecht, Carin Rossouw (bestuur), Denise Nel (assistent vir dr) en dr Saskia Smalberger. Algemene Ledevergadering (Gesondheid) met spreker dr Saskia Smalberger van Bergrivier Dental wat lede kom inlig het oor algemene tand- en mondgesondheid en korrekte maniere van tandeborsel. Sy het ook wenke gegee vanaf voor geboorte, tydens swangerskap, baba/ kleuters, tieners en volwassenes se voorkomende tandheelkunde. Die volgende Leefstylvergadering is op 10 Oktober om 09:30 in die Biblioteeksaal. Bernice Troost (Van der Merwe) wat al vier resepteboeke geskryf het, is die spreker. Sy was betrokke by tydskrifte, voedselstilering, spyseniering en funksies. Dit gaan ‘n baie interessante en leersame oggend vir ieder en elk wees – kom luister gerus! Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665 Teegeld : R30 (nie-lede)

Foto’s: Marina Grobbelaar

Die Piketberger Advertensiekoste

VLVK-Kongres op 22 en 23 Augustus by Goudini, Worcester is bygewoon deur Nicoline Brown en Dinette Lochner, foto regs. Die nuwe VLVK-Tema is : Belê in Vroue/Invest in Women. Die VLVKProjek is steeds: Plastiek, Ons Vyand/Plastic, our Enemy.

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings

Skakel 022 913 1132 Hoofstraat 38, Piketberg Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S)

Estie Clarys

B.Comm (US) LLB (Unisa)

andersonnel@telkomsa.net

Die Kongres word deur Sirkel Paarl en Worcester met hul onderskeie takke aangebied. Op die foto verskyn voorsitters van Langebaan - Hillary Nepgen, Mary-Ann van Schalkwyk - Porterville, Elsabe Carstens - Leipoldtville en Nicoline Brown - Piketberg. VLVK vier hul 90ste verjaarsdag met die bekendstelling van hul Resepteboek - resepte van Toe en Nou! Foto’s verskaf


7

Oregon & More vier 10 jaar Presies 10 jaar gelede, open Oregon & More sy deure. Daardie jare het ek gedink ons sal ons besigheid bou rondom die vervaardiging van Oregon meubels. Spoedig sou ons besef om diens te lewer is baie belangriker as bloot vervaardiging. Die besigheid het uitgebrei na restourasie van meubels, kombuis- en slaapkamer-eenhede. Die dekor en geskenkedeel het vinnig gegroei en uitgebrei en Biggie Best en Annie Sloan Chalk Paint was ‘n goeie toevoeging. Die volgende stap was Stik & Stoffeer............waar stukkende sitkamerstelle herstel en stoffeer word; uitmekaarval stoele nuutgemaak word. Ons het ‘n groot verskeidenheid materiale wat bestel kan word, ons maak

strooikussings en help graag met materiaalkeuses, maak voorstelle en gee raad. Trekkersitplekke, Trok- en motorsitplekke is ook groot deel van ons werkswinkel bedrywighede. Hier het baie van ons kliënte ons vriende geword, ook in die Engelse gemeenskap, asook die omliggende dorpe/ omgewing. Aan een en elkeen van u wat ons die afgelope 10 jaar ondersteun het, ‘n baie groot dankie, spesifiek dan ook Fox Bouers en SUPERSPAR Boland. Aan ons personeel ‘n ewe groot dankie en aan ons Hemelse Vader, ‘n groter dankie. Ons sien daarna uit om u steeds van diens te wees. CHRISTO EN LINDA VAN SCHALKWYK

Langstraat 59, Piketberg (Oorkant Agrimark)


8

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126

20 Jaar Gelede SEPTEMBER 1999

Voorblad: "Young Dracula", PHS se opvoering olv Alison Müller, 'n groot sukses. Hoofkarakters Dracula en sy neef, Bill, se rolle is vertolk deur Dries Marais en Lyle Hinkel. Vrouerubriek se kollig val op Hepsibah Richter. Niek van Niekerk is die voorsitter van die nuut gestigte Piketberg Toerismeburo. 20 Piketberg Tweelinge van 3 maande tot 13 jaar, geniet Boland Spar se tweelingpartytjie. Piketberg Lions is besig met die saamstel van 'n 1999/2000 telefoongids. Laerskool Eendekuil Nuusbrokkies: Skoolhoof Hein Swart was saam met FCE, 'n Christusgebaseerde Stigting vir Onderwys, op 'n uitreik na Zambië. Louw Smit word die eerste Boland rugbyspeler van Laerskool Eendekuil. Die Junior- en Senior Spreekkore behaal Goud by Wes-Boland Eisteddfod. Twee sangleerders van Magdaleen van Zyl, Anina Kitshoff en Suné Smit, boei die gehoor tydens 'n voorprogram van die sangeres, Suzanne. 'n Nuwe rubriek, "Die natuur in ons omgewing" word behartig deur Oom Hennie Mostert. Piketberg Rolbalklub se permanente besproeiingstelsel, 'n lang gekoesterde ideaal, word amptelik in gebruik geneem. VLV se Huisvlytafdeling stof al veertien ander takke uit by die Sirkel Weskus konferensie. Lede wat dié prestasie behaal, is Netta Liebenberg, Marleen Bruwer, Christa van Ellewee en Sanet van Niekerk. Die Redaksionele kolom verskyn vir die eerste keer, geskryf deur Pierre Steenkamp. Marietjie Pedro van Boland Spar slaag 'n Bestuurskursus by Spar Hoofkantoor.

Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Ons ervaar goeie reënval die afgelope tyd en ons kan opreg dankie sê aan ons Hemelse Vader. Ons kantoor is besig om ’n dankseggingsdiens te organiseer op 13 September om 09:30 by Piketberg NG Kerk om God te loof en te eer vir Sy liefde. Raadsheer Hiermee nooi ons alle geestelike leiRay van Rooy ers, gemeenskapleiers, landbouers en inwoners van Bergrivier area. Ons as mens kan nie net vir Hom bid en dankie sê vir wanneer dit sleg gaan nie. Kom Bergrivier, laat elke dag spesiaal in ons lewens wees en mag ons omgee vir mekaar. Ons is ook besig om alle kerkleiers uit te nooi na ’n gesprek met die munisipaliteit oor beter samewerking met die geestelike leiers. Almal is seker bewus van die twee dogters wat vermis was en ons het goeie nuus op Sondag 18 Augustus ontvang dat hulle gevind is. Die dogters is veilig by hul ouerhuis na hulle naby Ceres opgespoor is. Namens die twee families wil ons almal hartlik bedank vir hul hulp en ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd. Ons wil spesiaal dankie sê aan Sersant Thomas, Piketberg-, Citrusdal- en Ceres SAPD, Billy Claasen, Megan van Rooy, Pink Ladies en Minister Albert Fritz wat alle hulpbronne beskikbaar gestel het. Ons grootste kopseer onder jongmense in Piketberg is die groot getal kinders wat nie daagliks in die skool is nie. Die vraag wat ek vir myself afvra is, waar is die ouers en weet hulle van hul kinders. Ek vra weer vir beter samewerking in Piketberg tussen die munisipaliteit, kerke en organisasies om die maatskaplike kwessies aan te spreek en om oplossings te kry. Die gebruik van dwelms onder ons jeug is besig om hand uit te ruk en die dwelmhuise groei ook by die dag. My kantoor ontvang verskeie oproepe uit die gemeenskap om hulp vir dwelmverslaafde persone wat hulp soek. U kan vir Oswald Cloete van Save A Life in Velddrif kontak vir enige dwelmverwante probleme. Vandag wil ek erkenning gee aan elke vrou in Piketberg area vir u bydrae tot die bou van ons gemeenskappe. Vroue is die steunpilaar van ons gemeenskappe en huishoudings en gesinne. In die afwesigheid van mans op baie gebiede is dit die vroue wat die voortou neem en die leisels vashou. Hulle is die persone wat sorg dat die huis skoon is, dat elke kind versorg word en aandag kry, wat staan agter die potte en wat sorg dat die manne reg is vir werk of kerk. Vroue, dankie vir jul onbaatsugtige diens in jul omgewing. Manne, wees lief vir jul vroue en meisies elke dag van jul lewe. Die Burgemeestersgholfdag sal plaasvind op Vrydag 1 November by die Velddrif Gholfbaan. Dit word voorafgegaan met ’n stap die Donderdag vanaf Piketberg tot in Velddrif deur die Burgemeester en sy raadslede. Die doel van die gholfdag en vooraf stap is om fondse in te samel vir die Burgemeester se hulpfonds wat weer in die gemeenskap teruggeploeg word. Enige individu of besigheid wat die Burgemeester of raadslede wil borg vir die stap van 65 kilometers kan met Terry-Anne Wessels kontak maak by die kantoor. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za / burgemeester@bergmun.org.za


9


10

ACVV Hoofbestuur wens geluk met 100

ACVV Vrouedagtee Die Vrouedagtee van 17 Augustus vorm deel van ACVV Piketberg se vieringe van die Tak se 100-jarige bestaan. Die 160 vroue wat saamgekom het om na sanger en motiveringspreker Lizette Janse van Rensburg te luister, is beslis nie teleurgesteld huis toe nie! Gelukkige trekkings, asook heerlike eetgoed, het die besondere oggend afgerond. Foto’s: Hanlie Smit

Aletta Visagie, ACVV-Hoofbestuurslid, Carine Hougaard en Alta van der Walt, ACVV-lede en Elsabe Liebenberg, ACVV-Voorsitter Piketberg. Aletta Visagie van Porterville, Hoofbestuurslid van ACVVWes-Kaap, het ACVV Piketberg amptelik kom geluk sê met 100 geseënde jare op Piketberg. Later vanjaar, op 25 Oktober, word die 100ste verjaarsdag gevier met ‘n deftige dinee by Org de Rac. Nasionaal is ACVV reeds 115 jaar oud, waarvan Piketberg die afgelope 100 jaar aktief meedoen aan die nood van ander en die poging om fasiliteite vir sorgbehoewendes staan te maak en in stand te hou. Deur die jare het ACVV talle uitdagings beleef, baie veranderinge ondergaan en by nuwe omstandighede aangepas. Ondanks dit, het dit die toets deurstaan om nie ‘n naamsverandering te ondergaan nie, aangesien die ACVV se samestelling steeds dié van Afrikaanse Christen Vroue is wat aan ‘n Vereniging behoort. Die waardes van ACVV is steeds: Deernis, Menswaardigheid, Integriteit, Uitnemendheid en Verantwoordelikheid. Aletta het weer benadruk dat ACVV met reg trots kan wees op die verskil wat hulle in ander se lewe bring. Die geboue wat oor jare tot stand gekom het, is werklik iets om op trots te wees, pragtige fasiliteite is met harde werk opgerig en sy moedig almal aan om steeds voort te bou op die mooi. Baie individue beskik oor die vermoë om ‘n verskil te maak, maar hoekom sou so iemand aansluit by ‘n vereniging soos die ACVV wat in ‘n span saamwerk? Aletta het die groter prentjie geskets dat op Nasionale vlak 51 ACVV-takke deur vrywilligers bedryf word, 135 maatskaplike werkers is in diens geneem, 72 hulpwerkers en 17 gemeenskapswerkers. 44 Créches bied ‘n opvoeding vir 3 350 kinders. In 66 residensiële fasiliteite en 62 behuisingsprojekte en 33 dienssentrums word 14 461 ouer persone versorg. Beslis iets om op trots te wees. Dit is wat ‘n span regkry! Foto’s bo en regs: Marietha Goosen

Knitted Knockers Op die foto is Adri Visser en Alta van der Walt wat ‘n woordjie wissel na die ACVV se algemene vergadering, terwyl Jacoba Basson ‘n “knitted knocker” pakket by Marina Grobbelaar koop. Die knitted knocker projek is nog een van NG Kerk Piketberg se vele projekte waarby een en almal kan inskakel. Koop ‘n pakket teen R50 wat katoenwol bevat, Merinoskaapwol en ‘n patroon om ‘n bors prostese te brei. Jy kan self brei of as borg optree en R50 skenk. Teen Oktobermaand, wat as Borskankerbewustheidsmaand bekend staan, sal al die gebreide prosteses na KANSA gestuur word. Kontak Marina Grobbelaar by 082 865 9783.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas. Stuur na:

diepiketberger@gmail.com


11

VLV Projek by SAP Aanklagkantoor

Op die foto saam met lede van Piketberg SAPD, A/O Peet Myburgh, A/O Silke Lourens, Stasiebevelvoerder Kolonel Zimba en Henriëtte Olivier is Apostle Mark Lintnaar tweede van regs agter en VLV-lede, Christell Brand (Openbare Sake), Nicoline Brown (Voorsitter) en Dinette Lochner (Sekretaresse). Piketberg VLV het ‘n donasie vir die koop en maak van gordyne gegee asook vir vyf nuwe stoele vir die aanklagkantoor. ‘n Donasie van 20 liter verf is ontvang vir die verf van die aanklagkantoor en badkamers. Die kolonel het almal betrokke bedank vir hul bydraes en diens gelewer, aangesien die plaaslike polisiekantoor in diens van die gemeenskap is. Foto verskaf

Sandveld Spring Exhibition Sandveld Collaborative is happy to announce and invite you to their first Spring Exhibition. Artists that will be participating are Mel Burger, Redelinghuys, Elmie Smit, Redelinghuys, Van Wessels, Redelinghuys, Danene Esler, Darling, Arend Louw, Bo-Huis, Aurora and Mem Sevenster, Stellenbosch. The art work on view will consist of drawings, collages, paintings, ceramics and embroidery. Opening day is 22 September 2019 at 11:00 until 16:00. The exhibition will be open every day from 22 September until 22 October 2019. Open from 11:00 until 16:00. The venue is 'Home Gallery' at 586 Smit Street, Redelinghuys. For more information, phone Elmie Smit 072 833 0291 or Mel Burger 079 081 6229.

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276


12

Boererate en Verbruikerswenke

Soos versamel deur een van ons oudste en getrouste lesers, Willem Burger

Groente

Voeg bietjie suurlemoensap by water as jy aartappel in skil kook. Die aartappel sal wit wees en jou pot sonder vlekke. ‘n Bietjie poeiermelk by kapokaartappels maak dit mooi donsig. Voeg bietjie suurlemoenskil by aartappelslaai vir ‘n pikante smaak. Sit stukkie suurlemoenskil of bietjie suurlemoensap in die water as jy blomkool kook. Dit hou die blomkool mooi wit. Sny knoffel fyn en gooi in kookolie in klein houertjie. Dit kan in yskas gebêre word en die olie kan ook gebruik word vir knoffel geur. Stowepatats kry ‘n mooi kleur as ‘n mespunt koeksoda bygevoeg word terwyl dit kook. As tamatie- en uiesmoor gemaak word, gooi ‘n kwart koppie melk aan die einde by. Dit verminder sooibrand. Hierdie rate en wenke is om self te probeer en nie noodwendig getoets of beproef nie.

Bloedskenk datums 13 September * 8 November (Vrydae 10:00 - 14:00) by Piketberg Museum

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Nuwe Hoof: Rampbestuur en Brandweerdienste “Ek is hier om lewens te red en eiendomme te beskerm.” So sê Daine Jones, Bergrivier Munisipaliteit se nuwe Hoof: Rampbestuur en Brandweerdienste. Hy het ook verduidelik dat hy meer effektiewe dienste in die Bergrivier gemeenskappe wil lewer. Jones (34) is aangestel op 1 Junie 2019. Hy is verantwoordelik vir die beplanDaine Jones ning en koördinering van rampe wat mag ontstaan en die bestuur van brandweerdienste in die Bergrivier Munisipaliteit Gebied. Jones, ‘n boorling van Johannesburg, het ‘n BTech-graad in Brandtegnologie aan die Tshwane Universiteit verwerf asook ‘n sertifikaat in Rampbestuur aan IMS (International Medical Services) (2017). In 2009 het Jones ‘n paramedikus-kursus voltooi by die SuidAfrikaanse Nasionale Weermag. Jones is in 2005 aangestel as ‘n brandbestryder en paramedikus by City of Ekurhuleni in Gauteng. In 2013 is hy bevorder na ‘n skofbevelvoerder en in dieselfde jaar is hy as stasiebevelvoerder aangestel. Toe hy na Bergrivier verhuis, is hy oorweldig met die vriendelikheid van die inwoners en die netheid van die verskillende dorpe. Hy noem ook dat hy van die samewerking, vennootskappe en orde hou wat hier gehandhaaf word - nie net in die werksplek nie, maar ook in die gemeenskap. As hy nie besig is om te werk nie, geniet Daine dit om te gym, boeke te lees en om rugby te kyk. Hy hou daarvan om na verskillende tipe musiek te luister. Jones sê hy sal sy bes doen om die Bergrivier gemeenskap ‘n veilige en bevorderlike omgewing te maak vir alle inwoners wat hier bly. “Be wise, be safe and always be aware of your surroundings,” het Jones mee afgesluit. Die gemeenskap kan die volgende noodnommers skakel: 083 272 3714 Daine Jones, Hoof: Rampbestuur en Brandweerdienste 079 349 8619 Piketberg 076 695 7454 Porterville

Piketberg Animal Outreach Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918 Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers


13

Theron du Plessis Swartland open sy nuwe kantoor op 2 September 2019 op Piketberg. Dié nuwe kantoor sal deur Salmond van Huyssteen verteenwoordig word. Salmond het in 2018 by die Theron du Plessis span aangesluit nadat hy sy klerkskap by Theron du Plessis Villiersdorp voltooi het en sy toelatingseksamen as ‘n lid van die Instituut van Professionele Rekenmeesters (SAIPA) geslaag het. Salmond het ook sy honneursgraad in Belasting voltooi en praktiseer as onafhanklike rekenmeester. Theron du Plessis is gestig in 1976 in Middelburg, Oos-Kaap, met reeds nege onafhanklike, geassosieerde kantore in die Wes- en Oos-Kaap. Dis vir ons ‘n voorreg om ons dienste bekend te stel in die Swartland omgewing. Theron Du Plessis Swartland sal direk affilieer met Theron du Plessis Stellenbosch en Theron du Plessis Villiersdorp, in die Overberg, wat tans as een funksioneer. Theron du Plessis Villiersdorp is in 1994 deur die huidige direkteur van Theron du Plessis, Stellenbosch, Monté van Huyssteen, begin. Nadat Dirkie Viviers as direkteur in 2008 by hom aangesluit het in Villiersdorp, is die kantoor in 2008 uitgebrei na ‘n kantoor op Stellenbosch.

Theron du Plessis Swartland kan aan u die volgende dienste lewer: - Rekeningkundige dienste; - Alle relevante belastingdienste soos BTW en inkomstebelasting; - Afhandeling van onafhanklike oorsigte; - Testamente en Boedels: Beplanning en bereddering; - Oprigting van maatskappye en trusts. Salmond van Huyssteen

Kom besoek ons kantoor by Kerkstraat 9 (langs Agrisell) om te ontmoet of te gesels. Ons open amptelik op 2 September 2019.


14

Die Waghuis Wyn Wen - dit was die Wag Werd Org de Rac het onlangs twee vlagskip wyne, 'n Rooi versnit en 'n Wit versnit, onder die nuwe naam, Die Waghuis, bekend gestel. Die Waghuis is

'n verwysing na die historiese Die Waghuis, wat in die 1700's aan die voet van die skilderagtige Piketberg, as wagtoring opgerig is. Die wingerdstokke is in 2012 geplant teen die suidelike hange van Org de Rac Landgoed, die koelste deel van die plaas vanweĂŤ die koel Somerseelug uit die Weste. Dis die perfekte omstandighede vir die stok om in te ontwikkel. Frank Meaker, hoof Wynmaker, nooi Piketbergers uit om Org de Rac te besoek, wyn te proe en die asemrowende uitsig te kom geniet. Lees gerus die advertensie hieronder om te sien wat Org de Rac u alles bied. Vind ook uit oor watter geriewe Org de Rac beskik vir daardie spesiale funksie wat u beplan. Moenie op jou laat wag nie, skaf Die Waghuis Wyn aan en maak van 'n spesiale geleentheid die perfekte een! Piketbergers kan voorwaar trots wees op hierdie landmerk langs die N7, wat soos 'n wagtoring pryk en gaste verwelkom.

Org de Rac se Hoof Wynmaker en Algemene Bestuurder, Frank Meaker, met Die Waghuis Wit 2017, Hoof Kelder Assistent Wendley Carolus met Die Waghuis Rooi 2017 en Careli Smit, Front of House Bestuurder, met Die Waghuis Rooi 2016. Die Waghuis Wit 2017 (links) behaal 94 punte in die Cape White Blend Report 2018, Die Waghuis Rooi 2016 (regs) behaal 93 punte in die Winemag Signature Red Blend Report 2018 en Die Waghuis Rooi 2017 (middel) het pas presteer in die Winemag Signature Red Blend Report met 93 punte; dus twee agtereenvolgende jare. Foto: Marietha Goosen


15


16

Kuier by die Kasteel

Deesdae kan mense weer heerlik kuier by Dunn’s Castle. Die Restaurant en kroeg is oop Maandae tot Saterdae vanaf 18:00, met ‘n wye verskeidenheid bekostigbare steaks en vleis. Spesiale aanbiedinge vir groepe van ses of meer. Die Gastehuis met sy vroeë 1900’s dekor, Victoriaanse baddens en kaggels, bied ‘n knus en warm gevoel vir Bed en Ontbytgaste. Die selfsorg akkommodasie eenhede is gerieflik met en-suite badkamer, volledige kitchenette en balkon met braaigeriewe. Die venue leen hom uitstekend vir funksies soos troues, verjaarsdagen spesiale vieringe, konferensies vir soveel as 130 gaste en ook kinderpartytjies. Die personeel van Dunn’s Castle gee gehoor aan elkeen se spesifieke behoeftes wat betref spyseniering, dekor, fotoAdrian Mellema en Alice grafie, musiek en meer. Die Good Morning Café is ‘n Mennen wat vir die lugversorgde Coffee Shop afgelope 18 maande met ‘n reeks ontbyt items op reeds Dunn’s Castle die spyskaart, koffie, tee en bestuur. Foto: Marietha Goosen koek en ligte etes soos geroosterde toebroodjies. Die Café is elke dag oop sowel as Sondae vir ontbyt en middagete. Terwyl jy die pragtige uitsig oor die Swartland geniet, kan jy eersdaags begin rondsnuffel in die Art for Sale afdeling met handgemaakte artikels, Cotton Road items en so goed soos nuut tweedehandse klere. En dit alles terwyl jy vry toegang tot Wi-Fi het.

Op die foto is van die personeel wat onlangs die ‘Guest House Management and Housekeeping’ kursus gedoen het. Saam met Adrian en Alice is Pedro Rheeder, Rufaro Ruzvidzo, Vareline Smith en Henrihette Adams. Die ander personeel is Leo, Jan, Cronville en Frans, wat die tuine en terrein in stand hou. Foto verskaf


17


18

Op die rakke van die Biblioteek... Wonderboom deur Lien Botha

Die boek is ‘n visuele voëlvlug fantasie reis van Bettiesbaai, via Atlantis, Mamre, Hermon, Ceres en dan deur die Karoo tot Kimberley, met die eindbestemming die Magaliesberge. Deurentyd het die tonele beelde met Bespreking deur Quintin Tarantino ondertone met Suid- Deidré Eigelaar Afrika se geskiedenis, ontgogeling, ironieë en uniekhede sentraal tot die magiese verhaal. Bome, voëls, musiek en kunswerke is `n goue draad tussen die karakters en familie van Magriet Vos, die hoofkarakter. Aan die begin van die verhaal leer ons honger, verval, ontbinding en verlies as temas en is Magriet die violis met ‘genoeg’ as deel van haar geskiedenis, nou uitgelewer aan Albino X, die nuwe ongepigmenteerde ironiese diktator van die Wes-Kaap wat alles en almal volgens sy nukke en grille manipuleer en moor met behulp van miniatuur politici wat hy misbruik om sy grondgebied en mag uit te brei. Die verhaal is ‘n storie van die geleidelike gewoond raak aan honger, wanorde, korrupsie, armoede en ‘n verlies aan kundigheid. Dit word treffend deur die sistematiese stroop van die visuele beelde, aan die begin of einde van elke hoofstuk, geïllustreer. Die hoofkarakter worstel met haar geheue wat haar in die steek begin laat en ‘n klein swart boekie word die geheue kaart van haar bewussyn en haar kosbare viool as die konstante reisgenote. Die storielyn het die reis as leidraad waarmee en waartydens

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

die karakters voorgestel word aan die leser. Karakters wat so bewoord word, dat jy die beelde van die karakters en die geografie maklik oproep en wat in vele opsigte vra vir ‘n Thelma-en-Louise-agtige reis-rolprent. Magriet Vos se pa word treffend beskryf en van die beskrywings herinner aan die skrywer se familie en vader, Pik Botha, die tydgenote en politieke leefwêreld en is daar soms dun membrane tussen die werklikheid en die verhaal. In vele van die hoofstukke is daar karakters wat die leser sal herken in die hede, as tydgenote en as gebeurtenisse. Die suggestie van outobiografie, biografiese en herkenbare elemente is deurentyd teenwoordig, maar tog ook met reëlmatige en surrealistiese skokke, wat die leser vanuit die werklikhede van die hede, wys op die ellende wat kan wag in die toekoms met ‘n apokaliptiese bodemlose hel wat roep. Die tipe toekoms word as ‘n moontlikheid met ryk en treffende woorde geskilder, en is die beelde skrikwekkend en die ondenkbare word ‘n futuristiese verhaal. Die boek is verdig met musiek, musiekterme, geskiedenis, voëlspesies, diere en onderbrekings in kursief wat soos asemteue in die mallemeule van gebeurtenisse, lewe gee, maar tog ook die verhaal onderbreek en soos ‘n radio wat van stasie af raas, die fokus verstoor. Soos die beskrywing agterop die buiteblad meld, is Wonderboom ‘n oorlewingsreis: om Suid-Afrika te oorleef, hoe om die geskiedenis te oorleef, hoe om die strikke – en verliese – van ‘n mens se eie geskiedenis te oorleef. Die taalgebruik is treffend en verbeeldingryk. Die struktuur van die boek is nuut en ‘n aanwins vir Afrikaanse letterkunde. Soos in Litnet se resensie gemeld word: die verhaal wissel tussen direkte werklikheid, die absurde en waansin. Die titel Wonderboom het volgens die skrywer verwysings na ‘boom’ as stamboom, familieboom, boom wat papier vir skryf bied en hout vir die musiekinstrument, asook boom as skuiling en boom wat voed. Die W van Wonderboom word op ‘n simboliese wyse deur Sticks Dlamini, Ferdinand Vos, die vader van Magriet, se getroue werknemer uitgestal. Die W verdwyn en word Wonderboom dan Onderboom, wat interpretasies wyd ooplaat vir die leser. Die boek bied wonderlike insig met die poëtiese geskiedenis as ‘n terug wyser, gee konteks aan waar Suid-Afrika is en ‘n skrikwekkende blik op die toekoms. Nie net die toekoms van Suid-Afrika nie, maar van die wêreld, want soos Johan Rossouw in 18 Augustus 2019 se Rapport skryf: “Suid-Afrikaners wat dink jy kan die wanorde in Suid-Afrika verlaat, vergis hulle. Suid-Afrika is nou oral. Ons veg teen ‘n soort geweld wat deur niks meer beperk of bemeester word nie.” Wonderboom laat ‘n mens wonder...en die onsienbare sien.

Leeskring 2019

Moenie dat allergieë jou en jou gesin onderkry nie. Kom praat met ons en kry die regte anti-histamien vir jou!

18 SEPTEMBER: AANKOMS EN VERTREK – Pat Stametelos Bespreek: Madelie Burger 23 OKTOBER: KAINSMERK – Annelie Botes Bespreek: Sandra van Wyk 20 NOVEMBER: AFSLUITING

Die Piketberger se Datums OKT: Berigte in 24 Sept : Verskyn 3 Oktober NOV: Berigte in 22 Okt : Verskyn 31 Oktober DES: Berigte in 19 Nov : Verskyn 28 November EPOS: diepiketberger@gmail.com


19


20


21


22

Lemoene en Appels vir Steynville Primêr

Elbeth Liebenberg het ‘n droom gehad om vir elke leerder van Steynville Primêr ‘n appel en ‘n lemoen te gee. Na ‘n gesprek met Riaan Swanepoel, het Piketko 2000 appels geskenk en Liebco 55 sakkies lemoene en 13 sakkies naartjies. Daar is 1535 leerders in Steynville Primêr. Op die foto is die skoolhoof van Steynville Primêr, Bryan Pieterse, Elbeth en Andries Liebenberg en vier leerders. Berig en foto verskaf


23


24

Steynville Primêr Presteer by Wes-Boland Eisteddfod

Gr. 3 Dogters Afrikaans HT Voordrag Miche-Lin Williams, Silwer, Seuns Afrikaans HT Voordrag Leano Cloete, Silwer, Lee-Hogan Booise, Silwer. Afrigter Juf AH Vraagom. Dogters Afrikaans Voordrag Tamlyn Petro, Silwer, Jerandia Boois, Silwer, Shakira Fredericks, Silwer, Renay Van Wyk, Silwer en Ruth Kayster, Cum Laude. Afrigter Juf S Williams.

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane

Gr 6 Dogters Afrikaans HT Voordrag Sue-Ellan Soutman, Silwer, Mariechen Janse, Silwer, Shunyda Willemse, Silwer, Juanicke Malgas, Goud. Girls English Additional Language Poetry, Beyoncè Mouton, Silver, Alkisha Marcus, Gold.

Enige modelle: 1919 tot 2019 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Gr 7 Dogters Afrikaans HT Voordrag Junade Markus, Goud, Shamique Booysen, Goud, Mpho Cabu, Cum Laude, Rubenice Langeveldt, Cum Laude. Girls English Additional Language Poetry, Patricia Links , Goud, Elchunay Esau, Goud, Anrethe Rivida, Cum Laude. Me S Smith Afrigter Gr 6 en 7. Foto’s: Lucille van Louw


25


26

Twee van PHS se Slimkoppe

Johan du Toit, Gr 12, behaal 6de plek landswyd met Die Burger se wiskunde online olimpiade. Foto verskaf

Sekretaresse Dag Woensdag 4 September

Henco Kruger, Gr 8, het ‘n 5de plek behaal in die Wes-Kaap streek van Blitsbrein Junior. Dit is ‘n kompetisie wat Netwerk24 aanbied in samewerking met Die Burger, Beeld, Volksblad en VIA. Henco neem deel aan die finale ronde op 14 September. Foto verskaf

Laerskool en Hoërskool Drama

Agter Nina Ellis, Dale Julius, Afeziwe Zimba, Hanlie Lambrechts en Annika Steyn. In die middel is Jenito Bond en Christiaan Carstens. Voor is Johané Smuts, Lené Kruger, Ambernicia Afrika, Erna Koegelenberg en Anandri Pretorius.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Debbie Paulsen, Karla Taljaard en Henrietha Cloete. Foto: Marietha Goosen

SSS Matriekafskeid Carlon Maschilla en haar metgesel, Marlon Januarie, vroeër vanjaar op pad na Steynville Sekondêre Skool se matriekafskeid. Foto: Corné Visser

Onthou om te herwin!


27


28

Vrouedagpakkies aan Huis AJL Vir Vrouedag het Wyke NA en NC saamgespan en pakkies oorhandig vir die personeel van Huis AJ Liebenberg.

Terwyl die pakkies uitgedeel word, is die inwoners besig met speletjies wat Donderdae plaasvind met die hulp van vrywilligers. Foto’s: Marietha Goosen

Huis AJL - Kollektelyste

Hanlie Linde deel pakkies uit aan Sara Mouton, Adene Engelbrecht en Susanna Monk.

HUISHULP BENODIG Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Vrywilligers is besig om deur die dorp te beweeg met kollektelyste vir Huis AJ Liebenberg, een van ons dorp se trotsste instellings. Hier word bejaardes menswaardig hanteer, liefdevol versorg en word allerhande aktiwiteite weekliks aangebied. Ondersteun asseblief hierdie instansie.


29

Interskole Opwinding en Aksie

Foto’s verskaf deur PHS

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


30

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


31

PHS se Matriekafskeid - A Night Under the Stars

Johan du Toit en sy metgesel, Joanie du Toit. Foto: Soreen Gouws

Janke van Schalkwyk en haar metgesel, Harry Roux. Foto: Sanet van Schalkwyk

Larissa Brandt en haar metgesel, Sibabalwa Kula. Foto: MornĂŠ Brown

Lara Visser en haar metgesel, Chris Lausberg. Foto: Andrea Visser

Shonne-Lee Klein en haar metgesel, Franklin Kriel. Foto: Ivan van Niekerk

Kyk gerus na hierdie pragtige rokke in kleur op die internet.

Petro Grundlingh en haar metgesel, Rohan Knoetzen. Foto: Letje Burger


32


33

Janica Maritz en haar metgesel, Jahnco Mouton. Foto: Magda Maritz

Alicia Louw en haar metgesel, Petrus du Plessis. Foto: Andrea Fourie

Jacquin Valentyn en sy metgesel, Kirischnie Afrika. Foto: Elishque Ntane

Mílah Baard en haar metgesel, Kleinjan Kotze. Foto: Belinda’s Photography

Chris Smith en sy metgesel, Heliz-Marié Burger. Foto: Margaret Weideman

Lieschen Maree en haar metgesel, Zandré van Tonder. Foto: Mel Photography


34

Uleuqe Ockhuis en haar metgesel, Ronaldo Willemse. Foto: Denzel Graham

Mari Visser en haar metgesel, WandrĂŠ de Beer. Foto: Margaret Weideman


35

Bosmann Rossouw en sy metgesel, Danielle Kitshoff. Foto: NESSA Photography Jako Strijdom en sy metgesel, Merieke Walters. Foto: Sarie Walters

Ashwill Februarie en Rochelle Klaasen. Foto: Shanice Koordom

Carli Rossouw en haar metgesel, JJ de Klerk. Foto: Kristin Lochner Ruan Potgieter Hanmari Marais en haar metgesel, Piet Liebenberg. Foto: Ronell Henning

Ek dans, want my siel praat in ritmes‌

Foto: Mareli Wirth Dewaldt Lambrechts en sy metgesel, Khara Kaltwasser. Foto: Frederik Kotze


36


37

Tiaan Burger en sy metgesel, Malandi Marais. Foto: CornĂŠ Visser Photography

Dirk Theart en sy metgesel, Anika Jordaan. Foto: Brandon Brand Photography Marinda Nelson Foto: Marinette Nelson

Nicol van den Heever en sy metgesel, Liezel van der Merwe. Foto: Margaret Bruwer Weideman

Con-Li Halvorsen en metgesel, Joshua Teren. Foto: Jacques Lourens

Die volgende Piketberger verskyn op 3 Oktober 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 24 September 2019 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Lentedag

1 September

AnnĂŠ Rheeder Foto: Wian Koch


38

PQ AgriX Familie Uitdaag Wenners PQ AgriX Familie Uitdaag was ‘n groot sukses en hope pret danksy die pragtige natuurskoon, puik organisasie en ruim borgskappe. ‘n Groot dankie aan die volgende borge:

2Acre Hardware; A-Z Supplies, Action Ford Citrusdal, Afgri Meganisasie, Agrimark Piketberg, Atlantic Kunsmis, Bierman Oogkundiges, Dup Meubels, Fick Sementwerke, Fox Build it, Fruitlips, HG Molenaar, Liebco Vleishandelaars, Midas – André Kennedy, Nexus24 – Eswé Visagie, Nulandis – Eben Burger, OVK/CMW, Overberg Agri Moravia, Real IPM Stiaan Liebenberg, Perdeberg Isuzu, Piket Implemente, Piketberg Apteek, Piketberg Bandediens, Piketberg Power Tools, Piketberg Toerisme, Piketko, Salon Keya, Superspar Boland, Vanco Agri, Voermol - Hans Burger, Wesgraan, Weskus Meganisasie, Winkelshoek Bottelering en Zimmatic. Foto’s: Marietha Goosen


39

Steynville Primêre Skool se besoek aan SUPERSPAR Boland was vir die slim leerders ‘n heerlike ervaring en ‘n groot avontuur!


40

Marietjie oorhandig aan Gus Pickard ‘n Babapap skenking vir hulpbehoewende Babas in die gemeenskap.

(L-R) Marietjie Jacobs, Ruth Ludick, Morandi Hannekom, Felicity Witbooi, Villa Jacobs, Cazelda Adams, Junet Mbabane en Marlene Visagie het saam met die Burgemeester, Ray van Rooy ‘n skenking van pap vir hulpbehoewende babas ontvang.

The West Side Rattlers visited SUPERSPAR Boland on their Charity Run for Women’s Day. Mervin Dietricht received their much appreciated contribution towards our community.

Melissa oorhandig aan Chadrick Fortuin van die Christian Artist Standing Together SA ‘n donasie vir hul Jeug fondsinsamelingsprojek.

Pret en sommer baie van SUPERSPAR Boland-gees! Ons spog met die wenners: (L-A) Philip Jankielsohn, Cedrick Esterhuizen, Aubrey Cedras, Hansley de Klerk, (M) Janice de Kock, Melissa Le Fleur, Desiré Gal, Miriam Fick, Charmaine Nthane, Dean Jankielsohn, (V) Maryke Cleophas, Urshula Cloete, Lenithe Smith, Desiré Small.

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Sep 2019  

Die Piketberger Sep 2019  

Advertisement