__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 8

www.piketberg.com

September 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Klink op ‘n Kwarteeu

Matrikulante van PHS klink ‘n glasie op hulle matriekafskeid en ook op die koerant se kwarteeu viering: Stehan Swanepoel (metgesel van Hoërskool Swartland), Anke Schreuder, Minette van den Berg en Dewald van Deventer. Sien meer foto’s op pp 40,41. Foto: Marietha Goosen

Die Piketberger vier hierdie maand sy 25ste verjaarsdag!

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Winterbruide...p4 Corrie tree af...p6 Mnr en Mev Huis AJL...p10 Calendulastraat...p12 Desiree se CD...p20 NG Kerktuin opgeknap...p21 Klein Klitsies...p28 Oud-Skoliere Bond...p30 Toks by Kasteel...p33 Kultuuraand...p34 Kunswenners...pp34,36 Interskole Vreugde...p37 PHS Matriekafskeid...pp40,41


2

Redaksioneel

Briewe van ons lesers...

1993 - 2018 Wat beteken 25 jaar vir jou? In die fleur van jou lewe........ Silwerbruilof........ Nagenoeg soveel jaar van demokrasie........ Jou eerste kwarteeu, tweede of derde…….. Die lewe van 'n selfoon in Suid-Afrika........ Vyf en twintig jaar gelede is ek verbind tot twee, nee drie, liefdes in my lewe ek het verloof geraak en verlief gebly........ ek het die Visrivier vir die eerste keer gestap en verlief gebly........ en, sonder dat ek weet, het 'n vérsiende Pierre Steenkamp in Piketberg 'n koerantjie begin, Die Piketberger, wat later ook my liefde word en waarop ek verlief bly........ Lank lewe die liefdes! Geniet hierdie verjaarsdag uitgawe en vier saam met ons 25 jaar se geseënde uitgawes van Die Piketberger. Dankie aan elkeen wat oor die jare positiewe bydraes gelewer het deur te skryf, te adverteer, te betaal, te vou, te versprei, te lees. Dankie aan elkeen oor wie geskryf word, julle maak die bladsye sinvol. Dankie aan elke adverteerder, julle waarborg die koerant se voortbestaan. Dankie aan Piketberg Drukkers, met wie ons vir 25 jaar op 'n wenpad is. Dankie, Pierre Steenkamp, vir jou nalatenskap. You’re a legend!

Liefde Marietha Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Pierre Steenkamp skryf... Veels geluk aan Die Piketberger wat in September 2018 sy 25ste verjaardag vier. Wie sou nou ooit in 1993 kon dink dat Die Piketberger in 2018 nog sal bestaan. Saam met my gelukwense ook ’n groot dankie aan Marietha en Barbie wat nou nog voor vat. Baie dankie ook aan almal wat oor al die jare meegewerk het om die koerant elke maand daar te stel. As ’n mens terug kyk oor die 25 jaar, is daar ’n duidelike groei in die gehalte van beriggewing en ook verteenwoordiging van die hele gemeenskap. Mag Die Piketberger nog baie jare voortgaan en deur vermaak en inligting tot diens van Piketberg se gemeenskap staan.

Kinderpartytjies op bespreking

Skakel Mirina 072 399 5447


3


4

Warm Liefde in die Winterkoue

Jaco Claassen en Jackie Thirion het mekaar drie jaar gelede ontmoet tydens elkeen se kort verblyf op Piketberg. Hulle is op 28 Julie by Lake Grappa, buite Kakamas getroud. Die seremonie was onder 'n groot boom, bekend as Hans se Boom. Die Claassens woon sedertdien in Johannesburg. Foto: Liz-Mari Marais Photography

Erick Engelbrecht en Elana de Beer is op 10 Augustus by Neo Venue, Kleinevalleij Estate, Wellington in die huwelik bevestig. Erick se ouers, Frikkie en Renielda, is van Eendekuil en Elana se ouers, Michiel en Mariana, is van Durban. Foto: Silver Dune Photography

Bloedskenkers 14 September Piketberg Museum Sien jou daar! Jacques Smith en EndriĂŤtte le Roux is op 4 Augustus by Fynbos Estate, Paardeberg, Malmesbury in die huwelik bevestig. Die seremonie was in Die Cellar en die onthaal by De Pedestal. Foto: Stella Sassen Photography


5


6

Super(Spar) Corrie tree uit Corrie Windell tree einde Oktober, na 31 jaar, af as kassiere by Superspar Boland. Na baie jare van lojaliteit en nougesetheid, het sy besluit om meer tyd vir haarself, haar kinders en kleinkinders te maak. Een van Corrie se eienskappe, om gematig te wees, met 'n tikkie onverwagse humor, het van haar 'n liefling onder bykans alle kliënte gemaak. Op twee jaar na, werk Corrie reeds 50 jaar in winkels. Haar eerste pos was by Gert Burger in 1970, waar Corrie Windell, soos Raimondi's vandag is. By Gert Burger kon jy enigiets, almal haar ken, agter die van 'n naald tot 'n koevoet kasregister by Superspar Boland. kry. Sy het van werk Foto: Marietha Goosen verander en by Kitskoop in Hoofstraat gewerk, onder die bestuur van Christie van der Westhuizen. Dit is oorkant die huidige Makelaars- en Eiendommekantoor van Le Roux en Sandra van Wyk. Kitskoop het in 1987 Spar geword, teruggeskuif na die perseel van Gert Burger, met Dean Jankielsohn as eienaar. Dean begin die winkel met 13 mense, met Corrie se ervare hand onder hulle. In 1993 beleef Corrie 'n verhuising van Spar na Langstraat en skuif sy heel tevrede saam. In 2006 word Spar deur 'n brand getref en 'n splinternuwe Superspar word opgebou uit die rook en roet. Vyf jaar gelede word die Mall geopen en Corrie ervaar die vooruitgang en veranderinge as positief. Van die oorspronklike 13 werknemers het later slegs drie oorgebly, waarvan twee verlede jaar afgetree het. Corrie is dus die langs dienende werknemer van die oorspronklike Spar met selfs 17 winkel-ervaringsjare voor dit. Vir Corrie was die jare saam met 'n groot Spar familie, gelukkige en tevrede jare. Daarmee saam het Piketberg se mense haar omarm met liefde, omgee en bystand. Sy bedank elkeen daarvoor, en ook vir al die engele wat die Here op haar pad gestuur het wanneer dit reën en donker was en sy heen en weer moes beweeg. Deur goeie en minder goeie tye, het sy moed gehou, aangehou en soos

Op die foto is Corrie Windell se vier kinders, Driena van der Westhuizen, Edwin Windell, Trudie Vosser en Roelien Lourens. Foto verskaf sy sê, "oorleef". Dis veral haar vier pragtige kinders, Driena, Edwin, Trudie en Roelien, wat haar inspireer en haar aan die gang hou. Om Piketberg, haar geboorte- en grootwoordplek te verruil vir Moorreesburg, is nie so maklik nie, sy gaan haar mense baie mis. 'n Spesiale dank aan Carel en Leana van Niekerk, vir hulle liefde en omgee, hulle is soos familie. Teenoor Mnr en Mev Jankielsohn spreek sy haar dank uit vir hulle vertroue in haar en vir die leeftyd van 31 jaar se omgee. Sy wens hulle al die seën en voorspoed toe op hulle pad vorentoe. Kom ons praat winkeltaal......Corrie se "rakleeftyd" by Spar het verstryk, sy het haar "sell by" datum bereik.......maar sal nog vir baie jare "best before" wees, oor die bult, op Moorreesburg, waar sy tyd sal hê om in te skakel, nuwe vriende te maak en haar kinders te geniet. En sy belowe 'n kuier of meer op Piketberg. (Sien onder).

Dankie Corrie! 1987 - 31 Oktober 2018 Gemeenskapsprojek: September en Oktober Enigeen wat vrywillig wil bydra tot Corrie se aftrede, kan uitkyk vir die toesluitboks by Spar met die nota DANKIE CORRIE daarop. Kontantbydraes kan gedurende September en Oktober daarin geplaas word. EFT’s is ook welkom. Besonderhede is soos volg: Nedbank Piketberg, Takkode: 1569 0500 Klub Rekening - Rekeningnr: 201 206 8545 Navrae aan Pierre Joubert 083 534 1103

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917


7

Mountain Creek Spur Tel nr 022 913 1819


8

Jou Beste Jy

Elieda Matthee, tweede van links, aanbieder van die Damesoggend op 4 Augustus op Eendekuil saam met die gassprekers, Dr Yolanda Barnard, wat gesels het oor leefstyl siektes van ons tyd; Linda Kriel van “Kry daai Lyf”-faam, wat aan gaste ‘n paar oefeninge gedemonstreer het en gesels het oor gesond eet en lewe; en Karlien Botha, ontwerper en stilis, het haar Lente/Somer Polka Dot klerereeks bekend gestel. Die ongeveer 200 gaste is verwelkom deur keurig gedekte tafels, geskenkies en ‘n smaaklike ontbyt. Foto’s: Leann Botha

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Jy kan deel word van die Mengelmoes in die Kardoes

Fanie en Berinda du Plessis van die splinternuwe Mengelmoeskardoes in Hoofstraat. Foto: Marietha Goosen Fanie en Berinda du Plessis het van ver gekom om 'n eg plattelandse plaaskombuis op Piketberg oop te maak. Sommer van die eerste dag af is dit hulle harde werk, toewyding en liefde vir elkeen wat oor die drumpel stap, wat byval vind. Biltong is hulle eintlike ding, maar biltong is geduldig.......terwyl die biltonge rustig hang om gekies en gekoop te word, is dit biltong pizzas, morsjors kolwyntjies, kondensmelkbrood en al wat 'n lekker ding is, saam met heerlike koffie uit 'n blikbeker, wat troossoekers gelukkig hou. Kyk na die deli afdeling en kies jou kaas, melk, yoghurt, egte botter en sap......vars en koud. Maar die eienaars van Mengelmoeskardoes het platteland toe gekom om ander deel te maak van die mengelmoes in die kardoes. As jy kan brei, naaldwerk doen, kralewerk geniet, iets uit niks kan skep.......mag jy jou ware kom uitstal om verkoop te word. Loer gerus in en gesels met Berinda, hierdie is dalk net die afsetplek waarvoor jy gewag het. Fanie, behalwe vir saam bak en brou en biltong maak, doen elektriese werk. Kontak hom gerus by Dup Elektries vir 'n mening. Hy spesialiseer in Infrarooi skandering, Spilpunte, Kabellaste, Huisbedrading en Elektriese herstelwerk. Sien advertensie hieronder.


9


10

In between hallo and good bye

Mnr en Mev Huis AJL

Roger Federer’s number one fan. In hierdie dae voor Santi Imma die stadion na ‘n skouspel van ‘n wedstryd verlaat, kry ons ‘n botteltjie Appenzeller van die reisigers van Switzerland. Langs ‘n kampvuur in die blouste Waterberge. Ons praat plekke en oomblikke en toere en tennis en vertel hulle meer van Roger Federer as wat hulle self van hul land se grootste uitvoerproduk weet. Sy ma is ‘n Suid-Afrikaner, sê ons trots Santi Kerdachi op dié kishou. Lynette Durand van Kempton Park en Afri- 1 Feb 1942 - 12 Aug 2018 kaans, mind you. Nee, hulle het nie geweet nie. Die sterre skyn helder en naby.

Die kroning van Mnr en Mev AJ Liebenberg, het onlangs plaasgevind. Die Koning, Koningin, Prinse en Prinsesse gaan op 8 September, die dag van die kermis, vanaf 8vm deelneem aan 'n optog deur die dorp op veteraantrekkers en -waens. Om ouer te word, hou baie pret ook in. Foto's: Doretha Visser

En in hierdie dae kry ons ‘n eie Miniatuur Schnauzer vernoem na ons almal se gunsteling tennisman. Kordaat en sonder twyfel Jéan-Alet se nommer een aanhanger. Die blonde bokstert wip straat af om die nuwe aankomeling te gaan wys. She brought Roger, sê Santi met ‘n skewe glimlag van onder haar blou tenniskombers. Bondel wolbeer se snuffelgroet en ek weet ons ken mekaar te kort. Please to meet you Santi. Hoe lyk môre se grense, wonder ek in hierdie dae. Don’t you go yet. Ek gaan ‘n stoep hê oor ‘n bietjie tyd. ‘n Stoep vir ‘n glas wyn en kyk en kyk en kyk hoe die skaduwees verlange draaie gooi daar na Nam se kant toe. Dan praat ons die vriendskap tot by flushing meadows en verder en nader en terug tot by jou krulhare en rooi lipstiffie en die lag in jou oë omdat ek bitterlik graag gou my ma wil bel. Always nice to see you Berenice. Psalm 23 oor klippe tot daar waar die waters van rus begin. Ek weet sy hoor my lees op hierdie plek en in hierdie dae wat van altyd af gedagboek is. In my beste Engels en onbegrip en belydenis van klein kleiner kleinste in die oomblik. ‘n Warrelwind soektog na meer woorde in hierdie dae van afskeid en vertrek. How sweet the sound and sings my soul en die groot groter grootste hiervan is die liefde wat ons almal bo begrip uit een nagmaalbeker verdien. Thank you Santi. It was a privilege. Geskryf deur Berenice Scheepers

Jool Koningin: Nelie Klazen, sy sê sy is so mooi omdat Huis AJ Liebenberg haar familie geraak het en sy regtig gelukkig in haar “huis” tehuis is. Haar drie prinsesse is Nelie Stevens, Nella Steenkamp en Esther Thiart. Jool Koning: Willem Burger, hy is 93jr oud en sy wyse raad op die vraag, watter raad hy sal gee: moenie inmeng met wat niks met jou te doen het nie. Eerste Prins: Danie Visser, hy sê hy wil hê mense moet hom onthou soos hy is.

Hugo Ehlers 80 Hugo Ehlers het onlangs sy 80ste verjaarsdag saam met sy kinders en kleinkinders gevier. Foto verskaf

SyferSlim Mathwise

Wiskunde basis + liefde bring Wiskunde Sukses

Ontwikkel wiskunde basis vroeg-vroeg speel-speel. Individueel.

Skakel Mirina 072 399 5447

Lees Die Piketberger in kleur op die web


11

022 921 2121 Citrusdal


12 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Op 20 Julie 2018 is ‘n Piketberger verkies as Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit. Baie geluk aan Raadsheer Ray van Rooy en baie sterkte vir jou groot taak. Dankie vir jou leierskap en uitstekende gesindheid. Voortaan sal hierdie berig in die Piketberger ‘n gesamentlike visie wees van die hele Munisipaliteit Raadsheer Ray en geskryf word uit die Kantoor van van Rooy die Uitvoerende Burgemeester sowel as die Kantoor van die Munisipale Bestuurder, wat hand aan hand saam werk. Een van die eerste opwindende take wat Ray kon afhandel, was die opening van die verlenging van Calendulastraat op 3 Augustus 2018. Hierdie is die voltooiing van fase 1 van 7 in die RSEP (Regional Social and Economic Programme) program. Dankie aan elke Piketberger wat dit bygewoon het en bygedra het tot die fantastiese atmosfeer wat daar geheers het. Die doel van die verlenging was om die hele Piketberg te verenig en EEN PIKETBERG te vier. Hierdie eenheid is gevier op 3 Augustus en sal voortaan gereeld gevier word in alles wat ons aanpak.

Baie dankie aan Alida Lintnaar wat hierdie pragtige lint en strik gemaak het. Toe ons haar vra wat ons moet betaal was haar antwoord eenvoudig: “Niks. Dit is mos ons almal se pad.” Dankie Alida!

Leerderleiers het die voorreg gehad om die lint te knip en sodoende die verlenging van Calendulastraat amptelik geopen. Beide hoërskole op Piketberg was verteenwoordig deur hul leerderrade. Foto’s: Matthew Sheldon

Die twee oudste inwoners van Calendulastraat is Oom Broer Basson en Tannie Sannie Moore, voor. Hulle het die gedenkplate onthul op die bankies wat erkenning gee aan Oud-President Nelson Mandela. Op die foto is agter, die span plaaslike ambagsmanne wat die pad met hul eie hande en sweet gebou het en so ‘n lewenslange nalatenskap gelaat het, Franklin Hendriks, Edwin Van Wyk, Micheal Coetzee, Stian Coetzee, Stanley Adams, Ridaa Kearns (middel) - Projek Ingenieur, Fabian Wynand, Elwin Brentley en John Afrika. Voor is: Oom Broer Basson (inwoner Calendulastraat), Raadsheer Ray van Rooy, Uitvoerende Burgemeester, Adv Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder en Tannie Sannie Moore (inwoner van Calendulastraat).

Smart TV vir Bib

Piketberg Openbare biblioteek het 'n Televisie gekry om te help om boodskappe, munisipale kennisgewings en inligting met ons publiek te deel. Op die foto is Riaan de Vries, Raadslid Wyk 2, Gerna Croeser, Hoof: Biblioteke, Matthew Sheldon, Hoof Kommunikasie Bergrivier Munisipaliteit en Amelio Afrikaner, IT-Biblioteek. Foto: Marietha Goosen


13


14

Ring van Dominees

Die NG-predikante in die Piketberg Ring is soos familie en kom jaarliks as gesinne bymekaar. Kloksgewys van agter is Gerhard en Daniella Louw (Moorreesburg), Clifford en Engela James (Hopefield), Martin en Marietha Goosen (Piketberg), Albé en Jennie Theunissen (Porterville) met Daniël, Marcus en Emma, Boshoff en Antoinette Müller en ‘n vriendin Elzanne Hanekom (Aurora), Gert en Antoinette Kok en Ma Chrissie Kok (Eendekuil), Johan en Marlien Smit (Piketberg), Jan en Gerda van Schoor (Redelinghuys), Morné en Sharon Bruwer (Moorreesburg) met Anika en Aidon en voor Jaco en Karisa Nel (Koringberg) met Christopher. Foto verskaf

Ontmoet Bergrivier se Raad

Agter Raadslede Audrey Small, Jakobus (Koos) Daniels, Billy Claasen, Mario Wessels, Johan Botha, “Alderlady” Sanet Smit, Samantha Lesch en Adam du Plooy. Voor is “Alderman” Riaan de Vries, Uitvoerende Burgemeester Ray van Rooy en “Alderlady” Sandra Crafford. Afwesig: “Alderman” Jeff Swart en Raadslid Samuel Claassen. Foto: Matthew Sheldon

Nedbank vir Bergrivier

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Sadiqa Rahim, Nedbank Senior Bemarkingsbestuurder, Mariëtte January, Piketberg Takbestuurder, Glynnis Jardine, Senior Bestuurder Publieke Sektor, Raadsheer Ray van Rooy, Uitvoerende Burgemeester: Bergrivier Munisipaliteit, Rdl Mario Wessels en Rdl Adam du Plooy. Foto: Marietha Goosen Nedbank is vanaf 1 Augustus 2018 as die nuwe bankvennoot van Bergrivier Munisipaliteit aangestel. 'n Tjek van R30 000 is aan die Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit, Raadsheer Ray van Rooy, oorhandig. Die spesiale fonds sal aangewend word om vervoer te verskaf aan persone vanuit die Bergrivierstreek, wat andersins nie toegang tot die Phelophepa Gesondheidstrein sou kry nie. Die trein besoek Piketberg vanaf 17-21 September en bied verskeie gesondheidsdienste aan almal.

NOODNOMMERS PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 BRANDWEER - 079 349 8619 VERKEER - 083 272 4126


15

Kom kyk gerus hoe ons u kan help! Altyd met vriendelikheid!

Alle bouwerk - Hardeware ...van skroewe, verf, loodgieter toebehore, konstruksiehout, sement, gereedskap, elektriese toebehore en nog baie meer .

Langstraat 53 Piketberg Tel 022 913 3940


16

Op die rakke van die Biblioteek... Drieklawerblaar

deur Christine Barkhuizen-le Roux

KONTAK PHILIP MATTHEE

Baie dikwels leef mense by mekaar verby. Feitlik áltyd is dit onnodig. Veral as dit alles anders kon wees, deur bloot te kommunikeer, oop te maak teenoor mekaar. Drieklawerblaar is ‘n verweefde verhaal van drie hoofkarakters – ‘n mens sou byna na hulle kon verwys as slagoffers, naamlik Kate, Tinneke en Abel, wat elkeen swaar dra aan ‘n Bespreking deur verlede waarvan hulle wanhopig Sandra van Wyk probeer wegkom. ‘n Verlede waaraan hulle noodgedwonge verbind is, maar niks mee te doen gehad het nie. Nogtans is dit onvermydelik om juis in hierdie verlede te gaan delf, om genesing te bewerkstellig. Dit is hierdie “saamstap” op die paaie van gister – alhoewel onafhanklik van mekaar – wat hulle einde ten laaste op verrassende wyse, saamsnoer. In der waarheid is dit drie verhale in een. Elke verhaal word met fyn besonderhede toegelig, die karakters word voorgestel met genoeg detail om hulle en hulle families goed te leer ken. Tog bly sekere gebeure geheimenisse, wat die leser in so ‘n mate boei, dat hy/sy nie anders kan, as om nuuskierig te bly voortlees om stelselmatig hierdie ineengevlegde geskiedenisse te ontrafel nie. Die storielyn is aangrypend, selfs skreiend, maar die skrywer slaag daarin om met soveel deernis oor die gebeure te skryf, dat dit deurgaans ‘n aangename leeservaring is. Nie oral is dit ewe maklik nie – plek-plek moet jy kophou met al die karakters, die konkelaars en elkeen se betrokkenheid in die onderskeie gebeure, maar dit neem jou deurgaans op ‘n reis wat jou op die roete wil laat bly om by die eindbestemming uit te kom. Wat opvallend is, is die pragtige beelde, byvoorbeeld: “die gisterdae wat soos die agterpant van ‘n trui is”. Jy kyk weg daarvan, maar jy weet dit is dáár. Veral die titel het besondere simboliese betekenis – die “drie” karakters, (Drieklawerblaar). Daar is ook ‘n sterk godsdienstige heenwysing na die drie-eenheid, asook die herkoms, naamlik Ierland, van die een karakter se voorsate. Die skrywer se toewyding aan haar werk en deeglike navorsing oor onderskeie onderwerpe, is reeds met die wegtrek van die gebeure ooglopend. Haar mensekennis, die gesag waarmee sy oor elke onderwerp skryf en haar uitsonderlike gawe om dit wat sy wil sê in woorde te omskryf, is indrukwekkend. Lesers wat van spanningsverhale hou, sal beslis die boek geniet. Die raaiselagtige karakter van die verhaal, hou ‘n mens aan die wonder – so asof jou asem deurentyd opgehou word, vir wat volgende kom. Die boek eindig met die volgende aanhaling: “Forgiveness is giving up the hope that the past could be any different” (Iyanla Vanzant). Miskien is dít wat my diepste ontroer het, die hardste aangespreek het, want in daardie woorde lê voorwaar vergifnis. Ek kan Drieklawerblaar sterk aanbeveel. Dit is ‘n verstommende stuk familie-geskiedenis wat min mense onaangeraak sal laat en ‘n boek wat jou leeswêreld ongetwyfeld verryk.


17


18

N7 Track Challenge Kardoesie N7 Citrusdal Saterdag 15 September Inskrywings: entryninja.com of oggend vanaf 06:00 Fondse ingesamel vir Gidshond Vereniging

Te Koop

Koedoebiltong @R250/kg Beesbiltong @R240/kg Koedoedroëwors @R220/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

20 Jaar Gelede - September 1998 Voorblad: By Piketberg Skou is klein Mignon Cumpsty gekroon as Mej Koringaartjie en Marlé Theron as die Skoukoningin. Kollig op Sherlock Fortuin Insp Knapie Coetzer en sy vrou, Christa, word gelukgewens met hul babadogtertjie, Soné. Piketberg Lions hou 'n motor skattejag. Oud-Piketberger kapt Hennie du Plessis, verbonde aan die eenheid wat uitsluitlik presidente beveilig, vergesel Pres Mandela na die Vatikaan in Rome. Boland Spar hou 'n gelukkige trekking vir kliënte en groot pryse is te wen: 'n Kleur Televisiestel, 'n Bergfiets, 'n groot Tuinsambreel en 'n Radio/Kasset/CDspeler. Boland Spar Babakompetisiewenners is Marissa Taljaard van Eendekuil, eerste, Driaan van Wyk van Aurora, tweede, en Amy Esau van Goedverwacht, derde. PHS NUUS: Die Laerskoolafdeling doen die operette "Die geheim van die Reënboogpot". Jan Coetzee is aangewys as reserwe vir die O/15Boland Gholfspan. Jakobus Burger en WG Treurnicht behaal die O/15 Wes-Boland Rugbyspan. Tennisspelers Lindsey Groenewald en Sunél Nortjé is genooi na die Meesterstoernooi in die Paarl. Jan Coetzee, Jaco van Niekerk en Jaco Mouton neem deel aan die Wes-Boland Krieketproewe. De Villiers Mouton en Gerrit Steenkamp verwerf WesBoland krieketkleure. Pieter Pieterse is die gasspreker by die Vrouediens se Lente aand.

PCS Dames Oggend

Piketberg Christelike Skool het Saterdag 18 Augustus ‘n dames oggend gehou. PCS bedank graag ieder en elk wat betrokke was by die dames oggend. Baie dankie ook aan Regard Beukes wat die dames bederf het met pragtige sang. Dit was ‘n oggend van Liedere in Lig met Liefde geniet, heerlik gesmul en onophoudelik gelag. Jesus is waarlik dié Lig, dié Lewe en dié Liefde. Hy is dié Seun van God - Drie Enig. Gesterf aan die kruis en weer opgestaan. Ons wag nou op Hom, dié Lig, dié Lewe, dié Liefde. Berig en foto’s: Elizabeth Meyer


19


20

Desiree van SSS Skitter Binne 'n kort tydperk het die 17-jarige Desiree 'n huishoudelike naam geword onder Piketbergers. Op sosiale media gons dit behoorlik oor haar. Sy was verlede jaar een van die deelnemers aan Supersterre, 'n kompetisie wat jaarliks aangebied word deur Jerome Smit, gemeenskapswerker in Piketberg. Tydens hierdie kompetisie het diegene met sang- en danstalent deelgeneem en dis hier waar sy raakgesien is. Die finale aanbieding van Desiree Lehandi Strauss hierdie kompetisie was rooskleurig vir stel op 6 Oktober haar CD vry. minder haar aangesien daar 'n ander wenner was. Te danke aan een van die beoordelaars, Ranny Kay van Gouda, is sy raakgesien en het sy haar selfvertroue herwin. Binne weke kon sy haar eie opnames maak saam met Ranny Kay en Alfred Dirks, met die verhoognaam, Rooihoogte. Albei is afrikaanse rymkletsers. Sy het die geleentheid gekry om haar eerste musiekvideo te skiet. Op die oomblik is sy in aanvraag vir besprekings en optredes. Desiree is 'n gr 11-leerder aan Steynville Sekondêre Skool en wil graag 'n loopbaan in sang volg. Die bekendstelling van haar album word beplan by 'n spoggerige geleentheid op 6 Oktober. Verskeie plaaslike kunstenaars sal by die geleentheid optree en ander gaskunstenaars, wat deur Blaupunkt production genader is, soos Anneline Stevens, Joe van der Berg, Sammy Banda en die digter, Hendry Kortje, die broer van Karen Kortje. Desiree Lehandi Strauss se Cd 'He gives me strength' sal by dié spoggeleentheid beskikbaar wees teen R100. Hendry Kortje se CD 'Die paie wat ons loop' teen R80 en sy boeke, 'Die auntie met die vuil kopdoek', 'My lewe in 'n swart haatkawe', en 'Tranne vir Jeevin' sal teen R100 elk te koop wees. Hierdie CD bekendstelling vind plaas in die Allan Boesak gemeenskapsaal op Piketberg. Deure open 5nm en die geleentheid sal duur tot 11nm. Streng sekuriteit sal verseker dat geen alkohol toegelaat word nie. Toegangsgeld is R20 vir volwassenes en R10 vir onder agtiens. Gedurende pouse sal daar verkope wees. Kontak die bestuur by 062 539 1729 of Ranny Kay op rannykay.management@-gmail.com Berig en foto verskaf deur Moswin Moore

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Op Reis saam met Anne… “Oral om, om my heen is dit blou, want ek wil by jou wees. Wil by jou wees, vanaand.” Stap saam met my deur die idilliese Nasionale Park Parkovi Hrvatske in Kroatië. Ek het altyd gedink dat al die foto’s van Kroatië gewysig is, maar lesers, die watervalle, blou water en groen natuur is ‘n werklikheid. Dit slaan jou asem weg en laat jou net weer besef hoe groot en wonderlik die Skepper se handewerk is. Water so blou en skoon, jy sien elke klein vissie wat verby swem. Die prentjie mooi uitsig was werklik die ver stap werd. Buiten die mooie Nasionale Park van Kroatië het ons vir twee aande in Zagreb geslaap. Hier het ons ook die plek bietjie gaan verken, maar dit is nog baie verwaarloos na die Onafhanklikheids-oorlog in 1991-1995. Tydens ons besoek het ons gesien dat hulle steeds besig is om die skade van die oorlog te herstel soos die geboue en paaie. Zagreb se geld eenheid is Kuna en die wisselkoers was €1 wat gelykstaande is aan 7,42 HKR. Met hierdie lae geld eenheid was dit vir ons goedkoop om dinge te koop. Julle gaan my seker nie glo nie, maar ons volgende stop in hierdie reis is in die volgende land op ons lysie. Ons het sopas deur die grens van Slovenia gekom en besoek nou Ljubljana. Hier het ons baie oor die geskiedenis van die dorp geleer tydens ons beleidende toer...plekke soos die Dragon Bridge, National Gallery, Preseren Square, Ljubljana Rivier... en ons dag is afgesluit deur ‘n hoë heuwel aan te pak om die sonsondergang te sien by die Ljubljana Kasteel. Tydens ons busrit terug na Nederland en terug na realiteit van werk het ek met trots oor Suid-Afrika en van waar ek kom gepraat en vertel aan ‘n diverse toergroep vriende. Dit was ‘n baie interessante gesprek, want so het ek my kennis ook verbreed oor Duitsers, Hollanders, Indiërs, Bangladeshiërs, Chinese, Viëtnamese, Meksikane en ook Amerikaners. Die tyd is naby dat mamma, ouma en my twee tannies vir my kom kuier en dan gaan ons deur Nederland toer en ook België gaan besoek. Sien julle in België. “Reizen is nooit een kwestie van geld, maar van moed.”


21

NG Kerktuin Piketberg opgeknap Na die verwoestende droogte van die afgelope somer en reënlose 2017 was die tuin moeg en tam. Die wonderlike reën in Junie het nuwe groei, entoesiasme en opwinding gebring. Onder leiding van Elbeth Liebenberg het Piketberg Tuinbouklub ingespring en bestaande aanplantings versorg, uitgeplant, bemes en ou groei verwyder. Inheemse vetplante, aalwyne en clivias is geplant. Tuinboulede het met hul eie arbeid en hul eie tuinwerkers ingespring en ‘n liefdestaak verrig. Met Juliana Engelbrecht, Jan Mostert en Willem Strauss word die kerktuin heeljaar in moeilike omstandighede en met min fondse in puik kondisie gehou. Hul toewyding en trots op die tuin is vir almal ‘n inspirasie. Baie dankie aan gemeentelede en Piketberg Tuinbouklub vir ruim donasies. Daarmee kon ons kompos, byvoegings en arbeid koop. Al die plante en steggies is geskenk, net enkeles is aangekoop. Die volgende aanplantings is gedoen: 96 Aalwyne; 15 Groen vetplante; 32 Rooi vetplante; 42 Grys vetplante; 324 Groen en Rooi Crassula; 72 Erigeron; 60 Clivia; 4 Hibiscus; 50 Klein wit daisies; 4 Eureops; 6 Daglelies; 200 Steggies spekbos; 30 Acanthus mollus; 150 Agapanthus verplant; 20 Rose verplant en nuwe stoep geverf. Hele bedding plenctranthus. ±30 sak kompos gebruik, asook kraalmis van Witvlei. Superfosfaat en beenmeel is voorsien. Dit was ‘n voorreg en belewenis om ure lank in die aura van die waardige Godshuis deur te bring – en jou lewe voor jou te sien afspeel – onlosmaaklik deur geslagte heen verbind tot die NG Gemeente van Piketberg en die monumentale Kerkgebou. Piketberg Tuinbouklub is in 1992 gestig en een van die eerste groot projekte was die ontwerp, uitlê en aanplanting van die nuwe tuin op die terras aan die westekant van die Kerk. Van die tuinboulede wat vanjaar betrokke was, was ook in 1993 betrokke, 25 jaar gelede!! Inligting verskaf deur Elbeth Liebenberg

In 1993 bring Gielie Visser drie groot vragte kraalmis.

Biddy Langenhoven plaas die struike, 1993.

Die plaveisel word gelê by die fontein, 1993. Foto’s verskaf deur Elbeth Liebenberg Jan Mostert, Juliana Engelbrecht en Willem Strauss in die opgeknapte NG Kerktuin 2018. Foto: Marietha Goosen

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


22

ALL ABOUT TRAVEL

Wens graag die hele span betrokke by die saamstel van

Ons is DANKBAAR om deel te wees van Die Piketberger se 25ste verjaardag. VEELS GELUK!

Baie geluk met jul 25ste Bestaansjaar

Die Piketberger DANKIE vir jul volgehoue ondesteuning van die Skoenboksprojek asook jul positiewe bydrae tot ons gemeenskap! Julle word WAARDEER!

Mag die volgende 25 net so inspirerend wees! Julle is puik!

Tel: 022 931 2080

Baie geluk op 25 jaar! Jannie Lategan Eiendomme wens Die Piketberger en almal wat ‘n bydrae lewer baie geluk met sy 25ste suksesvolle bestaansjaar. Mag Die Piketberger bly verskyn, want dit het die spreekbuis van die gemeenskap geword.

Drs Smit & Morrison  022-913 1172

Tel. 022 9132064


23

Baie geluk! Dankie vir jul bydrae tot die gemeenskap.

Hartlik geluk aan “Die Piketberger” vir 25 jaar se getroue uitgawe en puik diens. Midas-Motolek en Agri Bike is trots om ‘n Piketberger te wees. Sterkte vir die volgende 25 jaar!

Baie geluk Piketberger met 25 kleurvolle jare. Mag julle van krag tot krag gaan.

www.piketberginfo.co.za

GELUK! Dankie vir 25 jaar se saam lees, saam groei en saamsnoer.

Baie geluk op 25 jaar se leesgenot!

B A I E G E L U K

Baie geluk, sterkte vir die volgende 25 jaar. 022 913 1204

Die Piketberger koerant is so deel van Piketberg as ons berg. Dankie dat julle ons dorp en skool se belange vir soveel jare op die hart dra. Ons zebras, groot en klein, wens jul geluk met jul verjaarsdag. ‘n Unieke dorpskoerant om op trots te wees!!!


24

Baie geluk – 25 jaar al elke maand deel van baie se lewens!

Die Wielhuys Piketberg wens graag Die Piketberger geluk met hul 25 jaar.

Baie Geluk! Dankie vir jul volgehoue uitdra van positiewe nuus van Piketberg en sy mense.

DR HEROLD TRUTER INC

POSBUS/P.O BOX 2, PIKETBERG 7320 TEL/FAKS: (022) 9131630 Email: heroldtruter@telkomsa.net Hiermee wens ons DIE PIKETBERGER baie geluk met hul 25ste bestaansjaar. Duisend Dankies vir al die wonderlike advertensies, stories en artikels. Ons wens jul sterkte toe vir die volgende 25jaar!

Appraisers, Auctioneers and Estate Agents

Baie geluk met 25 jaar van positiewe nuus. Dr S du Preez

Dr H Truter & Span

Dr S Smalberger

Baie geluk met jul 25ste verjaarsdag. Mag daar nog 25 jaar van positiewe nuus wees!

I became a journalist to come as close as possible to the heart of the world. -the Fresh Quotes Baie geluk met 25 jaar teenaan die hart van Piketberg.

 022-913 2418

Sam & Berenice Scheepers

VLV PIKETBERG Posbus 8, PIKETBERG, 7320 Tel: 022 – 913 1263/0824770665

“MôRE BEGIN VANDAG/TOMORROW BEGINS TODAY”

Baie baie geluk met die groot verjaarsdag!! 25 Jaar is ‘n groot mylpaal – mag Die Piketberger net van krag tot krag groei! Dankie vir ‘n positiewe koerant in ons dorp! VLV-groete - Piketberg VLV-tak


25

Breekware Uitstalling

VLV - Sirkel Weskus

VLVK Kongres 2018 te Goudini op 23 en 24 Augustus 2018. Piketberg VLV se voorsitter, Nicoline Brown is voor naasregs. Sirkel Weskus verower weereens die trofee vir meeste lede gewerf vir die jaar. Foto verskaf Foto’s links: Piketberg Museum het onlangs ‘n uitstalling van breekware gehou. Een besoeker skryf: “Om te dink dat een klein koppie of bakkie of piering so ’n wa-vrag vol herinneringe kan hou.” Foto’s: Marietha Goosen

BAIE GELUK met 25 jaar se betrokkenheid in Piketberggemeenskap. Doen so voort PIKETBERGER!

Baie dankie vir julle bydrae tot Piketberg se vooruitgang vanaf 1993 - 2018!!


26

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1918 tot 2018 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

deur Jannie Lategan

Gereelde wandeling langs Langstraat, bring ander insigte Eers wanneer jy langs Langstraat stap, word jy aand vir aand ontnugter met die toename in rommelstrooiery. Die eerste gedagte wat opkom is, het ons nou die stryd teen hierdie euwel verloor en is dit nie straks besig om die gewildheid en die skoonheid van ons karaktervolle dorp te ondermyn nie. Die publiek is uiters dankbaar vir die Bergrivier Munisipaliteit wat mense vind om veral oor naweke die ergste rommel te verwyder. Die Munisipaliteit verrig ‘n reuse taak, maar kan helaas nie alles verwyder nie. Dis eers wanneer jy te voet stap, dat jy agterkom hoe lyk dit wel. Leë wyn- en bierbottels en gemorskoshouers wat sommer argeloos so sito-sito weggegooi word, selfs al is die vullishouer ‘n meter of wat naby. Feitlik aand vir aand, lê daar 10 sente, 20 sente en 50 sente weggegooi. Dis heelwaarskynlik deel van swaarverdiende geld wat nou stille getuies is wat aanleiding gegee het tot so ‘n vermorsing. Daar word ingedink hoe ouers straks met ‘n drankwalm omswew tuiskom. Kinders ly hieronder en word uiteindelik deel van ‘n bose kringloop, waaruit nouliks ontsnap kan word. Is daar ‘n oplossing vir hierdie toenemende euwel wat lewens vernietig? Met die staptog met my hond, word ek nietemin hartlik gegroet en sommige knoop ‘n gesprek aan. Op diplomatiese wyse lei ek die gesprek na die rommel besoedeling en ek tel sommer blikke op wat rondlê en plaas dit in die vullishouers. Aan hartlikheid is daar geen gebrek nie en kon daar met talle, ‘n goeie gesprek gevoer word. Dit voel asof mense my teenwoordigheid elke aand soek en belowe hoe hulle rommel strooiery sal beperk. Om die bose kringloop te verander, is daar ‘n uitkringende effek wat addisionele druk op liefdadigheid projekte plaas en kom sopkombuise en kosvoorsieningswerkers in die spervuur. Mag daar gedagtes na vore kom om hierdie probleem aan te pak. Hoe word mense wat gevange gehou word deur die verskillende euwels uit die knyptang situasie gered? Uit my klein verwysingsraamwerk, is gesprekvoering op straat ‘n goeie opsie, maar daarmee sal egter volhard moet word. Jak de Priester sing tereg in die temalied van ‘n sepie, alles lyk van ver af heel gesond. Ja wanneer daar naby gekyk word, sien ons wat werklik rondlê. NOTA: Hierdie insetsel moet asseblief nie as negatief gesien word nie, eerder dat daar hoop is vir almal wat die wil het om te rehabiliteer. Daar is hoop as ons glo: “Charity begins at home!”

BERGRIVIER OUTREACH

Skenkings van komberse, honde– en katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom. 082 606 5364


27

Waarom is Die Piketberger so groot soos wat hy is?

Die Piketberger word op A3 velle gedruk wat dan in twee gevou word om die koerant ’n A4 grootte te maak. Sou die koerant dan weer in twee gevou word, word ’n A5 grootte papier gekry. In elke geval word die oppervlakte van die papier gehalveer. Die lengtes en breedtes van die verskillende velle papier is A5 (42 cm X 29,7 cm); A4 (29,7 cm X 21 cm) en A5 (21 cm X 14,85 cm) . Die verhouding van die lengte tot die breedte is in elke geval 1,414, tot 1. Die waarde 1.414 is ook die vierkantswortel van 2. Die rede waarom hierdie spesifieke waardes vir die lengte en breedte van die verkillende velle papier gekies word, is dat die verhouding van lengte tot breedte dieselfde bly as die oppervlakte gehalveer word. Sou daar byvoorbeeld ’n foto van mej. Suid-Afrika op A3 papier gedruk word en die foto word dan verklein tot A4 sal haar liggaamsverhoudings dieselfde bly. As ’n papier met ’n ander verhouding van lengte tot breedte as 1,414 gebruik word en die oppervlakte word verklein met die helfte sal mej. Suid-Afrika of maerder of vetter vertoon. Dus ter wille van goeie verhoudings is Die Piketberger se grootte A4. M A.A.N. – S

Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor.


28

Brandweer Besoek Klein Klitsies Op Maandag 20 Augustus het Klein Klitsies Kleuterskool die groot eer gehad om ’n besoek van die Brandweer te ontvang; ter bewusmaking van brandgevaar en veiligheid. Die kleuters is omtrent bederf met lekker opvou brandweerwaens en veiligheidsstories deur Riaan Conradie, Abraham Hector, Adan Daniels en die spreker van die verrigtinge: Ernest Afrika van Weskus Distrik (in samewerking met Bergrivier Distrik) Munisipaliteit Brand en Reddingsdienste. Die brandweer is aanvanklik genooi deur ’n groot brandweer aanhanger, Leon van Niekerk, wat die vorige dag drie geword het en die Maandag ’n brandweer partytjie vir die skool gehou het. Die skoolhoof, Magdel Bouwer, wat ongelukkig nie die spesiale verrigtinge kon bywoon nie, het dit goed gedink om saam met Leon se mamma dit sommer ’n veiligheid- en brand-bewusmakingsdag te maak vir al die Klein Klitsie Kleuters. Ernest Afrika het die 27 kleuters vertel van die gevare as hul met vuurhoutjies speel. En as daar wel ’n brand uitbreek om die volgende noodnommer te skakel 10177. Brandbewusmaking is deel van die Weskus en Bergrivier Distrik Munisipaliteit Brand- en Reddingsdienste (Weskus Distrik kontak nr: 022 913 3315); sowel as die Bergrivier Distrik Munisipaliteit Brand- en Reddingsdienste (kontak nr: 079 349 8619). U sal hul gereeld in die omgewing gewaar waar hul ’n praatjie lewer omtrent brandgevare en veiligheid. Die dag se verrigtinge is afgesluit waar elke kleuter ’n foto by die brandweerwa kon laat neem en ’n rit in die brandweerwa kon geniet het, om ’n klein bietjie te voel soos ’n ware brandweerman/-vrou. Die hoogtepunt was seker die brandsirene.

Dit was ’n groot eer om die dag saam met die Weskus en Bergrivier distrik brandweer te kon geniet. Dankie ook aan Brandweer Stasie Offisier Michael Badenhorst en Brandweerhoof Deon Alberts wat die dag se verrigtinge ge-organiseer en gereël het. Sterkte en dankie ook aan al die ander brandweermanne wat daardie dag juis met intensiewe brandweeropleiding besig was. Jul is ons dorp se helde.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 Baie geluk aan Die Piketberger met hul 25ste verjaarsdag!

022 913 1600 / 022 913 2075 Berig en foto’s: Leana van Niekerk


29


30

Stigting van Oud-Skoliere Bond

Vrydag 17 Augustus is die stigting van PHS se Oud-Skoliere Bond gehou. 140 oud-skoliere was deel van die heerlike weersiens aand. Oud-skoliere het van heinde en ver gekom van die Kaap, Gauteng asook Melbourne en Vancouver. Daar is tot ounag toe gekuier en baie stories is herroep. Hier is Quinton Engelbrecht (skoolhoof), tweede van links, saam met oud-skoliere van die 1963-, 1964- en 1965matriekgroep Apie Richter, Francois Engelbrecht, Daleen Engelbrecht, Hennie Richter, agter, Andries Liebenberg en Leon Wiese, voor, die “oudste” PHSskolier teenwoordig. Francois en Daleen Engelbrecht , PHS Matriekklas 1963, was ‘n skoolkys en nog steeds getroud! Foto: Rina Engelbrecht

Alles in jou Slimfoon

Danie Goosen teken sy naam op die besoekersbord by die spesiale uitstalling in die Sinagoge. Hierdie uitstalling oor "Alles in jou slimfoon" is beslis die moeite werd om te besoek. Foto’s: Marietha Goosen

Baie dankie vir al die mooi wense met ons verjaarsdag. Huishulp Benodig Piketberg. 8h00 - 14h00 gedurende die week. Basiese kennis van kosmaak ‘n vereiste. Slegs nie-rokers kan aansoek doen. Skakel 082 780 8698 vir ‘n onderhoud.

Elsa Cronje, links, was opnuut gefassineer deur die skakelbord wat by die Sinagoge (Piketberg Museum) uitgestal is. Hier wys sy vir Marié Ehlers, Museumhoof, en Danie Goosen, besoeker, hoe die drade en lyne werk, soos sy dit onthou uit haar jongmeisiedae in Prins Alfred Hamlet se sentrale 1950/1951.


31

“ ˮ


32

Fritz en Seun is 50

Op 5 Augustus het Fritz Lambrechts sy 50ste verjaarsdag in die Oos-Kaap gevier. Fritz was tot verlede jaar 'n inwoner van Alta du Toit in die Kaap en gedurende naweke 'n gerekende prokureur in Piketberg. By hom is sy susters, Anke van der Merwe en Liesje Steenkamp. Foto verskaf

Saam met die koerant verjaar 'n baie geliefde en bekende persoon op Piketberg. Seun Kitshoff vier op 6 September sy 50ste verjaarsdag. Foto: Marietha Goosen

Voices uit VSA op Broodkraal Die koor uit die VSA is met groot hartlikheid op Broodkraal Landgoed ontvang, waartydens Retha en Simoné van Deventer, die kleuters van die Druiwetrossie Kleuterskool, die mannegroepe: Broodkraal Sanggroep olv Aubrey George en die Edwards’ Choir olv Edward Mosikare ook opgetree het. Foto’s: Marietha Goosen


33

Toks kuier by Kasteel Toks van der Linde was die gasspreker by PHS Huis Kasteel se Pa-en-Seun Aand. Foto’s: Facebook


34

PHS Kultuuraand

Kunswerk wen Toekenning Zoë McDonald, gr 9-leerder is aangewys as die “G.E.T. Visual Art Provincial Winner” vir haar kunswerk en gaan deur na die landswye kompetisie. (Sien onder). Foto: Rina Engelbrecht

Eisteddfod Wenners

Ciara Lintnaar, wenner dogters solo 14-18jr.

Foto’s: Rina Engelbrecht

Willem Wiggins, wenner seuns solo 14-18jr en ook Gr 12 Prosa Huistaal.

WOW-Spelfees Alex Ince, Gr 4, links en Jasmin Millar, Gr 5, regs, het albei 2de gekom in die WOW-Spelfees en gaan nou deur na die volgende rondte. Hoërskool Spreekkoor olv Virnen Ludick. Foto’s: Facebook


35

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


36

LWO-taak by Huis AJL

Jaden se Kunswerk Wen

Matthew Sheldon

PHS se Gr 11 dogters maak ‘n tuintjie vir Huis AJ Liebenberg as deel van hul LWOtaak. Bo is Alicia Louw, Janke van Schalkwyk, Anné Rheeder en Carli Rossouw. Foto’s verskaf

PHS Graad 12 se Top 10

Jaden Klaase Graad 7leerder van Karookop Primêr het deelgeneem aan die Weskus Visuele Kunste-viering. Hy is een van 12 leerders wie se kunswerk gekies is om deel te neem aan die Weskaap distrik kompetisie wat plaasvind op 15 September 2018 by die P.J. Olivier Kunstesentrum te Stellenbosch. Jaden het ‘n Tablet gewen. Foto’s verskaf

Jaden by sy kuns onderwyseres, Laurene Lola Burger.

Graad R Kix

Kloksgewys van agter, Hughen Esau (10); Willem Wiggins (5); Zoë Noeth (9); Daniël Brand (2); Anke Schreuder (3); Dewald van Deventer (1); Alika Rossouw (8); Zana Vorster (4); Christine Werle van der Merwe (7); Kristin Lochner (6). Foto: Rina Engelbrecht

Gr R Kix beleef die storie van Bileam se donkie. Foto: Juliana Visser


37

Interskole Vreugde

PHS wen algehele Interskole met 65/31. Willem Wiggins, hoofseun en Zana Vorster, hoofdogter, ontvang die Interskole beker van Quinton Engelbrecht, skoolhoof.

PHS se eerste netbalspan sluit hul uitmuntende seisoen af met ‘n Interskole wen teen HSP 31-25. Die span olv Iza Schreuder het werklik ‘n fantastiese seisoen agter die rug. Behalwe vir een wedstryd het die span elke wedstryd gewen. Puik verdediging, harde spel dwarsdeur sorg vir die groot Interskole wen.

Kleinjan Kotze, Rasieleier en Mílah Baard, sjampanjenooi saam met PHS se gelukbringer. Foto’s: Rina Engelbrecht en Facebook

Die 0/13 A-rugbyspan het ‘n puik seisoen gehad. Hul wen Bonnievale 50-5 en Porterville 38-0. Hulle het 11 wedstryde gespeel - 10 gewen, 338 punte aangeteken, met slegs 110 punte teen hulle.

Adriaan Lubbe se 0/16-rugbyspan vier hul 17-0 wen teen Hoërskool Porterville.


38

PHS vaar uitstekend by Wes-Boland Eisteddfod PHS se Klavier-, Sang- en Blokfluit Ensemble leerders het uitstekend gevaar by die onlangse Wes-Boland Eisteddfod. By hulle op die foto's is onderskeidelik Alison Müller en Komien van der Westhuizen. Foto’s: Marietha Goosen

Sang Gr 8-10: Gaby Booys (Goud), Vernelle van Zyl (Goud) en Marice Lesch (Goud). Afwesig: Erica Mbendeni (Goud) en Frederik Kotze (Goud).

Sang Gr 12: Agter is Kobus Brand (Goud), Dewald van Deventer (Goud), Willem Wiggins (Cum Laude) en voor Virnen Ludick (Ope Afdeling Cum Laude) en Jaun-Mari Rautenbach (Goud). Afwesig: Anicka Truter (Goud), Tenique Boltman (Goud), Adriaan Eigelaar (Goud). Kobus, Willem en Dewald is kranige rugbyspelers vir die O/19A en B, ook hoof- en onderhoofleiers by die skool en Kasteel koshuis. Voorwaar veelsydige manne.

Sang Laerskool: Agter is Annette Bruwer (Cum Laude), Dayle Julius (Goud), Jéan-Alet Scheepers (Goud) en voor Beané Bouwer (Goud), Jana Lubbe (Goud), Cleo Forbes (Goud) en Amber Africa (Silwer). Afwesig: Lené Loubser (Cum Laude).

Sang Gr 11: Agter is Con-Li Halvorsen (Goud, Goud), Doneley Lesch (Goud, Goud), Lara Visser (Goud), Deborah-Kerr Paulsen (Goud), Ciara Lintnaar (Cum Laude) en voor Stacy-Lee Heugh (Goud, Goud), Nicole Dirks (Cum Laude) en Uleuqe Ockhuis (Goud).

Die volgende Piketberger verskyn op 28 September 2018 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 18 September 2018 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Klavier: Annette Bruwer (Goud, Silwer), Cassidy Daniëls (Cum Laude, Silwer), Dayle Julius (Goud, Goud) en Elsje Basson (Silwer, Silwer).

Marinda Nelson, gr 11 het onder die Top 10 in die Weskaap rondte van die ATKV-spelathon 2018 geëindig. Baie geluk!


39

Blokfluit Bo by Eisteddfod

Kom sit op die Loft By die Loft Coffee Shop kan jy 'n beeldskone uitsig kom geniet, iets geniet wat die innerlike versterk, kom plantjies uitsoek en ook jou kleinding bring vir kunsklasse. Maak gerus 'n draai op die hoek van Kerk- en Voortrekkerstraat, bokant Fox en Cronje Prokureurs. Oja, kom loer in die Arts en Craft Shop. Foto's: Marietha Goosen

Blokfluit Senior Ensemble: Cum Laude, Goud en Goud vir Christine van der Merwe, Daniël Brand, Willem Wiggins, Suné Pickard, agter en voor Rénay Esau en Nikitha Booys. Afwesig: Hughen Esau.

Blokfluit Junior Ensemble: Cum Laude en Goud vir Morné Mitchell, Lee Smith, Annyda Janse, Kaydee Claasen, Amber Cooper en voor Gerhardt Muller en Leigh Wall.

Blokfluit: Anandri Pretorius (Goud) en Luscke Maree (Goud). Foto’s: Marietha Goosen


40

PHS Matriekafskeid…...


41

Swier en Elegansie

Foto’s: Marietha Goosen


42


43

Ons is trots op ons E Learning Supersterre

Wittewater streef na ‘n eie sportveld.

11 Augustus 2018 is ‘n potjiekos kompetisie, wat deur die Wittewater Sportraad gereël is, gehou om fondse in te samel. In ‘n poging om die spaarbussie vir die projek te help vul het SUPERSPAR Boland pryse geborg vir die wenners.


44

Ons wenner van ‘n gratis “Win a Car Rewards” mandjie, Mina Mentoor en kassier Busiswa Mooi

Die R1000 koopbewys van ons “One Day only” kompetisie gehou op Vrouedag is gewen deur Myrtle Booys en oorhandig deur Veronica Britz!

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Sep 2018  

Die Piketberger Sep 2018  

Advertisement