__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 8

www.piketberg.com

September 2017

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Piketberg se Huisgenootbruid Juné van der Westhuizen, dogter van Leon en Luzanne van Piketberg en Sharks vleuel, Kobus van Wyk, seun van Sybil en Sonya van die Paarl, is op 12 Augustus te Brenaissance buite Stellenbosh getroud. Hulle het vier jaar gelede ontmoet en daarna het ‘n jaar verloop voordat hulle op hul eerste “date” was. Hy het haar verras met ‘n romantiese sneeu-bedekte verlowing in die Franse Alpe in November 2016, toe hy haar die ja-woord gevra het. Sy het niksvermoedend ná haar eindeksamen in BComm Regte aan die Universiteit Stellenbosch vir hom in Frankryk gaan kuier, waar hy vir vyf maande vir die Bordeaux – Begles uitgedraf het. Juné het geskitter in ‘n sprokiesrok wat deur Anél Botha vir haar ontwerp en gemaak is. Hulle het pas teruggekeer van hul wittebrood in Ayada Maldives. Die paartjie vestig hulle in Balito, waar Kobus vir die Sharks speel en Juné ‘n kontrak met Boss-models het, terwyl sy vanjaar haar honneurs in Belasting doen.

Kobus en Juné van Wyk Foto: Anina Harmse

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... VLV Kongres...p11 Steynville Sekondêr Nuus...pp24,26 PHS Trolliewenners...p28 Mílah na Miss SA Teen...p29 Nina Top 10 Redenaar...p32 Madibaprojekte...p33 Zoë se Kuns...p34 Wetenskap Wenners...p34 Steynville Primêr Presteerders…36 Matriekafskeid Foto’s...p38


2

Redaksioneel

Koor in NG Kerk 4 September

By ‘n gedekte tafel Eersdaags maak ons klaar met skool. Ja, jou beurt is jou beurt. Sedert Trippe Trappe se begin in 2000 met die eerste bloedjie wat “skool toe” is en nou, na amper 18 jaar wat die tweede spruit matriek skryf, het baie dinge gebeur. Inderdaad is etlike toebroodjies in skool toe, tientalle vorms voltooi, vele prettige konserte gehou, rugby gekyk en kafee gewerk, baie ham– en kaasbroodjies verkoop, geld getel, bottels bymekaargemaak, vergaderings bygewoon, diens gedoen in die klerebank, sport– en skoolklere gewas, gestryk en reggesit, haarafsprake gereël, ’n magdom boeke oorgetrek, foto’s geneem, rooi– blou– en geeldag gehou, geskree vir die zebras, toer-, kamp- en skoolgeld betaal, ge-oe en ge-aa oor kunswerke, rapporte bestudeer, omsendbriewe gelees, die kopluis monster besweer, soggens afgesien en namiddae verwelkom, juffrouens en menere leer ken, funksies help reël, gesweet by die atletiek, mense ontmoet, gery vir dit en dat, kore geluister, prysuitdelings bygewoon, gedans, hande geklap, gejuig, gelag, geniet en gebid! Vir my was die skool soos ‘n gedekte tafel met heerlike kos en ek kon aansit en eet soos ek wou, wanneer ek wou en hoeveel ek wou. Wat ‘n feesmaal! En nou’s dit verby. Nogtans sal ek jubel, want die ware Feesmaal het geen einde nie.

Liefde Marietha

1 Sept 3 Nov

In die Sinagoge

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Op Maandag 4 September tree die Canticum Novum Studentekoor op in die NG Kerk Piketberg. Dis ‘n middaguur konsert 1-2nm. R20 donasie by die deure. Ouers wat skoolkinders kom haal, kan gerus probeer om dit in te pas.


3


4

Tuinbou na Porterville Piketberg Tuinbouklub was op ‘n uitstappie na Berghoff Fynbos kwekery naby Porterville. Dit behoort aan Cokes Geldenhuys. Die volgende vergadering is Woensdag, 6 September in die biblioteeksaal. Tee en verversings word bedien vanaf 9:00, vergadering begin 9:30. Katinka Morrison gaan ‘n blomdemonstrasie lewer.


5

Wentrofee vir PHS

‘n Oorstelpte Marius Scholtz, skoolhoof, en hoofleiers, Harry Roux en Glenda Dietrich, ontvang die wentrofee by vanjaar se Interskole. PHS het met 63 punte teenoor HSP se 37 geseëvier. Die punte word bereken op sport- en kultuurgebied. Foto: Marietha Goosen

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111

Nuwe Somersklere Beskikbaar Winkel  022-913 2418  022-942 1787

* Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Riana Smit  022-942 1787

Neville Watson 083 255 9917

 082 921 1977

Piketberg Omgewing


6

Smitte vier Mari se Doop

Ds Johan Smit het onlangs sy en Marlien se eerste kleinkind, Mari, gedoop. By hierdie besonderse geleentheid in die NG Kerk Kenridge, was vier geslagte bymekaar: Mari se ouers, Dirk en Lizaan Van Dyk, in die middel, en ook oupagrootjie Jan Hagen regs. Links is Bernhard Botes en Christel Smit. (Jan Hagen is 89 jaar gelede in Piketberg se NG Kerk gedoop.) Foto verskaf

Sorteer alle broodtags en plastiekdoppies apart voordat jy dit aan Coenie Smit besorg.

HUIS TE HUUR

Stap-afstand vanaf Hoërskool Piketberg (oorkant N G Kerk).

3 slaapkamers, 1 volle badkamer, kombuis met Aga, sitkamer, agtertuin, onderdak parkering, diefwering deurgaans, karaktervolle atmosfeer (houtvloere), voorstoep en private agterstoep met pragtige uitsig.

Kan gedeel word tussen dagmammas wat op die dorp wil wees vanweë skoolgaande kinders, of as vier kantore gebruik word (het besigheidsregte en straatvoorkant - tans prokureurs), en is ook ideaal vir ‘n egpaar of klein gesin.

Ongemeubileerd of semi-gemeubileerd (onderhandelbaar).

Beskikbaar vanaf 1 Oktober / 1 November

R4 800 per maand (water ingesluit).

Kontak Clare 083 225 0059


7


8 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Ons leef in ‘n uiters waterskaarsarea en is tans in die middel van die ergste droogte in 111 jaar. Ons het ALMAL se dringende samewerking nodig om hierdie krisis te oorleef. Dit sal ‘n kopskuif van elkeen van ons vra oor die manier hoe ons tans water geHanlie Linde bruik. In Bergrivier gebruik ons tans gemiddeld 175 liter water per persoon per dag en ons moet dit onmiddellik afbring na net 115 liter per persoon per dag. Dit beteken elkeen van ons moet van vandag af 60 liter water minder gebruik. Dit is moontlik! Ons sal dit moet regkry. Hierdie 115 liter afgebreek is min of meer 3 liter vir drink 6 liter vir kook 6 liter vir higiene 30 liter vir stort - dit is net twee minute se stort 34 liter vir skottelgoed en wasgoed 36 liter vir toiletspoel – dit is net vier keer se spoel – ja elke toiletspoel gebruik tot 9 liter kosbare water Die Wes-Kaap is tot rampgebied verklaar en alle watergebruik in ons hele gebied word streng beperk tot slegs huishoudelike gebruik. Elke druppel tel! Watergebruik word streng beperk tot slegs huishoudelike gebruik. Geen drinkwater mag gebruik word om tuine, sportvelde en parke nat te maak nie. Geen gebruik van tuinslange vir enigiets nie. Help ons om alle oortreders hiervan onmiddellik aan te meld by 022 913 6000 kantoorure en na-ure by 083 272 3850. Die damme wat ons gebied voed is tans ongeveer 22% vol. Ons hou u op hoogte. DINK WATER! GEBRUIK MINDER AS 115 LITER WATER PER PERSOON PER DAG.Maak alle moeite om minder as dit te gebruik. Elke druppel tel!

PIKET(bergers) presteer weer Frikkie Carstens en Hugo Ehlers, lede van die PIKET VETERAAN TREKKERKLUB, het by die afgelope WESKAAPSE VETERAAN TREKKER- EN ENJINKLUB se jaarlikse ekspo op Villiersdorp, ‘n uitsonderlike prestasie behaal. Hul inskrywing was nie net eerste in sy kategorie nie, maar het ook die trofee vir die enjin van die skou verower. Die enjin is ‘n 5pk oopkrukas (open cranck) B en L (verkoop deur Battery and Lightning), en het in sy vorige lewe êrens in die Noordwes-Kaap ‘n 32-volt kragopwekker op ‘n plaas aangedryf. Frikkie het dit in ‘n uiters gehawende toestand ontdek en besluit om dit in sy volle glorie te herstel. Van die onderdele wat weg was, moes hy en Hugo self maak. Dit was ‘n geweldige groot uitdaging, want inligting was maar skraps. Dié tipe enjin het ‘n baie besonderse geskiedenis. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Amerikaners die Japanese krygsgevangenes opdrag gegee om, ipv te sit en niksdoen, ingenieurswerk te doen. So is die Amerikaanse Fairbanks Morse enjin, uit die twintigerjare, nageboots, met Japanese ontstekingstelsel toegerus, en in SA deur Battery and Lightning verkoop. By die skou is 75 enjins uitgestal waarvan 24 beoordeel is. Frikkie en Hugo het 94% vir hul projek behaal, en kwalifiseer om in September aan die nasionale skou in Klerksdorp deel te neem.

Hugo Ehlers en Frikkie Carstens met hul trofee vir die Enjin van die Skou by Villiersdorp. Foto: Apie Richter

Boeke wat by die Leeskring bespreek word: 20 September: Anneli Groenewald: “Skaalmodel” 18 Oktober: Elsabé Brits: “Geliefde verraaier” Kontak Marietha Goosen by 083 654 3170. Die plek en tyd is in die biblioteeksaal om 09:30. Let wel: 20 September se byeenkoms is in die Museum.

Bogenoemde juweeltjie is by ‘n uitstalling op die skou by Villiersdorp raakgesien.


9

CITRUSDAL

Cor Alberts 083 6336 263 - 022 921 2121 - Kalla Ligthart 084 5142418

Verkoop Nuwe Voertuie - Isuzu bakkies en vragmotors Koop en Verkoop Tweedehandse Voertuie Diens van voertuie onder waarborg - ons agente “brand” asook ander “brand” voertuie O R P

MO

SIE

Op Isuzu KB 250 HO Fleetside Hi-Rider Crew cab en Isuzu KB 250 Base Regular Cab

PR

OM

OS

IE


10


11

VLV Kaapland Kongres 2017 : Môre begin Vandag

Op Donderdag en Vrydag 17/18 Augustus woon ongeveer 270 afgevaardigdes en waarnemers van regoor Kaapland die VLVKaapland Kongres in Mykonos, Langebaan by. 18 Sirkels met 4 097 lede word hier verteenwoordig. Die openingsrede word deur Lise Swart van “Wie is Ek” op RSG gedoen. Peter Veldsman is die Dankie-sê persoon en ontvang ‘n sertifikaat van die VLVK vir sy bydraes gelewer deur die jare. Ander sprekers sluit in Gerda de Wet van Rooibos Bpk. en Dr Chris van Lille – hy gesels oor die krag en mag van gewoontes. Nog ‘n dinamiese spreker is Annemarie Ferns van Stellenbosch 360 (Toerisme in Stellenbosch) – sy beklemtoon ook die nuwe tema: Môre begin vandag. Rina Brink en Dine van Zyl praat onderskeidelik in die portefeuljes van Opvoeding en Kultuur en Leefstyl. Die Weskus Jeugorkes sluit Donderdagmiddag se verrigtinge af met ‘n staande applous. Die kompetisie-artikels wat deur lede ingeskryf is, was van hoogstaande gehalte. Piketberg VLV-tak se blommespan, olv Elbeth Liebenberg en Katinka Morrison het asemrowende skeppings met wêreldgehalte blommekuns opgetower. Sirkel Weskus met Estelle du Plessis as sirkelpresident, het ‘n skild ontvang vir die sirkel met die meeste nuwe lede aangesluit. Volgende VLV-vergadering: 14 September 2017 in die Biblioteeksaal om 09h00 vir 09h30. Spreker: Adele Brand van Rooibos Almal welkom – besoekers R30. Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665

By die VLVKaapland Kongres was asemrowende blommeskeppings, met ‘n seetema, deur Piketberg se blommespan olv Elbeth Liebenberg en Katinka Morrison. Links is ‘n muurbehangsel en onder ‘n mat.


12

CPUT-studente by SSS

I deur Jannie Lategan Is Piketberg nou Kosmopolitaans

CPUT-student wat by Steynville Sekondere Skool geproef het, is agter Angelique Bezuidenhout, 2de Jaar, Senior/VOO, Wiskunde en EBW, Christophai Booise, 1ste Jaar, Senior/VOO, EBW, RTT en Wiskunde, Donovan Christiaans, 1ste Jaar, Senior/ VOO, EBW en Wiskunde en Sherwin Gall, 3de Jaar, VOO, Besigheidstudies en Ekonomie. Voor is Sarelle Klaase, 1ste Jaar, Senior/VOO, Wiskunde en Engels, Rochelle Swarts, 1ste Jaar, Senior/VOO, EBW en Afrikaans, Madre Bougaardt, 1ste Jaar, Senior/ VOO, Wiskunde en Afrikaans en Keanu Brink, 2de Jaar, Senior/VOO, EBW en Afrikaans. Foto: Marietha Goosen

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

Piketberg is besig om so sito-sito … nee, ons is reeds ‘n Kosmopolitaanse dorp. ‘n Plek waar talle immigrante nie net vanuit Afrika nie, maar die hele wêreld heen saam skouer kom skuur met die oud-inwoners van Piketberg. ‘n Nuwe dimensie het bykans oornag sigbaar geword en so word menige Afrikaanssprekende nou soms gedwing om in Engels te kommunikeer. Nie net het dit sy invloed op Afrikaans nie, maar vind mens in toenemender mate dat heelwat van ons inwoners hulle kerk en geloof prysgee en selfs klere dra wat ‘n ander geloof simboliseer. Daar word egter heelwat besigheidsvaardighede waargeneem en werk word straks so geskep. Die nuwe intrekkers het ook meestal tegniese vaardighede en kan van die Oosterlinge TV’s, selfone en ander elektroniese apparaat herstel. Daar kan trouens ook baie by hulle geleer word oor hoflikheid en vriendelikheid. Wat is die siening van die deursnee Piketberger rakende hierdie tendens dat meer en meer immigrante hulle hier kom vestig en selfs ‘n lewe hier probeer maak? Kan ons inwoners nie straks by hierdie mense leer oor hulle vakkundigheid, hardwerkendheid en raaksien watter bydrae hulle maak deur voedsel tot op die voorstoep van inwoners in bepaalde buurte te bring nie. Is alles net negatief oor hierdie groter wordende situasie …of is daar ook mooi verhale. ‘n Vrou van die Kongo bedryf ‘n haarsalon hier, maar is eintlik ‘n Verpleegsuster van beroep. Sy bied haar dienste aan by die plaaslike Tehuis vir Bejaardes en het al met sukses ‘n klein aflos werkie daar gedoen. Nog ‘n man het sy huis en haard agtergelaat in Zimbabwe en is eintlik ‘n gekwalifiseerde onderwyser. Hy gee egter nie om, om in die industriële gebied slegs as ‘n arbeider te werk nie. Op hierdie manier kan hy fondse na sy gesin oorplaas in Zimbabwe. As ons die pad ry waar nuwe paaie gebou word, wie is die een wat die vlag swaai deur onweer en mooiweersdae. Is daar vir ons lesse te leer by hierdie mense? Dit ontbreek hulle nie aan energie om enigiets te doen nie, solank hulle net ‘n inkomste kan genereer. Uiteraard is daar ook seker die negatiewe elemente, maar daar is ook baie positiewe dinge uit hierdie mense se lewens te leer en dit hou verband met werkloosheid in ons omgewing. Die vreemde kultuur kan ons ook negatief beïnvloed, maar dit is belangrik dat ons op hulle poistiewe teenwoordigheid gerig sal wees. Die inwoners kan by hulle leer oor werkskepping. Ons ondersteuning aan hulle lê beslis nie in die afbrand en diefstal by hulle ondernemings nie.

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Die volgende Piketberger verskyn op 29 September 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 19 September 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


13

Besprekings 083 233 7772


14

Kontak Piet Pedro by 060 8989 619 vir Tuinwerk op Woensdae en/of Vrydae

Vir die Oktober-uitgawe moet berigte/artikels/ foto’s ons bereik voor of op 19 September. Die koerant verskyn op 29 September. Wat is ’n peripatetikus?

’n Peripatetikus is iemand wat hou daarvan om te wandel. Peri = rondom en pateo = om te stap. Na bewering het Aristoteles altyd gestap wanneer hy onderrig gegee het en moes sy studente saam met hom stap. Die woord periode beteken die tyd wat dit neem om ’n taak uit te voer of te beëindig. Letterlik beteken dit om rondom ’n baan te stap. Peri = rondom en hodos = ’n pad. Aan die einde van ’n sin plaas ons in Afrikaans ’n punt. In Engels word dit ’n period genoem wat beteken die sin is afgehandel. Vergelyk die mooi Afrikaanse woord omtrek van bv. ’n sirkel wat in Engels perimeter is. Peri = rondom en metron= meet. Volgende keer: Vanwaar die name Audi en Mercedes. M.A.A.N - S

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


15

KOM GENIET ‘N HEERLIKE DAG BY DIE OUETEHUIS SE MARKDAG. OM DIE DAG ‘N BIETJIE “SKOP” TE GEE HIERDIE JAAR, GAAN ONS LEKKER FIETSRY, STAP EN ROLSTOEL STOOT.


16

Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en stryk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Te Koop

Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R230/kg Koedoedroëwors @ R210/kg Koedoebiltong @ R250/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag.

Ondersteun ons adverteerders. Hulle maak die druk van die koerant moontlik. Baie dankie aan elkeen wat goeie nuus meedeel en bydraes stuur.

PHS Kamerkoor Cum

Om na ‘n mens se ma te verlang Berenice Scheepers

Ek verlang na my ma. Moet ek jou Namib toe vat, vra die man. Mam doen great, sê die seunskind. Mam lyk mooi in jou nuwe baadjie, sê die meisiekind. Skryf, sê Die Kind se ystervrou van Stellenbosch. Skryf. Sometimes we are angry and we have the right to be angry, but that doesn’t give us the right to be cruel, sê Paulo Coelho. Maar geen genade aan hierdie whatsapp se kwaad nie. Geen verweer teen die spykers uit hierdie kwaad mens se mond nie. Ek verlang na my ma se warm troos oor my skouers. Die man pak twee rugsakke. Ons gaan stap, in die Cederberg gaan ons voor die whatsapp uitstap. Die stilte slaan sy eie spoor, op teen die steiltes. Sneeuberg wag geduldig daar voor iewers. Die St. Christopher om my nek raak met elke tree swaarder, kap ritmies teen die kruisie aan die silwer kettinkie. Hierdie is die moeilikste deel tannie, sê ‘n jong dogter met haar oë vol hart in my verbygaan. Sy vat aan my arm, so asof sy die beste weet. En stap haar eie stap in die rigting van die Maltese Kruis. My trane lê in my borskas, loop oor en vind Tafelberg sandsteen agter die Hi-Tec skoene wat my lei. Ek verlang na my ma. My kind, my kind. Stap net aan. Moenie omkyk nie. Kyk daar voor links, daar links is suikerbos. Ik volg het spoor van wie mij lief is, zo heeft mijn hart de koers bepaald. Stap net aan, my kind. Moenie omkyk nie. Kyk daar ver teen die rantjie. Wabome so groot soos Kameeldorings. Arm was ek gister en nou is ek ryk. Waboomblare warrelwarrel. Ek verlang na my ma. Onder Sneeuberg lê die wêreld soos geen mens dit sal verstaan nie. Ons drink soet water uit die stroom en trek ons stapskoene langsaam uit. ‘n Vlinder gaan sit op my rugsak en ‘n volmaan kom op oor my weesheid. Ek kruip in agter die veilige breë rug in die tentjie, trek die slaapsak teen my ken op en lê en luister na die nag. Ek verlang verlang verlang dat my ma die mens se harde woorde uitvee. My kind, my kind. Stap net aan. Moenie omkyk nie. Kyk op. ‘n Witkruisarend sirkel teen die blouste Cederste lug, hang lank genoeg sodat ek die wonder van die oomblik kan verstaan. Die Here se troos bly op die wind agter. Die staptog is verby. Ek verlos my seer skouers anderkant die afdraai na Lot se Vrou. En op die stofvaal rugsak huiwer die vlinder vir ‘n ongelooflike oomblik. Kom kyk, sê ek te laat.

PHS se Kamerkoor olv Alison Müller en Komien van der Westhuizen, behaal Cum Laude by die WesBoland Eisteddfod. Baie geluk. Foto: Marietha Goosen

My kind, my kind. Stap net aan. Moenie omkyk nie. Stap net aan.


17


18

Op die rakke van die Biblioteek The Good Doctor – Damon Galgut

Damon Galgut, gebore in Pretoria, kom uit `n familie van regsgeleerders. In sy sesde lewensjaar word hy Deidre gediagnoseer met kanker, iets wat `n Eigelaar blywende indruk op hom sou laat en `n besondere diepte en wysheid in sy skryfwerk gee. Soos hy in `n onderhoud meld: ‘op `n sekere vlak het ek boeke geassosieer met liefde en aandag – daarom wou ek van altyd af skryf’. Galgut het drama studeer Bespreking deur aan die Universiteit van Kaapstad Deidré Eigelaar en is sy debuut boek, A Sinless Season, op 17-jarige leeftyd gepubliseer. In 2003 word die The Good Doctor op die kortlys vir die Booker prys benoem en wen die boek die Statebond Skrywers Prys vir Afrika. Verder word hy in 2005, 2009, 2010, 2015 genomineer vir onderskeie pryse en wen hy in 2015 die Barry Ronge Fiksie Prys. The Good Doctor, is `n uiters eerlike verhaal wat die droewige oneerlikheid van Suid-Afrika vasvang. Blatant word die leuens van Suid-Afrika se verlede en leuens waarop die nuwe Suid-Afrika gebou is, ontbloot. Die deurlopende vraag is: wie het gelieg vir wie? Die boek ontbloot ook die onrealisitiese verwagtinge wat nuwe moontlikhede kelder en word die skynheiligheid, politieke jargon en die Suid-Afrikaanse slagoffer mentaliteit aan die leser gespieël. Die waarhede, die banaliteit en die wreedheid van Suid-Afrika, wat Galgut onskuldig ontbloot, maak die emosies met die lees van die boek skrynerig, onrustig en ongemaklik. Die hoofkarakters van die boek is Frank Eloff, `n onambisieuse, wit, geskeide dokter wat werk in `n disfunksionele hospitaal in `n voormalige tuisland. Waar die voormalige tuisland, in die verlede `n politieke kontroversie was, is die hele tuisland kwessie iets wat geen relevansie meer dra nie. Frank Eloff is irrelevant en omarm die feit dat hy geen verskil gaan maak nie en leef eerlik met al die oneerlikhede en ontkenning om hom saam. Hy dra bagasie van sy militêre diens en is in miskenning oor die impak wat dit op hom as persoon gelaat het. Die tweede karakter is Dr Ngema. Dr Ngema is Frank Eloff se swart baas. Sy aanvaar nie haar onbelangrikheid nie en het sy betekenislose politieke mantras wat sy op `n gereelde patroon uiter. Die hospitaal is sonder pasiënte, sonder medikasie en sonder personeel. Daar is een ongekwalifiseerde verpleër, Tehogo, Dr Frank Eloff en `n egpaar, bestaande uit twee Kubaanse dokters wat vanuit Havana die politiek tussen Suid-Afrika en Kuba moet sinkroniseer, op `n onwerkbare wyse. Maar Dr Ngema, wy haar dae om haar irrelevansie te regverdig, waar die nuwe maghebbers van Suid-Afrika geen erkenning gee aan die ou buitewyke en verafgeleë plekke en mense nie. Die derde en belangrike karakter maak sy verskyning as The Good Doctor. Laurence Waters arriveer soos water in die dorre Karoo. Daarom dat die “Waters” as van, so ironies is. Hy maak branders, hy aanvaar nie die status quo nie en wil `n bydrae maak in die nuwe Suid-Afrika en breek die skanse van ontkenning wat almal veilig om hul gebou het, naïef en irriterend af, sonder die vaagste benul wat hy besig is om te doen en wat hy ontketen. Sy aksies is soos gelykenisse van onskuld, pligsgetrouheid en eerlikheid, maar die momentum wat dit loslaat is katastrofies. Dit laat die boek `n effe van `n riller gevoel gee, slegs met

woordspeling en die skrywer wat die leser emosioneel rondsleep. Die boek is vry van gewone clichés. Waters en Eloff is die twee pole, met die ander karakters die skakerings van die Suid-Afrikaanse landskap. Eloff is die apatiese en pessimistiese dokter, wat nie glo dat deur goed te doen, kan jy die wêreld verander nie. Hy glo die nuwe elite het net die ou elite vervang. Waters is die aards optimis, onskuldig, energiek en super onsensitief vir die nuanses van die nuwe Suid-Afrika. Hy wil korrupsie aanmeld, effektiwiteit verhoog, die armes dien en doen alles lydsaam en probeer hy in alles wat hy doen, doen as die goeie dokter. Helaas, soos `n Christus figuur, word hy geoffer, met die ironie - hy maak geen verskil aan sy omgewing of die mense wat hy probeer dien nie. Verandering se moeisame vermoë om alles dieselfde te laat bly, stoom voort - die goeie dokter ten spyt. Soos Galgut in `n onderhoud meld: “I do believe in the possibility of change in South Africa, but a lot of the regeneration that’s going on now is very naïve and not carrying through into discerning results….What grinds me down is not the violence or poverty but the absence of any cultural or intellectual life.” `n Boek wat in die klein oomblikke plaasvind en die emosies meer verwoord as die gebeurtenisse; kosbaar en eerlik. Die fokus is op die menslike natuur en sny die boek regdeur die spektrum van Suid-Afrikaners soos `n skerp mes.

Lente-aand in Kerksaal met Hannes van Wyk van Kwela 7 September - Kaartjies R100 by Kerkkantoor

Markdag elke Donderdag Vanaf 10:00 – 17:30 Voortrekkerstraat 38 oorkant die Bio Kafee

Heerlike vars vrugte en groente

info@dellavita.net


19


20


21


22 Glasbottels gesoek

Badisa soek kleinerige glasbottels, soos grondboontjiebotter bottels, vir konfyt vir volgende jaar se Snoek– en Patatfees.

Erfenisdag 24 September

Kontak Hannie 022 913 2545 of 083 7544 760

PCS Eisteddfod

Werkswinkel Lappe

Badisa verkoop sakke lappe wat geskik is vir gebruik in die garage of werkswinkels. R10 per kg. Kontak Hannie 022 913 2545 of 083 7544 760

Congratulations to every learner who participated at the Eisteddfod. We are so proud of you. For some of you it was your first Eisteddfod and you all did it. You are already winners just for participating. It does not matter what certificate you got. But...all of you did very well. Thank you for all your hard work towards the Eisteddfod. We are looking forward to next year’s Eisteddfod. Everyone will perform at our Culture Evening. Please see our facebook page or contact the school on 022 913 1886 between 08:00 - 12:00 for the final date and time.


23


24

SSS spog met Sport en Akademie Jemima Jaars, Gr 11leerder by Steynville Sekondêr het op 19 Augustus aan die Albert Luthuli Young Historians Award in Kaapstad, vir die Wes-Kaap byeenkoms, deelgeneem. Sy is gekies in die WesKaapspan saam met 7 leerders van ander skole, om aan die nasionale kompetisie in Pretoria deel te neem. Dit is die derde jaar dat Steynville deelneem aan hierdie kompetisie en vanjaar is die eerste keer dat 'n Steynville leerder deurdring na die Nasionale rondte. SSS is baie trots op haar. Haar opvoeder is Richard Erasmus.

Steynville Sekondêr het op 18 Augustus 2017 deelgeneem aan Weskus Wetenskap Expo. Vir die kategorie Science Technology and Innovation het die volgende leerders bronsmedaljes ontvang vir hulle waterfilters: Clayton van Wyk, Ashwin Schuurman, Kristen Benjamin, Hadley Thomas en Ethen Leen saam met Sean Kotze. Kristen Benjamin ontvang ‘n spesiale toekenning vir haar waterfilter.

Die Weskuskampioenskappe vir Landlope is op 12 Augustus gehou in Citrusdal. Sewe SSS-leerders is in die Weskusspan opgeneem. Hulle gaan op 26 Augustus aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in George deelneem: Charlton Senior (Junior mans), Conwell Lord (O/15 seuns) Alexander-John Pieters (O/16 seuns), Michael Beukes (Spanbestuurder), Anthea van der Byl (O/17 dogters), Patricia Booysen (Junior vroue) en Melissa van der Westhuizen (Junior vroue). Afwesig: Abrahams Afrika (afrigter) en Jonathan Valentyn.

Hadley Thomas, Jasmine Mackay en Keenan Adams saam met Sean Kotze, opvoeder, het deelgeneem aan die Weskus Wetenskap en Wiskunde Quiz. Foto links: Baie geluk aan drie leerders wat Steynville Sekondêr verteenwoordig het tydens die 2de rondte van die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade. SSS is trots op julle: Bokamoso Lukas (Gr 9) Liza-Mari Carstens (opvoeder) en Getrude Willemse (Gr 9). Damian van Rooyen (Gr 8) is ‘n leerder by Abet. Foto’s: Marietha Goosen

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


25

Lof vir Sang Eksamen

FarmG.A.P. Consulting Konsultasie t.o.v. voorbereiding van enige boerdery verwante oudits

Madalynn Paulsen, matriekleerder by PHS, het vir haar gr 6 Trinity Sang eksamen Lof behaal. Madalynn het 88% gekry. By haar is haar sangjuffrou, Alison Müller. Foto: Marietha Goosen

My dienste sluit die volgende in:  GLOBALG.A.P., Tesco Nurture, GRASP, HACCP, BRC, Costco, Wallmart Sekuriteits oudits, SIZA, ens.  Alle voorbereidings vir die oudit  Skryf van alle relevante beleide en prosedures  Behoeftebepaling van tipe opleiding benodig  Behoeftebepaling van alle nodige dokumentasie om oudit te slaag  Fisiese inspeksie van pompkamers, store, gifkamers, ens op plaas  Pre-oudits  Veilige hantering van chemiese middels opleiding  Hantering van die finale oudit  Instandhouding en voordurende verbetering van reeds geimplementeerde stelsels  Saamstel van induksie opleidings programme en handleidings

Kontak my vir ‘n kwotasie: Jeannie Venter - Porterville Sel: 0820766626 Epos: jeannieventer@gmail.com


26

SSS se Top Tien Akademiese Sterre

Gr12 kloksgewys van agter: Christo Britz, Jacquelize Louw, ChloĂŤ February, Verona Jantjies, Marildia Ackermerdien, Angelique Claasen, Selena Farao, Joleen Zass, Keenan Adams, Bradley Benjamin en Lorentia Ambraal (afwesig).

Gr10 kloksgewys van agter: Ethan Leen, Hadley Thomas, Donita Britz, Jaseron Engelbrecht, Riduwaan Otto, Benzien Jantjies, Ashwin Schuurman, Enslin Brits, Alex Monk en Levenzo Booise.

Gr11 kloksgewys van agter: Jasmine Mackay, Zealke Kayster, Pamela Farao, Gavin de Wee, Jemima Jaars, Faith Greeff, Sandra Davids, Joa-nique Claasen, Berenice Maarman en Joslynn May.

Gr9 kloksgewys van agter: Gertrude Willemse, Kelly le Fleur, John-Lee Manas, Sharnelle Beukes, Willmare Arendse en Marshe de Wee en Elona Julius, Lee-Etha Goliath, Leonardo West, Samanthia Cloete,Davonte Afrikaner en Danielle Monk. ACVV se Tillies Teewinkel is elke Vrydag oop gedurende skoolkwartale 8:00-12:00 by die ACVV-kantoor in Tillalaan

Klavierstemmer

Gr8 kloksgewys van agter: Elishque Nthane, Selena Nero, Alex Oktober, Des Booyse, Marne Bougaardt,Reikeischa-Lee Brink, Heatherlynn Salvirus, Jymeleo Goliath, Priscilla Langeveldt en Elgar Swanepoel. Foto’s: Marietha Goosen

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276


27


28

Gr R Burgerwenners

PHS se Gr R-klas is beloon met ‘n Burger- en chips ete, nadat elke kind se trollievorm met lootjieverkope teruggekom het en hulle die meeste geld ingesamel het. Marili Hanekom, gr R-juffrou, bedank alle ouers vir hulle fantastiese samewerking. Foto links: Hennie Pretorius in Gr R het ‘n prys gekry vir die meeste lootjieverkope. By hom is sy juffrou, Marili Hanekom en Karen Steyn, sekretaresse van die Ouervereniging, wat die projek bestuur het. Foto onder: Gerhard Brand en Lindré Vercuiel is ook beloon vir hulle goeie kaartjieverkope in die Trollieprojek.

PHS se Trolliewenners

PHS se ouers en leerders het mooi saamgewerk om van die Trollieprojek ‘n sukses te maak. Die wenners ontvang produkte wat deur die ouers geskenk is. Philip Pieters, Voorsitter van die Ouerverteenwoordigers, oorhandig die wentrollie aan Freddie Lawrence, asook R1000 kontant vir vleisaankope by Liebco. Ander wenners is Fransisca Gal, Ella en Michiel Visser wat hulle oupa Gielie se prys ontvang, Rina Engelbrecht en Miena Lambrechts. Baie dankie aan almal wat die projek so 'n groot sukses gemaak het. Foto’s: Marietha Goosen


29

Mílah na Miss SA Teen Blue Jeans & Bling Mílah Baard is ‘n finalis vir die Miss SA Teen Blue Jeans & Bling wat op 21 Oktober in Langebaan gekroon word. Die funksie is tbv Langebaan Animal Care, Saldanha Animal Care en ook vir behoeftige kinders by Curro Langebaan. Kaartjies is slegs R20 en R40. Mílah is ‘n leerder by PHS en ook ‘n bekende gesig en presteerder in Ritmiese Gimnastiek. Foto verskaf

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Pleegouers Gesoek

Dringend op soek na pleegouers vir babahondjies /-katjies wat uitgeplaas moet word vir aanneming. Gewoonlik net vir twee tot drie weke. Skakel Katinka Morrison 082 829 6918 indien u belangstel om te help.

BERGRIVIER OUTREACH

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364


30

PHS’ers kan sing Septembermaand is Wêreld Toerisme Maand en 27 September is Wêreld Toerismedag. Tema: Volhoubare Toerisme

Sangleerders wat Cum Laude verwerf het by WesBoland Eisteddfod is hier saam met Alison Müller : Agter is Lain-Mari van den Heever, Willem Wiggins, Dewald van Deventer, Con-Li Halvorsen en voor Madalynn Paulsen, Annetia Calitz, Anicka Truter en Deborah-Keir Paulsen.

Betroubare verwysings beskikbaar

Sangleerders wat Goud verwerf het by die WesBoland Eisteddfod is hier saam met Alison Müller : Agter is Andrea Visser, Nicola Coetzee, Nikki Boltman en voor is Juan-Mari Rautenbach, DeborahKeir Paulsen en Doneley Lesch. Foto’s: Marietha Goosen


31


32 Nina Top Tien Redenaar in Wes-Kaap Nina Ellis, leerder by PHS, het deelgeneem aan die Nasionale ATKV Redenaarskompetisie. In die 0/10 afdeling is Nina onder die Top Tien en wel in posisie nommer 7. Sy is die enigste WesKapenaar onder die Top Tien. Dit is ‘n prag prestasie. Foto: Marietha Goosen

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


33

Gr 7 Madibadagprojekte Die Gr 7’s van PHS moes vir Lewensorientering ‘n Madibadagprojek aanpak, daaroor skryf en foto’s neem. Die Piketberger plaas graag drie leerders se pogings wat weer ander kan inspireer tot goeie dade.

Morné Mitchell het sy liefde vir die natuur met ‘n groepie kinders gedeel en hulle geneem om ‘n pragtige staproete op Piket-BoBerg te doen. Hy het vir die kinders vertel hoe hulle die natuur moet respekteer en bewaar. Die kinders het die stap en die klouter op die rotse vreeslik geniet. Daarna het almal piekniek gehou en lekker saamgespeel. Hy bedank Jeremy en Riëtte Bryant van Kruistementvlei wat hom toegelaat het om die kinders na hulle plaas te bring en Hannie Visser van Badisa wat die kinders vir hom gereël het. Links oorhandig René Basson komberse aan Irene Baron, maatskaplike werker by Badisa. René het skroot yster verkoop en met die geld komberse aangekoop.

Ruben Vosloo het gedurende die Julie vakansie saam met sy pa, Jan, gaan jag. Deel van die jag ekspedisie sluit ‘n kuier in by Ruben se ouma, Linda. Sy woon reeds vir baie jare alleen. Oupa Tjaart is lank gelede oorlede in 'n motor ongeluk. Terwyl hulle die aand rustig om die vuur sit en kuier, vang Ruben se oog Ouma Linda wat op haar patio bankie sit en uitstaar voor haar. “Sy kyk so diep in die vuur se geknetter in”, lag hy. Net toe wonder hy waaraan sy ouma sit en dink. Daar en dan besluit hy dis wat hy gaan maak vir die LWO Madibadagprojek.....’n rusbankie vir Huis AJ Liebenberg, sodat hulle ook, net soos ouma Linda, daarop kan sit en dink aan al hulle "memories". Hy en sy pa het toe begin beplan oor die wat, waar, wie en hoe om die bankie gemaak te kry. Op die foto’s onder oorhandig Ruben die bankie aan Marie de Villiers, hoof van Huis AJ Liebenberg en daarna gaan ontspan hy op die bankie tussen Elsa Kretschmer en Breggie Ras.

Foto’s verskaf

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

   

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

  

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


34

Weskus Wetenskap Wenners

Opvoeder Dirk Kok by PHS se span wat onlangs die Weskus Wetenskap Vasvrakompetisie tussen vyf kringe gewen het: Harry Roux, Dewald van Deventer en Bosmann Rossouw. Dis PHS se vyfde agtereenvolgende wen. Foto verskaf

Die Piketberger 2017 Datums OKTOBER se koerant verskyn op 29 Sept. Stuur berigte voor 19 September NOVEMBER se koerant verskyn op 26 Okt Stuur berigte voor 17 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 30 Nov Stuur berigte voor 21 November

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com Your security

Siphenkosi

Our priority

Zoë se Kuns vir Erfenis Zoë McDonald, gr 8-leerder by PHS, se kunswerk is deur Alta Nelson ingeskryf vir die Western Cape Provincial Visual Art Exhibition. Tydens die gala geleentheid op 11 Augustus ontvang sy 'n goue medalje en sertifikaat in die West Coast Education District Visual Art Celebration. Haar kunswerk word saam met ander werke gedurende September by Iziko National Gallery Annexe uitgestal as deel van die Erfenis Fees. Op 7 September, tydens die gala aand, ontvang Zoë ‘n trofee. Foto verskaf

Fruit Salad For Sale

Piketberg Christian School has lovely Fruit Salad in tins for R8,00 a tin and Pear halves in tins for R7,00 a tin. Please feel welcome to come to the school to support us in buying some food tins to help us with fund raising.

Your security Our priority

20 Jaar Gelede - September 1997

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406 Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Contact for free quote.

Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Voorblad: Swartland Fotografieklub olv Marike Bruwer, bied salon aan. Kollig op Terence Wilfred Brown. Piketberg Leeskring neem afskeid van Sara Schreuder. Rus-'n-Bietjieklub skop af net 'n speletjiesmiddag. Ds Chris Saayman is Eendekuil se nuwe predikant. Amos seminaar word deur tien NG Kerk lidmate bygewoon. Die spreker by die Vrouediensaand is ds Francois Swart. Huis AJLiebenberg hou basaar op 12 September. Rina Hugo en Johan van Rensburg kom hou konsert in die kerksaal. Piketberg Boerevereniging hou Boeredag. Carel van Niekerk jnr verwerf swartbelt in karate. Top Delta skenk bakkie aan ACVV. Leliehof se koolstoof te koop.


35

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


36

Steynville Primêr Prestasies

Wes-Boland Eisteddfod Gr. 1-3 (Afrikaanse Poësie) Graad 1: Jerandia Boois (Goud), Tamlyn Petro (Goud), Miche-Lin Williams (Silwer); Graad 2: Coolsum Afrika (Silwer), Janecka Arries (Silwer), Christiano Swarts (Goud), Tariq Beukes (Silwer); Graad 3: Shauneeq Barron (Goud), Donay Links (Cum Laude), Tamzan Peceur (Silwer), Zilke de Wee (Silwer), Gemique Afrika (Brons), Chrisney Witbooi (Brons).

Wes-Boland Eisteddfod Gr. 6 en 7 (Afrikaanse Poësie) Graad 6: Ziefe Kayster (Goud), Jay-Dean Claasen (Cum Laude), Wiljoné Cross (silwer); Graad 7: Wiohné Turner (Cum Laude), Veronique Felix (Cum Laude), Hayley Le Fleur (Goud).

Landloop-atlete. Hierdie drie atlete is opgeneem in die Wes-Kaap Landloopspan. Hulle het deelgeneem aan die Wes-Kaap Landloop Kampioenskappe te George op 26 Augustus. Hulle is Brandon Afrika, Stephan Alexander en Gerswin Soutman. Foto’s: Elzanne Boshoff

Hierdie leerders dring deur na die 2de rondte van die WOW-Spelkompetisie op 1 September by Laerskool Olifantsvallei: Jerandia Boois (Gr 1) en Jay-dean Claasen (Gr 6) voor en agter Jade Williams (Gr 7), Wiohné Turner (Gr 7) en Anrethe Rivida (Gr 5).

Skool Wiskunde kompetisie 10 Augustus. Graad 4: 1ste - Jemeal Geduld, 2de - Conray Manewille, 3de - Jean-Marco Gal; Graad 5: 1ste - Daylon Baadjies, 2de - Junade Markus, 3de - Patricia Links; Graad 6: 1ste - Keagan van Rooy, 2de - Clyde Julies, 3de - Jay-Dean Claasen; Graad 7: 1ste - Nic Visagie, 2de - Wiohné Turner, 3de - Glenwill Koordom.

Wiskunde en Wetenskap-kompetisie Vivica Joubert, JeanPaul Malgas, Anechia Somers en Wiohné Turner het onder die Top 30 in die Wes-Kaap geëindig in die Wiskunde en Wetenskapkompetisie wat deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met die SAOU aangebied is.


37

Gimnaste oppad na Wes-Kaap

By die Distriks uitdunne wat onlangs plaasgevind het, het die volgende gimnaste gekwalifiseer vir WesKaap kampioenskappe op 1 en 2 September. Level 4: Lise Bruwer (Goud, O/9), Lana Boys (Goud, O/11) en Leigh Wall (Silwer, O/11). Level 5: Su-Mari Hanekom (Goud, O/13), Level 7: Pamela Booys (Goud, O/13) en Level 8: Mílah Baard (Goud, O/15). Foto’s: Chrisna Baard

Onse Johan speel viool in Slowakye Johan du Toit, lid van die Weskus Jeugorkes wat uitgenooi was na die International Youth Music Festival in Bratislava, Slowakye, het pas teruggekeer met voortreflike prestasies. Die deelnemers is deur ses beoordelaars van regoor die wêreld beoordeel, waartydens die Weskus Jeugorkes 80% behaal het. Dit was die hoogste punt behaal van al die simfornie orkeste. Wat hulle prestasie besonders maak, is dat hulle die enigste orkes was wat vir die eerste keer internasionaal opgetree het. Buiten die kompetisie, het hulle vier ander optredes gedoen op verskeie markpleine waar hulle groot gehore getrek het. Hulle het hoofsaaklik tradisionele SuidAfrikaanse musiek gespeel en dit was wonderlik om te sien hoe positief die gehore op die musiek gereageer het. Johan bedank elkeen wat ‘n bydrae gelewer het om sy toer moontlik te maak. Foto verskaf

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 "Moenie dat griep en verkoue jou dié Winter onderkry nie. Kom vra ons hoe om jou immuunsisteem sterk te hou."

022 913 1600 022 913 2075

Enige modelle: 1917 tot 2017 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com


38

PHS Matriekafskeid op die Colton Express

PHS se matriekafskeid was op 25 Augustus. Foto’s verskaf (vanaf bo gesien) deur: Marietha Goosen, Margaret Weideman en Soreen Gouws.


39


40

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Sep 2017  

Die Piketberger Sep 2017  

Advertisement