Die Piketberger Aug 2021

Page 1

1

Jaargang 28 Nr. 7

www.piketberg.com

Augustus 2021

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Cheers op Lizelle

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Francois Eksteen...p4 New Face in the Cellar...p6 Ansie Eksteen...p6 Harte van Witgoud...p10 Leliehof is 100...p12 Vyfde Skoon Oudit...p19 Pieter vang Graad...p24 Sneeufoto’s...pp26,27 Drie sussies kry goud...p30

Lizelle Gerber is pas aangestel as Wynmaker by Org de Rac Landgoed, saam met Frank Meaker. Foto’s verskaf Lees meer oor Lizelle in die artikel op p6 deur Emile Joubert van Media Vision Communications.

Quality Motorcycle & Quad Supplier


2

Redaksioneel Tjomma, dinge is intens Dis nie my gewoonte om in hierdie skrywe 'n opvolg gesprek te hê nie, maar vandag voel ek dit hoort so. Verlede maand op 27 Junie het ek my Tjomma-storie afgesluit met "Hoe gaan dit met my? Dasie foutie, my Tjomma!" Dis nou een maand later, op 24 Julie, en ek kan skaars glo wat alles gebeur het en ek wonder wanneer gaan ek alles verwerk. Ook wonder ek hoeveel keer gaan ons gemeenskap nog huil in 'n kort tydjie. Behalwe vir eerstehandse kennismaking met die virus, het ons met talle van ons kennisse, vriende en gemeentelede intense ervarings beleef van siekte, hospitalisasie en ook sterftes. Verslaendheid was meer as een dag my intense emosie, want om binne een maand van ag sterftes te hoor, net in my onmiddellike omgewing, is drasties. Ek het tyd nodig om nog na te dink oor Jannie, Francois, Leann, Johnny, tannie Anna, tannie Ansie, Helene, Alida... wat nog te sê van al hulle geliefdes wat agterbly. Dankie Here, dat niemand van ons hierdie pad alleen hoef te stap nie. Dankie dat U leemtes vul en troos waar ons mense te kort skiet. En Here, daar is nog soveel wat siek is, wat sukkel met asem haal, wie se longe seer, siek en moeg is. Dankie vir elke bietjie suurstof, gratis en verniet, uit U hand. Dankie vir elke asemteug wat beteken daar's lewe! Ek bely dat ek voorheen nie begryp het wat 'n voorreg dit is nie.

Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Briewe van ons lesers... Annake Bester, bestuurder by Huis AJ Liebenberg skryf... Aan die NG Kerk Vrouediens span, duisende dankies vir die inisiatief van die Witgoudprojek en die ruim skenking van noodsaaklike toiletware wat ons ontvang het. Meer as die helfte van ons inwoners is afhanklik van ‘n staatstoelaag, wat baie min ruimte laat vir enige ander uitgawes. Ons wil dus namens die inwoners en die Beheerraad van Huis AJ Liebenberg ‘n hartlike dank betuig aan elke persoon wat ‘n skenking gemaak het, maar meer as dit, ook vir die gesindheid waarmee dit gedoen is. Ons sal nie hierdie fasiliteit volhoubaar kan bestuur sonder die ondersteuning van die gemeenskap nie, hoe gering dit ook mag voel – dit bly kosbaar vir ons. Sien foto en berig op p10

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Prokureurs, Boedelberedderaars, Eiendomstransaksies/Oordragte, Invorderings, Litigasie, Egskeidings en Algemene Regswerk

Hoofstraat 38, Piketberg Skakel 022 913 1132 Gerhard Kruger B.Proc (U.O.V.S) Estie Clarys B.Comm (US) LLB (Unisa)

epos: andersonnel@telkomsa.net


3


4

Francois Eksteen 28.06.1961 02.07.2021

Soos geskryf en gepubliseer deur Amelia Genis van Landbouweekblad. Met die onlangse afsterwe van Francois Eksteen van die plaas Witvlei, Piketberg, het die distrik ‘n gemeenskapsman verloor, georganiseerde landbou ‘n lojale lid en Landbouweekblad ‘n vriend. Francois is op 2 Julie, enkele dae na sy 60ste verjaardag, aan korona-virussiekte oorlede. Hy het in 1984 saam met sy pa, Bertie, een van die WesKaap se bewaringslandboupioniers, begin boer en dié beginsels voortgesit en uitgebou. Sy broer Pieter het in 1990 by hulle aangesluit, en in 2015 het hy en Pieter die boerdery gedeel. Met sy afsterwe het hy en sy seun Bertus saam geboer. Bertus vertel hoe sy pa hom na sy studies op die plaas verwelkom het, “met die wete dat ek nie vir hom boer nie, maar saam met hom. Hy het altyd van “ons” gepraat, en dit is hoe ek ook met ons werksmag handel: Ons is ‘n span.” Bertus sê Francois was oop vir vernuwing, maar het sy (Bertus) kennis en opinie ook gerespekteer en geag. “Sy waagmoed het my ‘n rustigheid geleer om risiko’s te neem.” Francois is op Piketberg gebore en het op die familieplaas Witvlei grootgeword. Hy het na skool op Piketberg en die destydse landbouskool Augsburg, diensplig gedoen en aan die landboukollege Elsenburg gestudeer en ook ‘n meganiese kursus op Bloemfontein gedoen. Nolie, Francois se vrou, sê hy het “landbou in sy are” gehad. “Georganiseerde landbou was belangrik in sy oë, omdat dit struktuur gebied het en die moontlikheid vir onderhandeling en vooruitgang net soveel sterker gemaak het.” Hy was jare lank verteenwoordiger op Graan SA en Piketberg Landbouvereniging se besture. Sy deelname was vanweё die renons wat hy in passiwiteit gehad het, en omdat hy geglo het dat ‘n ding reg of verkeerd is. “Waar dit tot nadeel van die landbou verkeerd is, moes dit reggemaak word,” sê Nolie. “Hy het dikwels die vuur aangedurf, sonder vrees vir wat wie mag sê. Ek dink hy het soms op tone getrap en mens kwaad gemaak, maar hy het geglo in wat hy doen. Hy sou ‘n saak opper en deurtrap, tot voordeel van almal. Niemand sal kan sê hy was ‘n bang man nie.” Ook in sy gemeenskap sou hy, soos in die landbou, werk vir wat reg is vir almal. “Hy het dikwels voorgegaan in onderhandeling of organisering vir iets waarby die wye gemeenskap kon baat, maar hy was nooit ‘n ‘koperplaatjie’-mens nie, met ander woorde, hy het dit nie gedoen om sy naam genoem te kry nie. Hy het dit gedoen om dit vir almal makliker of beter te maak.” Sy sê ook na sy dood het heelwat mense opgemerk hoe nederig hy was. “Francois het in mense belanggestel en hulle laat goed voel, sonder aansien des persoons.” Francois het media, en veral Landbouweekblad, ondersteun as kritiese leser, as iemand wat ‘n joernalis in goeie en swaar tye om kommentaar kon nader, iemand

wat die luim in ‘n boerderygemeenskap goed kon opsom, en laastens iemand wat sou bel om te vertel van een of ander boerdery-innovasie of -neiging. Hy kon ook maar moedeloos raak oor die droogtes wat die Swartland die afgelope 20 jaar getref het, maar sy vreugde oor beter omstandighede was aansteeklik. “Die koring het goed opgekom. Alles lyk baie mooi: die koring, die medics en die lammers. Dis ’n plesier om te boer. Ná die afgelope droë jare kan ’n mens weer besluite neem,” het hy in Julie 2020 vir Landbouweekblad gesê. Nolie sê hulle sal Francois se glimlag en sy beskermende teenwoordigheid, “wat ons altyd rustig laat voel het”, mis. “Hy het altyd ‘n praktiese, deurdagte plan gehad om iets te laat werk. Hy het net geweet hoe goed werk. Hy het die vermoë gehad om mense altyd welkom en op hul gemak te laat voel. Die lekker lag-oomblikke saam met hom. Dis baie moeilik om te sê wat mens die meeste gaan mis – ons gaan hóm die meeste mis.” Wat hulle ook van hom geleer het, is dat dit reg is om nederig te wees, om die regte ding op die regte tyd te doen (ook sy motto in die boerdery), om met ‘n oop hand te gee. Hy het graag gegee, waar hy gesien het behoefte was. Hy was onbaatsugtig,en het altyd tyd gemaak vir sy gesin – selfs al was hy moeg. Hy sou trots en plesier put daaruit om iets met die hand te maak vir die kinders.” Eksteen laat sy vrou, ‘n dogter, Annelie, twee seuns, Bertus en John, en twee kleinseuns en sy broer, Pieter, agter. Dankie Amelia, vir die vergunning om bg berig te plaas. Francois, die oopkop realis, soos hy oa beskryf word, het baanbrekerswerk gedoen by die Piketberg Gemeenskaps Polisiërings Forum. Hy was die inisieerder van die kamerastelsel op die N7 in die Bergrivier Munisipale gebied en speel ook 'n leidende rol in die totstandkoming van die Plaaswag en plaas radiostelsel. Omdat Francois geglo het in sake wat van belang is vir die hele gemeenskap, het hy hierdie dinge deurgepraat en deurbaklei tot dit deurgevoer is. As lidmaat van die NG Kerk het hy gedien as diaken en ouderling en leef hom veral uit op die Eiendomskommissie waar hy in 2001 verkies is tot voorsitter – ‘n amp waarin hy vir dertien jaar dien. In hierdie tydperk is die NG kerkgebou en die kerksaal twee keer geverf – die eerste keer deur ‘n buitekontrakteur (oom Jan Langeveldt was hierin nog instrumenteel) en daarna deur die diensgroep self. Tydens Francois se voorsitterskap het die eiendomsdiensgroep al meer ook die groter onderhoudsprojekte self begin doen as gevolg van stygende koste en gebrek aan befondsing. Met die tweede keer wat die kerksaal geverf is het hy self die projek bestuur. ‘n Voorbeeld van Francois se strewe na uitnemendheid was toe een van die kerkgebou se deurkosyne gebrand het. ‘n Bosslaper het een nag vuur gemaak net buite dié deur. Aangesien die hout baie duur en moeilik bekombaar was, het die versekering se skrynwerker twee stukke hout gelas om die oorspronklike kosyn te herstel. Francois het egter nie bes gegee nie en daarop aangedring dat die skrynwerker die gelaste stuk kosyn verwyder en oormaak uit een stuk hout. Francois se bate as leier was sy vermoë om deur sy eie passie en omgee nog mense te betrek en te werf vir ‘n gemeenteof gemeenskapsaak. Ons koester sy bydrae tot die NG Kerk Piketberg.


5


6

New Face in the Cellar

Lizelle Gerber, newly appointed, winemaker at Org de Rac brings a wealth of experience and an award-winning reputation to the cellar-team. Lizelle joins veteran cellarmaster Frank Meaker at the helm of exciting new developments at Org de Rac. Lizelle graduated from the famed Elsenburg Agriculture Institute and began to make her mark in the industry when joining Stellenbosch estate Zewenwacht in 1996. From there she moved onto Avontuur, as well as gaining working experience in the Alsace wine region in France. During her tenure at the prestigious Boschendal Estate in Simondium Lizelle headed-up the white wine and Cap Classique operations. Before joining Org de Rac Lizelle was cellarmaster at Nederburg, South Africa’s largest premium wine brand. “I am tremendously looking forward to being a part of the Org de Rac team,” says Lizelle. “Winemaking begins in the vineyard, and what I have seen so far in my short time on Org de Rac is nothing but potential to continue on the journey envisaged by our MD Johan Gerber and Frank, which is to make Org de Rac the Cape’s finest organic winery. Organic farming is real farming, and the vines are showing the honest health and integrity one expects from natural farming practises. And the terroir, including red iron rich soils is totally unique – working for bigger corporate wineries I have had the chance to travel to most vineyard regions in the Cape, and Org de Rac is truly a unique patch of earth suited to making wines of originality and a specific character.” Article by: Emile Joubert, MediaVision Communications

Langstraat 59, Piketberg (Reg oorkant Agrimark Piketberg)

022 913 3326 / 083 399 7988

* Stoffering van banke en stoele * Herstelwerk aan tente en seile * Motorsitplekke en motorplafonne * Trekkersitplekke * Spesiale versoeke * Verskaffers van Hertex materiale * Verskaffers van Annie Sloan chalk paint

Ansie Eksteen 19.07.1940 21.07.2021

Soos onthou deur Elsabé Louw, Elne Eksteen, Helma Kotze en ‘n paar wyksvriendinne Ansie, ‘n nooi Erasmus, het in die vroeë jare sestigs Piketberg toe gekom as musiekonderwyseres by PHS en orreliste by die NG Kerk. Sy het haar diep ingegrawe in die gemeenskap en is toe met Lochner Eksteen getroud. Saam het hulle drie kinders, Anda, woonagtig in Engeland, Hannes en sy gesin op Melkbosfontein, die familieplaas net buite Piketberg en Rudolf en sy gesin op die plaas Skoonsig, buite Moorreesburg. Sy was baie vindingryk en het vir haar ver kleinkinders musiek oor die telefoon gegee. Vir elke kleinkind, ver en naby, was ouma Ansie baie geliefd. Haar betrokkenheid by die gemeenskap en die kerk was aktief, sy het meer gedoen as wat meestal van haar verwag is. Gehoor kla, het jy haar nooit nie, alles was net altyd goed en wonderlik. Sy het ‘n klomp mense geken en vir almal ‘n goeie woordjie gehad. Vir naby vriendinne en bure was sy so meelewend soos ‘n suster, met ‘n oop hart, oop oor en oop deur. Jou vreugdes was haar vreugdes. Met raad en daad is jy bygestaan en vir elke moontlike probleem of kwaal was daar ‘n oplossing: ‘n Knoffelpilletjie of ‘n mespuntjie rooipeper elke oggend. Drie dae later ‘n oproep: “Kindjie, het jy dit toe gekry of dit vir jou aangemaak?” Selfs vir Mammas met moeë kindertjies wat oor hulle badtyd is, was haar pittige raad: “Trek net sokkies oor die vuil voete aan, hulle sal niks oorkom nie”. Vir menige was sy ‘n opregte naaste en haar positiewe gesindheid aansteeklik en ‘n inspirasie. Vir bykans die laaste twee dekades het sy vir vele kinders met musieklesse vanuit haar huis, ‘n liefde en waardering vir musiek gekweek, kitaar, klavier en blokfluit. Selfs vir leerlinge se maatjies wat soms saamgegaan het, is ‘n tamboeryn in die hand gegee en dan word daar konsert gehou. Sy het nooit ingemeng met kleinkinders se opvoeding en dinge op die plaas nie. Sondae het sy, op uitnodiging, graag op die plaas geëet en dan het sy opgedaag, nooit met leë hande nie. ‘n Opregte belangstelling in die boerdery het gemaak dat sy altyd verneem het na die reën en of die manne al begin saai, oes of onkruid spuit het. Vir Gert, die oudste plaaswerker wat al afgetree het, het sy elke maand ’n houertjie MSM gegee om sy rumatiek te behandel. Wanneer Lochner of Hannes haar bel om te sê hulle kom haar oplaai om die koring of die beeste te gaan kyk, het sy alles net so gelos, want vir so ‘n trippie sê sy nie nee nie. Ansie was baie gesteld daarop om nie iemand te verontrief nie. Met haar fyn aanvoeling, kon sy ‘n situasie baie goed opsom. Ansie Eksteen, jy is iemand met wyse woorde en goeie raad, jou kalmte en groot omgee hart, sal ons nog lank bybly en in moeilike situasies help. Wanneer ons weer die voorreg gaan hê om Fonteinfees of Markdag te hou, gaan ons jou baie mis agter die pannekoektafel, jou vernuf maar veral jou lieflike humorsin. Fier en regop, al stappend en glimlaggend, is hoe baie Piketbergers haar sal onthou. Ons innigste simpatie aan haar familie, wat ‘n besonderse mens aan die dood moes afstaan.


7


8

Doppies en tags vir Rolstoele

Hondehokke Benodig Piketberg Dieresorg het ses hondehokke gedurende Junie en Julie in die woonbuurt gaan uitdeel. Vier is geskenk en twee is aangekoop met donasies wat ontvang is. Komberse en matrassies is daarin gesit, wat ook deur weldoeners geskenk is. Op 18 Julie is kos wat geskenk is uitgedeel aan 20 honde. Mandeladag sterilisasies is gereël vir 25 Julie, Weskus CVC het die sterilisasies teen ‘n baie spesiale prys kom doen. 22 Katte en drie teefhonde is gesteriliseer. 6 Augustus is ook bespreek as ‘n verdere sterilisasiedag as gevolg van die groot aanvraag. 15 katte en vyf teefhonde sal dan gedoen word. Piketberg Dieresorg het ‘n groot behoefte aan hokke, komberse en kos. Enige donasies is baie welkom.

Hier ontvang Annake Bester, bestuurder van Huis AJ Liebenberg en Suster Rista Grobbelaar twee splinternuwe rolstoele vir die Tehuis. Dit was die laaste oorhandiging van rolstoele uit doppies en tags wat deur Coenie Smit, middel, behartig is. Coenie, baie dankie vir jare se geduld met die doppies en tags sodat Piketberg en Eendekuil se gemeenskappe hierby kon baat. Dankie aan elkeen wat die moeite gedoen het om ‘n doppie te kom ingee, eerder om dit net in die drom te gooi. Hier is weer eens ‘n tasbare bewys van die resultaat. U kan steeds u doppies en tags by een van die biblioteke neersit. InterTown koerierdiens neem dit gratis Kaap toe na die Happy Hearts Foundation, wat ook rolstoele uitdeel. Foto: Teresa van Niekerk

Hok geskenk deur Edith en Joey van Wood Logistics. Afgelewer deur Anthony en Melvyn. Foto’s verskaf

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 082 704 3276

Donasies Welkom Piketberg Dieresorg NPC Capitec Bank, Spaarrekening Rekeningnommer 160 6488 552 Takkode 470010

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


9


10

Harte van Witgoud 20 Jaar gelede - Augustus 2001 REDAKTEUR: Pierre Steenkamp MEDE-REDAKTEUR, BERIGTE EN FOTO’S: Marietha Goosen FINALE UITLEG: Berenice Roux

16 bladsye Gratis Rubrieke: Ons lesers skryf; Uit Jannie se pen; Interessante Versamelings

Annake Bester, bestuurder van Huis AJ Liebenberg en Stafverpleegster Adams ontvang die Witgoud items van Marietha Goosen, regs. Die Witgoud projek is geloods deur Piketberg NGKerk se Vrouediens en talle lidmate het hulle harte en beursies oopgemaak en uiteindelik is 30 items elk van die volgende aangekoop: Lyfroom, poeier, Roll-on, onderarm spray, Dettol lyfseep, Protex lyfseep, babasjampoe en seep ineen, Prep, vaseline, tandepasta, houers met oorpluisies, omgehekelde waslappies en skeermesse. Met ekstra geld beskikbaar is besluit op nog 20 houertjies Prep aangesien dit 'n duur item is en meerdoelig aangewend word. As 'n ekstra lekkerte is elke inwoner bederf met 'n plak Cadbury sjokolade. Foto: Jac Goosen

Magnolia Keys Piketberg 073 811 6565

Piketberg Dieresorg Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918 Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Voorblad: Piketberg skou tot in die lente. Die skou skop op 29 Augustus af en eindig op 1 September. Finaliste van die babakompetisie word vanaf foto’s gekies. Op die voorblad verskyn Lain-Mari van den Heever en Liani Visser. Terence, Nicoline, Lindie en Nadia Brown het die vakansie ‘n besoek gebring aan Australië. Terence het deelgeneem aan die atletiek wêreldkampioenskappe vir veterane. Santam Gholfdag ten bate van ACVV Piketberg. Pragtige dag en entoesiastiese gholfspelers het die dag terdeë geniet. Nico Basson wys sy versameling Parker penne, Matchbox karretjies en KWV Brandewyn. Piketberg Landbou– en Blommeskou vanaf Woensdag 29 Augustus tot Saterdag 1 September. Damesoggend met gaskunstenaars Christa Steyn en Jannie du Toit. Skoudans met die musiek van Harry en Tony Campbell. Gerty Wiese, moeder van Leon, Cecile en Lauretta het op 6 Junie 2001 95 geword. Sy was vir 35 jaar ‘n lid van die plaaslike VLV. NG Kerk hou Getuienisweek. Mariaan le Roux wat kinderevangelisasie doen in Frankryk, en Ds Kosie Greeff van Klawer, die prediker gedurende die getuienisweek. Mariaan het in Piketberg grootgeword en was 39jaar laas tydens die winter in Piketberg. Sandveld Halfmarathon en Aartappelfees op Redelinghuys op 1 September. Dit is vanjaar die 10de geleentheid. Baie geluk aan H Smit en A Nelson wat die sopbak en sophamper gewen het in die Knorr Sop Kompetisie. Advertensies: Gemaalde vleis @R15.98/kg by Liebco. 25 Econo Patties @R20.98 by Liebco. Dames en dogters onderklere. Van eksoties tot doodgewoon. Verskillende kleure. Enige grootte. Goeie pryse. Gietysterpoot bad R600. Wegneemete besigheid te koop op Citrusdal @R50 000. Ruim motorhuis in die dorp te huur teen R95 per maand. Bergrivier: 11ha, huis en buitegeboue, diep, breë poele in rivier, voerkrale. R500 000. Piketberg: 3ha, groot SLK-huis, twee store teen N7. R220,00. Piekenierskloof: 2ha, 4SLK-huis, 2 badkamers, teen N7, goeie tuingrond. R350 000. Rainbow Chicken Livers R2.25 vir 250g by Boland Spar Knorr Soup Packet R1.49 by Boland Spar Ricoffy 250g @ R8.99 by Boland Spar


11


12

Leliehof is 100 Corrie le Roux Joubert sal elke maand tot Desember staaltjies opdiep uit haar skatkis van herinneringe.

My ma was ’n nooi Basson van die plaas Rietvlei tussen Laingsburg en Ladismith. Sy het een suster, Rita, gehad wat na my oupa en ouma se dood die plaas saam met haar man, deur Japie Kritzinger geboer het. Corrie le Roux Daar was ’n arbeidergesin wat ’n beJoubert sonder wakker en slim dogter, Liesbet, gehad het. Tannie Rita het gevoel dat Liesbet beter af sou wees as sy saam met my ouers Piketberg toe kom en in die koshuis kom werk...wat toe ook gebeur het. Vir ongeveer ’n jaar het Liesbet in die ou Whites Losieshuis gewoon, want die nuwe Leliehof was nog in aanbou...dis die begin van die sestigerjare. In die nuwe gebou is voorsiening gemaak vir twee hulpe wat kon inwoon. So, Liesbet moes haar kans net rustig afwag. Leliehof soos hy daar staan, is ‘n groot vierkantige gebou, met uitbouings berg se kant toe, kombuis, waskamers, hulpmatronekwartiere, Liesbet en Corrie siekeboeg, ens. Ou Leliehof het gestaan waar die studie-saal, met ander woorde, die agterste deel van die vierkant, is. Met die bouwerk is die ander drie sye, een kyk toe skool, een dorp toe en een swembad se kant toe, klaar gebou en binne-in klaar afgerond. Tydens hierdie bouery, het my pa en ma heelwat reise Kaapstad toe onderneem om meubels, breekware, eetgerei, kastrolle, ens te gaan aankoop vir hierdie koshuis van Kaapse Onderwysdepartement wat as model moes dien vir die bou van toekomstige koshuise. Ek kan nie veel onthou van die aflewer van hierdie magdom goed nie, ek onthou net dit het vir my gevoel of hulle nooit ophou om stoele in te dra nie, dit was eetkamer- én studiesaalstoele. Alles is eers reggemaak in die nuwe gebou voor ons gesin en die dogters kon intrek, want ons almal moes kon slaap en eet. Daarna is ou Leliehof plat geslaan, die vierkantige gebou se laaste sy is gebou en siedaar, daar staan die sieraad wat toe nooit verder as model vir ander skoolkoshuise gebruik is nie. Heel agter die gebou, losstaande, was die bediende kwartiere en Liesbet kon ook daar intrek. Daar is drie van die koshuiswerkers wat ek nooit sal vergeet nie. Liesbet is natuurlik een. Dan was daar Kowa. Ek is seker dis eintlik Koba! Sy het twee hande gehad wat vir niks verkeerd gestaan het nie. En dan Drieka...die kok. Sý het geweet van kook. Sy kon toor met kos. My en my man se troue (hy is ook Johannes) se onthaal was in Leliehof en daardie kombuisspan het die kos gemaak, kerk toegegaan, weer hulle voorskote aangesit en ons bedien! My ma het graag vertel dat die twee beste uitvindsels van die vorige eeu vir haar was ’n vrieskas en tinfoelie. Laasgenoemde omdat dit Drieka die vryheid gegee het

om heerlike sagte sappige vleissnitte in die oond in bakke onder tinfoelie gaar te maak...niks droog uit nie. Hulpmatrone, tannie Matty Briers...wat ’n juweel van ’n vrou. Saam met Drieka kon sy die planne wat my ma uitgedink het om die Leliehoffers se kos wat gesond en gebalanseerd moet wees, maar aan-treklik moet wees om te eet, tot in die fynste beson-derhede uitvoer. Maar soos met enige saak is alles nie altyd maanskyn en rose nie. My broer, Johannes, word ook groter en bereik sy tienerjare. Die koshuisbeheerraad, ek weet nie wat hulle benaming daardie tyd was nie, besluit toe in sy standerd 7 jaar dat hy na die seunskoshuis, Die Kasteel, moet gaan. My ma was stukkend daaroor. Ons woonstel se agterdeursleutel het ’n skreegeluid gemaak as hy gedraai word. My ma word een nag wakker van daardie geluid en kry vir Johannes oppad na buite. Op haar vraag, "En waar gaan jy heen?" antwoord hy, "Huis toe"..."En waar is jou huis?"..."Daar onder by die meisiekinders!" My ouers het kennis gegee, gevra vir drie maande tyd om ’n huis te soek, maar gelukkig vir die Le Roux-huisgesin is daar besluit dat Johannes by "sy meisiekinders" mag bly. Leliehof is so ontwerp dat die inwonende hoof se kantoor nie in die woonstel is nie, maar in die hoofgebou. Dit is maklik toeganklik vir die dogters en as die deure gesluit is, het niemand toegang tot die kantoor nie. Tog het my pa verkies om in sy kantoor in die skool te gaan werk, al sy boeke en notas wat hy nodig het, is trouens daar. Saans met sy terugstap koshuis toe, volg hy altyd dieselfde paadjie en kontroleer of sekere deure gesluit is, lg was die werk van die onderwyseres aan diens en ook van sekere matriekdogters. Dié betrokke aand wyk hy van sy roetine af en met die verbystap by tannie Matty se kamer, hoor hy onnatuurlike kreungeluide. Hy gaan haal my ma en deur die genade het sy nie haar kamerdeur gesluit toe sy gaan bad het nie....sy het ń hartaanval in die bad gehad. Ek hoor nog hoe sê sy vir my ma tydens een van ons besoeke aan haar in ’n Kaapse hospitaal..."Ai mevrou, ek kry só nagmerries oor al daardie mooi slaaie, die bakke staan my hele bed vol, die skool kom uit en ons is nog nie klaar nie." En toe breek die slot van Beriggie in Die Burger oor tannie Matty my pa se en Leliehof en haar afrede. skoolkantoordeur een aand en hy kan nie uit nie. Hy wag maar tot studietyd verby is, want woonstelle D en E se dogters beweeg in hulle gang wat vensters aan die skool se kant het dan kan hy mos roep. Maar die "roep" word toe interpreteer as "meneer raas met ons". Meteens verdwyn al die dogters uit die twee gange uit, wat eintlik onmoontlik is, want hulle móét badkamer toe en terug kamers toe beweeg. Hulle het begin kruip! Ja, regtig, hulle het! Teen halfelf het my ma ’n onderwyseres gekry om saam met haar skool toe te loop en gehoor wat gebeur het. Ek weet nie hoe hulle my pa daar uitgekry het nie, maar hy het darem nie die nag in die skool deurgebring nie.


13


14

Nuus uit Rwanda… deur Alta Nelson

Net in Afrika!

Hierdie sê-ding het my aan ‘n hele paar dinge in Rwanda laat dink. Een Saterdagoggend besluit ek en Neels om met die motorfiets Kamembe toe te ry. Dis nou wel nie so ver nie (75km), maar die pad is ‘n perd van ‘n ander kleur. Op die oomblik is daar ‘n gedeelte wat meer slaggate is as pad (seker ook soos alle ander dinge Covid se skuld) maar, met ‘n motorfiets kan ‘n mens ten minste al die slaggate vermy en na ‘n lekker bord kos en ‘n koue bier in Kamambe sien jy weer kans om weer die pad terug aan te durf. Soos goeie padverbruikers ry ons al die pad op ons kant van die pad (regterkant), want ons kan om die slaggate ry. Ten spyte daarvan sal vragmotors van vooraf kom en op ons kant van die pad ry om die slaggate aan hul kant te vermy en dan nog boonop vir ons toet om pad te gee. Dink jou dit in in Suid-Afrika….jy sou gestraf gewees het met gebare taal. Jy dink soms die vragmotor voor jou wys met sy flikkerlig dat jy kan verby ry, maar eintlik wys hy net vir die aankomende verkeer waar die rand van sy voertuig is, want hy ry waar hy wil in die pad. Net in Afrika! En moenie met jou motorligte aan ry nie, dan flits almal vir jou ligte dat jy dink iewers is ‘n groot padblokkade net om agter te kom jy skakel eers jou motorligte aan as dit donker is. Dis ook net in Afrika wat jy ‘n brug sal aandurf met styftoegeknypte oë. Ja, jy het reg gelees, styf toegeknypte oë soos jy bid. Kinders het nie speelgoed nie, ja jy het dit ook reg gelees. Hulle speel met ‘n bal wat gemaak word van styf opgerolde piesangblare wat dan met dun grasse vasgebind word. Hier en daar sien jy ‘n kind met ‘n selfgemaakte houtfietsie wat lyk soos die “scooters” waarmee kinders in SuidAfrika ‘n paar jaar gelede so graag gery het. By elke bank en kitsbank is 24 uur sekuriteitswagte (geen bankroof nie). Die kitsbank in Bugarama word met ‘n blou gespuite fietsketting afgesper. Elke huis het nou wel nie ‘n brandblusser nie, maar drie emmers vol sand wat onder ‘n afdakkie in jou erf hang vir ingeval daar ‘n brand sou ontstaan. Dis eintlik sommer ‘n oulike tuin ornament. Alhoewel moderne tuingereedskap nie beskikbaar is nie, staan geen tuin hier ‘n tree terug vir tuine in ander lande nie. Die dooie blare word gevee met ‘n besem wat ook van blare en takke

gemaak word. Gras word een keer per maand deur die tuindienste gesny met ‘n randsnyer, let wel nie ‘n grassnyer nie. Die res van die maand word die gras met iets gesny wat lyk soos ‘n gholf“putter” met die verskil dat die gebuigde deel voor dunner is en skerpgemaak is. Daarmee word die gras afgekap.

“Scaffolding” by nuwe geboue is iets om te aanskou. Hulle gebruik stokke, riete en, as hulle gelukkig is om te kry, baie dun plankies. Na ‘n paar maande staan daar ‘n stewige verdieping gebou. Indien jy die dokter besoek, word jou pille soms in ‘n sakkie geplaas wat volgens my baie oulik is, want jy hoef nie te kan lees om te weet wanneer jy jou pille moet drink nie. Daar is vier prentjies op die sakkie waarby die dokter aandui wanneer jy die pille moet drink: ‘n son wat opkom (soggens), ‘n volle son (middag), ‘n son wat sak (na-middag) en ‘n maan en ster (saans). Ek sluit af met die twee “bars” met bekende name: Jacaranda Bar (nie dat hier Jakaranda-bome groei nie) en Sun City Bar (geen ooreenkoms tussen hierdie en die ware Jakob nie) …net in Afrika!

Foto’s: Alta Nelson


15


16


17


18 Uit die kunskamer van

Saars Shabby ’n Shine met baie “shabby” en bq “shine”

Hallo hallo en sommer nog ‘n hallo! Met die sneeu op die berge en die ‘chill’ in die lug, kry ek sommer tonne lekkerder gecraft, net my papiere met al die blertse koffie en tee vat so bietjie Sarie Louw langer om te droog, maar gelukkig het ek ‘n voorraad daarvan, want dis my beste en nuutste manier om klein kindertjies besig te hou wat kom kuier, meestal wil hulle swem (en hulle verstaan nie so lekker van winter en koue water nie) totdat ek hulle nooi om te kom verf. En dan natuurlik die frons wanneer ek koffie of tee saam met die kwaste neersit en dan raak dit só interessant, want hulle kan net speel, geen bekommernis om tog net binne die lyne te bly nie. En hiermee kom ek by ‘n punt waaroor ek heel moontlik oor die vingers getik sal raak, jammer juffrou, maar kreatiwiteit begin éintlik juis wanneer jy buite die lyne inkleur of verf, en dan nog meer so, sommer die blad omdraai en op die agterkant jou hand se ritme uitleef…tesame met die een kleur in verskillende skakerings, waar die lyne geskep word deur hoe nat of droog die kwas is, en hoeveel kere jy die lae neerlê, en sommer ook hoe opgewonde jy is. Ek verstaan en besef die opvoedkundige waarde aan die ‘bly-binne-die-lyne-ding", maar menigte kinders het al gekla dat dit vat die pret uit inkleur en dan wonder ek maar net of daar in die hele skoolsisteem dan nie maar iewers anders is waar dieselfde waardes, ritmes, gedrag, of wat ookal aangeleer kan word nie, veral ook nou terwyl hulle binne die hoepels moet bly tydens pouse. En binne

die huise vir hul eie veiligheid. En intussen skree ons grootmense saam dat almal net bietjie uit wil kom. En nou vra vele van julle seker wat op aarde is die doel van papiere kleur met koffie of tee. En die antwoord kom alweer terug na my alewige journals toe, my meisiekind vra byna elke keer wat ek met nóg journals wil maak? Sommige onkundiges vra hoekom moet daar dan nou sulke lelike vuil papier in boeke gebruik word, maar die kleur van papier het op sy eie nou in ‘n kuns verander, met vele verskeie bronne soos rooikool vir ‘n blou kleur, avokado skille vir ‘n dowwe pienk…ja, nie groen en uie vir geel, en nog ‘n magdom ander eksperimente wat daagliks op ons gewilde “YouTube” speelplek gedoen en gedeel word. En verder word hierdie papier dan gevlek of patrone gegee deur gehekelde lappies, papierdoilies, tou of stempels, en selfs wanneer dit op ‘n tafel of oppervlak met patrone gedroog word, sal dit na die papier oorgedra word en crafters koop hierdie papiere wanneer hulle nie self die moeite wil doen met die kleur en droog proses nie. Op ‘n ander groep vra hulle vandag wanneer het elkeen van ons bewus geraak van kuns, kreatief wees, iets opdollie, of net om te skep uit dit wat ons het. En die antwoorde is so uiteenlopend soos ons kulture, ouderdomme, land van geboorte, ens. Sommige het waardering gekry uit tekort daarvan, ander omdat dit maar ‘n familie instelling is, andere uit verveeldheid, en dan nogal by ‘n aansienlike paar het dit nóu gebeur met te veel tyd tuis en nie veel om te doen nie, en daarmee natuurlik die hoofbestanddeel waar hulle iets soek om die aandag mee af te trek, want soos kinders se aandag daarmee geboei word omdat hulle op iets anders konsentreer as die gewone, sien en voel ons die verskil in ons welstand wanneer ons onbesorg en sonder om geoordeel te word, net kan ontspan, en buite ons lewe se lyne kan lééf en kleur, of dit nou met verf of woorde is, en of dit vir onsself of ons geliefdes is. Wat jou situasie ookal is, en waarmee jy ookal besig is, geniet net elke oomblik sónder kritiek of mismoedigheid, en LEWE net in volkleur…BUITE jou lyne…en ervaar die VRYHEID daarvan. Bly veilig te alle tye…en elkeen wat moegheid, siekte of hartseer dra in hierdie tyd, gee jouself genoeg kans om te rus en die goeie en lekker in die lewe aan te gryp, en daardeur genesing en aanvaarding te ervaar.

PHS Feesjaar T-hemde

PHS se Feesjaar hempies is nou beskikbaar vir bestelling @R350 elk. Plaas jou bestelling per Whatsapp by 082 557 6239. Daar is mans- en damessnitte beskikbaar. Indien jy twyfel oor groottes kan ‘n “size chart” verskaf word.


19

ACVV Winterhoop

Donasies vir ACVV Winterhoop program voordat Teola McKenzie en Hanlie Smit dit gaan uitdeel het aan behoeftige gesinne. Hulle het komberse, kos en klere gekry waarvoor hulle opreg dankbaar is. Dit was 'n besonderse koue en nat dag toe hulle Hoop in Huise gebring het. Foto verskaf

Vyfde Skoon Oudit in ‘n Ry Bergrivier Munisipaliteit kondig met trots aan dat hulle vir die vyfde agtereenvolgende jaar ‘n skoon oudit vir die 2019/2020 finansiële jaar ontvang het. “Ons is baie trots op hierdie prestasie wat ons behaal het. Hierdie skoon oudit bewys dat ons ons werk doen tot die beste van ons vermoë. Ons bedank graag ons Raadslede, direksie, amptenare en al ons rolspelers vir hul volgehoue goeie samewerking. Bergrivier Munisipaliteit is waarde-gedrewe en gaan uit ons pad uit om dienslewering ons top prioriteit te maak. Dankie aan elke lid van ons publiek wat ons voortdurend op ons tone hou. Ons dien met trots!” het Raadsheer Ray van Rooy, Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit, gesê. ‘n Span ouditeurs het die afgelope vier maande ‘n intensiewe evaluering van Bergrivier Munisipaliteit se prestasiebestuurstelsels, finansiële state, interne beheermaatreëls, regering en leierskap gedoen. Dié munisipaliteit het sy skoon oudit status behou en het reeds vir die 8ste agtereenvolgende jaar ‘n ongekwalifiseerde oudit. Alle Munisipaliteite word jaarliks ge-oudit. Die COVID-19 pandemie het ons as ‘n munisipaliteit geforseer om dinge anders te doen, maar ons was gereed vir die uitdaging. Dié munisipaliteit het op 30 Junie 2021 die finale ouditverslag deur die onafhanklike Ouditeur-Generaal ontvang. Die Munisipale Bestuurder, Adv Hanlie Linde, het verduidelik dat goeie spanwerk, goeie gesindhede en ‘n kultuur om dinge reg te doen, die sleutelfaktore was in die bereiking van ‘n suksesvolle verslag. Uitgereik deur: Die kantoor van Bestuurder, Bergrivier Munisipaliteit

die

Munisipale


20

A Trip Back in Time: Unique New Self-Guided Historic Route Launches in Western Cape Town of Piketberg

A fascinating new self-guided tour has been launched in the town of Piketberg in the Western Cape which takes visitors on a journey back in time to experience the rich history and historic buildings of this beautiful village. The Piketberg Historical Route takes visitors to the myriad of historical buildings dotted throughout the town which date back as far as the 1880’s and is a wonderful outing for young and old. ABOUT THE ROUTE: Start your tour at the Piketberg Tourism offices at the Winkelshoek Complex, just off the N7 highway where you can collect a map of the Historical Route and find out all you need to know for your visit. While you are there, be sure to grab a fresh traditional Roosterkoek and coffee to fuel up for the route ahead. From there you will make your way to the impressive NeoGothic Dutch-Reformed Church, which was built in 1882. The town developed around the church building, being one of the first buildings in the village and the architect and builder was Carl Otto Hager, a well-known church architect of the time. He also drew the plans for the old Lutheran church and the rebuilding of the Mother Church, both in Stellenbosch, as well as several other churches erected in the second half of the 1800’s. The church was built with Table Mountain sandstone, excavated in the mountain to the west of Piketberg. Members of the congregation transported the building blocks to the site as well as other building material to help keep the cost down. Just over the road from the Church lies points two and three of the tour – number 5 Kerk Straat which was built in 1906 as a business premises, and the Commercial Hotel, which was built in 1898. Both buildings boast beautiful cast iron balustrades and “broekie lace” - in keeping with the period in which they were built. The commercial hotel still features furniture which was shipped to South Africa from England and delivered to Piketberg by ox-wagon. The hotel has a captivating history that includes being accommodation for soldiers during the Anglo-Boer War. Proceeding from here, and all accessible by foot, visitors can visit the old Sheriff’s Office and original Police Station which were both built in 1926, as well as the original Bioscope built in the early 1920’s. Not far from here lies the Piketberg Museum, which is made up of an original homestead as well as the former Jewish synagogue. The museum houses an award winning display of historic items that serve to further transport one back in time to a bygone era – highlighting the lifestyles of the early inhabitants of the town. The Piketberg Historical Route stops in at a variety of other locations, including the historic cemetery, which offers great insights into the families and people that came before, and who made the town what it is today. In total the route has 12 points of interest and visitors can walk or drive to each at their leisure. WHERE TO EAT Time travel is hungry work. Good news for visitors is that Piketberg offers a wide selection of eateries to cater to all tastes. From a large franchise steakhouse to quaint coffee shops, cafés, and restaurants – such as Bravo Wine & Food - all serving up a smorgasbord of sweet and savoury offerings. For wine lovers, a visit to Org-de-Rac, the local organic

winery, to sample the fruits of the local vineyards is highly recommended. Sipping the Estates delicious wines while watching the sun set from the beautifully elevated position is a perfect way to round out a day in Piketberg, and the wine and cheese pairing of offer, as well as the fresh oysters and MCC are highly recommended. WHERE TO STAY Piketberg offers an array of accommodation options to suite all tastes and budgets. From self-catering accommodation such as @1926 - a charming option in the heart of historic Piketberg - to guesthouses and bed and breakfast establishments. It is highly recommended that you overnight in the area as there is so much to see and do that visitors can easily fill a weekend long itinerary. “Piketberg, which is named after the impressive mountain that it clings to, is located in the Bergrivier municipal area - less than two hours from Cape Town on the N7 highway and nestles at the foot of the Piketberg Mountain range, surrounded by a tapestry of wheat fields, vineyards, fruit farms and indigenous fynbos,” explains Nomonde Ndlangisa, CEO of Bergrivier Tourism. “Visitors frequent Piketberg to enjoy – amongst many other things - the stunning natural surrounds, the abundant outdoor activities, good food, good wine and warm country hospitality. Bergrivier Tourism wanted to create an additional draw card which allows us to portray the rich history and heritage of this beautiful town that is so easily accessible from Cape Town.” “The Piketberg Historical Route promises to deliver the best of Piketberg to visitors, who – in addition to the exciting new tour - can stay on for longer to enjoy everything else that the town offers,” says Ndlangisa. “There is a wealth of activities to add to your itinerary while staying in Piketberg – such as fishing, hiking, mountain biking, bird watching, wine-tasting, hang gliding, and paragliding. Alternatively, you can opt to relax and enjoy the natural beauty surrounding you - indigenous fynbos, rock formations, beautiful sunsets, and night skies which, unaffected by light pollution, offer a phenomenal star display.” For more information on the Piketberg Historical Route visit www.piketberg.bergriviertourism.co.za. Contact Piketberg Tourism on 022 913 2063, or email piketberg@bergriviertourism.co.za. Watch the video on the Piketberg Historical Route here: https://youtu.be/y--XkOx9mpw, and be sure to enter the competition where you can win a jam-packed day, including one night’s stay, in Piketberg for two people to experience the Piketberg Historical Route tour. Visit https:// piketberg.bergriviertourism.co.za/historic-routecompetition/ for more information on how to enter.


21


22

Op die Rakke van die Biblioteek… Die Kinders van Spookwerwe deur Lize Albertyn-du Toit

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Die Kinders van Spookwerwe speel af in die jare sewentig. Die Kaliempies, Hendrik en Mieta en hulle enigste seun, Milano, woon op die plaas Spookwerwe in die Bo-Karoo. Hulle bestuur Ben Human, wat in die Kaap woonagtig is, se skaapboerdery. Die Bespreking deur leefstyl is ‘n eenvoudige, maar ryk lewe. Geelsuiker is ‘n alleen- Lize Albertyn-du Toit loper jakkalsjagter wat op die buurplaas bly en deel geword het van die Kaliempiegesin. Klem word gelê op ‘n liefde vir die natuur, outentieke leefwyses en die daaglikse ritme van ‘n Karoobestaan. Die storie begin met ‘n groot tragedie, maar die boek dra nie te swaar aan hartseer en verlies nie. Die hoofkarakter is Mieta, ‘n aardsmoeder wat haar mense en geliefdes onder haar vlerk hou en beskerm. Met Mieta veg jy in die voorste loopgrawe van die lewe. Die rustige, veilige Karoo word dan weens omstandighede vir die meer woelige en vreemde Swartland verruil. Mieta lig moeilik haar wortels, maar as karakter raak sy ten spyte van ‘n nuwe lewe en die verlies wat sy in haar dra deurgaans sterker. In hierdie tyd word Milano ‘n jong klong. Hy maak kennis met Geraldine, die nuwe bure se enigste dogter. Skaam en skugter ontdek hy kalwerliefde, maar ook die ontnugtering wat die grootmenswêreld bring. Die leser ontmoet kleurvolle, maar ook gure karakters en wanneer alles tot ‘n spits gedryf word, is dit Mieta wat in ‘n groot mate nie net teen haarself te staan kom nie, maar ook teen ‘n gemeenskap se onwilligheid om by ander betrokke te raak. Die draad wat deur die boek loop is die lewe in sy verskillende fasette - geboorte, sterfte, liefde en verhoudings met die mense om ons. Hoe ‘n lewe na die beste van ons vermoë met integriteit geleef kan word. Ek wens vir ons land baie Mietas en Hendrikke toe.

Leeskring Boekelys 2021

18 Augustus: Getuie - Christine Barkhuizen-le Roux

15 September: Kleur, my lewe, my lied - Randall Wicomb 20 Oktober: Merk - Rudie van Rensburg 17 November: Afsluiting

Merk 20 Oktober Bespreking van die boek, Merk is uitgestel na 20 Oktober, met hopelik ‘n besoek van die skrywer, Rudie van Rensburg.


23


24

Pieter vang Graad en ander dinge (aan) Pieter Rossouw behaal Desember 2020 sy graad in Megatroniese Ingenieurswese aan CPUT. Dié belangrike dokument is op 23 Julie per koerier by sy huis in Piketberg afgelewer. Toe is dit ‘n kwessie van Sien is Glo! Die Piketberger het Pieter gevra om sy studie – en ander reis met ons

Pieter Rossouw te deel. Geniet dit! “Pa wou destyds baie graag hê ek moet na die Boland Landbouskool gaan in die Paarl, waar hy en oom Pieter was, maar ek het besluit om eerder met trots by PHS te matrikuleer, aangesien oupa Pieter in 1946 in die eerste klasgroep was wat van St 1 tot matriek by PHS kon voltooi. Tussen al die eskapades deur, het ek darem in my vrye tyd matriek geslaag en was die eerste Rossouw sedert oupa Pieter om by PHS te matrikuleer. Na skool het ek gemik na Ingenieurswese. In 2011 was Megatroniese Ingenieurswese ‘n relatiewe nuwe rigting, dit het ontstaan uit die kombinasie van Meganiese Ingenierswese en Elektroniese Ingenieurswese. Dit het vir my gevoel soos die snypunt van Ingenieurswese, omdat die meeste hedendaagse ontwerpe beide elektriese- en meganiese komponente deel. Dit het ‘n groot leemte in die industrie gevul, omdat dit meer doeltreffend is om een Ingenieur aan te stel vir beide die meganiese- en elektroniese fasette van ‘n projek in plaas van twee. Op daardie stadium was dit ook die tweede mees intensiewe Ingenieurskursus in Suid-Afrika, as ek reg onthou was Biologiese Ingenieurswese die mees intensiewe kursus. Na ek my tweede jaar voltooi het, het ek besluit om bietjie te rus. My idee van rus was om agtien uur lange dae

in die sneeu en ys van Minnesota te werk vir twee jaar. Ek het geboer vir ‘n mieliekontrakteur en het baie dele van die States gesien. Om ‘n Kersfees in New York te beleef en die vuurwerke bo die presidente se koppe van Mount Rushmore te sien, maak dit die moeite werd. Ek kon daardeur ook vir die res van my studies betaal. In 2016 keer ek terug en tel weer die boeke op – dit was swaar. In 2018 het die onluste by die universiteite ‘n bietjie warm geraak en ek besluit om vir oulaas weer te gaan boer in Amerika, waar niemand my bakkie aan die brand probeer steek terwyl ek klas loop nie. Ek het teruggekeer in 2019 en aangesluit by Piket Implemente, as Junior Ingenieur en later werkswinkelbestuurder, terwyl die span op kampus my papiere gesoek het na al die onluste en klippe se gooi. Hierdie week het ‘n groot verrassing met ‘n koerier by my huis opgedaag, so asof dit net nog ‘n Takealot pakkie is. Ek sit die ding eenkant en gaan haal eers vuurmaakhout. Toe ek later onthou en dit oopmaak, my graad! Vier jaar van hard leer en drie jaar van hard werk. Ek dank ons Hemelse Vader vir die geleenthede, Ma, Pa en Ouma vir al die jare se ondersteuning en die knie kolle in die mat langs die bed van bid omdat hulle nooit weet waar ek is of waarmee ek besig is of wat ek volgende gaan aanvang nie. Ek het die lang paadjie gestap tot hier, met ‘n hele paar ompaaie tussenin, maar dit was die moeite werd. Ek waardeer vandag die reis baie meer as die bestemming. Ingenieurswese verskil baie van een rigting tot ‘n ander, maar daar is een rede hoekom ek enige rigting in Ingenieurswese sou aanbeveel vir ‘n jongmens: Dit is ‘n studie van probleemoplossing. ‘n Studie van hoe om te dink. Ek vermoed ons gaan vorentoe mense nodig hê wat weet hoe om te dink en probleme op te los. Ek sluit in Augustus aan by Overberg Agri om die maatskappy se belange in die Porterville-, Piketberg-, Citrusdal- en Sandveld distrik te hanteer. Ek sien baie uit na die nuwe uitdaging, en neem met ‘n swaar hart afskeid van die span by Piket Implemente. Dit was regtig ‘n eer om saam met Carel en Rossouw van Niekerk te werk. Die lesse en denkwyse wat hulle my geleer het, is van onskatbare waarde.”


25

Snaaksighede in ons Taal deur Anita

Sê: Weet jy….. Antwoord – Nee ek weet nie, jy gaan seker sê – Ja ek weet, praat jy oor Jan of Koos? Sê: Het jy gehoor? Nee, waarvan? Hier kom weer ‘n lekker storie met stertjies aangelas! Sê: Ek soek nie daardie groen goed op my bord nie. Jy hoef nie, want daar is nie! Sê: Ek soek nie ‘n man in my lewe nie. Toemaar jy sal nie een kry nie. Sê: Nie daardie rok nie. Hoekom dubbeld nee sê? Voertsek! En verwilder die hond….. Enig in ons taal. Sit af die lig – Jy kan nie met daardie gedeelte van jou lyf daar bykom nie. Probeer liewers skakel die lig af. Ons hang hier rond. - die Tieners - Waaraan hang hulle? Die motor se enginkap of sitplekke? Praat jy ook so?

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg

022 913 1600 / 022 913 2075 Indien u:  Covid positief is of  Wag vir Covid uitslag of  Covid simptome het en medikasie nodig het volg ASSEBLIEF die volgende maatreëls

1. 2. 3.

Versamel alle plastiekdoppies en brood tags en sit neer voor die Openbare Biblioteek of by LB Wernich Biblioteek.

4.

Kontak ons TELEFONIES om medikasie of voorskrif vir u reg te kry. Bel VOOR u kom om medikasie op te tel om seker te maak u medikasie is reg. BEL ons as u voor die apteek wag dan bring ons die medikasie na u. U MAG ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE IN DIE APTEEK INKOM EN DIE KLIëNTE EN PERSONEEL SE GESONDHEID IN GEVAAR STEL

o WW WEST on WHEELS Francois West 083 464 6960

Kontant vir jou Gebruikte Voertuie en Bakkies


26

Piketbergers Bibber en Baljaar

Sneeufoto’s geneem by Ceres, Sutherland en Richmond


27

Foto’s verskaf

Piketberg Blom - 16 tot 21 Augustus Piketberg Toerisme, tesame met Bergrivier Toerisme, wil seker maak dat blomkykers wat by Piketberg verby ry, genooi word om van die N7 af te draai en tyd in ons pragtige dorp deur te bring. Ons wil Piketberg laat BLOM. Wonderlike inisiatiewe word reeds deur plaaslike organisasies en besighede beplan, wat wissel van die versiering van lamppale, etes met ‘n blomtema tot ‘n spesiale uitstalling by die museum.

Indien u besigheid/organisasie wil betrokke raak of selfs net ‘n spesiale aanbieding vir daardie week wil aanbied, kontak gerus ons kantoor by 022 913 2063 of piketberg@bergriviertourism.co.za Ons plaas dan ‘n blom op die kaart om u besigheid se naam en ligging aan te dui. Hierdie kaart sal dan aanlyn beskikbaar wees vir besoekers en natuurlik ook by die Toerisme kantoor. Hierdie publisiteit is gratis.


28


29

400g Ribs R159.90 600g Ribs R219.90

064 559 9017


30

Drie Sussies kry Goud Nina, Lisa en Emma de Villiers (Tina se “drieling”) kry goud vir Acro by die Distrik Kampioenskappe, en dring deur na die Wes-Kaap Kampioenskap in Augustus. Hulle is die enigste trio-sussies-span en het ‘n algehele 2de plek behaal.

Badisa Mandeladag Met ‘n bydrae van R1 000 elk vanaf PPC en Bergrivier Toerisme, kon Badisa hulle eie R400 versterk en vir 130 mense kos voorsien op Mandeladag. PPC het 14 komberse geskenk wat olv Micky Visser aan haweloses oorhandig is. Een van die groep by PPC was geïnteresseerd in die naam Badisa aangesien dit in sy taal beteken “to shepherd”. Droomland skenk 48 cupcakes wat aan voorskoolse groepies uitgedeel is. Badisa beteken Barmhartigheidsdiens Saam tussen die VG Kerk en NG Kerk. Foto’s verskaf

Foto verskaf

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Bloedskenkdatums vir 2021 17 September ** 19 November 10h30 tot 14h00 Piketberg Museum, Kerkstraat - in die Sinagoge -


31

Baie geluk aan ons WENNER van die “SPAR Rewards WIN a Car” kompetisie, Christel Loubser! Mag jy baie veilige kilometers in jou splinternuwe, blink rooi SUPERSPAR Boland motortjie aflê!

Die Alumni van Steynville Sekondêre Skool het op Nelson Mandela Dag, 18 Julie 2021, 300 bakkies sop aan die behoeftiges van Piketberg uitgedeel. SUPERSPAR Boland het 50 brode geskenk om hul met die projek te ondersteun. Lede van die Alumni, Wilma Locket, Karl Baadjies en Lorretta Baadjies, het die brode ontvang.

SUPERSPAR Boland het op 13 Julie ‘n bak koekies oorhandig aan Lynette de Witt, admin– en finansiële beampte by Huis AJ Liebenberg. Dié gebaar was in die hoop dat dit die koue vir ‘n oomblik vir die inwoners sal verdryf.


32


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.