Die Piketberger Aug 2019

Page 8

8

Eerste plek vir Anneli

Broers bied Kursus aan

Anneli Venter se werk is bekroon met 'n eerste plek in die Vuleka kompetisie wat deur Art.b in Bellville aangebied word. Sy het ook drie ander werke ingeskryf vir die Nasionale portret kompetisie waarvan die beoordeling in Augustus plaasvind. Die kunswerk op die foto se titel is 'The farmer and his Wife'.

Nadat ‘n vrouedokter verlede maand ‘n man se tong afgebyt het toe hy haar in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein probeer verkrag het, het Dr Deon Menge, wat dien op die Sama se raad in die Vrystaat, voorgestel dat die dokters opgelei word in selfverdediging nadat daar ‘n vlaag van misdaad by die Pelonomi-hospitaal was. Tinus Bronkhorst, oud-PHS’er en mediese student in sy vierde jaar, bied die opleiding aan en het die dokters die basiese tegnieke van selfverdediging geleer. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat onder die ouderdom van 18 ‘n vierde-dan-swartgordel verwerf het. Sy broer, Wickus, ook ‘n oudPHS’er, wat help met die opleiding, het ‘n derde-danswartgordel en was in 2010 die wêreldkampioen in djioedjitsoe. Tinus het elke beweging stap vir stap verduidelik en die dokters kon in groepies van twee op mekaar oefen. Die opleiding was Dr Menge se inisiatief. Sama borg die opleidingskursus. Prof Mofolo, hoof van die mediese skool, het versoek dat Menge Agter is Wickus Bronkhorst en Bronkhorst vanaf vol- wat keer dat sy broer Tinus omval toe hy ‘n mediese gende jaar die selfverdedi- student probeer oorrompel gingskursus aan die mediese het en sy meesterlik een studente as deel van hul curvan die ontsnappingsriculum aanbied. bewegings uitgevoer het.

By Anneli Venter, Sandveldse skilder, en haar man, Thys, aan weerskante van die wenskildery by die opening van die Vuleka kunskompetisie in Bellville, is hulle seun, Jaco en sy vriendin, Fralise Verwey. Foto verskaf

Vrouedag - Vrydag 9 Augustus

Baie geluk aan JWE Genis. Hy het die Liebco geskenkbewys en Braai geskenkpak vir die Seven Colours Grill seasoning gelukkige trekking gewen.

Berig met erkenning aan Netwerk24


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.