__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 26 Nr. 7

www.piketberg.com

Augustus 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

SUPERSPAR Boland Beste in die Weste

Philip, Tanya en Dean Jankielsohn ontvang die trofee vir Spar Western Cape, SUPERSPAR store of the year vir 2019. Nasionale Beoordeling vind plaas op 7 Augustus en die SUPERSPAR 2019 titel word by die Spar Konvensie in September aangekondig. Foto: Marietha Goosen

Die titel, SUPERSPAR VAN DIE JAAR, word nie sommer opgeraap nie. Daar word streng kriteria gebruik om ‘n wenner te bepaal. SUPERSPAR Boland het hierdie titel drie keer vantevore gewen, twee as Spar en vyf jaar gelede, in 2014 as ‘n SUPERSPAR. WesKaap SUPERSPAR 2019 was ‘n spanpoging waarop hul voorwaar trots is. Die Spar Wes-Kaap grense strek wyd vanaf Kaapstad na Groot Brak en na Upington, Springbok sowel as Namibië. SUPERSPAR Boland bedank elkeen van hul span vir hul bydrae, harde werk, opofferings en toewyding. Sonder hulle sou die toekenning nie moontlik wees nie en ook nie sonder die lojale ondersteuning van die gemeenskap nie. Hul glo in hul slagspreuk, “Deel van die Gemeenskap, in diens van die Gemeenskap” en wil graag hul klante opreg bedank vir hul getroue ondersteuning.

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Adrian en Seane presteer...p4 Stephan en Tanya trou...p6 Anneli se kuns wen...p8 Mandeladae...pp22, 23, 24 SSS Top Tien...p30 VGK 116…p32 WOW Spel…p34


2

Redaksioneel Huis “Huis is waar jou hart is”, hoor ons in die liedjie. Veronderstel om ‘n gelukkige plek te wees. Die ideale prentjie.......... ‘n plek van liefde, omgee, deernis en respek. Die tuiste vir versorgers in die vorm van ouers; en sorgbehoewendes in die vorm van kinders en in sommige gevalle wysaards in die vorm van grootouers. ‘n Ander liedjie sê ons almal woon in huise van glas. Blootgestel, broos, breekbaar. ‘n Minder ideale prentjie.....’n plek van seerkry, swaarkry en klaarkry. Die tuiste vir gebrokenes, gevangenes, gemarteldes. As jy en ek van Huis praat, bedoel ons waarskynlik die struktuur van baksteen, hout, plaat en staal. Die een met ‘n deur as toegang en die vensters wat lig deurlaat en vars lug inlaat. Die een wat jou veilig hou in storm en reën, die winterkoue en die nag se duisternis. Maar eintlik bedoel ons die plek van geliefdes, soos familie wat bly of vriende wat oorbly. Maak van jou huis ‘n tuiste. ‘n “Home Sweet Home”. Een wat bestand is teen die sprokieswolwe se geblaas. Dis ons tydelike woning. Die Huis waarheen ons op pad is, het ‘n hart, die Vader s’n, en niemand gaan na die Vader behalwe deur Jesus nie. Hy is die Ingang en die Uitgang.

Don’t forget to be awesone. Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Briewe van ons lesers... Frikkie en Elna Strauss skryf... Die skuif Paarl toe was nie ‘n ligtelike besluit nie, maar vir ons was dit die regte besluit. Dertig jaar op ‘n dorp laat beslis diep spore in ‘n mens se lewe en jou hart. Ons sal altyd met goeie herinneringe terug dink aan dié dorp waar ons kinders die grootste deel van hul kindwees sorgvry deurgebring het en waar ons baie goeie tye beleef het. Baie dankie vir hartsvriendinne en -vriende met wie ons kosbare tyd kon deurbring. Baie dankie aan elkeen van ons kliënte vir jul lojale ondersteuning oor al die jare en ook julle begrip en verdraagsaamheid veral die afgelope twee jaar. Só jammer oor sommige met wie ons paaie nou moes skei, aangesien ons ons besigheid aansienlik moes verklein. Piketberg is darem nie te ver so ons glo ons sal gereeld ‘n bekende iewers raakloop. Mooi loop. Nog lesersbriewe op p4

ACVV Damesoggend 17 Augustus 2019 NG Kerksaal 09:30 vir 10:00

Sanger en motiveringspreker met 'n geestelike inslag: Lizette Janse van Rensburg. Kaartjies @ R50.00 beskikbaar by ACVV Kantoor 022 913 1525 / acvvpiketberg@telkomsa.net


3


4

Kwalifikasies Verwerf

Adrian Marcus oud PHSleerder het sy Diploma in Elektriese Ingenieurswese by CPUT verwerf. Foto verskaf

Seane Kotze, Fisiese Wetenskappe onderwyser by Steynville Sekondêre Skool, behaal in Junie sy Honneurs in Omgewingsopvoeding aan Unisa. Foto verskaf Baie baie geluk! -Red.

Briewe van ons lesers... Alwyn Carstens (Tallie) skryf... My seun was verlede naweek in Aurora en het vir my 'n Julie 2019 uitgawe van Die Piketberger saamgebring. Ek het op die plaas Middelburg (Bakoond) naby Koringberg grootgeword. Dit is en bly altyd lekker om nuus vanaf my grootword omgewing te lees. Ons het ook redelike verbintenisse met Piketberg gehad in die sin dat Dr Greeff ons huisdokter was. Daar was ook 'n Mnr Burger wat vir ons Duits in 1965 as aflosonderwyser kom gee het. My oorlede vader het sy Case trekkers by van Niekerk en Krupp laat diens en herstel. Van my familie en vriende woon ook daar. Maar groot was my opgewondenheid toe ek 'n foto op bladsy 6 van Aurora se Gemeente se ete sien. Op die middelste foto het ek Linda Kleinhans dadelik herken. Haar man is Evert Kleinhans. Sy was 'n jaar of twee voor my op skool as ek reg onthou, haar ouers was oom Albertus en tannie Joey Brand van die plaas Pampoenkraal in die Koringberg distrik. Haar broer Arnold boer steeds daar. Dankie vir so 'n oulike koerantjie.

Het Jy Dit Al Gehoor?

Vanoggend hoor ek iemand wat buite hout saag. Seker maar weer ‘n paar takke wat oorbodig is. Skielik hoor ek ‘n tak kraak en hier diep binne my sê ek eina! Ek gaan kyk – dis toe twee mans wat ‘n pragtige, immergroen, medium grote, sambreel-vorm boom afsaag. Toe hoor ek ander geluide – met elke saagslag – ‘n skeur – kreun en kerm. Met elke byl kap nader aan die murg van die boom – hoor ek ‘n snik. Skielik skiet dit my te binne – Jy het so-pas ‘n boom hoor huil – Anita! Dis tragies Ons het bome meer nodig as hulle vir ons, dink aan 10 redes voordat jy een afsaag. Dankie tog vir die baie blom-bome in ons dorp. Besoekers sien dit raak en is verruk daarmee. Anita Möller

Old Boys Spitbraai en Dans Vrydag 16 Augustus Kuier saam informeel

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R230 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

diepiketberger@gmail.com


5

Tel: 022 913 1819


6

Ontmoet Kerk Argitek Nasaat

Mnr en Mev Basson

Wilmien Olivier en Nico Hager, die agterkleinseun van Carel Otto Hager, argitek van die NG Kerk op Piketberg. Wilmien het met ‘n onlangse besoek aan Pretoria vir Nico ontmoet. Foto: Lindie Jordaan

Te Koop Top geteelde swart Boerboel hondjies beskikbaar. 8 weke oud. Skakel 084 513 7768

Tafeltennistafel Te Koop R700 Skakel 082 921 1977

3-Slaapkamer Huis Te Huur 

3-slaapkamer huis te huur in Piketberg.

Stapafstand van Hoërskool en NG Kerk.

Binnemure en houtvloere vars geverf.

Klein tuin agter en afdak vir motor om te parkeer.

Kaste in elke kamer en 1 “walk-incloset”.

Dover-stofie in kombuis is lekker vir winterkoue.

Baie mooi uitsig op berge vanaf stoep.

Semi-gemeubileerd, afhangend.

Bewys van inkomste asook deposito word benodig.

Aantal volwassenes, kinders en troeteldiere moet onderhandel word.

R6000 per maand huur, water en dienste ingesluit.

Koopkrag apart.

Beskikbaar vanaf 1 September of vroeër Whatsapp of sms Clare 083 225 0059 om te besigtig

Stephan Basson van Piketberg en Tanya van den Berg van Bellville is op 13 Julie in die NG Kerk Piketberg in die huwelik bevestig. Die onthaal is gehou by Laatson Porterville. Die paartjie woon nou in Pretoria. Foto: Mariska Coetzer

Die volgende Piketberger verskyn op 29 Augustus 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 20 Augustus 2019 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Die Piketberger se Datums SEPT: Berigte in 20 Aug : Verskyn 29 Augustus OKT: Berigte in 24 Sept : Verskyn 3 Oktober NOV: Berigte in 22 Okt : Verskyn 31 Oktober DES: Berigte in 19 Nov : Verskyn 28 November EPOS: diepiketberger@gmail.com Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm


7


8

Eerste plek vir Anneli

Broers bied Kursus aan

Anneli Venter se werk is bekroon met 'n eerste plek in die Vuleka kompetisie wat deur Art.b in Bellville aangebied word. Sy het ook drie ander werke ingeskryf vir die Nasionale portret kompetisie waarvan die beoordeling in Augustus plaasvind. Die kunswerk op die foto se titel is 'The farmer and his Wife'.

Nadat ‘n vrouedokter verlede maand ‘n man se tong afgebyt het toe hy haar in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein probeer verkrag het, het Dr Deon Menge, wat dien op die Sama se raad in die Vrystaat, voorgestel dat die dokters opgelei word in selfverdediging nadat daar ‘n vlaag van misdaad by die Pelonomi-hospitaal was. Tinus Bronkhorst, oud-PHS’er en mediese student in sy vierde jaar, bied die opleiding aan en het die dokters die basiese tegnieke van selfverdediging geleer. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat onder die ouderdom van 18 ‘n vierde-dan-swartgordel verwerf het. Sy broer, Wickus, ook ‘n oudPHS’er, wat help met die opleiding, het ‘n derde-danswartgordel en was in 2010 die wêreldkampioen in djioedjitsoe. Tinus het elke beweging stap vir stap verduidelik en die dokters kon in groepies van twee op mekaar oefen. Die opleiding was Dr Menge se inisiatief. Sama borg die opleidingskursus. Prof Mofolo, hoof van die mediese skool, het versoek dat Menge Agter is Wickus Bronkhorst en Bronkhorst vanaf vol- wat keer dat sy broer Tinus omval toe hy ‘n mediese gende jaar die selfverdedi- student probeer oorrompel gingskursus aan die mediese het en sy meesterlik een studente as deel van hul curvan die ontsnappingsriculum aanbied. bewegings uitgevoer het.

By Anneli Venter, Sandveldse skilder, en haar man, Thys, aan weerskante van die wenskildery by die opening van die Vuleka kunskompetisie in Bellville, is hulle seun, Jaco en sy vriendin, Fralise Verwey. Foto verskaf

Vrouedag - Vrydag 9 Augustus

Baie geluk aan JWE Genis. Hy het die Liebco geskenkbewys en Braai geskenkpak vir die Seven Colours Grill seasoning gelukkige trekking gewen.

Berig met erkenning aan Netwerk24


9


10

Introducing Piketberg Sanlam Advisor - Mark de Villiers

saam met ons.

20 Jaar Gelede AUGUSTUS 1999

Voorblad: Frontline, met orkeslede, Arno Olesen (leier), Petra Burger en Trevor Capes, is gekies om op Oujaarsaand 1999 in die Bellville Velodrome op te tree. Mnr Steenveld van Goedverwacht wen 'n halwe lam in die Liebco gelukkige trekking. Jannie se Pen verskyn vir die eerste keer as "Uit Jannie se pen". Freshline Bakkery Produkte nou by Boland Spar beskikbaar. Piketberg en Porterville hou 'n Bloedskenk Marathon en noem dit die Comrades. Vyf gesinne van Eendekuil, die Saaymans, Smitte, Therons, Vermeulens en Moutons hou 'n uitreik na die gemeentes Lusikisiki en Bambisana. Helmien Rossouw en Elsiema Joubert verteenwoordig Piketberg Rolbal by die Provinsiale Finaal en behaal 'n sesde plek. Lions Piketberg bied 'n baie geslaagde Who's who konsert by De Hoek se ontspanningsaal aan. Winkelshoek is Mekka van Toerisme. Babbel en Krabbel se kleuters neem deel aan Boland Spar se feesvieringe. Madri Hanekom van Eendekuil was deel van die Boland 0/13 Netbalspan wat aan die USSASA OlĂŠ Toernooi deelgeneem het. Advertensies: Piket Braaihuis bied ongelooflike waarde vir geld: Combo's Rib/Steak/Calamari vir R29,95. Wen oa 'n televisiestel by Winkelshoek Wynkelder vir aankope van R50 of meer. Volpes Linne en Gordyne se nuutste Winterreeks is beskikbaar. Rollerblades "TURBINES" so goed soos nuut @ R300.

Mark was born in Paarl and served as an Advisor in Cape Town, Somerset-West and in South East Asia, before settling in the Boland. Mark served many years as a SANDF Reserve officer in the SA Army and SA Navy. He is a MOTH and a Rotarian, he also served on School Parents Committees in the past. He has moved his new office to 59 Long Street, Piketberg (opposite Kaap Agri), where his flag flies proudly. Mark would love to chat to you, regarding Life Cover, Income Protection, Retirement Planning and Investment Planning. Piketbergers are more than welcome to come and visit us in our beautiful new premises. His contact details are 022 913 1357 or email us at mark.devilliers@sanlam4u.co.za

WĂŞreld Kat Dag

8 Augustus

Piketberg Animal Outreach Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918 Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers


11


12

Boererate en Verbruikerswenke

Soos versamel deur een van ons oudste en getrouste lesers, Willem Burger

Bak en Brou Wenke

Gooi bietjie sout in braaipan om te verhoed dat vet spat. Moenie oorskiet wyn weggooi nie vries dit in yshouertjies en gebruik in disse of souse. Gebruik Mayonnaise om oor pasteie te smeer vir goudbruin kleur. Dit bevat baie eier en spaar oorskiet eier. Plaas ‘n pakkie sout in broodblik om brood vars te hou. Om te verhoed dat vla ‘n velletjie vorm, smelt ‘n stukkie botter in die vla. Om te toets of eier vars is plaas in maatbeker met 600ml water. As die eier baie vars is sal dit op die sykant van die bodem lê. Sny hardgekookte eiers deur met ‘n mes wat in water gedoop is, dit sal nie breek nie. Om te verhoed dat gekookte eiers bars, voeg ‘n bietjie asyn in die kookwater. Spinasiesap maak ‘n natuurlike groen kleursel en beetsap rooi of pienk. Hierdie rate en wenke is om self te probeer en nie noodwendig getoets of beproef nie.

Bloedskenk datums 13 September * 8 November (Vrydae : 10:00 - 14:00) by Piketberg Museum

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Ons ervaar goeie reënval die afgelope paar weke en ons kan opreg dankie sê aan ons Hemelse Vader. My kantoor is besig om ’n dankseggingsdiens te organiseer in Septembermaand om God te loof en eer vir Sy liefde. Ons as mens kan nie net vir Raadsheer Ray van Rooy Hom bid en dankie sê vir wanneer dit sleg gaan nie. Kom Piketberg, laat elke dag spesiaal in ons lewens wees en mag ons omgee vir mekaar ongeag of ek ryk, arm, wit, bruin of swart is, behoort aan die Pinkster of Protestante kerk, ons is almal een God se kinders. Ons is ook besig om alle kerkleiers uit te nooi na ’n gesprek met die munisipaliteit oor beter samewerking met die geestelike leiers. Ek wil graag die laaste boodskap oor die Burgemeester se visie uitstippel oor u belangrike rol in Piketberg. Die inwoners moet en gaan ons fokus wees vir die volgende twee jaar. U as inwoner is vir my die belangrikste in ons werk en u moet nie huiwer om met my kontak te maak nie. Enige skrywe of e-pos aan ’n amptenaar moet u ook aan my stuur sodat ek dit kan monitor. Maak kontak met my as u nie antwoord kry nie of as ’n amptenaar nie reageer op ’n telefoonoproep nie. Ons grootste kopseer onder jongmense in Piketberg is die swangerskapsyfer van meisies, gebruik van dagga by kinders so jonk as agt jaar oud, dwelm- en drankmisbruik onder skoolkinders. Wat in Piketberg moet gebeur, is beter samewerking tussen die munisipaliteit, kerke en organisasies om die jeugkwessies aan te spreek en om oplossings te kry. Die gebruik van dwelms onder ons jeug is besig om hand uit te ruk en die dwelmhuise groei ook by die dag. My kantoor ontvang verskeie oproepe uit die gemeenskap om hulp vir dwelmverslaafde persone wat hulp soek. In Piketberg is daar geen ondersteuningsgroepe nie. Indien daar persone is wat betrokke is by dwelmverslaafdes of wil raak, maak kontak met my. My oproep aan inwoners wat bewus is van ongerymdhede by Bergrivier, kontak my by 083 657 9615 of stuur inligting na my privaat e-pos rayvr42@gmail.com. Moenie toelaat dat ongewenste persone ons pragtige dorp afbreek nie. My bekommernis is die afbreek van speelapparate by ons speelparke in al ons dorpe. Dit is ons dorpe, kom ons wees trots op Bergrivier. Die munisipaliteit het verskeie vullisdromme op strategiese plekke aangebring en my pleidooi aan u is om die papiere en blikkies daarin te gooi. Kom ons hou ons dorp skoon eerder as om morsjorse te wees. Die Burgemeestersgholfdag sal plaasvind op Vrydag 1 November by die Velddrif Gholfbaan. Dit word voorafgegaan met ’n stap die Donderdag, 31 Oktober 2019 vanaf Piketberg tot in Velddrif deur die Burgemeester en sy raadslede. Die doel van die gholfdag is om fondse in te samel vir die Burgemeester se hulpfonds wat weer in die gemeenskap teruggeploeg word. Die doel van die stap is om die Burgemeester se hulpfonds te versterk. Enige individu of besigheid wat die Burgemeester of raadslede wil borg vir die stap van 65 kilometers kan met Terry-Anne Wessels kontak maak by die kantoor. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za / burgemeester@bergmun.org.za


13


14


15

VLV gee ‘Eco Bricks’ aan PCS Op Donderdag 13 Junie het lede van Piketberg VLV-tak 20 “Eco-Bricks” aan Piketberg Christenskool oorhandig. Eendekuil VLV het ook ‘n bydrae met die plastiekbottels/”Eco-Bricks” gemaak. Die VLVK tema vir 2019 was – “Plastiek ons Vyand”. Lede is aangemoedig om 2L koeldrankbottels te vul met nie bio-afbreekbare plastiek, sodat dit 500g in totaal weeg. PCS beplan om met dié projek, gebruik te maak van die “Eco-Bricks” en sodoende tafeltjies en bankies te bou by hul speel-area. Die personeel en leerders was baie opgewonde om nog ‘n bydrae vir hul projek te ontvang. VLV-lede maak ook steeds plastiekdoppies en broodknippies bymekaar vir die rolstoel-projek. Volgende VLV Ledevergadering Gesondheid portefeulje : 8 Augustus 2019 Tyd: 09h00 vir 09h30 Venue: Biblioteeksaal Onderwerp: Tand- en mondgesondheid Spreker: Dr Saskia Smalberger (Bergrivier Dental) Kom luister gerus en bring ‘n vriendin saam!! Nie-lede: R30 Teegeld Navrae: Nicoline Brown 082 477 0665

Welkom by PCS Piketberg Christenskool wil graag vir juffrou Stephanie Louw van Porterville welkom heet as deel van die PCS familie. Sy is verantwoordelik vir die Intermediêre Fase. Mag sy baie gelukkig wees by PCS. Foto verskaf

Tuinbouklub - Uitleg van Tuine Die Tuinbouklub se volgende vergadering is op Woensdag 7 Augustus te Simon van der Stelstraat 14. Die tema is die beplanning en uitleg van tuine. Delina Fox bespreek die basiese beginsels wat in ag geneem word met die uitlê van ‘n tuin. Sy bespreek en gee idees van plantkombinasies vir ‘n kleurvolle tuin. Benodigdhede wat saamgebring moet word, klembord, liniaal, potlood en uitveër. Bring ook plante of steggies saam om te ruil. Tee en verversings word bedien vanaf 9:00. Vergadering begin om 9:30. Almal welkom, besoekers betaal R40.

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Stuur advertensies na: diepiketberger@gmail.com

Lede van Piketberg VLV oorhandig die ‘Eco Bricks” aan personeel en leerders van die Piketberg Christenskool. Foto verskaf

HUISHULP BENODIG Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


16


17


18


19


20

Op die rakke van die Biblioteek... Huisies van Papier ‘n Roman deur Dalena Theron

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

Ideaal om op die pad te vat en vir klein kinders wat nie hou van die geraas van ‘n gewone nebuliseerder.

Huisies van Papier is Dalena Theron se eerste roman, oorsponklik in Engels geskryf as “The Paper house”. Sy het ag maande daaraan geskryf, vier maande geskaaf en drie maande dit self vertaal in Afrikaans. In November 2015 is die boek aangewys as Bespreking deur Maroela Media se boek van die Marietha Goosen maand. Die verhaal handel oor Anna, ‘n 22-jarige groentjie joernalis wat by haar twee pa’s en onheilige horde honde en katte op ‘n klein plekkie in Kwazulu Natal woon. Sy probeer sin maak uit haar eie lewe en haar gesin se plek in die wêreld. Kwessies soos die verbrokkeling van haar ouers se huwelik, haar pa wat in ‘n gay verhouding is, haar Boheemse skrywer-ma, haar pa se gesondheidsprobleme en haar uitdagende werk by die Herald, is maar ‘n paar sake wat in die boek aangeraak word. Anna en haar ander pa se dogter, Mia, word groot vriende wanneer hulle gedurende skoolvakansies by die pa’s kuier. Reeds as jong kinders is hulle besorgd oor die Pa’s se alternatiewe vriende, hulle rook- en drinkgewoontes. As enigste kind voel Anna bekommerd oor haar pa en ma en wend verskeie pogings aan om hulle op die regte pad te hou. Anna dink dikwels terug aan die papierhuisies wat haar ouma haar leer maak het. Vir Anna was daar altyd drie huise: Pa s’n, Ma s’n en Ouma s’n. Vir Anna voel haar huise nêrens veilig nie, dit voel of daar oral net ‘n bakleiery is en of Ouma se papierhuisies een vir een inmekaar tuimel. Sy kom op ‘n punt in haar lewe waar sy besef sy kan nie haar ouers se lewe vir hulle leef nie. Sy moet ‘n nuwe begin maak. Die gebruik van goeie taal, kleurryke beeldspraak en die skrywer se vermoë om met gemak tussen Anna se kinder - en volwasse tyd te beweeg, maak die lees van Huisies van Papier ‘n fees. Dalena Theron het die dringendheid in haar gehad om die onderwerp van gay wees (twee pa’s/twee ma’s) oop te skryf. Die boek is egter veel meer as dit. Wat sy beslis regkry, is vir die leser om te ontdek, daar is meer stemme in so ‘n verhouding, as net die paartjie s’n: daar is die ouers s’n en ook die kinders s’n.

Leeskring 2019 21 AUGUSTUS: WONDERBOOM – Lien Botha Bespreek: Deidré Eigelaar 18 SEPTEMBER: AANKOMS EN VERTREK – Pat Stametelos Bespreek: Madelie Burger 23 OKTOBER: KAINSMERK – Annelie Botes Bespreek: Sandra van Wyk 20 NOVEMBER: AFSLUITING


21


22

Mandeladag in Piketberg

PPC De Hoek skenk gruis vir die Trajektekamp. Badisa help om die gruis te gooi by die huise wat deel vorm van Badisa se voorskoolse projek. Foto’s verskaf

Kospakkies is by Badisa uitgedeel. Die kos is voorberei deur ‘n vrywilliger by Badisa, Ellis Pedro, foto regs bo.

Groenvlei Primêr oorhandig produkte wat hul ingesamel het aan Badisa. By die leerders is Beryl Booyse en Angelique van Niekerk asook Fredeline Cloete, ‘n vrywilliger by Badisa. Foto: Marilee van Zyl

Die Biblioteek personeel oorhandig namens Bergrivier Munisipaliteit blikkieskos aan Badisa.

Moorreesburg Lionsklub is besig om Piketbergers te help om weer 'n Lionsklub aan die gang te kry. Tydens Mandeladag het Piketberg se Lions proteas uitgedeel by Huis AJ Liebenberg, die kliniek en ’n paar besighede. Enigiemand wat belangstel om te help sodat daar weer 'n volwaardige klub gestig kan word, skakel asseblief vir Riekie Basson by 074 290 4526. Foto’s verskaf


23

Mandeladag by Huis AJL Die NG Kerk Vrouediens en die VLV dames neem initiatief om Huis AJ Liebenberg te kom besoek. Wonderlik om so bederf te word met mooimaak-sessies en heerlike kwaliteittyd saam te spandeer met handwerk. Onder andere is daar gebrei vir die volgende projekte: Mussies vir minderbevoorregte skoolkinders en babas; Seemansmusse; Beertjies vir getraumatiseerde kinders in hospitale en Knitted Knockers, prosteses vir Borskanker oorwinnaars. Geskenkies was ook aan die orde van die dag.

WINTERS UITVERKOPING

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

       Foto’s: Vanessa de Villiers

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


24 Musical Workshops in West Coast

Mandeladag Skoolskoonmaak

The Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport (DCAS) in partnership with Cape Town Opera (CTO) and the Western Cape Choral Music Association (WECCMA) hosted a series of workshops in the West Coast. These workshops were designed to specifically assist local choirs (community, church, school and institutional choirs as well as soloist) with tips on fundraising and arts administration. The workshops were sponsored by the Department and therefore free to all who attended. Over the last three years Cape Town Opera has successfully rolled out this Choral Music Development programme in the Cape Winelands, Eden District, and Central Karoo.

PHS se VRL het ‘n grootskaalse poging aangewend om almal in die skool te betrek by ‘n uur van Mandela School Clean Up. Foto’s: Sanet van Schalkwyk

Front row from left to right: Zealke de Wee, Mishaan Blankenberg, Rubenice Langeveldt, Imogen de Wee, Krenicia Kayster, Edgrane Blankenberg, Aneschia Somers and Caryn Langeveldt. Middle row from left to right: Cheney Langeveldt, Freda Heyns, Liertjie Kok, Elize de Vries, Helen Dirks, Gertie Paulsen, A Fortuin, K Somers, Alison Müller. Back row from left to right: Louisa Julies, Snodia Mpela, Betsy Paulsen, Luzette Langeveldt, Elsabie Booyse, Erenice Sheldon, Elize Manuel, Erica Mbendeni, Mivuyo Zakeka, Esmerald Scheepers. Photo and Article supplied

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


25


26


27

Trippe Trappe Nuus Trippe Trappe Kleuterskool maatjies het die tweede kwartaal op ‘n hoogtepunt afgesluit. Tesame met Kinderbeskermingsmaand het hulle ‘n besoek van die plaaslike Ambulansdienste gehad. Almal het dit geniet om in die ambulans te ry en meer te leer oor veiligheid.

Trippe Trappe sluit die kwartaal af met ‘n heerlike uitstappie na Quatro lemoen pakhuis op Citrusdal. Kleuters kon eerstehands sien hoe lemoene verpak en sorteer word. Baie dankie Quatro pakhuis vir die bederf. Daarna sluit hulle amptelik die kwartaal af met ‘n heerlike melkskommel en pizza by Bydidam Restaurant in Citrusdal. Dankie vir ‘n heerlike dag.

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme

Skakel 022 913 1132 Hoofstraat 38, Piketberg andersonnel@telkomsa.net

Trippe Trappe het ‘n pragtige boom by Huis AJ Liebenberg aangeplant om skadu vir die toekoms vir die inwoners te verskaf. Almal was baie gretig om te help grawe aan die gat. (Miskien kan hulle eendag self onder hulle skaduboom sit.)

Trippe Trappe en al die Kleuters het weer eens ou kleuters van buur kleuterklere bymekaar gemaak vir skole is bederf met ‘n die minderbevoorregte besoek deur die NSRI maatjies sodat almal heerlik om vir almal oor water- warm kan wees hierdie winter. veiligheid te leer. Die Dankie aan al die ouers vir jul kleuters het heerlik ruim bydrae. deelgeneem en die praatjie geniet. Berig en foto’s: Laurette Burger


28

Gimnaste spog met medaljes Kristen Gerber en Isabelle Nel het onderskeidelik brons en goud behaal toe hulle op 21 Junie aan die SAGF Women's Artistic Gymnastics South Zone Festival in Uitenhage deelgeneem het. Kristen en Isabelle word afgerig deur Melanie Groenewald van Gymfinity Gimnastiekklub. Foto verskaf

Weskus Klawerjas Unie nooi alle belangstellende Klawerjas spelers om aan te sluit. Vir meer inligting kontak Charles Adonis 073 928 9004 (Saldanha).

Telefoongids Badisa Piketberg is besig om Piketberg en Eendekuil se nuwe telefoongids te finaliseer. Baie dankie aan almal wat gereageer het!

SA Judo Kampioenskappe

Hierdie lede van Piketberg Judo klub het vanaf 30 Junie tot 4 Julie aan die SA Judo kampioenskappe te Vanderbijlpark, Gauteng, deelgeneem en het die volgende plekke behaal, voor: Tariq Beukes (5de), Marshall Fortuin (1ste), Manese-lee Gal (1ste) en agter: Jayden Martins (5de), Rayghana van Rooy (2de), Keagan Beukes (5de) en Gerrit Gal (2de). Gerrit Gal is ook een van vier lede van Weskus Judo wat in Nasionale Judo span opgeneem is, wat vanaf 25 September tot 29 Sepetmber 2019 aan die Statebond Judo kampioenskappe sal deelneem wat in Burmingham, Engeland, sal plaasvind. Kostes vir die toernooi is nog onbekend maar enige iemand/ besigheid wat graag kan help met ‘n bydrae/borgskap wat Gerrit sal help om sy droom te bewaardheid deur SA te verteenwoordig by hierdie toernooi kan hom kontak by 078 066 2239. Foto verskaf


29


30

SSS se Top 10 (Kloksgewys van agter links)

Graad 8 : Jay Dean Claasen, Ethan Gouws, Curlinn Goliath, Zoe Abrahams, Magen Afrika, Verusca Smit, Lianre du Plessis, Rivaldo Beukes, Kaywanique Klase en Reney Maarman.

Graad 9 : Anechia Somers, Caitlin Julius, Hailey le Fleur, Nic Visagie, Thakeerah Martin, Nasheeta Petro, Kayleigh Abrahams, Jean Paul Malgas, Lee Dietrich en Elmarie Swarts.

Graad 10 : Selena Nero, Esmare Klaase, Marne Bougaardt, Des Maure Benjamin, Ursula Dietrich, Jade van Wyk, Gaylin Olivier, Herri Lee Smith, Amogene Dietrich, Lu Andri Adams, Lesley-Ann Conradie en Ethan de Klerk.

Koester jou erfenis Erfenisdag 24 September

Graad 11 : Beyonce Snyders, Gertrude Willemse, Willmare Arendse, Kelly Le Fleur, Raven Skippers, Lee Etha Goliath, Danielle Monk, Nickay de Klerk, Bokamoso Lukas en Danielle Pickard.

Graad 12 : Benzien Jantjies, Ashwin Schuurman, Ethan Leen, Ellerique Engelbrecht, Enslin Brits, Hadley Thomas, Amoshnay Klaasen, Riduwaan Otto, Micaela Erasmus, Berenice Maarman, levenzo Booise en Showin Geswindt.

Proefstudente by SSS

Keanu Brink (4de jaar) Ekonomie, Besigheidstudie en Afrikaans Huistaal; Rodewane Cloete (4de jaar) Wiskunde en English HL; Rochelle Swarts (3de jaar) Besigheidstudie en Ekonomie; Isak Alkaster (2de jaar) EBW en Wiskundige Geletterdheid; Marvin Pieters (2de jaar) B.Ed Senior/VVO, EBW en Wiskundige Geletterdheid; Westdene Pieters (1ste jaar) EBW en Afrikaans Huistaal; Heschelle Visser (1ste jaar) RTT en Wiskundige Geletterdheid. Foto’s: Marietha Goosen


31

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


32

VGK Piketberg 116 Saterdag 13 Julie 2019 was die V.G.K. 116 jaar oud. Om hierdie mylpaal te vier was die kerk Sondag 14 Julie versier met ʼn foto-uitstalling. Dis 116 jaar van uithou en aanhou. Die inisiatief vir die fotouitstalling is geneem deur die Kosbare Vroue, ‘n organisasie in die gemeenskap. “Die idee was om God te eer vir sy genade en seëninge deur die jare, ons voorouers te eer vir hul deursettingsvermoë deur moeilike tye, maar ook ons gemeentelede te herinner om voort te bou en in te ploeg vir die toekoms.” Op die foto’s word die eerste kerk uitgebeeld wat in 1903 gestig is. NG Sendingkerk (huidiglik) die Ou Apostoliese kerk, die pastorie (huidiglik ʼn private woning) en die skool (huidiglik ʼn besigheidsperseel). Die stuk grond was geleë tussen Kloof-, Kerk en Hoofstrate. Die eerste predikant was Ds. Enslin. Weens Apartheidswetgewing moes die gemeente skuif. Mnr AJ Liebenberg het die grond geskenk en ʼn nuwe kerk is in Sandstraat gebou. Ds GJ Basson was die predikant. Weens die toename van die gemeente, moes ʼn kerk gebou word op dieselfde perseel in Sandstraat. Predikante wat oor die jare die gemeente bedien het is W van der Merwe, SA de Villiers, S Basson, C Smith, A Nel, J Finck en P De Villers. Die huidige predikant is Ds W Philander. Die kerk is voltooi in 1982. Met die 100ste bestaansjaar in 2003 het Ds W Philander en Dr A Boesak ʼn spesiale diens gelei. ʼn Gedenkplaat is onthul op die dag. Omdat God ons so geseën het die afgelope jare het ons uitgereik na behoeftige gemeentes, studente en mense in ons gemeenskap. Tans is ons besig met die rolstoelprojek. Ons versamel plastiek melkdoppies en broodsakkie “tags”. Ons eggo die woorde wat geskryf is in 1 Sameul 7:12 ”Eben–Haeser…tot nou het die Here ons gehelp.”

Interskole

17 Augustus PHS v HSP Die eerste VG Kerkgebou en die huidige gebou. Regs bo is die lede van die Kosbare Vroue organisasie. Berig en foto’s verskaf

te Piketberg


33

hulp

Piketberg-gemeenskap.

Ons is trots saam met al die Piketbergers.


34

Laerskool WOW-Spelkompetisie

Sangers Presteer

Hierdie PHS’ers het aan die Weskus Kring 2 kompetisie deelgeneem en dring deur na die Distrikskompetisie. Foto’s verskaf

Alison Müller se sangleerlinge het baie goed gevaar by die Wes-Boland Eisteddfod se Sangafdeling.

W O W Gr 1 Li-Zay Puttick, 2de

Gr 3 Tammy Boys, 5de

W O W Gr 5 Alex Ince, 3de

Hierdie leerlinge het Cum Laude behaal: Voor is Doneley Lesch en Gaby Booys. Agter is Frederik Kotze, Marice Lesch (x2) en Vernelle van Zyl (x3). Foto’s verskaf

Gr 6 Jasmin Millar, 3de

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1919 tot 2019

Hierdie leerlinge het almal Goud ontvang. Voor is Doneley Lesch (x2) en Stacy Heugh. Agter is Nicole Dirks, Ciara Lintnaar, Deborah-Keir Paulsen, Frederik Kotze (x2), Marice Lesch en Joanie du Toit. Afwesig: Erica Mbendeni.

Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Hierdie Gr 12’s sing sedert gr 8 by mev Müller, ‘n wonderlike sterk sanggroep. Stacy-Lee Heugh, Deborah-Keir Paulsen, Uleuqe Ockhuis, Ciara Lintnaar, Nicole Dirks en Doneley Lesch.


35

Hester Hagen oorhandig aan Florence Mouton haar wen prys, ‘n Mikrogolfoond!


36

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Aug 2019  

Die Piketberger Aug 2019  

Advertisement