Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 7

www.piketberg.com

Augustus 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Vroue Voices uit VSA

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Pop-Sentrum...p6 Nuwe Burgemeester...p7 Bergrivier Kano’s...p8 Tuinbou met Aleit...p10 Piket Enjindag...p12 Troufoto’s…p16 Janke PHS Ambassadeur #SchoolSleepOut...p20 Thomas Tree Uit...p27 Trippe Trappe Nuus...p30 SSS Toppresteerders...p32 Gr R uitstappie...p36

‘n Koor, 'Voices from the Heart' vanuit New Hampshire, VSA besoek Piketberg in Augustus. Musiek- en koorsangliefhebbers kry op Saterdag 4 Augustus om 19:00 die gulde geleentheid om ‘n wonderlike ervaring mee te maak in die NG Kerk Piketberg.

‘Voices from the Heart’ 4 Augustus 7nm NG Kerk Piketberg

“Voices from the Heart” is ‘n reuse dameskoor van om en by 220 lede uit omliggende dorpe, provinsies en stede. Sommige lede moet tot twee ure reis om ‘n kooroefening by te woon. Die groep, wat gedurende Julie en Augustus na Suid-Afrika toer, bestaan uit 63 lede, onder leiding van Joanne Connolly. Hulle toer vanjaar vir die eerste keer na Suid-Afrika, wat Piketberg insluit. Lees op p4 hoe hierdie groep die Bergrivierkoor in 2014 ontvang het. Berig en foto’s verskaf


2

Redaksioneel Vertel Vertel In 2014 was "Vertel Vertel" die tema by Kix. Vertel die goeie nuus van Jesus, Vertel wat Hy vir jou doen. Ons samel geld in vir Bybels en plak 12 R5-kolle om 'n R60-Bybel te borg. Aan die einde van daardie jaar het Piketberg se Kix R15 000 ingesamel vir 250 Bybels. 'n Vriendin van ons het die mooi gewoonte om ons ná 'n uitstappie, geleentheid of vakansie te begroet met die woord, "Vertel!" Ou maat, of jy nou iets het om te vertel of nie, Vertel sal jy Vertel! Dis eintlik 'n goeie oefening, want dit gee my kans om te besin en nabetragting te doen. En om te "Vertel", beteken enigiets is goed genoeg......die lekker en die sleg. Vakansies by die see kom al die familie met vertellings oor hulle wel en wee, doen en late by hulle skole, kerke en gemeenskappe.......met wonderlike resultate. Só vertel my broer en sy vrou van die blokkies wat hulle gemeente in Pretoria brei en skenk vir die Winterwarmprojek. My skoonsus is een van dié wat die blokkies kunstig rangskik en aanmekaar werk. So het my ma, my suster en 'n paar van haar vriendinne al deel geraak van die Winterwarmprojek in Pretoria. Breiblokke word gekoerier, of met geleenthede saamgestuur, dwarsdeur die jaar. Foto's van die klaar produkte word weer oor en weer gestuur en almal is gelukkig. Ná my vertelling van Piketberg se suksesvolle rolstoelprojek, kry ek gereeld plastiese doppies en brood tags van familie uit alle uithoeke van die land. Jy hoef nie met jou hart op jou mou te loop nie, maar moenie versuim om van die mooi dinge te vertel nie. Dis presies wat ons in elke Piketberger koerantjie doen, ons vertel met smaak van al die mooi dinge wat gebeur.

Liefde Marietha Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Briewe van ons lesers... Sekretaris, Piketberg Veteraan Trekkerklub skryf... Bestuur en lede bedank graag alle besoekers wat die Enjindag op Jeugdag, 16 Junie bygewoon het, asook uitstallers met indrukwekkende enjins en oudhede wat die geleentheid moontlik gemaak het. Dankie ook aan Klem Coetzee vir die gebruik van geskikte perseel en helpende hande wat georganiseer en bygedra het, vóór en op die dag. 'n Spesiale dank aan die plaaslike ACVV wat op professionele wyse die innerlike versterk het. Personeel van Piketberg Museum wat die groot uitstalling oor wat alles deesdae deur 'n selfoon verwag kan word, gedoen het. Kaap Agri wat 'n tasbare donasie gemaak het - "saad" vir die toekoms. Die Piketberger wat 'n geleentheid bied vir plaaslike organisasies om oor hul doen en late te rapporteer. Met so 'n meelewende gemeenskap kan dit net goed gaan. Baie dankie nogmaals.

Herwinning van Vullis

VERminder HERgebruik HERwin

Die volgende plastiek artikels kan herwin word: Kos– en koeldrankhouers (houers vir melk, sap, roomys); Huishoudelike skoonmaakmiddels (harde plastiek soos dit wat gebruik word vir skoonmaakmiddels bv. Handy Andy, opwasmiddels, ens); Plastieksakke (sagte plastiek soos die wat gebruik word om tydskrifte, ses-pakke bier of pakke toiletpapier toe te draai). Kleefplastiek kan NIE herwin word nie.


3


4

‘Voices from the Heart’ uit VSA

Residensiële Fasiliteit vir Ouer Persone :

Huis AJ Liebenberg, Piketberg Vakante Betrekking : Huishoudelike Bestuurder Vereistes :  Toepaslike ondervinding in voedseldiensbedryf (ook spesiale diëte), was- en skoonmaakdienste, naaldwerk, instandhouding en tuinmaak  Toepasssing van alle toepaslike wetlike vereistes, bv. Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, Ontruimingsplanne, ens.  Jaarlikse opstel en maandelikse evaluering van huishoudelike begroting  Byhou van inventarisse  Administratiewe- en personeelvaardighede  Vermoë om personeel op te lei en te motiveer  Gesonde interpersoonlike vaardighede en liefde vir ouer persone  Bereid wees om soms op openbare vakansiedae en naweke te werk  Geldige rybewys Voordele :  Salaris onderhandelbaar  Pensioen- en Mediesefonds  Uniformtoelaag Navrae : Rig volledige CV voor 27 Julie 2018 aan: Die Bestuurder, Huis AJ Liebenberg, Kloofstraat 7, Piketberg, 7320 Tel.No. 022-913 1228 Faks No. 022-913 1687 Epos Adres : hoofajltehuis@xsinet.co.za Diensaanvaarding : 1 September 2018 Aanvaar asb. dat indien u teen 31 Augustus nog niks van ons verneem het nie, u aansoek onsuksesvol was.

Die Bergrivierkoor ontvang ‘n koor vanuit New Hampshire in die VSA, genaamd Voices from the Heart. Hierdie koor, onder leiding van Joanne Connolly, sal die lede van die Bergrivierkoor altyd onthou as die dierbare mense wat die koor in 2014 en 2015 met ope arms en spontane hartlikheid ontvang het. Dit was Bergrivierkoor se eerste besoek aan hulle en met hul aankoms te Portsmouth het hulle hulle met baniere ingewag, ongeag die gietende reën, ysige wintertemperature en sneeu. Die vriendskapsvonke het onmiddellik ontvlam tussen die kore as gevolg van hierdie warme verwelkomingsgebaar. Die aand van die optrede was hulle kerk stampvol terwyl buite ‘n regte Noord-Amerikaanse winterstorm gewoed het. Die waarderende gehoor en almal se gasvryheid is iets wat die Bergrivierkoor nooit kan vergeet nie. Hulle missie is eerstens om deur middel van musiek kulturele brûe te bou; benewens die onbaatsugtige humanitêre werk wat hulle verrig binne en buite die VSA. Tweedens is Joanne en haar koor daadwerklik betrokke by sosiale- en welsynsprojekte binne hulle eie gemeenskappe deur musiek as terapeutiese middel te gebruik om sodoende mense weer nuwe hoop te gee. Voices from the Heart huiwer nie vir uitdagings ongeag waarheen hulle moet reis vir konserttoere nie. Een spesifieke voorbeeld was tydens hulle besoek aan Kroasië waar die koor ongelooflike gevare getrotseer het. Die land het groot areas waar landmyne nog die lewe vir inwoners onmoontlik maak. In 2007 het hulle deur baie ywerige fondsinsamelings 70,000 dollar ingesamel en dit is aangewend om landmyne te herwin en die koor het ‘n optrede gehad in ‘n gebied waar die grond besaai was met landmyne. Net een verkeerde beweging kon noodlottig wees! ‘n Spesiale weg moes oopgekap en ontruim word van landmyne sodat die koor tot by ‘n klein landelike gehuggie kon reis om daar te kon sing. Ook op Piketberg kom hulle uitreik en betrokke raak. Op Vrydag 3 Augustus vanaf 11h00 is daar ‘n werkswinkel in die Allan Boesaksaal, gevolg deur ‘n talentkompetisie later die aand in samewerking met Badisa en die ATKV. Moswin Moore, 061 340 4384 (Whatsapp) 084 509 9306 (Sel) kan gekontak word vir enige verdere inligting asook vir die inskrywingsvorms. Met hul sielvolle multikulturele sang, glo die Bergrivierkoor sal hulle baie harte kom steel op Piketberg en daarom nooi ons alle inwoners en lesers om op Saterdag 4 Augustus die NG Kerk te vul om hierdie besonderse groep sangers met opregte plattelandse warmte te kom ondersteun.

Kokkedore en kokette

Die programme Koekedoor en Koekedoortjie word op Kyknet uitgesaai. Die woorde is afleidings van die woord kokkedoor wat gebruik is om na ’n belangrike persoon te verwys. Kokkedoor is afgelei van die Frans “coq d’ or” wat “goue haan” beteken. Die oorsprong lê daarin dat goue hane vroeër baie skaars was en net baie belangrike mense hulle kon bekostig. Die woord “koket” word vir ’n “verleidelike meisie” gebruik. Die woord “koket” kom van “coquette” wat “klein haantjie” beteken. Waarom dit op die vroulike geslag oorgedra is, is onduidelik. Die ‘ette’ gedeelte agteraan ’n woord word in Frans gebruik om die verkleinde vorm aan te dui. Dus is ’n klein sigaar ‘n sigaret. M A.A.N. – S Interessant. Dankie M.A.A.N.-S. -Red.


5

Agrisell verwelkom De Jagers in Piketberg Die hele ding het begin soos ʼn wolhaarstorie - ʼn wolhaarstorie met die potensiaal om waar te word. Thys Basson van Agrisell het met self-skertsende lappiesmous, Andries de Jager, aan die gesels geraak oor die potensiaal van Leon Wiese se gebou op die hoek van Voortrekker- en Hoofstraat. Sowaar as padda manel dra, het die mense in ons kontrei mos smaak en as jy dan dieselfde gewaad hier kan aanskaf, waarom nou tyd en brandstof verkwis Kaap se kant toe? Die gesprek en bemiddeling het geluk soos aantreklike algebra – somme mooi. En siedaar! Alles van jasse wat netjies pas tot pakke en serpe vir die winter. Maar die hele ding het eintlik al lankal begin, 63 jaar en 24 takke terug. En as jy vir Andries vra om die regte-egte storie te vertel, sal jy dit só hoor: Vir 63 jaar al is De Jagers sinoniem met uitstaande kwaliteit en vriendelike diens. Dié familie-onderneming is so eie aan Worcester soos sy uithalerwyne. Met soveel jare van sukses agter die rug, is dit moeilik om te glo dat dié onderneming eintlik per toeval op Worcester wortel geskiet het. Dit het alles begin toe Japie de Jager in November 1954 uit Keetmanshoop gekom het om vir sy neef Frikkie de Jager en sy vrou, Babs, in Kuilsrivier te kuier. Tydens dié kuiertjie wou Japie, toe 27, sommer ook soek na ʼn moontlike winkelperseel in Stellenbosch. Japie, Frikkie en Babs het toe ook sommer kort na sy aankoms in die Kaap in die motor gespring en afgesit na Stellenbosch om na ʼn geskikte perseel te soek. Toe dié soektog egter niks oplewer wat aan sy vereistes of prysklas voldoen nie, is dit na die Paarl uitgebrei. Ook hiér kon hulle dit nie gelukkig tref nie. Dit was Babs en Frikkie se voorstel dat hulle “anderkant die berg” na eiendomme gaan kyk; ʼn voorstel wat die drietal na Worcester gebring het. Japie wou desjare ʼn winkel hê wat nie te ver van die Moederstad was nie (sodat hy relatief maklik voorraad kon gaan haal), maar ook nie in die Kaap sélf nie. In Worcester gekom, het hulle ʼn perseel gevind waarvan die ligging dalk nie perfek was nie – dit was ʼn hele ent buite die sakekern – maar die prys en uitleg het aan Japie se vereistes voldoen. Hulle het nie gras onder hul voete laat groei nie en is dieselfde dag nog na PA Venter waar hulle die toonbank, rakke en ander basiese houtbenodigdhede bestel het. Japie het sommer dieselfde dag nog die huurkontrak vir die perseel geteken. Dit het nie lank geneem voor die gogga ook vir Babs gebyt het nie, soveel so dat sy haar werk bedank het om ʼn winkel in Kuilsrivier te open. Die winkel is in 1955 geopen en die aanvanklike fokus was op vrouedrag. Japie se winkel op Worcester het amptelik op 1 Maart 1955 sy deure geopen. ʼn Jaar later volg Frikkie in die spore van sy vrou, bedank en open ʼn winkel in

Vincent Afrikaner, Heleen Klaase (Bestuurder) en Heino Stuurman.

Thys Basson (Agrisell) saam met personeellede Heino Stuurman, Heleen Klaase (Bestuurder) en Vincent Afrikaner. Stellenbosch. Dié winkel is in 1970 deur Japie oorgekoop toe Frikkie besluit het om weer te begin boer. Japie se blou Volkswagen-bus was ʼn bekende gesig in Worcester. Met dié het hy elke nou en dan koers gekies oor die berg om Babs op te laai waarna hulle voorraad by die groot fabrieke gaan aankoop het. Vir die De Jagers was net die beste kwaliteit goed genoeg, maar ewe belangrik was mededingende pryse omdat ʼn groot deel van hul besigheid in daardie stadium op die landbougemeenskap gemik was. Omdat die onderneming in daardie jare kleinskaal was moes Japie en Babs dikwels vat wat hul kon kry met betrekking tot goedkoper produkte. Van verskillende opsies vir groottes was daar nie veel sprake nie. Die voorraad is in grootmaat aangekoop waarna hulle na Kuilsrivier is waar dit verdeel is tussen die drie takke. Gedurende dié tyd was Japie se winkel op Worcester tong-in-die-kies as “Japie Rejects” bekend, ʼn naam wat hy lank reeds agtergelaat het. In 1963 het Japie met Johanna Janse van Rensburg getrou en word sy ook deel van die winkel. Dit het nie lank geneem voor Japie ʼn leemte in die skooldragmark opgemerk het nie. Hy het agtergekom dat mense dikwels na drie of vier verskillende winkels moes gaan om ʼn volledige uitrusting aan te koop. Hy het besluit om iets hieraan te doen en in 1972 begin De Jagers skoolklere verkoop. Die onderneming raak gou bekend as die eenstop mode-en skooldragwinkel. Die volgende geslag De Jagers het in 1996 die leisels oorgeneem. Jobre, Andries en Pieter kon voortbou op die stewige fondament wat deur Japie gelê is. Deur die jare het De Jagers, danksy konstante goeie diens en kwaliteit produkte, só gegroei dat dit vandag altesaam 25 takke in die Wes-, Suid- en Noordkaap het. Andries, sy personeel en duisende getroue klante sien uit na die toekoms en al die uitdagings wat dit bied. Agrisell en die inwoners van Piketberg verwelkom De Jagers. Mag u besigheid van kragtot-krag groei! Berig en foto’s verskaf


6

POP-sentrum op Porterville

Johan Vorster, bestuurder PPC De Hoek, Sandra Crafford, waarnemende burgemeester Bergrivier Munisipaliteit, Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en Njombo Lekula, besturende direkteur PPC Suider-Afrika.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Die negende PPC Path out of Poverty (POP)-sentrum is Donderdag 14 Junie in Porterville geopen. Die sentrum is deur PPC, die voorste verskaffer van sement en lym in die Suidelike Halfrond, gebou in samewerking met die Bergrivier Munisipaliteit en die Goedgedacht Trust en is in ooreenstemming met die maatskaplike arbeidsplan, ‘n vereiste in die mynmanifes. Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, het die amptelike opening van die sentrum behartig, waar veral die jeug nuwe vaardighede kan aanleer. Mantashe het verwys na die jeug van 1976 wat beheer oor hul eie toekoms geneem het. “Hierdie projek is simbolies van die jeug wat raakvat. Die jeug is ons toekoms.” Mantashe het ook aan die gaste genoem dat menige leier uit landelike gebiede afkomstig is. “Dit neem iets ekstra. Dit kos toewyding, vasberadenheid en om taai te wees,” het hy bygevoeg. Njombo Lekula, besturende direkteur: PPC Suider-Afrika, het op sy beurt gesê hierdie projek is nie net ‘n “regmerk” vir sy maatskappy nie, maar ‘n belegging in ‘n gemeenskap waarin hulle glo. “PPC bestaan om individue te bemagtig sodat hulle ‘n beter lewensgehalte kan ervaar,” het Lekula bygevoeg. Sophie Isaacs, koördineerder van die POP-sentrumbestuurders, het verduidelik die sentrums is ‘n program wat deur jongmense vir jongmense gedryf word. “Programme wat aangebied word, begin reeds voor ‘n kind se geboorte en hou aan tot by volwassenheid.” Van die ander dienste wat by die sentrums aangebied word, sluit onder meer in: Voor– en nageboorte klasse, vroeë kinderontwikkelingklasse, groentetuinprojek, broodbak, sportprogramme, rekenaarklasse asook toegang tot die internet en slimtelevisies. PPC het vir die oprig van die sentrum betaal en sal die eerste paar jaar die lopende koste betaal, waarna die Goedgedacht Trust dit sal oorneem. Mantashe het PPC aangemoedig om hierdie projek met ander mynmaatskappye te deel sodat daar ‘n POPsentrum in elke dorp kan wees. Hy het ook aan die jeug gesê: “Wat jy word, is in jou eie hande - die POP-sentrum bepaal nie wie of wat jy gaan word nie, net jy kan.” Berig en foto: Joline van der Merwe, Die Weslander


7

Nuwe Burgemeester vir BergMun Ray van Rooy is Vrydag 20 Julie ingehuldig as Uitvoerende Burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit. Ons haal ‘n deel van sy toespraak aan: “Hoe moet u my sien as Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit? My visie vir Bergrivier as Burgemeester word ondersteun deur ons algehele visie soos genoem vir alle inwoners van Bergrivier en is soos volg: Bergrivier Munisipaliteit is: “A prosperous community where all want to live, work, learn and play in a dignified manner”. Ek wil ‘n Burgemeester wees vir:  Wit, bruin en swart  Ryk en arm  Oud en jonk  Persoon wie in ‘n huis woon of in ‘n hok bly of selfs op stoepe  Persone in beroepe, werkloses, plaaswerkers en “bediendes”  Persone wie sy rekening betaal en hulle wie se rekening agterstallig is  Alle sportklubs in Bergrivier  Alle inwoners van Bergrivier Ek sê weereens baie dankie vir almal se liefde en ondersteuning. Hierdie is nie ‘n Ray van Rooy saak nie. My vertroue rus op God, my koukus, die opposisie, Munisipale Bestuurder, Direkteure en administrasie en elke werker daar buite. Ek dank u.”

Ray van Rooy is Vrydag 20 Julie ingehuldig as Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit. Hierbo is Ray en sy vrou, Meagan van Rooy. Foto verskaf

Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor.

Anderson Nel Eiendomme 3-SLAAPKAMER HUIS TE PORTERVILLE

R1 450 000.00 neg BESIGHEIDSPERSEEL TE PIKETBERG

PRAGHUIS TE PIKETBERG

R2 500 000.00 neg ERF TE DWARSKERSBOS - 800m²

R380 000.00 neg

R1 200 000.00 neg

Kontak ons vir meer besonderhede oor hierdie uitsoek eiendomme. Ons hanteer die hele proses vanaf opstel van die koopkontrak tot registrasie in die Aktekantoor.

Anderson Nel Eiendomme 022 913 1132


8

Bergrivier Kano Marathon 20 Jaar Gelede - Augustus 1998

Voorblad: Jong boere vereer ouer geslag by Boerevereniging Kollig op Eunice Engelbrecht Dr Bertie en Irma (Lategan) Huskisson, en hulle seuntjie, Herbert, gaan hulle in Australië vestig. Gideons skenk Bybels aan Winkelshoekplaas se kinders. Riëtte Bryant word as eerste vroulike President van die Lions ingehuldig. Steynville Primêr word 30 en daar word fees gevier. Steynville Sekondêre Skool nuus: SSS beklee die eerste plek in Gholf met Diazville in die tweede plek. SSS se veerpyltjiespan floreer. Beryl Fryer vaar die beste in die SA Juniorkampioenskapproewe. Vier atlete, Jolene Abrahams, Ivan Springveldt, Monique Moses en Jeffrey Engelbrecht, ontvang Boland Landloop diplomas. Op 29 Augustus is die eerste Tenniskliniek gehou deur Boland Tennis Ontwikkeling in samewerking met MTN. SSS se skoolkoor toer gedurende die Septembervakansie na die Noord-Kaap. Kinderkranskinders skryf briewe aan die kinders en onderwysers van Vila Ulongue, Mosambiek. Vier Kinderkransleidsters het die Vierjaarlikse Wes-Kaap Sinodale byeenkoms in Stellenberg bygewoon. Die gaskunstenaar was Philip Moolman.

Die wenners van die Bergrivier Kano Marathon is Adrian Boros en Graeme Solomon (Team Bamboo Warehouse) middel, tweede Keith Moule en Joep van Bakel en derde Gavin White en Bartho Visser. Foto: Barbie Breunissen Verlede jaar se kampioen en naaswenner Adrian Boros and Graeme Solomon het geskiedenis gemaak toe hulle die eerste span was wat die Bergrivier Kano Marathon gewen het wat Saterdag op Velddrif geëindig het. Die 45jarige Solomon het die marathon vir die tweede keer gewen, hy het dit ook in 2001 gewen. Solomon was ook die oudste persoon om die Bergrivier Kano Marathon te wen. Boros het in 2016 die eerste keer die Bergrivier geroei toe hy derde geëindig het en eerste in 2017.

Friendly Roadblock on N7

Bergrivier Municipality recently partnered with Provincial Traffic, SAPS, Local Traffic Department, Piketberg Tourism and Petroport (Piketberg) during a friendly roadblock on the N7 (between Citrusdal and Piketberg). Whilst traffic and police officials checked the vehicles, councillors (Alderman Ray van Rooy, Alderman Riaan de Vries, cllr. Mario Wessels and cllr. Adam du Plooy) including other stakeholders

handed out road safety pamphlets to motorists and gift bags to the children in the vehicles that were pulled over. The purpose of this initiative is to raise awareness amongst motorists about road safety and to promote the Bergrivier Municipal area as a “mustsee” tourist destination. We thank all stakeholders who supported the initiative. Photo supplied


9


10

MC HANEKOM

Tuinbou met Aleit

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Moira van der Westhuizen, Jackie Ferguson en Katinka Morrison woon ‘n praatjie van Aleit by wat inligting verskaf het oor die moderne neigings in tafelontwerpe vir onthale. Hierdie lede het ook die Wes-Kaap Blomontwerperskou bygewoon om na die pragtige blomontwerpe te kyk en ‘n demonstrasie van die beste blomontwerpers in die Wes-Kaap. Elbeth Liebenberg neem deel aan die skou en ontvang ‘n silwer toekenning vir haar ontwerp ,“Mystic”.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

By die Junievergadering van die Tuinbouklub het lede hul eie ontwerpe gemaak. Daar is spesifiek gefokus op lyn in die ontwerp en lede gebruik loof en vetplante vir hul skeppings.

022 913 1600 / 022 913 2075

Volgende Tuinbouvergadering op Woensdag 1 Augustus in Biblioteeksaal, Piketberg. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00, vergadering begin om 09:30. Blomdemonstrasie deur die bekende Elbeth Liebenberg. Tema: Moderne ontwerp met vetplante. Besoekers welkom @R40, tee en verversings ingesluit.


11

VLV-lede na “Growing Paper”

Aurora-om-die-Berg Fietsren Op 25 Augustus 2018 word die Aurora-om-die-Berg fietsren vir die tweede keer aangebied. Drie roetes word gery. 60km, 20km en 10km (vir kinders).

Pryse te wen.

Skakel 083 320 7509 / 022 952 1613 Raadpleeg ons webwerf: https://auroraomdieberg.wixsite.com/omdieberg

VLV-lede saam met personeel van “Growing Paper”. Lede van Aurora se VLV-tak het op 17 Julie “Growing Paper" - The Seed Paper People, te Wyngaard Farm, Malmesbury, besoek. Nadat almal tee en verversings geniet het, het Nileta van “Growing Paper” die lede die verskillende prosesse van die maak van handgemaakte papier, wat verskillende soorte sade bevat, gewys. Later het hulle Lambert Vorster besoek wat op dieselfde plaas sy eie museum begin het met al sy versamelings. Hy is ook in besit van verskeie klipwerktuie wat uit die steentydperk dateer. Dit was ‘n baie leersame uitstappie en almal het dit vreeslik geniet. Foto verskaf


12

Piket se Enjindag

Piket veteraan-trekker-en-implementeklub Om meer as een rede kan die Piket veteraan-trekker-enimplementeklub met die organiseer van die enjindag op 16 Junie, gelukgewens word. Jeugdag is gekies om die Wes-Kaap se jeug se inskrywings vir die Engen Engine Restoration Challenge te beoordeel, en daarmee word die nasionale liggaam se hoofdoel met die kompetisie, die werf van jonger mense vir hul bewaringsorganisasie, beklemtoon. En dis nie die eerste keer dat Piket ‘n vakansiedag relevant tot hul bedrywighede gekies het nie. ‘n Paar jaar gelede is Erfenisdag vir so ‘n klubbyeenkoms gekies, want wat doen die klub anders as om Suid-Afrika se landbou-erfenis te bewaar? Vir die deelnemers aan die EERC het twee afdelings van hul kompetisie gewag nadat die eerste, die beoordeling van hul werkboek, vroeër afgehandel is. Die deelnemers se gerestoureerde enjins, daar was 11, is beoordeel, waarna ander beoordelaars ‘n gesprek met elke deelnemer oor die restourasieproses gevoer het. Hierdie gesprek is eintlik ‘n simulasie van ‘n gesprek wat ‘n belangstellende besoeker op ‘n veteraneskou met ‘n uitstaller sal voer. Die beste twee deelnemers uit die junior (skoliere) en senior groepe neem op 6 Oktober in Pretoria teen die res van die land se bestes deel. Indien iemand die terrein in die nywerheidsgebied as ‘n vreemde keuse vir ‘n belangrike byeenkoms gevind het, sou hy of sy dadelik met die aankoms van mening verander het, want Klem Coetzee se nywerheidserf is doelmatig, ruim en netjies. Net meer as 50 stilstaande werkende enjins is uitgestal, waarvan sommige met die aandryf van implemente gedemonstreer is. Die ongeveer 250 besoekers het die ACVV se verskeidenheid verversings baie geniet. Op sy beurt is die ACVV dankbaar vir die geleentheid om by die jaarlikse enjindag fondse in te samel, want vanjaar se wins was twee jaar gelede se omset. En elke sent word weer in die gemeenskap aangewend.

Netjies en in ‘n ry, deel van die 50 stilstaande enjins.

Marié Ehlers, kurator van die museum, en Pieter de Jongh, sekretaris van die klub, staan belangstellendes te woord by ‘n uitstalling van alles wat deur selfoon tegnologie vervang word.

Huishulp Benodig Piketberg. 8h00 - 14h00 gedurende die week. Basiese kennis van kosmaak ‘n vereiste. Slegs nie-rokers kan aansoek doen. Skakel 082 780 8698 vir ‘n onderhoud.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917

Petru Smit by 55 van sy “veteraanmotors”, ‘n gedeelte van sy groot versameling. Berig en foto’s: Apie Richter


13


14

Op die rakke van die Biblioteek Wat die Hart van Vol is deur Peter Veldsman met Elmari Rautenbach

“Herinneringsreise van ‘n fynkok”, lui die subtitel van hierdie uitsonderlike boek. En dit is presies wat dit is. Die hart en gedagtes van iemand wat wyd geleef het, ver gereis het, veel gesien het en dit oorvertel met ‘n passie wat die leser saamneem op reise wat hy andersins nie sou kon Bespreking deur onderneem nie. Sandra van Wyk Dis met groot vrymoedigheid dat ek na die boek verwys as “uitsonderlik” – en wel om die die volgende redes: -Peter se verbysterende algemene kennis, wat hy ruimskoots en gemaklik deel -sy heerlike, droë humorsin, so eie aan die wêreld vanwaar hy kom en waaroor hy met soveel hartstog skryf -sy opregte belangstelling in, waarneming van en raak opsomming van mense wat hy op sy pad raakloop -sy buitengewoon goeie geheue – die vermoë om detail in te neem en dit getrou weer te gee -sy ondernemingsgees – telkens nadat ek die boek neergesit het, het ek in sekere situasies myself gekonfronteer met die vraag, “why not?” -sy veelsydigheid – kos in alle fasette daarvan, goeie wyn, musiek, kuns, poësie, die politiek, plante, reis, ménse en hul ervarings – ag, daar is weinig waaroor hy

Winter Uitverkoping

nie met gesag kan gesels nie -Peter se aangetrokkenheid tot die eenvoud en die aardsheid van sy kinderjare, sy soeke na wat mooi is, sy amperse “afsydigheid” teenoor materialisme en sy gawe om bewustelik te lewe -sy openheid – die eerlikheid waarmee hy die leser ‘n kykie tot diep in sy innerlike, gee -die samewerking tussen Peter en Elmari - dat jy sy stem só duidelik herken het in elke sin, elke woord, al moes Elmari sny en verwerk aan die teks, is indrukwekkend Vir my was dit nie ‘n boekbespreking nie. Dit was ‘n “saamstap met ‘n man wat ‘n mens nie onaangeraak agterlaat nie en ‘n lewensverhaal van iemand wat baie lewens in een leeftyd ingepas het”. Vir Peter wil ek sê, nie weer, nóóit weer, sal ek die geur van ‘n vars komkommer ruik, sonder om te “sien” hoe jy die doukomkommer as jong seun met jou tande afrasper of ‘n skeut vars suurlemoen uitdruk, sonder om die reuk diep in te adem nie Op 20 Junie het die gasvrouens van ons plaaslike leeskring die teetafels gedek in fyn porselein, Beethoven se 6de simfonie, waarvoor Peter besonder lief is, het in die agtergrond gespeel, van die keurige eetgoed uit sy resepteboeke, is voorgesit – en hy was dáár, al was dit nie vir hom moontlik om na Piketberg te kom nie. Graag haal ek enkele van die leeskringlede se kommentare, wat ek gevra het hulle vir Peter moet neerskryf, aan, met die seker wete dat “Wat die hart van vol is” nog baie gelees gaan word – hier en heelwat verder: “Ek is so bly, so dankie-bly, dat hierdie boek oor my pad gekom het – ek sou iets besonders gemis het as dit nie gebeur het nie.” “Peter, ek het jou boek so geniet! Dankie dat jy jou verstommende kennis en passies met ons gedeel het.” “Ek het die boekbespreking en elkeen se kommentaar só geniet! Met die voorbereiding vir die leeskring-byeenkoms het ek weer op die heerlikste resepte in Peter se resepteboeke afgekom. Dit was ‘n spesiale bespreking met keurig gedekte tafels, nostalgie, woorde, kos en vriende. Wat wil ‘n mens meer hê as dit? Spesiaal!” “Peter, om saam met jou te kon loop deur jou boek, was ‘ belewenis. Jou beskrywings van die plaaslewe en omgewing was heerlik om te beleef. Jy het politiek, musiek, kos en gasvryheid één gemaak. Baie dankie vir ‘n leeservaring 1000!” “Ek het jou boek BAIE geniet en die bespreking by die leeskring was awesome.” “Peter, dankie dat jy jou hart met my gedeel het. Saam met jou het ek aan interessante en keurige tafels gesit en kleurryke mense ontmoet. Jy het BAIE vermag.” “Baie Dankie vir ‘n Fantasmagoriese leeservaring! Boekgroete.” “Peter Veldsman … wat ‘n wonderlike voorreg om jou boek te kon lees en te geniet. Jy het so BAIE gawes en jy het dit gebruik, of liewer, gebruik dit nog … Jou benadering “why not” sal my altyd bybly. Dankie vir die kykie in jou lewe. Oorvloed en voorspoed vir jou. Jesusliefde.”

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977

Die volgende Piketberger verskyn op 30 Augustus 2018 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 21 Augustus 2018 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


15


16

En die wenner is….

Tolla se Kleinkinders Trou

Doughy Anthonissen oorhandig die medisynekissie aan Florence Mouton, wenner van ‘n kompetisie onlangs gehou by Piketberg Apteek. Foto: Facebook

Willem en Ronel van der Westhuizen. Kleinseun van Tolla van der Merwe (Huis AJ Liebenberg) is getroud op 10 Maart 2018.

Matriekafskeid PHS Vrydag 24 Augustus Matriekafskeid Spesiale Aanbieding Wenkbrou vorming en tint + wimper tint net R120

vele meer behandelings beskikbaar Kontak Astrid Russouw 084 247 8863 Na ure afsprake beskikbaar

WA en Michelle van Niekerk van Kanoneiland. Kleindogter van Tolla van der Merwe (Huis AJ Liebenberg) is getroud op 17 Maart 2018. Foto’s verskaf

Stuur asseblief julle troufoto’s na diepiketberger@gmail.com Ons plaas dit gratis.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


17

MNR & MEJ TRIPPE TRAPPE JOOL & JOOLKONINGIN HUIS AJL OPTOG!


18 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Ek is seker julle het die nuwe kunswerk langs die kant van die informele handelsgebied in Kerkstraat opgelet. Hannes Carstens, 'n ervare kunstenaar van Redelinghuys, het die opdrag gekry om die opgedateerde toerisme-kaart van Piketberg op 'n Matthew Sheldon groot muur in die sentrale sakegebied te skilder. Bergrivier Munisipaliteit is baie opgewonde oor hierdie unieke projek wat deur Wyk 3 geïnisieer is. Die doel van hierdie projek is om die dorp se trekpleisters en geskiedkundige terreine meer toeganklik te maak en terselfdertyd die gebied aantrekliker te maak. Die skildery is baie gedetailleerd en vertoon die volgende: al die strate in die dorp, wat jou huidige ligging is op die kaart, aanwysings na die omliggende dorpe en prente van besienswaardighede en aktiwiteite wat aangebied word. Carstens, wat al jare lank skilder, het op 'n baie jong ouderdom 'n passie vir skilder ontwikkel. Hy was meer as 30 jaar 'n treindrywer voordat hy 'n voltydse kunstenaar geword het. "Dit is 'n handgemaakte skildery. Wat hierdie taak uitdagend maak, is dat dit geskilder moet word volgens

die kaartskaal en die muur is breër as wat verwag is.” "My wens is dat hierdie skildery dit vir beide plaaslike inwoners en besoekers makliker sal maak om Piketberg te verken en alles wat dit bied," het Carstens gesê. Ons wil graag hê dat Piketberg toegankliker word vir alle mense, en dat dit ook die plaaslike ekonomie stimuleer. Hierdie plek is die ideale eerste stop vir toeriste om hul reis in Piketberg te begin. Daar word gesê dat 'n prent 'n 1 000 woorde werd is. Ons glo dat hierdie kragtige kunswerk alle Piketbergers sal inspireer om voort te gaan om 'n verskil in ons dorp te maak.

Voor die nuwe kunswerk is Driaan Pretorius, Raadsheer Riaan de Vries, Lorraine Meyer, Hannes Carstens (kunstenaar) en Abraham Richter. Ander wykskomiteelede is George Esau, Estelle de Klerk, Nicholas Solomon, Anna Brits, Hannie Visser, Nicoline Brown en Collette May. Foto verskaf

NOODNOMMERS - PIKETBERG

Hierbo is die opgedateerde toerismekaart van Piketberg.

POLISIE - 022 913 8800 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 BRANDWEER - 079 349 8619 VERKEER - 083 272 4126

Die skildery lyk tans so.


19


20

Janke PHS se Ambassadeur Leerders van skole regoor die land samel tans fondse in ten bate van liefdadigheid en haweloses deur hul deelname aan die internasionale CEO SchoolSleepOut beweging. Janke van Schalkwyk, gr 11-leerder by PHS en Phumlani Nunu van HoĂŤrskool Noorder-Paarl, die twee SchoolSleepOut Ambassadeurs in die Wes-Kaap is gekies om deel te neem aan die regstreekse TV-uitsending Expresso op SABC 3 ter bemaking van hierdie fantastiese inisiatief. Die uitsending was op Woensdag 18 Julie. Die regstreekse uitsending kan op YouTube gekyk word.

Phumlani Nunu, Lianne McGowan en Janke van Schalkwyk.

Janke van Schalkwyk saam met Lianne McGowan, Direkteur SleepOut beweging.

Op die stel van Expresso, SABC 3.


21


22

Hondekos 20kg 40kg @R400 @R7 55

0 R13 0 @ g 8k @R34 g 25k

Gratis aflewering in Piketberg Plaas bestellings by

Johan 072 447 0707 (sms of whatsapp)

Op Reis saam met Anne…

deur Annetia Calitz

“Heidi, Heidi, jou wêreld is in die berge…” Kom stap saam met my deur die land van Heidi. Groen weivelde, berge vir ‘n slag, want Nederland is plat. Ja, ek kan dit self nie glo nie, maar ons is in Switserland. Ons het die grootste waterval in Europa gaan besoek, die Rheinfalls. Die waterval is 23m hoog en 150m breed. Dit was prentjiemooi met die rammelende water op ‘n somersdag met die groen berge om jou en die tipiese Switserse huisies bo-op die berge. Die bus se wiele rol dan verder na Lucerne. Hier besoek ons die Löwendenkmal (Leeu-monument). Dit herdenk die dood van 26 beamptes en meer as 700 troepe van die Switserse wagte wat vermoor is, terwyl hulle Koning Louis XVI beskerm het met die aanval op die Tuileries tydens die Franse Revolusie in 1792. Ons uitstappie is afgesluit in Zürich, wat ‘n kultureel lewendige stad is, erken word as een van die wêreld se mees leefbare stede en ook al lank bekend is as ‘n hardwerkende finansiële sentrum. Zürich is duur en ons moes dubbeld die prys vir iets betaal as wat ons in Nederland sou betaal het. In Nederland betaal ons vir ‘n spesifieke “Burger King special” net €5, maar in Switserland kos dit €11. Natuurlik was ons voete weer deurgeloop om ou geboue soos museums en kerke te besoek en ook net langs die meer van Zürich rond te wandel. My mamma se woorde aan my was: “Jy mag nie Switserland verlaat voor jy nie die winkels deurgekyk het vir die bekende Victorinox messe asook om die Switserse sjokolade te probeer nie. Dis definitief ‘n moet.” Weer eens was Mamma se raad die beste. Pak solank julle tasse, want ons is al weer op pad na Kroasië en Slovinië. “Neem elke kans die je krijgt in het leven, want sommige dingen gebeuren maar één keer.” Baie liefde vanuit Nederland.


23


24

PHS by ATKV Jeugberaad

Hierdie Graad 11-leerders het die ATKV Jeugberaad bygewoon te Goudini Spa. Hanmari Marais, Janke van Schalkwyk, Petro Grundlingh, Marinda Nelson, AnnĂŠ Rheeder en Ravell Frans. Foto verskaf


25

Dié besigheid is onder nuwe eienaarskap

Nicolouw Kruger was nou betrokke in die plaaslike en internasionale IT bedryf vir meer as 35 jaar. Hy het sy loopbaan begin by Sanlam in 1980 as ‘n programmeerder, later het hy onder andere gewerk by De Beers Groep en IBM. Sy familiewortels is op die plaas. Nicolouw het die afgelope maande nou saamgewerk met Jeremy Bryant op Kruistement Plaas, Piket Bo-Berg. Dié proses gaan steeds voort, om die waardetoevoeging van Tekoa te bevorder, onder die wakende oog van Jeremy.

Ons fokus is op die IT Behoeftes van:

-Die Landbougemeenskap: Proses Optimisering & Produktiwiteit -Besighede: VOIP, Kuberkol (hotspot), Drukker Ink, ens. -Tuis: WiFi, Skootrekenaars, Tablets, ens. -Sekuriteit: Beveiliging & Bewaking mbv bg. fondasies

Kontak besonderhede:

Carika: 022 914 5652* VOIP (Internet telefoon): 022 125 0060 Epos: admin@tekoa.co.za “By Tekoa, as ons werk, dan doen ons alles wat ons kan…” *Die nommer sal mettertyd verander, soos die kantoor skuif na Piketberg


26


27

Thomas Tree Uit

PHS het aan die einde van verlede kwartaal afskeid geneem van Thomas Cloete wat na 23jaar en ses maande se getroue diens, sy aftrede gaan geniet. Tydens ‘n pragtige geleentheid is die skool se rooi trekker na hom vernoem en onthul. ‘n Klein rooi trekkertjie is as simbool aan hom oorhandig.

Judo ryg medaljes in

Sensei Manie Gal, Keagon Beukes, Rayghana van Rooy, Herman Kordom, Abdoulaye Niang en Jayden Martins. Foto verskaf Hierdie groep van Piketberg Judoklub het van 1-7 Julie 2018 in Port Elizabeth aan die Suid-Afrikaanse Judo Kampioenskappe deelgeneem vir die Weskus Judo Unie. Dit was ook hul eerste deelname by die nasionale kampioenskappe vir Judo met slegs Sensei Gal wat al daar was. Hulle het hul goed van hul taak gekwyt teen die ander provinsies. Hulle het gesamentlik een goud, twee silwer en een brons verower. Die afrigter van die klub het ook gekwalifiseer om volgende jaar in April aan die Afrika Kampioenskappe in Kaapstad deel te neem. Kinders en volwassenes wat by die klub wil aansluit kan vir Gerhard Gal 078 066 2239, Miriam 071 854 9121 of Anthea Beukes 078 119 9457 kontak.

Foto’s: Rina Engelbrecht

DEMO SALE

PRICE

USED

NEW LISTING

2018 KB250 DTEQ D/CAB R325 900 R380 100

2015 Chev Utility 1.3D + canopy

R159 995

2018 KB250 FLEETSIDE

R235 900 R274 500

2015 Toyota Etios

R114 995

2018 KB250 S/CAB

R215 900 R251 000

2018 Nissan Micra

R129 995

2018 KB250 S/CAB

R224 900 R257 000

2013 VW Polo 1.4 Sedan

R124 995

2015 Ford 3.2 At D/CAB

R379 990

2012 Kia Rio

R124 995

2007 Peugeot 207

R 69 900

2014 Isuzu KB250DTEQ lwb met canopy, lae km

R209 900

After Hours

Kalla 084 514 2418 Johan 082 657 3755


28

Mandeladag

NG Kerk Piketberg

Op Mandeladag, 18 Julie het PPC De Hoek sop en brood uitgedeel in die Piketberg gemeenskap. Foto verskaf

Interskole Saterdag 18 Augustus te Piketberg

PHS vs HSP N7 Track Challenge Kardoesie N7 Citrusdal Saterdag 15 September Inskrywings: entryninja.com of oggend vanaf 06:00 Fondse ingesamel vir Gidshond Vereniging

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Met temas soos: Hoekom kruip jy weg? Eksodus 2:23-3:12, Oggendstond op my pad - Genesis12:1-9, Roeping neem my op ‘n nuwe pad - Eksodus 6:27-7:6, Ai, ai die pad is kwaai - Handelinge 16:6-36, Moedverloor is ook op die pad - Fillipense 3:7-4:1 en Aanhouer wen - Johannes 3:22-30 Hierdie reeks handel oor God se roeping vir my as sy volgeling. Ons preek vir ses weke lank daaroor! Belangriker egter is dat ons na die Sondag se erediens, saam met ander gelowiges, ‘n kleingroep vorm waar ons dieselfde tema verder saam ontdek. Daar lê egter baie groot waarde daarin dat ons ook elke dag die teks vir die komende Sondag op ons eie lees ter voorbereiding van dit wat die Heilige Gees ons voor gereed wil maak! Hierdie tydperk begin op Sondag 5 Augustus en sluit op Sondag 16 September na die diens met n gemeentefeesmaal af. Daar is die naweek van 21 September ‘n Gemeentkamp. Indien jy meer inligting verlang, maak gerus kontak met Reinet Jonker by 022 913 1750.

Die SEPTEMBER-uitgawe van Die Piketberger verskyn op

30 Augustus 2018

Stuur berigte voor 21 Augustus Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na: diepiketberger@gmail.com


29


30

Trippe Trappe word besoek

Met groot ogies het die kleuters by Trippe Trappe kleuterskool geluister en kyk na die storie wat een van ons plaaslike tandartse, Dr Saskia Smalberger, aan hulle vertel het. Hulle weet nou baie mooi watter kosse hulle moet eet en wat ongesond is vir hul tande.

BERGRIVIER OUTREACH

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

Die kleuters is ook elkeen bederf met ‘n nuwe tandeborsel en tandepasta. Baie dankie, dokter, vir die pragtige les en geskenkies.

Good day to all prospective clients and donors, As we have just entered into the Winter Season, Blood Stocks are already very LOW, and we urge all businesses, clients, donors and their friends and families, to please spread the word around blood donation. Please share the following details regarding clinics. Venue: Piketberg Museum, Church Street, Piketberg Dates:

Fridays 14 September and 9 November 2018

Time:

10:00 - 14:00

Want to be a blood donor? To become a blood donor you must be between the ages of 16 – 65, weigh more than 50 kg’s, be medically healthy, lead a safe lifestyle and be committed to helping others! Before you donate: Remember to eat a substantial meal 3 – 4 hours before donating blood and drink lots of water and/or juice on the day of donation. Your single donation can save more than 3 lives!

Die vriendelike tannies van ABSA Bank het Trippe Trappe Kleuterskool besoek en die ouers en kinders ingelig oor al hulle nuwe spaarplanne wat ABSA Bank aanbied. Ons kleuters het ook elkeen ‘n pragtige spaarbussie ontvang waarin hulle hulle sakgeld kan spaar. Dankie aan ABSA Bank. Foto’s: Laurette Burger


31


32

Steynville Sekondêr se Toppresteerders

Graad 8 (kloksgewys van agter): Anechia Somers, Hailey le Fleur, Jean Malgas, Caitlin Julius, Martin Thakeerah, Ashton Faro, Glenwill Koordom, Wiaan Rosenberg, Kayleigh Abrahams en Nasheeta Petro.

Graad 9 : Elishque Nthane, Ursula Dietrich, Marne Bougaadt, Selena Nero, Des Benjamin, Elgar Swanepoel, Lesley Conradie, Heatherlyn Salvirus, Priscilla Langeveldt en Jeandre Summers.

Graad 10 : Gertrude Willemse, Kelly Ann Le Fleur, Beyonce Snyders, Danielle Monk, John Lee Manas, Willmare Arendse, Lukas Bokamoso, Steward Willemse, Leonardo West en Ducan Marcus.

Graad 11 : Ethen Leen, Ashwin Schuurman, Hadley Thomas, Benzien Jantjies, Donita Britz, Riduwaan Otto, Levenzo Booise, Jaseron Engelbrecht, Micaela Erasmus en Dylan Hector.

Foto’s: Soreen Gouws

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

Graad 12 : Jasmine Mackay, Sandra Davids, Joslynn May, Zealke Kayster, Thumarr van Wyk, Keshe Syse, Allison Diedericks, Faith Greeff, Pamela Farao en Gavin de Wee (afwesig).


33


34

Rina se foto in Top 4

SSS Proefstudente

By die Swartlandfotografie klub kompetisie het Rina Engelbrecht se foto (regs) die klubaand vir een ster fotograwe gewen. Dit was die junior fotograwe se Junie wenfoto en was onder die vier bestes ingeskryf onder die klublede van die puik klub “Poverty India”.

J M R SERVICES Vervoersingel, Industriële Gebied, Piketberg

Grondverskuiwings masjinerie Trokke - Trekkers Enjin en Transmissie Herbouing Voertuig foute diagnoseer masjien Herstel van dieselpompe en injectors

    

Maak van Meganiese Kabels Handrem Kabels Speedo Kabels Versneller Kabels Koppelaar Kabels

Vanaf 1 Augustus 2018 doen ons ook die volgende: All brake shoes * Air valves * Clutches * Brake boosters, etc

KONTAK JANNIE 076 311 6159 ARRIE 078 161 6406 LIZA 071 544 2718

Die volgende studente proef tans by Steynville Sekondêre Skool: Rodewane Cloete (Engels en Wiskunde); Keanu Brink (Ekonomie/Afrikaans en Besigheidstudie); Rochelle Swarts (Engels en Wiskunde); Retha Muller (Ekonomie en Besigheidstudie); Elmaro Koopman (Ekonomie en Besigheidstudie); Craig Rumble (Wiskunde en Lewenswetenskappe); Christophai Booise (Wiskunde, EBW en RTT); Sharne Warnick (Wiskunde Geletterdheid en Besigheidstudie); Adrienne-Louise Engelbrecht (Wiskunde en Tegnologie) en Inge Faro (Engels/Wiskunde), afwesig. Foto: Soreen Gouws

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1918 tot 2018 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com


35


36

Uitstappie was BRIL-jant Die GrR-klas van PHS het Donderdag 21 Junie 'n besoek afgelê by Van der Westhuizen Oogkundige. Dr Van der Westhuizen en Madeleen Nelson het die kinders vinnig op hul gemak gestel terwyl hy hulle ogies getoets het. Dit is elke jaar 'n voorreg vir PHS se kinders om hom te besoek en vroeë identifisering van probleme te kan aanspreek. PHS en GrR sê dankie, dokter!

Op die foto’s verskyn Marili Koch, gr R-onderwyseres by groepe graad R’s wat elkeen ‘n bril uitgesoek het. Foto’s verskaf

Te Koop

PIKETBERG

ALGEMENE JAARVERGADERING ANNUAL GENERAL MEETING

U word vriendelik uitgenooi na ons Algemene Jaarvergadering op Donderdag, 23 Augustus 2018. You are cordially invited to our Annual General meeting on Thursday, 23 August 2018.

Koedoebiltong @R250/kg Beesbiltong @R240/kg Koedoedroëwors @R220/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Tyd/Time: 09h30 Plek/Place: ACVV, Tillalaan, Piketberg RSVP: 12h00 – 20 Augustus 2018 022-9131525 / 022-9131228 acvvpiketberg@telkomsa.net adminajltehuis@piketberg.com


37

Voel vry om aan te sluit as lid van Toerisme. Lidmaatskapvorms beskikbaar by ons kantoor.


38

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


39

Vaardighede en Eienskappe: Gr 12, Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid, Rekeningkunde, spontaan, vriendelik, moet akkuraat onder druk kan werk. Gestremde persone is welkom om aansoek te doen.

Carl Schreve Primêre Skool se besoek aan SUPERSPAR Boland, was ‘n leer ervaring. Van brood bak tot vleis verpak, en vir die kinders ‘n groot avontuur!

Saam met die wenner, Hanlie Linde, het ons die vreugde, wat die “Nescafé Dolce Gusto Minime” in die toekoms vir haar gaan gee, beleef! Die koffiemasjien is gewis ‘n aanwins vir haar huis! Marlene Visagie het dit namens SUPERSPAR Boland aan haar oorhandig.


40

Die Piketberger Aug 18  
Die Piketberger Aug 18  
Advertisement