__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 7

www.piketberg.com

Augustus 2017

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Org de Rac se Merlot Tops In die “Winemag” Merlot-verslag vir 2017 is Org de Rac se 2015 Merlot bo aan die lys van Merlot wyne. Dit was een van net twee wyne uit 67 inskrywings van 50 Suid-Afrikaanse wynkelders wat meer as 90 punte aangeteken het. Die wyne is geproe en beoordeel volgens ‘n 100punt kwaliteitskaal. Wynmaker Frank Meaker het die volgende gesê: “We are delighted that Org de Rac’s organic wines are now surpassing the quality of the best mainstream wines, this rating shows the potential of the estate’s Merlot wines.” Org de Rac se Merlot 2015 en Boschendal 1685 2015 het albei 92 punte aangeteken deur die paneel beoordelaars. Baie geluk. -Red. Wynmaker Frank Meaker met Org de Rac se wenwyn. Foto: Candice Heugh

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troufoto’s...p4 Cobus beste student...p4 Tiger kry ‘n hok...p7 STATS SA Mandeladag...p14 Knysna Uitreik...p20 Golden Games...p22 Wyle Betta Swarts...p26 Eisteddfod foto’s...p30 Skopboksers presteer...p31 Interdistrik Netbal...p33


2

Redaksioneel Haal saam asem…… My broer, sy vrou, hulle enigste kind en my suster durf die Kilimanjaro aan. Van hulle voorbereiding en vertrek hoor ons so tussendeur ons eie besige programme. Ook geen gedagte dat ons enigsins iets sou hoor nie. Die dag voor die gevreesde laaste klim, kom die boodskap dat almal nog wel is en die klim die aand 11nm begin. Ek is te huiwerig om onnodige vrae te vra en maak seker by ‘n gesoute stapvriendin hoe die laaste stap na die piek werk. Haar stemboodskap ontsenu my totaal en al….dis juis waarom die stap 11nm begin en met eerste lig die volgende oggend klaarmaak. Dis te angswekkend om dit in die dag te doen. Jy beur teen die einde met bykans geen asem voort, trek jou longe vol lug, maar daar is niks. Niemand mag stilstaan nie, anders val jou liggaamstemperatuur. As jy dit maak, wag die asemrowendste uitsig ooit op jou. Genadiglik slaap almal en ek is alleen met dié brokkie inligting. Wat ‘n nag! Ek slaap niks…ek is self op Kilimanjaro en haal biddend en diep asem, aanhoudend, asof ek lug bymekaarmaak vir hulle. Ek beur saam met hulle na die asemrowende uitsig toe. As ek deur Die Piketberger blaai, sien ek mense wat saam met ander asemhaal….gaan lees elke artikel, foto of storie, hulle is daar. Almal mense wat weet waar hulle asem vandaan kom.

Liefde Marietha

1 Sept 3 Nov Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

40 Dae by NG Kerk Derde Kwartaal (Augustus en September) Kontak Reinet Jonker 022 913 1750 om deel te wees van ‘n groep.


3


4

James en Suzanne Trou

Dis Hemel op Tafelberg…

Wessel Stapelberg en Selby Dyamond is op 16 Junie in die NG Kerk Tafelberg, Kaapstad getroud. Foto: Stephen Fourie

‘Kom ons Trou, Nou!’

James de Villiers en Suzanne Burger is op 17 Junie by Die Hut, Moorreesburg getroud. Foto: Wikus Bester, Moorreesburg

Cobus tops by Vrystaat Cobus van Schalkwyk, oud-PHS’er en oud-Matie, verwerf die Standard Bankprys vir Beste Honneurs student in Landbou ekonomie aan Vrystaat Universiteit. Cobus is verbonde aan die Dept Landbou se hoofkantoor in Wellington as Wingerd– en Wyn Landbouvoorligter. Foto verskaf

Werkswinkel Lappe

Badisa verkoop sakke lappe wat geskik is vir gebruik in die garage of werkswinkels. R10 per kg. Kontak Hannie 022 913 2545 of 083 7544 760.

Morné Potgieter en Eriscka Bredenkamp, etlike ure nadat sy die Ja-woord gevra het in VIA se “Kom ons trou, nou! Foto: Greg Lumley Morné Potgieter en Eriscka Bredenkamp van Piketberg was deel van VIA se eerste internasionale programformaat wat sy debuut in Junie gemaak het. In elke week se episode van “Kom ons trou, nou!” beplan ’n gedaan-gewagte vrou haar troue agter haar aanstaande se rug en daag dan by hom op in ’n trourok met die huweliksaanbod. As hy “ja” sê, word die knoop dadelik deurgehaak. In die meeste gevalle het die VIA-span sowat drie dae om die troue te reël. In Morné en Eriscka se geval ook. Die beplanners, Margaux van der Berg en Sunelle van der Berg (nie sussies nie) van ‘Blank Canvas Event Design’, was die aanbieders en kon ook met hulle ervaring en kennis die troue so vinnig help reël. Vir Morné en Eriscka was dit ‘n onvergeetlike ervaring en verseker het hulle altyd ‘n goeie storie om te vertel. Die paartjie gaan reeds sewe jaar uit. ‘n Niks vermoedende Morné was besig om Harley Davidsons saam met Eriscka se neef, Charles, te besigtig, toe Eriscka hom verras in haar trourok met die groot vraag. Ure later is hulle by Eureka in Durbanville in die huwelik bevestig.


5

Die Taylors gedoop

EIENDOM TE KOOP

Uitnodiging om tenders aan te bied vir die koop van ‘n woonhuis te Piketberg ANDERSON, NEL & KIE PROKUREURS is gemagtig om namens die boedel van sy kliënt belangstellendes uit te nooi om tenders in te dien vir die aankoop van die volgende eiendom:

Erf 2115 Piketberg, in die Munisipaliteit Bergrivier, Afdeling Piketberg, Provinsie Wes-Kaap Groot: 276m² Geleë te Nerinastraat 40, Piketberg Belangstellendes moet hul tenders inhandig by die kantore van Anderson, Nel & Kie, Hoofstraat 38, Piketberg of pos aan Posbus 41, Piketberg 7320. Toegeplakte koeverte moet gemerk word “Tender”. Tenders kan ook per epos gestuur word na: jhn@telkomsa.net

Tenders sluit om 15:00 op Vrydag 8 September 2017.

Anderson, Nel & Kie Prokureurs behou die reg voor om nie enige/hoogste tender te aanvaar nie en sal die beskikbaarheid van finansies om aan enige tender te voldoen en die transportkostes te betaal en die omvang van enige tender in vergelyking met die waarde van die eiendom oorwegende rolle speel. Kontantkopers sal voorkeur geniet.

Skakel 022 913 1132 (Mnr G Kruger) vir navrae.

Jonathan en Inge (Kretschmer) Taylor en hulle seuntjie, Ross James, van Hereford, Engeland, het tydens hulle onlangse besoek aan Piketberg, ‘n spesiale ervaring gehad. Baba Ross en pa Jonathan, ‘n gebore Wallieser, is albei in die NG Kerk Piketberg gedoop. Foto: Vanessa de Villiers

ANDERSON, NEL & KIE PROKUREURS

Alle paras is nie dieselfde nie

In Afrikaans en Engels vind ons ’n aantal woorde wat met para begin. Afhangende van watter taal die para gedeelte kom, sal dit verskillende betekenisse verteenwoordig. In die Engelse woord parable wat in Afrikaans gelykenis is, beteken die woorddeel para in Grieks om gelyk of langsaan te wees en ballo om te gooi. Die kurwe parabool in Wiskunde het dieselfde grondslag. In die geval van die parabool is dit ’n kurwe wat gekry word wanneer ’n snit in ’n kegel parallel met een sy gemaak word. ‘n Paragraaf is ’n versameling van sinne met ’n gemeenskaplike doel en word geskryf as ’n afsonderlike deel van die hoofteks. Para = langsaan en grapho = om te skryf. Die teken ¶ wat in dokument die einde van ’n paragraaf aandui is ’n omgekeerde p wat die eerste letter van die woord paragraaf is. In die woord paraffien kom die par gedeelte van parum = klein en affinis = verbind omdat paraffien ’n klein neiging het om met ander stowwe te verbind. Volgende keer: Wat is ’n peripatetikus? M.A.A.N – S

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Winter Uitverkoping!! Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6 Gala Konsert saam met Amerikaanse koor, die Bergrivierkoor en die Weskus Jeugorkes

Op Saterdag 12 Augustus 2017 tree die Bergrivierkoor op in samewerking met Sharing A New Song Chorus vanuit Boston, asook die Weskus Jeugorkes. Dit vind plaas in die NG Kerk Piketberg om 19h00. Sedert 1997 smee Sharing A New Song Chorus diverse interkulturele kultuurkringe met Suid-Afrika en het daarom al verskeie konserttoere na die land onderneem. In reaksie tot die Suid-Afrikaanse gasvryheid, het Sharing A New Song Chorus deur die jare verskeie Suid-Afrikaanse kore in Boston gehuisves asook mee saam opgetree oa die Soweto Gospel Koor, die Stellenbosch Libertas– koor, die Universiteitskoor van Pretoria, die Kaapstadse Jeugkoor en die gemeenskapskore vanuit George en Johannesburg. In Desember 2014 onderneem 64 lede van die Bergrivierkoor ’n konserttoer na die VSA en België vir wie die meerderheid koorlede, gegewe die nooddriftige ekonomiese omstandighede waaruit lede kom, dit ’n reuse mylpaal was. Gedurende September 2015 keer ’n kleiner groep lede van die Bergrivierkoor terug na die VSA met ’n opvoering getiteld “17 Seconds – I am standing with one foot in my grave” geskryf deur Sherlock Fortuin. Hierdie opdragstuk beeld oa die korrektiewe verkragting van Lesbiese vroue uit, gee ’n geheelindruk rondom die geweld teenoor vroue in die alledaagse samelewing, fokus op die betreurenswaardige realiteit rondom plaasmoorde en beklemtoon ook die skokkende toedrag met betrekking tot kinderverkragtings in Suid-Afrika. Dit is met groot waardering aangeneem, maar het gehore ook met kommerwekkende indrukke gelaat met talle aanvrae vanaf verskeie individue en instansies vanuit die VSA om betrokke te raak by hierdie uitdagings om sodoende effektiewe oplossings te implementeer met betrekking tot hierdie probleme wat ons land in die gesig staar.

Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R30 vir skoliere. Almal word uitgenooi na hierdie unieke konsert met musiek vanuit alle wêrelddele. Die konsertprogram is ‘n keurspel van klassieke en sekulêre klanke wat strek vanaf musiek deur die Groot Meesters tot tangoklanke of eietydse kontemporêre musiek vanuit eie bodem.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing


7

Tiger kry ‘n hok

Katinka Morrison bedank almal wat gehelp het om ’n hok vir Tiger te kry. Sy het ‘n hok in Porterville gekry. Tiger slaap nou lekker warm. Daar is nog baie diere wat sonder beskutting slaap, dus dankie aan almal wat nog hokke belowe het. Foto verskaf

Kontak Piet Pedro by 060 8989 619 vir Tuinwerk op Woensdae en/of Vrydae


8

HUIS TE HUUR

Stap-afstand vanaf Hoërskool Piketberg (oorkant N G Kerk).

3 slaapkamers, 1 volle badkamer, kombuis met Aga, sitkamer, agtertuin, onderdak parkering, diefwering deurgaans, karaktervolle atmosfeer (houtvloere), voorstoep en private agterstoep met pragtige uitsig.

Kan gedeel word tussen dagmammas wat op die dorp wil wees vanweë skoolgaande kinders, of as vier kantore gebruik word (het besigheidsregte en straatvoorkant - tans prokureurs), en is ook ideaal vir ‘n egpaar of klein gesin.

Ongemeubileerd of semi-gemeubileerd (onderhandelbaar).

Beskikbaar vanaf 1 September / 1 Oktober.

R4 800 per maand (water ingesluit).

Kontak Clare 083 225 0059

Betroubare verwysings beskikbaar

Jannes Bliss Engelbrecht Sue-Anne Engelbrecht en haar persiese kat, Jannes Bliss, het die afgelope tyd nuwe wêrelde beleef en vele interessante katliefhebbers van oraloor ontmoet. Sue-Anne vertel…… “My vorige persiese katjie is op 11maande dood agv ‘n swak teler. Ek was teen die grond en het gesoek vir n kat. Oral waarheen ek gebel het, was die telers se werpsel reeds verkoop. Toe begin ek bid dat as ek ‘n kat moet hê, moet die Here dit vir my wys. Die soveelste telers wat ek bel, Chimmy de Bod en Suzelle Kruger, het ‘n werpsel of litter, maar hulle word nog nie geadverteer nie, want hulle is nog maar net drie weke oud. Ek het hulle gekontak en die res is geskiedenis. “Jannes” se naam beteken ‘geskenk van God” en sy tweede naam “Bliss” beteken “gelukkig”. Ons twee se eerste skou was op 8 April in Kraaifontein. Hy het baie goed gedoen en vyfde geëindig in sy afdeling “langhaar”. Op 24 Junie het ons in Muizenberg gaan skou en hy het die titel verower. Ek skou nie met hom met die doel om te wen nie, ek doen dit omdat dit net baie lekker is saam met al die katliefhebbers, almal ondersteun mekaar. Jannes kom uit die telers Cherie-Zelle en sy ouma en oupa en grootjies is ingevoer vanuit Brittanje. Ek het hom laat regmaak aangesien ‘n mens toestemming nodig het om met hom te teel, want die bloedlyn moet suiwer bly. Jannes het nou sy titel van Double Junior Premier. Premier is soos Champion, maar omdat hy reggemaak is, word hy ‘n premier genoem. Ek leer nog baie en geniet dit verskriklik. Ons het op 1 Julie ‘n kat werkswinkel bygewoon waar ek alles aangaande ‘n kat se versorging en eetplan geleer het.” Op 26 September is Jannes se eerste verjaarsdag. Hy word een maal per week gebad en drie tot vyf keer per dag gekam.

Vir die September-uitgawe moet berigte/artikels/foto’s ons bereik voor of op 22 Augustus. Die koerant verskyn op 31 Augustus. Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Pryse verskyn op p2


9

Soekie se Storie

Behandeling vir Kankerlyers

Soekie, die worshondjie, is Desember 2016 in Piketberg gevind waar sy hoogs dragtig in die strate ronddwaal. Die persoon wat haar gevind het, het besluit om haar en twee van haar drie kleintjies te hou. Einde Julie ontdek Katinka Morrison weer vir Soekie by 'n ander huis, weer hoogs dragtig, weggegee vir ‘n nuwe eienaar. Die nuwe eienaar het ingestem dat sy reggemaak word na die geboorte van haar kleintjies en dat Soekie en haar babas ‘n nuwe tuiste vind. Enigeen wat ‘n goeie huis vir Soekie kan bied, kontak Katinka Morrison by 082 829 6918. (Soekie het haar naam gekry vanweë die feit dat sy altyd op soek is na ‘n huis.)

Twee honde in Katinka se kosgee area wat kankerbehandeling moet kry. Albei is gesteriliseer.

National Dog Day Saturday 26 August Badisa benodig mansklere groottes 30-34, kinder wintersklere en skoene, leë yoghurt-, margarine-, of roomysbakke vir die sopprojek en mense om 1x per maand 5 liter sop te kook vanaf Mei tot September 022 913 2545

Christo en Linda - 022 913 3326 oregonandmore@telkomsa.net 59 Long Street, Piketberg - oorkant Agrimark


10

’n Glaskas vol foto-stories

BERGRIVIER OUTREACH

My kiekies is verwysing, my lewensinventaris, die ensiklopedie van my bestaan. My kiekies is bewyse vir die feit dat ek ook daar was, ‘n prentjiekommentaar wat my beaam. – Lucas Maree Wonder of vandag se kinders nog die woord ‘kiekies’ ken. En so het die proses en rol van foto’s ook heeltemal verander. Waar is die dae wat ons die rolletjie film moes ingee, ‘n week moes wag dat dit ontwikkel word en dan maar tevrede moes wees met die resultaat? As dit nie vir foto’s was nie, was ‘n groot deel van ons geskiedenis steeds onbekend. Dit is waar die idee van die nuwe fotokas by die Piketberg Openbare Biblioteek ontstaan het. Die vertoonkas, in die voorportaal, met die museumuitstalling daarin, was op ‘n keer vol foto’s. Die kas is egter nie ooghoogte nie en dit was moeilik om die byskrifte te lees. Apie Richter van die Piket Veteraan Trekker Klub, neem toe die leiding en beding ’n addisionele glaskas wat ooghoogte teen ‘n muur opgesit kan word vir foto-uitstallings. Die idee is dat die uitstalling gereeld wissel en verskillende organisasies ’n beurt kry om hul foto’s en geskiedenis daarin uit te beeld. Tans is ‘n aantal ou foto’s uit Piketberg se geskiedenis daarin uitgestal. Die kas is gemaak deur Piket Glas en -Kaste en geskenk deur Carel van Niekerk Ingenieurswerke. Skakel die museum- of biblioteek personeel indien u belangstel om daarin uit te stal. - A picture paints a thousand words.

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

Laerskool Eendekuil Onderwysbetrekking Gr. R (Beheerliggaam) Beskikbaar Januarie 2018 Ideale kandidaat sal beskik oor: Relevante tersiêre opleiding (CAPS is ‘n vereiste) Goeie interpersoonlike verhoudings kan handhaaf Rekenaarvaardig en Afr/Eng magtig Meld buitemuurse bedrywighede Vorige ondervinding in multigraad onderrig sal voordelig wees. Sluitingsdatum: 25 Augustus 2017 Rig volledige aansoeke aan: kliprivier@winkelshoek.co.za Indien u teen 22 September 2017 geen terugvoering ontvang het nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol.

Marié Ehlers, Museumbestuurder en Carel van Nieerk, wat die kas geborg het. Die kas is bedoel vir uitsallings by die Biblioteek. Foto: Apie Richter


11


12


13

Toerisme se Welkompakkies

Piketberg Toerisme bedank weereens almal wat die uitdeel van ons ‘Welkom In Piketberg’ pakkies suksesvol gemaak het. Die reisigers was aangenaam verras en baie beindruk met Piketberg en sy mense. Baie dankie aan almal wat items geskenk het om in die sakkies te sit en ook die wat gehelp het met die uitdeel van die pakkies. Ons vra verskoning dat Cornerstone Café nie in die vorige beriggie genoem is nie. Hulle het beskuit geskenk. Ons maak volgende jaar verseker weer so! Op die foto is Jackie Ferguson, Joshua Gerber, Dries van der Westhuizen, Moira van der Westhuizen, Marié Ehlers, Antoinette Pickard en Georgia Abrahams. Foto verskaf


14

Stats SA Mandeladag Statistieke Suid-Afrika se Distrikskantoor in Piketberg het Mandeladag spesiaal gemaak deur hul deel te doen en sop te voorsien aan minderbevoorregtes in ons eie gemeenskap. Om te sien hoeveel vreugde dit bring, was voorwaar iets besonders om te beleef. Wie sou kon dink dat ‘n mens iemand se gemoed vir ‘n wyle kan opbeur deur iets so eenvoudigs soos ‘n koppie sop en ‘n broodjie! Vir ‘n dag was Suid-Afrika verenig in ‘n poging om verligting te bring in die lewens van minderbevoorregtes. Nelson Mandela sou vandag breed geglimlag het. Kom ons onthou sy woorde en streef dit na: “Poverty is not an accident like slavery and apartheid. It is man-made and can be removed by the actions of human beings.” Artikel geskryf deur Yolanda Jordaan en Tracy Adonis. Foto’s: Sonja Wend

Waar mooimaak en nuut maak nooit ophou nie

022 913 3326

Denzil de Wee, Leta de Beer, Legrechia Esterhuizen, Tracy Adonis, Armand Swarts en Elizma Claasen.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Mark Dirks, Armand Swarts, Denzil de Wee, Tracy Adonis, Sonja Wend en Leta de Beer.


15


16

Yucky Yummies se Terrible Twins Johan Slabbert en Leonard Ferreira, wat pas die Yucky Yummies in die ou Pizza Worldgebou in Langstraat oopgemaak het, staan bekend as die "Terrible Twins”, ‘n bynaam wat hulle in Langebaan gekry het. Dié twee se voetspore lê oor die wêreld heen aangesien hulle oor die afgelope 24 jaar verskeie reise onderneem het, na baie plekke getoer het en heelwat besighede in die voedselbedryf gehad het. Met ‘n onlangse besoek aan Piketberg, op soek na nuwe moontlikhede, het hulle ontdek dat Piketberg heelwat behoeftige mense het aan wie hulle bekostigbare kos kan verskaf. Die Terrible Twins is trots om te sê dat hulle die goedkoopste gehaltekos in die dorp voorsien, indien nie in Suid-Afrika nie. “Ons kos is van hoogstaande gehalte en word vars gemaak terwyl jy wag.” Kyk gerus na die spyskaart hieronder, dis Burgers met “soggy wilted and limp” bestanddele, “burnt to a crisp” Toasted sarmies, “slaughtered dead Chicken en “oily tasteless” chips, “deep fried oily” vetkoek, “the worst effort” terte en koeke, Sop en vele meer – ja kyk weer, die naam is nie verniet “Yucky Yummies, undoubtedly the World’s worst food ever” nie. The proof is in the pudding.

Besigheidsure is Maandae tot Vrydae 8vm tot 6nm en Saterdae 8vm tot 4nm. Op Sondae is die winkel gesluit, behalwe vir die laaste Sondag van die maand.


17


18 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... As gevolg van ‘n wyksraadslidvakature in wyk 5 in Bergrivier, sal daar ‘n tussenverkiesing gehou word op 23 Augustus 2017. Die stemlokale sal oop wees vanaf 07:00 tot 21:00 op 23 Augustus 2017. Die stemlokale in die wyk is soos volg:

deur Jannie Lategan

Die Legendes van Afrikaanse musiek…

Hanlie Linde

VOTING STATIONS BY- ELECTIONS 2017 Ward

Voting Station

Address

10103003

EENDEKUIL COMMUNITY HALL

KLOOF STREET, EENDEKUIL

10103005

STAWELKLIP PRIMÊRE SKOOL

STAWELKLIP EAGLES PRIDE, BO-PIKET-BERG, PIKETBERG

10103005

GENADENBERG MORAWIESE KERK

VERSFELDPAS, OP-DIEBERG, PIKETBERG

10103005

KLIPHOEK PRIMÊRE SKOOL

KLIPHOEK, HET KRUIS, PIKETBERG

10103005

KAROOKOP PRIMARY SCHOOL

KAROOKOP, HET KRUIS,

10103006

REDELINGHUYS COMMUNITY HALL

CPR MATHYSLAAN, REDELINGHUYS

U kan slegs in die stemdistrik stem waar u geregistreer is. ‘n Spesiale registrasie-naweek het plaasgevind op 1 en 2 Julie 2017 en registrasies was oop tot Vrydag 21 Julie 2017 om 17:00. Aansoeke vir spesiale stemme vind plaas vanaf 7 Augustus 2017 tot 11 Augustus 2017. Navrae kan gerig word aan Ellsforth Booyse: 022-913 1847 / 083 7699 036. Spesiale stemme sal plaasvind op 22 Augustus 2017 vanaf 08:00 – 17:00. Alle geregistreerde kiesers word uitgenooi om te kom stem.

Graad R’s in pajamas

Talle nostalgieë word losgemaak terwyl daar na die sang van talle legendes gekyk en geluister word oor die nasionale televisie. Gedagtes herleef hoe die sang en musiek in sy verskillende genres tot op die drumpel van elke Piketberger gebring is. Skielik het die gebruik van die kerkgebou vir sodanige geleenthede opgeduik en is die atmosfeer gemeng met musiek en akoestiek die ruimte met sy hoë plafonne gevul. Musiekliefhebbers plaaslik en van omliggende dorpe het reikhalsend uitgesien na hierdie geleenthede en daar was tydens pouse heerlik saam tee gedrink en iets te ete genuttig. Gaste het ook die geleentheid gehad om met die kunstenaars te gesels. Rina Hugo maak enige hart sag as sy “Hoor jy my stem” met haar volronde fluweelstem die hoë note met gemak baasraak. Sy en Gé Korsten was ‘n gedugte sangpaar wie se stemme ongelooflik harmonieër. Na een van hulle optredes, kon daar ‘n beursfonds van ‘n vroue vereniging gestig word vir ‘n voornemende tersiêre student. Die opbrengs uit die fonds word nog jaarliks beskikbaar gestel. Manuel Escorcio, die minnesanger, het sy buiging op Piketberg gemaak en vroue harte baie gelukkig gemaak. Die Romanz groep het deel uitgemaak van die aanbiedingsprogram wat oor ‘n paar jare gestrek het. Talle mense spreek vandag hulle spyt uit dat hulle nie baie meer genot gevind het uit hierdie konserte nie en voel jammer dat voortgang nie plaasgevind het nie.Om na kwaliteit sangers in musiek konserte in teaters te gaan kyk, het ‘n duur uitstappie geword. Die strykkwartet van die Kaapse Filharmoniese Orkes was in vervoering oor die haas ongeëwenaarde kerkgebou wat klank ongelooflik dra. Mense van buite het in verwondering gekyk na die pragtige nasionale ikoon wat eintlik die skildery voltooi en afrond saam met die idilliese omgewing van Piketberg. Die kwaliteit van die kunstenaars wat na Piketberg genooi was, is gekenmerk deur net die beste in elkeen se onderskeie kunsvlak. Die tyd het egter gevlieg en om bepaalde redes, moes daar halt geroep word. Sekerlik ‘n foutiewe besluit wat toe nooit weer herroep kon word nie. Dit was egter ‘n onbeskryflike lekker gevoel om deel te kon wees van die reëlings vir sodanige geleenthede. Terwyl die laaste toon van die lied besig is om in die gedagtes weg te swerf, bly daar baie dank oor terwyl daar nog na hierdie geleenthede gehunker word, met nostalgie terug te dink en elke konsert te koester. Die vraag huiwer, moet ons nie straks nog een laaste optrede in ons kerkgebou aanbied… al is dit net om hulde te bring aan een van die lede van die Romanz groep, wat baie siek is nie!

Somer Mark 2018

Die graad R-klas by PHS het die laaste skoolweek prettig gemaak toe hulle een dag in hulle pajamas skool toe gekom het. Motoriste het omtrent twee keer gekyk toe hulle selfs die juffrouens, Lue-Anne Pienaar, Maria Joubert en Marili Hanekom met hulle pajamas by die skool sien aankom. Foto: Marietha Goosen (ook in pajamas)

Piketberg Toerisme hou weer ‘n Somer Mark op 3 Februarie 2018. Enigiemand wat belangstel of idees het rondom die mark, word genooi om die Toerismekantoor te kontak. Enige insette word verwelkom. Om ‘n sukses te maak van die mark, is die gemeenskap se hulp nodig. Beplanning vir die mark het reeds begin. Kontak Georgia by 022 913 2063 of tourism@piketberg.com


19

Markdag elke Donderdag Vanaf 10:00 – 18:00

Voortrekkerstraat 38 oorkant die Bio Kafee Heerlike vars vrugte en groente

info@dellavita.net

Perseel Te Huur

Kontak: Danie Fox 072 211 9956 of Pieter Fox 083 229 4424 of 2 Acre Hardware 022 913 3940 of epos: danie.fox@wcw.co.za


20

Knysna Uitreik 13 -18 Julie Past Marisca van Niekerk, Powerhouse Piketberg skryf: Met groot opgewondenheid en dankbare harte vertrek sewe van ons in die donkerure van Donderdagoggend uit Piketberg met een doel….gaan help in Knysna. Sedert die brande van 7 Junie was dit die begeerte van ons harte om ook ‘n bydrae te maak aan die gemeenskap van Knysna en die families wat soveel verloor het. My gebed aan die Here was…’Maar hoe? Ons het nie ‘n trok vol donasies of klomp geld om te stuur nie’. Toe in die stilte ervaar ek ‘n sagte stem wat sê ‘Gee wat jy het’ en net daar gaan die liggie aan: met ons tyd, ons ore, ons hande en met harte wat omgee. So het alles begin. Deur een kontak kom ons by die regte groep uit: ‘Verified Families in need’ - ‘n Kleiner pakstoor wat dieselfde dag as ons aankoms ‘n groot vrag donasies ontvang het en dringend hande nodig het wat kan help. Ons het die middag ingestap en dadelik aan die werk gespring. Daar is verskillende afdelings gemaak en teen laat middag die volgende dag was daar rakke gebou om meer pakplek te verskaf, ‘n merkwaardige verskil aan die hoop donasies en bietjie geselstyd met die wat nou al meer as ‘n maand vrywillig hulle tyd en arbeid gee om te help. Van die dames het huise, besighede en diere tydens die brande verloor en een se man was ‘n maand in die hospitaal nadat hy ernstige bandwonde opgedoen het. Die naweek was dit Oesterfees en die pakstoor was gesluit. Maandag kon ons weer inval en klaarmaak waarmee ons begin het. So het ons genoeg tyd gehad om te kon rondry en bid by die verskillende dele waar die brande gewoed het. Die reuk van brand hang steeds in die lug en jou hart ruk wanneer jy verby huise ry wat tot op die grond afgebrand het en sien hoe die houthuis langsaan ongeskonde is. Die koppies is swart en die plantasies het groot skade gekry. Tot die ‘Brenton Blu butterfly’ wat net op twee plekke daar voorkom, se areas is tot niet. Daar besef mens dat dit net genade is dat hele dorpe nie uitgebrand het nie en hoe min beheer ons oor die natuur het. Dinsdag is die span weer terug op die pad huis toe, met ‘n sagte plekkie vir Knysna en sy mense en ook dankbaar vir die bietjie wat ons kon gee. Indien u belangstel om van die gesinne se stories te lees of ‘n bydrae te gee, kyk gerus op die volgende webwerf www.knysnafire.co.za of op Facebook Verified Families in need Knysna. (Sien foto’s hiernaas). ACVV se Tillies Teewinkel is elke Vrydag oop gedurende skoolkwartale 8:00-12:00 by die ACVV-kantoor in Tillalaan

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Die volgende Piketberger verskyn op 31 Augustus 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 22 Augustus 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


21


22

Golden Games

Die Golden Games is ‘n inisiatief van die Weskus Distriksmunisipaliteit vir Klubs vir Bejaardes, wat ook persone met gestremdhede insluit. In die Weskusdistrik is vyf streke : Bergrivier, Swartland, Cederberg, Matsikamma en Saldanha. Altesaam 46 klubs het op 27 Julie deelgeneem aan die interstreek atletiekbyeenkoms. Hieronder is ‘n fotobeeld van die entoesiastiese en kleurvolle deelnemers. Elke spanlid is toegerus met ‘n T-hemp, geborg deur Raadsheer Harold Cleophas, Uitvoerende Burgemeester van Weskus distriksmunisipaliteit. Die hooforganiseerder van die spele is Melonice Blanckenberg, Bestuurder: Ontwikkeling. Foto’s: Marietha Goosen


23


24

Interskolekoors hoog by PHS : 19 Augustus op Porterville Die PHS-Leiers wat verantwoordelik is vir die gees by Interskole is agter dirigente Christof Smith, Anine de Jager, Harry Roux, Janét Stander en rasieleier Chris Lausberg. Voor by zebra Mauricke Salfirus is die sjampanjeheer en –nooi Wian Coetzee en Melissa Beck. Die Interskole tussen Piketberg en Porterville behels baie meer as net rugby en netbal. Die twee skole ding op vele terreine mee. Verskeie sportsoorte word in berekening gebring, asook kultuur, wat die vasvra, redenaars– en eisteddfods insluit. Die kompetisie bereik ‘n hoogtepunt op 19 Augustus wanneer die algehele wenner aangekondig word. Foto: Marietha Goosen

Danie by NTC Décor Solutions

Danie Smit van Scheppie Saus, Moutonshoek, op die foto bo, is die verteenwoordiger van NTC Décor Solutions in die area vanaf die Paarl, al met die N7 noordwaarts tot anderkant Garies en weer terug langs die Weskus. Kontak Danie by 083 233 7772. Lees gerus die advertensie hiernaas.


25

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


26

Elizabeth (Betta) Swarts 7 Augustus 1965 – 9 Julie 2017

“A trip down memory lane…” Onthou u die ‘ou’ roete van die Kaap tot in Clanwilliam? U word hartlik uitgenooi na ’n uitstalling by die Piketberg Museum met die tema: Dr. E.E. Mossop’s Old Cape Highways: N7 Route. Foto’s deur Chris Murphy.

Die uitstalling kan besigtig word vir die hele maand van Augustus Maandag – Vrydag 9h00-15h00. Almal welkom. Toegang gratis.

Dit is met groot hartseer dat ons vir Betta, moeder, vriendin, kollega en ouma, groet. Betta het met haar glimlag, vriendelikheid, hulpvaardigheid, nederigheid en sagte hart diep spore in Piketberg se mense se harte gelaat. Na 32 jaar by die Munisipaliteit is haar hoofstuk nou klaar. Betta het soveel veranderinge beleef. Eers was dit Piketberg Munisipaliteit met Flip van Niekerk as Stadsklerk en later ook Bergrivier Munisipaliteit met verskeie Munisipale Bestuurders. Toe sy begin werk het was Mev Sutherland die Bibliotekaresse, wat deur Mev Mostert opgevolg is, met Elizabeth Coetzee en Gerna Croeser daarna. In Betta se tyd was daar baie Biblioteekpersoneel wat gekom en gegaan het en so ook verskeie Munisipale kollegas, en met almal het Betta ‘n goeie verhouding gehad. Betta het haar matriek behaal terwyl sy gewerk het en het gevorder van skoonmaker tot Biblioteek assistent. In 1992, toe die Biblioteek en Munisipale geboue afbrand, was Betta deel van die span wat ‘n Biblioteek vanuit die Kerksaal bedryf het. Met die nuwe gebou wat ‘n jaar later klaar gebou is, was dit weer intrek in ‘n splinternuwe gebou. Sy het gesien en beleef hoe Biblioteke verander en gegroei het oor die afgelope 32 jaar. Van plate na CD’s, van video’s na DVD’s, van boeke wat uitgegee word met kaartjies in boekbonne na ‘n gerekenariseerde stelsel wat almal moes aanleer en baasraak. Vir almal was sy vriendin, vertroueling en sommer dokter ook. Sy was lief vir haar werk en baie lief vir lees en het seker gemaak sy ken die kinderboeke. Sy was altyd reg met ‘n grappie en was ‘n bok vir sports. Met spookstorie aande was Betta die mees entoesiastiese spook. Moeilik om te glo sy gaan nie meer hopies boeke bymekaar maak vir al die gereelde Biblioteek gebruikers nie. Betta se plek is leeg en haar voetspore stil. Haar kollegas, vriende, familie en biblioteekgebruikers gaan haar beslis mis.


27

KOM GENIET ‘N HEERLIKE DAG BY DIE OUETEHUIS SE MARKDAG. OM DIE DAG ‘N BIETJIE “SKOP” TE GEE HIERDIE JAAR, GAAN ONS LEKKER FIETSRY, STAP EN ROLSTOEL STOOT.


28

Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en stryk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R230/kg Koedoedroëwors @ R210/kg Koedoebiltong @ R250/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag.

Ondersteun ons adverteerders. Hulle maak die druk van die koerant moontlik. Baie dankie aan elkeen wat goeie nuus meedeel en bydraes stuur. Boeke wat by die Leeskring bespreek word: 16 Augustus: Ingrid Winterbach: “Vlakwater” 20 September: Anneli Groenewald: “Skaalmodel” 18 Oktober: Elsabé Brits: “Geliefde verraaier” Kontak Marietha Goosen by 083 654 3170 vir navrae. Die plek en tyd is in die biblioteeksaal om 09:30. Ledegeld vir die jaar is R50. Besoekers is welkom om gratis by te woon.

Op die rakke van die Biblioteek Amraal

deur Marinda van Zyl Hierdie historiese roman neem die leser in ‘n boeiende trant, terug in die geskiedenis, na gebeure aan die Suidpunt van Afrika van ongeveer 1700 tot 1864. As boustof word die lewe van Lammert geneem – ‘n ware historiese figuur wat in 1774 in die Oilfantsvallei gebore word as die kind uit die Oorlams-groep (Khoi-Khoin wat verwesters het). In sy jong volwasse lewe werk hy as “inboekeling” op ‘n plaas en in sy strewe na vryheid, sluit hy aan Bespreking deur by die Corps Vrije Hottentotten, Sandra van Wyk later die Bataafse Ligte Infanterie in Wynberg. Om verder vorm te gee aan sy sin vir onafhanklikheid verander hy sy naam na Amraal. Tydens die Britse inval by Blaauwberg, waar die Corps teen ‘n oormag moes probeer staande bly, dros hy in die vlug voor die aanstormende soldate. Hy sien ‘n ruiterlose perd, geweer nog in die skoen, wat op sy fluit reageer en die dier bied vir hom en sy vrou met hul babaseuntjie die geleentheid om weg te kom. Hy vlug na die Gariep, waar hy probeer om vrede te bewerkstelling tussen al die verskillende volke wat hulle reeds daar bevind. Daar is hy “Amraal” Lambert, die Olifantjagter, Kaptein Amraal Lambert. Die Namas noem hom ook Gam Naka of Aorexami, die Maanhaarleeu. Amraal is ‘n manmoedige karakter, ‘n leier wat regtig probeer omsien na die welstand van sy mense, maar nie ten koste van ander volke nie, soos Trien tereg in die slothoofstuk vir hom sê: “Waarvan praat jy tog, my ou man? Jy het my ‘n goeie lewe gegee en jy’s al mens wat ek ken wat ‘n ander nooit moedswillig te na gekom het nie.” p.368 Ons kry in die boek ‘n aaneensakeling van gebeure, gebaseer op ware historiese karakters. Jy lees van jagtogte, van sendelinge, van onderlinge twiste tussen familielede. Die kleurvolle rolspelers boei deurentyd en verras met die innoverende en onverskrokke wyse waarop hulle uitdagings die hoof bied. Die prentjie wat Marinda van Zyl in hierdie roman vir ons teken, gee ‘n interessante en insiggewende perspektief op hierdie bepaalde gleuf in die geskiedenis, vanuit die oogpunt van Amraal. (Sien die Leeskring se program vir die res van die jaar in die blokkie langsaan.)

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


29


30

Olifantsvallei Eisteddfod

Die volgende sangleerders van Alison Müller het Goud behaal by Olifantsvallei Eisteddfod: Voor is Kayla Brand, Doneley Lesch, Jaun-Mari Rautenbach, Annetia Calitz en Nicola Coetzee. Agter is DeborahKeir Paulsen, Anicka Truter, Con-Li Halvorsen, Willem Wiggins, Madalynn Paulsen en Melissa Beck. Dewald van Deventer was afwesig.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Komien van der Westhuizen se sangleerders wat Goud en Cum Laude by Olifantsvallei Eisteddfod behaal het, is Joanie du Toit, Dayle Julius, Cassidy Daniëls, al drie Goud, en Gaby Booys, Cum Laude. Foto’s: Marietha GoosenFoto

Die Piketberger 2017 Datums SEPTEMBER se koerant verskyn op 31 Aug Stuur berigte voor 22 Augustus OKTOBER se koerant verskyn op 29 Sept. Stuur berigte voor 19 September NOVEMBER se koerant verskyn op 26 Okt Stuur berigte voor 17 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 30 Nov Stuur berigte voor 21 November

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com


31

Skopboksers presteer, gradeer

Gr 5 Musiek Teorie

Interskole PHS v HSP Saterdag 19 Augustus te Porterville

Alison Müller by haar drie Gr 5-Musiek Teorieleerders met puik UNISA uitslae: Madalynn Paulsen (Lof 84%), Shanda Whitfield (Lof 85%) en Harry Roux (Lof en Ererol 95%). Foto: Marietha Goosen

Die volgende leerders het op 17 Junie te Moorreesburg hul rooi belde in skopboks verwerf: Jana Bruwer, PG Bruwer, Sensei Moenaan May, Annika Steyn, Anriëtte Louw en Nicole Steyn. Die klub, May’s Martial Arts and Fitness Academy, is geaffilieer aan die West Coast Kickboxing, South African Kickboxing Association en twee ander Assosiasies om sodoende te verseker dat daar genoeg blootstelling, geleenthede en kompetisies, Nasionaal en Internasionaal is. Jana, Andriëtte en PG het ook deelgeneem aan ‘n kompetisie in Langebaan en het elkeen ‘n silwer medalje verower.


32

PCS hou Pajamadag

Sterilisasie Projek - Piketberg

Piketberg Christian School het die tweede kwartaal afgesluit met ‘n pajamadag en fliek kyk. Foto’s: Glynis Visser Foto’s: Beryl-Ann du Plessis

Fruit Salad For Sale

Piketberg Christian School has lovely Fruit Salad in tins for R8,00 a tin and Pear halves in tins for R7,00 a tin. Please feel welcome to come to the school to support us in buying some food tins to help us with fund raising.

Tydens ‘n gesamentlike inisiatief van Bergrivier Munisipaliteit, Bergrivier Outreach, EnviroVet en die gemeenskap, is 52 honde en katte op 19 Julie in Piketberg gesteriliseer. Die projek was hoofsaaklik gemik op troeteldiereienaars wat deernishulp ontvang of met beperkte inkomste. Werkgewers, veral plaasboere, word aangemoedig om betrokke te raak teen billike tariewe twv hulle werknemers. Drie honde is gediagnoseer met TBT (‘transmissible venereal tumor), ‘n seksueel oordraagbare tumor van een hond na ‘n ander. Die diere staan ‘n goeie kans op volkome genesing en daarom vra Bergrivier Outreach vir donasies vir behandeling by die plaaslike veearts, Dr van der Merwe. Donasies kan inbetaal word by Piketberg Dierehospitaal, Standard Bank Piketberg 085981389 takkode 050411 verwysing PAWS. Die volgende sterilisasie inisiatief word beplan vir 17 Augustus in Porterville. Kontak 082 606 5364 vir meer besonderhede.

Ds Jacobs DVD

Persone wat belangstel in ‘n DVD van Ds Johan Jacobs se afskeidspreek op 22 Januarie, kan Marian Coetzee kontak by 022-9521 613/815. Koste is R50.

Your security

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 "Moenie dat griep en verkoue jou dié Winter onderkry nie. Kom vra ons hoe om jou immuunsisteem sterk te hou."

022 913 1600 022 913 2075

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406 Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Contact for free quote.

Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Email: siphenkosip@telkomsa.net


33

PHS by Interdistrik Netbal

Man Of Match vs Gill

Lené Nelson, Janke van Schalkwyk, Jo-Marié Gal en Pamela Booys het aan die Wes-Kaap Interdistrik Netbaltoernooi op Wellington deelgeneem. Lené was deel van die 0/11-span, wat ’n 3de plek behaal het. Janke was kaptein van die 0/16-span. Jo-Marié was in die O/14-span en Pamela in die O/13-span. Foto: Sanet van Schalkwyk

Burdty Joubert is op 22 Julie by Swartland se Winterfees skole rugbytoernooi aangewys as Man of the Match in die wedstryd teen Gill Kollege van Somerset-Oos. Met 'n rustydtelling van 15-0 vir Gill, het PHS in die tweede helfte al die punte aangeteken en geseëvier met 15-24. Toni Stoops het die medaljewenners aangewys.

Reach Internasionaal

Foto: Marietha Goosen

Interskole PHS v HSP Saterdag 19 Augustus te Porterville

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Op 14 Julie is die Ritmiese Internasionale Kompetisie te Stellenbosch aangebied en Suid-Afrika het teen lande soos Japan, Egipte en Brittanje meegeding. REACH afrigter Tina Piek van Lill en gimnaste, Mílah Baard en Jade Wilson het met groot opwinding hierdie uitnodiging aanvaar en ingeskryf vir hul heel eerste internasionale kompetisie. Hulle het verdere afrigting ontvang by die "Mastercamp" die week vantevore en hulleself oor en oor bewys teen hulle intersionale meededingers. Groot was die oomblik toe die aankondigings gedoen is. Mílah Baard het ‘n eerste plek vir Level 8 O/15 behaal en ook ‘n algehele eerste plek vir Level 8 met prestasies soos Bal (2de), Tou (2de) en Vrydans (1ste). Jade Wilson het ‘n derde plek vir Level 8 O/13 behaal en ‘n vyfde plek vir Level 8 met prestasies soos Bal (2de), Tou (3de) en Vrydans (2de). Sport kampioene uit die platteland! Op die foto is Milah Baard, Rina Firui, Jade Wilson en afrigter, Haraku Morimoto. Foto: Chrisna Baard

Kontak Piet Pedro by 060 8989 619 vir Tuinwerk op Woensdae en/of Vrydae

Enige modelle: 1917 tot 2017 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com


34

PHS O/19-rugby bedank alle Borge

Sweetpakke: frutmore Winkelshoek, Gholfhemde: Oro Agri-Arend de Waal, Truie en broekies: Superspar Boland - Dean Jankielsohn, StepOutbaadjies: The Fruit Farm Group SA, StepOutbroeke: Swarmdigital - Tiaan Kotze, Togsakke: PPC, Opwarmingshemde: Piketberg Bandediens - Herman van Zyl, Sokkies: Klipfontein Boerdery en Koelkamer, Keppies: Liebco Foods, Mondskerms: Bergrivier Dental - dr Herold Truter. Foto’s: Marietha Goosen


35


36

Karin Coetzee oorhandig die geskenkbewys aan Christine Coetzee Juffrou Marili en die Graad R-klas van HoĂŤrskool Piketberg luister aandagtig na Helen terwyl sy verduidelik hoe ons brood bak. Hulle het hul besoek aan ons baie geniet!

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Aug 2017  

Die Piketberger Aug 2017  

Advertisement