__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 23 Nr. 7

www.piketberg.com

Augustus 2016

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Joos se Spoor

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

In verlede maand se Piketberger was 'n foto van twee PHS'ers met die opskrif ‘Groot en Klein by PHS’. Een van Die Piketberger se getrouste lesers, Helene Smit, het geskakel met die antwoord op die vraag wie die langman is. Al die tyd is hy 'n alombekende en stap elke dag by baie van ons verby, die meeste van die tyd met honde. Joos Engelbrecht het self die dag toevallig 'n Piketberger aangeskaf toe hy Die Burger gaan koop. Vervolg op p2...

Cindy in Top 25…p3 Lunique se droom..p4 20 Jaar Gelede...p9 Visrivier Canyon Stappers...p10 Dawida wen met hare...p12 Groete uit Nederland...p12 Huis AJL sê dankie...p14 Mandeladag...pp16, 24, 26 Madibaprojek...p28 Skolenuus...p29 Kix-Nuus...p30

Plaaslike Munisipale Verkiesing

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

3 Augustus vanaf 07:00 – 19:00 1 en 2 Augustus vanaf 08:00 – 17:00 (spesiale stemme alleenlik)

Joos Engelbrecht, die lang heelagter van 1969. Foto: Marietha Goosen

Kom stem! Dit is jou reg!

 022 913 1939  022 913 2404


2

Redaksioneel Pak lig

In aansluiting met my vorige brief oor uitpak, uitsorteer, wegooi, weggee en herwin, maak ek nog 'n wonderlike ontdekking die vakansie. Pak lig! Ek was bevoorreg om die Visrivier Canyon vir die vierde keer te stap. Oor die Vis word gereeld geskryf en die prag en omvang van dié wêreldbekende natuurverskynsel word gereeld op kamera vasgevang - gaan lees en kyk gerus. Daar’s verskeie redes waarom mense weer en weer teruggaan. Wat my elke keer fassineer is die min waarmee mens klaarkom so in die natuur onder die hemelruim en die feit dat jy klaarkom met dit wat jy ingepak het en op jou rug dra. Een van die hoogtepunte bly die oppak elke oggend - as my slaapsak terug is in my rugsak, my stapskoene aan is, my waterbottel vol is en ek die pad vat, kyk ek om en sien daar's geen teken van my wat agterbly nie - alles wat ek nodig het vir die dag se stap, is by my. Wat 'n gedagte! Die Here ken hierdie behoefte van ons om "lig te wees" reeds vir alle tye. Daarom vertel Hy vir ons dat Sy las lig is en Sy juk sag is en nooi Hy ons uit om ons pakgoed vir hom af te gee. Wat ‘n Vriend! Wat ‘n Stapmaat! Terug in Piketberg weet ek een ding: my spore lê in die Vis. Wat ‘n genade!

Liefde Marietha Redaksioneel geborg deur

Dr. Herold Truter 022 913 1630 / 022 913 2925 Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Vanaf p1... Dit was in 1969, toe Joos as 17-jarige plaasseun van Clanwilliam, matriek skryf by PHS (foto regs). Super Cilliers, 'n onderwyser, het die hele rugbyseisoen aan Joos gekarring oor 'n foto wat hy na Die Burger wou stuur. Joos, eintlik Josias, het een oggend niksvermoedend die Kasteel Seunskoshuis verlaat oppad skool toe, toe die fotograaf gereed staan met die kamera. Sy ouers het van die foto te hore gekom, en was baie ontsteld oor sy naam wat verkeerd gespel is. Sy pa was oorgehaal om self na Die Burger se kantoor in die Kaap te gaan en die saak reg te stel. Sy ma wou bel, maar ná deeglike oorweging is besluit dat die hooflyn-oproep te veel sou kos. Sy is met die eerste beste geleentheid Clanwilliam dorp toe en het 'n telegram aan Die Burger gestuur. Tot vandag toe het hulle geen reaksie gekry nie. Waar die vreemde spelling vandaan kom, weet niemand nie, vermoedelik is die inligting telefonies deurgegee en het daar 'n misverstand ontstaan. Die bynaam, Kaleb, is wel waar, en het sy ontstaan van die twee verkenners in die Bybel, Joshua en Kaleb. Joos het die bynaam saam Maties toe geneem, aangesien van die senior studente aan hom bekend was. Dis eers nadat hy Tukkies toe is, dat hy die bynaam afgeskud het. Op die foto staan Joos by twee helpers, Jakobus Sofat en Thomas Witbooi, besig met opknappingswerk. Foto: Marietha Goosen

Blatjangbottels benodig Die ACVV benodig 470g Mrs Balls blatjangbottels. Neem dit asseblief na die ACVV-kantoor.


3

Cindy in Top 25

Cindy van Heerden, PRO by Boland Superspar neem tans deel aan die Caribbean Tan Model kompetisie. Sy is tans onder die Top 25. Die wenner word in Augustus aangekondig. Bekende voormalige Mej Suid-Afrika en TVaanbieder, Cindy Nell, is op soek na ‘n Caribbean Tan model om “brand” ambassadeur sowel as nuwe gesig van die produk te wees. Daar is ‘n top 100 in SuidAfrika gekies en nou afgebring na top 25 modelle waarvan Cindy een is. Cindy was voorheen Mej Wes-Kaap, Miss Summer Heat South Africa prinses, voorbladnooi van Speed and Sound tydskrif en het ook 18 ander titels agter haar naam in die modelen skoonheidswêreld. Ons hou duimvas, Cindy. –Red. Foto’s verskaf

Tillies Teewinkel Oop elke Vrydag (08:00 - 12:00) gedurende skoolkwartale

Winter Uitverkoping

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111

Winkel  022-913 2418

* Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Riana Smit  022-942 1787

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

 022-942 1787  082 921 1977


4

Lunique Living her Dream My name is Lunique Bosman, 22 years of age currently residing in Blue Downs, Cape Town. I am an aspiring performer/entertainer. My talents are acting, singing and dancing. My main focus is acting at the moment. I completed my high school career at Piketberg High School and then I went on to study Performing Arts at Northlink College Tygerberg Campus for two years (2013-2014). Since then I have been actively pursuing a career in the entertainment industry. At the moment I am signed with Jumbo Artist Management. My journey started when I was but a mere little girl growing up in the rural town called Piketberg. Piketberg is one of those under resourced towns that don’t have much to offer where jobs are concerned. I decided from a very young age that I didn’t want to be stuck there forever. It is a beautiful town, but I wanted more from life. My love for the ARTS developed in church. I’ve always been a part of something artistic even in Primary School when I started doing eisteddfod dances. From there onwards I did spiritual dances and also sang in the youth choir in church until one day when a woman by the name of Brenda Julius Philander started her own drama group with the name of 24/29/11 which is the Book of Jeremiah, 29 v 11. That was our purpose for being. I joined the drama group and as they say the rest is history. I’ve always lived my life according to that verse in the Bible and I always refer back to it. As I believe everything happens for a reason in this life. I’ve always been one to dream bigger and to live out my dreams. I’m a bit of an explorer because I believe there’s so much out there for us to see and experience in life. I always want to learn, grow and broaden my horizons beyond what I see in front of me. Last year I decided that I want to fulfill my lifelong dream of going abroad and studying abroad. I took the steps necessary and God opened an amazing door for me. I auditioned for a partial

scholarship for the New York Film Academy and I was conditionally accepted into the Program Acting for Film. It is a one year intensive conservatory program where I will get the opportunity to work with the best in the industry and I will hone my craft. It is truly one of those moments that don’t come around twice so I intend to grab it with every fiber of my being. It is expensive to go to America in these economic conditions but it is not impossible. I love what I do and with this opportunity I will get the chance to improve myself and to be the best I can be in my field. I intend to work hard for this but I know that I can’t possibly do it alone. I need as much help as I can get and that is the purpose of my proposal. Every artist out there wants to inspire, to tell their story, to portray a message to their audiences. That is why we love what we do. We get to reach people on an emotional and psychological level; we share ourselves with the audience. We take them on a journey. That is the art. As much as I want to be successful in what I do, that isn’t the only goal. Everybody wants to be famous and yes that comes with the lifestyle but my main goal is to go back to my roots where it all started. I want to uplift my community and give hope to the younger generation struggling to find their way into the industry. I want to be the mentor that I never had, I want to help them reach their potential. Not just in my community but in other underprivileged communities as well. My start date was in September this year, but I switched the date to next year January. I did this because I realized that I would not have all the funds and documentation sorted. The Americans want to see that you have the means to live and study there and they want to see it on paper. It has been a struggle to get funds and sponsors for my studies overseas. It is quite expensive. So far I've been blessed with donations from different sources and it means a lot. My family and friends have been so supportive and they also give me the motivation that I need to keep going. The community back home and every individual pouring out their support has shown me that this is not in vain. My Church The URC, lead by Pastor Walter Philander, blessed me and two other students with donations as well. I have a huge amount of gratitude when I see people willing to help young people reach their goals and also to help uplift the community. I hope that the community will keep on supporting and uplifting young people because sometimes that is all we need. Just a helping hand and belief in us and our dreams. I plan on holding more events to raise the money. I also desperately need one or two or more sponsors to back and fund my dream.

Tuinbouklub Uitstappie Die Tuinbouklub besoek Joretha Grib op die plaas Jansekraal, distrik Citrusdal, op Woensdag 10 Augustus. Sy het in 1998 begin boer met blomme, hoofsaaklik Serruria Florida, (Blushing Brides). Ons besoek die kwekery en kyk hoe die blomme verwerk en verpak word vir uitvoer en plaaslike gebruik. Die tuinboulede vertrek die oggend vanaf die biblio-teeksaal. Indien nie-lede wil saamgaan, moet hulle asseblief vir Katinka Morrison 082 829 6918 kontak om reëlings te tref.


5


6

deur Jannie Lategan

Etiek

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar)

Vervoer vir groot vragte kan gereël word

076 538 2909 - Johan BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!

Soms plaas mens iemand op ‘n podium omdat jy ‘n soort van helde verering vir hom/haar het. Hoe genuanseerd ‘n mens ook al daarna kyk, wanneer hy/sy jou teleurstel, jou gesindheid geheel en al negatief beïnvloed word. Daar is boekdele al oor etiek geskryf. Die gewone medemenslike etiek en dan uiteraard die professionele etiek. Eintlik is dit nie iets wat ‘n mens behoort aan te leer nie, maar dit sou kenmerkend wees van jou opvoedingstyl. Dit is per slot van sake die bewustheid van reg en verkeerd en die uitlewe daarvan. Tog vind ‘n mens dat mense soms flagrante optredes en agendas het wat nie as eties korrek beskou kan word nie. Hulle kan hulle optrede selfs sonder om te blik of te bloos regverdig en goedpraat. Veral in die professionele omgewing is etiek en die uitlewing daarvan maklik opsigtelik. Die verskil is dat in die professionele omgewing is die oorskryding strafbaar deur die organisasie waarvoor jy werk en kan selfs die noodlottige gevolg hê dat daar ‘n dissiplinêre verhoor kan volg en voorts kan lei tot ontslag. Daar is soms so ‘n ongelooflike fyn lyn tussen reg en verkeerd, maar die feit is dat almal weet wat dit is. Die stryd tussen reg en verkeerd bly ‘n voortdurende spel wat volgens die reëls van die lewe gespeel moet word. Die geleentheid bly nogtans daar om reg te stel waar jy die kaart van etiek verkeerd gespeel het. Die feit is, is daar die nodige dringendheid om dit opreg en eerlik te doen.

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1916 tot 2016 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

Helmut Wokalek

(Van Aurora Steakhouse) 18/1/1945 - 30/6/2016


7

VLV NUUS

Graag verneem Piketberg VLV of daar enige persone is wat behulpsaam kan wees om ‘n brood se broodjies te help smeer. VLV beoog om die plaaslike kliniek met die TB-pasiënte by te staan met ‘n broodjie wanneer hulle van die nodige medikasie voorsien word. Indien u hiermee kan help, kontak asseblief vir Nicoline Brown by 082 477 0665. Verder beoog die VLV om op DV Donderdag, 11 Augustus vanaf 09h00 ‘n werkswinkel in die Biblioteek te hou. Ons wil ‘n paar “vroetel-voorskote” vir Alzheimer-pasiënte met ‘n verskeidenheid teksture maak. Enige persoon wat kan help is welkom om ons te kontak. Ou T-hemde gaan ook omskep word in serpe vir die koue wintersdae! Indien u met enige van hierdie versoeke behulpsaam kan wees, sal dit baie waardeer word. Belangrike Datums: VLVK-Kongres in Port Elizabeth 28 en 29 Julie Werkswinkel – 11 Augustus VLV-Algemene Vergadering 15 September (skuif een week uit as gevolg van Moorreesburg skou).

For Sale Kenwood Chef Mixer with accessories: Whisk, Dough Hook, K-beater and Glass Blender R1 000,00 Tel. 079 496 2719

Ons hou nou ook aan: Helium Balonne en Stoeltjies en Tafeltjies, met tafeldoeke, stoeloortreksels en stoelstrikke.


8


9

20 Jaar Gelede - Augustus 1996 Voorblad: Pastorie-egpaar, dr AndrĂŠ en Retha Olivier, hardloop Comrades. Nege skole in die omgewing olv Elbeth Liebenberg, verf die muur in Loopstraat. Heslene Burger, Hanli Walters, Johannie Liebenberg en Roelof le Roux van Piketberg Voortrekkerkommando, verwerf elk die Presidentverkennertoekenning. Ingrid Lestrade verwerf 'n goue medalje by die SuidAfrikaanse Judokampioenskappe in Durban. Die susters, Melanie en Sybil Eksteen, is albei gekies vir Boland Netbal. Derick Hougaard skop met sy kaalvoet die eerste afskop op King's Park tydens die Cravenweek. PHS se st. 9's toer deur die Suid-Kaap olv Pierre Steenkamp en HenriĂŤtte Loots. Die alombekende en alombeminde Wilma Mouton sterf in 'n motor ongeluk. Sersant Danie du Plessis word verplaas na Parow en sersant Johann Smuts van Parow word verplaas na Piketberg.

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075 Vir elke Bennetts produk, kry jy een inskrywing vir ons Bennetts geskenkpak kompetisie!


10

Visrivier Canyon Stappers

MADELIEFIE MAKIETIE BRING HULDE AAN DIE HARDE WERK VAN AGRI-WERKERS

Sportdag en landbouprodusente ontbyt in Matzikama

Die Piketbergers Hanlie Linde en Sonja Wend het die Visrivier gaan stap tydens die Julie skoolvakansie. Hier is hulle by die beginpunt gereed vir aksie. Beide het dit baie geniet. Dit was Hanlie se 9de suksesvolle Visrivierstap en Sonja se 3de. Agter is Johan Roux van Brackenfell, Sanet le Roux van Durbanville, Hanlie Linde en Sonja Wend van Piketberg en voor is Tommie Barnard van Bellville en Retha Roux van Brackenfell. Dankie aan 'n wonderlike groep stapvriende vir 'n wonderlike ervaring. Foto: Hanlie Linde

Die Matzikama-streek se landbousektor, en veral die agriwerkers in die streek, is vanjaar deel van die fokus van die jaarlikse Madeliefie Makietie-projek. “Madeliefie Makietie fokus op die bemagtiging en uitbreiding van alle sektore in die Matzikama omgewing en loods inisiatiewe om die sektore uit te brei. Daarom is daar vanjaar fokus op die landbousektor en veral sy werkers, met die doel om te bemagtig,” sê Cindy Schade, skakelbeampte van Madeliefie Makietie. Die Landbou Gemeenskap Ontwikkeling-organisasie (LGO) bied vanjaar ’n agriwerker-sportdag by Madeliefie Makietie aan. Dit vind op Vrydag, 30 September op die Vredendal Sportgronde plaas. Die program bestaan uit ’n motiveringspreker vir agriwerkers, gevolg deur speletjies soos domino’s, toutrek en vele ander kompetisies. Talent vanuit die omgewing sal ten toon gestel word deur middel van sang en dans. Benewens die Agriwerker-Sportdag bied die LGOorganisasie ook ’n produsente-ontbyt die dag aan, waartydens daar ’n landbou-ekonoom en ’n motiveringspreker die produsente sal toespreek. Fondse wat met die ontbyt ingesamel word, sal aangewend word vir die ontwikkeling en opheffing van Agri-werkers en hul gesinne in die Matzikama-streek. Ná afloop van die ontbyt sal produsente die geleentheid kry om die prysuitdeling van die Agriwerkers-sportdag by te woon. Om die landbou-ondervinding by die fees behoorlik af te rond, sal daar ook ’n landbou-uitstalling wees tydens die fees. Die tydskrif Veeplaas en landbouwebwerf Agriorbit.com is media-borge van die projek. Kaartjies is beskikbaar by Shoprite/Checkers en House & Home en aanlyn by Computicket. Besoek die amptelike webtuiste van die fees by www.madeliefiemakietie.co.za vir meer inligting.

7 Days on the Wall Nog ‘n paar bekendes het die afgelope vakansie die Visrivier Canyon gestap: Jani van Schoor van die Paarl, Moira Ryke van Piketberg, Chris Lourens van Brackenfell, Alfred Ryke en Jac Goosen van Piketberg, ds Jan van Schoor van Redelinghuys, Marietha en Daniel Goosen van Piketberg en Christo Lourens van Pretoria. Die kamaste om die sand uit te hou, is gemaak deur Gerda van Schoor. Foto verskaf deur Christo Lourens   

Die Piketberger se Datums vir 2016 Knip uit en bêre

Berigte/Advertensie IN 23 Augustus 20 September 18 Oktober 22 November

VERSKYN 1 September 29 September 27 Oktober 1 Desember

Advertensiekoste Volblad: R465 Halfblad: R320 Kwartblad: R215 Agsteblad: R150

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Bergrivier week van gebed, beter bekend as 7 Days on the Wall, roep elke gemeente op om vir een dag in die week vanaf Sondag 4 September tot Sondag 11 September vir 24uur in verootmoediging en gebed voor die aangesig van die Here te verkeer. Ons skop af in die onderskeie gemeentes Sondag die 4de en dan neem elke gemeente 'n beurt. Ons bid vir: Geestelike Ontwaking (Jes.62:6-7), Redding van Ongeredde Siele (Hand.15:16-17) en Sosiale Herstel (Lukas 18:7-8). Ons sluit die gebedsweek af op 11 September om 16:00 met 'n gesamentlike byeenkoms. Vir enige navrae of verdere inligting, skakel Driaan by 082 3277 475.


11

RAAI WAT !!!!

Piket Glas & Kaste doen nog steeds DIESELFDE besigheid as voorheen. * * * * * *

Ingeboude Kaste op aanvraag Alle ander houtwerk Voorsien en installeer van glas en spieëls Voorsien en installeer van blindings volgens mates Verskaf van aluminium vensters en deurrame Verskaf van hout vensters en deurrame (nie Swartland) en vele meer......

Kom loer by ons in by ons nuwe perseel vanaf

1 Augustus 2016 Loopstraat, Piketberg (Ou Van Zyl's Garage se werkswinkel) Kyk uit vir ons naambord Ingang vanaf Loopstraat

Besigheids Ure

Maandag – Donderdag 07:00 – 17:00 Vrydag 07:00 – 14:30 Saterdag 08:00 – 11:00


12

Die Hantam Vleisfees Calvinia is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is alles en almal, in en om die dorp, in rep en roer as die jaarlikse Vleisfees op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Augustus, plaasvind. Vanjaar is dit reeds die 26ste fees en die hoofdoel van die fees is om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder. Beslis ‘n hoogtepunt op die kalender. Tydens hierdie gesogte geleentheid sal besoekers die geleentheid hê om saam met familie en vriende aan al die feestelikhede deel te neem wat vanjaar op die spel is. Dit sluit onder andere top gehalte Afrikaanse kunstenaars, kosstalletjies en ’n reeks opwindende aktiwiteite in. Kunstenaars wat by die fees optree sluit onder meer Kurt Darren, Mathys Roets, Klipwerf Orkes, Christo en Cobus, Manie Jackson en Dillon Lerm in. Daar is dan ook baie aktiwiteite waaraan feesgangers kan deelneem, insluitende ’n vleiseet-kompetisie, ’n bergfietsrit, ’n sterkman-kompetisie en ’n 16km landloop-wedren. Feesgangers kan ook verskeie tentoonstellings bywoon, soos die skaapskeerdemonstrasie, rieldansers, trompoppies en ’n laservertoning. Nog ’n vertoning wat nie misgeloop moet word nie is Arno van Zyl en Boesman van Zyl se Stompe Stories wat feesgangers sal laat huil van die lag. Hierdie spesiale geleentheid word aangebied in die ou storie-vertelling tradisie van groot name soos Tolla van der Merwe. Kaartjies is slegs by die hekke beskikbaar teen R40 vir volwassenes en R10 vir kinders op Vrydag, 26 Augustus en teen R80 vir volwassenes en R40 vir kinders op Saterdag, 27 Augustus. Toegang sluit vasdans en vertonings van kunstenaars in. Besoek hul webblad vir meer inligting: www.hantamvleisfees.com

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Groete uit Nederland Elzaan Trautman skryf… "There is always a first time for everything". Hierdie maand was omtrent 'n maand van 'eerstes' vir my. 'n Au Pair van Rotterdam het 1 Julie vir my kom kuier. My familie het ons die Saterdag verras met 'n uitstappie na Tierpark Nordhorn, Duitsland. Ek het myself bederf met 'n wegbreek na Switserland van 8-10 Julie. Ek het die Vrydagmiddag vroeg 'n trein na Amsterdam gevat, waar ek ongeveer 15minute gehad het om my bus op te spoor. Ek moet sê, dit laat 'n mens sommer in rekordtyd stap as jy weet die bus ry sonder jou na Switserland. Ons het Saterdag om 8uur in Lucerne aangekom, waar ons 'n uur en 'n half gehad het om self te gaan verken. Ek het saam met 'n Au Pair van België die mooi stad gaan verken. Die Kapellbrücke en 'Lake Lucerne' was vir my die allermooiste. Om 11uur het ons by die 'Rhine Falls' aangekom. Dit is Europa se grootste waterval met 'n hoogte van 23 meter en wydte van 150 meter. Ons het 1uur die middag in 'n baie warm Zürich aangekom. Daar het ons tyd gehad om te verken tot half 11 die aand. Ek het Fraumünster, Lindenhof, Rathaus, Grossmünster en Zurich Opera gesien. Iets interessant wat ek opgemerk het: jy kan met Euro of Swiss Franc betaal, maar jou kleingeld was in Swiss Franc. Ek het vir my twee truffels gekoop vir 3.25 Swiss Franc. Dis 'n goeie idee om maar jou eie kos en water saam te vat, want alles is ongelooflik duur daar. Ek moes 5 euro betaal vir 'n klein botteltjie water - in Nederland betaal jy nie meer as 2 euro vir water nie. Ons het die Sondagoggend om 8uur in Amsterdam aangekom. Ek was baie moeg as gevolg van min slaap op die bus, maar dit was eerlikwaar alles die moeite werd en ek sou die ervaring vir niks wou verruil nie. Nog 'n eerste vir my was toe ek 17 Julie 34km gefiets het Nordhorn toe en terug. "When was the last time you did something for the first time?"

Voor die Kapellbrücke in Lucerne

Dawida Wen met Hare

Baie geluk aan Dawida Voges, regs op die foto, wat die wen haarstyl gedoen het by Dermatech Kollege in Tableview. Die tema was ‘The Star Wars Glam’. By haar is die model, Maria Haworth. Dawida is ‘n oud-PHS’er en het pas haar teoretiese deel van haar haarkappingskursus voltooi. Foto verskaf


13


14

Huis AJ Liebenberg sê dankie

Baie dankie aan Christina Engelbrecht en Martha Coetzee wat baie tyd spandeer het om al die blokkies aanmekaar te hekel wat deur die inwoners gebrei is. Nou kan ons die inwoners lekker warm hou deur die winter. Foto’s: Marie de Villiers

Huis AJ Liebenberg sê hartlik dankie aan PPC De Hoek se werknemers wat op Mandeladag 67 minute spandeer het deur geskenkpakkies van toiletware aan elke inwoner te oorhandig en lekker gekuier en gesels het - dit word opreg waardeer. Die PPC werknemers is agter Mornay Wayngaard, Michiel Maarman, Inge Faro en Shane Hartnell.

Betrekking Aangebied Huishulp benodig.

Kook, geen was en stryk. Ure 8h00 – 15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Kantore Te Huur Kantoorspasie te huur agter ou Nederberg hotel gebou. Twee ruim kamers met 'n badkamer. Geen straatfront toegang, dus nie geskik vir 'n kommersiële perseel. Kontak asb 072 288 0321.

Huis AJ Liebenberg sê baie dankie aan die Departement van Gevangenisdiens wat aan agt van ons minderbevoorregte inwoners rolstoele geskenk het. Dit is seremonieel by die Voorberg Gevangenis aan elkeen oorhandig.

Te Koop Heerlike A-graad Beesbiltong te koop R210.00 per kg, heel of gekerf, net ‘n half kg en meer. Koedoebiltong R230.00 per kg. Bees maalvleis R65.00 per kg

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Op Mandeladag het die ACVV en Huis AJ Liebenberg pannekoek gebak vir die personeel van die Kliniek. Op die foto is twee van die Tehuis se inwoners Nelie Stevens en Jos Grobbelaar en die Maatskaplike werker van die ACVV, Edna Peters, links, saam met personeellede van die Kliniek.


15 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

So vir wie gaan jy stem op 3 Augustus 2016?

Noudat ek jou aandag het, kom ek vertel jou van die belangrikste reëlings van die Plaaslike Verkiesings op 3 Augustus 2016. Natuurlik is dit elkeen van ons (persone bo 18) se grondwetlike reg om te stem en is dit net jou eie Hanlie Linde keuse vir wie jy wil stem. Jou stem is ook jou geheim en daar word in vertroulikheid gestem. Daar is 24 stemlokale in die Bergrivier Munisipale Area wat sal oop wees op 1 en 2 Augustus 2016 vir spesiale stemme (meer hieroor later) en op 3 Augustus 2016 vanaf 07:00 – 19:00 (nie 21:00 soos in vorige verkiesings nie). Vir die plaaslike munisipale verkiesing moet elke stemgeregtigde stem in die stemlokaal waar hulle geregistreer is. Indien u wil uitvind of u geregistreer is en waar, kan u u identiteitsnommer sms na 32810. U sal dan binne enkele oomblikke ‘n sms ontvang met die inligting. Op 1 en 2 Augustus 2016 vind spesiale stemdae plaas vir die persone wat reeds daarvoor aansoek gedoen het (die aansoek-tydperk het reeds gesluit) en deur die OVK goedgekeur is. 633 persone in Bergrivier is deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie gemagtig om op hierdie twee dae te stem. Van die 633 is 170 gemagtig om by 20 geaffekteerde stemlokale te stem en 463 sal deur die OVK personeel by hul huise besoek word om te stem (laasgenoemde sluit in gestremde en siek persone). Vir die tuisbesoeke sal die OVK nie afsprake vir spesifieke tye maak nie, maar enige tyd op 1 of 2 Augustus 2016 opdaag. Die rede hiervoor is dat tuisbesoeke goedgekeur is vir mense wat immobiel en bedlêend is. Die stemlokale is op 1 en 2 Augustus 2016 net oop van 08:00 – 17:00 of totdat die laaste goedgekeurde spesiale stem uitgebring is. Daar is 26310 geregistreerde kiesers in die Bergrivier Munisipale Area. Die finale lys van kandidate wat deelneem aan die verkiesing is op 1 Julie 2016 deur die OVK gepubliseer. Daar is 42 kandidate wat meeding vir vyf partye in sewe wyke en een onafhanklike kandidaat. Die politieke partye wat in ons gebied meeding in die verkiesing is in alfabetiese volgorde (en soos wat hulle verskyn op die geregistreerde OVK lys) die African National Congress (ANC), die Democratic Alliance (DA), die Economic Freedom Fighters (EFF), die Independent (Onafhanklike kandidaat) en die Vryheidsfront Plus (VF+). Wyk 4 (Piketberg) is die wyk in Bergrivier met die meeste geregistreerde kiesers naamlik 4113. Wyk 4 se stemlokaal is die Alan Boesak Gemeenskapsaal in Piketberg. Die SAPD lede is in groot getalle betrokke by die verkiesing en sal sigbaar en aanwesig wees dwarsdeur ons gebied in die verkiesingstyd. Hulle verskaf wet en orde ter ondersteuning van die OVK personeel en vir die veiligheid van ons almal. U sal drie verskillende stembriewe ontvang vanaf die OVK personeel wanneer u die stemlokaal binnegaan. Die eerste een is ‘n wit stembrief en daarop stem u vir die wykskandidaat van u keuse vir die wyk waarbinne u geregistreer is. Die tweede stembrief is geel en daarop stem u vir ‘n politieke party van u keuse vanaf die Bergrivier Proporsionele lys (al die politieke partye wat staan in Bergrivier en meeding om ‘n plek in die Munisipale Raad). Die derde stembrief is groen en daarop stem u

vir ‘n politieke party van u keuse vir die Weskus Distriksmunisipaliteit (die distriksmunisipaliteit waarbinne Bergrivier Munisipaliteit val). Die stemme sal direk na afloop van stemdag getel word deur die OVK. Daar is ook ouditeure wat aangestel word deur die OVK wat die hele proses monitor en die getelde stemme verifieer en bekragtig. Ekself is ook die Munisipale verkiesingsbeampte en sal deurnag tussen die 3de en 4de Augustus 2016 saam met die OVK werk om alles seepglad te laat verloop. Ons het baie goeie OVK beamptes in Bergrivier en ek wens vir Ellsforth Booys en sy span alles van die beste toe vir hierdie belangrike taak. Die amptelike uitslae word voor 7 Augustus 2016 verwag. In die regte het ons ‘n sêding wat lui: “elke persoon het die reg om sy/haar vuis te swaai. Maar ons almal moet onthou dat my reg om my vuis te swaai ophou waar die ander persoon se neus begin”. Kom ons benader hierdie verkiesing met groot respek en geduld met mekaar en ons maak hiervan ‘n vreedsame en respekvolle geleent-heid. In September 2016 deel ek die amptelike uitslae met julle. Hierdie is ‘n opwindende tyd! Ons nuwe raadslede word op 11 Augustus 2016 ingehuldig en sal hulle hul termyn begin wat strek vanaf 2016 – 2021. Lekker stem!

Die volgende Piketberger verskyn op 1 September 2016 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 23 Augustus 2016 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


16

PHS na AJL vir Mandeladag

Regstelling en Liebco kommentaar:

PHS se Grondslagfase maak die bejaardes van Huis AJ Liebenberg se harte bly op Mandeladag. Hulle het gediggies opgesĂŞ en vir hulle kartonne vol toiletware geneem. Foto's: Hanlie Olesen

Die Redaksie van Die Piketberger wil hulle distansieer van die berig, "Kom Ons Gesels Bewarings Bewustheid" deur Cobis Wilson, op p15 van die Julie 2016-uitgawe. Dit is nie Die Piketberger se beleid dat 'n aktuele berig gebruik word om persoonlike opinies aan die publiek voorop te stel nie of om partye in 'n swak lig te stel sonder billike geleentheid om te reageer nie. Die Redaksie gee nou die eienaar van Erf 207, Langstraat 69, nl. Liebco Vleishandelaars, die geleentheid om te reageer op die berig op p15 van die Julie 2016-uitgawe: Liebco kommentaar: Liebco verskil van Cobis Wilson se opinie oor die beskermings waardigheid van die onooglike bouval te Langstraat 69, soos deur Cobis Wilson gestel op p15 en die berig op p17 (geborg deur Boland Superspar) van die Julie 2016-uitgawe van Die Piketberger. Liebco betreur die feit dat Cobis Wilson op twee plekke in sy artikel op p15 dit nodig ag om sy eie opinie voor te doen as 'n aanhaling uit 'n erfenisverslag van Hennie Vos. Hier volg die korrekte aanhaling uit pp 51 en 52 van die Erfenisverslag van Hennie Vos: "I recommend that the best approach would be for the Dwelling to be rehabilitated as a distinctive Heritage Building of its period and that is of Local importance in Long Street. With its correct period fenestration, new floors and ceilings, and with even some interior wall demolitions if need be, it can be rehabilitated. The town will be enriched with a beautiful Piketberg dwelling and the owner will become known as one who appreciates and respects the heritage of the town. The modern rear staircase and additions can be demolished. Even the rear Outbuilding can be demolished as a sacrificial gesture. The larger space at the backyard will afford the owner more leeway in his future planning, with a good conservation architect in his employ. The rest of Erf 207 could be reconsidered for development with low-rise buildings, whether residential or commercial." Liebco ondersteun die slopings aanbeveling van die onafhanklike argitek en erfenis spesialis, Henry Aikman. Aikman stel op pp 8 en 9 van sy erfenis verslag insake Erf 207, Langstraat 69 voor: "The character of the environs of 69 Long Street is undistinguished with a mixture of modern industrial and commercial buildings and a few surviving early 20th Century residential buildings. On this basis it is difficult to see how this semi-derelict structure can confer anything to the character of the environs and should not be graded IIIC. The property is not within a proclaimed or proposed conservation area." "It is accordingly recommended that permission is granted in terms of Section 34 of the NHR Act for the total demolition of what remains of the buildings on Erf 207 Piketberg." Die Piketberger vra verskoning vir enige ongerief wat bogemelde artikels veroorsaak het. Hiermee sluit Die Piketberger enige verdere beriggewing aangaande Erf 207, Langstraat 69 af. -Red.

Stemdag Woensdag 3 Augustus


17


18

Eks PHS’er word Griekwa

Netbalbokkies in hul Rokkies

Craig Ockhuis, voorheen ’n leerder van PHS, is na slegs ses maande in die NoordKaap en verskeie rugbyproewe later, gekies om die Griekwas 0/16 rugbyspan te verteenwoordig in die Grand Khomo Toernooi, wat gehou is te Paarl vanaf 4-8 Julie 2016. Foto’s verskaf PHS se Eerste Netbalspan met hulle nuwe rokkies. Hulle het teen Augsburg Landbou gimnasium 31 - 24 gewen. Van links Anene de Jager, Janke van Schalkwyk, Elske Pieters, Melissa Beck, Thana Stephan, Anke Schreuder, Suzaan Bassett, Ané Theron, Marelize Myburgh en Hanri van Zyl. Foto: Zelmari Mostert

Interskole 20 Augustus PHS Sportgronde

VLEISMARK Troeteldier Kompetisie

Verpakte rou vleis, Tuisgemaakte wors, Afvalpotjie, Braaivleis, Poedings, Pannekoek, Allerlei, Handgemaakte Produkte, Roosterkoeke & vele meer Saterdag, 27 Augustus 2016 om 8:00 op grasperk van Huis AJ Liebenberg Vir navrae en inskrywingsvorms kontak Marie de Villiers op 022 - 913 1228


19

Kook met Quentin

Baie mense vermy sekere vrugte wanneer hul inkopies doen, maar min ken eintlik die eienskappe van sekere vrugte. As jy soek na ‘n vrug wat vele geure in jou mond agterlaat, kyk nie verder as ‘n pomelo “grapefruit” nie. ‘n Pomelo is rooi van binne en sommige bevat sade en ander nie. Daar is party wat soet is en party wat suur is. Dit is ‘n baie unieke sitrus vrug wat propvol vitamiene en minerale is. Dit is hoog in antioksidante en help met gewigsverlies. Pomelo’s kan gebruik word in slaaie, salsas of jy kan dit netso eet.

Pomelo en Avokadopeer Slaai

· Blaarslaai van u keuse (roket werk uitstekend) · Tamaties · Uie - rooi of wit · Komkommer · Pomelo - in segmente gesny · Avokadopeer in repies gesny · Pampoensade Metode In ‘n slaaibak meng die blaarslaai, tamaties, komkommer, pomelo segmente, avo en uie saam. Neem olyfolie en die sap van ’n pomelo en meng saam. Gebruik dit as

slaaisous vir die slaai. Sprinkel pampoen of sonneblom sade oor. Bedien dit saam met ‘n braai of ‘n maaltyd op sy eie. Probeer gerus hierdie detoks water vir die somer wat voorlê om ontslae te raak van alle afvalstowwe. · 1l water · Mint · 2 Pomelo’s · 1 Suurlemoen · 1 Komkommer · 2 Kaneelstokkies · 6 aarbeie -opsioneel Sny die suurlemoen en pomelo en druk die sap uit. Sny die komkommer en aarbeie in stukkies. Meng die suurlemoen en pomelosap, komkommer, aarbei, kaneelstokkies en mint saam in ‘n beker. Voeg die water by en sit in die vrieskas vir 1-2ure. Die suurlemoen en pomelo kan in wiggies ook gesny word en in die water geplaas word met die skil aan.


20

Op die rakke van die Biblioteek Vermis op Allesverloren

deur Anchien Troskie Bespreking deur Marietha Goosen Anchien Troskie is die skrywer van die gewilde boek “Dis ek, Anna” onder die skuilnaam Elbie Lotter, wat ‘n ware verhaal is oor haar lewe as gemolesteerde kind. Daarna skryf sy “Nooit is ‘n lang lang tyd”, “Die Besoeker”, “Die staat teen Anna Bruwer” wat ‘n opvolg is van “Dis ek, Anna”, en nou “Vermis op Allesverloren”. Die verhaal in breë trekke handel oor Erta, die oënskynlike heks van Allesverloren, wat vermis word. Geen misdaad word vermoed nie, maar sy is skielik uit haar huis. Sy het alles waarmee sy besig was, net so gelos. Dit lyk asof sy onderbreek is. Haar susterskind, Melinda, wat die huis met haar deel, is met reg bekommerd. Sy huur ‘n privaat speurder om die plaaslike polisie in die ondersoek te help. Niemand word in verband gebring met die vermiste Erta nie, maar sleutelfigure in die dorp het almal ‘n duidelike opinie oor Erta, soos blyk uit die gesprekke tussen Barrie, die privaat speurder en die inwoners. Die einde is verrassend, die leser bly taamlik nuuskierig en verwag nie die einde nie. Die kwessies wat aangespreek word is kleindorpse poli-

NG Kerk Lente Aand 1 September met Jak de Priester Kontak die kerkkantoor 022 913 1750 vir kaartjies

tiek, apartheid en huweliksverhoudings. Die boek speel af vanaf die laat 1930’s tot na 2010. Die verhaal speel in werklikheid af oor drie dae......vanaf die Vrydagoggend tot die Sondagoggend. Twee vertellers - Erta, die vermiste persoon en Barrie, die privaat speurder uit die stad. Erta is vermis maar tog ‘n teenwoordigheid en een wat toekyk oor die gebeure op Allesverloren. Erta vertel haar lewensverhaal met terugflitse en lewer kommentaar op die soektog. Wanneer Barrie aan die woord is, is dit in die hede en word die tydlyn van Vrydagoggend tot Sondagoggend kronologies gevolg met af en toe grepe uit sy verlede. Erta is, hoewel sy vermis word, ‘n alomteenwoordigheid in die boek, hoewel sy nooit teenwoordig is nie - behalwe as verteller. Sy is tegelyk ‘n toeskouer van alle gebeure, maar ook die een waaroor almal, insluitend die leser, wonder. Deur haar gedagtegang word haar kindertyd en hele lewe blootgestel. Hier en daar is dit verwarrend, maar dit verg net kophou om die jong Erta en die bejaarde Erta uit mekaar te hou – daarmee saam die kennisse van haar kleintyd wat ook nou bejaardes is op Allesverloren. Die titel “Vermis op Allesverloren” dui op die “verlore” en “vermis” wees van “alles” van baie karakters – nie net van Erta nie.

Leeskring

Die volgende boekbespreking is: Rewolusie van die Hart 17 Augustus deur Adriana Falling

Leipoldt Kuier op Leipoldtville 6 Augustus


21

Tops en Tags Jong vrywilligers by Badisa, soos Calvin op die foto, het gedurende die vakansie bygedra tot die rolstoelprojek deur plastiese bottelproppies 'tops en tags' op te tel, en skoon te maak. 4,3kg is op dié manier bymekaar gemaak. Die getroue Victor het weer 15kg opgetel. Byna 20kg kan nou by die bestaande 39kg gevoeg word. Lesers word steeds aangemoedig om alle plastiese doppies en broodtags af te gee by die biblioteek of die kerkkantoor of om Teresa van Niekerk te kontak by 083 539 5048. Seun Kitshoff het ook ‘n bydrae gemaak met 2kg tops en 750g tags.

Tops en Tags

Versamel asseblief alle plastiekdoppies van sap- en melkhouers asook broodtags vir ‘n rolstoelprojek. Kontak Teresa van Niekerk 083 539 5048

Ansie’s Homeshed Oop Vrydae en Saterdae

Boerbeskuit Anysbeskuit Gesondheidsbeskuit Verskeidenheid klein koekies Verskeidenheid konfyte Sop en broodjie Jaffles

R25-R40 R25-R40 R25-R40 R20 R30-R65 R5-R10 R12

Geroosterde ontbyttoebroodjie

R20

Pannekoek

R5

(kerriemaalvleis en groente/hoender mayonnaise) (2 gebakte eiers, 2 repies spekvleis, tamatie)

Handwerk - drasakke, omgehekelde waslappe ens

Alles is tuisgemaak Wees verseker van hoogste gehalte en ruim porsies.

U vra, Ansie voorsien! Plaas bestellings by Ansie Maré 084 205 7900 of per e-pos mare.ansie@gmail.com


22

Clare in My Fair Lady

Volgens Die Burger wys die visuele kunstenaar, Clare Menck, haar talent as sangeres in die musiekblyspel, My Fair Lady. Die blyspel is nog tot 7 Augustus in die Kunstekaap teater.

Your security

Siphenkosi

Our priority

Your security Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406

Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Phone: 022 913 1128 Cell: 076 321 5434

Contact for free quote.

Email: siphenkosip@telkomsa.net

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

Ons het verlede maand die vraag geantwoord: Is God goed of is Hy sleg? Die basiese gevolgtrekking wat ons gemaak het, is van Johannes 10:10 wat sê: “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.” Dit is die duiwel se plan om slegs te steel, te slag en te verwoes. Hierdie is nie die eienskappe of planne van God nie. God is nie die bron van jou probleme, siekte, depressie, ongelukkigheid, of swaarkry nie. Jesus het gekom om vir ons lewe te gee en dit in oorvloed. Satan saai dood, maar God gee lewe. Hierdie is dalk ‘n vraag waarmee jy worstel en ek wil jou graag help om dit te beantwoord: “Laat God siekte of slegte goed in my lewe toe om my iets te leer? Hoekom het daar dan soveel goeie goed uit my slegte en pynlike situasies gekom?” Soos bo genoem is God nie die bron van enige sleg in jou lewe nie. Dink vir ’n oomblik daaraan. Hoekom sal God jou kanker gee om jou iets te leer? Dit is baie wreed. Sou jy jou kind kanker gee sodat hy kan leer om sy lewe meer te waardeer? Ek hoop nie so nie, want dit is ontstellend. Jesaja 53:3-5 sê baie duidelik dat Jesus aan die kruis kom sterf het vir ons ongeregtighede en ons siektes. Hoekom sal God dan siekte in ons lewe “toelaat” as Hy reeds die prys daarvoor betaal het – Sy eie seun daarvoor gegee het? Dit maak net nie sin nie. 2 Timotheus 3:16-17 sê: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” God se Woord is gegee om ons tereg te wys en ons onderwys te gee. Hy gaan jou nie probeer teregwys deur fisiese mishandeling of traumatiese ervaringe nie. God het reeds al die straf vir jou sonde op Jesus gesit sodat die straf afgehandel kan wees. Daar is vrede tussen jou en God (Rom 5:1; Jes. 53:5). Gaan lees gerus die hele Jesaja 53. Is daar gevolge vir ons aksies in hierdie wêreld? Verseker. As jy moord pleeg, gaan jy tronk toe. God keer nie die daad goed nie, maar bly lief vir jou en het jou reeds vergewe al het jy moord gepleeg. Sy vergifnis is vir almal beskikbaar. Dis ons eie keuses en aksies, die duiwel se slinksheid, of partykeer ‘n ander party se onverantwoordelikheid wat ons lewe negatief beïnvloed en seer veroorsaak. Romeine 8:28 sê: “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.” Hierdie vers sê nie dat God die oorsaak van jou probleme is nie, maar dat Hy elke situasie sal omdraai vir goed as jy Hom liefhet en volgens Sy plan geroep is. Die mooi daarvan is dat jy in elke moeilike of slegte situasie iets kan leer en vorentoe kan gaan, al het die duiwel net sleg daarmee bedoel. God kan ’n slegte situasie só omdraai vir goed dat jy nie kan help om te dink of God nie dalk die bron daarvan was nie. Hy is nie die bron daarvan nie. Hy is die Omdraaier daarvan! Jý het ‘n goeie God en Vader. “Wat van Job?” en “Hoekom is daar ‘n verskil tussen die ou en nuwe Testament se handelinge?” Ek beantwoord graag hierdie vrae in die volgende Piketberger uitgawes. Verdere studie: Johannes 8:44; Jakobus 1:13-14; 1 Johannes 4:7-9; Galasiërs 3:13; Handelinge 10:38 (Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem)


23

Witvoet slaap nie meer koud Anna Lambrechts en Shirley Isaacs saam met Witvoet, die hondjie wat agt kleintjies gehad het. Hierdie twee dames was so gaaf om haar sterilisasie te borg en het betaal vir haar nuwe hok wat sal sorg dat sy nooit weer koud hoef te slaap nie. Foto: Katinka Morrison

Piket-Bo-Berg Farmers Market Kruistementvlei Saturday 30 July

Interskole vs Saterdag 20 Augustus Hoërskool Piketberg Sportgronde Kom ondersteun die spanne

PIKETBERG CHRISTEN SKOOL

AANSOEKE VIR 2017 NOU OOP OP AFSPRAAK APPLICATIONS OPEN PER APPOINTMENT Na baie navraag en belangstelling vanuit gemeenskap, het Piketberg Christen Skool besluit om Afrikaans asook die CAPS kurrikulum (Nasionale Kurrikulum) te integreer vanaf 2017. Ons beoog om die volgende klasse in dubbelmedium aan te bied: Voorskool/Pre-School: Graad/Grade R: Grade/Grades 1-3: Grade/Grades 4-7:

3 – 5 jaar/years dubbelmedium/dual medium CAPS dubbelmedium/dual medium CAPS dubbelmedium/dual medium CAPS dubbelmedium/dual medium

Om ‘n afspraak te maak in 3e kwartaal/ To set up an appointment in 3rd term:

Kontak asb die kantoor/please contact the school office: 08h00 - 13h00 T:022 913 1886 E: piketbergcs@gmail.com**


24

67 minute vir Mandela

Piketko se 67minute bydrae tot Mandeladag vieringe is te voet gedoen. Onder leiding van Riaan Swanepoel, bestuurder, het die personeel vanaf Piketko tot by die R44 Porterville pad met sakke gestap en alle rommel en vullis opgetel. Ongelooflik dat daar in ongeveer 500m so ‘n groot hoop rommel in ons natuur rondlê. Foto: Romeo Gallant

Piketko het ook aan ses plaaslike créches (bewaarskole) en aan Huis AJ Liebenberg appels geskenk vir die kinders en bejaardes. Foto’s verskaf

Kix leiers het hulle 67 minute gebruik om herbruikbare materiaalsakkies te vul met lekkergoed vir die personeel van Huis AJ Liebenberg. Saam met die Kix leiers op die foto is Verpleegsters R Philander en E Adams en voor sit Suster S Phillips. Foto: Marietha Goosen


25

Uitrol van die Berg-Olifants Waterbestuursgebied Validasie en Verifikasie Projek

Die Validasie en Verifikasie (V&V) Projek om bestaande wettige watergebruike te bepaal, is in Maart 2016 deur die Departement van Water en Sanitasie (DWS) in die BergOlifants Waterbestuursgebied in die Wes-Kaap bekendgestel en van stapel gestuur. Volgens Me Ashia Petersen, Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte Berg Olifants Proto-CMA, is Validasie en Verifikasie ‘n landswye projek om die wettigheid van watergebruik te bepaal. Sedert die Nasionale Waterwet (NWW) (1998, no. 36) geïmplementeer is, is alle watergebruikers versoek om hulle watergebruik te registreer om DWS by te staan ten einde inligting ten opsigte van landswye watergebruik te versamel. Die proses alleen kan egter nie in die toekoms van gesonde waterbestuur verseker nie - die registrasie van water is slegs die begin hiervan. DWS is tans besig om te versker dat watergebruikers se kontakinligting korrek is, en dat alle watergebruik veilig is. Onwettige watergebruik bedreig die billike verdeling en volhoubare bestuur van ons waterbronne. Registrasie van water is nie ‘n waarborg dat die registrasie korrek en/of wettig is nie. Daarom versoek DWS alle watergebruikers se ondersteuning om inligting ten opsigte van geregistreerde watergebruik te kontroleer en te sertifiseer deur middel van die verifikasie proses, volgens Petersen. Die V&V proses bestaan uit twee stappe:  Validering is die tegniese proses (met behulp van sekere prosedures, stelsels en data) waartydens die hoeveelheid water wat elke gebruiker tydens die kwalifiserende periode vir besproeiing gebruik het, bepaal en bevestig word;  Die Verifikasie proses wettig en sertifiseer die huidige wettige watergebruik (ELU - Existing Lawful Use). Gegewe die huidige uitdagings in waterbestuur wat die land ondervind, sal validasie en verifikasie help met die uitskakeling van onwettige gebruik van water en potensieel beskikbare water vir nuwe water toekennings moontlik maak sonder om huidige watergebruikers se toekennings te verminder.

Die voordele wat voortspruit uit hierdie opname sluit die volgende in: Gemoedsrus dat bestaande watergebruik wettig is.  Bewys van wettige watergebruik vir verskeie transaksies, bv. Verandering in eienaarskap (eiendomsoordragte), asook bankfinansiering en kontraktuele onderhandelinge met kliënte.  Bystand in die begrip van die verband tussen die werklike watergebruik en rekeninge ontvang vir waterbestuurheffings.  Vesekering dat watergebruikers stroomaf nie onwettig die waterbron uitput nie.  Die vestiging en instandhouding van verbeterde kanale vir kommunikasie met waterbestuursinstellings. As deel van die bepaling van wettige watergebruik, is die DWS tans, in terme van Artikel 35 van die Nasionale Waterwet, besig met die proses van die bevestiging en die verifikasie van die volgende waterverbruike in die prioriteit opvanggebiede: onttrekking van water, berging van water (word beskou as twee afsonderlike watergebruike) sowel as stroomvloeiverminderingsaktiwiteite, kommersiële bosbou). Die Nasionale Waterwet bepaal dat alle water wat in die tydperk Oktober 1997 tot Oktober 1999 voor die implementering van die Nasionale Waterwet gebruik is, as bestaande wettige watergebruik geag word. Aandag sal ook gegee word aan huidige watergebruik en of enige toename in waterverbruik sedert die kwalifiserende tydperk gemagtig is. Opedagvergaderings Huidige watergebruikers sal genooi word om spesifieke opedagvergaderings by te woon waar die proses deeglik verduidelik sal word. Voor die opedagvergaderings sal elke watergebruiker ‘n brief ten opsigte van hul watergebruik ontvang. Hulle sal ‘n geleentheid kry om aanpassings met motiverings te maak en om formeel aansoek te doen vir die bevestiging van hul watergebruik. Die opedagvergaderings word gehou om die inligting te verfyn en om addisionele inligting van watergebruikers te verkry. Die datum van die opedagvergaderings sal in die brief aan die watergebruiker bevestig word en sal ook wyd geadverteer word. Uitgereik deur die Departement van Water en Sanitasie. Vir meer inligting oor VV kontak Derril Daniels op danielsd@dws.gov.za of 021 941 6189


26

Munisipaliteit plant bome by Mandelapark Bergrivier Munisipaliteit het op 18 Julie (Madibadag) bome geplant by Mandelapark in Riemvasmaak, Piketberg. Hierdie park is in 2013 geskep tydens Madibadag en die plan vir die park is geteken deur Cobis Wilson. Deur die jare het Bergrivier Munisipaliteit bome aangeplant, paadjies gemaak, ligte ingesit en kunswerke geskep om die groen strook ‘n aangename plek te maak vir groot en klein om in te ontspan. Ons is baie dankbaar teenoor Solly Kayster en sy span wat die park vir die Munisipaliteit in stand hou. Daar is ook ‘n parkkomitee wat bestaan uit omliggende eienaars wat sorg dat niemand die park misbruik of rommelstrooi nie. Ons nooi die hele Piketberg om te kom kyk wat gedoen kan word as gemeenskappe saamwerk. Dis voorwaar ‘n plek om op trots te wees. Madiba sou hieroor geglimlag het. Berig en foto’s: Hanlie Linde

Raadsheer Riaan de Vries en die Munisipale Bestuurder Hanlie Linde, sit ook handjie by en help die gemeenskap om bome te plant in Mandelapark.

‘n Groep raadslede en amptenare van Bergrivier Munisipaliteit het saam met ‘n groep gemeenskapslede bome geplant in Mandelapark by Riemvasmaak. Kyk hoe werk Oom Hansie Viool nog (met die hoed op) terwyl die res al sit.

Die Onder Burgemeester, Rdl Sandra Crafford doen ook haar deel vir Madibadag, saam met lede van die publiek in Piketberg se Mandelapark.

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276


27


28

Madibadag 2016 deur Pieter G. Bruwer Ons graad 7-klas by PHS het ‘n LWO-taak ontvang vir Madibadag met die doel dat ons iewers in ons gemeenskap ‘n verskil moet gaan maak en ten minste 67 minute daaraan moet spandeer. Nelson Mandela se lewensverhaal dien as ‘n inspirasie vir my. Sy liefde vir kinders en die feit dat hy kinders wou bemagtig om vir hul ‘n beter toekoms te verseker, het my fokuspunt dienslewering aan kinders in die gemeenskap gemaak. Nelson Mandela het self gesê: “Our children are our greatest treasure. They are our future.” Mag ek sy lewe vereer deur my dienslewering op Madibadag 2016 en opbou aan ons jeug se toekoms! Ek het besluit dat ek graag my oerwoud kunswerk teen my kamermuur wil skenk vir ‘n créche waar dit ‘n verskil kan maak en sodoende ‘n kreatiewe speel- en leerarea kan skep vir kinders. Tydens ‘n besoek aan Pomona Plaas te Piket-Bo-Berg het ek die eienaars, die Duncans, genader en gevra of ek die créche se speelkamer mag restoureer en verbeter deur dit uit te verf en my oerwoud te installeer. Die Duncans het nie eers twee keer gedink nie en was al te gretig om vir my ‘n sleutel vir die créche te gee. My dienslewering deur Pomona créche se voorskoolse plaaskinders te verryk met ‘n nuwe speel- en leerarea waar hul kreatief nuwe vaaardighede kan aanleer, glo ek sal ‘n verskil maak in elke kind se lewe. Tydens ons speelmiddag was die verskil reeds sigbaar op die stralende gesiggies. Die juffrou, Me. Lee-Ann Baron, was baie entoesiasties om die nuwe speelarea te benut. Sy glo dat haar voorskoolse leerders met nuwe inspirasie nuwe vaardighede gaan wil aanleer en dit sal ‘n verskil in hulle gemeenskappie maak. Ek kan dankbaar getuig dat my gesin my heelhartig ondersteun het en ons het kosbare gesinstyd deurgebring tydens die gewerskaf aan die projek. Selfs ons getroue tuinman, Cliffie Jagers het ingespring en gehelp, want hy wou ook ‘n verskil maak. My vriend, Henri van der Westhuizen het ook ‘n verfkwas kom gryp. Ek wil ook opreg dankie sê aan Oom Jacques Lambrechts wat sy bakkie vir ons geleen het om die kunswerk veilig te vervoer. Dit was ‘n ware spanpoging wat my wildste drome oortref het van wat die impak in daardie kinders se lewens sou wees. Hierdie taak was die grootste ding wat ek al ooit vir die gemeenskap van Piketberg gedoen het. Dit was vir my ‘n groot ervaring om ‘n verskil in die lewens van die klein kinders van Pomona créche te maak. Ek was skoon emosioneel gewees toe ek hul opgewonde gesigte sien. Die een meisie het tot vir my ‘n drukkie gegee en dankie gesê vir haar nuwe créche. Ek voel dat Madibadag-projekte, soos hierdie een, meer gedoen moet word per jaar in ons gemeenskap en dat dit die lewens van baie meer mense kan opkikker as dit meer gedoen word, want dit het die potensiaal daarvoor. Die Madibadag-projek vir graad 7’s moet defnitief ‘n jaarlikse instelling word. Ek sal nooit hierdie wonderlike geleentheid vergeet nie. Juffrou Marlien, dankie dat Juffrou dit vir my en die res van die klas moontlik gemaak het! Foto’s verskaf deur Ilse Bruwer

Die Bruwer gesin het Pieter die vakansie ondersteun met sy graad 7 LWO-taak, Madibadag projek. Ma Ilse sê: “Dit was ’n fantastiese drie dae in ons lewe...ons het Pomona se créche gerestoureer met nuwe verf en Pieter het sy kamer se oerwoud kunswerk soontoe geskuif. Dit was so fantasties om te sien hoe opgewonde die kinders was met al die "nuwe" speelgoed wat hulle geërf het by ons kroos. Juffrou Lee Anne Baron en die kinders is so gelukkig. Lee Anne het in die créche grootgeword en is baie lief vir haar créche kinders.”

Pieter Bruwer, heelregs saam met sy “helpers”, van links Henri van der Westhuizen, Lise Bruwer, Cliffie Jagers, Annette en Ilse Bruwer.


29

UNISA Musiek Uitslae

Die volgende praguitslae is behaal deur Alison Müller se musiekleerders: Shanda Whitfield Teorie Gr 4 78% Eervolle vermelding, Merit; Harry Roux Teorie Gr 4 98% Lof en Ererol en Levona Roberts Prakties Gr 6 80% Lof en Teorie Gr 5 74% Eervolle vermelding. Foto: Lindie Jordaan

PHS leerders by ATKV Jeugberaad

Annetia Calitz, Jac Goosen, Lain-Mari van den Heever, Chris Lausberg en Glenda Dietrich het die ATKV-Jeugberaad by Worcester (Goudini) vanaf 27-30 Junie bygewoon. Foto: Marietha Goosen Harry Roux, derde van links, woon die Jeugberaad in Bela-Bela (Klein-Kariba) by vanaf 11-14 Julie. Hier is Harry saam met Gauteng maats.

Steynville Primêr se Proefstudente

Foto verskaf

Nuwe Onnie by PHS Hierdie studente doen hul prakties by Steynville Primêr: Lee Solomons, Lizé-Mari Carstens, Lenecia Jantjies, Veresia van Wyk, Sandy Smith, Liezl Dietrich en Lucille van Louw. Foto: Elzanne Boshoff

Badisa bedank elkeen wat behulpsaam was met die Snoek– en Patatfees.

Jurgens van Onselen is die nuwe Geografie onderwyser vir die res van die jaar by PHS. Hy is in Heino Warnich se plek wat 'n Departementele pos in Robertson beklee. Foto: Lindie Jordaan

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


30

4th Graduation Highlights Kix het ‘n paar jaar gelede aan die projek “Malingunde Maats” gewerk. Geld is ingesamel om kleuterskole in Malingunde Malawi te vestig en ook toe te rus. Hier is terugvoering van een van die kleuterskole.


31

BO: Anandri Pretorius en Cindy van Heerden (PRO Boland SUPERSPAR) Boland SUPERSPAR het ‘n ‘Angry Birds’ tekenprentjie kompetisie gehou en was oorval met die mees kunstige prentjies nog. Baie dankie aan elkeen wat moeite gedoen het. Almal se prentjies was verskriklik mooi. Bo is die wenners van elke kategorie wat hul geskenkies ontvang. Ouderdomsgroep 4 - 6 jaar het ‘n SPAR SQUILLOS geskenkpak ontvang en die ander twee kategorieë, Pioneer Food geskenkpakke sowel as SPAR SQUILLOS geskenkpakke.

Boland SUPERSPAR het ‘n E-learning program wat al die personeellede moet voltooi. Elke personeellid moet die Modules van voedselveiligheid en kliëntediens voltooi voor hulle kan begin met hul indiensneming. Die doel van hierdie opleiding is om te verseker dat onverbeterlike kliëntediens verskaf word, dat produkte op die regte manier vertoon en verpak word en dat voedselveiligheid maatreëls toegepas word. BO: Van links is Christell Methews, Johanna van Wyk en Annique van Rooy met hulle sertifikate van prestasie.


32

Op ‘n ysige koue nat winters Vrydagoggend 15 Julie 2016, het Boland SUPERSPAR doughnuts vir die kinders gaan uitdeel wat die roeiers elke jaar verwelkom sowel as vir die toeskouers wat van vroeg môre af in die reën staan en wag het vir die roeiers om verby te kom! Toewyding op sy beste!

Dit is alweer ‘terug hok’ (skool) toe vir die kinders en Ray van Rooy het nog ‘n haarsny dag gehad waarby Boland SUPERSPAR ‘n bydrae gelewer het. ONDER: Marko Smith (Fruit & Veg Boland SUPERSPAR) oorhandig die produkte aan Ray van Rooy.

BO: Marlene Visagie (Boland SUPERSPAR), Fransiena Cooper en Charlene Fortuin (Boland SUPERSPAR) VGK het ‘n ete vir die bejaardes van die gemeente gehou. Boland SUPERSPAR het produkte bygedra vir die geleentheid. Produkte het ingesluit van maalvleis tot pap. Ons is verseker die gemeente het dit geniet.

Profile for Piketberg Tourism

7 die piketberger aug 2016  

7 die piketberger aug 2016  

Advertisement