Page 1

1

Jaargang 22 Nr. 6

www.piketberg.com

Julie 2015

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Koorlede terug na VSA

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Hendriena Haal 100...p3 Skaapkop Ete...p5 Jacques Wiggins...p5 Hannes en Nadine...p6 VLV-Nuus...p10 Bergrivier Kano Marathon...pp16,17 Pa en Dogter Dans...p19 SAP by Trippe Trappe...p23 Drie van PHS na Duitsland...p24 Jeugorkes wen...p25 Janke Kapteine...p25 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

Margaret Julius, Karin Boshoff, Retha van Deventer, Elizabeth Paulsen, Alison Müller en agter, Sherlock Fortuin. Foto: Piet Boshoff Die Bergrivierkoor is baie trots op lede van die koor se sopraanensemble Margaret Julius, Karin Boshoff, Retha van Deventer en Elizabeth Paulsen sowel die koorafrigters Alison Müller en Sherlock Fortuin, asook die Stellenbosse orrelis en gasbegeleier Arno Jones, wat uitgenooi is om in September vanjaar terug te keer na die VSA vir ’n reeks konserte. Wie kon ooit

raai dat die koor se suksesvolle konsertreekse in Desember 2014 sò ’n blywende impak op die Amerikaanse gehore sou laat, dat hulle na nog meer luistergenot van musiek uit Suid-Afrikaanse bodem sou smag en versoek. Die immerbeminde lied, “Sweef soos ’n Arend”, is maar net een uittreksel uit die vervolg op p3...

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

 022 913 1939  022 913 2404

Collect your Rewards card in store


2

Redaksioneel Vroue met Vreemde Vanne

Ek het 'n ding met name. Dis vir my belangrik om mense se name te onthou en reg te spel. Ek luister vir Joshua na die Reën op RSG en niemand hou met hom 'n onderhoud sonder om hom uit te vra oor sy naam nie. Op Albertinia het grootmense, veral tannies, in my kleintyd nogal vreemde vanne gehad. "Anna Jan" maak klere, "Annie Willie" bak brood, "Hanna Nic" bak pasteie, "Helmien Samp" bak vrugtekoeke.......en so is daar Martie Badie, Emmie Karel, Souf Dries, Bettie Gert, Ina Tok, Ina Gert, Annie Frank, Maggie Jôn, Anna Hans, Hannie Ockert en Martha Piet. Eintlik was dit niks vreemd nie, almal het geweet van wie jy praat - miskien was dit 'n manier om al die Annas, Annies, Hannas en Hannies te onderskei.....of om al die Cronje's, Oosthuizens en Van Zyls uit mekaar te hou. Ek wonder hoe sal dit vandag klink? Marina Gawie, Vanessa Lucien, Alda Gideon, Nadine Arend, Zelda Dirk, Adene Riaan, Coreen Cecil wil net nie werk nie....en tog val Lena Paul, Corene Wolfie en Annatjie Pierre goed op die oor. Hoe werk dit vir jou?

Liefde Marietha

Briewe van ons lesers...op Sannie van Schalkwyk skryf… Dankie!! Soveel gelukkige jare in Piketberg deurgebring...ook “ingeteken” op Die Piketberger toe ons in Meyerton gewoon het. Nou in die pensioendae moet ek drasties minder maak. Ek kry maar swaar om my Piketberger koerantjies weg te gooi. Maar kyk hoe geseënd is ek nou om weer op hierdie metode my koerantjie te kan lees. (Sannie lees Die Piketberger op die internet).

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796

Verweer

Ek kan nie by die Karasburg-afdraai in die suide van Namibië verby ry sonder om aan my pa te dink nie. Hy was versot op die Groot Karasberge, met ‘n heimwee om sy mond waaroor ek vandag steeds wonder. En ek weet nie waarom ek hom nooit gevra het wat dié berge vir hom mooier maak as al die ander bergreekse in Namibië nie. Om die eerste kampvuur in Etosha in April lig ek my glas Pinotage Merlot op my pa se liefde vir die Karasberge en veral op die dag in my onthoue toe hy my verweer was. Ek was twaalf en juffrou Taljaard het voor al die kinders in die studiesaal my tot die ongedissiplineerdste kind in die destydse Suidwes-Afrika verklaar. Ek kan nie onthou wat ek gedoen het nie, seker gelag of gepraat of ‘n gefokusde kind langs my uit haar studies gehou. Haar frustrasie met my het waarskynlik meriete gedra, maar haar oë het die middag vir my na warm as laat voel. Haar woorde het nog in die lug gehang toe Mara met haar twee ongelooflike dik vlegsels vir my en my suster kom roep vir telefoon. Dit was my pa. Sy stem het my damwalle laat breek. Ek kon nie ‘n woord uitkry nie. “Gee die telefoon vir Christa,” het hy gesê. Ek het op die grys teëls met my arms om my knieë gaan sit en deur die trane geluister hoe sy hom vertel van my en die juffrou. En toe het ek my gesig gaan was. Ek het later die middag ‘n granaat in oom Ziggi Weich se erf langs die sportveld gepluk toe ons netbal-natgesweet terugstap koshuis toe en die rooi-rooi pitte op die muurtjie agter die waskamer gaan eet. Toe het ek beter gevoel maar steeds erg na ons huis en die veiligheid van my ma se oë verlang. Die son het net-net oor die kameeldorings en wag-‘nbietjies na die onderdorp begin trek toe my pa se blou David Kramer-volksiebus voor die koshuis stilgehou het. 169 kilometer grondpad uit Damaraland. Vir my en namens my en in my verweer. Ek sal hom altyd daarvoor liefhê. En ek sal bly verlang. My jongste kom met die wind ingewaai en kom lê op die mat voor die kaggel wat ek pas teen die koue aangesteek het. Haar wange verklap die winter en haar onskuld. “Gaan haal vir Huppelkind en Stories van Rivierplaas,” sê ek. “Huppel se oupa is slim,” sê sy en kruip onder my arm in. “Jou oupa Harry was ook slim. En jou oupa sou tog te mal gewees het oor jou.” Sy lag. Buite val die eerste Swartlandreën. En Huppel en sy maats word op hierdie Dinsdagaand ons twee se verweer teen die lewe wat skielik, op sewe, propvol kompetisie en verwagting en woordsomme geword het. Berenice Scheepers

Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

of sms 079 496 2719

Marietha Goosen

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Klavierstemmer

Barbie Breunissen

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276


3

Hendriena Haal Honderd

Augusta nog 'n trappie hoër Juffrou Augusta de Wee van Trippe Trappe Kleuterskool op Piketberg, het pas haar Vlak 5 in Vroeë Kind Ontwikkeling geslaag. Nadat sy haar kursus vir drie en 'n half jaar aan die Citrusdalse Kollege geloop het, is sy nou gekwalifiseer as 'n volwaardige Graad R-juffrou. Augusta, oudleerder van Steynville Sekondêre Skool, het planne om die trappies verder te klim na B Ed. (Hierdie meer volledige berig is vir die webweergawe aangepas.)

Hendriena Claasen vier haar 100ste verjaarsdag. 'n Feestelikheid is gereël deur die Nuwe Apostoliese Gemeente op Piketberg, toe hulle oudste lidmaat op 12 Junie 100 jaar geword het. Hendriena Claasen is vir die afgelope drie maande 'n inwoner van Huis AJ Liebenberg en het tot so onlangs as verlede jaar, op 99, haar eie konfyt gekook. Haar familie skryf haar goeie kondisie toe aan genoeg oefening, harde werk, skoon lug, gesonde eetgewoontes en 'n gesonde leefstyl. Hendriena, saam met haar wewenaarman, Paul Claasen en hulle nege kinders - sy het twee dogters gehad en hy twee seuns en vyf dogters, toe hulle getroud is - het gewoon by die drupkelders bokant Piketberg dorp, waar eens huise was. Daar het hulle hulle eie groentetuin gehad, hulle eie slaggoed aangehou en vandaar ver gestap elke dag om by die werk te kom. Hendriena het saam met haar man by Gert Burger se winkel gewerk - hy as slagter en sy as bakker. Later was sy 'n skoonmaker by Anderson Prokureur. Voor haar aftrede was sy 'n werknemer by Huis AJ Liebenberg se was- en strykkamer. Paul is in 1971 oorlede. Namens al die Piketbergers wens ons vir tannie Hendriena 'n mooi lewensjaar toe -Red. Hendriena Claasen op haar 100ste verjaarsdag saam met Distriks Evangelis Cedric Sassman en Priester August Schaffer van die Nuwe Apostoliese Gemeente. Foto's: Dave Ferguson

Augusta de Wee Foto: Marietha Goosen

Vervolg van p1... repertoire wat spesiaal aangevra is deur gehoorlede in Boston en New Hampshire. Die groep gaan onder meer tyd in New York en Cape Cod Bay deurbring en met hul terugkoms Parys in Frankryk besoek. In ’n volgende uitgawe van Die Piketberger sal meer breedvoerige inligting volg oor die projek vir September. Ons vra die publiek se heelhartige ondersteuning met die fondsinsamelingspogings van hierdie lede. Namens ons dorp en streek wens ons hierdie groep talentvolle en passievolle musikale ambassadeurs alle sterkte toe met die veeleisende voorbereidingswerk en instudering van musiek en tekste vir September.


4


5

Kwagga Jag en Avontuur hou Skaapkop Ete

Berig deur André Kennedy Na ‘n paar jaar wat hierdie gesogte tradisie van skaapkop ete erg afgeskeep is in Piketberg, het Kwagga Jag en Avontuur weer lewe daarin geblaas. ‘n Ete is aangebied op 10 Junie by Pot Belly, ‘n plaaslike familie restaurant. Met die vergunning en bereidwilligheid van die eienaars, Pierre en Anzel Coetzer is die skaapkop ete deur hulle voorberei en heerlik gedoen. Vyf en twintig kaartjies is verkoop en die manne het dit baie geniet. In ag genome dat dit nie maklik is om soveel skaapkoppe gelyktydig reg gaar te maak en warm aan te bied nie, was dit ‘n uitdaging met hulle eerste keer. Ten spyte van beurtkrag gedurende die aand het alles glad verloop en was dit uit die boonste rakke. ’n Volgende ete word beplan vir Augustus 2015. Hierdie keer sal die dames ook toegang geniet en word dit beplan ten bate van Huis AJ Liebenberg. Spesiale dank aan Nellis Louw vir sy harde werk agter die skerms en die eienaars van Pot Belly. Ons maak weer so!

Wiggins Stalle se Jacques ESSASA afrigter Jacques Wiggins, oud PHS’er, is tydens ‘n gala geleentheid einde April 2015 te Bloemfontein, gekies as die afrigter van ESSASA (Equestrian Saddle Seat Association of South Africa) Protea Ruiterkunsspan wat in Julie in Orlando, VSA gaan deelneem. Hy was ook vroeër afrigter van ‘n Wêreld uitnodigingspan wat deelgeneem het in Suid-Afrika en het ook al verskeie Protea ruiters opgelewer en afgerig. Hy het al self verskeie SA Kampioen Saalperde afgerig en vertoon by die Nasionale Kampioenskap wat jaarliks in Bloemfontein gehou Jacques Wiggins gaan na die word. VSA as ESSASA afrigter. Jacques is eienaar van die Wiggins Stalle op Foto verskaf Porterville.

Die manne besig met hul skaapkoppe. Foto verskaf

Hoof van Speurtak In verlede maand se Piketberger is berig dat Speurder Adjudant Offisier Piet Becker bevorder is tot Luitenant in die SAPD en vanaf 1 Junie sy nuwe pos beklee op Ceres. Dit is na 10 jaar as Tak Bevelvoerder op Eendekuil. Intussen het die pos as hoof van die speurtak op Piketberg vakant geraak en is Becker deur die Provinsiale Kommissaris van Polisie verplaas na Piketberg. Luitenant Piet Becker begin dan op 22 Junie as Hoof van die Speurtak op Piketberg. Welkom op Piketberg, Luitenant -Red.

Die Piketberger se Datums vir 2015 Berigte/Advertensie IN 21 Julie 18 Augustus 22 September 20 Oktober 17 November

VERSKYN 30 Julie 27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober 26 November

Nuwe Winterklere beskikbaar

Asook Froggie, Tsonga en Green Cross skoene Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


6

Hannes en Nadine Trou

Oud-Piketberger se digbundel gepubliseer

Elza Coetzee-Johnson is ‘n oud-Piketberger wat op PiketBo-Berg grootgeword het. Elza is ‘n oud-leerder van Hoërskool Piketberg en woon tans in die Delmas distrik, Mpumalanga. Sy het onlangs vir vyf maande by haar broer, Hugo Coetzee op Piket-Bo-Berg deurgebring terwyl haar man met ‘n kontrak in Malmesbury besig was. Terwyl sy daar was, het Publishing World SA ‘n digbundel Elza Coetzee-Johnson Foto verskaf van haar gepubliseer. Luister gerus op www.radiokc.org na ‘n onderhoud met Elza op 16 Junie oor haar digbundel, “Neem my Terug”.

Die volgende Piketberger verskyn op 30 Julie 2015.

Hannes van Wyk, seun van Cecil en Coreen van Wyk trou met Nadine Conradie, dogter van Koos en Denise Conradie op 14 Maart te Laatson, Porterville. Foto: Abri Kruger

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 21 Julie. Stuur na: diepiketberger@gmail.com

MEDIESE PRAKTISYNS Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Drs Smit & Morrison

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320

Maak seker jy bly een stap voor die winter verkoues! Gee jou immuniteit die hupstoot wat dit nodig het met Biobalance Immunova +

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7


8

Vrouediens by Eensgezind

Hierdie vroue van die NG Kerk Piketberg het die vierjaarlikse Sinodale byeenkoms van die Vrouediens op 3 Junie bygewoon by Eensgezind, Durbanville. Agter is Suzette Fouché, Alida Meyer, Maatje Coetzee, Antoinette Joubert, Lenie Otto, Ezette Mouton met net voor hulle, Marietha Goosen en Christa Vorster en heel voor Marina Grobbelaar, Marieta Nel en Lynette de Witt. Foto verskaf deur Marietha Goosen

BADISA ontvang wintervoorraad

Hannie Visser van BADISA-Piketberg ontvang gevriesde sop, gebreide mussies en wol-serpe van die VLV-lede in Piketberg. Foto verskaf

Bastillefees op Franschhoek 11 - 12 Julie www.franschhoekbastille.co.za

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Piketberg is aan die BRAND! Nee niemand hoef die Brandweer te bel nie. Dit is nie ‘n brand van rook en as nie, maar ‘n nuwe geldeenheid in ons dorp. En daarmee maak Piketberg geskiedenis as die eerste dorp in Suid-Afrika wat hierdie inisiatief neem. Julle het seker gewonder wat die rooi tente maak op die oop stuk grond wat in Hanlie Linde die volksmond as “Kentucky” bekendstaan? Op 30 Mei 2015 is die BRAND (Bergrivier Rand) in Piketberg geloods deur die Bergrivier Brand netwerk en die FLOW Program. FLOW staan vir “Fostering Local Wellbeing” en dit is ‘n baie suksesvolle plaaslike ekonomiese ontwikkelings projek wat Bergrivier Munisipaliteit sedert September 2014 geïmplementeer het. Die BRAND geldeenheid kan slegs binne Bergrivier Munisipale Gebied bestee word en word gerugsteun deur die produkte en dienste van die besighede wat by die Bergrivier Brand Netwerk aansluit. Daar is reeds meer as 70 besighede op Piketberg en Goedverwacht deel van hierdie netwerk en dit is oop vir nog baie meer. Dit is maklik om te registreer en alle besighede (groot of klein) word aangemoedig om dit te doen. Ons wil graag meer as 400 besighede deel maak van die netwerk sodat ons plaaslike ekonomie kan blom en van krag tot krag gaan. Die Munisipaliteit is reeds besig om gesprekke te voer met groter besighede in ons gebied om deel te word van die projek en om BRAND te aanvaar om sodoende die plaaslike vervaardiging van produkte en dienste te bevorder. Die Munisipaliteit self kyk tans na maniere om ook hiervan deel te wees as besteder en ontvanger van BRAND. Die BRAND geldeenheid bestaan uit vier pragtige note met ons mooi Piketberg op elke noot. Elke noot het ook ‘n tema wat wissel van water, energie, voedsel en gemeenskap. Daar is ‘n slagspreuk op elke noot wat ons plaaslike omgewing bewoord naamlik: “Local is lekker”, “Water is lewe”, “Van krag tot krag” en “Kos vir die Toekoms”. Die note beskik oor al die veiligheidsvereistes van spesiale papier, ‘n watermerk, die tema, unieke reeksnommers en die holografiese merk van die BRAND simbool. Elke lid van die netwerk word geadverteer in die BRAND gids wat eersdaags uitgegee sal word. (Die Piketberger sal ook ‘n afskrif van die gids kry om dit te adverteer). Indien jy ‘n besigheid het, hoe klein ookal, en graag wil deel word van die Bergrivier Brand Netwerk, kontak asseblief vir Ian Schaffer by 060 528 1230. Hy is die FLOW Koördineerder in ons gebied. My grootste uitdaging nou is om ook so gou as moontlik ‘n klein besigheidjie te begin, sodat ek ook aan die BRAND kan raak. Hierdie is ‘n geskiedkundige gebeurtenis en ons almal kan met reg trots wees op Piketberg as die eerste dorp in Suid-Afrika om ‘n alternatiewe geldeenheid te bedryf! Mooi Piketberg mooi! Moenie net daar staan nie, kom BRAND saam!


9

PIKETBERG

e Juli ls cia e p S

Groot BMX Specials

Titan Freestyler 1 was R2 299 nou slegs R1 750 en Titan Freestiler 2 was R2 850 en is nou slegs R2 200 Uitverkoping op ou voorraad Met 29er Fietse wat Begin by R3 000

Vir die Maand van Julie is ‘n ''Wash and Lube'' net R50. Bring julle fietse vir ‘n lekker skoonmaak. Vir die Maand van Julie is ‘n Standaard Diens slegs R220, gewone prys R270

Bike Setups R550 KS Dropzone Dropper Seatposts op Uitverkoping vir slegs R2 500 Kom loer in vir vele meer. Regoor Kaap Agri Drankwinkel in die Carel van Niekerk Besigheidspark. Besigheidsure: Maandae tot Vrydae 08h00 tot 17h00 Saterdae 09h00 tot 12h00

Vir enige navrae kontak Gustav Bonthuys by 084 487 4840 of bonthuysbicycles@gmail.com


10

VLV Nuus VLV het afskeid geneem van Selomie Roelofse wat saam met haar man, James na die Paarl verhuis. Sy was ‘n jarelange, toegewyde, aktiewe en begaafde VLV-lid. Sy het graag deur deelname geleer en veral haar breiwerk, preservering en artikels in gebak was van uitstaande gehalte en het dikwels op VLV-sirkelvlak presteer. VLV-lede wens vir haar en James ‘n baie geseënde toekoms toe.

Voorsitter Nicoline Brown, Joey Koen van Porterville, wat lapverf demonstreer het en Mareza Smit, sameroeper van Kunste en Handvlyt.

Nicoline Brown, Riana Richter, Selomie Roelofse, Christa Burger en Petro Vercuiel kuier gesellig saam, tydens die VLV-byeenkoms waar ook afskeid geneem is van Selomie. Foto’s: Dinette Lochner

Biddy Langenhoven, Janè Eksteen en Mareza Smit. Janè het die dames met haar ballet danspassies betower. Biddy is die ballet juffrou.


11


12

Huis te Huur  

  

Stap-afstand van Piketberg Hoërskool (oorkant NG Kerk) 3 Slaapkamers, 1 badkamer, kombuis, sitkamer, agtertuin, onderdak parkering, pragtige uitsig, karaktervolle atmosfeer. Kan gedeel word tussen dagmammas wat op die Dorp wil wees weens skoolgaande kinders, of as 4 kantore gebruik word (het besigheidsregte), of ideaal vir klein gesin. Semi-gemeubileerd onderhandelbaar R4 400/maand (water ingesluit) Ook: 1-slaapkamer woonstel teen R3 300/maand beskikbaar (water en dienste ingesluit). Ekstra kamer onderhandelbaar. Semi-gemeubileerd indien verkies.

Skakel Clare 083 225 0059

Wat sê die Woord? Deur Pastoor Tjaart Olivier

Die paar sjokolades op die rakke van die winkel loer só die ander dag vir my, dat ek by myself gedink het: “Sekerlik kan niemand sonder sjokolade klaarkom nie.” Elkeen van ons het iets wat ons baie van hou en wat ons iets voor sal opgee om dit te kan kry. As jy vandag by die winkel instap, kies jy ’n paar items wat vir jou van belang is en betaal daarvoor in die vorm van geld. As jy mooi daaroor nadink, vind daar ’n ruiltransaksie plaas. Jy ruil iets vir iets. Het jy geweet dat Jesus ook iets vir iets geruil het? As jy vir die algemene persoon op straat vra: “Wat het Jesus vir ons kom doen?” sal hul antwoord wees: “Hy het vir ons sondes kom sterf.” So waar soos wat dit is, is dit nie die volledige antwoord nie. Wat sou jou antwoord op hierdie vraag wees? In Romeine 4:25 lees ons: “wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.” In konteks praat dit hier van Jesus wat oorgelewer is ter wille van ons sondes en weer opgewek is ter wille van ons regverdigmaking. Dit is my en jou sondes wat Jesus kruis toe gestuur het, maar dit is God se liefde wat vir ons Sy regverdigmaking gegee het. Wat beteken regverdigmaking? Dit beteken eenvoudig: om reg te wees voor God. Ons is nie reg voor God deur wat ons doen nie, maar deur wat Jesus vir ons gedoen het (Galasiërs 2:16). Ons is reg voor God deur geloof in Jesus alleenlik (Efesiërs 2:8-9; Romeine 10:9-10). 2 Korinthiërs 5:21: “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” Watter ruiling het hier plaasgevind? Jesus het ons sonde op Hom geneem en vir ons Sy geregtigheid gegee. Jesus het dit geword wat Hy nie verdien het nie - ons sonde - sodat ons dit kan word wat ons nie verdien nie - Sy geregtigheid. Ek noem dit die “great exchange” wat plaasgevind het. Jesus het nie net vir jou sonde kom sterf nie, maar Hy het ook Sy geregtigheid vir jou as ‘n geskenk kom gee. Vriend, wanneer jy foute maak vandag, kan jy die vrymoedigheid hê om voor God te staan en dankie te sê vir Sy offer vir sonde en dankie dat jy Sy geregtigheid kan wees. Ons as Christene is nie sondaars wat gered is deur genade nie. Ons was sondaars wat gered is deur genade en nou die geregtigheid van God is (Kolossense 1:21-22; 1 Korinthiërs 1:30). Wat ’n wonderlike waarheid! God is so lief vir ons dat Hy ons Sy geregtigheid kom gee het, omdat Hy weet dat ons dit nooit uit onsself sou kon doen nie. Onthou, God se hele hart van die begin af was om in verhouding met ons te kan wees. Wat God deur Jesus vir ons gedoen het, bewys vir ons die grootheid van Sy liefde. Die dag wat jy weergebore raak, is wanneer jy die “great exchange,” wat Jesus al lankal voor betaal het, ontvang. Wat gaan jy kies? Gaan jy ‘n verhouding met God kies? Gaan jy Sy geregtigheid kies, al verdien jy dit nie? Vriend, weet dat God jou onvoorwaardelik liefhet en dat Hy ’n verhouding met jou wil hê. Jy is kosbaar vir Hom. Moenie probeer om jouself reg en skoon te maak vir God nie - kom na Hom toe en laat Hy jou reg en skoon maak. As jou antwoord “Ja” op die vrae hierbo is, gaan lees Romeine 10:9-10 wat jou sal lei om Sy geregtigheid te ontvang en in ‘n verhouding met Hom te kan wees.

(Vir verdere studie: Lukas 18:9-14; Romeine 1:16-17; Romeine 3:21-24; Romeine 5:1; Efesiërs 4:24; Galasiërs 2:21) Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem.


13

Straatwerk Uitreik

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

PHS'ers en oud-leerders het op Vrydag 19 Junie Straatwerk in die Kaap besoek en ook die geleentheid gekry om evangelisasiewerk te doen. Hulle is begelei deur Driaan Pretorius, jeugwerker by die NG Kerk Piketberg en Jackie Thirion, onderwyseres by PHS. Agter is CP Nelson, Driaan Pretorius, Carina Carstens, Jackie Thirion en Henco Bindeman. In die middel is Ferdi Jonker, Daniel Goosen, Adam Barnard, Elzaan Trautman, Nicola Coetzee en Angelique de Villiers. Voor is Mattheus Vorster, E'lmarco Visagie, Jac Goosen, Nina Cillié, Ané Nelson en Anke Schreuder. Foto: Marietha Goosen

    

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente

Kom bederf jouself met Bio Sculpture Gel op jou hande en toonnaels na ure ook.

1915 tot 2015

Nou tot einde Julie 40% afslag op baie van die Honey Juwele. Kom loer gerus deur die boeke of gaan kyk aanlyn by www.honey.co.za en bestel by my. Bestel sommer nou al vir die matriekafskeid en onthou om sommer ook ‘n nael afspraak te bespreek - 20% afslag vir matrieks Bestel jul kilogrampakke Flippen Lekka Spice by my. Esna Brand, Piet Retiefstraat 17, Piketberg

E-Pos: louw.jakes@gmail.com

022 913 1020 of 082 830 6110


14

Slaggate in jou Familietrust


15

2 Acre Hardware & Fox Bouers

Vir alle hardeware, verf, bou, elektries, plumbing en nog meer

Ook nuut op ons installasielys is (SON KRAG) Victron

Kom sien ons gerus vir ‘n sakpas kwotasie op inverters, batterye, sonpanele en warmwater silinders.

022 913 3940


16

Bergrivier Winterkarnaval

Op 18 Julie 2015 eindig die 54ste Bergrivier Kanomarathon in Velddrif en gaan die dorp, soos oudergewoonte die geleentheid aangryp om fees te hou. ‘n Skeppie Weskus sal weer vanjaar sorg vir tradisionele Weskus- en Sandveld disse, soos voorberei deur die voorgeslagte. Dié span plaaslike vroue gaan kerrie afval, pampoenkoekies, mosselsop en gebraaide harders voorsit. Sorg dat jy reeds vroeg jou afval kry aangesien dit eerste uitverkoop. En as jy nie daar regkom nie sal die talle ander kosstalletjies jou kan help om die winterkoue te beveg. Dit sluit in: pannekoek, koeksisters, lewerkoekies, hoenderburgers, roti, samoesas, gebraaide snoek, melkkos, soetkoekies, biltong en droëwors. Kom kuier saam in die Karnavaltent by die Bergrivier Gholfklub se ‘Natgat’ terwyl plaaslike kunstenaars sorg vir die vermaak. Die Velddrif Blaasorkes sal verrigtinge amptelik om 09:00 open. Daarna kom ‘n groepie ‘opkomende’ kunstenaars aan die beurt met hulle weergawe van Michael Jackson en ‘n gumboot uitvoering. Vanaf 12:00 verskuif alle fokus na die Carinusbrug waar die wenners van die 2015 Bergrivier Kanomarathon sal arriveer. Vanjaar se wedvaart spog met internasionale deelnemers. Ander kunstenaars sluit in Vigeniea, Michelle en ons gaskunstenaars vanjaar, Amoré en Burger le Roux sal tussen 13:45 en 15:45 aan die beurt kom. Die kinders kan ook nader staan vir die gewilde kulkunstenaarvertoning om 10:00. Ander kinderaktiwiteite sluit in die gewilde meganiese bul, gyroscope en skietaktiwiteite. Kyk ook uit vir die swerwende tuimelkunstenaar. ‘n Pret kanovaart vind om 09:00 plaas vanaf Bokkomlaan tot by Riviera Hotel en heerlike pryse is op die spel. En die Weskus Veteraan motor- en motorfietsklub kom weer spog met hulle speelgoed. Plaaslike restaurante sal ook deur die loop van die dag en aand heerlike etes en gratis vermaak aanbied. Aktiwiteite wat by satelliet terreine plaasvind sluit in: gebraaide harders en vars gebakte brood, koffie, koek, kaas en potjie in Bokkomlaan; potjiekos, sushi en gebraaide snoek in Port Owen; en pandisse by Pelikaanhawe. Die volledige karnavalprogram is beskikbaar by Bergrivier Winter Karnaval Velddrif Velddrif Tourism Vir verdere navrae skakel Velddrif Toerisme 022 7831821

Piket-Bo-Berg Farmers Market Saturday 27 June

54ste Bergrivier Kanomarathon 15 -18 JULIE 2015

Op 15 Julie vanjaar trek sowat 200 roeiers weg in die Paarl op die 54ste Bergrivier Kanomarathon wat oor 240km strek en drie dae later in Velddrif eindig. Die ‘Berg’ is al ‘n jaarlikse instelling en lok altyd baie belangstelling by die publiek. Bergrivier Toerisme het vanjaar weer ‘n aantal brugsaamtrekke georganiseer om plaaslike gemeenskappe die geleentheid te bied om ook voordeel te trek uit dié bekende sportgebeurtenis. Onder leiding van Piketberg Toerisme, sal kinders van die Piketberg-, Wittewater- en Goedverwacht gemeenskappe, twee brûe beman en sorg dat die roeiers en hulle ondersteuners met styl in die streek verwelkom word op Vrydag, 17 Julie. Die twee brûe is onderskeidelik – Die Brug (Ou Brug) in Piketberg en Moraviabrug naby Wittewater. In Piketberg gaan die Rema Superkidz sorg vir sang en vermaak as die roeiers vanaf 09:30 daar begin arriveer. Die roeiers sal met hul aankoms by Piketberg reeds 130km afgelệ het. Org de Rac bied ook aan alle ondersteuners ‘n gratis glasie port en lekker warm sop sal te koop wees. By Moraviabrug sal ‘n groep trompoppies van Wittewater en ‘n sanggroep van Goedverwacht die eerste roeiers teen ongeveer 10:30 verwelkom. Worsrolletjies sal te koop aangebied word om die kouwe te beveg. Dan is daar nog ‘n rede om die brûe naby Piketberg te besoek. Piketberg Toerisme bied twee kontantpryse van R500 elk vir die beste amateurfoto van onderskeidelik Die Brug en Moraviabrug saamtrek. Raadpleeg www.piketbergtourism.co.za vir kompetisie besonderhede. Die Carinusbrug in Velddrif, is soos oudergewoonte, die eindpunt van die Berg op Saterdag 18 Julie en die wenners word vanaf 12:30 daar verwag. Die Bergrivier Winter Karnaval begin reeds om 08:30 die oggend en beloof om vanjaar iets vir die hele gesin te bied. Van tradisionele Weskus- en Sandveld kos tot ‘n lang lys kinderaktwiteite. Kom kuier saam by die Bergrivier Gholfklub se ‘Natgat’ en geniet die gratis vermaak wat heeldag aangebied word. Brugsaamtrekke en uitkykpunte in Bergrivierstreek: 17 Julie 2015 Die Brug (9:50) 32°59'47.64"S 18°46'42.39"E; Moravia (10:45) 32°56'26.91"S 18°41'26.08"E; Laagwaterbrug (11:05) 32°55'27.84"S 18°40'38.35"E; Klipheuwel (12:20) 32°55'1.73"S 18°33'20.80"E; Zoutkloof (13:55) 32° 56'39.18"S 18°24'41.23"E 18 Julie 2015 Zoutkloof(08:00) 32°56'39.18"S 18°24'41.23"E; Bergrivier Stasie (1uur) 32°56'43.37"S 18°20'27.57"E; Kersefontein (1uur 30min) 32°54'23.39"S 18°20'4.76"E; Cloeteskraal (3uur 05min); Kliphoek (3 uur 30min) Velddrif bridge (4hrs 40min) 32°47'7.01"S 18°10'42.52"E Belangstellendes word gevra om asseblief slegs op die aangeduide areas te parkeer en veral by Piketberg, nie op die N7 te parkeer nie.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


17


18

Datum: 24 Julie 2015 Plek: NG Kerk Piketberg Tyd: 19:00 (Vrydagaand) Kaartjies beskikbaar teen R35-00 p/p by deure vanaf 18:30


19

Pa en Dogter Dans Hoërskool Piketberg se Grondslagfase het ‘n splinternuwe geleentheid geskep vir Pa's en dogters, en hoop om dit ‘n jaarlikse tradisie te maak. Sonder borge en wonderlike ouers sou die geleentheid nie so ‘n spesiale aand kon wees nie, en daarom ‘n groot dankie aan die ouers en die volgende borge: Org de Rac, Kochelmanders, Cornerstone Café, Skoonheidsalon Sanet, Keyah en Piketberg Drukkers. Dit was ‘n heerlike kuieraand en die dansbaan was vol! Dankie ook aan al die Pa's wat braaf genoeg was om die geselligheid by te woon, die dogters het dit baie geniet en vreeslik spesiaal gevoel.

Foto’s: Vanessa de Villiers

Kerkstraat 33, Eenheid 4, Piketberg


20

Op die rakke van die Biblioteek 20 Jaar Gelede — Julie 1995 VOORBLAD: Oud–Piketberger speel vir Kanada. Anelia Basson (Burger) oud-leerling van Hoërskool Piketberg is gekies vir die Kanada Netbalspan wat by die Wêreldspele in Birmingham, Engeland sal deelneem. Sy is tans woonagtig in Hope, British Columbia, Kanada waar haar eggenoot, Dr Paul Basson werksaam is by die Murakami kliniek. Anelia, plaasdogter van Kolsvlei verwerf Boland-kleure vir netbal en atletiek. Sy speel in die Universiteit Stellenbosch netbalspan en later vir Boland A. Gedurende 1991 word sy gekies vir die SA Springbokspan, maar verkies om met haar eggenoot na Kanada te verhuis. PHS wen Porterville in netbal en rugby. Die eerste netbalspan het 23-22 gewen. Al die laerskool rugbyspanne het gewen en die eerste rugbyspan het 24-3 gewen. 1970 se Matriekklas hou reünie. Van die groep van 48 het 31 dit bygewoon. SAP-Nuus - B-aflossing het onder leiding van AO C Coetzer vir twee agtereenvolgende kwartale die skild vir die beste aflossing ingepalm. Nico Viljoen, tesourier by Piketberg Munisipaliteit verlaat Piketberg. Hy word opgevolg deur mnr Van Niekerk. Frikkie Bester, vleishandelaar en oud-leerling van PHS is onlangs tot voorsitter van die Vleisraad verkies. GRAPPIE - “Watter les het jy by die Sondagskool geleer, Koos? Die een van die parmantige Samaritaan.”

Halfdag pos beskikbaar Kom kyk!!!!!

46 nuwe Playstation Speletjies  022-913 2646

Bespreking deur Sandra van Wyk

Stippellyn

deur Erika Murray-Theron Wanneer Ribar Nicolic in ‘n aftreeoord sterf, word Lana van Breda, ‘n verpleegster wat na hom omgesien het, se bestaan geheel en al in ‘n ander rigting gestuur as wat sy kon voorsien. Sy het gedink ‘n hoofstuk van haar lewe wat ver agter haar lê, is vir goed afgesluit, maar nóú, 20 jaar later, word haar lot verweef met dié van die weduwee, Therese Nicolic en haar twee kinders, Konrad en Hadwig. Die spanning wat van die begin af heers, loop op wanneer Lana, ná die begrafnis van Ribar, saam met Therese op reis gaan. Dit is in hierdie tyd, wat hulle die klein ruimte van ‘n motor en oornagplekke deel, dat albei vrouens se meesleurende lewensverhale aan die leser bekend word. Therese, wat die Tweede Wêreldoorlog meegemaak het, dra steeds die letsels van onmenslikhede wat teenoor haar en haar gesin begaan is. Ek haal graag ‘n aanhaling uit die boek, deur die resensent Maryke Roberts gebruik, aan, om te illustreer hoe diep die gevolge van sodanige gebeure insny in mense se lewens – baie jare daarná: “ … om ouers te hê met ‘n geskiedenis en geheime wat jy nooit sal ken of wat jy nie verstaan nie, al het jy dit ook geken. Jy het ouers met skade wat jóú weer beskadig, maar jy mag hulle nie daarvoor kwalik neem nie.” Lana vir wie die verlede dikwels voel soos ‘n “bodemlose kuil”, kom te staan voor die onvermydelikheid daarvan dat hierdie geheime wat sy diep weggebêre het, na die oppervlak gebring word. Sy leer ook – tydens haar en Therese se reis - dat die enigste uitweg is, om die verlede te hanteer, sodat sy die toekoms as ‘n bevryde mens kan tegemoetgaan. (Ook die voorblad van die boek, ‘n vrou wat onder die water induik, sluit aan by die gedagte aan die “bodemlose kuil.” Dit is as’t ware ‘n manier hoe sy haar afsny van die werklikheid wat daar buite die water wag.) Die karakters is lewensgetrou - mense soos diegene wat dikwels ons pad kruis. Die boek is deurspek met diep lewenswaarhede, wat jou telkens na ‘n pen laat gryp, om iets daarvan neer te skryf vir “weer lees.” Stippellyn is ‘n fassinerende verhaal, wat vars afwisseling bied van die oppervlakkige manier waarop mense soms na mekaar kyk. Dit is ‘n boek wat jy weer sal lees … en wéér. En dit is ‘n boek wat ‘n mens wil besit – nie net wil lees nie. Moenie mislei voel deur die oënskynlik ernstige tema nie. Een van die interessante karakters in die boek is Nettie Februarie, wat met haar grappige uitlatings, sorg vir ligter oomblikke. Stippellyn is leesgenot wat aan die leser ‘n wyer uitkyk as die alledaagse bied en ten sterkste aanbeveel kan word.


21

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!) en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!


22

PAW en Pakmark Uitreik

Gert Thys (Kaap Agri Pakmark, Piketberg) deel kospakkies uit.

Voor links Gert Thys (Kaap Agri Pakmark), agter Beryl-Ann du Plessis, (Piketberg Animal Welfare), Helena Kotze (KaapAgri Pakmark) en Joanie Cloete (Gemeenskapswerker).

Helena Kotze (Kaap Agri Pakmark, Piketberg) oorhandig ‘n kospakkie by die Trajektebehuisingsprojek.

Thanks to a generous donation of dog and cat food by management and staff of Kaap Agri Pakmark, Piketberg food parcels were Danksy die welwillendheid van handed out on Monday 15 June to animals die Bestuur en Personeel van in need. This was also the perfect opportuniKaap Agri Pakmark, Piketberg is ty to tell young people more about animal care, as these youngsters are eager to learn kospakkies op Maandag 15 Junie uitgedeel aan behoeftige more. Businesses and individuals who would Honde- en Katkospakkies geskenk like to become involved in a similar food out- deur Kaap Agri Pakmark, Piketberg, honde en katte. word met graagte ontvang deur reach, can contact Minette Cronje, PAW Foto’s: Zulika Kellerman inwoners van Petuniastraat, chairperson at 079 249 1535. Piketberg. Help us make a difference!

PHS Matriekafskeid Vrydag 28 Augustus Haarsalonne en Skoonheidsalonne adverteer jou spesiale aanbiedinge aan die matrieks vir hul spesiale aand. Stuur jou advertensies voor 21 Julie aan diepiketberger@gmail.com


23

Kinderbeskermingsweek saam met Trippe Trappe Trippe Trappe Kleuterskool het weer hierdie jaar aan ons Kinderbeskermingsweek deelgeneem, onder die slagspreuk: Kinders is die Sade wat die Toekoms laat Blom. Ons kindertjies het weer opnuut geleer oor veiligheid tuis en by die skool sowel as self-beveiliging teen mishandeling. Baie dankie aan Speurder Sersant Davids en Vroue Konstabel Muller vir die verskeie aktiwiteite en leersame inligting en lessies wat ons by julle kon leer sowel as die glimbande en heerlike eetgoedjies.

Foto’s verskaf

Ons het ook gedink aan al die kindertjies wat nie so bevoorreg soos ons is nie en het “een dag sonder skoene” by die skool deurgebring om te probeer besef hoe dit voel om nie skoentjies te besit nie. Kleuters het elk ‘n paar ou skoentjies geskenk, om aan die ACVV te oorhandig vir verspreiding waar benodig word. Ons het altesaam 87 pare skoentjies ontvang. Dankie aan al die ouers vir julle ruim bydrae van skoentjies sowel as kleertjies.


24 PHS se leerders skitter in Voordrag

Zim ABC wat die Woord gee Ons werk vir Kategese materiaal vir Zimbabwe in Sjona

PHS se Intermediêre groep presteerders by die Olifantsvallei Eisteddfod is hier saam met Jackie Thirion afgeneem: Henco Kruger (Cum Laude), Annette Bruwer (Cum Laude), Marlize Crous (Cum Laude), Helouise van Sittert (Goud), Nicole Steyn (Cum Laude), Ilanri van Rossum (Cum Laude), Anika Jordaan (Goud) en Hagan Ludick (Cum Laude). Hagan het ook Goud behaal vir Prosa. Foto: Marietha Goosen

Gr 3(dV) sê: God seen julle!

Drie van PHS na Duitsland

Gr 5B dogters bo en Gr 5 seuns onder.

Mivuyo Xakeka, Amber Tobias en Faith Blanckenberg, al drie leerders by PHS, gaan van einde Julie tot begin Augustus 'n 10 dae jeugleierskamp in Blankenburg, Duitsland bywoon. Foto: Marietha Goosen

Te Koop Beesbiltong R180,00 per kg Koedoe droëwors R200,00 per kg Maalvleis R55,00 per kg

Skakel Nellis 083 441 4032 Gr R


25

Wes Kaap Netbal Kapteine Janke van Schalkwyk, Gr 8-leerder van PHS is na die afgelope Wes Kaap netbalkamp aangewys as die Wes Kaap O/14 Netbalkapteine. Foto: Marietha Goosen

Jeugorkes Presteer

Die Weskus Jeugorkes het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Alet de Vos Trofee verower vir die Beste Jeugorkes. Hulle het ook ‘n spesiale toekenning ontvang vir een van die mees uitstaande items by vanjaar se kunswedstryd. Johan du Toit (viool) van PHS is lid van die Jeugorkes. Volgens Johan se juffrou is hy ‘n baie toegewyde student en orkesspeler. Hy is nou in die 1e viole - ‘n prestasie vir iemand van sy ouderdom. Foto verskaf

Karen Smit na ACVV Vrouedag

Karen Smit, wat op 3-jarige ouderdom gediagnoseer is met rumatoïede artritis, is die spreker by die ACVV Vrouedag op Saterdag 15 Augustus. Kom luister en word geïnspireer deur hierdie vrou wat nie stuit vir die lewe met al sy uitdagings nie. Sy is hoof van produk ontwikkeling vir bejaardes en gestremdes by ‘n multinasionale selfoonmaatskappy. Verskeie artikels oor haar het al in glanstydskrifte verskyn en sy was ‘n gas op die gesinsprogram, Kwela.

40 dae Jesus stuur ons!

Maak ‘n groepie van 6 - 8 mense, skaf ‘n boekie @R60 aan, lees elke dag ‘n skrifgedeelte, kom een maal per week as groep bymekaar, woon die eredienste by en …..groei! Dit alles in Augustus en September. Raadpleeg die NG Kerk kalender, kry ‘n boekmerkie en kontak ds Johan by 022 913 1244 of ds Martin by 022 913 1206 betyds.

Geniet die winter skoolvakansie met jou kinders. Skole sluit 26 Junie en heropen 20 Julie.

Saterdag 15 Augustus 2015 om 10:00 by NG Kerksaal, Piketberg R60 pp

Kaartjies en meer inligting 022 913 1525


26

Piketberg Netbal Pronk van Trots

Piketberg se netbalklub bedank vir Org de Rac verteenwoordiger Nelda Van Zyl wat die span se klere geborg het. PPC Sement het ook die klub geborg met ‘n kontant bedrag en word ook hartlik bedank. Drie van die klublede is gekies vir die Weskus Netbalontwikkelingspan, Nadine Isaacs, Emeline Davids en Maryke Visser. Die A-span kaptein is Jani De Viliers, B-span kaptein Charné Young, Voorsitter Petra Isaacs en afrigter Elserine Schutte. Foto’s: Izandro Claasen

Boland Rugbyspelers

Lyle Booyse, gr 7-leerder Benna van der aan PHS, is gekies vir die Westhuizen, gr 12Boland O/13-Nashua XV-tal leerder aan PHS, is gerugbyspan, wat van 3-8 kies vir die Boland HoërJulie deelneem aan 'n toer- skole O/18-Cravenweek nooi in Sasolburg. Lyle Span, wat van 13 - 18 was verlede jaar die Julie deelneem aan die enigste seun in die Ber- SARU/Coco Cola Cravengrivierstreek wat gekies week te Stellenbosch. was vir Boland O/12 se Foto verskaf Rugby A-span en hierdie jaar het dit hom weer te beurt geval. Dit is voorwaar 'n prestasie. Foto: Marietha Goosen

Piketbergers by Aloe Giant MTB Challenge MTN verteenwoordiger Boland Superspar verteenCherman Cloete oorhan- woordiger Monique Coetdig waterbottels aan zee oorhandig geskenkCharné Young vir die pakkies vir die A-span, Bklub. span asook die mansspan aan Charné Young. Piketberg Netbalklub wil van die geleentheid gebruik maak om al ons borge hartlik te dank, ons waardeer elkeen se bydrae.

Tydens die Aalwynfees op Albertinia op 13 Junie, het drie Piketbergers deelgeneem aan die Aloe Giant MTB Challenge, Dean en Tanya Jankielsohn en Jac Goosen. Op die foto links is Dean Jankielsohn en Nadine Bos wat die 70km gedoen het, in die middel Jac Goosen wat die 40km gedoen het en op die foto regs Tanya Jankielsohn, regs en Carla Lidstone wat die 20km gedoen het. Foto’s: Marietha Goosen

Betrekking Aangebied Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink. Kontak asseblief 082 780 8698


27

Derde en Vierde wenners van WIN-A-CAR

Bekendes besoek SPAR Johan en Lida Botha is raakgesien in ons eie Boland Superspar. Lida Botha is bekend vir haar rol as Barta van Rooyen in die fleik “Fiela se Kind”. Corrie Windell, een van ons eerste werknemers, staan by vir ‘n foto.

Elisna Andrew van Redelinghuys is die derde Win-A-Car wenner, sy het ’n koopbewys ter waarde van R1 113.50 teruggewen. Hester Hagen oorhandig haar prys.

Piketberg Netbalklub

Baie geluk aan Wilfred Calitz, van Piketberg, wat ons vierde wenner van die Win-A-Car kompetisie is. Hy het ‘n koopbewys ter waarde van R553.25 gewen. Marlene Visagie oorhandig sy prys aan hom en sy vrou, Retha Calitz.

Piketberg Netbalklub het op 22 Mei ’n wedstryd teen Wesbank en Broodkraal gespeel. Boland Superspar het hulle ondersteun deur vir al die spanne ’n pakkie op te maak.

Piket-Bo-Berg Cycle challenge Moenie vergeet om in te skryf nie! Dit gaan ’n dag propvol pret vir die hele gesin wees.


28

HIV/Vigs Gedenkdag

Carl Schreve Morawia Primêr hou Taalbonanza Talle skole in die omgewing was uitgenooi om deel te neem aan die Taalbonanza gehou by Carl Schreve Morawia Primêr op 21 Mei 2015. Dit was ‘n spog geleentheid waar die kinders hul taalvernuf gewys het. Boland Superspar het die geleentheid ondersteun deur die kinders met NikNaks en ‘n Chomp te bederf. Hester Hagen oorhandig die lekkergoed aan Nicky Solomon (Opsigter).

Piketberg Gemeenskaps Polisie Forum het op 20 Mei ‘n Gedenkdag gehou vir mense wat geliefdes verloor het aan HIV/Vigs. Boland Superspar het die geleentheid ondersteun deur muffins te skenk. Santie van den Berg oorhandig die muffins aan Sgt Rodney M Davids.

HS Aurora hou Winter karnaval

Praatjie by Trippe Trappe

Hoërskool Aurora het op 29 Mei 2015 ‘n winter karnaval gehou om fondse in te samel vir die funksionering van die skool. Tydens die geleentheid is ’n modeparade gehou. Boland Superspar het die 1ste, 2de en 3de pryse, asook die troospryse geborg. Marlene Visagie oorhandig die pryse aan Danine Loff.

Op 25 Mei 2015 het die Piketberg Gemeenskaps Polisie Forum ’n praatjie by Trippe Trappe Kleuterskool gelewer. Die praatjie het gehandel oor verkeer, dissipline, respek en liggaamsopvoeding. Boland Superspar het die geleentheid ondersteun. Hester Hagen oorhandig stokkielekkers en koekies aan Sgt Rodney M Davids.

Piketberger Jul 2015  
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you