__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 26 Nr. 6

www.piketberg.com

Julie 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Herbst beste in Hortologie Herbst van der Merwe, oud -hoofseun en –duxleerder van PHS in 2014, is aangewys as die beste finalejaarstudent in Hortologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Met dié toekenning, volg hy in die spore van sy broer, CP, wat dieselfde toekenning ontvang het in 2016. Herbst ontvang hiermee die Hortgro Science/Daan Strydomprys. Hy het in 2018 sy BSc Agric-graad in plant– en grondwetenskappe cum laude behaal. Sy hoofvakke was Grondkunde en Hortologie. Vanjaar is Herbst besig met sy MSc-studies in Grondkunde onder leiding van dr Eduard Hoffman van die US departement Grondkunde in die fakulteit Agriwetenskappe. Hy sal die invloed van laevloei drupbesproeiing op sitrusbome bestudeer, meer spesifiek hoe die waterverspreiding in die grond lyk na 8-12 ure laedruk drupbesproeiing. Wel gedaan, Herbst. –Red.

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne: Drie keer PA Vercuiel...p4 Steenebrug Werknemers Trust...p10 Silver Threads High Tea...p16 Trienie se 60ste...p26 HS Aurora damesdag...p30 PHS L/S Koor in Kyknet finaal...p32


2

Redaksioneel Almal, behalwe jy?

Dié rubriek rig ek aan almal wat hier lees. Logies né! Ja, want almal lees nie hier nie. Almal doen nie alles nie en alles is nie bedoel vir almal nie. Ek wou sê "Almal van ons" het al verwys na "Almal wat só maak en sus maak", maar dan doen ek presies wat "Almal" doen. Of jy nou wroeg oor "Almal" wat die vakansie Namibië toe is, of oor "Almal" wat oor jou praat of oor "Almal" wat swak gedoen het in die eksamen, soos jy... "Almal" is selde of ooit "Almal". Ek en jy besluit in sekere situasies wie "Almal" is. “Almal” is dikwels die mense wat vir ons genoeg saak maak dat dit ons emosies en ons doen en late beïnvloed. Die koerant is weer propvol opwindende aktiwiteite, dinge wat gereël is om ander te verryk. Daar is nie een waarby "Almal" was nie. (Hoe sal ek nou weet, ek was nie oral nie.) Wat my opgewonde maak, is dat "Almal" toegang het tot plekke, aksies en funksies van eie keuse. Ek wil dit glo. As jy tot hiertoe uitgesluit voel, steeds voel dat "Almal" jou nooit insluit nie, skaar jou met oorgawe by "Almal" wat vermoeid en belas is, want Hy gee rus, ja, ook vir jou. Aan "Almal" wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God genoem te word, ja, jy is een van dié "Almal", want vir die Here maak ons “Almal” saak.

Don’t forget to be awesone. Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Briewe van ons lesers... Pierre Steenkamp skryf…… Dankie vir nog ‘n lekkerlees Piketberger. Selfs al begin die jonger geslag onbekend raak, bly daar nog baie vir enige oud-Piketberger om te lees.

Skool heropen Dinsdag 9 Julie ACVV Damesoggend 17 Augustus 2019 NG Kerksaal 09:30 vir 10:00

Sanger en motiveringspreker met 'n geestelike inslag: Lizette Janse van Rensburg. Kaartjies @ R50.00 beskikbaar by ACVV Kantoor 022 913 1525 / acvvpiketberg@telkomsa.net

BERGRIVIER DENTAL INC

Neem Kennis: Nuwe telefone is geïnstalleer en geen beset toon word aangedui nie. Indien u nie deurkom na ons kantore, laat asseblief 'n boodskap of probeer na 5 minute weer. U oproep is vir ons belangrik. Tel: 022 913 1630 of 022 913 2925


3


4

Bergrivier Toerisme verwelkom vakansiegangers

Drie keer Paulus Andreas Vercuiel

Die gesin Vercuiel by baba Paulus Andreas Roelof se doop: André, Lineëse en sussies Lindré en Lianel. Pa André is Paulus Andreas Kellerman Vercuiel.

Foto’s verskaf Egte Piketberg hartlikheid by die N7 Winkelshoekkompleks met die aanvang van die Junie vakansie. Die uitdeel van geskenkpakke aan vakansiegangers is ‘n inisiatief van Bergrivier Toerisme. Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het tot hierdie pakkie. Indien enigeen in die toekoms wil deel wees van hierdie gasvryheid, kontak gerus vir Georgia Abrahams by die Toerismekantoor.

Roelof se oupa, Paul (Paulus Andreas Du Toit) Vercuiel, bring hom in vir die doop in die NG Kerk Piketberg. Foto’s: Vanessa de Villiers Vir die lesers wat geïnteresseerd is in name, Paul se derde naam, Du Toit, is sy ma, Annie Vercuiel se nooiensvan. André se derde naam, Kellerman, is die nooiensvan van sy ma, Ronel Vercuiel. Roelof se derde naam is die naam van Lineëse se oorlede pa.

HUISHULP BENODIG Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme

Skakel 022 913 1132 Hoofstraat 38, Piketberg

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276


5

Tel: 022 913 1051


6

HUISE TE HUUR 

3-slaapkamer, 2-slaapkamer en 1-slaapkamer huise te huur in Piketberg.

Naby skole en kerke asook winkels.

Tuin agter en afdak vir motors om te parkeer.

Baie mooi uitsigte op berge vanaf stoep.

Houtvloere deurgaans.

Semi-gemeubileerd indien verkies.

Bewys van inkomste asook deposito word benodig.

Aantal volwassenes, kinders en troeteldiere moet onderhandel word.

R7000/R6000/R4000 per maand huur (afhangend watter eenheid).

Water ingesluit. Koopkrag.

Kontak Clare 083 225 0059 om te besigtig

Aurora Gemeente Eet Saam Op Sondag 2 Junie met 'n heerlike wintersonnetjie wat buite skyn, het Aurora se Sandvelders bymekaar gekom om as Gemeente saam te eet. Die saal was stampvol en net so vol was die borde kos. Jy sal ver gaan soek om sulke lekker braaiboud en pampoentert te kry - om nie te praat van die heerlike pastei en rooi slaphakskeentjies nie (ja, mens kry slaphakskeentjies deesdae met 'n rooibruin sous ook). Die heerlike ete is deur die vroue van die Vrouediens voorberei. Die Gemeente van Aurora en hul families het heerlik saam gekuier.

Agter staan Chris Visser met sy vrou Sanet en hul dogter Chrizaan. Voor is Anna en Minnie Visser.

Anne-Marie en Frans Coetzee, Linda Kleinhans, Albert en Liesbet Coetzee.

Jak en Gerhard saam met hul pa, Jaco Brand en Ds Johan Jacobs. Berig en foto’s: Petrusa de Koker


7


8


9


10

Steenebrug Werknemers Trust

Steenebrug Werknemers Trust het onlangs die eerste uitbetaling gemaak van ver oor R1 miljoen. Agter is Hanri Venter (Algemene Bestuurder Steenebrug) en Gert Folscher (Produksie Bestuurder). Voor is Andries Ovies, Natasha Meyer, Thorina Steenkamp, Dr Andre Neethling, Gorden Snyders (Trustees van Steenebrug Workers Trust).

Netwerk Aande by Bravo

Bravo se Netwerk Aande groei elke maand, by die byeenkoms op 29 Mei was Darling Brew se aanbieding ‘n groot fees. Die volgende Netwerk Aand is op 26 Junie om 18:00 by Droomland. Foto’s verskaf

Nuut by Bravo Wine & Food

Ethel Sithole, kelnerin/barista, Belinda de Kock, eienaar van Droomland en Almarie de Villiers, nuwe bestuurder van Bravo en B’Pretti. Foto verskaf Begunstigdes van Trust, agter is Zikhona Mgeqevu, Thembisa Jamani, Milelwa Ntozakhe en voor Monica Baleni, Bulelwa Vanana, Nonkululeko Tame. Foto’s verskaf

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Stuur advertensies na: diepiketberger@gmail.com

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R230 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


11


12

Hoofstraat 26 074 672 6491 082 623 5022


13


14


15

Piketberg Animal Outreach

Die Piketberger se Vouspan

Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918 Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

Die dames wat met opgeruimde harte en gewillige hande elke maand Die Piketberger inmekaarsit is agter Jackie Ferguson, Hannekie Geldenhuys, Helé Wolfaard, Susan de Vries, Jacoba Basson, Christa Burger, Rea van der Westhuizen en voor Lindie Buckle, Analeen Steyn, Hannetjie Smith, Mara Burger, Marianne Kitshoff en Helma Kotzé. Afwesig: Lenie Otto en Suzette Fouché. Foto’s: Marietha Goosen

20 Jaar Gelede JULIE 1999

Die koerant bestaan uit 16 bladsye Voorblad: Jansdrift se baas, Herman van Lill, is Sandveld se Aartappelboer van die Jaar. Dr Ben van der Merwe word in die Kaokoveld deur 'n olifant verras. Twee spanne van Piketberg Rolbalklub, Deon van Dyk, Ester Botha en Bosman en Heletta Rossouw, en die ander span, Jan en Baba Basson, Helmien Rossouw en Gawie Richter, wen kompetisies. Trix Pienaar vermaak 150 gaste by 'n geleentheid, aangebied deur die kankervereniging. Goedverwacht Voetslaanklub het in sy vyf jaar bestaan reeds groot stappe op sy kerfstok: Oorlogskloof by Nieuwoudtville, Swellendamroete, Dassiesklip by Robertson en die Visrivier Canyon in Namibië. Van Dykstraat se uitdaging van 19 seuns, word oortref met Noordstraat se 21 dogters. Die dogters kom uit slegs vier uit die ag huise in die straat. Anglo Boere Oorlog literatuur by Piketberg Museum. LA MUSIQUE promosies bied aan “'n Aand in Hollywood”. Wenners van Boland Spar se koekversierkompetisie is Maritza Conradie (1ste), Melandri van der Merwe (2de) en Melanie Moore (3de). Lions Piketberg hou op 31 Julie 'n Victoriaanse Maskerbal in die Wyntuin. Advertensies: Tangelo's Restaurant by Cedarberg Lodge op Citrusdal is onder nuwe bestuur. 24uur Insleepdiens by HV Motorhersteldienste. Wye verskeidendhied erde- en steenware by Du Toit Pottery op Goedemanskraal. De Berge Gastehuis: R135 per persoon wat deel. "Pool Magic" bied 'n silwerskoon swembad vir slegs R30 per maand. 425g Lucky Star vis by Spar @ R2,69.

Vouers hard aan die werk.


16

Silver Threads hou High Tea

Steynville learners receive shoes

Die Silver Threads Bestuur is Marlene Erasmus, voorsitter, Dennis Afrika, onder-voorsitter, Ellen Pillay, hulp-tesourier, Ann Julius, tesourier en Mavis Valentyn, sekretaresse. Foto's: Marietha Goosen

The delighted learners with their new shoes.

Ann Julius, links en Aletta Sias, regs het elkeen ‘n Liebco geskenkbewys in gelukkige trekkings gewen.

On 29 May 53 identified learners in need of school shoes at Steynville Primary School, were handed their new shoes. The role players were Lt Colonel AB Zimba, Sgt Arries, Cst Koordom and W/O Lourens of Piketberg SAPS together with the Mayor of Berg River Municipality, Ray van Rooy, the Community Police Forum Chairperson, Pastor Mark Lintnaar, the Neighbourhood Watch Chairperson, Pastor Adriaan Sauls, Women's Network, Ms HenriĂŤtte Olivier, Principal of Steynville Primary School, Mr Bryan Pieterse, School teacher, Mr S Klaase, and the Foreign National Shop owners, Mr Khan Mehmood, Mr Abdesalom Elemi, Mr John Etomo and Mr Happy Ashulo of Piketberg. All of the abovementioned role players embarked in a shoe project after receiving a name list from Steynville Primary School who identified underprivileged learners in need of a pair of school shoes. SAPS together with the various role players engaged with our Foreign National Shop owners who donated the funds, making it possible for the purchasing of the school shoes. By donating the funds they were giving back to the community who support their businesses. What a delight it was to see the faces of these learners as they received their very own shoe box containing a pair of shoes. This is but one of many projects to follow in giving back to the community of Piketberg and children in need .

Burgemeester Ray van Rooy, regs, oorhandig die prys vir die keurig gedekte tafel aan die Rooitafel se mense, Dennis Afrika en Ann Julius. Links: Bianca Booysen en Whilmary Baadjies van Bergrivier Motivated Women Tuisversorging (Home Based Care), neem Elizabeth Titus se bloeddruk tydens die High Tea.

House-/Petsitting Piketberg Dion 0820835069


17

VLV-vergadering Simply Bee Die Algemene Ledevergadering vir Landbou-portefeulje het vir SIMPLY BEE van Hopefield genader vir ‘n praatjie op 13 Junie. Helena van der Westhuizen en haar dogter, Heidi het ‘n uitstalling van die produkte gedoen asook vertel van die geskiedenis van die familiebesigheid. Al die produkte word van natuurlike byewas gemaak en baie goeie resultate word van die produkte gekry. Die volgende VLV Gesondheid-vergadering is op 8 Augustus in die Biblioteeksaal om 09h30. Enige navrae: Nicoline Brown – voorsitter 082 477 0665

Flat to Let - Aurora Beautiful flat to let in Aurora, just a half hour from Piketberg. Available immediately, brand new in a new house in the safe, friendly and charming village of Aurora. Tastefully furnished and decorated, fully equipped, just bring yourself. Suit a single person. Comprises three rooms: bed-sitter, bathroom and kitchenette-dinette. Property is fully fenced, locked gate. Own private entrance and security gate. On site parking. One small pet allowed. Views onto mountains and meadows with sheep and cows. Beautiful garden under development. Your own garden if you wish. Call Ingrid on 076 334 0790 or John on 084 088 6303.

Sonja de Jongh, Heidi van der Westhuizen, Sonia Richter, Katinka Morrison, Nicoline Brown, Marlize Rossouw (Sameroeper : Landbou) en Helena van der Westhuizen. Foto verskaf Benodig u ‘n sekuriteitskamerastelsel vir u huis of plaas? Wil u kan sien wat op die perseel gebeur, al is jy nie tuis nie? Wil u voorkomend kan optree teen potensiële bedreigings teenoor jou familie en besittings? D&D IT spesialiseer op die gebied van cctv kamera oplossings. Sentraal geleë in die omgewing tussen Piketberg en Citrusdal, diens ons die area vanaf Piketberg tot Clanwilliam, Porterville tot Elandsbaai. Ons bied die beste advies en puik diens teen billike pryse. Kontak ons gerus om u behoeftes te bespreek. Ons kan ook help met “Panic Systems” en Infra Rooi Beams ens.

JULIE SPECIAL

4 Kamera CCTV Stelsel Slegs R6 999 (installasie ingesluit)

Kontak Deon Taljaard Sel: 071 810 5626 E-pos: dftaljaard1@gmail.com


18


19


20

Boererate en Verbruikerswenke

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

Soos versamel deur een van ons oudste en getrouste lesers, Willem Burger

ASYN  Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word, dit absorbeer minder olie.  Om visreuk uit skottelgoed te haal, spoel met warm water gemeng met bietjie asyn.  ‘n Lepel asyn in water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.  Vleis wat in krummels pan-gebak word, bak meer egalig as bietjie asyn by die olie gegooi word.  Vir goeie huishoudelike reiniger, meng asyn en koeksoda.  Maak ‘n aangebrande pot sommer vinnig skoon met citro-soda en asyn mengsel  Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn.  Week goue of silwer juweliersware (nie pêrels) oornag in asyn om vuiligheid te verwyder.  Maak harde skoenpolitoer weer sag deur ‘n paar druppels asyn daarby te gooi.  Vir skitterskoon vensters, gooi bietje asyn by waswater.  Bloed of rooiwyn vlekke kan gewoonlik uit klere of matte verwyder word met wit asyn of sodawater.  Maak ‘n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan vuil hempkrae, week ‘n bietjie en was normaal. Hierdie rate en wenke is vir u om te geniet en self te probeer, dis nie noodwendig getoets of beproef nie.

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


21


22

1,2m Brand new

“home fire” build in braai Only R7500 (shop price R9500) LG 154kg turbo drum top loader wasmasjien Soos nuut R2500 Riaan 0846240963 Full gas stove/oven Smeg 90cm model ssa91ggx1 Brand new- stil in wrapping with slip 5 burners with WOK stand

R12000 cash (R14500 in shop) Adriaan 0846240963

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester... Ons het die voorreg gehad om ons vaders te bederf en spesiaal te laat voel op Vadersdag. Van ons het tuis gebly en van ons het die pad aangedurf na familie of vriende. Ons dank God vir ’n wonderlike dag waar ons die tradisie kon voortsit om ons Raadsheer Ray van Rooy pappas en oupas te bederf. My oproep aan ons wat kinders en kleinkinders is, is om elke dag te vier met pappa en oupa asof dit Vadersdag is. Kom Piketberg, laat elke dag spesiaal in ons lewens wees en mag ons omgee vir mekaar ongeag of ek ryk, arm, wit, bruin of swart is, behoort aan die Pinkster of Protestante kerk, ons is almal een God se kinders. Die provinsiale en nasionale verkiesing is verby en u as kieser het gepraat oor hoe u voel. My boodskap aan die Bergrivier Raad is die belangrikheid van die inwoners van ons dorp. Die inwoners moet en gaan ons fokus wees vir die volgende twee jaar. U as inwoner is vir my die belangrikste in ons werk en u moet nie huiwer om met my kontak te maak nie. Enige skrywe of e-pos aan ’n amptenaar moet u ook aan my stuur sodat ek dit kan monitor. Maak kontak met my as u nie antwoord kry nie of as ’n amptenaar nie reageer op ’n telefoonoproep nie. Ons kom van Jeugmaandvieringe en my oproep aan die jeug van Piketberg is om meer betrokke in die gemeenskap te raak as om buite te staan. Ons grootste kopseer onder jongmense in Piketberg is die swangerskapsyfer van meisies, gebruik van dagga by kinders so jonk as agt jaar oud en dwelm- en drankmisbruik onder skoolkinders. Wat in Piketberg moet gebeur, is beter samewerking tussen die munisipaliteit, kerke en organisasies om die jeugkwessies aan te spreek en om oplossings te kry. My oproep aan inwoners wat bewus is van ongerymdhede by Bergrivier, kontak my by 083 657 9615 of stuur inligting na my privaat e-pos rayvr42@gmail.com. Moenie toelaat dat ongewenste persone ons pragtige dorp afbreek nie. My bekommernis is die afbreek van speelapparate by ons speelparke en die opbreek van die voetpad tussen LB Wernich Biblioteek en Steynville Primêr. Dit is ons dorpe, kom ons wees trots op Bergrivier. Die munisipaliteit het verskeie vullisdromme op strategiese plekke aangebring en my pleidooi aan u is om die papiere en blikkies daarin te gooi. Kom ons hou ons dorp skoon eerder as om morsjorse te wees. Die afdak wat die munisipaliteit by die kliniek opgerig het, is vir pasiënte wat wag vir ’n ambulans of diegene wat die kliniek besoek. Kom ons pas dit op. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za / burgemeester@bergmun.org.za

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126


23


24

Diensheld Wenner

Seemansmusse

Last Sithole is die algehele wenner van die ‘Piketberg Service Hero’ kompetisie. Foto verskaf

Bloedskenk datums 5 Julie * 13 September * 8 November (Vrydae : 10:00 - 14:00) by Piketberg Museum

Die Piketberger se Datums AUG: Berigte in 23 Julie : Verskyn 1 Augustus SEPT: Berigte in 20 Aug : Verskyn 29 Augustus OKT: Berigte in 24 Sept : Verskyn 3 Oktober NOV: Berigte in 22 Okt : Verskyn 31 Oktober DES: Berigte in 19 Nov : Verskyn 28 November EPOS: diepiketberger@gmail.com Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm

Helma Kotzé, Alison Müller, Susan de Vries, Jackie Ferguson, Magda le Roux en Kowie Duvenhage is ses van die 25 vroue van die NG Kerk Piketberg wat binne vier weke 108 seemansmusse gebrei het. Die mikpunt was om aan te sluit by die AHOOI! tema van Kinderpinksterweek. Hierdie tema van KidsXpress was kleurryk en interessant met bekende seeverwante verhale. Kinders het die geleentheid gehad om op 'n nuwe manier Noag, Jona en Petrus se verhale te hoor. KidsXpress se kinderpinkstermateriaal het ook kort video's ingesluit van organisasies soos Logos Hope, Biblia Hawesending, Mercy Ships en NSRI om die werksaamhede van die organisasies te verduidelik. Die seemansmusse is op Pinksterfees Sondag in 'n boot voor die kansel uitgestal en is gestuur na Biblia Hawesending waar Dane du Plessis dit verder neem na Kaapstad hawe. Foto: Marietha Goosen


25


26

VLV Burger Dag Op Vrydag, 31 Mei word die voorsitter se kombuis in ‘n hamburger-fabriek omskep! Tien lede kom help om 200 hamburger-bestellings vir die besighede se werknemers gereed te kry vir ‘n heerlike middagete. Dit was ‘n aangename werksessie met baie goeie resultate. Weereens baie dankie aan almal wat die VLV ondersteun het. Terugvoer was baie positief en VLV sal u nader as daar weer ‘n hamburger-ete voor die einde van die jaar is. Groot dankie aan LIEBCO en BOLAND SUPERSPAR vir hul donasies. Foto: Dinette Lochner

Op die rakke van die Biblioteek... Hans steek die Rubicon oor

deur Rudie van Rensburg Rudie van Rensburg wat vir sy misdaad stories bekend is soos Kamikaze en Kopskoot, het beslis ‘n nuwe bladsy omgeslaan. Of eerder die bal met sy klugkomedie, Hans steek die Rubicon oor, Bespreking deur raakgeslaan. Moenie dat die Hanlie Richter Rubicon woord jou mislei nie, hier word oor geen ernstige politieke sake verslag gegee nie! Oom Hans is 90 jaar oud, sy kinders is versprei oor die hele wêreld, sy vriende het al almal die tydelike met die ewige verruil en hy moet nou na die ouetehuis, Huis Madeliefie, gaan. Daar word die bejaardes behoorlik deur Matrone van Dussen in toom gehou en van al hul plesiertjies ontneem. Hans beskou dit sy plig om met sy “POEP” organisasie winde van verandering mee te bring en sodoende ook sy eie doel te bereik. Hy wil in sy eie woonstel bly en probeer alles in sy vermoë om geskors te word. Maar moet uitvind dat sy kinders, wat hy die Verenigde Nasies noem, sy losies vir die jaar vooruit betaal het! Hans steek die Rubicon oor gaan behoorlik jou lagspiere kielie, al is van die scenario’s te dik vir ‘n daalder. Tant Baby, Oom Vasie en Tant Liesbet voel soos familie en kyk uit vir pragtige ou, uitdrukkings wat weer uit die skatkis van ons Afrikaanse taal herontdek word.

Trienie word verras op 60ste

Trienie Pedro, koster by die VG Kerk, het op 11 Junie 60 geword en is verras met 'n teepartytjie. Agter is Myrtle Smith, Florence Ntane, Anna Visagie, Adam Visagie, Liza Dirkse, Maria Fortuin, Alice Pedro, Lena Pietersen en voor Louis Ntane, Marlene Erasmus, Trienie Pedro, Sophie Engelbrecht, Ray Dirks en Nancy Swartz. Dit was ook "toevallig" Sophie Engelbrecht se verjaarsdag. Foto: Marietha Goosen

TE KOOP DEFY Compact 4 Stoof te koop Prys R1 900 Kontak 079 496 2719

Heelwat besoekers het Hanlie Richter se boekbespreking bygewoon en dit baie geniet. Foto: Marietha Goosen

Leeskring 2019 24 JULIE: Vergadering by Moira se huis in Tuinstraat HUISIES VAN PAPIER – Dalena Theron. Bespreek: Marietha Goosen 21 AUGUSTUS: WONDERBOOM – Lien Botha Bespreek: Deidré Eigelaar 18 SEPTEMBER: AANKOMS EN VERTREK – Pat Stametelos Bespreek: Madelie Burger 23 OKTOBER: KAINSMERK – Annelie Botes Bespreek: Sandra van Wyk 20 NOVEMBER: AFSLUITING


27

Tuinbou leer Papierkuns

Badisa Snoek en Patat Badisa het 'n baie geslaagde snoek en patat wegneemete aangebied vir 430 mense. Dankie aan almal wat hierdie poging ondersteun het.

Vanessa Beautement (sekretaresse en tesourier van die Tuinbouklub), George Conradie, demonstrateur, Sonja de Jongh, tuinboulid, Katinka Morrison, Voorsitter, Cobus Conradie, demonstrateur en ontwerper in die blommekuns en Delina Fox, tuinboulid. Cobus is ook voorsitter van die paneel van onderwysers in die blommekuns. Hy bied ‘n werkswinkel aan in die maak van ontwerpe uit papier wat in blomontwerpe gebruik kan word. Cobus en George is van Kleinmond afkomstig en het van ver gekom om ‘n baie leersame en prettige werkswinkel aan te bied.

Driaan Pretorius en Truter Coetzee.

Fredeline Cloete, Nolene Gysenberg , Ponkies Engelbrecht en Annalida Coetzee. Voorbeeld van hoe die papierontwerp saam met blomme gebruik word. Foto’s verskaf

Tuinbouklub volgende vergadering: Woensdag 7 Augustus in die Biblioteeksaal, Piketberg. Tee en verversings word bedien vanaf 9:00. Vergadering begin 9:30. Die beplanning en uitleg van tuine deur Delina Fox. Besoekers welkom. Besoekersfooi R40

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R230 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Rykie Jansen, Hannie Visser, Kowie Duvenhage en Helen Dirks. Foto’s: Martin Goosen

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

diepiketberger@gmail.com


28 Kinderpinkster met die tema AHOOI!

was ‘n vierdag prettige vaart op die Piketberg Pinkster Plesierboot. Bootvaarders het die karakters, Noag, Jona en Petrus van nader leer ken.

Inligting oor NSRI, Biblia Hawesending, CSO en Logos Hope het ‘n breër prentjie gegee oor die Evangelie op see en op hawens.

Foto’s: Johan du Toit


29

Piketberg Groet Elna

Elna Strauss se oud-kollegas oor die afgelope jare, met die uitsondering van 'n paar, het van haar afskeid geneem by Porterville Mark. Van voor links is Sylvia Botha, Nella de Klerk, Annalida Coetzee, Tertia Visser, Elna, Sandra de Villiers, Hantie Vrey, Hannie Visser en Annatjie Kotze. Foto verskaf

Telefoongids Badisa Piketberg is besig om Piketberg en Eendekuil se nuwe telefoongids te finaliseer. Baie dankie aan almal wat gereageer het!


30

Hoërskool Aurora hou ‘n Damesdag

Resepteboek Bekendgestel

Die Damesdag van Hoërskool Aurora is ‘n inisiatief deur Adélma Carstens begin en gedryf nou al vir die laaste agt jaar. Die fondse is alles ten bate van Hoërskool Aurora wat n "no-fee" skool is. Fondse word gebruik vir die betaal van opvoedermateriaal, beheerliggaamposte en benodigdhede. Rina Brink en Debbie Kotze was die sprekers van die dag. Rina het die gehoor kom inspireer om die vrou van môre te wees en die toekoms in ons eie hande te neem. Debbie het al die vrouens kom inspireer en motiveer om

Hoërskool Aurora stel hul eerste resepteboek bekend wat beskikbaar is by die skool en personeel teen R50 ‘n boekie. Alles ten bate van die skool.

Rina Brink, spreker, bestudeer ‘n Debbie Kotze uitstaller, Marguerite van Zyl se praat oor jou hare baanbreker produk, herbruikbare as jou kroon. sanitêre doekies. Foto’s verskaf hul hare as hul kroon te dra en raad en idees gegee hoe om dit te doen. Vanjaar se tema was “Vrou van môre”. Step by step dansgroep olv Elanza Truter van Moorreesburg het met twee jong dansgroepies almal vermaak met hulle passies. Ruan van Heerden spyseniers doen nou al vir die laaste drie jaar die spyseniering en is fantasties! Aurora is baie bevoorreg om jaarliks wonderlike borge te hê wat die skool en gemeenskap getrou ondersteun en te danke aan het elke vrou ‘n houtkissie gevul met heerlike produkte ontvang. Die doel met die dag is om vir die vrouens in ons lewe ‘n kans te gee om te ontspan, pitkos vir die siel te kry, lekker te eet aan kos wat sy nie self voorberei het nie en rond te loop tussen die uitstallers se stalletjies.

Baie Dankie…. Aan al die borge van die Hoërskool Aurora Damesdag, sonder julle sou ons houertjie leeg gewees het. Junior Brand (Discount Boards), Erasmus Brand, Bierman Grobbelaar Oogkundiges, Khoisan Tee, Jannie en Alma Kotzé, Bernise Carstens (Avon), Dr Herold Truter, Velddrif Toerisme, Sasko, Superspar Boland, Antoinette van der Westhuizen Printing en Raimondi’s.

40 Dae

6 Weke in Jesus se Geselskap

Die NG Gemeente van Piketberg is ‘n stroom van lewende water wat gevoed word uit die Fontein, wat lewe gee, laat groei, vrug dra en oes voortbring. ‘n Sleutelaspek van gestuurdheid is om te leer om as dissipels van Jesus te leef. Dit is natuurlik ‘n lewenslange reis. Ons moet leer om eerstehands met God te leef. Dit beteken ‘n persoonlike verhouding met God. Die 40dae gaan in die 3eKwartaal oor vars perspektiewe op Jesus se daaglikse handel en wandel  Week 1 - Jesus het  Week 4 - Jesus het gerus gekuier  Week 5 - Jesus het  Week 2 - Jesus het geleer gebid  Week 6 - Jesus het ge Week 3 - Jesus het dien genees  materiaal is geskryf met die oog om ‘n spontane Die BYBELBESPREKING te ontlont met die oog om as groep ook na buite gerig te wees en bedieninge te begin. Wat is beskikbaar? → ‘n Handleiding vir elkeen in die groep (of vir ‘n gesin) → ‘n Handleiding vir die Leiers van ‘n → ‘n DVD met 6 weke se inleidings vir omgeegroep.

Organiseerder van die Aurora Damesdag, Adélma Carstens, middel, met die spyseniers, Ruan van Heerden, regs, en Henri, links.

Kontak ds Johan Smit 022 913 1244 of die kerkkantoor by 022 913 1750


31

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


32

PHS Laerskool koor behaal meeste punte by Kyknet Sing in Harmonie Kompetisie

PHS’ers na Craven Week Boland Akademiespan

Hoërskool Piketberg se Laerskoolkoor (Gr 4 – 7) het vanjaar aan Kyknet se Sing in Harmonie Koorkompetisie deelgeneem. Ongeveer 230 kore landwyd het deelgeneem. Op 3 Junie het hulle in Worcester gesing saam met nege ander kore en behaal die meeste punte (81%) van al die kore teenwoordig en dring ook deur na die Wes-Kaap se Finaal! Op Sondag 18 Augustus vind die finale beoordeling plaas by Hugo Lambrechts ouditorium in Kaapstad. Foto verskaf

Die opname van PHS sal uitgesaai word op 30 Julie om 19:00 op Kanaal 146

Jako Strijdom en Willsley Banies is gekies vir die Boland Akademiespan. Cravenweek vind plaas in Bloemfontein van 1 - 5 Julie. Foto: Facebook

Henri van der Westhuizen is opgeneem in die o/18 WP Akademiespan wat deelneem aan die Cravenweek in Bloemfontein van 1 - 6 Julie. Henri is ‘n oudPHS’er, tans by Boland Landbou. Foto verskaf

Groenvlei Primêr na Eisteddfod

Groenvlei Primêr se leerders het aan die Landelike Eisteddfod deelgeneem te Noordhoek Primêr. Saam met hulle is Beryl Booyse en Marilee van Zyl. Foto verskaf

Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170


33


34

Comrades Marathon Deelnemers

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

Hendrik Swarts en Nazeem Afrika. Foto: Barbie Breunissen

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1919 tot 2019 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

Hendrik Swarts, links, en Nazeem Afrika, regs het deelgeneem aan die Comrades Marathon. Dit was Hendrik se 9de Comrades, maar weens krampe kon hy nie klaarmaak nie. Nazeem het sy 7de Comrades voltooi met ‘n tyd van 10uur 27min en sodoende ‘n Brons medalje gewen. Nazeem is lid van die Swartland Atletiekklub en Hendrik van die Guguletu Atletiekklub.

Yolanda (Mouton) Smit oudleerder van PHS het vanjaar haar eerste Comrades gehardloop. Dit het hierdie jaar plaasgevind vanaf Durban na Pietermaritzburg. Sy het ‘n pragtige tyd van 9uur 12min behaal. Foto is geneem voor die wegspring by Durban Stadsaal. Foto verskaf

Die Piketberger se Datums AUG: Berigte in 23 Julie Verskyn 1 Augustus SEPT: Berigte in 20 Aug Verskyn 29 Augustus OKT: Berigte in 24 Sept Verskyn 3 Oktober NOV: Berigte in 22 Okt Verskyn 31 Oktober DES: Berigte in 19 Nov Verskyn 28 November EPOS: diepiketberger@gmail.com

Die volgende Piketberger verskyn op 1 Augustus 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 23 Julie 2019 Stuur na: diepiketberger@gmail.com


35


36

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Jul 2019  

Die Piketberger Jul 2019  

Advertisement