__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 6

www.piketberg.com

Julie 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Vonke Spat op CBY

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Troue by Huis AJL...p4 Aurora Wynveiling...p6 Huldeblyk aan Andries Mostert...p8 Gesondheidstrein...p10 Vrouediens Ringsbyeenkoms...p12 Rus-’n-Bietjieklub Nuus...p14 Inkleur Wenners...p26 Radikale Redenaars...p28 Karate Cleo...p28 Driekuns vir Lyle...p29

Christa Myburgh, tesourier Piketberg VLV en Martha Robertson saam met Manie Jackson wat op 13 Junie vir die inwoners van Huis AJ Liebenberg kom sing het. Die geleentheid is aangebied in samewerking met Piketberg se VLV-tak. Foto verskaf. Nog ’n berig en foto op p6


2

Redaksioneel Om ruimtes te skep Die tydskrifte is vol daarvan. Bladsye vol idees oor die skep van knus ruimtes, groen ruimtes, gesellige ruimtes, kuierruimtes, ontspanningsruimtes, oop ruimtes........vertrekke, tuine, kaste, portale, kantore, sale, ingange - alles is ruimtes wat boodskappe gee of 'n gevoel oordra. Met 'n ander kussing hiér, 'n nuwe foto daár, 'n verandering van verf of die herrangskik van die meubels, kan 'n saai ruimte in 'n kits lewe kry. Ruimtes het oor tyd 'n luukse geword. Ruimtes waarvoor geen dekorwenke nodig is nie, is die ruimtes waarin ons mense ons elke dag bevind. Die ruimte tussen (twee of meer) gesigte, (twee of meer) harte, (twee of meer) pare oë, kan baie vorme aanneem, baie indrukke laat en baie beteken.......mits dit veilig is. Veilig vir jóu om jóu storie te vertel, veilig vir mý om mý storie te vertel. Die koerant se ruimte is gevul met stories vir jou om te geniet.......hopelik vind jy 'n gevoel van knusheid, tuiswees, ontspanne wees en menswees. En wanneer jy die koerant neersit, het jy, so glo ek, meer kapasiteit vir die dieper ruimtes in jou lewe. Vertrou die Heilige Gees daarvoor. By Hom is ek en jy veilig. Wat 'n vertrekpunt!

Liefde Marietha

Die AUGUSTUS-uitgawe van Die Piketberger verskyn op 26 Julie 2018 Stuur berigte voor 17 Julie Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Briewe van ons lesers... Elsa Cronje van Albertinia skryf… Baie dankie aan soveel Piketbergers wat op een of ander manier vir my en my kinders ondersteun het met die heengaan van oom Jaap. Marianne Kitshoff skryf… Ek het twee maande gelede 'n sinkgat in Langstraat by die munisipaliteit gerapporteer. Toe ek weer in die dorp kom was dit herstel. Baie dankie Bergrivier Munisipaliteit vir flinke diens. Rina Engelbrecht, PHS, skryf... Dis met groot afwagting dat daar uitgesien word, uitgawe na uitgawe, op ons pragtige dorp se eie koerant. Die puik beriggewing, oulike brokkies, aktuele nuus en dan natuurlik al die nuus oor ons spogskool, PHS en sy oulike, presteerkinders en -onnies. Dankie dat julle altyd bereid is om ons nuus en selfs ook advertensies te plaas en jul bereidwilligheid om ook foto’s te kom neem. Bemarking van ons skool is vir ons baie belangrik, maar met julle aan ons sy, is ons sommer 'n hele ent ver in konstante blootstelling in die nuusbelaaide koerant. PHS voel trots om deel van julle te kan wees. Dankie vir volgehoue ondersteuning. PHS Bemarkingsgroete

Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor.


3


4

Troue in Huis AJL

Steenkamps 55 jaar getroud

Deon Adriaanse se dogter, Marlene het hom Saterdag 2 Junie kom verras en by hom in Huis AJ Liebenberg kom trou met Nico Brand, sodat hy ook kon deel in hul groot dag. Alles was vir hom as ‘n verrassing gehou, maar hy was innig dankbaar vir die gebaar. Foto: Annake Bester

David en Myrtle Steenkamp het op 2 Februarie 2018 hul 55ste huweliksherdenking gevier. Hulle is 55 jaar gelede deur ds APS Beetge in die Moedergemeente Ysterplaat (Kaapstad) in die huwelik bevestig. In daardie dae toe sms’e, Whatsapps of e-posse nog nie bestaan het nie, is ‘n telegram by hul afgelewer wat as volg gelui het, “Opdraend saam trek, gelykpad saam draf en afdraend saam rem.” Die woorde het hul gehandhaaf saam met Geloof en Genade tot vandag. Hul is nou al gesoute inwoners van Piketberg na hul aftrede by PPC De Hoek in 1994. Foto verskaf

Family is not an important thing - it’s everything


5


6

Wynveiling vir Restourasiefonds

Manie by Huis AJL

Cliffie Etzebeth, Danie Truter (Danielshoogte), Radie Kotzé (Agterdam), Jannie Kotzé (Die Tuin), Beyers Truter (afslaer, bekende wynmaker van Beyerskloof en Kanonkop, internasionaal bekend as die "Pinotage Koning"), Jan Boland Coetzee (rugbyspeler, wynmaker en keldermeester van Vriesenhof). Foto: Petrusa de Koker Die Gemeente van Aurora het reeds verskeie kere gewys dat hulle nie huiwer om ‘n groot projek aan te pak nie. Op 1 Junie is ‘n veiling, waar verskeie wyne opgeveil is, in die skousaal op Aurora gereël. Al die wyne wat onder die hamer gekom het, was skenkings en het gehalte produkte van verskeie bekende kelders ingesluit. Kopers het van reg oor die land gekom en is gesellig onthaal. Die veiling was uiters geseënd en die Gemeente wil graag hul dank betuig aan almal wat enigsins betrokke was en die veiling so goed ondersteun het. Die volle opbrengs van die veiling word aangewend ten bate van die Restourasiefonds van die NG Kerk op Aurora. Die kerkgebou is reeds meer as 100 jaar oud en het noukeurige onderhoud en herstelwerk nodig. Die Restourasiefonds het ook reeds vele skenkings ontvang.

Doen iets besonders. Skenk bloed.

Manie Jackson saam met VLV-lede by Huis AJ Liebenberg. Foto verskaf Manie Jackson het op Woensdagoggend, 13 Junie vir die inwoners van Huis AJ Liebenberg kom sing. Ou bekende gunstelinge asook country liedjies is ook deur Peter Moore, wat hom vergesel het, gesing. Die inwoners het die optrede terdeë geniet. CD’s en DVD’s was ook te koop en baie foto’s saam met die sangers geneem. Heerlike verversings saam met die tee, wat in samewerking deur Piketberg VLV-tak gereël en aangebied was, is deur die gehoor geniet. Die bestuur van die VLV wil graag ook ‘n groot dankie sê aan die volgende borge en instansies wat saam hande gevat het om die oggend ‘n groot sukses te maak. Superspar Boland; Piketberg Apteek; Piketberg Drukkers en Martha Robertson en Christa Myburgh vir die reël en organisering daarvan. Baie, baie dankie. Manie het ook die aand opgetree by ‘n bekende restaurant in die dorp.

BERGRIVIER OUTREACH

Die Bloedskenkdatums vir 2018 is as volg:

13 Julie 14 September 9 November Sien jou daar!

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364


7

MNR & MEJ TRIPPE TRAPPE JOOL & JOOLKONINGIN HUIS AJL OPTOG!


8

Andries Mostert byna 100

Wyle Andries en Elsa Mostert. Foto verskaf Op 30 Junie 1918 is Andries Mostert gebore en na ’n kort siekbed is hy op 25 Mei 2018 oorlede – 99 jaar, 10 maande en 25 dae. Oor ’n tydperk van 100 jaar het hy baie ervaar. Op Redelinghuys het oom Mostert en tannie Elsa, soos hulle hier bekend gestaan het, diep spore getrap. Hy het as skoolhoof van Laerskool Redelinghuys hier afgetree en was vir baie jare daarna nog betrokke in die gemeenskap. As diaken en later ouderling van die gemeente het hy pligsgetrou huisbesoek gaan doen, met die uitgestrekte wyke en vervoer wat nie so gemaklik soos vandag is nie. Tannie Elsa was ook baie betrokke en het op vele terreine haar gewig ingegooi. By die Munisipaliteit was sy die stadsklerk. Met haar kennis van siektes en medisyne wat sy gehad het, het sy baie mense op die dorp en omgewing gehelp. Haar betrokkenheid by die Vrouebediening oor meer as 60 jaar as tesourier, spreek boekdele van haar bekwaamheid. Ook haar kennis van bak (veral haar melkterte) en naaldwerk doen, het sy met groot vrymoedigheid by die VLV kom deel. ’n Groot steunpilaar en iemand na wie ons kon opkyk. Na ’n skielike beroerte van tannie Elsa, verhuis hulle op 10 Februarie 2018 na Somerkoelte op Lamberts-baai. Dit is ook daar waar oom Mostert oorlede is na ‘n kort verblyf van drie maande. By oom Mostert se begrafnis op 2 Junie 2018, is ’n huldeblyk gelees wat deur sy seun Andries Mostert geskryf is. Dit word opgedra aan sy ma, tannie Elsa, al die kinders, kleinkinders en agterkleinkinders en elkeen wat hom geken het of by hom skoolonderrig ontvang het.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917

Huldeblyk

Voordat hy te swaar gekry het, het die Here hom kom haal. Ons wou almal hê hy moes 100 haal, maar vir hom was die Here se raadsplan voltooi. Kort na sy geboorte op die plaas Herculesfontein (geleë tussen Eendekuil en Porterville) het sy ma die gevaarlike 1918 griep opgedoen. Hy is toe deur sy ouma en stiefoupa versorg totdat sy ma weer gesond was. Uit dankbaarheid vir die opoffering het hy sy stiefoupa se name gekry. Hy moes eintlik Willem geheet het. Hy is eers op die ouderdom van sewe na die naaste plaasskool toe, want hulle moes vyf myl (8km) skool toe loop of hardloop – hy moes sterk genoeg wees daarvoor. Hy het Porterville toe gegaan vir sy hoërskool opleiding en moes eers loseer op die dorp. In 1941 is hy Wellington toe vir sy tweejaar onderwys diploma. Vir ’n 3de jaar het hy Landbou geneem, maar moes daarvoor Oudtshoorn toe gaan. Hy het nie van die plek gehou nie – die klimaat was baie koud en baie warm. Die son het ook vir hom aan die verkeerde kant opgekom. Porterville se oggendson kom op oor die berg, Oudtshoorn se oggendson kom op oor die vlakte. In 1944 aanvaar hy ’n pos op Platkloof (Rietvlei), ’n eenman skool en loseer by Oupa Jan en Ouma Maria. Dis waar hy Ma Elsa ontmoet het. Hy het baie stories gehad oor die dag toe hy die kinders met sy motor Kaap toe geneem het en hulle met die sweefspoor (kabelkar) berg-op laat ry het. Hy en Ma Elsa is op 3 November 1951 getroud. In Januarie 1953 aanvaar hy ’n pos by Redelinghuys en loseer eers ’n paar maande by oom Gys en tannie Lenie voordat hy hulle huis, “Dankbaar 50”, by sy stief-skoonma gekoop het. Hy het met selfstudie deur UNISA sy BA-graad behaal. Dit was vir hom ’n hoogtepunt in sy loopbaan. Hy het deur die jare ’n paar onderhoude by ander skole gehad, maar Redelinghuys het hom vasgehou. Hy het wel vir ses maande afgelos by Denneoord Laer waar een van sy leerlinge in die st. 5-klas Hannelie Rupert was. Later jare het hy skoolhoof geword van Laerskool Redelinghuys en uiteindelik ook daar afgetree. Godsdiens was vir hom deurentyd baie belangrik. Sy betrokkenheid as diaken en ouderling getuig daarvan. Daarbenewens het hy vir baie jare ook katkisasieklasse gegee. Sy lewe het daarvan getuig dat hy ’n gelowige man was. Hy het sy kinders en kleinkinders geleer van spaar, deelname op verskeie gebiede, visvang en groente kweek. Sy leuse was: “Jy hoef nie die beste te wees in alles nie, neem net deel.” Ons almal gaan hom baie mis, sy voorbeeld sal ons nog lank bybly. Rus in vrede.


9


10

Magrieta bereik mylpaal

Magrieta van Rooy Foto verskaf

Magrieta van Rooy (Muller) ‘n kind van Piketberg het die mylpaal van 80 jaar bereik. Sy is gebore in Piketberg, skool en kerk gegaan in Piketberg. Sy is die moeder van Eerwaarde Elsabe Booise en skoonma van Dokter Adonis Booise, leraarspaar van Mount Olive Community Church. Magrieta is nog aktief betrokke in die kerk en beweeg nog baie rond in die gemeenskap. Raadslid Ray van Rooy beskryf haar as ‘n liefdevolle en omgee moeder. Hy bedank haar vir haar liefde en aandag aan ons jongmense.

Gesondheidstrein na Bergmun Die Transnet Phelophepa Gesondheidstrein kom in September 2018 na Bergrivier Munisipaliteit. 'n Loods-komitee is op 13 Junie 2018 verkies tydens 'n vergadering met alle relevante belanghebbendes by die Piketberg Munisipale Biblioteeksaal. Die trein sal vanaf 17 tot 21 September 2018 in Piketberg wees. Die Phelophepa Gesondheidstrein verskaf uiters bekostigbare gesondheidsdienste aan gemeenskappe (letterlik R5-R10 vir medikasie, oogtoetse en brille, sielkundige dienste, tandheelkunde, apteekdienste en vele meer).

Vingers en digitale kameras

In Engels word die woord “digit” gebruik vir vinger of toon van enige landgebonde werweldier. In die begin het mense dikwels hulle vingers gebruik om te tel en daarom is die Engelse woord vir syfer ook “digit”. In ’n digitale kamera val die lig op ’n halfgeleier wat ’n klein elektriese stroompie opwek. Die elektriese stroom word dan in syfers omgeskakel en dan ook in syfervorm op ’n geheuestafie geberg. Die syfers wat in die proses gebruik word, is die syfers 0 en 1 wat die binêre stelsel verteenwoordig. M A.A.N. – S

Agter is Deon Alberts (Rampbestuur), Johan Van Lill (Verkeersbeampte) en Andrew van Wyk. Middel Joniff Titus (Terreinbestuurder: Gemeenskapswerkersprogram), Sanet Rossouw (Onderwys Departement), Melonice Blankenberg (Weskus Distriksmunisipaliteit), rdl. Billy J Claasen, Nico De Jongh (Weskus Distriksmunisipaliteit), Cecil Davids (Hoof: Strategiese Dienste) en Jacobus Oppels (Senior Superintendent: Siviele Ingenieurswese). Voor Wilhelm Markus (Weskus Distriksmunisipaliteit), Hanlie Linde (Munisipale Bestuurder), Wajdi Abrahams (VKC), Felicity Ficks (Toesighouer: Maatskaplike Werkers), Anna Britz (Bestuurder: Kliniekdienste) en Joseph Makandawira (Beroepsgesondheid en Veiligheid). Die hoof-koördineerder is Terry-Ann Wessels van die Uitvoerende Burgemeesterskantoor. Foto verskaf

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 20 Jaar Gelede - Julie 1998

Voltooi ‘n vormpie en staan ‘n kans om ‘n medisynekassie te wen wat kan toesluit!

Trekking op Maandag 2 Julie

022 913 1600 / 022 913 2075

Voorblad: Boland Spar is aangewys as die "Beste Klantesorgwinkel" in die Kaap en het oor die afgelope vier jaar 'n posisie op die Top 10 Klantesorgwinkels op streeks- en nasionale vlak behaal. Kollig op Jannie Visser. Volkskas Piketberg behaal die uitsonderlike prestasie as deel van ABSA se Effektetrust Miljoenêrsklub. Piketberg Lions verras pensioenarisse met koffie en toebroodjies. Fransa Chambers werk tans as sjef by 'n privaatskool in Wokingham-Ludgrove, waar prins Harry skoolgaan. Swartland Sangfees vind plaas op 19 Augustus. Boland Spar en Piketberg Lions skenk komberse aan die kinders by Mother Pearl Kleuterskool. Mount Olive AME kerk betaal lening in net meer as vier jaar af. PHS open Rekenaarlokaal


11


12

Vrouediens Ringsbyeenkoms

By Marian Coetzee, links, en Anoinette Muller, regs, van Aurora is Ankia du Plooy in die middel, die spreker van die dag. Marian is die Ringsvroue voorsitter. Foto’s: Marietha Goosen

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Piketbergvroue wat die Ringsbyeenkoms op Aurora bygewoon het is agter Roché du Toit, Madelie Burger, Selma Basson, Wilmien Olivier, Marietha Goosen en voor Nicoline Brown, Ina Visser, Mieta Basson, Erica Kretschmer en Christina Smit. Foto: Marian Coetzee

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm


13


14

(Rus) ‘n Bietjie Pret en Plesier Drie dae van pret en plesier het vir 26 lede van die ACVV se Rus-'n-Bietjieklub net té vinnig verby gevlieg. In Tulbagh se Tarzan-skoenfabriek kon almal eerstehands die kuns van skoene vervaardig, beleef. 'n Sjokoladeproe, die bekende gerestoureerde Kerkstraat, asook die kwekery waar padkos genuttig is, het gesorg dat Tulbagh voortaan nie slegs 'n kolletjie op die landkaart sal wees nie. Badsberg Wynkelder was die volgende besoekpunt op pad na Goudini Spa waar die groep twee nagte oorgebly het. Almal kon rustig ontspan terwyl vriende van Rawsonville gratis hout gebring en die vleisbraaiery behartig het.

Die volgende dag se besoek aan Matjiesfontein was beslis ook die moeite werd. Veteraanmotors, 'n ou passasierstrein, 'n klein kapelletjie waar Prys die Heer sommer spontaan saamgesing is en 'n museum wat uit sy nate bars van enige denkbare ding uit die verlede, het almal in verwondering gehad. In die hotel se kroeg, het John se klavierspel en sang mense wat gewoonlik op 'n kierie steun, in voordansers laat ontluik!

Die padstal by Touwsrivier asook Veldskoenpadstal by De Doorns is goed ondersteun deur entoesiastiese kopers. Aandete by Die Eike Restaurant naby Goudini het niemand teleurgestel nie - wat kwaliteit sowel as kwantiteit betref!

Elke aand na ete kon 'n hele paar (meestal gryskoppe in swart swembroeke) in die warm swembad gesien (én gehoor) word! Die derde dag se besoek aan 'n Alpakka-plaas naby die Paarl was baie interessant en leersaam. Hierdie goeie "skaapwagters" lewer self 2 - 4 kg wol per jaar, in een van 12 natuurlike kleure. Dit word verwerk tot sagte en duursame artikels. En wie sou kon raai dat 'n mens nie praat van 'n alpakkaram of -ooi of -lammetjie nie, maar wel van 'n shire, 'n dam en 'n cria! Draagtyd is 11-12 maande! Na middagete by JanKan in die Paarl moes die bussies se neuse terugdraai Piketberg toe, maar gelukkig sal almal nog baie lank die mooi herinneringe met dankbaarheid koester.

“Voices from the Heart” koor van die VSA, besoek Piketberg op 2 Augustus Foto’s verskaf

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


15


16 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Bergrivier Munisipaliteit is baie trots op ‘n opwindende nuwe projek in Piketberg. Tydens 2016 het ons aansoek gedoen vir provinsiale fondse as deel van die RSEP/VPPU program (Regional Socio-Economic Programme Hanlie Linde and Violence Prevention through Urban Upgrading Programme). Dit is ‘n Wes-Kaap inisiatief en ‘n inter-regeringsprojek wat fokus op die “wholeof-society”-benadering. Piketberg is sedert 2017 deel van die projek en is begin om saam met die publiek te beplan aan verbeterings aan ons dorp wat dit meer geïntegreerd, meer vriendelik en nog meer toeganklik sal maak. Fase 1 is die verlenging van Calendulastraat (ter waarde van R1 miljoen), fase 2 (18/19 finansiële jaar) is die oprigting van ‘n buitelug park/gimnasium ter waarde van R1 miljoen en fase 3 is die oprigting van ‘n “active box” ter waarde van R2 miljoen. Die grond gemerk 5 op die lugfoto hieronder, is deur die Raad goedgekeur as ‘n skenking aan die Departement van Openbare werke vir die oprigting van ‘n nuwe skool. Die grondtransaksie is reeds oorgedra en die skool word begroot deur Openbare Werke in die 2020/21 jaar. Bergrivier Munisipaliteit wil hierdie projek gebruik om werklik ‘n geïntegreerde gemeenskap te skep waar alle gemeenskappe gelyke toegang tot ons pragtige dorp verkry. Ons droom van ‘n lowergroen boomlaning met ligte, bankies en goeie voetgangerverkeer.

Extension of Calendula Street with pedestrian pathways and lighting Active Box Outdoor Gym

Proposed Youth Centre Proposed New School Proposed New Sports Facility Proposed Additional Parking

Die verlenging van Calendulastraat is reeds ver gevorderd en behoort teen middel Julie 2018 heeltemal afgehandel te wees. Hier is die projekleiers, Direkteur Vivian Kotzee (tweede van regs), Bestuurder Beplanning, Werner Wagener (derde van regs) by die projekingenieur, Ridaa Kearns en ‘n deel van die konstruksiespan. Hierdie projek het werksgeleenthede gebied vir 18 mense uit Piketberg wat op die databasis van Bergrivier Munisipaliteit geregistreer is.

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 BRANDWEER - 079 349 8619 VERKEER - 083 272 4126


17


18

VLV leer oor Gesondheid deur Jannie Lategan

Positiewe en Negatiewe gebeure

By Piketberg VLV se Gesondheidsvergadering is die gaste ingelig oor die versorging van wonde en noodbehandeling wanneer 'n kind stik. 'n Fisioterapeut, met 'n praktyk in Hoofstraat 62, Piketberg het haar dienste kom bekendstel. Op die foto is VLV voorsitter, Nicoline Brown, Suster Ronel Vercuiel, Carin Rossouw, sameroeper: Gesondheid, en Michelle Visser, fisioterapeut. Foto: Marietha Goosen

Huishulp Benodig Piketberg. 8h00 - 14h00 gedurende die week. Basiese kennis van kosmaak ‘n vereiste. Slegs nie-rokers kan aansoek doen. Skakel 082 780 8698 vir ‘n onderhoud.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

Die land en veral nou die Wes-Kaap getuig met blydskap, vreugde en dankbaarheid…almal buig in eerbied vir die milde reën. Reën wat die kluite sag maak en die koringplant laat deurdring na die oppervlak. Al wat ‘n boer is, “dans” in die reën. Stadig maar seker is die lande besig om groen te word en sal ons heel waarskynlik gou na die mooiste, een rooi lande, wat dan groen is, kan staar. Dis ontluikende lewe. Mense se gemoedere is gelig en daar is soveel optimisme te sien by boer en sakeman. Die land word ook andersyds getref deur ‘n spektrum van verskeidenheid in verskillende nuanses. Taferele wat in howe afspeel van moord en doodslag. Soms voel dit of hierdie negatiewe gebeure ons bestel so kan vernietig en ons in trauma dwing. Die leser kan self byvoeg, maar dit voel of alles in die oortreffende trap gebeur en ons magtelose toeskouers is van al hierdie gebeure. Dit voel soms of die hande van die gereg vasgemaak is en al wat oorbly, is om in ons onmiddelike omgewing te getuig en so op te tree dat ons optrede navolgingswaardig is. Daarteenoor is daar ander blydskappe waarin ons kan deel. ‘n Intertydse hoofdogter van PHS het haar tweede Driekamp Ystervrou in Italië gedoen en uiters goed gevaar en haar vorige ystervroudeelname aansienlik verbeter het in tyd. Dit was ‘n moordende deelname wat lang afstand swem, fietsry en hardloop insluit. Geeestelik en liggaamlik, neem jy teen jouself deel en word jy gedwing om net jou beste te gee in hierdie moordende wedren. Maande se voorbereiding is nodig om fiks te word vir hierdie uitdaging wat jy aan jouself stel. Ons is opgewonde oor die Comrades wenners wat uit talle deelnemers, twee Suid-Afrikaners is, en almal is maar te bewus van die uithouvermoë wat jou liggaam en veral elk spier uitdaag. Deeglike voorbereiding vir hierdie deelname, is beslis die uiterste vorm van fiksheid. Mag die Positiewe die Negatiewe in alle opsigte oorskadu.

nicole mouton arbeidsterapie

Weeklikse arbeidsterapiedienste beskikbaar in Piketberg. Kontak gerus vir enige vrae.


19


20


21


22

Op Reis saam met Anne…

deur Annetia Calitz

Ons is sowaar al vir vyf maande op hierdie ongelooflike reis in Europa en ook in my lewe. Nederland het MY plek geraak, so erg dat ek amper nie eers wil terugkom na Suid-Afrika toe nie, maar soos almal se planne maar uitgelê is, so is myne ook. Ek vlieg 24 Desemeber terug na my geboorteland en kan myself al klaar nie indink hoe ek ‘my’ twee seuntjies en my hele lewe hier in Nederland gaan moet agterlaat nie.

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Genoeg van my, julle het by my op besoek gekom in Nederland, so laat julle Hollandse ervaring begin. Klim op julle fietse, maak seker julle onthou om aan die regterkant van die pad te fiets en in Nederlands sou ek nou sê: “Hier gaan we.” Ons eerste stop is in Lisse, ons gaan wel nou ‘n bietjie terug in tyd, maar ons is nou hier by die Tulplande in Mei. Jy kyk om jou heen, dis prentjiemooi. Verskillende skakerings van tulpe staan wyd uitgesprei, dis net ‘n gesig wat gesien moet word, want woorde kan dit nie beskryf nie. Ons volgende stop is in Delft. Hierdie is ‘n tipiese Hollandse dorpie, want hier is winkeltjie op winkeltjies wat die blou-en-wit Hollandse breekware verkoop. Natuurlik ook Nederlandse kaaswinkels en moenie vergeet van die klompe nie. Klompe word gedra om op naweke in die tuin te werk, glo dit of nie. Ons laaste stop sal die hoofstad van Nederland wees Amsterdam, hier is altyd baie toeriste. Die klomp kanale in Amsterdam is baie mooi en soos die verkeer in die Kaap, so is daar soms verkeer van bote in die kanale ook. Nogals snaaks om dit te beleef vanuit ‘n trapbootjie se perspektief. Al wat ek myself net moes bly onthou het, is om regs te bly en groot bote voorkeur te gee. Einde Junie besoek ons die mooie Switserland so volgende keer maak ons herinneringe daar. “In de een-zaamheid vond ik heel veel waardevols, in ogenschijnlijk kleine dingen.”


23


24

Kinderbeskermingsweek - ACVV Bedank

Huis AJ Liebenberg het deelgeneem aan Kinderbeskermingsweek. Hulle het die Maatskaplike personeel van die ACVV bedank vir die onbaatsugtige diens wat hulle lewer om kinders in en om Piketberg te probeer beskerm en ‘n klein geskenkie aan hulle oorhandig. Maatskaplike werkster, Hanlie Smit, derde van links agter saam met inwoners en personeel van Huis AJ Liebenberg. Foto verskaf

Piket-Bo-Berg Reuse Pampoenkompetisie Foto’s: Marika Ince

Vaderskap raak betrokke Vaderskap kan verskeie betekenisse hê vir verskillende mense. Alhoewel mense dikwels wonderlike herinneringe aan hul pa’s se bydraes tot hul lewens het, is daar baie mense wat nie die voordele van betrokke en ondersteunende pa’s het nie. Verder is mense geneig om, verkeerdelik, die grootste waarde aan pa’s se rolle as geldelike voorsieners en gesagsfigure te heg. Pa’s kan, en wil dikwels, ’n veel wyer bydrae maak. Regoor die wêreld sê kinders byvoorbeeld dat hulle hegter verhoudings met hulle pa’s begeer, en dat hul wens dat hul meer van hul daaglikse vreugdes en hartseer openlik met pa’s kan deel. Pa’s sê weer dikwels dat hul nie altyd weet hoe om sulke verhoudings met hul kinders te kweek nie. Ons het egter min kennis oor hoe Suid-Afrikaanse pa’s in verskillende gemeenskappe vaderskap beoefen, asook oor die kennis en vaardighede wat hul benodig om effektiewe pa’s te wees. Om hierdie rede is Dr Elmien Lesch (Department Sielkunde, Universiteit Stellenbosch), en studente besig met ’n navorsingprojek in hierdie omgewing om meer kennis te versamel oor vaderskap opvattinge en gedrag. Indien jy ’n uitnodiging ontvang om hieraan deel te neem, wil ons jou aanmoedig om dit te doen en jou ervarings oor vaderskap te deel. Deur Dr E Lesch

Winter Market Saturday 30 June

Kruistementvlei Farm Piket-Bo-Berg

Hokke vir Minderbevoorregte Honde

Piketberg Animal Outreach beplan om houthokke te bou en te verf vir die diere wat die koue en reën moet trotseer sonder enige beskerming. Ons het reeds ‘n skenking van hout gekry asook ‘n paar manne wat bereid is om hokke te bou. Indien u ook kan help om hout hondehokke te bou kan u vir Katinka Morrison skakel by 082 829 6918. Die PAW-span verkoop Saterdae tweedehandse klere, linne, gordyne en ander huisware by Hoofstraat 60, Piketberg. Al die fondse gaan vir die gesondheidssorg van minderbevoorregte diere. Skenkings van die ware wat ons verkoop is baie welkom. Dit kan afgegee word by Hoofstraat 60 of kontak Katinka. ‘n Staatsveearts besoek die dorp op ‘n maandelikse basis om te help met sterilsasies en gesondheidssorg van hulp behoewende troeteldiere.


25

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


26

For Sale Industrial Electrical Ceiling Fan. Saisho Model SCFi 140cm. New. R200 Aros (Italian) Garden Sprayer 6 litre - hand free. R100.

Call Pam at 022 913 2762 or 082 445 9310 Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Trippe Trappe ondersteun Kinderbeskermingsweek

Met handgemaakte windmeultjies en ons slagspreuk “Draai na ‘n veiliger wêreld vir kinders” - “Turning toward a safer world for kids” het Trippe Trappe kleuters weer gedurende veiligheidsweek geleer om mekaar lief te hê en te respekteer en nie mekaar te boelie nie. Ons het ook geleer van ons kosbare lyfie en die reg om NEE te sê. Kleuters het met groot entoesiasme hul windmeultjies rondom die skooltjie opgesit en bewonder terwyl dit vrolik in die wind draai.

Te Koop

Koedoebiltong @R250/kg Beesbiltong @R240/kg Koedoedroëwors @R220/kg Skakel Nellis Louw 083 441 4032

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane

Kleuters is ook gedurende Juniemaand besig om ou kleertjies, skoene en kombersies bymekaar te maak met ons ‘Wintersvreugde’projek vir minderbevooregte kindertjies wat dan aan die ACVV oorhandig sal word om versprei te word waar daar ‘n nood is. Al die ouers word bedank vir hul ondersteuning. Foto’s verskaf

Inkleur Wenners

Enige modelle: Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com Dr Saskia Smalberger het 'n praatjie by PHS se Gr1 en Gr3 klassies gehou tydens hul higiëne week. Al die kinders het 'n lekker bederfpakkie gekry tydens haar besoek. Sy het ook 'n inkleurkompetisie gehou waar een seuntjie en een dogtertjie van elke graad 'n prys (Skoonmaak en Polering Afspraak) by haar kon wen. Hier is Dr Saskia saam met die wenners, Rudolf Etzabeth en Lauren Lee Henzen, (Gr 1) en Lereé Rossouw en Canton Julies (Gr 3). Foto: Rina Engelbrecht


27


28

Radikale Redenaars

Karate Kid Cleo Cleo Forbes, PHS-leerder, het vir die derde agtereenvolgende jaar dubbelgoud in Kata en Kumité behaal. Foto’s verskaf

Hierdie leerders het deurgedring na die Wes-Kaap finaal van die Radikale Redenaar– en Leesfees. Anette Bruwer, Helouise van Sittert, Marlize Crous, Nicole Steyn en voor Lisa Bruwer en Tian Stassen asook Hanlie Lambrechts, Nina Ellis en Ruan Stassen (nie op foto). Anette Bruwer het vierde geëindig in die ATKV Redenaars Wes-Kaap kompetisie. Foto: Rina Engelbrecht

Uitstekende Diens Verseker

Ma-en-Dogter Tee Steynville Primêre skool wil baie dankie sê aan elkeen wat betrokke was by ons Moeder- en Dogtertee. Dit was pure pret en 'n reuse sukses. Ons hoop om dit weer in die toekoms te doen. Foto’s verskaf

Dyrran Boumeester (HR Beampte: Opleiding en Ontwikkeling), Angelique Louw (Bestuurder: Menslike Hulpbrondienste), Vivian Kotzee (Direkteur: Korporatiewe Dienste). Voor van links na regs is: Jacques Oppels van IMATU, Speaker Riaan de Vries en Elisma Casper van SAMWU teken die Werksplek Vaardigheidsplan. Foto verskaf

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Sowat R771 750 word vir die finansiële jaar 2018-2019 begroot vir Bergrivier Munisipaliteit se Werksplek Vaardigheidsplan(WSP). Die doel van dié plan is om werknemers deur middelvan kortkursusse, leerlingskappe en vaardigheidsprogramme te bemagtig. Op hierdie wyse verseker die Munisipaliteit dat uitstekende diens gelewer word aan die gemeenskap. ‘n Totaal van 239 werknemers is reeds opgeneem in die plan vir die finansiële jaar 2018-2019. Opleiding sal vanaf 1 Julie 2018 begin. Volgens Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder by Bergrivier Munisipaliteit, vat dit ure se samewerking en goeie werksverhoudings om die plan saam te stel, en word alle rolspelers bedank vir die samewerking wat deurlopend geïmplementeer is. “Onderwys is die dryfkrag agter enige suksesvolle organisasie. Dit is om hierdie rede dat ons in ons werknemers belê. Dit verseker dat ons ten alle tye hoëstandaarde en produktiwiteit handhaaf,” het Linde gesê.


29

Driekuns vir Lyle

PCS hou Skaaktoernooi

Lyle Booyse, tot einde verlede jaar een van PHS se sportsterre en nou leerder by Hoërskool Swartland, is in vanjaar se Boland 0/16 Rugbyspan opgeneem. Die Kustoernooi vind plaas op 15 Junie in Oudsthoorn. Hy gaan aan die Grant Khomo Toernooi deelneem wat in die Junie-skoolvakansie in Kimberley plaasvind. Lyle het vir die derde keer Bolandkleure in rugby verwerf. In 2014 was hy in die Boland A-span opgeneem en slegs ‘n jaar later in die Bolandspan, bekend as die Nashua XV-Tal. Wat merkwaardig is, is dat Lyle uit 89 skole as een van die beste Lyle Booyse skrumskakels in die BolandFoto verskaf Provinsie beskou word. Lyle sê: “Om vir jou provinsie te speel, is ‘n eer, maak nie saak waar jy gekies word nie. Alle lof en eer aan die Here. Op die oomblik lê harde oefening voor vir die toernooi in Kimberley”.

Van skaaktoernooie na eksamentyd om die draai.... Piketberg Christen Skool bly aan die gang! Hulle bedank ieder en elk wat deelgeneem het aan hul eerste skaaktoernooi. Baie geluk aan die vele wenners asook almal wat handjie bygesit het om die wiel te laat rol. As Vader hul spaar maak hul verseker weer so. Foto’s verskaf

Geniet die skoolvakansie saam met jou kinders. Veilig reis!


30


31

vrugteplase


32

m Mammas

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Jul 2018  

Die Piketberger Jul 2018  

Advertisement