__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 24 Nr. 6

www.piketberg.com

Julie 2017

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Joanie ken haar Woorde

Joanie du Toit, gr 7leerder by PHS, is die wenner van die Gr 7 kategorie van die West Coast English First Additional Language Spelling Bee kompetisie. Joanie moes binne 48 uur gereed wees vir die kompetisie, aangesien sy vir 'n ander leerder moes instaan wat ander skoolverpligtinge gehad het. Binne die 48 uur moes sy 500 voorgeskrewe woorde bemeester vir die kompetisie op Moorreesburg, waarna sy deurgedring het tot by die finaal op Vredenburg 'n week later. Op Vredenburg was hulle vyf deelnemers, 'n wenner uit elke kring in die Weskusdistrik. Vir Joanie was hierdie uitdaging geen verskrikking nie, aangesien sy lief is vir tale en baie geïnteresseerd is in woorde. Joanie was 'n leerder aan Sentrale Volkskool op Kroonstad, voordat hulle gesin verhuis het en sy sedert gr 4 in PHS is.

R5,00

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Perdeberg verhuis...p3 Wen met R10...p11 Gr R besoek Oogkundiges...p12 Troufoto’s...pp16,17 Bybels vir Knysna...p18 Toerisme pakkies...p22 Trippe Trappe…p22 Jagstories…p26 Rus ’n Bietjie hou Jeugdag...p33 Skoolsport...pp36,38

Joanie du Toit, wenner in die Gr 7-kategorie van die West Coast English FAL Spelling Bee kompetisie. Foto: Marietha Goosen


2

Redaksioneel Terwyl sy Dans Wanneer die juwelekissie oopgaan, maak sy haar buiging grasieus, lyk sy fraai en gelukkig en hou sy aan dans totdat iemand die dekseltjie weer toemaak. Vir ‘n tydjie is alles draaglik en selfs hemels. Om by die Here te wees, Sy beloftes in Sy Woord te lees, of net te luister hoe die Gees fluister, is iets daarvan. Dan voel dit of die ballerina haar verskyning gemaak het. Die afgelope tyd het ek ‘n paar maatjies verloor na wie ek baie verlang. Aan almal gun ek die Here se nabyheid, Sy vrede en liefde waar daar geen plek vir ongemak en pyn is nie. En waaraan ek vashou, is die mooi herinneringe. Ek verbeel my die juwelekissie gaan oop, en terwyl sy dans, kan ek kies wat ek doen…….. Dan drink ek en jy melkskommel, Valerie Dan loer ek in vir tee, Sonia Dan hardloop ek oor die straat met ‘n horlosie of ‘n gebreekte kettinkie, oom Gert

Liefde Marietha 40 Dae by NG Kerk Derde Kwartaal (Julie, Augustus en September) Kontak Reinet Jonker 022 913 1750 om deel te wees van ‘n groep.

Briewe van ons lesers... Die inwoners van Huis AJ Liebenberg skryf…. Hiermee wil ons die Vrouediens van Redelinghuys onder leiding van Gerda van Schoor baie hartlik bedank vir `n bederf oggend van lekker gebak en geskenkies wat met soveel liefde aan elkeen persoonlik uitgedeel is. Dit maak ons harte warm in die koue Winter met vriende soos julle - julle is werklik Jesus se hande en voete.

Fruit Salad For Sale Piketberg Christian School has lovely Fruit Salad in tins for R8,00 a tin and Pear halves in tins for R7,00 a tin. Please feel welcome to come to the school to support us in buying some food tins to help us with fund raising.

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing

30 Junie 1 Sept 3 Nov Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies: diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Finale uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u Barbie Breunissen

Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R115 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

DR HEROLD TRUTER INKORPOREER Die tandartspraktyk van Dr Herold Truter, te Voortrekkerstr 75, Piketberg sal vanaf 1 Julie bekend staan as BERGRIVIER DENTAL INC. Ons personeel en diens bly dieselfde – dis net die praktyk se naam wat verander. Skakel ons gerus vir ‘n konsultasie: (022) 913 1630/ 913 2925 Piketberg (022) 783 0092 Velddrif (022) 921 3110 Citrusdal


3

Perdeberg Piketberg verhuis

Die Perdeberg Span het ‘n besluit geneem om Piketberg motors te skuif en saam te smelt met die Perdeberg Citrusdalspan in Citrusdal. Die besluit is geneem nadat GMSA op 18 Mei aangekondig het om uit Suid-Afrika te onttrek. Die Perdeberg Piketbergspan bly onveranderd en sal steeds daar wees vir hulle getroue kliënte. Agter is Kalla Ligthart, Leandra Deelman, Jonathan van Wyk en Rizano Marcus. Voor is Hendri van Niekerk, Sandra Young, Thomas Moses, Darryl Goes en Fytjie Joubert. Alle Isuzu-, Chevrolet- en Opel kliënte sal steeds hulle voertuie kan diens by Perdeberg Citrusdal of Malmesbury. Verder sal die Perdeberg Motorgroep steeds volhou om Isuzu en Isuzu trokke te verskaf en te diens en beloof om groot en interessante veranderinge by Isuzu te sien in 2018. Vir enige navrae, kontak Kalla Ligthart, algemene bestuurder van Piketbergtak by 022 913 1113 of Francois Du Toit, Handelaarshoof van Perdeberg Motorgroep by 022 482 1158. Hiermee bedank Perdeberg Piketberg hulle lojale kliënte vir die ondersteuning deur die jare en stel elkeen gerus dat die Perdebergspan steeds daar is om hulle beste diens te alle tye te verseker. Badisa benodig mansklere groottes 30-34, kinder wintersklere en skoene, leë yoghurt-, margarine-, of roomysbakke vir die sopprojek en mense om 1x per maand 5 liter sop te kook vanaf Mei tot September 022 913 2545

Nuwe Wintersvoorraad Beskikbaar

ACVV se Tillies Teewinkel is elke Vrydag oop gedurende skoolkwartale 8:00-12:00 by die ACVV-kantoor in Tillalaan

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


4

KANSA KANSA benodig tans vrywilligers om op te lei as pasiënt versorgers. Die vrywilligers sal bemagtig word om pasiënte ondersteuning te behartig. Dit sluit in die ontwikkeling van projekte om dienste aan pasiënte te ondersteun deur fondswerwing. Vrywilligers kan na afloop van die opleiding kies waar hulle betrokke wil raak. Die drie-dag kursus se fokus is op die diagnose van kanker, die behandeling van kanker, newe effekte van kanker sowel as die emosionele versorging van ‘n kanker pasiënt. Die streekkantoor op Malmesbury se KANSA personeel vennoot besoek die groep vrywilligers gereeld. Sy adviseur, bemoedig en gee leiding en bring hulpgewende artikels soos mediese toerusting, doeke, voedsel aanvulling, kospakkies, bors prosteses en pruike na gelang van die behoefte, na die dorpe. KANSA bied ‘n unieke geïntegreerde diens aan die publiek en mense geaffekteer deur kanker.

Morawia Sosaties

In Morawia wyk word hard gewerk om 2000 sosaties gereed te kry vir die NG Kerk se bestellings. Regs is Mieta Basson wat die leiding neem. Foto verskaf

Tuinbou bekyk aalwyne

Die volgende opleidingsgeleentheid is in Piketberg en vind plaas op 11, 12, 13 Julie 2017. Dorpe wat kan inksakel is Citrusdal, Porterville, Moorreesburg, Piketberg, Goedverwacht, Redelinghuys en Eendekuil. KANSA vrywilligers moet aan die volgende kriteria voldoen:  Hanteer mense met liefde en geduld.

  

Moet maand vergaderings kan bywoon. Moet skriftelike terugvoering gee aan KANSA koordineerder rakende pasiënte se vordering. Moet ‘n minimum van een jaar as vrywilliger kan aansluit.

Moet bereid wees om die pad saam met pasiënte te stap met gereelde tuisbesoeke. Moet in alle opsigte KANSA protokol kan volg, soos per opleiding. Alle belangstellendes wat die opleiding wil meemaak kan vir Lesley Folding kontak by die KANSA kantoor op Malmesbury 022-482 1111. Koste beloop R50 per persoon vir 3 dae. Dit sluit alle handleidings, middagetes en KANSA lidmaatskap in. KANSA Opleiding vir Vrywilligers

11, 12, 13 Julie 2017 In Piketberg

Delina Fox en Jaap Viljoen van Rooiklip Kwekery. Jaap het die Tuinbouvergadering toegespreek en foto’s gewys van die pragtige nuwe variëteite in die Aalwynfamilie. Hierdie aalwyne dra baie meer blomme as die gewone aalwyn en daar is ook baie besonderse kleure soos Royal Claret, Candy Floss, Black Cherry, Ivory Tower en nog vele meer. Foto: Katinka Morrison

Die volgende tuinbouvergadering is op 2 Augustus. Interskole PHS v HSP Saterdag 19 Augustus te Porterville


5


6 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder... Julle sal my nie glo nie. Daar was hierdie week minstens vier lede van ons publiek wat my gebel het en/of gewhatsapp het en vra of die waterbeperkings nou opgehef is! Die antwoord is maklik! GLAD NIE! Die waterkrisis wat ons en die hele Wes-Kaap beleef is baie Hanlie Linde groter en meer omvangryk en sal nie opgelos word deur ‘n paar mm reën soos wat ons gehad het nie. Die feite is soos volg: Piketberg dorp kry 90% van hul water uit die Bergrivier en die ander 10% uit die Voëlvlei Fontein aan die noorde kant van Piketberg dorp. Die damme wat ‘n direkte invloed het op die water in die Bergrivier word hieronder aangedui in die tabel. Dit is die Bergrivier Dam (Franschhoek), Misverstanddam (Koringberg), Steenbrasdam, Theewaterskloof, Wemmershoek en Voëlvleidam. Die rede hoekom al hierdie damme se vlakke van toepassing is op die vlak van ons rivier, is dat die Departement van Waterwese water verdeel en versprei na die plekke wat dit die nodigste het. Uit die onder-

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

staande tabel is dit duidelik dat die impak deur die stormreën in die eerste week van Junie 2017 nie so ‘n groot positiewe effek op die damvlakke gehad het nie. Die kolom tweede van regs wys die dampersentasies van die ooreenstemmende tydperk in 2016. So byvoorbeeld was Theewaterskloofdam 29,2% vol op 12 Junie 2016 teenoor die 15,2% op 12 Junie 2017. Hierdie dam was 13,3% vol die week voor die stormreën en dus het die stormreën slegs ‘n 1,9% verskil gemaak op Theewaterskloofdam. Bergrivier Munisipaliteit is tans op vlak 3 waterbeperkings wat beteken dat water slegs vir huishoudelike doeleindes gebruik kan word. Hierdie waterbeperkings geld steeds en sal bly geld totdat alle damme in die Wes-Kaap oorloop en daar voldoende water in die stelsel is vir toekomstige beplanning en gebruik. Ons vra baie mooi dat alle inwoners van Bergrivier Munisipaliteit steeds hulle volle samewerking sal gee soos in die verlede en dat ons almal ons bure en familie sal bly herinner dat ons steeds in ‘n uiterste droogte situasie is en baie spaarsamig moet werk met die bietjie water wat ons het. Kom ons hou ook aan om dringend en aanhoudend te bid dat die Here ons genadig sal wees met mildelike reën. Hierdie inligting sal ook per brief deur alle sosiale media kanale versprei word.


7


8

Bergrivier Winter Karnaval Op 15 Julie 2017 eindig die 56ste Bergrivier Kanomarathon in Velddrif en gaan die dorp, soos oudergewoonte die geleentheid aangryp om fees te vier. ‘n ‘Mini’ pret kanovaart begin om 09:00 in Bokkomlaan en alle ervare en minder-ervare roeiers is welkom om die 4km saam te roei tot by die Riviera Hotel. Die Velddrif Blaasorkes sal verrigtinge amptelik om 10:00 op die feesterrein open. Eerste op die program is ‘Brêkvisstories’, geborg deur die Weslander, waartydens inwoners van Velddrif stories van die omgewing deel. Lokkie van Zyl is een van die vertellers. ‘n Middagete kulkunsvertoning is vir die jong klomp gereël waartydens hulle ook vir Vellies, die Karnaval se gelukbringer, kan ontmoet. Die bokkom skil en -eet kompetisie begin om 13:30. Hierdie item is glad nie onbekend aan die Velddriwwers nie en beloof om baie ‘interessant’ te wees. Skillers en eters kan op die dag by die Toerismetent inskryf en ‘n kans staan om heerlike pryse te wen. Vanaf 12:00 verskuif alle fokus na die Carinusbrug waar die wenners van die 2017 Bergrivier Kanomarathon sal arriveer. Vanjaar se wedvaart spog met internasionale deelnemers. Kom kuier saam by die Bergrivier Gholfklub se ‘Natgat’ terwyl kunstenaars sorg vir die vermaak. Vanjaar verskaf gewilde plaaslike kunstenaars – die Velddrif 4! gratis vermaak voordat grapmaker en musikant, Andries Vermeulen aan die beurt kom vir die hoofvertoning om 15:30. ‘n Skeppie Weskus sal sorg vir tradisionele Weskus- en Sandveld disse, soos voorberei deur die vroëere geslagte. Dié span plaaslike vroue sit kerrie afval voor, pampoenkoekies, veldkoolbredie en gebraaide harders. Sorg dat jy reeds vroeg jou afval kry aangesien dit eerste uitverkoop. En as jy nie daar regkom nie sal die talle ander kosstalletjies jou kan help om die winterkoue te beveg. Dit sluit in: pannekoek, koeksisters, lewerkoekies, hoenderburgers, roti, samoesas, gebraaide snoek, melkkos, soetkoekies, biltong & droëwors. Kinderaktiwiteite sluit in swaaie, springkasteel en ‘n rondomtalie. Kyk ook uit vir die tuimelaar en ‘lang man’ wat tussen die besoekers gaan rondbeweeg. En die Weskus Veteraan motor- en motorfietsklub kom weer spog met hulle speelgoed. Plaaslike restaurante sal deur die loop van die dag en aand heerlike etes en gratis vermaak aanbied.

Friday 7 July


9


10

Jarelange bande met Van Dyks

Deon en Alta van Dyk ontvang besoek van een van Deon se eerste leerlinge by DF Malan Hoërskool. Jan Gelderman, regs, was skaars drie jaar jonger as sy 21-jarige Wiskunde Meneer, toe Deon in 1963 daar onderwys gegee het. ‘n Verdere verbintenis is dat Jan se vrou, Sonia, in 1978 Musiek gegee het op Piketberg, saam met Twi Smit en Louise Conradie. Sy is ook steeds bevriend met Petrusa Smit en besoek haar gereeld. Foto: Marietha Goosen

Alta van Dyk, regs, en haar Matriekkamermaat, Arina Basson, geniet die samesyn na 56 jaar. Die jaargroep van 1961 se Hopefield matrieks, kom gereeld bymekaar. Hier klink die twee ‘n glasie met water wat hulle by hulle 50jaar reunie ontvang het. Foto verskaf

Vir die Augustus uitgawe moet berigte/artikels/foto’s ons bereik voor of op 25 Julie Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm Pryse verskyn op p2


11

Wen met R10 Teen R10 en die antwoord van 'n maklike vraag kan jy die wenner wees van die trollie in die middel, propvol produkte, plus 'n geskenkbewys ter waarde van R1000 se vleisprodukte. Die trollies links en regs gaan aan die tweede en derde trekking en 'n verdere twee persone wen die mandjies op die voorgrond. Hierdie is 'n insiatief deur die OV (Ouervereniging) van PHS om fondse aan te vul vir projekte wat nie deur die skoolfonds gedek word nie. Voorbeelde van sulke projekte sluit in spreiligte, sprekers, blindings en herstelwerk. Baie dankie aan elke klasgroep wat verantwoordelik was om 'n spesifieke produk te bring. By die trollies staan OV-lede, Karen Steyn, Retha van Deventer, Wilmien Mouton en Sunette Schoeman. Indien u graag wil deelneem aan hierdie fondinsameling met die kans om hierdie produkte te wen, nader 'n PHS-leerder of kontak PHS by 022 913 1134. Hierdie fondsinsameling loop einde Julie te einde. Foto: Marietha Goosen


12

‘n Hok vir Tiger gesoek

Graad R besoek Oogkundiges

Katinka Morrison is baie dringend op soek na 'n hok vir Tiger, links. Die drom, bo, is al beskerming wat hy teen die winterkoue en reën het. Miskien staan daar 'n ou hok in jou agterplaas wat jy nie gebruik nie, skakel Katinka asseblief by 082 829 6918 Foto’s: Katinka Morrison

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Die Gr R’s op besoek aan Hattingh & Van der Westhuizen Oogkundiges. Dr René van der Westhuizen, links op die foto onder, het elkeen ondersoek en kon vroegtydig uitvalle identifiseer om te verseker dat elke kind die nodige hulp kry. Madeleen Nelson gee inligting deur en doen ‘n paar oogtoetse. Dit is altyd ‘n voorreg vir PHS om die oogkundiges te besoek. Foto’s: Madeleen Nelson


13


14

deur Jannie Lategan

20 Jaar Gelede - Julie/Aug 1997 Twee Piketbergers, Riaan van der Spuy en Leana Visser word aangehou in Lusaka tronk. Die Hanekoms, Jurie, Michiel en Martjie van Baatjieskraal, maak steeds musiek. Jireh Bloemiste en Klerewinkel bied saam met die Tuinbouklub en Perskepot Boutique ‘n kontinentale ontbyt en modeparade aan. Llewellyn van Rooy, oud-leerling van Steynville Sekondêre Skool, ontvang die Rektor Prestasie Toekenning aan die UWK. Die nuwe Museum kompleks in Kerkstraat vorder. SSS-nuus: Jeffrey Engelbrecht en Andreas John is opgeneem in die Boland Landloopspan. SSS hou op 12 en 13 September Karnaval. In Augustus gaan die twee Rugby– en Netbalspanne op ‘n toer na Concordia. PHS-nuus: Jacobus Swart ontvang die Wes-Boland skild vir Klavier. Hy gaan in September aan ‘n landwye musiekkompetisie vir Laerskole deelneem. Elf oud-leerlinge ontvang grade aan die US. Die st.9’s gaan toer na Namibië, Zambië en Botswana olv die Van Ellewees. Jo en Oumies van Heerden toer 19 000km deur Afrika. Drs Brink, Nel en Van der Merwe los mekaar af as skeepsdokters op “The Windward”. Jannie Lategan, Sanlam, skenk ‘n rekenaar aan ACVV.

Suid-Afrika in diversiteit op alle vlakke Suid-Afrika is sowaar ‘n land met diversiteit en intriges. Iewers twiet iemand verkeerd en word die artikulasie waarskynlik verkeerd ervaar en word daar letterlik ‘n hond in ‘n hoenderhok losgelaat en almal sien net vere waai. In die proses word die fokus weer verskuif na ‘n reuse tsoenamie wat die land tref. Reusagtige golwende deinings maak aanslag op ons kuslyn en mens word plek-plek onmagtig gelaat en hulle verloor hulle huise en kosbare besittings. Asof dit alles nie genoeg is nie, breek brande uit met hemelhoë ongekende vlamme en staan mense magteloos en toekyk hoe hulle aardse besittings voor hulle oë verkrummel tot sak en as. Een na die ander plakkershutjies stort in een. Die ou kosbare “FM-pie” bly nie ongeskonde nie. Vergeefs word daar in as en bouval gesoek of daar nie straks net ietsie is wat nog gebruik kan word nie. Ryk en arm is getref. Die vlammehel ken nie arm, ryk of klas nie. Een gelukkige vrou tel in die puin darem haar kosbare ring op. Suid-Afrika kan haas vergelyk word met ‘n verhoog in ‘n skouburg, waar alle moontlike kuns-genres opgevoer word. Die mooi wat uit dit alles gebore word, is dat ten spyte van taal en kultuurverskille, beweeg almal oor grense heen en skenk, dié wat nog het, mildelik aan dié wat nie het nie. Die “konsert” is nog nie verby nie en almal begin heelhartig met die opruimingswerk. Die gedagte wat by elke slagoffer baie seker is, “ons moet weer voor begin”. Paleise van waarskynlik multimiljoenêrs is ook soos die plakkershut, gelyk met die aarde verbrand en tot puin en as vernietig. Al die gebeure tregter in die vraag in retrospek: “My huis gaan op in vlamme en ek moet letterlik met slegs dit wat ek aan het op vlug slaan.” Straks kon jy oor die ou asbedekte vleuelklavier ‘n strepie in die roet trek! “Straks kan ek nog my beursie met kaarte of straks ‘n kosbare vaas gryp voordat die koolstofmonoksied my ook vernietig.” Hartroerende hartseer verhale vervreem mens op ‘n barbaarse manier van jou kosbare besittings. In veler geval sterf van die familie en van hulle wat juis die brand help bestry het! ‘n Hartseer tafereel…..families wat juis die hoogste prys betaal het. Daar word hier en daar ligtelik opgemerk: “Ag,… dis maar aardse goed” …..nee, nie heeltemal waar nie, dis jou leefgoed, jou erfgoed en jou geskiedenis, ‘n Stad moet herbou word… waar word daar begin!

Advertensiekoste Volblad: R470 Halfblad: R325 Kwartblad: R220 Agsteblad: R155 Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


15


16

Bergrivier Dental se span

Fruit Salad For Sale Piketberg Christian School has lovely Fruit Salad in tins for R8,00 a tin and Pear halves in tins for R7,00 a tin. Please feel welcome to come to the school to support us in buying some food tins to help us with fund raising.

Liefde en Trou beloof….

Die Bergrivier Dantal span is agter Christa Coetzer, dr Herold Truter, Elsabé Truter, dr Shaun du Preez en voor Maria Adams, Corné Brynard en Elaine Vermeulen. Dr Truter praktiseer al die afgelope 23 jaar vanuit Piketberg nadat hy die praktyk in Voortrekkerstraat 75 in 1994 gekoop het. Sedertdien het hy die omvang van sy dienslewering uitgebrei om diens aan die gemeenskappe in die omgewing van Piketberg te lewer. Hy het ook satelietpraktyke in Velddrif gedurende 2000 en Citrusdal gedurende 2008 begin. Hierdie dinamiese span verskaf `n volledige reeks tandheelkundige dienste, wat insluit algemene-, voorkomende-, herstellende-, kosmetiese- en ortodontiese dienste. Hulle is ook in `n unieke posisie om tandheelkundige chirurgie in `n ten volle toegeruste chirurgiese eenheid in Piketberg te lewer. Ons lig graag die plaaslike gemeenskap in dat die praktyk voortaan as Bergrivier Dental bekend sal staan na die onlangse omskakeling na ‘n pas gestigte maatskappy, steeds onder eienaarskap en bestuur van die Truter gesin. `n Nuwe webblad is pas in Engels en Afrikaans geskep om dit vir die hele gemeenskap toeganklik te maak waarop die praktyk se kontakbesonderhede verskyn asook die volledige reeks dienste wat aan pasiënte gelewer kan word. Besoek gerus www.bergrivierdental.co.za vir meer inligting. Sien advertensie hiernaas Dr Truter en Dr Du Preez, bygestaan deur hul vriendelike en bekwame span, staan gereed om tandheelkundige dienste van die hoogste gehalte aan u te lewer.

Kinderpinkster Baie dankie aan PPC vir die leen van die glimbaadjies en die harde hoede, ook aan Die Coetzee Ateljee vir die borg van die verf, Jaen-Marie Greeff, Juliana Engelbrecht en Driaan Pretorius vir die “Bob the Builder” uitstalling, Johan van Lill vir die verkeers ”cones” en almal wat bokse bymekaargemaak het. Dankie aan die ouers wat hulle kinders gebring het. Julandi Smit en Wilhelm Loubser is op 13 Mei in die huwelik bevestig deur ds Jan van Zyl. Die seremonie en onthaal is gehou by Kronenburg Estate, Paarl. Die egpaar het hulle in Mariental, Namibië gevestig. Foto: Anelda Heath

Geniet die skoolvakansie saam met jou kinders. Reis veilig.


17

….vir altyd en in alle omstandighede….

Kobus van der Westhuyzen en Linja Treurnicht is op 18 Maart by Ashanti, Paarl getroud. Fotograaf: Beloved Photography

Wilke Morrison en Elouise du Toit is op 13 Mei by Delsma Farm, Riebeek Kasteel getroud. Foto: Edó Photography


18

Drieling al 8 maande

Bybels vir Knysna

Die Strauss drieling, ook bekend as die Bib se Drie, het die Leeskringlede kom groet. Hier is Zailor, Tyresse en Zaylee. Foto: Moira van der Westhuizen

Die volgende Piketberger verskyn op 3 Augustus 2017 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 25 Julie 2017 Stuur na: diepiketberger@gmail.com Dankie aan die gemeenskap van Piketberg vir die Bybels vir Knysna. Liza du Toit van Liebco Vleishandelaars het 'n projek koordineer waar daar 117 Bybels ingesamel en gestuur is na die ramp slagoffers in Knysna. Hier ontvang Liza Bybels van PHS leerders, kloksgewys van agter DaniĂŤl Fox, Gerhard Pretorius, Keagan Puttick en Aleit Stander. Foto: Jacobus Liebenberg

VLVK-KONGRES 2017 17 en 18 Augustus Club Mykonos, Langebaan Navrae: Nicoline Brown 0824770665


19

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


20


21


22

Toerisme Pakkies

Trippe Trappe Beskerm Kinders Trippe Trappe Kleuterskool het weereens hierdie jaar gefokus op kinderbeskerming en geweld teen kinders tydens ”veiligheids” week. Dankie aan die verkeersdepartement wat ons meer oor padveiligheid kom inlig het en ons kleintjies daarna begelei het deur die strate op hul skopfietsies. Die boodskap was duidelik STOP CHILD ABUSE - HOU ONS KINDERS VEILIG.

Dankie aan Esna Brand vir die poppekas met die tema “My Spesiale Lyfie”.

Georgia Abrahams, Toerismebeampte op Piketberg en Chesrick Plaaitjies, Toerisme student aan CPUT, wys die items wat in die kardoes kom vir toeriste wat op Vrydag 30 Junie by Winkelshoek aandoen. Hierdie is 'n projek om Toerisme in Piketberg te bevorder. Baie dankie aan elkeen wat iets bygedra het vir die 100 kardoese wat uitgedeel word. Elke sak sal die volgende bevat: 'n T-hemp van Toerisme, Die Piketberger koerant, FruitLips se konfyt, 'n plakker, 'n boekmerkie, 'n kaart van die omgewing, dekoratiewe vuurhoutjies van Lemon Tree Selfsorg, droëwors deur Liebco Vleishandelaars, 'n vrugtesap van Winkelshoek en gesig- of lyfroom van Skoonheidsalon Sanet. Foto: Marietha Goosen

Trippe Trappe maatjies het ook hierdie jaar 103 pare skoene ingesamel en geskenk aan minder bevoorregte kinders wat nie skoene het nie. Baie dankie aan al die ouers en maatjies wat ons met hierdie projek gehelp het. Foto’s verskaf

Plaasmark Piket-Bo-Berg Saterdag 29 Julie


23


24

VOERTUIE GESOEK!

Rolstoel vir Badisa

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane. Enige modelle: 1917 tot 2017 Onmiddellike betaling Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of Epos: louw.jakes@gmail.com

Foto: Marietha Goosen

Die derde rolstoel is onlangs aangeskaf met die plastiese doppieprojek. Nadat Badisa se Helen Dirks, agter links, dit in ontvangs geneem het, is dit uitgeleen aan Sarah Pieterse. By haar is Glenresha Owies, Caylen Jagers en Shirlin Jagers. Kontak Coenie Smit by 022 913 1777 om doppies af te gee.

Praktika opleiding skedule Julie 2017

Kursus

Datum

Area

Veiligheidsverteenwoordiger Noodhulp Vlak 1 Leierskap (Neem Leiding) Trekkeroperateur Noodhulp Vlak 1 Brandbestryding Trekkeroperateur Veilige hantering van landbou chemiese stowwe Veiligheidsverteenwoordiger Brandbestryding

11 Julie 2017 12-13 Julie 2017 12-13 Julie 2017 18 Julie 2017 18-19 Julie 2017 21 Julie 2017 25 Julie 2017 26 Julie 2017 27 Julie 2017 28 Julie 2017

Porterville Porterville Clanwilliam Porterville Piketberg Porterville Piketberg Piketberg Piketberg Piketberg

Indien u by enige van hierdie datums wil inskakel, bevestig asseblief u bywoning deur 'n e-pos na ons kantoor te stuur by info@praktika.co.za sodat ons die kursusse kan finaliseer. (Opleiding is onderhewig aan bywoningsgetalle).


25

Ds Jacobs DVD Persone wat belangstel in ‘n DVD van Ds Johan Jacobs se afskeidspreek op 22 Januarie, kan Marian Coetzee kontak by 022-9521 613/815. Koste is R50.

Ploegdag 2017 Swartland Veterane Klub bied aan ''PLOEGDAG 2017" op 22 Julie 2017 te Môreson Plaas N7, Malmesbury. Kom geniet die dag saam met ons en sien hoe antieke trekkers ploeg soos in toeka se dae. Hope stalletjies, tradisionele etes en eetgoed, moerkoffie gebrou soos in ouma se tyd ens. Die Heritage Groep gaan die dag by ons aansluit met hul Tweede Wêreldoorlog-voertuie en uitrustings.

Betroubare verwysings beskikbaar

Toegang: Volwassenes R50 en kinders R10. Kontantkroeg beskikbaar en boeremusiek orkes. Skakel Linda vir inligting of om stalletjie te bespreek by 084 8877 843

Residensiële Fasiliteit vir Ouer Persone: Huis AJ Liebenberg, Piketberg Vakante Betrekking: Geregistreerde Verpleegkundige Vereistes: Bewys van registrasie by die SA Raad op Verpleging Bereidwilligheid om skofte te werk Liefde vir ouer- en gestremde persone Gesonde interpersoonlike vaardighede Vermoë om personeel op te lei en te motiveer Geldige rybewys

Voordele: Salaris & werksure onderhandelbaar Pensioen- en Mediesefonds

Rig volledige CV voor 6 Julie 2017 aan: Die Hoof, Huis AJ Liebenberg, Kloofstraat 7, Piketberg, 7320 Tel. 022 913 1228 Faks 022 9131687 Epos: hoofajltehuis@xsinet.co.za Diensaanvaarding: 1 Augustus 2017 of so gou moontlik

Aanvaar asb. dat indien u teen 7 Julie 2017 nog niks van ons verneem het nie, u aansoek onsuksesvol was.


26

Jagstories SA Jag- en Wildbewaringsvereniging: SAJWV-Weskus Piketberg Sedert die ontstaan van Kwagga Jag ‘n paar jaar gelede het die behoefte sodanig gegroei dat die stigting van SA Jag- en Wildbewaringsvereniging op Piketberg net ‘n kwessie van tyd sou wees voordat dit hier posvat. Vandag kan ons streek gelukkig wees dat die vereniging nou wel plaaslik beskikbaar is om aan die lede se behoefte te voldoen. SA Jag beywer hulle daartoe om sy lede toe te rus met vaardigheid en kennis deur opleiding aan te bied, om aan die SAPD se streng voorwaardes te voldoen ter instandhouding en nuwe aansoeke van vuurwapenlisensies soos vervat in wet 2000 van 63. Skietbaan Meintjieskraal Piketberg het in 2016 as satelliettak van SA Jag Weskus afgestig en word tans baie goed deur hulle ondersteun om selfstandig te word om sodoende in die toekoms onafhanklik te kan opereer. SA Jag Weskus-Piketberg het reeds hul eerste veldskiet ope met groot sukses aangebied op 4 Maart te Meintjieskraal. Hierdie dag is op Kwagga Skietbaan aangebied en die omgewing daar verleen hom daartoe om dit uit te brei tot ‘n meerdoelige skietbaan wat aan alle skietoefeninge en behoeftes kan voldoen. Piket Intro Ope Veldskiet Die veldskiet op 4 Maart 2017 het sy sukses te danke aan goeie reëlings deur die huidige bestuur en in die besonder Hans Burger se goeie beplanning en bemarking. Goeie ondersteunde inskrywings van plaaslike lede, sowel as van ander streke was voortreflik en wys die behoefte van nodigheid om die vereniging hier te vestig. Met 114 skuts wat ingeskryf het was daar 15 juniors. Die dag is baie goed gerugsteun deur borge waarsonder dit nie moontlik sou wees om aan te bied nie. Die skietbaan het bestaan uit 4 tabelle en ‘n baan waar juniors deelgeneem het onder hul ouers en bekwame baanoffisiere se toesig. Borge SA Jag Weskus-Piketberg bedank sy borge graag by name aangesien hulle geskiedenis gemaak het deur hulle ondersteuning van die eerste Piket Into Veldskiet Ope wat voortaan ‘n jaarlikse instelling gaan word: SAFARI and OUTDOOR Stellenbosch, VGK Parow, Nexus Vredendal, Dup Meubels, Fox Bouers, Overberg Agri’s van VelddriftMoravia en Porterville, Kaap Agri Piketberg, Leopold Rifle Scopes, Midas-Motolek Piketberg, Action Ford Citrusdal, Winkelshoek Wynkelder, Swartland Chemiese Toilette,

Rudolph Oettler, Boland Superspar, Bierman Grobbelaar Oogkundiges, Raimondi’s Piketberg. Toekomstige afrigting deur Springbok Skut Vir die toekoms beplan ons verskeie aktiwiteite en poog ons om opleiding te bied van hoogstaande gehalte. Safari and Outdoor het ingestem om weer betrokke te raak by ons deur Jacques Obermeyer, die Springbokskut, beskikbaar te stel met ‘n veldskietkursus. Ons beplan om die kusus teen 2 September 2017 aan te bied. Vir meer inligting, raadpleeg die plaaslike webwerf by www.piketberginfo.co.za. Gaan in by “aktiwiteite” en kliek op SA Jag. Sodra dit oopmaak kan jy dit daar volg of jy is welkom om jou navrae te rig aan die e-pos adres daar aangedui. Alternatiewelik kan enige bestuurslid gekontak word in die verband of André Kennedy by 022913 1939.

Projek Winterhooop Projek Winterhoop word deur die ACVV geloods om aan minderbevoorregtes 'n bietjie "sonskyn" in die koue te bring! Komberse, skoene en gebreide truie is reeds met groot dankbaarheid uit die gemeenskap ontvang. Daar is nog kans tot einde Julie om jou klerekas uit te sorteer en skenkings na die ACVV-kantoor by Tillalaan 8 te bring.

Skiereiland en TV-reekse Ons is almal bekend met die begrip Kaapse Skiereiland wat in Engels as Cape Peninsula bekend staan. Die woorddeel “skier” beteken “amper”, dus is die skiereiland amper ’n eiland. Skiereiland word dus gebruik vir ’n stuk land wat byna deur die see omring word. Die Engelse woord “peninsula” bestaan uit twee dele, “pen” wat ook “amper” of “byna” beteken en “insula” wat “eiland” beteken. So word die woord “penultimate” gebruik om te verwys na byvoorbeeld die voorlaaste episode in ’n reeks. pen = byna en ultimate = laaste. Volgende keer: Alle paras is nie dieselfde nie. M.A.A.N – S


27

PIKETBERG

Kloofstraat 36A, Piketberg

Winter Aanbod 25% afslag op standaard dienste NOU SLEGS R222

20% AFSLAG op sekere “shock” dienste

Ons verskaf ook onder andere: Birzman, Hope, WTB, Sigma, Cateye, Ryder Produkte, Camelbak, Maxxis, Michelin, Kenda, IXS, Bell, Parktool, Giro, Olympic, Fox Shocks, Rock Shocks, Fox clothing, First Ascent, Shimano, Shram en vele, vele meer.

Tel. 022 913 1101


28


29

Gert de Beer

3 November 1923 - 6 Junie 2017 Huldeblyk Sy familie en vriende was vir hom alles. Tot na sy 90ste verjaarsdag het hy nog in sy motor geklim en anderkant Citrusdal sy neefs gaan opsoek om te kuier, uitgevra na die verhoudings tussen familielede om seker te maak hulle lewe in vrede saam en het nie onopgeloste geskille nie. Sy vriende was vir hom net so belangrik en te oordeel aan al die eetgoed wat vir hom aangedra is, is dit duidelik dat hy ook vir hulle baie beteken het. Ná Tannie Elize se afsterwe, het hy nie in sak en as gaan sit nie. Op 90 koop hy nog 'n nuwe motortjie vir homself, raak rekenaarvaardig en kry tot 'n e-pos adres. Net om uit te vind sy ou vriende weet nie wat e-pos is nie en hy moet weer van sy skootrekenaar ontslae raak. Dis toe dat hy weer aan die horlosies begin krap. Sy liefde vir sy ou beroep het gemaak dat hy op 'n hoë ouderdom nog horlosies vir mense reggemaak het. Tot in Nieuwoudtville het hy kliënte gehad. Almal was net te dankbaar dat horlosies wat jare gestaan het, weer loop en vertrekke vul met hulle klank. Dis 'n nalatenskap. Hy was bevoorreg om vir 93 jaar en 7 maande hier op aarde te kon lewe. Baie mense was verryk en verfraai deur sy nederige optrede en handewerk. In tye van eensaamheid, siekte en swaarkry was hy altyd tevrede en blymoedig. Ons as familie dank ons Hemelse Vader vir die voorreg en genade om hom so lank by ons te kon hê. Ons is dankbaar vir die magdom van tere en soet herinneringe wat ons van hom het en wat altyd in ere gehou sal word. Ons gun hom ‘n Hemelse rus en sal hom altyd onthou en BAIE mis.

Netcare Ceres Hospitaal Dokter Aankondiging Mnr Nolan Daniels, Hospitaal Bestuurder, stel u met graagte in kennis dat:

Dr. Eric Post Oor, Neus en Keel Spesialis MBChB (Pret), DipPEC, MMed (ORL) (Stell)

Voltyds begin praktiseer het by Netcare Ceres Hospitaal

Judy Heyns Oudioloog B. Spraakheelkunde & Oudiologie (US)

Praktiseer ook nou by Netcare Ceres Hospitaal Kontak Judy gerus vir gehoortoetse, -beskerming en gehoorapparate Vir afsprake, skakel gerus die ontvangsdame (Anita) deur die Netcare Ceres Hospitaal skakelbord by Tel: 023 316 1304

Jannie Lategan Eiendomme 022 913 2064 082 453 8305 jannierosa@lantic.net

TE KOOP ‘n Nasionale ikoon, Dunn’s Castle is nou te koop. Skakel die Alleenmandaat Agent Jannie Lategan Eiendom vir besigtiging. (Nog foto’s en pryse op aanvraag beskikbaar).

Dunn’s Castle “A Short History”

George Herbet Dunn from Wales owned a Soap Factory that relocated to Piketberg in the late 1890’s. As a result of his and his wife’s lung problems they had to relocate to a dryer climate. She died in transit on the boat and he then later married the “nanny”. Herbet Dunn had three daughters and one son. His eldest daughter, Dorothy, married Dr Jan Dommissee who was the Mayor of Cape Town but was originaly from Piketberg. She died in 1918. His second daughter, Katie, married Advocate Pilkington Jordan. The third daughter, Margaret, married a Cape Town doctor by the name of Barrymore. His only son died tragically at the young age of 23. The “Dunn’s Farm” was bought from the De Hoek farm and stretched from the mountain to the river and included the farms De Tuin and Magdalena. Dunn ventured into Hereford farming, but he was unsuccessful. He built his cottage on the De Tuin farm whilst the Castle was being built and finally completed in 1905. The builder of Dunn’s Castle was CJ Liebenberg from Piketberg. Sir Herbet Baker, who left his personal mark in all the beautiful fireplaces throughout the building, designed the Castle. He was a regular guest of Dunn. Rock stones were taken from the mountain and “carved” by hand for the “point” building method as you see it today. All the wood was imported from Europe and the roof tiles came from France, note the “Bee” symbol as their trademark. Nails and cement came in barrels via sea and was then filled and used as support in the cellar. Dunn painted the ceiling black in 1907 when Queen Victoria died as a sign of respect and despair. In the main passage was a huge rock that the builders were unable to remove, and just laid the wooden floor over the rock. Their workmanship was of the highest standard and therefore after a 100 years the wooden floor is still in excellent condition. The original building consisted of 21 rooms with Victorian fittings and 8 fireplaces. It was very luxurious and Dunn converted one room as a ladies “Tea Room” and another as a gentleman’s “Cigar Room”. In 1916 Dunn offered the Castle to the municipality as a sanatorium for TB sufferers, but the offer was not accepted. In 1922 the Castle was sold to the cement factory and the castle was used as housing for their factory manager until 1988. Thereafter the Castle stood empty for 5 years. In 1993 the Castle was sold and restored as a Victorian Guesthouse. In 2001 the Bredenkamp’s bought Dunn’s Castle and the 35 hectare farm and upgraded the roads and the gardens. Now, a very proud, Mr Rod Edmondson has bought the Castle as it was and added to the glory of its history.


30

Nikes Te Koop

Op die rakke van die Biblioteek

Splinternuwe pienk en swart nr 6 Nike Tekkies te koop @ R400. Kontak Jacqueline Mouton op Porterville 022-931 2876

deur Bettina Wyngaard Die titel van die boek verwys na die handel in mense of wit slawerny, asook ’n woordspeling op hoe onnadenkend een persoon ‘n ander, of ‘n ideologie kan navolg sonder om dit wat jy glo of doen te bevraagteken - tot so ‘n mate dat jy dubbelsinnige dinge begin doen. In die boek ontmoet die leser vir Kaptein Niccie de Wee, die Bespreking deur Louise Visser hoofkarakter, wat ‘n bruin lesbiër vrou is, haar kollega, Blackie Swart en ‘n paar nuwe karakters wat by hulle aansluit. Hulle moet die moordenaar vind waarvan die liggaam gebrandmerk is (‘n “Jane Doe”). En dit is in die loop van hierdie ondersoek dat hulle uitvind dat daar vroue uit oorloggeteisterde lande in Suid-Afrika as seksslawe verkoop word. Niccie de Wee is ‘n onverskrokke, dog weerlose vrou wat in die saal is van lewensgevaarlike ondersoeke saam met haar kollega Blackie. Daar is baie op die spel: mensehandel, prostitusie en die lewens van onskuldige jong vroue. Dis ‘n konstante resies teen tyd! ‘n Spanningsverhaal waarin Nicci, ‘n sensitiewe, rateltaai gay vrou haar lyf in die pad van koeëls moet gooi om boosdoeners aan die pen te laat ry. Nog ‘n sterk vrouekarakter in dié boek is die formidabele feminis en vegter teen slawesindikate, Doktor Gigi Gerber. Daar’s egter ‘n ongemaklike vonkie tussen haar en Nicci, wat die wenkbroue van Nicci se lewensmaat en priester, Sally, laat lig... ‘n Tema in die boek is die fisieke broosheid van vroue en die gewetenlose wreedheid van sommige mans. Vroue word valute in ‘n vuilspel van hebsug. Dit gaan oor lywe: die “Jane/John Does” wat in vlak grafte aangetref word, gebrandmerk soos diere. Dit gaan uiteindelik oor die onblusbare gees van gekneusde vroue soos Nicci en Gigi.

“Slaafs”

Huishulp Gesoek Betrekking aan te bied vir ‘n huishulp vir kook. Geen was en stryk. Ure 8h00-15h00 Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

Beesbiltong te koop heel of gekerf @ R240/kg Droëwors @ R210/kg Cabanossi @ R220/kg

Boeke wat by die Leeskring bespreek word: 26 Julie: Marinda van Zyl: “Amraal” 16 Augustus: Ingrid Winterbach: “Vlakwater” 20 September: Anneli Groenewald: “Skaalmodel” 18 Oktober: Elsabé Brits: “Geliefde verraaier”

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

Kontak Marietha Goosen by 083 654 3170 vir navrae. Die plek en tyd is in die biblioteeksaal om 09:30. Ledegeld vir die jaar is R50. Besoekers is welkom om gratis by te woon.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


31


32

ATKV Redenaars

VLV leer van Goud

PHS se vyf Laerskool ATKV-redenaars was Ruan Stassen, Nina Ellis, Annette Bruwer, Lise Bruwer en Elné Burger. Die uitslae is: Annette, Lise en Nina dring deur na Wes-Kaap finaal en is op top 20 Wes-Kaap lys. By Wes-Kaap finaal was Nina 3de in gr 4/5 kategorie en gaan na nasionaal te Goudini vanjaar. Lise het 10de in gr1-3 kategorie gekom. Altwee op Wes-Kaap top 10 lys. Die Interskole span vanjaar het bestaan uit Ruan, Annette en Nina en het tydens die Kultuur Interskole die Laerskoolafdeling teen Porterville gewen. Foto verskaf

Monique Nienaber, goudsmid van Porterville, was die spreker by die VLV. Sy beklemtoon die belangrikheid om gereeld jou waardevolle juweliersware te laat waardeer vir versekeringsdoeleindes. Goud en diamante se waarde vermeerder gedurig en dis daarom belangrik dat jou juwele nie onderverseker is nie. Sy bied gereeld werkswinkels aan; jy hoef nie kunstig te wees nie. Jy kan die werkstuk/item voltooi met die nodige apparaat en tegnieke wat sy demonstreer. Een van die werkswinkels is hoe om 'n mooi hef vir 'n kaasmessie te maak. Verder het Monique onlangs by "Kamers" by die Kasteel in die Kaap uitgestal. Al die handgemaakte silwer lepels het uitverkoop. Monique het 'n studio by haar huis en nooi enigeen uit om haar te kom besoek of op "facebook" te kyk na haar werk en haar te kontak. Nuwe intrekkers word uitgenooi om by VLV aan te sluit of om die vergaderings by te woon. Op die foto verskyn Hester Truter, Moira van der Westhuizen, Riana Richter, Lenie Otto (sameroeper), Monique Nienaber (spreker) en Elbeth Liebenberg.

ATKV-Jeugberaad Die volgende leerders gaan van 3 tot 6 Julie PHS verteenwoordig by die ATKV-Jeugberaad wat te Goudini Spa gehou word: Hughen Esau, Anke Schreuder, Louis Bester, Zana Vorster en Willem Wiggins.

Melandré Projekte ■ ■ ■ ■ ■ ■ ■ ■ ■ ■

Bou en installeer doelgemaakte kombuis– en hangkaste Projekbestuur Loodgieterswerk Verfwerk Teëlwerk Dakke seël en herstel Elektriese werk Instandhouding en opknap van geboue Instel van TV’s Algemene Nutsmanwerk

Kontak: Pierre 079 513 3537 of Theresa 076 543 5337 Epos: padb094@gmail.com / onsebere@gmail.com Besoek gerus ons Facebook blad vir foto’s : Melandre Projekte


33

Rus ‘n Bietjie hou Jeugdag Rus-’n-Bietjieklub, die ACVV se klub vir persone bo 60, het besluit om Jeugdag te gebruik om te bewys dat hulle nog glad nie in die groep val wat van "Jeugdag" as "Jigdag" praat nie. Heerlike vleis is gebraai en die lieflike sonskynweer, na die welkome reën, het gehelp vir ‘n ontspanne kuier in die buitelug. Willem Burger is op 92 steeds ‘n inspirasie, aangesien hy vrywillig gehelp het met die braai. Foto’s: Marina Grobbelaar

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure

    

      

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening


34

Riaan mik vir Top 5

Riaan Visser, foto bo en regs, se grootste droom het waar geword toe hy gedurende Mei aan die Arnold Classics in Sandton City deelgeneem het. Die kompetisie is vernoem na die legendariese Arnold Schwarzenegger. Dit was ‘n voorreg vir Riaan om hom ook in lewende lywe te sien. Die kompetisie, wat oor twee dae strek, is die grootste van sy soort in Afrika en vind een maal per jaar plaas. Riaan was een van drie sterkman atlete uit die Wes-Kaap wat deelgeneem het. Die “events’” sluit in: Loglift (maks gewig), Yoke (40kg), Frame Carry (300kg), Axle Deadlift (300kg), Atlas Stone (105kg), Axle Overhead Press (120kg), Viking Press (130kg) en Strict Bicep Curl waarin Riaan die Afrika rekord met 2,5kg gemis het op 72,5kg. Riaan het in die gewigsgroep O/105kg deelgeneem en ‘n 11de plek behaal wat hom die 11de sterkste atleet in sy gewigsgroep in Afrika maak. Atlete van so ver as Iran, Amerika, Poland en Angola neem deel waaronder Johan Els (SA), Jerry Pritchett (VSA), Matteusz Kielszkowski (Poland). Riaan mik om volgende jaar in Mei onder die Top 5 te eindig.

Your security

Siphenkosi

Our priority

Protection Services Now in Piketberg (Next to DA offices) Psira 2409406 Providers of 24 hours security guards for industrial, commercial, farm properties, special events & access control. Alarm installations. Contact for free quote. 1128

Email: siphenkosip@telkomsa.net

BERGRIVIER OUTREACH

Your security Our priority

Phone: 022 913 Cell: 076 321 5434

Riaan Visser by die Arnold Classics in Sandton City. Op die foto links bo is hy saam met sy broer, Wynand, en Matteusz Kielszkowski van Poland. Foto’s verskaf

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

Bergrivier Outreach bedank almal wat deelgeneem het aan die gelukstrekking. Die prys, ‘n handsak ter waarde van R600, is gewen deur Minette Burger van Porterville.

Skole heropen 24 Julie


35


36

Ondersteun ons adverteerders. Hulle maak die druk van die koerant moontlik. Baie dankie aan elkeen wat goeie nuus meedeel en bydraes stuur.

Netbal Weskusspan

Die Piketberger 2017 Datums AUGUSTUS se koerant verskyn op 3 Aug Stuur berigte voor 25 Julie SEPTEMBER se koerant verskyn op 31 Aug Stuur berigte voor 22 Augustus OKTOBER se koerant verskyn op 29 Sept. Stuur berigte voor 19 September NOVEMBER se koerant verskyn op 26 Okt Stuur berigte voor 17 Oktober DESEMBER se koerant verskyn op 30 Nov Stuur berigte voor 21 November

Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com

Vier PHS-meisies is gekies vir die Weskus Netbalspan wat gedurende die vakansie aan die Interdistrikskompetisie deelneem. Van links is Lené Nelson O/11, Pamela Booys O/13, Janke van Schalkwyk O/16 en Jo-Maree Gal O/15. Foto’s: Iza Schreuder

Boland vir Henri

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320 "Moenie dat griep en verkoue jou dié Winter onderkry nie. Kom vra ons hoe om jou immuunsisteem sterk te hou."

022 913 1600 022 913 2075

Henri van der Westhuizen van PHS is gekies vir die Boland O/16-rugbyspan wat gedurende die vakansie deelneem by Grey College in Bloemfontein. Hulle het onlangs aan die Kustoernooi op Oudtshoorn deelgeneem. Foto: Iza Schreuder


37


38

REACH by ACRO

PCS se sterre

Su-Mari Hanekom en Tihani van Lill het op 10 Junie deelgeneem aan die ACRO Cup 2017 en 1ste plek verower, ‘n eerste keer vir REACH Ritmiese Gimnastiekklub. Die Klub is baie trots op dié gimnaste. Foto: Chrisna Baard

Congratulations to Jade Wilson, top, from Piketberg Christian School, who partook in gymnastics "Ready or Not Competition". She came first in ball and free dance U13 and was the highest scorer in all age groups. Megan de Villiers, links, 8-jarige ruiter het op 3 Junie aan haar eerste Tentpegging Gymkhana kompetisie deelgeneem. Sy is deel van ‘n span van vier wat ry vir die Goudini klub. Twee van die ander is ook 8 jaar en die ander een 10. Megan is ook ‘n leerder by PCS. Foto’s verskaf.


39


40

Carl Schreve Laerskool besoek Superspar Boland

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Jul 2017  

Die Piketberger Jul 2017  

Advertisement