__MAIN_TEXT__

Page 1

11

Jaargang 26 Nr. 5

www.piketberg.com

Junie 2019

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

McLaren Sirkus op Piketberg

R5,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Dup Meubels Wenner...p4 Maria tree af….p7 Skaalmodelle na Nampo...p8 Hendrik se nuwe kar...p8 Rus-’n-Bietjie Toer...p12 Johannes by Leeskring...p16 VLV verjaar...p20 Doppies Projek...p22 Wyk 3 skenk stoele…p24 Gymfinity...p30 SSS-Matriekafskeid...p33 Piket-Bo-Berg Sportdag...p34

Emma, Lisa en Nina de Villiers saam met die Brasiliaan, Tiago Oliveira, van McLaren Sirkus, na afloop van die skitterende vertoning op Piketberg, 21 Mei. Foto: Marietha Goosen

Onthou om te herwin. Gebruik die deurskynende sakke vir hierdie doel.


22

Redaksioneel Die Sirkus en die Koerant Vir die afgelope vyf jaar lees ons elke maand nuus uit ons koerant van 20 jaar gelede. Ons na-aap Die Burger wat 50 jaar gelede se nuus opdiep, omdat dit iets goeds is om na te aap. Dis lekker om herinner te word aan die mooi stories uit die verlede. 20 jaar gelede voel soos nou die dag en met die lees van Junie 1999 se nuus, het dit vir my gevoel of dit vandag se koerant kon wees (sien op p8). 'n Voorbladstorie met 'n PHS'er wat Springbok word - ons kinders presteer steeds. Ons kies steeds leiers soos die drie Grobbelaars. Kunstenaars en sprekers besoek steeds Piketberg. Tweelinge word steeds gebore. Deon van Dyk ry steeds sy motorfiets, net 'n ander een. Jannie en Rosa se kinders is steeds in Australië. Die Rolbalklub kies steeds 'n bestuur. Eendekuil het weer 'n skool waar kinders presteer. Van Dykstraat se huidige inwoners het steeds 21 kinders, ipv 19 seuns en 2 dogters, is dit nou 15 seuns en 6 dogters. Ons huur en verkoop steeds huise en plase. Die jare stap aan en die lewe volg 'n patroon. Dinge verander en tog ook nie. Ritme, orde en voorspelbaarheid is eintlik 'n seën. Dis die onverwagse wat ons onkant betrap. McLaren Sirkus besoek Piketberg en wat my opval is die afgerondheid, die passie, presisie, 'n vertoning van hoogstaande gehalte. Vir die eerste keer wonder ek waarom chaos in die parlement 'n sirkus genoem word. Dit kan nooit vergelyk word nie. Chaos en sirkus in een sin? Nooit! Ek vind my tuis by Die Piketberger, ek hou van orde, ritme, vrede en goeie dinge wat oor en oor gebeur, soos in ‘n sirkus..

Don’t forget to be awesone. Marietha

Die Piketberger Redaksie Berigte, foto’s en proeflees: Marietha Goosen  022-913 1796 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen  022-913 3873 n/u Advertensies: diepiketberger@gmail.com of sms 079 496 2719

Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R200 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Marietha Goosen

Barbie Breunissen

Briewe van ons lesers... Alida Walters, kinders en kleinkinders skryf... Baie dankie aan elkeen wat ons as gesin en familie in die hartseertyd bygestaan het. Die bereidwilligheid/empatie en al die liefde wat ons ontvang het, was oorweldigend. Baie dankie ook aan elkeen wat gehelp het met die lasagne en na die diens by die kerksaal gehelp het. Ons waardeer dit opreg. Baie dankie ook vir elke oproep/gebede/blomme/ besoeke/kos/slaapplek/uitnodigings....ek het regtig nie genoeg woorde om dankie te sê, ek voel klein, maar ook bevoorreg om in so ‘n omgee gemeenskap te kan bly. Weet net dat ek elkeen van julle en alles ongelooflik baie waardeer.

Tillies Wintermark by Huis AJ Liebenberg Vrydag 7 Junie

Vadersdag Sondag 16 Junie BERGRIVIER DENTAL INC

Neem Kennis: Nuwe telefone is geïnstalleer en geen beset toon word aangedui nie. Indien u nie deurkom na ons kantore, laat asseblief 'n boodskap of probeer na 5 minute weer. U oproep is vir ons belangrik. Tel: 022 913 1630 of 022 913 2925


33


44

Dup Meubels Kompetisiewenner

Die wenner van die Mei 2019 gelukkige trekking is Marianne Kitshoff. Sy is die wenner van ‘n Oztrail hoë digtheid gietyster pot. Dankie aan al ons deelnemers, ons hoop u geluk is beter met ons volgende trekking begin Augustus 2019. U inskrywing is outomaties met enige aankope van R750 of meer vanaf 1 Junie 2019.

Japie du Plessis en Marianne Kitshoff.

ACVV 100 jaar al werksaam In die jaar wat ACVV landwyd hulle 100ste bestaansjaar vier, is elke geleentheid sommer ekstra rede vir terugkyk op al die goeie werk wat oor tien dekades reeds gedoen word. By ACVV Piketberg se algemene jaarvergadering is teruggekyk op 2018/2019 se werk en drie nuwe lede het by die aksie aangesluit. Terugvoer is gegee deur Hanlie Smit, Maatskaplike werker, Annake Bester, Bestuurder: Huis AJLiebenberg en Laurette Burger, Hoof: Trippe Trappe Kleuterskool.

Foto verskaf

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

diepiketberger@gmail.com NG Kerk Piketberg Pinkster 2-9 Junie Kinderpinkster 3-6 Junie in die kerksaal

Bankbesonderhede:

Die sprekers, die Bestuur en die Hoof-bestuurslid van ACVV is agter Annake Bester, Hoof: Huis AJ Liebenberg, Téola McKenzie, Maatskaplike Hulpwerker, Trienie Drotschie, Streekbesturder, Elmarié van Rooyen, Adminbeampte, Riesie Kotzé, Bestuur en voor Hanlie Smit, Maatskaplike Werker, Laurette Burger, Hoof: Trippe Trappe Kleuterskool, Elsabé Liebenberg, ACVV Voorsitter en Ina Kotzé, Bestuur. Foto's: Marietha Goosen

ACVV-lede Marna Bredenkamp, Magda le Roux, Roline Kotzé en Jacoba Basson voor die skildery wat onlangs aangeskaf is vir Tillies. Tillies is elke Vrydag, uitgesonder skoolvakansies, gedurende die voormiddag oop vir 'n gesellige saamkuier, bekostigbare lekkernye, tuisgebak en koffie en tee. Wilma Louw, Sonja Bredell en Marina Grobbelaar geniet tee en verversings na afloop van die algemene jaarvergadering.


55

Tel: 022 913 1051


66


77

Genoeg tande getel vir Maria

Wat’s in ‘n Naam?

Na 40 jaar in die tandebedryf, tree Maria Adams einde Mei af. Sy was nie net in dieselfde bedryf vir so lank nie, maar ook by dieselfde praktyk. Slegs een keer het die perseel verander en in die 40 jaar is sy by haar derde werkgewer. As 25-jarige jong vrou, het Maria by dr Maryke Frankel begin werk as skoonmaker en teemaakster, waar Perskepot vandag is. Haar begin salaris was R60. Met dr Marius (Bok) Hanekom se koms in 1983, skuif die praktyk na die huidige perseel. By Dr Herold Truter werk sy reeds sedert 1994 en is haar posbeskrywing baie meer omvattend as in die beginjare. Sy hanteer die ontvangs, afsprake, sterilisasie van instrumente en help skoonmaak wanneer die skoonmaker afwesig is. Wanneer die publiek haar nie sien nie, is sy besig met liasseerwerk of om die laboratoriumwerk gereed te kry vir versending. Maria is sekerlik op Piketberg die vrou wat die langste by een firma werk. Sy is bereid om by tye nog uit te help en haar opvolger touwys te maak, maar gaan eers haar aftrede met oorgawe geniet. Herold en Elsabé Truter wil haar bedank vir haar harde werk en lojaliteit van die afgelope 25 jaar en wens haar voorspoed toe vir haar welverdiende aftrede.

In Junie 1999 se koerant ontdek ons dié juweeltjie, geskryf deur Pierre Steenkamp. Ons deel dit graag weer. Wat beteken die naam? PPC beteken Pretoria Portland Cement "Pretoria" aangesien die eerste fabriek van die maatskappy in Pretoria opgerig is. "Cement" is voor die hand liggend. "Portland" is die naam van 'n kusdorpie in die suide van Engeland. Die uitvinder van die proses hoe sement gemaak word, het in 1824 in Engeland die proses vervolmaak. Die kleur van die sement het hom herinner aan die kleur van die rotse by Portland. SPAR het sy ontstaan in Nederland as DESPAR wat beteken: Door Eendrachtig Samenwerken Profiteren Allen Regelmatig. In Engels word dit vertaal as "all will benefit from united cooperation". JIREH is 'n Griekse woord wat beteken "Die Here sal voorsien". ZEBRA vooraan besighede 'n paar jaar gelede soos Zebra Motors, Zebra Fruit, Zebraskop (die hoogste plek in die Piketberge se naam) en die Zebra as simbool voorop Die Piketberger en by PHS is so vanweë teenwoordigheid van Zebras vroeër jare in die omgewing van Piketberg.

Foto: Marietha Goosen

Anderson & Nel

Prokureurs & Eiendomme Eiendomme te koop

Piketberg / Steynville / Porterville / Dwarskersbos

Kontak ons vir die verhuring / koop en verkoop van eiendomme. Ons hanteer die hele proses vanaf sluit van die koopkontrak tot registrasie in die Aktekantoor.

Skakel 022 913 1132

Vadersdag Promosie UITVERKOPING JEEP EN STERLING MANSHEMDE

Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


88

Skaalmodelle tot by Nampo

Nuwe Lewe vir ACVV-motor

Hierdie items wat presies volgens skaal gemaak is, is die noukeurige handewerk van Danie le Roux, wat tydelik woonagtig is by Elandsvlei, Eendekuil. Hy is pas terug vanaf Nampo, waar hy 'n groot bestelling items afgelewer het. Danie is sedert sy kinderjare besig om items uit blik te maak. Vir die afgelope 20 jaar doen hy werk vir homself en soos mense dit sien en belangstel, het hy toenemend vir ander mense begin werk, hoofsaaklik in die Malmesbury area. Persone wat in Danie se werk belangstel, kan hom kontak by 082 975 0027. Foto's verskaf

Hendrik Dirks en sy “nuwe” motor In Die Piketberger van Junie 1999 (destyds nog gratis!) verskyn 'n foto van Marie van Niekerk en Lilla Treurnicht saam met HAJL se nuwe motortjie. Die Kombi wat tot op daardie stadium gebruik is, is deur Van Zyl's Garage gekoop, glo teen 'n goeie prys! Daar moes egter nog baie gewoeker en gewoel word om die nuwe motor 'n realiteit te maak. Ná bykans 20 jaar en ongeveer 40 000km moes hierdie staatmakertjie plek maak vir 'n opvolger. Gelukkig hoef die motortjie nie bekommerd te wees dat dit verwaarloos sal word nie. Die nuwe eienaar, Hendrik Dirks van Pietersklip, Eendekuil, pas dit soos goud op. Mag daar nog baie voorspoedige kilometers vir die eienaar én sy motor voorlê! Foto verskaf

Bloedskenk datums * 5 Julie * 13 September * 8 November (Vrydae : 10:00 - 14:00) by Piketberg Museum

20 Jaar Gelede JUNIE 1999 (12 Bladsye)

Voorblad: Mirena Kitshoff verwerf Springbokkleure in Gymkhana. Boland Spar hou Tweeling Teepartytjie. Swart gordels in Karate: Mariaan Hanekom, Carel van Niekerk, Terens-Lee Goetham, PG Joubert en Chris-Fick van Niekerk. Jannie en Rosa kuier in Australië. Derek Strauss se skooltas het 12 jaar gehou. Roberto, die panfluitspeler, is deur ACVV genooi. Nuwe voertuig vir Huis AJ Liebenberg. Van Dykstraat spog met 19 seuns. De Hasefontein se Grobbelaarkinders, Jonetha, Bertie en Maresa, behaal al drie leiersposisies by Laerskool Eendekuil. Eerste Nasionale Bank is aangewys as Finansiële instelling vir 1998. Madri Hanekom van Laerskool Eendekuil is gekies vir Boland 0/13 Netbal. Advertensies: 1996 Ford Lazer Tracer te koop vir R30 000. Stewige plaashuis gesoek om te huur. Gemeubileerde stoepwoonstel te huur vir R600 p/mnd. Polonek manstruie vanaf R50 by Leon Wiese Uitrusters. Spar bevrore heelhoender @ R7,99/kg


99


10 10

Uit die kantoor van die Uitvoerende Burgemeester...

Hoofstraat 21, Posbus 64, Piketberg 022 913 1600 / 022 913 2075

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Ons het die voorreg gehad om ons moeders te bederf en spesiaal te laat voel op Moedersdag. Van ons het tuis gebly en van ons het die pad aangedurf na familie of vriende. Ons dank God vir ’n wonderlike dag waar ons die tradisie kon voortsit om ons Raadsheer mammies en oumas te bederf. My Ray van Rooy oproep aan ons wat kinders en kleinkinders is, is om elke dag te vier met mammie en ouma asof dit Moedersdag is. My grootste bekommernis gaan oor kerke wat net op spesiale geleenthede vol is, maar gewone Sondae steur ons, ons nie aan die kerkklokke nie. Kom Piketberg, laat elke dag spesiaal in ons lewens wees en mag ons omgee vir mekaar, ongeag of jy ryk of arm, wit, bruin of swart is, aan Pinkster of Protestante Kerk, behoort. Ons is almal een God se kinders. Ons het op 6, 7 en 8 Mei 2019 gestem vir die party van ons keuse en daarom wil ek almal bedank wat hul stem uitgebring het. Diegene wat nog nie geregistreer is nie, gaan asseblief na u naaste OVK kantore en registreer nou vir die volgende verkiesing in 2021. Jongmense wat 16 jaar oud is, kan ook gaan registreer, want in 2021 as jy 18 jaar oud is, mag jy stem. Ons is in Jeugmaand en my beroep op die jeug van Piketberg is om meer betrokke in ons gemeenskap te raak, eerder as om buite rond te staan. Ons grootste kopseer onder jongmense in Piketberg is die swangerskapsyfer van meisies, die gebruik van dagga by kinders so jonk as agt jaar oud, dwelm- en drankmisbruik onder skoolkinders. Wat in Piketberg moet gebeur, is beter samewerking tussen die munisipaliteit, kerke en organisasies om die jeugkwessies aan te spreek en om oplossings te kry. My kantoor is besig met beplanning om in Juniemaand die jeug uit die verskillende dorpe byeen te kry. Die doel van die byeenkoms is om te luister na die jongmense oor hul bekommernisse en wat ons as munisipaliteit meer vir hulle kan doen. My kantoor gaan ook op 26 Junie 2019 ’n gesamentlike byeenkoms met ACVVkantoor oor dwelms by Steynville Primêr aanbied. Die doel is om die kinders en jeug bewus te maak oor die gevare van dwelms. Jason De Kok van Piketberg sal een van die sprekers by die geleentheid wees en Early B gaan die jongspan vermaak. Ek het die afgelope tyd verskeie klagtes gekry oor diefstal by Bergrivier Munisipaliteit veral by ons store. My oproep aan inwoners wat bewus is van ongerymdhede by Bergrivier, kontak my by 083 657 9615 of stuur inligting na my private e-pos rayvr42@gmail.com. Moenie toelaat dat ongewenste persone ons pragtige dorp afbreek nie. Dit is ons dorpe, kom ons wees trots op Bergrivier. Die munisipaliteit het verskeie vullisdromme op strategiese plekke aangebring en my pleidooi aan u is om die papiere en blikkies daarin te gooi. Kom ons hou ons dorp skoon en wees trots op ons dorp eerder as om morsjorse te wees. Ek wil graag ’n beroep op inwoners doen om gereeld kontak met my kantoor te maak as u voel ons maak te lank. U as inwoners is die belangrikste kliënt vir die munisipaliteit en behoort voorkeur te kry. My kontaknommer is 083 657 9615 / 022 913 6000 of e-pos vanrooyr@bergmun.org.za of burgemeester@bergmun.org.za


11 11


12 12

Rus-’n-Bietjieklub Om aan die ACVV se Rus-'n-Bietjieklub te behoort, bied baie voordele. Eén daarvan is die jaarlikse toertjie, wat vanjaar vanaf 29 April tot 3 Mei geduur het. Groepfoto onder: Abraham Joubert

Die twee bekwame, hulpvaardige en vriendelike busbestuurders, Timothy en Shuaib, was deel van die pret en lekker eet. Om party dae ontbyt, middagete én aandete uit te eet, was die toppunt van groot bederf.

Ná Worcester Mall en middagete by Bodega de Vinho, Rooiberg, was Joubert-huis, waar Montagu se museum en kruietuin gehuisves word, op die program. Baie interessante feite en fabels is met die besoekers gedeel - wie sou kon dink dat wilde-als gebruik kan word vir brongitis sowel as sweetvoete. Montagu Droë Vrugte het ook finansieël gebaat by die besoek van die toerlede.

Montagu Springs was die groep se tuiste vir twee nagte. Die 5km-rit (berg-op!) by Protea Farm, op 'n sleepwa agter 'n trekker, was vir sommiges 'n bietjie senutergend. Gelukkig het soetwyn bo-op die berg en heerlike potjiekos op die plaas, almal gou-gou kalmeer. 'n Besoek aan Montagu se kwiltmuseum, asook die viering van

Roline Kotze se 80ste verjaardag op Elmarie van Rooyen se suster-hulle se plaas, het die dag verder opgevrolik. Die Myrtle Riggs-kerkie op Bonnievale wat 'n pa ter ere van sy gestorwe dogtertjie opgerig het, het almal se hartsnare geroer. Bredasdorp se Skeepswrak-museum was beslis 'n besoek werd en 'n plek waar besoekers baie ure kan verwyl. Nadat almal nes geskrop het in Agulhas en aandete by Seagull's Pub geniet het, het 'n paar bittereinders hulle nog besig gehou met kaartspeel. Alta van der Walt is die volgende dag gekroon as "Vuurtoring-koningin" - sy was die enigste een wat kans gesien het vir die 71 trappies van die mees suidelike vuurtoring.

Vrydag, op pad terug, is daar op Bredasdorp besoek gebring aan Kapula Kerse, asook 'n plekkie wat gansdonsprodukte verkoop. Teen dié tyd was een van die busbestuurders se kommentaar: "Maar die tannies kan darem kóóp!" Stormsvlei Restaurant het vir oulaas die innerlike versterk voordat die laaste skof huis toe aangepak is. Die nuwe skildery in Tillies gaan almal nog baie lank herinner aan Agulhas, waarvandaan dit met groot sorg saamgepiekel is Piketberg toe. Foto’s en berig: Marina Grobbelaar


13 13


14 14

rek.


15 15

Schenkfontein Proelokaal Open

Britse Burgerskap vir Rouxsanne Nadat Rouxsanne van Wyk 12 jaar in Londen skoolgehou het, kom sy terug na SuidAfrika om haar loopbaan hier voort te sit. As bonus het sy intussen Britse burgerskap gekry. Foto verskaf

Op 18 Mei het Schenkfontein se proelokaal geopen. Vandat hy kan onthou is dit Hennie Hanekom se droom dat Schenkfontein sy eie proelokaal kry. Saam met seuns Hendrik en Philip Hanekom het hulle die afgelope maand skouer aan die wiel gesit om hierdie droom te laat realiseer. Hier voel jy sommer dadelik tuis met die wynmaker self wat die wynproe aanbied en regte boere gasvryheid wat sommer met die intrapslag ervaar word. Die proelokaal sal voortaan een keer per maand oop wees, met tuisgemaakte pizzas en van die plaas se wyn wat beskikbaar sal wees en hulle eie unieke koekie en wyn pairing. Privaat funksies vir maksimum 50 mense word ook op bespreking gedoen. Berig en foto’s verskaf

Telefoongids Badisa werk hard aan Piketberg en Eendekuil se nuwe telefoongids. Kontak Hannie Visser 083 754 4760 voor 10 Junie om u nommers in te gee.

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


16 16

Le Roux stap vir Driehoek

Le Roux van Vuuren van Kokkedoor besoek Alta van Dyk op sy laaste skof van die 1552,9km van Vanderbijlpark tot in Kaapstad. Sy doel hiermee was om finansieel by te dra tot traumaberading vir die brug slagoffers by Hoërskool Driehoek. Alta en Le Roux is ou kennisse van die Weskus. Foto verskaf

Johannes besoek Leeskring

Johannes de Villiers, mediteerder en skrywer van “Kalmte in die Malle Gejaag”, het Piketberg Leeskring besoek.

Stem moet jy Stem

Winnie Grobbelaar het op 96 jaar haar kruisie gaan trek tydens die verkiesing op 8 Mei. By haar is Alta Rossouw. Winnie is die enetjie regs. –Red. Foto verskaf

Foto’s: Marietha Goosen


17 17

STOCKIST

* Meubels, kombuise en restourasie * Stoffering * Geskenke en dekor

Langstraat 59, Piketberg (Oorkant Agrimark)

Tel: 022 913 3326


18 18


19 19

dealership


20 20

VLV vier 87jaar

Op 9 Mei het die Piketberg VLV-lede die tak se 87jaar bestaansjaar gevier met ‘n gesellige oggend. ‘n Tjhoko-verf werkswinkel is aangebied deur TUIStydskrif. Foto’s: Dinette Lochner

ACVV 100 Vlag op Everest

Theresa van der Merwe van die Paarl het ‘n ACVVvlag al die pad saamgedra en by die Sagarmatha Base Camp op Mount Everest geplant. “Die vlaggie van die ACVV: Hierdie groep vroue het jare gelede met nie veel meer as hoop, geloof en liefde weggespring nie. Vandag kan die vrug van hul arbeid in bykans elke dorp in Suid-Afrika gesien word.” Dankie Theresa dat jy die ACVV se voetspoor tot oor die hoogste berg geneem het.

40 Dae

6 Weke in Jesus se Geselskap

Sprekers vir die vergadering - Tuis Redakteur Wikus Pretorius en Dale Niehaus - eienaar van Chisel & Chalk, Durbanville, het demonstrasie gelewer van hoe om Thjoko Paint op materiaal te gebruik. By hulle is die dames van Kunste & Handvlyt - Jo-Anni Coetzee, Mareza Smit, Elbeth Liebenberg, Nicoline Brown, Riana Richter en Lenie Otto.

Die gemeente van Piketberg is ‘n stroom van lewende water wat gevoed word uit die Fontein wat lewe gee, laat groei, vrug dra en oes voortbring. ‘n Sleutelaspek van gestuurdheid is om te leer om as dissipels van Jesus te leef. Dit is natuurlik ‘n lewenslange reis. Ons moet leer om eerstehands met God te leef. Dit beteken ‘n persoonlike verhouding met God. Daaroor het ons in ons vorige reekse sedert 2011 met mekaar gepraat. Die 40dae gaan in die 3eKwartaal soos volg verloop. Eredienste: Ons skop elke week op ‘n Sondag af, deur die onderwerp van die week in ons erediente in te lei. Persoonlike Reis: Elke lidmaat bestel ‘n 40Dae gids (by die Kerkkantoor) om jou te begelei op jou reis. Hierin is daar elke week leeswerk met vrae. Hoe meer moeite jy met die vrae en oefeninge gaan doen in jou persoonlike stiltetyd, hoe sinvoller gaan die 40Dae vir jou wees. Vir boekies kontak die kerkkantoor. Daar is ook ‘n begeleiersgids beskikbaar vir mense wat die gesprekke begelei. Kleingroepe: Dit is uiters noodsaaklik dat ons in die 40Dae in kleingroepe inskakel, sodat ons Jesus se lewenswyse deel van ons lewens kan maak. Die tekste vat so die beste grond in ons eie lewe. Praat met jou vriende of jou bure in jou wyk. 6 - 8 mense per groep is ideaal. In die kleingroepe gaan ons na ‘n DVD kyk. Ons gaan ook met mekaar deel wat ons in die Skrifgedeeltes hoor. Om ‘n groep te vorm/vind - kontak jou ouderling of ds Johan Smit 022 913 1244 of jdsmit@kingsley.co.za


21 21

TE HUUR / TO RENT

Volmaan Stap Maandag 17 Junie (vakansiedag) RSVP:

Bregda Mostert 083 597 0091

Piketberg Animal Outreach Skenkings van komberse, hondekos, katkos, nekbandjies en leibande asook katmandjies welkom.

Skakel 082 829 6918

       

Ruim 3-slaapkamer Victoriaanse huis in Piketberg te huur naby skole en kerke asook winkels. Groot tuin agter en afdak vir twee motors om te parkeer. Baie mooi uitsig oor berge vanaf stoep. Semi-gemeubileerd, afhangend. Bewys van inkomste asook deposito word benodig. Aantal volwassenes, kinders en troeteldiere moet onderhandel word. R6 000.00 per maand huur. Koopkrag.

Kontak Johann 084 662 8146 om te besigtig

3-Bedroomed House to Rent        

Hierdie advertensie geborg deur Sam en Berenice Scheepers

3-Slaapkamer Huis Te Huur

Spacious 3-bedroomed Victorian house to rent in Piketberg near schools, churches and CBD. Large enclosed garden to the back and off-street parking under carport for two cars. Lovely views of the mountains from stoep. Semi-furnished if requested. Proof of income and deposit required. Number of adults, children and pets to be negotiated. R6 000.00 per month. Prepaid electricity.

Contact Johann 084 662 8146 for viewing


22 22

Kuruman Doppies vir Rolstoele Margaret en Candice Julius met die plastiekdoppies wat van Kuruman af kom. Margaret, voormalige juffrou van Babbel en Krabbel Bewaarskool op Piketberg, woon deesdae by haar dogter, Ds Elize Julius, op Kuruman. Oral waar Margaret gaan, tel sy self doppies op vir die rolstoel projek, maak dit skoon en moedig ook ander aan om te bring. Die gemeente daar is ook ywerig om te help bymekaarmaak. Margaret het die doppies saamgebring, toe sy by Candice kom kuier het om haar jongste kleinkind, Elija, te kom ontmoet. Foto: Marietha Goosen

TE HUUR Plaashuis te Huur te Eendekuil. Skakel 072 347 2069

BETREKKING AANGEBIED Aansoeke vir restaurant bestuurder word ingewag. Skakel 083 412 3070 of pos denel@wcaccess.co.za

HUISHULP BENODIG

Elsie se Doppies vir Rolstoele

Elsie Basson is die nuwe kontakpersoon vir plastiese doppies en broodtags. Piketberg is op en wakker met die rolstoel projek. Doppies, van enige soort plastiek, kan steeds afgegee word by kerke, skole en biblioteke. So ook broodtags, hou dit net asseblief apart. 'n Vriendelike versoek is dat doppies wat taai en of vuil is, eers gespoel word. Die VG Kerk, waarvan Elsie deel is, het besluit om die rolstoel projek deel te maak van hulle sendinguitreik aksies. Die gemeente het reeds fluks begin bymekaarmaak en kerk toe bring. Elsie is bibliotekaresse by LB Wernich biblioteek in Calendulastraat. Haar kontaknommer by die werk is 022 913 6000. Alle doppieversamelaars van voorheen is steeds betrokke by de projek en werk almal saam. Foto: Marietha Goosen

Halfdag-pos (Piketberg). Geen rokers. Skakel 082 780 8698 vir onderhoud.

TE KOOP DEFY Compact 4 Stoof te koop Prys R2 000 Kontak 079 496 2719

TE KOOP BSA verkyker, 7 x 50, 357FT/1000 yds, 119m/1000m, RA750G Prys R350 Kontak Hannie Visser 083 754 4760

GESOEK

Leeskring 2019

Sus en Daan is maats, ‘n sub A-leesboekie van die sestigerjare. Kontak Teresa 083 539 5048

12 JUNIE: HANS STEEK DIE RUBICON OOR – Rudie van Rensburg. Bespreek: Hanlie Richter 24 JULIE: Vergadering by Moira se huis in Tuinstraat HUISIES VAN PAPIER – Dalena Theron. Bespreek: Marietha Goosen 21 AUGUSTUS: WONDERBOOM – Lien Botha Bespreek: Deidré Eigelaar

GESOEK Op soek na houtwerk gereedskap om te koop. Klampe, skawe, vyle en sae. Whatsapp Daniel Goosen by 078 093 0906 Baie dankie aan diegene wat reeds gereageer het.

18 SEPTEMBER: AANKOMS EN VERTREK – Pat Stametelos Bespreek: Madelie Burger 23 OKTOBER: KAINSMERK – Annelie Botes Bespreek: Sandra van Wyk 20 NOVEMBER: AFSLUITING


23 23


JMR SERVICES Jannie - 0763116159 Arrie - 0781616406 jmrengine@yahoo.com

Wyk 3 Skenk Stoele

Singelstr 6 Piketberg

7320

Grondveskuiwings masjinerie, Trokke – Trekkers Bakkies en karre Enjin en Transmissie Herbouing Herstel van brieke, clutches, propshafts etc. Opmaak van enige meganiese kabels Herstel van enige sleepwaens soos kombinasie sleepwaens Voorsien sleepwa parte soos Briek Boosters Penne en Buste Rocker Bokse etc.

Wykskomitee van wyk 3 het stoele aan Wittewater se Dienssentrum geskenk. Hulle het onlangs in hulle eie gebou ingetrek. Foto verskaf

Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R230 Agsteblad: R170

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


25 25


26 26

Mnr en Mej PHS

Kleinjan Kotzé (MC vir die aand), Doneley Lesch (Mej PHS), Ruan Potgieter (Mnr PHS). Eerste Prins is Ravell Frans en Jacquin Valentyn, Tweede Prins.

Clifton Le Fleur kry hulp by Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging

Clifton Le Fleur, seun van Johanna en Pieter Le Fleur, van die landbou dorpie Oakview is tans by die Riebeeck Vallei Spesiale Skool ingeskryf as ‘n leerder. Volgens Clifton se afrigter by bogenoemde skool is hierdie die derde agtereenvolgende jaar dat hy gekies word vir die Boland LSEN krieketspan. Die krieketspan neem gedurende die Septembervakansie deel aan die nasionale toernooi in Potchefstroom en soos met enige sport is daar altyd ‘n koste. Dit raak veral duur wanneer jy van hier af in ‘n plek soos Potchefstroom moet gaan deelneem. Dis om hierdie rede dat Clifton se afrigter hom wend tot die gemeenskap waarvandaan Clifton kom om hom finansieel te help om in Potchefstroom te kan gaan krieket speel. Tydens die onlangse Gemeenskaps Sportdag te Starke Park, Piket-Bo-Berg, heeltemal befonds deur die PiketBo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV), het Clifton se ma ‘n brief in die koördineerder van die PBBIV, Gus Pickard, se hand gedruk en gevra, “Kyk of julle kan help asseblief”. Kort hierna het die bestuurskomitee van die PBBIV vergader en was die versoek deel van die agenda. Dit was dan tydens hierdie vergadering dat die bestuurskomitee besluit het om ‘n bedrag van R2 500.00 aan Clifton se skool te betaal as deel van die PBBIV se bydrae tot sy opvoeding, in hierdie geval sport. Dit bly een van die oogmerke van die PBBIV om kinders wat op die verskillende plase te Piket-Bo-Berg woonagtig is, vir hul akadamiese of sport uitnemendheid te beloon. Berig verskaf deur Gus Pickard

Die Piketberger se Datums JULIE: Berigte in 18 Junie : Verskyn 27 Junie AUG: Berigte in 23 Julie : Verskyn 1 Augustus SEPT: Berigte in 20 Aug : Verskyn 29 Augustus OKT: Berigte in 24 Sept : Verskyn 3 Oktober NOV: Berigte in 22 Okt : Verskyn 31 Oktober DES: Berigte in 19 Nov : Verskyn 28 November EPOS: diepiketberger@gmail.com

Mej PHS, Doneley Lesch, met Eerste Prinses, Alicia Louw, regs en Debbie-Keir Paulsen, Tweede Prinses, links. Foto’s verskaf

Mates vir advertensies: Volblad: 19cm x 27cm Halfblad: 19cm x 13cm Kwartblad: 9cm x 13cm Agsteblad: 9cm x 7cm


27 27

Saterdag 6 Julie te Velddrif


28 28

MC HANEKOM

VRL-Dinee by PHS

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

PHS se Hoofleiers, Ravell Frans, tweede van links en Janke van Schalkwyk, heel regs saam met Wian Koch en Pieter van Jaarsveld, gasspreker.

Vanessa Luyt, Barnard Steyn, Quinten Engelbrecht, skoolhoof, Rina Engelbrecht en Adriaan Lubbe kuier gesellig saam. Foto’s verskaf.

NOODNOMMERS - PIKETBERG POLISIE - 022 913 8800 BRANDWEER - 079 349 8619 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 VERKEER - 083 272 4126

Klavierstemmer

Stem en Herstel van Klaviere Professioneel 50jr Ondervinding Alle Areas Skakel Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276


29 29


30 30

Gymfinity Kompetisie Wenners

Gimfinity, Weskus Kompetisie. Al die dogters is Level 2 en gaan die WesKus streek verteenwoordig by die Provinsiale Kompetisie 31 Mei in Saldanha. Saam met hul afrigter, Melanie Groenewald is Aimee Swart, Isabelle Haasbroek, Annali Treurnicht, Tihani van Lill en Jana da Silva.

Level 1 Dogters maak skoonskip by Bellville Kompetisie (7jaar en ouer). Eerste Plek Zinni Brynard, Tweede Isabelle Nel en Derde Kathy Ann De Waal.

Level 2 Dogters by Bellville KompeLinks: Level 1 Dogters by Wes- tisie. Al drie dogters is vir die Weskus Kompetisie gekeur, Tihani van Lill, kus Kompetisie. Jana da Silva en Annali Treurnicht. Al drie het Weskus kleure verwerf en Regs: Level 1 verteenwoordig Seuns by Bellville Weskus by Kompetisie Provinsiale JJ Swart en kompetisie 30 Mei te Saldanha. Rudolf Etsebeth. Isabelle Nel, Foto’s verskaf Zinni Brynard en Kristen Gerber.


31 31

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


32 32

Mondskerms vir Eerstes

Dr Herold Truter, links, van Bergrivier Dental het, soos in die verlede, PHS se eerste rugbyspan se mondskerms geborg. By hom is Nicol van den Heever, kaptein, Chris Smith, onder-kaptein, en dr Saskia Smalberger, wat hard gewerk het om al die manne in te pas vir die maak van afdrukke en mondskerms. Foto: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 27 Junie 2019 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 18 Junie 2019 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Bruwers skitter by Eisteddfod

Pieter en Annette Bruwer het onlangs deelgeneem by die Stellenbosch Eisteddfod Prestige konsertaand. Beide was pryswenners. Pieter was vir dramatiese kunste Beste gr 10 deelnemer; Beste HoĂŤrskool seun, Beste akteur en Beste HoĂŤrskool dialoog. Annette was beste gr 8 deelnemer vir dramatiese kunste. Hulle is leerders by Paul Roos en Bloemhof. Foto verskaf

LS Eendekuil se leerders trots

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: 1919 tot 2019 Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com Laerskool Eendekuil se leerlinge het vir die eerste maal aan die Olifantsvlei Eisteddfod in Citrusdal deelgeneem. Hier spog die leerlinge met hulle sertifikate vir gedigte. Agter Julia Coetzee en Jana Schoeman, albei Gr1 (Goud), Christiaan de Waal, Gr3, (Silwer). Voor Hanro van Vuuren en Nina van Bosch, albei Gr1, (Silwer). Foto: Antoinette Kok


33 33

A’lida’s se SSS Rokke Die dames van A'lida's Bruidswinkel en Naaldwerksentrum, Dawn Fredericks en Martha Stuurman, het elf uitrustings vir Steynville Sekondêre Skool se matriekafskeid op 3 Mei gemaak. Op die foto's is sewe van die elf in hulle asemrowende skeppings. Foto's verskaf

PHS Netbal 1stes wen Classic Clashes

PHS wen die FNB Classic Clashes teen Schoonspruit op Malmesbury 34 –31. Dit was ‘n naelbyt stryd tussen dié twee puik spanne. Agter is die doelskieters Amber Cooper en Janke van Schalkwyk, kondisioneerder JJ Benn, afrigters Iza Schreuder en Anmari Hugo, skoolhoof Quinten Engelbrecht en Karin Wahl Neethling van Die Courant wat die trofee oorhandig het. Foto: Facebook Catelynn Cornelius

Youth Bank Piketberg

Michelle Monk

PJ Nero

National Best Friends Day Saturday 8 June

Jonicke September

Initiative Community Advancement stel Youth-Bank Piketberg bekend. Die doel is om dinamiese jeug uit te daag om 'n verskil in die gemeenskap te maak. Die YouthBank bestaan uit 3 koördineerders en 12 lede. Die YouthBankers se hoofdoel is om fondsinsameling en ondersteuning te doen en met die gemeenskap te skakel in alles wat hulle doen. Ons wil ons jeug uitdaag om ons te help om 'n verskil te maak en standpunt in te neem as aktiewe burgers. Ons wil almal in die gemeenskap betrek om ons te help in ons fondsinsamelingsveldtog. YouthBank-Piketberg het hul eerste ontmoeting gehad 25 April 2019 waar hulle * SUBSTANCE ABUSE* geïdentifiseer het as die grootste probleem wat hulle in Piketberg wil aanspreek. Oor die volgende paar maande sal u sien dat die YouthBank-groep fondsinsameling vir ons Jeugfonds doen, waaruit ons geld sal skenk aan innoverende projekidees wat middelmisbruik in Piketberg sal aanspreek.

Joan-Maud Kqotha

Berig en foto verskaf Annelisia Maarman

Jose-Lynn Morkel


34 34

Piket-Bo-Berg hou Sportdag

Die verskillende sub-komitees van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) het om ‘n tafel gaan sit en begin beplan aan ‘n dag waarop die gemeenskap van Piket-Bo-Berg bymekaar kom en van werk en wasgoed en kosmaak en dies meer vergeet en net pret hê. Die dag het ná baie beplanning op Saterdag 4 Mei aangebreek. Die verskillende plase is in kleure, amper soos skole se interhuise, ingedeel. Met die opening op die dag het die verskillende plase vlag draers gehad met die plaas se naam daarop en ‘n T-hemp aan met die kleur wat aan die plaas toegeken is. Eerste aan die beurt op die dag het Mouton’s Valley op die rugbyveld gestap, almal netjies getooi in splinternuwe groen T-hemde, gevolg deur Heldervue in swart huis tot by Zwaansywk in rooi huis. Nadat almal hulle staan op die rugbyveld gekry het was dit tyd om die volkslied te sing en dis hier waar ‘n mens kon sien wie net sing wanneer die Afrikaans en Engelse gedeeltes gesing word, want die Xhosa is bietjie moeilik. Die Xhosa deel was vir sommige eintlik net ‘n gebrom, maar sing die het almal gesing en uit volle bors, Xhosa reg of verkeerd. Toe is dit trompoppie tyd en vir sommige was dit maar ‘n moeë besigheid aan die einde. Sommige het gereken hulle is fiks genoeg om op en af te spring, maar toe nie. Dat die trompoppies vir die dames, oud en jonk, pret was is vir seker. Eerste aan die beurt was dit die spannetjie van Achtervlei of Blue Birds soos hulle op die dag bekend gestaan het en hierna was dit die span van Mouton's Valley. Na die trompoppies was dit duidelik, die mense op die Berg het ritme. Met die vlagdraers en tromppies iets van die verlede, was dit tyd vir ernstige besigheid en hier het die manne en vroue mekaar aangevat. Van drie-been resies tot stokkie aflos tot toutrek. Dit was juis met die toutrekkery dat die manne en vroue mekaar opgedreun het. Letterlik opgedreun… Aan die vroue kant het sommige op hul mae beland en is sommer in die proses net saamgesleep. Met die tellery van die punte het die organiseerders agter gekom twee plase in die top drie se punte telling is dieselfde en toe vir die “decider”. Die manne, die vinnigstes op die plaas, moes die 100m hardloop. Dis toe hier waar ‘n jong mannetjie van Blue Birds, Sergio Koordom, sy staal wys en die groot trofee vir sy plaas wen. So wen Achtervlei dan die 1ste plek, Mouton’s Valley die 2de plek en Harmonie die 3de plek. Lanklaas het die gemeenskap soveel pret op een plek gehad en die manne en vroue het mekaar alreeds weer begin uitdaag vir die 2020 byeenkoms. Dis lekker op die Berg! Berig en foto’s: Gus Pickard

Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R500 Halfblad: R350 Kwartblad: R240 Agsteblad: R170


35 35

in te samel vir hul

kontrolering van voorraad.

Hanlie Pretorius


36 36

Die blote gedagte aan die hoeveelheid klante wat met die gratis SPAR Rewards mandjies hul Rande kon rek, het almal opgewonde en soms sprakeloos gelaat!

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Jun 2019  

Die Piketberger Jun 2019  

Advertisement