__MAIN_TEXT__

Page 1

1

Jaargang 25 Nr. 5

www.piketberg.com

Junie 2018

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Janke Een van Tien in SA

Troufoto’s...pp4,5 Hansie 104...p7 Herinneringsreis...p8 Möllers 55jr getroud...p14 Storieoggend…p16 VLV-Nuus...pp21,22 Graadfoto’s...p26 SSS Sport...pp28,29 PHS Sport...p30 SSS Matriekafskeid...p33 Sangpresteerders - Olifantsvallei Eisteddfod...p34

Janke van Schalkwyk, gr 11leerder by PHS is gekies as een van slegs tien ambassadeurs landwyd vir die Nelson Mandela CEO SchoolSleepOut. Janke is genomineer deur Berenice Scheepers, PHS koördineerder van die 2016 en 2017 SchoolSleepOut. Jong, dinamiese Suid-Afrikaners in Graad 7 en 11 in alle provinsies kon aansoek doen om ambassadeur te wees vir ’The Nelson Mandela School Sleepout’. Die tien ambassadeurs sal die geleentheid hê om hul skool te promoveer en om ander skole aan te moedig om te #RiseToTheChallenge en om deel te neem in hul eie ‘School Sleep Out’ gebeurtenis. Die Ambassadeurs sal hul stem en invloed gebruik om die boodskap van positiewe sosiale verandering onder hul portuurgroep te versprei. Vir meer inligting kyk op die webblad https://theceosleepoutza.co.za/ schoolsleepout/ambassadors/

R5,00

Janke van Schalkwyk. Foto verskaf


2

Redaksioneel 24 uur se roetinedinge Vir volgende maand se Leeskring lees ons Peter Veldsman se herinneringsreise: "Wat die Hart van vol is". Sy ráák beskrywings en fyn waarnemingsvermoë in kleintyd herinneringe, maak dit 'n ontspanne boek, waarmee mens kan identifiseer. Op p13 vertel hy dat hulle plattelandse bestaan met hóm, as klein seuntjie by sy oupa en ouma, deur ure bepaal is......(en ek haal vry aan): "Net na vyfuur is opstaantyd, was, aantrek en tyd vir gebed Aguur was ontbyttyd, met die oggendgebed in gesangvorm voorgelees, ná die gebruiklike tafelgebed Halfelf was teetyd met heuningbos Om twaalfuur was die groot maaltyd van die dag Vieruur was koffietyd Sesuur was uitvaltyd 'n Ligte aandete het om sewe gevolg, daarna boekevat en gebed Daarna is die mans gewoonlik stoep toe om pyp te rook of musiek te maak Skuins voor nege is naggesê en negeuur was dit kerse-uit en slaaptyd." Ek betrap myself dat ek hunker na die eenvoud, smag na 'n horlosie wat stadiger tik, honger en dors om te weet wat is belangrik. En tog, iewers tussen Peter Veldsman se kindertyd ure, wat soos bakens in sy lewe ingeslaan is, was hardwerkende hande wat geplant, versorg en geoes het, voorbereidings getref het, self gebak, gekook en ingelê het, self gebrei, gehekel en aanmekaargewerk het. Mense wat gewerk het van sonsopkoms tot sonsondergang. Ons almal staan op, gaan deur die oggendroetine, drink tee, eet, werk, geniet 'n koffie, gaan huis toe, volg 'n aandprogram en gaan bed toe. Om op te staan, te bid, te eet, tee te geniet, te werk, huis toe te gaan en bed toe te gaan raak inderdaad hoogtepunte en is op hulle béste wanneer jy besef watter voorreg elkeen van dié roetine dingetjies is.

Liefde Marietha Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Berigte, foto’s en hulp uitleg: Marietha Goosen  022-913 1796 Advertensies:

diepiketberger@gmail.com

Marietha Goosen

of sms 079 496 2719 Uitleg, admin en verspreiding: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Barbie Breunissen

Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag. Teken in op Die Piketberger teen R120 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Briewe van ons lesers... Marinda Mostert, namens Aurora VLV, skryf… Gelukwense aan Jane van Zyl met haar 80ste verjaarsdag op 5 Mei 2018. Mag hierdie spesiale jaar wat die Here aan u gegee het, gevul wees met alles wat mooi is.


3


4

Mnr en Mev Steyn

Henk Steyn en Carla Kennedy is op 12 Mei in die huwelik bevestig by Dunn's Castle. Carla is die dogter van André en Carina van Piketberg. Henk se ouers is Tromp en Alida, plaasboere van Laingsburg. Foto verskaf

Trou Makietie op Meintjieskraal

Lushane Baadjies en Clarese Dirks is op 27 April op Meintjieskraal in die huwelik bevestig.

David Basson, bo en en regs bo, die oupa van die bruidegom, saam met Frank Somers en Ina Visser.

Die Bloedskenkdatums vir 2018 is as volg:

13 Julie 14 September 9 November Sien jou daar!

Foto’s: Carla Visser

NG Kerk Aurora sê Dankie Gemeentelede van Wyk 5 wil graag Liebco Foods bedank vir die skenking van wors vir hul ontbyt op 21 April.


5

Ewige Trou Beloof op 28 April

Hans-Theo Kretschmer en Corlene (Blommie) Senekal is getroud op 28 April op Vleesbaai. Foto: Lynelle Pienaar Photography Johan du Preez en Carla Smit is op 28 April by Kronenburg, Paarl getroud. Carla is die dogter van CP en Riana Smit van Piketberg. Johan se ouers, Jannie en Analise du Preez is van Brakpan. Foto: Nikki Meyer

Johnathen-Lee Sofat en Sammé-Jo Loren is op 28 April in die NG Kerk op Piketberg getroud. Foto verskaf

Baie dankie aan al die borge, instansies en persone wat ‘n bydrae gelewer het om ons dag weereens ‘n reuse sukses te maak. Baie baie dankie! Personeel, Hoërskool Aurora


6


7

Hansie van Citrusdal 104

Van Toeka tot Nou Kermis

Huis AJ Liebenberg hou op 8 September 2018 ‘n kermis met die erfenis tema “Van Toeka tot Nou”. Dit sal ‘n heerlike dag wees met vermaak vir oud en jonk met produkte en aktiwiteite van Toeka tot Nou. Die dag sal afskop met ‘n veterane trekker optog deur die dorp, waar ons eie Mnr en Mej AJL ook sal pronk. Hierna sal besoekers vermaak word met tradisionele musiek en allerlei kosstalletjies – vars en gaar produkte. Daar sal ook ‘n potjiekos kompetisie gehou word en ons vra nou reeds dat besighede hiervoor inskryf. Spanne kan volgens ‘n tema aantrek en die beste drie spanne sal heerlike pryse losslaan. Dagboek asb die datum, jy wil dit nie misloop nie! Kontak vir Annake Bester by 022 913 1228 vir meer inligting en hou Huis AJ Liebenberg se Facebook-blad dop.

Hansie Smit (Mouton). Ouma Hansie Smit het op 13 Mei haar 104de verjaarsdag gevier! Wat ‘n besonderse mylpaal. In haar perfekte mooi handskrif pen sy haar familie geskiedenis en al haar wedervaringe van 'n eeu vas. Sy is immers ouer as die NG gemeente Citrusdal en het meegemaak in die besonderse 100jaar vieringe van die gemeente in 2016. As boorling van Citrusdal het sy baie eerstes beleef in hierdie gemeenskap. Sy het besonderse passies en ná die afsterwe van haar eerste man skryf sy op 62-jarige ouderdom by Stellenbosch Kollege in om Kuns en Beeldhou te studeer. Haar ses kinders is almal op die familieplaas gebore. Sy bly saam met haar tweede man vir 10 jaar in Ons Huis Ouetehuis op Citrusdal, maar met sy afsterwe trek sy op 83-jarige ouderdom uit die ouetehuis, terug plaas toe om verder met haar kuns en tuinmaak talente te woeker. Met haar 100ste verjaarsdag teken en ontwerp sy self ‘n rok wat spesiaal vir haar gemaak is vir hierdie besonderse okkasie. Op 101 trek sy weer terug na Ons Huis waar sy vir die afgelope drie jaar woonagtig is, gesond en altyd gewillig om die interessantste stories van die verlede met jou te deel. Berig en foto’s: Awiëtte Mouton Ouma Hansie Smit, saam met agterkleinseuns, Erasmus, Jahnco en Van Dyk Mouton.

Elle, Vinni’s en Kartopu Wol

Nuwe Wintervoorraad Winkel  022-913 2418  022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787  082 921 1977


8

Herinneringsreis op Koringberg vir Coen en Leens

Coen en Leens Bezuidenhout het op 'n onlangse besoek aan Koringberg, 'n verkwikkende herinneringsreis gehad. Hulle het die kerk besoek waar hulle 61 jaar gelede, op 29 Junie 1957, trou aan mekaar beloof het. Leens moes ook weer die skool besoek waar sy in een van die laaste matriekklasse op Koringberg was. NĂĄ skool is Leens Onderwys Kollege toe in die Paarl, waar sy vir Coen ontmoet. Albei kry onderwysposte in Willowmore en gedurende hulle tyd op Willowmore, haak hulle die knoop deur. Coen het na 'n paar jaar die onderwys verlaat en hom as Prokureur op Tulbagh gevestig. Sedert sy aftrede, woon die paartjie op Hermanus. Foto's: Tertia Visser

Leensie Basson en Coen Bezuidenhout trou op 29 Junie 1957 op Koringberg.

Leensie se trourok

Die trourok wat gedra is deur Leensie Basson in 1957 is deur haar dogter, Annabe gedra in 1979 en deur haar kleindogter, Caitlin in 2014. Die rok het destyds 150 pond gekos. Met Caitlin se troue, is besluit om die kantmoue af te haal, omdat dit Februarie was. Die rok is nie vir enige van die bruide verstel nie; en het nog die oorspronklke ritssluiter in.

Die volgende Piketberger verskyn op 21 Junie 2018 Berigte en advertensies moet ons bereik teen 12 Junie 2018 Stuur na: diepiketberger@gmail.com

BERGRIVIER OUTREACH

Caitlin Tredoux trou met Douglas Bower op 22 Februarie 2014 in dieselfde rok.

Foto’s verskaf Caitlin se foto is geneem deur Vizionphoto

LHL Stoffering Henry Roberts 078 789 0715 Culemborgstraat 13, Piketberg stasie

SKENKINGS VAN KOMBERSE, HONDE- EN KATKOS, NEKBANDJIES EN LEIBANDE ASOOK KATMANDJIES WELKOM 082 606 5364

Annabe Bezuidenhout trou met Deon Tredoux op 1 Desember 1979 in dieselfde rok.

Henry Roberts by 'n sitkamerstoel, gestroop tot op die hout. Voordat jy jou ou papgesitte, gunsteling meubelstuk op die ashoop wil gooi, bring dit vir Henry by LHL Stoffering. Daar wag 'n nuwe lewe en nog jare se diens.


9


10

‘Alles in jou Slimfoon’ ‘n Groot trekpleister by die nuwe uitstalling, ‘Alles in jou Slimfoon’, op die galery by die Sinagoge, is die besoekers -naambord waarop almal hul name kon verewig. Raadslid Small en Direkteur Josephus van Gemeenskapsdienste was onder die gaste wat die opening van die uitstalling bygewoon het. Foto’s: Georgia Abrahams

Enjindag op Jeugdag

Op 16 Junie word ‘n geleentheid deur Piket Veteraantrekker- en Implementeklub gereël waarby elf gerestoureerde enjins beoordeel sal word om aan ‘n nasionale kompetisie deel te neem. Inskrywings kom uit die hele Wes-Kaap. Van die deelnemers is Piketbergers, o.a. Danie Visser en Tiaan Burger. Tiaan,‘n graad 11-leerder van Hoërskool Piketberg sal aan belangstellendes verduidelik hoe te werk gegaan word om ‘n trekker te restoureer asook te beoordeel. Behalwe genoemde elf enjins, sal die grootste gerestoureerde enjin in die Wes-Kaap, ‘n 120pk Blackstone van nege ton, ook gesien en gehoor kan word. Talle ander gerestoureerde en ongerestoureerde enjins, waarvan baie een of ander toestel sal aandryf, sal in aksie wees.

Die grootste gerestoureerde enjin in die Wes-Kaap, ‘n 120 pk Blackstone wat op die Enjindag te sien sal wees. Foto: Apie Richter Vir die veteraanmotor entoesiaste sal Petro Smit se versameling 1.18 skaalmodel motors binnenshuis uitgestal word. Kom kyk hoe Oupa en Ouma se Chrysler, Ford en General Motors reeks, asook Europese fabrikate tussen 1950 en 1970 gelyk het. Advertensies van plaaslike motorhandelaars uit daardie jare en ou motoradvertensies behoort die gedagtes en stories en aangename herinneringe terug te roep.

20 Jaar Gelede - Junie 1998

Voorblad: Minister Kader Asmal neem die opening van die Broodkraaldam waar op 30 Mei. Kollig op Jonathan Nthane. ABSA damesklub besoek Piketberg Bo-Berg, Piketko en Winkelshoek. Linda Schilder bied by Piketberg Blom- en Tuinbouklub 'n Ikebanakursus aan. Twee matrikulante, Lourens Hanekom en Danie Steynberg is danksy 'n grootse reddingspoging ongedeerd terug van hulle Sondagmiddag berguitstappie. Baba Basson en Huletta Rossouw is die wenners van die Spar Rolbaldag. Hester Hagen is die eerste wenner van die "Wees Lekker toekenning", gemaak deur Boland Spar. Malan le Roux is gekies om SA te verteenwoordig by die Tuimel Wêreldkampioenskapstoernooi. De Villiers Mouton is gekies vir die O/13-Boland Cravenweek Rugbyspan. Alison Müller behaal Goud vir die Orrel Ope-afdeling by die Stellenbosch Eisteddfod. Die NG Kerk hou Strategiese beplanning 2000+.

Die leersame en interessante uitstalling van wat mense in die verlede benodig het, waarvoor jy deesdae jou slimfoon inspan, wat onlangs in Piketberg Museum aangebied is, sal ook op die terrein te sien wees. Die plaaslike ACVV-tak sal eet- en drinkgoed te koop verskaf, o.a. tradisionele roosterkoek en pannekoek. Die geleentheid vind plaas op die perseel van Klem Coetzee in die nywerheidsgebied aan die oostekant van die N7 op Piketberg. Sien rigtingwysers. Hekke open vir publiek om 09:00. Toegang is ‘n skrale R20 vir volwassenes en R5 vir kinders. Vir meer besonderhede, skakel 073 230 2110.

Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com


11


12 Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Welkom by Bergmun

Hierdie maand wil ek graag met al die Piketbergers praat oor herwinning van ons vullis. Soos julle weet het Piketberg nie ons eie stortingsterrein nie. Ons terrein was reeds vol en het ‘n lisensie gekry om toegemaak en gereHanlie Linde habiliteer te word. Ons ontvang tans slegs bourommel en tuinvullis by hierdie stortingsterrein, omdat dit materiaal is wat ons kan gebruik in die rehabilitasie-proses. Alle huishoudelike vullis word vervoer na die stortingsterrein in Malmesbury en ons betaal vir stortingsfooie. Dit is aansienlike bedrae per maand en beloop ongeveer R20,8 miljoen per jaar vir Bergrivier Munisipale Gebied. Ons kan hierdie bedrag aansienlik verlaag as ons almal saamwerk en herwinbare afval herwin. Op Woensdag 9 Mei het wyk 3 ‘n projek geloods waar hulle van huis tot huis beweeg het en ‘n kennisgewing aan alle huishoudings uitgedeel het tesame met ‘n deurskynende vullissak wat vir herwinning gebruik word. Ons het u hulp ook nodig. Piketberg doen nog glad nie goed met herwinning nie! Gedurende Januarie 2018 is slegs 5,3% van die vullis in Piketberg herwin, in Februarie 2018 8,34% en in Maart 2018 7,5%. Dit is sekerlik “swak Piketberg swak”!

Matthew Sheldon het op 2 Mei 2018 by Bergrivier Munisipaliteit begin werk as Hoof: Kommunikasie. Hy sal verantwoordelik wees vir alle skakeling met die media sowel as interne en eksterne kommunikasie en beeldbestuur van die Munisipaliteit. Hy is oorspronklik van die Paarl, maar was werksaam in Kommunikasie by Langeberg Munisipaliteit. Ons wens vir Matthew ‘n lang en suksesvolle loopbaan toe in diens van die gemeenskap. Foto verskaf Crazentia Strauss is aangestel as Biblioteek Assistent by die Openbare Biblioteek. Crazentia werk al vir sewe jaar en 11 maande by die Openbare Biblioteek, en twee jaar by die LB Wernich. Foto: Marietha Goosen

Vullisverwydering en Herwinning

Wykskomiteelede van wyk 3 Piketberg saam met die “Waste Ambassadors” en Raadsheer Riaan de Vries, tweede van regs (wyksraadslid van wyk 3). Foto’s verskaf Kom ons doen dieselfde moeite as wat ons doen met ons waterbesparings en maak seker dat ons alle herwinbare produkte in die deurskynende sak sit en uitsit vir oplaai deur die Munisipaliteit op dieselfde dag as jou gewone swart vullissak. As jy nog nie deurskynende sakke het nie, kom kry gerus by die Munisipaliteit. Kom Piketberg! Ons kan! Twee van die “Waste Ambassadors” lewer sakke en kennisgewings af by Trippe Trappe Kleuterskool in Piketberg.

Bergrivier Munisipaliteit gebruik ‘n unieke drie-sak stelsel en vereis die herwinning van sekere herbruikbare vaste afval wat nie net die ikoste van die verwydering van huishoudelike afval wesenlik kan verlaag niek maar ook ons omgewing beskerm en bewaar. Die skokkende nuus is dat slegs 20% van ons inwoners reeds herwin. Dit is nie goed genoeg nie. Die volgende kategorieë van vullis word hanteer:  Swartsakke : Alle nie-herwinbare huishoudelike afval. Swartsakke word jaarliks aan elke huishouding voorsien, die koste hiervan is ingesluit by die vullisverwyderingstarief. Sakke kan by die Tegniese Afdeling afgehaal word met die toon van u munisipale rekening;  Groensakke : Alle tuinvullis word plaaslik gestort en verwerk vir kompostering. Groensakke word weekliks aan huishoudings voorsien volgens die getal sakke wat uitgesit word vir verwydering.  Deurskynende sakke : Alle herwinbare huishoudelike materiaal en afval word weekliks aan elke huishouding voorsien volgens die getal sakke wat deur die herwinningsspan per huis gekollekteer word.

VERminder HERgebruik HERwin


13


14

Gr 12-Dinee

Quinton Engelbrecht, skoolhoof, Willem Wiggins, hoofseun, Zana Voster, hoofdogter en gasspreker, Dr Gillian Arends by die Gr 12-dinee op 23 Mei. Foto: Rina Engelbrecht

Möllers 55jr getroud

Hugo en Anita Möller het op 11 Mei 2018 hulle 55ste huweliksherdenking gevier. Aangesien dit saam met Spar se 55ste bestaansjaar val, het hulle die ballon55 present gekry. Die paartjie, wat tans in Piketberg kom aftree het, het voorheen op Moorreesburg gewoon, daarna 'n tydjie in Piketberg en Langebaan en is nou weer terug. Hugo en Anita is op 11 Mei 1963 in die Groote kerk in Kaapstad getroud. Foto verskaf

Op Reis saam met Anne…

deur Annetia Calitz

Ek verwelkom julle dié keer, nie net in een land nie, maár wel drie lande. Ons, dis nou almal op die foto, se eerste stop was Vienna, die hoofstad van Oostenryk. Sy artistieke en intellektuele nalatenskap is gevorm deur inwoners soos Mozart, Beethoven en Sigmund Freud. Die stad is ook wel bekend vir sy keiserlike paleise wat ons net móés besoek het. Na ons busrit van 18 ure, was almal taamlik pootuit, maar niks is ‘n uitdaging as dit kom by verkenningstogte nie. Ons het nege ure gehad om Vienna te verken en verskeie plekke soos die Stephansdom Katedraal, Hofburg Paleis, Charles’s Church en die Wiener Staatsoper te sien. Láát die middag vertrek ons na Budapest, die hoofstad van Hongarye, ons tweede land. In Budapest het ons vir twee aande geslaap en sowaar baie van die geskiedenis oor hierdie dorp geleer by ons begeleide toere. Die infrastruktuur in Budapest is werklik net asemrowend mooi. Plekke soos die Matthias Church, Fishermen's Bastion, House of Parliament, Buda Castle, The Citadel en die Chain Bridge is almal net ‘n bewys van my bostaande stelling, want dit het ons asems weggeslaan toe ons dit sien. Ons derde stop op hierdie reis was in Bratislava, die hoofstad van Slovakia. Hierdie was persoonlik nog my gunsteling plek waarop ek op besoek gekom het. Die atmosfeer is ongelooflik, want vir my wat musiek opreg waardeer, was daar om elke hoek en draai ‘n persoon wat een of ander musiek instrument bespeel het. Hier het ons ook nege ure gehad en ons voete was alweer seer geloop, want om die St Martin’s Katedraal, Old Town Hall, Primate’s Palace, Michael’s Gate, UFO Bridge and Tower en die Cumil statues te kon sien, moes ons ver afstande loop. Als definitief die moeite werd. So kom ons trippie ook weer tot ‘n einde. Ek wil ook net met julle deel dat ek my Nederlandse taalkursus met groot sukses afgehandel het en met 88% in my sak weggeloop. Moenie bekommer nie, Afrikaans sal ek ALTYD bly. “Geef elke dag de kans om de mooiste van je leven te worden.”


15

NG Kerk Massakoorsaamtrek

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Dertien lede van die NG Kerkkoor gaan 8 September deelneem aan die NG Kerk Massakoorsaamtrek in die Kaapse Stadsaal. Ongeveer 400 koorlede gaan bekende liedere met die Kaapse Simfonie-orkes sing. Kaartjies kos R200 om die konsert by te woon. Dit gaan ‘n onvergeetlike koor-ervaring wees. Hier is die koor olv Alison Müller, links, by die violis, Johan du Toit. Agter is Johanna Olivier, Jacoba Basson, Roline Kotzé, Susan de Vries en voor langs Alison is Helma Kotzé, Ilse Bruwer, Suzette Fouché, Sonja Wend en Retha van Deventer. (Drie lede was afwesig ten tye van die fotosessie. Foto: Marietha Goosen

Voltooi ‘n vormpie en staan ‘n kans om ‘n medisynekassie te wen wat kan toesluit!

Trekking op Maandag 2 Julie

022 913 1600 / 022 913 2075


16

Storieoggend 'n Genotvolle Storieoggend is in die biblioteeksaal gehou met verskillende vorms van stories soos sang, gedigte, skets voorlesings en staaltjies oor Piketberg en sy mense deur Wolf Liebenberg, Jan Stuurman, Riana Richter, Jannie Lategan en Sandra van Wyk. Oor 'n koppie heerlike tee en verversings is daar agterna nog lekker gelag en gesels. Sang is verskaf deur Alison Müller, Willem Wiggins en Juan-Mari Rautenbach.

Regs op die foto is organiseerders Marié Ehlers (Museum), Gerna Croeser (Biblioteek) en Georgia Abrahams (Toerisme). Links is van die gaste Jannie Lategan, Jan Stuurman en Andries Wolf Liebenberg. Foto’s: Marietha Goosen

Japie se Houtkissies

Japie le Roux het die houtkissies gemaak wat gebruik kan word as houer vir tafelversierings. By hom is Magda le Roux en Alta van Dyk wat dit ingewy het met die pragtige vetplantjies. Foto verskaf


17


18

Op die rakke van die Biblioteek Al Wat Ek Weet

deur Marita van der Vyver Dis ’n ou-ou storie wat ek nou gaan vertel van ’n beautiful girl met ’n spierwit vel… Jy ken haar van kleins af, kom ons noem haar Snow White sy’s mooi soos ’n prinses en boonop bright haar mense is ryk, sy woon in ’n paleis met ’n security gate, ja, daai soort huis… Bespreking deur Louise Visser

Marita van der Vyver se eietydse jeugroman, Al wat ek weet, is ‘n boek wat getuig van diepgaande insig, nie net in die leefwêreld van tieners nie, maar ook in die werklikhede van vandag se moderne gesinne. In post-Apartheid Suid-Afrika kom dié tienerseun van gemengde afkoms vroeg te staan voor groot struikelblokke in die lewe: ’n moeder wat sterf in ’n tragiese ongeluk, die gebrek aan kommunikasie met sy ‘taalkorrekte dosentpa’ en sy begeerte om gehoor te word. Kort na sy ma se begrafnis stort Gabriel se pa ineen en word opgeneem in ‘n kliniek. Gabriel bly tuis saam met sy ouma Lenie en sy tante Lotta wat hom versorg. Maar soos Gabriel dit verduidelik: sy ouma is byna 300 jaar oud en sy tante weeg byna 300kg so dit voel so bietjie soos ‘n freak-show by die huis. Vir ook die rede moet hy Dok Diana elke Vrydag besoek en oor sy gevoelens skryf. By Dok Diana se wagkamer loop hy egter ‘n meisie raak waarop hy verlief raak: Sacha, en hy besef vinnig dat Sacha se onstabiele ma, wat vergeet het om haar te kom

haal by die spreekkamer sy geleentheid is om haar beter te leer ken. Hy stel vir die wit meisie voor dat hul ‘n taxi neem huistoe. Gabriel is nou vuur en vlam om Dok Diana se sessies by te woon, waar hy moontlik elke Vrydag vir Sacha kan raakloop en hy begin ook meer spontaan te skryf oor sy gevoelens. Dis vir hom onmoontlik om ‘n tipiese mooi skoolopstel te skryf as hy oor sy hartseer moet skryf - hy verkies die kunsvorm wat hy immers deur sy ma ontdek het en nog altyd goed mee was en dit is “performance poetry”. Gabriel druk homself uit in sy eie komposisies van spoken word poetry of, soos die meer aktuele term by skole bekend staan: slamming: ’n genre wat hom toelaat om sy woede om te sit in woorde, een wat hom die moed gee om op ’n verhoog te klim en sy diepste wese aan ’n gehoor te ontbloot. Jy sê ek lyk vir jou bruin Ek sê hey no pain no gain Jy sê ek is taamlik swart Ek sê nee net so ’n kwart Jy sê is ek dan ’n Boer? Ek sê: Ag vlieg in jou moer (Aan die woord is Gabriel, die hoofkarakter in Marita van der Vyver se Al wat ek weet) Marita is in ‘n onderhoud gevra wat haar geïnspireer het om die storie te skryf. “Ek is op ’n dag in my motor deur ’n onbeskofte fietsryer sleggesê – darem nie so vieslik beledig soos Gabriel se ma in die storie nie – terwyl my liewe saggeaarde man langs my niks gesê het om my te “verdedig” nie. Hy het my net probeer keer om nie die fietsryer verder uit te tart nie, want hy kon sien die man was irrasioneel en moontlik gewelddadig. My onmiddellike reaksie was om vies te wees vir my man – en dit het my aan die dink gesit. En dis hoe Gabriel se storie begin het. Hy het die seun geword wat agter in die kar sit.” Kletsrym of soos meeste jongmense dit ken as rap is ‘n gewilde kunsvorm wat ‘n variasie van praatpoësie verteenwoordig, maar dit is baie verskillend in klank en van kultuur. Kletsrym fokus op ritme, rym en musikaliteit terwyl praatpoësie gebaseer is op slegs die vloei van die woorde en rym. Deesdae komponeer kunstenaars hul praatpoësie saam met musiek alhoewel dit nie ‘n vereiste is nie. Praatpoësie het basies geen reëls nie, behalwe dat daar ‘woord-vloei’ en ‘n storielyn moet wees. Alhoewel dit dieselfde klink as poësie, geld dieselfde reëls nie daarvoor nie. Die belangrike komponent van praatpoësie is dat dit gemaklik gepraat moet kan word… ‘n Inspirerende praatpoësie kunstenaar is Kate Tempest wat ook Gabriel en sy vriendin, Helen, se ikoon is. Ander buitengewone talentvolle praatpoësie kunstenaars is onder andere Koleka Putuma. Slam poetry is nog ‘n musiek genre van kletsrym. Die klank daarvan is baie eners as gevolg van die gesproke dialoog wat ritmies is, rym en gewoonlik die spreker se emosies en opinies uitdruk. Albei word ook voor ‘n lewendige gehoor uitgevoer. Slam gedigte word egter meer beskou as vorm van literatuur as kletsrym. Slam kompetisies het ook gewoonlik geen musiekbegeleiding nie. Marita van der Vyver se mees onlangse jeugboek: Al wat ek weet, wat in die 2017 kykNET-Rapport Boekpryse se filmkategorie benoem is, is ‘n boek wat oud en jonk se perspektiewe sal verbreed. ‘n Goeie aktuele jeugboek wat spreek tot baie hedendaagse probleme – sekerlik nie uniek tot net ons land nie - en die intensiteit waarmee tieners spesifiek met hierdie kwessies omgaan en ervaar. ‘n Goeie leeservaring!


19


20

Tuinboulede leer Tokreen

Agtien dames het die Tokreen-werkswinkel bygewoon en hulle skeppende talent uitgeleef deur die maak van ‘n artikel uit Tokreen. Afvalmateriaal soos blik, glas of karton is gebruik om ‘n nuwe artikel te skep. Almal gaan by die volgende vergadering hul artikels kom uitstal.

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters en Ouditeure DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800 hanekommc@telkomsa.net

    

      

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW opgawes by SAID Opstel van testamente Boedelbeplanning Maatskappyregistrasies en indiening

‘n Ou handsak, bo en ’n ou blompot, regs wat Tokreen is en geverf is. Foto’s verskaf Die volgende vergadering is Woensdag 6 Junie in die biblioteeksaal, Piketberg. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00. Vergadering begin om 09:30. ‘n Werkswinkel word aangebied deur Katinka Morrison met die tema: ‘n Loofontwerp met die klem op lyn. Alle plantmateriaal sal voorsien word. Bring net ’n eie snoeiskêr. Getalle is belangrik dus laat weet vir Katinka 082 829 6918 of vir Vanessa 073 883 5866, indien jy die vergadering wil bywoon. Besoekersfooi is R40 vir materiaal, houer en oasis verskaf. Fooi vir koffie, tee en verversings is R30.


21

Eendekuil VLV besoek Hannes

Eendekuil VLV se Handvlyt en Kuns afdeling het 'n besoek gereël aan Hannes Carstens, die man wat met sy kunstige verfkwas al meer en meer toeriste na Redelinghuys lok. Dit was 'n dag nadat Buite Burger 'n kleurryke artikel geplaas het oor dié talenvolle man, wat die saaiste hoekie in sy tuin in 'n lushof omskep en elke potensieel vervelige muur, binnens- of buitenshuis, so interessant skilder, dat jy weer en weer kyk........en selfs om die blok ry om weer te sien. 'n Besoek aan Redelinghuys is beslis die uitstappie werd, omdat die hartlikheid en gasvryheid jou oorweldig, en aan die ander kant, die rustigheid jou batterye laat herlaai. Maak sommer 'n draai by die Dorpshuys Museum en Affiplaas Gastehuis vir 'n heerlike lafenis.

Marié Grobbelaar oorhandig 'n dankie-sê pakkie aan Hannes Carstens, die skilder van Redelinghuys.

Een van Hannes Carstens se muurskilderye.

Foto’s: Marietha Goosen

Die groep VLV-lede van Eendekuil en 'n paar besoekers uit Piketberg, kuier hier saam met Hannes Carstens in sy huis op Redelinghuys, waar meer as 200 skilderye hang, 'n album vol vorige werke is en reg rondom die huis 'n lus vir die oog is, in die tuin en op die buitemure. By die skilder Hannes Carstens en die eienaars van Affiplaas Gastehuis op Redelinghuys, Jan en Nolene White, middel en regs op die foto, is die Piketbergers van agter Gerna Croeser, Juliana Engelbrecht, Jackie Ferguson, Marietha Goosen en voor Annemarie de Jager met die Whites se hondeprinses, Kleintjie. Foto: Antoinette Kok


22 Huis AJ Liebenberg benodig wol vir die inwoners. Indien jy kan help, gee asseblief af by die Tehuis of by die kerkkantoor.

Huishulp Benodig Piketberg. 8h00 - 14h00 gedurende die week. Basiese kennis van kosmaak ‘n vereiste. Slegs nie-rokers kan aansoek doen. Skakel 082 780 8698 vir ‘n onderhoud.

Dekor wenke vir VLV

Andries Grobbelaar van A2-Interiors het die VLV-dames kom inlig hoe en wat om te doen indien hul, hul woning ‘n nuwe dekor-lewe wil gee. In plaas van nuwe goed bykoop, moet jy eers alles uitdra en kyk hoe jy dit kan herrangskik en liewers minimalisties dink. Dames het vrae gevra en die praatjie baie geniet. ‘n Uitstalling met van sy artikels wat spesiaal vir moedersdag gemaak is, is ook uitgestal.

Te Koop

Koedoebiltong @R250/kg Beesbiltong @R240/kg Koedoedroëwors @R220/kg

Kunste en Handvlyt gasvrouens saam met spreker Andries Grobbelaar (A2-Interiors), Mareza Smit, Nicoline Brown (voorsitter), Riana Richter, Moira van der Westhuizen, Andries en Elbeth Liebenberg.

Skakel Nellis Louw 083 441 4032

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00

Estelle du Plessis (sirkelpresident – VLV sirkel Weskus) met Katinka Morrison en Elbeth Liebenberg wat sertifikate ontvang het vir besondere blommekuns by die 2017 Kongres. Foto’s: Marietha Goosen

Die volgende VLV-Gesondheidvergadering is op Donderdag 7 Junie om 09h30 by die Biblioteeksaal. Die sprekers is Ronel Vercuiel (Basiese Noodhulp) en Michelle Visser (Fisioterapeut) Almal welkom. Nie-lede : R30 (teegeld)

Sondag

17 Junie


23


24

Help met Hondehokke

Die winter is hier en baie troeteldiere moet sonder enige beskerming die koue en reën trotseer. Piketberg Animal Outreach beplan om houthokke te bou en te verf vir hierdie diere. Ons het reeds ‘n skenking van hout gekry. Indien u kan help om hout hondehokke te maak kan u vir Katinka Morrison skakel by 082 829 6918. Die Animal Outreach span verkoop Saterdae tweedehandse klere, linne, gordyne en ander huisware by Hoofstraat 60, Piketberg. Al die fondse gaan vir die gesondheidssorg van minderbevoorregte diere. Skenkings van die ware wat ons verkoop is baie welkom. Dit kan afgegee word by Hoofstraat 60 of kontak Katinka.

Intreevlak Polisie Rekruut Inname 2018/2019

Kontak of besoek asseblief u naaste Polisiestasie vir verdere inligting ivm Rekruut poste en aansoekvorms. Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Junie 2018 Navrae: Mev Otto of A/O Lourens - Tel 022 913 8800

Entry Level Police Trainee Intake 2018/2019

Please contact or visit your nearest Police station for further information on trainee posts and application forms. Closing date for applications: 15 June 2018 Enquiries: Mrs Otto or W/O Lourens - Tel 022 913 8800

VOERTUIE GESOEK!

Motors, Bakkies, Bussies, Motorfietse en Karavane Enige modelle: Skakel Jakes by 083 384 8547 en/of epos: louw.jakes@gmail.com

deur Jannie Lategan

Meteens kan jy tot stilstand geruk word

Die lewe word gesien as iets wat maar net elke dag moet gebeur. Dit word ten volle benut, of in ander gevalle, is dit maar net ‘n gewone dag met sy werksaamhede. Wanneer droogte die mens tot stilstand ruk, dan besef mens eers wat jy in werklikheid gehad het. Die planne raak op om water te vind en almal is in rep en roer oor dié dag wanneer die kraan nie meer wil loop nie. Die boer en nyweraar se bekommernis is baie groter en sommige sit in sak en as. Wanneer jou gesondheid jou tot stilstand roep, is dit egter heel anders en word daar gespring en spartel om die probleem te help opklaar, soms staan medici verstom en het hulle ook nie meer oplossings vir ‘n ernstige probleem nie. Bekommernis oor jou gesondheid dryf jou teen die mure uit: “As ek maar net weer gesond kan word en my kragte kan herwin! Die lewe is ‘n spel waar alles eintlik moontlik is en tog ook onmoontlik! Daar is egter ‘n baie mooi gediggie uit die jeugjare waarmee talle nog sal kan assosieer: “All is not dark dear comrade, though we often think it so, with faith and hope and love to guide, courageous onward go. There is never a day quite gloomy, there is always a ray of light, maybe a sweet old memory, doth pierce the darksome night.” Donkernag van droogte, siekte, weemoed en so baie ander dinge, mag nuwe hoop bring al is dit net eers ‘n klein ligstraaltjie.

Die wonderlike getal 9

As jy die getal 9 met enige Natuurlike getal (1, 2, 3, 4 ...) vermenigvuldig en jy tel die som van die syfers herhaaldelik bymekaar eindig jy altyd met 9: Bv. 2 x 9 = 18 (1 + 8 =9); 234 x 9 = 2106 (2 + 1 + 0 + 6 = 9); 578329 x 9 = 5204961 [5 + 2 + 0 + 4 + 9 + 6 + 1 = 27 (2 + 7 = 9)]. As enige getal na willekeur geneem word en gerangskik word met die syfers van groot na klein en daarvan afgetrek word die getal in omgekeerde orde sal die som van die syfers in die antwoord altyd ’n veelvoud wees van 9. Bv. Die getal 35967930 gerangskik in afnemende orde is 99765330. Die syfers in omgekeerde orde is 03356799. Dan 99765330 – 03356799 = 96408531 en 9 + 6 + 4 + 0 + 8 + 5 + 3 + 1 = 36 en 36 is ’n veelvoud van 9. M A.A.N. – S

Sandveld Elektries CC Geregistreerde Master Elektrisiën Spesiale en gewone bedradingskodes reg gn02111 * Motoraansitters * Vervoerbande * Spoed beheer plc en vsd * Sertifikate van Nakoming uitreiking * Landbou * Mynbou * Huishoudelike Geboue en Algemene Elektriese Werk * 33 jaar ondervinding

Neville Watson 083 255 9917 Piketberg Omgewing


25


26

Graduandi

Chanelle Mouton het op Charity Abrahams het 20 April 2018 haar Post haar 4jaar diploma Graduate Certificate kursus voltooi by die ontvang by CPUT. Sy het Wes-Kaapse Verpleging haar Sport Management Kollege te Athlone, Diploma N7 voltooi by Kaapstad. Sy ontvang Northlink College en daarhaar diploma in na ingeskryf vir die PGCE verpleging op 20 April 2018 te CPUT. Sy is tans by CPUT. Sy onderrig die afgelope twee jaar by Ligwerksaam by Citrusdal straal Spesiale Skool in die Hospitaal. Foto verskaf Paarl. Foto verskaf

Swemtrofee vir Hennie

Helge Willemse, Gr 3leerkrag by PHS het haar B.Ed Graad verwerf. Foto verskaf

Skoolvakansie 22 Junie tot 17 Julie Geniet die vakansie saam met jul kinders.

Hennie Pretorius het die Teachers Award swemtrofee ontvang vir die mees belowende seuns swemmer (little league) by Swartland Swemklub. Foto verskaf

PHS se Fotografieklub skakel in

Skoolfotograwe olv Rina Engelbrecht het met groot opgewondenheid ingeskakel by Swartland fotografieklub. Opwindende kompetisies en kursusse lê voor. Op 19 Mei is die Butterfly Zoo World besoek en vele Makrofoto’s geneem. Saam met Juf Rina, naaslinks is Frederik Kotze, Shayeed Joseph, Conli Halvorsen, Bea Pieters en Zoë McDonald. Foto verskaf

“Word Rider” besoek Steynville Primêr

Op 19 April het die Bybelgenootskap (Word Rider) Steynville Primêr se Graad 7-leerders besoek en aan hulle Bybels oorhandig. Die oorhandiging van die Bybels het deur die lede van "a Word Rider" geskied en die Graad 7-leerders was in groepies waar hulle die Bybels ontvang het. Steynville Primêr wil baie dankie sê aan hierdie organisasie. Berig en foto’s: Lucille van Louw

Die JULIE-uitgawe van Die Piketberger verskyn op 21 Junie 2018 Stuur berigte voor 12 Junie Stuur advertensies / artikels / berigte / foto’s na:

diepiketberger@gmail.com


27

Cash for Scrap Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oorkant Ou Stasie

Ons koop alle metale en ook glas, swart pyp, gifkanne (sertifikaat vir oudits beskikbaar). Vervoer vir groot vragte kan gereĂŤl word. Johan - 076 538 2909 BESTE PRYS OOR EN OOR BEWYS!


28

Weskus Rugby na NZ

Tristan Fortuin was deel van die 0/17-Weskus Toerspan wat gedurende die Maart vakansie 'n suksesvolle toer na New Zealand onderneem het. Hy is vergesel deur Christian Booys, opvoeder by Steynville SekondĂŞre Skool. Die wedstryde is gespeel in Auckland en in Waskate. Die groep het ook saam met die Samoa Nasionale span geoefen en saam met die NZ Maori's. Hulle het ook twee superrugby wedstryde bygewoon. Foto: Marietha Goosen

Medalje vir Fritz Fritz Lambrechts wen 'n medalje na die My Spar 10km MTB stap op die plaas Zuurbron, buite Humansdorp. Foto's: Liesje Steenkamp Fritz is dapper en doelgerig oor die houtbrug in die dam.

Riaan nr 4 in Strongman

Riaan Visser het tydens 18 tot 20 Mei weer die geleentheid gehad om deel te neem aan die Arnolds Classics Africa 2018 Strongman. Hy het in die O/105 kg gewigsgroep deelgeneem en het ‘n 4de plek behaal. Spesiale dankie aan Basson Workwear Wellington vir hul borgskap asook Malmesbury Toyota vir die borg van die hemde. Dit word opreg waardeer. Foto verskaf

Damian na Sportskool

Damian Marcus, tot nou toe een van PHS se sportsterre, het 'n geleentheid gekry om in te skryf by 'n skool in Mpumalanga. Hy is sedert die tweede kwartaal vanjaar 'n leerder by HTS Middelburg. Foto verskaf

NOODNOMMERS - PIKETBERG Die Piketberger Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160 Ander groottes op aanvraag.

POLISIE - 022 913 8800 AMBULANS - 10177 / 022 4338700 BRANDWEER - 079 349 8619 VERKEER - 083 272 4126


29

Steynville SekondĂŞre Skool Sportpresteerders

Saam met Michael Beukes is die meisies wat deel uitmaak van die Landloopspan wat baie goed gevaar het in wedlope wat gehou is in Vredenburg, Velddrif en Moorreesburg: Anthea van der Byl, Patricia Booyse, Beyonce Jaji, Antoinette Pieters, Michelle September en Beonice Smith.

Saam met Michael Beukes is die seuns wat deel uitmaak van die Landloopspan wat baie goed gevaar het in wedlope wat gehou is in Vredenburg, Velddrif en Moorreesburg: Roderick Snyers, Jayden Owies, Conwell Lord, Jason Boois, Joweel Jacobs en Jonathan Valentyn, 'n leerder by ABET (inlas). Breyton Booise was agv 'n toets nie beskikbaar vir die fotosessie nie.

Saam met hulle afrigter, Richard Erasmus, is Rewaldo Gouws en Herbert Boois, wat opgeneem is in die 0/18-Witzenberg Streeksrugbyspan en Steward Willemse, Theowin Basson, Jeandre Dirkse en Leonardo West, wat opgeneem is in die 0/16Witzenberg Streeks-rugbyspan.

Kelly-Jade Solomons het as HD vir die 0/18Netbalspan deurgedring om aan die Wes-Kaap Eerste Uitdun Netbalproewe deel te neem. Dit het plaasgevind op 12 Mei in die Paarl. Haar afrigter is Nicolette Heys. Foto’s: Marietha Goosen

piketberg mediese sentrum Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 064 0710 395 Ma - Vry: 08h00 - 17h30 Sat: 08h00 - 13h00

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts) Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn) Dr Bibi Werle (Sonar) Ilse Bruwer (Spraakterapeut) Merina de Waal (Dieetkundige)


30

PHS Netbal - Eerstes Skitter

Skaak Gaan van Krag tot Krag

PHS skaakspelers woon ‘n werkswinkel by, aangebied deur André Milford, professionele skaakspeler en afrigter. Skaak is olv Marlien Smit.

PHS se Eerste XV Juig PHS se Eerste Netbalspan lewer puik spel en goeie tellings. Hul wen Schoonspruit 40 - 8, Weston 38 - 21, Swartland 29 - 26, Hopefield 53 - 7, Lutzville 30 - 28. Quinton Engelbrecht, skoolhoof, Iza Schreuder, afrigter JJ Benn, kondisioneringsafrigter en Coreen van Wyk, bestuurder, is trots op hierdie span.

PHS se O/13’s Wen Hopefield PHS se Eerste Rugbyspan vier hul 14 - 8 oorwinning oor Hoërskool Vredendal en 22 - 16 oor Hoërskool Lutzville.

PHS vier 173

Quinton Engelbrecht, skoolhoof en Helena le Roux, afrigter saam met die O/13 Netbalspan. PHS vier hul 173 jaar verjaarsdag. Groot fees is gevier, ‘n markdag gehou en elke leerder het eetgoed en koeldrank van die skool ontvang vir die feesdag – Willem Rossouw, Voorsitter Beheerliggaam, Quinton Engelbrecht, skoolhoof, hoofleiers en leiers sny die pragtige PHS koek.

Wian Koch, afrigter saam met die O/13 rugbyseuns na hul oorwinning teen Hopefield. PHS wen 17 - 0. Foto’s: Rina Engelbrecht


31


32

Belydenisaflegging op Eendekuil

Trippe Trappe kyk Raponsie Op Vrydag 11 Mei het Trippe Trappe Kleuterskool se leerders en hulle ouers die opvoering “Raponsie” in die HB Thom Teater op Stellenbosch gekyk. Dit was ‘n nuwe belewenis om in die teater na al die kleurvolle karakters te kon kyk. Dankie aan Mbendini Transport dat julle ons kinders, ouers en personeel veilig vervoer het. Foto’s verskaf

Bosmann Rossouw, Willem Wiggins, Ané Theron, Alika Rossouw, Bertie Eksteen en Jurie Hanekom op 20 Maart by NG Kerk Eendekuil se Belydenisaflegging. Foto verskaf

Pinkster uitreik na SAP

Na die Pinkster het 'n paar kinders pakkies uitgedeel aan werknemers by die Ambulansdiens, Radie Kotzé hospitaal, die kliniek en die SAP. Hier is Soreen Gouws, links agter met die jongspan, in die middel Johan Schreuder, Kathy-Ann de Waal, Gethe Meiring, Lise Bruwer, Mari Fivaz, Louisa Fivaz, heel agter Annette Bruwer, Marnel Pretorius, Anriëtte Louw en heel voor Wilhelm Russouw. Die lede van die SAP is Nazley Mack (Admin klerk), Sers Mavata, Sers Afrika en Pamela Racula (Admin klerk).

Beste presteerder by SSS 2017: Wiskunde en Fisiese Wetenskappe

Foto: Marietha Goosen

Advertensiekoste Volblad: R475 Halfblad: R330 Kwartblad: R225 Agsteblad: R160

Ander groottes op aanvraag. Briewe, artikels en foto’s word gratis geplaas.

Stuur na: diepiketberger@gmail.com

Sean Kotze en Gavin de Wee. Foto: Marietha Goosen

Gavin de Wee van Steynville Sekondêre Skool is aangewys as die beste leerder in Fisiese Wetenskappe en Wiskunde in Gr 11 (2017) en ontvang 'n skootrekenaar van Bergrivier Munisipaliteit en Weskus Onderwysdistrik. Sy opvoeder, Sean Kotze, oorhandig dit aan hom.


33

Steynville Sekondêre Skool hou Matriekafskeid

Foto’s verskaf


34

Sangpresteerders by Olifantsvallei Eisteddfod

WêreldWyeWerk - Kinderpinkster Saam met www.toere het Kinderpinkstergangers 'n onvergeetlike reis onderneem en deel geraak van die kerk se WêreldWyeWerk.

By Alison Müller is Willem Wiggins, Frederik Kotze en Stacey-Lee Heugh. Willem behaal Cum Laude by die Olifantsvallei Eisteddfod vir Sang, en Frederik en Stacey-Lee behaal Silwer.

By Alison Müller is haar sangleerders wat Goud behaal het by die Olifantsvallei Eisteddfod, agter Marice Lesch, Lara Visser, Dewald van Deventer, Nikki Boltman, Adriaan Eigelaar, Anicka Truter, Deborah Keir Paulsen en voor Erica Mbendeni, JaunMari Rautenbach, Doneley Lesch en Gaby Booys. Afwesig by die fotosessie: Con-Li Halvorsen en Kobus Brand.

By Komien van der Westhuizen is haar sangleerders wat Goud behaal het by die Olifantsvallei Eisteddfod: Agter is Dayle Julius, Cassidy Daniëls, Nina Ellis, Annette Bruwer, Jéan-Alet Scheepers, Lené Loubser en voor Amber Africa, Beané Bouwer en Jana Lubbe. Foto’s: Marietha Goosen

Foto's: Soreen Gouws, Marietha Goosen en Annette Bruwer


35

Jorelle van Rooyen oorhandig ‘n bydrae aan Arlene Hendricks van Steynville Primêre Skool wat hul 50ste bestaansjaar op 2 Junie 2018 vier met ‘n moeder en dogter tee-oggend. Baie dankie dat julle SUPERSPAR Boland betrek by die uitsonderlike funksie. Dit is voorwaar ‘n ongelooflike mylpaal!

was

23 April 2018 is Camerine Velasco aangewys as een van die twee wenners van die SUPERSPAR Boland kompetisie waar twee halwe lammers gewen kon word. Sally Diedricht en Veronica Britz het dit aan die oorblufte Camerine oorhandig.


36

Tydens die “SPAR Motorcycles Owners Group” se besoek aan SUPERSPAR Boland het hul saam met Dean en Tanya Jankielsohn ‘n donasie van R10 000 aan Brian Pieterse, die hoof van Steynville Primêre Skool, oorhandig ter ondersteuning van hul kindervoedingskema.

Marlene Visagie, links, oorhandig die Cadbury Pool tafel aan Gielie Coetzee saam met Philip Jankielsohn en Elmarie Taylor, nadat sy eggenote, Annerie Coetzee, wat uitstedig was, as wenner aangewys is.

SUPERSPAR Boland het op Saterdag 5 Mei 2018 in Redelinghuys in samewerking met Chris en Engela Muller van Saldanha Baptiste Kerk en Frederico Smith, geskenkpakkies en worsbroodjies aan die kinders van die gemeenskap uitgedeel.

Profile for Piketberg Tourism

Die Piketberger Jun 2018  

Die Piketberger Jun 2018  

Advertisement